6

Click here to load reader

Foukus 1Feb2009

Embed Size (px)

DESCRIPTION

afkondigings

Citation preview

Page 1: Foukus 1Feb2009

01 Februarie 2009

Pinkstersondag

Geroep, om gestuur te word, die koninkryk in...

“Hy het gesê: ‘Die tyd het aangebreek, en die koninkryk van God het naby gekom... Kom hier! Kom saam met My, en Ek sal julle vissers van mense maak...’ Hy het toe die twaalf, wat Hy apostels genoem het, aangestel om by Hom te bly sodat Hy hulle

kon uitstuur om te preek...”(Markus 1:15, 17 en 3:13-14)

Jesus se eerste boodskap aan die mense van destyds, was kort en kragtig: “Draai jul lewens om, die koninkryk van God het naby gekom.” Die volgende woorde wat ons van Jesus in die evangelie volgens Markus lees, is nét so reguit en gesaghebbend: “Kom saam met My, Ek maak julle...” Saam met die koms van die koninkryk weerklink dus ‘n oproep – ‘n roeping. Eers tot dissipels, dit wil sê “volgelinge”, “leerlinge”. Vissers van mense. En dan, twee hoofstukke later, vertel Markus dat Jesus tóe al ‘n ander naam ook vir hulle gehad het: apostels, “gestuurdes”. Koninkryksmense is dus geroepe gestuurdes. Mense met ‘n woord op die lippe en ‘n daad in die hand (Markus 3:14-15).

Maar iets anders val mens ook in hierdie roepingsgeskiedenisse op: in die eerste hoofstukke van die Evangelie hoor ons by drie geleenthede wie diegene was wat geroep is. ‘n Wye verskeidenheid uit verskillende hoeke van daardie samelewing. Kyk mooi: Jesus se keuse is ent-ent vreemd – “mense wat nie op die regte pad was nie”; “siekes”; “sondaars” (Markus 2:17). En Hy het húlle by die naam geroep – dus het Hy hulle geken net soos wat hulle was. Elkeen. Blykbaar draai dié roeping regtig jou lewe om. Ter wille van die koninkryk...

JL.

1

Page 2: Foukus 1Feb2009

Baie welkom by ons twee eredienste vanoggend – hier in die kerk en terselfdertyd nou in die saal vir gesinne met kleiner kinders (Voorskools - Gr. 4).

Agter in die kerk is Bybels en Liedboeke indien u een benodig.

Ons orrelis is Johan Cromhout.Uit die binnehof is deure na die Moederskamer en toiletgeriewe.

U word uitgenooi om ‘n koppie tee ná die diens te kom drink.Ons bid u en u geliefdes ‘n geseënde rusdag verder toe

Ander erediensteSothodiens: Geen diens vanmiddag nie.Aanddiens: Om 18:00. Genesis 1 en 2 – Skepping of Evolusie, Calvyn of

Darwin. ‘n Erediens en bespreking gelei deur ds. Jan, proff. Dolf Britz en Daan Strauss. Ons nooi alle lidmate, ouers en kinders uit om te kom luister na ‘n baie aktuele gesprek oor een van die sleutelvrae in ons Christelike geloof. Dit val saam met die herdenkings vanjaar van die geboortedae van Johannes Calvyn (10 Julie 1509) en Charles Darwin (12 Februarie 1809).

Sondag, 08 Feb: Oggend om 09:30 – ds. Gert (kerk); prop. Bergh Müller (saal). Ds. Jan lei die Nagmaalsgeleentheid by Siësta. Geen aand-diens – wyksbyeenkomste soos gereël deur u ouderling.

DEURKOLLEKTES:25 Jan: Middestadsgemeentes R 1 306,1001 Feb: Fonds vir Teologiese Fakulteit UVS.08 Feb. Lesotho Sending.

MEELEWING EN VOORBIDDING

Siekes tuis of in hospitaal:Maria Wessels (Genl. Conroystr. 40), Marlian Schutte (Mockestr. 20), Irene Olivier (Constantiahof 11), Mabel Viljoen (Jac van Rhijnlaan 7), Oom Japie Bester (Kmdt. Senekalstr. 42), Hennie Human (Albrechtstr. 57), Jan-Gabriël Vermeulen (Goodalestr.11) en Josias Swanepoel (Falconhof 11).

Meelewing:Ons dink in ons gebede aan tannie Magda Raath, Johan, Leona en hul kinders Neal en Lauren wat met die heengaan van Oom Walther, ‘n eggenoot, vader en oupa verloor het. Sy gedenkdiens was afgelope Vrydagoggend. Meegevoel ook met Willem en Alida Smith wat ‘n familielid verloor het.

Baie Geluk!Ons jeugwerker, Bergh Müller, en sy vrou Marlien het die afgelope week ouers geword van ‘n tweede seuntjie! Hy heet Migael, en ons wil hulle as gesin baie geluk en seën toebid.

Verjaarsdae:Baie geluk en seënwense aan die volgende verjaarsdagmaats:

01 Feb. Verena Schoeman, Jan v/d Merwe en Marie van Niekerk.02 Feb. Thea Hugo, Bettie Malan en Tony Roque.

2

Page 3: Foukus 1Feb2009

03 Feb. Johan Loots en Emelia Vermeulen.04 Feb. Karen Erasmus.05 Feb. Tony Roque en Stefan Steyn.06 Feb. Carl Beneke, Johan Eysele, Henda Mills en André van Huysteen.07 Feb. Henriëtta Labuschagné en Dunette Naudé.

As u naam hier verskyn nie, mag dit wees dat ons nie u volledige besonderhede by die kantoor het nie. Voltooi ‘n geel kaartjie langs die bank of kontak Rita van Zyl, ons skriba – Sondagoggende nét na die erediens, of gedurende die week, soggens in die kantoor by 051-4362750.TEKKIESKLUBTekkiesklub vanmiddag om 15:30 – alle jongspan welkom (voorskools en laerskool). Tema: “Sending in Ethiopië

CAMISARDSAlle tieners word uitgenooi na vanaand se erediens oor die tema “Skepping of Evolusie?”. Net daarna kyk ons na ‘n besondere DVD wat by die tema aansluit en kuier daarna saam met iets te ete en te drinke. Almal welkom!

BYBELSTUDIESWoensdag, 04 Februarie om 19:00 Openbaring 16.Donderdag, 05 Februarie om 09:00 Die “Onse Vader”-gebed (derde bede uit die

Heidelbergse Kategismus).PASTORALE SORG:Die pastorale sorg en wyksbediening in die gemeente, wissel nou vir die volgende agttien maande – as volg:Ds Gert: Wyke 1-8 en 21-29Ds. Jan Wyke 9-20 en 30.

KERKRAADSAKEDiensbeurte:Ouderlinge01 Feb: Hendrik v Pletzen, Koos v Vuuren, Ordino Kok, Flippie Minnaar en

Louise Pretorius.08 Feb: Marietjie Cilliers, Kobus Vermeulen, Chris de Wet, Abri van Vuuren en

Aylva Schoch.

Diakens01 Feb: Cas Harris, Francois Ferreira, Jan Davel, Karin Jacobs, Wiehan v

Staden, Nico Hefer, Johan le Roux, Cobus Botha, Rikus v Pletzen, Ben Steyn en Hendrik Swart.

08 Feb: Johannes v Rooyen, Jaco Engelbrecht, Gerhard Nel, Linda Raath, DR Samuel, Leon Badenhorst, Weyers Strydom, Alida Smith, Louis Lategan en André Prinsloo.

Kerkraadsvergadering: Sondag, 15 Februarie om 18:00.

BEDIENINGE

3

Page 4: Foukus 1Feb2009

GEMEENTEBEDIENINGTee vir nuwe intrekkers:Alle nuwe lidmate wat vanaf Januarie 2008 by die gemeente ingeskakel het, word uitgenooi om vanoggend net na afloop van die erediens, ‘n heerlike koppie tee in die binnehof agter die kerk saam met ons te kom geniet. Ons sien daarna uit om julle weer te sien en te hoor hoe dit gaan...

Koinonia Sondag, 15 Februarie: Snoekbraai-eteOp Sondag, 15 Februarie, ná ons Nagmaalsdiens, word ‘n Snoekbraai-ete hier by die kerk aangebied (dus geen bring-en-braai – als word voorsien). Koste beloop R 50,00 per volwassene (sluit glasie wyn of sap in) en R 25,00 vir kinders onder 12 jaar. Kaartjies is vanoggend beskikbaar onder die afdak. Bespreek jou plek betyds en kom kuier saam. Vrouediens:Handig asb. uitstaande lêers by die kantoor in. Die nuwe omslae is pienk. Dankie sê-koeverte om vanaf 3 Februarie uit te deel, is nou by die kerkkantoor beskikbaar. Ons Wêreldbiddag vir Vroue op 4 Maart word waargeneem deur dr. Ronell van der Watt – meer besonderhede volg later.

WYKSBEDIENINGWykskomiteevergadering:Die toerustingsgeleentheid vir alle wykskomitees vind vanmiddag om 16:30 hier by die kerk plaas. Alle wyksouderlinge, -diakens, wyksleidsters en hulpe word hierheen uitgenooi – dit beloof om soos verlede jaar ‘n baie sinvolle en konstruktiewe gesprek te wees, waarmee ons die werksaamhede in ons wyke op goeie voet wil afskop.

GETUIENISBEDIENINGGebedsaksie:Almal wat deel wil wees van ons gebedsaksie word na Sondag, 8 Februarie, se toerustingsgeleentheid uitgenooi, om 16:00 by die kerk. Vir meer besonderhede, kontak Erna Gouws (051-436 5632) of Elize Ferreira (051-4366288).

Zimbabwe: Die nood in Zimbabwe onder alle inwoners van die land, skrei ten hemele. Armoede, siekte en werkloosheid het by alle perke verbygegaan. Kom ons bid vir almal daar, vir uitkoms, moed, volharding en versoening. Bid asb. ook vir diegene wat vanuit Suid-Afrika daar gaan hulp verleen.

BARMHARTIGHEIDVigswesie-projek by Atangskool:Weereens baie dankie vir almal wat so mildelik ou items geskenk het aan Atang!

Jublilate:Jublitate by Siësta, vergader Woensdag, 4 Februarie om 11:00. Mev. Marie van der Walt gaan van haar besoek aan China vertel.

Kuierklub:Die Kuierklub vergader op Woensdag, 11 Februarie om 09:30 in die kerksaal. Me. Wilma Schoeman gaan ‘n praatjie lewer oor “Sterwensbegeleiding”. Almal welkom.

Werkersklas:Ons Werkersklas het die afgelope week begin – Dinsdae om 14:00 in Jeugkamer. Nuwe lede is baie welkom; moedig u huishulp aan om die klas by te woon.

4

Page 5: Foukus 1Feb2009

Tweedehandse “Shoprider” beskikbaar:‘n Groot model “Shoprider” (battery-aangedrewe) in puik toestand vir gebruik deur ‘n gestremde persoon, beskikbaar @ R 12 000,00 – vir navrae, kontak die kantoor.

Gertjie sê vir die juffrou daar’s iets wat hy nie verstaan. “Wat, my liewe seun?” Hy sê: “Juffrou, die Bybel sê die kinders van Israel het die Rooisee oor-gesteek...” “Dis reg, ja”, antwoord sy. “En die Bybel sê die kinders van Israel het teen die Filistyne geveg?” Juffrou: “Ja...” Gertjie vervolg: “En die kinders van Israel het Jerigo ingeneem. En die kinders van Israel het die tempel gebou. En die kinders van Israel het altyd alles gedoen?” “Ja, Gertjie, wat is jou probleem daarmee?” vra Juffrou. “Maar juffrou, wat het die grootmense dan gedoen?”

5