8
Jaargang 17 - Uitgawe 11 12 April 2019 REDAKSIONEEL Die binneland juig, want dit is lekker nat na die afgelope tyd se heerlike reën - ons is baie dankbaar! Hierdie week kan onder andere die volgende gelees word: Uit die Bultfontein Ring, lees ons van ‘n lekker bederfdag vir die gemeenteskriba’s... is daar dalk enige ander Ringe wat so iets doen?; onder Gemeentenuus, het drie gemeentes inligting aangestuur oor hulle Paasfeesvieringe, ander gemeentes kan dit gerus ook doen, dan plaas ons dit volgende week voor Paasnaweek; leraars, kyk ook asseblief na die verskillende opleidingsgeleenthede; lees gerus die artikel, Lydenstyd en Ekologie by Aktuele nuus... Gedagte vir die week: Ek lees in die week hierdie gebede raak… en dit laat my dink! Heer, negatiwiteit is deesdae die 'nasionale sport' in Suid-Afrika en daar is baie Christene in die span. Ek wil nie langer saamspeel nie en gaan doelbewus soek na die goeie en positiewe rondom ons. Ek wil ook sovêr moontlik kontak vermy met mense wat ʼn skaduwee oor alles werp. Ek sê ja vir die lewe - Johannes 10:10 Heer, dis so maklik om toe te gee aan al die oproepe om ander te haat. Ons wil hier in Lydenstyd en Verkiesingstyd, ons nie laat oorwin deur die kwaad nie, maar wil die kwaad oorwin deur die goeie - Romeine 12:21Amen. (deur Johan Pienaar, ‘n hoopvolle Suid-Afrikaner) NUUS UIT DIE SINODE Bediening: Vennote in Getuienis Missie Japan - Elmar en Nadine du Rand se aankoms in Japan: Dié twee nuwe sendelinge, het reeds in Japan arriveer en moes vinnig ‘n klomp administratiewe sake afhandel en ook onmiddellik met hulle Japannese taallesse begin. Lees gerus in hulle nuusbrief hier, meer oor hul eerste ervarings in dié nuwe land wat nou hulle tuiste geword het. Elmar en Nadine is op die lughawe deur Stéphan van der Watt ontvang Bediening: Barmhartigheidsdienste (Engo) Engo ontvang skenkings by LiG se Lesersdag: Hierdie besonderse geleentheid het die afgelope naweek by die Monte Bello Estate in Bloemfontein plaasgevind. Engo was bevoorreg om dié oggend, waar die grootheid van God weereens ervaar kon word, by te woon. Baie dankie aan al die dames vir die skenking van babadoeke en formulemelk vir die babas in Engo se sorg. ‘n Groot dankie ook aan LiG vir al die wonderlike blessings wat tydens hierdie oggend ervaar kon word... dit was goed! Foto regs: Mevv Rika Wolmarans (Dir: Ouer Persone) en Madelein Nortjé (Dir: Gesinsorg) het ook die geleentheid bygewoon

Jaargang 17 - Uitgawe 11 12 April 2019 REDAKSIONEEL UITGAWE 11-2019(Finaa… · Engo Gesinsorg Bloemfontein se spesiale projek vir dogters: Hulle maatskaplike werkers het op 4 April

  • Upload
    others

  • View
    0

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: Jaargang 17 - Uitgawe 11 12 April 2019 REDAKSIONEEL UITGAWE 11-2019(Finaa… · Engo Gesinsorg Bloemfontein se spesiale projek vir dogters: Hulle maatskaplike werkers het op 4 April

Jaargang 17 - Uitgawe 11 12 April 2019

REDAKSIONEEL

Die binneland juig, want dit is lekker nat na die afgelope tyd se heerlike reën - ons is baie dankbaar! Hierdie week kan onder andere die volgende gelees word: Uit die Bultfontein Ring, lees ons van ‘n lekker bederfdag vir die gemeenteskriba’s... is daar dalk enige ander Ringe wat so iets doen?; onder Gemeentenuus, het drie gemeentes inligting aangestuur oor hulle Paasfeesvieringe, ander gemeentes kan dit gerus ook doen, dan plaas ons dit volgende week voor Paasnaweek; leraars, kyk ook asseblief na die verskillende opleidingsgeleenthede; lees gerus die artikel, Lydenstyd en Ekologie by Aktuele nuus...

Gedagte vir die week: Ek lees in die week hierdie gebede raak… en dit laat my dink!

Heer, negatiwiteit is deesdae die 'nasionale sport' in Suid-Afrika en daar is baie Christene in die span. Ek wil nie langer saamspeel nie en gaan doelbewus soek na die goeie en positiewe rondom ons. Ek wil ook sovêr moontlik kontak vermy met mense wat ʼn skaduwee oor alles werp. Ek sê ja vir die lewe - Johannes 10:10

Heer, dis so maklik om toe te gee aan al die oproepe om ander te haat. Ons wil hier in Lydenstyd en Verkiesingstyd, ons nie laat oorwin deur die kwaad nie, maar wil die kwaad oorwin deur die goeie - Romeine 12:21… Amen.

(deur Johan Pienaar, ‘n hoopvolle Suid-Afrikaner)

NUUS UIT DIE SINODE

Bediening: Vennote in Getuienis

Missie Japan - Elmar en Nadine du Rand se aankoms in Japan: Dié twee nuwe sendelinge, het reeds in Japan arriveer en moes vinnig ‘n klomp administratiewe sake afhandel en ook onmiddellik met hulle Japannese taallesse begin. Lees gerus in hulle nuusbrief hier, meer oor hul eerste ervarings in dié nuwe land wat nou hulle tuiste geword het.

Elmar en Nadine is op die lughawe deur Stéphan van der Watt ontvang

Bediening: Barmhartigheidsdienste (Engo)

Engo ontvang skenkings by LiG se Lesersdag: Hierdie besonderse geleentheid het die afgelope

naweek by die Monte Bello Estate in Bloemfontein plaasgevind. Engo was bevoorreg om dié oggend, waar die grootheid van God weereens ervaar kon word, by te woon. Baie dankie aan al die dames vir die skenking van babadoeke en formulemelk vir die babas in Engo se sorg. ‘n Groot dankie ook aan LiG vir al die wonderlike blessings wat tydens hierdie oggend ervaar kon word... dit was goed!

Foto regs: Mevv Rika Wolmarans (Dir: Ouer Persone) en Madelein Nortjé (Dir: Gesinsorg) het ook die geleentheid bygewoon

Page 2: Jaargang 17 - Uitgawe 11 12 April 2019 REDAKSIONEEL UITGAWE 11-2019(Finaa… · Engo Gesinsorg Bloemfontein se spesiale projek vir dogters: Hulle maatskaplike werkers het op 4 April

Engo Gesinsorg Bloemfontein se spesiale projek vir dogters: Hulle maatskaplike werkers het op

4 April 2019, ‘n projek vir dogters tussen 16 en 20 jaar te Kopanong Hoërskool in Turflaagte aangebied. Dit het gehandel oor die HPV-virus en servikale kanker, asook gesonde en positiewe seksualiteit, lewenstyl en swangerskappe. Die voorlegging, aangebied deur Golo Monnanyana en Mitta Sauw van CANSA, was baie goed ontvang en die 110 dogters wat

die funksie bygewoon het, het ongelooflike goeie terugvoering gegee en nog sulke inligtingsessies versoek. Daar was ook versoeke dat die inligting met hulle ouers gekommunikeer word, sodat dit vir hulle makliker sal wees om die gesprekke by die huis te kan voer. Hierdie projek was deur die National Lotteries Commission befonds. Spesiale eregaste by dié geleentheid was Lendricka Morrison: Supervisor (National Lotteries) en Omgie, Engo se gelukbringer.

SORGVERLATERSKAMP 2019: Vanaf die 15de tot die 25ste Maart 2019, het 40 kinders vanuit

Engo Jeugsorgsentrums regoor die Vrystaat, ‘n kamp by die Mooigenoeg Kampterrein in Bloemfontein bygewoon. Die doel van die kamp was om hulle te help met voorbereiding vir die einde van die jaar wanneer hulle die

Jeugsorgsentrums sal verlaat. Gedurende hierdie tydperk is die sorgverlaters blootgestel aan verskeie sosio-emosionele vaardighede waaroor hulle in die grootmenswêreld moet beskik. Lees gerus hier verder oor alles waaraan hulle deel gehad het. Engo spreek hulle dank uit teenoor alle medewerkers wat by hierdie kamp betrokke was.

‘n Omgeefees: Volksblad in samewerking met Engo, bied

op Donderdag 16 Mei 2019 ‘n Omgeefees aan ten bate van die Volksblad Ons Gee Om Fonds. Hierdie fonds help talle NPO’s met fondse, waarvan Engo se Kinder-en Jeugsorg een van die begunstigdes is. Die musiekfees word saamgestel uit die Bloemfonteinse Kinderkoor, Tharo, Cezanne Yzelle, Jacobus Silwer en Bliss, met Johan Visser as die seremoniemeester. Kaartjies vir die Omgeefees is beskikbaar by Crazy Daisy in die Fleurdal Mall (Checkers Hyper), teen R100 per persoon - kry jou kaartjie vroegtydig, dit gaan verseker ‘n besondere geleentheid wees met uitmuntende kunstenaars.

Regshulpfonds vir Nawongo: Hierdie fonds se doel is om fondse in te samel en te voorsien vir die

litigasie-proses teen die Staat, vir die nie-nakoming van vorige hofbevele insake die tekort aan subsidie aan NGO’s/NPO’s in die Vrystaat. Belangstellendes word aangemoedig om deur middel van ‘n maandelikse debietorder, ‘n vrywillige bydrae van R100 per maand tot hierdie fonds te

maak - klik hier vir die debietorder.

Page 3: Jaargang 17 - Uitgawe 11 12 April 2019 REDAKSIONEEL UITGAWE 11-2019(Finaa… · Engo Gesinsorg Bloemfontein se spesiale projek vir dogters: Hulle maatskaplike werkers het op 4 April

NUUS UIT BULTFONTEIN RING

‘n Skriba-bederfdag: Op ‘n pragtige herfsdag in April, ná ‘n nag van welkome reën, sit ‘n groepie vroue

af na die Vaalrivier. Hulle is vrolik en lus vir ‘n buitelug-avontuur. Hulle is die hardwerkende skriba-dames van die Bultfontein Ring op pad om bederf te word deur die NG Gemeente Hoopstad se Vrouebediening. Op hierdie vars oggend word waardering en dankbaarheid op ‘n tasbare wyse gewys aan die hardste werkers in ons gemeentes. Hulle wat onverpoosd voortgaan om die orde te handhaaf, soms vure dood te slaan, vriendelikheid en gasvryheid in die kerkkantoor uit te straal, asook al die pap te vang wat andersins op die grond sou beland. Hulle is die lig in elke gemeente, die dominee se regterhand…

‘n Vlotvaart op die Vaal met ‘n visarend wat majestueus bly sweef, kolgansies wat speel op die water en ‘n bloureier in die verte, het die gewenste uitwerking… die dames begin ontspan en vergeet van hulle kerkwerk. Hulle kan op God en Sy grootse skepping fokus, heerlik lag en gesels en gevul word met gemeensaamheid wat só kosbaar is vir ‘n vrouehart. Die smaaklike driegangmaal aan boord, span die kroon op ‘n onvergeetlike oggend. Die twaalf dames wat die vaart meegemaak het, voel ontspanne en opnuut dankbaar dat God in al Sy glorie, nooit van Sy geliefde skriba’s en hul belangrike werk in kerkkantore vergeet nie.

Vlnr: Suretha J van Rensburg (Bultfontein), Carol Grobler (Soutpan), Martie de Koker (Hertzogville),

Sanette van der Walt (Wesselsbron) & Zibbie du Toit (Hoopstad)

(Berig: Elsabé du Plessis, Voorsitter - Vrouebediening, Hoopstad)

GEMEENTENUUS

NG Gardeniapark - ‘n Vrouekuieraand: Kom kuier saam op Donderdagaand 11 April 2019

om 18:00 by Jasmynlaan 3, met die bekende skrywer Maretha Maartens as die gasspreker. Sy kom vertel meer oor die proses wat gelei het tot die skryf van haar nuutste roman, Sara. Die geleentheid is gratis, bring gerus iemand saam en kom voed jou kennis en geloof. Vooraf besprekings is wel noodsaaklik, doen dit by Elna Bester op 081 373 1700.

NG Bethlehem: Die kerkgebou is geleë in NG Pellissier: Kerkstraat 48, vir enige navrae, kontak vir Kerkgebou is geleë dr Hannes de Kock op 082 885 5163 te Vlakfonteinlaan

Page 4: Jaargang 17 - Uitgawe 11 12 April 2019 REDAKSIONEEL UITGAWE 11-2019(Finaa… · Engo Gesinsorg Bloemfontein se spesiale projek vir dogters: Hulle maatskaplike werkers het op 4 April

Gemeentes se Paasfeesgeleenthede:

(Ander gemeentes kan gerus ook vir ons hulle inligting deurstuur vir plasing volgende week)

NG Woodland Hills Gemeenskapskerk: Alle belangstellendes word na die Paasfeesvieringe op 18, 19 en 21 April 2019 uitgenooi, die program is soos volg:

Donderdagaand 18:00: Ds Jan de Wet en die viering van die laaste Avondmaal

Vrydagoggend 07:30: Kruistogte deur die gemeenskap van Woodland Hills

08:00: Kruisigingsdiens - ds Jan de Wet

09:00: Kruisiging voor drie Kruise

Sondagoggend 09:00: Opstandingsdiens - ds Anton Meiring

NB! Om by die sekuriteitshekke in te kom, skakel vooraf iemand wat jy by Woodland Hills Landgoed ken, of vir Judy by die Kerkkantoor op 051 492 3064, of vir ds Anton op 079 895 3914, om die nodige reëling te tref.

OPLEIDINGSGELEENTHEDE

Interkulturele Seminaar

Hierdie geleentheid vind op 16 & 17 April 2019 by die NG Gemeente Riebeeckstad, h/v Artemis- en Aurorastraat in Welkom plaas, die koste beloop R250pp vir die hele seminaar, of R50pp/sessie. Die Ebed Melech Institute, geleë in Pretoria, bied 'n uitstekende seminaar aan, wat 'n broodnodige en denkverskuiwende geleentheid is waarsonder ons nie regtig kerk in ons konteks kan wees nie en dié seminaar gaan ons Vrystaatse konteks verreken. Bring mense saam en begin ‘n avontuurlike reis - nooi asseblief ander denominasies en gemeentes van kleur saam! Klik hier vir die inligtingsdokument en hier vir die program - vir enige navrae, kontak vir ds Christo Nel op 072 556 2612, of dr Ben Joubert op 082 921 0348.

NG Universitas-Wes (Rooikerk), op die

h/v Van Schalkwyk- en De Bruynstraat, nooi almal hartlik uit om ses stasies van die Kruis te kom beleef vanaf Sondagaand 14 April tot Donderdagaand 18 April 2019, tussen 17:00 en 19:30, of bedags vanaf Maandag tot Donderdag tussen 08:00 en 13:00.

Kontak gerus die Kerkkantoor vir enige navrae op 051 522 2547

Page 5: Jaargang 17 - Uitgawe 11 12 April 2019 REDAKSIONEEL UITGAWE 11-2019(Finaa… · Engo Gesinsorg Bloemfontein se spesiale projek vir dogters: Hulle maatskaplike werkers het op 4 April

‘n VBO-geleentheid met Nog ‘n VBO-Opleidingsgeleentheid vir leraars: dr André Kilian:

Excelsus-kursusse: Hierdie is 'n

belangrike deel van elke leraar se voortgesette toerusting, klik op die onderskeie skakels vir meer inligting:

Liturgie-werkswinkel oor koninkrykstyd op 6 en 7 Mei 2019 "Lig vir die nasies: Die Ou Testament se missionale stem" op 21 en 22 Mei 2019

Brugbediening deur Malan Nel op 29 Julie - 2 Augustus en 4 - 7 November 2019

AKTUEEL & ALGEMEEN

EKOLOGIE Lydenstyd en ekologie - die besoedeling buite is ‘n weerspieëling van die besoedeling binne: David Botha van die Projekspan Ekologie, Wes-Kaap Sinode, skryf die volgende: Die genesing van die

skade wat ons as mense die aarde aangedoen het, begin in ons harte. En die sterwensproses op pad kruis toe, is die enigste pad waarlangs ons harte gehoorsaamheid kan leer. En verder… Daar is ‘n direkte verband tussen dit wat ons met die aarde doen en wat in ons harte aangaan. Luister hoe trek Eckhart Tolle ‘n verband tussen die toestand van my hart en die besoedeling van die aarde: ‘Unhappiness is an ego-created mental-emotional disease that has reached epidemic proportions. It is the inner equivalent of the environmental pollution of our planet.’ Lees gerus die volledige artikel hier.

(Met dank oorgeneem uit VrydagNuus van 15 Maart 2019)

Indien moontlik, kyk die volgende video oor die impak van plastiek op die omgewing, dit sal jou skok… https://www.facebook.com/SuccessfulFlow/videos/436610356864717/

Algemeen: Herhalings (van berigte/inligting) soos dit in vorige uitgawes verskyn het: Klik hier om jou gedagtes te verfris: Gemeentenuus:

NG Koppies - Manne-aand met Wynand du Toit op 26 April

Page 6: Jaargang 17 - Uitgawe 11 12 April 2019 REDAKSIONEEL UITGAWE 11-2019(Finaa… · Engo Gesinsorg Bloemfontein se spesiale projek vir dogters: Hulle maatskaplike werkers het op 4 April

NG Fauresmith - Rof & Stof Bergfietsrit en basaar op 4 Mei

NG Zastron bied aan - Juanita du Plessis op 16 Mei

NG Bedelia, Welkom - Wildsfees op 3 Augustus

Opleidingsgeleenthede:

Pastorale beradingskursus: Hoe berei ek my kind voor op toekomstige trauma - Potchefstroom op 25 Mei

Werkswinkel: Die behandeling van persone met substansgebruiksversteurings - 24 & 25 Junie

Excelsus Sentrum vir Bedieningsontwikkeling - Jaarprogram vir 2019 beskikbaar

NUUSBRIEWE & PUBLIKASIES

CLF Nuus - Pamfletbediening: Jan Naborn, ’n CLF donateur wat baie gereeld CLF se

gratis pamflette bestel en versprei, skryf die volgende: Toe ek Vrydagaand my kar laai vir Saterdag se Boeremark, toe wonder ek of ek die hele dikke pak van 500+ van “Psalm 23 en die Onse Vader” moet inpak. Maar so gemaak in die geloof en Saterdag 11:00nm, voordat die Boeremark sluit, is alles uitgedeel en met groot dankbaarheid ontvang. Die mark raak net nie versadig nie! Daar is die gereelde besoekers, maar dan is daar soveel ander mense wat dalk

maar een keer ’n jaar kom. Ons kry ook besoekers uit Dubai, VSA en Nederland. Dis meestal Suid-Afrikaners op familiebesoek en dan gee ons vir hulle ekstra om te gaan uitdeel as hulle terug is. Vir die mense wat sê dat hulle reeds die “Psalm 23” pamflet het, gee ons ’n ander pamflet. Ons voorraad hiervan het aansienlik gekrimp en daarom wil ek nog bestel.

Dankie Jan Naborn vir jou hart om die Boodskap van die Bybel na ander te neem, ongeag waar hulle vandaan kom! Mag hierdie pamflette, ’n “ongewone sendeling”, werklik mense se lewe verander! CLF se gratis pamflette kan aanlyn bestel word (https://clf.co.za/product-category/pamphlets/), of stuur ’n e-pos aan [email protected] - klik ook hier vir die bestelvorm en hier vir die katalogus. Indien julle vriende of familie het wat oorsee bly, kan hulle CLF se pamfletbediening ook deur ‘n skarefinansieringsveldtog ondersteun. Stuur die volgende skakel aan hulle, https://gogetfunding.com/the-unusual-missionary/

Bederf jou Ma hierdie Moedersdag: Klik gerus hier vir die spesiale aanbiedinge, bestel vóór 20 April

2019 om genoeg tyd te gee vir aankope en aflewering.

PREDIKANTENUUS

Beroepenuus: Ds W (Werner) Redelinghuys van die NG Gemeente Ficksburg, het ‘n beroep na die NG

Gemeente Hentiesbaai (Sinode Namibië), ontvang. Hy het die beroep aangeneem, maar die bevestigingsdatum is nog nie bekend nie, aangesien daar nou heelwat amptelike sake ten opsigte van visums en werkspermitte afgehandel moet word, dit kan tot drie maande neem voordat alles in plek is. Ds Werner en gesin, mag hierdie reis na ons buurland vir julle ‘n geseënde en voorspoedige ervaring wees, sterkte met al die reëlings en die groot trek...

Page 7: Jaargang 17 - Uitgawe 11 12 April 2019 REDAKSIONEEL UITGAWE 11-2019(Finaa… · Engo Gesinsorg Bloemfontein se spesiale projek vir dogters: Hulle maatskaplike werkers het op 4 April

Die NG Gemeente Vaalpark, Sasolburg, het vir ds F (Friedrich) Kotzé van die NG Gemeente Fraserburg (Sinode Wes-Kaapland), as medeleraar met opdrag Jeugwerk, beroep. Hy word op Sondag 2 Junie 2019 bevestig, waarna hy ook sy intreepreek sal lewer. Byvoorbaat welkom in die Vrystaat Sinode ds Friedrich, mag jy en jou gesin ‘n geseënde bediening hier beleef...

AFLOSLERAARS: Klik hier vir ‘n lys van leraars/proponente wat beskikbaar is om in gemeentes af te los, vir

preekbeurte, of selfs vir beroepe.

VAKATURES

Vrystaat Sinode:

Leraar (Vastetermyn, 2 Jr Kontrak) - NG Dagbreek, Welkom: Hierdie pos raak met ingang 1 Mei

2019 vakant, klik hier vir al die besonderhede. Die sluitingsdatum vir aansoeke is Dinsdag 30 April 2019.

Leraar (Vastetermyn, 3 Jr Kontrak) - NG Universitasrif, Bloemfontein: Vir meer inligting oor

hierdie pos, klik hier. Die sluitingsdatum vir aansoeke is Dinsdag 30 April 2019.

Leraar (Vastetermyn, 3 Jr Kontrak) - NG Villiers: Hierdie pos is tans vakant en aansoeke word

ingewag, klik hier vir meer inligting - geen spesifieke sluitingsdatum vir die indiening van aansoeke.

Vakatures - e-Kerkbode: ‘n Lys van vakatures vir predikante, ander kerklike amptenare en verwante

kerklike instansies, is gerieflik beskikbaar in die NG Kerk se amptelike kerkkoerant, Kerkbode. Klik hier vir die jongste vakatures in die NG Kerk-familie.

TEN SLOTTE

As ons die Bybel reg verstaan, is dit hoe Christene moet wees!

KONTAK ONS

THEA BOSMAN

Samesteller/Redaksioneel: [email protected] Kommunikasie - NG Kerk Vrystaat

Page 8: Jaargang 17 - Uitgawe 11 12 April 2019 REDAKSIONEEL UITGAWE 11-2019(Finaa… · Engo Gesinsorg Bloemfontein se spesiale projek vir dogters: Hulle maatskaplike werkers het op 4 April

Tel: 051 406 6719 (k) Faks: 086 609 2547

INDIEN JY OP VRYPOS WIL INTEKEN, KLIK hier (meld asseblief ook jou gemeente/dorp)

AS JY VRYPOS WIL KANSELLEER, KLIK hier

NG KERK VRYSTAAT WEBBLAD: http://www.ngkerkvrystaat.co.za/

NG KERK VRYSTAAT FACEBOOK:

Stuur enige nuusgebeure, inligting na [email protected] (spertyd vir indiening,

Dinsdae @ 12:00, behalwe tydens skoolvakansies)

VRYWARING / DISCLAIMER - Klik hier

Lig in die duisternis, hier vir God, mekaar en die wêreld