68
April 2013 `n handelsmerk van GWK brei fasiliteite op Prieska dramaties uit Rietrivier Landbou Ekspo lok weer talle besoekers Graanmark vertoon sterk, pryse beur opwaarts

Kommuniek April 2013

Embed Size (px)

DESCRIPTION

Agriculture, corporate magazine

Citation preview

April 2013

`n handelsmerk van

GWK brei fasiliteite op Prieska dramaties uitRietrivier Landbou Ekspolok weer talle besoekersGraanmark vertoon sterk, pryse beur opwaarts

Inhoud

22 Graanmark vertoon sterk

50 Wenkiekie

58 Lei jou verbeelding . . .

10 Prieska-depot uitgebrei

2RedaksioneelDis heerlik om deel te wees van vooruitgang!

3Geestelike akker Lewende water van genade.

4Agrikalender

5Damme en reënval

6Landbouwenke

8GWK: Direksie en Bestuur

10LANDBOUSAKEAktueelGWK brei sy fasiliteite by Prieska-depot dramaties uit.

Silosakdepot bars uit sy nate. 14 Wat aandeelhouers moet weetDís nuus in die GWK-groep.

16 Ekpo’sRietrivier Landbou Ekspo lok weer talle besoekers.

22GraanGraanmark vertoon sterk, pryse beuropwaarts.

26 SpesialisprodukteInflasie: Wingerd winsgewend.

28Presisieboerdery Intydse skedulering `n moet vir besproeiings-produsente. 32 PresisieboerderyGroot getal produsente woon GWK- groentoer by.

34Presisieboerdery GWK bied insiggewende werksessie by Marydale aan.

36Kleinhandel GWK vereer topverskaffers.

44 GWK NUUS- Manne geniet GWK Graan se gholfdag op Douglas.- Ons personeel is great! GWK se BOP-kandidate vir 2012 vereer.- Bemarkingskantoor in Oos-Kaap amptelik geopen. 48KOLLIGGWK groet `n groot gees ná meer as vier dekades. 50KOMMUNIEK KIEKIES Onvergeetlike gesigte.

54 RUGBYPRAATJIESGriekwas gesels Nuwe kaptein gebore om vir Griekwas uit te draf.

55 DIE SKOPSKOEN Kwaste kry momentum . . .

56Vir die jongspanPret op die plaas.

58VROUELeefstylLei jou verbeelding om jou stresvlakke te verlaag.

60VLV Fokus80ste Sirkelkonferensie in Kimberley aange-bied.

62GesondheidSitrus . . . sit die huppel só terug in jou trippel!

63ResepGebakte lemoenpoeding met fluweel-sagte vla. 64Agterblad Koos verlang na sy ma . . .

2

Uitgewer namens GWK Bpk. Neil de Klerk (Uitvoerende Bestuurder: Korporatiewe Bemarking)

Redakteur en uitlegkunstenaar Carien Grobler 082 802 3628

Advertensies Carien Grobler 082 802 3628 / [email protected]

Dis heerlik om deel te wees van vooruitgang!

Carien GroblerRedakteur Redaksioneel

Hoofkantoor GWK Bpk. De VilliersstraatPosbus 47Douglas8730

Telefoon 053 298 8200 / 087 820 5630

Webwerfwww.gwk.co.za

VOORBLADFOTODraai van die seisoen. Foto: Bertie Theron

Kommuniek verwelkom enige terugvoer van ons lesers. E-pos: Carien Grobler, [email protected] Pos: Kommuniek, Posbus 47, Douglas, 8730.

M y pa, die wysste mens wat ek ken, het ons as kinders geleer dat ons altyd die

beste moet wees wat ons kan. Met `n gesonde hoeveelheid druk (en `n gesonde hoeveelheid teenkanting teen skoolwerk van ons kant) het hy die be-ginsel by sy kinders gevestig dat `n mens slegs waarlik gelukkig kan wees wanneer jy voortdurend daarna streef om jou volle potensiaal te bereik. Dít is my verwysingsraamwerk en ook een van die redes waarom ek soveel bevrediging uit my werk by GWK put. Want dié maatskappy se strewe na in-novering val lynreg in by die beginsels waarvolgens ek grootgemaak is. Ek kry tot in my maag lekker as ek hoor

van nuwe ontwikkelings, soos die ses nuwe silobuise wat op Prieska gebou word en die silosakdepot op Jan Kemp-dorp wat uit sy nate bars. Dit is heerlik om deel te wees van vooruitgang! In hierdie uitgawe kuier ons by die Riet- rivier Landbou Ekspo op Modderrivier waar `n groot getal besoekers weer hierdie jaar aangedoen het. Ons het ook goeie nuus vir ons graan-produsente, want graanpryse beur met die ter perse gaan van hierdie uitgawe steeds opwaarts. Ons geniet saam met ons produsente die groentoer wat onlangs tussen Kim-berley en Douglas aangebied is en maak `n draai naby Marydale, waar GWK Presisieboerdery `n suksesvolle mini-werkswinkel aangebied het.

En dan moet ons afskeid neem van mnr. Ben Keet, wat ná meer as vier dekades by GWK die tuig neerlê. Kom-muniek salueer jou, Ben! Ons fotokompetisie het vandeesmaand uitsonderlike foto’s opgelewer en die kontantpryse gaan inderdaad aan waardige wenners. In die vroue-afdeling kuier ons by die VLV se 80ste sirkelkonferensie in Kimberley, leer ken ons die gesond-heidsvoordele van sitrus en maak ons `n gebakte lemoenpoeding . . . voor-dat ons by Piet aansluit, waar Koos na sy ma verlang . . . Tot volgende keer.

Carien

depo

sitp

hoto

s

3

Jy is dus nie meer slaaf nie, maar kind. En as kind het God jou sy erfge-naam gemaak. Galasiërs 4:7 Tydens die vroeë 1500’s was die kerk se voortbestaan op `n mespunt. Talle het probeer om God se ge-nade onder die skuld van sonde toe te gooi. Onder geweldige druk van verskil-lende bronne, besluit één man om die dwalende kerk te red. Op 31 Oktober 1516 gaan timmer Maarten Luther die 95 stellings op die kerk in Wittenberg, Duitsland, vas. Daarmee stuur hy God se onsinkbare genadeboot weer op koers. En daarmee sê hy vir die wêreld dat ons God nie `n God-van-sondeskuld

Lewende water van genadeis nie, maar dat ons `n Here aanbid wie se goedheid geen perke ken nie. Dat ons `n God dien wat ons keer op keer onvoorwaardelik in sy arms toe-vou. Moet nooit toelaat dat enigiemand van jou `n skuldslaaf maak nie. In tye van twyfel kan jy maar die Here op sy Woord neem wanneer Hy sê dat sy bloed jou van álle skuld vry-gewas het. Christus se koms het van sondaars, soos ek en jy, hemelse erfgename ge-maak! Niemand se sonde is te groot vir God se genade nie en niemand is te ver weggedryf vir sy reddingsdade nie. Ook nie jy nie! Gaan staan vandag onder die wa-

terval van God se vloeiende goed-heid en voel hoe Hy elke stukkie skuldgevoel van jou skouers afwas en nuwe lewe in jou lewe laat vloei. Gaan dan en gaan leef met verligting en dankbare vreugde.

Here-van-Genade, dankie dat U elke stukkie skuldlas eenvoudig van my af wegwas.

Uit: Laat Sy liefde jou lei deur Milanie Vosloo. Uitgegee deur CUM.

Milanie Vosloo Geestelike akker

4

Veilingskalender en Veilingspryse

Groot- en kleinveeveiling, Kimberley Hertzogville-veiling Groot- en kleinveeveiling, Kimberley Nguni-veiling, Douglas

Veilingspryse vir lewendehawe - Maart 201325/02 - 01/03

Slagosse

Slagkoeie Maer beeste Ligte kalwers (180-200kg) Swaar kalwers (201-250kg) Swaar kalwers (250kg +)

Bees

Skape

R9.50

R9.50

R8.00

R16.00

R15.50

R14.00

Kby

Slaglammers

Stoorlammers Kruislammers Slagooie Maer ooie Klein bokkies

Jong bokke Bokooie

Kby

R19.00

R18.50

R18.00

R11.50

R11.00

R21.00

R19.00

R17.00

04/03 - 08/03

Slagosse

Slagkoeie Maer beeste Ligte kalwers (180-200kg) Swaar kalwers (201-250kg) Swaar kalwers (250kg +)

Bees

Skape

R9.50

R9.20

R8.00

R16.00

R15.50

R15.00

Kby

Slaglammers

Stoorlammers Kruislammers Slagooie Maer ooie Klein bokkies

Jong bokke Bokooie

Kby

R19.00

R18.00

R17.00

R12.00

R10.00

R21.00

R20.00

R16.00

11/03 - 15/03

Slagosse

Slagkoeie Maer beeste Ligte kalwers (180-200kg) Swaar kalwers (201-250kg) Swaar kalwers (250kg +)

Bees

Skape

R10.00

R9.80

R8.00

R16.20

R15.80

R15.00

Kby

Slaglammers

Stoorlammers Kruislammers Slagooie Maer ooie Klein bokkies

Jong bokke Bokooie

Kby

R18.80

R19.00

R17.80

R12.00

R11.00

R22.00

R21.00

R18.00

18/03 - 22/03

Slagosse

Slagkoeie Maer beeste Ligte kalwers (180-200kg) Swaar kalwers (201-250kg) Swaar kalwers (250kg +)

Bees

Skape

R9.50

R9.50

R8.00

R16.00

R15.00

R14.50

Kby

Slaglammers

Stoorlammers Kruislammers Slagooie Maer ooie Klein bokkies

Jong bokke Bokooie

Kby

R18.50

R18.00

R17.00

R11.80

R10.00

R20.00

R19.00

R17.00

25/03 - 28/03

Slagosse

Slagkoeie Maer beeste Ligte kalwers (180-200kg) Swaar kalwers (201-250kg) Swaar kalwers (250kg +)

Bees

Skape

R9.50

R9.50

R8.00

R16.00

R15.00

R14.50

Kby

Slaglammers

Stoorlammers Kruislammers Slagooie Maer ooie Klein bokkies

Jong bokke Bokooie

Kby

R18.50

R18.00

R17.00

R11.80

R10.00

R20.00

R19.00

R17.00

23 April25 April30 April

Groot- en kleinveeveiling, KimberleyBoshof-veiling, Griekwastad-veilingGroot- en kleinveeveiling, Kimberley

9 April11 April16 April18 April

Foto: Tania Fourie

5

Oranjerivier Vaalrivier

Hartsrivier Rietrivier

Modderrivier

Welbedachtdam GariepdamVanderkloofdamBoegoebergdam VaaldamAllemanskraaldamErfenisdam Spitskopdam Kalkfonteindam

KrugersdriftdamBloemhofdam

95 94 96 108

79 34 39

68 55

51 42

Riviersisteem Dam % Vol

Huidige stand van damme Werklike vs. langtermyn reënval

0

20

40

60

80

100

120

Doug

las

Prie

ska

Hope

tow

n

Bark

ly-W

es

Riet

rivie

r

Vaal

harts

Reënval 25 Februarie - 22 Maart 2013

Werklik Langtermyn

Werklike min. en maks. temperature vs. langtermyn temperatuur

Inligting verkry van GFCSA

Damme en reënval

01020304050

Douglas Lunenburg

Max Max Langtermyn Min Min Langtermyn

25 Februarie - 22 Maart 2013

01020304050

Douglas Skaal

Max Max Langtermyn Min Min Langtermyn

25 Februarie - 22 Maart 2013

01020304050

Prieska Green Valley Nuts

Max Max Langtermyn Min Min Langtermyn

25 Februarie - 22 Maart 2013

010203040

Barkly-Wes Ulco

Max Max Langtermyn Min Min Langtermyn

25 Februarie - 22 Maart 2013

01020304050

Rietrivier

Max Max Langtermyn Min Min Langtermyn

25 Februarie- 22 Februarie 2013

020406080

100120140

Maandelikse voorspelling: April 2013

01020304050

Hopetown Lilydale

Max Max Langtermyn Min Min Langtermyn

25 Februarie - 22 Maart 2013

6

� Die eerste grondboon-aanplan-tings word nou geoes. Haal uit wanneer peule 70-75% ryp is.

� Baie nat toestande bevorder die voorkoms van Schlerotinia wat reuse oesverliese kan meebring. Peule en stingels verbruin en verrot en blare sterf af (sien foto). Oorweeg om vroeër te oes indien Schlerotinia vermeerder.

� Indien strawwe ryp voorkom en plante afsterf, moet dit binne enkele dae opgetrek word om oesverliese te voorkom.

� Verminder besproeiing voor oestyd, maar moenie water wegvat nie. Te droë grond bemoeilik die uithaalproses

Mielies

Pekanneute

Grondbone

� Vroeë mielies begin oesgereed word en kan gestroop word.

� Met nismarkgrane soos Simba- en Waxymielies moet seker

gemaak word dat stropers 100% skoon is, vermenging met Bt-mielies veroorsaak probleme.

� Die laaste besproeiings van die groeiseisoen word in April gedoen voordat die boom sy rusfase ingaan. Besproeiing kan weer in Augustus hervat word. Een tot twee besproeiings kan egter deur die winter

gedoen word sodat die grond nie totaal uitdroog nie.

� Maak boordvloer skoon om die oesproses te vergemaklik.

� Grondmonsters en voorberei-ding kan van nou af gedoen word vir nuwe aanplantings.

aansienlik. � Gebruik uithalers wat peule van die grond af lig om in die ry te droog. `n Conditioner kan `n paar uur ná die uithaler gebruik word om die oortollige sand af te skud. Dit bespoedig die plukproses en verminder slytasie op die plukker se onderdele.

� Peule kan ongeveer drie dae na uithaal gepluk word, afhangend van vog en weerstoestande. Vog moet met lewering tussen 12 en 16% wees. Te nat peule verleng die droogproses aansienlik.

� Verseker goeie deurlugting indien die oes in sakke gelewer word.

Landbouwenke

Schlerotinia (peule en stingels verbruin).

7

Saamgestel deur GWK Navorsing en Ontwikkeling.

� April en Mei is die beste tyd om lusern te vestig.

� Die saadbed moet klam, fyn, ferm en onkruidvry wees.

� Behandel saad met lusernpak-entstof om stikstofbinding te verbeter. Gee lae hoeveelheid superfosfaat met plant (200 kg/ha).

� Meerjarige, gematigde grasse soos kropaargras, langswenkgras, ka- nariesaad en red-dingsgras, asook eenjarige Italiaanse raaigras kan tot Mei geplant word.

� Plant teen 20-25kg/ha en besproei ±25-30mm per week.

� Uie kan nog tot einde April geplant word. Plant ongeveer 4kg saad per hektaar. Plantdiepte:10-15mm

� `n Fyn en ferm saadbed vergemaklik die plant-proses en verseker `n beter stand en egalige opkoms.

� Behandel die saad met `n geskikte swamdoder om siektes soos Damping Off te voorkom.

� Spuit onkruiddoder direk

ná plant en was in met 15-20mm water.

� Bedek beddings met koringstrooi om windskade te beperk.

� Bolle vir saadaanplantings moet nou gevestig word. Plant teen 1 000 sakkies per hektaar (ongeveer 130-140 000 bolle/ha).

� Dit is goeie praktyk om die bolle voor plant in `n swamdoder te dip.

� Totale N:P:K-behoefte is 120N:70P:120K.

Lusern en weiding

Uie en saaduie

� Hou streng by die spuitprogram om swamsiektes te voorkom.

� Monitor plantluise op

`n weeklikse basis deur minstens twee tot drie punte per land op te rig om die insekte te monitor.

Aartappels

8

Voorsitter Frank LawrenceOndervoorsitter Frans Lubbe

Uitvoerende bestuurspan

Bemarkingskantoor: Oos-VrystaatHennie van der Walt079 511 4547

Direkte InsetteRocky le Roux082 317 7656 Veilings en GWK PropertiesWillie Meyer071 680 4103

Finansies en StelselsAndri Bezuidenhout071 686 8844

Bemarkingskantoor: Oos-KaapWikkie Burger079 519 1630

Meganisasie en IngenieurswerkeJohan Kruger082 809 4778

Versekering en FloTankBrits van den Berg082 803 5190

GraanprodukteElmarie Jacobs082 906 2383 Bemarkingskantoor: KwaZulu-NatalTerence van Dyk082 885 4163

Sidi ParaniCas Prinsloo 079 510 2710

Menslike HulpbronneChopper Theart082 806 9995

DirekteureHennie CoetzeeWynand Human Johan Jacobs Tertius MaraisMattheus Maree

Willem MülkeEric RamongaloPiet RouxRonnie StadhouerKoos van der RystFrans Wiid

HoofbestuurBesturende DirekteurJohan van DykFinansiële Direkteur Johan KlopperHoofbestuurder: Handel Mark du Plessis

Hoofbestuurder: SpesialisprodukteLlewellyn Brooks Hoofbestuurder: Primêre ProduksiePieter Bekker

Hoofbestuurder: GraanprodukteTom MeintjesHoofbestuurder: Veilings, Vleis en SupermarkteWim van Rooyen

Direksie en Bestuur

Oliesade en PekanneuteAndreas Snyman082 801 1849

VleisbedryweAlex Cilliers082 808 3063

Korporatiewe BemarkingNeil de Klerk 082 881 7531

GraanfasiliteiteCarl du Toit 082 906 2121

Sekretariaat, Regsdienste en RisikobestuurFreek Meyer083 644 0022

Finansiering en Finansiële Landbou-adviesKobie Greyvensteyn082 808 4178

Presisieboerdery en Produksie- navorsingDup Haarhoff083 646 1111

Saad, Gewasproduksie en Opkomende BoereJozua Haarhoff082 808 8579

Direksie

9

Missie en Visie

Bestaansrede Om as agri-besigheid vol-houbare welvaart binne die voedselvoorsieningsketting te skep vir deelnemende be- langhebbendes.

MissieOns genereer markgerigte besigheidsoplossings in agri- en voedselvoorsiening op `n entrepreneuriese wyse, ge- kenmerk deur:� innovasie;� dinamiese leierskap;� energieke uitvoering en� eienaarskapgerugsteun deur gevestigde en nuwe handelsmerke.

Waardesisteem Ons optrede word gerig deur:� spanwerk;� integriteit;� menswaardigheid;� deursigtigheid;� toegewydheid;� verantwoordbaarheid;� aanpasbaarheid en� kliëntegerigtheid.

VisieOm die agri-leier in die voedselwaardeketting te wees.

innoveer landbou

GWK Besproeiing . . .innovering deur spesialiste

GWK is as toonaangewende agri-onderneming uniek geposisioneer met ̀ n volledige reeks produkte en dienste, aangebied deur ̀ n gediversifiseerde groep besighede wat fokus op omvattende oplossings vir moderne besigheid in die hele landbou- waardeketting. Ons kliëntgerigte fokus op volhoubare welvaartskepping vir vennote in landbou maak dit moontlik om letterlik `n nasie te help voed én be-kende, gehalte handelsmerk-produkte plaaslik vir die verbruiker te produseer. GWK gee om. Daarom innoveer ons landboubesigheid.

De Villiersstraat, Douglas Posbus 47, Douglas,

8730 Tel: 053 298 8200

Faks: 053 298 2445

www.gwk.co.za

10

GWK brei sy fasiliteite by Prieska-depot dramaties uit

Carien Grobler Aktueel

Die werksaamhede by die Prieska-depot waar ses nuwe silobuise opgerig word. Foto’s: Bertie Theron.

A s deel van GWK se strewe om landbou voortdurend te inno- veer, is onlangs met die oprig-

ting van ses nuwe silobuise by die Pries-ka-depot begin. Só sê mnr. Carl du Toit (Uitvoerende Bestuurder: Graanfasiliteite). Du Toit verduidelik dat die nuwe ontwikkeling bestaan uit ses silobuise, twee 22m-af-laaihoppers wat elk 200t graan per

uur kan hanteer d.m.v. twee 200t/uur bakkieshysers wat die graan in die buise gooi. Die stelsel sal aan die bestaande silo gekoppel wees vir uitlaai. Elke buis sal die kapasiteit hê om 5 000t graan te stoor, wat die Pries-ka-depot se kapasiteit na 108 000t opstoot. Om die ses buise te bou, is ongeveer 3 300 pakkies sement, 4 100t klip, 2 900t sand, 680 000l water en

290km staal nodig. Die deursnee van elke buis is 15,24m en die hoogte ongeveer 40m. Die raadgewende ingenieur vir die projek is Eko Design, Renniks Construc-tion is die siviele kontrakteur, CA du Toit ingelyf is die elektriese ingenieur en die bourekenaar is Havinga Olivier BK. Volgens Du Toit is die beplande datum vir die voltooiing van die projek 15 November 2013.

11

`n Sy-aansig van die bouwerk.

Agter die skerms . . . Die bouwerk vir die nuwe silobuise is reeds volstoom aan die gang, maar wat het agter die skerms ge-beur voordat die eerste sooi gespit is? Kommuniek het by mnr. Pieter Fourie van Eko Design aangeklop om meer oor hierdie interessante projek uit te vind. “Die eerste stap was om `n profes- sionele span saam te stel wat ty- dens die beplanningsproses as GWK se agent kon optree,” sê Fourie. “Hierdie span se eerste taak was om saam met GWK se bedryfsper-soneel verskillende alternatiewe te ondersoek wat geprys moes word om te bepaal of die projek betalend sou wees. Die alternatiewe is vervol-gens aan GWK se Direksie voorgelê wat die finale besluit geneem het. Die projek het hierna op tender uit-gegaan, waarna die tenders toege-ken is.” Fourie noem dat die innamekapa- siteit van 400t/uur die vlak van dienslewering aan produsente aansienlik sal verbeter. Die buise sal ook oor deurlugting-sisteme met temperatuurmonitering volgens die jongste tegnologie beskik. “Dit is interessant om uit te lig dat die ontwerp van só `n aard is dat die fondasie gedoen word uit mas- sabeton wat kostebesparend is. Twee van die buise dien as ondersteun-ingstrukture waaraan die werkshuis of innametoring gekoppel word.” Fourie verduidelik dat `n vol silo aan spanning in die ring self onder-worpe is wat `n maksimum waarde van 5,6t/m2 op grondvlak bereik. Die staal word hiervolgens bereken, want die beton self kan nie hierdie trekkragte hanteer nie. Omdat die ringspanning na bo afneem, word die staal ook met die hoogte verminder. Die deurligtings- pype word tipies aan statiese druk-kragte van 100kPa onderwerp.“Betonsilo’s is baie meer stabiel as gegolfde sinksilo’s en temperatuur- skommelings deur die dag is ook

minder in die graan wat daarin gestoor word. Die projek op Prieska sal sonder

twyfel waarde toevoeg tot produsen- te se graan en weerspieël GWK se fokus om landbou te innoveer.”

12

Silosakdepot bars uit sy nate

Kobus BeetgeBedryfshoof: Graanverkryging, Barkly-Wes & Hartsvallei

V oor 2010 is slegs grondbone en lusern in GWK se depot op Jan Kempdorp hanteer.

GWK het toe besluit om die nodige toerusting aan te skaf om ook kor-ing, mielies en hawer te hanteer. `n Depot wat graan in silosakke hanteer is ontwikkel, aangesien dit heelwat minder kapitaal sou verg as om per-manente strukture op te rig. GWK het tot op hede sowat R4,3 miljoen aan die toerusting en opgradering van die depot spandeer. Daar is weggespring met `n ver-skuifbare aflaaiput (hopper), `n bakkieshyser, trekkers met oorlaai-waens en sakvulmasjiene. Die verskuifbare aflaaiput met `n aflaaikapasiteit van ongeveer 60 tot 70t/uur, het egter beperkings ingehou. Om hierdie beperkings te oorkom, het GWK nog `n aflaaiput gebou. Daar is dus nou twee aflaai- punte wat die inname-tempo na on-geveer 120t/uur verhoog. Hierdie op-graderings word baie positief ervaar

deur produsente wat graan lewer. Die lewerings by die depot het dan ook sedert die nuwe uitbreidings aan-sienlik toegeneem. Waar daar tydens die eerste seisoen ongeveer 2 200t mielies en 2 900t koring gehanteer is, het dit intussen gegroei na 9 947t mielies en 10 089t koring in 2012. Die gebied wat deur die depot gediens word, is hoofsaaklik Bullhill, Hartsvallei en Jan Kempdorp. Waar produsente in die Hartswater- en Magogong-gebied boer, maak dit dus nie sin om koring en mielies by Jan Kempdorp te lewer nie. Hierdie produsente lewer dan die betrokke gewas op GWK se folio (leweringsnommer) by een van Sen-wes se silos. Die hantering van graan is egter nie die enigste funksie van die depot op Jan Kempdorp nie. Lusern-, koring-, gars- en grondboonhooi word ook by die depot ontvang. Lusern wat ingeneem word, wissel van klein baaltjies tot HDP-bale (high density) vir die uitvoermark. Heelwat

hooi word dan ook by die depot ge-maal en as lusernmeel verkoop. Die groei van die depot kan egter nie net toegeskryf word aan die feit dat toerusting opgegradeer is nie. Die depot se sukses is uitsluitlik te danke aan die kliëntediens en bydrae van elke personeellid wat hier werk-saam is. Die depot se werksure word byvoor-beeld tydens oestye verleng en GWK se depot op Jan Kempdorp is dikwels die enigste fasiliteit in Vaalharts wat graan op Saterdae (en indien nodig op Sondae) ontvang. Die depot vervul ook `n belangrike administratiewe funksie. Groot hoe- veelhede graan en lusern in die Vaal-harts-gebied word dikwels direk vanaf die produsent na `n koper versend (of dit word in die geval van koring of mielies in `n derde party se silo gelewer). Die innames van hierdie lewerings op GWK se stelsel word deur die personeel by die depot op Jan Kemp-dorp hanteer.

Aktueel

`n Gedeelte van GWK se silosakdepot op Jan Kempdorp.

GWK . . . ons innoveer landbouGWK se aandeelhouers is passievol oor die bewer- king van landbougrond. Ons fokus is om in elke aspek van hul boerdery betrokke te wees en waarde toe te voeg. Só beywer GWK homself om generasies van suksesvolle landbouers deel van die landbou te hou én voorsien ons kos en ander produkte aan die wêreld.

innoveer landbou

_000574

_00064_000904

generasies van lanbouers deel van landbou

innoveer landbou

De Villiersstraat, Douglas Posbus 47, Douglas,

8730 Tel: 053 298 8200

Faks: 053 298 2445

www.gwk.co.za

GWK is as toonaangewende agri-onderneming uniek geposisioneer met ̀ n volledige reeks produkte en dienste, aangebied deur ̀ n gediversifiseerde groep besighede wat fokus op omvattende oplossings vir moderne besigheid in die hele landbou- waardeketting. Ons kliëntgerigte fokus op volhoubare welvaartskepping vir vennote in landbou maak dit moontlik om letterlik `n nasie te help voed én bekende, gehalte handelsmerk-produkte plaaslik vir die verbruiker te produseer. GWK gee om. Daarom innoveer ons landboubesigheid.

14

Dís nuus in die GWK-groep

Mnr. Johan van Dyk

Wat aandeelhouers moet weet

Ons Besigheid

W elkom by hierdie aflewe- ring van ons rubriek waarmee GWK graag

die jongste inligting uit die maatskap-py aan ons aandeelhouers deurgee. � GWK het `n Memorandum van

verstandhouding met FABCOS onderteken in terme waarvan FABCOS voorkeur sal geniet om as SEB-vennoot by GWK-kapi- taalprojekte, wat nie deel van GWK se kernbesigheid is nie, be-trokke te raak. FABCOS is `n assosiasie van swart kleinhan-delaars en produsente met uitge-breide belange in kleinhandel en vervaardiging.

� Wysigings aan die GWK-krediet-beleid is op die onlangse Direk-sievergadering goedgekeur. Die wysigings is gemaak met die be-hoeftes van GWK se kliënte in gedagte. Van die opwindendste innovasies sluit in `n wentelkre- diet-produk vir produsente, so-wel as langtermyn veefinansie- ring. Die kredietbestuurder in elke streek sal aandeelhouers kontak sodra die nuwe produkte geïm-plementeer is.

� GWK besef die belangrikheid

van die gemeenskappe waarin hy funksioneer en is trots daarop om `n bydrae tot ons gemeenskappe te maak. GWK het die afgelope nege maande reeds meer as R8,5 miljoen in ons gemeenskappe belê. Hierdie beleggings word nie gesien as `n korporatiewe verpligting nie, maar eerder as `n toonbeeld van GWK se toe-gewyde langtermyn verbintenis tot ons bure, vennote, kliënte en werknemers.

� GWK besit `n 100% belang in LAW Holdings wat `n skaapab-

attoir op Groblershoop bedryf. Ten einde die waarde van die GWK-handelsmerk ten volle te benut, is besluit om die naam van LAW Holdings na GWK Vleis te verander.

� Die koringmeule-projek op Mod-derrivier vorder goed en na ver-wagting sal die koringmeule teen Desember 2014 voltooi wees. Die pasta- en beskuitjie-aanlegte, wat deel vorm van die koring-meule-projek, behoort na ver-wagting teen September 2014 voltooi te wees.

� Innovasie is `n belangrike ele-ment van GWK se missie en dit is dus belangrik dat ons op hoogte bly van die jongste tegnologiese ontwikkelings om GWK se me-dedingende voordele uit te brei. `n Goeie voorbeeld hiervan is die besluit om `n Delta-laseroog by ons grondboon-aanleg op Doug-las te installeer. Hierdie tegnolo- gies gevorderde toerusting sal die effektiwiteit in die sorteerproses van grondbone aansienlik ver-hoog met `n gevolglike bespa- ring in koste.

GWK-groete,Johan van Dyk

Kontak Tania Fourie by 053 298 8200 of [email protected] vir navrae.

. . . en maak seker die landbou-gemeenskap neem kennis

van jou besigheid.

Adverteer HIER

16

Mnr. Mark du Plessis (Hoofbestuurder: Handel) saam met Lianie en Jay. Foto’s: Tania Fourie.

Me. Chantelle Nieuwenhuizen (Bemarker: Korporatiewe Bemarking), Lianie May en me. Tania Fourie (Bemarker: Advertensies). Foto: Verskaf.

17

Rietrivier Landbou Ekspo lok weer talle besoekers

Carien GroblerEkspo’s

Lianie en Jay.

D ie Rietrivier Landbou Ekspo in samewerking met GWK het vanjaar oudergewoonte

groot getalle besoekers gelok. Die ekspo is vanjaar by GWK se fasiliteite op Modderrivier aange-bied. Die Ekspo het afgeskop met `n manne-ontbyt vroeg die Vrydagog-gend waartydens die internasionale

eiendomspesialis Trevor Gaw en pastoor Flip Kühn van die Bikers Church opgetree het. Daarna het die manne met `n bus vertrek op `n besigtigingstoer van watervoorsiening en verskeie aan-plantings. Landbousprekers het by die besoekpunte opgetree. Verskeie kunstenaars het besoe- kers in die biertent vermaak waar-na Lianie en Jay die dag op `n

hoogtepunt afgesluit het met `n opskop in die skuur. Saterdagoggend vroeg was daar weer bedrywigheid op die ekspo-terrein waar Lizz Meiring die dames tydens `n damesoggend toegespreek het oor die lewenslesse wat sy al in haar loopbaan geleer het. Die dames het geskaterlag en selfs `n paar mans het hulle by hierdie geleentheid aangesluit.

18

Die manne-ontbyt waartydens die internasionale eiendomspesialis Trevor Gaw en pastoor Flip Kühn van die Bikers Church opgetree het. Foto’s: Tania Fourie.

19

GWK Meganisasie se uitstalling van John Deere-toerusting tydens die ekspo.

20

Mnre. Pieter Möller (seremoniemeester), Niekie du Plooy (organiseerder van die ekspo) en Nico Jacobs (Voorsitter: Rietrivier Landbou) vertrek op `n besigtigingstoer.

Me. Susan Drinkrow (Senior Adminklerk: Oliesade), Lizz Meiring en me. Gerda Meades van die Landzicht Wynkelder op Jacobsdal.

22

depositphotos

23

Graanmark vertoon sterk, pryse beur opwaarts

Herman GroblerBestuurder: Graanaankope van GWK

Graan

S edert die vorige artikel op 20 Februarie 2013 het die graanmark sterk vertoon met

graanpryse wat opwaarts gebeur het. Plaaslike weersomstandighede wat steeds ongunstig was, sowel as `n swakker geldeenheid, was hoof-saaklik die drywers gewees.Met die skryf van hierdie artikel op 22 Maart 2013 was die stand van sake as volg: Uit Grafiek 1 is dit duidelik dat die koringmark sedert November 2012 opwaarts verhandel het, maar weer vandeesmaand effens teruggesak het. Produsente se gemiddelde prys het effens afwaarts beweeg. Hoewel nog sowat 6% van die 2012-Durumoes geprys moet word, toon Grafiek 2 dat die produsente se gemiddelde Safex-pryse effens opwaarts neig in vergelyking met verlede maand. Grafiek 3 toon duidelik hoe pro-dusente hoër prysvlakke op Maart 2013-geelmielies kon be-nut en `n beter gemiddelde prys as die huidige gemiddelde Maat 2013-Safex-prysvlak kon realiseer. Die Mei 2013-geelmielies se ge- middelde Safex-prysvlak staan op die oomblik net effens bo die ge- middelde prys wat produsente op dieselfde kontrak kon realiseer (sien Grafiek 4). Uit Grafiek 5 is dit duidelik dat GWK produsente se gemiddelde prysvasstellings van die 2013 Ju- lie-geelmieliekontrak steeds effens beter vaar as die gemiddelde prys van dieselfde Safex verhandelde

R 3,428 R 3,436

R 3,427

R 3,345

R 3,368 R 3,365 R 3,350 R 3,350 R 3,350

R 3,280

R 3,300

R 3,320

R 3,340

R 3,360

R 3,380

R 3,400

R 3,420

R 3,440

R 3,460

Des. '12 & Jan. '13 Feb. '13 Mrt. '13

Broodkoring gemiddelde pryse

Safex-gemiddeld Produsente gemiddeld Bem Plan gemiddeld

R 3,428 R 3,436 R 3,427

R 3,052 R 3,059 R 3,067

R 2,800

R 2,900

R 3,000

R 3,100

R 3,200

R 3,300

R 3,400

R 3,500

Des. '12 & Jan. '13 Feb. '13 Mrt. '13

Durum gemiddelde pryse

Safex-gemiddeld Produsente gemiddeld

R 2,481 R 2,436

R 2,381

R 2,669

R 2,610

R 2,408

R 2,200 R 2,250 R 2,300 R 2,350 R 2,400 R 2,450 R 2,500 R 2,550 R 2,600 R 2,650 R 2,700

Des. '12 & Jan. '13 Feb. '13 Mrt. '13

Maart mielies 2013 gemiddelde pryse

Safex-gemiddeld Produsente gemiddeld

Grafiek 2.

Grafiek 3.

Grafiek 1.

24

kontrak. Produsente kon vandeesmaand hul gemiddelde Safex-prysvasstellings- vlak bestuur om op 20 Maart 2013 hoër te eindig as die gemiddelde Safex-vlak waarteen die Desember 2013-koringkontrak op die oom-blik verhandel (sien Grafiek 6).Grafiek 7 toon die onderskeie pro-dukte/gewasse wat GWK-produsen- te produseer en die verloop van die prysvasstelling van elke betrokke gewas. Die mielies wat in 2012 geoes is, is bykans alles geprys. So ook die koring en in `n mindere mate die Durum wat in 2012 geoes is. Prys-vasstellings vir die komende mielie- oes het aansienlik toegeneem en sommige produsente durf reeds die daaropvolgende wintergewasse se prysvasstelling op huidige vlakke aan.GWK Graan vertrou dat u hierdie maandelikse artikels insiggewend vind. Ons verwelkom enige terug- voer hieroor. Kontak ons gerus op 053 298 8491.

98.0% 98.8% 99.9% 94.2%

98.6% 99.7%

82.1% 85.8%

94.3%

41.5%

54.8%

73.4%

1.5% 3.8% 4.4%

0.00%

10.00%

20.00%

30.00%

40.00%

50.00%

60.00%

70.00%

80.00%

90.00%

100.00%

Des. '12 & Jan. '13 Feb.. '13 Mrt. '13

Persentasie geprys per produk per maand

Mielies 2012 Koring 2012 Durum 2012 Alle tipes Mielies 2013 Durum/Koring/Gars 2013

R 2,233 R 2,192 R 2,202 R 2,271 R 2,180 R 2,194

R - R - R - R -

R 500

R 1,000

R 1,500

R 2,000

R 2,500

Des. '12 & Jan. '13 Feb. '13 Mrt. '13

Mei mielies 2013 gemiddelde pryse

Safex-gemiddeld Produsente gemiddeld Bemarkingsplan (beskikbaar 30/4)

R 2,236 R 2,185 R 2,186 R 2,291 R 2,200 R 2,200

R - R - R - R -

R 500

R 1,000

R 1,500

R 2,000

R 2,500

Des. '12 & Jan. '13 Feb. '13 Mrt. '13

Julie mielies 2013 gemiddelde pryse

Safex-gemiddeld Produsente gemiddeld Bemarkingsplan (beskikbaar 31/6)

R 3,546 R 3,511 R 3,432 R 3,515 R 3,491 R 3,458

R - R - R - R -

R 500

R 1,000

R 1,500

R 2,000

R 2,500

R 3,000

R 3,500

R 4,000

Des. '12 & Jan. '13 Feb. '13 Mrt. '13

Durum / gars / koring 2013 gemiddelde pryse

Safex-gemiddeld Produsente gemiddeld Bemarkingsplan (beskikbaar 25/11)

Grafiek 7.

Grafiek 6.

Grafiek 5.

Grafiek 4.

26

Inflasie: wingerd winsgewend

Johan FourieBedryfshoof: Pekanneut- en Wingerdproduksie

Spesialisprodukte

D ie wynbedryf veg al `n geruime tyd vir sy plek langs die Oran-je- en Vaalriviere. Net soos met

enige ander kommoditeit, beweeg die wynbedryf in siklusse. Die neiging in die verlede was siklusse van ongeveer sewe jaar. Die vorige sewe maer jare moes rondom 2007 na vet jare verander het, maar dit was nie die geval nie. Een van die grootste oorsake hiervan, is die wê- reldresessie. Grafiek 1 toon dat die wêreld se wyn-verbruik seder 2007 skerp afgeneem het. As die gemiddelde groei van 2000 tot 2007 vir 2013 geprojekteer word, moes wêreldverbruik nou op ongeveer 26 miljoen liter gestaan het. Die ver-bruik word egter tussen 26,570 en 24,940 miljoen liter voorspel.

Die wêreld se wynproduksie vir 2012 word op ongeveer 24,820 liter geraam – die laagste vlak in 14 jaar. Dit is dus duidelik dat die wêreld se wynvoorraad weer `n keerpunt bereik het. Wat met wynpryse gaan gebeur bly egter onse-ker, maar alle aanduidings lyk positief vir die produsent. Volgens die South African Wine Infor-mation and Systems (SAWIS), se wêreld- oorsig vir 2011 is in 2008/2009 tot 2010/2011 subsidies aan produsente in die Europese Unie (EU) betaal om 175 000ha wingerd uit te haal en nie weer te vestig nie. Die totale geves-tigde hektare in Suid-Afrika was teen 2011 ongeveer 100 568ha. Die hek-tare aangeplant in Suid-Afrika het sedert 2006 afgeneem. Die totale wingerd- oppervlak in die wêreld het van 2005

tot 2010 met ongeveer 379 000ha af-geneem. Minder hektare beteken nie noodwendig `n drastiese afname in produksie nie, aangesien swak winger- de eerste verwyder word. Dit het egter `n sloerende gevolg en die verminder- de hektare sal mettertyd in die wêreld-voorraad weerspieël word. Wingerd en inflasie Een van die grootste uitdagings van wingerd is om die aanvanklike vesti- gingskoste te dra. Afhangend van die opleistelsel, kultivar, spasiëring en ander veranderlikes kan wingerdvestiging van R80 000 tot R140 000/ha beloop. Die langtermyn-projeksies van wing-erd word gewoonlik met reële koste ge-doen. Die koste word dan konstant ge-hou oor die lewensduur van wingerd.

Druiweprodusente kan dit nié bekostig om nié te meganiseer nie.

Stygende langtermyn-koste verander eg- ter die prentjie aansienlik. Nietemin styg alle koste nie noodwendig met inflasie nie. Vir die doel van hierdie artikel word inflasie vir die styging van die wynprys, sowel as die ander koste van wingerver- bouing gebruik. Inflasie word op 5,7% bereken. Uit Grafiek 2 is dit duidelik dat die ge-lykbreekjaar afkom van jaar 11/12 na jaar 8/9. Die grootste koste by wingerd is die eerste jaar se vestigingskoste. Die vestigingskoste bly dus `n aanvank- like, onveranderlike koste. Inflasie ver- oorsaak dat die inkomste se groei gro-ter is as die van uitgawes, waarvan die grootste hoeveelheid die aanvanklike vestigingskoste is. Dus verhoog die in- komstegedeelte van die wingerd meer teenoor die uitgawes aangesien die hoë aanvanklike koste reeds in jaar een aan gegaan is. Hierdie konsep is van toe-passing op die meeste permanente ge-wasse waarvan die aanvanklike inset-koste hoog is. Verder kan druiweprodusente dit nié bekostig om nié te meganiseer nie. Ar-beid vorm `n groot deel van die koste wat aan die produksie van wyndruiwe verbonde is (ongeveer 41% volgens VinPro). Die meeste van die handaksies kan egter in `n groot mate geme- ganiseer word. Die opleistelsel speel nietemin `n groot rol. Oeskoste vorm ook `n groot deel van die koste. Met die minimum loonver-hoging van ongeveer 50% beteken

dit dat die totale koste van druiwever-bouing met ongeveer 20,5% styg. Die wynbedryf gaan hierdie styging moeilik absorbeer en produsent word dus ge-dwing om te meganiseer. Op Colombar kan een arbeider on-geveer 700kg druiwe per dag sny. Met die nuwe minimum loon is die oeskoste dus R150/t. Teen `n op-brengs van 30t/ha is die oeskoste R4 500/ha. Kontrakteurs se tarief vir `n oesmasjien is tussen R1 800 en R2 200 per uur (droë koste). As die opleistelsel en terrein reg is, kan een hektaar per uur gestroop word. Die koste beloop dus tussen R60 en R73,33/t – meer as 50% goedkoper. Waar kultivars soos Chenin Blanc wat moeilik oes ter sprake kom, raak die masjienoes-opsie nog meer aanloklik.

Ter afsluitingDie stand van sake vir wyndruiwe wê-reldwyd dui daarop dat `n gunstige tydperk vir wyn voorlê. `n R100/t ver-hoging in die produsenteprys beteken `n verhoging van 20% in die winsge- wendheid van druiwe teen `n 30t/ha- opbrengs en `n wynprys-verhoging van 13c per liter. Dit is `n verhoging van ongeveer 4% in die Suid-Afrikaanse ver-koopsprys van wyn. Wingerd kan 90% gemeganiseer word, wat dit kompeterend maak teen an-der gewasse. Inflasie veroorsaak wins-gewendheid in wyndryfverbouing (`n voordeel van permanente gewasse). Al hierdie faktore in ag geneem, lyk die kans goed dat wingerd weer sy regma-tige plek langs die rivieroewer kan in-neem.

22656 22686

22857

23589

23739 23767

24270

24490

24290

23660

23630

21500

22000

22500

23000

23500

24000

24500

25000

2000 2001 2002 2003 2004 2005 2006 2007 2008 2009* 2010*

Wêreld verbruik

Miljoen liter* Raming

-R 400,000.00

-R 200,000.00

R 0.00

R 200,000.00

R 400,000.00

R 600,000.00

R 800,000.00

R 1,000,000.00

JAAR 1

JAAR 2

JAAR 3

JAAR 4

JAAR 5

JAAR 6

JAAR 7

JAAR 8

JAAR 9

JAAR 10

JAAR 11

JAAR 12

JAAR 13

JAAR 14

JAAR 15

JAAR 16

JAAR 17

JAAR 18

JAAR 19

JAAR 20

JAAR 21

JAAR 22

JAAR 23

JAAR 24

JAAR 25

Invloed van inflasie op wingerdvestiging (kummulatiewe balans/ha)

KUMMULATIEWE BALANS MET 5.7% INFLASIE KUMMULATIEWE BALANS SONDER INFLASIE

Grafiek 1.

Grafiek 2.

Wêreldverbruik

28

29

Intydse skedulering `n moet vir besproeiingsprodusente

JC VorsterGWK Besproeiingskedulering, Oos-streek

Presisieboerdery

M et die landbousektor as die grootste waterverbruik-er, word al hoe meer druk

op produsente geplaas om water meer doeltreffend te benut. Binne die GWK-gebied is besproeiing een van die belangrikste komponente vir die verbouing van verskillende ge-wasse. Met die huidige insetkoste is deeglike beplanning nodig om te verseker dat

Figuur 1. Die NDVI-beeld toon pro-bleme met die spuitpakket en druk.

die produsent winsgewend boer. Die jongste skeduleringstegnologie stel produsente in staat om uurlikse vogle- sings van elke spilpunt te ontvang. Hier-die gedetailleerde inligting vergemaklik die bestuur en besluitneming oor hoe- veel en wanneer om te besproei. Voordat effektiewe skedulering kan plaasvind, moet die spilpunt tegnies kor- rek ontwerp wees. Spilpunte waarvan die spuitpakkette verkeerd is, kan verkeerde lesings gee

Berti

e Th

eron

Figuur 2. Ondoeltreffende besproeiing. Let op hoe die ondergrond al hoe droër word. Profiel trek droog weens on-doeltreffende besproeiing.

oor hoeveel water werklik toegedien word, veral as die meetpunt juis op so `n swak sone is. NDVI-beelde is `n handige hulpmiddel om pakketproble- me te identifiseer (Figuur 1) en om te verseker dat die meetpunte op die regte plekke is. Sodra die pakketprobleme reggestel is, kan ander faktore met `n invloed op skedulering ondersoek word. Faktore met `n invloed: Klimaat: Weersomstandighede bepaal wanneer en hoeveel water toegedien moet word. In Januarie 2013 is baie hoë tempe- rature gemeet. Om dit in perspektief te plaas, word `n voorbeeld hiervan ge-bruik: Met `n dag- en nagtemperatuur van onderskeidelik 39/18°C kan die AVA (atmosferiese verdampingsaan-vraag) tot soveel as 13mm/dag bereik. Om dan `n plant se gebruik per dag te bereken, word die AVA met die gewas-faktor in sy huidige groeistadium ge- maal, bv. 13 x 0,9 = 11,7mm/dag. Die korrekte weerdata en weervoor-spelling is dus baie belangrik om die regte hoeveelheid te besproei.Grond: Grondsoorte se tekstuur (sand-, slik- en klei-inhoud) beïnvloed `n land se infiltrasietempo, waterhouvermoë en dreinering. Die gronddiepte bepaal die volume of bergingsvermoë van beskikbare water.

Dit is belangrik om die regte hoeveel- heid water vir die grondsoort te be-sproei om versuiping of verdroging te voorkom.Wortelontwikkeling: Dit is baie belang- rik om vas te stel tot op watter diepte daar wortelontwikkeling is, anders kan oorbesproeiing maklik binne die wor-telsone voorkom. Anaërobiese toestan-de kan ook geskep word en loging van sekere voedingstowwe kan baie maklik plaasvind. Wanneer die plant `n vlak wortelstel-sel in sandgrond met `n klein waterhou-vermoë het, moet dit meer dikwels met kort intervalle tussen toedienings be-sproei word. Die diepte van die wortels sal beslis `n invloed hê op die hoeveelheid water wat effektief toegedien kan word. Die teenoorgestelde geld vir kleigrond.Stelselvermoë: Die besproeiingstelsel se daaglikse toediening moet kan voldoen aan die plant se piek of maksimum wa-terbehoefte in die spesifieke weersom-standighede. Toediening kan met `n reënmeter ge-meet word en hiermee kan die toedie- ningseweredigheid ook bepaal word. Figuur 2 is `n goeie voorbeeld van on-doeltreffende besproeiing.Gewas: Die plant se vermoë om water te onttrek, sowel as die groeistadium van die plant, het `n invloed op die wa-terbehoefte en watertoediening.

Gewasfaktore word saam met die AVA gebruik, soos vroeër genoem, om die plant se behoefte te bepaal. Figuur 3 is `n voorbeeld van só `n behoeftebe- paling.Verdigting: Die grond se chemiese so-wel as die fisiese toestand sal die mate van verdigting beïnvloed. Wortelontwik-keling kan baie negatief beïnvloed word deur verdigting. As die helling van die land te groot en die lande verdig is, kan probleme weens afloop ervaar word. Figuur 4 toon `n tipiese verdigtingsprobleem. Die invloed van skeduleringBestuur: Die gebruik van `n intydse be-sproeiingskeduleringstelsel verhoog die effektiwiteit van die besproeiingsprdu- sent se waterbestuur. Dit stel die produsent in staat om beter te beplan, bv. om water te bestel in die geval van `n kanaalstelsel en beter be-heer te hê, soos om intyds op `n wisse-lende klimaat en gewasfaktore (onder- en oorbesproeiing) te reageer.Bemesting: Met kunsmispryse wat `n groot deel van die insetkoste uitmaak, is dit fataal om kunsmis weens oorbe-sproeiing te loog. Water- en elektrisiteitskoste: Die koste van water en elektrisiteit sal van plek tot plek varieer. `n Foutiewe besproeiing van net 60mm per seisoen (3,75mm per week oor 16 weke) in die Rietrivier-omgewing sal on-geveer R169,80/ha kos. Die besparing per hektaar vir water en elektrisiteit is dus meer as dubbel wat die skedulering sal kos. Besproeiingskedulering beïnvloed die effektiwiteit van die meeste insette. Dit is daarom belangrik dat baie meer aan-dag aan hierdie faset van die boerdery gegee moet word. Figuur 3. Voorbeeld van gewasfaktore-grafiek.

Figuur 4. Voorbeeld van `n skeduleringsgrafiek wat verdigting aantoon.

Geen beweging van water ná 300mm nie.

32

Dup Haarhoff(Uitvoerende Bestuurder: Presisieboerdery en Produksienavorsing)

Presisieboerdery

Groot getal produsente woon GWK-groentoer by

GWK se Presisieboerdery- span het onlangs `n groentoer op Tambile van mnr. Kolver Mülke tussen

Kimberley en Douglas aangebied. Tydens die toer is ook besoek afgelê by die plase van mnre. Willem en Hein Mülke, Gerhard Bruwer en Gerhard en Barend Cilliers. Dit was `n gesig om meer as 70 bakkies in `n stoet tussen die plase te sien ry! Produsente so ver as Vaalharts, Bark-ly-Wes, Luckhoff, Hopetown, Rietri- vier en Prieska het dié suksesvolle

Die dag se bedrywighede het gefokus op verskeie fasette van boerdery, naamlik bewerkingspraktyke, wisselbou, diepplaas van kunsmis, mielies by verskillende stande (ekonomie daarvan) en grondboon-verbouing.

dag bygewoon. Die uitruil van kennis tussen produ- sente het verder tot die sukses van die dag bygedra. Die dag se bedrywighede het gefo- kus op verskeie fasette van boer- dery, naamlik bewerkingspraktyke, wisselbou, diepplaas van kunsmis, mielies by verskillende stande (eko- nomie daarvan), grondboonverbou-ing ensovoorts. Die meerderheid van die plase wat besoek is, het rooi Kalahari-sand-gronde. Hierdie grondsoorte kom

wyd in die ooste van GWK se bedie- ningsgebied voor. Weens die deel- tjiegrootte-verspreiding en chemiese samestelling van hierdie gronde is dit geneig om vinnig ná bewerkings te verdig. Bewerkingspraktyke moet dus noukeurig gekies word. Baie sukses is met hamerkopskare behaal (die effektiwiteit van bewerking onder heersende toestande in die gronde is hoër met hamerkoppe). Sommige van die praktyke wat tydens die groentoer bespreek is, sal in die toekoms `n groot impak op

optimale produksie hê, veral omdat die tekens van riviersisteme wat on-der druk is weens minder as normale reënval, nou sigbaar word. Met hier- die lae reënval neem die gehalte van besproeiingswater af. Dít kan `n groot invloed op volhou- bare produksie hê as die regte pro-duksiepraktyke nie gevolg word nie. Soute sal uit die gronde geloog moet word om dit volhoubaar te maak vir produksie. Die belangrikste element vir die ver- bouing van gewasse is suurstof. Daarsonder is die opname van voe-ding onder druk en is siektes geneig om te ontwikkel. Waterbestuur moet geoptimaliseer word deur grondprofiele beter te benut en sodoende optimale wortelontwikkeling te verseker. Tydens die groentoer is `n uitste- kende voorbeeld van goeie wortel- ontwikkeling by mnr. Kolver Mülke gesien. Dit het produsente laat besef dat primêre bewerkingspraktyke nie agterweë gelaat moet word nie. Waar produsente striptill gebruik het, was daar volgens hulle `n af- name van 50-60mm in watertoedie- ning. Dit gebeur waarskynlik vanweë die meer effektiewe infiltrasie van water onder laasgenoemde praktyke. Produsente het genoem dat hulle hierdie jaar heelwat minder vir blaar- siektes gespuit het. Hulle het ook daarop gewys dat dit van kritiese belang is om scouting te doen voordat besluite oor bespui- tings geneem word. Hierdie benade-ring stem ooreen met wat dr. Goddy Prinsloo van die Landboukundige Navorsingsraad (LNR) aanbeveel. Heelwat minder blaarsiektes was hierdie jaar sigbaar. Die variasie van plantestand by mie-lies mag moontlik in die toekoms as reddingstou dien indien waterdruk kom. Somme moet egter nog gemaak word om te bepaal of die laer insette en opbrengste die beste ekonomiese sin maak. Dit wil egter voorkom of

daar iets daarin steek as water en/of grondpotensiaal beperkend is. Deur chemiese kaarte te gebruik kon produsente bemestingspyle aanpas. Dit het weer duidelik na vore gekom dat `n mens wetenskaplik na grond-chemie moet kyk om optimaal en effektief te bemes. Produsente kan die landboukundi- ges in hul omgewing vir raad in hier-die verband nader.

Tydens die groentoer is die ge- bruik van groeireguleerders op grondbone aan produsente gewys. Hierdie navorsing is nog in die be-ginstadium en resultate sal eers oor `n paar jaar beskikbaar wees. Die dag is afgesluit met `n gesellige vleisbraai op die plaas Blaauwkrantz van mnr. Gerhard Cilliers. GWK Presisieboerdery bedank graag elke produsent vir sy teenwoordig-heid. Ons maak gou weer so!

Die uitruil van kennis tussen produsente het tot die sukses van die dag bygedra.

34

Dirk LaubsherGWK Landboukundige

Presisieboerdery

G WK het onlangs `n infor-mele werksessie by Groen-weide- en Wilkot-boerdery

naby Marydale aangebied. Die doel van die dag was om `n in-formele werksessie vir die produsen- te van die omgewing aan te bied waartydens hulle by mekaar kon leer en belangrike inligting aan die pro-dusente deurgegee is sodat hulle in staat is om die regte bestuursbesluite te neem. Die dag is afgeskop by die verskil-

lende katoenkultivars wat by Wilkot-boerdery geplant is. Mnr. Johan Maree het kortliks die praktyke verduidelik wat met die proewe gevolg is, waarna mnr. Nico Swart (Katoenlandboukundige van GWK) elke kultivar se eienskappe uit- gewys en bespreek het. `n Interessan- te oefening is gedoen toe mnr. Dup Haarhoff (Uitvoerende Bestuurder: Presisieboerdery en Produksienavor- sing) die wortelontwikkeling van die verskillende kultivars deur middel van profielgate uitgewys het.

Die volgende stop was by `n mielie-land van mnre. Bernie en Christo Groenewald waar die effektiwiteit van bewerking die besprekingspunt was. Wortelontwikkeling is `n direkte uit- vloeisel van bewerking. Haarhoff het dit deur middel van `n profielgat aan produsente uitgewys. Toe die Noord-Kaapse son ongena-dig begin brand, is die groep na die Oranje Akademie se skoolsaal waar mnr. JG Horn (Landbou-ekonoom) deur middel van `n ekonomiese mo-del die winsgewendheid van verskil-

GWK bied insiggewende werksessie by Marydale aan

GWK het onlangs `n insiggewende werksessie by Marydale aangebied.

lende gewasse uitgewys het. Produsente kon met ver-skillende wisselboupro-gramme eksperimenteer om sodoende meer insig te verkry oor aanplantings vir die volgende seisoen. Mnr. Wimpie Grobler (Be- dryfshoof: Graanaanko- pe, Prieska) het `n insig-gewende oorsig oor nei-gings in die graanmark gegee. Mnr. Wilber Rudman van GWK se katoenpluismeu-le op Modderrivier, het hierna die jongste nei-gings in katoenbemar- king bespreek. Mnr. André Prins (Be-stuurder: Navorsing en Tegniese Dienste van Sidi Parani) was laaste aan die woord en het in aanloop tot die koringseisoen die belangrikste beginsels en jongste neigings in ko- ringbemesting bespreek. Ons bedank graag vir mes. Ciska Groenewald en Angelique Maree wat reggestaan het met eet- en drinkgoed, asook die produsente wat hul grond vir die dag beskikbaar gestel het. Dan ook `n woord van dank aan die Oranje

Akademie vir die gebruik van die saal en GWK se personeel wat hul kennis oorgedra het. Ons sien daarna uit om in Junie ons volgende werksessie aan te bied waartydens die huidige katoen- en mielieseisoen in oënskou geneem sal word. Mnr. Hannes Hatting (Be- dryfshoof: Presisieboerde- ry, Kimberley) sal by dié geleentheid sy kennis oor die voeding van koring op rooi Kalahari-sand-gronde met produsente deel. “Ek glo dat die katoen-proewe by Wilkot-boer-dery bepalend gaan wees oor watter variëteite in die toekoms in die Noord-Kaap geplant sal word,” het mnr. Mattheus Ma-ree (GWK Direkteur) ná afloop van die werkses-sie gesê. “Die Kandia BRF lyk baie belowend. As produsente is ons dankbaar vir die in-siggewende landboukun-dige insette in ons gebied en sien ons uit na nog betekenisvolle werkses-sies, spesifiek met die oog op bewerkingspraktyke in sandgronde.”

Mnr. Dup Haarhoff wys wortelontwikkeling deur middel van profielgate uit.

Carien GroblerKleinhandel

GWK vereer topverskaffers

Mnre. Mark du Plessis (Hoofbestuurder: Handel van GWK), Johan van Dyk (Besturende Direkteur van GWK), Da-vid Steytler (Besturende Direkteur van JF Paints) en me. Mariska Cornelissen van JF Paints. JF Paints is as GWK se plantinum verskaffer vir 2012 aangewys.

G WK het sy topverskaffers vir 2012 tydens `n glans-geleentheid by GWK op

Douglas aangewys. JF Paints het met die toekenning as platinum verskaf-fer weggestap. Die brons verskaffer vir 2012 was Engen Petroleum, terwyl MacSteel Trading en Valley Irrigation of SA onderskeidelik as die silwer en goue verskaffers vir 2012 aangewys is. Altesaam 100 verskaffers is uit 550 verskaffers benoem. Uit die benoemings is 20 finaliste aangewys.

Die kriteria het onder meer ingesluit: Betrokkenheid by promosies, besoeke van verteenwoordigers, betrokken-heid by uitstallings, tydige lewering van bestellings, volledigheid van gelewerde bestellings, administrasie, korrektheid van bestellings, kwaliteit aflewering van bestellings, terugneem en uitbestuur van verouderde voorraad, eise-administra-sie en bydrae tot die sukses van GWK. “Goeie werk van vennote soos ons ver-skaffers het daartoe bygedra dat GWK die enigste groep met LandMark-win-kels is wie se winkels in die topdrie van

elke kategorie van LandMark se jaar-likse kompetisie vir die winkel van die jaar geëindig het. Dit is ook hieraan te danke dat GWK LandMark op Prieska as die beste mediumgrootte LandMark-winkel aangewys is,” sê mnr. Johan van Dyk (Besturende Direkteur: GWK). Van Dyk het GWK se verskaffers be-dank vir hul rol in die sukses van GWK as maatskappy. “GWK se vennote maak hom suksesvol. Dit is te danke aan die bydrae van verskillende vennote dat `n verskil in moderne landbou ge-maak kan word.”

Mnre. Mark du Plessis, Albert Theron van Cape Gate, Johan van Dyk en Tony Shalovsky van Macsteel Trading.

Mnre. Mark du Plessis, Cobus Myburgh van Valley Irrigation, Johan van Dyk en Gert van der Werff van Valley Irrigation.

Mnre. Mark du Plessis, Eric Nel van Engen, Johan van Dyk en Herman Visser van Engen.

38

Laat die maatskappy wat die toerusting bou, ook jou finansiering hanteer

Betaalde promosie

John Deere, wat in 1837 ge- stig is, is een van Amerika se oudste en mees gerespek-teerde korporasies en het sy reputasie wêreldwyd oor die afgelope 175 jaar opgebou. Vandag word John Deere erken as die grootste vervaar-diger van landboutoerusting ter wêreld, met meer as 100 vervaardigingsfasiliteite en 18 bemarkingstakke wêreldwyd. John Deere Financial is een van die maatskappy se belang- rike besighede wat eenstop fi-nansiële oplossings aan klante bied.

John Deere doen reeds die afgelope 50 jaar in Suid-Afrika besigheid en het in November 2009 ook na Sub-Sahara- Afrika uitgebrei wat beteken dat ondersteuning nou aan klante en agentskappe in 48 lande gebied word. Afrika is `n kernmark vir John Deere, wat daarop gefokus is om die potensiaal vir meganisasie in Sub-Sahara-Afrika te ontsluit. `n Gebrek aan toegang tot finansiering is egter `n groot struikelblok in die ontsluiting van landboupotensiaal in Afrika. John Deere Financial is

daarop gemik om hierdie strui- kelblok te oorkom. John Deere se agentskap-in-frastruktuur in Afrika is in sleu-telgebiede geleë om sodoende so bereikbaar as moontlik vir ons klante te wees. Wie beter om met jou finan- siering te vertrou as die maat-skappy wat die toerusting gebou het? John Deere word in nege fo- kuslande in Afrika verteen-woordig, met tien hoofagent-skappe in Suid-Afrika. John Deere Financial ken die toerusting, hoe dit gebruik

word en wat dit vir jou voort-bestaan beteken. “Dit is belangrik dat ons klan-te verstaan dat ons nie bloot finansiering bied nie, maar dat ons kreatief en buigbaar is om by `n klant se behoeftes en kontantvloei aan te pas,” sê Jacques Taylor, Besturende Di-rekteur van John Deere Finan-cial Sub-Sahara Afrika. “Klante kan ons buigbare terugbetaalopsies, mededin-gende koerse (prima minus 2%*) en `n vinnige en maklike aansoekproses benut.” By John Deere Financial is ons doelwit om klante te help om in die toekomstige sukses van hul besighede te belê deur die volledige reeks

finansieringsopsies vir John Deere-toerusting aan te bied. Dit sluit huurkoop, bruikhuur en huuropsies in. John Deere is verbind tot die mense wat die grond bewerk en is vasbeslote om `n verskil te maak in die lewens van die landbouers in Sub-Sahara- Afrika, ongeag die grootte van sy of haar besigheid. John Deere wil meer as net `n handelsmerk in Afrika wees.

Navrae kan gerig word aan:VerkoopsbestuurderGeorge Wheeler071 670 1303

Rae Gerwel (ABSA)082 457 2280

GWK Meganisasie Heelgoedere-bemarkersTinus Oosthuizen082 804 0430

André Botha071 680 2796

Adriaan Steyn082 888 3863*Terme en voorwaardes geld. Koers slegs op Suid-Afrika van toepassing. Koerse in ander Afri-kalande varieer. Geadverteerde koerse en beta- lings mag varieer om veranderinge in belasting en valutakoste te weerspieël. Aanbiedings kan ter enige tyd onttrek word.

i nnoveer landbou

De Villiersstraat, Douglas Posbus 47, Douglas,

8730 Tel: 053 298 8200

Faks: 053 298 2445

www.gwk.co.za

GWK Meganisasie . . . is uniek

GWK Meganisasie bied as John Deere-handelaar `n unieke diens aan ons kliënte in die Noord-Kaap. Ons fokus op kliëntetevredenheid en om voort-durend aan al ons kliënte se behoeftes te voldoen. Ons kundige personeel staan gereed om u met enige meganiese-probleem by te staan.

GWK Meganisasie bestaan uit vier afdelings:Heelgoedere: `n Diensgedrewe John Deere-handelaar verkoop nuwe en tweedehandse trekkers, stropers, spuite, implemente en AMS-toerusting.Die besigheid verkoop ook diverse toerusting (onder meer Rovic en Falcon) om aan produsente se behoeftes te voldoen.Onderdele: Ons voorsien enige John Deere- en ander onderdele aan ons werkswinkels sowel as GWK se kliënte.“Bearing & Belting”: Die produkreeks by ons handelaars in die GWK- bedieningsgebied sluit “bearings”, v-bande en elektriese motors in.Werkswinkel: Herstelwerk word by ons werkswinkels vir die hele GWK- bedieningsgebied gedoen waar kundige personeel die mees gevorderde tegnologie gebruik om kliëntetevredenheid te verseker.

John Deere se nuwe 6M-reeks trekkers word in Augustus by GWK verwag.

40

Die PANAGRI™ navorsing fokus om al die dissiplines wat ʼn sleutelrol in pro-gressiewe gewasproduksie speel, soos bemestingspraktyke, kultivarseleksie, optimale plantpopulasie, wisselbou, be-werking en gebruik van landbouchemi-kalieë te optimiseer. Laasgenoemde sluit die navorsing onder die PANA-CEA™ vaandel in waar PANNAR saad-behandelingsprogramme vir optimale ontkieming, plantestand en saailing- beskerming ontwikkel asook die eer- steklasadvies vir die identifikasie en be-heer van siektes, peste en plae wat soms by gewasse voorkom. Die YIELD-BOOST™ swam- en insekdoderspuit-programme (spesifiek chemiese stronk-boorderbeheer op konvensionele en glifosaat-tolerante basters) bied be-heermaatreëls teen sodanige voorkoms en uitbrake. By die YieldBoost™ insekdoderstrate-gie word op die “nie-Bt-basters" gefokus deur 'n pro-aktiewe stronkboorder insek- doder-spuitprogram om basterpoten-siaal te maksimaliseer. Die program is tot konvensionele en glifosaatbestande basters beperk. Met hierdie inisiatief staan basters soos PAN 6126 hul man baie goed teenoor die Bt- en BR-reeks basters. Ten opsigte van insetkoste maak die program ook ekonomies baie sin. Meer inligting oor die swam- en in-sekdoderspuitprogramme is by PAN-NAR se verteenwoordigers beskikbaar. Nuwe produkte vir selfs beter resultate:PANNAR se uitnemende produkte gee die voorsprong. PANNAR se ultra- vinnige geelbasterpakket is ʼn leier in die bedryf. Mieliebasters:PAN 3Q-240: Die ultravinnige geel-baster lewer baie goeie prestasie onder hoëpotensiaal besproeiingstoestande.

Hou koers met PANNARBetaalde promosie

PANNAR SAAD is in 1958 in Greytown, KwaZulu-Natal, gestig en is diep in die Suid-Afrikaanse landbou gewortel. PANNAR se produkte is sinoniem opbrengsprestasie. Deur die integrasie van topprodukte en innoverende ge-wasvoorsorg en -nasorg bied PANNAR ʼn volledige risikobestuurspakket aan gewasprodusente. PANNAR streef om waarde tot u boerdery deur ons uitgebreide raadgewende diens toe te voeg. Dit word onder die PANAGRI™ praktiese boerdery oplossings en die PANACEA™ omvattende saad- en plantbeskermingsinisiatiewe gedoen.

Soos PAN 6126 kompeteer dit baie goed met die Bt- en BR-basters indien effektiewe chemiese beheer van stronk-boorders toegepas word. Vir meer inlig-ting oor PANNAR se stronkboorderbe-heer inisiatief gesels gerus met een van PANNAR se verteenwoordigers.BG 3292, BG 3492B, BG 3592R en BG 3792BR: Die volledige ultravinnige reeks Biogene geelbasters lewer goeie prestasie in PANNAR se meerjarige re-sultate vir die afgelope drie jaar onder besproeiing. Hulle beskik oor baie goeie stabiliteit en goeie staanvermoë. Die basters is agronomies goed geba- lanseerd en vertoon goeie toleransie teen Roes en Diplodia Kopvrot. Die Bio-gene™ basters is die resultaat van ʼn ge-samentlike poging van Pioneer Hi-Bred en PANNAR. Die basters word eksklu- sief deur PANNAR SAAD (Edms.) Bpk. versprei. Besproeiingskoring:Die koringpakket beskik oor twee uitste- kende lente tipe kultivars PAN 3471 en PAN 3478 wat spesifiek vir verbouing onder besproeiing ontwikkel is. Die af-gelope seisoen is die kultivars die eer-

ste keer onder kommersiële toestande verbou en het uitmuntende opbrengste gelewer. ʼn Besliste keuse vir die be-sproeiingsboer. PANNAR SAAD is verbind om die uit-daging vir landbou om miljarde meer mense in die komende dekades in Afri-ka en elders in die wêreld te voed met verbeterde kultivars en kundigheid te ondersteun. Kontakbesonderhede: Andries Zandberg Landboukundige082 809 4372

44

GWK Nuus

MANNE GENIET GRAAN SE GHOLFDAG OP DOUGLAS

Mnre. Hannes Bruwer en Urbanus Fourie (produsente van Hopetown), Steven Storey (Bedryfshoof: Graanverkryging, Hopetown) en Attie Scholtz (produsent van Douglas).

Mnr. Bertus Botes (Graanverhandelaar ), me. Elmarie Jacobs (Uitvoerende Bestuurder: Graanbemarking) en mnr. Dewald Burger (Bedryfshoof: Graanverkryging, Modderrivier).

45

Bo: Mnre. Tom Meintjes (Hoofbestuurder: Graanpro-dukte), Okkie Vermeulen en Tielman van der Walt (pro-dusente van Hopetown) geniet die dag saam. Regs: Mnr. Joke van Bergen op die setperk.

Mnre. Kurt Loots, Steven Storey, Hannes Bruwer, Attie Scholtz, Ederich Prinsloo en Urbanus Fourie geniet `n welver- diende blaaskans.

46

ONS PERSONEEL IS GREAT! 2012 SE BOP-KANDIDATE VEREER

GWK het onlangs die kandidate vereer wat in 2012 die Bestuursopleidingsprogram (BOP) aan die Universiteit van die

Vrystaat suksesvol voltooi het. Altesaam 14 werknemers van GWK het diplomas vir dié kursus ontvang.

Bo, voor links na regs: mnre. Willie Pretorius (Bedryfshoof: Graan-verkryging, Luckhoff), Leon Henery (Groep IT-Bestuurder), Sarel Badenhorst (Bedryfshoof: Administrasie Logistiek, Sidi Parani), Frank Pain (Produksiebestuurder: Vloeibaar, Sidi Parani) en Jaques Fourie (Korporatiewe Rekenmeester).

Middel, links na regs: mes. Elmarie Jacobs (Uitvoerende Bestuurder: Graanbemarking), Santie Peens (Areabestuurder: Sidi Parani), Anita Grové (Adminbestuurder: Westra), Alice Kemp (Bestuurder: Finansiering Insette); Rudi Kemp (Bedryfshoof: Sentrale Bedinging Meganisasie) Elsabe Buys (Heelgoedere Koördineerder) en Bennie Badenhorst (Bemarkingsbestuurder: Sidi Parani.

Agter, links na regs: me. Zarhoda Jacobs (Landbou-ekonoom) en Diederick Engelbrecht (Veevoere en Lusern: FloTank).

Links: Mnr. Bennie Badenhorst is GWK se toppresteerder in die Bestuursopleidingsprogram vir 2012.

BEMARKINGSKANTOOR IN OOS-KAAP AMPTELIK GEOPEN

San

lam

CI1

00

2R

S0

23

7B

PA

www.sanlam.co.zaGELISENSIEERDE VERSKAFFER VANFINANSIËLE DIENSTE

Maryke van NiekerkFinansiële Adviseur

053 830 1306079 529 5658

[email protected]

Frans FoucheFinansiële Adviseur

053 861 1053082 456 0472

[email protected]

Brigitte LombardFinansiële Adviseur

053 353 1166082 818 5798

[email protected]

Anelle BesterFinansiële Adviseur

053 573 0011072 551 7196

[email protected]

Hennie FaberFinansiële Adviseur

053 298 2017082 922 6676

[email protected]

Hoe gouer jy in jou toekoms begin belê, hoe gouer sal jy die vrugte daarvan kan geniet.En hoe groter sal die beloning wees.

Ek kan jou help met:

• Finansiële ontleding • Aftreevoorsorg • Persoonlike dekking• Voorsiening vir jou kinders se opvoeding • Beleggings • Werknemersvoordele

Begin met dit waarvoor jy hoop.

Jou finansiële toekoms begin hier.

GWK se bemarkingskantoor in die Oos-Kaap is onlangs ampetelik

geopen. Dié kantoor is in Cradock gesetel om spesifiek die Visriviervallei te be- dien, maar doen ook sake in die groter Oos-Kaap. Die kantoor fokus op die verkryging en bemarking van graan, terwyl finansiering en insetver-skaffing ook deel is van die besig-heid. Kredietfasiliteite word volgens die terme en voorwaardes van GWK Finansiering aangebied.

Regs: Mnr. Johan Fourie (Bedryfshoof: Pekanneut- en Wingerdproduksie)en me. Elmarie Jacobs (Uitvoerende Bestuurder: Graanbemarking) by die opening. Inlas: Mnr. Tom Meintjes (Hoofbestuurder: Graanprodukte) spreek die gaste toe.

Kollig

K eet was `n nat agter die ore 16- jarige toe hy in 1969 by GWK begin het. Hy en tien ander

manne moes `n jaar lank werk, waarna die bekwaamste een permanent aan-

gestel is. Ben het hom uitstekend van sy taak gekwyt en is in 1970 permanent by GWK aangestel. Hy vertel met `n vonkel in sy oë hoe hy by die meule begin werk het. Daarna is hy na die lusernstore verskuif waar hy bale op die vragmotors gelaai het. Hy het ook in strooptyd gehelp om koring te sak en het selfs koringsakke op sy kop gedra om dit in die store te verpak. Hierna het Keet by die aartappelstore begin werk. Hy verduidelik trots dat hy die inspekteur se handlanger was en oor die ander werkers moes toesig hou terwyl hulle aartappels in die koelstore sorteer.

In 1983 is die nuus bekendgemaak dat silo’s gebou sou word. Dit het groot op-winding veroorsaak en Ben was een van die eerste mense wat by die nuutge-boude silo’s begin werk het. Aanvanklik het hy buite en om die silo’s gewerk. “Ons was twee manne daar. Hulle moes tussen ons kies wie die gesogte werk sou kry om binne die silo’s te werk en die stelsel sou beheer. Ek is toe vir die werk gekies.” Daar was net ses silo’s aan elke kant teenoor die agt buise wat nou aan weerskante staan. In 1984 is die eerste seisoen se koring in die silo’s gegooi. Daardie jaar het Ben as operateur by

Ná 43 jaar by GWK lê mnr. Ben Keet vanjaar die tuig neer. Foto: Tania Fourie.

Tania Fourie

Ná 43 jaar by GWK, lê mnr. Ben Keet (Bedryfshoof: Silo en jarelange silo-operateur op Douglas) vanjaar die tuig neer. Kommuniek het by Keet gaan kuier wat ons op `n nostalgiese reis deur sy vier dekades by GWK geneem het.

GWK groet `n groot gees ná meer as vier dekades

die silo’s begin werk. “Daar was so `n groot bord met baie knoppies wat die silo ‘ge-operate’ het. Daar was nog nie die stelsel met die rekenaar wat ons nou het nie, maar toe hulle die nuwe stelsel kom insit, het ek hom geleer. In al die jare wat ek by GWK werk, het ek nog nie een fout met daardie stelsel begaan nie.” Keet sê dit verg uithouvermoë en ge-duld om by die silo’s te werk. “`n Mens moet maar leer om kalm te bly in die oesseisoen, want as die spanning hoog loop, raak almal gou ongeduldig.” Keet vertel dat hy in sy tyd by GWK baie mense leer ken het. “Dit het my lewe ryker gemaak. Ek het veral baie mense binne GWK leer ken toe die stel-sel by die silo ingesit is. Baie het by my kom sit om te leer hoe om met die stel-sel te werk.” Hy onthou hoe mnr. Carl du Toit (Uitvoerende Bestuurder: Graan-fasiliteite) `n halwe dag by hom kom sit het en later daar weg is met die woor-de: “Nee wat Ben, jy moet liewer dié werk doen.” Keet vertel dat heelwat verander het sedert hy by GWK begin het. “Grade-ring is aanvanklik met die hand ge-doen, maar `n groter gradeerkamer is later gebou en in 1980 het ons masjiene gekry om die gradeerwerk te doen.” Hy onthou ook hoe daar eers twee lusernstore was waar die fabriek en Meganiasiegebou nou is. Die een lusernstoor het afgebrand en

daarna is `n werkswinkel en die Meg-anisasiegebou daar opgerig. Hy vertel opgewonde hoe hulle met Kerstyd `n bees geslag het en vir elke werknemer `n pakkie met vleis, polonie en `n R50-noot opgemaak het. “Dit was nou ons krismis-boks.” Keet raak ernstig wanneer hy oor sy af-trede uitgevra word. “Op die 25ste April word ek 60. Ek weet nie wat hulle met my gaan maak nie, want hulle sal my by die hek moet uitsit!” Sy gesig verkreukel weer in `n glim-lag toe hy vertel hoe hy dit geniet om by GWK te werk. “Ek hou baie daarvan by GWK, ek werk hard hier.” Hy gaan beslis nie stilsit ná sy aftre-de nie, daarvoor is hy nog heeltemal te jonk van gees. Hy verduidelik hoe hy los werkies sal doen om besig te bly. “Die idee dat ek nie meer by GWK gaan werk nie, is vir my hartseer. Dis mos maar `n moeilike ding. “Ek kan maar net vir die Here dankie sê dat Hy my gedra het tot waar ek vandag is.” Me. Marisca Nel (Bedryfshoof: Produk- hantering op Douglas), vertel dat sy altyd Keet se vriendelike glimlag sal onthou. Ons verloor `n groot gees by die silo’s en gaan vir Ben baie mis!” “Ben is beslis die vriendelikste mens op die produkte-terrein,” sê mnr. Jaco Voges (Produkte Depotbestuurder: Douglas). “Hy groet sy kollegas en kliënte altyd op dieselfde manier: met `n groot glimlag!”

Voges vertel dat Ben gerespekteer word deur almal wat hom ken. “Van die tyde-like werkers tot die ‘hopper spietkops’ (studente) groet hom altyd met `n môre, middag of naand oom Ben. Dit sê baie van sy karakter.” Ben het ook dieselfde respek vir sy me-dewerkers as vir die mense wat oor hom aangestel is. “Hy is sy kollegas se steun-pilaar en spreekbuis.”Volgens Voges is Keet altyd bereid om te help. “Selfs al beteken dit hy moet nagskof of naweke werk. Sy gesindheid teenoor GWK is van só `n aard dat hy altyd soggens eerste daar is om oop te sluit en saans daar is om toe te sluit. Hy is `n ware GWKaner!” Voges vertel dat Keet die eerste oorbly-wende lid is van die span werkers wat by die nuwe silokompleks begin werk het. “Dit maak hom die grootste ken-ner van die silokompleks op Douglas en daarom het Ben oor die jare heen deel gevorm van verskeie depotbestuurders se opleiding. Ben se leiding en gesind-heid sal werklik gemis word, maar soos ek Ben ken, sal hy vir ons kom kuier en sommer raad gee waar hy kan!” Mnr. Carl du Toit (Uitvoerende Bestuurder: Graanfasiliteite) raak bewoë wanneer hy oor Ben se aftrede gesels. “Ben het nie `n gelyke wat ondervinding en kennis betref nie,” se hy. “Ben het kom werk, al was hy hoe siek. Sy werk was sy verantwoordelikheid. Almal het by hom geleer. Ons verloor `n voorslag by die silo’s.”

Ian

van

Stra

aten

50

Ons mense

Kiekies

Tema vir April

Tema vir Mei

Tema vir Junie

Maandelikse pryse1ste R500 kontant2de R300 kontant3de R200 kontant

Stuur foto’s [email protected]

Onvergeetlike gesigte!Soms vang `n mens `n gesig op kamera vas wat jou lewe lank by jou bly.

Herfs Ná `n ongenaakbare warm somer in die Noord-Kaap wag `n koue winter weer op ons. Intussen vermaak die natuur ons met die pragtige herfs-tonele wat hom oral afspeel.

Winter In die koue speel die mooiste gesigte hom soms af. Terwyl ons bibber van die koue, is dit tyd om te soek na tonele en gebeurtenisse wat aan hierdie seisoen sy bekoring gee.

Wenner Willie Higgs van Groot Brakrivier

51

Tweede James Wright van Hartswater

Derde Wiann Bester van Hartswater

52

Kiekies vervolg

REËLS Die inskrywing moet die tema van die betrokke maand weerspieël. Die foto moet deur die deelne-mer self geneem wees. Foto’s per e-pos mag nie kleiner as 500kb wees nie. Deelnemers se naam en van, adres en kontaknommer moet die inskrywing vergesel. Die sluitingsdatum is die 20ste van elke maand. Geen laat in-skrywings sal aanvaar word nie. Die beoordelaars se beslissing is finaal en geen korrespondensie sal daaroor gevoer word nie.

Klein Anja Coen van Douglas vermaak haar ma!

Klein Michael Bold van Prieska se onvergeetlike gesiggie nadat hy in `n nat akker geval het en hom in die sinkbad moes afspoel!

54

Tania FourieGriekwas gesels

GWK is die hoofborg van die GWK Griekwas

Nuwe kaptein gebore om vir Griekwas uit te draf

P J Vermeulen, die nuwe kaptein van Griekwas se Vodacombe- kerspan, is as’t ware gebore

om vir Griekwas uit te draf. Sy pa, Myburgh Vermeulen en oom, André Vermeulen, het op hul dag ook vir Griekwas gespeel en daarom is dié 26-jarige ekstra trots om deel van Griekwas te wees. PJ is oorspronklik van Kimberley en het in 2005 aan die Hoërskool Noord-Kaap gematrikuleer. “Dit is baie lekker om vir Griekwas te speel,” vertel hy. Wat dit besonders maak,

is die plattelandse mense wat deel is van Griekwas. Almal is so plat op die aarde. Dís my soort mense.” PJ meen dat Griekwas uniek is hier-die seisoen omdat die meeste van die span se spelers by die unie gebly het. Vorige jare het heelwat spelers weg-gegaan, maar hierdie jaar het amper almal gebly. “Ons het hard gewerk in die afsei-soen en ons fokus daarop om die finaal van die Vodacombeker te haal. Ek is seker dat ons dit weer kan doen en daarna gaan ons alles gee vir die Curriebeker!”

Griekwas se vasgestelde wedstryde vir Vodacombeker

5 April vs. Ford Pumas, Kimberley, 15h00 12 April vs. MTN Lions, JHB 20 April vs. Leopards, Kimberley, 15h00 27 vs. Falcons, George

Gaan na www.griquasrugby.co.za vir meer inligting.

PJ Vermeulen, Griekwas se kaptein vir die Vodacombeker.

55

Die SkopskoenOom Gemsbok

Kwaste kry momentum . . .

D agsê vrinne! Reeds in die eerste vyf weke van die Super 15 is daar

genoeg verrassings om enige rug-by-geesdriftige te laat regop sit. Die Curriebeker-kampioen val toe sommer in sy eerste wedstryd op Loftus vas en daarna maak die besering- spook ook `n draai in die Stormer-kamp wat die Kapenaars aan die begin laat sukkel. Net daarna ruk hulle hulself egter skitterend reg om die wa weer terug op spoed te kry met twee puik oorwinnings waar veral die Brumbie-sege die soetse was. Nog vier maande van rugby wat voorlê, so oom Jake moet maar eers halt roep met sy spoggerige onderhoude. Soos die Bulls, speel die Stormers eers die groot hônne voor die kleintjies. Dis nou tyd vir diep grawe Stormers, sonder jul yster Etzebeth. Die Bulls skop hul S15 met `n droom- begin af en lei die Suid Afrikaanse liga `n paar weke lank totdat hulle een

Saterdagoggend die sukkelende Cru-saders op die verkeerde voet raakloop en daar droog die planne toe op. Ludeke se snaakse spankeuses daarna help nie veel om die Bulspan terug op vorm te kry nie en nog nederlae volg wat die manne van Loftus `n trappie terugsit. Sterkte manne. Jul lang toer is amper verby. Met die Sharks se tjank wat sommer vroeg deur die Brumbies afgetrap word, kom hulle terug as die span wat ons almal ken en wys waartoe hulle in staat is. Ek sê weer: Dié Shark-span kan hier-die jaar die beker vat. Hulle het net `n kopprobleem en indien hulle daaroor kan kom, verwoes hulle enige span in hulle pad, tuis of weg. Is dit nie ongelooflik om te sien ná vyf jaar is die wiel aan die draai vir die Cheetah’s nie? Drie oorwinnings in `n ry oorsee. Of dit nou teen blinde skole was of hier en daar `n gelukkie met `n onderskep drie of twee, wat maak dit saak? In die verlede was die wit tor-

nado aan die ontvangkant hiervan en nou die uitdeler. Skitterend Cheetah’s! Julle klim die punteleer mooi en op dié manier gaan ons weer `n vol stadion in Bloemfontein sien. Die Kings se veggees en groot hart het almal verbaas en hul eerste twee wedstryde was net `n lus om te aan-skou. Nou is dit egter tyd om te toer en dis hier waar hulle tot op die vetderm getoets gaan word. Hier kort jy diepte en daarna nog diepte veral as drie van jou staatmakers nie kan saamtoer nie. Sterkte, is al wat Oom Gemsbok vir dié manne kan sê. Aan die Vodacom-kant is dit die GWK Griekwas wat stadig begin en daarna pragtig momentum begin kry. Saam met die Blou Bulle lê die Griekwas mooi in die saal met `n paar nu-welinge wat sterk deurkom. Hou so aan Kwaste!

Geniet die rugby!Groetnis Oom Gemsbok

56

Pret op die plaasVir die jongspan

Sudoku op die plaasElke ry, elke kolom en elkeen van die vier groter vierkante moet een van elke dier daarin hê.

Skryf die syfer van die dier wat in daardie ry, kolom en vierkant kort in die sirkel.

2

2

2

2 1

1

1

1

33

3

3

4

4

4

4

58

Lei jou verbeelding om jou stresvlakke te verlaagAs `n mens kan siek word van bekommernis, kan jy jouself ook gesond verbeel! `n Mens kan jou verbeelding gebruik om jou aandag van stresvolle situasies na meer aangename dinge af te lei en `n meer gesonde siel en liggaam hê.

Carien GroblerLeefstyl

hierdie stelling saam. Die brein verwerk alles wat met `n mens gebeur in beelde. Wanneer ons herinneringe uit die verlede oproep of dink aan iets wat nog moet gebeur, dink ons selde in terme van woorde, maar eerder in terme van prentjies, reuke, smake en klank. Hierdie natuurlike vermoë van die brein kan verskeie voor-dele inhou as dit reg aangewend word. Begeleide verbeelding is `n kragtige tegniek waardeur `n mens jou ver-beelding begelei om `n spesifieke uitkoms, soos stresverligting, te bereik. Hoewel dit met visualisering verband

hou, word dit dikwels daarmee verwar. Visualisering behels slegs die visuele, terwyl begeleide verbeelding al die sintuie betrek. Om dit te verduidelik, gebruik dr. Mar- tin Rossman, medestigter van die Aca- demy for Guided Imagery in Los Ange- les en skrywer van die boek Guided Imagery for Self-Healing, die voorbeeld van `n suurlemoen. Stel jou voor jy hou `n sappige, geel suurlemoen in jou hand. Verbeel jou jy sny die suurlemoen in die helfte en druk die sap in `n glas uit, bring die glas na jou lippe en neem `n groot sluk.

D ie siel dink altyd in prentjies, het die wysgeer Aristoteles gesê. Kenners van begeleide

verbeelding of guided imagery stem met

59

depo

sitp

hoto

s

Hou die suurlemoensap `n rukkie lank in jou mond ter-wyl jy die skerp, suur smaak proe en sluk dit dan af. Die

feit dat jy waarskynlik gekwyl, jou lippe op `n plooi getrek of jou gesig vertrek het, is volgens Rossman direk toe te skryf aan die verbeelding se vermoë om die liggaam te beïnvloed. “Ons gebruik hierdie vermoë te dikwels negatief pleks van positief. Dink egter daaroor na: As jy jouself siek kan bekommer, waarom kan jy jouself nie gesond verbeel nie? Deur ons op `n dieper vlak van ons sintuie en emosies bewus te maak, word die outonomiese senuweestelsel, die sentrale punt diep in die brein wat alle basiese liggaamsfunk-sies reguleer, geaktiveer.” Die afgelope 30 jaar het verskeie studies reeds die voordele wat begelei-de verbeelding vir die liggaam kan hê, bevestig. Navorsing het bewys dat slegs tien minute van begeleide verbeelding `n mens se bloeddruk, asook choles-terol- en suikervlakke in die bloed kan verlaag. Behalwe dié gesondheidsvoor-dele is begeleide verbeelding ook baie effektief om stres te verlig aangesien dit tot gevolg het dat die brein stowwe in die bloed vrystel wat as die liggaam se natuurlike kalmeermiddels optree en `n mens se hartklop verstadig, maar ook bloeddruk en angstigheid verlaag.

Die drie beginsels Begeleide verbeelding kan as `n soort meditasie gesien word,” sê dr. Belleruth Naparstek, `n psigoterapeut, voorloper op die gebied van begeleide verbeel- ding en outeur van die boek Staying Well With Guided Imagery. Volgens dr Belleruth berus begeleide verbeelding op drie beginsels:

Die verbintenis tussen die brein en die liggaam “Vir die liggaam kan beelde wat in die brein geskep word feitlik net so werklik voorkom as eksterne gebeure,” sê Na-parstek. “Hy verstaan nie die verskil nie. Sy verduidelik verder dat `n spesifieke beeld veral `n groot invloed op die liggaam het wanneer dit sensoriese

herinneringe oproep en daar `n sterk emosionele band betrokke is. “Hier-die sensoriese beelde is die taal van die liggaam – die enigste taal wat hy verstaan, onmiddellik en sonder om dit te bevraagteken.”

Die veranderde toestand “In die veranderde toestand wat ons liggame binnegaan wanneer ons be- geleide verbeelding toepas, is ons beter tot vinnige en intense heling en groei in staat,” sê Naparstek. “Ons is selfs meer intuïtief en kreatief. Die aktiwiteit van ons breingolwe verander en ons kan dinge doen wat ons nie normaalweg sou kon nie, soos om `n gevoel van angs met `n gevoel van kalmte, veilig-heid en optimisme te vervang. Sy verduidelik dat `n mens soms ook onbewustelik die veranderde toestand binnegaan, soos wanneer jy by jou afrit op die hoofweg verbyry. “Die veranderde toestand is `n staat van ontspanne fokus waartydens `n mens se aandag op een ding gefokus is. Dit veroorsaak `n verlaagde be-wustheid van ander dinge wat om ons gebeur en ons normaalweg sou oplet.”

Die lokus van beheer “Wanneer ons in beheer voel, kan dít op sigself ons help om beter te voel en te presteer,” meen Naparstek. “`n Gevoel van beheer word verbind met groter optimisme, `n beter self-beeld en die vermoë om pyn en stres te hanteer. “Omdat begeleide verbeelding `n aktiwiteit is wat jy self beheer en jý kan besluit wanneer, waar en hoe om dit te gebruik, het dit die gesonde effek om `n mens te laat voel dat jy in beheer is. “Wanneer `n mens al hierdie dinge kombineer, het jy `n tegniek wat `n veranderde toestand genereer waar-tydens die brein gelei word na senso-riese beelde wat die liggaam as werklik ervaar. Dit word gedoen presies waar en wanneer die gebruiker wil en dit is waarom dit so effektief is.”

Verlaag jou stresvlakke `n Verandering van omgewing doen

wonders om stres te verlig, maar ongelukkig is dit nie altyd moontlik nie. Hoewel `n mens nie elke keer wanneer jy stres ervaar jou tas kan pak en met vakansie vertrek nie, kan begeleide verbeelding nuttig aangewend word om stres te verlig. Die beginsel van die gebruik van be-geleide verbeelding om stres te verlig, is gegrond in die feit dat `n mens deur jou verbeelding in staat is om `n stresvol-le omgewing vir `n meer ontspanne omgewing te verruil. Hoe meer intens `n mens hierdie ontspanne omgewing visualiseer en met jou sintuie waarneem, hoe groter sal die effek daarvan op jou stresvlakke wees. Hoewel dit vergesog klink, het studies, gewys dat mense wat hulself `n ont-spanne omgewing voorstel se stres-vlakke merkwaardig daal. Jy het dus genoeg rede om jouself ge-reeld op `n mini-vakansie te neem deur jou verbeelding te begelei terwyl jy al die beelde, reuke, klanke en sensasies van `n ontspanne omgewing oproep. Maak jou oë toe en kies die omgewing waarin jy kan ontspan, maar wat jou ook veilig, vreedsaam, rustig en geluk-kig laat voel. Stel jouself die prentjie so duidelik as moontlik voor. Onthou ook om die res van jou sintuie te gebruik. As jy langs die strand stap, voel die warmte van die son op jou skouers, ruik die sout in die lug, hoor die geluid van die seemeeue, proe die soutsmaak van die water en voel die growwe tekstuur van die sand tussen jou vingers. As jy in die bos gaan stap, sien hoe die son se laaste strale oor die water-stroompie val, proe die vars water op jou tong, ruik die dennebome en klam blare, hoor die voëltjies kwetter, voel die koel water op jou kaal voete. Die moontlikhede is eindeloos en jy kan telkens jou verbeelding begelei na `n beeld wat jou ontspanne en gemak-lik laat voel. Laat die beeld dan stadig verdof terwyl jy na die werklikheid terugkeer. Jy sal verfris en kalm voel en weer kans sien vir die take wat op jou wag.

60

Carien GroblerVLV Fokus

Amoré Bekker van RSG (gasspreker) en mev. Linzetta Smit (Sirkelpresident).

D ie 80ste sirkelkonferensie vir Kimberley en distrik is onlangs in Kimberley by

die Horse Shoe Inn aangebied en Kimberley-Wes het as die gasvroue opgetree. Die dames is welkom geheet met baie treffende tafelversierings en bruikbare geskenke wat kleurvol op die tafels gepryk het. Die konferensie is geopen deur ds. Sanet Nel, met die tema “My

80ste Sirkelkonferensie in Kimberley aangebied

droom, my inspirasie” wat sy met `n kleurvolle skoenlapper-kunswerk uitgebeeld het. Mev. Linzetta Smit (Sirkelpresident) het die dames welkom geheet en die vertroue uitgespreek dat elke dame die geleentheid waardevol sou vind en die samesyn sou ge-niet. Sy verwelkom spesiaal die gasspreker, Amoré Bekker van RSG. Mev. Cora Beresford, `n 83-jarige aktiewe lid van die Kimberley-tak, het die vredeskers aangesteek.

Hierna het Bekker `n hartseer ervaring met die konferensie ge-deel. Haar geliefde is drie jaar gelede onverwags oorlede en met haar praatjie het sy haar droom en inspirasie op `n hartroerende wyse met die dames gedeel. Die hand- en kunswerk was ou-dergewoonte van hoogstaande gehalte en die Douglas-tak verower die trofee vir die meeste punte op konferensie met Hartswater in die tweede plek.

61

Mev. Kittie Potgieter (nuutverkose Sirkelpresident) en mev. Linzetta Smit (uittre-dende Sirkelpresident).

Mnr. en mev. Willie en Bea Olivier beoefen reeds 48 jaar lank volkspele en het `n interessante praatjie en demon-strasie tydens die konferensie gelewer.

`n Waarskuwing is egter aan hier-die twee takke gerig dat die uitslae beslis volgende jaar gaan verander! Ná die presidentsrede is die finan-siële verslag en die vorige notule aanvaar. Elke sameroeper het hierna die ge- leentheid gehad om `n kers aan te steek en daarna iemand aan die woord te stel, wat baie interessante aanbiedings gelewer het. Tydens `n geselligheid die aand het Theresa de Wit, `n plaaslike mezzosopraan, die gaste met haar pragtige stem vermaak en het mnr. Gerhard Henning (Handels-bestuurder: Kimberley) `n heildronk op die sirkel se verjaardag inge- stel. Mev. Kittie Potgieter is tydens die konferensie tot sirkelpresident ver-kies en sal die plek inneem van Smit, wat na Hartenbos verhuis het.

62

Carien GroblerGesondheid

Sitrus . . . sit die huppel só terug in jou trippel!

Sitrusvrugte is gelaai met vita- mien C, wat noodsaaklik is vir `n gesonde immuunstelsel. Met die winter wat al hoe nader kom, is dit nou die tyd om sitrus deel te maak van jou dieet.

Lemoen, jou lekker ding! Navorsing wys dat lemoene fitonu-triënte bevat wat voordelig is vir die gesondheid van die menslike lig-gaam. Hierdie oranje vrugte het ook antiinflammatoriese eienskappe en kan die simptome van hipertensie verlig. Die vitamien C in lemoene is `n antioksidant wat die liggaam teen karsinogeniese vrye radikale beskerm. Vitamien C kan ook die simptome van inflammatoriese toestande soos osteoartritis, rumatoïede artritis en asma verlig en kan die risiko verlaag van noodlottige gevalle wat met kar-diovaskulêre siektes, kanker en be- roerte verbind word. `n Enkele le-moen bevat 60 flavonoïede en 170 verskillende fitonutriënte wat die risiko van bloedklonte kan verlaag en ook antiinflamatoriese en anti-tumor- eienskappe besit.

Prettige pomelo’s Pomelo’s is `n uitstekende bron van vitamien C en is belangrik vir die gesondheid van die immuunstelsel. Die vitamien C-inhoud van pome-lo’s help om die duur van algemene verkoues te verkort en kan ook die simptome verlig. Pomelo’s is ook ryk aan likopeen, `n fitonutriënt wat kan help om gewasse te voorkom. Liko-peen het die hoogste kapasiteit van

enige fitonutriënt en kan die liggaam help om karsinogeniese vrye radikale te beveg en ook die risiko van pros-taatkanker in mans verminder. In `n studie waartydens manspasiën- te groen tee en likopeenryke voedsel geeet het, het die risiko vir prostaat-kanker met soveel as 86% gedaal. Die pektienvlakke in pomelos kan ook help om die cholesterolvlakke in die bloed verlaag.

Sappige suurlemoene Suurlemoene is propvol sitroen-suur en bevat verskeie kanker-werende verbindings. Die flavo-noïede in suurlemoene kan help om die verdeling van kankerselle te vertraag en het ook antibio- tiese eienskappe. Suurlemoene is

ook ’n natuurlike diuretikum wat swelling en inflamasie kan verminder. Vanweë die hoë suurinhoud, is die suurlemoene ook ideaal vir mense wat aan urienweginfeksies ly en kan dit help om skadelike bakterieë uit die liggaam te spoel.

63

Resep

Gebakte lemoenpoeding met fluweelsagte vla

Resep

Metode

2 eiers½ koppie suiker¼ koppie koekmeel1 koppie melk¾ koppie lemoensap1 eetlepel suurlemoensapGerasperde skil van een lemoen2 eetlepels gesmelte botter

� Klits die eiergele en vou die sui-ker in.

� Voeg die meel en melk by. � Voeg die lemoensap, suur-

lemoensap, lemoenskil en gesmelte botter by.

� Klits die eierwitte tot styf en vou in die mengsel.

� Gooi die mengsel in `n gesmeerde oondbak. Bak 30 tot 45 minute lank teen 180°C tot goudbruin.

� Bedien met vla of roomys.

64

Koos verlang na sy ma . . .

Uit Piet se pen . . . Agterblad

E k kry Koos op De Aar. Ons is presies na dieselfde plek op pad. Twee jaar militêre diens-

plig. Koos is `n rowwe diamant uit Kim- berley se wêreld. Die soort wat jou kort voor lank in die moeilikheid het. Altyd besig met iets. Op skool altyd agter in die bus gesit en skelm in die toilette gerook. `n Regte grootbek en vrek bang vir vroumense. Hoewel twee teenpole, verstaan ons mekaar. Hier staan ons nou op De Aar se stasie vir die trein en wag. “Kom ons gaan maak `n dop,” beveel Koos. “Ek het nie tyd om vir weermagtreine te wag nie. Jy sal nog sien hoe m*** ek vandag `n korporaal.” Die bekende Bar op De Aar is net oorkant die straat. Koos het feitlik niks by hom nie. Hy gooi sy toksak oor sy skouer en begin loop. Drink is nie een van my sterk punte nie, maar `n ou biertjie voor die trein kom, sal seker nie skade doen nie. Koos beduie wild aan die kroeg-man om vir ons elkeen `n dub-bel brandewyn en Coke te skink. Ek skrik effens vir die gevaarlike dop, maar laat hom begaan. Kort voor lank is die kroegman en Koos groot pêlle. Koos weet van al-les. Wil nog die ou sien wat hom iets kan vertel. Die dubbels begin later voor my ophoop, maar ou Kola laat nie op hom wag nie. `n Benoudheid pak my beet dat ons die trein kan verpas. Koos raak dop vir dop slimmer en wil nie loop

nie. My kop begin draai en ek kry moed vir wat voorlê. Koos het die hele kroeg se aandag en verkondig luid wat hy van die weermag dink. As die korporaal hom nie persoon-lik kom roep nie, sal hy sy gat nie roer nie. Selfs ek begin nou vir Koos ondersteun. Koos vertel die een storie na die ander. Twee persone in uniform sluit intussen by ons aan. Van range weet ons niks. Koos reël dadelik `n dop vir die twee speed cops. “Wat drink julle my ooms? Gooi kroegman, kan jy nie sien hoe die son die manne ge-brand het nie!” Nog manne in uniform kom die vertrek binne. Die twee speed cops sê hulle kan nie lank sit nie, die trein gaan binnekort vertrek. Ek wink `n baie koppige Koos toilet se kant toe. Net betyds besluit ons om pad te gee. Die kondukteur blaas op sy flui-tjie en die trein wil vertrek. Ons duik sommer by die eerste kompar-tement in. Die hele trein is vol re-krute en dit gaan lekker. Ons het skaars gesit of die twee speed cops sluit by ons aan. Koos van alle mense is heel verskrik en begin links en regs salueer. `n Helse lawaai bars skielik los. Bevele word links en regs geskreeu. Die meeste manne is reeds gekui-er en die speed cops kry die wind van voor. Koos haal `n bottel Vodka uit sy toksak. In die haas om weg te kom, het hy vergeet om mix te koop. Geen probleem. Ons vat hom som- mer skoon. Die weermagpersoneel sien gou hulle gaan niks met ons regkry nie.

Oral kom nog bottels te voorskyn. Dit dreun op die trein. Niemand gee meer om of die trein ry of staan nie. Môre is nog `n dag. Baie vroeg die volgende oggend is ons op Bloemfontein-stasie. Die manne se koppe baie seer. Dit wemel op die perron van man-ne in uniform. Nou is dit `n ander storie. Bevele word geskreeu. Niemand praat vanoggend teë nie. Koos wil nog kla oor sy toksak wat soek is, toe hy `n helse kopklap kry. Eindelik is almal op die parkeer-terrein aangetree. Seker maklik `n 100 en net een Bedford om ons te vervoer. Die bevel is hard en duide-lik dat daar net een keer gery gaan word en dat almal moet klim. “Onmoontlik,” brom Koos hier langs my. “Op die bevel ‘klim’ sal julle almal op wees,” hoor ons. Ons probeer `n hele paar keer tevergeefs. Elke keer moet daar van voor af aange-tree word. Dit gaan maklik `n uur lank so aan. Koos praat in tale. Sonder ons medewete word ie-mand tussen ons geplaas om weg te hardloop. Op die volgende bevel “klim” breek hy weg en vat die pad. `n Geweer kom te voorskyn en `n blank word afgevuur. Die weghard-loper slaan soos `n os neer. “Hy is dood!” skreeu Koos benoud! Die volgende bevel was nie nodig nie. Die wat nie kon opkom nie, het soos vinke aan die kante gehang. Die parkeerterrein lê gesaai van ons besittings. Ek en Koos is amper heel voor. Ons word byna doodgedruk en kan skaars asemhaal. En toe hoor ek Koos sê: “Vanaand bel ek my ma!”

GWK Graan . . . innoverende bemarking

innoveer landbou

De Villiersstraat, Douglas Posbus 47, Douglas,

8730 Tel: 053 298 8200

Faks: 053 298 2445

www.gwk.co.za

GWK is as toonaangewende agri-onderneming uniek geposisioneer met ̀ n volledige reeks produkte en dienste, aangebied deur ̀ n gediversifiseerde groep besighede wat fokus op omvattende oplossings vir moderne besigheid in die hele landbou- waardeketting. Ons kliëntgerigte fokus op volhoubare welvaartskepping vir vennote in landbou maak dit moontlik om letterlik `n nasie te help voed én bekende, gehalte handelsmerk-produkte plaaslik vir die verbruiker te produseer. GWK gee om. Daarom innoveer ons landboubesigheid.

Kontak die graan-

verkryger in u gebied om u met bemarkingsopsies by te staan.

BARKLY-WES Kobus Beetge 082 805 0885

DOUGLAS Hendrikus Keulder 082 888 6295

Ig Pretorius 082 906 1672

HOPETOWN Steven Storey 082 906 1676

LUCKHOFF Willie Pretorius 082 881 1120

MODDERRIVIER Dewald Burger 082 900 8736

PRIESKA Wimpie Grobler 082 882 2609 OOS-VRYSTAAT Ficksburg Esperansza van der Walt 082 805 9911

GWK Graan vestig gerusstel-ling en vertroue by ons pro-dusente deur die gehalte graan- bemarking en graanhanterings dienste wat ons lewer. GWK se graanhanteringsfasiliteite is toonaangewend m.b.t. kwaliteit van infrastruktuur, asook die diens wat gelewer word. By GWK Graan is dit die produsent wat saakmaak!

65

GWK Graan . . . innoverende bemarking

innoveer landbou

De Villiersstraat, Douglas Posbus 47, Douglas,

8730 Tel: 053 298 8200

Faks: 053 298 2445

www.gwk.co.za

GWK is as toonaangewende agri-onderneming uniek geposisioneer met ̀ n volledige reeks produkte en dienste, aangebied deur ̀ n gediversifiseerde groep besighede wat fokus op omvattende oplossings vir moderne besigheid in die hele landbou- waardeketting. Ons kliëntgerigte fokus op volhoubare welvaartskepping vir vennote in landbou maak dit moontlik om letterlik `n nasie te help voed én bekende, gehalte handelsmerk-produkte plaaslik vir die verbruiker te produseer. GWK gee om. Daarom innoveer ons landboubesigheid.

Kontak die graan-

verkryger in u gebied om u met bemarkingsopsies by te staan.

BARKLY-WES Kobus Beetge 082 805 0885

DOUGLAS Hendrikus Keulder 082 888 6295

Ig Pretorius 082 906 1672

HOPETOWN Steven Storey 082 906 1676

LUCKHOFF Willie Pretorius 082 881 1120

MODDERRIVIER Dewald Burger 082 900 8736

PRIESKA Wimpie Grobler 082 882 2609 OOS-VRYSTAAT Ficksburg Esperansza van der Walt 082 805 9911

GWK Graan vestig gerusstel-ling en vertroue by ons pro-dusente deur die gehalte graan- bemarking en graanhanterings dienste wat ons lewer. GWK se graanhanteringsfasiliteite is toonaangewend m.b.t. kwaliteit van infrastruktuur, asook die diens wat gelewer word. By GWK Graan is dit die produsent wat saakmaak!

GWK Versekering . . . gewaarborgde gemoedsrus

GWK Versekering bied ge-moedsrus aan vennote met omvattende risikobestuur op-lossings. Ons fokus op lewens-dekking, korttermyn verseker-ing, oesversekering én wild- en kudde-versekering. Kontak ons gerus vir meer inligting oor bekostigbare oplossings teen jou wild- en kudde-risiko, wat insluit vangs-, transito,- veld-, boma-, kwarantyn-, trofeedek-king-, groenjag-, saad-, em-brio- en veilingspakkete.

GWK is as toonaangewende agri-onderneming uniek geposisioneer met `n volledige reeks produkte en dienste, aangebied deur `n gediversifiseerde groep besighede wat fokus op omvattende oplossings vir moderne besigheid in die hele landbou- waardeketting. Ons kliëntgerigte fokus op volhoubare welvaartskepping vir vennote in landbou maak dit moontlik om letterlik `n nasie te help voed én be-kende, gehalte handelsmerk-produkte plaaslik vir die verbruiker te produseer. GWK gee om. Daarom innoveer ons landboubesigheid.

innoveer landbou

De Villiersstraat, Douglas Posbus 47, Douglas,

8730 Tel: 053 298 8200

Faks: 053 298 2445

www.gwk.co.za

DouglasBrits van den BergBestuurder: VersekeringKredietlewensversekering082 803 5190

PrieskaKannetjies KotzeKorttermyn- enOesversekering082 809 4773

HopetownJanitha von MolendorffKorttermyn- enOesversekering082 889 4602

DouglasWillem KrugerKrediet- enLewensversekering082 490 9680

DouglasMarietjie VermeulenKorttermyn- enOesversekering082 809 4775

DouglasWilmarie v/d SchyffKorttermyn kommersieël082 382 8123

Barkly-WesRené v/d WesthuizenKorttermyn- enOesversekering082 907 8548

ModderrivierRiana ShergoldKorttermyn- enOesversekering082 808 2911

GWK is ’n Gemagtigde Finan-siële Diensverskaffer wat fokus op welvaartbeskerming.FSB Lisensienommer 1185