10
SONDAG 9 MEI 2010 08:30 Gelei deur ds Anton Mocke Teks: Kol 1: 1-4 6de week in Paastyd Johannes 14:23-29; 5:1-9 Hand16:9-15; Ps 67; Open21:10; 21:22-22:5 Januarie 2010 Vandag 9 08:30 Erediens 08:30 JEEP-diens en Kinderkerk Na diens: Kuierfees-vergadering voor in kerk Omgeegroepleiers-vergadering in konsistorie Maandag 10 19:00 Bestuursraad Dinsdag 11 09:15 Strewers vertrek vanaf kerk – uitstappie na Luipaardsvlei Ouetehuis Woensdag 12 09:30 Bybelskool 19:00 Bybelskool Donderdag 13 19:00 Hemelvaartdiens Sondag 16 08:30 Erediens 08:30 JEEP-diens en Kinderkerk 19:00 Pinksterdiens ‘n Mamma is iemand wat jou kan leer van die lewe, van seerkry, liefde en geloof. Hoeveel van ons aanvaar ons mamma as vanselfsprekend? Ek het! Die dag as jy in jou eie plek bly en later self ‘n mamma word, dan eers verstaan jy wat ‘n mamma regtig opoffer vir haar kinders en alles wat sy vir haar kinders sal opgee net om hul veilig en gelukkig te hou. Ek weet van baie kere wat my mamma vir my gesê het dat ek sekere dinge nie mag doen nie en ek het kwaad geword vir haar en gedink sy is onregverdig, want almal mag dit doen en ek nie! Vandag, baie jare later, sê ek dankie vir mamma vir alles wat jy vir my gedoen het, ek sou nooit vir ‘n beter mamma kon vra nie. Dankie dat mamma my beskerm het teen al die lelike dinge van die lewe en my altyd veilig gehou het. Dankie dat mamma my altyd weggehou het van al die slegte vriende, ek was altyd blind vir al hul foute, maar my mamma het hulle uitgekyk en deur al hul dinge gesien. Dankie dat mamma altyd daar was wanneer ek sport gedoen het, as ek siek was, as ek hartseer was, dankie vir alles. Ek sou nooit vir ‘n beter mamma kon gevra het nie. Ek het jou lief... Van jou kind... Kalender Teks en tema vir vandag AFKONDIGINGS 9-15 Mei 2010 Fokustekste

Muldersdrif Gemeente Afkondigings

Embed Size (px)

DESCRIPTION

Afkondigings 9 Mei 2010

Citation preview

SONDAG 9 MEI 2010

08:30 Gelei deur ds Anton Mocke

Teks: Kol 1: 1-4

6de week in Paastyd

Johannes 14:23-29; 5:1-9 Hand16:9-15; Ps 67; Open21:10; 21:22-22:5

Januarie 2010 Vandag 9 08:30 Erediens 08:30 JEEP-diens en Kinderkerk

Na diens: Kuierfees-vergadering voor in kerk

Omgeegroepleiers-vergadering in konsistorie

Maandag 10 19:00 Bestuursraad

Dinsdag 11 09:15 Strewers vertrek vanaf kerk – uitstappie na

Luipaardsvlei Ouetehuis

Woensdag 12

09:30 Bybelskool 19:00 Bybelskool

Donderdag 13 19:00 Hemelvaartdiens

Sondag 16 08:30 Erediens 08:30 JEEP-diens en Kinderkerk 19:00 Pinksterdiens

‘n Mamma is iemand wat jou kan leer van die lewe, van seerkry, liefde en geloof. Hoeveel van ons aanvaar ons mamma as vanselfsprekend? Ek het! Die dag as jy in jou eie plek bly en later self ‘n mamma word, dan eers verstaan jy wat ‘n mamma regtig opoffer vir haar kinders en alles wat sy vir haar kinders sal opgee net om hul veilig en gelukkig te hou. Ek weet van baie kere wat my mamma vir my gesê het dat ek sekere dinge nie mag doen nie en ek het kwaad geword vir haar en gedink sy is onregverdig, want almal mag dit doen en ek nie! Vandag, baie jare later, sê ek dankie vir mamma vir alles wat jy vir my gedoen het, ek sou nooit vir ‘n beter mamma kon vra nie. Dankie dat mamma my beskerm het teen al die lelike dinge van die lewe en my altyd veilig gehou het. Dankie dat mamma my altyd weggehou het van al die slegte vriende, ek was altyd blind vir al hul foute, maar my mamma het hulle uitgekyk en deur al hul dinge gesien. Dankie dat mamma altyd daar was wanneer ek sport gedoen het, as ek siek was, as ek hartseer was, dankie vir alles. Ek sou nooit vir ‘n beter mamma kon gevra het nie. Ek het jou lief... Van jou kind...

Kalender

Teks en tema vir vandag

AFKONDIGINGS 9-15 Mei 2010

Fokustekste

Koördineerder: Anita Duif S: 082 411 7015; H: 011-795 2400 F: 086 589 9332; E - [email protected]

Ons bid vir . . . SIEKES: Anna Nelson: kry chemoterapie. Waardeer al die gebede (084 585 6714) Lienka Nel (kleindogter van Kobus Labuschagne): operasie gehad op 4/5 vir verhemelte. Bid asb dat nie infeksie opdoen nie (Riantie – 073 963 6260) Fred Laurence: operasie volgende Vry 14de Mei (011-958 5200) Ann Woest: 2de chemo behandeling ontvang. Pyn is al baie minder en vertrou op Here vir pad vorentoe (011-956 6032) Hettie Booysen: seer hand (011- 659 0537) Steven Ceronio: gaan baie beter, voedselinname is beter, terug by werk, een dag op ’n slag. Volgende week verdere toetse (Petru 079 522 9010) Lenie Mulder: operasie op 5 Mei gehad. In Pretoria in hospitaal (082 298 6723) Veronica Roos: seer knie, hoop op

knievervangings-operasie (082 223 6513) Nellie Wasmuth: Wilgeheuwel hospitaal, longontsteking (011-662 1607) Kay Booysen: Klein oor operasie op 12 Mei. Voorbidding dat alles goed sal afloop (072 737 4158) Broer van Gerbus Vermaak: Wag vir beenmurgoorplanting. Bid asb saam vir geskikte skenker asook voldoende fondse (Gerbus 082 440 0968)

LEED: Hettie Potgieter: oorlede op 30 April, begrafnis

was op 5 Mei. Ons bid haar familie en vriende troos toe in hierdie moeilike tyd.

Efes 2:5 “My lewe saam met Jesus! Deur Sy groot liefde het Hy ons wat dood was as gevolg van ons oortredings, saam met Christus lewend gemaak. Uit genade is julle gered.”

‘n Spesiale boodskap: “Innig dank aan al die lede van die Dorkas Groep wat vir my man, Wynand, gebid het. Hy het heeltemal herstel na sy operasie en dit gaan weer baie goed met hom. Soos ons in engels sê, hy is “living, walking testimony to the Power of Prayer”. Dit was ‘n riem onder die hart om te weet dat daar mense daar buite was wat omgegee het. Dankie vir die toegewydheid en getrouheid. Seënwense aan elke lid” – Etheline van Vuuren

Johan en Corrie Brink het ‘n kleindogter, Bianca, ryker geword op Dinsdag 4 Mei . BAIE GELUK...

Sy’s ‘n doener... Sy’s ‘n dader... Sy’s ‘n kweker

van goeie waardes.

Nie net moeder, maar ook hoeder;

Sy rig hul weë... Sy’s op haar knieë... en uit goud gesmee,

Want teer en sag is haar roede.

Ons dank aan ‘n ma soos sy, aan haar kinders toegewy!

GELUKKIGE MOEDERSDAG

AAN ELKE MAMMA, OUMA EN OUMAGROOTJIE!!!

Ons gaan Dinsdag 11 Mei, Luipaardsvlei Ouetehuis besoek. Ons vertrek om 09:15 vanaf die kerk, bring asb ‘n bordjie met eetgoed saam. Bevestig indien julle saamgaan.

Fanie of Theda (082 678 1905)

Baie geluk!!

Strewers

Dorkas Groep

Koördineerders:

ANSIE DU PLESSIS : 082 853 6532 RONéL PIETERS : 072 901 2463

Ons LEERMEESTER : - “Nadat Hy die mense weggestuur het, het Hy

alleen na die berg toe gegaan om te bid…” Mat 14:23

- “Daarna het Jesus die brood geneem, God daarvoor gedank en dit uitgedeel…” Joh 6:11

- “Dit het hy gesê omdat Jesus die onrein gees beveel het om uit die man uit te gaan…” Luk 8:29

Ons VOLMAG : - “Kom Ons maak die mens as ons

verteenwoordiger… sodat hy kan heers…” Gen 1:26

- “Vrede vir julle!" sê Hy weer vir hulle. "Soos die Vader My gestuur het, stuur Ek julle ook" Joh 20:21

- “Dit verseker ek julle: Wie in my glo, …hy sal nog groter dinge as dit doen…” Joh 14:12

Waarom iemand ANDERS vra om

vir jou te bid? - “As daar iemand van julle is wat siek is… moet

julle vir hom bid en hom met olie salf…” Jak 5:14

- “Bely julle sondes eerlik teenoor mekaar en bid vir mekaar …sodat … gesond kan word” Jak 5:16

- “Dra mekaar se laste…” Gal 6 :2 - “… twee saam kan weerstand bied. ‘n

Driedubbele tou breek nie maklik nie” Pred 4:12

NEEM ASB. VRYMOEDIGHEID OM ENIGE VAN DIE GEBEDSAKSIELEDE TE KONTAK! (Kontaklyste is beskikbaar in die voorportaal)

Beskikbaar in voorportaal : Gebedsgids – Riglyne vir gebed Vier geestelike wette – riglyne vir verkondiging

van evangelie Gebedskaarte – bid vir spesifieke lande se

mense Houer vir gebedsversoeke

GEBED VIR DIE WêRELD 23 MEI 2010

DIE TIEN DAE VAN GEBED, IN AANLOOP TOT DIE

WÊRELDBIDDAG OP 23 MEI 2010, VIND PLAAS

TYDENS PINKSTER & BEGIN OP HEMELVAART, 13

MEI 2010. MILJOENE CHRISTENE, REGOOR DIE

WÊRELD GAAN NAG-EN-DAG BID VIR DIE 10

DAE WAT PINKSTER VOORAFGAAN. OP 23 MEI, TYDENS PINKSTERSONDAG, KOM MILJOENE

CHRISTENE BYMEKAAR OM SAAM TE BID.

“....die tyd kom dat Ek al die nasies en al die taalgroepe bymekaar gaan maak. Hulle sal kom en hulle sal sien hoe magtig Ek is.” Jesaja 66:18

ONS, DIE GEMEENTE MULDERSDRIF, WIL ONS OOK DAARTOE VERBIND OM DEEL TE WEES VAN HIERDIE GEBEDE EN VEROOTMOEDIGING VOOR GOD. ALMAL BID DIESELFDE GEBEDE GESKOEI OP DIE ONSE VADER.

Gebruik asb die pamflet ingesluit by die afkondigings

(engels beskikbaar in voorportaal)

‘n Nota van Paul en Mientjie Smith (Highway Mission Centre) insake die Paasnaweek:

“ Wat die ongeluksyfers vir Paasnaweek 2010 betref, kan ons nie met sekerheid sê nie, wat ons wel weet is dat daar op die 8ste April 2010 ‘n aanduiding was van 105 sterfgevalle teenoor 197 die vorige jaar. Wat ons egter meer opgewonde maak is die feit dat God besig is om die roekelose, nalatige en aggressiewe voertuigbestuurders se gesindhede te verander, dit is immers waarvoor ons by Hom pleit en padverslae maak veral melding van die merkbare verandering van bestuurders se gesindhede teenoor ander padgebruikers. Dit is iets wat net God alleen kan verander; daarom sal ons nie nalaat om aan Hom al die eer te gee nie.

Baie dankie vir die vriendelike samewerking wat ons van u kry, ons geniet die voorreg om saam te kan werk totdat

Gebedsaksie

ons land se paaie veilig vir almal sal wees en God se Koninkryk in die vervoerbedryf gevestig is.

Wanneer ons terugkyk en opgewonde raak oor dit wat ons sien, dan besef ons net weer dat ons dit sonder God se genade nie sou kon doen nie! Ons wil in alle nederigheid saam met Jesaja getuig as hy sê: “Die Here het my ‘n belangrike opdrag gegee en my God gee my die krag om dit te doen.” (Jesaja 49:5c)

‘Mag julle ’n wonderlike verjaardag beleef’

Vandag 9 Mei 2010 Heidi Roux 084 662 2186 Andre Claassen 011-954 2432

Maandag: 10 Mei Hannes van der Merwe 084 757 4957

Dinsdag: 11 Mei Hannes Botes 082 809 9292 Andre Friis 082 790 7509 Riaan Greyvenstein 083 307 4525

Woensdag: 12 Mei geen

Donderdag: 13 Mei Michelle Labuschagne 084 252 0227 Ruan Meyer 076 017 4666 Dean Krynauw Buks van Gerve 082 885 8516

Vrydag: 14 Mei Ewout Overbeek 011-662 1330 Cobus Potgieter 083 459 0483 Elizma de Swardt 082 858 5476

Saterdag: 15 Mei Roeks Swiegers 011-958 0663 Madaleen Minnaar 082 854 2052 Riaan Weinmann 083 679 4525 Leon Alberts 072 698 0094

SAL JY NAMENS DIE WEERLOSE PRAAT?

(Spreuke 31) Deur: Benescke Botha

“Mayday, mayday...” Dit was die noodroep van die beangste Britse vlieënier tydens die Tweede Wêreldoorlog. Hy en sy span was op ’n missie uitgestuur om bomme oor Duitsland af te gooi. Die lugafweer het egter die vliegtuig en bemanning van onder af ernstig getref en hulle was nou besig om vinnig hoogte te verloor. “Mayday, mayday...”

die geskree van die vlieënier het al meer desperaat geword. In die vliegtuig kon jy kreungeluide hoor. Die meeste van die soldate was ernstig beseer. Dit was net die lugmagkapelaan wat in die romp van die bomwerper geskuil het wat nie getref is nie. Met ’n senuweeagtige uitdrukking op sy gesig het die vlieënier met al sy krag op die stuur van die vliegtuig geleun in ’n poging om dit bo-oor die heuwel wat nou vinnig nadergekom het te laat vlieg. Oor sy skouer het hy na die kapelaan geskree om soveel moontlik van die bagasie in die vliegtuig uit te gooi omdat dit die vliegtuig afgetrek het. Die kapelaan het dit gedoen, maar die vliegtuig was steeds te swaar en die berge nou gevaarlik naby. Sou hulle vandag sterf? Met ’n harde geskree het die vlieënier sy oë gesluit terwyl hy reguit in die rigting van een van die bergtoppe gevlieg het. Toe, net voordat die vliegtuig die heuwel tref, skiet dit skielik opwaarts sodat dit bo-oor die bergtoppe en bome vlieg. Met die Engelse Kanaal nou in sig, het die vlieënier verlig uitgeroep: “Kapelaan, ons het dit gemaak!” Daar was geen antwoord nie. Weer het hy uitgeroep. Dit is toe die vlieënier omkyk om die kapelaan te soek dat hy geskok besef dat hy nie meer in die vliegtuig is nie. Die kapelaan het besef dat as hy by die vliegtuig uitspring hulle bo-oor die heuwels sou kon kom. Hy het. Spreuke 31:8-9: “Praat jy vir dié wat self nie hulle sê mag sê nie, kom op vir die reg van dié wat te gronde gaan; praat, en lewer regverdige uitsprake, laat reg geskied aan die armes en ellendiges.” Besef jy dat Jesus aan die kruis presies dieselfde as die kapelaan vir ons gedoen het? Toe Jesus besef het dat ons as mense nooit die mas sou kon opkom om sonder sonde voor God te staan nie, het Hy sy lewe vir ons opgeoffer. Maar meer as dit, tot vandag toe sit Jesus reg langs God waar Hy steeds vir ons ’n stem is. Luister maar na die woorde in Romeine 8:34: “Wie kan ons veroordeel? Christus Jesus het gesterf, maar meer as dit: Hy is uit die dood opgewek, Hy sit aan die regterhand van God, Hy pleit vir ons.” Waarom kies jy nie ook vandag om op te staan en namens die weerlose mense in jou omgewing te praat nie. Jesus doen dit immers vir jou by Vader God! Sterkte. Vader God, baie dankie dat U, u Seun Jesus gestuur het sodat Hy my van my sondes aan die kruis kom vrykoop het. Help my om nooit ’n geleentheid te laat verbygaan waar ek ook vir die weerlose mense in my omgewing ’n stem kan wees waar hulle dit benodig. Ek vra vir dit in die Naam van Jesus Christus. Amen.

Verjaardae

Voel die lewe se hartklop…

Enige bydraes

aan kerkkantoor

079 697 1163

Maryna/Rensia

Tuisnywerheid-stalletjie:

HELP ASB:

• Enige gebak

• Lekkernye

• Ingemaak

• Brode

• Beskuit

• Gemmerbier

• Gebottelde items

• Enige handgemaakte items –

gebrei, gehekel, ens…

Vleis-stalletjie:

HELP ASB:

Donasies van:

• Enige vleis: wild, skaap, bees,

vark, hoender

Veiling / Wit Olifant / Ou Klere-

stalletjies:

HELP ASB:

Donasies van:

• Klere

• Ornamente

• Skilderye

• Speelgoed

• Huishoudelike items

• Tuingereedskap

“Springclean” jou kaste, bring vir

ons al daardie oortollige items!

Nagereg-stalletjie:

HELP ASB:

Donasies van:

• Gebakte poedings

• Koue poedings

• Roomys en -horinkies

Groente/plante-

stalletjie:

HELP ASB:

• Plante en blomme

om te verkoop

• Groente en vrugte

Lys van bestanddele

benodig:

• Meel

• Rys

• Margarien

• Suiker

• Koffie/tee

• Gemengde groente

(blik/sak)

• Maalvleis

• Wors

• Olie

• Blatjang

• Kitspoeding/ jellie/

vla

• Kerrie/sout/

bakpoeier

Parkering vir voertuie:

HELP ASB:

Het jy ‘n trekkertjie waarmee die

lang gras (voor die hek) die week

voor die fees gesny kan word? Kan

jy dit vir ons reël?

Kos-stalletjies:

HELP ASB:

• Gewillige hande om ‘n skofbeurt

te werk?

• Donasies van bestanddele vir

die voorbereiding van die kos?

• Gazebo’s en/of markies tente

wat ons kan gebruik op die dag?

KONTANT BYDRAES

ALTYD WELKOM!!

Enige bydraes

vir Kindertafel

aan

Benita Nel

082 551 6466

Volgende

Kuierfees-

vergadering:

SONDAG

9 MEI 2010

na erediens

in kerk

ALMAL WELKOM!

Kindertafel:

HELP ASB:

Donasies van:

• Rice Crispies

• Karamel

• Versiersuiker

• Strooisuiker

• Klapper

• Lekkergoed: Suigstokkies / Fizzers / Skyfies

/ Roomyshorinkies

• Items vir Tombola

EN VIR DIE PRET:

HELP ASB:

• Borg vir die Meganiese Bul

KLAAR GEREëL:

• Kallie-die-Nar

• Springkastele

• Boeresport (kry solank jou span gereed!!)

• “Touch”-rugby (kry hiervoor ook ‘n span gereed!!)

• Kaskarre vir beide groot en klein

• Leeuwelpies

Is Muldersdrif Gemeente ’n Omgeegroep Gemeente?

Of is ons ’n Gemeente met omgeegroepe?

ONS DOELWIT IS BESLIS OM ‘N OMGEEGROEP GEMEENTE TE WEES!

Waarom is jy nie lid van ‘n Omgeegroep nie? Het jy baie verskonings?

Weet jy dat baie van ons getroue omgeegroeplede van die besigste mense in ons gemeente is?

Is dit ‘n opoffering om deel te wees van ‘n omgeegroep?

JA, DIT IS! Was Christus bereid om Sy lewe vir jou op te offer????

JA, HY WAS EN IS!!

Die skriffundering van die Omgeegroepe is:

Hebreërs 10:24

“LAAT ONS OOK NA MEKAAR OMSIEN DEUR MEKAAR AAN TE SPOOR TOT LIEFDE EN GOEIE DADE”

Beskrywing van ‘n Omgeegroep:

1. ‘n Oefenruimte waar ek my Christenskap en gawes prakties kan slyp en toepas 2. ‘n Veilige hawe waar ek “geestelik anker kan gooi”, net myself kan wees en onvoorwaar-

delike aanvaarding en liefde beleef 3. ‘n Vulstasie waar ek hernude krag vir die week kry 4. ‘n Familie waar ek en my broers en susters in liefdesgemeenskap deur dik en dun bymekaar

staan

Was jy ook geraak deur die “MIGHTY MEN” byeenkoms in Natal?

Kom beoefen jou nuutgevonde of hernude geloof in een van ons Omgeegroepe!!

Wat verhinder jou om deel te word van hierdie familie?

SKAKEL ‘N LERAAR OF ENIGE VAN ONS OMGEEGROEPLEIERS OF -LEDE EN KOM ERVAAR DIT!!

Omgeegroepe

Omgeegroep Kontakpersoon Kontak no Epos adres Dag Tyd

Driefontein / Swartkops

Stefan Rudman 082 567 5586 [email protected] Dinsdae 19:00

Featherbrooke Kobus Nel 083 310 0834 [email protected] Dinsdae 19:00

Honingklip/Steynsvlei Fielie Swanepoel

083 380 4706 [email protected] Wissel 19:00

Renosterspruit / Lanseria

Johan Nell 082 444 2625 [email protected] Vrydae 19:00

Ducks Nest 208, Featherbrooke

Ronnie Collatz 011-662 1005 [email protected] Sondae 18:30

Abraham van Wykweg 45, Muldersdrif (Jong gesinne)

Vermaak & Vanessa van Wyk

083 419 3883 [email protected] Donderdae 19:00

Lanseria / North Riding / Lammermoor (In die Kinderkerkgebou)

Jacqueline Klem

082 920 6679 [email protected] Vrydae 18:00

Plovers Nest 1121 Featherbrooke Est (Jong gesinne)

Johan & Vivienne J van Rensburg

011-662 2678 [email protected] Donderdae 19:00

Honeydew Martie & Kriek Badenhorst

010-222 0651 [email protected] Sondae 17:00

Helikia (Jong Volwassenes)

Charmaine Joubert

076 544 4406 [email protected] Woensdae 19:00

Bybelskool Ds Neels 083 560 3814 [email protected] Woensdag oggende & aande

9:30 &

19:00

Luister na die radio!!

RSG

Maandagaand 10 Mei om 21:00

MAAS OP MAANDAG

Leraars Ds Neels Kloppers Tel: 083 560 3814 epos: [email protected]

Ds Kenneth Mckenzie Tel: 084 455 3267 epos:[email protected]

Kerkkantoor Administrateur: Maryna de Jager Tel: 079 697 1163 Faks: 086 698-7605 epos: [email protected] Kerk-SMS: 082 851 5163 Admin Assistent: Rensia Swanepoel epos: [email protected]

Posbus Adres Kantoorure: NG Muldersdrif Ma – Vry 08:00-16:00 Posbus 52 Sondae na oggenddiens Muldersdrif 1747

BANKBESONDERHEDE Bank: ABSA Takkode: 632005 Rek Naam: NG Kerk Muldersdrif Rek no: 310580023 LOPENDE REKENING (TJEK)

Dienspersoneel Terrein/ Koster Jack Segomotso 083 548 8263

Helikia – Jong Volwassenes Aksie Leier Jaco Crous 082 853 5250 Epos: [email protected]

Jeug Portefeulje Leier Wessel Duif 083 408 0377 Epos: [email protected]

Kategese: Juniors (2 jaar tot Graad 3) Leier: Adele de Jong – 083 263 6566 Kinders van die ouderdom 2 jr tot Gr 3 gaan direk na die Kinderkerk voor erediens. Verdaag 09:45.

Seniors (Graad 4 – 10) Leier: Ronel Duif – 083 324 5977 Gesamentlike jeugdiens vir 30 minute in saal, gaan dan na hul kategese lokale. Verdaag 09:45.

Finalejaars – Graad 11 Leier: Ds Kenneth – 084 455 3267 Finalejaars hanteer materiaal soos deur leraars voorberei. Sondae om 16:30 in die kinderkerk

Bestuursraad 2010 Funksionele Portefeuljes Bemarking & Vermaak van Wyk Kommunikasie 083 419 3883 Erediens Anton Steyn 082 785 6657 Finansiële Bestuur Gerbus Vermaak 082 440 0968 Hulpbron Bestuur Johan Nell 082 444 2625 Bedienings Portefeuljes Gemeente Theda Human 082 678 1905 Getuienis VAKANT Jeug Wessel Duif 083 408 0377 Omgeegroepe Danie Knipe 082 493 3908 Pastoraal Neels van Wyk 082 377 3250 Bestuurs Forum B/Forum Koördinering Nico Doman 011- 662 2956 Inligting Johan Vermeulen 082 464 6820 Strategies VAKANT

Strewers Fanie Human

082 678 1905

ander kontakpersone Tegniese ondersteuning: Hannes v/d Merwe 011- 662 2651/ [email protected] Spyseniering: Ferma Bekker 072 958 4757

Neem asseblief kennis dat die gemeente geen landlyne het nie, kontak ons op die bogenoemde selnommers

Gemeente Besonderhede

Te koop

WILDSVLEIS Bevrore 3kg pakke met wildsvleis (Eland), ideaal om te stowe. R50/pak

Skakel 083 560 3814 vir meer besonderhede

Juwele met ‘n Boodskap Die “Testimony Jewellery & Décor” reeks:

• Halssnoere en armbande vir groot en klein • Boekmerke, steutelhouers, versierings en

geskenkies Skakel Ansie du Plessis op 082 853 6532

of epos [email protected]

Dienste

BOEKHOU DIENS Alle boekhou dienste tot met balansstaat - sluit in alle debiteure, krediteure, banke en rekonsiliasies. � Jaareind state – nie net vir maatskappye nie � Aankoop en installasie van Pastel pakkette � Payroll, UIF, PAYE, BTW

Skakel Karin Grové op 082 821 1146

LIBRI KARWAS Benodig u motor ‘n deeglike was, politoer of valet? Kom na ons vir die beste kwaliteit in die Weste. Ons is geleë in Strubensvallei, by HIRSCH’S agter MAKRO.

Vir meer inligting, kontak Sakkie op 072 757 9336

Pastorale Terapeut Geregistreerde berader : Christelike berading en ondersteuning, trauma, emosionele pyn, huweliks-, verhoudings- en gesinsterapie, depressie en die rouproses. Eis terug van mediese fonds. Skakel Susan Eksteen op 076 051 1455/011-954 0987

Anastasis Edu-Help Sukkel jou kind om te studeer en te konsentreer? Ons spesialiseer in studiemetodes, breinprofiele, disleksie en ADHD. Ons bied ook trauma-, huweliks- en ander berading gebaseer op Bybelse beginsels.

Kontak Kobus Agrella op 071 689 0772 of epos: [email protected]

NUTSMAN/HANDY MAN Vir enige herstelwerk aan jou huis soos bv: Waterdigting, fasieborde / geute, verfwerk binne en buite, bouwerk en plafonne.

Kontak Dirk op 083 519 9604

SATERDAG AVONTUURKAMP Wil julle Saterdae rustig inkopies doen? Bring dan jul kinders 5-10jr vir ‘n opwindende buitelug

avontuur vanaf 08:00 tot 14:00. Ons speel speletjies (eier & lepelresies, toutrek, sakresies, ens) en klouter hindernisbaan – alles onder toesig. Middagete en snacks word bedien.

Skakel Lizelle Brummer op 082 888 1776

Herstelwerk aan en/of nuwe grasdakke

Kontak Dirk op 082 784 7856

Vir alle naaldwerk, verstellings ens.

Kontak Hantie du Toit op 082 797 1623 of 011-958 1030

LOODGIETER Vir enige loodgieter-werk.

Kontak Dewald op 076 758 0650

DOEK-KOEKE ’n Besonderse geskenk: Ideaal vir Ooievaarstee of nuwe Mamma. Verskillende kleure & temas beskikbaar. Vir navrae skakel Lizelle Brummer op 082 888 1776

Akkommodasie

STRANDWOONSTEL TE KOOP Uvongo. 3 slaapkamer, 2 badkamer, baie groot onthaal-area en kombuis. Reg op strand, beste in kompleks! R2milj (onderhandelbaar). Vir foto’s: www.privateproperties.co.za : La Crete Sands # 2.

Kontak Anita Duif op 082 411 7015

TUINHUIS TE KOOP Aranos, Stoult Straat, Radiokop: 2 slaapkamers, 1 badkamer met sitkamer en kombuis. Eie tuin en dubbelmotorhuis. Troeteldier-vriendelik. Meer besonderhede skakel Mike op 082 963 4730

Gesoek

TWEEDEHANDSE LAPTOP Het jy dalk ’n skootrekenaar wat nie meer gebruik word nie? Ons beplan ’n opleidingsentrum en benodig dringend skenkings van rekenaars vir die opleiding.

Kontak Lizelle Brümmer op 082 888 1776

KINDERBOEKE Laerskool in Krugersdorp is opsoek na kinderboeke en/of naslaanboeke in goeie toestand, engels of afrikaans vir hul nuwe biblioteek. Bring asb na kerkkantoor of skakel Rensia op 071 819 2822

Kennisgewingbord