4
NUUSFLITSE Mens kan nie glo dat die jaar so vinnig verby gesnel het nie. Daar het soveel dinge gebeur en tog moet daar ook nog so baie ge- beur. Nie alleen is Oktober die mooiste maand met die verande- ring in seisoene nie, dis ook 'n tyd van refleksie en dankbaarheid. Omdat Oktober die tiende maand is, gebruik ons hierdie tyd om vir die Here dankie te sê vir alles wat Hy so onverdiend vir ons gee. Ons kyk terug en sien dat die Here vir ons gesorg het, maar kyk ook vorentoe en vertrou die Here vir die pad vorentoe. Ek lees onlangs dat besittings nie 'n teken van die Here se seën is nie, maar die verantwoordelikheid om dit met ander te deel. Dit het my baie laat dink. Sien ek dit wat ek het as 'n middel om an- der te dien? Ek wil graag gee want ek weet dat die Here altyd sal sorg dat ek genoeg het. Paulus help my in 2 Korintiers 9 as hy sy gemeente aanmoedig om te gee. Hy sê dat die regte manier om te gee is om met blydskap te gee. Wanneer ek en jy met blyd- skap gee dan gebruik die Here dit om Sy doel daarmee te bereik. Om te gee beteken soveel meer as net my materiële besittings. Om te gee is om te leef met die wete dat ek geseën is om tot seën te wees. Deur my tyd, gawes, deur soms net te luister en te wees. Ons is oneindig dankbaar vir elkeen wat sy hart en hande oop- maak om 'n bydrae te lewer. Ons wil sommer byvoorbaat vir jou dankie sê hiervoor. Baie dankie aan elke lid van ons geloofsfamilie wat gereeld en getrou bydrae tot ons geloofsfamilie. Daar is ook soveel dinge om na uit te sien in hierdie tyd: Belyde- nisaflegging van ons jongmense, Tiendemaand Dankoffer, Dorps- fees en Kersviering. Bid asseblief saam vir die tyd wat voorlê dat ons in verwondering sal wees oor Sy getrouheid. Dat ons steeds Christus sal ontdek en leef orals waar ons beweeg. - Henk van Rensburg - WAT GEBEUR VANDAG 08:00 : Erediens (Stephan Joubert) 08:00 : Kinderkerk (3jr–Gr 3) 09:00 : Junior Geselsgroepe (Gr 4–7) 10:00 : Erediens (Stephan Joubert) 10:00 : Kinderkerk (3jr–Gr 3) 13:00 : Afrikatale Erediens 17:00 : Senior Geselsgroepe (Gr 8–11) 18:30 : Aanddiens (Herman Matthee) KERKKANTOOR CD VERKOPE Plaas gerus ’n bestelling vir oudio opnames van die eredienste. Kontant by bestelling Oktobermaand – die mooiste maand Ons het soveel redes om dankbaar te wees. Kom ons sê saam DANKIE deur ons Tiende- maand Dankoffer! 28 Oktober 2012 10

Nuusflitse 14 Oktober

Embed Size (px)

DESCRIPTION

Afkondigings vir die week

Citation preview

Page 1: Nuusflitse 14 Oktober

NUUSFLITSE

Mens kan nie glo dat die jaar so vinnig verby gesnel het nie. Daar het soveel dinge gebeur en tog moet daar ook nog so baie ge-beur. Nie alleen is Oktober die mooiste maand met die verande-ring in seisoene nie, dis ook 'n tyd van refleksie en dankbaarheid. Omdat Oktober die tiende maand is, gebruik ons hierdie tyd om vir die Here dankie te sê vir alles wat Hy so onverdiend vir ons gee. Ons kyk terug en sien dat die Here vir ons gesorg het, maar kyk ook vorentoe en vertrou die Here vir die pad vorentoe.

Ek lees onlangs dat besittings nie 'n teken van die Here se seën is nie, maar die verantwoordelikheid om dit met ander te deel. Dit het my baie laat dink. Sien ek dit wat ek het as 'n middel om an-der te dien? Ek wil graag gee want ek weet dat die Here altyd sal sorg dat ek genoeg het. Paulus help my in 2 Korintiers 9 as hy sy gemeente aanmoedig om te gee. Hy sê dat die regte manier om te gee is om met blydskap te gee. Wanneer ek en jy met blyd-skap gee dan gebruik die Here dit om Sy doel daarmee te bereik. Om te gee beteken soveel meer as net my materiële besittings. Om te gee is om te leef met die wete dat ek geseën is om tot seën te wees. Deur my tyd, gawes, deur soms net te luister en te wees.

Ons is oneindig dankbaar vir elkeen wat sy hart en hande oop-maak om 'n bydrae te lewer. Ons wil sommer byvoorbaat vir jou dankie sê hiervoor. Baie dankie aan elke lid van ons geloofsfamilie wat gereeld en getrou bydrae tot ons geloofsfamilie.

Daar is ook soveel dinge om na uit te sien in hierdie tyd: Belyde-nisaflegging van ons jongmense, Tiendemaand Dankoffer, Dorps-fees en Kersviering.

Bid asseblief saam vir die tyd wat voorlê dat ons in verwondering

sal wees oor Sy getrouheid. Dat ons steeds Christus sal ontdek en

leef orals waar ons beweeg.

- Henk van Rensburg -

WAT GEBEUR VANDAG

08:00 : Erediens (Stephan Joubert)

08:00 : Kinderkerk (3jr–Gr 3)

09:00 : Junior Geselsgroepe (Gr 4–7)

10:00 : Erediens (Stephan Joubert)

10:00 : Kinderkerk (3jr–Gr 3)

13:00 : Afrikatale Erediens

17:00 : Senior Geselsgroepe (Gr 8–11)

18:30 : Aanddiens (Herman Matthee)

KERKKANTOOR

CD VERKOPE

Plaas gerus ’n bestelling vir oudio opnames van die

eredienste.

Kontant by bestelling

Oktobermaand – die mooiste maand

Ons het soveel redes om dankbaar te wees. Kom ons sê saam

DANKIE deur ons Tiende-maand Dankoffer! 28 Oktober 2012

10

Page 2: Nuusflitse 14 Oktober

Bid asseblief saam met ons vir die volgende mense: • Charlene Botha wie se ma oorlede is. • Cobus Willers wat steeds in hospitaal is. • Annette Robinson wat in hospitaal opge-neem is.

• Rita Kriel wat aansterk na operasie. • Schalk Doms wat herstel na operasie. • Les Steel wat met sy gesondheid sukkel. • Hermien Grobler wat tuis aansterk. • Oom Hennie Beetge wat ernstig siek is.

• Dirk Strydom wat tuis aansterk. • Jané Zeeman wat in hospitaal opgeneem is. • Louis du Toit wat aansterk na operasie. • Ronnie v Deventer wat met kanker worstel. • Hannie Ferreira wat behandeling ontvang. • Hennie Kaltwasser wat steeds in versorgings-eenheid is.

“Hy is die Vader wat Hom ontferm en die God

wat in elke omstandigheid moed gee.”

2 Korintiërs 1:3

JUNIOR EN SENIORS

MENTORS:

Nuwe bloeisels,

bring nuwe seisoene

EN die 2013 Jeugseisoen

is oop.

As jy geroep word en in

die wêreld van jongmense

in gestuur word, is hierdie

die geleentheid om ‘n nuwe

ritme in jou lewe te kweek

waar jy tot seën kan wees

vir ‘n klomp jongmense.

Van 3 jaar tot 17 jaar,

kort jou liefde. As jy die

gevoel kry is jy geroep.

KOM SLUIT AAN.

Gr11 begin ‘n nuwe ritme kweek met ‘n klomp lekker “lyfskywe”.

KAARTJIES VANDAG BESKIK-BAAR BY DIE KERKKANTOOR

KAARTJIES BESKIKBAAR BY DIE KERKKANTOOR TYDENS

KANTOOR URE RIANA 012 662-1708

KAARTJIES SAL SLEGS GEGEE WORD BY ONTVANGS VAN

BETALING

VRYDAGAAND 2 NOVEMBER

19:00 OUDITORIUM

VOLWASSENES R100

KINDERS ONDER 12 R75

Plaasdans

Saterdag 3 November 2012

19:00

Koste: R100 per paar/gesin

Bring jou piekniekmandjie/ koelerboks /braai

Kuier saam soos in die ou dae!

Kaartjies beskikbaar by die

kerkkantoor na die diens en

gedurende die week.

Skakel Riana 012 662-1708

[email protected]

Kantoor ure 8:00 tot 16:00

Page 3: Nuusflitse 14 Oktober

Skryf jou naam op die lyste by die voor-deur na die diens of

Skakel die kerkkantoor, Riana 012 662-1708 of epos

ons by [email protected]

BOK VAN BLERK PRETPARK

VERSKEIDENHEID KUNS EN SNUISTERY STALLETJIES

PLAASDANS

STRAATMYL

4X4 AKSIE EXPO

BERGFIETS KERMESSE

HEELDAG VERHOOG VERSKEIE KUNSTENAARS

HEELDAG PRETPROGRAM WYNPLAAS

KOSSTALLETJIES 2/3 NOVEMBER

HELPERS

KOSSTALLE

HELPERS

TOEGANGBE-HEER

HELPERS

UITLEG VAN FEESTERREIN

Doopgesprekke As julle beplan om binnekort julle kind te doop, registreer asseblief by die kerkkantoor. Daar is nog twee doop-gesprekke hierdie jaar: • 23 Oktober • 20 November

Registrasie beloop R100. Kontak Riana by die kerkkan-toor vir meer inligting.

Bybelreis met Stephan Joubert Ons laaste Bybelreis vir die jaar vind plaas op Woensdag 31 Oktober en 7 November om 19:00.

Ons gaan op ’n ontdekkingstog na 1 Johannes se liefde kyk. Kom kry inspirasie vir die laaste stukkie van die jaar.

Die Oggend Bybelreis vind ook in November plaas. Vir meer inligting, kontak Henk by 0823367555.

Page 4: Nuusflitse 14 Oktober

KEUSES Victor Frankl, ‘n Joodse psigiater wat die Duitse konsentrasiekamp oorleef het, het sy lewenswerk

gewy aan die antwoord op die vraag:”wat is die sin in die lewe?” Vandag nog is hierdie vraag op ons lippe, die Prediker besin hieroor...en ek wonder. Die skeppingsverhaal vertel vir ons dat Adam en Eva na God se beeld geskep is – anders as die diere ens. Adam en Eva kon KIES! En, lyk dit vir my, net hier is ons opstaan en val in die lewe. Wat kies jy? Wat kies jy om te glo, wat kies jy as jou waarheid? Wat kies jy om met jou geld, tyd en talente te doen. Wat KIES jy om met jou naby verhoudings te doen? Frankl stel dit so:” Ultimately man should not ask what the mean-ing of his life is, but rather he should recognise that it is he who is asked – he is questioned by life; and he can only answer life by answering for his own life, by being responsible(for his choises).” Christus het vir ons kom wys watter keuses om te maak om sinvol te kan LEEF! Lees gerus ook die blog: “Die Wetenskap en Kuns van Lewe” op ons webblad. Elmarie van Wyk (Sentrum vir Lewenskuns)

Sondae: Skoolkwartale

08:00 - Erediens (Ouditorium)

08:00 - Kinderdiens (3j-Gr.3)

09:00 - Groepe (Gr.4 – Gr.7)

10:00 - Erediens (Ouditorium)

10:00 - Kinderdiens (3j – Gr.3)

13:00 - Erediens (Afrikatale)

17:00 - Groepe (Gr.8 – Gr.11)

18:30 - Aanddiens

www.pvr.co.za

www.facebook.com/pvrgeloofsfamilie www.twitter.com/PvRGeloofsfam

Kerkkantoor:

Ma: 11:00–16:00 Di–Do: 08:00–16:00 Vr: 08:00–13:00

Tel: 012 662-1708 [email protected]

Benodig: Admin hulp vir die Sopkombuis Buti bedryf 'n Sopkombuis by die kerk op 'n Vrydagoggend. Die

mense wat hy bedien kom van 10:00 af en ongeveer 11:30 is die

dag se aktiwiteite klaar. Buti maak staat op vrywilligers om hom te

help met die maak van die sop en ook die bediening daarvan.

Hy het 'n wonderlike span mense wat hom help.

Susan van Tonder koördineer die vrywilligers. Dit behels om al die

vrywilligers wat help, in te deel in 'n rooster volgens die Vrydae

wat daar Sopkombuis aangebied word.

Susan gaan binne die volgende paar maande uit die rol tree om-

dat hulle verhuis. Dus kort ons iemand nuut. Stel jy belang? Kontak

gerus vir Ryno 0824602103 of Amanda 012 662-1708.

Senior Jeug Bediening

Die Gr 8-10 gaan begin met die nuwe “puzzle” reeks waar ons saam gaan dink oor te-mas. Ons begin die Sondag met die tema “Die Lewe na Hier-die Lewe.” Die Gr 11 se l”yfskywe” begin vorm aanneem en ons het ons tweede Belydenis Afleg-ging gedurende die

aanddiens.

Mosterdsaadjies, Gr 1-

3, Gr 4-6 en Gr 7’s

Ons kuier hierdie laaste se-mester in die Nuwe Testa-ment. Ons leer saam met Je-sus en Sy Gelykenisse. Dink jy Jesus se Gelykenisse kan jou help met jou elke dag se skooltoe gaan? Kan jy ook so Parmantig wees soos die Goeie Samaritaan? Wat kan jy met R50 doen? Is jy deel van die vyf-gereed- klub of vyf-nie-gereed-klub nie? Is God ook so bly oor jou soos oor die verlore seun? Wel as jy die antwoord op hierdie vrae wil weet – kom kuier die volgende 5 Sondae

saam met ons!

PRAYER PARTNERS

Ons skop af hierdie Sondag tydens ons eredienste om

08:00 en 10:00 Ook tydens die aanddiens

18:30

Sherry en Sjokolade aand

Alle matriek welkom 21 Oktober van 17:00 - 18:30

by die kerk