2
WAT GEBEUR VANDAG 08:00 : Erediens & Kinderkerk (3j – Gr3) 09:00 : Junior Geselsgroepe (Gr 4-7) 10:00 : Erediens & Kinderkerk 13:00 : Afrikatale Erediens 17:00 : Senior Geselsgroepe (Gr 8-11) 18:30 : Vars (Aanddiens) BID SAAM Joey Kotzé wat met haar gesondheid sukkel. Tienie van Niekerk wat ’n operasie moet onder- gaan. Conrad Geel wat siek is. Jannette Bode wie se man in die hospitaal is. Ronnie van Deventer wat met chemoterapie besig is. Elna Louw wat ernstig siek is. Danie McLachlan wat chemoterapie ontvang. Hennie Kaltwasser wat baie ernstig siek is. Frans Crause wat aansterk na ‘n operasie. Corrie Cilliers wat tuis aansterk. Willem de Meyer wat aansterk na ’n operasie. NUUSFLITSE 20 FEBRUARIE 2011 NAVRAE EN INLIGTING KERKKANTOOR : 012 662-1708 Faks : 012 662-0104 [email protected] of [email protected] Webblad: www.pvr.co.za Kantoorure: Maandae: 11:00 – 16:00 Di – Do : 08:00 – 16:00 Vrydae: 08:00 – 13:00 Skoolvakansies: 08:00 - 13:00 BELANGRIKE DATUMS 21 Feb : Vrouebediening Byeenkoms 22 Feb : Ons Trou 4 23 Feb : Oggend Bybelreis 24 Feb : GEEN SENIOR AKSIE BYEENKOMS 26 Feb : ROMANZ OPTREDE 08 Mrt: Doopkursus 1 KRISISTYE BOU KARAKTER! Ons luister die afgelope Woensdagoggend by “Halftyd” na Glen McQuirk, die ontwerper van die “MAP4LIFE” proses en in sy gesprek sê hy iets wat my vir ‘n oomblik botstil laat staan. Hy sê: “God is not interested in your comfort, He is interested in shaping your character”. Bietjie later in die dag plaas ‘n vriendin van my die volgende aanhaling van John Ortberg op haar “Facebook” status: “Every problem is an invitation from the Spirit. So don't ask for comfort… ease… manageability. Ask to be given a burden for a chal- lenge bigger than yourself. The Spirit wants to make you dangerously noncompliant in a broken world. Ask God for a mountain!” (J.Ortberg) Ek besef weer opnuut dat ek maar al te geneig is om van hierdie beginsel te vergeet. Natuurlik onthou ek dit baie goed wanneer ek iemand anders help deur sy of haar krisis of probleme. Natuurlik is dit ‘n aangename gedagte om met mense wat worstel te deel. Maar wanneer dit onsself is wat worstel en swaar trek, is dit iets wat ons dadelik vergeet, of ten minste, glad nie sin maak nie. Wanneer ons worstel, is die “waarom?” vrae in ons gedagtes. Ons spandeer baie tyd aan “hoekom ek?” en “wat het ek gedoen om hierdie te ver- dien?”Ons word deur ons emosies op en af en heen en weer geslinger, amper buite beheer en sonder ankers. Dis asof ons eie seer en verwondheid ons vermoë om God te sien en te ervaar, uitwis. Al wat oorbly, is die onvergenoegdheid oor wat is. Daarom dat die aanhalings my eintlik moes wakker- skud. Sodat ek perspektief kan kry en kan onthou: “Wees stil en weet, ek is die Heer”. Sodat ek kan ont- hou wat Paulus skryf: “Ons verheug ons ook in die swaarkry, want ons weet: swaarkry kweek vol- harding, ons volharding kweek egtheid van geloof en egtheid van geloof kweek hoop; en die hoop beskaam nie want God het Sy liefde in ons harte uitgestort deur die Heilige Gees wat Hy aan ons gegee het. (Rom 5:3-5) Here, help ons om te bid “U pottebakker, ek die klei” en blymoedig te vertrou dat U ons karakter vorm in moeilike tye, sodat ons meer kan word waarvoor U ons bestem het.

Nuusflitse 20 Februarie

Embed Size (px)

DESCRIPTION

Nuusflitse van 20 Februarie

Citation preview

WAT GEBEUR VANDAG

08:00 : Erediens & Kinderkerk (3j – Gr3) 09:00 : Junior Geselsgroepe (Gr 4-7) 10:00 : Erediens & Kinderkerk

13:00 : Afrikatale Erediens 17:00 : Senior Geselsgroepe (Gr 8-11) 18:30 : Vars (Aanddiens)

BID SAAM

• Joey Kotzé wat met haar gesondheid sukkel. • Tienie van Niekerk wat ’n operasie moet onder-

gaan. • Conrad Geel wat siek is. • Jannette Bode wie se man in die hospitaal is. • Ronnie van Deventer wat met chemoterapie

besig is. • Elna Louw wat ernstig siek is. • Danie McLachlan wat chemoterapie ontvang.

• Hennie Kaltwasser wat baie ernstig siek is. • Frans Crause wat aansterk na ‘n operasie. • Corrie Cilliers wat tuis aansterk.

• Willem de Meyer wat aansterk na ’n operasie.

NUUSFLITSE

20 FEBRUARIE 2011

NAVRAE EN INLIGTING

KERKKANTOOR : 012 662-1708 Faks : 012 662-0104

[email protected] of [email protected] Webblad: www.pvr.co.za Kantoorure:

Maandae: 11:00 – 16:00 Di – Do : 08:00 – 16:00 Vrydae: 08:00 – 13:00 Skoolvakansies: 08:00 - 13:00

BELANGRIKE DATUMS 21 Feb : Vrouebediening Byeenkoms 22 Feb : Ons Trou 4 23 Feb : Oggend Bybelreis 24 Feb : GEEN SENIOR AKSIE BYEENKOMS

26 Feb : ROMANZ OPTREDE

08 Mrt: Doopkursus 1

KRISISTYE BOU KARAKTER! Ons luister die afgelope Woensdagoggend by “Halftyd” na Glen McQuirk, die ontwerper van die “MAP4LIFE” proses en in sy gesprek sê hy iets wat my vir ‘n oomblik botstil laat staan. Hy sê: “God is not interested in your comfort, He is interested in shaping your character”. Bietjie later in die dag plaas ‘n vriendin van my die volgende aanhaling van John Ortberg op haar “Facebook” status: “Every problem is an invitation from the Spirit. So don't ask for comfort… ease…

manageability. Ask to be given a burden for a chal-

lenge bigger than yourself. The Spirit wants to make

you dangerously noncompliant in a broken world.

Ask God for a mountain!” (J.Ortberg) Ek besef weer opnuut dat ek maar al te geneig is om van hierdie beginsel te vergeet. Natuurlik onthou ek dit baie goed wanneer ek iemand anders help deur sy of haar krisis of probleme. Natuurlik is dit ‘n aangename gedagte om met mense wat worstel te

deel. Maar wanneer dit onsself is wat worstel en swaar trek, is dit iets wat ons dadelik vergeet, of ten minste, glad nie sin maak nie. Wanneer ons worstel, is die “waarom?” vrae in ons gedagtes. Ons spandeer baie tyd aan “hoekom ek?” en “wat het ek gedoen om hierdie te ver-dien?”Ons word deur ons emosies op en af en heen en weer geslinger, amper buite beheer en sonder ankers. Dis asof ons eie seer en verwondheid ons vermoë om God te sien en te ervaar, uitwis. Al wat oorbly, is die onvergenoegdheid oor wat is.

Daarom dat die aanhalings my eintlik moes wakker-skud. Sodat ek perspektief kan kry en kan onthou: “Wees stil en weet, ek is die Heer”. Sodat ek kan ont-hou wat Paulus skryf: “Ons verheug ons ook in die swaarkry, want ons weet: swaarkry kweek vol-harding, ons volharding kweek egtheid van geloof en egtheid van geloof kweek hoop; en die hoop beskaam nie want God het Sy liefde in ons harte uitgestort deur die Heilige Gees wat Hy aan ons gegee het. (Rom 5:3-5)

Here, help ons om te bid “U pottebakker, ek die klei” en blymoedig te vertrou dat U ons karakter vorm in moeilike tye, sodat ons meer kan word waarvoor U ons bestem het.

• TUISVERSORGING: Ons wil graag ‘n databasis opbou van persone wat met tuisversorging van be-jaardes of persone wat na ‘n operasie tuis aansterk, kan help. Skakel Sampie by 082 698 1995 vir meer besonderhede.

• VROUEBEDIENING: 21 Feb, 19h00. Onderwerp :

Effektief vs Heilig—vat jou “to-do” lysie na Jesus se voete. Toegang gratis. Ons vrouebediening se eerste groot bederf hierdie jaar is ‘n wonderlike vroue-aand saam met Lindie van Eeden (“Karin” in Egoli). Dit beloof om ‘n uitsonderlike geleentheid te wees. Vir al die nuus en inligting oor ons vrouebediening kontak vir Heléne Richter by 082 377 9385.

• MANNEBEDIENING

HALFTYD: Kom geniet ‘n lekker koppie koffie, goeie kameraadskap en diep gesels saam met ons by ons weeklikse byeenkoms “Halftyd”. Dit is elke Woensdag om 05:30 by die Afdak. Ons is teen 06:15 klaar. “KALAHARI EXPERIENCE”: Kampvure, brullende leeus, ongelooflike natuur en wonderlike samesyn. Net 'n paar van die dinge wat jy kan verwag in die Kalahari. 15-19 Junie 2011 beplan ons 'n 4x4 Kala-hari avontuur. Jy hoef nie 'n 4x4 of tent te hê om saam te kom nie.

BERGFIETSOGGENDE: Ons toets graag die belangstelling oor ‘n “outride”, elke Dinsdag en Donderdagoggend. Ons wil 05:30 vertrek vanaf die Total Garage en om die Waterkloof Lugmagbasis ry. Dit is ongeveer so ‘n uur se ry. Mans en dames wat belangstel, is welkom. As daar genoeg belang-stelling is (vir veiligheid) sal ons dit van stapel stuur. Kom ry saam! Kontak vir Deon Fourie (083 645 9326).

• PHIL UNDERWOOD: Phil se eerste kontakbesoek

is op hande. Hy en sy vrou Sherry, land op 22 Feb-ruarie. Phil is saam met ons gemeenteleiers op reis om ons bediening te her-fokus op Christus. Kontak vir Jan ([email protected]) as jy graag wil kontak maak of help. Hou die webwerf en E-nuus dop vir ge-leenthede waar Phil gaan bedien.

• KLEREKAS: baie dankie aan almal wat so gereeld bydra, dit word waardeer. Ons versprei aan verskeie instansies waar groot behoefte is. Daar word ook klere verkoop om die koskas te help aanvul, veral wanneer die bydraes daar min is en die nood groot. R8 774 is reeds so inge-samel. Help ons asseblief om nie skoolklere, uni-forms, nat, stukkende en vuil klere te bring nie, dit word nie gebruik nie, maar weggegooi. Navrae Rina Niemand 0828583409.

• GEMEENTEKAMP: Ja, ons is reg om te gaan

kamp! Die naweek is 6-8 Mei en ons kamp by Jubaweni ruimtekamp. Dit is so 34km vanaf die Kranskop Tolplaza en is ‘n netjiese en goed toegeruste terrein wat ‘n egte bosveldbelewenis bied. Plekke is ongelukkig beperk, so spring vin-nig om seker te maak julle mis nie uit nie. Kon-tak vir Pierre Janse van Rensburg 0824192315 / [email protected] of Alwyn Kruger 0833766757 / [email protected]. Die de-tail van die kampterrein, kostes ens. is te kry op ons webwerf. Kyk ook na www.jubaweni.co.za

• SELGROEPE : As jy en jou gesin graag wil deel

wees van ‘n selgroep, kontak vir Louise Jackson (083 3488 304). Sy sal seker maak dat jy die nodige inligting het en julle help om gemaklik ‘n geestelike “tuiste” te vind.

• KOSKAS: Baie dankie vir almal wat so gereeld

tot die “Koskas” bydra. Ons benodig tans dringend sjampoe, waspoeier, handy andy, toiletpapier, koffie, olie en sout. Ons benodig ook asb op ‘n deurlopende basis die volgende produkte: sout (250g), suiker (2,5kg), tee (26 sakkies), mieliemeel (2.5kg), rys (1kg), stampmielies (1kg), pasta (500g), lank lewe melk (1l), waspoeier (500g-1kg), handy andy (500ml), sunlight skottelgoedseep (400ml), sunlight koekies seep (250g). Navrae : Frieda by 0832760353 of Amanda (0829757465) by die kerkkantoor.

• BYBELREIS: “Hoe verstaan ek God se Wil”

Oggend saam met Stephan Joubert. Woensdag 23 Februarie 2011 om 10:00—12:30. Kostes R50 per person. Navrae Henk 0823367555.

HOE MOOI HET GOD NOG EEN DAG AAN JOU LEWE GELAS!

NIE OMDAT JY DIE DAG NODIG HET NIE……

MAAR OMDAT IEMAND ANDERS JOU

NODIG HET…..!

WAT GEBEUR BY DIE JEUG

20 Feb: Gr7 Ouergesprek 09h00 in die kerksaal

27 Feb : Gr 4-6 Ouergesprek 09h00 in die kerksaal

26 Februarie Romanz Optrede 19h30 in Ouditorium. Kaartjies by jeugkantoor beskikbaar of skakel Hanlie

082 331 2408