4
VRAAG 16 Wat is sonde? Sonde is om teen God te kies of Hom te ignoreer in die wêreld wat Hy geskep het, om teen Hom en Sy wil te rebelleer deur te leef sonder om Hom in ag te neem, en nie te wees of te doen wat God van ons verwag in Sy wet nie . Dit eindig in die dood vir ons en die vernietiging van die hele skepping. (Tim Keller: New City Catechism) WAT GEBEUR VANDAG 08:00 : Erediens (Stephan Joubert) 08:00 : Kinderkerk (3jr–Gr 3) 09:00 : Junior Geselsgroepe (Gr 4–7) 10:00 : Erediens (Stephan Joubert) 10:00 : Kinderkerk (3jr–Gr 3) 13:00 : Afrikatale Erediens 17:00 : Senior Geselsgroepe (Gr 8–11) 18:30 : Aanddiens (Nicholas Delport) Godsdiens kan gevaarlik wees: WAT GLO ONS? WAT GEBEUR VANDAG Wat is godsdiens? ‘n Moontlike beskrywing kan wees: ‘n sisteem van oortuigings, kultuur en beskouings wat in verband staan met ‘n god- delike wese en wat soms uitloop in morele waardes en gedrag. Ek wonder, het Jesus ‘n nuwe godsdienstige sisteem kom vestig, of Hy dalk eerder vir ons die moontlikheid van ‘n ware verhouding met God kom open het? In ander woorde, wanneer ons Jesus volg, “doen” ons godsdiens, of leef ons in verhouding? Nelus Niemandt se artikel in die nuutste Kerkbode stel dit so: “Die krag en invloed van die kerk het nie soseer met getalle en meer kerklike aktiwiteite te doene nie. Selfs nie met die vermoë om baie dinge by veranderde tye aan te pas nie – al is dit belangrike sake. Die kern van die saak gaan oor lidmate se innerlike lewe”, en verder, Die hartklop van die kerk is om mense te help om deel te neem aan die verheerliking van God. Dán eers sal lidmate self deur hierdie proses verander word. Dit is ’n soort verandering van binne, soos wanneer ’n larwe in ’n skoenlapper verander. Dit gebeur vanself, sonder spanning of dwang, want mense ervaar God se liefde in hulle ontmoeting met Christus. Ja, godsdiens is belangrik. Maar godsdienstige handelinge behoort aanleiding te gee tot ’n ont- moeting met God. As dit nie gebeur nie, is godsdiens betekenisloos.” In hierdie geloofsfamilie wil ons jou lei na verhouding. Lewende ver- houding. ‘n Egte verhouding met God waarin jy in VERWONDERING voor Hom kan LEEF. Godsdiens maak moeg. Verhouding gee ener- gie. Godsdiens bring verdeeldheid. Verhouding bring versoening. Godsdiens sug na selfregverdiging. Verhouding soek na waarheid. Godsdiens maak die lewe ingewikkelder. Verhouding maak die lewe eenvoudiger. Godsdiens maak jou ‘n nommer. Verhouding gee jou ‘n naam. Godsdiens laat jou God bestudeer. Verhouding laat jou vir God ken. Godsdiens stel voorwaardes. Verhouding bied geleetheid. Godsdiens vra; wat is reg? Verhouding vra, wat is liefdevol? Godsdi- ens gee reels. Verhouding gee lewe. Ons nooi jou om saam te reis in hierdie geloofsfamilie en saam met ons die wonder van ‘n egte verhouding met JESUS te ONTDEK en te LEEF. Skud die stowwerige godsdienstigheid af en aanvaar Jesus se uitnodiging: “Volg My!” Dit gaan baie meer van jou vra as wat gods- dienstigheid vra, maar jy ontvang die lewe … en dit in volheid. Jan Venter

Nuusflitse 21 April

Embed Size (px)

DESCRIPTION

Ons weeklikse afkondigings

Citation preview

Page 1: Nuusflitse 21 April

VRAAG 16

Wat is sonde?

Sonde is om teen God te kies of Hom te ignoreer in die wêreld wat Hy geskep het, om teen Hom en Sy wil

te rebelleer deur te leef

sonder om Hom in ag te

neem, en nie te wees of te doen wat God van ons verwag in Sy wet nie. Dit

eindig in die dood vir ons

en die vernietiging van die

hele skepping.

(Tim Keller: New City Catechism)

WAT GEBEUR VANDAG

08:00 : Erediens

(Stephan Joubert)

08:00 : Kinderkerk (3jr–Gr 3)

09:00 : Junior Geselsgroepe

(Gr 4–7)

10:00 : Erediens

(Stephan Joubert)

10:00 : Kinderkerk (3jr–Gr 3)

13:00 : Afrikatale Erediens

17:00 : Senior Geselsgroepe

(Gr 8–11)

18:30 : Aanddiens

(Nicholas Delport)

Godsdiens kan gevaarlik wees:

WAT GLO ONS?

WAT GEBEUR VANDAG

Wat is godsdiens? ‘n Moontlike beskrywing kan wees: ‘n sisteem van

oortuigings, kultuur en beskouings wat in verband staan met ‘n god-

delike wese en wat soms uitloop in morele waardes en gedrag. Ek

wonder, het Jesus ‘n nuwe godsdienstige sisteem kom vestig, of Hy

dalk eerder vir ons die moontlikheid van ‘n ware verhouding met

God kom open het? In ander woorde, wanneer ons Jesus volg,

“doen” ons godsdiens, of leef ons in verhouding?

Nelus Niemandt se artikel in die nuutste Kerkbode stel dit so: “Die krag en invloed van die kerk het nie soseer met getalle en meer kerklike aktiwiteite te doene nie. Selfs nie met die vermoë om baie dinge by veranderde tye aan te pas nie – al is dit belangrike sake. Die kern van die saak gaan oor lidmate se innerlike lewe”, en verder,

“Die hartklop van die kerk is om mense te help om deel te neem aan die verheerliking van God. Dán eers sal lidmate self deur hierdie proses verander word. Dit is ’n soort verandering van binne, soos wanneer ’n larwe in ’n skoenlapper verander. Dit gebeur vanself, sonder spanning of dwang, want mense ervaar God se liefde in hulle ontmoeting met Christus. Ja, godsdiens is belangrik. Maar godsdienstige handelinge behoort aanleiding te gee tot ’n ont-moeting met God. As dit nie gebeur nie, is godsdiens betekenisloos.”

In hierdie geloofsfamilie wil ons jou lei na verhouding. Lewende ver-

houding. ‘n Egte verhouding met God waarin jy in VERWONDERING

voor Hom kan LEEF. Godsdiens maak moeg. Verhouding gee ener-

gie. Godsdiens bring verdeeldheid. Verhouding bring versoening.

Godsdiens sug na selfregverdiging. Verhouding soek na waarheid.

Godsdiens maak die lewe ingewikkelder. Verhouding maak die lewe

eenvoudiger. Godsdiens maak jou ‘n nommer. Verhouding gee jou

‘n naam. Godsdiens laat jou God bestudeer. Verhouding laat jou vir

God ken. Godsdiens stel voorwaardes. Verhouding bied geleetheid.

Godsdiens vra; wat is reg? Verhouding vra, wat is liefdevol? Godsdi-

ens gee reels. Verhouding gee lewe.

Ons nooi jou om saam te reis in hierdie geloofsfamilie en saam met

ons die wonder van ‘n egte verhouding met JESUS te ONTDEK en te

LEEF. Skud die stowwerige godsdienstigheid af en aanvaar Jesus se

uitnodiging: “Volg My!” Dit gaan baie meer van jou vra as wat gods-

dienstigheid vra, maar jy ontvang die lewe … en dit in volheid.

Jan Venter

Page 2: Nuusflitse 21 April

NOU OEFEN ONS

Oefening 1

Kies 3 van die kosbaarste verhoudings in jou lewe en probeer vir

jouself 5 dinge neerskryf wat vir jou kosbaar is daarvan. Vat die 5

kosbare dinge (een per dag) en probeer dit daagliks uitleef in jou

verhouding met Jesus.

Oefening 2

Kies twee mense waarvoor jy gaan bid vir die hele week, elke og-

gend voor jou dag begin. Vra dat God hul sal seën en beskerm.

Vierde Sondag van Paastyd –

Goeie Herdersondag

Openbaring 7:9-17 Handelinge 9:36-43

Psalm 23

Johannes 10:22-30

LEESROOSTER

Kuierkinders 1

Was jy al op ‘n Vrydag of Saterdagaand in ‘n bekende

gesinsrestaurant? Daar waar die klimrame en speelgoed

is…dis ook die plek waar jy die kuierkinders saam met hulle

naweek of vakansie Pappa of Mamma sien.

Wanneer ouers skei, is daar nie net seer en woede en ver-

wyte en verlies nie. Saam met hierdie storm kom daar ook

‘n klomp nuwe begrippe en realiteite wat deur almal be-

trokke ervaar word.

Nuwe woorde

Emosies

Rouproses

Keuses

Vergifnis

Versoening

Nuwe verhoudings

In die 2e semester van die jaar gaan ‘n kort Egskeidingsorg

program aangebied word vir ouers en kinders. Hou die Fa-

milienuus dop vir verdere inligting.

Wanneer die lente sy kop uitsteek gaan ons sinvol en nuut

saamreis op hierdie pad na Heelheid. Leer hoe God storms

stil maak en ons kan vul met Vrede wat alle verstand te

bowe gaan.

Berna Pretorius 0832286798 / Herman Matthee

0716895120

Bid asseblief saam met ons vir die volgende

mense:

• Ernest Zeelie wat kanker het.

• Danie Mc Lachlan wat ernstig siek is.

• Maria Dittman wat met gesondheid sukkel.

• Cobus Willers wat tuis aansterk.

• Les Steel wat met sy gesondheid sukkel.

• Mynhardt Kitshoff wat chemo ontvang.

• Willie v Rheede v Oudtshoorn wat aansterk.

• Hennie Kaltwasser wat in versorgingseenheid

is.

• Jan-Hendrik de Beer (6jaar) en mamma

Karin de Beer wat sukkel met hul gesondheid

• Julie du Plooy wat operasie ondergaan

• Manie du Plooy wat met gesondheid worstel.

Geseënd is dié wat weet hoe afhanklik hulle

van God is, want aan hulle behoort

die koninkryk van God

(Matteus 5:3)

VROUEBEDIENING

Oggendtee met

Nicolette Steel

Tema:

Abaja snaakse

Gedoente

25 Mei 9h30 vir 10h00

Kostes: R100 - Verversings in-

gesluit

Versorgingsbediening As jy graag wil betrokke raak by die besoek van

lidmate in ons gemeenskap en geloofsfamilie, is

jy welkom om ons volgende vergadering op

Maandag 6 Mei om 18:00 in die kerksaal by te

woon. Vir meer inligting kontak Amanda by

0126621708 of [email protected] of Henk by

082 336 7555 of [email protected] .

Page 3: Nuusflitse 21 April

Die dames word uitgenooi

na ons Vrouekamp (by Mu-

elstroom Lodge) met Ronel

Burger en die tema is,

“kom uit!” die kostes is R500

per persoon. Amanda vra

dat almal wat al hierdie

jaar hulle name vir die

kamp vir haar deurgegee

het, asb weer met haar

bevestig. Kontak Amanda

by 0126621708 of bedie-

[email protected]

Die Senior Aksie nooi al ons

senior burgers uit na hulle

volgende byeenkoms op

Donderdag 25 Apr om 10-

h00 in die kerksaal. Ons

spreker vir die oggend is d

s Martiens Swart. Die tema

is “die samelewing waar-

binne ons vandag leef”. Vir

enige navrae kontak asb

vir Jan Cilliers by

0826727610.

Vandag toe ek by my au-pair huis aankom speel ek en die een

dogtertjie bietjie Barbie, sy pak so die Barbie se huis uit en toe ek

weer kyk vat sy die Kompas met die Ritmes op en sit dit in die

"oefen kamer". Sy sê toe dit is deel van Ken se oefen

gereeldskap, te oulik, laat mens dink,

As Barbie en Ken die kompas en ritmes nodig het, hoeveel te

meer het ons nie die kompas en ritmes nodig nie. So besef mens

dat die kompas en ritme deel van jou elke dag moet word, of jy

ry, Barbie speel of net jouself is, dis spesiaal en nodig.

Nicole Robarts

SENIOR AKSIE 25 April 2013

VROUEKAMP 18 – 20 Okt 2013

ELKE DAG SE LEWE MET KOMPAS EN RITMES

Ek het Len Sweet, sy vrou Elizabeth en hulle kinders in 2010 ont-

moet toe ons as leraarspan by sy huis op Orca’s eiland die “Water

Advance” bygewoon het. Stephan en Len is reeds jare al vriende

en wat ‘n voorreg was dit nie om in hierdie mooi vriendskap te

deel nie. Len is ‘n geordende leraar in die Metodiste kerk in die

VSA en is ook dosent aan meer as een Christelike Universiteit.

Alhoewel Len reg oor die wêreld bedien en tans een van die

mees invloedryke teoloë op aarde is, is ek getref deur sy ned-

erigheid, vrygewigheid en diep toewyding aan die Here Jesus.

Die gesprekke in sy sitkamer sal my vir altyd bybly.

Wat ‘n wonderlike geleentheid dan om hom hier in ons “huis” te

verwelkom en te deel in die rykdom van sy belewenis en ryk ervar-

ing van die Here Jesus. Maak seker dat jy jou plek vroegtydig be-

spreek - Jan Venter

Page 4: Nuusflitse 21 April

www.pvr.co.za

www.facebook.com/

pvrgeloofsfamilie

www.twitter.com/

PvRGeloofsfam

Kerkkantoor: Ma: 11:00–16:00

Di–Do: 08:00–16:00

Vr: 08:00–13:00

Tel: 012 662-1708

[email protected]

NGK Pierre van Ryneveld

ABSA Centurion

Rek no.: 600 591 355

Takkode: 630 445

KINDERBEDIENING

Dit was baie lekker om die kinders en natuurlik die mentors na die vakansie weer te sien. Dit het te lek-

ker gegons in die kinderkerk!!! Dis baie lekker om te sien hoe die kinders wil deel wat hulle die vakansie

gedoen het. Ek wou weet wat was ook sleg van die vakansie. Een van die kinders praat so na aan

my hart – die vakansie was te kort!!!! Ek voel nog steeds of die horlosie stadiger beweeg in die kwar-

taal as in die vakansie.

Hierdie vakansie was ek baie bevoorreg om Paassondag in Hluluwe wildtuin deur te bring. Ek het net

weereens gedink dat God darem baie lekker moes gespeel het om die natuur so aan-

mekaar te sit. Maak nie saak hoe klein organismes daar is nie – dit speel ‘n baie belan-

grike rol in die groter natuur. Netso elkeen van ons kinders – of jy 3, 7 of 12 is, elkeen van

ons is deel van God se plan. Ons het dan ook met die wegspring van verlede Sondag

gepraat oor hoe God ons elkeen verwelkom in Sy plan. Sodoende is ons almal fami-

lie! (Een van die gr 3’s het gesê dan is sy beste maatjie, eintlik sy beste boetie!!!) Die

kinders het heel ingenome gelyk oor die feit dat ons almal familie is – ons almal is God

se kinders want Hy het ons gemaak.

Wat gebeur vandag alles?

Die Gr 7’s is op ‘n survivor kamp! (Toemaar ouers, dis nie soos die ene op die televisie nie – min eet &

koud slaap!) Die survivor tema gaan oor hoe ek as kind van God kan “survive” in vandag se

lewe!!! Die gr 7’s wat ongelukkig nie kan saam gaan nie – Herman gaan saam met julle kuier!

Gr 1-6: Hulle gesels saam oor wanneer ons doen wat Jesus ons leer, sien ons hoe ons hart, wil en ge-

dagtes verander sodat ons God se plandraers kan word.

Mosterdsaadjies: Ons het met ‘n nuwe reeks begin – die 7 Wow Water Wonders. Vra ‘n bietjie vir jou

mosterdsaadjie wat so wow was vir hom/haar oor die water wonder!!!

TIENERS:

• See Kamp 2013 kampvorms is beskikbaar, ons het beperkte plekke so spring voordat jy te laat

is

• Geselsgroepe begin met nuwe kwartaal se werk. Saam in gemeenskap ontdek en leef ons

Christus.

• Graad 10’s begin met ’n opwindende nuwe reis, ’n belangrike tyd in die graad 10’s se be-

lydenis proses, kom loer wat broei uit.

’n Somer, winter vakansie

“We are going on a Summer Holiday, no more working for a week or two” die woorde van

Cliff Richards het weergalm saam met die opgewondenheid oor die nuwe seisoen wat aangebreek

het. Alhoewel temperature in Pretoria aan die afneem is, is ons besig met ’n somerseisoen en sy naam

is See Kamp 2013. Met opgewondenheid, wat sy einde nie ken nie, het die See kamp inskrywings oop-

gemaak, Met beperkte getalle en benoude gesigte is die inskrywings besig om teen ’n enorme tempo

in te stroom. Ons is beperk met net 60 plekke, so daarom as jy nou gou spring nie, gaan jy uit mis. AS jy

wonder waar die inskrywings trek, gaan kyk gerus na die Barometer op die jeug kantoor se deur waar

dit trek. As jy dalk per ongeluk jou vorm en deposito op die regte tyd gee wag daar dalk ’n verassing

vir jou, Daar is ’n beloning vir elke tiende inskrywing en net dalk is dit jy. See kamp 2013 vind plaas tus-

sen die 29ste Junie en die 5de Julie te Sodwana. Kostes beloop R1350 per persoon, maar sluit alles in.

Al wat kort is jy, jou vorm en jou geldjie. Ander gaan jy terwyl almal verder besig is met ’n somer, winter

vakansie, by die huis moet bly en werk.