4
NUUSFLITSE Die Olimpiese Spele het aangebreek en waarskynlik sit jy ook vas- genael voor jou televisie. Dit is inspirerend om die atlete te sien deel- neem. Elkeen van hulle het ‘n verhaal van wat hulle alles moes deur- maak om te kon kwalifiseer en te kan deelneem. Soms vergeet ons, wat dit alles vat net om in die Olimpiese Spele te kan deelneem. Paulus was ook lief om sportsbeelde te gebruik in die briewe wat hy geskryf het. Daarom dat die Olimpiese Spele my laat dink aan 1 Korintiërs 9:24-27: “ 24 Weet julle nie dat atlete wat aan ‘n wedloop deelneem, wel almal hardloop, maar dat net een die prys ontvang nie? Hardloop dan sò dat julle die prys kan wen. 25 Almal wat aan ‘n wedstryd deelneem, ontsê hulleself allerlei dinge. Hulle doen dit om ‘n onverganklike oorwinningskroon te verkry, maar ons ‘n onvergank- like. 26 Ek hardloop soos een wat nie van sy doel onseker is nie; ek slaan soos ‘n bokser wat nie in die lug slaan nie. 27 Maar ek oefen my liggaam en bring dit onder beheer, sodat ek nie ander tot die stryd oproep en self nie kwalifiseer nie.” Paulus herinner die gelowiges dat die lewe soos ‘n wedloop is en net soos wat ‘n atleet deelneem om ‘n prys te ontvang, neem ons aan die lewe deel om ‘n onverganklike kroon te kry. Dit verg inspanning. Die lewe is nie maklik nie, daarom dat ons mekaar kan en moet aan- moedig om te hardloop vir die prys. Dit is soms nodig om jouself sekere dinge te ontsê ter wille van die evangelie, maar wanneer ek die eindstreep in gedagte hou, verloor ek nie fokus nie. Dit tref my ook dat Paulus daaraan herinner dat ons moet bly deel- neem aan die wedloop van die lewe. Ons kan nie ander mense oproep om te hardloop en self nie deel neem nie. Ons kan nie dit aan ander mense oorlaat om die lewe vir ons te leef nie. Ons moet elke dag soos ‘n atleet onsself oefen om meer soos Jesus te wees. Hebreërs 12 herinner ons ook dat daar ‘n skare geloofsgetuies is wat ons aanmoedig om die wedloop te voltooi. Daarom kan ons, ons oë gevestig op Jesus hou, die Begin en Voleinder van ons geloof. Mag hierdie Olimpiese Spele jou herinner en inspireer om voluit vir die eindstreep te gaan om die onverganklike kroon te ontvang. Olimpiese Spele—Kwalifiseer jy? WAT GEBEUR VANDAG 08:00 : Erediens (Jan Venter) 08:00 : Kinderkerk (3jr–Gr 3) 09:00 : Junior Geselsgroepe (Gr 4–7) 10:00 : Erediens (Jan Venter) 10:00 : Kinderkerk (3jr–Gr 3) 13:00 : Afrikatale Erediens 17:00 : Senior Geselsgroepe (Gr 8–11) 18:30 : Aanddiens (Pierre Jacobs) KERKKANTOOR CD VERKOPE Plaas gerus ’n bestelling vir oudio opnames van die eredienste. Kontant by bestelling BYBELREIS met Stephan Joubert begin Woensdag 22 Aug om 19:00 Tema: Is 2012 die einde van alles?

Nuusflitse 29 Julie

Embed Size (px)

DESCRIPTION

weeklikse nuusflitse met gebeure

Citation preview

Page 1: Nuusflitse 29 Julie

NUUSFLITSE

Die Olimpiese Spele het aangebreek en waarskynlik sit jy ook vas-

genael voor jou televisie. Dit is inspirerend om die atlete te sien deel-

neem. Elkeen van hulle het ‘n verhaal van wat hulle alles moes deur-

maak om te kon kwalifiseer en te kan deelneem. Soms vergeet ons,

wat dit alles vat net om in die Olimpiese Spele te kan deelneem.

Paulus was ook lief om sportsbeelde te gebruik in die briewe wat hy

geskryf het. Daarom dat die Olimpiese Spele my laat dink aan

1 Korintiërs 9:24-27: “24Weet julle nie dat atlete wat aan ‘n wedloop

deelneem, wel almal hardloop, maar dat net een die prys ontvang

nie? Hardloop dan sò dat julle die prys kan wen. 25Almal wat aan ‘n

wedstryd deelneem, ontsê hulleself allerlei dinge. Hulle doen dit om

‘n onverganklike oorwinningskroon te verkry, maar ons ‘n onvergank-

like. 26Ek hardloop soos een wat nie van sy doel onseker is nie; ek

slaan soos ‘n bokser wat nie in die lug slaan nie. 27Maar ek oefen my

liggaam en bring dit onder beheer, sodat ek nie ander tot die stryd

oproep en self nie kwalifiseer nie.”

Paulus herinner die gelowiges dat die lewe soos ‘n wedloop is en net

soos wat ‘n atleet deelneem om ‘n prys te ontvang, neem ons aan

die lewe deel om ‘n onverganklike kroon te kry. Dit verg inspanning.

Die lewe is nie maklik nie, daarom dat ons mekaar kan en moet aan-

moedig om te hardloop vir die prys.

Dit is soms nodig om jouself sekere dinge te ontsê ter wille van die

evangelie, maar wanneer ek die eindstreep in gedagte hou, verloor

ek nie fokus nie.

Dit tref my ook dat Paulus daaraan herinner dat ons moet bly deel-

neem aan die wedloop van die lewe. Ons kan nie ander mense

oproep om te hardloop en self nie deel neem nie. Ons kan nie dit

aan ander mense oorlaat om die lewe vir ons te leef nie. Ons moet

elke dag soos ‘n atleet onsself oefen om meer soos Jesus te wees.

Hebreërs 12 herinner ons ook dat daar ‘n skare geloofsgetuies is wat

ons aanmoedig om die wedloop te voltooi. Daarom kan ons, ons oë

gevestig op Jesus hou, die Begin en Voleinder van ons geloof.

Mag hierdie Olimpiese Spele jou herinner en inspireer om voluit vir

die eindstreep te gaan om die onverganklike kroon te ontvang.

Olimpiese Spele—Kwalifiseer jy?

WAT GEBEUR VANDAG

08:00 : Erediens

(Jan Venter)

08:00 : Kinderkerk (3jr–Gr 3)

09:00 : Junior Geselsgroepe

(Gr 4–7)

10:00 : Erediens

(Jan Venter)

10:00 : Kinderkerk (3jr–Gr 3)

13:00 : Afrikatale Erediens

17:00 : Senior Geselsgroepe

(Gr 8–11)

18:30 : Aanddiens

(Pierre Jacobs)

KERKKANTOOR CD VERKOPE

Plaas gerus ’n bestelling vir

oudio opnames van die

eredienste.

Kontant by bestelling

BYBELREIS

met Stephan

Joubert begin

Woensdag 22 Aug

om 19:00

Tema: Is 2012 die

einde van alles?

Page 2: Nuusflitse 29 Julie

Bid asseblief saam met ons vir die volgende

mense:

• Boet Zeelie wat aansterk.

• Peet Kilian wat tuis aansterk.

• Dirk Strydom wat knieoperasie gehad het.

• Pat Krause wat skoueroperasie gehad het.

• Ina Rautenbach wat tuis aansterk.

• Pieter Scheepers wat herstel na rugoperasie.

• Oom Hennie Beetge wat ernstig siek is.

• Danie McLachlan se kanker is in remissie.

• Ronnie v Deventer wat met kanker worstel.

• Jannie Botha wat met kanker worstel.

• Hannie Ferreira wat behandeling ontvang.

• Hennie Kaltwasser wat steeds in versorgings-

eenheid is.

Neem my weer onder u sorg, Here, en red my

lewe. Help my, want U is getrou.

Psalm 6:5

WEGBREEK(INBREEK/TERUGBREEK)

Kamp! Sand,see,sonskyn,vuur,kos,gesels.

Speel! Sandkastele,swem,boomklim,sandduine

klouter en ” wegraak’ in die soek na skulpe, die ver-

wondering aan walvisse wat onverstoord verby kuier.

Leef, lewe, lewendig. Om weer na aan die natuur te

wees- letterlik op die grond te slaap, met net ‘n ma-

tras tussen my en moeder aarde, en ‘n spinnekoppie

as tentmaatjie – dit het my opnuut laat besef: ”Ek

leef”!

Op die strand voel ek die sand onder my voete

kielie, die skok van die eerste koue (warm in vergelyking met die

Kaapse water) brander, proe ek die sout-sout water en dit lewe

om my. Mense, lywe wat opgee, oorgee, omgee en ook die

plaaslikes wat dapper ‘n broodjie probeer verdien. En ek sien hoe

mense leef!

Terug by die kamp krioel dit van lewe – apies,diertjies,voeltjies ‘n

Boom met koraalbas wat smeek om geklim te word. En dan, as

die son sak, begin die hemel leef met sterre! Ons kry die suiderkruis

maklik, maar soek steeds na die drie susters (of is dit konings?). Die

maan vereer ons met ‘n uitrys aand na aand tot sy volrond en

helder oor ons glans en ek wonder wanneer laas ek die hemel-

ruim in die stad se altyd lig, so sien leef het.

Die vlamme dans stories uit droog-droog stompe hout – vuurwarm

lewe uit gestorwe bome. En stil-stil word dit binne my. Hier en nou

is die lewe. Dit is in die kos wat ons brou, in die brood wat ons in ‘n

gat in die grond gaar-hoop, die droefrooi wyn in my glas. In die

stadige woorde van praat, versigtig om nie die vrede te steur nie,

net te wees, te leef.

En vanaand in my tent,’n wind wat tier, wat nie bang is om wind

te LEEF nie en my na Job toe vat en Job wat my na God toe vat.

Dit is Hy wat vir die see sê: ”Tot hier toe en nie verder nie.” En dit is

Hy wat weet waar die wind gebêre word, Hy wat vir die walvis

kos gee, die maan helderwit laat blink . Dit is Hy wat kinders laat

lag en vriende laat gesels en laat stilwees. Dit is Hy wat honger

monde voer, dit is Hy, dit is Hy...

En hiervoor leef ek, vir elke oomblik. Of dit weg is by die see, of

terug is by die huis, ek bly in verwondering oor die Lewe wat Hy

gee.

Ons volgende GEROEP EN

GESTUUR reis begin Woens-

dag die 1ste Augustus om

19h00 tot 21h00 en die

daaropvolgende twee

Woensdae, die 8ste en

15de Augustus 2012. Ges-tuur volg dan Saterdag, die

25ste Augustus 2012. Kostes vir beide GEROEP en

GESTUUR beloop R190 per

person. Bespreek en betaal

asb. by Amanda by die

kerkkantoor.

LW. Hierdie datums ver-

vang die datum van 3 en

4 Augustus 2012 vir

GEROEP soos op die kerk

almanak aangedui. Sien jou graag daar!

Page 3: Nuusflitse 29 Julie

Stalletjies nou beskikbaar vir

3 November!!

Gewonestalletjies

Kosstalletjies

Korporatiewestalletjies

Kontak Riana 012 662-1708

by die kerkkantoor vir meer

inligting.

DORPSFEES

2 TOT 4 NOVEMBER 2012

SOLO KAMP

Wanneer: 12, 13 en 14 Oktober 2012

Waar: Nylstroom Bush Lodge

Hou die PvR webtuiste dop vir ‘n

inskryfvorm, meer foto’s en inligting

Wie kan ek kontak vir meer inligting: Lizette Klinkhamer

078 077 9394

[email protected]

Ritmejaar 2013 Noordelike Sinode bied aan:

Ritmejaar vir post-matrieks! As

jy wil groei in jou verhouding

met die Here, wil ontwikkel as

persoon en 'n verskil in die

wêreld wil maak, is hierdie

jaar net vir jou! Besoek

www.ritmejaar.co.za vir meer

inligting of epos:

[email protected]. Jy wil dit

nie mis nie!

SENIOR AKSIE BYBELSE ETE

KOM KUIER LEKKER SAAM MET

ONS ELKE LAASTE DONDERDAG

VAN DIE MAAND

BYBELSTUDIE

Tema vir die kwartaal is

Psalms

Kom ontdek die Woord

saam met vriende in ‘n

ontspanne

atmosfeer.

Elke Dinsdag om 09:00

Page 4: Nuusflitse 29 Julie

Vrouekamp

19 – 21 Oktober Bespreek asb spoedig jou

plek by Amanda. Net 30

plekke nog beskikbaar

By Meulstroom Lodge

(anderkant Bronkhorstspruit)

www.meulstroomlodge.co.za

Spreker: Thea Coetzer

Onderwerp: “Wie is ek in

God se hart?”

Kostes: R600 per persoon,

sluit alle etes en akkommo-

dasie in

VROUEBEDIENING BYEENKOMS:

20 Augustus om 19h00 in Ouditorium

Spreker: Madelein Greyling -

Voorkomskonsultant en stillis

Onderwerp: Klere, kleure, hare en grimer-

ing

Kaartjies: R30 per persoon, te koop by Kerk-

kantoor.

Vir besprekings van ‘n Lapa

of kaartjies

kontak:

DANIE STEYN: 083 271 6378 /

GAWIE MARAIS: 082 376

2098

www.pvr.co.za

www.facebook.com/

pvrgeloofsfamilie

www.twitter.com/

PvRGeloofsfam

Kerkkantoor:

Ma: 11:00–16:00

Di–Do: 08:00–16:00

Vr: 08:00–13:00

Tel: 012 662-1708

[email protected]

Sondae: Skoolkwartale

08:00 - Erediens (Ouditorium)

08:00 - Kinderdiens (3j-Gr.3)

09:00 - Groepe (Gr.4 – Gr.7)

10:00 - Erediens (Ouditorium)

10:00 - Kinderdiens (3j – Gr.3)

13:00 - Erediens (Afrikatale)

17:00 - Groepe (Gr.8 – Gr.11)

18:30 - Aanddiens

4 AUGUSTUS 2012 14:00

Fondsinsamelinsprojek ten

bate van:

Christelike Maatskaplike

Raad (CMR) Lyttelton en

Rusoord Centurion (agter

Doringkloof)

‘n Oorbevolking van olifante in die Kruger Park raak soms ‘n

probleem. In 1966 is daar die eerste keer olifante uitgedun. Die

ouer bulle van verskeie troppe is van kant gemaak. Dit het groot

probleme in die park veroorsaak, groter as ‘n oorbevolking van

olifante. Dit was kwaad en buite beheer jong olifant bulle. Wat die

veldwagters nie geweet het nie, is dat ouer bulle die jonges leer

hoe om op te tree en hulself te beheer en vir hulle ’n voorbeeld

is. Sonder rolmodelle het die jong olifante nie geleer hoe om op te

tree teenoor ander olifante en die natuur nie. Sonder ouer en

wyser men- tors en rolmodelle,

het die jon- ges nie geleer hoe

om te leef en ‘n sukses te maak

in hulle om- gewing nie. Die hart-

seer uiteinde was dat die jonges ‘n

gevaar vir die natuur, ander oli-

fante, ander diere en die mens ge-

word het en uitgeskiet is.

Net so het ons kinders en jong-

mense ook mentors nodig. Hulle

het wyser en ouer rolmodelle nodig wat hulle, in hul reis na vol-

wassenheid, insig en raad kan gee oor hoe om in ‘n verhouding

te staan met hulle Skepper, hulleself, hulle medemens en die

natuur.

As dit jou persoonlike roeping is om so ‘n rol vir ons kinders en jong-

mense te speel, kom gesels met ons. Veral by die laerskool jeug

het ons mentors nodig in die bediening: “IT TAKES A VILLAGE TO

RAISE A CHILD.”