2
BID SAAM Magda Oosthuizen wat tuis aansterk. Jannie Botha wat tuis aansterk. Danie McLachlan wat tuis aansterk. Jacques Labuschagne wat tuis aansterk. Chris Snyman wat aansterk na ‘n operasie. Laetitia Jackson wat aansterk na ‘n rug- operasie. Bertie Strydom wat aansterk na ongeluk. Christell Korf wat aansterk na ‘n rugoperasie. Vir Tienie van Niekerk, Joey Kotzé en Ronnie v Deventer wat kankerbehandeling ontvang. Vir Hennie Kaltwasser wat steeds baie ernstig siek is. Fanie Cronje (Jr) steeds in die hospitaal. Neem asseblief vrymoedigheid om ons te skakel vir voorbidding en siekebesoek. NUUSFLITSE 4 DESEMBER 2011 ‘n Mens wens soms kliphard dat ‘n mens die pyn van groei kan vermy en net na ‘n vol- gende vlak kan aanskuif. Maar dit is nie hoe die lewe werk nie. Inteendeel. F. Scott Fitzgerald se beroemde woorde “In a real dark night of the soul it is always three o'clock in the morning" verwys na St Johannes van die Kruis (‘n 16de eeuse Spaanse monnik) se gedig “Donker nag van die Siel”. Dit spreek van ‘n tyd/fase in ons lewens wat ons alleen worstel om sin te maak van omstandighede, vrae of uitdagings. Wat ek geleer het, is dat die Here Jesus juis daar, in die “donker nag van die siel” nooit afwesig is nie. Hy is die Een wat juis daar insig, sin, moed, fokus en deursettingsvemoe gee. Hy IS die lig van die wêreld, ook van my per- soonlike binnewêreld, waar dit soms so donker en hooploos kan wees. Wanneer ek myself en my eie “beste poging” neersit en oorgee aan Jesus, Hom erken as die Een wat my lewe in Sy hand hou, begin ek weer sien. Dan kan ek voetjie vir voetjie, al is dit strom- pelend, in die donker begin beweeg na ‘n beter plek. Maar net as ek Sy lig sien en volg. Kersfees het ‘n fees van materialisme, verbrui- kersmentaliteit en goedkoop spiritualiteit ge- word, maar dis meer as dit. Dis die fees van “die Lig”, ons Here Jesus Christus en spesifiek die feit dat Hy vir ons ‘n uitweg bied uit die donker tonnels waar ons onsself soms bevind in die lewe. Dis met hierdie lig wat ek en jy in ons wêreld instap, om onsself en ander te lei na nuwe uitsigte en insigte. Na nuwe lewe. Nuwe perspektief. Nuwe visie en drome. Oor- begin. Mag jy Hom as die lig in jou lewe beleef en feesvier oor die nuwe lewe wat Hy bied. Dis genoeg. Hy is genoeg. Hy is die Christus. Die Lig. WAT GEBEUR VANDAG 08:00 : Erediens & GEEN KINDERKERK 10:00 : Erediens—DOOP 13:00 : Afrikatale Erediens 18:30 : Aanddiens Groei in die Donker ... Jesus praat toe verder met die mense: "Wat lig be- teken vir iemand wat in die pikdonker sit, beteken Ek vir mense op geestelike gebied. Daarom sal ie- mand wat My volg se lewe nie sinloos wees soos dié van iemand wat in die donker rondstrompel nie. Hy sal sy lewe sinvol kan leef omdat hy sal kan sien wat om te doen om God tevrede te stel." (Johannes 8:12 – Boodskap) In hierdie tyd van die jaar probeer ons spesifiek fo- kus op die Here Jesus Christus en veral wie Hy in ons lewe wil wees. Een van die duur lewenslesse wat ek in die afgelope jaar geleer het, is dat geen groei/ vernuwing in my lewe kan plaasvind sonder worsteling, stryd en ‘n diep bewustheid van my eie gebrokenheid nie.

Nuusflitse 4 Desember

Embed Size (px)

DESCRIPTION

Nuusflitse

Citation preview

Page 1: Nuusflitse 4 Desember

BID SAAM

• Magda Oosthuizen wat tuis aansterk.

• Jannie Botha wat tuis aansterk. • Danie McLachlan wat tuis aansterk. • Jacques Labuschagne wat tuis aansterk. • Chris Snyman wat aansterk na ‘n operasie. • Laetitia Jackson wat aansterk na ‘n rug-

operasie. • Bertie Strydom wat aansterk na ongeluk. • Christell Korf wat aansterk na ‘n rugoperasie. • Vir Tienie van Niekerk, Joey Kotzé en Ronnie v Deventer wat kankerbehandeling ontvang.

• Vir Hennie Kaltwasser wat steeds baie ernstig siek is. • Fanie Cronje (Jr) steeds in die hospitaal. Neem asseblief vrymoedigheid om ons te skakel vir voorbidding en siekebesoek.

NUUSFLITSE 4 DESEMBER 2011

‘n Mens wens soms kliphard dat ‘n mens die

pyn van groei kan vermy en net na ‘n vol-gende vlak kan aanskuif. Maar dit is nie hoe die lewe werk nie. Inteendeel. F. Scott Fitzgerald se beroemde woorde “In a

real dark night of the soul it is always three o'clock in the morning" verwys na St Johannes van die Kruis (‘n 16de eeuse Spaanse monnik) se gedig “Donker nag van die Siel”. Dit spreek van ‘n tyd/fase in ons lewens wat ons alleen

worstel om sin te maak van omstandighede, vrae of uitdagings. Wat ek geleer het, is dat die Here Jesus juis daar, in die “donker nag van die siel” nooit

afwesig is nie. Hy is die Een wat juis daar insig, sin, moed, fokus en deursettingsvemoe gee. Hy IS die lig van die wêreld, ook van my per-soonlike binnewêreld, waar dit soms so donker en hooploos kan wees. Wanneer ek myself en my eie “beste poging” neersit en

oorgee aan Jesus, Hom erken as die Een wat my lewe in Sy hand hou, begin ek weer sien. Dan kan ek voetjie vir voetjie, al is dit strom-pelend, in die donker begin beweeg na ‘n beter plek. Maar net as ek Sy lig sien en volg.

Kersfees het ‘n fees van materialisme, verbrui-kersmentaliteit en goedkoop spiritualiteit ge-word, maar dis meer as dit. Dis die fees van “die Lig”, ons Here Jesus Christus en spesifiek

die feit dat Hy vir ons ‘n uitweg bied uit die donker tonnels waar ons onsself soms bevind in die lewe. Dis met hierdie lig wat ek en jy in ons wêreld instap, om onsself en ander te lei na nuwe uitsigte en insigte. Na nuwe lewe.

Nuwe perspektief. Nuwe visie en drome. Oor-begin. Mag jy Hom as die lig in jou lewe beleef en feesvier oor die nuwe lewe wat Hy bied. Dis

genoeg. Hy is genoeg. Hy is die Christus. Die Lig.

WAT GEBEUR VANDAG

08:00 : Erediens & GEEN KINDERKERK 10:00 : Erediens—DOOP 13:00 : Afrikatale Erediens 18:30 : Aanddiens

Groei in die Donker ...

Jesus praat toe verder met die mense: "Wat lig be-teken vir iemand wat in die pikdonker sit, beteken Ek vir mense op geestelike gebied. Daarom sal ie-mand wat My volg se lewe nie sinloos wees soos dié van iemand wat in die donker rondstrompel nie. Hy sal sy lewe sinvol kan leef omdat hy sal kan sien wat om te doen om God tevrede te stel." (Johannes 8:12 – Boodskap)

In hierdie tyd van die jaar probeer ons spesifiek fo-kus op die Here Jesus Christus en veral wie Hy in ons

lewe wil wees. Een van die duur lewenslesse wat ek in die afgelope jaar geleer het, is dat geen groei/vernuwing in my lewe kan plaasvind sonder worsteling, stryd en ‘n diep bewustheid van my eie gebrokenheid nie.

Page 2: Nuusflitse 4 Desember

• MANNEBEDIENING HALFTYD: Kom geniet ‘n lekker koppie koffie, goeie kameraadskap en diep gesels saam met ons by ons weeklikse by-eenkoms “Halftyd”. Dit is elke Woensdag om 05:30 by die Afdak. Ons is teen 06:15 k l a a r . S k a k e l D e o n F o u r i e (083 645 9326).

• KOSKAS: Baie dankie aan elkeen wat ‘n bydrae lewer tot ons koskas. Ons waardeer dit opreg. Die nood is weer groot in die gemeenskap en ons voorraad is baie min. Enige vorm van blikkieskos, mieliemeel, pasta, koffie, tee, langlewe melk, stampmielies, rys en toiletware is welkom. Vir navrae skakel Frieda by 0832760353 of Amanda by die kerkkantoor by 0829757465.

• ALPHAKURSUS : Kursus vir volwassenes

wat belydenis van geloof wil aflê. Die volgende Alphakursus begin op 29 Januarie 2012. Skakel die kerkkantoor Riana 012 662-1708 om te registreer.

• SELGROEPE : As jy en jou gesin graag wil

deel wees van ‘n selgroep, kontak vir Louise Jackson epos : [email protected] of 083 3488 304. Sy sal seker maak dat jy die nodige inligting het en julle help om ge-maklik ‘n geestelike “tuiste” te vind.

• SKOOL SKRYFBENODIGHEDE vir 2012.

Het jou kinders behoefte aan of weet jy van gesinne met kinders wat ‘n behoefte het aan skryfbenodighede en /of ‘n tas vir skool volgende jaar (2012)? ONS WIL GRAAG HELP. Kontak asb vir Amanda by die kerkkantoor met die volgende besonderhede: -aantal kinders en graad volgende jaar.

Hier is jou kans om

‘n VERSKIL te maak!

Hou jy van rekenaars en visuele tegnologie OF

die meer tegniese deel van musiek en klank-produksie? Hier is ‘n geleentheid om deel van ons erediens spanne te word wat ons erediens beplanning en verloop versorg. Kontak vir Amanda (012-6621708/[email protected]) vir meer inligting of om in te skakel. Kom ontwerp saam aan ge-beurtenisse wat mense se lewens verander!

BELANGRIKE DATUMS

9 Des : SKOLE SLUIT 11 Des : 09:00 Erediens 15 Des : KERKKANTOOR SLUIT 16 Des : Versoeningsdag 18 Des : 09:00 Erediens

25 Des : 09:00 Kersdiens 26 Des : Welwillendheidsdag 31 Des : 18:30 en 23:15 Oujaarsdienste 1 Jan : 09:00 Stil Nagmaal

LERAARS AAN DIENS OP DIE ONDERSTAANDE DATUMS

Indien jy dalk gedurende die komende vakansie ’n leraar nodig het, gee ons hiermee graag vir jou die tydperk wanneer elke leraar aan diens sal wees. Ds Henk van Rensburg 1 Des tot 22 Des (0823367555) 31 Des tot 18 Jan ‘12 Ds Jan Venter 1 Des tot 29 Des ‘11 (0823336552) Ds Sampie Niemand 1 Des tot 19 Des (0826981995) 24 Des tot 29 Des ‘11 En vanaf 7 Jan ‘12 BERADER AAN DIENS VIR DESEMBER : Berna Pretorius - 0832286798

DIE KERKKANTOOR SLUIT OP 15 DESEMBER 2011 EN HEROPEN WEER OP

9 JANUARIE 2012