2

Click here to load reader

Nuusflitse 4 September

Embed Size (px)

DESCRIPTION

Nuusflitse 4 September

Citation preview

Page 1: Nuusflitse 4 September

BID SAAM • Vir Tienie van Niekerk, Joey Kotzé, en Ronnie v Deventer wat kankerbehandeling ontvang. • Vir diegene wat in die hospitaal is/was en/of

tuis aansterk. Mac McCarthy, Danie McLachlan, Elsie Fischer. • Vir Hennie Kaltwasser wat steeds baie ernstig siek is. • Dank die Here vir Hein en Madelein Jordt se

lank verwagte bondeltjie vreugde, Rynhardt. • Tan Rina v Rooyen en familie met broer wat groot operasie moet ondergaan • Fanie Cronje (Jnr) wat weer is die hospitaal is.

Neem asseblief vrymoedigheid om ons te skakel vir voorbidding en siekebesoek.

NUUSFLITSE

4 SEPTEMBER 2011

Die kerk is dood, lank lewe die kerk!

Verwondering! 12 Petrus het egter opgespring en na die graf toe

gehardloop. Toe hy daar vooroor buk, sien hy

net die doeke. Vol verwondering oor wat

gebeur het, is hy terug huis toe. (Lukas 24:1-12)

Wanneer laas het iets jou asem totaal weg-

geslaan? Nie sommer maar net jou wenkbroue laat lig nie, maar jou in verbasing en verwon-dering gelaat? Die woord verwondering wat in hierdie teks gebruik word, dui op die ervaring van ’n wonderwerk.

Miskien sou die beter vraag wees om dan te vra. “Wanneer laas het die opgestane Christus jou sprakeloos, verwonderd gelaat?” Dalk is daar nog ‘n beter vraag: “Is die opgestane

Christus veronderstel om jou in verwondering te laat?” Die antwoord is absoluut. Ja! As volgelinge van Jesus is ons veronderstel om in verwondering te

lewe. Calvyn het dit genoem “Coram Deo”. Om te lewe voor die aangesig van God. Om in die teenwoordigheid van die opgestane Chris-tus te leef.

Hoe doen mens dit? Wel, Petrus het gegaan na waar hy gehoor het die opgestane Christus is en is sprakeloos gelaat. Ons hoef nie na ’n graf te gaan om Hom te beleef nie. Ons kan Hom beleef deur net ons oë te sluit in ons eie stil-word, gebed en aanbidding. Ook deur ons oë

oop te maak en Hom te sien in die lewe rondom ons. Deur ons hart oop te maak vir die vreugde en verdriet van ander ...in ons geloofsfamilie en in ons gemeenskap.

Verwondering kom wanneer ek en jy die teen-woordigheid van Jesus begeer. ’n Lewe van aanbidding, is ’n lewe van verwondering. Be-geer jy om so ’n verbintenis en ervaring van Je-sus te hê? Ons wil jou begelei om dit te ervaar!

WAT GEBEUR VANDAG

08:00 : Erediens & Kinderkerk (3jr–Gr 3)

09:00 : Junior Geselsgroepe (Gr 4–7) 10:00 : Erediens & Kinderkerk—DOOP 13:00 : Afrikatale Erediens 17:00 : Senior Geselsgroepe (Gr 8–11) 19:00 : Vars

NAVRAE EN INLIGTING

KERKKANTOOR : 012 662-1708 Faks : 012 662-0104

[email protected] of [email protected] Webblad: www.pvr.co.za Kantoorure:

Maandae: 11:00 – 16:00 Di – Do : 08:00 – 16:00 Vrydae: 08:00 – 13:00 Skoolvakansies: 08:00 - 13:00

Page 2: Nuusflitse 4 September

BELANGRIKE DATUMS

6 Sept Bybelstudie

Ons trou 4 7 Sept Oggend Bybelreis 13 Sept Bybelstudie Doopkursus 1 20 Sept Doopkursus 2

26 Sept Polisieforum Inwonersvergadering 14—18 Sept Gemeentebeplanning

• MANNEBEDIENING HALFTYD: Kom geniet ‘n lekker koppie koffie, goeie kameraadskap en diep gesels saam met ons by ons weeklikse byeenkoms “Halftyd”. Dit is elke Woensdag om 05:30 by die Afdak. Ons is teen 06:15 klaar. Skakel Deon Fourie (083 645 9326). MANNEKAMP: Ons almal gaan deur berge en . dale in ons lewe, maar hier is die kans om te kom skouerskuur saam met die manne tussen berge en dale. Ons mannekamp is 9 - 11 September (R500 pp) tussen die Magaliesberge. Kom gesels saam om die kampvuur en beleef Christus se wonderlike skepping. Kontak Deon Fourie vir meer besonderhede by 083 645 9326.

• KOSKAS: Baie dankie aan almal wat so gereeld tot die “koskas” bydra. Ons benodig tans dringend waspoeier, tandepasta, toiletpaper, skottelgoedseep, groen sunlight koekie seep, lang lewe melk en enige blikkies kos. Navrae : Frieda by 0832760353 of Amanda (0829757465) by die kerkkantoor.

• VROUEBEDIENING :

VROUEKAMP: 21—23 OKT. Ons vroue gaan weer heerlik kamp! Kom saam! Daar is nog plek beskikbaar. Bespreek jou plek met ‘n R100 deposito by Amanda by die kerkkantoor. Skakel Heléne Richter by 0823779385 vir navrae.

• POSITIEWE OUERSKAP: Ons beplan weer ‘n

positiewe ouerskap kursus afhangende van die belangstelling. Ons praat saam oor: Ouerskap , Gedrag van Kinders, Om my kind te verstaan, Kom-munikasietegnieke, Dissipline, Probleemoplossing ens. Kom reis saam ons en kry antwoorde op ‘n praktiese manier. Enige een welkom! Datum: 30 Sep – 2 Okt 2011 (Dis ‘n naweek kur-sus). Vir meer inligting, kontak: Paul van Rensburg 082 782 5442 / Kerk kantoor 012 662 1708

• BRAAIERS : Ons wil graag die kerk se braaiers

herstel, maar benodig 44 gelling dromme. As u dalk kan help skakel die kerkkantoor Riana 012 662-1708

DORPSFEES

Ek soek ‘n man wat sy man kan staan Ek soek ‘n man wat ‘n slag kan slaan ‘n man wat nie wyk, wat ‘n barshou kan kyk… ‘n Man wat nie bang is om ‘n snor te dra…..

Gesoek: PvR se bobaas snorgroeier!

Vereistes: ‘n Skoon bo-lip op 3 September

Wie gaan as wenner uit die stryd tree?

Gee u name op by die kerkkantoor direk na die

diens. Afskop-datum op 3 September en aanwys-

ing van die wenner sal geskied op Vrydagaand, 28

Oktober.

SOLO KAMP

Dit is vir al die enkel mammas, pappas en hul kinders : Waar: Nylstroom lodge Datum: 21-23 Oktober 2011 Kostes: R350 per volwassene

R200 per kind onder 12

Dit sluit alle etes en aktiwiteite in.

Kontak vir Lizette vir meer inligting 078 077 9394

BYBELREIS

Ons Oggend Bybelreis vir die kwartaal vind plaas op Woensdagoggend

7 September 10:00 tot 12:00 en nie 14 September soos op almanak aangedui nie. Navrae skakel Amanda by die kerk-kantoor 012 662-1708