32
Jaargang 22 Nr. 5 022-913 1796 Piketberg se koerant vir Piketberg se mense... www.piketberg.com R5,00 Junie 2015 AUTO ELECTRICAL SPECIALIST ONE STOP MOTOR PART SHOP PIKETBERG 022 913 1939 022 913 2404 Alle korrespondensie aan [email protected] Zana Vorster het uitstekend gevaar tydens die “Solis vir Christus” Sang- kompetisie op Sater- dag 26 April 2015 te Kaapstad. Zana, met haar unieke stem, ver- ower ‘n derde plek in die Senior Afdeling en wen ‘n liedjieopname by ABS Produksies ter waarde van R3 000. Die kompetisie was baie straf met finaliste uit die Noord-, Oos- en Wes- Kaap. “Solis vir Christus”, met Anthonie Bougas, word elke Sondagmiddag om 16:00 op KykNet uitgesaai. Die semi-finaal en finaal van hierdie kompetisie word voor- lopig op 24 Mei 2015 en/ of 31 Mei 2015 uitgesaai. Ons glo Zana gaan nòg hoër hoogtes bereik. Zana Solis vir Christus Zana Vorster van Citrusdal, leerder by PHS, het derde geëindig in die senior afdeling van die Solis vir Christus Sangkompetisie. Foto verskaf Janke van Schalkwyk in Wes-Kaap o/14 Netbalspan. Brink van RSG kuier op Piketberg...p3 Becker bevorder...p3 Troufoto’s...p4 Geloofsbelydenis...p5 VLV Nuus...p8 ACVV Nuus...p12 VLV is 83...p13 Amailia is 88 jaar oud...p18 Eisteddfod...pp22, 24 Sportnuus...pp26, 28 Pinkster in Droomland...p30

Piketberger Jun 2015

Embed Size (px)

DESCRIPTION

 

Citation preview

Page 1: Piketberger Jun 2015

1

Jaargang 22 Nr. 5 022-913 1796

Piketberg se koerant vir Piketberg se

mense...

www.piketberg.com

R5,00 Junie 2015

AUTO ELECTRICAL SPECIALIST

ONE STOP MOTOR PART SHOP

PIKETBERG

022 913 1939 022 913 2404

Alle korrespondensie aan [email protected]

Zana Vorster het uitstekend gevaar tydens die “Solis vir Christus” Sang-kompetisie op Sater-dag 26 April 2015 te Kaapstad. Zana, met haar unieke stem, ver-ower ‘n derde plek in die Senior Afdeling en wen ‘n liedjieopname by ABS Produksies ter waarde van R3 000. Die kompetisie was baie straf met finaliste uit die Noord-, Oos- en Wes-Kaap. “Solis vir Christus”, met Anthonie Bougas, word elke Sondagmiddag om 16:00 op KykNet uitgesaai. Die semi-finaal en finaal van hierdie kompetisie word voor-lopig op 24 Mei 2015 en/of 31 Mei 2015 uitgesaai. Ons glo Zana gaan nòg

hoër hoogtes bereik.

Zana Solis vir Christus

Zana Vorster van Citrusdal, leerder by PHS, het derde geëindig in die senior afdeling van die Solis vir Christus

Sangkompetisie. Foto verskaf

Janke van Schalkwyk in Wes-Kaap

o/14 Netbalspan.

Brink van RSG kuier op Piketberg...p3 Becker bevorder...p3 Troufoto’s...p4 Geloofsbelydenis...p5 VLV Nuus...p8 ACVV Nuus...p12 VLV is 83...p13 Amailia is 88 jaar oud...p18 Eisteddfod...pp22, 24 Sportnuus...pp26, 28 Pinkster in Droomland...p30

Page 2: Piketberger Jun 2015

2

Redaksioneel

Teken in op Die Piketberger teen R110 vir 11 uitgawes per pos in RSA. Lees op www.piketberg.com

Redaksie ([email protected])

Berigte en foto’s: Marietha Goosen 022-913 1796

Advertensies:

[email protected]

of sms 079 496 2719

Uitleg: Barbie Breunissen 022-913 3873 n/u

Redaksioneel geborg deur Dr. Herold Truter

Volblad: R460 Halfblad: R315 Kwartblad: R210 Agsteblad: R145

Ander groottes op aanvraag.

Barbie Breunissen Marietha Goosen

Liefde Marietha

Briewe van ons lesers... Anna en Pierre Rocher from Aurora write… We want to thank everybody who was with us on the evening of Saturday 2 May, everybody who helped us to make that special event possible. Food and flowers spon-sors; prize sponsors; all donations and local newspapers. Much appreciated you all rock! Please see our Facebook page for updates about Oscar’s progress (Oscar’s Rocher Fundraising Page). Together we received in total including donations from Polish family/friends and friends in Australia, United King-dom and Spain R 70 000, 00! A huge thank you. All funds are in a special account to pay Oscar’s speech therapist; occupational therapist; as well as extra, inten-sive classes “one-on-one” and in June we are starting “The Tomatis Therapy” for eight weeks. Sound sensory integration stimulations can help Oscar with learning and language difficulties. If we have enough funds we would love to start horse riding as well. If you would like a more detailed breakdown of main expenses to date please let me know (email: [email protected]) 073 586 7654, 022 952 1734 or 022 952 1767. A special thank you to the Aurora community. We are blessed with people caring about others. God bless and please keep us in your prayers.

Francois Erik van Niekerk 05.06.62 - 18.10.12 Elke dag in ons gedagtes.

Dankbaar vir mooi herinneringe. Verlangende ouers, broer en familie

Oscar, far right and friends.

Klavierstemmer Stem en Herstel van Klaviere

Professioneel 50jr Ondervinding

Alle Areas

Skakel Wessel de Beer 0232 320422 of 082 704 3276

Oom Gert de Beer, horlosiemaker, bou die anderdag vir hom 'n splinternuwe kaggel horlosie en laat dit in 'n netjiese kassie in-bou - die soort wat elke kwartier aankondig.

Ewe deftig pryk die De Beer en die De Villiers familiewapens daarop, nie permanent nie, iets wat weer verwyder kan word. Ek gaan kyk na die pragstuk en hoe dan nou anders, die kwartierlikse deuntjie is deel van die vertoning. Soos oom Gert die lang wyser met sy vinger beheer na die 3 vir die eerste kwartier, na die 6 vir die halfuur, na die 9 vir die driekwartier en na die 12 vir die uur, prewel hy 'n rympie. Dit gaan so: Kort is die tyd (op die 3) Nooit keer hy weer (op die 6) Werk dan met vlyt (op die 9) Gode sy eer (op die 12) In my lewe het ek dit nooit geweet dat 'n horlosie volgens 'n spesifieke "chime" ingestel word nie. Oom Gert verkies die 'Westminster chime'. As kind het ek baie sulke horlosies gehoor en ook dikwels die kerkklok se gedong in die nag getel, maar vandag sal dit my heel benoud maak om nog te hoor ook hoe die tyd verbysnel - dis reeds iets wat ek besef en voel. Maar ek hou van die rympie van die 'Westminster chime', want daarby kan ek leer..... Vir die musieklikes onder ons, sluit ek die melodie in.

Maak soos die

'Westminster chime' sê

Page 3: Piketberger Jun 2015

3

MEDIESE PRAKTISYNS

Drs Smit & Morrison

Hoofstraat 60 Main Street PIKETBERG

7320

022-913 1172 alle ure / all hours

022 913 1907

Besigheidsure / Business Hours Ma - Vry 08:00 - 17:30 Mo - Fri

Sat 08:00 - 13:00

Piketberg Hoërskool VRL (Verteenwoordigende Raad van Leerders) het op 13 Mei 'n baie gesellige dinee

gehou vir die Matriek VRL-lede van omliggende skole. Die spreker was Martelize Brink. Saam met Martelize verskyn E'lmarco Visagie, hoofseun en

Daniel Goosen voor en agter Linelle Mostert, Adriana Visser, Marike Koch, Ruan Brand, onderhoofseun,

Delaine Wright, onderhoofmeisie, Nina Cillié, hoofmeisie en Mattheus Vorster.

Foto: Marietha Goosen

Brink van RSG kuier op Piketberg

Speurder Adjudant Offisier Becker, Tak Bevelvoerder van Eendekuil SAPD is bevorder na die rang van

Luitenant en hy sal sy pos beklee te Ceres SAPD op 1 Junie 2015. Luitenant Becker was ‘n lid van die

Eendekuil SAPD familie sedert 2005. Eendekuil SAPD bedank Luitenant vir alles wat elkeen van hulle by

hom kon leer, sy leierskap, vriendelikheid, al die lag en frustasie, maar bowenal die vriendskapsbande wat ‘n leeftyd sal hou. Hulle gun hom die nuwe fase van sy loopbaan en weet dat hy ‘n groot sukses daarvan

sal maak. Foto verskaf

Becker Bevorder in SAPD

Page 4: Piketberger Jun 2015

4

Ken kry sy Barbie

Marius Carstens en Toni Smuts is op 18 April in die NG Kerk te Porterville getroud. Die onthaal is gehou

by Laatson, Porterville. Toni, wat ‘n bekende gesig by Boland Superspar was, werk tans by Trentyre op

Moorreesburg. Foto: Elias Nel Fotografie

Kenneth Smit en Hanlie Rossouw is op 21 Maart te Laatson, Porterville getroud.

Foto: Christene de Coning Photography

Onse Toni Trou

Izak Coetzee en Monique Diener is op 28 Maart te Aurora getroud. Monique is in die plek

van Toni by Boland Superspar.

Foto: Karien Jordaan Fotografie

M-graad vir Lizelle

Lizelle Calitz het die M-Rek-graad in belasting by die Universiteit van Stellenbosch ontvang waar sy ook

die afgelope paar jaar klas gegee het. Sy sal voortaan belastingbeplanning, in samewerking met haar pa,

Frikkie Strauss van FJS Finansiële Dienste, doen. By haar op die foto is haar man Faan en baba Jana.

Foto verskaf

Izak vind sy Rebekka

Page 5: Piketberger Jun 2015

5

Winkel 022-913 2418

022-942 1787

Riana Smit 022-942 1787

082 921 1977

Nuwe Winterklere beskikbaar Asook Froggie,

Tsonga en Green Cross skoene

Geloofsbelydenis

On Sunday, 3 May, all 3 Luyt boys, Matthew, Timotheé and Seth, were confirmed by Archbishop

Stephen Breslin at the St Francis de Sales Catholic Church in

Malmesbury. Here they are pictured with their proud granny, Santi

Kerdachi.

Right: Timotheé and Archbishop Stephen

Breslin. Photos: Vanessa Luyt

Dertien jong lidmate het op 19 April Belydenis van Geloof afgelê in die NG Kerk Piketberg.

Voor saam met ds Martin Goosen is Driaan van Wyk en Daniel Goosen. In die middel is Jandré de Witt, Arno van Deventer, Elzaan Trautman, Nina Cillié, Ester Smit, Mattheus Vorster en agter Jacques

Joubert, Dewald Kirsten, Melanie Basson, Lize-Mari Carstens en Adam Barnard.

Foto: Sanet Ackermann

Confirmation for Luyts

Nuwe Takbestuurder by ABSA

Bernie September is sedert 1 April die nuwe takbe-stuurder van ABSA Piketberg. Bernie, 'n gebore Wes-kusser, het reeds 22 jaar in die bank-wese en vier jaar in die Versekerings-bedryf agter die rug. Hy sien uit na die nuwe uitdagings by ABSA Piketberg en nooi alle kliënte en voornemende kliënte om in te loer.

Bernie se vrou, Haroldine, is 'n onderwyseres op Vreden-burg en sy twee seuns, Jolano en Lorenzo, is fluks besig met hulle loopbane as passer en draaier en as geoktrooi-eerde rekenmeester-student.

Foto: Christa Myburgh

Die volgende Piketberger verskyn op 25 Junie 2015.

Berigte en advertensies moet ons bereik teen 16 Junie.

Stuur na: [email protected]

Maak ‘n senior burger se hart bly. Neem ‘n inwoner van Huis AJ Liebenberg aan.

Kontak Elsabé Liebenberg by 022 913 2008 of 084 581 8560 of

[email protected]

Page 6: Piketberger Jun 2015

6

En ons sê baie baie dankie Hendrik en Abelia skryf... Piketberg inwoners, na ons ontevredenheid met die Here, baie kwaad, grieks leer praat (soos ‘n volbloed Namakwa-lander) en ‘n see vol trane is ons weer aan die gang. Ons weet ten minste waar ons tandeborsels, vurke en kooi-goed is. Die brandmerke aan ons klere, beddegoed en meubels is ‘n herinnering aan God se genade dat ons ten minste “iets” oor het. Hierdie afgelope twee weke het ons uitgepak, uit- en af-gewas – dit was ook lekker aangesien ons bokse vol ver-rassings was elke keer. ‘n Boks is sommer gevul met ‘n vurk, ‘n veter, ‘n bord en ‘n skoen. Die rede hiervoor spruit uit die baie hande wat gehelp afwas het op die Saterdag van 7 Maart 2015 in die warm son. Noudat ons terugkyk kan ons net ons Hemelse Vader eerste bedank vir die “goed” wat alles uit die nagmerrie gekom het en die engeltjies in die vorm van ons kollegas en ons mede-Piketbergers wat ons nooit as “inkommers” beskou het nie. As ‘n mens bedankings doen van hierdie aard, weet jy nie gewoonlik waar om te begin nie. Ons wil hiermee vir almal hartlik bedank wat ons in hierdie tyd van erge beproewing bygestaan het. Ons was regtig omarm en het ons kollegas en vreemdelinge (Piketbergers wat ons nie eers ken nie) laer getrek om ons. Ons ouers en familie was verstom hieroor. Ons het baie verloor, maar baie meer gekry in die groot-ste vorm van “liefde en opregte deernis teenoor ons”. ‘n Brand situasie is nie uniek nie, maar die gees van omgee was wel. Hierdie situasie het ons ook gevorm met baie meer geduld, simpatie en empatie, nie net vir mekaar nie, maar ook vir ander persone in nood.

Ons moet nou (van wie ons weet) hier noem: Ons Hemel-se Vader wat ons lewens gespaar het; die mense wat hul lewens in gevaar gestel het deur ons meubels uit te dra tydens die brand; die dierehospitaal se personeel (ons vorige buurvrou) wat vir Milo, ons hond, kom haal en vertroos het tydens die brand; Jessica Carstens en haar man wat dieselfde aand leë bokse en ons “eerste” handdoeke gebring het; die Munisipale Bestuurder, Han-lie Linde, Vivian Kotze (Direkteur Korporatiewe Dienste en Christa Liebenberg (vorige Munisipale Bestuurder) en ander wat hul huise aan ons oopgestel en aangebied het; my niggie Caren Richards van die Paarl wat dadelik gekom het en vir weke lank saam met ons deur die puin gewerk het; Abelia se ma, susters Pam en Dalmaree en niggies Sharon en Jenny van die Paarl wat kom help het met die opruiming en skoonmaak van ons goed; Kobus wat vir ons sy huis oopgestel en sy karavaan in ons agterplaas kom trek het; Raadsheer de Vries wat ons vrieskas by hom op krag gehou het totdat ons getrek het; Raadslid Smith van Goedverwacht wat in die warm son kom help bokse soek en maak het; ons kollegas wat die Saterdag kom kaste skrop en olie het; die eienaar van “Knights Kafee”, ons buurman wat die hitte verdryf het met koue koeldranke; me Ansie Maree wat gesorg het dat ons gereeld ‘n huiskossie en natuurlik beskuit het; mnr Hennie Pieterse wat ‘n heerlike aandete afgelewer het; me’e Ester van Wyk en Jacoba Lötz wat gesorg het dat ons blikke vol beskuit was as daar nie tyd was vir kosmaak nie; ons buurman Deon Lambrechts wat ons meubels by sy huis gestoor het, ons vir etes genooi het, al was ons vol swart roet, moes ons kom eet en wat tydens die trek ons meubels vervoer het. Deon, jy was die spieëlbeeld van werklike goeie en opregte buurmanskap, ons kon jou enigiets vra en jy was daar – baie dankie daarvoor; Zelda my haarstillis en haar man wat kos en beddegoed gebring het; die vullisverwydering, Jackie Strümpher, wat ons vullis gereeld verwyder het; Mark Vraagom wat kom help het om ‘n elektriese toevoer te bewerkstellig; Nutsman Leon wat gedurig ingestap het om enige hulp aan te bied; die sms-boodskappies van bemoediging het gehelp dat ons nie wegloop nie!! Die yswater, koekies, kos en koeldrank wat naamloos af-gelewer is, was so welkom toe ons dae lank op die gras aant “afwas” besig was; Kobus en Stella wat gesorg het dat ons darem ‘n “verskoonsel” klere het wat ons ge-maakpas het met spelde en pennetjies; ons kollegas wat ons werkslading moes dra toe ons nie kon gaan werk het nie; almal wat vir ons gebid het in die tyd. Ons bedank julle hartlik – ons waardeer wat julle gedoen het ter harte!! Ons kan nou vir Piketberg ‘n nuwe “slogan” gee – “Piketberg, die dorp waar ons nog omgee vir mekaar”!

Hoofstraat 21, Piketberg Posbus 64, Piketberg 7320

Tel. 022 913 1600 022 913 2075

Graag wil ons al die vaders ‘n Gelukkige Vadersdag

toewens

Ons is baie opgewonde om weer 'n kliniek suster in die apteek te hê. Sr Lineëse Vercuiel is

Maandae en Vrydae by die Apteek. 'n Paar van die vele dienste wat sy bied is:

●Oorondersoeke ●Immunisasies ●Volledige cholesterol toets

Page 7: Piketberger Jun 2015

7

Page 8: Piketberger Jun 2015

8

Uit die kantoor van die Munisipale Bestuurder...

Hanlie Linde

Waar ek nou hier sit en skryf het ek pas gekom van ‘n Vroue Landbou Vereniging Vergadering. Hulle het my genader om met die vrouens te kom praat oor herwinning in Piket-berg. Ons stadsingenieur, Hendrik Kröhn en Rassie Bothma (Ingenieur in Porterville) het saamgegaan as spesialiste in Vaste Afval Bestuur en herwinning. Die vrouens het aandagtig geluister en baie sinvolle vrae gevra en toe besluit ek ek deel graag die antwoorde van die vrae met julle en sommer ook antwoorde op die belangrikste vrae wat ek die afgelope tyd gekry het as ek inkopies doen in SPAR of in die kerk se quad staan en tee drink. As die vraag een Piketberger gepla het, kan die antwoord mos vir almal van waarde wees. Een van die interessantste vrae vanoggend by die VLV is waarom die Munisipaliteit se straatveërs blare optel en dit dan in swart sakke sit en nie in groensakke wat bedoel is vir tuinvullis nie. Dit is ‘n goeie vraag. Die rede is bloot ‘n kostebesparings-poging deur die Munisipaliteit. Swartsakke kos goedkoper as groensakke en daarom laat ons ons eie mense blare bymekaarmaak in swartsakke, maar die inhoud word hanteer vir die groen afval wat dit is en word op ons stortingsterrein gestort en ge”chip” tot bruikbare groenmateriaal. So moenie bekom-merd wees as u ons mense sien blare bymekaar maak en in swart sakke sit nie. Ons probeer enigiets om geld te bespaar. By die kerk Sondag na die erediens vra ‘n gemeentelid my hoekom ons gemeenskap so onwettig vullis stort en vra hy dat die Munisipaliteit die onwettige stortings in Bui-tekantstraat kom verwyder. Dit doen ons graag. Hierdie is ‘n groot kopseer vir die Munisipaliteit. As ek die antwoord daarvoor geweet het, sou ek baie bly gewees het. Dit het nou die tendens geword dat bakkievragte onwettige vullis in parke en stormwaterslote afgelaai word. Hier wil die Munisipaliteit elke inwoner van Piketberg se hulp vra. Asseblief, as jy iemand onwettig vullis sien stort, vat jou selfoon en neem ‘n foto van die persoon en probeer die nommerplaat inkry. Dan kan ons effektief teen sulke kriminele optree. Ja, dit is ‘n kriminele oortreding om on-wettig vullis te stort. Stuur asb inligting oor onwettige stor-tings aan ons kliëntediensbeampte, Jackie van Huys-steen by 022 913 6005 of die kliëntediensbestuurder Albie Basson by 022 913 6031. ‘n Bekommerde inwoner van Piketberg stop my nou die aand terwyl ek stap en deel met my hul baie slegte ervar-ing van die vandalisme in ons begraafplase. Ai, hierdie is ‘n moeilike een. ‘n Gesin wat ‘n graf koop is die eienaars van die graf en die grafsteen en moet dit eintlik verseker teen vandalisme. Ons ervaar dat dit kwaaddoeners is wat veral oor naweke (agv drank en ander misbruik) privaat eiendom sonder meer beskadig. Ons het reeds die toesig daar verskerp en vra weer die publiek se hulp om ons te help om enige onwettige optrede onmiddellik aan te meld by ons wetstoepassingsbeampte, Harry Benson by 083 6619 253. Nog ‘n groot probleem in Piketberg tans is die jongmense wat van Langstraat ‘n renbaan maak. Die Munisipaliteit gaan binnekort van twee van die interseksies in Lang-straat verhewe oorgange maak om dit te stop, maar totdat die projek afgehandel is, vra ek graag dat enige onwettige verkeers-aktiwiteite (veral in die aand na 22:00) dadelik aangemeld word by Johan van Lill by 083 272 4126. Ons brand om hierdie renjaers te vang en toe te

sluit. Hierdie onwettigheid raak ons toerismesektor direk. En dan laastens ons liewe Eskom. Bergrivier Munisipal-iteit (Tharine van der Westhuizen) het ‘n whatsapp groep begin wat alle inwoners van Bergrivier Munisipaliteit op hoogte hou van enige geskeduleerde kragonderbrekings in ons area. Indien u hierdie inligting wil ontvang stuur asb ‘n e-pos na [email protected] en gee u selfoonnommer aan haar deur. Daar is ‘n spreekwoord in Afrika wat lui: “It takes a village to raise a child”. Kom ons help almal om van Piketberg ‘n super lekker en skoon samelewing te maak.

VLV steun Herwinning

Tydens ‘n VLV-byeenkoms is dames o.a. ingelig oor die noodsaaklikheid van herwinning, wat en hoe om te herwin en waarvoor elk van die swart, groen en deurskynende sakke aangewend moet word ten

einde dit vir almal makliker te maak en ook op vullis-verwyderingskoste te bespaar. Op die foto verskyn

VLV lede saam met die sprekers van Bergrivier Muni-sipaliteit. Van links is Michelé Ziervogel, sameroeper van die byeenkoms, Hendrik Krőhn, Direkteur Teg-

niese Dienste, Nicoline Brown, VLV-voorsitter, Hanlie Linde, Munisipale Bestuurder en Rassie Bothma,

streeksingenieur. Foto: Riana Richter

Dames se kreatiwiteit is op die spel geplaas toe aan elk ‘n groen,

swart en deur-skynende sak uitge-deel is en hulle binne minute ‘n kledingstuk

daarvan moes prakseer. Hier

verskyn Hanlie Linde, wie se idee dit was,

by die wenner, Moira van der Westhuizen (links op die foto).

Foto: Dinette Lochner

Onthou om te Herwin

Page 9: Piketberger Jun 2015

9

Ons is oop Maandae tot Saterdae: Kombuis 3nm tot 10nm en Kroeg 3nm tot laat

Sondae gesluit

Pierre & Anzel Coetzer 084 296 2670

[email protected]

Kaartjies R120 ete ingesluit. Kontantkroeg beskikbaar.

Bespreek nou. Kaartjies te koop by Potbelly Restaurant.

Na die reuse sukses van Thys “Bosveldklong”

tree

Mel Botes op by Potbelly Restaurant

Saterdag 27 Junie 2015 vanaf 20:00

Page 10: Piketberger Jun 2015

10

Wat sê die Woord?

Deur Pastoor Tjaart Olivier

“Genade!” sê ek toe ek hoor hoe ver iemand nou die dag gedraf het. Ons gebruik baie keer die woord genade so ligtelik en besef nie altyd wat dit beteken nie. Wat beteken genade vir jou? Is dit slegs ’n woord wat jy ge-bruik as iets jou verbaas of verstaan

jy wat God se definisie van genade is? In Efesiërs 2:8-9 lees ons van genade: “Want uit genade is julle gered, deur die geloof, en dit nie uit julleself nie: dit is die gawe van God; nie uit die werke nie, sodat niemand mag roem nie.” Baie mense dink ons word slegs uit genade gered, en dat ons redding slegs van God afhanklik is. Dan is daar an-der mense wat dink dit is slegs ons geloof wat ons red - dat ons hierdie groot geloof moet opwek om gered te wees. Volgens die verse wat ons nou hierbo gelees het, is dit nie een van die twee op hul eie nie, maar ’n kom-binasie van die twee. So hoe word jy gered? Uit genade, deur geloof. Wat is genade? Genade is God se onverdiende guns – dit is alles wat Hy vir ons kom doen het, sonder dat ons dit verdien. Wat is geloof? Geloof is ons positiewe reaksie op wat God reeds vir ons kom doen het. God het, deur Sy genade (onverdiende guns), die prys vir ons sonde kom betaal deur Jesus, en al wat ons moet doen is om dit te ontvang. Hierdie redding is nie iets wat ons uit onsself kan doen nie - dit is ’n geskenk van God. ‘n Geskenk is iets wat jy verniet kry sonder enige voor-waardes – iemand anders het reeds daarvoor betaal en jy kry dit verniet. ‘n Voorbeeld hiervan sal die volgende wees: Wat sal jy doen as ek voor jou staan, motorsleutels na jou toe uithou en vir jou sê, “Hier, ek het ‘n kar vir jou gekoop as ‘n geskenk.” Enige mens met ‘n gesonde verstand sal die sleutels by my neem en sê: “baie dankie!” Dit is genade wanneer ek die sleutels vir jou aanbied, en geloof wan-neer jy jou hand uitsteek en dit by my neem. Sal dit nie sinneloos wees as jy vir my geskenk probeer werk nie? God het vryelik Sy genade vir ons kom gee. Ons kan dit nie verdien deur ons goeie werke nie, anders sê die Woord sou ons iets hê om oor te roem. Ons roem is slegs in Jesus se volmaakte en voltooide werk. In Galasiërs 2:16 staan: “terwyl ons weet dat die mens nie geregverdig word uit die werke van die wet nie, maar alleen deur die geloof in Jesus Christus, selfs ons het in Christus Jesus geglo, sodat ons geregverdig kan word uit die geloof in Christus en nie uit die werke van die wet nie; omdat uit die werke van die wet geen vlees geregverdig sal word nie.” Probeer jy nog vir God se geskenk werk, of het jy dit vryelik ontvang? Vir verdere studie: Romeine 3:20-24; Romeine 4:14-16; Romeine 5:1-2; Romeine 10:9-10; Romeine 11:6; Galasiërs 2:16; Galasiërs 3:11. (Alle skrif-aanhalings is uit die 1933/53 vertaling geneem)

Bewaring van Erfenis

Op 8 Mei besoek die Adjunk Direkteur van Erfenis Wes- Kaap, me Jenna Lavin Piketberg Museum om ‘n toespraak te lewer oor die belangrikheid van bewaring van Suid-Afrikaanse Erfenis. Me Lavin, ‘n argeoloog, het haar praatjie begin deur te verduidelik wat Argeologie is en hoekom dit belangrik is om die afkoms van die moderne mens te bepaal. Sy het insig gegee aangaande oer klip werktuie wat in hierdie omgewing gevind word wat dateer vanuit die vroeë Steentydperk (ongeveer 2.5 miljoen jaar tot 250 000 jaar gelede). Me Lavin het ook riglyne gegee om te volg as sulke werktuie op plase opgetel word. Kontak gerus die Piketberg Museum vir meer inligting. Die praatjie is afgesluit met ’n gesprek oor ander er-fenis stukke byvoorbeeld argitektuur en beelde, en die belangrikheid van hul bewaring.

Berig en foto’s verskaf

Piket-Bo-Berg Farmers Market Saturday 30 May

Page 11: Piketberger Jun 2015

11

Ons bied die volgende:

Stoffering van banke en stoele

Herstelwerk aan tente en seile

Maak van seil “canopies” vir bakkies

Motorsitplekke en motor- plafonne

Trekkersitplekke

Spesiale versoeke

Christo 083 399 7988 / 022 913 3326

Langstraat 59, Piketberg (oorkant Kaap Agri)

Ons het getrek na

Langstraat 53 Piketberg

2 Acre Hardeware- gebou

(regoor Andrag)

Tel 022 913 2686 Faks 022 913 2626

Jaco Barnard 083 452 6813

[email protected]

Seniors hou wynproe

Die inwoners van Huis AJ

Liebenberg en Bergtuin Aftree

Oord het ‘n heer-like oggend gehad

by Org De Rac waar Nelda van Zyl

hulle bederf het met ‘n wynproe en

inligting oor die maak van wyn.

Hulle het dit baie geniet! Foto:

Marie de Villiers

Page 12: Piketberger Jun 2015

12

Red my lips

Red My Lips is ‘n internasionale nie-winsgewende organisasie wat versoek het dat persone gedurende April helderrooi lipstiffie moet dra om te wys dat jy

standpunt inneem teen seksuele geweld en die blamering van slagoffers.

ACVV-lede het die veldtog ondersteun en met hul Algemene Vergadering rooi lipstiffie gedra.

Foto verskaf

Met die ACVV se Algemene Vergadering op 16 April is gefokus op die gestremde. René Rust, Andries Baadjies en Anna Karools. René Rust het haar lewensverhaal kom deel asook haar skilderkuns (foto onder) en breiwerk uitgestal. Anna Karools en Andries Baadjies, albei inwoners van Huis AJ Lie-benberg, het ook ‘n spreek-beurt gekry. Anna het die komberse wat sy hekel, ver-toon, en An-dries sy brei-werk.

ACVV Fokus op die Gestremde

Foto’s: Marie de Villiers

Gholfdag tbv Instandhouding

Marie de Villiers, Hoof Huis AJ Liebenberg, middel saam met Jan Voster en Lorraine Lourens van PPC

de Hoek. Foto verskaf Huis AJ Liebenberg het ‘n baie geslaagde gholfdag gehou te De Hoek op 16 Mei ten bate van die Instand-houdingsfonds. Graag bedank Huis AJ Liebenberg PPC De Hoek vir die borg van die gholfbaan vir die dag. Erkenning word ook gegee aan die volgende borge sonder wie die dag nie moontlik sou wees nie: Liebco Vleishandelaars, Nexus, Poena Visser, Pieter Burger, Tinus Joubert, Dup Meu-bels, Koeltuin Projekte, Boland Superspar, Piketberg Apteek, Skoonheidsalon Sanet, Winkelshoek Wynkelders, Cornerstone Coffee Shop, BP Marine, Etienne Botes en Eben Burger het ook iets beloof!

MC HANEKOM Geoktrooieerde Rekenmeesters

en Ouditeure

DIE TREK 34, PIKETBERG Tel. 022 913 2800

[email protected]

Administrasie van boedels Maatskappy finansiële state Individue finansiële state Beslote Korporasie finansiële

state Belastingbeplanning en opgawes sowel as besware en appèl Oudit van finansiële state Oprigting van trusts BTW invoere en BTW opgawes Hantering van oudits op BTW

opgawes by SAID Opstel van testamente

Page 13: Piketberger Jun 2015

13

Kom bederf jouself met

gesonde mooi naels, hande en

voete. Bio Sculpture

Gel is die antwoord vir

jou.

Nou ook na-ure beskikbaar by Piet Retiefstraat 17, Piketberg. Skakel Esna Brand om 'n afspraak te maak by

022 913 1020 of 082 830 6110

Jy word uitgenooi na ‘n

Honey uitstalling!

Kom loer gerus in op 10 Junie by De Berge

Gastehuis en bederf jouself met al die mooi

goedjies terwyl jy ‘n lekker koppie koffie saam met ons drink!

Kom loer deur die boeke en bestel vir jou mooi Honey juwele, handsakke, ens.

Ook nou verskaffer van 1kg Flippen

Lekka Spice

VLV 83

Voormalige Voorsitters van Piketberg VLV klink 'n glasie op VLV Piketberg se 83ste verjaarsdag op 23 Mei. Hier is vier voorsitters wat steeds op Piketberg woon - Nicoline Brown, huidige voorsitter, Hepsibah

Richter, Rosa Lategan en Riana Richter. Foto: Marietha Goosen

Die volgende VLV vergadering is ‘n Kunste– en Handvlyt geleentheid op 18 Junie om 09:00 vir 09:30 in die Biblioteeksaal: ‘n Demonstrasie van lapverf deur Joey Koen en ook ‘n marktafel. Almal welkom (nie-lede R25 teegeld).

Kontak Nicoline Brown 082 477 0665.

Beurtkrag Whatsapp Diens

Bergrivier Munisipaliteit bied ‘n diens aan op Whatsapp wat u in kennis sal stel van die

beurtkragtye.

Aansoekvorms moet voltooi word om te registreer vir hierdie diens.

Vorms is verkrygbaar by die munisipaliteit.

Kontak 022 913 6000 vir meer inligting.

Page 14: Piketberger Jun 2015

14

Kook saam met Quentin Sop, heerlik warm in die winter. Die winter is vroeg in ons

midde en wat anders as ‘n heerlike sop gereg om die koue

aande te trotseer.

Aartappel en Prei Sop (Potato and Leek Soup) 4 medium aartappels, geskil 1 uie, opgekap knoffel gerasper 1 bos preie gewas en opgekap 250ml room 1 liter groente aftreksel sout en pepper olie of botter Metode Verhit ‘n swaarboom pot en voeg die olie by en verhit tot warm. Voeg die uie en knoffel by en braai tot bruin.Voeg die aartappel en preie saam en roer deeglik.Voeg die groente aftreksel by en laat prut tot aartappels sag is. Gooi die room by en plaas in voed-selverwerker tot al die groente verwerk is. Plaas terug op stoof en voeg sout by vir smaak. Die sop kan bedien word met rolletjies of gebakte brood.

Tuinbouklub leer Ikebana

Edith Rule en Ann Brown van Kaapstad het

Woensdag 6 Mei 'n baie suksesvolle Ikebana demonstrasie aange-

bied. Edith, links, is die streeksverteenwoordiger

van Ikenobo.

Foto’s: Katinka Morrison

Volgende Tuinbou

Vergadering 3 Junie

deur Jannie Lategan

Kompetisie! Daar is ‘n ongelooflike waarde wat aan ‘n kompetisie geheg kan word. Dis haas

een van die maniere waarmee jy jou standaard op skool- en tersiêrevlak kan toets. Jy kan die artikel wat jy vervaardig het blootstel en inskryf vir ‘n kompetisie en dan die standaard sien in die uitslag daarvan. Jy kan selfs teen jouself kompeteer. Die tennisspeler wat meëdoenloos balle teen die muur slaan, doen dit beslis nie omdat dit vir hom lekker is nie, inteendeel hy swoeg en sweet om die bal net-net oor die net te kan slaan en dan opvolgend geoefend met sy teenstaander in die werklike spel kompeteer. Die redenaar gebruik die spieël om hom voor te berei vir die finale kompetisie wanneer die werklike redenaarstryd met goeie taalgebruik, liggaamshouding en gesigs-uitdrukkings aangesê word. Die beste, maar net die beste word energiek uitgehaal om die beoordelaars te oortuig van sy vaardighede. Hy moet as’t ware sy woorde ken, maar moet egter deelneem sonder ‘n sweem daar-van dat hy dit gememoriseer het. Die hele lewe is een kompetisie spel, alles moet altyd net beter en beter gedoen word. Dink aan die uitmergelende voorbereiding van die atleet wat die rekordhouer so graag net met ‘n paar sekondes wil wen. Die atleet plaas alles op die spel, die regte dieet, die regte oefenprogram om alle spiere in korrelasie te hou om daardie voorop gestelde doelwit te kan bemeester. Uiteindelik dan die Trofee en die Loerierkrans. Die vraag huiwer, is dit alles die moeite werd. ’n Beroem-de tennisafrigter van Stellenbosch het eens gesê, maak die leerder ‘n wenner op die sportveld en tennisbaan en jy maak van hom ‘n akademiese wenner. Dit is alles waar en ons plaas al hierdie positiewe dinge in die weegbak van die skaal. Daar is egter ook ‘n hartseer verhaal aan kompetisie verbonde. Die atleet doen sy bes en oefen onverpoosd om tog miskien maar net tweede te kan kom. Dan gebeur dit nie eens nie. Ag-ter manmoedigheid word die hartseer verberg en moet die ontlading maar vanaand tuis hanteer word…daar waar ouers en baie goeie vriende nuwe inspirasie gee. Niks wat egter gesê word, kan hierdie mislukking goed praat nie. Die vermoë is net nie daar nie. Daar moet ‘n verloorder wees om ‘n wenner daar te stel. Hierdie hartseer verhaal speel daagliks in die lewens van mense af, waar hulle ten alle koste iets wat bo hulle ver-moë is, wil besit wat hulle nie kan bekostig nie, maar net eenvoudig moet besit omdat “status en rykdom” mag uitspel. Wat ‘n fatale poging slegs vir aansien wat straks daartoe kan lei dat daar nie voldoende kos op die tafel kan wees nie. Plaas gerus al die negatiewe elemente in die ander bak van die skaal …en weeg maar self. Straks moet ons almal saam met Janita Claasen sing: “Die lewe is ‘n aflosbaan my kind. Die lewenspad lê voor jou oop. Hou die pas hardloop soos die wind. Maak nie saak wie is voor nie, om jou kant te bring, is om te wen. Dit gaan nie oor wen of verloor nie. Ons sal in al jou vreugdes deel. Dis ‘n opdrag en lewenstaak wat jy met jou lewe wil maak … hou die pas.” (Met apologie aan Janita, straks nie oral kronologies korrek nie). Alles gaan oor opstaan en weer probeer.

Page 15: Piketberger Jun 2015

15

Page 16: Piketberger Jun 2015

16

As U v i r d ie Here Verp leeg…

S a l U Met juistheid koors meet, pols en asemhaling tel. Beddens ordentlik opmaak en nie net gelyk trek nie. U pasiënt op die regte wyse afspons. Behandelinge en verbande op die vasgestelde tye doen. Sekuur wees met die toediening van medisyne. U pasiënt op voorgeskrewe tye voed. In die skrywe van u verslag eerlik en opreg wees. Die toestand, tekens en simptome van u pasiënt noukeurig rapporteer. Probeer vasstel of u pasiënt gereed is om sy God te ontmoet. Altyd opgeruimd wees en tragomadere te troos en te bemoedig. U eie geestelike lewe voed met die Woord van God

met gebed en met diens vir die Meester.

Huis AJ Liebenberg

2015

Loslitdag 2015 skop af Onthou Vrydag 4 September …. Is Loslitdag Loslitdag vind vanjaar op Vrydag 4 September plaas. Loslitdag is die land se grootste fondsinsamelings- en bewusmakingsprojek vir persone met gestremdheid. Dis ‘n dag waarop ons vra dat almal in Suid-Afrika gemaklik, formeel of sommer net verspot sal aantrek wanneer hulle werk toe gaan en die amptelike Loslitdag-plakker sal dra. Loslitdag het verlede jaar 28 miljoen ingesamel, die donasies gaan na 300 organisasies in die land. Die be-gunstigdes sluit in 12 nasionale organisasies. Vanjaar se tema is aangekondig: Loslit Innie Lente en Loslitdag is vanjaar op Vrydag 4 September. Volgens pro-jekbestuurder Celeste Vinassa vier almal in die eerste week van September die aankoms van die lente. ‘Vanjaar het ons vyf plakkers en kan mense ‘n hele “bos” plakkers koop. Skole en organisasies kan solank hul plakkers aanvra by Loslitdag se hoofkantoor. Bemarkingsmateriaal en plakkers word gratis aan deelnemende organisasies verskaf en hulle betaal vir die plakkers nadat hulle die geld ingesamel het. Die projek behoort aan en word beheer deur Die Nasion-ale Raad vir Persone met Liggaamlike Gestremdheid in Suid-Afrika en is geborg deur die Edcongroep. Donasies van R10 per plakker is belangrik aangesien ons so die nodige fondse kan insamel ter ondersteuning van persone met gestremdhede se regte tot onderwys, behuising, opleiding, toeganklikheid en werkskepping te ondersteun… met ander woorde, volle inskakeling in die gemeenskap. Hierdie is ‘n fondsinsamelingsgeleentheid vir persone met gestremdheid. Die groot begunstigdes is die volgende organisasies: Die Nasionale Raad vir Mense met Lig-gaamlike Gestremdheid in Suid-Afrika; Die SA Federasie vir Geestesgesondheid; Federasie vir Dowes van SA; Die Nasionale Raad vir Blindes; Outisme Suid Afrika; Down-Sindroom Suid-Afrika; Die Nasionale Raad vir Persone met Serebrale Gestremdheid; Die Suid-Afrikaanse Dowe Vereniging; Die Nasionale Instituut vir Dowes; QuadPara Vereniging van Suid-Afrika; Alzheimer’s Suid-Afrika en South African Disability Alliance.

Huis te Huur Stap-afstand van Piketberg Hoërskool

(oorkant NG Kerk) 3 Slaapkamers, 1 badkamer, kombuis,

sitkamer, agtertuin, onderdak parkering, pragtige uitsig, karakter- volle atmosfeer. Kan gedeel word tussen dagmammas

wat op die Dorp wil wees weens skoolgaande kinders, of as 4 kantore gebruik word (het besigheidsregte), of ideaal vir klein gesin.

Semi-gemeubileerd onderhandelbaar R4 400/maand (water ingesluit)

Ook: 1-slaapkamer woonstel teen R3 300/maand beskikbaar (water en dienste ingesluit). Ekstra kamer onderhandelbaar. Semi-gemeubileerd indien verkies.

Skakel Clare 083 225 0059

Page 17: Piketberger Jun 2015

17

Aurora Gemeente eet saam - Vrouediens oortref hulself weereens Op die lekkerste sonskyn herfsdag het Aurora se Sandvelders op Sondag, 17 Mei bymekaargekom om as Gemeente saam te eet. Ondanks beurtkrag het gemeen-telede en vele besoekers aangesit by heerlike borde vol

hoenderpastei, pampoentert, gebakte aartappels en nog baie meer. Die saal het behoorlik gegons soos almal ge-sels en kuier. Die heerlike ete is deur die vroue van die Vrouediens voorberei - hulle het hulself weereens oortref.

Bessie Brand, Jorina Brand, Anna en Frans Huysamen, Jac, Gerhard en Jaco

Brand.

Susan Strydom, Jane van Zyl en Corné van Zyl.

Neil Coetzee gesels met ’n vriend.

Janet de la Rue, Annemarie en Frans Coetzee.

Coenie Kotzé, Frank Lamont en Brian Etzebeth.

Berig en foto’s: Petrusa de Koker

Giel Smit en Gera Visser met sy kleindogter op

sy skoot.

Page 18: Piketberger Jun 2015

18

Tania Marcovitz, Cobis Wilson, Karen de Goede, Marius Steun, lede van die toneel-geselskap tydens die uitvoering

van ‘Trial by Jury’.

Foto verskaf

Amalia is 88 jaar oud

Amalia Susanna Baadjies (Ouma Maal) het op 24 April haar 88ste verjaarsdag gevier. By haar is drie klein-

dogters wat ook haar naam dra - Amalia (Malie) Baadjies, Amalia (Malie) Cloete en Amalia (Amanda)

Boois. Maal Baadjies het 'n formidabele nageslag, 10 kinders, 51 kleinkinders, 101 agterkleinkinders en 33

agter agterkleinkinders. Namens almal gee hulle Ouma Maal eer vir haar liefdevolheid, deugsaamheid en bravade. Hulle spreek ook die versekering uit dat God se genade met haar sal wees en haar sal dra. As

werknemers van Huis AJ Liebenberg, waar Ouma Maal tuisgaan, is Malie en Amanda elke dag daar om

'n ogie oor hulle ouma te hou. Foto: Marietha Goosen

Inligting gesoek

Die nuwe eienaars van Voortrekkerstraat 27,

Piketberg wil graag meer weet oor die vorige

eienaars/huurders van die eiendom. Op die een gewel staan daar 1923. Enige in-ligting of ou foto’s is wel-

kom. Belangstellendes kan Beryl-Ann kontak by

082 606 5364 of e-pos [email protected]

Akte op die Vlakte sê dankie

Cobis Wilson, namens die Groep skryf... Die hele geselskap was uit hul nate oor die gul ontvangs, Saterdagmiddag, 9 Mei. Die “mon Desir Groep” sê ‘Dankie Piketberg, julle was great’! So het ons dan ook R5 030.00 ingesamel ten bate van BADISA vir hulle broodnodige behoeftes. Ons bedank ook die direksie vir hulle moeite en Ds Philander en sy Gemeente wat die VG-Kerk aan ons beskikbaar gestel het vir die geleentheid. Ons doen dit graag weer. Nogmaals dankie.

Foto’s, artikels,

briewe en berigte

word gratis geplaas.

Stuur gerus u

nuus, ons plaas dit graag.

Page 19: Piketberger Jun 2015

19

Wat is Vadersdag? Vadersdag is een van daardie lekker dae van die jaar wat mens die pappa van die gesin so bietjie ekstra kan bederf en kan wys hóé spesiaal hulle is. Vadersdag word die derde Sondag van Junie gehou en is in Amerika 'n amptelike instelling. Soos met baie oulike dinge is die oorsprong van Va-dersdag nie seker nie. Of dit nou vanaf 'n kerkdiens in Wes Virginia in 1908 ontstaan het, of nie, maak nie af-breuk aan hierdie lekker geleentheid nie. In 1924 het President Coolidge dit 'n nasionale geleen-theid in Amerika verklaar met die volgende mikpunt: "to establish more intimate relations between fathers and their children and to impress upon fathers the full meas-ure of their obligations." Met die hedendaagse media en sosiale groepe wat die beeld en karakter van die vaderfiguur gedurig bespotlik en karikatuuragtig probeer voorstel, word dit vir pappas al hoe moeiliker om hul plek vol te staan. Goeie maniere en sterk eienskappe soos eerlikheid, hoë integriteit en ewewig in gees en emosies, word afgekraak en as oud-modies afgemaak. Goeie vaders het ons liefde en onder-steuning en respek nodig. Dankie aan al die wonderlike vaders wat genoeg van hul gesinne dink om 'n mooi voorbeeld van Christelike lei-erskap te toon. Vir u wat nog gereeld saam met die gesin bid en boekevat, kan ek maar net sê, beter hoekpale as liefde, geloof in Jesus Christus, die Bybel en gebed, kan daar nie wees nie. Mag die Here u besonder seën, terwyl u u gesin versorg en leer en lei. www.mens.afrikaansegids.org

Beesbiltong R180,00 per kg Maalvleis

R55,00 per kg

Skakel Nellis 083 441 4032

Te Koop

Vadersdag 21 Junie

Page 20: Piketberger Jun 2015

20

Knip uit en bêre

Die Piketberger se Datums vir 2015

Berigte/Advertensie IN 16 Junie 21 Julie

18 Augustus 22 September

20 Oktober 17 November

VERSKYN 25 Junie 30 Julie

27 Augustus 1 Oktober 29 Oktober

26 November

1915 tot 2015

E-Pos: [email protected]

MAJ VISSER WERKSWINKEL & PARTE

Alle herstelwerk en dienste van voertuie, trekkers, vragmotors.

Afspuit van voertuie met hoëdrukspuit.

Beskik ook nou oor 'n gekwalifiseerde Toyota Tegnikus.

Kontak Wynand Visser - 082 959 5710

Stel u belang om u voertuig te laat was, politoer of valet?

Beskik ook oor 'n mat- en kussing-wasmasjien. Kontak Sarina 022 913 1130 of 082 566 1179

Adri Visser

022 913 1130 082 377 2648

Op die rakke van die Biblioteek

Bespreking deur Mari Grobbelaar

Dubbelspel Wilna Adriaanse

Dubbelspel is Wilna Adriaanse se eerste spanningsverhaal. Dis ’n polisieroman met ’n vroulike hoof-karakter wat in Kaapstad afspeel. Die hoofkarakter, Ellie McKenna, ondersoek vyf mans wat almal

deel is van misdaadsindikate wat goedere in- en uitvoer. Sy wonder of dit die rede is hoekom haar polisieman pa, John, in ‘n polisiepadblokkade doodgeskiet is. Geldwassery, omkopery, smokkelary (dwelms, perle-moen, renosterhorings), polisie-korrupsie en geweldige hoeveelhede geld vorm deel van hierdie geheimsinnige onderwêreld. ‘n Menslike lewe beteken niks nie en bendes ding mee om die topposisie. Daar is net één taal wat almal verstaan: Geld. Die vrae waarmee Ellie sukkel is: Burkov (perlemoen-smokkelary) het Allegreti (verkoop dwelms en smokkel) gekul. Allegretti skiet Burkov se huis flenters en twee van sy mense dood. Mang (perlemoensmokkelary) skiet op Allegretti se motor. Iemand skiet een van Allegreti se mense dood. Die vraag is: Waar pas Williams (smokkel perlemoen en renosterhorings) in? Ellie het uit die polisie bedank en werk nou as ‘n ge-heime agent om die misdaadwêreld te infiltreer. Sy pas Clara, Nazeem se susterskind wat by Enzio bly, op. Saam met Ellie wonder ‘n mens die heeltyd oor haar rol en onskuld. Ken Visser, Enzio se swaer, wil Clara laat ontvoer en dan van Williams perlemoen eis vir haar vrylating. Enzio sê Nick moet Clara en Ellie in ‘n huis in Blouberg gaan wegsteek. Dinge loop skeef. Ellie hou skelmpies een van haar selfone en haar selfoonsein word opgevang, Kaptein Albert Greyling arresteer Nick by ‘n padblokkade en hy word polisiestasie toe geneem. Die hoë koppe is bang Nick se “cover” is nou geblaas. Reggie, een van Nazeem se manne neem vir Ellie en Clara huis toe. By Ellie se huis steek hy haar met ‘n mes in die bors en maag. Sy beland in die hospitaal se intensiewe eenheid. Dubbelspel se einde is baie onbevredigend, want dit ein-dig met heelwat onbeantwoorde vrae, omdat Wilna Adri-aanse besig is met ‘n opvolgboek, Eindspel. Dubbelspel is ’n spanningsverhaal wat lekker lees. Daar is ’n goeie storielyn en interessante karakters. Intriges maak dit ’n boek wat nie maklik neergesit kan word nie. As jy van spanningsverhale hou, kan jy gerus die boek lees.

Page 21: Piketberger Jun 2015

21

HOUSE SITTER / PET SITTER I am available for house-sitting / pet-sitting as

well as farm sitting in the Bergrivier region. Please contact Heike on 084 372 3326

or [email protected]

Services Offered

Halfdag huishulp benodig. Maandae tot Vrydae. Geen rook en drink.

Kontak asseblief 082 780 8698

Betrekkings Aangebied

Te Koop

Perseel Te Huur

Ou Nederberg Hotel. Perseel van 49m² met straataansig/toegang. ±R2200pm.

Kontak Elzanne Richter

072 130 2936 / [email protected]

INSLAAP HUISHULP BENODIG OP 'N PLAAS Voltydse posisie beskikbaar vir 'n positiewe,

sober persoon. Gesin met twee jong kinders, plaas 12km uit die dorp geleë. Kontak asseblief 072 130 2936

Verwysings noodsaaklik.

Kinderoppasser / huishulp gesoek: Voltydse kinderoppasser en huishulp gesoek.

Moet kan inwoon in Kaapstad. Moet ondervinding hê van kleuters. Ervaring van huishouding en kook.

Vriendelike geaardheid, moet instruksies kan volg. Moet dit geniet om met kinders te werk.

Jonk van gees en energiek wees. Tussen 35 en 50 jaar oud wees.

Minium 3 jaar ondervinding van kleuters oppas. MOET verskaf kontakbare verwysings hê.

Kontak (021) 557 5423 (na ure) of

082 591 6361 (kantoor ure).

3000 watt Elektriese Grassnyer - R3 500,00 6 HP Diesel Enjin - R4 000,00

20 HP V Twin electric start B+S enjin R4 000,00

4HP 3-fase elektriese motor en kabel R1 200,00

Tweedehandse elektriese grassnyer 3000w R1 500,00

Skakel 083 381 5492

022-913 2646

Halfdag pos beskikbaar

Kom kyk!!!!! 46 nuwe Playstation

Speletjies

Page 22: Piketberger Jun 2015

22

20 Jaar Gelede — Junie 1995

VOORBLAD: Melanie Eksteen blink uit!! Melanie, ‘n st 9-leerling aan Hoërskool Piketberg, het onlangs gehoor dat sy een van die 25 finaliste in die mej Tiener kompetisie van Huisgenoot is en ook dat sy gekies is tot die Boland A-skolenetbalspan wat van 13 tot 17 Julie in Durban aan die SA-Skolenetbaltoernooi gaan deelneem. Jan-Hendrik Visser is gekies vir die onder 13 Bo-landrugbyspan. Isa Eksteen is gekies om vir Swartland op die Kaaplandse Laerskoolnetbaltoernooi te verteen-woordig. Hilonette van Lill het aan die SA-Saalperd kampioenskappe vir die WP-span op Douglas deelgen-eem. Carel van Niekerk het op uitnodiging saam met Theuns Botes se boereorkes in Port Elizabeth opge-tree. Die optrede was tydens ‘n byeenkoms van die Boeremusiekgilde waar verskeie orkeste opgetree het. Die Boeremusiekgilde stel hul o.a. ten doel om jong musikante te help. Twee raadslede van die Oorgangsraad, H M Booyse van Piketberg en FPC van Niekerk van Eendekuil het die onderskeiding verwerf deurdat hulle na jare se toegewyde gemeenskapdiens daarin geslaag het om die besondere toekenning van Raadsheer te verkry. Martha Olckers, Minister van Onderwys en Kultuur-sake het Piketberg besoek. Sy het ‘n gehoor van on-geveer 350 mense oor onderwys in die Wes-Kaap toegespreek. Twee leerlinge van die standerd 2c-klas se liefde om gediggies te skryf het die oog van hul juffrou gevang: Winter deur Helga Esau : “In die winter is die bome sonder blare, Nes oom Piet kaalkop sonder hare. In die winter is dit koud en boetie is so stout, want hy maak dit baie koud. Al is die voëltjies daar, ons kry nog steeds swaar.”

PHS se sangers presteer by Eisteddfod

te Olifantsvallei

Komien van der Westhuizen met haar sangpresteer-ders by die Olifantsvallei Eisteddfod. Agter is

Jo-Leigh Geustyn - Goud (80%), Elné Burger - Cum Laude (92%), Simoné van Deventer - Goud (82%),

Kayla Brand - Goud (84%), Chesné van Wyk - Goud (80%), Annette Bruwer - Cum Laude (92%) en voor

Miscka Don - Goud (85%) en Dayle Julius - Cum Laude (90%). Almal is leerders by PHS.

Alison Müller met haar sangpresteerders by die Olifantsvallei Eisteddfod: Adriana Visser - Cum Laude

(90%), Zané van der Merwe - Goud (84%), Nicola Coetzee - Goud (84%), Uleuqe Ockhuis - Goud (80%) en afwesig: Levona Roberts - Goud (82%). Almal is

leerders by PHS. Foto’s: Marietha Goosen

piketberg mediese sentrum

Dr Pieter Bruwer (Spesialis Huisarts)

Dr Sam Scheepers (Algemene Praktisyn)

Dr Bibi Werle (Sonar)

Ilse Bruwer (Spraakterapeut)

Merina de Waal (Dieetkundige)

Tel: 022 913 1146 Praktyk kontaknr tydens beurtkrag: 063 085 9017

Ma - Vry: 08h00 - 17h30

Sat: 08h00 - 13h00

Page 23: Piketberger Jun 2015

23

Page 24: Piketberger Jun 2015

24

Steynville Primêr Presteer by Eisteddfod te Olifantsvallei

Graad 2 Afrikaans Voordrag: Michelle

Dietrich (Goud) en Jean-Marco Gal

(Goud).

Graad 1 Afrikaans Voordrag: Chevonte Petro (Cum Laudé),

Jo-haine Johnson (Goud), Chrisney Witbooi

(Goud), Roché Hector (Goud).

Graad 3 Afrikaans Voordrag: Shamique Booysen (Cum

Laudé), Rubenice Langeveldt (Goud), Anrethe Rivida

(Goud), Amber-Joy Scottsman (Brons).

Graad 5 English Poetry: Wiohné Turner

(Goud), Veronique Felix (Silwer).

Graad 4 Afrikaans Voordrag: Carmarli Femston (Cum Laudé). Keesha Fortuin

(Silwer), Verusca Smit (Silwer), Anushka Stuurman (Silwer).

Graad 5 Afrikaans: Haily Le Fleur (Silwer), Levern Muller

(Silwer).

Graad 6 Afrikaans Voordrag: Elisque Nthane (Cum Laudé), Aleigne Rivida (Silwer), Rekecha-Lee Brink (Silwer).

Graad 4 English Poetry: Jay-Dean Klaase (Goud), Frederick Rosen-

berg (Silwer), Craigen Adams (Silwer).

Graad 6 English Poetry: Camber Christians (Goud), Samrique Kayster

(Silwer), Marné Bougaardt (Silwer), Gaylene Olivier (Silwer).

Graad 7 Afrikaans Voor-drag: Gabriella Adams

(Silwer), Kaylin Koordom (Goud).

Graad 7 Afrikaans Prosa: Maurecia Absalon (Goud), Danielle Monk (Goud), Annwillay Jansen

(Goud), Elona Julius (Silwer), Arencia Jacobs (Silwer).

Foto’s: Elzanne Boshoff

Nog ‘n Comrades danksy Liebco

Wilfred Turner ontvang ‘n

splinternuwe paar hard-

loopskoene van Lynne Liebenberg

wat dit namens

Liebco Vleis-handelaars

aan hom oorhandig het.

Foto verskaf

Page 25: Piketberger Jun 2015

25

Page 26: Piketberger Jun 2015

26

Bendert 3de uit 346 Op 7 tot 11 April vanjaar, het Bendert Smit in Bloem-fontein aan die “Free State Dunlop Tennis South Africa Series”, 16 en onder, in die goue afdeling deelgeneem. Vanoor die hele RSA het 346 spelers deelgeneem aan dié Toernooi. Bendert het 3de geëindig in sy afdeling in die enkelspel en tweede in die dubbelspel.

Foto verskaf

Boland Krieket

Samrique Kayster,

leerder by Steynville Primêr is opgeneem in die Boland 0/12

Krieketspan.

Foto: Elzanne Boshoff

Wes-Kaap Netbal

Janke van Schalkwyk

is opgeneem in die O/14 Boland Netbal-span. Ons het pas verneem dat sy op 24 Mei Wes-Kaap Netbal gekry het.

Foto: Marietha Goosen

Die Gr 2 S-klas en Gr 6B's weet met hierdie Sjona sin dat "God altyd met hulle is".

Gr 5B Kix met die sin, "Lees jou Bybel, bid elke dag"

in Sjona. Foto’s: Marietha Goosen

Het u onlangs graad gevang?

Stuur gerus u foto en kort beskrywing en ons plaas dit graag.

Stuur na

[email protected]

Sportnuus

Zim ABC wat die Woord gee

Ons werk vir Kategese materiaal vir Zimbabwe in Sjona

Page 27: Piketberger Jun 2015

27

Cash for Scrap Steeds vinnige, vriendelike en eerlike diens

vir kontant in die sak

Culemborgstraat, Piketberg Ind. Oor die treinbrug, oorkant stasie

Nou ook oop in

Porterville Jakkalskloofstraat

Kom besoek ons of skakel

Johan Louw - 076 538 2909 (vir nog beter pryse nou!)

en by ons is dit steeds

Beste prys oor en oor bewys!

Page 28: Piketberger Jun 2015

28

Foto’s: Die Courant, Die Gazette, Lynette De Witt, Reinet Jonker,

FNB Classic Clashes

Na ‘n baie opwindende wedstryd en uitstekende spel van beide PHS en Schoonspruit, het PHS se o/19 rugby 23-21 gewen. Dieselfde geld vir die eerstespan Netbal waar PHS

met twee punte verloor het 24-22.

Page 29: Piketberger Jun 2015

29

Page 30: Piketberger Jun 2015

30

Droomland Pinkster het begin. Vaak Klasie lees die ver-

haal van Josef en die kinders maak Josef se kleed met die

linte. Hulle werk aan 'n aktiwiteit en bêre hulle onthou

boodskappe in hulle pantoffels.

Pinkster in Droomland

Vaak Klasie vertel die verhaal van Josef vandat hy deur sy broers verkoop is totdat hy in die tronk beland het. Lise wys haar Josef agter tralies. Die grotes werk hard om hulle Josef kleed klaar te maak en aktiwiteit 1 tot 3 in die boekies te voltooi.

Die kleintjies speel "kat en muis" met Jakob wat vir Ragel soek. Gr 7's wys die pantoffels waarin hulle vir die vier dae hulle on-thou versies gebêre het.

Almal raak nou baie gemakliker in Droomland en maak hulle tuis op die sagte kussings om beter te kan luister wat Vaak Klasie vertel.

Foto’s: Marietha Goosen

Page 31: Piketberger Jun 2015

31

Baie geluk aan Hanlie Smit, sy is die wenner van die mikrogolfoond in

die Grabouw boerewors kompetisie. Die mikrogolfoond is geskenk deur Deli Spice. Kenneth Smit ontvang die prys namens sy vrou,

Hanlie Smit, deur Sally Dietrich (Spanleier) en Hendrik van Deli Spice.

Baie geluk aan Sonia Richter wat die gelukkige wenner van die stel Nikkei messe was in die Moedersdag kompetisie.

Hier oorhandig Marietjie Pedro (Bestuurder) haar prys aan haar.

Eerste twee wenners van WIN-A-CAR

Moedersdag WENNER

Daniel Smith van Citrusdal is die eerste

Win-A-Car wenner, hy het ’n koopbewys ter waarde van R1 417.62 teruggewen.

Santie van der Berg oorhandig sy prys.

Standard Bank open in Piquetberg Mall

Mikrogolfoond wenner!

Baie geluk aan Hennie Coetzee, van Piket-

berg, wat die tweede wenner van die Win-A-Car kompetisie is. Hy het ‘n koopbewys ter

waarde van R299.45 gewen. Hester Hagen, (Bestuurder), oorhandig sy

prys.

Standard Bank het op 20

April 2015 sy deure oop-gemaak in die Piquet-

berg Mall. Ons is bly om hulle as deel van die

familie te hê. Standard

Bank kan gevind word op die boonste vlak

oorkant Clicks.

Page 32: Piketberger Jun 2015

32

Rhino’s wedstryd teen Langebaan

Karookop Prmêr hou Sportdag op 9 Mei 2015

Karookop Primêr het op 9 Mei 2015 ‘n sportdag gehou om fondse in te samel vir reparasies aan die skool. Die skool het ongeveer 150 leerders. Boland

Superspar het die geleentheid ondersteun deur worsbroodjies te skenk.

Op Vrydag, 24 April 2015 het Mother Pearl kleuter-skool ‘n kosverkope gehou. Boland Superspar het die geleentheid ondersteun deur 150 hoender-porsies te skenk. Marietjie Pedro (Bestuurder)

oorhandig die hoenderporsies aan Bianca.

Mother Pearl hou kosverkope

Piketberg Rugby Klub, die Rhino’s, het op Saterdag 18 April 2015, ‘n voorwedstryd teen Langebaan

gespeel op Velddrif. Ongelukkig was die eindtelling 17 - 10 vir Langebaan. Boland Superspar het die manne bederf met ‘n hoenderpot. Hier oorhandig

Marlene die hoenderpot bestandddele aan Abe George.

Piketberg Christen Skool het op Saterdag, 18 April 2015, ‘n fondsinsameling gehou om twee van hul

leerders na New Mexico te stuur. Die twee leerders is uitgenooi na die ACE International Student

Convention. Gedurende die geleentheid is kaas en wyn bedien. Boland Superspar het die kaas en koekies voorsien. Hester Hagen (Bestuurder)

oorhandig die kaas en koekies aan Elzanne Richter.

Kaas en Wyn vir fondsinsameling