8
InRat Bylae tot Rapport 27 Julie 2014 Alfa 4C is soos ’n Ferrari op uitverkoping 3 Nuwe Qashqai hap aan BMW se hakke 4 Wanneer studente droom, ry hulle die nuwe Polo 7 Etios vir die betonoerwoud opgedollie 4 Die skrikwekkende Ons bestuur die strykplank is terug! 4 splinternuwe Subaru STI

Rapport InRat - 27 Julie 2014

Embed Size (px)

DESCRIPTION

 

Citation preview

InRatBylae tot Rapport 27 Julie 2014

Alfa 4C is soos ’n Ferrari op uitverkoping

3

Nuwe Qashqai hapaan BMW se hakke 4

Wanneer studentedroom, ry hulle dienuwe Polo 7

Etios vir diebetonoerwoudopgedollie4

Die skrikwekkende

Ons bestuur die

strykplank is terug!

4splinternuwe

Subaru STI

2 InRat 27 Julie 2014| | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | |

InRatRedakteurJustus VisagieE­pos: [email protected]: 021 406 3226

AdvertensiesRowan WilliamsE­pos: [email protected]: 072 495 8095

Ons kla al weer met die wit­brood onder die arm. Maar

wag, eers nuus oor die Amid­skou.Die belangrikste item op motor­

fietsryers se kalender is waarskyn­lik die vereniging van motorfietsin­voerders en ­verspreiders (Amid)se jaarlikse motorfietsleefstyluit­stalling by Nasrec, Johannesburg,van 8 tot 10 Augustus.

Hier kan besoekers so te sê elkemotorfietshandelsmerk in Suid­Afrika se ysters besnuffel, asook ’nspul bykomstighede wat veral dieBMW­meerkatte en Harley­Davidson­aanbidders sal laat kwyl.

Wat dit vyf maal so lekkermaak, is dat die jaarlikse Johan­nesburgse boot­en­buiteleweskouop dieselfde datums gehou word– ook by Nasrec. Asof dit nie ge­noeg is nie, is daar ook ’n visvang­en ’n skubaduik­skou. Jy stapbloot na Nasrec se ander sale ensiedaar.

Die Amid­skou begin met diebekendmaking van Suid­Afrika sePirelli­motorfiets van die jaar.

Justus Visagie en Carl Kritzingersal InRat, Beeld, bikeroutes.co.za,Groot FM en Radio Tygerberg opdie beoordelaarspaneel verteen­woordig.

16 beoordelaars, almal promi­nente motorskrywers en radio­ ofTV­aanbieders, moet een wenneruit nege finaliste kies. Daar was 27

semifinaliste en die vereiste virdeelname was dat die fiets nuutvir 2014 moet wees: óf ’n splinter­nuwe ontwerp óf aansienlik her­ontwerp en bygewerkte weergawesvan bestaande modelle.

’n Nuwe kleur verf of blink nu­we wiele tel nie.

Die finaliste is, in alfabetiesevolgorde: BMW R1200GS Adven­ture; BMW S1000R; Ducati 899Panigale; Ducati Monster 1200;Kawasaki Z1000; KTM Super Duke1290; Suzuki V­Strom; YamahaMT­07; en Yamaha MT­09.

Die beoordelaars vertrek Donder­dag na die Sabie­ en Hazyview­omgewing waar die ons die finalis­te op pad­ en veldroetes (waartoepaslik) sal ry. Ons sal beurtemaak om die fietse (daar is tweevan elke finalis) van Johannesburgna ons bestemming te ry. Aan dieeinde van die tweede dag stemons.

Hoekom kla ons? Want die negefinaliste is elk verbysterend goed.In die proses om ’n wenner tekies, gaan ons vermoedelik malword.

. Skoutye: Vrydag 09:00­18:00,Saterdag 09:00­18:00, Sondag09:00­17:00.

. Kaartjies kos R80 vir volwas­senes, R40 vir kinders (12 tot 16jaar oud) en gratis vir kinders on­der 12.

So min tyd, soveel skoueby Amid­motorfietshemel

KopKrap

Die leidradeDwars3 – Soort hol bom met stukkiesafvalmetaal (8)6 – Uitgewerkte plan of ’n taak (6)8 – Iemand wat karsiek raak, voelso! (4)11 – Michael Douglas se pa (4)12 – Dit kan ’n akteur, ’n modereeksof brandstof wees! (6)13 – Onverskilligheid (13)17 – Stempel op mate (2)18 – Teenoor verweerder (5)19 – Bepaal (8)20 – Met dít op ’n padoppervlak,gaan dit glibberig en glyerig wees!(2)

23 – Motor met ’n soliede kap, endeure en vensters wat gesluit kanword (5)24 – Hy belowe iets maklik, maardoen nie sy belofte gestand nie (7)25 – Verskansings of bolwerke (6)26 – Firestone, Dunlop en Michelin(5)

Af1 – Met een in jou wiel, gaan jy niever kom nie! (6)2 – Iemand wat belangrike brieweof boodskappe moet aflewer (7)3 – Onvoordelige (9)4 – As jou van Pienaar is, gaan ditjou bynaam word (4)5 – Fliekster Longoria of Mendes (3)

7 – Triomfeerder (10)9 – As jy wil weet of jou motorkoue én steiltes kan hanteer, moetjy in hierdie bergreeks in Europagaan ry! (4)10 – Die vorm van die meeste ouermotors se wieldoppe (4)14 – Hulle word dikwels op plaas­paaie doodgery (4)15 – Hier kon jy in jou motor na ’nfliek kyk! (4)16 – Oningewydes (4)17 – Met spoed (6)21 – Kwellings (5)22 – Betaling vir arbeid verrig (4)23 – ’n Motor met soveel silinderskan nogal gulsig wees met diebrandstof (3)

Porsche Macan

lSuzuki­blokkiesraaisel #3

Hyundai se skone Elantra, wat in 2012 as Suid­Afrika se Motor van die Jaar aangewys is, is on­langs opgeknap. Sy voorkoms is subtiel aangepas,maar die belangrikste veranderings is in die ka­juit, terwyl die vering ook verbeter is. Die Elantrais oor die algemeen goedkoper as sy teenstan­ders, maar is met minder lugsakke toegerus as,byvoorbeeld, die VW Jetta. | FOTO: QUICKPIC

Nuut

Elantra opgeknap

1 2 3 4 5

6

7 8 9 10

11 12

13 14 15

16 17 18

19 20 21

22

23 24

25 26

LUV — ’n Blink-nuwe sewe-sitplek Lewens Uitbundigheid Voertuig met klasleier brandstofverbruik.

Bespreek jou toetsritwww.SuzukiAuto.co.za

Prys sluit ‘n 4jr / 60 000km diensplan in

R159 900VA

NA

F

NUWE

BTW. ing

Gebruik die letters in die ge-kleurde blokkies om die

naam van een van Suzuki semotors te spel.

SMS jou antwoord en jounaam en van na 073 575 1774

voor of op Dinsdag 29 Julie. Neteen SMS per telefoonnommer.Deelname impliseer aanvaardingvan die voorwaardes wat opaanvraag beskikbaar is [email protected].

Die wenner ontvang ’n Explo-rer 4x4 Medibox wat ideaal isvir viertrekgeesdriftiges en mo-

toriste.Dié sterk,

kompakte, stof-digte noodhulp-tassie bevateenvoudigenoodhulpin-struksies en dieinhoud is innetjiese kom-

partemente verpak.Vir meer besonderhede bel

J. Pretorius by 082 793 7174 ofstuur ’n e-pos aan hom [email protected].

Gaan na www.medhealthcare-kits.co.za vir meer inligting.; Die wenner van Junie se4x4 Medibox is Neil Schoeman.

WenmetSuzuki

@ryveilig &@RapportInRat

facebook.com/Inrat

Verskaf deur XWord.co.zaGebruik die letters in die gekleurde blokkies om dienaam van een van Suzuki se gewilde motors te vorm

Die nuwe BMW M4 (koepee) en M3 (vierdeur) se verrigting is identies. Handrat ofoutomaties – dis jou keuse. Maar ons beveel die sewegang­ outomatiese DCT­rat­kas aan as jy die koepee kies, nie die sesganghandrat nie. Eerstens, die outo isvinniger. Tweedens, jou knieë word so lam as jy na die M4 kyk dat jy sukkel omdie koppelaar te trap. Pryse rondom R1 miljoen. | FOTO: BMW­PERSKLUB

Probleem met die linkerbeen

Net voordat die perde horings kry, het Porschese Macan in Suid­Afrika aangekom. Dink aan homas Porsche se vierdeur­Range Rover Evoque, of ’nkleiner Porsche Cayenne. Daar is drie weergawesbeskikbaar: die Macan S (R873 000), Macan SDiesel (R862 000) en Macan Turbo (R1 239 000).Lees Egmont Sippel se verslag oor die Macan inWeekliks. | FOTO: PORSCHE

Die Macan wat kan

BMW M4

Hyundai Elantra

27 Julie 2014 InRat 3| | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | |

Nuut

Die beste Alfas het nog altyd met baan-brekertegnologie, verleidelike bakwerken uitsonderlike werkverrigting en han-

tering gespog, en met die nuwe AlfaRomeo 4C-sportmotor word op hierdie tradi-sie voortgebou.

Net 28 maande nadat die konsepmodel op2011 se Genève-motorskou bekend gestel is, ismet die 4C se produksie begin. Nogal by dieMaserati-fabriek in Modena.

Sy stilering herinner aan dié van die drama-tiese 8C (2007) en die beeldskone Tipo 33Stradale (1967), die enigste ander Alfa tot nogtoe met ’n middel-gemonteerde enjin. Die 4Cse ontwerpsfilosofie is egter nader aan diévan die TZ2 van 1965, ’n 1600’tjie wat245 km/h kon haal, want liggewig-konstruksie-tegnieke word in hom vervolmaak. Danksy ’nkoolstofveselkajuit nes ’n F1-motor en ’n alu-minium-buisraam wat sy bakpanele dra, weegdie 4C net 895 kg – omtrent soveel soos ’n Ci-troen C1 of Toyota Aygo.

Omdat die enjin nie ’n klomp oortollige ge-wig saam hoef te sleep nie, hoef hy nie vrees-lik kragtig te wees om vinnige versnelling tekan gee nie. Die 4C se 176 kW en 350 Nmword uit ’n 1,75-liter-vierplaatstofie gehaal, enhy is blitsig. Die Alfatjie spring in net 4.5 se-kondes tot by 100 km/h, en sy gô raak eersop by 258 km/h.

Sy hantering vind ook baat by sy veerligtelyfie. Omdat die enjin in die middel gemon-teer is, draai sy stuurwiel selfs sonder krag-hulp lekker maklik, terwyl hy die bestuurderduidelik laat weet hoeveel padgreep beskik-baar is. Sy wiele sit op die hoeke van die bak-werk, wat hom vasvoetig maak en wanneerdie 4C uiteindelik begin gly, hou sy elektro-niese beheerstelsel (Alfa se DNA-stelsel) homsteeds stabiel en maklik om te beheer.

Bestuursentoesiaste sal beslis sy gedrag op’n renbaan waardeer.

Die Alfa Romeo 4C se kajuit is ’n toonbeeldvan eenvoud. Moenie elektriese sitplekverstel-ling verwag nie, want dit sal hom swaardermaak. So ook ’n sondak, navigasiestelsel enrakkies in die deure. Daar is genoeg kop- enbeenruimte beskikbaar, selfs vir lang insitten-des, maar sy kompakte afmetings beteken datdie 4C geensins prakties is nie. Sy bagasiebakis net-net groot genoeg vir ’n skootrekenaar,aktetas en gimnasiumsak, en omdat sy dak sona aan die grond is, moet lang mense laagbuk om in te klim.

Hierdie knelpunte vervaag wanneer mensdie sleutel draai en sy enjin se asemteue byjou regteroor hoor. Wanneer jy die knoppiedruk om eerste rat te kies, voel dit of die karsy spiere saamtrek, reg om uit die wegspring-blokke te skiet. Sy versnelling is moeiteloosen baie vinnig, deels omdat sy dubbelkoppe-laar- outomatiese ratkas oombliklik op die rat-spane reageer. Hy vermaak sy bestuurderdeur te dans op ’n kronkelpad, en hy rem ofhy by ’n sandput ingery het.

Die enigste ander sportmotor met ’n mid-del-gemonteerde enjin, en naastenby dieselfderigprys as die 4C se R870 000, is die uitste-kende Porsche Cayman S.

Die Porsche het egter ’n 3,4-liter-enjin nodigom soortgelyke verrigting as die vlieggewig-Alfa te kan lewer omdat sy bakwerk veel gro-ter en swaarder is. Daardie ekstra gewig bete-ken dat hy nie so rats soos die 4C kan dansnie, al versnel hy net so vinnig.

Die 4C se slanke lyf maak sy uitstekendepadgedrag moontlik en bewys dat slim-, doel-treffende ontwerp allesbehalwe vervelig hoefte wees.

Met net 20 handgeboude motors wat jaar-liks na Suid-Afrika sal kom, is die Alfa Romeo4C ’n eksklusiewe junior supermotor metslimtegnologie en hy bied ’n wonderlikebestuurservaring. En dalk, nes die 8C, TZ2 enTipo 33 Stradale, word hy ook in die toekoms’n versamelstuk en ontwerpersmylpaal.– Martin Pretorius

Alfa Romeo 4C

Mylpaal . . . Alfa Ro­meo se radikale 4C,wat nuwe bou­ enbestuur­standaardestel danksy die mildegebruik van gevorder­de materiale.FOTO: NEWSPRESS

4C ’n junior­supermotor

dieselfde kwaliteit, meer vertroue

5-JAAR/150 000 km

Verhoogde gemoedsrus is deel van die koopprys.

VOLLE INSTANDHOUDINGSPLAN

Aanbod beskikbaar vir ‘n beperkte tyd op alleSubaru Forester en Outback modelle.

Subaru Outback 2.0 Diesel word verleng na 5-jaar/100 000km

SMS jou naam na 44984 vir ‘n toetsrit of #askSubaru vir meer inligting.Standaard SMS tariewe geld.

Kontak u naaste handelaar vir meer inligting:

SUBARU BRYANSTON011 463 2400 SUBARU CENTURION 012 653 7309 SUBARU JOHANNESBURG 011 622 0260SUBARUCAPE TOWN 021 430 8000SUBARU SOMERSET WEST 021 853 8618SUBARU EAST LONDON 043 701 6400SUBARUPORT ELIZABETH 041 453 3430SUBARU DURBAN 031 365 6600SUBARU PIETERMARITZBURG 033 342 9922SUBARUBLOEMFONTEIN 051 448 6000SUBARU NELSPRUIT 013 753 3407

WWW.SUBARU.CO.ZA

SUBARU GABORONE 00267 390 7351INTERNASIONAAL:SUBARU WINDHOEK 00264 61 245 770

4 InRat 27 Julie 2014| | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | |

Nuut

Die briljante nuwe Subaru WRX (of“Rex”, soos sy vriende homnoem) is ’n atleties dog gerieflike

sportsedan en bied waarde vir geld ge-meet aan sy teenstanders.

Subaru-fanatici is egter meer opge-wonde oor ’n spesiale Rex wat nie heel-temal so beskaaf is nie en soos vanouds ’n reuse-drukvlerk breëbors dra.

Sy naam is ook WRX, maar daar komdrie belangrike letters by: STI.

Terwyl die nuwe WRX gevuur worddeur ’n verfynde nuwe tweeliter-enjin,bulder die nuwe WRX STI ’n oerklankuit met sy voorganger se 2,5-liter-enjin,gekoppel aan dieselfde sesgang-handrat-kas. Dié masjien ontwikkel steeds221 kW en 407 Nm (teenoor Rex se197 kW en 350 Nm), genoeg om hom in4.9 sek. tot by 100 km/h te stu. Maar syouer tegnologie as die WRX se tweelitermaak hom gulsiger by die pomp. Dieamptelike verbruiksyfer van 10,4 li-ter/100km is haalbaar – mits die petrol-pedaal sagkens gedruk word.

Die sterker enjin met sy roggelendeklankbaan is net een faset van die nuweSTI se karakter. Die nuwe veerstelselverbeter die WRX se reeds uitmuntendehantering en laat die STI aan enige pad-oppervlak vassuig, maar boet rygerief inteenoor die WRX.

Die WRX se elektriese kragstuur is

uitgesmyt deur ’n hidrouliese stelsel,wat selfs vinniger reageer en verbeterderemme sorg dat hy sy ekstra spoedmaklik kan afskud. Die simmetrieseviertrekstelsel het nou ook elektronieseewenaarbeheer wat die krag na die wie-le met die meeste padgreep gelei.

Die WRX se metamorfose in ’n STIverander hom in ’n verrigtingsmotorvan formaat. Sy padgreep is oënskynlikonuitputbaar, hy verander amper tele-paties van rigting en sy werkverrigtinglaat jou rybewys bewe van vrees.

So subtiel en afgerond soos die WRXse bestuurservaring is, so uitdagend isdie WRX STI s’n. Hy is nie ’n befoeter-de boerboel wat heeltyd ’n wakendeoog vereis nie, maar pendelwerk is niesy kos nie. Hy sal veel eerder oor ’nbergpas vlieg of sy bestuurder laat grin-nik deur ’n renbaan se draaie.

Die STI se binneruim is grootliksidenties aan die WRX s’n, behalwe virrooi panele in die sportsitplekke se be-kleedsel en skakelaars agter die ratkie-rie waarmee die middelewenaar se glipen die enjin se wringkragkurwe verstelword. Die STI bevat al die WRX seluukshede soos ’n tru-kamera, sondaken elektriese verstelling vir die bestuur-der se sitplek. Dis miskien nie die aan-treklikste binneruim nie, maar die ma-teriaal- en bougehalte is deurgaans

goed. Subaru se volledige instandhou-dingsplan vir drie jaar of 75 000 km isook ingesluit.

Die STI se uitsonderlike hantering enverrigting vra ’n vet beursie. Sy koop-prys van R599 900 is R150 000 meer as’n handrat-WRX s’n, en hoewel die STImeer pret agter die stuurwiel bied, saldie regverdiging vir die prysverskil af-hang van die koper se behoeftes. Dienormale WRX bied ’n haas onweer-staanbare balans tussen gerief, puikpadgedrag en laer brandstofverbruik,maar die STI is die eerste keuse vir en-toesiaste wat ware Subaru-malligheidkan waardeer. Die Subaru WRX STI isveel meer as ’n vinniger WRX – hy iseintlik ’n verbasend bekostigbare sport-motor. – Martin Pretorius

PRYS R599 900ENJIN 2,5 liter; vier silinders (plat);221 kW en 407 NmRATKAS Sesganghandratkas, vierwielaan-drywingVERRIGTING 0-100 km/h in 4.9 sek. en255 km/h topsnelheid; 10,4 liter/100 kmOORWEEG OOK Audi S4-sedan

Subaru WRX STI

Die STI, die stoutste weergawe van Su­baru se nuwe WRX­reeks en ’n verbete­ring in amper elke opsig op sy voorgan­gers. | FOTO: NEWSPRESS

Moenie mislei word deur sy kam-ma-bosbreker of hoekige wielnis-

se nie: Die ergste terrein wat ’n Toyo-ta Etios Cross sal kan baasraak, is diegrondpad na die kwekery toe of diesypaadjie by die poskantoor – mits ditnie te hoog is nie.

Dink eerder aan daardie swart be-kleding oor die wielboë en langs syflanke as pantser teen die soort skadewat motors in parkeergarages deurwinkeltrollies opdoen.

Die Cross se silwerkleurige dakre-lings kan ’n vrag van 50 kg dra, ombergfietse of branderplanke rond tery. Sy nuwe allooiwiele is mooier asdie normale luikrug-Etios se plastiek-wieldoppe, en hulle is geskoei metBridgestone-bande, wat sy padhouver-moë verbeter.

Die Etios Cross se binneruim weer-spieël ook sy verhoogde koopprys,want sy voorpaneel het ander plastiek-insetsels wat hom heelwat netjieserlaat vertoon. Die nuwe Bluetooth-ver-soenbare radio is baie makliker om tegebruik as die gewone Etios s’n, ennuwe swart materiaal-bekleedsel metwit stikwerk kikker die sitplekke op.

Meganies is die Cross identies aandie basiese modelle, met ’n 1500-enjinwat 66 kW en 135 Nm lewer. Dis om-trent dieselfde as die Renault SanderoStepway, maar minder as die VW PoloVivo Maxx en GWM C20R. Die EtiosCross is gelukkig ’n veergewig en daar-om kry sy kragbron hom flink aan diedraf.

Die Etios verskil dus net kosmetiesvan die Etios Cross, maar die verbete-ringe maak die Cross veel aanloklikeras die basiese modelle. Die kajuit is ’nheelwat aangenamer plek as voor-heen, die nuwe radio werk goed (alhet hy steeds nie verstelknoppies opdie stuurwiel nie) en die Bridgestone-bande sorg vir ’n lekker gemaklike rit.

Dit klink ook asof daar nou minderkajuitgeruis is as in die eerste Etios’e,maar dit mag ’n verbetering wees watmet die onlangse opknapping van diebasis-modelle aangebring is.

Die Etios Cross se sterkste eienskapis sy prys. Teen R159 800 is hy net-netgoedkoper as die Renault Stepway,maar heelwat goedkoper as die VivoMaxx en GWM C20R. Lugreëling, krag-stuur, elektriese vensters, twee lugsak-ke en ’n diensplan vir twee jaar of30 000 km is ingesluit by sy prys.

Sulke gepantserde luikruggies is ’nlekker alternatief tot die valerige basis-modelle, en die Etios Cross staan be-slis sy man in hierdie hoekie van diemotormark – al sal hy homself boeg-lam skrik vir enigiets meer veeleisendas ’n grondpad. – Martin Pretorius

Omdat hy nie ekstra penshoogte of ’n4x4­stelsel het nie, is die oulike Crossnie geskik vir veldrywerk nie.

| FOTO: QUICKPIC

Stadskarretjiegepantser virparkeerplek

Toyota Etios Cross

Sedert die eerste geslag van die Nis-san Qashqai in 2007 bekend gestel

is, het kopers dié dubbelverdieping-luik-rug gretig opgeraap.

Hy het uit die bestaande motornisseweggebreek. Hy was omtrent so grootsoos ’n Volkswagen Golf, maar met syekstra penshoogte het hy amper soos ’nsportnutsvoertuig gelyk, terwyl sy hoërdak meer binne- en bagasieruimte ge-skep het. Die nuutste model gebruikdieselfde formule, maar met mooi, mo-derne stilering en vars tegnologie.

Mens herken amper nie die nuwe ge-slag as ’n Qashqai nie. Sy aantreklikebakwerk meng nou vloeiende lyne,skerp hoeke en bultende modderskermsmet ’n fronsende vooraansig. Die deureen modderskerms word steeds deurswart plastiekpanele beskerm, maaromdat dié nou in ’n wigvorm tot onderdie agterbuffer loop, vertoon die nuweQashqai meer vaartbelyn.

Die kajuit is ook heelwat mooier, metafwerking wat ewe tuis in ’n luukse se-dan sal wees. Sy kajuitruimte het saammet sy algehele lengte en asafstand ge-

groei, maar vergeet van ’n nuwe “+2”-sewesitplekmodel: die nuwe Qashqai isnet in vyfsitplek-gewaad beskikbaar.

Daar is heelwat oulike speelgoed opdie opsielys soos Nissan Connect, watdeel vorm van die R16 700-TechnoPack. Dié multimediastelsel sluit ’n navi-gasiestelsel in en praat ook met jou sel-foon om onder onder meer jou Face-book-bladsye op sy kleur-raakskerm oopte maak, natuurlik net wanneer die mo-tor staan. Daardie raakskerm kan ook ’n“lugfoto” van die motor en sy omge-wing wys, danksy ’n klomp kameras omdie kar.

Dis tegnologie vir ’n duur motor hier-die, en die Qashqai is een van die eer-ste kompakte motors wat dit bied.

Die modernisering gaan voort ondersy enjinkap, want die meeste enjins het,soos die hedendaagse neiging bepaal,gekrimp. Alle handratkaste het sesgange, en slegs die 1,5-liter-turbodiesel-enjin, met 81 kW en 260 Nm, word oor-geneem van die ou model. Hy gebruik’n handratkas en voorwielaandrywing,en behoort danksy ’n billike rigprys vanR330 500 die gewildste te wees.

Sy verrigting is nie aardskuddend nie,maar sy brandstofverbruik is net 4,2 li-ter/100 km. Die ou tweeliter-turbodieselis vervang deur ’n 1,6-liter met 96 kWen 320 Nm, wat ’n keuse van twee rat-kaste bied: ’n handratkas gekoppel aan’n elektronies beheerde viertrekstelselof ’n weergawe met voorwielaandry-wing en ’n palwissel-ratkas (CVT).

Hul verbruik is tussen 4,9 en 5,3 literper 100 km.

Die enigste petrol-opsie is ook ’nkleintjie. ’n Turbo-1200 lewer 85 kW en190 Nm, wat kragtiger is as die ou (tur-bolose) 1600, met amptelike brandstof-verbruik van net 6,2 liter/100 km.

Die intreevlak-1200 kos R281 900, ter-wyl die duurste 1600-diesel ’n hap vanR383 800 uit jou sak sal vat. Dis aan dieduur kant, maar sluit ’n versienplan virvyf jaar of 90 000 km in. Sy hope ruim-te, uitstekende ritgehalte en omvattendestandaardtoerusting regverdig daardiepryse. Dieselfde formule – net mooier,slimmer en ligter op brandstof – sorgdat die Qashqai die leier in sy markseg-ment sal bly. – Martin Pretorius

Die ekstra uitstrek­ruimte is baie welkomen tesame met sy baie stil kajuit engladde rygerief sal die Qashqai ’n heer­like langpad­ of toermotor te wees.

| FOTO: QUICKPIC

Qashqai opelke vlaknog beter

Nissan Qashqai

Sportmotors,maak plek

27 Julie 2014 InRat 5| | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | |

Promosie

Ertiga is watSA nodig het

Sou dit nie lekker gewees het asjou motor genoeg laaiplek gehadhet vir die palmboom wat jy by

die hipermark se uitverkoping gekryhet – sonder om jou passasiers op ’nhoop te druk nie? Die kinders sal dalkook (effens) minder baklei as hulle ver-der van mekaar kan sit, nie waar nie?

Spasie vir die nasieMaar so welkom soos ekstra ruimte is,so belangrik is bekostigbaarheid en laegebruikskoste. ’n Praktiese motor moetook goed toegerus wees en maklik be-stuur, want niemand wil in verstikken-de spitsverkeer met ’n stram ratkasstoei nie. Die ideale elkedag-kar moetenige rol kan vervul, sonder om ’n for-tuin te kos.

Nou kan Suid-Afrikaanse gesinne ein-delik so ’n ryding bekom. Die SuzukiErtiga bied presies wat ’n mens nodighet: die vryheid om te doen wat jy wil,wanneer jy wil. As jy passasiers wil ver-voer, is daar sewe sitplekke wat geskuifkan word om almal byna net so gerief-lik soos in jou sitkamer te laat ontspan.

Groot vragte? Kinderspeletjies. DieErtiga se agtersitplekke vou weg omjou vrag op te vreet. Klein of groot pas-sasiers, min bagasie of baie, die Ertigase veelsydigheid hanteer lag-lag enigesoort vrag.

Ruim maar ratsMet voorwielaandrywing en ’n wakker1,4 liter-enjin wat hy van die SuzukiSwift gekry het, bestuur die Ertiga soossy sportiewe klein boetie. Behalwe datsy voorwielaandrywing sorg vir foutlo-

se, veilige padhouvermoë, rek dit ookdie kajuit se ruimte: die hele aandryf-stelsel lê voor die kajuit, nie in die mid-del van sy vloer af nie. Die Suzuki Erti-ga gee die ruimte wat hy met hierdieontwerp spaar net so vir sy passasiers.

Koel komkommerSy kajuit bied nie net genoeg ruimte viralmal om hulle uit te strek nie, maarook die gerief van verstelbare rugleu-nings en lugversorging. Die plafon in

die Ertiga GL en GLS huisves ’n ekstrastel luguitlate met waaiers om te sorgdat almal koel en kalm bly, terwyl dieklankstelsel vir vermaak van jou slim-foon af sorg.

Die Suzuki Ertiga se onderstel is ont-werp om gemaklik op onvoorspelbarepaaie, soos Suid-Afrika s’n, te ry. Slagga-te en spoed-hobbels is dus nie vir dieErtiga se soepel vere enige uitdagingnie. Die ingenieurs het verder spesialemoeite gedoen om die enjin en bandese geruis uit die kajuit te hou, terwylsy gladde vorm sorg dat die wind omhom fluister en nie huil nie – iets watdie kinders hopelik ook sal doen.

Bekostigbaar in alle opsigteVeiligheid is ewe belangrik, en hier kykdie Suzuki Ertiga ook mooi na sy men-se. Hy is behoorlik op die pad geplant,en met sy elektriese kragstuur hanteerhy voorspelbaar en veilig. ABS-remmeen twee lugsakke is standaardtoerus-ting in alle Ertigas.

Suzuki se legendariese betroubaar-heid en doeltreffende enjins betekendat jy nie gereeld by die werkwinkel ófvulstasie gaan aandoen nie. Die waar-borg geld drie jaar of 100 000 km, en syversieningsplan sorg dat dienste, metintervalle van 15 000 km, vir die eerstevier jaar of 60 000 km deur Suzuki be-taal word. Die petrolprys gaan jou ooknie te veel pla nie, want die Ertiga ge-bruik net 6,6 liter per 100 km.

Daardie lae petrolverbruik wordmoontlik gemaak deur die beproefdeK14B-enjin. Hierdie 1400-enjintjie lewer’n stewige 130 Nm teen 4 000 r/min en

70 kW teen 6 000 r/min, en sorg virflink werkverrigting danksy die Ertigase ligte bakwerk.

So veel vir so minJy kan kies tussen ’n vyfganghandrat-kas of ’n outomatiese ratkas.

Die mees bekostigbare Suzuki Ertigais die GA met handratkas. Hy kos netR159 900, en is toegerus met kragstuur,lugversorging, ABS-remme en dubbelelugsakke. Die GL-handrat (R179 900)voeg ’n klankstelsel met ’n USB-poort,elektriese vensters en sentrale sluitingby, saam met die ekstra luguitlate virdie agterste passasiers en luukser be-kleedsel vir sy sitplekke. GL-modelle isook beskikbaar met die outomatieseratkas en kos R194 900. Die luukse GLShet stylvolle 15-duim-allooiwiele, radio-knoppies op die stuurwiel, misligte en’n verbeterde klankstelsel met ses luid-sprekers. Hy kos R192 900 (handrat) enR207 900 (outo).

Die Ertiga is ruim en veelsydig, maarklein genoeg om maklik te parkeer. Hy’sook vasvoetig, gerieflik, bekostigbaarom te koop en ekonomies om aan diegang te hou. Met ander woorde, die Su-zuki Ertiga is die motor wat Suid-Afrikaregtig nodig het.

Dis hoekom hierdie ryding nog baievriende op ons paaie gaan maak.

PRYSE1.4 GA-handrat – R159 9001.4 GL-handrat – R179 9001.4 GL-outomaties – R194 9001.4 GLX-handrat – R192 9001.4 GLX-outomaties – R207 900

Die Ertiga is die ideale elkedag­kar, maar ook ’n ontspanningsvoertuig.

’N UITSTAPPIE NA DIE KWEKERY, DIE MAANDELIKSEINKOPIES, ’N WEGBREEK-NAWEEK SAAM MET DIE GE-SIN: DIS WANNEER EKSTRA RUIMTE IN ’N MOTORBAIE WELKOM IS.

Suzuki Ertiga

Die sewe sitplekke kan in ’n verskeidenheid formasies geskuif word.

Die Ertiga is bekostigbaar, maar met hoperuimte binne.

6 InRat 27 Julie 2014| | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | |

Oor dekades heen al word syweergawes, van die nederige en-kelkajuit-werkesel tot die weel-

derige dubbelkajuit-model, suksesvol vir’n wye verskeidenheid take en doelein-des gebruik.

Die Hilux se veelsydigheid, betrou-baarheid en duursaamheid het ook ge-lei tot allerhande spesialis-weergaweswat doelbewus vir spesifieke take ont-wikkel is – en daarom kry mens vandag’n Hilux ’n kilometer onder die grond,kilometers hoog teen ’n bergwand ofletterlik aan die einde van die aarde indie Antarktiese yswoestyn.

Danksy dié reputasie van taaiheid isspesiale Hilux-modelle vir die mynbe-dryf ontwikkel, en van hulle (met roes-werende bakwerk) het nog nie weer diedaglig aanskou sedert hulle in ’n don-ker mynskag laat sak is nie.

Hilux-bakkies is ook al omgebou omas wildbesigtigings- of bergreddingsry-tuie diens te doen, ook as veldry-ambu-lanse of ekspedisie-leiervoertuie (soosFrancois Rossouw van die RSG-4x4-klubvan kan getuig), en ja, selfs vir militêredoeleindes.

Om nie eens te praat van die 20 stuksaangepaste bakkies wat nou in Antark-tika gebruik word nie. Feit is, hoe ver-der van die grootpad, hoe meer Hiluxevind jy.

Dit is juis hierdie veelsydigheid wathom ook aantreklik maak vir weten-skaplikes en navorsers – veral diegenewat hul werk in afgeleë, onherbergsamegebiede moet doen.

Wat dít betref, het Gerhard Groene-wald van die Klipbokkop-4x4-akademie,naby Worcester in die Wes-Kaap, heel-wat ondervinding.

Benewens 4x4-opleiding, toetse virbandvervaardigers, hulp met bekend-stellings en ander aktiwiteite, is hy al14 jaar by die jaarlikse Enviro Outreach-

program betrokke.Hierdie uitreikprogram het sy ont-

staan te danke aan die Eko-4x4-uitda-ging, wat in 2000 die lig gesien het.

Die uitdaging het oor die jare in ’nmeer omgewingsgesinde aktiwiteit ver-ander en in 2008 is dit amptelik die En-viro Outreach gedoop.

Die doel daarvan was aanvanklik omsteun aan wild- en omgewingsbewa-ringsgroepe te verskaf om afgeleë ge-biede vir opleidings- en navorsingsdoel-eindes te kan besoek.

In samewerking met die Wildbewaar-dersvereniging van Afrika (GRAA), dieSuider-Afrikaanse Wildlewekollege(SAWC) en die Vredesparke-stigting(PPF) het ’n span veldwagters en oplei-dingspesialiste van die GRAA en dieSAWC kernbewaringsgebiede in Afrikabesoek.

Daar het hulle met bestuurders enveldwagters saamgewerk om die be-

hoeftes ten opsigte van opleiding, be-stuur en infrastruktuurontwikkeling tebepaal.

In 2008 het die span van die Twana-na-kamp in die Krugerwildtuin vertreken parke soos Gorongoza in Mosam-biek, Suid-Luangwa, Laer-Zambesi enSioma Ngwezi in Zambië, en Chobe inBotswana besoek – ’n strawwe en uiterssuksesvolle tog van sowat 6 500 kmdeur afgeleë gebiede van bewaringsbe-lang.

Die volgende jaar is hierdie inisiatiefvoortgesit met ’n opvolgbesoek aanhierdie parke, asook ’n park in Zimbab-we, om die opleiding en bewaringswerkte monitor.

“Dit was ongelooflik om die vorderingmet bewaringsinisiatiewe te kon sien,”sê Groenewald. “Die opleidingsprogram-me het ons uiters bewus gemaak vandie uitdagings wat wild- en omgewings-bewaring in Suider-Afrika in die gesigstaar.

“Daarom was dit verblydend om tesien watter vordering in ’n jaar se tydgemaak is. Maar dit was nie al nie, onsveldwagters en navorsers het baie vanalternatiewe bewaringsmetodes by onskollegas in ander lande geleer.”

Volgens hom het die Hilux-voertuie

hulle uitmuntend tydens hierdie straw-we Afrika-togte gedra, en die ergste te-rugslag was ’n pap band of twee en ’ndruppel olie hier en daar.

In 2010, in sy tiende bestaansjaar enin die internasionale jaar vir biodiversi-teit, is die International Barcode of Life(iBOL)-projek deur die Enviro Outreach-program gesteun deur drie biodiversi-teit-brandpunte in Suid-Afrika te be-soek.

Die iBOL-projek se ambisieuse doel isdie klassifisering van alle plant- en die-relewe se DNS sodat dit ingesluit kanword in ’n toeganklike databasis (ge-naamd die Barcode of Life Database ofBOLD).

Toyota Hilux-bakkies is gebruik omwetenskaplikes vir hul monster-insame-ling vir dié projek na die vetplantrykeKaroo, die Kaapse blommeryk en dieMaputuland-Pondoland-Albany-streek tevervoer met die doel om 1 500 spesiesse DNS te kodeer. Hierdie mikpunt issuksesvol bereik en oorskry.

Die daaropvolgende jaar het EnviroOutreach dit vir ’n multi-wetenskapliketaakgroep moontlik gemaak om dieiSimangaliso-vleilandpark in KwaZulu-Natal te besoek, en verskeie skaars spe-sies, selfs een wat as uitgestorwe be-skou is, is gevind.

In 2012 is meer as 750 spesies, ver-teenwoordig deur 1 450 individuelemonsters, asook ’n seldsame slakspesie,laas in 1800 opgeteken, en seldsame vis-spesies in die fynbos-koninkryk in dieWes-Kaap gevind.

Verlede jaar was die hoogtepunt ty-dens ’n besoek aan die uiters dorre Ga-riep- en boonste Nama-Karoo-streke indie Noord-Kaap die ontdekking van ’nskaars spesie plant wat sewe jaar gele-de laas gesien is.

“Met al hierdie ekspedisies het die Hi-lux-voertuie weer eens hul staal gewys.

“Van die voertuie het al meer as300 000 km in uiters moeilike veldry-omstandighede afgelê, maar gaan lê ismin,” het Groenewald gesê.

“Dis waarom hierdie geharde bakkiesaangewend word vir al die take waar-voor g’n ander kans sien nie.”

Van die Hilux-bakkies wat deur dieKlipbokkop-akademie gebruik word, isook gebruik in die Viertrek-gedenktogom die Groot Trek van 175 jaar geledete gedenk. ’n Dokumentêre programhieroor word oor kykNET uitgesaai.

Navorsing oor die fynbos op die plaas Klipbokkop, naby Worcester, met die Brandvleidam op die agtergrond. | FOTO’S: QUICKPIC

IN DIE 45 JAAR DATTOYOTA SE HILUX ALPLAASLIK VERKRYG-BAAR IS, HET DIÉ RY-DING SY ALSYDIGHEIDDEEGLIK BEWYS.

Dr. Michellevan der Bankvan die UJen iBOL­pro­jekleier inSuid­Afrikaen GerhardGroenewald.

Promosie Toyota Hilux

’n Voertuigvir alle take

Ál warmerin ‘kombuis’Ons bak en brou nog aan InRaten Toyota Hilux se digitale#Where2Next-kompetisie en saldit in die volgende uitgawe vanInRat bekendstel.

Vingers op die knoppies . . .

27 Julie 2014 InRat 7| | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | |

MotorSport

Nico se Duitse droomweekFormule Een: Duitse oorheersing

Dit was ’n droomweek vir Nico Ros-berg en die Mercedes-renspan.

Nie net is Rosberg getroud nie en syland het in die Wêreldbeker-sokker geseë-vier nie, maar toe wen hy ook op Hocken-heim – die eerste keer in die moderne F1-era dat ’n Duitse jaer in ’n Duitse renmo-tor in die Duitse Grand Prix wen.

Wyl Rosberg die ren van begin tot eindeoorheers het, was dit die vertoning vanLewis Hamilton, sy Britse spanmaat enwenner in die Britse Grand Prix, wat diekollig gesteel het. Hamilton het van 20steop die wegspringrooster deur die renveldgesny om uiteindelik derde te eindig,maar sy terugvegpoging was nie sondervoorval nie: hy het ’n stuk van sy motorse voorvlerk verloor en bandmerke opverskeie opponente se karre gelaat . . .

Hy was gelukkig om nie gepenaliseer teword nie, veral ná sy onderonsie met dieFerrari’s van Kimi Räikkönen en FernandoAlonso, asook sy stryd met Jenson Button(McLaren).

Teen die einde van die ren was hy opdie Fin Valtteri Bottas (Williams) se hakke,maar weens die skade aan sy Mercedeskon hy nie verbykom nie, en Bottas wastweede ná nog ’n uitmuntende vertoning.

Sy spanmaat, Felipe Massa, was uitersongelukkig deurdat sy motor kort ná die

wegspring deur die Deen Kevin Magnus-sen se McLaren getref en omgedop is. Hywas ongedeerd.

Ook die stryd tussen Alonso en die RedBull-jaers Sebastian Vettel en Daniel Ricci-ardo was aanskoulik, met Vettel wat uit-eindelik vierde was, gevolg deur Alonsoen Ricciardo.

Rosberg is nou 14 punte voor Hamilton,met Ricciardo derde en Alonso vierde. Indie vervaardigerskampioenskap is Merce-des ligjare voor, gevolg deur Red Bull, metWilliams, wat Ferrari verbygesteek het, indie derde plek.

SA Tydrenne: Weer Cronjé en FordDie Volkswagen-tydren in die Oos-Kaaphet Mark Cronjé en Robin Houghton(Ford-handelaarspan-Fiesta) hul tweedeopeenvolgende oorwinning in die nasiona-le tydrenreeks besorg. Die Ford-jaers was90 sekondes voor hul aartsteenstandersLeeroy Poulter en Elvené Coetzee (CastrolToyota Yaris) met Hans Weijs en Bjorn De-gandt (VW Polo) derde, nog twee minuteverder agtertoe. Met dié sege is die Ford-paar nou vierde in die kampioenskap, metPoulter en Coetzee wat nog voorloop.

SA Veldrenne: Hilux tem woestynrenDie Castrol-Toyota Hilux-spanne hetskoonskip gemaak in die uitmergelende

Toyota 1000 Kalahari-Botswana-ren metAnthony Taylor en Dennis Murphy eersteoor die wenstreep, gevolg deur hul span-maats, Leeroy Poulter en Rob Howie, metdie Malelane-Toyota Hilux-paar, Johan enWerner Horn, derde.

Toyotas het ook in klasse S en T geseë-vier. Taylor en Murphy loop nou met 29punte voor, gevolg deur die Horns, metdie Ford Racing-Ranger-jaers ManfredSchröder en Japie Badenhorst wat sewen-de was in die woestynren, twee punte ag-ter hulle in die derde plek.

Gary Berthold en Siegfried Rousseau(Atlas Copco-Ford Racing-Ranger) het met’n vierde plek in die woestynren ook ’ngratis plek in die Dakar-ren in Suid-Ameri-ka ontvang deur in die Dakar-uitdagingvir private jaers te wen.

In die spesialevoertuig-kategorie het diepa-en-seun-span Wichard en HermannSullwald, dié keer met die jong Wichardagter die stuur van hul Elegant Fuel-Stry-ker, geseëvier.

Kyalami bly as renbaan behoueKyalami-renbaan is Donderdag vir

R205m aan Porsche en Ducati se Suid-Afrikaanse baas, Toby Venter, verkoop.Venter sê dit sal ’n renbaan bly, ná vresedat dit as winkelsentrum of behuising her-ontwikkel sal word. – Ferdi de Vos

Die jong Suid­Afrikaner Kelvin van derLinde, wat onlangs die 2014 Jaer van dieJaar­prys vir belowende jong jaers vandie FIA, die internasionale beheerliggaamvir motorsport, ontvang het. Van der Lin­de (18), as Afrika se verteenwoordiger,het die beste gevaar in die sewe maandelange program, wat vyf werksessies, by­gewoon deur tien jong jaers van agt lan­de, ingesluit het. | FOTO: QUICKPIC

In die land van roekelose be-stuurders is die een met ’n vi-

deokamera koning.Voorruitkameras in motors is

nie meer net Uncle Sam se poli-sielede beskore wie se beeldma-teriaal later op YouTube of werk-likheidstelevisie verskyn nie.

Nou kan Jan en alleman ook ’ntoegewyde stel elektroniese oëop die pad hê in die vorm van’n kamera wat aan jou voorruitof paneelbord vassit.

Die elektroniese-navigasie-reusGarmin het onlangs sy DashCam-kameras in Suid-Afrika be-kend gestel. Hoe werk dit?

Sodra die motor se enjin aan-geskakel word, neem die DashCam se wyehoeklens deurentydhoëdefinisie-video.

Die Garmin Dash Cam het ’ninterne G-sensor wat groot steu-rings soos skielike remaksies of’n botsing “voel”. Indien die sen-sor geaktiveer word, word dieopname geberg en gesluit sodatdit nie maklik verander of uitge-vee kan word nie.

Die G-sensor se sensitiwiteitkan verstel word, maar om diesensitiwiteit te verhoog lei totonnodige aktiverings.

Garmin sê die Dash Cam kanteen ’n baie hoë resolusie van1 080 p vir 48 minute lank op-neem op die verskafde 4 GB-ge-heuekaart, maar dit word aanbe-veel om ’n groter kaart aan teskaf. Die resolusie kan ook laergestel word (720 p) vir meer op-nametyd.

Met die stilfoto-gerief kan fo-to’s van ’n ongelukstoneel enskade geneem word.

Motoriste oorsee gebruik diésoort kameras al hoe meer ombewyse te hê indien hulle ’n ver-sekeringseis moet indien. Voor-ruitkameras verlaag premies enverskaf nodige bewyse vir verse-keringseise.

Volgens Santam en Outsuranceword voorruitkameras plaasliknie as ’n vereiste vir motorverse-kering geag nie. Dit verlaag ooknie die motoreienaar se premienie.

Nietemin meen plaaslike verse-keraars dat beeldmateriaal dieeisproses vergemaklik.

Mathys Thompson van GarminSuid-Afrika sê die Dash Cam kanas ’n “bemiddelaar” op ’n onge-lukstoneel dien.

“Die Dash Cam word ’n oogge-tuie vir die gebruiker: dit verteldie waarheid en bekamp stryeryoor wat gebeur het en wie diebotsing veroorsaak het,” sê hy.

“Gebruikers kan ook vakansie-ryery en mooi roetes vaslê.”

Dis nie troos vir die R3 000wat die Garmin Dash Cam 20 jouuit die sak jaag nie. Dit dien as’n bemiddelaar in uitsonderlikegevalle, maar dalk is ’n aksieka-mera (soos ’n GoPro) van meerwaarde. Dit kan die werk van ’nDash Cam doen, maar jy kan ditook gebruik wanneer jy en joukano met die Oranjerivier sestroomversnellings stoei.– Simon Sonnekus

Garmin seDash Cam,wat jou rei­se opneem.

Dash Camhou ogieop die pad

Garmin Dash Cam 20

Ek is ’n student en studente weet nie vanbeter nie. Ons het slegs basiese vereistes

as dit by motors kom. Ons soek iets wat niegaan staan nie, praktiese pakruimte vir kastebier en Oppikoppi-tente én die petrolnaaldmoet darem uit die rooi lig as ons ons laasteR100 aan die petroltenk skenk.

As jy jou tjomme met jou stel wiele kan be-indruk, is dit ’n groot bonus. Volkswagen seopgeknapte Polo Highline DSG voldoen aan aldié kriteria.

Diegene wat hul staal by die verkeersligtewil wys, kan opgewonde raak, want die Polose nuwe 1,2-liter-turbo-enjin is so angstig soos’n windhond om te hol. As jy voet in die hoeksit, sorg die turboaanjaer dat 81 kW en 175 Nmjou blitsig van koshuis tot drankwinkel en te-rug kry.

Indien jy meer van ’n marathonatleet is,kan jy en jou beursie ook sag slaap, want hyhanteer sy drank goed: die sewegang-dubbel-koppelaar-DSG-ratkas sorg dat hy amptelikslegs 5,1 liter petrol per 100 km gebruik, alwas ons syfer nader aan 6,3 liter per 100 km.

Die 280-liter-bagasiebak sal ’n Oppikoppi-naweek se tente, tasse en koelbokse kan han-teer, maar die kampstoele sal op die agtersit-plek moet lê. As jy nie van naweke in die gra-madoelas hou nie, sal vier volwassenes metmin bagasie maklik inpas.

Die binneruim was ook onder die mes enheelwat silwerkleurige plastiek pryk ongeluk-kig nou op die paneelbord. Jy kan nou metdie raakskerm maklik tussen radiostasies enander media soos iPods en USB-stokkies ver-ander. Bluetooth sorg dat telefoonoproepedeur die klankstelsel herlei word wanneerTuksFM nie daaruit blêr nie.

Vir R9 000 word ’n groot sondak ingesluit –

veral nuttig wanneer jy jou bokkie die vol-maan wil wys.

Die rit in die Polo sal jou so kul dat jy dinkjy ry ’n luukse sedan en maak die langpad nadie ouers nog lekkerder. Tog, in die besige Jo-hannesburgse verkeer het die Polo se kompak-te afmetings dit maklik gemaak om parallel teparkeer en op grondpaaie voel hy stewig. Dieglybeheer (ESC) bied ’n veilige vangnet.

Ja, ma’s en pa’s kan gerus wees, want veilig-heid is boaan die Polo se prioriteite. DieDriver Alert-stelsel help keer dat die dryweragter die stuur ’n uiltjie knip. Dit monitor ver-anderinge aan die stuur en versneller enmaak lawaai as die bestuurder “afwesig” raak.

As hy nie binne 15 minute ’n blaaskans vatnie, waarsku die kar weer.

Die afwesigheid van sitplekgordelsensors isopvallend, veral omdat dié toestel standaardonder die Polo se mededingers is.

Ons toetsweergawe, met ekstras ingesluit,sal jou (of jou ouers) R266 500 uit die sakjaag. Sonder ekstras: R247 800.

Studente sluk dikwels hard aan die idee vanless is more en hoewel die Volkswagen PoloTSI Highline DSG ’n student se droomkar is,kan die TSI Trendline (66 kW) met ’n handratalle vereiste take verrig en hy kos darem“net” R188 300. – Simon Sonnekus

PRYS R247 800ENJIN 1,2 liter met turboaanjaer; vier silinders (ingelid); 81 kW en 175 NmRATKAS Sewegang-outo (dubbelkoppelaar), voor-wielaandrywingVERRIGTING 0-100 km/h in 9.3 sek. en 196 km/h-topsnelheid; 5,1 liter/100 kmOORWEEG OOK Ford Fiesta 1.0 EcoBoost Power-Shift

Volkswagen se PoloHighline DSG: net diemotor vir ’n warm­bloedige student metvermoënde ouers.

‘Pa, dít is wiele vir my’

VW Polo 1.2 TSIHighline DSG

Nuut

8 InRat 27 Julie 2014| | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | |

Promosie

Min nuwes hetdié waarde

Hyundai het pas hierdie uitdagingmet sy gewilde kompakte Elan-tra-sedan aangepak en hom ver-

fris met ’n stylvolle nuwe aangesig enbinneruim. Daarby is nog meer stan-daard-toerusting as voorheen bygevoeg.

Detailveranderinge onder sy bak sorgverder dat hy nou selfs stiller en ge-makliker ry.

Die nuwe Hyundai Elantra is selfsaantrekliker as sy voorganger, want sysportiewe nuwe buffers laat hom laeren wyer as voorheen lyk. Swierige LED-strepe in sy nuwe kop- en stertligteverskyn ook vir die eerste keer op ’nElantra. Hy hurk nou op nuwe 17-duim-allooiwiele (die ouer Elantra het op16-duim-staalwiele gery) vir ’n selfsmeer doelgerigte voorkoms en beterpadgedrag.

Die grootste voorwaartse stap het eg-ter in die kajuit gebeur. Die middelkon-sole is herontwerp met ’n nuwe beheer-paneel vir die outomatiese dubbelsone-lugversorging en ’n nuwe Bluetooth-versoenbare klankstelsel metbeheerknoppies op die stuurwiel. Voor-ste insittendes se gemak is verder ver-beter deur die nuwe middelste armleu-ning effens hoër te monteer, net soosdie voorpaneel se middelste luguitlate.Die voorpaneel gebruik ook luukser,sagter materiaal om die binneruim segehaltegevoel verder te beklemtoon.

Die nuwe Elantra se lys geriefstoebe-hore is omvattend vir sy prysklas. Sywindskerm ontwasem outomaties enparkeersensors help om sy agterbufferteen skrape te beveilig. Die bestuurderse ruit maak nou met ’n enkele aanra-

king van die skakelaar oop of toe, sykantspieëls vou plat met die druk van’n knoppie (handig in ’n knap parkeer-plek) en sy ruitveërs skakel vanself aanas dit reën.

Kopers met unieke behoeftes kansteeds kies uit ’n reeks bybehore, soos’n dakrak (met of sonder ’n bypassendefietsrak of lugdinamiese bagasietrom-mel) of ’n sleephak.

Die Elantra het ook heelwat aandagaan veiligheid gekry, met sluitweerrem-me en elektroniese remkragverspreidingwat hom stabiel hou as die bestuurderankers gooi. Twee lugsakke bied besker-ming in geval van ’n ongeluk.

Werklike luuksheid hang natuurlikvan meer as net materiaalkeuse en toe-rusting af. Daarom het die nuwe Elan-tra ingrypende aandag gekry om geraasen vibrasies binne die kajuit te vermin-der, onder meer deur dikker matte tegebruik en ’n paneel onder die motoraan te bring wat sy hele vloerpaneelbedek. Die veerstelsel is aangepas om ’n

gladder rit te verskaf en hom nog meersportief te laat hanteer. Die hoeveelheidhulp wat sy elektriese kragstuur lewer,word deur ’n rekenaar beheer sodat hystabiel op die deurpad kan toer of mak-lik kan draai in spitsverkeer of ’n par-keergarage.

Die ouer geslag Elantra se 1,8 liter-enjin het met hierdie vernuwing in dieslag gebly. Hyundai reken dat min ko-pers dit verkies het, en daarom het hul-le eerder daarop gekonsentreer om dieoorblywende 1600-modelle so aanloklikmoontlik te maak.

Die 1,6 liter-enjin skiet geensins tekort aan krag nie, want 96 kW en157 Nm is stewige syfers. Sy kraglewe-ring is, danksy veranderlike kleptyd-reë-ling vir albei nokaste, lekker egalig reg-deur die toerestrek, en ’n keuse tussengladde sesgang-hand- of outomatieseratkaste hou hom aan die kook. Diehandrat-model voltooi die 0-100 km/h-naellopie in 10,1 sekondes en behaal ’ntopspoed van 200 km/h, en sy outoma-

tiese boetie neem 11,6 sekondes om100 km/h te bereik, op pad na sy top-spoed van 195 km/h.

Die vorige Elantras was bekend omhul suinige brandstofverbruik en laeonderhoudskoste, en aan hierdie eien-skappe het die ingenieurs nie gepeuternie. Met ’n handratkas verbruik dieElantra net 6,3 liter/100 km, en die outo-matiese weergawe 6,9 liter/100 km.

Op lang termyn voorsien sy diensplangratis versienings vir vyf jaar of90 000 km, en sy waarborg verskaf ge-moedsrus vir vyf jaar of 150 000 km.

Met verbeterde rygerief, ’n aantrekli-ke voorkoms en ’n uitgebreide reeksluukse toebehore op sy spesifikasieblad,sal die nuwe Hyundai Elantra aanklankvind by kieskeurige motoriste. Onder systylvolle bakwerk is daar ook ’n praktie-se gesinsmotor, want sy kajuit en grootbagasiebak (’n tamaai 485 liter groot)verskaf genoeg ruimte om selfs lang va-kansieritte maklik te maak.

Die aantreklike kenmerk van die nu-we Hyundai Elantra is egter die waardewat jou geld uit hom haal. Die handrat-model se rigprys is slegs R247 900 (netR3 000 meer as voorheen), terwyl dienuwe outomatiese weergawe R262 900kos. Daar is min nuwe motors wat so-veel luukshede en ruimte teen daardiepryse kan bied. Hart en verstand stemnie gereeld saam nie, maar in die nuweElantra sing hulle in harmonie.

PRYSEElantra 1.6 Premium-handrat R247 900Elantra 1.6 Premium-outomatiesR262 900

Die Elantra se sportiewe nuwe buffers laat hom laer en wyer as voorheen lyk. Swierige LED­strepein sy nuwe kop­ en stertligte verskyn nou vir die eerste keer op ’n Elantra. | FOTO’S: QUICKPIC

HOE VERBETER ’N MENS OP ’N MOTOR WAT AL OORDIE WÊRELD HEEN BEKROON IS VIR SY UITSTAANDESTILERING, UITSONDERLIKE WAARDE VIR GELD ENLEWENDIGE WERKVERRIGTING?

Hyundai Elantra

’n Stylvolle ontwerpgrondslag en nuwe materiale laat die Elantra verderteen die luuksheidsindeks opskuif.

Die Elantra se paneelkissiekan jou koeldrank so koudsoos die Suidpool hou, al ryjy deur die Kalahari.