20
UITGAWE: 2 DATUM: FEB / MRT 2016 EPOS: [email protected] WEBTUISTE: www.roodekrans.net TELEFOON: 011-764-2920 FAKS: 011-764-2207 GEDAGTE VIR DIE MAAND As jy mense behandel asof hulle reeds is wat hulle veronderstel is om te wees, help jy hulle om te word waartoe hulle in staat is. UIT DIE HOOF SE KANTOOR Die tyd het gevlieg en hier staan ons al amper aan die einde van die eerste kwartaal. Dankie aan elke ouer, grootouer, leerder en personeellid, sowel as hulle gesinne, wat hierdie kwartaal met soveel toewyding en entoesiasme, alle take op alle gebiede vanaf akademie, sport en kultuur aangepak en voltooi het. Ons is baie opgewonde oor die opvoedkundige toere wat plaasgevind het gedurende die week van 29 Februarie – 4 Maart. Die terugvoer vanaf die leerders was ongelooflik positief. Dankie aan al die atlete en hulle afrigters vir ʼn ongelooflike atletiekseisoen. Ons Roodies het voorwaar ons naam hoog gehou. Geniet die vakansie en indien u op vakansie gaan, wens ek u ʼn voorspoedige reis toe. PERSONEEL-AANGELEENTHEDE Verjaarsdae Baie geluk aan die volgende personeel wat verjaar het in Februarie. ʼn Geseënde lewensjaar word u toegewens. Ons hoop u het ʼn wonderlike dag gehad. 9 Februarie – Juffrou Maricia Jonker 10 Februarie – Juffrou Danielle van Zijl 23 Februarie – Mnr. Johan Allers 25 Februarie – Mnr. Arno Coetzee 26 Februarie – Mnr. Jaco de Wet 27 Februarie – Juffrou Elle Steinman ROODEKRANS NUUSFLITSE

ROODEKRANS NUUSFLITSE 2 - 25 Februarie 2016_2...Ons wil graag ‘n dringende versoek rig aan alle ouers om indien u kind enige spesiale medikasie moet neem vir allergieë soos bv

  • Upload
    others

  • View
    6

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

UITGAWE: 2 DATUM: FEB / MRT 2016 EPOS: [email protected] WEBTUISTE: www.roodekrans.net TELEFOON: 011-764-2920 FAKS: 011-764-2207

GEDAGTE VIR DIE MAAND

As jy mense behandel asof hulle reeds is wat hulle veronderstel is om te wees, help jy hulle om te word waartoe hulle in staat is.

UIT DIE HOOF SE KANTOOR

Die tyd het gevlieg en hier staan ons al amper aan die einde van die eerste kwartaal. Dankie aan elke ouer, grootouer, leerder en personeellid, sowel as hulle gesinne, wat hierdie kwartaal met soveel toewyding en entoesiasme, alle take op alle gebiede vanaf akademie, sport en kultuur aangepak en voltooi het. Ons is baie opgewonde oor die opvoedkundige toere wat plaasgevind het gedurende die week van 29 Februarie – 4 Maart. Die terugvoer vanaf die leerders was ongelooflik positief. Dankie aan al die atlete en hulle afrigters vir ʼn ongelooflike atletiekseisoen. Ons Roodies het voorwaar ons naam hoog gehou. Geniet die vakansie en indien u op vakansie gaan, wens ek u ʼn voorspoedige reis toe.

PERSONEEL-AANGELEENTHEDE

Verjaarsdae

Baie geluk aan die volgende personeel wat verjaar het in Februarie. ʼn Geseënde lewensjaar word u toegewens. Ons hoop u het ʼn wonderlike dag gehad.

9 Februarie – Juffrou Maricia Jonker 10 Februarie – Juffrou Danielle van Zijl 23 Februarie – Mnr. Johan Allers 25 Februarie – Mnr. Arno Coetzee 26 Februarie – Mnr. Jaco de Wet

27 Februarie – Juffrou Elle Steinman

ROODEKRANS NUUSFLITSE

Die volgende personeel verjaar gedurende Maart. ʼn Geseënde lewensjaar word u toegewens. Ons hoop u sal ʼn wonderlike dag beleef saam met u geliefdes.

10 Maart – Mnr. Anton van Wyk 18 Maart – Juffrou Ursula Botha 27 Maart – Juffrou Antoinette Rousseau 28 Maart – Juffrou Calinka Kotze

BELANGRIKE DATUMS VIR 2016

Hiermee die voorlopige kwartaalprogram vir Maart sowel as die tweede kwartaal.

Indien daar enige veranderinge is, sal dit so gou as moontlik op die D6 sowel as op die web aangebring word.

DATUM AKTIWITEIT TYD PLEK

MAART Maandag, 7 Beheerliggaamverkiesing. 18:00 Saal

Maandag, 7 – Vrydag, 8

GSF – Assesseringsweek Gr. R – Gr. 3.

Dinsdag, 8 Toets - Tegnologie: Gr. 7.

Dinsdag, 8 Rugbywedstryde teen Bryanston Parallel.

13:00

Woensdag, 9 Leierseminaar. 13:00

Woensdag, 9 GR. R en Gr. 1-taalverrykingsklasse staak vir die kwartaal.

Donderdag, 10 RO staak vir die kwartaal.

Donderdag, 10 Rugby en Netbal teen Laerskool Wierdapark.

13:00 Tuis

Vrydag, 11 - Saterdag, 12

Netbal Konka 0/9 - 0/13. 09:00

Vrydag, 11 – Saterdag, 12

Atletiek – SA-kampioenskappe.

Dinsdag, 15 Rugby en Netbal Rooihuiskraal. 13:00 Tuis

Dinsdag, 15 Netbal - Netbalproewe 0/12 en 0/13.

13:00 Discovery Primary

Woensdag, 16 Roodiedagvergadering 18:00 Saal

Donderdag, 17 Netbal area-proewe.

Donderdag, 17 Beheerliggaamvergadering. 18:00

Donderdag, 17 Audiblox klasse staak vir die kwartaal.

Vrydag, 18 Gr. RR-paasskattejag.

Vrydag, 18 Skole sluit - Rapporte gaan huis toe Gr. RR - Gr. 7.

11:00

Saterdag, 19 – Woensdag, 23

Netbal – 0/13 George Netbaltoernooi.

Maandag, 21 Menseregtedag.

Vrydag, 25 Goeie Vrydag – Paasnaweek.

Maandag, 28 Familiedag.

Dinsdag, 29 – Donderdag, 31

Rugby – 0/11– 0/13-kamp. Klerksdorp

APRIL Dinsdag, 5 Skole open.

Dinsdag, 5 Alle buitemuurse aktiwiteite begin.

Woensdag, 6 – Vrydag, 7

GSF – Distrik Spelfees

Donderdag, 8 Old Mutual Inkleurkompetisie vir Gr. 4-leerders.

Donderdag, 8 Studiekursus vir Gr. 4-leerders.

Donderdag, 8 Netbal – Jomoproewe – 0/12- en 0/13-dogters.

Donderdag, 8 Gr. R - 7 Ouermiddag / - aand.

Donderdag, 8 Netbal – Jomoproewe – 0/12- en 0/13-dogters.

Vrydag, 9 Netbal – Wedstryde teen Maragon 0/10- tot 0/13-dogters.

Maandag, 11 Alle Audiblox- en buitemuurse RO klasse begin.

13:00

Dinsdag, 12 Bastion Hoërskool besoek die Gr. 7-leerders.

Dinsdag, 12 Netbal – Vriendskaplike wedstryde teen Laerskool Protearif 0/10- tot 0/13-dogters.

Woensdag, 13 Gr. 7 EBW-instappie.

Woensdag, 13 GSF – Spelfees uitdunne – Gr. 2 –leerders.

Woensdag, 13 Hoërskool Noordheuwel besoek Gr. 7-leerders.

Woensdag, 13 Alle Gr. R- en Gr. 1 taalverrykings-klasse begin.

Woensdag, 13 Netbal – Mini-netbalwedstryde teen Laerskool Muldersdrift.

13:30 Tuis

Donderdag, 14 Formele kwartaalassesserings - Wiskunde Gr. 4 - 7.

Donderdag, 14 Netbalseisoen begin.

Vrydag, 15 Hoërskool Monument Opedag. 14:00 Hoërskool Monument

Vrydag, 15 Taakraadvergadering 13:30

Saterdag, 16 Gr. RR, Gr. R en Gr. 1 - Opedag 2017.

08:00

Saterdag, 16 Netbal – GSS-proewe. Randburg

Maandag, 18 April

Roodiedagvergadering. 18:00 Saal

Woensdag, 20 April

GSF – Spelfees uitdunne – Gr. 3-leerders.

Donderdag, 21 Formele kwartaal assesserings - Afrikaans Gr. 4 - 7.

Donderdag, 21 Netbal – Wedstryde teen Laerskool Helderkruin.

13:30 Tuis

Vrydag, 22 Studiekursus – Gr. 5- tot Gr.7-leerders.

13:30

Woensdag, 27 Vryheidsdag.

Donderdag, 28 Formele kwartaalassesserings - Engels Gr. 4 - 7.

Donderdag, 28 Beheerliggaamvergadering.

Vrydag, 29 Netbal – Proewe. EG Jansen

MEI Sondag, 1 Werkersdag.

Maandag, 2 Publieke vakansiedag.

Dinsdag, 3 – Vrydag, 6

GSF - Assesseringsweek

Dinsdag, 3 Roodiedagvergadering. 18:00 Saal

Woensdag, 4 Netbal – Mini-netbalwedstryde teen Laerskool Horison.

13:30 Tuis

Donderdag, 5 Hemelvaart.

Donderdag, 5 Netbal – Wedstryde teen Laerskool Fairland.

13:30 Tuis

Vrydag, 6 Roodiedag – Buitelug fliekaand. 17:00

Saterdag, 7 Roodiedag 08:00

Sondag, 8 Roodiedag - Dankseggingsdiens

Sondag, 8 Moedersdag.

Woensdag, 11 Netbal – Mini-netbalwedstryde aangebied deur Laerskool Helderkruin.

Laerskool Helderkruin

Woensdag, 11 Rugby – Welpie-rugby wedstryde aangebied deur Laerskool Helderkruin.

Laerskool Helderkruin

Donderdag, 12 Netbal – Wedstryde teen Laerskool Kenmare.

Tuis

Donderdag, 12 Formele kwartaalassesserings - NW: Gr. 7.

Donderdag, 12 Formele kwartaalassesserings - NW en Teg: Gr. 4 - 6.

Saterdag, 14 Netbal – Mini-netbaldag aangebied deur Laerskool Dr. Havinga.

Laerskool Dr. Having

Donderdag, 19 Formele kwartaalassesserings - SW: Gr. 4 - 7.

Dinsdag, 24 Formele kwartaalassesserings - LV: Gr. 4 - 7 (PSW).

Dinsdag, 24 Netbal – Wedstryde as enige wedstryde uitgereën het.

Donderdag, 26 Formele kwartaal assesserings - EBW: Gr. 7.

Donderdag, 26 Netbal – Wedstryde as enige wedstryde uitgereën.

Donderdag, 26 Beheerliggaamvergadering.

Vrydag, 27 On-Cue vertoning.

Dinsdag, 31 Formele kwartaalassesserings - SK: Gr. 4 – 7.

JUNIE Woensdag, 1 Formele kwartaalassesserings –

Tegnologie prakties – Gr.7-leerders.

Donderdag, 2 Moontlike begindatum vir die eksamen.

Vrydag, 3 Gr. R-oupa-en-oumatee.

Saterdag, 11 Netbal – Jomo streeks uitspele. Maragon

Woensdag, 15 Audiblox- en RO staak vir die kwartaal.

Donderdag, 16 Jeugdag

Donderdag, 16 – Vrydag, 17

Netbal – Gautengkampioenskappe.

Vrydag, 17 Skoolvakansiedag

Donderdag, 23 Beheerliggaamvergadering 18:00

Vrydag, 24 Skole sluit - Rapporte gaan huis toe Gr. RR - Gr. 7.

11:00

VOORLOPIGE TOETS EN EKSAMENDATUMS VIR 2016

ASSESSERINGSROOSTER KWARTAAL 2

Dag Datum Vak

Donderdag 14 April Wiskunde

Donderdag 21 April Afrikaans

Donderdag 28 April Engels

Donderdag 12 Mei NW: Gr 7 & NW en Tegnologie: Gr 4 - 6

Donderdag 19 Mei SW: Gr 4 - 7

Dinsdag 24 Mei LV: Gr 4 – 7 (PSW)

Donderdag 26 Mei Gr 7: EBW

Dinsdag 31 Mei SK: Gr 4 - 7

Donderdag 2 Junie Tegnologie: Gr 7

NUWE LEERDERS

Die volgende leerders het by die Roodie-familie aangesluit en ons hoop julle sal baie vinnig tuis voel en lekker inskakel by al die aktiwiteite: Francina Swanepoel, Masin Benvenuti, Linelda van Niekerk, Jhuan Strydom, Theohan Booysen, Zinika van Loggerenberg, Calvin Kotze, Lianke Kotze, Jonothan Clack, Jeshurun Clack, Carla Clack en Michael Allen.

SBST

Die SBST-verslae gaan die week uit. Kyk asseblief na aanbevelings op die laaste

bladsye van die verslag en ondersteun u kinders daardeur. Die grondslagfase se

verslae sal binnekort uitgaan. Ons wag net vir die optometris se evaluasie om

afgehandel te word. Indien u enige vrae het rondom die verslag, is u welkom om ‘n

afspraak by Chirine van Niekerk te maak sodat sy die verslae saam met u kan

deurgaan.

SPESIALE MEDIKASIE

Ons wil graag ‘n dringende versoek rig aan alle ouers om indien u kind enige spesiale medikasie moet neem vir allergieë soos bv. Bysteek asook Asma, u so gou as moontlik ‘n sakkie wat gemerk is met u kind se naam asook die dosis wat gegee moet word in ‘n noodgeval, by die dames in die kantoor sal inhandig.

KOPLUISE

Ons wil graag die volgende inligting rakende kopluise deurgee. Om ʼn plaag te voorkom, volg asseblief die volgende stappe:

1. Ondersoek al u gesinslede deur na nete op die hare naby die kopvel te soek. Veral agter die ore en op die agterkop. Volwasse luise is moeilik om op te spoor, omdat hulle sensitief is vir lig en baie vinnig beweeg indien die hare geskei word.

2. Die volgende produkte kan gebruik word (volg elke produk se spesifieke aanwysings): a) Lyclear créme – beskikbaar by ‘n apteek. b) Contra lice – beskikbaar by ʼn apteek. c) Tea Tree Oil Complete Anti Lice Kit – beskikbaar by ‘n apteek.

3. Maak matte en stoffering deeglik met ʼn stofsuier skoon.

4. Week haarborsels en kamme minstens 10 minute lank in warm water.

5. Was alle beddegoed, handdoeke en persoonlike klerasie, waarin luise kan skuil,

in warm water en droog dit, indien moontlik teen ʼn hoë temperatuur in ʼn tuimeldroër.

6. Items wat nie gewas kan word nie, soos wollerige speelgoed, kan droogskoongemaak word of twee weke lank in pastieksakke verseël word.

Ons vertrou bostaande sal vir u van waarde wees. U apteker kan u verder raad gee.

VERLORE KLERE EN GOEDERE

Ons ervaar dat daar tans ʼn magdom klere en verlore goedere, op ʼn daaglikse basis,

by Emily ingehandig word. Bitter min van die goedere is gemerk. Ons wil graag ʼn

dringende versoek rig aan alle ouers om u kinders se goedere te merk. Ons het ʼn

verskaffer gekry wat teen billike pryse wasbare plakkers, wat hou, maak vir al die

verskillende goedere.

Gaan kyk gerus op die volgende webtuistes:

www.labels4school.co.za of www.labelpal.co.za of www.itsmine.co.za

ENTREPRENEURSNUUS

Sjoe, wat ‘n heerlike somer Valentyns-Markdag! Die tema van die dag was “Kleure van die reënboog”. Entrepreneurs moes ‘n kleur kies en hulle kreatiwiteit vrye teuels gee! Wow! Hulle het ons verras. Die mark het soos ‘n regte reënboog gelyk.

Baie geluk aan die volgende stalletjies wat pryse gewen het:

Eerste plek - Popping Purple Penquins - Jovan en Nikita Botes

Tweede - Zoet & Zout - Divan Oosthuizen en Marko Cronje

Derde - Alfa & Omega - Sunika Lombard en Dené Botes

Vierde - Golden Boys - Emile Odendaal

Vyfde - 2 Fast & 2 Furious - Lehan Kruger en Simeon Wolfaardt

Sesde - Something Different - Amoné J. van Rensburg

Sewende - Die bloukraanvoël - Esteé Strauss

Agste - Master Bacon - Ewan Stander en Francois du Randt

Dankie aan die personeel Biance, Michelle, Daniëlle en Priscilla wat as beoordelaars opgetree het. Alhoewel ons Gr. 3-7 leerders se tweede Markdag in September gaan plaasvind, beplan ons ‘n spesiale mark later in die jaar vir die Graad een en twee leerders. Ons Graad R maatjies gaan dan geleentheid kry om hulle kliënte te wees. Ons wag net vir hulle om “skool smart” te word.

ROODIEDAG-VERGADERINGS, 7 MEI VIR ALLE KLASVERTEENWOORDIGERS

Dankie aan al die ouers wat by die Inligtingsoueraande aangedui het dat hulle klasverteenwoordigers of hulpverteenwoordigers sal wees. U word almal uitgenooi na ons eerste vergadering op Woensdag, 16 Maart om 18:00 in die saal. Dagboek asb. ook ons ander vergaderings op Maandag,18 April en Dinsdag, 3 Mei. Byvoorbaat dank Juf. Annemarie van Biljon - Organiseerder

ATLETIEK

Interlaer

Laerskool Roodekrans se atlete het baie goed gevaar hierdie jaar tydens die Interlaer. Ons as skool het net weer eens gewys, hoe toegewyd ons atlete en afrigters is.

Laerskool Roodekrans is in die bevoorregte posisie en het altesaam 22 goue-, 21 silwer-, 18 bronsmedaljes, 10 (4de-plekke) en 10 (5de-plekke) behaal.

Die finale stand van skole aan die einde van die dag was soos volg:

1. Laerskool Roodekrans

2. Weltevreden Park Primary

3. Laerskool Helderkruin

4. Laerskool Horison

5. Laerskool Dr. Havinga

6. Laerskool Florida

7. Maragon

8. Laerskool Generaal de La Rey

Roodepoort-kampioenskappe

Die atlete het baie goed gevaar tydens die kampioenskappe. Laerskool Roodekrans se atlete was by verre die beste op die baan en in die veld en het kop bo skouers uitgestaan.

Die atlete het 17 goue-, 10 silwer- en 1- bronsmedalje verower. Baie dankie vir elkeen se harde werk deur die seisoen. Ons as skool is baie trots op elkeen van julle.

Julle uithou- en deursettingsvermoë het beslis in julle guns getel.

“Ek kan alles doen deur Hom wat my krag gee” – Fil 4:13

D12 Atletiekkampioenskappe

Tydens die D12-Atletiekkampioenskappe wat op Woensdag 17 Februarie 2016 plaasgevind het, het Roodekrans hulle goed van hulle taak gekwyt. Ons het 16 eerste plekke, 9 tweede plekke, 10 derde plekke en 2 vierde plekke behaal. Ons het ook 2 nuwe rekords. Zian Maritz S O/6 60m en Amy Pretorius D O/12 spiesgooi. 17 leerders

is deur na die Gautengkampioenskappe.

Gautengkampioenskappe

Tydens die Gautengkampioenskappe wat plaasgevind het op 26 en 27 Febuarie 2016 het Roodekrans 17 atlete gehad wat deelgeneem het.

Die atlete het hulle baie goed van hul taak gekwyt.

Ons het ʼn totaal van 12 atlete gehad wat deurgedring het tot in die finaal.

Baie geluk aan Amy-lee Pretorius wat ʼn 1ste-plek behaal het in spiesgooi vir dogters 0/12.

Baie sterkte Amy! Ons hou vir jou duim vas.

REDENAARS 2016

SENIOR INTERNE REDENAARSKOMPETISIE

Op 24 Februarie 2016 het ons Gr. 4- tot Gr. 7-leerders sake uitgespook op die Redenaars front en wat ʼn wonderlike wêreld van woorde het Laerskool Roodekrans nie op daardie dag betree nie.

Ongelooflike toesprake is aangehoor en elke Roodie het die beoordelaars getrakteer met allerhande wyshede, idiome, woordspeling, ironie en interessante nuutskeppinge

of te wel, neologismes!!

Vir elkeen van die 28 deelnemers kan en wil ons sê “Wel gedaan!”. Julle het almal jul ouers en Laerskool Roodekrans baie trots gemaak! Die beoordelaars was in vervoering oor die hoë standaard van redenaars wat opgetree het.

Die volgende leerders het deurgedring na die eerste rondte van die ATKV-redenaarskompetisie wat vroeg in die 2de kwartaal sal plaasvind. Baie geluk en sterkte met die voorbereidings t.o.v. hierdie kompetisie.

Gr. 4

1. Lechanté Coetzee 2. Jessy Bekker 3. Tenieke Moolman

GRAADWENNER: Lechanté Coetzee

Gr. 5

1. Lehan Kruger 2. Gerhard Jooste 3. Karl Black

GRAADWENNER: Lehan Kruger

Gr. 6

1. Mizanne Fourie 2. Amy Pretorius 3. Marko Cronje 4. Marianka van den Berg

GRAADWENNER: Mizanne Fourie

Gr. 7

1. Ruben Tolmay 2. Ruan Allen

GRAADWENNER: Ruben Tolmay

AFDELINGSWENNER: Lehan Kruger

Verdere reëlings sal deurgegee word, sodra ons dit ontvang het.

ʼn Spesiale woord van dank gaan aan Juffrou Calinka, Juffrou Jane, Emily, Dawid en veral Juffrou Renita Coetzer wat gehelp het met die opruiming en organisering gedurende die kompetisie. Selfs ʼn donderstorm kon niemand keer om besondere

bydraes te lewer nie.

Kom ons hou aan om die Afrikaanse taalbedding met oorgawe te bewerk.

JUNIOR INTERNE REDENAARSKOMPETISIE

Die interne Junior-redenaarskompetisie het plaasgevind op 2 Maart.

Daar was altesaam 33 deelnemers in die Gr 1 -3 kategorie. Baie dankie vir al die

deelnemers wat hard aan hulle toesprake geoefen en baie deeglik voorberei het.

Dié redenaars se toesprake was puik en ‘n baie hoë standaard is deurlopend

gehandhaaf. Baie dankie aan al die ouers wat jul kinders so mooi ondersteun en

aangemoedig het. Ons is baie trots op ons Roodie-redenaars.

Die volgende redenaars is as die onderskeie graadwenners aangewys:

Selanche Coetzee – Gr 1. Jenna Cronje – Gr 2. Awiante Coetzee – Gr 3. Awiante Coetzee is dan ook as die afdelingswenner aangewys. Baie geluk aan dié

deelnemers en hulle ouers.

OPVOEDKUNDIGETOERE 2016

Gr. 4-toer na Ukutula Leeuplaas

Asemrowend en onvergeetlik is verseker woorde wat die Gr. 4-toer na Ukutula beskryf.

Om aan die enorme olifante te kon vat en die leeus langs ons kamers in die nag te hoor brul, was ʼn ongelooflike ervaring.

Ons was omring deur wilde diere soos leeus, hiënas, jagluiperde en tiere en die bekwame gidse het ons baie meer van hierdie diere en hul maniere geleer. Leerders het ook aan ʼn verskeidenheid aktiwiteite soos muurklim, swem, spanbou, wildritte, kampvuurkuiers en selfs ʼn talentvertoning deelgeneem.

Ons was ook bevoorreg om met klein Lucas, ʼn maand oue leeuwelpie, te kon speel!

Dit is moeilik om in woorde te beskryf watse ongelooflike toer die leerders meegemaak het.

Gr. 5-toer na “Blyde Adventure Camp” in Mpumalanga

Die Gr. 5’s het die afgelope week ʼn heerlike avontuur by “Blyde Adventure Camp” in Mpumalanga beleef. Opgewonde en vol geesdrif ontvang ons eerste toergids, Christopher ons Maandagoggend half 6. Halfpad besoek ons The Birds of Prey, en leer allerhande interessanthede, soos hoe die sekretarisvoël sy prooi aanval. Ons tweede toergids Charlene, ontvang ons by ons kamp en lei ons die hele week met al ons aktiwiteite.

Dag 2 besoek ons Moholoholo en die reptielpark en drapeer ʼn luislang om ons nekke.

Dag 3 besoek ons die Cheetah beskermingsplaas Kapama en leer weer eens baie.

Dag 4 was propvol waterpret soos gekleurde klippies uitduik terwyl ons snorkel, “river rafting” en “paintball”.

Ons sluit die aand af met ‘n konsert en gesels nog oor ons potjiekoskompetisie, en selfgemaakte stokbrood.

Wat ʼn heerlike week!! Dankie vir die heerlike geleentheid en al die kosbare herinneringe!

2017 OPEDAG

GR. RR, R & 1

16 APRIL 2016

08:30 – 11:00

Kontak die kantoor vir meer inligting

Gr. 7-toer na Kwa-Zulu Natal

Son, sand en see... Raakrugby en vlugbal... Die Graad 7’s het ʼn fees Moeg van vlees, maar vol van gees! Ons speel en baljaar Ons eet en lag ... Sien so uit na môre En wat vir ons wag! Heerlike nagrus agter die blad, Nou na die “Shark Board” oppad.

Dan na die krodilplaas ... Hoop nie ons word aas! Almal nog in lewende lywe Krokkies gevoer en slange gevrywe Gaan nou heerlik in die see baljaar Sien uit om res van KZN te ervaar. Almal is nog op en wakker Gaan nou weer rondkerjakker Terwyl een groep oppie see vaar, Gaan ander oppie strand baljaar. Die seuns vang vis met lyn, hoek en net Hulle vang nie veel nie, maar dis pret! Hierdie toer is een groot fees! Wat ʼn voorreg om hier te wees. Om op te staan, moes ons moed bymekaar skraap, Want toe ligte moes uit, wou ons nie slaap. Reg vir USHAKA vandag...

Wonder wat daar vir ons wag. Die akwarium was ʼn belewenis Die dolfynvertoning ... besonders dis gewis! By “Wet and Wild” – kinders in hul element Dan is daar nog vanaand se “Disco Event”. Vanoggend is ons traag en gedaan en glad nie lus om huis toe te gaan Die toer was heerlik Ons voel verryk. Ons gaan met ander oë na die wêreld kyk.

MINI-NETBALKLINIEK 4 en 5 MAART 2016

Laerskool Roodekrans is mal oor netbal! Dit word weer eens bewys by die afgelope

naweek se mini-netbalkliniek. Daar was sewentig opgewonde en lewendige dogters

wat die hitte trotseer het, om by die “slimtannie” die voormalige Proteaspeler, Leanne

Zackey te kom leer. Vrydag was daar gefokus op die belangrikheid van voetwerk, en

Saterdag het ons gewerk aan die korrekte balplasing, asook die belangrikheid daarvan.

Baie dankie aan elke mini-netbaldogter en afrigter wat die kliniek bygewoon het.

Dit was heerlik en ek glo elkeen kon baie leer of hulself net weer opskerp.

Die Roodies is nou reg vir die seisoen!

GR. RR-BOERESPORTDAG

Ons dag het afgeskop met ʼn hindernisbaan, kruiwaresies, aartappelresies, toutrek vir mammas en pappas en naellope.

Dit was moeilik om te sien wie dit die meeste geniet het, ouers of kinders? Dit was ʼn fees!

PRESTASIE BUITE-SKOOLVERBAND

Die volgende leerders het voorwaar puik presteer op verskillende gebiede. Baie geluk met julle prestasies ons is voorwaar trots op elkeen van julle.

Baie sterkte ook aan die leerders wat met hul prestasies deurgedring het na die volgende vlak in hulle onderskeie aktiwiteite.

1. Boogskiet

Chané het aan die Gauteng Provinsiale kampioenskappe vir “IFAA Indoor” boogskiet deelgeneem.

Sy het 2de plek behaal, maar nog meer belangriker, sy het haar Gauteng Provinsiale kleure verower in boogskiet.

As alles goed verloop gaan sy einde April aan die nasionale boogskiet kampioenskappe deelneem. Baie sterkte.

2. Drama

Top presteerders van die 2015 NAE was genooi om deel te neem aan die Young Achiever awards. Ons sien uit om te hoor of julle na die kwarteindrondte genooi word.

Baie geluk aan die volgende Dramatix leerders wat genooi is om deel te neem:

Amelia Schutte, Chloé Deysel, Markus Knop, Nikita Botes en Jenna Cronje.

3. Gimnastiek

Hanù Kilian het deelgeneem aan die Streek 5 gimnastiek kompetisie wat in Pretoria gehou was.

Hy was een van 6 gimnaste wat gekies was om Suid-Afrika te verteenwoordig.

Tydens die kompetisie het hy 2de algeheel geëindig. Hy het ook ʼn gouemedalje vir sy “Hi-Bar” roetine en silwermedaljes vir sy vloerroetine verower.

Die Suid-Afrikaanse span het eerste gekom tydens die kompetisie.

4. Judo

4.1) Dewald Schutz

Dewald het aan die proewe vir die Commonwealth Games deelgeneem en ʼn 2de plek behaal. Hy word opgeneem in die span en sal einde Maart aan die Commonwealth Games deelneem.

Judo SA het aansoek gedoen vir Nationale Protea Kleure.

4.2) Ruhan Terblanché

Ruhan het deelgeneem aan die “Champion of Champions” toernooi vir Sentraal Gauteng in die afdeling vir seuns 12 jaar onder 27kg. Hy het ‘n silwermedalje verower vir sy tweedeplek tydens die byeenkoms.

Tydens die “Western United Trails” en “Grandslam” Judo-kampioenskappe vir seuns 12 jaar onder 27kg moes hy by die toernooi deelneem aan die onder 30kg klas. Tenspyte van die gewigsgroep verandering het hy 1ste geëindig en dus goud verower. Hy het ook sy eerste Judo “Referee” kursus met ‘n pragtige 83% geslaag.

By die “Gauteng Regional Ranking” Judo kampioenskappe het Ruhan 24,45kg ingeweeg en moes dus in die onder 27kg kategorie veg, daar was egter niemand onder 27kg kategorie nie en hy het in die onder 30kg kategorie geveg. Hy het 3 gevegte gehad, al drie gewen en ʼn gouemedalje verower.

5. Musiekteorie

Corné Boer het sy Musiektoerie Graad 2-eksamen ʼn ongelooflike punt van 96% met lof geslaag. Hy verwerf daardeur die Chris Lamprecht-trofee vir Beste Eksterne Toerie Graad 2.

6. Skaak

Ruan Cronje het Gauteng verteenwoordig op die Suid-Afrikaanse Skaakkampioenskappe. Sy span het ʼn 3de-plek op die kampioenskappe verower waarvoor hy dan ʼn bronsmedalje ontvang het.

7. Swem

Lehan Kruger het deelgeneem aan die grootste OOP-WATER-SWEM byeenkoms in die wêreld – die Midmar Myl.

Hy het die myl voltooi in 46 minute. Dit is die derde keer dat hy aan hierdie geleentheid deelneem.

VOORKOM EN OORKOM LEERPROBLEME BY U KIND

Gee u kind ‘n voorsprong Moet nie uitstel nie, maar kontak my vandag nog Want ek spesialiseer in Afrikaans en Engels : Lees, Spelling, Begripstoetse, Studiemetodes en Wiskunde

Kontak persoon : Esther Lane 076 308 6168 of [email protected]

STUDIEKURSUS VIR GRAAD 4 EN 5 LEERDERS EN BELANGSTELLENDE OUERS

Dr. Emsie Rheeders gaan ‘n twee uur kursus aanbied om leerders te kom help om hulle volle potensiaal te bereik. Dit sal plaasvind op Vrydag, 8 April vir Gr. 4- en Vrydag, 22 April vir Graad 5-leerders. Leerders ontvang ‘n 40 bladsy handleiding wat hulle as verwysing kan gebruik in die toekoms. Dr. Rheeders gaan deur die gebruik van verskillende leerstyle en effektiewe tegnieke leerders leer om met haar eie “A+ Geheuekaart” 200 feite op een A4 bladsy te skryf en te hersien. Hulle gaan ook Begripstoetse beantwoordingstegniek leer. Ouers is ook welkom saam met hulle kinders. ‘n Ouerhandleiding is beskikbaar teen R70. Koste van kursus Gr 4: SLEGS R200 per leerder en R50 per ouer. Gr 5: SLEGS R250 per leerder. Sessies is soos volg: Van 14:00-15:00, dan ‘n kort pouse en tweede sessie van 15:15-16:15. Aanbieder: Dr. E Reeders Onderwys Spesialis (H.O.D.,Verdere Onderwys Diploma:Leerders wat struikelblokke tot leer ervaar, B.A.Graad, B-ed Honneursgraad in Gedrag- en Leerprobleme (Cum Laude), M-Ed, D-Ed.) 083-456-7366

Skeurstrokie Ek bevestig hiermee dat ek ___________________________________ ouer / voog van ___________________________ in Graad ______________ graag my kind wil inskryf vir die Hoogs Effektiewe Studie en Eksamen Werkswinkel. Graad 4: R200 ________ Ouers: R50 _______ Graad 5: R250 ________ Ek wil ‘n ouerhandleiding bestel teen R70 Ja:________ Nee, _________ Handig in by registeronderwyser na die skoolvakansie voor die 8 April.

RO-NUUS

TEACHING TIME TABLES

1. HOW WELL DO YOUR DYSLEXIC STUDENTS KNOW THEIR TABLES?

As you are well aware, there are some Dyslexic students whose strength is maths, however there are those who find learning, time tables in particular, a chore. Taking into consideration the not so strong short term and working memory, when they reach grade 4 and start doing long multiplication and division; and there is more than one operation to complete, they get confused and spend a lot of their test time figuring out their tables. This results in an incomplete or very rushed test paper, bringing down their self-esteem and self-confidence.

2. THEREFORE LET ME INTRODUCE TO YOU: TIMES TABLES MADE EASY

My motto for maths has always been “write it out to work it out” and the times tables are no different. You can ask anyone, dyslexic or not, what their 1 times table, 5 times table and 10 times tables are, and they can recite them automatically, even if they use their fingers for the 5 times tables, and because of this, it forms the outline of the times tables method. So let’s take the 6 times table for example, (please note that this method can be used for all tables) and you have given them a long division sum, on a scrap piece of paper or white board, we write the answer to 1 x 6 at the top of the page, the answer to 5 x 6 in the middle of the page and 10 x 6 at the bottom of the page, so it will look like this: 6 30 60 However you must ensure that you leave around 5 lines between each number, and then, you fill in the blanks by adding or subtracting 6, for example 60 – 6 = 54, 30 + 6 = 36 and so on. From experience some students are not as confident in subtraction and usually opted for additional, and as everyone learns differently, so let them find the way in which they are most comfortable with. As they move up into the higher grades, you do tend not to use many times tables from 1 to 5, and therefore, you can start with 5 x 6 instead of 1 x 6, and ever shorter way to work out what 9 x 6 equals. An all-important tip: Always give a dyslexic student the option of working on squared paper or lined paper, it does make a difference when they come to add up the numbers on a long multiplication sum, where their numbers are overlapping and the end result is the incorrect answer as they have added a 3 twice for example. During test, give them the freedom to use as much space as necessary, and don’t expect them to use just 2 or 3 lines that you provide on the answer sheet. Adelé

Sukkel u kind met Wiskunde, of het hy sy onderskeiding net, net gemis in die 1ste kwartaal? Kry die fondament sommer vroeg, vroeg reg hierdie jaar. Bekostigbare wiskunde klasse om u kind te help en wiskunde weer sy vriend te maak. Individuele onderrig en groepsklasse (Max 6 in ‘n klas) beskikbaar. Kontak Andre by 082-376-5152

of e-pos aan [email protected]

STUDIEKURSUS

‘n 3-dag studiekursus vir Gr 4 – 9!

22 – 24 Maart 2016

Wat gaan ek leer en ontvang?

HOE om te beplan, op te som en te studeer

HOE om makliker te onthou

My breinprofiel

‘n Subliminale CD om vir die res van my lewe met studie te gebruik.

Aansoeke sluit 11 Maart 2016

Kontak: Wilma 072-913-0785

Kids Academy leer kinders Selfverdediging, Boelie

bestendigheid, Emosionele welstand, Doelwitstelling, Sosiale vaardigheid en Veiligheid.

Kontak Gerda op 074 533 2229 of besoek ons webtuiste by www.kids-academy.net vir meer inligting

Rhythmic Gymnastics is a beautiful olympic sport

for girls ages 4 & older and we are now in your area!!

For further details contact Shalene Raath

www.jozigymnastics.co.za

( Qualified Biokineticist and Junior National Coach)

C: 082 776 1150 or email: [email protected]

LOUIS SKIP HIRE

084-585-6922 SKIP THE REST USE THE BEST!

Tariffs: R400 for two days

R550 Monday – Friday R650 Friday afternoon to Monday Morning

50% Deposit required on delivery of Skip

Email: [email protected]

[email protected]

Stel ek my rentekoers vas of

nie in hier onsekere tyd?

Skakel my gerus vir advies en vir GRATIS

WAARDASIES.

Knight’s Groete