13
AFRIKAANS GRAAD 11 WEEK 8 AKTIWITEIT 31 Luister en Praat Luister na ‘n liedjie. Laat jou ma of pa of iemand vir jou die woorde van die liedjie lees. Jy moet die eerste keer net luister, sonder om aantekeninge te maak. Wanneer die liedjie die tweede keer vir jou gelees word kan jy aantekeninge maak. Daarna kan jy die vrae beantwoord en van jou aantekeninge gebruik maak, MAAR moenie na die leestuk kyk nie. Spieëltjie Bobby van Jaarsveld In die 4 hoeke van die spieël, sien ek dinge wat my pla Dinge wat my pla. Ek sien 'n refleksie van my siel, in hierdie eindelose spieël Die wêreld se spieël So soek my anderkant die maan vanaand. Want ek kry skaam, skaam oor dinge wat ek sien in hierdie eindelose... spieëltjie, spieëltjie sê vir my hoe sien die ander mense my? Sien hulle ook die beeld wat ek in die oggend kry? Spieëltjie in my hand, hoekom vat jou antwoord lank? Ek wens ek was 'n feëverhaal uit sprokiesland. Uit sprokiesland In die vierhoeke van die spieël, kry ek iemand wat my vra. Wat’s jou naam? In hierdie prentjie in my spieël, is daar 'n onbekende siel. Maar dit bly my spieël. So soek my anderkant die maan vanaand. Want ek kry skaam, skaam oor dinge wat ek sien. In hierdie eindelose...spieëltjie, spieëltjie sê vir my. Hoe sien die ander mense my? Sien hulle ook die beeld wat ek in die oggend kry? Spieëltjie in my hand, hoekom vat jou antwoord lank? Ek wens ek was 'n feëverhaal uit sprokiesland. ‘n Sprokiesland. Die beelde verander soos die jare verby gaan.

Belvedere Schoolbelvedereschool.co.za/Lockdown/Graad 11 - Grade 11/GRAAD... · Web viewDaarom word gesê die self is polifonies – baie “stemme” wat gelyktydig en beurtelings

  • Upload
    others

  • View
    0

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: Belvedere Schoolbelvedereschool.co.za/Lockdown/Graad 11 - Grade 11/GRAAD... · Web viewDaarom word gesê die self is polifonies – baie “stemme” wat gelyktydig en beurtelings

AFRIKAANSGRAAD 11WEEK 8

AKTIWITEIT 31Luister en Praat

Luister na ‘n liedjie.

Laat jou ma of pa of iemand vir jou die woorde van die liedjie lees. Jy moet die eerste keer net luister, sonder om aantekeninge te maak. Wanneer die liedjie die tweede keer vir jou gelees word kan jy aantekeninge maak. Daarna kan jy die vrae beantwoord en van jou aantekeninge gebruik maak, MAAR moenie na die leestuk kyk nie.

SpieëltjieBobby van Jaarsveld

In die 4 hoeke van die spieël, sien ek dinge wat my plaDinge wat my pla. Ek sien 'n refleksie van my siel, in hierdie eindelose spieëlDie wêreld se spieël

So soek my anderkant die maan vanaand.Want ek kry skaam, skaam oor dinge wat ek sien in hierdie eindelose...spieëltjie, spieëltjie sê vir my hoe sien die ander mense my?Sien hulle ook die beeld wat ek in die oggend kry?Spieëltjie in my hand, hoekom vat jou antwoord lank?Ek wens ek was 'n feëverhaal uit sprokiesland.Uit sprokiesland

In die vierhoeke van die spieël, kry ek iemand wat my vra.Wat’s jou naam? In hierdie prentjie in my spieël, is daar 'n onbekende siel.Maar dit bly my spieël.

So soek my anderkant die maan vanaand.Want ek kry skaam, skaam oor dinge wat ek sien.In hierdie eindelose...spieëltjie, spieëltjie sê vir my.Hoe sien die ander mense my?Sien hulle ook die beeld wat ek in die oggend kry?Spieëltjie in my hand, hoekom vat jou antwoord lank?Ek wens ek was 'n feëverhaal uit sprokiesland.‘n Sprokiesland.

Die beelde verander soos die jare verby gaan.Jou woorde maak seer wanneer ek dit sien.

Spieëltjie, spieëltjie sê vir my.Hoe sien die ander mense my?Sien hulle ook die beeld wat ek in die oggend kry?Spieëltjie in my hand, hoekom vat jou antwoord lank?Ek wens ek was in ‘n feëverhaal uit sprokiesland.

Spieëltjie, spieëltjie sê vir my.Sal ek by jou my antwoord kry?.Uit: www.maxilyrics.com › Bobby van Jaarsveld

Page 2: Belvedere Schoolbelvedereschool.co.za/Lockdown/Graad 11 - Grade 11/GRAAD... · Web viewDaarom word gesê die self is polifonies – baie “stemme” wat gelyktydig en beurtelings

Beantwoord die volgende vrae:1. Is die spieël waarin die spreker kyk rond, ovaal of vierkantig? Motiveer jou

antwoord deur slegs EEN woord uit die liedjie aan te haal. (2)2. Wat sien en hoe voel die spreker as hy in die spieël kyk? (1)3. Die spreker vra vir die spieëltjie ‘n vraag. Beantwoord die spieëltjie dadelik die

spreker se vraag? Motiveer jou antwoord. (1)4. Uiteindelik vra die spieëltjie ook vir die spreker ‘n vraag. Wat is hierdie vraag? (1)5. Watter tyd van die dag kyk die spreker in die spieël? (1)6. Wie was die karakter uit ‘n feëverhaal wat ook vir ‘n spieël vrae gevra het? (1)7. Wat, dink jy, is die tema van hierdie liedjie? (2)8. Word die spreker se vraag uiteindelik aan die einde van die liedjie beantwoord? (1)

TOTAAL: 10

AKTIWITEIT 32Lees en Kyk

Pre-leesLees die opskrif en subopskrif. Wat beteken die opskrifte: Emosionele intelligensie is wanneer jou emosies volwasse is en jy werklik jouself ken en verstaan.

Lees en bestudeer die volgende artikel en beantwoord dan die vrae wat daarop volg:

Emosionele Intelligensie

VERSTAAN JOUSELF EN VERBETER JOU VERHOUDINGS MET ANDER MENSE

Twee studente het gewonder en gepraat tot laatnag oor wie is die “ware ek”. Hulle het gaan raad vra by ‘n ouer persoon wat ‘n berader is.Hy het aan hulle verduidelik dat dit wat diep binne-in my aan die gang is die ware ek is – dit is my emosies, motiewe en dryfkrag. Dit is met ‘n klomp maskers weggesteek vir die mense wat my ken. Hulle ken my en my gedrag soos dit gevorm is deur die reëls van die samelewing, deur my opvoeding en my geloof. Hulle ken dus eintlik net my sosiale ek.Dit wil dus voorkom asof ek die hele tyd jok oor myself, voorgee om iemand anders te wees as wat ek werklik is. Die probleem is dat ’n mens nie meer weet wie jyself is nie. Jy raak verward en beleef innerlike konflik.Die kuns is om weer in voeling te kom met jouself en kontak te maak met die ware ek.Die meeste mense voel onseker oor hulself. Om ander mense te vra om ‘n paar vrae oor jou te

antwoord en dan eerlike terugvoer te ontvang, is nie altyd so maklik nie. Dit kan jou egter help groei en ‘n duidelike prentjie van jouself help vorm deur te gesels met onderwysers, jou vriende of familie wat jy vertrou.

Bertus Swanepoel van Solidariteit stel voor dat leerlinge wat onseker is die volgende paar kategorieë ondersoek:

Jy weet wat jy weet oor jouself; en ander stem saam (gesels daaroor en kry ander se opinie). Jy weet dinge oor jouself wat ander nie weet nie (praat met iemand wat jy vertrou en wat jou kan

Page 3: Belvedere Schoolbelvedereschool.co.za/Lockdown/Graad 11 - Grade 11/GRAAD... · Web viewDaarom word gesê die self is polifonies – baie “stemme” wat gelyktydig en beurtelings

leiding gee). Ander weet iets oor jou wat jy nie oor jouself weet nie (ondersoek jou blindekolle en kry eerlike

opinies). Jy weet nie wat jy nie weet oor jouself nie; en ander ook nie (kry professionele hulp oor die

onbekende deel van jouself).

Wilhelm Jordaan skryf in sy rubriek, Baie gesigte en maskers van die ware self ‘n pa se goedbedoelde raad aan sy seun verdien soms ’n bietjie aandag. Soos wanneer Polonius aan sy seun Laertes in Shakespeare se Hamlet sê: “To thine own self be true, and it must follow, as night the day, Thou canst not then be false to any man.”

Daarmee gee Polonius te kenne dat daar iets soos ’n egte, onvervalste “ek” is wat jy ken en aan mense kan voorhou. Om as ’t ware te sê: “Dis die ware ek dié.” In dié trant word gereeld verwys na die filosoof Sokrates, wat eeue gelede al gereken het “ken jouself” is noodsaaklik vir ’n gelukkige lewe. En die populêre raadgeebedryf bevestig dit. So, as jy jou eie “self” nie ken nie of dalk verloor het, moet jy dit soek en weer vind.

Daar is egter ’n ander mening. Die sielkundige Kenneth Gergen sê die self het baie gesigte en jy wys nie in alle gevalle vir alle mense presies dieselfde gesig nie.Daarom word gesê die self is polifonies – baie “stemme” wat gelyktydig en beurtelings praat en wat jou daagliks lei tot uiteenlopende take en rolle.

Dit het niks met valsheid te doen nie. Een van die grootste geskenke wat mense mekaar kan gee, is om mekaar se grense te help verskuif – sodat mense beurtelings vry, bedreig, broos, kragtig, verward, bekend en anders en nuut kan wees.

Om so ‘n mens te wees en te ken, is wonderlik.

Verwerk uit: Emosionele intelligensie: Hans&Thomas Dreyer; helpendehand.co.za/solidariteit-helpende-hand-se-raad en Volksblad : Rubriek: Baie gesigte en maskers van die ware self, Maandag, 01 Julie 2013.

Beantwoord die vrae:1. Wat beteken dit om emosioneel intelligent te wees?

2. Na wie het hulle gegaan om te gaan raad vra?

3. Uit watter drie dinge bestaan die ware ek, volgens die berader?

4. Watter drie dinge vorm die mens en sy gedrag?

5. Gee ‘n woord uit die leesstuk wat beteken om leuens te vertel.

6. Wat gebeur met ‘n mens as jy nie meer die ware ek ken nie?

7. Wat kan jy, volgens die artikel, doen om jouself beter te ken?

8. In watter koerant verskyn die rubriek: Baie gesigte en maskers van die ware self?

9. Waarom is die woorde “To thine own self be ... false to any man.” kursief gedruk?

10.Wat is volgens Sokrates noodsaaklik vir ‘n gelukkige lewe?

11.Wat, dink jy, is die populêre raadgeebedryf?

12.Wat beteken die woord ‘polifonies’?

13.Gee antonieme uit die leesstuk vir die volgende woorde:

Page 4: Belvedere Schoolbelvedereschool.co.za/Lockdown/Graad 11 - Grade 11/GRAAD... · Web viewDaarom word gesê die self is polifonies – baie “stemme” wat gelyktydig en beurtelings

a. vry

b. broos

AKTIWITEIT 33Taalstrukture en -konvensies

In hierdie les gaan ons hersiening doen oor woordvorming.

Woordvorming (hersiening)

Onthou elke woord het altyd ‘n kern, wat die basis of stam genoem word. Dit is die kleinste betekenisvolle eenheid van ‘n woord (wat alleen kan staan),bv. werk. Ons kan nuwe woorde van die woord maak deur voorvoegsels (premorfeme) bv. gewerk, of agtervoegsels (postmorfeme) bv. werker, werkloos by die stam te voeg. Die morfeme kan nie op hulle eie ‘n woord vorm nie, maar het tog ‘n spesifieke betekenis / funksie wanneer dit aan ‘n woord geheg word (ge – verander die tyd van die woord, -er vorm ‘n persoonsnaam en –loos beteken sonder)

Voor- en agtervoegsels doen die volgende: dui meervoud aan – werke dui verkleining aan - werkie dui verlede tyd aan – gewerk dui trappe van vergelyking aan – groter, grootste verander b.nwe. voor ‘n s.nw. – werkende man, lelike mens dui geslag aan – werker, werkster verander betekenis van woorde – werkloos

Ons vorm woorde deur middel van:1. Afleiding

EEN basisvorm (hoofgedeelte) plus voor- en/of agtervoegsels – bewerkte, werkster, verwerk

2. SamestellingBestaan uit twee of meer basisvorme wat saamgevoeg word: werkplek, speelplek Soms word ‘n verbindingsklank gebruik om samestellings makliker uit te spreek:

werksklere, werksdag. Die dele tussenin is slegs ‘n verbindingsklank en het geen betekenis nie.

[Samestellings word slegs met ‘n dubbel s geskryf indien die woorde eindig en begin met ‘n s, bv. kosskool (kos+skool), meisieskool (meisie+skool)]

3. Samestellende afleidingBestaan uit twee of meer basisse plus een of meer afleidings:werk+ staak+ing = werkstaking, werk+dag = werkersdag

Page 5: Belvedere Schoolbelvedereschool.co.za/Lockdown/Graad 11 - Grade 11/GRAAD... · Web viewDaarom word gesê die self is polifonies – baie “stemme” wat gelyktydig en beurtelings

Opdrag / oefening:

Gebruik die leesstuk Emosionele Intelligensie (Les 2) om die volgende vrae te beantwoord:1. Gee die meervoud van die onderstreepte woorde:

1.1. Twee studente het tot laatnag gepraat.1.2. Hulle vra raad by ‘n ouer persoon.1.3. Die mens se gedrag word ook gevorm deur sy geloof.1.4. Die probleem is dat jy jouself nie ken nie.1.5. ‘n Pa se raad aan sy seun is belangrik.1.6. Sokrates was ‘n filosoof.

2. Gee die verkleining van die onderstreepte woorde:2.1. Twee studente het tot laatnag gepraat 2.2. Mense dra ‘n klomp maskers om die ware ek weg te steek.2.3. Mense ken my soos ek gevorm is deur die reëls van die samelewing.2.4. Vra ander mense om vrae oor jou te beantwoord2.5. ‘n Mens moet sy blindekolle ondersoek.

3. Sê hoe die volgende woorde gevorm is. Sê telkens of die woord ‘n afleiding (A), samestelling (SS) of samestellende afleiding (SA) is. Gee ook by elke woord die basis(se)/ stam van die woord.

3.1. weggesteek3.2. blindekolle3.3. onseker3.4. mening3.5. beurtelings3.6. familie3.7. kategorieë3.8. onbekende3.9. leiding

4. Beantwoord elkeen van die volgende vrae:Gee die korrekte vorm van die woorde in hakies:

4.1. Hulle vra raad by die (ouer) persoon.4.2. Die ware ek is (broos) as die vals persoon.4.3. As jou grense verskuif kan jy (baie nuut) word.4.4. Die (seun – teenoorgestelde geslag) vleg haar hare.4.5. Die (student) het vir haar dosent vrae gaan vra.4.6. Dis (baie maklik) om te gaan raad vrae.4.7. Selfkennis is noodsaaklik vir die (gelukkige) lewe.4.8. Die ware ek is (vry) as die vals persoon.4.9. Om jou grense te verskuif is die (wonderlik).

AKTIWITEIT 34Lees en Kyk

Lees die gedeelte aandagtig deur en beantwoord die vrae

Die siklus van ʼn generasie.

ʼn Mens se heel eerste verhouding is met jou ma! Die dokters en verpleegsters sien jou ook, maar hulle is nie so belangrik soos jou ma en pa nie.

Page 6: Belvedere Schoolbelvedereschool.co.za/Lockdown/Graad 11 - Grade 11/GRAAD... · Web viewDaarom word gesê die self is polifonies – baie “stemme” wat gelyktydig en beurtelings

Eers na jou geboorte ontmoet jy jou pa. Jy word “ ʼn baba” genoem, almal wat na jou kom kyk dink dat jy te oulik is. Almal bespiegel na wie jy lyk.

As jy die tweede of derde kind in die gesin is, ontmoet jy ook jou boeties en sussies. Soms is hulle jaloers op jou omdat almal so baie aandag aan jou gee. Dit is dus jou eerste verhouding wat ʼn bietjie negatief kan wees, maar gewoonlik is hulle trots op die nuwe baba.

Die ander familie is gewoonlik baie nuuskierig. Ooms, tannies, neefs en niggies kom kyk na die nuwe aankomeling. Jou oumas en oupas sal om jou kan kloek. Hulle is ‘n generasie wat ‘n baie belangrike rol in jou lewe gaan speel, veral terwyl jy klein is.

As jy omtrent 3 jaar oud is, wil jy graag met maatjies speel. Partykeer speel hulle met jou speelgoed en dan is jy ʼn bietjie jaloers en besitlik. Alles is joune en jy hou nie daarvan om dit met ander te deel nie.

Op die ouderdom van ses jaar gaan jy skool toe. Daar kom nou ʼn nuwe persoon in jou lewe: jou Graad 1 onderwyseres. Hopenlik is sy mooi, gaaf en baie slim. Gewoonlik raak jy verlief op jou juffrou. Juffrou kan ook niks verkeerd sȇ of doen nie.

Teen die einde van jou laerskooldae het jy al baie verskillende generasie leer ken. Jy is nou nie meer verlief op juffrou nie, maar eerder op ʼn oulike meisie of outjie wat langs jou sit. Julle gee vir mekaar lekkers tydens pouse en gesels lekker. Dit is in hierdie tyd dat jy dalk vir die eerste keer iemand soen wat nie familie is nie... en dit is nogal aangenaam.

Die skool bly belangrik maar skoolwerk is nie meer so interessant nie. Jy hou baie meer van selfone, i-pads, rekenaars en sosiale netwerke. Jy sien jou ma

en pa se generasie as outyds. Hulle weet darem regtig nie soveel soos jy nie! Die onderwysers het ook skielik dommer geword. Jou vriende word egter al hoe belangriker.

Wanneer jy 13 word, noem mense jou ‘n “tiener”. Dis in hierdie tyd dat jou liggaam in alle erns begin groei. Jy is amper ‘n volwassene, of grootmens, maar daar is tog heelwat wat jy moet leer. Jy bly so ses jaar lank ‘n tiener. Jy kry te doen met verskillende emosies en gevoelens.

Gewoonlik voltooi jy in jou laat tienerjare jou skoolloopbaan. As jy tot Graad 12 in die skool bly, is een van die hoogtepunte van die jaar die matriekdans. Jy sal waarskynlik ʼn baie spesiale persoon nooi om jou metgesel te wees. Van 13 tot 18 jaar gebeur baie dinge met jou lewe en met jou lyf.

Na matriek kan jy verskeie dinge doen: verder studeer, gaan werk, of sommer ‘n blaaskans neem voor jy weer begin studeer of werk. Op universiteit ontmoet jy nuwe kennisse soos lektore en professore. In jou nuwe werk ontmoet jy kollegas en bestuurders.

Miskien ontmoet jy die man of vrou van jou drome. Voor jy weet beplan jy jou troudag. Hierdie verhouding is baie spesiaal. Julle hou van mekaar, raak verlief op mekaar, raak verloof, trou en hoop om lank en gelukkig saam te leef.

En nou begin ‘n nuwe generasie: ... jy is die ma of die pa en julle twee kry ʼn nuwe baba ...

[Verwerk uit: Jeug: Maart 2001 bl 9]Woordeskat:

Page 7: Belvedere Schoolbelvedereschool.co.za/Lockdown/Graad 11 - Grade 11/GRAAD... · Web viewDaarom word gesê die self is polifonies – baie “stemme” wat gelyktydig en beurtelings

Aandag om besondere belangstelling aan iets of iemand te geeBesitlik eiendom wat net aan een persoon behoort.Gaaf vriendelik.Gesin lede van ‘n familie.gewoonlik meestal, deurgaans.Metgesel iemand wat altyd by ‘n ander is, maat, kameraad.Oulik aantreklik, lief, mooi.trots op iets waarop mens trots is.Tydens gedurendeVerskillende

verskeie.

Beantwoord die volgende vrae:1. Wie is gewoonlik die heel eerste mens wat jy na jou geboorte sien?

2. Wie is die mense wat die meeste in die baba se geboorte belangstel?

3. Hoekom is boeties en sussies gewoonlik jaloers op ʼn nuwe baba?

4. Wat is die verskil tussen ʼn gesin en ʼn familie?

5. Kies die KORREKTE antwoord en skryf dit neer

Om oor jou te kloek beteken om ‘n….

A. bespotting van jou te maak.

B. grootmens van jou te maak.

C. ophef van jou te maak.

D. slaaf van jou te maak.

6. Is die volgende bewering WAAR of ONWAAR?

6.1 As jy omtrent ses is, word jou sosiale kring weier.

6.2 Motiveer jou antwoord by 6.1.

7. Op watter ouderdom bereik jy jou tienerjare en hoe lank duur hierdie tydperk?

8. Haal die kenmerke / eienskappe van jou generasie uit die leesstuk en skryf dit neer.

9. Wat dink jy is die sosiale hoogtepunt van jou Hoërskool loopbaan?

10. Watter dinge van jou generasie pla jou baie?

Woordvorming

1. Die (twee) generasie is gewoonlik die slimste generasie.

2. Tydens ons geboorte is die (verpleeg) van die eerste mense wat ons sien.

3. Wanneer jy jou skoolloopbaan voltooi sal jy (hoop) na die universiteit toe kan gaan.

4. Miskien sal jy op universiteit ʼn (ou) metgesel ontmoet en (lief) raak op hom.

5. In jou universiteitsjare word jy al (slim) en die ou mense al hoe (dom).

AKTIWITEIT 35

Page 8: Belvedere Schoolbelvedereschool.co.za/Lockdown/Graad 11 - Grade 11/GRAAD... · Web viewDaarom word gesê die self is polifonies – baie “stemme” wat gelyktydig en beurtelings

Taalstrukture en -konvensies

Sinonieme en antonieme

Sinonieme: Antonieme: Woorde met dieselfde betekenis, maar dit

word verskillende gespel.Byvoorbeeld: bang - vrees, gou - vinnig.

Woorde met die teenoorgestelde betekenis.Byvoorbeeld: vroeg - laat

Beantwoord die vrae oor sinonieme en antonieme:1. Soek die antonieme in die eerste reël van die advertensie. Skryf dit neer en maak goeie sinne daarmee. 2. Soek die sinoniem uit die advertensie vir beroep. 3. Gee die antoniem van die onderstreepte woord. Die moderne generasie kan soms fluks wees.4. Gee die sinoniem vir die woord tussen hakies. Bedrading moet volgens die SABS (regulasies) gedoen word.5. Wat is die antoniem van die woord tussen hakies. Die (teoretiese) agtergrond is belangrik voordat jy ‘n ambag kan begin.

Kyk na die spotprent en beantwoord die taalvrae wat volg:

Page 9: Belvedere Schoolbelvedereschool.co.za/Lockdown/Graad 11 - Grade 11/GRAAD... · Web viewDaarom word gesê die self is polifonies – baie “stemme” wat gelyktydig en beurtelings

1. Gee die trappe van vergelyking van die onderstreepte woord.Daar is nog baie vleis in die kombuis.

2. Gee die intensiewe vorm van die woord tussen hakies.Die skottel is (vol) biltong.

3. Is die onderstreepte gedeelte figuurlike of letterlike taal.Die mense werk hulle oor die mik om al die vleis te verwerk.

4. Gee jou mening.Dink jy hierdie mense is entoesiasties om die vleis te verwerk? Gee ʼn rede vir jou antwoord,

5. Gee die antoniem van die woord tussen hakies.Almal werk (stadig) sodat hulle kan klaar kry.

6. Gee die korrekte sinoniem tussen hakies.Kosie keer die honde anders eet hulle (smaaklik) aan die biltong.

7. Gee die meervoud van die vetgedrukte woord.Alberta waai vlieg met ʼn tak.

8. Gee die intensiewe vorm van die vetgedrukte woord.Die sny van die biltong het glad verloop.

9. Watter woorde kan jy gebruik om die volgende sinne met meer gevoel te sȇ?

Page 10: Belvedere Schoolbelvedereschool.co.za/Lockdown/Graad 11 - Grade 11/GRAAD... · Web viewDaarom word gesê die self is polifonies – baie “stemme” wat gelyktydig en beurtelings

KIES EEN VAN DIE WOORDE HIERONDER OM JOU TE HELP.

fantasties; allawêreld; foei tog.

a. ___________, maar hier is baie werk!

b. Dis_____________ vleis.

c. ____________, die arme honde is nou baie lus vir ʼn stukkie droë wors

Lidwoorde

Daar is twee lidwoorde in Afrikaans naamlik: Die en ʼn

Lidwoorde is woorde wat ander bepaal. Byvoorbeeld:Die jagters skiet ʼn bok.

ʼn Leeu het die bok gevang.

10. Vul die of ʼn in die volgende spasies. a. ___kat soek ʼn stukkie vleis.

b. ___tak word gebruik om die vlieë weg te hou.

c. Ouma was nog altyd in ____kombuis besig.

d. In die winter skiet oupa altyd___ bok.

e. Almal op die plaas weet dat Tshepo altyd ___goeie slagter is.