8
Tel. 051-404-7600 | Vrydag 30 Januarie 2015 | www.bloemnuus.co.za GRATIS Toer deur SA Winner kom na Bloem vir ‘Bloom’ 3 Hulle wen Baie pryse te wen op FB en ons webblad 3 Krieket St. Andrew se krieket blom behoorlik 8 Jens Friis DIE Bloemskou vind vanjaar van 23 April tot 2 Mei plaas, maar die sluitingsdatum vir van die uitstallers is reeds vandag. In samewerking met Women & Business sal ’n gedeelte van een van die sale omgeskep word as ’n kreatiewe mark met uitsoekuitstallers wat selfgemaakte, kreatiewe en kunsprodukte bied. “Die sluitingsdatum hiervoor is vandag waarna daar ’n keuringspro- ses sal wees,” sê Elmarie Prinsloo, uitvoerende hoof van die Bloem- skou. Meer as 100 000 mense besoek jaarliks die tien dae lange skou. “Vanjaar verseker die twee vakansiedae dat niemand die skou hoef mis te loop nie. Die Bloemskou lok besoekers van oor die land heen, sowel as ’n gemiddeld van 450 plaaslike, nasionale en interna- sionale uitstallers. Dit is dus ’n wonderlike ekonomiese inspuiting vir Sentraal-Suid-Afrika.” Onder die eerstes op vanjaar se skou tel ’n buitelug- en sportekspo op Saterdag 25 April. Toks en Vaatjie van Toks en Tjops-faam sal besoekers hier vermaak. Nog ’n eerste is ’n liggaamsbou- kompetisie in die vorm van die NABBA X-treme Body’s Classic op Vrydag 24 April. Perdespring maak sy buiging op Sondag 26 April in die hoofarena. Kunstenaars wat sal optree, is onder andere Bobby van Jaarsveld, Elvis Blue, Riana Nel, Bok van Blerk, MonArk en Jay & Lianie. Die Bloemskou sluit op Saterdag 2 Mei af op ’n hoë jazz-noot met optredes deur die gewilde Tshepo Tshola en Press. Die Glam Guru, Hannon Bothma, bied op Saterdag 25 April ‘n werksessie aan. Behalwe skoutoe- gang word kaartjies hiervoor deur Spotted Apple (051-447-1086) teen R120 per persoon verkoop. S As jy meer wil weet, bel die skoukantoor by 051-448-9894 of loer by www.bloemskou.co.za. Op die Bloemskou sal daar staatmakers soos die gewilde saalperdkampioenskap in die hoofarena wees. Maar daar sal ook meer nuwighede wees. Foto: Mlungsi Louw Bloemskou bied talle eerstes vanjaar ELECTRIC FENCE AND SECURITY CENTRES ELECTRIC FENCE AND SECURITY CENTRES TM www.stafix.co.za 0861 STAFIX www.stafix.co.za 0861 STAFIX UPINGTON Tel. 054 332 1458 KIMBERLEY Tel. 053 861 5631 BLOEMFONTEIN Tel. 051 448 6695 UPINGTON Tel. 054 332 1458 KIMBERLEY Tel. 053 861 5631 BLOEMFONTEIN Tel. 051 448 6695 IN-HOUSE TECHNICIANS IMPORTERS, MANUFACTURERS & DISTRIBUTORS OF ELECTRIC FENCING PRODUCTS FOR: • SECURITY FENCING • GAME FENCING • EQUESTRIAN FENCING • AGRICULTURAL FENCING VIR ALLE ELEKTRIESE OMHEININGS EN HEKMOTORS VIR ALLE ELEKTRIESE OMHEININGS EN HEKMOTORS VIR ALLE ELEKTRIESE OMHEININGS EN HEKMOTORS VIR ALLE ELEKTRIESE OMHEININGS EN HEKMOTORS BEVEILIG DIT WAT VIR JOU SAAK MAAK... BEVEILIG DIT WAT VIR JOU SAAK MAAK... PRODUCTS X1PNM7ER-BN300115

Bloemnuusbl 20150130

Embed Size (px)

DESCRIPTION

Bloemnuusbl 20150130

Citation preview

Page 1: Bloemnuusbl 20150130

Tel. 051­404­7600 | Vrydag 30 Januarie 2015 | www.bloemnuus.co.za GRATIS

Toer deur SAWinner komna Bloem vir‘Bloom’ 3

Hulle wenBaie pryse tewen op FB enons webblad

3

KrieketSt. Andrew sekrieket blombehoorlik

8

Jens Friis

DIE Bloemskou vind vanjaar van 23April tot 2 Mei plaas, maar diesluitingsdatum vir van die uitstallersis reeds vandag.In samewerking met Women &

Business sal ’n gedeelte van een vandie sale omgeskep word as ’nkreatiewe mark met uitsoekuitstallerswat selfgemaakte, kreatiewe enkunsprodukte bied.“Die sluitingsdatum hiervoor is

vandag waarna daar ’n keuringspro­

ses sal wees,” sê Elmarie Prinsloo,uitvoerende hoof van die Bloem­skou.Meer as 100 000 mense besoek

jaarliks die tien dae lange skou.“Vanjaar verseker die twee

vakansiedae dat niemand die skouhoef mis te loop nie. Die Bloemskoulok besoekers van oor die landheen, sowel as ’n gemiddeld van450 plaaslike, nasionale en interna­sionale uitstallers. Dit is dus ’nwonderlike ekonomiese inspuiting virSentraal­Suid­Afrika.”

Onder die eerstes op vanjaar seskou tel ’n buitelug­ en sportekspoop Saterdag 25 April. Toks enVaatjie van Toks en Tjops­faam salbesoekers hier vermaak.Nog ’n eerste is ’n liggaamsbou­

kompetisie in die vorm van dieNABBA X­treme Body’s Classic opVrydag 24 April.Perdespring maak sy buiging op

Sondag 26 April in die hoofarena.Kunstenaars wat sal optree, is

onder andere Bobby van Jaarsveld,Elvis Blue, Riana Nel, Bok van Blerk,

MonArk en Jay & Lianie.Die Bloemskou sluit op Saterdag

2 Mei af op ’n hoë jazz­noot metoptredes deur die gewilde TshepoTshola en Press.Die Glam Guru, Hannon Bothma,

bied op Saterdag 25 April ‘nwerksessie aan. Behalwe skoutoe­gang word kaartjies hiervoor deurSpotted Apple (051­447­1086) teenR120 per persoon verkoop.S As jy meer wil weet, bel dieskoukantoor by 051­448­9894 ofloer by www.bloemskou.co.za.

Op die Bloemskou sal daar staatmakers soos die gewilde saalperdkampioenskap in die hoofarena wees. Maar daar sal ook meer nuwighede wees.Foto: Mlungsi Louw

Bloemskoubied talleeerstesvanjaar

ELECTRIC FENCE AND SECURITY CENTRESELECTRIC FENCE AND SECURITY CENTRES

TM

www.stafix.co.za 0861 STAFIXwww.stafix.co.za 0861 STAFIX

UPINGTON Tel. 054 332 1458KIMBERLEY Tel. 053 861 5631BLOEMFONTEIN Tel. 051 448 6695

UPINGTON Tel. 054 332 1458KIMBERLEY Tel. 053 861 5631BLOEMFONTEIN Tel. 051 448 6695

IN-HOUSETECHNICIANS

IMPORTERS, MANUFACTURERS & DISTRIBUTORS OF ELECTRIC FENCING PRODUCTS FOR: • SECURITY FENCING • GAME FENCING • EQUESTRIAN FENCING • AGRICULTURAL FENCING

VIR ALLEELEKTRIESE

OMHEININGS ENHEKMOTORS

VIR ALLEELEKTRIESE

OMHEININGS ENHEKMOTORS

VIR ALLEELEKTRIESE

OMHEININGS ENHEKMOTORS

VIR ALLEELEKTRIESE

OMHEININGS ENHEKMOTORS

BEVEILIG DITWAT VIR JOU SAAKMAAK...BEVEILIG DITWAT VIR JOU SAAKMAAK...PRODUCTS

X1PNM7ER-BN300115

Page 2: Bloemnuusbl 20150130

2 BLOEMNAWEEK, VRYDAG 30 JANUARIE 2015

Ná die bouersvakansie vorder bouwerk weer aan die nuwe winkelsentrum wat gebou word by die hek na die Woodland Hills Wildlife Estate. Inwoners van dié landgoed sien al jareuit na die winkelsentrum wat hier gaan kom. ’n Checkers en verskeie ander winkels sal hier gehuisves word. Foto: Jens Friis

Nuwe sentrum kom

Leraar van Heidedalgaan na ‘wit’ gemeente

Ds. Zack Pienaar het sy demissie-brief van dr.Dawid Kuyler ontvang. Foto: Clive Solomon

Clive Solomon en Jens Friis

’n BEKENDE leraar van Heidedalis beroep na ’n tradisioneel witgemeente in Windhoek, Nami­bië.Ds. Zack Pienaar van die

Verenigde Gereformeerde Kerk(VGK) in Heidedal sal na agtjaar in Bloemfontein na Nami­bië verhuis en inval by dieEros­gemeente.“Dit is ’n groot uitdaging,

maar dit gaan oor God se werk

en ek glo dat Hy my sal lei.”Pienaar het Sondag sy

afskeidspreek by die VGK­ge­meente Heatherdale gelewer.Sy boodsakp het gekom uit

Genesis 45 vers 18: “Moeniestry op die pad nie.”Ds. Pienaar het nie net die

Heatherdale­gemeente bediennie, maar ook die GroterBloemfontein.Hy sal ook onthou word vir

die Bloemfontein Life ChangeCentre (BLCC) wat hy begin het.

Hy was ’n benoemde vir dieBloemfonteiner van die Jaar­kompetisie.Daar is toe berig dat die

geboue vir die kompleks R3,7miljoen kos. Dit is gebou metgeld wat ingesamel is sodat dit’n sentrum van hoop kan wordvir Heidedallers waar maatskap­like nood hoog is. Die Universi­teit van Stellenbosch (US) selektore gee afstandsonderrig virmatrikulante daar, terwyl dieUniversiteit van die Vrystaat

(UV) ook kundiges aan inwo­ners beskikbaar stel.In ’n onderhoud met Marie­

tjie Gericke vir Ons Stad het hydestyds oor die BLCC gesê:“Daar is baie lesse om hieruitte leer: Die belangrikste is ’nmens kan as jy regtig wil. Ookdat spanwerk droomwerk totgevolg het. Dit het ook mypersoonlike leuse geword.”Dr. Dawid Kuyler van die ring

het aan Pienaar sy demissie­brief oorhandig.

Radionetwerk vanbuurt betrek ook skoleNÁ onlangse misdaadvoor­valle by skole in Fichardt­park, het die FICH­Net­radio­netwerk van die Fichardt­park Woonbuurt Assosiasie(FWA) Dinsdag radio’s aandie vier skole in diewoonbuurt geskenk.Die skole sal daagliks

geskakel word om teverneem of alles pluis is.“Ons is dankbaar dat al

vier die skoolhoofde baiepositief op die skenkinggereageer het. Al vier dieskole is ook ingeskrewe ledevan die FWA,” sê JohannaVenter, ’n FICH­Net­assis­tent.Die FWA het in Junie

2010 ontstaan en viervanjaar sy vyfde bestaans­jaar. Die FWA het verskeiesuksesvolle projekte beginwaaronder ’n herwinnings­projek, ’n CCTV­kamerapro­

jek en ook die FICH­Net­ra­dionetwerk (goedgekeurdeur ICASA).Die FWA het op 8

Desember ’n nuwe operasio­nele veiligheidsplan inwerking gestel met ’nverwagte 24­uur­beheerka­mer, 24­uur­patrolliediens entoegangsbeheer watdringend ondersoek gaanword.Die FICH­Net­radionet­

werk, wat aan die eindevan Oktober 2013 inwerking gestel is, speel ’nbelangrike rol in die nuweoperasionele veiligheidsplan.Die radionetwerk is

begin met 35 radio’s in2013 en het intussengegroei tot 158 radio’s.Die belangrikste doelwit

van die radionetwerk is om’n bydrae tot veiligheid ensorgsaamheid in die

woonbuurt te lewer .Die radio is ’n maklike en

effektiewe kommunikasie­middel om pro­aktief op tetree en potensiële misdaad­voorvalle te verhoed.Verskeie inhegtenisne­

mings is in die afgelope tydgemaak danksy dit.FICH­Net­lede is betrokke

deur hul deelname aan diedaaglikse inroepe –heelwat kinders is ookvertroud met die radio.Inwoners van Fichardt­

park word genooi om hulleaan te sluit by die FWA.Bel Celia Meyer by 082­

803­3624 om jou aan tesluit by die FWA, of sluitaanlyn aan by www.fichardt­park.co.za.Vir meer inligting oor die

radio’s, skakel JohannaVenter ná ure by 083­501­0665 .

Van links is, voor: Arnold Lubbe (FWA se voorsitter), Albert Mocke (Hoërskool Rosenhof), JohannaVenter (’n FICH-Net-assistent) en Jannie Minny (’n FICH-Net-operateur); agter: Jaco du Preez(Laerskool Fichardtpark), Francois van Heerden (Hoërskool Martie du Plessis) en Michael Barker(Hoërskool Fichardtpark). Foto: Verskaf

Page 3: Bloemnuusbl 20150130

BLOEMNAWEEK, VRYDAG 30 JANUARIE 2015 3

Tel. 051 421 0802/3Tel. 051 421 0802/3SLAGHUIS / BUTCHERYSLAGHUIS / BUTCHERY

GAAR ETES NOUOOK BESKIKBAARGAAR ETES NOUOOK BESKIKBAAR

Game-sentrum BloemfonteinGame-sentrum Bloemfontein

Kom na ons vir diebeste pryse en diensKom na ons vir die

beste pryse en diensPensioenarisse kry Woensdae spesiale

afslag (karkasse uitgesluit)Pensioenarisse kry Woensdae spesiale

afslag (karkasse uitgesluit)

SAMBA en kredietkaarte welkomSAMBA en kredietkaarte welkom

Kom na ons vir diebeste pryse en diensKom na ons vir die

beste pryse en diens

GAAR ETES NOUOOK BESKIKBAARGAAR ETES NOUOOK BESKIKBAAR

Game-sentrum BloemfonteinGame-sentrum Bloemfontein

Geroosterde Eisbein ..............................................R4,28/100gGeroosterde varklendeskyf .................................R10,47/100gBeesvleisfrikkadelle ...............................................R3,38/100gGeroosterde ¼ hoender ........................................R4,46/100gBeeskookvleis .........................................................R7,18/100gGeroosterde varknek ..............................................R8,58/100gGeroosterde 'Spare Ribs' .......................................R7,03/100g

X1PNH561-BN300115

DIE volgende lesers het pryse gewen opBloemnuus se Facebook­blad ofwww.bloemnuus.co.za:

S Jaco Niemann: Pensie spoeg vuur enander draakstories deur Milena Baisch.S Samantha Botha: Katerina se mojo deurKirstel Loots.S Janka Nagel: Teetydlekkernye – lekkeren vinnig.S Janette Noeth: Die groot sand en anderstories (kortverhale) deur Doc Immelman.S Thomas Nel wen vier CD’s: Adam Tasse Want jy is boer, Vegas se Beste tyd vanjou lewe, Ricky Faber se Leeu van jou harten Desmond Ells se Dans my verlief.S Loraine Barnard: Sakpasgeregte.S Hennie Brummer: Kolwyntjie vanMadelie Human.S Melissa van der Sandt: Liefdesoorlogvan Gerhard Steyn en Anaïs.

Hulle is wenners

VERMAAK/KUNS

VRYDAG 30 JANUARIE

S Hugo (live) in Pub Stop om 20:00. Kombespreek jou Oppi­Eiland­stalletjie vir Sater­dae. Besprekings kan van Saterdag tot Vrydagby Pub Stop gedoen word.S Is jy ‘n Soutpan­inwoner en ouer as 60?Kom meld tussen 15:00 en 16:00 by Truksvyaan en raak deel van die maandelikseSoutpanteeklub. Dit is gratis.S Show at the Planetarium, 19:00: Secretsof the solar system’s giant planets – Jupiter,Saturn and beyond. Space missions to thegiant gas planets revealed fascinating systemsof moons and rings. The Cassini missiondiscovered intriguing and ever changing detailin Saturn’s rings and also what could bedescribed as “oceans” on the moon Titan.Jupiter’s moons have their own surprises,from volcanic activity to hidden oceans. Bookat Computicket. Rates R20 to R50.S ’n Pretstap/­draf op die aanloopbaan van’n plaaslike onderneming se vliegveld buiteTrompsburg is die besonderse manier wat dieplaaslike sentrum vir bejaardes bedink hetom geld in te samel. Deelnemers beweeg alom die buitelyne van die vliegveld wat in dievorm van ’n kruis is, met die waterpunt indie middel. Om 17:30 kan deelnemers 5 kmof 10 km ver stap of draf. Inskrywings kanvan 16:00 af by die wegspringplek gedoenword, of bel die sentrum by 051­713­0255.

SATERDAG 31 JANUARIE

S Die Vrystaattak van die Boeremusiekgildehou om 19:00 ’n somerdansparty in dieRosenhofskoolsaal agter die Life­Rosepark­hos­pitaal. Carel Wessels, 072­358­0840.S Die Bloemfontein­voetslaanklub stap byKloofeind op Bergplaas, die plaas van Danieen Karin Wepener. Mense wat belang stel omsaam te stap kan met Suki van Niekerk [email protected] in verbinding tree.S Oval Track­action, 18:00.S Tennis – vroue­eindstryd van die Australie­se Ope in Melbourne, Australië.S Spoegwolf om 19:30 in Innie Skuur.Kaartjies: R90.

S Langarmdans van 19:00 in die Posduif­saal. Dit kos R70. Marissa, 083­637­8314.S Jaarvergadering van die VrystaatseOrgidieë­vereniging. Alle belangstellendeswelkom. Bel Fred by 084­200­9416.

SONDAG 1 FEBRUARIE

S Tennis – manseindstryd van die AustralieseOpe in Melbourne, Australië.S Bloemfontein Paint Ball League: Fungame, 12:00, Bloemspruit Air Force Base.S Barokkonsert in die Ou Presidensie om16:00 met Lance Phillip (tenoor), KobusMalan (hobo) en Petrus Krige (blokfluit),Cézarre Strydom (virginaal), Piet van Rooyen(tjello) met werke van Monteverdi, Bach,Vivaldi en Telemann. ’n Kaartjie kos R60 bydie deur.S Bring­en­braai by Pub Stop om 13:00.Louis Brits, 083­280­2231.S Free State Agility and Dog Training Clubbied hondespring­klasse, gehoorsaamheids­klasse en sosialiseringsklasse vir alle soortehonde aan. Dit begin om 15:00 by dieLaerskool Sand du Plessis in Hospitaalpark.Maak gebruik van die ingang uit Listerstraat.Gawie Faul, 083­303­0222 of 051­522­8518.

MAANDAG 2 FEBRUARIE

SWorld Wetlands Day.

S Manne­aand met Jimmy Abbot om 19:00by Bikers Church. Wilna, 083­309­5844.S Oom Karolus en Lente kuier by die NGkerk Gardeniapark om 18:00. Gratis toegang.S Skaf ’n Volksblad én Huisgenoot aan teenR25 by koerantverkopers in Bloemfontein.

DINSDAG 3 FEBRUARIE

S Die brandstofprys word aangepas.S Pool­kompetisie by Pub Stop. DJ Botter salmusiek maak.S Inligtingsaand oor Parkinson se siekte metKaren Willemse, direkteur van die Parkinson­vereniging van Suid­Afrika. Dit vind plaas om18:00 by Ons Tuiste­sentrum vir bejaardes,Westerbloem, Van Heerdenstraat 10, Wilge­hof. Toegang is gratis. Skakel 051­407­7236.

WOENSDAG 4 FEBRUARIE

S Volmaan.SWêreld­kankerdag.S Bottomless Coffee, Innie Skuur om 19:30,R100.S Karaoke by Pub Stop. DJ Riaan sal diemusiek maak.S Christ@Work, ’n selgroep vir werkende enstuderende jong mense kom Woensdae om19:00 bymekaar by Lukas Steynweg 1,Heuwelsig. Elna van der Walt, 082­462­5507.

Doendit dan

In Kézia Gerber, kurator van Gallery on Leviseur se eerste uitstalling, Chiasmativity: Medial Moti­on, kan die kyker self besluit van watter kant die abstrakte kunswerke die mooiste lyk. Elkekeer lyk dit anders. Sy het veral met fotografie gespeel. Die uitstalling duur tot 14 Februarie.Sien die video op www.bloemnuus.co.za waar sy meer vertel. Foto: Ruan BruwerWinner

kom naBloem vir‘Bloom’AANHANGERS van Dana Winner kanna ’n vertoning van haar op Vrydag3 April in Bloemfontein uitsien.Dié gewilde sangeres van België

toer vanjaar deur Suid­Afrika omhaar nuwe album, Bloom, en ’nsplinternuwe liedjie, Lied van Hoop,bekend te stel.Op die toer sal sy van haar

grootste treffers en liedjies vanBloom sing.Met hierdie nuwe album voeg sy

nog ’n album by haar suksesvolleloopbaan wat oor meer as 20 jaarin die bedryf strek.Winner sê sy kan nie wag om

weer in Suid­Afrika op te tree nie.Op die nuwe album is daar 12liedjies in Engels, Nederlands, Duits,Frans en Afrikaans.Die album is reeds verlede maand

bekend gestel en is in winkels oorSuid­Afrika heen beskikbaar.Winner het haar groot deurbraak

in 1989 gemaak met haar weergawevan The Carpenters se liedjie Top ofthe World.Sedertdien het sy groot sukses

behaal met talle goue en platinum­albums en nommereen­treffers soosIn Love with You, Droom van myGeluk en Sproetjies.Sy tree net een aand in Bloem­

fontein in die Kovsiekerk op.Kaartjies kos van R270 tot R450 enis by Computicket beskikbaar.

Dana Winner kom maak ook in Bloem-fontein ’n draai om haar album Bloombekend te stel.

Page 4: Bloemnuusbl 20150130

4 BLOEMNAWEEK, VRYDAG 30 JANUARIE 2015

WIE WEET WAAR? Waar is dié foto geneem? Die antwoord is . . . Mimosa Mall. Foto: Jens Friis

Dié Ritsim-dagword ’n riller

dag . . . Oom. Ek het natuurlikheerlik oor sy reaksie gegiggel.Maar wie laaste lag, lag die

lekkerste.Vrydag op pad werk toe het dit

my getref. Jy’s volgende, het ’nstemmetjie in my kop gefluister. Dietienjaar­reël is nou ook op jou vantoepassing – vanjaar noem diemeisie by die verkeerslig daar voorjóú tannie.Ek lê toe laag. Ek het oogkontak

vermy, stram geglimlag en my kopbedagsaam geskud: nee dankie.Maar die middag het hulle my in

’n parkeerterrein voorgelê. Toe ekweer sien, staan ’n student met ’nblonde poniestert en haar vriendinlangs my. Sy wou weet of ek nie ’nRitsim wou koop nie, of sommerdrie – verkoop hulle nie alles nie,mag hulle nie die aand in diekoshuis slaap nie. Die poniestert isglo van Upington en haar vriendinvan Bethlehem. Dis darem bitter vervan die huis af.Dagboek, ek doen dit toe. Ek

koop ’n Ritsim.Ja, ja, wat is die punt, vra jy.Die ding is, ek het daardie

spesifieke Ritsim nie gekoop omdatdit vir ’n goeie doel is nie. Ook nieomdat die student so oorredendwas nie. Nie eens omdat ek haarjammer gekry het nie.Ek bieg: Ek het daardie Ritsim

gekoop bloot omdat dié eerstejaarmy nie ’n enkele keer tanniegenoem het nie.

LIEWE Dagboek, jammer vir die langstilte, jong. Dit verstom my hoe dietyd vlieg. Ek sien die vorige inskry­wing hier is maande geledegemaak. Eina.Dalk moes ek dit ’n Nuwejaars­

voorneme gemaak het om mygedagtes gereeld neer te pen – disglo goed vir gees en verstand. MaarFebruarie lê voor en ek moet vredemaak dat ek ook nooit aan daardiedetoks­drankies gewoond kon raaknie. Ek sidder as ek dink aan al dieseldery.Eintlik skryf ek nie vandag vir jou

uit pligsbesef nie. Ek skryf omdat ekwil bieg.Let jy na die jaartal op, sal jy

besef dat ek vanjaar presies tienjaar gelede matriek geskryf het.Nee, die tyd staan nie stil nie.Dinge wat jaarliks gebeur, maak

’n mens veral bewus daarvan. As jyweer sien, is dit Bloemskou ofVryfees of Kersfees. Dan voel ditaltyd asof jy dit net die vorige daglaas ervaar het.Net so is dit met Kovsies se

jooltyd. Die eerstejaarstudente hetjuis verlede Vrydag die strateingevaar om Ritsims te verkoop. Ditwas net tutu’s en hoede engestreepte hokkiekouse waar jy kyk.Ek was as student ook deel

hiervan. Met ’n glimlag het ek alwat leef voorgekeer en die ag­toe­tannie­dis­vir­’n­goeie­doel­rympieafgerammel. Nie eens ’n reënbui én’n gebreekte skoen kon my entoesi­asme demp nie.Dink ek nou terug, besef ek dat

ek seker ook effens intimiderend inmy oorywerigheid was. Manlief wasverlede jaar nogal verleë toe hy diemotor se ruit afdraai en die outjietrek los met: Asseblief, Oom, agthanks, Oom, dis great, Oom, lekker

MENINGS EN RUBRIEKE/COMMENTS AND COLUMNS

Hulle is onlangs oorledeS Laurie Oosthuizen (1924) seroudiens was in die NG kerkFichardtkruin.

S Abel Wilke (1925) se gedenk­diens was in die gemeenskapsaalvan die Fichardtpark­aftreeoord.

S Kobus Sonnekus (1926), een vandrie joernalisbroers wat vantevorein die redaksie van Volksbladgewerk het, is oorlede. Die andertwee broers is Pieter (Piet) wat ‘nsubredakteur in Volksblad sealgemene redaksie was, en Dries,wat as verslaggewer gewerk het.

S Susan Coetzee (1927) setroosdiens was in die Gereformeer­de kerk Bloemfontein­Suid. Sy isbegrawe in Suidpark.

S Hennie Human (1928) seroudiens was in die NG kerkBerg­en­Dal.

S Lulu van Tonder (1931) van OnsTuiste se gedenkdiens was in dieNG kerk Bloemvallei.

S Johanna Frederika PetronellaAletta van der Watt (1932) vanWilgehof is uit die NG kerkHertzogville begrawe en ook daarbegrawe.

S Christina Gloudina van Aswegen(1932) se verassingsdiens was indie NG kerk Berg­en­Dal.

S Thomas Taylor (1933) segedenkdiens was in die NG kerkNoordhoek.

S Jacob Frederick Bailey (1934)van Spitskop se gedenkdiens wasin die NG kerk Bainsvlei.

S Anna Catherina (Sus) Fourie(1939) se afskeidsdiens was in dieNG kerk Langenhovenpark.

S Sir David Graaff (1940), oud­politikus en eienaar van die DeGrendel­wynlandgoed in Durbanvil­le, is oorlede. Hy was die seun vansir De Villiers (Div) Graaff. Sir Davidword deur sy vrou Sally, en vierkinders oorleef. Die Graaff­gesin isdie enigste gesin in Suid­Afrika watdie titel van baron dra. Dié titel isdeur koning Edward VII aan dieeerste sir David Graaff toegeken.De Villiers Graaff, oudste seun vansir David, sal nou die titel erf.

Hartseer vriende, familie en werkers het in die NG kerk Waterbron van Toonen Rienie Swanepoel afskeid geneem. Die Swanepoel-egpaar is ná kerk byhul plaashuis deur drie mans oorval, ure lank gemartel en later doodgeskiet.

Foto: Conrad Bornman

BEVORDER: Theonie Kok is tothoofsubredakteur: sentraleplaaslike koerante in Bloem-fontein bevorder. Sy was voor-heen ’n subredakteur. Bloem­nuus en Bloemnaweek is vanMedia24 se plaaslike koerantein Sentraal-Suid-Afrika.

Hoe om ’n suksesvollewinkelklerk te weesRITSIMS, die Kovsies se jooltydskrif,word tans verkoop. Die volgendegrappie kom daaruit:Piet kry werk as winkelklerk. ‘n

Klant kom in en vra vir ‘n blikpruimkonfyt. Piet kyk rond, maarkan nie pruimkonfyt kry nie.“Jammer, Mevrou, maar ons hetnie pruimkonfyt nie.”Toe die dame uitstap, roep die

baas vir Piet nader. “Dis mos niedie manier waarop ‘n mens goedverkoop nie,” verduidelik hy. “Asdaar nie pruimkonfyt is nie, dan sêjy: ‘Jammer, Mevrou, die pruimkon­fyt is op, maar ons het pas nuwevoorrade druiwe­, appelkoos­ envyekonfyt gekry. Wil u nie daarvanprobeer nie?’”‘n Rukkie later stap ‘n man die

winkel binne en vra vir toiletpapier.

Piet soek, maar kan niks kry nie.“Jammer, meneer, maar ons

toiletpapier is op. Ons het welskuurpapier en konfetti. Wil u niedaarvan probeer nie?”

S Ou Van het laat gekuier dieaand, staan die nag op, loop ’ndraai en kom terug.“Wat is dit?” vra sy vrou.“Weet jy, jy gaan dit nou nie

glo nie. Ek loop ’n draai en die liggaan sommer vanself aan. Toe ekklaar is, daar gaan die lig wragtagsommer weer vanself af.“Ag magtag, Van,” sê sy vrou,

“moenie vir my sê jy het alweer indie yskas gepiepie nie!”

S Lees die Dagsê-rubriek langs-aan oor die Ritsims.

Page 5: Bloemnuusbl 20150130

BLOEMNAWEEK, VRYDAG 30 JANUARIE 2015 5

REIS

Beplan die rit só dat julle gereeld (minstens elke twee uur) kan stilhou. Dié stopplek langs dieN1 is onlangs gebou toe dié hoofweg opgeknap is. In die laagte is die Rietrivier, sowat 70 kmsuid van Bloemfontein.

’n Kontrolelys kan jou help om die langpad korter te maak. Dié foto is naby Edenburg geneem.Foto’s: Jens Friis

Maak só jou rit sorgvry

Jens Friis enNanda de Villiers

DIE volgende wenke maghelp dat jou reis aansienlikgladder verloop as jy weerdie langpad aandurf.

S Laat jou motor vroegtydigversien. Gee aandag aanbanddruk, dit kan verskil asdie motor vol gelaai is. As ’nsleepwaentjie of woonwagebruik word, laat dit ookversien. Kontroleer elektriesekoppelinge.S Skaf ’n nuwe padkaartaan. Maak seker van dieroetes en padoppervlakke.Beplan jou roete en reistydso dat daar genoeg tyd is asjulle langer langs die pad wilvertoef.S Maak vooraf seker dat joutroeteldiere en swembadversorg is. Dan hoef bekom­mernisse daaroor nie die ritte versuur nie.S Waar bêre jy die huissleu­tel? Anders gaan jy daarvoorsoek met jou tuiskoms.S Gooi gereeld brandstof in.Moenie jou senuwees tartnie.

S Hou genoeg geld byder­hand vir tolhekke, maarmaak seker dat jou beursieveilig is.S Beplan die rit só dat jullegereeld (minstens elke tweeuur) kan stilhou.S Laai selfone se batteryevooraf. Pak die selfoonlaaieren ’n tweepuntprop in.S Is ’n reisgenoot opmedikasie? Hou medisynebyderhand en onthou om ditgereeld te drink.S Maak seker dat voertuig­li­sensies en rybewyse opdatum en maklik bereikbaaris.S Beplan só dat julle rustigkan ry. Moenie die rit gejaagbegin nie (makliker gesê asgedaan). Vermy argumentein die motor.S Hou ’n gelaaide kameramet ’n leë geheuekaartbyderhand.S Maak die motor vanbinne en buite skoon. Hou ’nsakkie in die motor virrommel.S Onthou speletjies om diekinders besig te hou. ’nNuwe CD kan help dat diekilometers verbyvlieg.

S Kussings en selfs ’n ligtekombersie as dit koel is, kandie reis geriefliker maak. Pakook altyd iets warms in.Die weer kan vinnig

verander.S Pak genoeg drink­ eneetgoed in. Moenie staat­maak op die volgendestilhouplek. Daar kanonverwagse oponthoudewees.S Lees vooraf op oorinteressante plekke engebeure langs die pad. Vestigreisgenote se aandag daarop.S Moenie jou sonbril tuislaat lê nie.S Die reis is deel van dievakansie. Slaap met ’n langrit oor op een van diekleiner dorpies langs die pad.Daar is dikwels bekostigbare,interessante blyplek en ditkan pret wees om die dorpiete verken.S Laai die motor, maar veraldie sleepwaentjie en woon­wa, gebalanseerd.Moenie die motor te vol

prop nie.S Pak so dat ’n oornagtas­sie maklik uitgehaal kanword.

NEWS

Rag fireworksunder fire

Ruan Bruwer

A GROUP of concerned residents fromBloemfontein rocked up at theUniversity of the Free State’s Rag officeyesterday to show their disapproval ofthe planned fireworks display onSaturday. The annual Rag paradefinishes with a fireworks display atChevrolet Park.They presented a petition with

letters from residents and photos ofanimals injured during New Year’scelebrations to convince the universityto do away with the planned fireworksdisplay.According to Maryke Davies, one of

the organisers of the petition, theyalso presented letters from veterina­rians on the negative effect of fire­works on animals.“We believe this is a waste of

money. The purpose of Rag is welfare,which is what people donated moneyfor. The money spent on fireworkscould rather be used to assist withwelfare or to help students at Kovsieswho struggle financially.“They probably just planned this

event without thinking ahead. Hopeful­ly we can convince them to do awaywith it. There are already amazingperformers on the day. Fireworks arenot needed,” Davies said.

SPECIAL BONDBETWEEN TWINS. The twinsMari and Jana van Schalkwykat the age of six weeks. The photo was taken earlier this month. Theywere born at 33 weeks. Their parents are Ockie and Adelien van Schalk-wyk. Similar photos onwww.facebook.com/DesiMcCarthyPhotography.

Photo: Desi McCarthy Photographic Art

PERSOONLIKE

DIENSTE

FUNKSIES &

KONFERENSIES

1425

LENINGS

1445

ALGEMENE &

HUISDIENSTE

HUISVERBETERINGS

BINNE

1835

AAA-kwaliteit: INSTALLEERvan alle plafonne en 'drywalls'. Ook die herstel van pla-fonne. Gratis kwotasie. Skakel079 581 6654.

EIENDOMME

AKKOMMODASIE

OM TE DEEL

3210

Kamers in studentehuis:Vier kamers in studentehuisnaby UV te huur, vanaf R1 950per maand. Krag en wateringesluit. Beveilig met elek-triese heining. Wasmasjienbeskikbaar. Ernie 076 4308451.

WOONSTELLE

TE HUUR

3250

Ruim 2-slaapkamer-woonstel te huur op hoewe.Toesluitmotorhuis met afdak.Eie tuin. Beskikbaar 1 Maart2015. R3 600 p.m. Water enkrag uitgesluit. Skakel Chris073 325 8320.

SOEK, KOOP, VERKOOP

Die gebruik van die letter

, leestekens soos

of of die gebruik van

syfers met die doel om dieadvertensie na die bopuntvan die klassifikasie-lys teskuif, is streng verbode.

"A" "!"

"*"

SMALLS NOTICE

AANDAGALLE

ADVERTEERDERS

Page 6: Bloemnuusbl 20150130

6 BLOEMNAWEEK, VRYDAG 30 JANUARIE 2015

Laaste kansvir inskryfFOTO’S vir Bloemnuus se Troufoto van die Jaar­kompetisieword slegs tot Maandag om 08:00 ontvang. Stuur ’nfoto van jou onlangse troue na [email protected] plasing hiervan is gratis. Onthou om te noem wie opdie foto is (name en van) en deur wie dit geneem is.

Jaco en Izette de Klerk. Foto: Studio

Tanya en Charl Botha. Foto: iFlair

Nelius en Christine Kieser. Foto: Tania Allen

Theunis en Deonie Scheepers. Foto: Grant en Wina

Rusane en Hermann Hendriks. Danielle en Eugene Harmse. Foto: Amy Scott

Willem van der Walt en Eljo Roos. Foto: Forever Photos Jacqueline Jordaan en Charl Harris. Foto: Elza de Bruyn

Charlene en Juan de Lange. Foto: Emma Booysen Kelly en Mike Sammons. Foto: Tania Allen

Page 7: Bloemnuusbl 20150130

BLOEMNAWEEK, VRYDAG 30 JANUARIE 2015 7

AT Eunice Girls’ High three pairs of sisters in gr. 8 are twins. They are from the left, front: Miche Springbok, Leago Moganediand Lihle Mhlengi; back: Mache Springbok, Lehumo Moganedi and Emihle Mhlengi. Photo: Ruan Bruwer

DIE Hoërskool Sentraal het ses nuwe onderwysers gekry. Hulle is van links (tussen hakies die vakke wat hulle gee) JustineShaw (Engels), Petro Steenkamp (Afrikaans), Suzette Archer (wiskunde), Jannecke Koekemoer (wiskunde), Marelize Visagie(Afrikaans) en Riëtte Botes (rekeningkunde en besigheidstudie). Foto: Ruan Bruwer

EEN TE VEEL VIR WIELE: Heimat en Amelia, twee private koshuise vandie Universiteit van die Vrystaat (UV) en die Vrystaat-rugbyakademie,het ’n kaskarresies op die Goose Hill-gasteplaas buite Bloemfontein ge-hou. Die mans- en vrouekoshuise het altesaam vyf kaskarre ingeskryf.Die wedloop was egter een te veel vir Herbie en sy fietswiele wou niemeer hou nie. Nietemin is die span met hul kaskar te voet oor die wen-streep. ’n Gedeelte van die geld wat hulle insamel, gaan aan die Dr.Böhmer-skool. Foto: Mlungisi Louw

Karen Herbert

DIE vreugdevure hethoog gebrand toeVivienne Bojé die sleutelin die Spark Campus sedeur gesteek het en,voilà! Daar sluit dit toeoop.Sy het al die pad van

Jeffreysbaai gery om diegelukkige wenner in dieprojek Vir Ons Kindersten bate van Engo tewees.Vivienne en haar man,

Kobus, wat oud­Vrysta­ters is, sê hulle hetelkeen ’n kaartjie vir R20by die slaghuis inWesselsbron gekoop. Diegeld word vir ’n goeiedoel aangewend enhulle al twee is dit eensdat hulp aan kindersaltyd belangrik is.Dié geldinsamelings­

projek ten bate van EngoVrystaat is die afgelopejaar die sesde keeraangebied.Deur slegs ’n R20­

skenking te doen hetondersteuners ’n kansgestaan om ’n splinter­nuwe Spark Campus tewen.Daar is altesaam

20 566 kaartjies teenR20 elk verkoop – ’nrekordbedrag vanR411 320 is ingesamel.Dit is 6,4% meer as

wat in 2013 ingesamelis.Vyf finaliste is op 9

Januarie met die hulpvan PwC aangekondigwaarvan MekgotsoRamosito van Rocklandsdie enigste Bloemfontei­ners was.Die Vir Ons Kinders­

projek sou nie moontlikgewees het sonder dieondersteuning van borgenie. Vanjaar se borgewas Imperial GMBloemfontein, RadioRosestad en Volksblad seSentrale PlaaslikeKoerante.Die finaliste het

Vrydag op ’n trekkingsge­leentheid by Imperial GMBloemfontein gewedywerom die Chevrolet SparkCampus ter waarde van

R112 400 te wen.Daar is ook troospryse

aan die finaliste gegee.Dié soort geldinsame­

lingsprojekte is nood­saaklik aangesien diestaatsubsidies virliefdadigheidsorganisasiesal hoe minder word.Elke bydrae is soos ’n

vonk wat ’n hele vuurvan omgee aansteek, hetMagda van Niekerk,direkteur: vakkundigedienste by Engo, gesê.

Nuwe motor koshaar toe net R20

Boasts with three pairs of gr. 8 twins

VAN links is Elzabé van Niekerk (skakelbeampte by Engo), Karen Herbert (produksiere-dakteur, Sentrale Plaaslike Koerante), Kobus en Vivienne Bojé van Jeffreysbaai (Vivien-ne het die motor gewen), Magda van Niekerk (direkteur: vakkundige dienste by Engo)en Johan Gunther (omroeper by Radio Rosestad). Foto: Mlungisi Louw

DANCERS SHOW HOW IT’S DONE. At the South African Dance TeachersAssociation’s (SADTA) annual South African freestyle championships twolocal dancers of the Shake It Dance & Fitness Studio won gold for thesecond year in a row in the man/woman 16 years old and older category.Shaun Matting and Williche Burger (photo) were two of the stand-outperformers in Alberton at the end of last year where over 30 danceschools competed. Not only are they the current South African cham-pions, they were also ranked seventh in the man/woman class for 16years old and older at the Freestyle World Championships in Blackpoolheld in June 2014. Photo: Supplied

After 10 years of struggling, my husband isback at home after mama Linda showed memy enemies in a mirror . We are now ahappy, married couple - thank you, mamaLinda.

My husband stayed with his girlfriend for 10years. Without him I struggled to supportmyself and could not even pay ourchildren's school fees.

I visited traditional healers, but with no help. Then I heard of Maria Lindaon a radio talk show and my neighbour whom he helped and rescuedfrom black magic. I visited mama Linda and paid R200. He told me aboutmy future andmymarriage problems. He put amirror in a dishwithwaterand I saw the facesofmyenemies andmyhusband's girlfriend.He prayed for me and gave me holy water and oil to wash myself. Aftertwo days I saw results, my enemies confessed their wrong doingstowards me andmy husband left his girlfriend and come back home. I'mnowhappyafter visitingmamaLinda .

Visit Maria Linda by calling 062 4336 703X1PNTV75-BN300115

Page 8: Bloemnuusbl 20150130

X1PN48N1-BN300115

ONTVANG PROTEA-BAADJIE. Geskiedenis is in2014 in motorsportkringe gemaak toe nasiona-le kleure die eerste keer in meer as ’n dekadeaan 12 ovaalbaan-renjaers toegeken is, ook aandie Bloemfonteiner Barend du Plessis (foto). Hyis ’n lid van die Free State Central-klub. Ovaal-baanrenne (grond) het eers in 2012 amptelikonder Motorsport Suid-Afrika se vlerk geval.Suid-Afrika het in 2014 in ‘n driehoekige byeen-koms met Engeland en Namibië meegeding.Die Free State Central-klub se Allan Booysen isdie nasionale ovaalbaankampioen (grond) indie American Saloon-klas. Dewald Ranft enThaart Slater het hul Vrystaatkleure verower.

BESTE OP VASTELAND. Die gedugte pluimbalspan van die Hoër Meisieskool Eunice – van links Leah Schoeman, Juanita Scholtz, Helainadu Toit en Aloise Nel – het verlede maand die Afrika-pluimbalkampioenskap vir hoërskoolspanne in Mauritius onoorwonne afgesluit. Dítnadat hulle verlede jaar op die Suid-Afrikaanse kampioenskap as kampioen gekroon is. Hulle word deur die gewese Olimpiese pluimbalspelerChris Dednam gebrei en die span behoort vanjaar weer uiters gedug te wees. Schoeman en Scholtz is albei junior nasionale spelers.

Foto: Ruan Bruwer

Jaer ontvangnasionale kleure

Ruan Bruwer

MET ’n Suid­Afrikaanse skole­ en Colts­spelerin sy geledere kan St. Andrew vanjaar system behoorlik op die krieketveld dikmaak.Dié skool het goeie rede gehad om oor

Desember fees te vier toe twee van syspelers, Koot Pienaar en Sean Whitehead, náverlede jaar se Khaya Majola­week inPretoria in die Suid­Afrikaanse skolespaningesluit is.Geen ander skool het meer spelers tot die

span gelewer nie.Marno van Greuning het op sy beurt die

Suid­Afrikaanse Colts­span gehaal.Whitehead en Van Greuning is vanjaar

eers in matriek.Die draaibouler Whitehead, wat die

nasionale o.17­span op die Cubs­week in dieEikestad aangevoer het, is vir die Suid­Afri­kaanse o.19­span gekies wat in April naBangladesj toer. Hy is vanjaar Saints sekaptein.Vir die afrigter Gregg Hobson was dit ’n

veer in die hoed om soveel spelers totnasionale spanne te lewer.“Dit is beslis lekker wanneer spelers hard

werk en dit vrugte afwerp,” het Hobsongesê.Hy brei die span al ’n goeie tien jaar en

is ’n voormalige Vrystaatse skolespeler.Slegs 13 skole het al meer Suid­Afrikaanse

skolespelers as Saints sedert die ontstaanvan die Khaya Majola­week (voorheen dieNuffield­week) in 1940 opgelewer.Vier van sy voormalige Suid­Afrikaanse

skolespelers, Lotle Sesele (Griekwas), BokangMosena, Keagan Rafferty en Simon Khomari(almal Vrystaat), speel steeds eersterangsekrieket.Rafferty het die nasionale skolespan in

2010 aangevoer.Volgens Hobson het spelers by St. Andrew

die voordeel dat hulle op ’n vroeë ouderdomreeds aan die hoogste vlak van skolekrieketblootgestel word.

“Omdat ons nie so ’n groot skool is nie,kry spelers op ’n jonger ouderdom reeds virdie eerste span speelkans.“Hulle kry die beste geleentheid om

vinnig te ontwikkel.”Hy glo die drie spelers se insluiting sal vir

hul spanmaats van groot waarde wees en asaanmoediging dien.Hy wys egter daarop dat hulle as ’n

eenheid probeer speel en nie net opsleutelspelers steun nie.Hobson hoop om Saints ’n tweede keer

tot die nasionale ronde van die T20­skole­krieketreeks te brei.Dié span het in 2013 die sentrale streek

in Stellenbosch verteenwoordig toe hy dieeerste keer met die titel as kampioen vandie Vrystaatse afdeling van die nasionaleblitsreeks weggestap het.Hy is daarna as kampioen van die

sentrale streek gekroon toe hy die HoërskoolNoord­Kaap (HNK) van Kimberley geklop het.Saints het Donderdag in sy eerste uitspeel­

stryd van die Vrystaatse T20­toernooi teendie Hoërskool Witteberg te staan gekom.Grey, wat die Vrystaat, sowel as die

Knights­streek, se verdedigende kampioen is,het vroeër vandeesweek in die hek teen dieHoërskool Jim Fouché geduik deur met sewepaaltjies te verloor.

Krieket bySaints gedy

Koot Pienaar in aksie op verlede jaar se KhayaMajola-week. Foto’s: Johan Rynners

Die draaier en kaptein van St. Andrew, SeanWhitehead, kan nog groot treë in die krieketwê-reld gee. Hy is reeds vir die Suid-Afrikaanse o.19-span gekies.

Marno van Greuning is ook vanjaar eers in ma-triek.

www.bloem

nuus.co.za Things in my life went

from good to worse in avery short time. My lovelive, financial problemsjealousy, my husband’s

family were all against me.Luckily I came acrossSonia through a friend.She helped me and

showed me my enemiesthrough a mirror for only R200. She did miracles in my life.She told me all my problems without mentioning anythingto her. She showed me the people who worked hard tosee me suffering some of which were my friends and

relatives. She performed a special prayer, washed awaymy bad luck and cleansed my home. Gave me a lovepotion with a ring for my financial problems in less thanfive days, my husband was always by my side and my

enemies confessed and asked for forgiveness. Come andvisit me at Bayswater.

For appointments please callMama Janet and Prof. Kinthi

060 401 0649X1PNTV41-BN300115