8
www.bolandgazette.co.za bolandgazette.mobi Breederivier Year 18 • 22 April 2014 | Tel. 023 626 5212 Daar’s ’n rot in die drinkwater HILDERINE SCHRÖDER Vandale wat al by meer as een geleent- heid dakplate van die drinkwaterreser- voir in Bonnievale gebreek het, het ’n plaaslike inwoner bekommerd oor die veiligheid van die water vir die inwo- ners van dié dorp. Piet Coetzee het onlangs sy kommer oor die situasie uitgespreek na hy glo op ’n dooie rot in die reservoir afgekom het. Dié het vermoedelik, volgens Coetzee, ingekom deur ’n stukkende dakplaat. Hy het sy be- kommernis by meer as een geleentheid met munisipale owerhede bespreek, sê hy, maar elke keer sonder sukses. Volgens Coetzee voed oorloopwater van- uit die reservoir jong bome wat digby die reservoir groei en bied dié skuilplek vir kwaaddoeners. “Daar is geen ligte, heining of sekerheid by die reservoir nie, so enigeen kan kom en gaan soos hulle wil,” voeg hy by. By navraag het Soyisile Mokweni, muni- sipale bestuurder van die Langeberg-muni- sipaliteit, gesê vandalisme by die betrokke reservoir is ’n deurlopende kopseer vir die munisipaliteit. “Die spesifieke reservoir is baie oud en het steeds ’n asbesplaatdak wat dikwels deur vandale beskadig word,” sê hy. Die reservoir se dak, voeg hy by, word herstel sodra skade opgemerk word. In ’n verdere poging om die vandalisme hok te slaan word inspeksies op ’n gereelde basis gedoen. Iets waaroor die munisipaliteit wel onse- ker is, sê Mokweni, is of daar wel ’n rot in die reservoir was. Die foto aan hom verskaf, sê Mokweni, het al by ’n vorige geleentheid die ronde gedoen. Boonop, voeg hy by, is dit donker in die reservoir terwyl daar op die betrokke foto baie lig is. In reaksie hierop sê Coetzee die foto is beslis in die reservoir geneem. Ondanks die munisipaliteit se onseker- heid oor die egtheid van die foto, verseker Mokweni dat die water in die reservoir aan alle veiligheidstandaarde voldoen. As be- wys hiervan het Mokweni ’n verslag van watermonsterontledings wat in Maart op vier verskillende plekke in die dorp geneem is, aan die Gazette verskaf. Ingevolge dié verslag voldoen die water aan al die nodige vereistes. Die munisipaliteit het ook die bo- me wat naby die reservoir gegroei het ver- wyder, sê Mokweni. Volgens Mokweni het tenders vir die bou van ’n nuwe 3,5 megaliter reservoir vir Bon- nievale onlangs gesluit. Bouwerk aan dié reservoir sal na verwagting aanstaande maand begin. Die nuwe reservoir sal ’n be- tondak hê wat vandalisme in die wiele sal ry. “Sodra die nuwe reservoir voltooi word, sal die ou een gesloop word,” sê hy. Die mu- nisipaliteit is ook in die proses om al sy in- frastrukturele konstruksies met ’n nuwe ti- pe omheining, wat moeiliker verwyder kan word, te beveilig. ’n Inwoner van Bonnievale het dié foto van ’n rot, wat volgens hom in die drinkwaterreservoir was, aan die Gazette gestuur. Hy is bekommerd oor die veiligheid van die drinkwater, maar die munisipaliteit sê toetse bewys die water voldoen aan alle veiligheidsvereistes. Die munisipaliteit is in die proses om al sy infrastruktuur met nuwe heinings te beveilig om vandalisme hok te slaan. Vandale rig op gereelde basis skade aan die reservoir se dak aan. Dié word, volgens die munisipaliteit, herstel sodra dit tydens gereelde inspeksies opgemerk word.

Breederivier gazette 22 apr 2014

Embed Size (px)

DESCRIPTION

Breederivier gazette 22 apr 2014

Citation preview

Page 1: Breederivier gazette 22 apr 2014

www.bolandgazette.co.zabolandgazette.mobi

Breederivier

Year 18 • 22 April 2014 | Tel. 023 626 5212

Daar’s ’n rot in die drinkwaterHILDERINE SCHRÖDER

Vandale wat al by meer as een geleent-heid dakplate van die drinkwaterreser-voir in Bonnievale gebreek het, het ’nplaaslike inwoner bekommerd oor dieveiligheid van die water vir die inwo-ners van dié dorp.

Piet Coetzee het onlangs sy kommer oordie situasie uitgespreek na hy glo op ’ndooie rot in die reservoir afgekom het. Diéhet vermoedelik, volgensCoetzee, ingekomdeur ’n stukkende dakplaat. Hy het sy be-kommernis bymeer as een geleentheidmetmunisipaleowerhedebespreek,sêhy,maarelke keer sonder sukses.Volgens Coetzee voed oorloopwater van-

uit die reservoir jong bome wat digby diereservoir groei en bied dié skuilplek virkwaaddoeners. “Daar is geen ligte, heiningof sekerheidbydiereservoirnie, soenigeenkan kom en gaan soos hulle wil,” voeg hy

by.By navraag het Soyisile Mokweni, muni-

sipale bestuurder van die Langeberg-muni-sipaliteit, gesê vandalisme by die betrokkereservoir is ’n deurlopende kopseer vir diemunisipaliteit. “Die spesifieke reservoir isbaie oud en het steeds ’n asbesplaatdakwatdikwels deur vandale beskadig word,” sêhy. Die reservoir se dak, voeg hy by, wordherstel sodra skade opgemerk word. In ’nverdere poging om die vandalisme hok teslaan word inspeksies op ’n gereelde basisgedoen.Iets waaroor die munisipaliteit wel onse-

ker is, sê Mokweni, is of daar wel ’n rot indie reservoirwas.Die fotoaanhomverskaf,sêMokweni, het al by ’n vorige geleentheiddie ronde gedoen. Boonop, voeg hy by, is ditdonker in die reservoir terwyl daar op diebetrokke foto baie lig is. In reaksie hieropsê Coetzee die foto is beslis in die reservoirgeneem.Ondanks die munisipaliteit se onseker-

heid oor die egtheid van die foto, versekerMokweni dat die water in die reservoir aanalle veiligheidstandaarde voldoen. As be-wys hiervan het Mokweni ’n verslag vanwatermonsterontledings wat in Maart opvierverskillendeplekke indiedorpgeneemis, aan die Gazette verskaf. Ingevolge diéverslag voldoen die water aan al die nodigevereistes. Diemunisipaliteit het ook die bo-me wat naby die reservoir gegroei het ver-wyder, sê Mokweni.VolgensMokweni het tenders vir die bou

van ’nnuwe3,5megaliterreservoirvirBon-nievale onlangs gesluit. Bouwerk aan diéreservoir sal na verwagting aanstaandemaand begin. Die nuwe reservoir sal ’n be-tondak hê wat vandalisme in die wiele salry. “Sodra die nuwe reservoir voltooiword,sal die ou een gesloopword,” sê hy. Diemu-nisipaliteit is ook in die proses om al sy in-frastrukturele konstruksiesmet ’n nuwe ti-pe omheining,watmoeiliker verwyder kanword, te beveilig.

’n Inwoner van Bonnievale het dié foto van ’n rot, wat volgenshom in die drinkwaterreservoir was, aan die Gazette gestuur.Hy is bekommerd oor die veiligheid van die drinkwater, maardie munisipaliteit sê toetse bewys die water voldoen aan alleveiligheidsvereistes.

Die munisipaliteit is in die proses om al sy infrastruktuur met nuwe heinings te beveilig om vandalisme hok te slaan.

Vandale rig op gereelde basis skade aan die reservoir se dakaan. Dié word, volgens die munisipaliteit, herstel sodra dit tydensgereelde inspeksies opgemerk word.

Page 2: Breederivier gazette 22 apr 2014

Breederivier Gazette News - Nuus Dinsdag 22 April 20142

EERSTE SATERDAG VAN ELKE MAAND)Teetuin enoggendmarkbyRobertsonMuse-um. Navrae: 023 626 3681.

SECOND THURSDAY OF EACH MONTH) The Montagu Alzheimer’s Support Groupmeets at 15:00 in the bottom lounge of HuisUitvlucht, Montagu.

THURSDAY 24 APRIL) Friends of the Montagu Hospital Trust’sAGM at 18:30 for 19:00 at the Montagu BowlesClub House.

VRYDAG 25 APRIL)Mnr. en Mej. VGK Robertson-Oos om 19:00.Toegang R10.

SATERDAG 26 APRIL) VGK Robertson-Oos hou vanaf 09:00 sy ba-

saar op die kerkterrein.

WOENSDAG 21 MEI)HeinzWinckler tree byJaneza op.Tyd: 18:30vir 19:00. Kaartjies: R140 (volwassenes),R80 (kinders). Bring eie eetgoed, geen drank.Besprekingsofnavrae: [email protected] 082 978 7020 of 023 616 3547 of www.janeza.co.za.

5-8 JUNIE) Wacky Wine Weekend. Navrae:0 023 626 4364.

VRYDAG 20 JUNIE)Robertson Logos Christian School hoender-braai. Navrae: 023 626 4364.

SATERDAG 21 JUNIE) Breërivier-hospies brug- en skaakdag. Na-vrae: 0 023 626 5710.

WOENSDAG 25 JUNIE)Liewe Heksie en die Rolskaatse met MargitMeyer-Rodenbeck om 18:00 by Janeza.Kaartjies R70. Besprekings en navrae:2 [email protected] of 0 082 978 7020.

SPORTIEF: Die ACVV Jakaranda Dienssentrum op Robertson het onlangs ’n sportdag vir ouer persone aangebied.Altesaam 10 spanne van onder meer Caledon, Swellendam, Touwsrivier en Worcester het aan dié prettigegeleentheid deelgeneem. Deelnemers was baie ernstig oor die punte wat hulle moes inoes en het gewys dieuitdrukking “oud maar nog nie koud nie” beslis op hulle van toepassing. Die wenners van die dag was dieBonnieburgers van Bonnievale. Die dienssentrum bedank Robertson Superspar, die plaaslike Tafelronde sevroue, die Robertson skoukomitee, De Bakkerij en die beamptes wat die geleentheid moontlik gemaak het.

Page 3: Breederivier gazette 22 apr 2014

Breederivier GazetteNews - NuusDinsdag 22 April 2014 3

Graham Beck wen wingerdblokkompetisieGrahamBeckWines het vanjaardie VinPro/Winetech Wingerd-blokkompetisie vir die Robert-son-wyndistrik gewen.

Dieuitslaevandiégesogtekompe-tisie is tydens VinPro se jaarlikse

boeredag,wat onlangsbydie lapa indie Graham Beck Wines Natuurre-servaat gehou is, bekend gemaak.Greenlands, onder die bestuurvanJacoJoubert,enwatdruiweaandieBonnievaleKelder lewer,hetdietweede plek losgeslaan met die

Vinkrivier Boerdery, wat druiweaan die Rooiberg Kelder lewer, watdie derde plek verower het.Tydens die boeredag het die Wes-Kaapse minister van landbou, Ger-rit van Rensburg, gaste oor ondermeer die huidige politieke klimaat

in landbou in die provinsie toege-spreek,waaropdiewennersbekend-gemaak en die pryse uitgedeel is.Vanjaar se tema was “KwaliteitCabernet Sauvignon” met pryse terwaarde van sowat R100 000 wat opdie spel was.

Die wenblok is in 1999 geplant.Gaste kon voor die prysoorhandi-ging die blok besoek. Tydens dié ge-leentheidhetHennieVisser,VinProwingerdboukundige vir die Robert-son-area, die positiewe aspekte vandie blok uitgelig.

Die wenners van die VinPro/Winetech Wingerdblokkompetisie is onlangs tydens VinPro se jaarlikse boeredag bekendgemaak.Op die foto is (agter, van links) Jaco Joubert van Greenlands, Bonnievale (tweede plek) en Ignatius du Plessis en StephanKruger van die Vinkrivier Boerdery (derde). Voor is Pieter Fouché van Graham Beck Wines (wenner) en Hein le Roux vanABSA (borg).

Onder die gaste by VinPro/Winetech boeredag was Anton Smuts (VinPro direkteur:Robertson), Gerrit van Rensburg (Wes-Kaapse minister van landbou en die gassprekerby die geleentheid) en Hennie Visser (VinPro wingerdboukundige: Robertson).

BESTE VAN DIE BESTE: EraEiendomme op Robertson hetonlangs bewys hy is ’n agent-skap om mee rekening te houtoe hy as die naaswenner indie kategorie vir die toplanbou-konsessie onder alEra-agentskappe in die landaangewys is. Eric Roux, watafwesig was met die neem vandie foto, is aangewys as dietop Era-landbouagent in dielandOpdie foto is die eienaarsvan die plaaslike agentskap,Gerhard Carstens en TonyGranger.

FOTO: HILDERINE SCHRÖDER

Page 4: Breederivier gazette 22 apr 2014

Breederivier Gazette News - Nuus Dinsdag 22 April 20144

Vryburgers reik helpende handVir jare alword die Vryburgers landwyd so-wel as op plaaslike vlak vereenselwig metliefdadigheidswerk.

Dié Christelike nie-winsgewende diensorga-nisasie beywer hom daarvoor om deurlopendgeld in te samel deur ’n wye verskeidenheid pro-jekteendandiégeld terugteploegindiegemeen-skap deur hulpverlening aan hulpbehoewendeinstansies en individue.

Die Vryburgers van Suid Afrika het verledejaar sy vyftigste verjaardag tydens sy jaarlikseBurgerraad in Pretoria gevier. Op sy beurt isdie Robertson Vryburgers in 1993 gestig en vierdié tak vanjaar sy mondigwording.

Gedurende die twee dekades wat die tak be-staan het hy reeds op verskeie gebiede ’n gewel-dige impakopdieplaaslikegemeenskapgemaakdeur sy leuse “Dien met Vreugde” gestand tedoen.

Die plaaslike Vryburgers het verlede jaar so-watR115 782metdiehulpvan ’nwyeverskeiden-heid geldinsamelingsprojekte ingesamel wataan ’n groot aantal verskillende instansies uit-gedeel is.

Die Robertson Vryburgers het gedurende die afgelope jaar ’nhelpende hand na verskeie plaaslike instansies uitgereik. Onderhulle tel die ACVV. Op die foto is Stuurman Deon le Roux saammet die plaaslike ACVV se Geraldene van Deventer, Elmaré deLange, Elana Bruwer (voorsitter) en Dorelle Fourie (betuurder).

Huis Le Roux se hoof, Piet Venter, neem ’n donasiein ontvangs.

Die plaaslike CAD-organisasie is ook bygestaan. ByLe Roux is die organisasie se hoof, Johan Smit.

Die VGK Oos se Malcolm Abrahams neem ’n donasiein ontvangs.

Japie Maraisvan die Ar-beidsbedie-ning het dieskenking aandié instansievan Le Rouxontvang.

Die Breederivier-hospies, wat sélf grootwerk in die gemeenskap doen, het ook ’nskenking ontvang wat deur sy bestuurder,Jane Phillips, in ontvangs geneem is.

Ook die Hoërskool Robertson het gebaat by die Vrybur-gers se hulp. Die donasie is deur die skoolhoof, HeinGonzales, ontvang.

Stephen Weyers, hoof van die Laerskool Robertson,het ’n donasie aan dié skool ontvang.

Page 5: Breederivier gazette 22 apr 2014

Breederivier GazetteNews - NuusDinsdag 22 April 2014 5

Saksofoonspelersslyp vaardighede

Die direkteur van Ad Libitum MusiekAkademie, Marvin Booysen, en vier stu-dentehet onlangs ’nUnisa-saksofoonsim-posium by Hugo Lambrechts Musieksen-trum in Kaapstad bygewoon.

Dié geleentheid is deur twee saksofoon-kwartette, Apollo Saxophone Quartet vanBrittanje en Artvark Saxophone Quartet vanNederland aangebied.

Die groep van meer as 150 studente en on-derwysers wat die simposium bygewoon het,iseersvermaakmet ’nvertoningdeurdie jazzen klassieke saksofoon-kwartette. Daarnahet al die studente wat die simposium byge-woon het in ’n massa-saksofoonorkes saam-gespeel. Ná die groep in klassieke en jazz-groepe verdeel is, is die res van die dag besteeaan lesings ten opsigte van tegniek, improvi-sasie, ensemble-spel, saksofoon-repertori-um, embouchure (mondvorming) en die ver-sorging van ’n saksofoon.

Die dag is afgesluit met ’n konsert deur dieApollo en Artvark Saksofoonkwartette, dieDr Mike Rossi Jazz Trio van die Universiteitvan Kaapstad, asook Karendra Devroop vandie Unisa-musiekstigting.

Plaaslike musiekstudente kon onlangs hul vaardig-hede slyp aan die hand van groot name in die sakso-foon-wêreld.

Regstelling:potjiekos skenkingDieGazettehetverledeweekinsyberig“Nou is die tyd om jou potjie te roer”verkeerdelik berig dat die kos van Drosse komende potjiekoskompetisie aandieNkqubela-ouetehuisendieHerbergKinderhuis geskenk sal word.

Diekossal inderwaarheidaandieou-tehuise en senior burgers van die dorpgeskenk word. DieGazette vra om ver-skoning vir enige ongerief veroorsaak.

Page 6: Breederivier gazette 22 apr 2014

Breederivier Gazette General - Algemeen Dinsdag 22 April 20146

FAMILIE-

KENNISGEWINGS

IN MEMORIAM

1015

STEVENS CATHERINEGeb.22/04/1974Gest.22/09/2013Vandag, is jou eerste ver-jaarsdag weg van ons. Onssou so graag jou 40ste ver-jaarsdag saam met jouwou gevier het. Mis joubaie. Van jou Ma & Pa, 2broers, kinders Justin, DonCarlos, Emile, Monique,Byron, niggies en nefies enfamilie.

SAKE

DIENSTE

2420

EDT LABOUR Consul-tant. Qualified attorneycan assist with all labourrelated issues. ContactElseri at 072 714 2679 [email protected]

Nuwe tuiste vir Robertson Wynvallei in styl geopen

HILDERINE SCHRÖDER

’n Hele paar staaltjies enkwinkslae, tesamemet ’n te-rugblik op die rits suksessevan die Robertson Wynval-lei oor die jare, het versekerdat die opening van die Ro-bertson Wynvallei se nuwegebou ’n geleentheid iswaaroor daar nog lank ge-praat sal word.

Die praggebou op die hoekvan Voortrekker- en Reitz-straat in Robertson is verledeWoensdag (16 April) ampteliktydens ’n geselligheid geopen,en is deur ’n groot aantal gaste,waarvan almal op een of anderwyse bande met die organisa-sie het, bygewoon.

In ’n terugblik op die ont-staan van die Robertson Wyn-vallei het Bowen Botha, hoof-uitvoerende beampte van dieRobertson Wynkelder en voor-malige voorsitter van Robert-son Wynvallei, gesê die streekse afstigting van Worcester sewynroete jare gelede was niesonder omstredenheid nie.

Die gedagte om plaaslik ’nwynroete te begin het glo in1981 ontstaan toe ’n wynproe-

klub, Klub 21, gestig is. Om dieRobertson Wynvallei-roete opdie been te bring was ’n reusespanpoging en die sukses daar-van is te wyte aan die hardewerk van ’n magdom rolspe-lers, aldus Botha.

Deesdae is die Robertson-streek een van die leiers as ditby chardonnay kom, maar dítwas blykbaar nie altyd die ge-val nie. Dit was glo alles dank-sy ’n plaaslike produsent watná ’n oorsese besoek ’n takkievan dié druif die land in ge-smokkel het. Dít nogal in syhempsak!

“Hy was daardie jare nogalin groot moeilikheid,” het Bo-tha onder groot gelag vertel.

Op sy beurt het Rico Basson,uitvoerende direkteur vanVinPro, gesê die Robertson-area is bekend vir sy uitne-mendheid, leierskap en inno-vasie. Met die landboubedryfby ’n kruispad oor hoe dit dietoekoms gaan aanpak, is dit in-novasie veral nóú nodig virvooruitgang, aldus Basson.

“Die streek moet vorentoegaan met selfvertroue, sy pro-duk reg bemark en nooit dinksy beste produk het ’n plafonbereik nie.”

Produsente en sakelui was onder die gaste wat die opening van die Robertson Wynvallei se nuwe gebou op die hoek van Voortrekker- en Reitzstraat bygewoonhet. FOTO’S: HILDERINE SCHRÖDER

Die sprekers by die ge-leentheid was (vanlinks) Kobus Burger(voorsitter: RobertsonWynvallei), Elizma Bo-tha (bestuurder: Ro-bertson Wynvallei),Bowen Botha (hoof-uitvoerende beampte:Robertson Wynkelder)en Rico Basson (uit-voerende direkteurvan VinPro).

Jan Klue, Peter de Wet, Freddie de Wet en Fida Hess was onder die gaste wat diegeleentheid bygewoon het.

Neels van Rensburg, Sunell Jacobs en Marie-Louise vanRensburg het ook ’n glasie op die die RobertsonWynval-lei se nuutste sukses geklink.

Page 7: Breederivier gazette 22 apr 2014

Breederivier GazetteSchools - SkoleDinsdag 22 April 2014 7

BONNIEVALE SE NET-BALSTERRE: Die o.19-netbalspan vandieHo-erskool Bonnievale hettydens die April-vakan-sie aan ’n toernooi bydie Mosselbaai-sport-skool deelgeneem. Naafloop van die toernooiis die Top20-spelersgekies. Drie lede vanBonnievale se span isin die groep opge-neem. Van links is Alet-ta Els (afrigter), AngelaJeneke (aangewys asbeste middelbaan-speelster), Ansa vamder Merwe (bester ver-dediger) en AnnamartWentzel.

FLINK VOETE: Mia Rabie, Inge Bronnen Tarah Abrahim, almal leerders aandie Robertson Voorbereidingskool, hetonlangs aan die Suid-Afrikaansedanskampioenskappe in Rustenburgdeelgeneem. Hulle het twee goue me-daljes eneenbronsmedalje losgeslaanen is al drie opgeneem in die Suid-Afri-kaanse spanwat in Julie in Los Angelesaan die wêreldkampioenskappe gaandeelneem. By hulle is hul instrukteur,Danique Fullard van die Danza La Vidadansskool.

VARS UIT DIEGROND: Die Robert-son Voorbereiding-skool het onlangs syeie groentetuin be-gin. Victor Readienen Johzé Philander,saam met oom MoosJacobs, was baie op-gewonde oor die eer-ste spinasie-oes watdie tuin gelewer het.

Page 8: Breederivier gazette 22 apr 2014

Breederivier

Year 18 • 22 April 2014 | Tel. 023 626 5212

NETBAL: Die plaasli-ke netbalklub Ro-bertson Social Net-ball, spog deesdaemet twee aktiewespanne. Hulle hetonlangs teenWorce-ster op dié span setuisveld kragte ge-meet. Hoewel albeispanne die knieteen die Worceste-riete moes buig, hethulle steeds hul al-les in die stryd ge-werp.

ROLBAL KAMPIOENE:Die Robertson-rolbalklubse mansspan het koninggekraai in die 2014Boland Sone 2 SeniorDriespeltoernooi.Van links is: BillyDiedericks (organiseer-der, van Swellendam) metlede van die wenspan,Rob Barker, Martin van Zylen Jimmy Wright.

WEDSTRYDSEISOEN HIER! Die Robertson-rugbyklub se A-span het onlangs in sy eerste ligawed-stryd teen Wellington kragte gemeet. Hoewel die span met 23-31 die knie teen sy opponentmoes buig, het hy heelwat positiewe aspekte uit die wedstryd geneem om die res van die seisoenin te span. Die klub bedank sy ondersteuners, Robertson Spar, Rapid River Spur, Bon Courageen Built It vir hul steun.