8
www.bolandgazette.co.za bolandgazette.mobi Breederivier Year 18 • 16 September 2014 | Tel. 023 626 5212 LENTENOOIENTJIES: Dis lente in die Langeberg en inwoners word oraloor begroet deur bloeisels en wingerde wat bot. Franzel (5) en Karen Kloppers (10) het ’n heerlike lentedag in die Agterkliphoogte- area geniet.FOTO: ZELDA KLOPPERS Dis lente in die Langeberg Boer sterf week ná wrede aanval HILDERINE SCHRÖDER Die Bonnievale-polisie ondersoek ’n bykomende saak van moord ná die slagoffer van ’n plaasaanval in die Drew-distrik verlede Donder- dag aan sy beserings beswyk het. Helmut Wohlfarter (73) was vir ’n week in ’n koma in die Tygerberg- hospitaal nadat hy onder meer ern- stige breinbeserings in die aanval op 4 September opgedoen het. Hy is ver- moedelik met ’n panga aangeval. Die aanval het nie net die kollig fel op veiligheid in veral landelike ge- biede geplaas nie, maar is ook skerp vanuit talle oorde veroordeel. Diana Gagiano, uitvoerende bur- gemeester en sélf ’n inwoner van Bonnievale, het haar skok oor die voorval uitgespreek. “Dit is skok- kend dat dit in ons pragtige landelike gebied plaasgevind het. Dit is só hart- seer, maar is ’n oproep op ons hele gemeenskap om meer bewus te wees van wat in jou omgewing aangaan, om paraat te wees en ingestel te wees op jou en die gemeenskap waarvan jy deel is se veiligheid.” Gagiano het haar meegevoel aan die Wohlfarter-gesin betuig en ter- selfdertyd die hoop uitgespreek dat diegene verantwoordelik vir die aan- val spoedig aan die pen sal ry. “Nie- mand kan skotvry kom wat ander se lewe op so ’n wreedaardige manier bedreig, omverwerp of tot ’n einde laat kom nie.” Volgens Carl Opperman, hoof- uit- voerende beampte van Agri Wes- Kaap, is dié organisasie geskok oor die wreedheid van die aanval op Wohlfarter. “Enige plaasaanval is een aanval te veel,” het hy gesê. Hy het ’n beroep gedoen op die gemeen- skap om waaksaam te wees en enige verdagte mense of voertuie wat hulle in die omgewing sien, by die plaasli- ke polisie aan te meld. “Dit kan van kritieke waarde wees as mense ’n fo- to van die verdagte mense of voertuie kan neem, selfs al is dit net met hul selfone.” Volgens Opperman is dit belangrik dat mense in die landelike gebied hul roetine aanpas en hul veiligheid- strukture so ver moontlik opskerp. Volgens Tarien Cooks, veiligheid- koördineerder van Afriforum, blyk dit uit dié aanval dat voorvalle van geweld in die Wes-Kaap aan die toe- neem is. Daar was sedert die begin van die jaar 92 plaasaanvalle en 43 plaasmoorde in die land, aldus Cooks. In die Wes-Kaap, sê sy, was daar vanjaar reeds vyf aanvalle. “Dit wil voorkom of daar ’n styging is in die moorde aangesien daar in 2013 vir die volle jaar nie meer as 43 moor- de was nie.” Niemand is al in verband met die voorval in hegtenis geneem nie en die Bonnievale-polisie doen ’n drin- gende beroep op enigeen met inlig- ting om na vore te kom. Alle inligting sal vertroulik hanteer word. Bel die Bonnievale-polisie by 023 615 8060. Die Wohlfarter-familie kon nie vir kommentaar bereik word nie.

Breederivier gazette 16 sept 2014

Embed Size (px)

DESCRIPTION

Breederivier gazette 16 sept 2014

Citation preview

Page 1: Breederivier gazette 16 sept 2014

www.bolandgazette.co.zabolandgazette.mobi

Breederivier

Year 18 • 16 September 2014 | Tel. 023 626 5212

LENTENOOIENTJIES: Dis lente indie Langeberg en inwoners wordoraloor begroet deur bloeisels enwingerde wat bot. Franzel (5) enKaren Kloppers (10) het ’n heerlikelentedag in die Agterkliphoogte-area geniet.FOTO: ZELDA KLOPPERS

Dis lentein dieLangeberg

Boer sterf week ná wrede aanvalHILDERINE SCHRÖDER

DieBonnievale-polisie ondersoek’n bykomende saak vanmoord nádieslagoffervan’nplaasaanval indie Drew-distrik verlede Donder-dag aan sy beserings beswyk het.

Helmut Wohlfarter (73) was vir ’nweek in ’n koma in die Tygerberg-hospitaal nadat hy onder meer ern-stige breinbeserings in die aanval op4 September opgedoen het. Hy is ver-moedelik met ’n panga aangeval.Die aanval het nie net die kollig fel

op veiligheid in veral landelike ge-

biede geplaas nie, maar is ook skerpvanuit talle oorde veroordeel.Diana Gagiano, uitvoerende bur-

gemeester en sélf ’n inwoner vanBonnievale, het haar skok oor dievoorval uitgespreek. “Dit is skok-kenddatdit inonspragtige landelikegebiedplaasgevindhet.Dit issóhart-seer, maar is ’n oproep op ons helegemeenskap ommeer bewus te weesvan wat in jou omgewing aangaan,omparaat tewees en ingestel teweesop jou en die gemeenskap waarvanjy deel is se veiligheid.”Gagiano het haar meegevoel aan

die Wohlfarter-gesin betuig en ter-

selfdertyd die hoop uitgespreek datdiegeneverantwoordelikvirdieaan-val spoedig aan die pen sal ry. “Nie-mand kan skotvry komwat ander selewe op so ’n wreedaardige manierbedreig, omverwerp of tot ’n eindelaat kom nie.”Volgens Carl Opperman, hoof- uit-

voerende beampte van Agri Wes-Kaap, is dié organisasie geskok oordie wreedheid van die aanval opWohlfarter. “Enige plaasaanval iseen aanval te veel,” het hy gesê. Hyhet ’n beroep gedoen op die gemeen-skap om waaksaam te wees en enigeverdagtemenseof voertuiewathulle

in die omgewing sien, by die plaasli-ke polisie aan te meld. “Dit kan vankritieke waarde wees asmense ’n fo-tovandieverdagtemenseofvoertuiekan neem, selfs al is dit net met hulselfone.”VolgensOppermanisditbelangrik

datmense indie landelikegebiedhulroetine aanpas en hul veiligheid-strukture so ver moontlik opskerp.Volgens Tarien Cooks, veiligheid-

koördineerder van Afriforum, blykdit uit dié aanval dat voorvalle vangeweld in die Wes-Kaap aan die toe-neem is. Daar was sedert die beginvan die jaar 92 plaasaanvalle en 43

plaasmoorde in die land, aldusCooks. In die Wes-Kaap, sê sy, wasdaarvanjaarreedsvyfaanvalle. “Ditwil voorkom of daar ’n styging is indie moorde aangesien daar in 2013virdievolle jaarniemeeras 43moor-de was nie.”Niemand is al in verband met die

voorval in hegtenis geneem nie endie Bonnievale-polisie doen ’n drin-gende beroep op enigeen met inlig-tingomnavore tekom.Alle inligtingsal vertroulik hanteer word. Bel dieBonnievale-polisie by 023 615 8060.DieWohlfarter-familie kon nie vir

kommentaar bereik word nie.

Page 2: Breederivier gazette 16 sept 2014

Breederivier Gazette General - Algemeen Dinsdag 16 September 20142

Some more great variety is on the menu atNu Metro Mountain Mill this week. Use thisschedule for 12 to 18 September to plan yourtrip to the movies:• Begin Again (16L)Tuesday 16 September to Thursday 18 Sep-

tember 11:45, 15:15, 17:30, 20:00.• Die Spook van Uniondale (7-9PG)Tuesday to Thursday 11:30, 14:00, 16:45,

19:15.• Tammy (16LV)Tuesday to Thursday 12:00, 14:30, 17:00,

19:30.• Lucy (16V)Tuesday to Thursday 12:00, 14:30, 17:00,

19:45.• Suurlemoen (PGL)Tuesday to Thursday 12:15, 14:45, 17:15,

20:00.Visit the Nu Metro Mountain Mill ticket

counter or www.numetro.co.za for more in-formation.

Schedules are subject to change withoutprior notice.

Visit www.worcesterstandard.com andclick on “tell your story” to upload a reviewand stand a chance to win two movie tickets.

EERSTE SATERDAG VAN ELKE MAAND) Teetuin en oggendmark by die Robertson-museum se anneks.Navrae: 0 023 626 3681.

SECOND THURSDAY OF EACH MONTH) Montagu Alzheimer’s Support Group meetsat 15:00 in the bottom lounge of Huis Uitvlucht,Montagu.

THURSDAY 18 SEPTEMBER) Soup & Symphony with the Cape Town Phil-

harmonic Orchestra at 16:30 at the Dutch Re-formed Church hall, Montagu. Concert is free.Meal tickets: R50 (adults) or R25 (scholars).Enquiries: [email protected].

VRYDAG 19 SEPTEMBER) Die filmDeathontheNilewordindieanneksvan die Robertson-museum vertoon. DiéAgatha Christie-verhaal is ’n tydlose treffer enspeel tussen die historiese monumente vanEgipte af. Die vertoning begin om 18:30 vir19:00. Verversings sal voor die vertoninggeniet word. Navrae: 0 023 626 3681.

SATERDAG 20 SEPTEMBER) Hoërskool Robertson-gholfdag. Navrae:Anschen, 0 082 876 9706.

DONDERDAG 25 SEPTEMBER) Lollos kom kuier by die NG kerk Robertson-Oos. Navrae: 0 082 221 6653.

7 – 11 OKTOBER) Robertson Lenteskou. Navrae: ChresnaSchoonwinkel, 0 023 626 2512.

SATERDAG 11 OKTOBER) Steve Hofmeyr tree by die Robertson Lente-skou op.Navrae: 0 023 626 2512.

17 – 19 OKTOBER) Wine on the River. Navrae: 023 626 3176.

Valleikalender: 0 023 626 5212 of2 [email protected].

RSG KUIER IN VALLEI: Die Rooiberg Kelder het onlangs gasheer gespeel vir RSG toe dié ’n buite-uitsen-ding van hiér aangebied het. By dié geleentheid was (agter, van links) Johan du Preez (hoofbestuurdervan Rooiberg) die Adagio-sangers van Wellington wat opgetree het en Zaine Pritchard (Rooibergse bemarkingsbestuurder). Voor is die res van die Adagio-groep met, in die middel, Danie Niehaus,wat ook opgetree het.

McGregor to host festival for poetsThe McGregor Poetry Festival is fast approach-ing and this event from 24 to 26 October promis-es to yet again be an unforgettable weekend offun, laughter and celebration of the writtenword.

Visitors to the festival will enjoy the opportu-nity to engage with a number of well-knownSouth African poets in a relaxed atmosphere.

The festival embraces the entire town usingvenues at Temenos, Wahnfried, The Edna Fou-rie Gallery, local restaurants, pubs and homes.

Besidesthethree-dayprogrammeofreadings,talks and workshops with well-established andnew talent, there will be a wide variety of funeventsallover thevillage.Buddingorundiscov-ered poets are invited to join the festival’s open-mic sessions.

Formoreinformation,contactJenniferJohn-son, the festival coordinator, on 023 625 1908 orsend an email to [email protected] for more information. Tickets for thevarious shows can be booked at Computicket.

Page 3: Breederivier gazette 16 sept 2014

Breederivier GazetteNews - NuusDinsdag 16 September 2014 3

Moordenaar gevonnisHILDERINE SCHRÖDER

Diemanwat twee jaar gelede op Nuwe-jaarsdag ’n vrou van Robertson ver-krag en toe vermoor het, is verledeweek lewenslange tronkstraf opgelê.

Jaylin Karelse (20) is deur DNA met dieverkragting en moord op Marlene Stan-daar (47) verbind.Hy het ingevolge ’n pleitooreenkoms

metdie staat skuldbekenopaanklagtevanmoord, poging tot moord, verkragting, po-ging tot verkragting, huisbraak en dief-stal.Die Gazette het in Januarie 2012 berig

oor die moord op Standaar.Dit was die tweede keer dat Karelse op

haar toegeslaan het.Hy het twee maande voor dié voorval,

op 21 Oktober, ’n venster gebreek om toe-gang tot haar huis te kry en het haar inhaar slaapkamer probeer verkrag.

Sy het egter verbete teruggeveg en kondaarin slaag om los te ruk en na haar burete vlug.Karelse het van die toneel gevlug.Hy het egter op Nuwejaarsdag na Stan-

daar se huis teruggekeer en ook dié keerdeur ’n venster toegang daartoe verkry.Karelse het Standaar verkrag.Hy het haar noodkrete probeer stilmaak

deur ’n lap om haar nek te draai en dit teknoop, hetDie Burger verlede week berig.Toe hy sien sy sukkel om asem te haal,

het hy probeer om die lap te verwyder,maar die knope was te styf.Karelse het met ’n goue polshorlosie en

selfoon van die toneel gevlug.Kapt. Marcel Klaasten, woordvoerder

van die Robertson-polisie, het die vonnisverwelkom.“Ons is baie bly. Die ondersoek-

beamptes verdien beslis baie krediet, hul-le het baie hard gewerk om dié uitslag teverseker.”

BILTONG HEAVEN: Nobraai or rugby game is thesame without the SouthAfrican favourite biltong.Make sure you stock up on your biltong supply forNational Braai Day at Regester Biltong at BreakingBread, 9 Adderley Street, Robertson. Only the high-est quality beef and game is used to produce, inhouse, Regester Biltong’s excellent biltong, droë-wors, Cabanossis and chilli and chutney bites. Totop this all, products are available at factory prices.Trade enquires are welcome.

NET DIE BESTE isGOED GENOEG!Montagu Spar het ndinamiese span byhul slaghuis-afde-ling. Hulle loop altyddie ekstramyl omaanelke kliënt se behoef-te te voorsien met netdie beste graad vleis-produkte. Van links isBeatrix Lengoba, De-vron Conradie, Hay-gar Koch, James Ja-cobs, Roseline Frede-ricks, Emily Klein enBothwell Munhuwani.

SAKPAS-KWALITEIT: RobertsonSpar se slaghuisafdelingis propvol gepak met kwaliteit-graad vleisprodukte. Met’n groot verskeidenheid delikatesse- en gourmetproduk-te, sowel as die immergewilde produkte, sal jy altydsakpas-vleis kry. Nelis, die slagter, voorsien ook in allevleisbehoeftes.

Page 4: Breederivier gazette 16 sept 2014

Breederivier Gazette News - Nuus Dinsdag 16 September 20144

Bekende wynboer oorlede’nGroot sederhetgeval inRobertsonse landbou- en breër gemeenskap.

Ernst Bruwer, ’n bekende wynboervan Mont Blois, Robertson, is verledeDinsdag (9 September) in die ouderdomvan 88 jaar oorlede.Bruwer, die vierde geslag Bruwer op

Mont Blois, was in hart en siel ’n wyn-boer en het diewynbedryf van sy streekop verskillende terreine verteenwoor-dig.Hy het die boerdery op dié plaas op

’n gevorderde ouderdom oorgeneem násy seun,Pieter, se tragiesedood.Dítwas’n taak wat hy met uitnemendheid ge-doen het tot sy kleinseun, Ernst, en syvrou, Nina, hulle op Mont Blois komaansluit het.Bruwerhet sedert 1968 dieRobertson-

streek vir 28 jaar op die KWV-direksieverteenwoordig. Hy is opgevolg deurDanie de Wet van De Wetshof.Lourens Jonker, oudvoorsitter van

die KWV, was vir 15 jaar saammet Bru-wer op die direksie waarvan die laastetwee jaar onder sy voorsitterskap was.Hy beskryf Bruwer as ’n fyn oplettende

persoon met ’n ongelooflike waarne-mingsvermoë. “Hy kon telkens ’n situa-

sie ontlont met die kennis wat hy gehadhet,” aldus Jonker.

Volgens Danie de Wet, ’n jarelangevriend,wasBruwer ’npersoonmetvisiewat op die kleinste detail kon fokus, juisvanweë sy ongelooflike verstand en ge-heue, eienskappewat hy totmet sy doodnog gehad het.

Bruwer, sêJonker,wasnooitbangomte kritiseer ofmense te konfronteer nie.“Hywas ’n geweldige lojalemens en hetsy boere se belange op die hart gedra.”

Bruwer het die landbougemeenskapookop talle ander liggameverteenwoor-dig, soos waterrade asook die destydseAfdelingsraad Wynland. Hy was ookpresident van die vereniging van afde-lingsrade.

Bruwer was geweldig lief vir die Kru-gerWildtuin enhet jaarliksdaarbesoekafgelê saammet syvrou,Anna,wathom’n aantal jare gelede ontval het. Bruwerlaat twee dogters, Hanli Schröder vanStellenboschenAgnesDavinvanCeres,skoondogter Estelle Vosloo, nege klein-kinders en ses agterkleinkinders agter.Sy begrafnis was gister (15 September)vanuit die NG kerk Robertson-Oos.

Ernst Bruwer

Ons 12 bruideby gala-aandDieGazette se Bruidskompe-tisie, wat in samewerkingmet die Robertson Lente-skou aangebied word, is nouamptelik gesluit.’n Hele aantal van die Lan-

geberg se pragtige bruidehetingeskryf vir dié kompetisiewaarin daar groot pryse opdie spel is, terwyl lesers inhul massas gestem het virhul gunsteling bruide.Die 12 finaliste in die kom-

petisie sal nou by ’n glansry-ke gala-aand op 10 Oktoberteenmekaar te staankomomas Bruid van die Jaar aange-wys te word aangewys gaanword.By hierdie geleentheid sal

die finalisteuitgerusword inbruidsrokkedeurdie bruids-ontwerpers Liz Coitire en

Graham T Brown.’n Naweek vir twee tel on-

der die groot aantal lekkerpryse wat vir die Bruid vandie Jaar op die spel is.Ander pryse is ondermeer

’n gratis bootreis van Vil-joensdrift, geskenkbewysedeur AP Stipp, Country Sty-les,RobertsonApteekenPec-kers/Bon Appetit, ’n vrugte-mandjie van Locarno Droë-vrugte, twee bottels FourCousins-vonkelwyn en ’n ys-bak van Van Loveren, gratiswas- en blaassessies by Ca-thy & Sarah’s Hair, ’n uurlange fotosessie vanCPhoto-graphy, ’n geskenkbewysvan Cara-Le Linne ter waar-de van R500 en ’n wegbreek-naweek van Rivierzicht-rivieroord.

Olyfberg-werker krymentor-toekenningHILDERINE SCHRÖDER

Sommermet die intrapslag voel jy tuis in Lea-naStevenssegeselskap.Haarbreëglimlag laatdie dag se hikke en knikke soos mis voor dieson verdwyn en skielik sien jy kans vir enigeuitdaging.Leana (28), wat by Olyfberg buite Robertson

werk, is sélf iemand wat nie maklik vir ’n uit-daging trustaan nie.Sy het onlangs 113 deelnemers wat vir van-

jaar se SA Olive Mentorskap-program geregi-streer was, uitgestof om met die Mentorskap-toekenning gekroon te word.Vra jy uit na haar posbeskrywing lag Leana

maar net met ’n skud van die kop. ’n Presiesebeskrywing is effe moeilik want sy hanteerenigiets van administrasie en lone tot bestel-lings en kliëntenavrae.Sy het glad nie die toekenning verwag nie,

vertel sy nederig. “Maar ek is ongelooflikdankbaar. Dit (die toekenning) kan baie deurevirmy oopmaak en dit hetmy selfvertroue on-gelooflik baie geboost.”Die mentorskapprogram is in 2008 van sta-

pel gestuurasdeel vanSAOlive severbintenistot diementorskapvan ’nnuwegenerasie olyf-en olyfolieprodusente. As deel van die pro-gram het deelnemers onder meer persoonlikeontwikkelings- en bestuurskursusse gevolg.Leana sê veral die persoonlike ontwikkelings-kursus het ’n reuse-impak op haar gehad.Sy het heeltemal toevallig in haar huidige

pos beland, vertel Leanawat, ná sy aan die Es-selenpark Sekondêre Skool op Worcester ge-matrikuleerhet, invoorskoolseopvoedingaanBoland Kollege gestudeer het. Ná die voltooi-ing van haar studies het sy ’n crèche op Olyf-berg oopgemaak, maar kort voor lank het dieeienaars van die plaas by haar kom aanklopom uit te help met die administrasie van diekantoor. Die res is geskiedenis.Sy geniet haar werk geweldig, vertel Leana,

veral omdat elke dag anders is. Oor haar toe-koms is sy ook positief.“Ek wil eendag in ’n bestuurspos wees en

ekdink ek is oppad soontoe. Ekmoet netmoedhou, hard werk en deursettingsvermoë hê.”

LeanaStevens vanOlyfbergmet haar SAOliveMentor-skap-toekenning. FOTO: HILDERINE SCHRÖDER

Page 5: Breederivier gazette 16 sept 2014

Breederivier GazetteNews - NuusDinsdag 16 September 2014 5

VERMIS: Die Montagu-polisie soek enige inlig-ting wat kan lei tot die opsporing van FilanderMinnaar (81). Minnaar het op 25 Augustusomstreeks 07:00 sy woning by Du Preezstraat9, Montagu verlaat sonder om te sê waarheenhy gaan. Hy is sedertdien nie weer gesien nie.Minnaar is 1,70 m lank en weeg sowat 70 kg.Hy loop krom en het grys hare, ’n grys snoren is bles. Die dag van sy verdwyning het hy’n pienk trui en ’n netjiese broek gedra. Enigie-mand wat Minnaar gesien het of weet waarhy hom bevind word versoek om ao. Corné vanWyk, 082 522 1838 te bel.

Regstelling oorklagtes teen manDieGazette is verledeweekverkeerdelikingelig dat die beskuldigde in die berig“Klagte laat man in die sop” aangeklaword van die mikrovervaardiging enverkoop van alkohol sonder die nodigepermit. Die beskuldigde word slegs virdie mikrovervaardiging van alkoholsonder ’n permit aangekla. Die Gazettevra om verskoning vir enige ongeriefvooroorsaakdeur dié foutiewe inligting.

Page 6: Breederivier gazette 16 sept 2014

Breederivier Gazette General - Algemeen Dinsdag 16 September 20146

PERSOONLIKE

DIENSTE

LENINGS

1445

LENINGS tot R200 000.Konsilidasies beskikbaar, 5minute goedkeuring.Fiona 082 422 2271

TE KOOP

KLERASIE

1615

CLEARING out cup-boards? Moving House.Please spare a though forBram Care Centre anddonate any unwanted clo-thing and household goodsto this worthy cause.Phone Minnie James0236152163 or MargaretPeach 0236151524

SAKE

DIENSTE

2420

VOERTUIE

MOTORS TE KOOP

3025

HONDA Ballade Luxlinesilwer. Skakel 023 6151956saans na 8 uur.

DIENSTE2420

Page 7: Breederivier gazette 16 sept 2014

Breederivier GazetteGeneral - AlgemeenDinsdag 16 September 2014 7

Beamptes beloon vir lang diensVerskeie polisiebeamptes vandie streek is onlangs vereer virhul toewyding en jare diens aanhul beroep sowel as die gemeen-skap.

Lt.gen. Arno Lamoer, provinsia-le polisiekommissaris, het tydens’n seremonie indieWorcester Stad-saal medaljes oorhandig aan be-ampteswat10,15, 20en30 jaaronon-derbroke in die diens van die poli-sie was.

Tydens dié geleentheid, het dieGazette se susterskoerant, dieStan-dard, berig, het Lamoer beamptesdaaraan herinner dat hulle ’n ge-dragskode onderteken en ’n eed af-gelê het om ’n polisiebeampte teweesendathulle tealle tyedaarvol-gens moet optree. As alle beamptesdie gedragskode gehoorsaam isdaar geen rede waarom die polisie-diens nié professioneel sal weesnie, het Lamoer bygevoeg.

Lamoer het ook hulde gebringaan die ses beampteswat sedert diebegin van die jaar hul lewe in dieprovinsie verloor het terwyl hulleaan diens was. Hy het die gevallebeamptes se families bedank dathulle toegelaat het dat hul geliefdesin die polisiediens kon staan.

Agt beamptes van die Ashton-po-lisie en 16 beamptes vandieRobert-son-polisie ismet langdiens-medal-jes vereer.

Dié beamptes van die Robertson-polisie het onlangs medaljes vir hul lang diensjare ontvang.Agter (van links) is sers. Johnwayne Jones (10 jaar), kapt. Patrick Abrahams (20 jaar), sers.Bertus Basson (10 jaar), ao. Julian Stevens (10 en 20 jaar), ao. Aubrey Setera (20 jaar), sers.Cathleen Mercuur (10 jaar) en ao. Ivan Douw (30 jaar). Voor is maj. Mkhize (areakommissaris),sers. Crispen Slingers (10 jaar), lt. Desré Jonas (20 jaar), ao. Moses Sauls (10 en 20 jaar),lt.gen. Arno Lamoer (provinsiale bevelvoerder), kol. John Alexander (stasiekommissaris), sersCindy Africa (10 jaar), sers. Jeffrey Voigt (10 en 20 jaar) en sers. Fanie Jeneke (10 jaar).

Ashton-beamptes wat vir lang diens ver-eer is, is (agter, van links) ao. AubeyCupi-do (10 jaar), sers. Gaynor Pretorius (10jaar), speursers. Llewllyn Cupido (10jaar), sers. Lindsay Hamilton (10 jaar)en ao. Sylvester Joseph (10 en 20 jaar).Voor is ao. Cecile Groenewald (10 en 20jaar), kapt. Sylvan Smith (10 jaar), enao. Riana Truter (20 jaar).

OPENING GEVIER: Roots Lifestyle Centre en Fine & Country Propertyin Voortrekkerweg, Robertson is stylvol op 3 September geopen. Onderdie gaste by dié geleentheid was (van links) Dirkie en Emma Humanen Pieter en Mariaan Jacobs. FOTO’S: ZELDA KLOPPERS

Riaan en Stefanie Kruger, eienaars vanRoots Lifestyle Centre, waar heerlikeetes en unieke geskenke te kry is.

Riaan Kruger en Linda Erasmus saam met van gaste, Dawie Visser enJohnny Steenkamp, wat die openingsgeleentheid bygewoon het.

Riaan Kruger met Linda Eras-mus, prinsipaal van Fine &Country.

KLEINGOED BEDERF: Agtien kleingoed van die Trippel Toontjies ACVV skool virgestremdes op Robertson is heerlik bederf toe hulle die plaaslike Dros op Loslit-dag (5 September) besoek het. Hiér is hulle met liplekker pizza, roomys enkoeldrank trakteer. FOTO: ZELDA KLOPPERS

Page 8: Breederivier gazette 16 sept 2014

Breederivier

Year 18 • 16 September 2014 | Tel. 023 626 5212

Hierdie drawwer wilRobertson trots maakHILDERINE SCHRÖDER

Nigel Abrahams van Robertson doendaagliks ’n balanseertoertjie om tweebelangrike take te vervul.

Hy is onder meer rakpakker om die potaan die kook te hou, en smiddae, ná uitval-tyd, is dit hy, sy drafskoene en die langpad.

Vir Abrahams (41) is hardloop so natuur-lik soosasemhaal.Disnienet ’n stokperdjienie, dis sy passie, vertel hy.

Met verskeie marathons reeds agter dieblad, slyp Abrahams nou sy tande vir ’n nu-we uitdaging: die Sanlam Kaapstad-mara-thon van 42,2 km wat dié Sondag (21 Sep-tember) plaasvind.

Dit sal die eerste keer wees wat hy aandiémarathondeelneem,vertel dié rateltaaiatleet wat al die Twee Oseane- en Voet vanAfrika-marathon meer as een keer gepakhet.

Hy het op skool al begin hardloop, vertel

Abrahams, maar hy het hom die afgelopetyd toenemend aan sy sport gewy ná hy ge-sien het wat ander atlete in die sportkodebereik het. “Ek het hulle op televisie gesienen uitgevind dat jy dinge kan bereik as jysukses behaal.” Dit is na sukses wat Abra-hams sedertdien streef. “Ek beskou dit as’n uitdaging,” voeg hy by.

Syprestasieswathyreedsbereikhetkomnie sonder opoffering nie en Abrahamsbring weekliks ure op die langpad deur. Syfamilie, sê hy, staan bankvas agter hom eninspireer hom. Ander bronne van inspira-sie is die tweeling wat reeds die Comradesultramarathongewenhet enookRobertsonse eie atletiekheld, William Kaptein. En ja,sê Abrahams, vir daardie groot marathonsienhyookkans. “Ekwil baie graagvolgen-de jaar die Comrades hardloop.”

Vir nou beoog hy egter om die streek senaam hoog te hou by die komende Kaap-stad-marathon. “Ek beoog om ’n tyd vanminder as 03:30:00 te hardloop.”

Nigel Abrahams

Skryf nou in vir VanLoveren-bergfietsritBegroetdie lentemet ’nuitstappiein die vars lug deur in te skryf virdie opwindende Van Loveren Ja-va Bergfietsuitdaging.

Dié geleentheid, wat vanjaarvir die tweede keer aangebiedword, vind op 4 Oktober by VanLoveren Familiewingerde in dieRobertson-vallei plaas.

Dié geleentheid is nie tot fiets-ryers beperk nie. Drawwers kanook deelneem deur in te skryf vir’n nuwe 10 km-wingerdroete oordie plaas.

Ryers kan kies tussen vier ver-skillende bergfietsroetes wat wis-sel in afstand, terrein en tegniesemoeilikheidsgraad, geskik vir al-le vlakke – van kinders en begin-

ners tot diemees ervare bergfiets-ryers.

Java MTB is ’n Pedal Power As-sociation (PPA)-gesteunde ge-leentheid en isverlede jaaraange-wys as die Beste Nuwe PPA-ge-leentheid. Dit word aangebied omgeld in te samel vir ’n hele aantalbegunstigdes, waarvan Robert-son Voorbereidingskool die be-langrikste is. Ander is die Laer-skoolRobertson,HerbergKinder-huis en Hoërskool Robertson wathulp verleen op die dag.

Virmeer inligtingoordieuitda-ging en vir inskrywings besoekwww.javamtb.co.za. Vir navrae,bel Bonita by Van Loveren by 023615 1505.

KlubvergaderDie Robertson-krie-ketklubhouop21Sep-tember om 14:00 syspesiale jaarliksever-gadering in die klub-huis by die Van Zyl-straat-sportterrein.Alle belangstellendesis welkom.

KARATE: Dié leerders van die Hoërskool Montagu het onlangs aan dieSA karatekampioenskappe in Johannesburg deelgeneem waar hulle almalbronsmedaljes verower het. Van links is Cameron Shaw, Alexa Esterhuyse,Nicole van Zyl en Jason Benjamin.

SportuitslaeGholf:

Bonnievale (72): Enkel-Stableford – D.van Eeden 38, A. van Wyk 35, H. van derRiet 31, L. Wentzel 30.

Montagu (72): Samespel-Stableford –W. Rossouw en J. Rossouw 50, P. Conra-die en H. Gous 49, A. Swart en K. Ester-huyse 47, M. Bruintjies en S. Baartman47, L. Mitchell en G. Delderfield 47, W.van der Toorn en P. Rossouw 46, J. vanTonder en P. Oshea 46, H. Volgraaff enS.Volgraaff 46,W.StemmetenW.Jeneke45, G. Lambrechts en T. Erasmus 45.

Robertson (72): Houespel – C. du Toit65, A. Deacon 67, H. Doms 67, M. Swart69, L. Vercuiel 69.

Rugby:Premierliga: Vredenburg 42, Robert-

son 39.Superliga-Oos: Hamlets 33, Montagu

Villagers 25; Ashton United 27, Safcol 25.