40
Jaargang 22 Nr. 11 022-913 1796 Piketberg se koerant vir Piketberg se mense... www.piketberg.com R5,00 Desember 2015 AUTO ELECTRICAL SPECIALIST ONE STOP MOTOR PART SHOP PIKETBERG 022 913 1939 022 913 2404 Alle korrespondensie aan [email protected] Shoko Plaaswerker van die Jaar Alex Shoko, assistent produk- sie bestuurder van Mouton’s Valley, is aangewys as Plaaswerker van die Jaar vir 2015. By Alex is sy vrou Tabita. Links is Eric Starke, eienaar van Mouton’s Valley, middel met Alex, regs en Joram Sim- barashe, links wat as plaaswerker met die meeste potensiaal aangewys is. Sien volledige berig op pp 20 en 21 Joram Simbarashe, Eric Starke en Alex Shoko. Foto’s verskaf Derick op Reis na Gister...p3 Leeskring Afsluiting...p10 Aflegging van Geloofs- belydenis...p18 Plaaswerker van die Jaar...pp20, 21 Rol Dorp toe op Wiele...p22 Goedverwacht vereer leer- ders...p28 Wines2Whales...p30 Steynville Primêr hou Prysuitdeling...p34

Die Piketberger Des 2015

Embed Size (px)

DESCRIPTION

 

Citation preview

1

Jaargang 22 Nr. 11 022-913 1796

Piketberg se koerant vir Piketberg se

mense...

www.piketberg.com

R5,00 Desember 2015

AUTO ELECTRICAL SPECIALIST

ONE STOP MOTOR PART SHOP

PIKETBERG

022 913 1939 022 913 2404

Alle korrespondensie aan [email protected]

Shoko Plaaswerker van die Jaar

Alex Shoko, assistent produk-sie bestuurder van Mouton’s

Valley, is aangewys as Plaaswerker van die Jaar vir

2015. By Alex is sy vrou Tabita. Links is Eric Starke, eienaar van Mouton’s Valley, middel

met Alex, regs en Joram Sim-barashe, links wat as

plaaswerker met die meeste potensiaal aangewys is. Sien volledige berig op

pp 20 en 21 Joram Simbarashe, Eric Starke en Alex Shoko.

Foto’s verskaf

Derick op Reis na Gister...p3 Leeskring Afsluiting...p10 Aflegging van Geloofs- belydenis...p18 Plaaswerker van die Jaar...pp20, 21 Rol Dorp toe op Wiele...p22 Goedverwacht vereer leer-ders...p28 Wines2Whales...p30 Steynville Primêr hou Prysuitdeling...p34

2

Redaksioneel

Teken in op Die Piketberger teen R110 vir 11 uitgawes per pos in RSA. Lees op www.piketberg.com

Redaksie ([email protected])

Berigte en foto’s: Marietha Goosen 022-913 1796

Advertensies:

[email protected]

of sms 079 496 2719

Uitleg: Barbie Breunissen 022-913 3873 n/u

Redaksioneel geborg deur Dr. Herold Truter

Volblad: R465 Halfblad: R320 Kwartblad: R215 Agsteblad: R150

Ander groottes op aanvraag.

Barbie Breunissen Marietha Goosen

Liefde Marietha

Briewe van ons lesers...

29 November om 19:30 NG Kerk Piketberg

Kerssangdiens in die vorm van ‘n

Kersspel

Showville Airs Early 2016 Magda Smit, Production Co-Ordinator writes…

We would like to thank each and every one from the bot-

tom of our hearts for your part in the making of Showville.

This includes: Contestants, Notaries, Fixers, the commu-

nity and everyone else that played a role during our visit

to your town.

We thank you for your time and the energy that you

brought with you to bring this show alive! We do appreci-

ate every friendly gesture and assistance. This Show is

going to be amazing!

We received confirmation from SABC that Showville will

not air in November as originally planned, but will air in

the beginning of 2016. (About 6 February @18:00 – but

this is not finalised). Please follow our web-

site www.showvile.co.za for updates.

Tannie Tolla van der Merwe skryf… Ek en my kinders wil baie dankie sê vir die Hoof van Huis AJ Liebenberg, Marie de Villiers, wat my kom besoek het by die hospitaal en baie dankie dat sy vir my ‘n plekkie gemaak het in die siekeboeg toe ek ontslaan is uit die hospitaal. Ons waardeer dit baie. Ook ‘n dankie aan ons sekretaresse, Suzaan de Villiers, wat gesorg het dat ek altyd skoon wasgoed gehad het. Baie dankie vir Huis AJ Liebenberg en personeel wat my dag en nag bygestaan het en nog altyd bereid is om te help, wanneer ek hulle nodig het. Baie dankie vir ons susters Philips en Van Wyk wat ook hand bygesit het. Baie dankie aan my vrien-dinne, kennisse en familie vir besoeke en gebede van hulle kant af, te veel om op te noem. Baie dankie aan my Skepper en die fisioterapeut, Sanet Smit, wat my gehelp het met die lopery.

Jannie Lategan skryf... Weereens ‘n duisend dankies aan die twee dames by Die Piketberger wat telkens hierdie produk laat verskyn. Weet maar net dat ek uit terugvoering weet, dat hierdie blaadjie landswyd en internasionaal gelees word. Mooiste wense aan elkeen betrokke...ja, tot by die vouers hiervan en die afleweraars.

Besin eer jy begin Dis matriek eindeksamen en ons kinders skryf Afrikaans 1, wat steeds die Taalvraestel is. Sal die klompie matrieks sowaar vasval by die voltooi van die vol-gende idioom: "As die muis dik is, ................." Erg verbaas is ons, die ouers, wat na 30 jaar uit die skool net kopskud oor die kinders wat nie meer idiome ken

nie. Ook maar stil-stil verlig om na soveel jaar op een ter-rein nog koning te kraai, want van Skeinat en Wiskunde weet ek minder as 'n kat van saffraan. Die bespreking oor die Muis se idioom het een goeie gevolg - ons breine is weer wakker gemaak vir idiome en watter beter manier om te leer en te onthou, is deur toe-passing en herhaling. Sedertdien het "die oggendstond goud in die mond", "maak vele hande ligte werk" en "trek die son (laatmiddag) water". So 'n paar jaar gelede het my vriend, Pierre Steenkamp, my op die neus laat kyk toe hy my liggies oor die kole haal omdat ek sleg beplan het. Ek maak nou van 'n mols-hoop 'n berg. Die saak staan so: Ek het gekla dat dit voel asof al my varkies nie op hok is nie en dinge te veel begin raak. Sy oplossing was dat ek beter moes beplan. Daarmee het hy my die mond gesnoer. Met Pierre se wysheid wat kom met die grysheid, het hy my eintlik 'n groot guns bewys met sy opmerking. Ek probeer om deesdae die kat mooi uit die boom te kyk, 'n saak van alle kante te beskou alvorens ek die bul by die horings pak. Daar is steeds dae wat ek die kar voor die perde span, soos 'n haastige hond my mond verbrand en sukkel om agterna die kastaiings uit die vuur te krap, maar my voor-neme vir hierdie besige einde-van-die-jaar sindroom is om te besin eer ek begin. Vir ons lesers wat met Jan Tuisbly se karretjie gaan vakansie hou, moenie die geelbaadjie aantrek nie. Wees verseker dat dié wat weggaan, terugkeer na Piketberg met die wete: Oos Wes Tuis Bes!

Jaco, Belinda, Petra en Alna Dippenaar skryf... Ons wil van die geleentheid gebruik maak om elke Piket-berger - van kennis, kliënt, vriend tot familie te bedank vir hul vriendelike ondersteuning. Na 44 jaar op Piketberg het daar ‘n nuwe deur oopgegaan met ‘n nuwe avontuur en geleentheid en het ons besluit om dit aan te pak en na Kanada te verhuis. Ons gaan die skuinsdorp met hul vriendelike regop men-se mis.

3

Winkel 022-913 2418

022-942 1787

Riana Smit 022-942 1787

082 921 1977

Baie dankie vir getroue ondersteuning.

Geseënde Kersfees en Voorspoedige

Nuwe Jaar.

Langstraat, Piketberg 084 205 7900

Vars gebakte jaffels en pannekoek. Konfyte en gebottelde produkte. Verskeidenheid beskuit.

Skakel en Plaas u Bestelling.

U vra, ek voorsien. Baie dankie, Geseënde Kersfees en Voorspoedjge 2016 aan al ons

klante. Hennie en Ansie

Nuwe bloed in Ou Are

Hoewel Piketberg Museum vol oudhede van weleer en kosbare herinneringe uit die verlede is, spog hy weer met 'n nuwe gesig. Marié Ehlers, regs, is aangestel as die nuwe Museumbestuurder en saam met Fransina Baadjies, links, wat reeds vir die afgelope sewe jaar Museum assistent is, is sy gereed om besoekers te

ontvang in die Museum in Kerkstraat en ook, op dieselfde terrein, by die sinagoge. In die sinagoge is

die ontstaansgeskiedenis van Piketberg in kleur uitgebeeld. Skakel Marié by 022 - 913 2177, stuur 'n epos na [email protected], besoek die webtuiste www.piketbergmuseum.co.za of like die

facebookblad. Die vorige Museumbestuurder, Anita Raubenheimer, het verhuis na Velddrif, waar haar

man, Dr Etienne Raubenheimer, sy eie tandarts praktyk begin het.

Foto: Marietha Goosen

Derick op Reis na Gister

Derick Hougaard, Lindie Jordaan, Jak de Priester en Komien van der Westhuizen afgeneem by PHS, waar Derick sy Laerskoolspore vir Jak gaan wys het. Piket-bergers kan gerus die program “Reis na Gister”, wat

op Kyknet uitgesaai word, dophou.

Foto: Venessa Diedericks

4

Plaasmark

Piket-Bo-Berg 28 November

Ann Vat and Malcolm Ferris have relocated to Pulpetaan Guest House Piketberg from Durban.

"We are both retired High School Principals. Anyone asks - why Piketberg? When you meet us in town -

you can ask." Ann was Principal of Northlands Girls' High School, one of the top 25 state schools in the

country. Malcolm worked as a Geologist with O'kiep Copper Company in Nababeep, before changing

career into education, eventually becoming the Prin-cipal of Rossburgh High School.

"We have been made very welcome in Piketberg, and look forward to a long, happy stay in our new home."

Photo: Leana van Niekerk

A warm welcome to Ann and Malcolm

Magda van Wyk van die Familie Kombuis skryf... Die Familie Kombuis het sy ontstaan in De Doorns. Dit is in 2012 gebore en het baie mooi gegroei, so vinnig dat daar voelers uitgesteek is na ander dorpe. In 2013 is ‘n winkel in Worcester geopen. Daardie winkel het ook mooi gegroei en na ‘n behoefte bepaling is ‘n winkel in Piket-berg geopen. Op Vrydag 30 Oktober 2015 is die winkel se deure oopgemaak. Piketberg het ons met ope arms ontvang en dis ‘n plesier om deel van die gemeenskap te wees. Ons is nog nie ‘n maand in die dorp nie, maar voel welkom en bly heerlik in die pragtige gemeenskap. Dankie Piketberg en omgewing, ek glo ons sal ‘n lang pad kan stap. Geseënde Feestyd vir julle almal.

Die bakfamilie by Piketberg se Familie Kombuis, is Brendon Klaase, Margie Benjamin en Magda van

Wyk. Foto: Marietha Goosen

Die Familie Kombuis

Hoofstraat, Piketberg (Langs Van Zyls Garage)

076 433 8944

De Lille op Piket

Patricia de Lille het onlangs Piketberg besoek om die munisipaliteite in die omtrek toe te spreek. Hier is sy

saam met Pikkie Fox by De Berge Gastehuis. Foto verskaf

5

KOCHELMANDERS ♥ TERRANOVA TUISNYWERHEID ♥ KIEKIES Hoofstraat 50, Piketberg, Tel/Faks 022 913 3761

epos: [email protected]

Adene Koch groet haar dorp en onderneming van die afgelope 8 jaar en verwelkom Dalena Riedijk en Dete Hanekom as die nuwe eienaars! Met nuwe mense kom nuwe vaardigheid en vars idees…..! Baie dankie dat elke Piketberger hulle sal ondersteun…..hierdie onder-neming se inkomste het NOOIT net in een persoon se sak beland nie…..daar is baksters, verskaffers en personeel uit die gemeenskap wat almal ‘n bestaan kon maak!!!! Mettertyd sal u groot veranderinge in die winkel beleef…..kom kyk en bly op hoogte!

♥♥♥♥♥

Gerookte Varkboud met pynappel Tuisgemaakte Hoenderpastei

Bees kortrib gebraai met tamatie en tiemie Pampoenkoekies in karamelsous

Outydse Groenbone en spek Soet patats

Gegeurde Sampioen rys Warm aartappelgebak

Komkommer en appelslaai, gestolde wortelslaai en groenslaai Nageregte:

Kaaskoek, Vanilla sjokoladekoek, Malvapoeding met vla, koffie

BAIE OPWINDENDE NUUS!!!!!!!!! NUWE EIENAARS!!!!

K E R S D A G E T E R150 per persoon

BESPREKINGS NOODSAAKLIK 022 913 3761

KOCHELMANDERS ♥ TERRANOVA TUISNYWERHEID ♥ KIEKIES

N U W E J A A R S E T E

BESPREKINGS NOODSAAKLIK SKAKEL VIR MEER INLIGTING

Daar sal ‘n spyskaart wees vir kinders, op aanvraag

6

Uit die kantoor van die Munisipale Bestuurder...

Hanlie Linde

Bergrivier Stig sy eie Ekonomiese

Ontwikkelingsforum

Tydens ‘n kaas-en-wyn funksie op 5 November by Org de Rac het Bergrivier Munisipaliteit sy eie Ekonomiese Ontwikkelingsforum gestig. Die doel van die Forum is om saam met georganiseerde besigheid in Bergrivier alle moont-like geleenthede vir ekonomiese groei en werkskepping vir ons eie mense te ontsluit.

Christo van der Rheede (Adjunk Direkteur van Agri SA), ‘n oud-inwoner van Goedverwacht, was die gasspreker by die funksie. Van der Rheede se tema was entrepre-neurskap en het hy gepraat van die kleinsake manne en vroue in die landelike gebied wie ‘n lewe moet probeer maak. Hy het dan ook met ‘n nuwe woord oor kleinsake besighede voren-dag gekom, naamlik die Agropreneur. Hierdie is klein besighede wie ‘n lewe maak uit die land-bou. Van der Rheede het ook beklemtoon dat Bergrivier Munisipaliteit ‘n sleutelrol speel in die ontwikkeling van ‘n omgewing waar besighede kan groei.

Buiten die stigting van die Ekonomiese Ontwikkelings-forum, is vier werkskomitees ook gestig. Die werks-komitees bestaan uit die Munisipaliteit en besighede wat op ‘n vrywillige basis gaan werk aan sekere sektore van ons ekonomie. Die werkskomitees wat gestig is, is ‘n komitee vir landbou, vir besigheidsontwikkeling (insluitende toerisme), vir die jeug en onderwys en ook ‘n komitee wat sal kyk na die struktuur en werkswyse van die Forum.

Terwyl werkskomitees noodwendig nie te groot kan wees nie, is die ope vraag hoe almal op ‘n sinvolle wyse be-trokke kan raak by die Forum. Die eerste belangrike stap is om organisasies in ‘n struktuur te skep sodat hulle ‘n stem kan hê. Velddrif het reeds ‘n suksesvolle sakekamer, maar dit is belangrik dat Piketberg en die ander dorpe ook sakekamers moet hê. Die Forum kan dan luister na die probleme, behoeftes en oplossings van die besighede in Bergrivier. Net so is die kleiner opkomende besighede (SMME’s) in Velddrif en Piketberg reeds georganiseer in ‘n komitee en kan die Forum nou met ‘n struktuur werk om moontlike besigheids-geleenthede vir die kleiner besighede te ontsluit.

Die Munisipaliteit was reeds voor die stigting van die Ekonomiese Forum besig met ‘n verskeidenheid ekonomiese ontwikkelingsprojekte wat die Forum nou stelselmatig moet begin oorneem. Die meeste van die projekte is geïdentifiseer deur werkswinkels met die ge-meenskappe van Bergrivier. Hierdie projekte sluit in die ontwikkeling van openbare vervoerstelsels, die ontwikkel-ing van ‘n “geelbladsye” vir Bergrivier, akwakultuur pro-jekte, die stig van ‘n FET kollege in Bergrivier om die jeug te bemagtig, handelsareas vir informele handelaars, ens.

Ten slotte is dit belangrik dat almal in Bergrivier deurentyd ingelig moet bly oor die ontwikkeling van die Forum en die status van elke werkskomitee. Vir hierdie doeleindes sal die munisipaliteit ‘n “blog” skep waar alle nuus geplaas sal word. Die adres van die “blog” sal ons eersdaags kommunikeer en nooi ons graag almal uit om hulle idees en voorstelle ook op die “blog” te plaas. Die kernboodskap bly dus dat Bergrivier saam ‘n verskil

maak aan die toekoms van ons eie mense deur al ons energie, kennis, netwerke en vaardighede saam te gooi in die soeke na verskerpte ekonomiese groei. Ons nooi u almal uit om deel te wees van die proses. Ons wag vir jou deelname.

Kontak asseblief vir Alletta van Sittert by 022 913 6076 of [email protected].

Johan Raats, Speaker van Bergrivier, Hanlie Linde, Munisipale Bestuurder, Christo van der Rheede, Ad-junk-Direkteur Agri SA, Evert Manuel, Uitvoerende

Burgemeester, Bergrivier, Alletta van Sittert, Strate-giese Bestuurder en Lorraine Botha, lid van die

Provinsiale Parlement vir Bergrivier. Foto verskaf

Met nog net ‘n paar weke voor Kersfees, beplan almal wat op die tafel gaan wees vir die familie om aan te smul. Tradisies leef voort jaar in en uit met lamsboud, kalkoen of hoender. Maar tog is daar baie maniere om ‘n eenvou-dige dis op te kikker.

Orange and Thyme Marinated Chicken with

Roasted Vegetables Hoenderstukke Lemoene Tiemie Sout en peper Cajun spice of hoenderspeserye Olie Groente: Botterskorsie Mielies Aartappel wiggies Wortels, gesny Murgpampoentjies Uie

Metode: Meng die olie, lemoene, tiemie, sout, peper en speserye in ‘n skottel. Plaas die hoender daarin en marineer deeglik. Vir beste opsie marineer ‘n dag voor die tyd. Plaas die hoender in ‘n oondbak. Sny die groente in gepaste groottes en marineer met droë groente aftreksel. Plaas die groente rondom die hoender en oondrooster by 180°C totdat die groente sag is en hoender gaar. Neem die aftreksel wat in die oondbak agterbly en maak ‘n sous. Verdik met meel, water of maizena. Bedien die hoender en groente saam met ‘n heerlike feta en waatlemoen slaai met ‘n mint komkommer joghurt. Smaaklik en tog so maklik.

Kook saam met Quentin

7

Baie dankie vir u ondersteuning! Geniet die feestyd saam met familie en vriende. Alles van die beste word u toegewens vir 2016.

Wyk SH hou hul jaarlikse spitbraai

Die manne kuier gesellig saam. Dawid Steenkamp troetel die skapie al vir drie dae!

Foto’s: Soreen Gouws

8

Esther Thiart, tweede van links, ouderling vir wyk ND op Piketberg, het saamgespan met wyk NG en al die

dames gemobiliseer om bydraes in 'n voorskoot-sakkie te plaas (sien voorskote op die foto). 'n Aan-

sienlike bedrag is op hierdie manier ingesamel en na deeglike beplanning is die geld verdeel tussen sekere instansies. By die afsluiting van die Vrouediens is die koevertjies oorhandig aan persone wat die instansies

verteenwoordig: van links is Marlien Smit (Vrouediens), Esther, Hannie Visser (Badisa), Alta Nelson (JIK bediening), Marie de Villiers (Huis AJ

Liebenberg), Christa Vorster (Gideons) en Naudene du Plessis (Moederskamer).

Almal bo 60 jaar is welkom om aan te sluit by ons klub vir ouer persone. Dit is ‘n geleentheid om nuwe vriende te maak en sosiaal te verkeer. Verskillende aktiwiteite word deur die jaar gereël en daar word gepoog om een keer per maand bymekaar te kom. Die jaarlikse ledegeld beloop R60,00.

U kan navrae rig aan Elmarie 022 913 1525 gedurende kantoorure (08:00 - 13:00)

ACVV Nuusbrokkies Rus ‘n Bietjieklub

Tillies sluit 2016 af Tillies se afsluiting word gehou op 27 November vanaf 08:00 - 11:00 op die grasperk van Huis AJ Liebenberg. Almal word uitgenooi om saam ‘n koppie tee te kom drink. Daar sal ook heerlike eetgoed soos basaarpoeding, kleinkoekies, beskuit, jaffels, pasteie, pannekoek en nog meer te koop wees. Trek wit klere aan.

16 Dae van Aktivisme

Die ACVV versoek u om iets wit aan te trek op 27 November en sodoende te dink aan vroue en kinders wat daagliks in ons samelewing mishandel word.

Baie Dankie Baie dankie aan almal in die gemeenskap wat ons deur die jaar op verskillende maniere ondersteun en sodoende help om ‘n verskil in mense se lewens te maak. Ons waardeer dit opreg - ACVV Bestuur

Hoofstraat 21, Piketberg Posbus 64, Piketberg 7320

Tel. 022 913 1600 022 913 2075

Baie dankie aan al ons kliënte se getroue onder-

steuning in 2015. Ons wens almal

'n geseënde Kerstyd toe saam met vriende en

familie.

ND en NG deel geld uit

9

Die Piketberger se Datums vir 2016 Knip uit en bêre

Berigte/Advertensie IN

19 Januarie 16 Februarie

22 Maart 3 Mei

23 Mei 21 Junie 19 Julie

23 Augustus 20 September

18 Oktober 22 November

VERSKYN

28 Januarie 25 Februarie

1 April 12 Mei 2 Junie

30 Junie 28 Julie

1 September 29 September

27 Oktober 1 Desember

Vakante Betrekking

Afgetrede Werktuigkundige

benodig vir ‘n tydelike posisie.

Skakel 022 914 5110

Highlands Eco Estate

Advertensiekoste Volblad: R465 Halfblad: R320

Kwartblad: R215 Agsteblad: R150 Ander groottes op aanvraag.

Briewe, artikels en foto’s word gratis geplaas.

Stuur na:

[email protected]

10

Maand 2016 Boek

Januarie Bewaker/The Keeper

Marguerite Pollard Februarie ‘n Huis vir Esther

Caroll Campbell Maart Buys

Willem Anker

(Grensroman) April Ikarus

Deon Opperman Mei Biegbrief en ander verhale

Esta Steyn Junie Vermis op Allesverloren

Anchen Troskie Julie Love, Life and Elephants

Daphne Sheldrick Augustus Rewolusie van die Hart

Adriana Falling September Balade vir ‘n Enkeling

Oktober Bloedvreemd

Juliana Coetzer November Afsluiting

Boekelys vir 2016

Leeskring Afsluiting

piketberg mediese sentrum

Dr Pieter Bruwer (Spesialis Huisarts)

Dr Sam Scheepers (Algemene Praktisyn)

Dr Bibi Werle (Sonar)

Ilse Bruwer (Spraakterapeut)

Merina de Waal (Dieetkundige)

Tel: 022 913 1146 Praktyk kontaknr tydens beurtkrag: 063 085 9017

Ma - Vry: 08h00 - 17h30

Sat: 08h00 - 13h00

Foto’s: Marietha Goosen

11

MEDIESE PRAKTISYNS

Drs Smit & Morrison

Hoofstraat 60 Main Street PIKETBERG

7320

022-913 1172 alle ure / all hours

022 913 1907

Besigheidsure / Business Hours Ma - Vry 08:00 - 17:30 Mo - Fri

Sat 08:00 - 13:00

Bybelskool Oorsigkursus

Piketberg het hierdie jaar begin met 'n Bybelskool wat deur die NG Kerk Citrusdal hierheen uitgebrei is.

Citrusdal Bybelskool is weer 'n satelietkampus van Lynnwoodrif Bybelskool in Pretoria. Piketberg se

studente is agter, Marietha Goosen, Juliana Engel-brecht, Maatje Coetzee, Elna Strauss, Koot Nel, Nico-line Engelbrecht en Elserine Schutte. In die middel is

Marie Nienaber, Magdalena Mostert, Helma Kotze, Lynette de Witt, Bets Grundlingh, Ester Thiart en voor Julana Bindeman, Driaan Pretorius, Martin Goosen en

Marlien Smit. Afwesig tydens die fotosessie: Johan Smit, Hanlie Linde, André de Witt, Naudene Nel,

Johan en Christa Vorster. Almal is besig met die Oor-sigkursus (Genesis tot Openbaring) wat strek oor 18

maande. Klasse is een maal per week (gedurende skoolkwartale) vir 90 minute elk en word aangebied

deur verskillende sprekers en predikante van Gereformeerde kerke in Pretoria, in die vorm van

DVD-opnames. Kontak die kerkkantoor vir navrae: 022-913 1750.

Kursusgangers in aksie. Foto’s verskaf

Ondersteun ons adverteerders. Dis hulle wat Die Piketberger

moontlik maak.

12

13

14

Kersgroete vanaf die Bergrivierkoor Namens die Bergrivierkoor wens ons alle lesers van Die Piketberger en alle vriende van die koor ‘n baie geseënde Kersfees en ‘n voorspoedige 2016 toe. Baie dankie vir u vertroue in ons missie en ook vir die ondersteuning teenoor die groep wat in September vanjaar die koor verteenwoordig het in die VSA. Sonder almal se hulp en bystand sou ons nie alles kon realiseer. Mag die blye boodskap van Kersfees, versmelt met die besielende en welbekende klanke van die Kersliedere, elke leser oorstelp en vervul met welbehae, erbarming en dankbaarheid. Mag die inspirerende woorde van die voormalige Duitse kanselier en bekroonde musikant, Helmut Schmidt as padkos dien vir 2016: “Whoever wants to reach a distant goal must take many small steps.”

MC HANEKOM Geoktrooieerde Rekenmeesters

en Ouditeure

DIE TREK 34, PIKETBERG Tel. 022 913 2800

[email protected] Administrasie van boedels Maatskappy finansiële state Individue finansiële state Beslote Korporasie finansiële state Belastingbeplanning en opgawes sowel as besware en appèl Oudit van finansiële state Oprigting van trusts BTW invoere en BTW opgawes Hantering van oudits op BTW opgawes by SAID Opstel van testamente

Dankie vir die ondersteuning

15

Vrouediens Afsluiting

Foto’s: Marietha Goosen

16

20 Jaar Gelede — Desember 1995 deur Jannie Lategan

Watter wonderlike stuk nostalgie is nie in ‘n mens losgeruk, toe die RSG-program, “Ons eie Keuse” sy sewentigste verjaardag viering op 24 Oktober 2015 gehad het nie. Opnuut troetel ‘n mens weer met soveel oorgawe die kosbare tye saam met jou en jou “National Transistor” radio, veral wanneer hierdie klassieke musiek program op die lug was. Hiervan moes niks gemis word nie en hier kon jy ‘n liefde vir die ligte musiek, maar ook inderdaad vir die klassieke musiek kweek deur aan-bieders wat ‘n hart vir musiek gehad het, soos Kobie Jooste, Andrè Brink, Pieter de Bruyn, Vincent Hesse, An-drè Liebenberg, Frikkie Oosthuizen en om nie te vergeet van Retief Uys, Robert Young, Helene Meyer en in die later jare Mariëtte Kruger, Wouter de Wet en nou die baie gewilde Willem Pelser. Elkeen het sy eie unieke aanslag op hierdie baie gewilde en unieke program gehad en dit met ongelooflike oorgawe aangebied en kon jy jou ver-lustig, in Fliedermaus, Slawekoor van Nabuko en mens kan nie vergeet van The Student Prince nie. Voordat televisie nog nie eens ‘n gedagte was nie, kon jy met die Transistor radio styf teen jou oor of met gehoor-stukke, visualiseer, asof jy self hierdie kunstenaars sien optree het. Die program het inderdaad daarin geslaag om ‘n liefde vir die klassieke te kweek en kon ‘n mens jou voorkeur kunstenaars eintlik identifiseer. Die aanbieders het elkeen suksesvol daarin geslaag om “kontak” met die gehoor te maak en hulle het selfs later hulle inbellers vir versoeke se stemme herken en kon ‘n mens die band optel wat daar tussen aanbieder, kun-stenaar en musiekaanbieding was. Die sprankel in elkeen se stem het nie ontbreek nie en hulle navorsing oor elke klassieke stuk was meesterlik gedoen. Ek glo dat elke opvolger by sy voorganger geleer het en so die aflosstok sorgvuldig ontvang het en weer daarop verbeter het. “U eie keuse” is waarskynlik diè heel langslewende program op radio. Plaaslike kunstenaars is nie oor die hoof gesien nie en Miemie Coertze, Rina Hugo, Gè Korsten, Sebongi Simale en vele ander is nooit afgeskeep nie. Nellie du Toit kon nie ongehoor verbygaan met haar Saint Man nie. Talle hoogtepunte kan nooit vergeet word nie en Waltau se Skaatsers en Beethoven se Maanlig Sonate was uitstaande items wat vasgevang is in die geheue van die musiekliefhebber. Swak medium golf ontvangs ten spyt, kon niks eintlik in die pad staan wanneer daardie Transistor styf vasgebou was nie. Ongelooflike onthou oomblikke en om te dink, dit gaan nogsteeds voort. Kwaliteit sorg vir volhoubaarheid. Die aanbieders van hierdie program, oor die jare, verdien seer sekerlik die een of ander vorm van erkenning, straks ‘n Oorkonde.

“U eie keuse”

Baie Dankie Dit is ‘n behoefte om my opregte dank aan

elke leser oor te dra vir die lees van Die Piketberger en vir die terugvoering wat ek van u ontvang. Voorts wil Jannie Lategan Eiendomme aan al sy kliënte baie dankie sê

vir ongelooflike ondersteuning. Dit was ons voorreg om ook heelwat nuwe mense na Piketberg te kon bring, wat hulle hier kom

vestig het en weer ‘n bydrae tot die gemeenskap maak of waar hulle betrokke

mag wees. My praktyk se deure staan vir elkeen oop as u eiendom wil verkoop, verhuur

of na ‘n waardasie soek. Mag u en u familie ‘n baie gesëende Kersgety beleef en mag u ‘n sprankelende splinternuwe

2016 binnegaan wat weer nuwe hoop en nuwe uitdagings sal bied. Ons deel in die teleurstelling van elke boer wat ‘n swak

seisoen beleef en ook aan die Sakeman wat die uitkringende effek negatief ervaar.

Mag almal op skool en tersiêre vlak baie suksesvol wees! Ons deel in elkeen se Vreugde!

Jannie & Rosa Lategan Jannie Lategan Eiendomme 022 913 2064 082 453 8305

PAW sê dankie Piketberg Animal Welfare

bedank Tian en Nicolet Bronner, eienaars van die

Diereplesier Troetel-diersentrum, h/v Voor-trekker- en Lylestraat,

Ceres, vir die skenking van ‘n drahok.

Foto: Beryl-Ann du Plessis

VOORBLAD: John Moore is as die nuwe burge-meester van Piketberg aangewys. By Steynville Primêr word Delphine Davids aangewys as Sportvrou van die Jaar en Eunice Le Fleur as Sportman. In die Afrikaans Taal Eksamen van die Saamwerk Unie eindig Stephanie Kotzé, Shani Coetzee en Thi-nus Coetzee van PHS onder die eerste 23 plekke landswyd. Polisienuus: ‘n Blou sak met klere en skoene is verlate gevind op die N7 tussen De Hoek en Piketberg. Niemand het nog die eiendom opgeëis nie. Attie, Ela, Yolandi en Wilbert van Niekerk groet Piket-berg na vier jaar. Goeie raad teen swaeltjies en vlermuise. Plaas mot-balletjies naby die neste of in die dak om hulle te verdryf. Piketberg Gemeenskapspolisiëringsforum het ‘n nuwe bestuur gekies: Armand van Dyk, Albie Bas-son, Doreen du Plessis, Patricia Cloete, Alet Lestrade en Joan Links. Bata Rabe ontvang die Unifruco Trofee vir die beste prestasie vir die uitvoer van vrugte uit beheerde at-mosfeer koelkamers. Murray Janson besoek Piketberg om die vroue toe te spreek.

ADVERTENSIES: Gesoek - Susie Cooper breekware. Te Koop - Vrugtekoek @ R40 elk.

ACVV Erf te koop @ R5 000

17

18

Wat sê die Woord?

Deur Pastoor Tjaart Olivier

Belydenis van Geloof

Jac Brand, links, en Naomi van Heerden, middel, het onlangs Belydenis van Geloof afgelê as lidmate van die NG kerk Aurora. Saam met hulle is Magdaleen

Grundlingh, Ané Nelson en Letje Burger van Piketberg. Foto: Jorina Brand

By die NG Kerk Redelinghuys het Melanie Visser, Joubert van der Merwe en Chrizane Stephan

belydenis van geloof afgelê. Foto: Gerda van Schoor

Die winkels is vol versierings en kersliedjies speel oral op die radio. Ons kan so maklik deur die media meegevoer word dat ons die eintlike doel van Kersfees verloor. Presente of familietyd het in baie huise die fokus geword. Alhoewel dit lekker is om

presente te kry en tyd saam met die familie deur te bring, is dit nie veronderstel om die hoof fokus te wees nie. Kom ons kyk wat die Woord sê: In Lukas 2:14, kondig die engele Jesus se koms aan die herders aan: “Eer aan God in die hoogste hemele en vrede op aarde, in die mense ’n welbehae!” As ons hierdie vers net so neem, sal dit ons baie deurme-kaar maak, omdat dit sê dat Jesus vrede op aarde ge-bring het. As dit Sy doel was, het Hy misluk. Dink maar net aan die wêreld-oorloë en die onlangse gebeure in Parys as ‘n voorbeeld. Alhoewel die goeie nuus van die evangelie mense se harte al verander het en daar ‘n sekere mate van vrede op die aarde sigbaar is, is dit nie die boodskap wat die engele hier gebring het nie. Dit is belangrik om jou Bybel nie net te lees nie, maar om dit te bestudeer. In die Engelse King James weergawe (wat as een van die mees akkurate vertalings van die Bybel beskou word) lees die bogenoemde vers so: “Glory to God in the highest, and on earth peace, good will toward men.” Die woord “toward” gee vir ons ’n beter aanduiding van wat God vir ons wil sê en hoekom Jesus moes kom. Die fokus hier was nie vrede op aarde nie. Jesus het gekom om vrede en “good will” van God se kant af teenoor ons te bewerkstellig. Sonde het ’n skeiding tussen ons en God veroorsaak en omdat God regverdig is, moes Hy sonde straf. Dit is hoekom Hy gekies het om self vlees te word en as mens op die aarde te kom woon om my en jou sonde op Homself te vat. Die straf wat jou moes toekom was dus op Hom. Jesaja 53:5 sê dit so mooi: “Maar Hy is ter wille van ons oortredinge deurboor, ter wille van ons ongeregtighede is Hy verbrysel; die straf wat vir ons die vrede aanbring, was op Hom, en deur sy wonde het daar vir ons genesing gekom.” God is nie besig om oorlog teen jou te voer nie - Hy is vol vrede teenoor jou. Besef jy dit? “Die volgende dag sien Johannes Jesus na hom toe kom, en hy sê: Dáár is die Lam van God wat die sonde van die wêreld wegneem!” (Johannes 1:29) As iets weggeneem is, is dit weggeneem. Jesus se laaste woorde aan die kruis was: “Dit is volbring.” Vrede is be-werkstellig. As jy die grootheid van hierdie geskenk van vrede en vergifnis van God teenoor jou verstaan en ontvang, gaan jy nie meer in sonde wil leef nie. Wanneer ons totale aan-vaarding by God het, wil ons in dankbaarheid teenoor Sy geskenk leef. Om God se geskenk van vergifnis te ge-bruik om in sonde te leef, is dom. Ontdek die genot wat daar is om die nuwe lewe in Christus te leef, nie omdat jy moet nie, maar omdat die weergebore natuur in jou wíl! Ekstra nota: Sê die Bybel dat ons Kersfees moet vier? Nee. Is Jesus gebore op 25 Desember? Nee. Kan ons as Christene hierdie geleentheid gebruik om Jesus met ons familie en vriende te deel? Verseker. Vir verdere studie: Mattheus 10:34; 2 Korinthiërs 5:21; Romeine 5:1; Johannes 19:30 (Alle skrif-aanhalings, behalwe as anders aangedui, is uit die 1933/53 vertaling geneem)

Klavierstemmer Stem en Herstel van Klaviere

Professioneel 50jr Ondervinding

Alle Areas

Skakel Wessel de Beer 0232 320422 of 082 704 3276

19

♥ GESKENKE ♥ DEKOR ♥ MEUBELS ♥ STOFFERING ♥ Christo en Linda van Schalkwyk 022 913 3326 Langstraat 59, Piketberg (Reg oorkant Agrimark)

Hierdie jaar hoef julle nie Kaapse Kersgeskenke of Kaapse Kersversierings te koop nie! Ons het dit alles vir jou.

Ons bied die volgende:

Stoffering van banke en stoele

Herstelwerk aan tente en seile

Maak van seil “canopies” vir bakkies

Motorsitplekke en motor- plafonne

Trekkersitplekke

Spesiale versoeke

Christo 083 399 7988 / 022 913 3326

Langstraat 59, Piketberg (oorkant Kaap Agri)

Kom maak gerus ‘n draai by Sit-’n-Rukkie h/v Tuin– en Langstraat Piketberg.

Heerlike koffie, ontbyt en middagetes. Vars tuisgebak en wegneemetes ook

beskikbaar. Skakel Anneli 083 767 6251

of kom maak ‘n draai!

Inslaap Huishulp benodig op ‘n plaas Januarie 2016

Voltydse posisie beskikbaar vir 'n positiewe, sober persoon.

Gesin met twee jong kinders - plaas 12km uit die dorp geleë.

Kontak asb 072 130 2936 Verwysings noodsaaklik.

Betrekking Aangebied

20

Die Plaaswerker van die Jaar kompetisie is vanjaar af-gesluit by die Nederburg Wynlandgoed met ‘n Gala sere-monie op 7 November. Hierdie kompetisie word jaarliks aangebied deur die Departement van Landbou met Shoprite as hoofborg. Meer as 6 000 plaaswerkers het sedert 2002 al deelgeneem aan die kompetisie met 1 247 plaaswerkers wat vanjaar deelgeneem het om die gesog-te titel te bekom. Deelnemers se vaardighede en kennis oor hul vakgebied, die landbou sektor en die ekonomiese stand van ons land word geëvalueer. Elke streek identifiseer kategorie wen-ners wat deurdring na die volgende rondte beoordeling waar provinsiale wenners uit die verskeie kategorieë ge-kies word. Uit dié groep word die Plaaswerker van die jaar aangewys. Vanjaar is Alex Shoko, assistent produksie bestuurder

Darryl Jacobs (WKDL), Joram Simbarashe en Breyton Millford (Agri Expo).

2015 Plaaswerker van die jaar toekenning weer tuis by Mouton’s Valley

Dr Johan van Deventer (Shoprite), Michele Starke, Alex en Tabitha Shoko, Eric Starke en Alan Winde

(Minister van Ekonomiese Geleenthede).

Artikel uit Die Burger ter gelukwensing van Jan van Wyk as Plaaswerker van die jaar 2006.

Vredendal Tafeltennis Klub en Van Rhynsdorp Tafeltennis Klub is besig om te help om tafeltennis klubs in dorpe in die Wes-kus te help stig. Oud-spelers, huidige spelers en belangstellendes (meisies en seuns) van

enige ouderdom word hiermee versoek om die volgende persone te kontak of whatsapp:

Francisco - 074 569 1045 Denvan - 084 906 5387

Voldag huishulp benodig in Piketberg.

Geen rook en drink. Skakel 082 780 8698 vir onderhoud.

Betrekking Aangebied

van Mouton’s Valley, as wenner vir die Plaaswerker van die jaar kompetisie aangekondig. Hierdie is die tweede keer dat Mouton’s Valley hierdie eer ontvang, nadat Jan van Wyk, senior assistent produksiebestuurer, hierdie gesogte titel in 2006 ontvang het. Joram Simbarashe, ‘n toesighouer van Mouton’s Valley, is ook as Algehele Wenner in die kategorie: Beste Potensiaal aangekondig. Volgens Dr. Johan van Deventer, Algemene Bestuurder van Shoprite/Freshmark, is die doel van hierdie kompe-tisie om plaaswerkers die nodige erkennning te gee vir die belangrike rol wat hulle speel in die voedselproduk-sieketting. Hierdie inisiatief is uniek tot die Wes-Kaap en stel ‘n wonderlike voorbeeld vir ander provinsies en al die persone wat plaaslik betrokke is in die landboubedryf.

Berig en foto’s verskaf deur Delanie Jooste

21

Eric and Michele Starke

Left Joram Simbarashe,

Eric Starke, Alex Shoko.

We would like to congratulate Alex Shoko and Joram Simbarashe on their extraordinary achievements during the 2015 Farmworker of the year Award Ceremony. Joram received the

award for Regional and Provincial winner in the category - Most Potential. Alex won the Regional and Provincial award for the category - Middle Management. Alex also received the

prestigious Farmworker of the Year Award for 2015. We are very proud to have

you as part of our team.

Mouton’s Valley (Pty) Ltd. Piket-Bo-Berg

BAIE GELUK AAN AL DIE

PIKET-BO-BERG KATEGORIE WENNERS

Middelbestuur Alex Shoko, Mouton’s Valley

Juniorbestuur John Mbalula, Hochland

Toesighouer Shaun Julies, Pomona

Administrasie Seline Arries, Highlands Eco Estate

Sosiale Onwikkeling Aletta Marcus, Hochland

Tegnies Brian Andrews, Achtervlei

Algemene Werk Deether Arries, Highlands Eco Estate

Trekkerdrywer Flip Marcus, Achtervlei

Besproeiing Thinus Swart, Heldervue

Beste Potensiaal Joram Simbarashe, Mouton’s Valley

Links: Artikel uit Die Burger ter gelukwensing van Alex Shoko as Plaaswerker van die jaar 2015.

BO: Alex Shoko tydens sy toespraak by die Gala

geleentheid.

Congratulations Alex and Joram!

22

VLV hou Tuin-Teeparty in Feetjiemooi Tuin

Op Donderdag 12 November het die VLV hul jaar-afsluiting in die prentjiemooi tuin van Sandra Smit gehou. Al die tafels was getooi met die mooiste koppies en ver-sierings om almal te laat vergeet van die gejaag daar buite. Lede en gaste kon lekker kuier terwyl ’n paar van die lede hul diensknopies vir lidmaatskap ontvang het. Almal was dit eens dat dit 'n "wonderlike feetjie-teetuin oggend" was en dat hulle beslis weer so gaan maak in die toekoms.

Die lede wat diensknopies ontvang het is Nicoline Brown (20jr), Roché du Toit (45jr), Riana

Richter (45jr), Alta Rossouw (45jr) en Joan van Kraayenburg (20jr).

Die Bestuur van 2015 is ook hartlik bedank vir die jaar se bedrywighede. Nicoline Brown (voorsitter),

Christa Myburgh (tesourier), Carin Rossouw (onder-voorsitter), Marlize Rossouw,

Dinette Lochner (sekretaresse), Maresa Smit, Alta Vos en Alida Walters. Afwesig: Michele

Ziervogel.

ACVV Piketberg reël 'n rolstoel uitstappie dorp toe. Deelnemers is by Boland Superspar trakteer met smaak-like melktert en tee en daarna by die Toerismekantoor met heerlike koue sap.

Rol Dorp toe op Wiele

Foto’s: Marietha Goosen Foto’s: Dinette Lochner

23

1915 tot 2015

E-Pos: [email protected]

022-913 2646

Raak DSTV nou te duur vir jou?

Neem n DVD kontrak uit

en spaar!!!

25 EENHEDE R400.00 20 EENHEDE R320.00

Nog meer om uit te kies

Piketbergers bring hul kant by Oesdag op Moorreesburg

Op 5 Desember word ’n oesdag by die Koringbedryf-museum gehou, en Piketbergers sal soos in die verlede ’n betekenisvolle aandeel aan die organisasie daarvan hê. Die Koringbedryfmuseum op Moorreesburg is die enigste van sy soort in die land en een van drie in die wêreld. Besoekers wat nog die oue ken, sal die oesland van die verlede kan beleef, en jongmense sal kan sien wat ge-doen moes word voordat die hedendaagse masjinerie gebruik is. Die ontwikkeling van die sekel en sens tot by “moderne” stropers, en alles tussenin sal gedemonstreer word. Esels word van Wupperthal af gebring om ’n snymasjien te trek en die koring op die trapvloer uit te trap, klein koringmeultjies sal maal, en uiteindelik sal dié meel op die terrein verbak word tydens ’n broodbakkom-petisie in die “from sheaf to loaf”-tradisie van die Euro-pese bewaringskultuur. Moorreesburger-bier word by dié geleentheid bekend gestel en besoekers kan dit in die biertuin geniet. Die bier word in die Europese tradisie met koring gebrou. Die verrigtinge begin om nege-uur by die museum. Ná die “hitte, stof en angels” van die oesland van meer as ’n halfeeu gelede beleef is, kan die besoekers hulself lawe met onder meer ook lekker tradisionele eet- en drinkgoed soos roosterkoeke, potjiekos en tuisgemaakte gemmer-bier. Hoewel die opbrengs van die projek na die museum gaan vir die oprig van ’n meul, sal die Piketbergse ACVV-tak hul gewilde roosterkoeke vir hul eie rekening verkoop. Nog ’n afdeling van die oesdag waar Piketbergers hul kant gaan bring, en hopelik hul slag kan wys, is waar ‘n aantal spanne aan die broodbakkompetisie gaan deel-neem. Elke span moet drie brode op die terrein bak, een daarvan met meel wat vroeër die oggend gemaal is van koring wat net daar geoes is. Opwindend! Swartlanders laat hulle nie deur ‘n baie droë jaar met erge finansiële implikasies van stryk bring nie. Kom kuier saam en ondersteun die koringbedryf. Toegang na dié gesinsgeleentheid klink ook asof dit by 50 jaar gelede vasgehaak het: R20.00 vir volwassenes en R10.00 vir kinders. Vir verdere navrae kontak Apie Richter by 073 230 2110

PIKETBERG ENGINEERING

Neem asseblief kennis dat ons sluit vir die feesseisoen op 15 Desember 2015

Ons open weer op 11 Januarie 2016 Baie dankie vir u getroue ondersteuning

gedurende 2015.

Mag die Gees van Christus u hart en huis vul met geloof, hoop en

liefde in hierdie Kersseisoen.

Skole heropen op 13 Januarie 2016

24

25

Die Lallie-boekies met kleur illustrasies is beskikbaar by Tina,

Piketberg Diere-hospitaal, teen R40 en word verkoop ten bate van Piketberg Animal

Welfare.

Ideale Kersgeskenk.

Pierre & Anzel Coetzer 084 296 2670

[email protected]

Ons is oop Maandae tot Saterdae: Kombuis 3nm tot 10nm en Kroeg 3nm tot laat

Sondae gesluit

Ons is oop vir Kersete 25 Desember vanaf 12 tot 3nm. Bespreek asseblief voor 10 Desember. R160 per persoon, drankies uitgesluit. Ons bied privaat funksies, jaareind funksies of spesiale byeenkomste teen goeie

tariewe met baie lekker kos en gesellige drankies.

Hierdie advertensie word geborg deur Sam en Berenice Scheepers

Geskenk vir ‘n goeie doel

Badisa soek Vrywilligers Badisa soek vrywilligers wat wil help met die ontwikkeling van alle leerareas vir voorskoolse kinders. Ook vrywil-ligers wat wil help met tuiswerk vir skoolgaande kinders.

Kontak Hannie by 022 913 2545

Bid vir ‘n Matriek Projek Baie dankie aan elkeen wat deel was van die Bid vir ‘n

Matriek Projek. Hou aan om vir ons kinders te bid.

Die Piketberger se redaksie wens al ons adverteer-ders, rubriekskrywers, lesers en vriende ‘n

Geseënde Kersfees en ‘n Voorspoedige 2016 toe. Dankie vir u samewerking en ondersteuning

gedurende 2015.

26

Swartland Enjinherbouers Na 20 jaar in die motorbedryf is Hannes Otto ten volle gekwalifiseer as 'n Toyota tegnikus en ‘n motor masjineer werktuigkundige. Swartland Enjinherbouers spesialiseer op alle fabrikate en behoort aan die Retail Motor Industry (RMI). Swartland Enjinherbouers doen dienste en diagnosering op alle motorvoertuie en die masjinering van alle enjin-komponente. Dit is 'n voortsetting en uitbreiding van Ceres Auto motive en Ceres Auto parts, wat sedert 2012 en 2014 aan Hannes behoort. Sedert Swartland Enjin-herbouers begin September sy deure in Voortrekkerstraat 14 Piketberg geopen het, is Hannes en sy span druk besig om kliënte, wat gehalte voorop stel, tot diens te wees. Swartland Enjinherbouers is waar Jack van Renen se gifstoor was.

Die span wat op Piketberg deel uitmaak van Swartland Enjinherbouers, is Stenize Robbertze, Hannes Otto, eienaar, Eppie Hektor, Roscoe Kannemeyer en Wilhelm Booysen.

27

14 Voortrekker Street, Piketberg

Recon Cylinder heads (Skim & P/test) Resleeve Engines Rebore Engines Grind & Polish Crankshafts Assemble Engines Service & Repair on all makes and models Aluminium and Stainless Steel and Cast

Iron Welding Diagnostics on all Vehicles Bearing Press

And many more!!!

28

Besige Bytjies vra vir enige skenkings of verkope van

tweedehandse opvoedkundige speelgoed of toerusting. Kontak Mirina Liebenberg

072 399 5447 of [email protected]

Op Sondag 15 November was leerders van Goedver-wacht tydens 'n spesiale diploma seremonie vereer vir hulle uitmuntende prestasie in die akademie en sport tydens 2015. Die geleentheid was gehou in die kerk, gekoppel aan die erediens en aangebied deur wbC (we be Christians). Die doel van hierdie geleentheid was om alle leerders te motiveer om in die toekoms harder te leer en sodoende hulle te uitslae te verbeter. Die plegtigheid het dit ook vir ouers, wat nie hulle kinders se diploma-plegtigheid by hulle onderskeie skole kon bywoon nie agv werksomstandighede en lang afstande, moontlik gemaak om in hulle kinders se trots te deel. Die doel was ook om die presteerders van Goedverwacht, ongeag hulle skool, te beloon vir die harde werk en opoffering ge-durede die jaar. Leerders van Goedverwacht Primêr, Steynville Sekondêr, Hoërskool Piketberg, Schoonspruit Sekondêr, Diazville Hoërskool, Carl Schreve Primêr, UWK en UNISA het deelgeneem. Lee-Etha Goliath van Goedverwacht was aangewys as die PPC-Dux leerder en Whitney Rosenberg en Glenda Dietrich was aangewys as die wbC presteerders van die jaar vir die laerskool en hoërskool onderskeidelik. Leerders het verskeie geskenke ontvang en was ook getrakteer met 'n heerlike middagete by die plaaslike koffiewinkel. Dr Jerome Slamat van Universiteit Stellenbosch het ouers, onderwysers en leerders met sy inspirerende toespraak bemoedig om te volhard in die uiters belangrike taak van opvoeding.

Berig en foto’s Shawné Esau

Goedverwacht vereer leerders ALISON SE SWEMSKOOL

Kursus @ R300 vir 8 lesse

1. 7-18 Desember 2015

en 2. 5-15 Januarie 2016

Bespreek dadelik – beperkte plek!

Kansellasie binne 3 dae: volle fooi

betaalbaar.

Kontak A Müller 073 229 2855 of saans: 022 913 1746

Ideale geleentheid om voor te berei

om swem as ‘n sport by PHS te neem.

29

083 564 3018 [email protected]

30

Yskas, Vrieskas &

Lugverkoeling (voertuig en residensieël)

Herstel,

Installasie en Hergas

Kontak

Henk Pieters 071 583 6164

Wines2Whales Johan Stephan en Rickus Jooste van Piketberg is vanjaar die geleentheid gegun om deel te neem aan die alombekende FNB Wines2Whales bergfiets uitdaging deur middel van ‘n borgskap deur Stephan en Seun Boerdery. Dié span is in die laaste twee weke voor die geleentheid gevorm omdat Stef Stephan ongelukkig nie meer saam met Rickus kon meeding weens twee ge-breekte ribbes nie. Die ryers het afgeskop met die eerste dag wat bestaan het uit 72km en begin het by die Lourensford Wynplaas tot by Oak Valley in Grabouw. Die volgende dag doen die ryers ‘n sirkelroete van 66.4km wat strek deur Eikenhof plaas en die Paul Cluver Wynplaas. Op die laaste dag vertrek die ryers vanaf Oak Valley en volg die fietsry- en grondpaaie deur die Wildekrans Landgoed, Botrivier en die bekende Hemel en Aarde bergfiets paadjies in Hermanus tot by die finale eindpunt in Onrus. Hierdie span het ongelooflik goed presteer nadat hulle as span, ‘Spuds on the Run’ 35ste gekom het uit die sowat 589 spanne wat deelgeneem het. Hierdie geleentheid lok top wêreldklas fietsryers soos Johan Rabie en sy spanmaat Gawie Combrinck, Erik Kleinhans, James Reid, Konny Looser en Christoph Sauser om mee te ding vir die gesogte podium posisies. Die feit dat albei ryers slegs twee jaar gelede begin het om hierdie sport te beoefen, en slegs ‘n paar keer as span saam geoefen het maak hierdie prestasie nog meer besonders. Eswé Visagie en Innes Bruynhardt en John en Marieka Ince het ook vanjaar tydens die uitdaging deelgeneem. Die ryers skryf hul sukses toe aan die wonderlike voorreg om op ‘n gereelde basis op die Piket-Bo-Berg bergfiets paaie te kan oefen, waarvoor hul opreg dankbaar is.

Dean Jankielsohn het vanjaar deelgeneem aan een van die uitdagings wat vroeër daardie week plaasgevind. Hy het saam met Peet van Staden van Stilbaai gery aangesien sy spanmaat, Eric Starke ‘n knie operasie ondergaan het. Vanjaar het sewe ryers ons area verteen-woordig en ons sien daarna uit om Stef en Eric volgende jaar terug te verwelkom tot die span.

Johan Stephan, Harry Orr en Rickus Jooste na die voltooiing van die Wines2Whales.

Berig en foto’s verskaf deur Delanie Jooste

Johan Stephan links, en Rickus Jooste, regs oppad na die wenstreep op Dag 2 van die Wines2Whales.

Innes Bruynhardt, Eswé Visagie, Marieka Ince en haar man John – almal met trots in hul Nexus uitrustings.

Rickus Jooste gevolg deur Johan Stephan oppad na die wenstreep in Onrus op die derde dag.

31

KiX se Sjona-sinne projek

Gr 3S het Kix op 'n hoë noot afgeluit deur op die laaste Kix-dag, 6 November, genoeg bydraes te bring om hierdie twee sinne te pak. Elke letter se waarde is R5 wat bydra

tot die "Zim ABC wat die Woord gee"-projek. Die manne wat die sinne vashou is JJ, GP, Gabrie en Jandré. "Kura pakuziva

Jesu" beteken "Groei in kennis van Jesus" en Taura Zvajesu" beteken "Vertel van

Jesus".

Gr 1-3(Eng) with Biddy Langenhoven are proud to present their Sjona sentence: "Mwari Anondida"

which means "God loves me".

Kix het op Vrydag 6 November die "Zim ABC wat die Woord

gee"-projek amptelik afgesluit tydens die laaste Kix geleent-

heid. Hier is Jana, Michelle, Le-onie en Joanie in Gr 5B met die nuutste voltooide sinne: "Kura pakutenda" beteken "Groei in

geloof" en "Kura pakuziva Jesu" beteken "Groei in kennis van

Jesus".

Gr 3S met Jansie Truter het die sin "Mwari a-newe nguva

dzose" gebou, wat beteken "God is met jou vir altyd".

Gr 7A met Cecileen Olsen se Sjona sin is "Jesu Anokuda" wat beteken "Jesus is lief vir jou".

Foto’s:

Marietha Goosen

Ané na Jeugleierskonferensie Ané Nelson, PHS se hoof-

dogter vir 2016 is gekies as een van 50 leerders van

skole oor die Noord-, Suid-, Oos- en Wes-Kaap wat Die Burger se 57ste Jeugleier-konferensie gaan bywoon. Die tema vir die konferen-

sie is “Die rol van die media in die ontwikkeling

van die jeug”. Foto: Sanet Ackermann

32

Die volgende Piketberger verskyn op 28 Januarie

Berigte en advertensies moet ons bereik teen 19 Januarie

Stuur na: [email protected]

Roshan van Rooy, musiekleerder by Alison Müller, regs, kwalifiseer vir die Boland Superspar Musiek-

beurs vir 2016.

'n Ma en dogter saam voor die klavier is 'n rare verskynsel op Piketberg. By Alison Müller, links, se

musiekkonsert, het Mari Visser en haar ma, Sarina, 'n duet gespeel. Wat dit so besonders maak, is dat

Sarina by Juffrou Alison musiek as vak geneem het by PHS van 1980 tot 1983 en nou, 25 jaar later, is

dit Mari se eerste jaar by Juffrou Alison. Foto: Marietha Goosen

Steynville Primêr se Graad R'e het onlangs 'n baie geslaagde Debutantebal gehou. Die wenners wat die

meeste geld ingesamel het was Jayden Simpson (3de), Chanté Fortuin (1ste) en Sterne Williams (2de).

Die Gr R opvoeders wat ook deftig uitgevat was vir die geleentheid is Elouise Julius, Elmarie Abrahams,

Marianna Fortuin, Lynette Williams en Gerty Esau. Foto: Elzanne Boshoff

Graad R se Debutante Musiekbeurs vir Roshan

Ali Ma en Dogter se Juffrou

Siphenkosi

Protection Services

Your security Our priority

Now in Piketberg (behind Rangers)

Psira 2409406

Providers of 24 hours security guards for industrial, commercial, farm properties, special events & access control.

Contact for free

Email: [email protected]

Phone: 022 913 1128 Cell: 062 286 9583

Your security Our priority

33

Cash for Scrap Steeds vinnige, vriendelike en eerlike diens

vir kontant in die sak

Culemborgstraat, Piketberg Ind. Oor die treinbrug, oorkant stasie

Nou ook oop in

Porterville Jakkalskloofstraat

Kom besoek ons of skakel

Johan Louw - 076 538 2909 (vir nog beter pryse nou!)

en by ons is dit steeds

Beste prys oor en oor bewys!

34

Steynville Primêr hou Prysuitdeling

Algehele wenners in die Grondslagfase is Waylin Mostert (Graad 1), Jean-Marco Gal

(Graad 2) en Junade Markus (Graad 3).

Algehele wenners in die Intermediêre Fase is Jay-Dean Claasen (Graad 4), Filistea Adams (Graad 5) en Camber

Christians (Graad 6). Die Dux-leerder in Graad 7

is Keche Cloete.

Gertrude Willemse - beste presteerder in Wiskunde en Wetenskap. Valerie

Somers oorhandig haar prys.

Leonardo West - beste presteerder in Geskiedenis.

Foto’s: Elzanne Boshoff

Sportvrou van die jaar - Leandra van der Westhuizen. Margie Goliath oorhandig haar prys.

Sportman van die jaar - Samrique Kayster. By hom is Francisco

Strauss.

Steynville Primêr se hoofleiers vir 2016 is Samrique Kayster, hoofseun en Aleighne Rivida, hoofdogter, middel, saam met 2015 se hoofleiers,

Maurique Salvirus, heel links en Elnay Benjamin, heel regs.

35

PIKETBERG

Tel. 022 913 1101

Piketberg Bonthuys Bicycles het ‘n groot verskeidenheid kinderfietse vir

Kersfees

Nuwe BMX Fietse NOU in Voorraad

Ons verskaf onder andere: Birzman, Hope, WTB, Sigma, Cateye, Ryder Produkte,

Camelbak, Maxxis, Michelin, Kenda, IXS, Bell, Parktool, Giro, Olympic, Fox Shocks, Rock Shocks, Fox clothing, Shimano, Shram en vele, vele meer.

Titan Trail 29er nou slegs R 6 990

Ons verkoop nou die Feva Foam Starseat

12” kinderfietse vanaf R450 16” kinderfietse vanaf R850 20” kinderfietse vanaf R880

36

Leer speel-speel en

ontwikkel in totaliteit

Ontwikkelingsareas

Taalvaardigheid

Lewensvaardigheid

Syfervaardigheid

Sel: 072 399 5447 Eikelaan 11, Piketberg

Ons bied ‘n volledige program om die

kind in totaliteit te ontwikkel. Die skool

bied halfdag of voldag vir 0-5jariges.

Die dagprogram bied ‘n verskeidenheid

aktiwiteite. Onderwysers met baie

liefde en energie vir kinders.

[email protected] Skoolure: 07:20 - 17:30

Opkomende Joernaliste

'n Groep wat bestaan uit 40 leerders en ses ouers en

onderwysers het op 4 November 'n werkswinkel van weCan24/onsKan24 in digitale-skolenuus by Hoër-skool Piketberg bygewoon. 'n Span van Media24 het die leerders opgelei in onder-

houdvoering en artikel-skryf. Die toekomstige joer-naliste van PHS het na die

opleidingsessie elk 'n sertifikaat ontvang.

Foto:

Alta Nelson

OV Blikkiewenners

Baie geluk aan die wenners van die Ouer Vereniging Blikkieprojek. Baie dankie aan al die leerders wat

deelgeneem het en bygedra het tot hierdie OV-insamelingsprojek. Die wenners saam met OV-lede

Elizna Visser, heel links en Schalk Coetzee, heelregs, is agter, Legreche Adams (Gr 12 wen ‘n Tablet ter

waarde van R1 500), Zane van der Merwe (Gr 8 wen ‘n geskenkbewys), middel Annette Bruwer (Gr 4 wen ‘n

geskenkbewys), Lee Smith (Gr 4 wen ‘n geskenk-bewys) en heelvoor is Christiaan Koch (Gr R wat ‘n

Tablet ter waarde van R1 000 gewen het). Foto: Dinette Lochner

Besige Bytjies

PHS se drie Rhinos toer na Ierland op uitnodiging

Arno van Deventer, Benna van der Westhuizen en Jan-Daniël Roux, almal PHS-leerders was deel van

die Tony Stoops Uitnodigingspan, soos in ons Oktober-uitgawe berig is. Hierdie Rhino Invitational

XV het in September na Ierland getoer. Foto verskaf

37

Deon van Dyk, mans enkelspel kampioen en Alta Vos, vroue enkelspel kampioen.

Foto: Janie Landon

Rolbal Kampioene Kix hou 50c aand

Foto’s:

Marietha Goosen

38

Swemmers presteer by Gala

By die onlangse swemgala gehou te Porterville het Sienna Nel ‘n brons medalje verwerf, Jana Truter,

middel, ‘n goue medalje, twee silwer medaljes en ‘n bronsmedalje losgeswem en Adriaan Louw het ‘n

silwer medalje verwerf. Janco Mouton, Jako Strydom, Craig Duncan en Benjamin Jordaan het vierde plekke

gekry. Foto: Alta Nieuwoudt

Bassets na Boland Proewe

Marisa Krynauw, afrigter saam met Carli en Suzaan Basset. Carli Basset is tans nr 1 in die o/12 Wes-Boland Tennisspan, sy is ook nr 1 in die Boland

Platteland en is uitgenooi na die Boland proewe wat 2 - 4 Desember plaasvind. Suzaan Basset is nr 1 in die o/17 Wes-Boland Tennisspan en is uitgenooi na

die Boland proewe wat 5 - 6 Desember gaan plaasvind. Foto verskaf

Christie vorder goed by Sharks

Christie van der Merwe, oud-PHS’er wat tans rugby speel by die Sharks, is onlangs aangewys as die o/19

Shark-speler wat die meeste in 2015 ontwikkel het.

Foto’s verskaf

Karate Kids

PG Bruwer en Christelle

Loubser het sertifikate

ontvang dat hulle swart gordel

status bereik het. By hulle is

Sensei Harry Pieterkosky.

Foto’s:

39

Omo Wasmasjien

Baie Geluk! Boland Superspar Musiek Beurs Sterre!

Boland Superspar wil vir Roshan Van Rooy

asook Natasha Botha baie geluk sê. Hulle het hierdie jaar die Boland

Superspar musiek beurse vir 2016 ontvang

by PHS se musiek-konserte. Ons is saam met die skool en hulle

ouers trots!!!

WIN A LAMB BEFORE CHRISTMAS!! Follow the instruc-tions to enter: Like our facebook page, express your feelings towards Boland Superspar by sharing, commenting some-thing at the bottom of this photo for example: I’M THE BIG-GEST BOLAND SUPERSPAR FAN OR I LOVE BOLAND

SUPERSPAR and TAG 5 of your friends to stand a chance to win this amazing prize.Winner will be announced on

11 December.

Boland Superspar wil vir Elda Burger geluk wens. Sy was

die gelukkige wenner van die Omo waspoeier kompetisie en het ‘n outomatiese wasmasjien gewen!

Win A Lamb

40

Boland Superspar wil vir Elmarie Taylor en Sally Die-trich baie geluk toewens. Hierdie twee staatmakers het deelgeneem aan die Spar Academy of Learning Program van 2015 en is nou Retail Graduates. Hierdie program is deel van die Spar Western Cape Leadership Programme wat leiers ontwikkel deur vir hulle kandidaat leierskap vaardighede aan te leer asook hoe om ‘n leier van ‘n span te wees. Boland Superspar het ‘n kultuur en passie om ons personeel op te lei en te ontwikkel sodat hulle soos hierdie twee besonderse dames hulle volle potensiaal kan

Boland Superspar congratulates Elmarie and Sally as they

have completed their 1 year course at the Spar Academy Of Graduates 2015. They did the Retail Fresh Programme to

equip learners with the skills to effectively manage wastage and shrinkage, identify ways of improving profits, implement

and understand legislative health and safety standards and

maintain the Spar standards for a fresh department. We are so proud of them!

Ons Is Trots Op Ons Spar Academy 2015 Graduates!

Sally Dietrich se Slaghuis Span Elmarie Taylor se Chika Chicken span

bereik. Elmarie Taylor is die supervisor van ons Deli asook ons Coffee Shop en “home meal replace-ments” afdelings. Sy het in 1998 by Spar begin werk en het haarself vanaf agter die Deli toonbank op gewerk tot by supervisor. Sally Dietrich is die super-visor van ons slaghuis en het in 2004 as ‘n blokvrou by Spar begin. Sy het haarself ook vinnig bewys en opgewerk tot waar sy vandag is. Elkeen van hulle bestuur hulle eie span met GROOT sukses. Ons is so ongelooflik trots op hulle!