Upload
riana-janse-van-rensburg
View
251
Download
0
Embed Size (px)
DESCRIPTION
Familienuus van September 2012
Citation preview
2
In Lukas 6:38 staan daar: “Gee, en vir julle sal gegee word: 'n
goeie maat, inge-
stamp, geskud en
propvol, sal hulle in
julle hande gee.” Hierdie uitgawe is presies so! Inge-stamp, geskud en propvol! Dit spog met vele mooi sto-ries en aksies uit ons gemeenskap. Waar jy kyk sien jy hoe ons uitreik en voluit lewe. En ons sien weereens hoe getrou die Here in ons lewens is. Hier is net goeie nuus! Persoonlik het ek en my man, Frank, ‘n propvol kwartaal agter die rug met ‘n klein bietjie hartseer en sakke vol vreugde. Selfs die hartseer stukkie het die Here afgerond met die allermooiste slot. Dit is maar net hoe ons Here is. As ons fyn luister sal ons altyd Sy stem hoor. Hoe was jou kwartaal? Sit so bie-tjie stil en dink daaroor na. Dis altyd goed om so bietjie te re-flekteer op die afgelope tyd. Dit is verbasend hoe mens dan op-merk hoe die Here teenwoordig was.
Sommige mense, ongeag hoe oud hulle word, verloor nooit hulle skoonheid nie, hulle skuif dit net van hul gesigte na hul harte
~ Martin Buxbam
Ek en Frank het deesdae ‘n nuwe ding. Elke aand voor slaaptyd, saam met
stiltetyd, deel ons ons hoogte-punt en laagtepunt van die dag met mekaar. Buiten dat dit mens laat reflekteer oor jou dag, verskaf dit ‘n bietjie pret ook. En ons leer ‘n paar dinge van mekaar.
‘n Hoogtepunt hoef nie indruk-wekkend of lewensverande-
rend te wees nie. ‘n Een-voudige bollemakiesie van jou troetelkat kan ‘n hoogtepunt wees. Dit vertel dat jy in die klein
dingetjies van die lewe vreugde kan vind en altyd vreugde sal vind, hoe goor jou dag ook al mag wees. In hierdie uitgawe is elke storie deur en deur die moei-
te werd om te lees. Ryno se prentjie van die Koninkryk op bl. 5 het my weer mooi laat nadink oor hoe intensioneel ek moet leef. Dis so maklik om maar net van dag tot dag aan te gaan en te
vergeet dat ons aan die Koninkryk van die Here werk. Ons ge-meente gee om. Ons gee baie om. Dit het ek net weer van voor af besef met al die
insette waar ons ‘n verskil ge-maak het die afgelope kwar-taal. Van die jeug tot die seniors het ‘n bydrae gelewer! En dit is hoekom die Familie Nuus van
hoek tot kant oorloop. Die kruikstories bevestig dit verder met baie uiteenlopende verhale. God is sowaar daar waar jy is. Lees op bl. 6 wat dit beteken om net te wees tussen mense, al is jy in die hospitaal. En het jy geweet, wanneer din-ge verkeerd loop is dit dalk juis ‘n goeie ding. Lees daarvan op bl. 28.
As jy nog enigsins enigiets gewonder het oor die Dorpsfees, lees daarvan op bl. 12 en 13. Mag dit jou opgewon-de maak. Oor-
weeg ‘n stalletjie wat jy by Ria-na kan bespreek. Baie dankie dat jy die Familie– nuus lees. Geniet die vakansie en skakel volgende kwartaal in by iets. Jy sal verseker iets in die Familienuus vind om te doen. Groete
Buiten dat dit
mens laat reflekteer
oor jou dag, verskaf
dit ‘n bietjie pret ook
‘n Eenvoudige
bollemakiesie van
jou troetelkat kan
‘n hoogtepunt wees
Van die jeug tot die seniors het
‘n bydrae gelewer
3
Getuienisse uit ons
geloofsfamilie
Kruik Stories
Ons wat hierdie skat in ons
het, is maar kleipotte wat
maklik breek; die krag wat
alles oortref, kom dus van
God, nie van ons nie. 2 Kor 4:7
6 Die sin van wees ‘n Lewe sonder grense in die hospitaal
Geroep en Gestuur: Naaldwerk met ‘n doel
17
Kleingroep ervaring 18
Vermiste skoolmodules word ‘n kettinggetuienis 28
Ster Stories
10 Mirjam beeldjie gevind deur een uit ons eie geledere
20 Ons Senior Burgers Brei en dien 32
Beplanningsweek in die bosveld
29 Ons baie spesiale vakansieprogram
Spyskaart Ware stories is kos vir ons siele... geloof die wenresep
Kollig Stories
4 Godsdienstige of Volgeling?
‘n Prentjie van God se Koninkryk
5
Wat maak Buti daar? 7
26 Aanddiensgenerasie
31 Halftyd Mannebediening
Wie is Henk nou weer? Profielstorie 8
Hallo Straatpredikante Voorwaartsmars 9
Alles oor die Dorpsfees wat jy wou geweet het 12
Terugvoer oor ons Verhoudingswerkswinkel 14
Sentrum vir Lewenskuns 16
Geroep en Gestuur: Kleingroep deelname 16
Vrouekamp by Meulstroom Lodge 18
Infertiliteitsbediening 19
Madelein Greyling was hier 19
Seniors in beweging 21
Foto’s van Senior Bybel Ete 2012 21
Ons gee om: PvR se Koskas en Klerekas 22
CMR versoek: Werkswinkel 22
Senior jeug uitreik het ‘n verskil gemaak 23
Solokamp Nylstroom Bush Lodge 24
Sodwana Seekamp 2013 24
Jeug passie 27
Word ‘n Jeugmentor 27
Help die Solo ouers 27
Bely en Leefkamp 2012 27
Die Versorgingspan 30
Matriek gebedsvennote 33
Inkomste en uitgawes Maart - Julie 2012 34
4
Deur die loop van die eeue het daar ‘n verskeidenheid verwron-ge idees ontwikkel oor wie en wat ‘n volgeling van Jesus is, en hoe Sy kerk hier op aarde behoort te lyk. Baie van ons verstaan hieroor is oorgedra deur tradisie uit tye waarin so ‘n denkwy-se sin gemaak het. Vir baie van ons is die uiterlike of ooglopen-de gebeure van “godsdiens” maar hoe ons dink die kerk veronderstel is om te wees. Ongelukkig is dit meestal vêr van die waarheid af. Vir ons, die mense van 2012, is dit be-langrik om te vra wat Jesus se bedoeling was met hierdie nu-we gemeenskap van volgelin-ge, en hoe ons dit vandag kan uitleef op ‘n manier wat in ons gemeenskap ‘n verskil maak. Dis ontstellend om raak te sien dat
Jesus Sy felste kritiek gebêre het vir die “godsdienstiges” van Sy dag. Ons moet fyn kyk en versig-tig wees dat ons nie die gods-
dienstiges van ons dag is nie! Jesus het nie met ‘n sis-teem van geskrifte of dogmas na die wêreld gekom nie. Hy het ge-kom met egte verhou-dings (Volg my!) en het die gemeenskap waarin Hy geleef het bedien met Wysheid, Genesing en Verlossing. Wysheid, soos ons leer in o.a. Spreuke, is praktiese lewensvaardighede wat vir mense die lewe makli-ker maak. Beter mans, vrouens, werkers, ouers,
spelers en so meer. Genesing was vir Jesus om mense se ge-brokenheid en tekortkominge tegemoet te kom. Liggaamlik, maar ook sosiaal en geestelik. Verlossing is om vir mense wat vasgevang is in ‘n hopelose
(uitkomslose) lewe nuwe Hoop te bring. Nie net tydelike aardse hoop nie, maar ewige, genadi-ge lewens-hoop. Ons vraag aan mekaar moet
heeltyd wees. Kan dit van my gesê word, en, word ons Geloofsfamilie so beleef in ons “poskode”, die gemeenskap waar ons leef en dien. Dit is hoe ‘n mens en ‘n geloofsfamilie KERK is, volgens Jesus se voor-beeld. Ontdek en Leef Christus (ons te-
ma vir die jaar) beteken juis dit. Dat ek soveel as moontlik van Jesus sal beleef en ervaar, om soveel as moontlik van Hom weg te gee. Nie in die vorm van godsdienstige reëls, gebruike en aktiwiteite nie, maar in die vorm van lewenswysheid, heelheid en hoop. Dis Sy bediening wat aan ons toevertrou is. Jy is deel van hierdie beweging. Kom ons volg Jesus, soos Hy vra, nie soos ons dink nie!
Volgeling? Godsdienstige of Jan Venter ~
Jesus het die
gemeenskap
waarin Hy geleef het
bedien met
Wysheid,
Genesing en
Verlossing
Kom ons volg Jesus
soos Hy vra, nie soos ons dink nie
Dit is hoe ‘n mens
en ‘n geloofsfamilie
kerk is, volgens
Jesus se voorbeeld
5
Victor My goeie vriend Victor is nou meer as sewe maande oorlede. Die eerste ses weke was vir my en Mari baie swaar. Mettertyd het ons agtergekom dat ons steeds graag stories oor hom deel. Maar die klem het geskuif van hartseer na feesvier oor 'n lewe wat ander s’n verryk het.
Victor het 'n prentjie in sy kop en hart gehad wat sy hele lewe bepaal het. Dit het alles wat hy gedoen het betekenis gegee, 'n prentjie van God se koninkryk. Sy toewyding om hier-die prentjie te bewaarheid het my geïnspi-reer. Dit was lekker om saam met hom te kuier en die ander ouens in die kommune se skottelgoed te was. Saam het ons gedroom oor sy prentjie. Dit was uiteraard ook myne, want ons het dieselfde Here gedien.
Ek mis Victor baie. Toe ek eendag weer so aan hom dink, tref dit my... Ons verhouding en tyd saam het my eie prentjie ge-vorm. Al is hy nie meer hier nie, rig hierdie prentjie my lewe in alles wat ek doen en dink.
My prentjie Ek sien mense wat in liefdevolle verhoudings met mekaar staan. Dis ryk verhoudings wat lag en vreugde bring. Unieke Jesus-
verhoudings maak die mooiste mosaïek in ons wêreld. Almal is met vrymoedigheid hul unieke self omdat ons verskillend is. Nie-mand oordeel nie en versoe-ning is sigbaar.
Hierdie verhoudings word saamgebind deur Jesus se liefde en genade. Dit is Sy liggaam se roeping om mekaar lief te hê en die goeie nuus uit te basuin dat God ons liefhet en in verhou-ding met almal wil wees. Jesus is die middelpunt van hierdie prentjie met die mosaïek rond-om Hom wat Sy beeld versterk. Dis die mooiste prentjie van God
se koninkryk net soos Jesus dit bekend ge-maak het. My verhouding met Victor het soos hierdie prentjie gelyk. Dit was betekenisvol. Dit het die vreugde en die
moontlikheid daarvan bevestig. Dit het die dringendheid daar-van, in 'n wêreld wat nie so lyk nie, aangemoedig. Ek is oortuig God het my hierdie verhouding gegee, sodat my lewe vir altyd sou verander. En dit het! My prentjie rig my lewe. Alles wat ek doen en dink is hierdie prentjie, hier en nou. Ek rig my lewe so in dat ek heel-tyd kan be-paal of die prentjie in my lewe waar word, of nie. Ek lewe met intensie, en werk intensio-neel met my tyd en hulpbronne, om seker te maak my prentjie word waar. Net soos Victor ge-doen het, so glo ek elkeen van ons wat navolgers van Jesus is,
moet dit doen. Ek noem dit 'n missionêre lewe. Of nog beter, 'n intensionele lewe. Ek moedig
jou aan om die-selfde te doen en is oortuig daarvan dat ons wêreld beter sal word en meer soos die Ko-ninkryk sal lyk as ons intensioneel leef.
My riglyne �Ek glo dat die beeld van God in elke mens sigbaar is. Hanteer ek ander so? �Ek glo God gee my krag om te leef en Sy wil te ken en te lewe. Wanneer prop ek by Hom in? �Ek glo alles gaan oor verhou-dings en dat ons mekaar vorm. Wie sit om my tafel wat my vorm en kan help om 'n beter navol-ger van Jesus te wees? �Ek glo ek is uniek en het 'n spe-sifieke plek waar ek inpas in God se plan. Waar ontdek ek dit, en waar leef ek dit? �Ek glo dat die skepping goed
is en dat God ons inspan om saam met Hom verder te skep. Hoe gee ek om vir die skepping en skep saam met God? �Ek glo God gee tyd, geld en hulp-bronne. Hoe ge-
bruik ek myne vir Sy koninkryk? �Ek glo God sluit alle mense by Sy koninkryk in. Wie sluit ek in en wie sluit ek uit? �Ek glo God maak my heel. Waar het ek heelheid nodig? Waar maak ek heel?
Ons verhouding en
tyd saam het my eie
prentjie gevorm
Unieke Jesus-
verhoudings maak
die mooiste mosaïek
in ons wêreld
Jesus is die middelpunt
van hierdie prentjie met die
mosaïek rondom Hom
wat Sy beeld versterk
‘n Prentjie
God se koninkryk van
Ryno Meyer ~
6
wees Met my onlang-se hospitalise-ring het ek weereens besef dat die Here anders werk. Ons moet ‘wees’ orals
waar ons gaan, selfs as ’n pasiënt. Hoewel ek eers ne-gatief was oor my opname, was ek geseën met my ‘daar wees’. Ek het geleentheid gehad om na an-der uit te reik; en om dankbaar te wees vir God se Hand in ons le-wens.
Twee van my medepasi-ënte was ernstig siek. Die derde pasiënt was daar vir ’n operasie. Ek het hulle elkeen met sy unie-ke menswees leer ken. Dit was opvallend hoe elkeen se ge-moed algaande verbeter het.
Die Boer Hy het ’n longkwaal en is per-manent op suurstofaanvulling. Sy vroutjie wat baie kom kuier het, werk vir ‘n Muni-sipaliteit. Vanweë my werkser-varing in die ge-bied, kon ek vir haar raad gee oor bepaalde finan-siële prosesse waarvoor sy ver-antwoordelik is. Met Marius se ontslag, is ek genooi om by hulle op die plaas te gaan kuier.
Die Sakeman van Brits Hy was ‘n rowwe ou wie se fami-lie gereeld bont gestaan het. Hy het met ‘n oorgewig liggaam en enorme pyn die saal binne gestrompel, ’n jig-leier. Soos dit bestem is, het ek as voormalige
jiglyer hierdie onder-werp intensief nage-vors. Ek kon my arse-naal van kure met hom deel. Sy jongste seun was in ‘n ongeluk. Die outjie het met sy Quad Bike oor die Brits pad gery en voor ’n voertuig beland. Hy was vir 8 maande in die hospi-taal en die medici was oortuig dat hy dit
nie sou dit maak nie. My rowwe vriend sê toe iets wat my hart warm ge-maak het: “Die Here is goed vir
ons. Hy het
ons deur
hierdie krisis
gehelp ten
spyte van
al die ver-
keerd in ons lewens. My laaitie
het volkome herstel! Ons
dank die Here dat Hy hom
genees het”. Later het ek sy seun ontmoet en het hy my sy letsels gewys. Tydens my laaste aand
by die hospitaal het hy a-semhalingsprobleme ontwik-kel. Die volgende oggend is hy na ’n harthospitaal oor-geplaas. Ek het hom geska-kel en hy het sy dankbaar-
heid oor ons geselsies en dat hy weet die Here vir hom ook sorg, met my gedeel. Ons gesprek is afgesluit met ’n uitnodiging dat ek moet kom kuier.
Die Botswana Weermag Senior Offisier Toe hy die saal binne stap met sy blink snyerspak, was my eer-ste indruk dat hy ’n regte ‘pierewaaier’ is. Ek het geraai dat hy ’n nuwe generasie politi-kus is. Hierdie jong man het ’n indruk gemaak op die verpleeg-sters wat soos bye om sy bed gedraai het. Maar, hy het nie persoonlike voordeel uit sy po-pulariteit probeer trek nie. In-teendeel hy was hoogs professi-oneel.
Toe ek uiteindelik kans kry om hom te groet, het ek besef dat hierdie ’n ingeligte man met beginsels is. Ander is vir hom be-langrik en hy het my oortuig van iemand wat die Here ken. Ten spyte van ons kultuurverskille kon
ons nogtans met me-kaar deel oor die Hand wat ons almal versorg. Toe hy die volgende dag aangetrek het vir sy ontslag, het ek ’n vreemde geluid agter die gordyne gehoor. Hy was besig om sy
skoene te poets. Ek was ver-stom oor sy netheid. Sy verblyf was kort, maar die indruk wat hy gelaat het, sal nog lank voort-duur. Na sy handdruk, het ek besef dat hierdie soldaat van ’n ander land my geleer het om nie ‘pierewaaiers’ op hul baad-jies te takseer nie. Daar is goed in almal en ons moet dit net ont-dek in ons “daar wees”.
Die omstandighede van ’n hos-pitaalbesoek het positiewe ge-volge gehad. Daar was interak-sie, ondersteuning en saam-wees. Nou verstaan ek wat dit beteken om Christus te ontdek en te leef, waar ons ook al is.
‘n Lewe sonder grense in die hospitaal
Die sin van Peet Kilian ~
Kruikstorie
Nou verstaan ek wat
dit beteken om Christus
te ontdek en te leef,
waar ons ookal is
Toe hy die saal
binne stap met sy
blink snyerspak,
was my eerste in-
druk dat hy ‘n
regte pierewaaier is
Hierdie soldaat
van ‘n ander land
het my geleer om nie
pierewaaiers op hul
baadjies te takseer nie
7
Buti Mahlangu woeker met sy tyd en passies. Alles wat hy doen is gemeenskapsgerig en daarom is dit ideale geleenthe-de vir ons om be-trokke te raak, veral as ons on-der leiding van die Gees gestuur word.
Sopkombuis Elke Vrydag 10h00 is daar 'n Sopkombuis by die afdak. Dit is vir Buti 'n ge-leentheid om tyd saam met die manne en vroue te spandeer wat hoofsaaklik op die hoek by die Total staan met die hoop om werk te kry. Buti is baie lief vir die mense en hy bedien hulle met sop en brood, en met die Woord. Elke Vrydag is daar ongeveer 3 potte sop nodig, én helpers wat kan be-dien. Jy kan betrok-ke raak deur sop te maak en/of sop te bedien. Daar gebeur mooi goed by die Sop-kombuis.
Tot dusver het ons staatge-maak op die goedhartigheid van vrywilligers om die sop self te befonds en te maak. Ons oor-
weeg nou die moontlikheid om die bestanddele te ver-skaf sodat die vrywil-ligers dit net hoef te maak. As jy kreatie-we idees hier rond-om het, kan jy my gerus kontak. Ons neem aan die einde van die
kwartaal 'n besluit hieroor. Susan van Ton-der het die afgelope tyd vir Buti gehelp met al die koördine-ring. Sy sorg dat daar elke Vrydag
genoeg mense is wat sop maak en bedien. Maar hulle verhuis bin-nekort en dié posisie is weer oop. Indien jy ge-roepe voel om Buti te help met die Sopkom-
buis kan jy hom gerus kontak by 082 624 2689 /[email protected].
Lees- en skryfklasse Maandag tot Donderdag om 19h00 bied Betty Mahlangu saam met Buti lees- en skryfklas-se aan by ons kerk. Hulle bedien hoofsaaklik die ongeletterde werkers van ons gemeenskap. Buti het al jare gelede die be-hoefte hiervoor raakgesien. Buti getuig van die nuttig-heid daarvan dat mense notas kan skryf vir hul huishulpe. Ek sien self die nut daarvan as ek vir
Grace ʼn nota los as ons mekaar nie te sie-ne kry nie. Dis nog meer “awesome” as mens in Sepedi vir mekaar kan skryf. Oorweeg dit om van die klasse gebruik te maak as jy behoefte het.
Bybelstudie en biduur Elke Dinsdag om 19h00 bied Buti 'n Bybelstudie aan en Woens-dag is daar 'n biduur om 19h00. Versprei hierdie inligting aan al-mal wat dit relevant sal vind.
Alles wat hy doen is
gemeenskapsgerig en
daarom is dit ideale
geleenthede vir ons
om betrokke te raak
Daar gebeur mooi goed by die
Sopkombuis.
Dis nog meer awesome as mens
in Sepedi vir
mekaar kan skryf
Wat maak Buti daar? Ryno Meyer ~
Sopkombuis
8
Wie is Henk nou weer?
Henk is ons “Psalm” leraar wat diep omgee vir sy medemens en die ekstra myl loop om ander in nood te help. Hy bederf sy vrou so af en toe met koffie in die bed, maar sy bederf hom met ontbyt in die bed! Hy hou van kamp, seevakansies en braai. En soos ons almal weet, is hy mal oor tegnologie en ver hardloop... Ek het vir Henk ‘n paar snaakse, persoonlike, diep en slim vrae gevra sodat ons so bie-tjie meer van sy menswees kan leer. Hier is sy antwoorde:
Red: Wat kan mens alles met ‘n
houtlepel doen?
Henk: Kos maak, pak slae gee, jou rug krap en balanseer op jou ken.
Red: Waar het Dawid die wortels
begrawe?
Henk: Ek dink nie Dawid het die wortels begrawe nie, hy het dit geëet om beter te kan sien, my kind.
Red: Waarmee is jy nooit klaar nie?
Henk: Tegnologie
Red: Wat is tonekrul lekker?
Henk: Goeie koffie, sjokolade en boeke
Red: Met watter Bybelkarakter
identifiseer jy? Hoekom?
Henk: Dawid – Om soos in die Psalms eerlik voor God jou lewe te kan deel.
Red: Wat is jou passies?
Henk: Tegnologie, Comrades, Om mense te help waar ek kan
Red: Wat is jou mees uitstaande
talent?
Henk: Ek wil graag mense help
Red: Wat beteken jou naam?
Henk: Dis die verkorte vorm van Hendrik wat “regeerder van die huis” beteken.
Red: Wat is jou geestelike gawes?
Henk: Diensbaarheid, Bemoedi-ging en Onderrig
Red: Hoe het jy en jou vrou, Ilana,
ontmoet?
Henk: Gemeenskaplike vriende het vir ons ’n “blind date” gere-ël. Toe ons mekaar sien, het ons geweet ons gaan trou. Ons was 9 maande later getroud.
Red: Wat was die eerste ding van
haar wat jou opgeval het toe julle
ontmoet het?
Henk: Sjoe, alles. Sy het my voe-te onder my uitgeslaan.
Red: Wat is jou kinders se name en
hoe oud is hulle?
Henk: Wian word Oktober 9 en Jana is 5.
Red: Wat is jou droom vir die toe-
koms?
Henk: Ek wil graag meer mense help om Christus te ontdek en uit te leef. Ek wil mense aan-moedig om saam met my die pad van Christus te stap. Red: Wat is jou lewensleuse?
Henk: Hoe kan ek help?
Red: Het jy al ooit ‘n “brandende
bos” ervaring gehad?
Henk: Ek het in Standerd 8 op Winkelspruit ervaar dat die Here met my ’n persoonlike pad wil stap. Ek het toe ook besef dat Hy my roep om voltyds in die bediening te wees. Later het die Here op verskeie maniere dit vir my bevestig.
Red: Hoeveel Comrades medaljes
het jy? Vertel so bietjie daarvan
asb.
Henk: Ek het nou 4 medaljes (2008, 2009, 2011, 2012). Ek het die eerste 2 keer nie medaljes gekry nie (2005, 2006) omdat ek nie klaargemaak het nie. In 2010 het ek drie dae voor Comrades griep gekry en kon ek nie hardloop nie. Dus het ek al vir 7 Comrades’se geoefen en is reeds besig om vir 2013 te oefen.
Red: Wat is jou hartsboodskap?
Henk: Ek wil graag ’n verskil maak aan die mense rondom my. Jesaja 50:4 sê: “Die Here my God het my geleer om die reg-te woorde te gebruik sodat ek dié wat moeg is, kan moed in-praat. Elke môre laat Hy my op-nuut weer luister, Hy laat my luis-ter soos ’n leerling moet luister.”
Red: Hoekom het Bileam se donkie
begin praat?
Henk: Die Here gebruik soms vreemde maniere om met ons te praat, want ons luister nie so maklik nie. Ek dink dit was die Here se manier om Bileam se aandag te kry.
Red: Wat beteken “die liefde
bedek alles”?
Henk: Liefde is net liefde as dit in verhouding plaasvind. Liefde is waar mens veilig voel en jouself kan wees. Wanneer liefde alles bedek, stel ek die ander per-soon voorop en kan ons mekaar vertrou binne die verhouding.
Louanda Gentle ~
Jana, Ilana, Henk en Wian
9
Ons dominees is op straat. Let-terlik. Vroeg al hierdie jaar het ek, Henk en Ryno begin om deur ons geloofsfamilie te stap. Dié buite die woonbuurt, kry vir eers ‘n telefoon “besoek”. Ons stap, klop aan deure en trotseer wantrouige huiseienaars en hul honde. Wat ‘n fees ervaring! Mense kyk ons vreemd aan as ons ons lyste bekyk in die middel van ʼn straat. Sekuriteitsfirmas kyk ook twee keer. Dis ‘n vreemde ding hierdie. Elke keer op straat (of op die telefoon) word ons verras deur die ryk verskeiden-heid van ons mense. Met my self-oon skakel ek telkens die huismense vanaf hul voor-hek. Die gesprek loop gewoonlik so:
Huismense: “Hallo?” Dooms: “Hallo, my naam is Jan, ek is jou gawe plaaslike predi-kant.” Huismense: Stilte Dooms: “Hallo?” Huismense: “Uhm, hallo domi-nee.” Dooms: “Hoor hier, ek staan voor jou huis en wil gou dagsê.”
Huismense: Loer versigtig deur die gordyn. Dooms: Waai vriendelik. Huismense: Kom verbysterd na die tuinhek, groet, en kyk rond of daar nie Leon Schuster grap-kameras in die straat wegge-steek is nie. Elke kontak is ‘n lekker ervaring. Daar is die wat gemoedelik raas omdat daar “seker 10 jaar laas of nog nooit ‘n predikant hier
was nie”. Daar is diegene wat ern-stig verskoning maak vir deurme-kaar huise, tuine, garages, kinders, hare en selfs le-
wens. ‘n Telefoon “besoek” het ge-woonlik ‘n stukkie verrassing in. Die vraag is altyd: “So, dominee, wat kan ek vir jou doen”? Dan is die feit dat dit net ‘n “hallo en hoor hoe dit gaan” is, ‘n vreemde lekkerkry ervaring. Die gesprekke is kort, maar inspire-rend. Ons sê eintlik net hallo, maar daar gebeur soveel meer as net dit.
Ek stap elke keer weg met ‘n nuwe verstaan van mense. Ek weet elke keer ‘n bietjie beter vir wie ek preek en bid. Ek waar-deer weer elkeen wat deel is van die gemeentelewe as ek
sien hoe laat en hoe moeg mense by die huis aankom. Ek er-vaar lewe. Ek sien troeteldiere en troetel-mense. Ek beleef die wanklank van onge-lukkigheid in die huis-
gesin wat duidelik aanvoelbaar is. Veral wanneer die predikant onverwags aankom. So, moenie worry oor jou deurmekaar huis, hart, tuin, ga-rage of hare nie. Moenie askies sê vir jou werksklere, deurme-kaar sitkamer of “lanklaas-in-die-diens-gewees” nie. Sê net hallo. Hierdie is vir ons om jou beter te ken. Om beter te preek en te bid. Om beter te hoor hoe God se geloofsfamilie hier moet lyk
en word. Om beter te verstaan. Om meer dankbaar te wees dat ons saam met jou kan leef en
werk. Om jou gesig, jou naam en jou menswees te koppel aan ‘n plek; jou blyplek. Om beter predikante te word. En mense.
Straatpredikante Voorwaarts Mars
Jan Venter ~
Hierdie is vir ons
om jou beter te ken
Ek weet elke keer
‘n bietjie beter vir
wie ek preek en bid.
Elke keer word ons verras
deur die ryk verskeidenheid
van ons mense
Hallo
10
gevind deur een uit ons eie geledere
Mirjam beeldjie Cornelia Biecker is een van ons bevoorregte gemeentelede. Vroeër hierdie jaar het sy opgra-wings gaan doen by Tel Hasor en ʼn Mirjam beeldjie gevind! Sy het aanvanklik net die “modderklont” in die houer geplaas, min wetende wat sy gevind het. Eers toe sy dit later skoon-maak het sy besef wat dit is.
Ek het haar gevra hoe sy gevoel het toe sy besef dat sy ʼn Mirjam beeldjie gevind het. Sy sê: “Dit was ʼn ongelooflike erva-ring! Ek het haar so ampertjies
weggegooi! Alhoewel die kop-
pie en beentjies af is, het ek gou
geweet hier het ek ʼn ‘hit’ beet!
Beeldjies word nie meer dikwels
gevind nie, maar ek het dadelik
na een van die Proffies gestorm
met haar. En toe was almal om
ons!
Ons was stomgeslaan en
baie opgewonde. Die gevoel
om aan
iets te vat
wat so
oud is, en
dan boon-
op verwys
na die By-
belse teks,
Eks 15:20-
21, is ʼn er-
varing wat
woorde
nie kan beskryf nie. Dit was ʼn
“vat” aan die verlede in meer
as een opsig.
God se teenwoordigheid
op daardie stadium toe ek haar
vind, het my met absolute vrede
en verstomming vervul! Ek dank
Hom dat Hy hierdie wonderlike
geleentheid oor my pad ge-
bring het en dat ek so bevoor-
reg was om deel
hiervan te kon
wees!” Dis presies wat hierdie harde werk deur en deur die moeite werd maak, soos sy aan ons vertel
het een Woensdagaand tydens die Bybelreis. Ons het foto’s ge-sien van die opgrawings en sy moes eers aan ons verduidelik wat ʼn tel is. Dit lyk soos ʼn berg, maar is eintlik baie eeue se ste-de wat op mekaar gebou is. Sien die foto’s regs onder. Argeoloë grawe dan in daardie “berg” in en gebruik ʼn grid met 25m² blokke op verskillende dieptes.
Hasor het oor die eeue heen van ongeveer
3 000 v.C. tot 160 n.C. be-staan. Dit was ʼn sakesentrum op
ʼn handelsroe-te tussen Ba-bilon en Egip-te. ʼn Nuwe stad is elke keer bo-op die vorige een gebou na dit vernie-tig is. In Jos 11 lees ons van een geval
waar Hasor totaal vernietig was. Dis hier waar Cornelia se
beeldjie inkom. Omdat sy nog op die vlak van die Laat-Ystertydperk besig was om te
Louanda Gentle ~
Bo: Cornelia Biecker in Israel. Sy het die Mirjam beeldjie gevind
tydens opgrawings in Hasor
Onder: Die Mirjam beeldjie. Die
tamboeryn in haar hand verwys na die teks in Eksodus 15:19-21
Sy het aanvanklik net
die “modderklont” in
die houer geplaas, min
wetende wat sy gevind het
Die gevoel om aan iets te vat wat so oud is, en dan boonop
verwys na die Bybelse teks,
Eks 15:20-21, is ’n ervaring
wat woorde nie kan beskryf nie
11
skerf, munt, juweel en been word in mandjies ge-plaas vir skoonmaak en analisering. Daar is heeltyd mense wat no-tas en foto’s neem. El-ke item word genom-mer en kry ʼn area ko-de. Dit is inderdaad baie werk.
Ek het op ʼn stadium in my lewe die hemelruim “ontdek”. Hoe meer ek uitgevind het, hoe meer wou ek weet. Maar hoe meer ek geleer het, hoe kleiner het ek gevoel en hoe groter het die Here geword in my eie perspektief. Daarom verstaan ek Cornelia se soortgelyke perspektief. Sy sê, hoe meer sy agterkom, hoe meer wil sy weet. Dis dié dat sy toe besluit om, na sy ʼn jaar teo-logie studeer het, eerder haar honneurs in Bybelse argeologie te doen. Dis asof sy honger bly
grawe, kon dit dadelik gedateer word na ongeveer 1200 v.C. Dit was net na die Eksodus, en word dan natuurlik ook toegeskryf aan die Israeliete nadat Josua Hasor ingeneem het. Dit verwys dan nou weer na God wat met die volk was soos Hy belowe het. Vir Cornelia was hierdie reis ʼn persoonlike en geestelike erva-ring. Sy lees nou die Bybel uit ʼn totaal nuwe oogpunt as voor-heen. Sy het net weer besef hoe God met ons praat deur hierdie Boeke. Al is die beeldjie 3 000 jaar oud, vertel dit van lewe in die Ou Testa-ment. Met haar nuwe insig voel dit of sy die mense van daardie tyd op ʼn baie meer persoonlike vlak verstaan. Hulle was regte mense soos ek en jy. Hulle het dieselfde drome en vrese gehad as ons. Hulle het ook aan God vasgeklou.
Sy het ook die mense wat saam met haar daar was, op ʼn ander vlak leer ken. Mens is heeltyd baie vuil wanneer jy op-grawings doen en leer mekaar so ken. Elkeen het ʼn eie verhaal en mens raak geheg aan me-kaar daar in die verre vreemde wêreld, in die droë stowwerige grond.
Daar word slegs in die hit-tige somermaande wanneer dit nie reën nie, tydens baie lang werksure, gegrawe. Elke pot-
vir meer en wens sy het hierdie wêreld vroeër ontdek. Sy is bang sy kom nie by alles uit ty-dens die res van haar lewe nie. Daar is net so baie wat nog ont-dek kan word.
Bybelse argeologie gaan alles behalwe daaroor om die Bybel te “bewys”, maar deur die jare heen is daar soveel ontdek wat Bybelse gebeure staaf, na-
tuurlik nie net in Isra-el nie, maar ook bin-ne die konteks van die geskiedenis van die Antieke Nabye Ooste: Egipte, Mesopotamië, Babilonië, Persië. Vir
Cornelia kom die Ou Testament juis tot lewe deur haar studies en praktiese werk en “connect” dit haar met die mense wat daai tyd geleef het.
Cornelia, kan ons asseblief vol-gende keer saamgaan?
Links bo: ‘n Lugfoto van Tel Hasor wat die opgrawings aandui teen verskillende dieptes. Regs bo: Hasor is geleë in die noordelike deel
van Galilea waar dit in die somermaande baie warm is.
Onder: ‘n Tel lyk soos ‘n berg, maar is inderwaarheid stede wat deur die eeue heen bo-op mekaar ge-bou is. Links onder is ‘n diagram van ‘n tel wat die verskillende tydperke aandui. Regs onder is Tel Hasor.
Al is die beeldjie 3 000 jaar oud,
vertel dit van lewe in
die Ou Testament
Hoe meer sy agterkom, hoe
meer wil sy weet
12
Vrydagaand 2 November (19:00)
�Bok van Blerk, met ‘n voorvertoning deur ‘n energieke opkomende kunstenaar
Saterdag heeldag 3 November 2012
�Groot Pretpark (mallemeule) met pretritte �Heeldag verhoog met ‘n verskeidenheid kunstenaars �“Wynplaas” naby die verhoog aan-gebied deur Namaqua wyne �Lekker kos- en kuierstalletjies �Velerlei snuistery- en kunsstalletjies met alles wat jou hart begeer �Padstalle met motors/motorfietse en vele ander �4X4 Expo met toetsritte, uitstallings en Extreme Oriëntering �Pretoria Straatmyl met van ons beste junior en senior atlete �CMA Motorfiets Stunt Team �Bergfiets kermesse vir oud en jonk �Babakompetisie �Mnr. & Mej. Pierre van Ryneveld �Spesiale aanbiedinge van ons plaaslike win-kels en besighede
Saterdag aand 3 November 2012
�Plaasdans (Bring jou mandjie/koelhouer/braaier en kom kuier saam op heerlike orkesmusiek)
Die bestanddele vir die
naweek van die jaar
Jan Venter ~
Jy sou al gehoor het ons praat daaroor as ons “geskenk aan ons gemeenskap”. Dit is ‘n ge-leentheid vir ons om ‘n verskil in ons gemeenskap te maak, op ‘n manier wat vir ons gemeen-skap sin maak. Ons het die idee ontwikkel dat dit ons as volgelin-ge van Jesus se werk is om godsdiens vir die wêreld te re-produseer. Meer praatjies, pre-ke, bybelstudies, kerkaktiwiteite en noem dit. Dis waaraan ons gewoond geraak het en glo kerkwees beteken. Maar as jy vir ‘n oomblik nadink oor Jesus se bediening en wat dit vir ons as kerk bete-ken, sal jy sien dat ons half die spoor verloor het deur die eeue. Jesus het Sy gemeenskap ge-dien. Met wysheid, genesing en verlossing, in ander woorde. Hy het vir hulle praktiese maniere gegee om beter en meer sinvol-le lewens te leef. Hy het mense se gebrokenheid en siekte op verskillende maniere in heelheid verander. Hy het hulle veral kom wys dat die lewe nie ‘n hopelo-se einde is nie, maar ‘n eindelo-se hoop. Sy (soms fel) kritiek en frustrasie gehou vir die gods-dienstiges van sy tyd. So, wat het dit met die dorpsfees te doen? Dis ons ma-nier om naby ons gemeenskap te kom. Om Jesus te leef, terwyl ons die vreugde (en pret) van die lewe vier saam met ons vriende, ons bure en die wat in ons straat woon. Ons uitnodi-ging? Doen net iets. Enigiets. Verkoop of koop ‘n kaartjie. Nooi iemand. Kyk waar jy vir ‘n uur of twee kan help. Sit hand by. Sit skouer aan die wiel. Werp jou brood op die water. Wat ook al. Wees deel van die storie! Klim op die bus, dit gaan groot wees!
Wat vir ‘n ding
Dorpsfees? is ‘n
13
Estelle Henderson ~
Hierdie jaar se dorpsfees gaan alle verwagtinge oor-tref. Ons visie is om eendag een van die groot feeste te word wat kan kers vashou met feeste soos Aardklop en KKNK. Ons het die fasiliteite in ons omgewing om dit te kan doen. Ek is hierdie jaar geseën met ‘n dorpsfeesspan wat baie hardwerkend is en spesi-aliste op hulle eie veld is. Dit maak dit net soveel makliker om alles te koördineer. Soos ek graag sê: Hierdie gaan ‘n “killer” van ‘n Dorpsfees wees! Hierdie jaar het ons ‘n paar nuwe trekpleisters op die spyskaart. Sien die blok links onder op bl. 8. Ons beoog om nie net die hele PvR by die fees te hê nie maar ook mense van bui-te ons grense. Ek hoop die ge-meente gaan ons hande sterk en ons ondersteun. En ek hoop dat hulle net so entoesi-asties oor ons 2012 fees is soos wat ek is.
Toekomsvisie en organisering
“Sy is soos Batman, bedags is sy ‘n onderwyseres en snags sien jy hoe ry sy rond, besig om te werk.” Dis hoe Jan Venter haar aan ander voorstel. Estelle Henderson sit nie sommer stil nie. Met baie hooi op haar vurk, word alles met en-toesiasme aangepak. Sy is die eienaar van Lady Jane Events Management & Reserva-
tions, Koördineerder van die Sharks Ondersteuners Klub, on-derwyseres en ma. Benewens dit, het sy ook ander passies soos musiek, kuns en welsyns-werk. Sy het 2 jaar terug ‘n boek
Wie is ons feeskoördineerder? Louanda Gentle ~
geskryf, maar is tans te besig om dit gepubliseer te kry. Pyn, swaarkry en armoede lê haar baie na aan die hart en daarom is sy gedurig besig om mense by te staan. En al maak dit haar baie hartseer, bied dit vir haar soveel bevrediging. Die Here het nog elke keer net die regte organisasie of mense op haar pad gebring wie sy kon help. Sy woon al 11 jaar in Pierre van Ryneveld en is so gelukkig hier dat sy aan haar hare weg-gesleep sal moet word. Dis soos ‘n persoonlike “dorp” vir haar en
mens loop altyd iemand in die straat raak wat jy ken. Dit is die tweede jaar dat sy die dorpsfees koördineer. Ver-lede jaar het die gewone kerk-basaar ontluik in ‘n fees waar-oor daar nou nog gepraat word.
14
Verhoudingswerkswinkel Ons verhoudingswerkswinkel van Julie het gekom en ge-gaan. Wat ‘n voorreg om saam met pare te kon besin oor hul huwelike en saam te kon ontdek hoe om hierdie Godgegewe verhouding te koester, te ver-sorg en te laat groei. Lees gerus wat hulle hieroor te sê het en kom gerus na ons Oktober werkswinkel!
Ek en my maat het geweet ons moet
‘n huwelikskur-sus doen, maar na al die versko-nings, gebeur dit toe eers na 12 jaar se ge-troude lewe. Ons het konflik ver-my en langs mekaar begin leef al het als van buite goed gelyk.
Nou, na die kursus het ons die toerusting om konflik te hanteer en regtig agter te kom waar-vandaan die seer kom. Dankie, die eerste stap is gedoen om myself te heel en my huwelik te kry hoe dit veronderstel is om te wees deur God se oë.
As jy al ooit gewonder het of en hoekom julle op ‘n huwe-
liksnaweek moet gaan? Dit is verseker ’n moet. Dit waarna jy
opsien, dit wat jou laat struikel, dit wat jou ver-hoed om die boodskap oor te dra, leer jy hier om te hanteer. Ek het geleer om
my lewensmaat beter te ver-staan. Die leemtes wat ek by my lewensmaat gesien het, was toe
Ek het hierdie naweek
geleer dat konflik in ‘n
huwelik normaal is Bo: Elmarie van Wyk, aanbieder van die verhoudingswerkswinkel
Onder: Drie pare wat die werks-winkel bygewoon het
Elmarie van Wyk ~
15
wensmaat te wees!
Wat ‘n ervaring! ‘n Wonderli-ke uitdaging en fantastiese
groeiproses. Die gereedskap wat jy kry is prakties en effektief en bring jou by die waarheid uit. Maklik is dit beslis nie, maar ver-seker die moeite werd. Ek het my maat in 2 dae beter leer ken
en verstaan en kan nou makli-ker en meer oop kommunikeer. Ons het nader aan mekaar ge-
kom en sien ‘n stunning pad vo-rentoe! Baie dankie.
Ek het hierdie naweek ge-leer dat konflik in ‘n huwelik
normaal is. Maar as jy nie die dieper oorsaak daar-van verstaan nie en hoe
om dit te hanteer nie, kan jou huwelik in die moeilikheid raak. Ons het by hierdie werkswinkel uitste-kende tegnieke geleer hoe om met konflik en frustrasies te werk en ek was verbaas hoe eenvoudig dit is. Die werkswinkel was ‘n fantastie-se belewenis en ek sal dit vir alle pare aanbeveel al is jou huwelik gesond.
Die huweliksnaweek was be-vrydend en verrykend vir my
gewees. Ek het “tools” ontvang om my huwelik ‘n veilige en ge-sonde plek te maak, waar ek kan groei en om ‘n beter le-
ook my leemtes. Die werkswinkel het nuwe deure oopgemaak. Ek het opgewonde besef dat my berg eintlik ‘n miershoop was. Elmarie is die perfekte per-soon om jou te help om mekaar te verstaan. Sit jul naam op en deel in die opwinding!
Die huwelikswerkswinkel was vir my ‘n wonderlike, maar
tog senutergende ervaring. Ewe skielik staan ek ontbloot voor my maat en moet ek gevoelens en ervarings deel wat ek in die ver-lede gewoonlik vermy het. Maar dit was die grootste geskenk en so bevrydend om te leer om regtig na mekaar te luister in ‘n veilige “space”. Ek beveel dit vir enige paartjie aan wat in hul huwelik wil belê. En ook as jy jou maat beter wil verstaan en op ‘n gesonde en unieke manier wil kommunikeer.
Die gereedskap wat jy kry is prakties en effektief
Dit is verseker
‘n moet
26 - 28 Oktober 2012
Datum vir die volgende verhoudingswerkswinkel:
Moet dit nie misloop nie!
16
Terapie of berading is nodig wanneer dit voel of jou wiele gly. Jy sit in modder vas en hoe harder jy probeer uitkom, hoe dieper sak jy weg. Dis hoe M. Scott Peck dit beskryf in sy boek ”The Road Less Travelled and
Beyond”. Die sentrum vir Lewenskuns is waar mense tot verhaal kan kom. Tydens terapie word ‘n vei-lige ruimte geskep om te groei deur, sy/haar storie. Ons doen dit in absolute afhanklikheid van die werking van die Heilige Gees. Hiervoor het ons voorbid-ding nodig asook hulp met die werwing van fondse en bemar-king van die sentrum. Ons wys niemand weg nie, wat beteken dat sessies soms deur ander fondse geborg moet word. Die konsultasiefooi is R250 per sessie, maar moet egter nie dat kostes jou weerhou van hulp nie. Fooie kan wel aangepas word na gelang van jou om-standighede. Lees gerus die terugvoer van ons eerste huwelikswerkswinkel op bl. 14 - 15.
Sentrum vir Lewenskuns Elmarie van Wyk ~
Dienste
Kontak ons
Vir ‘n afspraak by Elmarie van Wyk of Berna Pretorius
�Huweliks- en verhoudingsterapie �Huweliksverrykings-werkswinkels �Huweliksvoorbereiding, individueel of die Ons Trou program wat kwartaalliks aangebied word �Traumaberading �Roubegeleiding �Egskeidingsbegeleiding �Personeelversorgingspakette vir besighe-de �Persoonlike/karakter groei, soms voel dit asof jy in ‘n groef is en oor en oor dieselfde foute maak �Studiehulp �Ouerleiding
Elmarie: 072 238 0549 [email protected]
Amanda: 082 975 7465 [email protected]
Of enige van ons leraars
Ons nuwe adres is Jim Versterstraat 3; Pierre van Ryneveld
Geroep Gestuur en
Ek was deel van die bevoorregte groep wat die kursus, Geroep en Gestuur, in 'n kleingroep bygewoon het. Ek en my man wou dit al lankal doen, maar met twee klein kindertjies was dit on-moontlik om 'n naweek te kry wat almal pas. Ons kursus was versprei oor drie weke, een aand ’n week, wat dit vir ons moontlik gemaak het om dit by te woon.
Liesl ~
Kleingroep deelname is dit heeltemal uit ons “comfort zone”, vir ander nie. Die feit is, ons sit met die grootste geskenk, die boodskap van God se lief-de, in die palm van ons hand en ons MOET dit verkondig. Ons is geroep om God se liefde uit te dra. Nou wil God ons stuur...
Dit was vir my 'n wonderlike er-varing om weer stil te word en te besef wat God se doel is vir ons. Ek het lanklaas gereflekteer
oor my lewe en werklik gedink wat God van my ver-wag en waarvoor Hy my wil gebruik. Ek het weer besef Hy het 'n spesifie-ke doel vir elkeen
van ons, of dit baie naby aan my is of wyer uitbrei in die ge-meenskap. Vir sommige van ons
Ons sit met die grootste
geskenk, die boodskap
van God se liefde, in
die palm van ons hand
Ek het weer besef
God het ‘n spesifieke
doel vir elkeen van ons Dankie Elmarie dat ons saam met jou kon “journey”, jou liefde en warmte vir mense is aan-steeklik.
17
“A ship is safe in harbour, but that’s not what ships are for” ~ William Shedd ~
met ‘n doel Naaldwerk Anna Enslin ~
Geroep en Gestuur getuienis
Toe ek verlede jaar die Geroep en Gestuur kursus, wat ge-reeld by PvR aangebied word, gevolg het, het ek geen
benul gehad wat dit behels of wat die uitkoms daarvan sou wees nie. Danksy die proses het ek bewus geraak van lank vergete persoonlike roe-pings (“callings”) maar ook van nu-wes. Die roeping wat al hoe meer prominent geraak het, was om dog-ters en/of vroue te leer van brei , hekel, naald-werk, ens. en sodoende hulle te help om in hul eie behoeftes te kan voorsien. Hoe duideliker die roeping geraak het, hoe vinni-ger is dit wat ek as potensiële probleme gesien het, vir my uit die weg geruim. Ek het een mid-dag, na ‘n af-spraak met Ryno, huis toe gery en gedink ek moet ‘n plan maak om masjiene aan te skaf. Pas by die huis en nog voor-dat ek met iemand daaroor kon praat, het die oplossing na my toe gekom. Vir die hoeveelste keer in my lewe het ek ervaar ons dien inderdaad ‘n God van wonders.
Ek het ook gou besef dat hierdie projek my totaal uit my gemaksone gaan neem en op-offerings en ver-antwoordelikheid gaan vra. Ek hou nie van sukkel nie, doen dinge vin-nig, hou daarvan om op my eie te werk, en is uiters suinig met my eie tyd. As ek begin
met die projek kan ek nie net sommer wegbly of ophou nie, maar moet ek deurdruk en poog om ‘n ver-
houding met die dogters te bou wat geskoei is op weder-sydse respek en ver-troue . Hoe groot was die verrassing nie. By
“Precious Pe-
arls” kry ek 11 dogters wat nie kan wag om te begin nie, wat elke woord in-slurp, gretig is om te leer en elke stukkie aandag wat
hulle kry so waardeer! Wanneer hulle begin werk, kyk hulle nie op nie of is tee en koekies ‘n by-saak. Die aanpassing was vir my groot. Ek moet onthou om stadi-ger te werk, dat dit wat vir ons
algemene kennis is, vir die meeste van die dogters Grieks is. Die breiwerk wat ek vir 1 Sa-
terdag beplan het, het amper 2 maande ge-neem. Naomi Fourie van PvR is nou ‘n ge-reelde spanlid en ons kan nie besluit wie die
meeste baat by die interaksie nie, die dogters of ons. Dit is so vervullend om die trots te sien waarmee hulle, hul 1ste eie pro-duk (soms met goed geknoei) aan ons wys. Hulle kan nie wag om ‘n volgende taak aan te
pak nie en ek moet bely dat ek sukkel om weg te bly. Ek is innig dank-baar dat die liewe Vader hierdie ge-
leentheid op my pad geplaas het. Ek moedig jou aan om jou eie roeping te ontdek en te volg of kom geniet die vreugde van mededeelsaamheid saam met ons, al is dit net om saam tee te drink en te kyk waarmee ons besig is. Ek beloof jou, jy sal nie lank ‘n toeskouer bly nie! Kontak my gerus.
Kruikstorie
Nog voordat ek met iemand daaroor kon
praat, het die oplossing
na my toe gekom
Ek het gou besef
dat hierdie projek
my totaal uit my
gemaksone gaan neem
Wanneer hulle
begin werk is tee en
koekies ‘n bysaak
Ek het bewus geraak
van lank vergete
persoonlike roepings
[email protected] [email protected]
0827817324
18
R600 per persoon sluit alle etes en akkommodasie in
Vrouekamp
Bespreek asb. spoedig jou plek by Amanda
Daar is nog net 11 plekke beskikbaar
19 – 21 Oktober By Meulstroom Lodge
(anderkant Bronkhorstspruit) www.meulstroomlodge.co.za
“Wie is ek in God se hart?”
Spreker: Thea Coetzer
Tema
Kleingroep Ek en Dewald was bevoorreg om so tien jaar gelede by ‘n kleingroep aan te sluit. Sedertdien het ons kleingroep gegroei tot ‘n groep van 11 vol-wassenes en 9 kinders. Ons het ons uitdagings en verskille, maar die gemak en liefde in ons groep oortref alles. Vir my per-soonlik is ‘n kleingroep soos ‘n uitgebreide familie. Dis ‘n veilige plek om mens te wees. Dis waar ons saam kan lag oor dinge, ons drome met mekaar kan deel en ook ons vrese. Ons staan me-kaar altyd by.
Ons byeenkomste wissel gereeld na gelang van die be-hoeftes. Ons het Bybelstudies,
ondersoek dinge waaroor ons wonder, kyk DVD’s oor geesteli-
ke aspekte of le-wensvaardighede en kuier soms net saam op sosiale vlak. Soms gaan
ons weg vir naweke. Ek dink aan ‘n geleent-
heid toe een van ons kleingroep paartjies se baba vroeër gekom het. Almal het inge-staan om, die paartjie wat so onkant gevang is, by te staan.
Tans is ons besig met ‘n boekie, wat vrae rondom geloof hanteer. Een van ons lede het sy worsteling met ons gedeel en ons het saam gewonder en
saam antwoorde gesoek. Ons het een van die leraars gena-der om uit ‘n teologiese bena-dering daarna te kyk. Uiteindelik het ons maat meer duidelikheid gekry oor sy worsteling. So het ons almal vrede gekry. En om-dat ons opinies so uiteenlopend was, het ons perspektiewe ver-breed.
Van ons lede het reëlings met mekaar vir “date nights”, en dan pas een paartjie ‘n ander se kinders op. So maak ons hierdie wêreld leef-
baar vir mekaar. Daarom dink ek ‘n kleingroep verryk jou lewe. Dit leer jou om ander wat van jou verskil, lief te hê en laat God se koninkryk kom!
ervaring Adri Swart ~
Ons het saam gewonder
en saam antwoorde gesoek
Dit leer jou om
ander wat van jou
verskil lief te hê
Kruikstorie
19
“Elke swanger maag 'n teregwysing...
Elke babalyfie 'n steekpyn in my binneste…
Here God! U is tog 'n God van liefde?
Hoekom laat U hierdie seer toe?
Elke maand vat U my van vooraf op 'n pyn pad…
Sagte babakleertjies tussen my vingers,
verander in glasskerwe wat sny en bloei tot in my hart.
Here, ek is op my knieë, en my trane drup op U voete.
Sit U vaderhand onder my ken, en lig my kop op.
Sodat ek die doel van alles kan sien,
in die lig wat skyn deur U liefde.”
Infertiliteits bediening
Voel jy soms dat jy dieselfde gebed oor en oor bid? Of is jou hart só seer en leeg dat jy nie eens weet wat om te bid nie?
Onthou jy is nie alleen nie en jy hoef die pad nie alleen te stap nie. Ons is daar vir jou vir ondersteuning en begrip.
Al die antwoorde het ons nie, maar saam, sal ons hierdie pad stap met ons hande styf in Jesus s’n saamgevat.
Wardi 0829906453
Liza 0829906468
Skakel ons
Madelein Greyling, is ‘n Voor-komskonsultant en Stilis. Sy het die 20ste Augustus met ons kom gesels oor elkeen se wyd uiteen-lopende styl en leefstyl. Ons het geleer hoe om die regte style, kleure, hare en grimering daar-by toe te pas. Sy het ons ook gewys op die regte lengtes van
broeke, baadjies en rompe. Elke vrou het daar uitge-stap met nuwe idees oor hoe om haar eie persoonlike stem-pel op die korrekte manier af te druk. Ons was gevoed met nu-we idees en oplossings vir ons klerekaste.
was hier Madelein Greyling
20
Brei en dien
Ek het vanoggend ʼn heerlike telefoon gesprek gehad met Tannie Marie Kleyn. Hulle brei dat die penne klink om minder bevoorregte kinders te help warm wees in die koue winter-maande. Dit laat hulle diens-baar voel om ʼn positiewe by-drae te maak tot die gemeen-skap. Die Bybelstudiegroep en die Senior aksie het die afgelo-pe winter poncho’s en truitjies gebrei wat aan die Filadelfia Ark ge-skenk is. Die poncho’s word ge-maak uit blokkies wat 15cm by 15cm gebrei word en die oumas
van ons kerk het oor die 900 blokkies gebrei hier-die jaar. Dit het verlede jaar reeds begin toe ʼn kompetisie geloods is tussen die seniors van ons gemeen-skap om te kyk wie die meeste blokke kan brei. Die kompetisie is met ope arms aangegryp en die oumas van ons gemeente
het oor die 600 blokke gebrei! Tannie Ina van der Walt sê dat elke ouma met elke stekie wat hul-le gebrei het, ge-
bid het vir die kinders wat dit uit-eindelik sal dra, dat die Here hulle sal toevou in Sy hande.
Hulle het voorwaar ʼn hart vir om-gee. Tannie Marie sê vir my dat die tannies al so bietjie moeg is vir pienk breiblokke. Ons gesels toe oor nuwe idees vir volgende jaar, want hulle wil verseker elke
jaar ʼn by-drae lewer. Daar is ʼn tannie in die ge-meenskap wat broe-
kies sal maak, ons het net mate-riaal nodig.
Dit is hoe ons kan betrok-
ke raak. Deel enige idees wat die oumas volgende jaar kan maak vir die minder bevoorreg-te kindertjies, veral vir die koue wintermaande. Materiaal kan ook intussen geskenk word vir die broekies. Ek het self skielik onthou van materiaal in my een kas wat ek nooit gaan gebruik nie. As dit volgende jaar klein kinderbeentjies kan warm hou, hoort daardie materiaal nie meer in my kas nie.
PvR senior burgers reik uit na minder bevoorregtes
Dit laat hulle diensbaar
voel om ‘n positiewe bydrae
te maak tot die gemeenskap
Stuur julle idees aan [email protected]
of skakel Tannie Marie Kleyn 083 313 3390
Elke ouma het met elke
stekie wat hulle gebrei het
vir die kinders gebid
Louanda Gentle ~
21
By ons senior aksie in die ge-meente word maandelikse ge-sellige byeenkomste gereël en ook dag uitstap-pies na verskillen-de plekke in ons omgewing onder-neem. Ons reël ook vier-dag toe-re, bv. Krugerwild-tuin en ander. Ons het die uitda-ging aanvaar om tot diens te wees vir ons “Bejaardes”. Die feit van die saak is dat elke mens op ʼn rype ouderdom nog ʼn vol en beteke-nisvolle lewe kan lei. Ons is reeds
besig om seniors te betrek by ons byeenkomste om te deel in die vaardighede, wysheid en
ervaring van die le-we wat oor baie jare opgebou is. Ons be-sef ook dat die grootste bate in elke senior se lewe, u ka-rakter is en deur die wysheid van die grys-heid dien u met trots in die lewe en ver-
dien u selfrespek. Ons wil graag aan seniors die geleentheid bied om saam te geniet, ver-houdings te bou en uit te reik en om te gee vir mekaar, om langs
hierdie weg die liefde van Jesus uit te leef. By die senior aksie fokus ons op ontspanning, omvattende pas-torale en menslike versorging en algemene sake van belang. Ons jaarprogram sluit die vol-gende in: kunstenaars, gasspre-kers, vermaak, bustoere, spesia-le erkenning aan ons 80 jariges en ouer, piekniek en uitstappies, en koek en tee by elke byeen-koms asook afslag by restauran-te en teaters van tot 20%. “Ons gee om; kom en maak ʼn verskil”
Jan Cilliers en Dries de Jager ~
Seniors in beweging
Ons besef dat die
grootste bate in elke
senior se lewe,
u karakter is
22
ns gee m
0834603868
Baie dankie vir die engel wat die klere hangers geskenk het. Dit help om orde te skep en die klere vertoon baie mooi op ver-koopsdae. Die klerewinkel is aan die einde van elke maand vir ‘n dag oop. Klere wat nie deur die maand vir skenkings gebruik is nie, word verkoop aan enige belangstellendes. Hierdie geld word dan aangewend vir ver-dere barmhartige werk. Die kle-rewinkel sal op 28 Sept. 2012 weer oop wees. New Beginnings is ‘n organisasie in Ladium wat na “unwanted” babas omsien en vir hulle ‘n heenkome soek. Daar is ‘n muur in Sunnyside waar jy jou baba kan gaan “weggooi”. Dis waar hierdie organisasie die babas kry. Ons het aan hulle baba toe-rusting en klere geskenk. Hoop om so hul nood te verlig.
Klerekas Ons het vanaf 15 Junie tot 31 Augustus 18 kospakkies uitge-gee. Minder mense het “ingeloop” om kos te kom vra. Baie dankie aan elkeen wat by-dra, jou bydrae is baie werd. As jy weet van voedselnood in Pierre van Ryneveld se gemeen-skap, kontak asb. vir Ryno of Amanda. Ons kan net sorg en help as ons weet van voedsel-nood.
[email protected] [email protected]
Koskas
Doulos Ds. Peet Swanepoel sê baie dankie vir die skenking aan die plakkers in Eastlynn. Is jy van nood in ons gemeen-skap bewus?
CMR Lyttelton, Ivory Park en Ebony Park bied vanaf 1994 ‘n jaarlikse werkswinkel aan vir die naaldwerkgroepe van die Rings-gemeentes asook ander groe-pe in Centurion en omgewing. Dit is ‘n baie suksesvolle ge-meenskapsprojek en ongeveer
60 dames woon dit by om nuwe vaardighede aan te leer. Hulle geniet die saamkuier baie en daarom is daar besluit om weer ‘n soortgelyke projek aan te bied op 27 Oktober 2012 by Lyt-telton Gemeente. Hierdie jaar word beplan om die dames te wys hoe om Kersfees-balle te maak. CMR wil ook graag aan elke dame ‘n pakkie tuisgebakte koekies gee, toege-draai in ‘n meter Kersfeesmateri-aal. CMR wil baie graag die vroue toerus om hul vaardighede te gebruik om ’n inkomste te gene-
reer vir hul families. Daarom wil ons u vra om ons te help om die goeie werk wat reeds begin is, voort te sit. Ons benodig die volgende skenkings om die projek sukses-vol te beplan: Klein stukkies materiaal, kopspel-de, “sequins”, kersfeesmateriaal en tuisgebakte koekies. Indien u enige navrae het, of ʼn donasie kan skenk, kan u Anel of Annamarie kontak by 012-6645837 of 012-6640901. Sonder die hulp van ons Ringsgemeen-tes sal ons nie die projek kan voortsit nie.
CMR naaldwerkgroepe
Anel Roux (CMR) ~
Werkswinkel vir
Amanda Smit ~ Elmarie Hattingh ~
23
Jeug uitreik het ’n verskil gemaak! Senior
Ron en Annatjie Wirth ~
Ons is nou nie eintlik mense in wie se skoot die geluk val nie. Maar daardie een Dinsdagog-gend by die By-belstudie kry ons die uitnodiging om 'n wenslysie in te vul. Dis vir die Julievakan-sie waar jong-mense wil uitreik na gesinne waar daar behoefte is aan huisverbetering. Vir drie weke het ons niks weer gehoor nie, hoewel ek kort-kort daaraan gedink het en dat ons dalk 'n té "tawwe" wens ge-gee het. Maar een dag, net voor die vakansie, lui ons foon en die persoon aan die ander-kant vra my of alles nog reg is. So vier of vyf jongmense gaan die kamer in ons huis kom verf. Ek kon toe dadelik antwoord dat ons genoeg verf en kwaste, gereed het. Dinsdagoggend lui die voordeur klokkie en daar staan hulle. Ek tel... een, twee, drie, vier, vyf, en nog, en nog en nog jong-mense kom in. 'n Volle dosyn van hulle staan in die sitkamer. Eers dog ek miskien was daar iewers 'n misverstand, want ons wil net een kamer verf. So ewe vra ek of hulle dan die hele huis kom verf. Dadelik glimlag hulle en hulle vra waar die kamer is. Toe wikkel ons gou vir ‘n paar lappe, emmers en suikerseep... die ka-mer se mure word eers gewas: "this is the right thing to do".
Al twaalf spring toe in en moenie dink dit was 'n halwe “job” nie, nee sommer baie
deeglik, van bo tot onder. Elkeen werk mooi saam en gou-gou was die mure skoon. Ek kon som-mer sien Herman, die aanvoerder van hierdie span, weet wat hy doen. Verf wat opgelig
het, word deeglik afgeskuur, barsies word mooi geseël. Voorberei-ding vir verf is die geheim as die ka-mer perfek moet lyk. Toe word al die lysies toegeplak met kleefband en moes ek en Ron vinnig spring om die verf gemeng te kry. Na die voor-bereiding is daar ‘n vinnige breek vir koeldrank en “cup cakes” voor die verwery begin.
Die arms werk soos hefbome op en af, heen en weer. Soos dinge vorder kan ons sien hoe die kamer verander. Herman is baie te-vrede dat dit baie
goeie kwaliteit verf is. Na die eerste laag is daar tyd om eers energie in die liggame te kry met sop en broodjies. Almal sit in die sitkamer en bespreek die dag se aktiwiteite sover. Met die tweede laag werk die hefbome weer met nuwe krag en opgewondenheid want die resultate begin nou wys.
Herman sit nog 'n span aan wat die plafon begin verf nadat die opening tussen die muur en plafon versigtig verseël is. Die meubels word geskuif en weer geskuif soos die werk vor-der. Gelukkig het daar 'n belofte van lekker poeding voorgelê. Die plafon en mure lyk perfek. Die lysies kry 'n lagie vernis. Som-mer in die kombuis is daar ook 'n deur waar 'n streep is wat ook 'n
bietjie vernis no-dig het. Uiteindelik staan elkeen met 'n bakkie poeding. Half vier daardie middag neem ons afskeid van ‘n dosyn moeë verwers op wie die kwaste stre-pe en kolle aan die arms en ge-sigte geskilder het. Dit was ‘n
prentjie wat bevestig het dat hierdie jongmense die dag wel geniet het. Ons het nog altyd daaraan geglo dat besige kin-ders gelukkige kinders is. Baie dankie, die kamer lyk baie mooi en dit was vir ons lekker om julle te ontvang.
Ek tel... een, twee,
drie, vier, vyf, en nog,
en nog en nog
jongmense kom in.
Gelukkig het daar 'n
belofte van lekker poe-
ding voorgelê
Daardie middag neem ons afskeid van ‘n dosyn moeë verwers op wie die kwaste stre-pe en kolle aan die
arms en gesigte geskil-der het
24
Solokamp 12 - 14 Oktober 2012
Nylstroom Bush Lodge
Nylstroom Bush Lodge is geleë in 'n malaria vrye gebied, slegs 20 km vanaf Nylstroom / Modimolle, op die Vaalwater pad. Die oord is geleë in die pragtige Waterberg bergreeks in Limpopo, en is geleë 1 en 'n half uur van Pretoria en JHB.
KOSTE R365.00 per volwassene
R305.00 per kind onder 12 Kinders onder 4 gratis.
(sluit in: verblyf, 5 etes en
program)
“Solokamp 2011 was ‘n belewenis. Ons het heerlik nes geskrop in oulike huisies.
Baie insiggewende sessies gehad, ek
dink baie van ons het opnuut weer iets
van onsself ontdek. Beslis is jy huis toe
na die naweek baie meer positief as
negatief.”
Maak NOU kontak met: Lizette Klinkhamer 078 077 9394 Charlotte de Lange 082 566 5324. [email protected] (onthou dat die geld jou nie mag keer nie... daar is bystand!)
Lizette Klinkhamer ~
Ja, dis waar. Ons beplan weer ‘n seekamp by Sodwana vir 2013... en dit gaan “awesome” wees! Elke jongmens kry ‘n spaarbussie wat hulle reeds kan gebruik om te spaar vir hulle kampgeld... spesiaal om dit vir die ouers makliker te maak so-dat hulle nie die groot bedrag op een slag hoef uit te haal nie. So, gee vir jou kind die grootste geskenk ooit, beplan solank vir Sodwana seekamp 2013. Lizelle en Henk Faber het altwee as leiers op 2012 se see-kamp gegaan, Lizelle as bera-der en Henk as die dissipline ou. Altwee ongelooflike mense waarsonder ons die kamp nie suksesvol kon aanbied nie. Hier is wat hulle sê oor die kamp:
As ons mag reflekteer oor die week wat verby is, sal ons dit as volg wil saamvat. Dit was die grootste “blessing”, ervaring, deel wees van iets baie groter as wat ons in ons 16 jaar in PvR Jeugbediening nog beleef het. Hoe meer liefde ons elke dag kon weggee, hoe meer het ons dit dubbel en party dae selfs trip-pel terug ontvang! Hoe meer ons gebou het aan die verstaan van verhoudings, hoe meer het ons geleer. Om Jesus in ons jongmense se lewens te sien, te voel en te beleef, was so groot, en het ons nie woorde om dit te beskryf nie. God se krag, van so laat in die bed kom na vol dae en gesprek-ke en dan weer vroeg opstaan, het ons beleef elke dag, elke oomblik van bewus wees van Sy liefde in ons lewes en ook in die jongmense se lewens. Hoe die Gees in jou
2013 Hanlie Boshoff ~
Seekamp
25
werk en sensitief maak vir hul seer - ag hoe pen mens dit vas met letters op papier. Om nuwe vriend-skappe te kon bou met die leiers, ruimte te skep vir mekaar se talente en gawes en te beleef dat daar ook vir ons mens-wees plek is, is van on-skatbare waarde. Ons neem graag weer die “strained life” opsie saam met God - want genade hierdie week was 'n wonder-werk, 'n belewenis, seën in oorgawe, wat ons vir niks op aarde sal en wil ruil nie. Dankie vir die geleentheid dit word opreg en uit ons harte waardeer!
Henk en Lizelle
26
Wie is hierdie mense? Waarheen is hulle oppad? Wat gaan in hul-le gedagtewêreld aan? Hierdie is vrae wat ek vir myself vra wanneer ek nadink oor die mense wat graag in die aanddiens aanbid, en wat ons belewenis saam moet wees.
Ek is deel van die "aanddiensgenerasie". Wanneer ek na die daag-likse ritmes van ons le-wens kyk, is daar opval-lende ooreenkomste: �Ons kry te doen met 'n oorweldigende aantal inligting elke dag. Daardie inlig-ting kom in verskillende gestal-tes; TV, internet, lang berigte, kort “tweets” en “status upda-tes”, en foto's deur sosiale net-werke. �Ons hoef nie in persoon byme-kaar te wees om met mekaar te kuier nie, ons kuier in die digitale wêreld. �Ons hoor baie stemme met baie opinies deur hierdie mag-dom inligting wat willekeurig en onwillekeurig na ons toe kom; soms stem ons saam, soms nie. �Ons almal weet wat die nuwe gewilde “pop culture” is, en wie die ikone daarvan is. Bono van U2, Katy Perry ens. se doen en late is vir ons be-kend.
Die vreem-de ding dan van 'n Sondagaand erediens is dit: ons wil nie met 'n magdom inligting te doen hê nie, ons wil dit een-voudig en realis-ties hê. Ons is nie digitaal byme-kaar nie maar in persoon. Ons wil nie baie stemme hoor nie,
maar slegs die stem van Jesus. Ons wil mekaar beïnvloed om beter navolgers van Jesus te
wees, nie om die goed na te jaag wat die ikone vir ons voorhou nie. Dit is nie moeilik om die verskille
tussen ons Maandag tot Sater-dag lewens en ons Son-dagaand lewens raak te sien nie. Ek is van mening dat dit wat ons op 'n Sondagaand saam doen, ons moet bemagtig om die stormagtige waters van Maandag tot Saterdag met integriteit te kan “navigate”, om soos navol-gers van Jesus te kan leef met liefde, omgee, diens, opoffering en integriteit.
Ons het onlangs deur Jakobus gewerk in die aand-diens. Wonderli-ke brief. Ons het besluit om Lectio Divina (heilige lees) te doen in die aanddiens tydens ons reis
deur Jakobus. Dit is 'n ou antieke manier van Bybellees, en dit is 'n wonderlike teenmiddel vir die
aanddiensgenerasie Die
Ryno Meyer ~
Maandag tot Saterdag manier van leef. Lectio Divina bestaan uit 4 ele-mente: ① Lectio- 'n lees van die teks
② Meditatio- na die lees van die
teks, word die teks geweeg en gemeet en bekyk van alle kan-te. Alle moontlike boodskappe wat die teks vir ons gee word oorweeg en ons gesels saam daaroor sommer so in die groot groep. ③ Oratio- Elkeen bid dan en vra
vir die Here wat Hy vir hom/haar wil sê deur hierdie teks, hier en nou. ④ Contemplatio- om aandagtig
te luister. Hier word die vraag aan elkeen gestel wat hulle ge-
hoor het en wat hulle nou gaan doen na hierdie luister en lees oe-fening. Hierna sal ek elkeen aanmoe-dig om dit wat hul-le gehoor of er-vaar het, te gaan oefen. My afrigter sê altyd, "jy kan
nie iets in die “race” doen wat jy nie oefen nie". Dit is waar in ons lewens as Christene ook. Ons deel dan graag met mekaar wat ons oefening vir die week is. Dan vat ons weer Maandag tot Saterdag aan. As veranderde mense. Wonderlike goed het na vore gekom in die aanddiens die laaste ruk. Mooi getuienisse, mooi stories, Jesus stories. Waarheen die Here met ons as groep in die groter geloofsfami-lie oppad, is sal ons sien. My hoop is dat ons dit saam sal ont-dek en saam sal leef. Dat ons
Ons hoef nie in persoon
bymekaar te wees om
met mekaar te kuier nie,
ons kuier in die digitale
wêreld waar ons baie
stemme hoor
Sondagaande is ons
nie digitaal bymekaar
nie, maar in persoon.
Dan wil ons net een
stem hoor, Jesus s’n
Wonderlike goed het
na vore gekom in die
aanddiens die laaste
ruk. Mooi getuienisse,
mooi Jesus stories
27
Ek glo almal in die gemeente ken iemand, of weet van ie-mand wat ’n Solo ouer is. PvR se Solo’s gaan kamp jaarliks saam vir ‘n naweek, wat hoofsaaklik moontlik gemaak word deur borge. Die kamp is ‘n wonderlike geleentheid vir beide die ouers en die kinders. Ouers woon ses-sies by waarin hulle bemagtig
word om as mens te groei, en so ook die kinders. Mens is so vas-gevang in die “survivingmode”, dat jy vergeet om net te leef en dinge te geniet. Alleen ouers het gewoonlik nie ekstra fondse vir kampe nie, en moet raap en skraap om net in die basiese behoeftes van elke dag te voorsien. En die noodsaaklike wegbreke eindig
dan heel onder aan die prioriteitslys op. As dit in jou vermoë is om iemand te borg, weet dat jy nie net een hart verbly nie, maar ‘n hele paar. Enige bedrag is wel-kom.
Help die Solo Lizette Klinkhamer ~ ouers
Ek was bevoorreg om deel te kon wees van jong mense wat gesels oor hulle self. Dit was so lekker om hulle energie, passie en liefde vir God te sien. Elkeen is uniek en dit was wonderlik om deel daarvan te wees.
Lourens van Staden ~ passie Jeug Ek dink dat die mentors wat saam met die jong mense werk, hulself BAIE goed van hulle taak kwyt! Ons as gemeente kan net nog meer help om die jong sterk boompies regop te hou!
"Die Bely en Leef kamp was wonderlik. Ons het gesels oor waar ons is in ons verhouding met die Here en hoe ons die goeie nuus met mense kan deel. Ons het die kans gekry om vrae te vra en saam te wonder oor antwoorde. Die beste deel, vir my, was die “heart-to-heart” geselskappe met my vriende en mentors en die saamkuier ty-dens etenstye. Ons het saam gelag en gehuil en geleer hoe om ons stories,van ons verhou-ding met die Here, met ander te deel. In die Sondagaand ere-diens het dit nie gevoel asof ons mentors en vriende saam was nie, maar 'n “close” familie wat hulle harte met mekaar gedeel het. Ek is baie dankbaar dat ek deur die loop van die naweek Sy koninkryk kon sien kom. Dit was sowaar "life-changing" !Ons is nou reg om die Here se liefde en ons geloof in Hom te bely en uit te leef!"
Senior Jeugbediening
Elisma Kruger ~
2012
Bely Leefkamp
en
Volgende jaar kom kuier altyd by ons tydens September, net om seker te maak ons het alles in orde voor dit volspoed weg-spring met alles wat voorlê. Vol-gende jaar het vir my gevra wie in 2013 jeugmentors gaan wees vir laer-en-hoërskool jongmense. Ek het vir hom gesê ek sal terug-kom na hom toe… Wil jy 'n Jeugmentor wees? Sal jy graag saam met die jeug wil reis en gesels oor wat dit beteken om vir Jesus te volg? Sal jy graag saam die misterie en “awesomeness” van God wil ontdek deur die woord, saam-gesels en intensionele verhou-dings? Sal jy graag saam wil
ontdek wat dit beteken om ons geloof te beliggaam en hulle te begelei daarin? Dan is Jeug-mentorskap vir jou! Ons help ons mentors met basie-se gespreksvaardighede, ge-bruik van die Bybel in mentor-skap en 'n program vir die jaar wat groepsbyeenkomste en ak-tiwiteite bepaal. Ons kom week-liks saam om te gesels oor ons mentorskap en bedien hoof-saaklik op 'n Sondagoggend en -aand ons jongmense. Ons het mentors nodig vir 2013. Neem asb. vrymoedigheid om aan te meld en kontak Lizette Klinkhamer in hierdie verband.
Ryno Meyer ~
Word ‘n Jeugmentor
28
Vermiste skool modules word ‘n kettinggetuienis Anoniem ~
Ek hou al 4 jaar skool vir graad 7’s en pas my modules gedu-rig aan. Dit verg deurgaanse harde werk. Ty-dens die twee-de kwartaal
wou ek die derde kwartaal se modules finaliseer. Maar toe ek my beplannings-lêer oopmaak, was al my harde werk skoonveld! Dis die ergste ding wat met ‘n onderwyser kan gebeur.
Ek moes maar van voor af begin, al wou ek net gaan sit en huil. Ek het gewag tot die skoolvakansie om die harde werk te begin. Met die Olimpie-se Spele wat voorlê, het ek ge-dink ‘n sport tema sal ‘n goeie idee wees. Vir die eerste twee weke van die vakansie, was dit waar dit gebly het. Net die te-ma.
Die Here gryp in Twee jaar gelede, kort na my seun se geboorte, het ek begin angsaanvalle kry weens ‘n trau-matiese ervaring. Maar die Here het my genees en ek is al vir by-na ‘n jaar vry daarvan… tot die modules verdwyn het. Uit des-peraatheid het ek onthou van ‘n getuienis-DVD van Pierre Spies wat ek by ‘n vriendin ge-kry het. Ek besef dat ek die DVD moet kyk. Wat ek ervaar het, kan ek nie in woorde beskryf nie. Die angsaanvalle was so weg soos die modules. Die volgende oggend besluit ek om Pierre Spies se boek te koop en vir al-mal te vertel wat ek beleef het. Dit was reeds ‘n getuienis!
Die kettingreaksie Terwyl ek die boek lees, het een van die seuns in my klas gedurig in my gedagtes kom aanklop. Hy word groot sonder ‘n pa in die huis en meng met verkeerde maats. Soos ek met die boek gevorder het, het ek besef dis geen toeval nie, dis nie my eie
gedagtes nie, dis die Heilige Gees. Ek het een oggend opge-staan, spontaan met my nuwe module be-gin, en Pierre Spies se DVD as Listening Test ingewerk. Terwyl ek
op ons stoep gesit en werk het aan die Listening Test, het ek die heeltyd gebid dat die Here dit sal seën en dat dit nie op dowe ore sal val nie. Terwyl ek nog so bid, skree iemand by ons hek: “Hallo Juf-frou! Hoe gaan dit?” Daai einste seun! Dit was antwoord op my gebed! Ek het dadelik geweet hierdie module gaan my beste ooit wees. Die Here is besig met iets groots! Toe die kwartaal be-gin, was alles gereed. Daar was ‘n televisie in my klaska-mer en ek het die eerste 20 minute van die DVD vir elke klas gespeel waar-op hulle dan vrae moes beant-woord. Terwyl die DVD speel, het ek stil vir elke kind gebid dat hulle die Here sal hoor. Na elke periode het die klas gepleit dat ek die volgende dag die res van die DVD vir hulle sal wys.
Die volgende dag het ons die res van die DVD in die medi-
asentrum gekyk. Die wonderlikste was - toe Pierre bid - dat elke kind se oë toe was! Dis reeds ongewoon. En ek kon sien hulle bid werklik in hulle harte saam. Ek kon die Here se teenwoordig-heid voel en was stom-geslaan oor hulle reaksie. En raai wie het heel eerste na die tyd vir my
kom vra of hy die DVD kan leen? Korrek! Hy het sommer een gekry vir sy verjaarsdag in Augustus. En raai wat verskyn weer na afloop van die Liste-ning Test? Korrek! Die ou modu-les! Ek het besef dat wanneer slegte dinge gebeur, kan dit dalk juis ‘n goeie ding wees!
Die angsaanvalle was so weg
soos die modules
Kruikstorie
Ek het besef dat
wanneer slegte dinge
gebeur,
kan dit dalk juis
‘n goeie ding wees!
Bo: Die DVD van Pierre Spies se getuienis, “A Life Changed”,
wat ‘n groot rol gespeel het in hierdie getuienis
29
Die jaar se vakansie program was baie spesiaal met die tema “MADAGASCAR”. Ons het elke dag met die “kids” oor ‘n ander karakter ge-praat en dit in ons daaglikse lewens uitge-beeld, van Alex, tot Mar-ty, Melman, Gloria ens. Al die leiers het unieke name ge-kies waarop die kinders ons kon aanspreek. Ek het elke middag later en later huistoe gegaan, omdat die “kids” net te lekker met ons gepraat en gespeel het. En kyk, die koue stop geen kind nie, speel sal hulle speel al is dit koud buite! Wat ’n goeie ding was, want daar was geen tyd vir TV kyk of sit en niks doen nie. Die
“kids” het maats gemaak en alles saam gedoen. Daar was gelukkig geen ernstige beserings die jaar nie, net ‘n pleister hier en daar. Die “kids” was die jaar nie stout nie, en niemand het in
die dammetjie geval nie. Ons het maskers gemaak, gespeel, geverf, gespeel, fiets gery, gespeel, gebid. Ek wens
soms die ouers kon hoor hoe sê die kids saam AMEN! Dit gee mens hoendervleis. Kinders is baie slim, ons het die snaaksste gespreke om die tafels tydens
middagete gehad. Hulle het ons heeltyd gevra of ons getroud is met die ander leiers… te snaaks, ek was ook vir ‘n week getroud danksy die kids. Dit was werklik ’n lekker week… my le-we is geraak deur elke kind se glimlag, be-langstelling, lief-de en drukkies. Die week na die vakansie was skoon vreemd, ek het daai “GODLY-MOMENTS” van die “kids” dui-delik gemis. Baie dan-kie aan elke leier wat saam
met my in die Madagascar Chef span was, asook aan Izet-te, Hanlie en Lizette wat saans by ons moes oornag. En baie dankie aan elke ouer wat hulle kinders aan ons toevertrou het. Kinders, julle is “super-great”, “awesome” en “stunning”! Ek sien julle verseker volgende jaar weer daar!
Ons baie spesiale winter
Nicole Robarts ~
Ek het elke
middag later en later
huistoe gegaan
En kyk, die koue
stop geen kind nie!
Vakansie program
Foto's: Kinders en leiers almal
saam besig om die vakansie te
geniet, op ‘n speelse en leersa-
me manier.
30
Versorgingspan Die
Versorging en konneksie is vir ons belangrik in ons geloofsfamilie in Pierre van Ryneveld. Daarom het 'n versorgingspan as deel van ons pastorale netwerk ontstaan. Dit is 'n span in ons gemeente wat betrokke is by o.a. hospitaalbesoeke en tuisbesoeke aan mense in ons gemeente en gemeenskap wat geraak word deur siekte en trauma. Ons wil graag by mense inhaak en saam met hulle 'n pad stap. As jyself, of iemand waarvan jy weet, deur trauma gaan of gegaan het, met siekte worstel of hospitaal toe gaan , wil jy nie asseblief die kerkkantoor kontak, sodat iemand van hierdie bediening kontak kan maak om ʼn besoek af te lê nie, hetsy in die hospitaal of tuis. Indien jy dalk self by die Versorgingsbediening wil betrokke raak, kontak asseblief vir Amanda by die kerkkantoor of vir Henk by 082 336 7555. Kom word deel van hierdie bediening.
Henk Janse van Rensburg ~
31
Tussen Vrede en Memel in die Vrystaat, baie vroeg Woensdag oggend sit twee boere met ‘n beker boeretroos en tuisge-bakte beskuit. Hulle bespreek die dag se gebeure, die skape en beeste, die mie-lies, die trekkers… Ja, dis hoe mans is. In Pierre van Ryne-veld, baie vroeg op ‘n Woens-dagoggend kom ‘n groep mans bymekaar met ‘n warm beker koffie en boksbeskuit. Hulle bespreek die daaglikse gebeure in elk se besige skedu-le, die voordeel om briek aan te draai en stil te staan oor dinge van die lewe. Die mans inspireer en motiveer mekaar om die dag positief aan te pak en die lewe met nuwe betekenis voort te sit.
Die Mannebediening is nie daar om te kyk wie is die sterkste of wie ry die mooiste motor nie. Dis daar om mekaar op koers te hou. Ons inspireer mekaar met on-derwerpe soos “die hoof van die huis tot voordeel van God”. Dit beteken om leierskap te neem soos Christus, sodat jou gesin jou as man van die huis kan respekteer en dat almal wat jou pad kruis, die ooreen-koms tussen jou en die “PA” wat God vir ons is, kan sien.
Kan jy jouself indink hoe wonderlik dit was toe Jesus hier
op aarde was? Hy was bekend vir wonderwerke, maar eintlik het Hy Homself en die Koninkryk van God aan ons kom bekendstel. Kan ons Jesus se voorbeeld op aarde voorsit?
Ons wil die perspektief van ’n man as die sterk chauvinis om-draai na die van ʼn gere-spekteerde man, wat respek het vir sy vrou en kinders, en wat re-spek het vir ander mense in alle omstandighede. Respek soos
wat Jesus aan ons betoon. My vrou is nie my onderge-skikte nie, in-teendeel, dit is my voorreg
om die hoof van die huis te wees en sodoende ‘n refleksie van God se beeld hier op aar-de.
Niemand van ons is per-fek nie. In ons lewens is daar goeie en slegte tye. Daarom gebruik ons die geleentheid om mekaar te ondersteun. Dis be-langrik dat ons elke dag met God moet praat, ook wanneer dit goed gaan.
Jak 4:8 sê, “Nader tot God en Hy sal tot julle nader.”
Dis hoe ons mekaar motiveer. Soos atlete oefen om te pres-teer, so oefen ons ook om die verantwoordelikheid wat God aan ons toevertrou, met sukses te kan uit voer.
Ons is daar om mekaar te inspi-reer, mekaar by te staan en vir mekaar te bid. Ons verstaan mekaar omdat ons uitdagings dieselfde is. Of jy nou die selfver-sekerde man is of die stil een, dit maak nie saak nie. Hier is almal welkom om sy mening te deel,
of net te kom luister. Daar is plek vir jou om in te pas.
Mannebediening
Nelius Leimecke ~
Baie vroeg op ‘n Woensdagoggend
kom ons bymekaar
met ‘n beker koffie
en boksbeskuit
Halftyd
Dis belangrik dat ons elke dag met God moet praat,
ook wanneer dit goed gaan
Ons verstaan mekaar omdat
ons uitdagings dieselfde is
Sien jou Woensdagoggend baie vroeg vir ‘n lekker
koppie koffie en boksbeskuit.
Two roads diverged in a wood and I, I took the one less traveled by, and that has made all the difference ~ Robert Frost
32
Jan Venter ~
Die afgelope naweek het ons gemeenteleiers vir die 21ste keer, sedert 1992, na Jannie en Issie Parsons se pragti-ge bosveldplaas, Shayamanzi, ver-trek vir ons jaarlik-se wegbreek, be-planning en evalu-ering. Geen mens kan die naweek in woorde beskryf nie. Elke jaar se wegbreek is ‘n u-nieke belewenis. Net soos in die verlede, het ons hierdie jaar die leiding van
ons Here Jesus byna aanvoel-baar beleef. Dis ‘n tyd waarin
ons onsself afsonder die Woord opsoek en mekaar se harte hoor. Dis oomblikke waar ons intens bid en beleef. Ons voer ernstig debat. Ons vra belangrike vrae oor God se roeping vir ons as geloofsfami-lie en soek Sy aange-sig met oorgawe. Ons kuier saam, lag saam, huil saam en beleef
wonderlike ervarings in die Skep-ping op die pragtige stuk aarde.
Ons vra belangrike
vrae oor God se
roeping vir ons as
geloofsfamilie en
soek Sy aangesig
met oorgawe
Vanjaar kon ons belangrike be-sluite neem oor ons Geloofsfa-milie se “Missionêre Hart”. Ons het opwindende nuwe verwik-kelinge in ons Jeug en kinderbe-diening ontdek. Ons het lekker geluister na insette oor ons ere-dienste, Afrika-tale bediening, versorging in die geloofsfamilie en vele ander van ons bedie-nings en geloofsfamilie dinge. Ons is herlaai en gerestoureer deur ons saamwees. Een ding weet ons. Dis ‘n ongelooflike voorreg om ons Geloofsfamilie te ken, te begelei en deel daarvan te kan wees!
in die bosveld Beplanningsweek
33
Behandel jou meerdere met
beleefdheid omdat dit jou plig is;
jou gelyke omdat dit jou plesier is; jou mindere omdat dit jou voorreg is. ~C.J. Langenhoven
Die afgelope week kry ek hier-die versoek oor “facebook” van ‘n jong dame wie se ouers oor-lede is en wat by ouma groot word. Ek lees dit met trane in my oë en met die hart van ‘n ma. En besef net hoeveel liefde, om-gee en ondersteuning ons ma-trieks nodig het.
Gebeds vennote
Hanlie Boshoff ~
“Please pray for help to
read my books with under-
standing and to pass matric
this year. Please pray for
protection from evil spirit
and satan. Please pray that
I find a space at the varsity
of my choice and please
pray for my matric farewell
that nothing bad will hap-
pen, that my date will re-
spect me and that I will look
beautiful”
Word deel van die
Matric Prayer Partners
en maak ‘n verskil
Matriek
34
Die Finansiële Kommissie het op sy vergadering van 10 September 2012 aandag aan die Gemeente se finansiële posisie gegee. Die inkomste en uitgawe oor die eerste 5 maande van hierdie finansiële jaar is in oorweging geneem. Dit is aangenaam om te rapporteer dat ons finansiële situasie verbeter het teenoor die vorige boekjaar en die Gemeente se getrouheid met bydraes en skenkings word waar-deer. Daar is vir hierdie periode vir ’n pro-rata te-kort (inkomste minder as uitgawes) van R117 850 begroot. Ons is dankbaar om te rapporteer dat as die werklike uitgawes afgespeel word teen die werklike inkomste vir dieselfde periode, die werkli-ke resultaat ’n surplus (inkomste meer as uitgawes) van R185 172 verteenwoordig. Die vordering wat gemaak is om ’n beter finansiële posisie te bewerk-stellig word toegeskryf aan die volgende: �’n Toename in Gemeentelike bydraes en sken-kings; �Die inperking van uitgawes en/of die meer oor-deelkundige spandering van fondse; en �Groter finansiële dissipline en verbeterde finan-siële beheer.
Die grafieke regs bevestig die verbeterde finansiële posisie van die Gemeente.
Meer sal nog gedoen moet word op die pad van finansiële herstel, maar in die algemeen is daar te-vredenheid met wat reeds aan die gebeur is. Ons vertrou die Here vir groot dinge en sal dit waardeer as u saam hieroor sal bid. Ook vir ’n suksesvolle Dorpsfees. Weereens dankie vir u betrokkenheid, bydraes en al die anonieme skenkings wat ont-vang is.
Inkomste en uitgawes vir 1 Maart - 31 Julie 2012
Inkomste 2011 en 2012 (5 Maande)
Bostaande grafiek toon aan dat die maandelikse inkomste oor die eerste 5 maande van 2012/13 konsekwent meer was as vir dieselfde maande in 2011/12.
Uitgawes 2011 en 2012 (5 Maande)
Met uitsondering van April, is die maandelikse uitgawes vir die eerste 5 maande van 2012/13 deurgaans laer as die uitgawes ten opsigte van dieselfde maande in 2011/12.
Peet Kilian ~
Oplossing Blokraai #1
Redaksie vra
verskoning vir die spelfout in vorige uitgawe: Hadassa
word met twee esse gespel!
35
Bedieningspan en Bedieningsleiers:
Jan Venter Leraar 662 3700 / 082 333 6552 [email protected]
Henk van Rensburg Leraar 662 5619 / 082 336 7555 [email protected]
Ryno Meyer Leraar 082 460 2103 [email protected]
Stephan Joubert Deeltydse Leraar [email protected]
Karel Verhoef Deeltydse Leraar 083 297 1242 [email protected]
Hanlie Boshoff Jeugleier 082 331 2408 [email protected]
Elmarie van Wyk Lewenskuns 072 238 0549 [email protected]
Amanda Smit Bediening 082 975 7465 [email protected]
Kontak
Ondersteuningsdienste:
Peet Kilian Bedryfshoof 082 469 4708 [email protected]
Riana Janse v Rensburg Kantoor 012 662 1708 [email protected]
Ansie Vivier Finansies 012 662 1708 [email protected]
Lizette Klinkhamer Jeug Admin 078 077 9394 [email protected]
Alta Potgieter Koster 082 818 1622
Theuns Janse van Rensburg Klank 082 555 2923
Piet Janse van Rensburg Faktotum 082 320 1901
Sondae: Skoolvakansies
09:00 Erediens (Ouditorium)
13:00 Erediens (Afrikatale)
18:30 Vars!
Kerkkantoor:
Maandae: 11:00—16:00
Dinsdae - Donderdae: 08:00—16:00
Vrydae: 08:00 - 13:00
Sondae: Skoolkwartale
08:00 Erediens (Ouditorium)
08:00 Kinderdiens (Ark) 3j-Gr.3
09:00 Groepe Gr.4 - Gr.7
10:00 Erediens (Ouditorium)
10:00 Kinderdiens (Ark) 3j - Gr.3
13:00 Erediens (Afrikatale)
17:00 Groepe Gr.8 - Gr.11
18:30 Aanddiens
Tye
NAVRAE EN INLIGTING
012 662 1708 - 012 662 0104 (faks) - [email protected]
Bankbesonderhede
NGK Pierre van Ryneveld
ABSA Centurion
Rek no: 600 591 355
Takkode: 630 445
Stuur betalingsbewys na:
012 662 0104
Sluit aan op ons webblad en
by ons sosiale netwerke
36