36
tegnologie vir die boer technology for the farmer Nr 126 Julie 2010 ISSN 1042–1558 Spesiaal: Groenteproduksie • Pampoene vir Afrika • Maak meer met kalbasgewasse • Watertand-waatlemoene AgriTrader Sien binne vir puik aanbiedinge Kyk Tata se tawwe trok! Pannar laat boere groei Valtrac se Semeato-planter: Perfek vir geenbewerking

ProAgri 126, Julie 2010

Embed Size (px)

DESCRIPTION

Die groenteseisoen kom nader en Suid-Afrika se boere maak reg om die regte kultivars, bemestingsprogramme, beskermingstoerusting en spuitstof bymekaar te kry. Lees in hierdie uitgawe meer oor geleenthede vir die groenteboer.

Citation preview

Page 1: ProAgri 126, Julie 2010

tegnologie vir die boertechnology for the farmer

Nr 126Julie 2010

ISS

N 1

04

2–1

55

8

Spesiaal: Groenteproduksie• Pampoene vir Afrika• Maak meer met kalbasgewasse• Watertand-waatlemoene

AgriTraderSien binne vir puik aanbiedinge

Kyk Tata se tawwe trok!

Pannar laat boere groei

Valtrac se Semeato-planter:Perfek vir geenbewerking

Page 2: ProAgri 126, Julie 2010
Page 3: ProAgri 126, Julie 2010

Copyright © 2010. All rights reserved. No material, text or photo graphs may be reproduced, copied or in any other way transmitted without the written consentof the publisher. Opinions expressed arenot necessarily those of the publisher orof the editor. We recognise all trademarksand logos as the sole property of their respective owners. ProAgri shall not be liable for any errors or for any actions inreliance thereon.

distribution

M A S S M E D I A S P E C I A L I S T S

Distributed by

SMARTPUBLISHING

smart

Published by

In hierdie uitgawe

Die ProAgri-span

Business-to-Business Magazine (April– June 2010) with a free circulation of 59 341 per month(Paid 12, Total 59 353)

8

10

18

Meganisasie4 Valtrac tref weer die kol:

Geenbewerking groei geil met dieSemeato-fynsaadplanter

6 Vitamech se MacDon A30-D: Geniet die toppunt van snyerkneusertegnologie

20 Meesters in waterberging: Hydrotek is die boer se watermater

Vervoer8 Tata is die tawwe trok vir flink

vervoerwerk

Gewasproduksie10 Soja, sonneblom en droëbone ─

Dis nie net PANNAR-saad wat groei nie,maar ook PANNAR-boere

12 Groenteproduksie met Afrigro: Die saad bepaal die sukses

14 Kalbasgewasse: Verhoog opbrengs engehalte met Greencult senetplastiek-grondkomberse

16 Stark Ayres: Pampoene en Waatlemoene

Veeboerdery18 JC Kotze Boerdery:

Dis SAVM-kampioene net waar jy kyk18 Tramirloc se ProTagTor stuit veediefstal

AgriTrader21 AgriGids26 GeneGids27 Veilings

RedakteurCoenraad Rall > [email protected] redakteurSuzanne Grobler [email protected] advertensieverteenwoordigerStefan van Wyk > [email protected] Strauss > [email protected] Brand > [email protected] Minnaar > [email protected] & grafika Esta van [email protected] & intekeningPaula MacMavis > 012-362-6390Sakebestuurder George Grobler [email protected]

Die groenteseisoen kom nader en Suid-Afrika se boere maak reg om dieregte kultivars, bemestingsprogramme,beskermingstoerusting en spuitstofbymekaar te kry. Lees in hierdie uitgawe meer oor geleenthede vir diegroenteboer.

www.proagri .co.za

Page 4: ProAgri 126, Julie 2010

Meer akkuraat, meer betroubaaren meer produktief – dit is die

vereistes wat die ontwerpers vanValtrac se nuwe Semeato SSM-geenbewerking-fynsaadplanter gestel – en bereik – het.

Vra maar vir Kon Boettiger, boeren plant- en stroopkontrakteur vanWinterton, wat dié flukse planterdeeglik getoets het – en breedglimlag oor die skitterende resultate.

Jy plant lag-lag 20 hektaar per dagmet die 27-ry model en daar is ookeen van 23 rye en een van 33 rye beskikbaar.

Met so min of meer 1 000 hektaarwat Kon elke jaar vir homself enander boere plant en die stroop-werk wat gewoonlik saam met dieplantery gedoen word, is dit verstaanbaar dat hy dit nie kan

Meganisasie Planters

Let op die Semeatic se lekker groot wiele wat maklik oorspilpuntspore kan klouer met hulle standaard bande wat jyenige plek kan koop. Die saad- en kunsmisbuise isteleskopies sodat jou ry-eenhede op en af oor ongelyke oppervlakke kan beweeg en steeds ’n perfekte plantdiepteen -plasing handhaaf.

Valtrac tref weer die kol!

Geenbewerking groei geil met die

Semeato-fynsaadplanter

Alles wat met kunsmis of saad inaanraking kom, is van òf duursame poli-etileen òf vlekvry staal gemaakom ’n lang lewe en voortgesetteakkuraatheid te verseker. Kunsmisword met ’n awegaarstelsel afgemeet, kleinsaad met geribdebekers en groter saad soos sojabone, sorghum, bone, katoenen sonneblom, met selsaadskywe.

Die pitplasing en plantdiepte wordperfek beheer, ongeag die onge-lykheid van die land, en die saadword perfek vasgetrap om foutlose ontkieming en groei te verseker.

Die SSM 27 dra 1 635 liter of 1 848 kg kunsmis en 1 109 liter of832 kg saad saam. Hy plant 27 ryekoring 17 cm van mekaar, of 13 ryesoja 34 cm uitmekaar.

Met sy gewone kouterskywe vergdie SSM 27 89 kW trekkerkrag enmet Guillotine-skywe© 97 kW.

Dis maklik om met die Semeato tewerk, sê Kon, maar die groot toetsvir enige plantwerk is natuurlik dieopkoms van die gewas. Ookdaarmee is hy hoogs ingenome.

Vir meer inligting oor Valtrac segedugte, volbloed geenbewerkings-fynsaadplanter wat ook soja enselfs mielies kan plant, praat metKon self by 082-550-5262 of met Hennie du Toit by 082-880-3412of 056-817-7308 of [email protected].

bekostig om met enigiets minderas die beste te werk nie – en dit isdie Semeato in alle opsigte.

Dis ’n lekker swaar, stewige,netjiese plantermet ’n logiese ontwerp en sigbare hoë vervaardiging-standaarde.

Die groot wieleloop maklik oor spilpuntspore endie skyfkouters werk presies endoeltreffend deur alle plantreste. ’nUnieke nuwigheid is die opsioneleGuillotine-skyf-kouter©, wat kuns-misvore doeltreffend deurplantreste oopmaak en kunsmisperfek toedien. Hierdie swaardiens-oopmaker is veerbelaaid om oorklippe te kloutersonder om tyd te mors of skade op te doen.

Die finale toets vir enige planteris die opkoms van die gewas.Valtrac se Semeato SSM 27-geenbewerkingfynsaadplanterslaag die toets volpunte, sê KonBoettiger van Winterton.

4 www.proagri .co.zaProAgri 126 Jul ie 2010

Page 5: ProAgri 126, Julie 2010

Montana bied ’n spuit vir elke behoefte. Volledige reeks, vanaf driepuntgemonteerde spuite en sleep-

spuite tot reuse selfloopspuite vir groot take. Montana se suk-

ses spruit uit gevorderde tegnologie en streng gehaltebeheer om

betroubare doeltreffendheid te verseker.

BOXER 2021M Hooftenkinhoud 2 000 ℓ

Selfstabiliserende spuitbalk van 21 mGrondvryhoogte 1 200 mmTweewielaandrywing (4 x 2)

TLP 400/600/800LDriepuntgemonteerde spuite met 10 of 12 m spuitbalke en toegerus met MPP22- pompe wat 80 ℓ/min lewer

ECORANGER 2000

Hooftenk 2 000 ℓ

Selfstabiliserende spuitbalk

Hidrouliese roerder, Montana MPP22-pomp

met lewering van 80 ℓ/min

PARRUDA MA 2627M

Hooftenkinhoud 2 600 ℓ

Grondvryhoogte 1 540 mm

Selfstabiliserende spuitbalk van 27 m

Tweewielaandrywing (4 x 2)

PARRUDA MA 3027HHooftenkinhoud 3 000 ℓ

Grondvryhoogte 1 540 mmSelfstabiliserende spuitbalk van 27 m

Vierwielaandrywing (4 x 4)

056-817-7308 | www.valtrac.co.za

Page 6: ProAgri 126, Julie 2010

6 www.proagri .co.zaProAgri 126 Jul ie 2010

Waldo en Jurie Swart van JW Swart Vervoer- en Stroop-kontrakteurs by Buffeljagsrivierstem saam dat die MacDon A30-D ’n snyerkneuser iswaarop ’n man kan reken asspoed en doeltreffendheidvereis word.

Elke voerboer weet: Die natuurlaat jou ’n beperkte tyd toe om

jou lusern, hawer of wat ook al tesny en te baal of in te kuil. As jy niedie werk binne daardie venstertydkan klaarmaak nie, is verliese jouvoorland.

En al was dit nie so nie, is ’n boernie een wat daarvan hou om onnodig te sloer met ’n taak nie,want daar is altyd ’n honderd-en-tien ander werke wat wag.

Dis hoekom boere so bly is oor dievernuftige, ratse en betroubare MacDon A30-D-snyerkneusertafelmet sy onversadigbare aptyt vir snywerk.

Hierdie snyertafel kan voor aan ’nMacDon M150-selfloopsyer gemon-teer word, of met ’n spesiale groot,stewige disselboom agter aan ’ntrekker, om die boer se besonderekeuse en omstandighede te pas.

As voermaakvensters vir die boerbelangrik is, dan is dit nog ernstigervir die sny- en baalkontrakteur wat’n hele klomp boere se voer moetsny. So ’n kontrakteur is JW Swartvan Buffeljagsrivier en sy tweeseuns, Waldo en Jurie, wat prontuit verklaar dat hulle dit gladnie kan bekostig om met enigietsminder as die allerbeste toerustingte werk nie.

Dit is hierdie drang na die allerbestewat hulle die MacDon A30-D-snyer-tafel laat aanskaf het. Hulle hetvorige ervaring van Vitamech se

kundige en flinke diens en hulleweet reeds dat MacDon regoor diewêreld aansien geniet as vervaardi-ger van werktuie van die hoogstegehalte.

Waldo het die eerste beurt gehad ommet die snyer te werk en sy oë blink.Dis maklik en lekker om met hom tewerk, sê hy, en die enigste dingwaarmee hy sukkel is om deur sommige boere se nou hekkies tekom met die snyer wat 4,9 m wyd is.Daar is ook ’n 5,5 m-model wat nouhekke nog meer ongewens sal maak.

Die MacDon A30-D sny wyd, vinnig, skoon, netjies en volledig, sêWaldo, en alles aan hom werk saamom doeltreffendheid en betrou-baarheid te verseker, van sy stewigesekellemsnystaaf en rubbervinger-opteller tot sy kneuser en verstelbarewindrygooier.

Die kneuser bestaan uit twee verstelbare inkamstawe van staal,aangedryf deur ’n hidrouliese motor.Die kneuser word vanuit dietrekkerkajuit beheer om materiaalonveranderd deur te laat of enigietstussen effens geknak en goed platge-druk te lewer, of om heeltemal oop temaak om verstoppings deur te laat.

Vir al hierdie werk vereis die 4,9 m-model ’n skamele 83 kWtrekkerkrag en die 5,5 m-model 98 kW.

’n Welkome kenmerk is MacDon seunieke krinkkragdraaivermoë (articulated power turn), wat jou in

staat stel om so knap tedraai dat jy met net tweekeer se sny ’n nuwe vak kanoopmaak.

’n Belangrike voordeel, sêJurie, is die feit dat Vita-mech se mense oopkoppeis wat begrip vir hullekliënte se situasie het.Hulle het self kom sekermaak dat alles regloop enmet hierdie soort rug-steundiens is hulle land-wye handelaarnetwerkheeltemal daartoe in staatom die boer die bestediens te bied wat versekerdat staantyd iets is waar-van jy maar net by joubure met gewone snyershoor.

Die slim ontwerp en stewige vervaardiging van die snyer boesem nog meer vertroue in.“Dis ’n eenvoudige, goeie dingsonder enige elektroniesegoetertjies wat hom kan laatbreek en staan,” sê Jurie Swart.

Vir meer inligting oor die MacDonA30-D en Vitamech se anderboervriendelike werktuie, praatmet Jurie Swart by 021-907-8000 of 083-375-8840 of e-pos [email protected]. Besoek ook www.vitamech.co.zaen www.macdon.com.

Vitamech se MacDon A30-D:Geniet die toppunt van snyerkneusertegnologie

Die MacDon A30-D-snyerkneusertafelkan met sy lang, stewige, slim dissel-boom agter ’n trekker gebruik word, ofvoor aan ’n MacDon M150-selfloper gemonteer word.

Meganisasie Snyerkneuser

Page 7: ProAgri 126, Julie 2010
Page 8: ProAgri 126, Julie 2010

Meganisasie Vervoer

Tata is die tawwe trok vir flink vervoerwerk!

Met sy betroubare sessilinder-, interverkoelde Cummins-turbo-dieselenjin van 5,883 liter wat 132 kW teen 2 500 opm en ’ngedugte 650 Nm wringkrag teen 1 500 opm uitskop, gebruik dieTata 1518 die minimum diesel om’n vyftonsleepwa saam te sleep. Syuitlaatgas voldoen aan Euro 2-standaarde.

Hy is vas op die pad en voel altydveilig, vertel Kobus. Sy kragstuur,gerieflike sitplek en byderhandkontroles maak die bestuurder selewe maklik en sy dubbelleiding-lugremstelsel, dagmaker-ligte, perfekte bestuurdersposisie en onbelemmerde uitsig voldoen aandie strengste vereistes.

Kobus se trokke is toegerus metvalkantbakke wat deur Talbert vervaardig is en waarmee hy baietevrede is, maar Tata-trokke is perfek vir enige soort bak – veralook met veetralies om diere veiligen doetreffend te vervoer.

As oud-polisieman spesialiseer Kobus Groenewald in elektriese heinings vir plaasbeveiliging enjakkalsbeheer, en as liefhebber vanvoortreflike masjiene vervoer hyboere se produkte doeltreffend metsy Tata-trokke. Vir albei take kan jyhom by 082-829-7561 skakel.

’n Tata-trok het nie onnodige tierlantyntjies wat jou verwar en indie steek kan laat nie, maar hy hetalles wat ’n trok nodig het om sywerk perfek te doen, verklaarKobus.

Kobus spits hom toe op vervoer indie agttonklas, maar Tata het ’nvragmotor presies vir elke taak –van 2 tot 35 ton en van ’n wipbaktot ’n betonmenger met alles daartussen.

Hy is ingenome met die flink dienswat hy by Tata in Bloemfontein(051-434-2500) ontvang, maardaar is ’n ewe toegewyde Tata-handelaar naby enige boer enigeplek in die land. Skakel 011-255-9600 of e-pos [email protected] omte hoor wie die handelaar naasteaan jou is. Besoek ook www.tata.co.za vir meer inligting.

’nRateltaai vragmotor wat syvrag soos ’n man dra en baie

min vra, is die Tata 1518-agtton-ner, waarvan Kobus Groenewaldvan Xhariep Fencing & Trans-port op Petrusburg in die Vrystaatnou reeds twee in sy vloot het.

’n Boer se vragmotor kan dalk nogaf en toe ’n ruskansie kry wanneerhy besig is om beeste te brand ofmielies te plant, maar Kobus sevragmotors draf aldag heeldag metvolle vragte oor growwe grondpaaie.

Kobus is ’n vervoerkontrakteur wathom op diens aan die landbou toespits. Sy vragmotors dra hoof-saaklik aartappels, ander groentesoos uie en pampoene, sowel askoring, mielies en sonneblom.

Die groente ry hy hoofsaaklik vandie plase af na Bloemfontein, Kimberley en Welkom se markte,en die graan hoofsaaklik van dieplase af na graansuiers en veevoer-fabrieke.

Dit beteken dat sy vragmotorsdaagliks aan uitdagings van allesoorte blootgestel is en sy tweeTata-trokke hanteer dié vragte soosware kampioene.

Kobus se eerste Tata-staatmakerwas in Januarie twee-en-’n-halwejaar oud en het vandag 170 000hardwerkende, moeitevry kilometerafgedraf. Hy is besonders tevredemet die goeie diens wat hy kry vanTata en kan ook maklik onderdeleoor die toonbank koop.

Die tweede een het sedert Februarie vanjaar 83 000 km afgelêen nie die geringste probleme besorg nie.

8 www.proagri .co.zaProAgri 126 Jul ie 2010

Page 9: ProAgri 126, Julie 2010
Page 10: ProAgri 126, Julie 2010

Gewasproduksie Saad

Soja, sonneblom en droëbone:Dis nie net PANNARsaad wat groei nie, maar ook PANNARboereKragtige groei is in elke PANNAR

pit gepak, gereed om welig uitte bars sodra die plantseisoen vanjaar begin. Hierdie voortreflikesaad is die gevolg van meer as 50jaar se volgehoue, intensiewe navorsing om immerdeur betergenetika vir boere te ontwikkel.

PANNAR personeel se spore lêkwistig gesaai op plase regoorSuid-Afrika, want dit is nouesamewerking tussen boer en navorser wat sorg vir die nommer-pas saad vir elke moontlike produksietoestand.

Wen met PANNAR se soja

Sojabone is die ideale wissel-bougewas met mielies en koring.PANNAR se Roundup Ready®-kulti-vars gee die sojaboonboer ’n voor-sprong met ’n veelsydige, volledigepakket van verskillende groei-klasse vir al die produksiegebiede.Die pakket sluit spesialiskultivarsmet ’n regop groeiwyse in, geskikvir nou rye onder besproeiing.

Gebruik van PANNAR se sojasaadverseker genetiese vooruitgangwat die boer daartoe in staat stelom tot in die verste toekoms volhoubaar en winsgewend te produseer.

Roundup Ready®-kultivars

Vinnige groeiers vir koel gebiedeen later aanplanting in matige gebiede:

PAN 1454R: Eerste oor die wenstreep• ’n Vinnige kultivar vir gebiede

met ’n kort groeiseisoen• Gehard en ideaal geskik vir die

oostelike Hoëveld• Eerste keuse vir wisselbou met

koring• Hoë olie-inhoud

Medium groeiseisoenklas virgematigde gebiede en later aanplanting in die warm gebiede (besproeiing)

A5409RG: ’n Uiters stabiele staat-maker. Dit was die eerste RR-soja-

boon in die RSA en word met goeierede steeds wyd aangeplant.

PAN 535R: Kompak en bekwaam• Aanbeveel vir alle produksiege-

biede, alhoewel dit die besteaangepas is vir die koel enmatige gebiede

• Die kort planttipe mag opbrengs-beperkend wees by ’n laat plantdatum in warm gebiede

PAN 1583R: ’n Nuwe kultivar, wyd aangepas vir koel en matige streke• Kort planttipe, spesialis-sojaboon

aangepas vir hoë plantbevolkingen nou rye

• Baie goeie staanvermoë

PAN 1664R: Man, kan hierdie sojaboon produseer!• Aanskoulike produksievolume• Aantreklike planttipe en wye

gebiedsaanpasbaarheid• Veelsydige kultivar met goeie

agronomiese balans

PAN 1666R: Ongeëwenaard!• Baie aantreklike planttipe• Presteer goed in alle

produksiegebiede• Uitstekende staanvermoë, goeie

peulhoogte en weerstand teenoopspring

• Nie aanbeveel vir warm besproeiingsgebiede nie

Laat groeiseisoen kultivar vir vroeëaanplanting in matige gebiede enhoofaanplanting in warm gebiede(besproeiing)

PAN 737R: Rotsvaste stabiliteit• Soortgelyk aan die PANNAR

kultivars met smal blare soos vantevore

• Ideaal vir sowel droëland-verbouing as besproeiing

• Gedy veral in warm produksie-gebiede, maar ook relatief goedaangepas vir die koel produk-siegebiede en koeler seisoene

• Plant teen die standaard plantbevolking

Roundup Ready® is ’n geregistreerde handelsmark enword in lisensie van MonsantoTechnology LLC gebruik.

Wat konvensionele kultivars betref,bied PANNAR in die medium groei-seisoenklas vir matige gebiede enlater aanplanting in die warmer gebiede (besproeiing).

PAN 1652: Agronomies hoogsaanvaarbaar• Aanbeveel vir al die produksie-

gebiede en besonder goedaangepas vir die koeler dele.

• Uitstekende agronomiese eienskappe sluit goeie staanver-moë, peulhoogte en weerstandteen oopspring in

• Goeie droogtebestandheid

PANNAR se sonneblombasterssit sonskyn in jou beursie

PANNAR bied die boer ’n skitterende keuse sonneblomkulti-vars in die medium en medium-laat groeiseisoenklas.

PAN 7033 en PAN 7049 met bruinroesweerstand vorm ’ngedugte pakket. Die basters issinoniem met hoë opbrengspoten-siaal, uitstekende stabiliteit oorseisoene en wye gebiedsaanpas-baarheid. Die pakket word aange-vul met ’n Clearfield®-baster virdoeltreffende na-opkoms onkruid-beheer, asook ’n baster met ’n hoëoleïensuurinhoud.

Medium groeiseisoenklas

PAN 7351: Stabiliteit en wye gebiedsaanpasbaarheid• Hoë opbrengspotensiaal en

stabiliteit vir uitstekendeprestasie in kommersiële aanplantings

• ’n Staatmaker in al die sonneblomproduksiegebiede enpresteer besonder goed in dievernaamste sonneblomproduk-siegebiede

• ’n Goeie aanvulling vir PAN 7033in ’n pakket

PAN 7726HO: Nuwe hoë-oleïen-suurbaster• Egalige baster met goeie

opbrengspotensiaal• Silwergys pitkleur wat dit maklik

herkenbaar maak tydens lewering• Oleïeninhoud van 80% en hoër,

10 www.proagri .co.zaProAgri 126 Jul ie 2010

Page 11: ProAgri 126, Julie 2010

ideaal vir die diepbraaibedryf• Spesialiteitsbaster wat onder

kontrak verbou moet word

PAN 7063CL: Nuwe baster metClearfield®-onkruidbeheer• Voorloper van ’n nuwe onkruidbe-

heerstelsel in sonneblomproduksie• Doeltreffende onkruidbeheer met

Euro-Lightning®- (imazethapyr) -onkruiddoder

• Na-opkomsbeheer van ’n breëspektrum breëblaaronkruide engrasse

• Die weerstand is ’n natuurlikemutasie; dis nie genetiesaangepas nie

• Hoë olie-inhoudkultivar met goeiestroopbaarheid Clearfield is ’ngeregistreerde handelsmerk vanBASF

Medium-laat groeiseisoenklas

PAN 7033: Die vlagskip met bruinroesweerstand• Toppresteerder in PANNAR kulti-

varproewe die afgelope drie jaar• Word as hoofaanplanting vir al die

produksiestreke aanbeveel• Stadiger afdroging• Word aanbeveel waar hoë druk van

bruinroes ondervind word

PAN 7049: Nuwe kultivar met uitstekende opbrengspotensiaal• Baie egalige, volseisoenbaster

met bruinroesweerstand• ’n Toppresteerder in PANNAR en

die LNR se kultivarproewe dieafgelope drie jaar

• Aanbeveel as hoofaanplanting viralle sonneblomproduserende gebiede

• Bestand teen alle huidige rassevan bruinroes

PAN 7050: Nuwe kultivar met ’n hoë olie-inhoud en bruinroes-weerstand• Een van die toppresteerders in

die LNR se nasionale kulti-varproewe die afgelope drie jaar

• Egalige volseisoenbaster met uitstekende olie-opbrengs

• Kenmerkende korter planttipe,wat stroopbaarheid verbeter

• Aanbeveel vir alle sonneblom-produksiegebiede

• Bestand teen alle huidige rassevan bruinroes

PAN 7057: Nuwe kultivar met ’n hoëolie-inhoud en bruinroesweerstand

• Hierdie nuwegenerasiebaster is ’ntoppresteerder met wye aanpas-baarheid oor al die produksiege-biede en ’n uitstekendeolie-inhoud

• Toppresteerder in LNR-proewe indie 2008/09-seisoen

• Vul PAN 7033 en PAN 7049baie goed aan in die pakket,sodat die drie basters saam virdie hoofaanplanting aanbeveelword

• Bestand teen alle huidige rassevan bruinroes

Droëbone laat wins vloei

Die volgehoue plaaslike vraag nadroëbone, saam met PANNAR sepuik kultivars, bied boere diegeleentheid om ’n gawe slag teslaan met dié gewas. Volgens dieDroëboneprodusente-organisasie isdroëboonvoorraad internasionaalonder druk en plaaslike pryse isstewig omdat die produksie tans niein die vraag kan voorsien nie.

Rooi gespikkelde bone

PAN 116: Regop, onbepaaldegroeiwyse• Die eerste rooi gespikkelde boon-

tipe wat belofte inhou vir direktemeganiese stroop.

• ’n Goeie keuse vir die produk-siegebiede van KwaZulu-Natal endie Vrystaat

• Unieke kombinasie van regopplanttipe met ’n onbepaaldegroeiwyse en uitstekende staanvermoë

• Grootsadig• Uitstekende algemene siekte-

weerstand, insluitend teen roes,hoekige blaarvlek en BMV

PAN 139: Regop, onbepaaldegroeiwyse• Hou belofte in vir direkte

meganiese stroop• ’n Goeie keuse vir die produk-

siegebiede van KwaZulu-Natal endie Vrystaat

• Unieke kombinasie van regopplanttipe met ’n onbepaaldegroeiwyse en uitstekende staanvermoë

• Uitstekende algemene siekte-weerstand, insluitend teen roes,hoekige blaarvlek en BMV

PAN 128: Uitstekende opbrengs-prestasie en stabiliteit

• Soortgelyk aan PAN 148 metbeter saadgehalte-eienskappe enopbrengsstabiliteit

• Goed aangepas vir al die droë-boonproduksiestreke en veralmededingend in die Oos-Vry-staat, Mpumalanga en westelike produksiegebiede

• Matig bestand teen roes en BMV

PAN 148: ’n Bewese presteerder• Reeds meer as tien jaar ’n

staatmaker in Suid-Afrika• Goed aangepas in al die produk-

siestreke en steeds die gunste-lingkultivar in Mpumalanga

PAN 9249: ’n Nuwe kultivar metuitstekende opbrengsprestasie enstabiliteit• ’n Grootsadige kultivar geskik vir

al die droëboonproduksiegebiede,maar presteer veral goed inKwaZulu-Natal, Mpumalanga, enNoordwes

• Goeie algemene siekteweerstandinluitend teen roes, hoekigeblaarvlek en BMV

Kundigheid en diens

Dis nie net PANNAR se saad watkragtig groei nie, maar ook PANNAR se kliënte. Daarvoor sorgPANNAR se wakker span navorsers, saadtelers, land-boukundiges en verteenwoordigerswat die pad tree vir tree saam metdie boer loop om te verseker dathy deurgaans net die beste resultate behaal.

Vir meer inligting oor PANNAR segroeikragtige saad en flink diensaan die boer, praat met een vandie volgende:

Hoofkantoor: 033-413-9500 of [email protected] en Kaap: 033-413-9500Wes-Vrystaat en Noord-Kaap:056-216-3000Noordwes: 018-406-1700Gauteng, Suid-Mpumalanga enOos-Vrystaat: 016-341-5881Oostelike Hoëveld en Limpopo:013-665-8500Ontwikkelende produsente: 033-413-9500

Besoek ook www.pannar.com

11www.proagri .co.za ProAgri 126 Jul ie 2010

Page 12: ProAgri 126, Julie 2010

12

Miljoene mense moet eet enhulle word al meer, maar

produksiehulpmiddels bly grootliksdieselfde.

Dit is hoekom dit so belangrik isom almaardeur nuwe, beter groen-tevariëteite te ontwikkel wat ’ngroter, gesonder opbrengs lewer enhulleself beter teen siektes en bederf verset.

In hierdie proses is KLEIN KAROOSaad Bemarking ’n beslistemarkleier, en ook geen wonder nie,want die maatskappy se bestaans-doel is immers om die hoogstegehalte saad, raad en professioneledienste aan die boer te voorsien, insluitende gevorderde tegnieseondersteuning en die hoogste vlakvan betroubaarheid en stabiliteit.

Gewasproduksie Groentesaad

Enige boer wat sulke heerlike, gesonde,dikvlesige pampoene produseer is die verbruiker se held. Dit is een van KLEINKAROO SaadBemarking se jongste F1-hibriede wat tans in die ontwikkelingsprosesis om te sorg dat boere ook in die toekomsdie voordeel van die beste kultivars kan geniet.

Pierre Maritz, navorsings-bestuurder van KLEIN KAROO Saad Bemarking, enDeon Rossouw van Cede Greenhouses by die netjiesekweekhuis en nethuis wat Cedeop die proefplaas opgerig het.Met hierdie geriewe kan die ontwikkeling van ’n nuwe kultivar in drie jaar voltooiword.

tot dusver nie suksesvol daar verbou word nie as gevolg van die klimaat en siektes in die gebiede.

Wanneer KLEIN KAROO Saad Bemarking se Afrika-pampoensaadgereed is, kan dit ’n baie belangrikerol in voedselvoorsiening en diebekamping van ondervoeding speel.

Om ’n nuwe pampoenkultivar te ontwikkel verg normaalweg so agtjaar, sê KLEIN KAROO Saad Bemarking se navorsingsbestuur-der, Pierre Maritz. Ongelukkig isdie mark gewoonlik haastig endaarom rig KLEIN KAROO Saad Bemarking nou kweekhuise op syproefplaas op, wat kunsmatigseisoene skep om die ontwikkel-ingstyd tot drie jaar te verminder.

Hierdie ontwikkeling sal natuurlikook tot plaaslike groenteboere sevoordeel strek om nog gouer nogbeter kultivars beskikbaar te stel.

Laat KLEIN KAROO Saad Bemarkingse wensaad jou hierdie seisoen ’nwenboer maak. Vir meer inligtingen ’n volledige lys van al die wins-maker-groentekultivars wat KLEINKAROO Saad Bemarking bied,skakel die landwye kantore byOudtshoorn (hoofkantoor) 044-203-5180, Potchefstroom by 018-293-1233, Bethal by 017-647-6431, George by 087-802-6994, Brits by 012-252-6849, Malmesbury by 022-482-2345,Louis Trichardt by 015-516-4809 ofSenekal by 058-481-4691. Alternatiewelik teken aan by www.seedmarketing.co.za.

En dit is presies wat KLEIN KAROOSaad Bemarking met sy groente-saad handelsmerk, Afrigro, doen.Daarom is Afrigro die snelgroeiend-ste groentesaadhandelsmerk inSuid-Afrika met sy baster- enoopbestuifde saad vir professioneleplaaslike boere, die uitvoermark enhuistuin-groentekwekers.

Om aan alle kliënte se behoeftes tevoldoen, het KLEIN KAROO SaadBemarking eksklusiewe versprei-dingsooreenkomste met maatskap-pye soos Zeriam Gedara, Syngentaen Bejo Zaden.

Die maatskappy se slimkop-saad-telers ontwikkel en vermeerdergroentesaad by die KLEIN KAROOSaad Bemarking, proefplaas bySchoemanshoek naby Oudtshoorn(waar die LNR se nasionale lusern-proewe ook geplant word) en opboere se plase.

’n Interessante projek waarmeeKLEIN KAROO Saad Bemarkingtans saam met die Europese Uniebesig is, is om pampoene vir Afrikate teel. Pampoen is ’n gewilde envoedsame voedelsoort vir mensenader aan die ewenaar, maar kan

Groenteproduksie met KKSB:Die saad bepaal die sukses

www.proagri .co.zaProAgri 126 Jul ie 2010

Page 13: ProAgri 126, Julie 2010

Start saving today, call Natural Power012-656-8467 [email protected]

Betta.Life.Light Solar Solution

SPAAR DUISENDE RANDE / SAVE THOUSAND OF RANDS

6 Volt, DIY Kit, Solar Power (5x LED Lights)

R2 800 R4 400R3 300

3 light package(2 ceiling mount

lights with 1 reading lamp)upgradeable

to 8 lights

8 light packagecomplete

(7 ceiling mountlights with 1

reading lamp)

5 light package(4 ceiling mount

lights with 1 reading lamp)

upgradeable to8 lights

ACCREDITED DISTRIBUTOR AUTHORISED RESELLER

· Vooraf ontwerpte ligstel / Pre-designedlight kit

· Maklike “DIY”-stel / Easy DIY set· Batterye werk onafhanklik van elektrisiteitsvoorsieningsnetwerk / Independent from grid on batteries

· Duur krag / Expensive power· Onvoorspelbare kragvoorsiening /Load shedding

· Gekompliseerde sonkragstelsels / Complicated solar systems

DIE PROBLEEM / THE PROBLEM

DIE OPLOSSING / THE SOLUTION

Prices exclude VAT.

Upgrade pricing available on request E&OE Excluded Valid for August 2010 only Conditions apply

Application: Low Cost Housing, Informal Housing, FarmingCommunities or any off-grid lighting requirements.

1 light package

R5002 light package

R750

Page 14: ProAgri 126, Julie 2010

www.proagri .co.zaProAgri 126 Jul ie 2010

Gewasproduksie

Elke hektaar van ons aarde se oppervlakte moet elke jaar meer

mense voed, terwyl die waterbronne nie meer word nie.Daarvoor is immer beter, volhoubare landboupraktyke nodig.

Een so ’n ontwikkeling wat boere regoor die wêreld aangryp, is Greencult se vernuftige netplastiek-grondkomberse vir die produksie vankalbasgewasse soos spanspek enwaatlemoen.

Die gebruik van grondkomberse issinvol, aangesien ooplandproduksieplante en grond aan wind, weer, verspoeling, verdamping enonkruidmededinging blootstel om ’nrelatief lae opbrengs van ’n relatiefswak gehalte te lewer.

’n Grondkombers van gewone plastiek verbeter die waterbenutting,onkruidbeheer, opbrengs en gehalte,maar dit bied ook probleme: Omdatdie oppervlakte van gewone plastiekglad is, kry die hegranke geenvasklouplek nie, sodat die wind plantemaklik kan beskadig.

Boonop is gewone plastiek nie juissterk nie, sodat dit maklik deur winden weer beskadig word en dan is jyterug by ooplandproduksie.

van net en plastiek wat langer as ’ngewone plastiekgrondkombers houen jou plante se hegranke vasgryp-plek bied sodat hulle hulleself teendie wind kan anker.

Dit beteken dat wind aansienlikminder skade aanrig en dat dieplant sy blare deurentyd teen dieregte hoek na die son gerig kanhou vir beter fotosintese, wat totbeter groei en hoër, gesonder produksie lei.

Die voordele van Greencult senetplastiek-grondkomberse is:

• Jy kan vroeër plant en vroeër oes

• Plante groei vinniger• Doeltreffende grondisolasie sorg

vir ’n hoër grondtemperatuur indie winter en laer grond-temperatuur in die somer

• Praktiese proewe bewys datGreencult se netplastiek-grond-komberse opbrengs en gehaltebeduidend verhoog

• Grondvog word veel beter bewaar, wat op doeltreffende waterbenutting neerkom

• Onkruid word beter onderdruken makliker bestuur

• Kunsmisuitloging word verminder

• Gronderosie word verminder• Erdwurmbedrywigheid word

aangemoedig• Grondverdigting word

verminder• Wortelskade word verminder• Opbrengs word verhoog• Gehalte word verhoog en daar is

geen grondskuurmerke aanvrugte nie

• Die bedrywighede van pesteword aan bande gelê

• Windskade word drastiesverminder

• Greencult se netplastiek-grond-komberse is meer duursaam

Gewone plastiekkomberse biedgewoonlik beter resultate as ooplandproduksie, maar dikwels skeur dit en dan bringal die moeite en koste geen voordeel vir die gewasse of dieboer mee nie.

’n Mens kan natuurlik windbreek-gewasse tussen die rye plant, maardié gewasse ding dan met joukalbasgewasse mee om water,voedingstowwe en sonlig – en asdie wind in die rye af waai, help ditnet mooi niks om jou plante tebeskerm nie.

Dieselfde geld vir duur windbreker-nette wat dikwels self voor die windswig.

Maar Greencult se vernuftige net-plastiek-grondkomberse bied dieperfekte oplossing: Dit is ’n eenheid

Die netlaag op Greencult se vernuftige netplastiek-grond-kombers bied genoeg vasgryp-plek vir jou plante se hegranke,sodat hulle hulleself teen diewind kan anker. Terselfdertyd stel dit plante instaat om deurgaans hulle blareteen die regte hoek na die son tehou om fotosintese, en dus groei,te verbeter.

Gewone plastiek bied dieplant se hegranke geen vasvatplek nie, sodat die winddie stomme plant na willekeurin die rondte draai totdat systammetjie knak.

Kalbasgewasse: Verhoog opbrengs en gehaltemet Greencult se netplastiek-grondkomberse

14

Page 15: ProAgri 126, Julie 2010

Greencult se vernuftige netplastiek-grondkombers bly netjies enheel om gesonde, sterk plante te verseker. Jou Greencult netplastiekgrondkomberse het ’n langer seisoen leeftyd as gewoneplastiek bedekking.

Boere en onafhanklike navorsersstaan verstom oor die verskilwat Greencult se netplastiek-grondkomberse maak. Die drierye regs is met Greencult se netplastiek bedek en die andermet gewone plastiek. Let op diegesonde plante op die netplas-tiek teenoor die talle afgeknak-tes op die gewone plastiek.

Proef 1 Proef 2 Proef 3 Proef 4Genet Genet Nie genet Nie genet

4 weke voor oes 94 98 80 813 weke voor oes 129 114 92 882 weke voor oes 161 138 118 1111 week voor oes 186 163 141 133

Waatlemoen Spanspek Spanspek Waatlemoen Spanspekton/ha ton/ha ton/ha ton/ha ton/ha

Oop produksie 38,66 19,64 27,82 51 -Gewone plastiekkombers 43,78 34,48 36,18 70,8 44,38Netplastiekkombers 52,12 39,24 43,94 107,3 62,82Gewone plastiek plus minitonnel 50,84 35,04 - - - Netplastiek plus minitonnel 82,81 40,43 - - -

Proewe deur wetenskaplike(Clanwilliam-Klawer) Des 2001

Proef deur bekendesaadmaatskappy

- 2009-2010

Waarneming van boerby Worcester Okt-Des 2009

Die proewe het mnr Hennie Viljoen,summier van die voordele van netplastiek oortuig. Hy sê: “Ek saldefinitief volgende seisoen vanmeer netplastiek gebruik maak virspanspek- en waatlemoenproduksie.

Mnr Gerrie Niewoudt, ’n boervan Kleinhoek in die Clanwilliam-gebied, het tien jaar gelede reedsmet die ontwikkeling, toetsing en wêreldwye patentering van die produk begin. Hy het onlangs ’nvennootskap gestig met Flexinet,

Tellings van spanspek geneem:

Proef resultate en waarnemings:

sodat dit jou nie gedurende jougewasse se groeiseisoen in diesteek sal laat deur as gevolg vanwind te skeur nie

In ’n waatlemoenproduksieproefdeur ’n bekende saadmaatskappy,het Greencult se netplastiekkombersdie volgende verstommende produk-sieverbetering teenoor gewone plastiek behaal:

• 51,6% opbrengsvermeerdering

• 43,8% meer vrugte per hektaar

• 5,5% gemiddelde gewigstoenameper vrug

• 36,7% verhoging in suikerinhoudvan vrugte

Laasgenoemde beteken dat die boerwat Greencult se netplastiek gebruiknou met ’n geruste gemoed envolkome eerlikheid “ja” kan antwoord op die ou-ou vraag: “Is jouwaatlemoene soet?”.

Mnr Hennie Viljoen van die plaasMemel, naby Worcester, het die volgende verbeterings met netplas-tiek teenoor gewone plastiek behaal:Spanspek was 7 dae vroeërplukgereed. Waatlemoene was minstens 10 dae vroeër plukgereeden die vrugte was ook aansienlikgroter.

’n plastieknetvervaardiger en ZiboPlastics, ’n plastiekgrondkombersvervaardiger en so is diemaatskappy, Greencult gestig.

Jy kan ook ’n hoër, gesonder opbrengs per hektaar behaal met Greencult se vernuftige netplastiek-grondkomberse. Praat met Fanie Maree by 082-566-1122 [email protected] vir meerinligting of besoek ons webtuisteby www.greencult.co.za.

www.greencult.co.za

www.proagri .co.za ProAgri 126 Jul ie 2010 15

Page 16: ProAgri 126, Julie 2010

16 www.proagri .co.zaProAgri 126 Jul ie 2010

Betroubare opbrengste van top-gehalte pampoene is wat Starke

Ayres se gryspampoenbasterstevrede boere die afgelope tien jaarbied.

STAR 7022 was die eerste semi-bostipe gryspampoen in hierdiemarksegment. Die plante is meerkompak, daarom kan meer planteop ’n land gevestig word om ’n hoëropbrengs te behaal.

Boonop is die semi-bostipes 25 tot30 dae vroeër bekwaam, wat ’nbeduidende water- en spuitstof-besparing meebring. ’n Mens kanook vir ’n langer tyd tussen dieplante beweeg vir meganieseonkruidbeheer.

Elke Star-variëteit het unieke ken-merke wat dit presies geskik maakvir ’n besondere doel of tydvak:

STAR 7022: Behaal die beste resultate in someraanplantings. ’nHoogs produserende variëteit wat inideale toestande tot drie pampoeneper plant lewer. Die vrugte het ’ndiep vorm vir maklike verpakking insakkies vir die varsmark.

STAR 7026 moet verkieslik vir lewering in die vroeë en hoof-seisoen geplant word. Dit lewergroot pampoene met ’n uitstekende

kende groot blare, wat die hoë opbrengs ondersteun. Groot totjumbo-grootte vrugte (10 tot 15 kg) word gelewer. Die variëteit isideaal vir droëland- en besproei-ingproduksie en presteer selfs inkoeler toestande goed. Die voordelevan ’n hoër opbrengs en siekte-weerstand teen fusarium ras 1 enantraknose ras 1 laat STAR 9905kop en skouers bo die ou, oopbestuifde variëteite uittroon.

STAR 9906 is ’n all-sweet-bastervir die hoofseisoen. Dit presteergoed op sowel droëland as onder besproeiing. STAR 9906 se rankeis groot en lewenskragtig met ’nuiters hoë opbrengspotensiaal vanmedium tot groot vrugte (10 tot 13 kg) van ’n uitstekendegehalte met helderrooi vleis en ’nhoë suiker-inhoud. STAR 9906presteer goed onder warm weertoestande en die siekte weerstandteen fusarium ras en antraknose ras 1 is ook baie goed.

As jy meer oor waatlemoenproduk-sie wil weet, praat met die produkbestuurder, Jane Boshoff,by 082-341-8763.

Vir inligting oor Starke Ayres seander voortreflike groentesaad,skakel kliëntedienste by 0860-782-753 of besoekwww.starkeayres.co.za.

Star 9905 lewer ’n hoë opbrengsgroot waatlemoene met baie,lekker vleis en klein pitte.

vleisgehalte. Dievrugte is baie swaaren uitnemend geskikvir die verwerkings-mark. Dit het mini-mum nate, dik vleisen ’n klein saadholte,wat beteken dat ditbaie eetbare pam-poen oplewer wan-neer dit gesny word.

STAR 7028 is ’nrankvariëteit wat netso gou soos diesemi-bostipes bekwaam raak. Ditlewer ’n hoë opbrengs van grootpampoene, wat diebergingsmoont-likheid van ranktipes

met die voordele van vinnige groeikombineer. Goeie algemene blaar-en virussiekteweerstand is waarge-neem in aanplantings waar andervariëteite nie die paal gehaal hetnie.

Hierdie gryspampoenreeks bied ’nvariëteit vir elke doel en wordvoortdurend nog verder verbeter.Vir meer inligting, praat met dieprodukbestuurder, John Herbert, by 082-808-0129.

All-sweet- en Crimson-sweet-basters palm die waatlemoen mark in

Die voordele om F1-basterwaat-lemoene te plant het die grootstedeel van die tradisioneel oop-bestuifde mark na die all-sweet-bastermarkleiers soos STAR 9905en STAR 9906 gelok.

Synde basters, is hulle kragtigegroeiers wat ’n hoë opbrengs eenvormige vrugte van uitstaandegehalte met klein pitjies lewer. ’nVerdere voordeel van basters is datjy minder hektare nodig het omdieselfde aantal vrugte te produseer.

STAR 9905 is ’n vroeë- en hoof-seisoen all-sweet-baster metgroeikragtige ranke en kenmer-

Starke Ayres bied ’n pampoenen waatlemoen vir elke doel

Gewasproduksie Groentesaad

Kyk net die gesondevrugte en groot hoeveelheid vleis vanStar 7026. Dis mos hoe’n pampoen moet lyk!

Page 17: ProAgri 126, Julie 2010
Page 18: ProAgri 126, Julie 2010

18 www.proagri .co.zaProAgri 126 Jul ie 2010

Veeboerdery Vleismerino

Hannes het ook die derde meeste punte behaal van 37 telersmet 722 inskrywings.

JC Kotze Boerdery:Dis SAVM-kampioene net waar jy kyk!

• Ooilam, 60 kg en ligter: 10 de plek uit 63• Ooilam, 60 tot 70 kg: 10 de plek uit 63• Ooilam, 70 tot 80 kg: 4 de, 5 de en 10 de plek uit 57• Ooilam, 80 kg +: 9 de en 10 de plek uit 29• Ramlam, 70 kg en ligter: 2 de en 4 de plek uit 45• Ramlam, 100 kg +: 9 de uit 36 skape• Ram, 125 kg en ligter: 1 ste uit 64• Ram, 140 tot 160 kg: 1 ste en 5 de uit 31• Senior kampioenskappe: Algeheel 5 de plek

24 Augustus 2010

2010 Suid-Kaap Kampioenskappe op Riversdal:• Kampioenstel meerlinge• Kampioenpaar• Kampioen- en reserwekampioen-ooilam• Kampioen- en reserwekampioen-ooi• Kampioen- en reserwekampioen junior ram• Reserwekampioen-ram• Victor ludorum

Alexandershoek, MoorreesburgXK 8427 - Beproefde stoetram - Lot 21

Vanjaar se hoogtepunt is die jaarlikse Swartland-lenteveiling wat op sy plaas, Alexandershoek,naby Moorreesburg, gehou word. Besoekers saldie tradisionele gasvryheid, die geselligesaamkuier en die lekker ete geniet, maar ook diekans kry om kampioengenetika aan te skaf.

Vir meer inligting, praat met Hannes Kotzé by082-926-1179 of 022-433-2503.

Prestasies en pryse is woorde wat dikwels saam met JCKotzé Boerdery van Moorreesburg se SA Vleismerino’s

genoem word.

Dis ook geen wonder nie, want dié boerdery is bekend vir diesukses wat hy landwyd by skoue en veilings behaal. Kyk net:

Hannes Kotzé het met 28 skape aan die 2010 NasionaleSAVM-skou op Bloemfontein deelgeneem en die volgendeprestasies behaal:

Diere hoort op die plaas en diewehoort in die tronk. So glo

Tramirloc se mense en daarom hethulle die ProTagTor-veedief-stalvoorkomingstelsel ontwerp wathelp om diere en diewe op hulle onderskeie plekke te hou – soos dieses veediewe wat nou agter traliessit nadat hulle as gevolg van ProTagTor op Tot Briers-Louw seplaas by Wellington vasgetrap is.

Hierdie stelsel het veediefstal optalle plase heeltmal stopgesit entalle boere in staat gestel om weermet vee te boer waar diefstal ditvoorheen onmoontlik gemaak het.

Die stelsel werk só:

Merkertjies met batterye wat drietot vyf jaar hou, word aan sommigevan die diere in die trop se nekkegesit. Die merkers stuur seine na ’nsonkragaangedrewe basisveld-stasie, wat op ’n paal op ’n strategiese plek aangebring is. Die

basisveldstasie vertolk die bewegingspatrone van die dieremet merkers. Sodra ’n dier met ’nmerker skarrel, doelgerig in ’nkoers begin beweeg soos een wataangejaag word of doodstil bly lê,stuur die basisveldstasie vir dieboer ’n selfoonteksboodskap metspesifieke inligting soos in watterkamp of trop die diere is wat versteur is. Die boodskap kan ookna verskeie selfone gestuur word.

Dit stel die boer en sy personeel ofbure in staat om onmiddellik op tetree.

Die stelsel werk en dit is bekostig-baar en betroubaar – talle boeregetuig dat dit veediefstal by hulletotaal gestuit het. (Lees in ProAgri124 hoe boere van regoor die landvertel hoe Tramirloc diefstal ophulle plase hokgeslaan het.)

Die stelsel beskerm nie net jou veenie, maar ook homself deur ’n

waarskuwing uit te stuur sodra iemand aan hom probeer peuter. Jykan ook ’n merker in jou voertuig, trekker of gereedskapkissit om beheer daaroor uit te oefen.

ProTagTor bly altyd wakker. Daarvoor sorg Tramirloc met puiknaverkoopdiens. Boere, soos KobusMuller van Frankfort, bel spesiaalom te vertel hoe tevrede hulle metdie diens is wat Tramirloc en syagente, soos Desmund Schmidt,dag en nag bied.

So vas glo Tramirloc in sy produk datalle elektronika (batterye ingesluit)vir ’n jaar gewaarborg word. As jy ’nProTagTor-stelsel gekoop het enbinne 30 dae besluit jy is nie tevredenie, geld ’n geldterug waarborg(praat met jou agent vir meer inligting). Elke stelsel kom ook met’n naverkoop-dienswaarborg, watverseker dat jou ProTagTor immer opsy pos is.

Vir meer inligting oor Tramirloc seProTagTor-diefstalvoorkomingstelsel,skakel 079-526-7232 of besoekwww.protagtor.co.za. Tramirloc semense sny veediefstal keelaf!

Tramirloc se ProTagTor sny veediefstal keelaf!

Page 19: ProAgri 126, Julie 2010

19www.proagri .co.za ProAgri 126 Jul ie 2010

Page 20: ProAgri 126, Julie 2010

Meganisasie Waterberging

Water is waardevol en verdiendie beste, doeltreffendste,

maar ook die bekostigbaarste enbetroubaarste bergingstoerusting.

Dis hoekom boere reken op Hydrotek, die boer se watermater,vir ’n oplossing vir elke waterber-gingsbehoefte.

Talle boere reg oor die land getuigvan Hydrotek se puik produkte enhulle kundige, behulpsame personeel wat die boer immer diebeste raad en oprigtingsdiensbied.

Kyk wat het Hydrotek alles virdie boer:

• Staal maasdraad-damme vanPVC (3 000 tot 169 000 ℓ)

• Selfondersteunende nood-damme van PVC (5 000 tot 71 000 ℓ)

• Gronddam-voerings• Duursame sinkaluminium-

staalpaneel-damme met PVC-voerings (52 000 tot 1 000 000 ℓ)

• Vervangingsvoerings wat oubeton- en sinkdamme weer waterdig maak

• Vertikale en horisontalepoliëtileentenks (240 tot 20 000 ℓ)

• Watertenk-staanders

Meesters in waterberging:Hydrotek is die boer se watermater

• Septiese tenks van poliëtileen• Ecoscan waterlose toilette• Puttoilette van poliëtileen• Silotenks en staanders• Poliëtileentenks met los deksels

vir water en chemikalieë• Vullisdromme van poliëtileen

Werk wys met jou water. Praatmet jou watermater by 011-974-5715, [email protected] of besoek www.hydrotek.co.za.

Page 21: ProAgri 126, Julie 2010

AgriTraderAdvertensiediens vir die boerAdvertising service for the farmer

AgriTrader is ʼn uitstekende bemarkingsmeganisme om kopers en verkopers van lewendehawe, trekkers, voertuie, werktuie, en alle ander landbou toerus�ng by mekaar uit te bring. Veeveilingsadvertensies in AgriTrader lok wye reaksie uit, probeer dit gerus.Vir die mees bekos�gbaarste advertensie-tariewe in Suid-Afrika, skakel ons nou:

Ag

riG

ids

60 000 eksemplare na aktiewe kommersiële boere landswyd

Stefan van Wyk (Bloemfontein) 082-381-7563 | 051-446-0789 [email protected]

Anneke Claassen (Pretoria) 083-301-9134 | 012-362-2732 [email protected]

21www.proagri .co.za ProAgri 126 Jul ie 2010

Page 22: ProAgri 126, Julie 2010

Ag

riG

ids

22 www.proagri .co.zaProAgri 126 Jul ie 2010

Page 23: ProAgri 126, Julie 2010

Ag

riG

ids

23www.proagri .co.za ProAgri 126 Jul ie 2010

Page 24: ProAgri 126, Julie 2010

Ag

riG

ids

24 www.proagri .co.zaProAgri 126 Jul ie 2010

Page 25: ProAgri 126, Julie 2010

25www.proagri .co.za ProAgri 126 Jul ie 2010

Ag

riG

ids

Page 26: ProAgri 126, Julie 2010

Ag

riG

ids

Rom

agno

la

21 September 2010 - William Biggs,

082-415-3751

6 Oktober 2010 - Dave Cawthorn,

084-363-5392 & Arthur Schulze,

083-441-5781

20 Oktober 2010 - Alwyn Marx,

051-653-1410, 083-448-7870

21 Oktober 2010 - Russell Clark

045-943-3011, 082-492-7036

Produksie-

veilings vir

2010

Dor

per

Her

efor

d

Tuli

Tuli

Tuli Genootskap

Dor

per

Dor

per

Mer

ino

SA

Ge

neG

ids

26 www.proagri .co.zaProAgri 126 Jul ie 2010

Pinz

yl

Brah

man

Page 27: ProAgri 126, Julie 2010

Ge

ne

Gid

sV

eilin

gs

27www.proagri .co.za ProAgri 126 Jul ie 2010

Charolais

Beefmaster

Landskaap

BrafordPinzgauer

Boran

Hereford

Merino landskaap

Simm

entaler

Braford

Merino

Vleismerino

Bonsmara

Page 28: ProAgri 126, Julie 2010

Ve

ilin

gs

Braf

ord

Char

olai

s /

Sim

men

tale

r

Doh

ne M

erin

o

Dor

mer

s

Braf

ord

28 www.proagri .co.zaProAgri 126 Jul ie 2010

Page 29: ProAgri 126, Julie 2010

Ve

iling

s

29www.proagri .co.za ProAgri 126 Jul ie 2010

Sussex

Beef Bull Sale

Ramino

Dohne ram

s / Simbra / Red bulls / A

ngus / Brangus

Brahman

Page 30: ProAgri 126, Julie 2010

Ve

ilin

gs

Braf

ord

Bons

mar

aBo

ran

Her

efor

ds

30 www.proagri .co.zaProAgri 126 Jul ie 2010

Page 31: ProAgri 126, Julie 2010

Ve

iling

s

31www.proagri .co.za ProAgri 126 Jul ie 2010

Hereford / Brahm

an / Black Angus / Red A

ngus

BrangusW

ild

Page 32: ProAgri 126, Julie 2010

Ve

ilin

gs

32 www.proagri .co.zaProAgri 126 Jul ie 2010

Dor

pers

Brah

man

Page 33: ProAgri 126, Julie 2010

Ve

iling

s

33www.proagri .co.za ProAgri 126 Jul ie 2010

Dorpers

Beefmaster

Page 34: ProAgri 126, Julie 2010

Ve

ilin

gs

34 www.proagri .co.zaProAgri 126 Jul ie 2010

Ang

usW

ild

Page 35: ProAgri 126, Julie 2010

Ve

iling

sBonsm

aras

35www.proagri .co.za ProAgri 126 Jul ie 2010

Page 36: ProAgri 126, Julie 2010