11
InRat Bylae tot Rapport 21 Julie 2013 Lexus IS 350 breek Duitse vestingmure 5 Die skok: Subaru Diesel-Outback vreet hele N1 op 4 BMW se vrees word vlees: KTM 1190 Adventure 10 Peugeot 208 GTI: Skurk met mooi maniere 5 3 bakvissie Jaguar se F-Type laat jou | soos ’n giggel

Rapport InRat - 21 Julie 2013

Embed Size (px)

DESCRIPTION

Rapport se motorbylaag vir Julie 2013. Lees oor die Jaguar F-Type, Lexus IS 350, KTM 1190 Adventure, Hyundai ix35 en 'n rit van Musina tot Kaapstad in een dag.

Citation preview

Page 1: Rapport InRat - 21 Julie 2013

InRatBylae tot Rapport 21 Julie 2013

Lexus IS 350 breek Duitse vestingmure 5

Die skok: SubaruDiesel­Outback vreethele N1 op 4

BMW se vreesword vlees: KTM1190 Adventure 10

Peugeot 208 GTI:Skurk met mooimaniere5

3bakvissie

Jaguar se F­Typelaat jou |

soos ’ngiggel

Page 2: Rapport InRat - 21 Julie 2013

2 InRat 21 Julie 2013| | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | |

InRatRedakteurJustus VisagieE­pos: [email protected]: 021 406 3226

AdvertensiesAttie BekkerE­pos: [email protected]: 011 713 9545

Mej. Dipstiekgee raadBeste Mej. Dipstiek

Ek besit ’n mooi 1983 Mercedes­Benz230E­handrat. Die motor het al 468 000 kmafgelê, maar loop nog soos ’n droom. Hy ge­bruik net ’n bietjie meer olie as toe ek homin 1987 van sy eerste eienaar gekoop het.

Die probleem met die kar is dat elke twee­de man of sy hond hom wil koop! En dan isbaie van hulle nie eens ernstig nie. As ek sê“Ek vra R30 000 kontant; kan jy dit môreoorplaas?”, dan het hulle allerhande versko­nings. Of hulle lag soos ons president ofstaan met ’n mond vol tande.

Ek wil regtig nie ’n teken wat sê “NIE TEKOOP” op my motor plak nie. Wat stel jyvoor?

Koos PretoriusDurbanville

Hallo KoosJy besef seker jy besit een van die beste motors

wat ooit vervaardig is; die sogenaamde W123. Dit endie W126 S­Klas is volgens kenners die laaste Benzewat gebou is sonder dat die koste in ag geneem is.Die motor is eers ontwerp en gebou en daarna is opdie prys besluit. ’n Ingenieur­geleide ontwerp, dus. Dishoekom die goed nog ry.

Jy het ’n paar keuses. Verkoop die ou ding virR20 000 of so en gaan ’n klomp skuld aan vir ietsnuuts. Of sit dit in die garage onder ’n lap en wag virdie waarde om toe te neem.

Of hier’s wat Dipstiek dink: Leef die lewenstyl, leefjou in die ding in, ry elke dag met die motor.

Knoop ’n geselsie aan met almal wat die motor wilkoop en verduidelik breedvoerig hoekom dit so ’n goeievoertuig is. Vertel interessante staaltjies van die motorse ontwerpspan, gooi syfers rond van hoeveel gebou isen hoeveel nog bestaan, vertel van jou eie geskiedenis

met die motor en so meer. Dra net Mercedes­Benz­kle­re of werk Merc­wapens vas op al jou klere. Vertelmense dat jy Mercedes­onderbroeke dra en noem joukinders of troeteldiere na Merc­modelle.

Koop nog Mercs by, parkeer jou hele erf vol, maarnet van die een model. Word die persoon wat diemeeste 1983 W123’s met handratte ter wêreld het.Maak hulle almal reg.

Leer die reeksnommers ken en verwys na die motorsvolgens hul VIN­nommers en weet waar elkeen gebouis. Hou breedvoerig rekord van al die motors wat inSuid­Afrika verkoop is. Maak dan ’n W123­museumoop en nader kykNET of SABC2 se vervaardigers om ’nwerklikheidsreeks oor jou en die 123’s te maak. Dit salbeslis beter en interessanter as die Kardashians of BigBrother wees. Ry om Afrika in jou W123 en lewe, mymaat, lewe die W123­lewenstyl.

Dis wat Dipstiek dink.

@ Mej. Dipstiek is ’n geregistreerde maatskapli­ke werktuigkundige. Stuur jou vraag of huweliks­aanbod aan Mej. Dipstiek, per [email protected] of Posbus 6367,Roggebaai, 8012.

Ek en my wiele

Waldimar Pelseris Rapport seredakteur. Ashy nie ’n nuus­man geword

het nie, was hy vandag ’n mo­torontwerper of minstenshandelaarshoof by Bentley,Lamborghini en Lotus inSandton.

Wat ry jy? Jou motor se besteen swakste eienskappe?’n Silwer Audi A3 1.4 TFSI. Ekis steeds nie seker of die ge-rammel kom van die wynbot-tel in die bagasiebak of ietswat los is in die deur nie. Ek dink ek moet noudie wyn drink. Beste eienskap? Die wegtrek. Be-simpeld vinnig (in my beperkte ervaring). En diekar is nie blink nie. Slegste? As die wyn op is,sal ek weet of daar regtig ’n gerammel is.Jou beste motorherinneringe?My eerste kar was ’n 1983 Mazda 323 (soos on-der). Met roesgate. Nat Stellenbosse winters wasnie sy bondgenoot nie. Die matte was pal nat.Op ’n onverwags warm wintersdag in 1998 hetdie kombinasie van stygende kwik en sonskyn ’npaddastoel uit die mat voor die bestuurdersitpleklaat groei. Maande nadat ek die eksotiese floramet bleikmiddel uitgewis het, is die Mazda langsDagbreek-manskoshuis waar ek gewoon het, ge-steel. Ek wonder soms waar hy nou ry.Watter vervoermiddel sal jy koop as ons jou ’nkoopbewys van R5 miljoen gee?Eerste? Vlieglesse vir ’n private lisensie teen soR80 000. ’n Klein gebruikte Cessna vir so R4 mil-joen. En vir die kleingeld ’n Porsche Boxster. Be-taal InRat die versekering?As jy wou hê jou motor moet ’n verlengstuk vanjou persoonlikheid wees, wat sou jy koop?Ek wil my nie aanmatig nie, maar waarskynlik ’nAudi – nie te blink nie, maar tog betroubaar envinnig uit die blokke . . .Het jy al geryloop?My wilde jare lê nog voor (dis ’n nee).Het jy al ooit ’n motor se vensters van binne

laat toewasem?Nee, ai. Ek het in beginseldaarmee hoegenaamd geenprobleem nie, solank dit da-rem op ’n diskrete plek is.Met ander woorde solank diemotor op ’n diskrete plek is.Wie’t jou geleer bestuur enhet jy die rybewystoets mak­lik geslaag?My pa het die meeste leer-werk gedoen, op grondpaaie.Ek was 13. My eerste ongelukwas al op 15 toe ek in onsklein rooi-en-wit Citi Golf dieradio aanskakel en die wielemy oë die bosse in volg. Die

kantspieëltjie het R400 gekos om te vervang. In1993!Swets jy ander padgebruikers in die privaatheid(en klankdigtheid) van jou eie motor?Heelwat minder as vroeër, maar die skerp afna-me was van ’n baie hoë basis.Wie gaan vanjaar Formule 1 wen?Ludwig Wittgenstein het geskryf: Waaroor ’nmens nie kan praat nie, daaroor moet ’n mensswyg.Waarna luister jy wanneer jy ry?RSG, David Guetta en soms Classic FM.Watter toestel wil jy die graagste in jou motoringebou hê?Beslis ’n espressomasjien. Ek sien die Taljanersdoen dit nou. Bring dit vir my.Wat is jou droom­job in die motorbedryf of mo­torsport ?Ek het as kind fanaties motors geteken en gedinkek sal eendag ’n motorontwerper word. Maar ekis ook baie geboei deur die studie van materialebinne motors – waarvan hou ons om aan te vat?Presies hoe veerkragtig moet die rubber wees,en presies hoe hard mag die plastiek wees? Wat-ter geluid moet die deur maak wanneer hy toe-slaan (of is dit ’n sy?). So ek sou in ontwerp wouwerk, binne en buite. Van ’n renbaan moet jymy weghou. My verslawende persoonlikheid be-teken ek sal nooit terugkom nie, en ek benodigadrenalien . . .

WALDIMAR PELSER

InRat sê

Daar’s ’n spreekwoord in Engels wat lui: “Wees versigtigwaarvoor jy wens, want jou wens word dalk waar.” Toedie InRat-skrywer Martin Pretorius met Subaru gekonkel

het om hul nuwe vlagskip-Outback, die Lineartronic Diesel, tery, het hy genoem dat dit lekker sou wees om in een dag dieongeveer 2 000 km van Musina tot in Kaapstad te ry. Ons weetnie wat hom besiel het nie (dalk inspirasie uit die Le Mans-uit-houren, sienbl. 11), maar toehy sy oë uitvee,spring hy verle-de Saterdag vier-uur die oggendweg, met ’nknorrige foto-graaf, WernerMorgenrood, opdie sitplek langs-aan.

Aan InRat seFacebook-volge-linge het hy (inrustye) Subaru-verwante vrae gestel en die wenner van twee nagte by die30 Fiskaal-gastehuis in Kampsbaai is Charlotte Pretorius vanKlerksdorp. Sy ontvang ook twee retoervlugte van Johannes-burg na Kaapstad en die gebruik van ’n Subaru vir die naweek.

Daar was ook ’n SMS-kompetisie waarin lesers moes raai watdie Outback se brandstofverbruik sou wees. Martin het diesnelheidsbeheer op 131 km/h gestel om te verseker dat hulle ’ngemiddelde snelheid van omtrent 100 km/h handhaaf, blaas-kansies ingesluit. Die verbruik was 7,58 liter/100 km en Samvan Aswegen se raaiskoot van 7,6 liter/100 km was die naastehieraan. Sam wen ’n Amazon Kindle Paperwhite.

Ná die lang rit is dít wat Martin te sê gehad het: “Dis nie al-dag dat die geleentheid hom voordoen om die hele N1 te rynie, laat staan nog in ’n enkele dag. Maar Subaru het ons ’nuitstekende toermotor geleen en dit was ’n deeglike toets virhom.” Lees Martin se resensie op bl. 4. Hy oefen tans om die-selfde tog in trurat af te lê.

Gaan “like” InRat se Facebook-blad sodat jy volgende keerkan saamspeel.

Dit loon jou om metInRat te ‘konnêk’

’n InRat­kompetisiewenner gaan binnekort hier uitspanFOTO: VERSKAF

Page 3: Rapport InRat - 21 Julie 2013

21 Julie 2013 InRat 3| | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | |

Petrolkop, wringkrag-verslaafde,spoedvraat. Al dié benamings is myal deur die jare toegedig. Ek dra

sulke etikette met trots, omdat ek versotis op motors: die tegniese besonderhedegryp my aan, verleidelike stilering be-koor my en om ’n waarlik goeie motorte bestuur, is my idee van nirvana. Geenmotor het my egter nog ooit soos ’nskoolmeisie laat giggel nie. Tot nou toe,natuurlik. Die rede vir hierdie genot isdie nuwe Jaguar F-Type.

Ek weet nie wie dubbel-espresso in diekonserwatiewe Britte se decaf-masjien ge-gooi het nie, maar ek is baie dankbaardaarvoor, want diésportmotor bruisvan pure onnutsig-heid. Ja, die bemar-kingsmense gebruikmooi woorde soosgehalte en tegnolo-gie en omgewings-vriendelikheid,maar die bestuurs-ervaring is uitsluit-lik daarop gemikom plesier en emo-sie te ontlok.

Dit begin met ’ndruk van die aansit-knoppie. Dit maaknie saak watter eenvan die drie oonde(warm, vuurwarmof hel warm) onderdie ’kap sit nie: dieeerste teken van sygoddelose geaard-heid is die arrogan-te blaf uit die grootuitlaatpype. Die kie-rie vir die agtspoed-outo’kas lyk soos ’npistoolgreep, en dieskakelaars of hulleuit ’n vliegtuig ge-steel is. Die F-Typehet ’n pragtige leer-bedekte binneruimom te pas by syasemrowende bak-stilering, maar hymaak dit duidelikdat hy ’n ernstige,volbloed-sportmotoris. Hoe ernstig,word egter eers dui-delik wanneer jydie geraaspedaal indie mat inskop.

Selde is die term“geraaspedaal”meer toepaslik ashier, want die klankis die oorheersendekenmerk van hier-die sportmotor.Daar is ’n knoppieagter die ratkieriewat die uitlaatstelselse keel groter oop-maak, en die resul-taat is werklikuniek: Die V8 klinkasof iemand spring-mielies met ’n pe-trolbom in ’n G6-kanonloop maak.Die V6’e gil soosrenmotors.

Al die enjins hetdirekte petrolinspui-ting en drukaanja-ging, en bied on-middellike reaksieen hope wringkrag.Die V6 het egter ’ngroter lus vir hoëtoere en trek al hoeharder totdat sy be-perker by 7 000r/min halt roep.

Moenie dink allesgaan oor die geraas,

VANAF

R234 900

VANAF

R129 900VANAF

R164 900VANAF

R159 900

Om enige Mahindra te TOETSBESTUUR, SMS ‘RAPPORT’ na 42267 ofSKAKEL 0861 MAHINDRA* of gaan na www.mahindra.co.za ofbesoek ‘n Mahindra-handelaar vir spesiale aanbiedinge op die hele reeks.

mahindra.co.za

Sluit by ons aan

op Twitter

Mahindra SA

Sluit by ons aan

op Facebook

Mahindra-South-Africa

‘n Mahindra sal die vrag kan dra – Met sy uitstekende ontwerp, bied dieMahindra enkel en dubbelkajuit uitstekende krag en uithouvermoee.Taai en sterk – daar is ‘n Mahindra wat jou vrag sal dra!

HIER’S ’N BAKKIE METMURG IN SY PYPE.

NuutPure onnutsigheid

luuksheid en stilering nie, want dieF-Type het ’n indrukwekkende dieptevan dinamiese talent. Die stuuraksie islig, maar skalpel-skerp en daar is voloppadgreep, met geen sprake van stuur-traagheid nie. Boonop kan ’n mens diedinamiese hulpmiddels, uitlaatstelsel endempers oorskakel na ’n gemaksmodus,wat hom verander in ’n gerieflike toer-motor. Die sagtekap maak in net 12 se-kondes oop of toe teen enige spoed laeras 50 km/h, sy klankstelsel pas vanselfaan by die geraasvlakke in die binneruimen sy sitplekke is verhitbaar.

Daar is ander sportmotors wat vinni-

ger of goedkoper is, of wat be-ter hanteer, maar geeneen vanhulle bied ’n soortgelyke ge-voel van stoute plesier en lou-ter karakter nie. Die F-Type is’n baie spesiale motor, endaarom voel sy bestuurder ookso. Nog ’n espresso, Jaguar?Dis duidelik goed vir jou!– Martin Pretorius

PRYSEJaguar F-Type V6 (250 kW) –R845 000Jaguar F-Type V6S (280 kW) –R975 000Jaguar F-Type V8S (364 kW) –R1 385 000

Jaguar F­Type

Die F­Type het ’n veelsydigheid wat hom tegelykrenmotor en gran turismo maak | FOTO: JAGUAR

Page 4: Rapport InRat - 21 Julie 2013

4 InRat 21 Julie 2013| | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | |

GrootTrek

‘DIT is nou eersteklas-vlieg.” Die slaperige stemuit die passasiersitplekbehoort aan my pelWerner, die arme drom-

mel wat saam met my die land vannoord na suid deurkruis. Ek het homsaamgesleep om foto’s te neem, maarhoofsaaklik vir geselskap. Subaru leen virInRat ’n nuwe Outback Diesel Lineartro-nic en daar is tog geen beter manier om’n toermotor te toets as om met hom tegaan toer nie. Dus het ons in een dagdie hele lengte van die N1 gaan ry: vanMusina in die verre noorde, tot in Kaap-stad. Dikwels met Werner wat balke saagasof hy Timber City is.

Die Outback Diesel se stilering weer-spieël nie die slim ingenieurswese ondersy vel nie. Op die oog af is dit ’n grootstasiewa met ’n effense pap bek en ek-stra penshoogte, asof hy nie kan besluitof hy ’n sportnutsvoertuig of ’n gewonepassasiersmotor wil wees nie. Die kosme-tiese verskille tussen hom en die ouer2,5 liter-petrolvariant is beperk tot nuweligte en buffers, maar die ekstra lugskep-per op die enjinkap gee darem ’n wenkdat daar iets ongewoon aan die gang is.

“Ongewoon” is ’n woord wat gedurigopduik as ’n mens van die Outback Die-sel praat, want hy beskik nie alleen oorSubaru se unieke simmetriese viertrek-stelsel nie, maar het ook die wêreld se

enigste Diesel-bokserenjin (in teenstellingmet die gewone in-gelid-viersilinders),wat boonop die krag na die wiele geleideur ’n “Lineartronic”-palwisselratkas(CVT). Dis ’n vreemde kombinasie, maardie eindresultaat is indrukwekkend.

Soos die meeste diesels is hy meerwerkesel as renperd. Met 110 kW en ’nswaar bakwerk is naellope nie regtig systerk punt nie (0-100 gebeur glo in10.2 sekondes), maar verbysteek-versnel-ling is ’n perd van ’n ander kleur.

Die ratkas kies oombliklik die regteverhouding om sy 350 Nm ten beste tebenut, die enjin gee ’n aangename grom,byt die stang in sy bek vas, en verander’n groot vragmotor in ’n krimpende kol-letjie in die truspieël. Verbruik is tipiesdiesel-ekonomies: ons het lang ente6,6 liter/100 km gesien – baie naby aandie amptelike syfer van 6,5. Hy bestuurdus totaal moeiteloos op die snelweg, endit gee die insittendes kans om sy anderdeugde te waardeer.

En daar is baie. Die hantering is Su-baru-stabiel met baie padgreep en ’n ak-kurate stuur, die ritgehalte is glad, mega-niese en windgeraas is omtrent heelte-mal afwesig, daar is hope ruimte vir vyfvolwassenes en hul pakkasie, en die leer-beklede sitplekke is uiters gemaklik. ’nTopklas-klankstelsel speel jou iPhone semusiek koordloos via Bluetooth, en dieelektriese glas-sondak gee ’n gevoel vannog meer ruimte. Die sewe lugsakke, sta-biliteitsbeheer en uitstekende xenon-hoofligte (wat saam met die stuur draai)gee ekstra gemoedsrus, en die trukameramaak dit pynloos om te parkeer.

Die produk van al hierdie positiewe ei-enskappe is ’n kilometer-vreter van for-maat. Al wat teen hierdie gesinstuig tel,is sy pryskaartjie – R459 000 is ’n hoopgeld, maar aan die ander kant was eer-steklas-reise nog nooit goedkoop nie . . .– Martin Pretorius

Die son sak oor die Karoo, maar ná 12 ure se ry, is die bestuurders steeds perdfris,danksy die Outback se gerief en goeie verrigting | FOTO: WERNER MORGENROOD

Gulsige kilometer­vreterSubaru Outback Diesel Lineartronic

NuutBMW 3­Reeks GT

Vat ’n BMW 3-Reeks, maak homomtrent 12% groter, gee hom ’nluikrug en noem hom die 3-Reeks

GT. Dis wat BMW gedoen het en die mo-tor is onlangs hier bekend gestel.

Nou hoekom het BMW dit loop doen?Vanselfsprekend om geld te maak, maarook omdat die BMW se 3-Reeks-stasiewa,die Touring, weens sy voorkoms nognooit juis hier aftrek gekry het nie.

Of die GT sagter op die oog is, is ’nope vraag, maar dit gaan nie net oorhoe hy lyk nie. Die GT het aansienlikmeer ruimte vir passasiers en bagasie asdie Touring en die sedan onderskeidelik,wat hom in daardie opsig ’n uitstekendekopie maak. Ongelukkig kry jy die ekstrasentimeters nie mahala nie – ’n 3GT kossowat R50 000 meer as ’n ekwivalente

3-Reeks-sedan. Omdat hy duurder en dusskaarser gaan wees, kry die koper daremook ’n mate van eksklusiwiteit.

BMW-aanhangers sal wil weet hoe diégroot luikrug hanteer. Jy kan net sowelvra wanneer BMW laas iets gebou hetwat nie ’n draai vinnig kan vat nie. DieGT is geen uitsondering wat dié BMW-talent betref nie en hou die vaandel vangoeie hantering en soepel vering hooglangs sy sedan-broer, al staan die GT sebak verder van die teer af. Hy voel ooknie so swaar en ietwat lomp soos die on-suksesvolle 5-Reeks GT nie. En die BMWX1? Waar pas hy nou in? Wel, hy’s opdie ou 3-Reeks se onderstel gebou en rynie so gemaklik soos die 3GT nie, daar-om is die GT ’n beter kopie. Maar jymoet ’n sterk selfbeeld hê of aan

stroom-op swem gewoond wees, wantjou smaak in motors gaan dalk deur jouskoonpa en die samelewing bevraagtekenword. – Justus Visagie

PRYSEVan R410 500 vir die 320i Standardtot R618 100 vir die 335i metM Sport-pakket

Die 3­Reeks GT verskaf ’n 5­Reeks se ruimte vir omtrent R100 000 minder as laasge­noemde se prys | FOTO: BMW

Stroom­op 3 vir reisigersmet groot trommels

SPESIALEAANBOD

R119

Page 5: Rapport InRat - 21 Julie 2013

21 Julie 2013 InRat 5| | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | |

Nuut

Artikels oor motors vanJapan, Korea of Chinabeskryf dikwels hoe verhulle al gekom het aandie maatstaf wat deur

Duitse vervaardigers gestel word.Wat betroubaarheid betref het die

Japanners vele van die Duitsers alore aangesit en dit lyk of laasge-noemde die stok vir die Koreaneaangegee het in die ontwerp-aflos.En dan is daar Chinese vervaardi-gers soos GWM wat ’n spul mooirygoed van bevredigende gehalteuitbroei – hou hulle dop.

Lexus maak al ’n goeie aantal jarerygoed wat die Duitse drie-eenheid(Audi, BMW, Mercedes-Benz) in se-kere opsigte ewenaar. Vat nou dienuwe IS se voorganger: ’n pragmo-tor met ’n goeie onderstel en stewi-ge bougehalte. Die binneruim wasongelukkig effe beknop en plek-plekhet ’n mens die indruk gekry dat jyin ’n Corolla* is – dis soos om in ’nJaguar te sit en ’n Tata-gevoel tekry. Die 2,5 liter-enjin was hopelooste pap vir die bak en Lexus het ’newigheid geneem voordat hy diefris 3,5 liter ingevoer het.

Maar dis genoeg van die oue. Die

nuwe IS het pas sy buiging hier ge-maak en hy is gelukkig uitsluitlikmet die 3,5 liter-enjin (225 kW/375 Nm) te koop. Voordat jy kla datdit die prys opjaag, moet jy weetdat die ou IS 250 nie veel goedko-per was nie. Die IS 250 EX hetR460 000 gekos voordat hy afge-tree het. Vergelyk dit met die nuwereeks se pryse onder.

Die vraag is: ry hy so goed soosdie ABC, oftewel die Audi4, BMW3en Merc-C, of dalk beter?

Wel, hy’s so verdomp goed dat jyvir die uitkloptoetse moet wag waarhy met die ander in ’n hok gegooiword.

Wat ons kan sê is dat sy onder-stel onwrikbaar stewig voel, en dieindruk wek dat dit magneties nadie pad aangetrek word. Vuur homsoos ’n koeël in ’n draai in en ditvoel of hy deur ’n geweerloop met’n kurwe daarin vlieg. Hierdie dina-miese vermoëns geld die soberestandaard 350 en luukser EX, sowelas die F-Sport, wat waarlik sportiefis, nie net so lyk nie.

Goed, sy enjin is nie kragtiger asdie ander twee nie, maar hy beskikoor aanpasbare vering en ’n stuur

wat skerper reageer. Die F-Sportgrom ook harder, het die reeks sebeste sitplekke (beskikbaar in ’nverruklike rooi) en ’n instrument-wyserplaat wat horisontaal skuif –iets om te aanskou. ’n Veiligheids-hoogtepunt is die IS se 10 lugsakke.

Die IS-reeks is uitsluitlik beskik-baar met ’n flink, gladwerkendeagtgang-outo’kas wat ook deur mid-del van spane agter die stuur op-dragte van die bestuurder uitvoer.

Enigiets waarvan ons nie hounie? Die elektroniese beheerstelselvir die navigasiestelsel en so meeris steeds nie gebruiksvriendelik nieen die voortvarende stilering – veraldie agterligte wat weerskante omdie hoeke sny – probeer te hard omjeugdig voor te kom. Maar, al stemjy saam dat die nuwe IS foute het,word dit verdwerg deur sy talente.

Dis die beste Lexus tot nog toeen hy stamp minstens een van dieDuitsers van die podium af.– Justus Visagie

PRYSELexus IS 350 – R449 900Lexus IS 350 EX – R499 900Lexus IS 350 F-Sport – R553 900

* Toyota besit Lexus, Tata Jaguar

Luukse Lexuswil gelooi word

Lexus IS 350Die regmerk­LED­liggies opdie neus kortnet die leuse:“Just do it!”onderaan |FOTO:LEXUS

Beskaafdeboelie komsoek skoorDaar is deesdae ’n herlewing onder die junior

blitsbukse. Die Volkswagen Polo GTI het ja-re lank sonder veel mededinging regeer,

maar nou is daar ’n spul uitdagers wat sy kroonwil steel. Die Ford Fiesta ST het die eerste salvoafgevuur, en daar kom ook binnekort ’n nuwe Re-nault Clio RS. Peugeot het ook gewerk om sy eielegende te laat herleef, want hy het self ’n lang ge-skiedenis van puik blitsbuksies. Suid-Afrika hetnooit die 205 GTi en 306 GTi-6 gesien nie, maarhulle word gereken onder die beste voorbeeldevan hierdie genre.

Peugeot wil munt slaan uit die legende van die205 GTi en verwys selfs na die ou pret-boksie in syadvertensie-veldtog. “GTi is terug,” reken hy, endis nogal waar ook. Die 208 volg dieselfde resepas die oorspronklike held: ’n gespierde enjin in ’nligte karretjie met sportiewe stilering en ratse han-tering. Maar om te veel op die 205 se nalatenskapte hamer, sal verkeerd wees omdat die 208 GTibaie meer is as net ’n eerbewys aan sy voorganger.Terwyl VW die Polo GTI so maklik moontlik ge-maak het om te bestuur en die Fiesta ST ten allekoste ’n fantastiese bestuurservaring moet bied,het die Peugeotjie ’n ander doel voor oë . . .

Die mikpunt met die 208 GTi se ontwikkelingwas dat hy rats en vinnig moet wees, maar terself-dertyd ook bruikbaar en luuks. Hierin het Peugeotgeslaag, want die 208 is ewe volwasse as atleties,en net so gemaklik as wakker.

Die 1,6 liter-turbo-enjin se kombinasie van 147 kWen 275 Nm sorg vir ’n 0-100 km/h-naelloop in6.8 sekondes en ’n topspoed van 230 km/h. Dié le-wendige verrigting sal egter min beteken sonder ’nonderstel wat opgewasse is teen die kraglewering,maar ook hier is verbeteringe aangebring, met ’ngroter spoorbreedte, fermer vering en frisser rem-me as in die gewone 208 en vorige GTi’s.

Die resultaat is ’n motortjie wat nie net entoesi-asties versnel nie, maar wat ook draaie verorberen sy bestuurder laat glimlag. Peugeot het ’n unie-ke toertjie reggekry: die 208 GTi is uitsonderlik ge-maklik op die pad. Hy ry glad, maar met beheers-te bakbewegings, en oppervlak-ongelykhede in vin-nige draaie bring hom nooit van stryk nie. Die 208bied dus ’n goue middeweg tussen die Polo se on-wrikbare stabiliteit en die Fiesta se spelerigheid.

Daar is ook iets spesiaal vir die oog, met ’nluukse binneruim, rooi detail en sportsitplekke.Die oulikste is egter die rooi lippie onder die sier-rooster – kompleet asof die karretjie tong uitsteek.Sewentienduim-allooiwiele en GTi-tekens op dieC-pilaar (soos op die 205) rond die prentjie af.Daar is ook ’n lang lys standaardtoerusting, inslui-tend ’n raakskerm-navigasiestelsel en spoedbeheer.

Teen R259 900 (met ’n drie jaar of 60 000 km-instandhoudingsplan) bied die 208 GTi goeie waar-de, en saam met sy magdom ander talente wordhy haas onweerstaanbaar. Sy mededingers sal moetlig loop vir die beskaafde boelie. – Martin Pretorius

SYFERSPRYS R259 900ENJIN 1,6 liter-turbo-viersilinder, 147 kW en 275 NmRATKAS Sesgang-handrat, voorwielaandrywingVERRIGTING 0-100 km/h in 6.8 sek. en 230 km/h top-snelheid; 5,8 liter/100 kmOORWEEG OOK VW Polo GTI, Ford Fiesta ST

’n Fyn balans tussen sportiwiteit en beskaafdheidmaak die 208 GTi ’n begeerlike blitsbuks |FOTO: QUICKPIC

Peugeot 208 GTi Nuut

E­mosioneleintelligensie

Dit was sterk skemer toe onsdie Franschhoekpas pak. ’nKortstondige reënbui het die

pad nat en glad gelaat, en die kron-kelteer het in die blinknuwe E500Koepee se hoofligstrale geblink.

Ongelukkig kon my Stuttgartsepassasier, Herr Jurgen Dässler, opsy eerste besoek hier, nie in diedonker die vars Bolandse natuur-skoon waardeer nie, maar gelukkigkon hy ook nie die afgronde ensteil kranse sien terwyl ons deurdie kort draaie swiep nie.

Met 600 Nm wringkrag al beskik-baar teen net 1 600 r/min, was ditsteeds maklik om met die twee-deur-weeldeblits – sy gewig net dus-kant 1,8 ton ten spyt – van apeks totapeks te korrel.

Die groot V8 se borrelgrom hetlustig teen die bergwange weerklinkterwyl 300 kW deur die 7G-Tronicouto’kas met Direct Select-stuur-wielspane na die breë agterwielegestuur is – gelukkig sonder wieltol.

Terwyl die ’Benz sonder skroom’n haarnaald genavigeer het, het ekdie Duitse ingenieur langs my on-derlangs dopgehou . . . Herr Dässlerhet kalm en onversteurd in sy sagteleersitplek voorgekom – hy had ver-troue in die string veiligheids- en

tien geoptimaliseerde hulpstelselswat net so uit die S-Klas na die nu-we E-Klas oorgedra is.

Die nuweling is met ’n oogopslagonmiskenbaar ’n E-Klas, van die“vieroog”-hoofligte (nou in ’n enkel-glashuls en met LED-tegnologie) ensierrooster-vertolking voor (verskil-lend vir Elegance- en Avant garde),sy slanke flanke met kenmerkendekarakterlyn tot by sy breë agterkantmet horisontale LED-agterlige watsaans ’n unieke ligpatroon maak.

En dis net die sedan. Die twee-deur-Koepee en kabrio-weergawesvertoon nóg slanker en meer ele-gant. Altesame 17 modelle is beskik-baar, waaronder die interessanteE300 Bluetechybrid met ’n viersilin-der-diesel (150 kW en 500 Nm

wringkrag) en elektriese motor(20 kW en 250 Nm) wat volgensMerc net 4,2 liter diesel/100 kmsuip en net 110 g CO2/km loslaat.Die vervaardiger meen hierdie hi-bried gaan vir 10% van alle E-Klas-verkope sorg.

Die koepee- en afdakmodelle isslegs met petrolenjins beskikbaar,wat wissel van ’n 2,0 liter-viersilin-der (E250; 155 kW/350 Nm) tot die4,7 liter-V8 E500.

Die monsteragtig kragtige E63AMG beskik nou oor ’n 5,5 liter V8-dubbelturbo wat 410 kW en 720 Nmlewer, genoeg om dit in 4.2 sek. vanstilstand tot 100 km/h te stu. ’nAMG S-model, met 430 kW en800 Nm, sal ook weldra hier wees.

Ons het die kruin oorgesteek, enmet Franschhoek se mistige liggiessigbaar, bergaf gemik. Ons Avantgarde-koepee met agility control-veringstelsel en elektromeganieseDirect Steer-stelsel het hom lekkerbeheerbaar in die draaie gemaak,en binne ’n oogwink was ons in diedorp. Herr Dässler, hoofingenieurvan die E-Klas-projek, het gelukkigsteeds geglimlag . . . – Ferdi de Vos

PRYSE (sonder ekstras)Van R544 000 vir die E200-sedan totR1 406 900 vir die E63 AMG S-sedan

Die E­Klas­reeks is nie net kosme­ties verander nie, maar het ook vei­ligheidsitems uit die S­Klas ontvang| FOTO: MBSA

Mercedes­Benz E­Klas

Nuut

Page 6: Rapport InRat - 21 Julie 2013

6 InRat 21 Julie 2013| | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | |

21 Julie 2013 InRat 7| | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | |

Geborg deur Hyundai

Drie hoera’s vir Hyundai se ix35

Nadat ek en my man die ha-selneutkleurige ix35 in See-punt, Kaapstad, gaan haalhet, is ons na Camp Worldin Brackenfell om ons

woonwa vir die week te haak. Einstewoonwa is eerder ’n woonstel op wieleen al wat hy kort, is ’n toilet en ’n stort.Maar die ix35 se hart is dapper. Nou ryons Hermanus toe om gou die kinders

by hul ouma te gaan oplaai, en dan salons twee nagte in die Onrus-woonwa-park bly.

Terwyl my man agter die stuur is, vi-senteer ek die binneruim. Liggies wordaangeskakel, paneelkissies word oopge-maak, bekerhouers word getel, en someer. Wat my die meeste beïndruk, isdie ix35 se bougehalte en netjiese af-werking. Die middelkonsole se skoon

ontwerp, blinkswart insetsels enchroomaksente lyk elegant en georden.Pragtige volleersitplekke (wat te vindeis in almal behalwe die intreevlak-variant) lyk of dit jare van mishande-ling deur die gemiddelde Suid-Afrikaan-se gesin sal kan vat. Net onderkant diemiddelkonsole is daar ’n spesiale holte-tjie (met ’n poort) vir ’n slimfoon ofiPod, met USB- en AUX-sokke ook. ’nGatskop-klankstelsel (wat CD’s en MP3’skan speel) sowel as Bluetooth, albeistandaard (met knoppies op die leerbe-dekte stuurwiel), rond die prentjie af.En omdat die lugversorging afsonderlikverstelbaar is, hoef ek nie na ’n trui tegryp omdat manlief uitvrek onder syeendedons-windbreker nie.

Op Hermanus aangekom is die kin-ders uit hul vel – ’n nuwe, groot kar én’n woonwa? Gou word hul tassies inge-laai en ons herrangskik die bagasiebakvir die twee nagte se kampeer. Die ix35se groot 591 liter-bagasiebak sluk, on-danks sy volgrootte noodwiel, lag-lagvier slaapsakke, ’n gros kampeertoerus-

ting ,’n groot koelboks, handdoeke, driekomberse en sakke kruideniersware enons hoef nie ’n enkele ding in diewoonwa te laai nie. En nou kan ek te-rugsit en die rit geniet, want die ix35 isnie net nuttig nie, maar ook veilig. ’nVyfster- Europese botsingstoetstelling,ABS met EBD, ses lugsakke, noodligte,’n hoëvlak-remlig en teen-rolstawe gee’n ma gemoedsrus. (Die viertrek-varianteis met elektroniese stabiliteitsbeheertoegerus.) In ’n botsing beweeg die kop-stutte vorentoe en die agtersitplekkeduik nie onder die voorstes in nie. Dievoorsitplekke is aan die agterkant uitge-hol om heelwat beenruimte vir die ou-ens op die agtersitplekke te bied.

Die Onrus-woonwapark is sommernaby en ons hou duim vas vir goeieweer, maar die Suidooster steek kop uit.Hoewel die ix35 taamlik gelaai is en diewind ons later looi, klou-sit die ix35 ste-wig op die pad. By die woonwaparkaangekom, het ’n paar artikels vergetegebly en inderhaas kies ek weer koersdorp se kant toe. Die parkeerterrein by

Woolies is een groot verkeersknoop enmy stywe nekwerwels is bly oor die tru-ratkamera wat dinge agter die motor indie truspieël wys en niks ekstra kos nie.Later daardie nag gaan lê die wind da-rem en ons twee nagte in die woonwais ’n wegholsukses, veral vir die kinders.

’n Paar dae later sleep my vriend Co-bus vir ons die woonwa terug na Brac-kenfell, en ons kan die ix35, woonwa-loos, nog ’n paar dae geniet. Die kindershet ’n lysie van plekke om te besoek,maar die weer kniehalter ons. Die eer-ste dag wat die son weer sy gesig wys,ry ons na die Kleinrivier-kaasplaas netbuite Stanford, op die R326. Die pad isoop, doodstil en jy kan sien tot oormô-re. Die tweeliter-enjin (122 kW) is in syelement en ek laat waai, Meraai. Diedoeltreffende vyfgang-handratkas isseepglad en ek gooi die ratte oor soosNigel Mansell. Die ix35 se elektriesekragstuur sorg vir ’n realistiese en di-rekte stuurgevoel, wat so dikwels tekort skiet in sportnutsvoertuie. Dandraai ons van die teerpad af na die

kaasplaas, maar die ix35 vreet so lekkeraan die natgereënde, ongelyke stukkiegrondpad, dat ons sommer verder aanrynet vir die pret. Die dieper poele in diepad is geen rede tot kommer nie, omdatdie ix35 se “swemdiepte” ’n halwe meteris. Min geraas en min vibrasie in die ka-juit beteken ons kan normaal met me-kaar gesels, danksy goeie klankdigting.

Nadat ons die ix35 omgedraai het endie bokkies en hoenders by die Kleinri-vier-kaasplaas gevoer het, ry ons terugin Hermanus se rigting. Kort voor lanksien ons ’n bordjie wat dui op ’n paadjiewat na die berg toe lei. Dit lees Vogel-berg-natuurreservaat, met ’n smal, steilpaadjie na bo. Die ix35 draf dit vinnigkaf. Ons kom te staan voor dooiemans-deur, maar die uitsig is asemrowend enons neem foto’s in die dag se laastegoue ligstrale voordat ons die pad terughuis toe aanpak. Terwyl ek ’n foto pro-

beer neem wat die ix35 se gedefinieerdekurwes tot hul reg laat kom, kyk ekmet nuwe oë na dié besonderse sport-nutsvoertuig. Dis maklik om te verstaanhoekom sy luikrug-afmetings en atletie-se stilering deur soveel ander vervaardi-gers nageaap is. Om nie eens te praatvan al die geriefstoerusting wat jy kryas deel van die standaard-pakket nie.

Ons avonture staan eers op ’n einde,en omdat die ix35 se enjin so lig aandie voggies teug, (8,7 liter per 100 km ge-kombineerd) is dit nie eens nodig omby die vulstasie stil te hou nie.

Die ix35 is die perfekte pasmaat, of jynou gereeld met die kinders gaan kam-peer of net ’n stadsmuisbestaan voer.En met ’n onverbeterlike waarborg vanvyf jaar of 150 000 km, ’n diensplan virvyf jaar of 90 000 km, sowel as padby-stand vir vyf jaar of 150 000 km, gaan jylang, sorgvrye eienaarskap geniet.

Die ix35 het al­les wat ’n gesinmet vakansienodig het. Behal­we ’n kinderop­passer wat 24uur per dag aandiens is | FOTO:JUSTUS VISAGIE

Aantreklike al­looiwiele is stan­daardtoerustingvir die hele ix35­reeks | FOTO:JUSTUS VISAGIE

As die kindersdaarop aandringom die speel­goedkas se in­houd saam tepiekel, is so ’nbagasiehouer rusvir jou siel |FOTO: VERSKAF

1

1 2

2

3

SKOOLVAKANSIE. ’N WOORD WAT VREES IN DIEMEESTE OUERS SE HART LAAT POSVAT. WANTNIKS IS SO ’N GOEIE RESEP VIR FRUSTRASIE ENVERVELING SOOS DIE WES-KAAPSE WINTER-WEER EN SPRUITE WAT MET JAN TUISBLY SEKARRETJIE RY NIE. BEHALWE AS JY DIE VEELSY-DIGE HYUNDAI IX35 IN JOU MOTORHUIS HET.EN DIS JUIS HOEKOM ONS DIE SKOOLVAKANSIESE GOOR, GROU WEER KON VERHELDER, SKRYFANÉ THERON.

Hyundai ix35 2.0 Executive Manual

Syfers

‘Score’ met Hyundai ix35Koop ’n nuwe Hyundai ix35 enkry ’n THULE­bagasiehouer endakbalke gratis

Die Hyundai ix35 is net die regtevoertuig vir die langpad – en ’nTHULE-dakbagasiehouer en dakbalkekan ’n lang vakansierit nog gerieflikermaak. THULE-toerusting word in Swe-de van die beste materiaal gemaak en

pas perfek by die Hyundai ix35.SMS die woorde “ix35THULE” na

33362 om te kwalifiseer vir ’n gratisstel THULE-dakbalke en ’n THULE-dakbagasiehouer (met ’n totale waar-de van R12 000) wanneer jy jou nuweix35 by ’n Hyundai-handelaar koop.

(SMSe kos R1,50 elk. Aanbod geldigtot 30 Augustus 2013)

3

R321 900

2 F-viersilinder-petrol

Vyfgang-handratkas,voorwielaandrywing

122 kW @ 6 200r/min en 197 Nm@ 4 600 r/min

0-100 km/h in 10.4 sen 181 km/h topsnelheid

8,7 liter/100 km

Vyf jaar of 150 000 km-waar-borg, vyf jaar of 90 000 km-diensplan en vyf jaar of150 000 km-padbystand.

PRYS

ENJIN

RATKAS

KRAG

VERRIGTING

VERBRUIK

NAVERKOPE

Page 7: Rapport InRat - 21 Julie 2013

8 InRat 21 Julie 2013| | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | |

Nuut

Die jongste Volkswagen GolfGTI, die sewende geslag, hetal soveel media-aandag ge-niet dat ek nie weer sy storiegaan vertel nie. Dis ’n fantas-

tiese motor wat alle lof verdien. Al watek gaan herhaal is dat hy ongelooflikmaklik is om vinnig te ry, gelaai is metveiligheidstoerusting, en dat sy turbo-en-jin se berg wringkrag jou die toekoms inslinger.

Sy hantering is meer vasvoetig as voor-heen danksy ’n nuwe stuurstelsel, en hygebruik minder brandstof. Hy is amperfoutloos, ondanks die stabiliteitsbeheerwat erge stuurtraagheid veroorsaak as ’nmens in ’n draai moet rem. Laasgenoem-de is ’n tegniek vir renjaers, wat op diebaan hoort en dus nie ’n tekortkomingvir ’n gewone bestuurder sal wees nie.

Maar . . . Die Golf VII GTI is eintlik nieregtig ’n GTI nie. Dis eerder ’n luukseluikrug wat meeding met die Mercedes

A-klas, BMW 1-Reeks en Audi A3. As jy ’nware GTI soek, nie net ’n vinnige luuksemotor nie, kyk eerder na sy wilder me-dedingers. Motors soos die Ford FocusST en Renault Mégane RS265 bied ’n sui-werder ervaring – hulle maak die be-stuurder deel van die aktiwiteit, iets watdie Golf nie doen nie.

Daar is natuurlik ’n alternatief: gaansoek iets ouer uit die VW-stal. Nee, ek isnie van lotjie getik nie, want ou Volkswa-gens het ook stewige bou en gehalte-ma-teriale soos waarmee die nuweling vlerksleep. Daarom is tweedehandse weerga-wes so gesog soos die nuwe. Die verskilis dat hulle werklik pret is om te bestuuromdat hulle minder staatmaak op slimelektronika, en meer op korrekte basieseontwerp.

Ek praat nie nou van oer-oue Golf II’sof CTI’s nie – hoewel hulle die Ur-GTI-er-varing bied, kompleet met wringstuur en’n agterwiel wat in die lug hang deur ’n

skerp draai. Nee, die seniors wat myhartsnare roer is die Golf 5 GTI (147 kW)en sy neef, die Seat Leon (147 kW) circa2005. Dis eenvoudig: VW wou ’n wareblitsbuks skep met die Merk 5, want sylaaste twee voorgangers het die spoorbyster geraak – al was hulle die tyd voor-uit met puik gehalte en verfyning. Die“5” het sy lewe begin as die mees formi-dabele GTI tot in daardie stadium.

Ja, hulle het direkte inspuiting en tur-bo-aanjaging ingespan om hul mikpuntete bereik, en die 5 (en Leon FR) het baieveiligheidsgoed en stabiliteitsbeheer ge-had. Maar die bestuurservaring was rouen direk. Gee die stuurwiel ’n plukkie,en die neus verander van rigting soos ’nterriër wat ’n tarentaal ruik. Raak in ’ndraai aan die remme en jy voel hoe dieagterent begin rondbeweeg. Trap die ge-raas-pedaal en die reaksie is onmiddellik.Jy voel deel van die masjien, nie ’n blotepassasier in ’n rekenaar-simulasie nie.

Die gevoel is uitdagend, maar baie bevre-digend wanneer jy en die motor beginsaamwerk.

Daardie gevoel is verlore in die nuweGTI, en dis hoekom ek eerder sy teen-standers sal aanbeveel vir geesdriftigebestuurders.

As jy hunker na ’n VW-produk, kiesdan ’n oue, maar as jy niks anders as ’nPlayStation ken nie, koop die GTI 7.– Martin Pretorius

Die nuwe Volkswagen Golf GTI (links) is uit­muntend, maar nie so ongekunsteld en prettigsoos die vyfde GTI (bo) nie. As jy geduldig isen katvoet loop, kan jy ’n mooi (gebruikte) Vyfkoop en hom net soveel of meer as ’n Sewegeniet | FOTO’S: VOLKSWAGEN

VW Golf GTI

Stille SonataDie Hyundai Sonata – in sy bestaan-

de vorm – het die motorwêreldlaat regop sit. Dis deels omdat sy

voorganger, wel nie ’n sleg motor nie,soos ’n baie arm man se Audi A4 gelykhet. Toe land sy opvolger omtrent driejaar gelede hier soos ’n jakkals in ’nhoenderhok. So ’n luukse pragstuk virR300 000? Ongehoord.

Die stuurgevoel van die nuwe Sonatawas ongelukkig leweloos en langer passa-siers het nie veel kopruimte agter gehadnie. Daarby was sy 2,4 liter-petrolenjineffe lui. Maar interessant en beskaaf wasdie Sonata beslis.

Gelukkig het Hyundai die enjin aange-

pas sodat die petrol direk in die silin-ders gespuit word, pleks van in die in-laatspruitstuk. Dink daaraan as whiskywat reguit na jou maag gaan, sonder omeers in jou slukderm te vertoef. In ’n en-jin is die gevolg hiervan meer skop perdop. In die Sonata se geval styg sy mak-simum kilowatt-syfer van 131 tot 148 kWen wringkrag van 238 tot 250 Nm.

Die ratkas is steeds ’n sesgang-outo’ endaar is spane agter die stuur vir bestuur-ders wat nie ratwisseling aan die motoralleen wil oorlaat nie.

Binne is die klankstelsel verbeter endit word nou deur ’n raakskerm beheer.

Onder die kosmetiese veranderings aan

die buitekant tel nuwe misligte met LED-dagliggies asook LED’s agter vir die her-ontwerpte stertligte.

Vat die pad en die Sonata is stil en ge-

rieflik soos ’n gentleman’s club ter-wyl hy passasiers op sy verbeterdevering sus.

Die stuurgevoel is steeds dooierigen die hantering nie sportief nie,maar ’n Golf GTI-koper en iemandwat ’n Sonata koop, verlang niedieselfde van ’n motor nie.

As jy egter ’n groot, waarde-vir-geld-sedan wil hê wat ’n sentime-ter nader aan die sportiewe kantis, moet jy beslis die Kia Optimaoorweeg. Teen R350 000 is hy ookR30 000 goedkoper as die Sonata.

– Justus Visagie

PRYSHyundai Sonata 2.4 GDi Elite – R379 995

So van die kant is dit maklik om die Sonata viriets van dubbel die prys aan te sien, soos ’nMercedes CLS | FOTO: QUICKPIC

NuutHyundai Sonata

Hoe om die regteGolf GTI 5 te koop

Deesdae kos ’n netjiese Golf 5 GTIomtrent R170 000. Nie goedkoop nie,want dit is steeds ’n gesogte ryding.Die Seat Leon FR is besonder skaars,maar jy kan dalk R15 000 minder be­taal as vir die GTI.

; Bestudeer die versieningsgeskie­denis. As die VW­agente hom versienhet, weet jy alle opgraderings op sysagteware is gedoen en onderdele istydig en korrek vervang.

; Laat die kar deur ’n handelaarnagaan. ’n Elektroniese diagnose kanfoute met die hoëdruk­petrolpomp,turbo en ontstekingstelsel uitwys.

; Bekyk die bande. ’n Versleteloopvlak aan die buitekant dui op ’nharde lewe.

; Vermy motors met meganiese­of sagteware­wysigings wat gedoen isvir meer verrigting. Sulke “opgrade­rings” hou nie rekening met die enjinse beperkings nie en kan tot latereprobleme lei.

; As jy die DSG­variant wil koop,maak seker dié outo’­kas werk glad.As dit nie reg voel nie, loop weg.DSG’s is taai, maar moet reg versienword, anders word herstelwerk duur.– Martin Pretorius

Fantasties, maar . . .

Page 8: Rapport InRat - 21 Julie 2013

21 Julie 2013 InRat 9| | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | |

PadToets

Die legendariese 911 vier van-jaar 50 lang lewensjare, enbehalwe ’n spesiale gedenk-model wat motorliefhebbersonlangs laat kwyl het, onder-

neem Porsche ook ’n wêreldtoer om diémotor-ikoon se mylpaal te gedenk.

Met almal se aandag hierop gevestig,het ’n ander 911-mylpaal egter half verge-te geraak – die feit dat die eerste vier-wielaangedrewe 911 ’n kwarteeu gelede,op die Paryse Motorskou in September1988, die lig gesien het.

Die 964-geslag van die 911-reeks is aan-vanklik net in Carrera 4-gewaad en met’n wye bakwerk bekend gestel, en dis in-teressant dat sy vierwielaandryfstelsel indie hoog tegnologiese 959 ontwikkel is.

Die oorspronklike 184 kW Carrera 4was egter geen verkoopsukses nie (ter-wyl die tweewielaangedrewe en turbo-modelle versamelstukke geword het),maar tog het dit die grondslag vir per-manente vierwielaandrywing in die Tur-bo-modelle van 1993 gelê – en versekerdat ’n 4 en 4S-weergawe deel van elkeopvolgende modelreeks gevorm het.

Die eerste Carrera 4 was ook ’n baan-breker, want hy was toegerus met ABS,Tiptronic, kragstuur en lugsakke – tegno-logie wat ons vandag as vanselfsprekendaanvaar. Voorts het dit ’n geheel nuweonderstel met ligte allooi-beheerarms enkrulvere gehad pleks van die verouderdewringstaaf-veerstelsel.

Nou, 25 jaar later, het ek geleentheid

gekry om weer ’n 4 onder hande teneem . . .

In die jongste 991-gewaad is die enigsteonderskeid tussen dié model en sy twee-wielaandryf-kollegas (behalwe sy breërbakwerk) die verskillende luginlate in diebuffer, swart kantstroke en ’n rooi (nouverligte) paneel tussen die agterligte.

Die Kaapse weer wou egter nie saam-speel nie. Waar ek gehoop het vir regteeendeweer om op papnat paaie met diealwielaandrywer se Traction Manage-ment-stelsel (TMS) te kan speel (wat kragtussen voor en agter in minder as 0.1 sverskuif ), was die dae blou en wolkloos.

’n Mens neem egter nie aldag ’n Por-sche onder hande nie, en met 294 kWonder die voet en 440 Nm-draaimomentteen net duskant 5 500 r/min tot jou be-skikking, vergeet jy gou van die weer.

Soos enige 911 fokus die S4 jou gedag-tes op die bestuurservaring, maar, inteenstelling met ’n kwarteeu gelede toeselfs die 4 al jou aandag geverg het omop die asfalt te bly; betrek die jongsteblits jou met sy volmaakte padgrasie by-na onwillekeurig by die rybelewenis.

Dis hierdie opmerklike deeglikheid vanZüffenhausen se ontwerp- en ingenieurs-vernuf wat die 991-modelreeks bo diemeeste mededingers laat uitstyg, wantdié Porsche voel in alle opsigte reg enafgerond.

Sy plat 3,8 liter-sessilinder se kenmer-kende klankbaan (wat verder versterkkan word deur ’n spesiale enjinflap met

die druk van ’n knoppie te aktiveer), dienaatlose blitswisselings van sy sewegang-dubbelkoppelaar-outo’kas, die suiwerheidvan sy stuuraksie en die akkurate wissel-werking tussen pad en vering maak eni-ge rit ’n amper erotiese belewenis.

In die kronkels word hierdie gewaar-wordings nóg intenser. Gee hom sy kopin Sport Plus-modus – net beskikbaarmet die opsionele Chrono-pakket – endie 4S laat jou menigmaal wonder hoede duiwel hy teen spoed hewig deur ’ndraai kan suiker terwyl dit voel of hy op’n Sondagmiddag-uitstappie is.

Behalwe TMS, laat sy breër agterstewe(22 mm meer as die gewone koepeeweerskante) en 10 mm breër tekkies homlig en beweeglik voel, soos ’n topatleetwat goed geoefen het.

Die ware pret lê in sy ritme en grasiesoos dit op die klougrens vanuit eendraai na die volgende pyl en soos sy 911-stalmaats verander dié Porsche gou ’nlekker sonnige wintersdag in ’n uitson-derlike een.

Maar is die 4S – teen R1 347 000 son-

der opsies werklik nodig vir ons droë,meestal sneeulose toestande?

Wel, puriste sou dit dalk nie verkiesnie, maar diegene (met die geld) wat diePorsche-ervaring mét bykomende veilig-heid soek, sal baie moontlik die 4S ver-kies – soos bewys deur die vorige modelmet 34% van totale 911-verkope.– Ferdi de Vos

SYFERSPRYS R1 347 000 (sonder ekstras)ENJIN 3,8F-platses-petrolRATKAS Sewegang-dubbelkoppelaar-outo’,vierwielaandrywingKRAG 294 kW @ 7 400 r/min en 400 Nm@ 5 600 r/minVERRIGTING 0-100 km/h in 4.3 sek. en297 km/h topsnelheidVERBRUIK 9,1 liter/100 km en 215 g CO2/kmBRANDSTOFTENK 68FBAGASIEBAK 125FNAVERKOPE Vyf jaar of 90 000 km- omvat-tende instandhoudingsplanOORWEEG OOK Audi R8 4.2 FSI V8 S-tronic,Lamborghini Gallardo LP560-4

Die 911 4S saljou laat smagna reën, netsodat jy kanvoel hoe goedsy aandry­wingstelsel isFOTO:DESMONDLOUW

‘Gedenkmodel’ virlegendariese vastrapblits

Porsche 911 Carrera 4S PDK Koepee

Page 9: Rapport InRat - 21 Julie 2013

10 InRat 21 Julie 2013| | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | |

PadToets

’NWêreldoorlog woed op

planeet Motorfiets, metelke supermoondheidwat veg om die beste1200 cc-avontuurfiets te

bou en oor die grondpaaie te heers.BMW regeer al jare lank met sy kolos,

die R 1200 GS. Byna elke liewe handels-merk het intussen sy wapentuig gebou,maar die Duitsers staan stewig en dit lykasof die indringers nie eens ’n kwesskootinkry nie. Maar nou het Oostenryk sywapen uitgestoot in die vorm van dieKTM 1190 Adventure. Beteken dit moeilik-heid vir die blou-en-wit “propeller”?

Die KTM 1190 se 1195 cc-tweesilinder isdieselfde enjin wat in die KTM RC8-su-perfiets gebruik word. Dis reeds ’n waar-skuwing dat dié avontuurfiets se perdenie heeltyd rustig gaan draf nie. Latermeer hieroor.

Deesdae se duurder motorfietse het ’narsenaal van elektronika wat bystandverleen en allerlei keuses bied. Ook somet die 1190. Daar is vier verskillendery-modusse om uit te kies en dit kan ge-doen word terwyl jy ry; Sport, Street,Rain, en Off-road. Elke keuse bepaal hoe-veel krag daar gaan wees, hoe sterk diekrag toegedien word, hoeveel gly diewieltolbeheer sal toelaat en hoe skerpdie ABS inskop. Die Off-Road-modus ver-minder byvoorbeeld die kraglewering na75 kW, laat ’n taamlike mate van wieltoltoe en die ABS werk net op die voorrem-me. Jy kan in Sport ry en ook die wiel-tolbeheer en ABS heeltemal afsit, watdus beteken jy’t al die perde onder jouen nul elektroniese bystand. Elke keerwat jy egter die fiets af- en weer aanska-kel, skakel die ABS en wieltolbeheer ou-tomaties aan – ’n klein irritasie.

Die WP-vering* is elektronies verstel-baar (in die ry) tussen Sport, Normal enComfort. Soos alle WP-vering werk die1190 s’n puik en die fiets het uiters sta-biel gevoel op grondpaaie. Wanneer dieagterwiel rondgegly het en op soek wasna vastrapplek het die voorwiel geplantgebly. Daar was geen kopskud (headshake of tank slap) nie, nie eens oor dieergste sinkplaat en ongelykhede nie. Ooknie teen 200 km/h op die gruis nie.

Ja, jy gaan hom gas gee en jy gaanskrik, want die hoeveelheid krag is mon-steragtig. Daar is 110 kW en 125 Nm watheeltyd vorentoe beur. Ongeag jou rat-keuse of snelheid. Wanneer jy die ver-

sneller draai, moet jy jou armpies styfhou en die draai 3 km vorentoe dophou,want jy’s nóú daar. Ek het hom op ’nkeer op 250 km/h gehad voordat ekmoes rem trek. Daar was nog heelwatwoema oor. So ja, hy’s belaglik vinnig.Dalk te vinnig vir ’n avontuurfiets.

Die petrolverbruik was baie goed. Ná’n dag se gejaag het die fiets ’n gemid-deld van 6,5 liter/100 km gebruik.

’n Goeie avontuurfiets is vir lang toerebedoel en vir baie ryers was KTM se sit-plekke vroeër te smal en te hard. Noukan dit dalk net te breed en sag wees.Die sitplek het effens te breed gevoelwanneer ek gestaan en ry het. En ek hetlater gevoel asof ek op die raam van diefiets sit. Die spons is te sag en sak teveel weg – en ek’s ’n maergat.

Nog iets wat gepla het, was die elek-troniese skerm. Dit wys al die nodige in-ligting, maar hier oor die middagure het

die son heeltyd van die skerm af weer-kaats en my so te sê verblind.

Die 1190 is ook beskikbaar in R-monde-ring wat beteken daar is ’n 21 duim-voor-wiel, geen elektroniese suspensie nie (al-les is wel met die hand verstelbaar), diewindskerm is laer en die sitplek is eenstuk, pleks van twee.

Die KTM 1190 is ’n mooi fiets en lyk ofvoel glad nie groot en lomp nie. Inteen-deel, dit het heeltyd gevoel soos ’n su-permotard. KTM het ’n groot kanon aan-mekaar gesit. Met sy heel eerste pogingom die 1200 cc-avontuurmark te infil-treer klop hy die res op ’n spul strategie-se gebiede. Daar’s ’n oranje gloed op dieslagveld en dis op pad Duitsland toe.– Willem van der Berg

; Verskeie pakkette kan bygekoopword wat dan verhitte handvatsels, ver-hitte sitplekke en nog ’n rits toebehorekan insluit.

; Groot dank aan Duggie en DaphneAllison van KTM Bloemfontein/MarathonMotors vir die leen van die KTM 1190 Ad-venture. Kontak hulle by 0 051 447 1313of [email protected]

*WP is ’n vervaardiger van motorfiets-vering.

SYFERSPRYS R153 000 vir die basiese Adventure-variant, R155 000 vir die basiese R-variantENJIN 1195 cc-tweesilinder, waterverkoelRATKAS Sesspoed; kettinggedreweKRAG 110 kW @ 9 500r/min en 125 Nm@ 7 500r/minPETROLTENK 23 literGEWIG 235 kg (vol petrol)SITPLEKHOOGTE 860/875 mm vir dieAdventure en 890 mm vir die RNAVERKOPE Tweejaar-waarborg, ongeag diekilometers. Versien elke 15 000 km. Twee-jaar-padbystand ingesluit.

Veldslag!KTM 1190 Adventure

Die KTM 1190 Adventure voel meer stabiel teen hoë snelhede as die BMW R 1200 GS | FOTO: WILLEM VAN DER BERG

Dié tier brul nie, hy singJy weet wat sê hulle van aambeie,

nè? Elke tweede agterwêreld heteen. Nou ja, “hulle” sê ook BMW-

motorfietse is soos aambeie. Hulle isoral. Maar jy kry motorfietsryers wat toe-tentaal verseg om iets te ry waarop dieronde wit-en-blou handelsmerk pryk.Hulle stap eerder. Of stoot.

Deesdae is daar uitstaande mededin-gers vir BMW. Nog nooit was daar sobaie 1200 cc-avontuurfietse om van tekies soos nou nie. Vir die kleinerBMW F 800 GS is daar eintlik net eenmededinger, die Britse Triumph Tiger800 XC. Die KTM 990 Adventure was tot’n mate, maar dié het in elk geval pakketgevat en is vervang deur die nuwe 1190Adventure. Honda se XL 700 V Transalpkan ook as mededinging gereken word,maar sy enjin is effe kleiner en hy’sbleddie lelik.

Wanneer jy die Triumph die eerstekeer bekyk, kan jy hom aansien vir die800 GS. Hulle lyk baie na mekaar.

Op papier is daar heelwat ander oor-eenkomste: die enjingrootte, kraglewe-

ring, gewig en verkoopprys. Maar daarstop dit summier, want in werklikheidverskil hierdie twee van mekaar soosDuitsland van Engeland.

Die Triumph het ’n driesilinder-enjinteenoor die GS se tweesilinder. En laatek jou sê, Engels het nog nooit so mooiop die oor geval nie. Die Tiger brul nie,hy sing. Dit klink baie meer soos ’n su-perfiets wat deur die grondpaddraai ge-gly kom as ’n avontuurfiets. En dit laatdie oë nogal rek.

Die Triumph het 7 kW meer krag ommee te hol as die GS, maar skrum met4 Nm wringkrag minder. Tog is dit dieTiger 800 wat voel asof hy meer wring-krag het, selfs teen lae enjintoere. Hyvoel vinniger uit die wegspringblokke enook sterker deur die eerste 4 000 r/minof wanneer ek in ’n hoë rat vet gee.

Jy kan ook die Triumph se versnellerlanger ooptrek omdat hy eers by 10 000r/min in die rooi is teenoor die BMW se8 500 r/min-rooilyn. En die tier wordheel beneuk net voor die rooilyn.

Sowel die Engelsman as Duitser is vin-

nig. Albei kan 200 km/h haal. Maar disdie BMW GS wat makliker daar bykomen selfs gemaklik oorgaan na die anderkant van 200.

Kan ’n mens sê die een is beter as dieander? Hulle sal langs mekaar moet aan-tree en ’n bietjie gedril word voordat onsdit kan antwoord.

Ons het gelukkig genoeg tyd hiervoor,want die Tiger is in ons sorg tot die ein-de van die jaar. Lees InRat om te sienhoe hulle baklei. – Willem van der Berg

SYFERSENJIN 799 cc-driesilinder, waterverkoelKRAG 70 kW @ 9 300 r/min en 79 Nm@ 7 850 r/minRATKAS 6-spoed, kettinggedrewePETROLTENK 19 literVERBRUIK 5,6 liter/100 km (ons syfer)AFSTAND AFGELÊ 421 kmSITPLEKHOOGTE 845 mm of 865 mmGEWIG 215 kg met olie en petrolNAVERKOPE Tweejaar-waarborg met AA-padbystand. Versien elke 10 000 km.

Dié beweseBritse avon­tuur­tier is uitdie hemel ge­stuur vir hullewat nie netnog ’n BMWF 800 GS wilry nieFOTO:WILLEM VANDER BERG

Triumph Tiger 800 XC OnsRyding

Page 10: Rapport InRat - 21 Julie 2013

21 Julie 2013 InRat 11| | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | |

MotorSport

Formule Een

Ná sy terugslag in die BritseGrand Prix, toe hy hom kortvoor die einde moes onttrekterwyl hy voor was, is Sebastian

Vettel nou weer stewig in die saal ná ’nnaelskraapse oorwinning by ’n opwin-dende Duitse Grand Prix.

Die jong heersende F1-wêreldkampioenis deurentyd op die Nürburgring deurdie Lotus-jaers Kimi Räikkönen sowel asRomain Grosjean onder druk geplaas enhy het erken indien die ren ’n rondtelanger was, was die uitslag dalk anders.

Die Duitse Red Bull-jaer het egter koel-kop gebly om die wenstreep ’n sekondevoor die Fin te kruis vir sy eerste sege insy tuis- Grand Prix en sy 30ste F1-oor-winning, gevolg deur Grosjean, met Fer-rari se Fernando Alonso vierde – net0.7 s agter die Fransman.

Vir Räikkönen was die uitslag teleur-stellend, want nadat Vettel en Grosjeanhul laaste kuipestoppe gemaak het, washy voor. Sou hy dalk uitgebly het, en niedie kuipe 11 rondtes voor die einde be-soek het nie, het Lotus dalk gewen.

Lewis Hamilton (Mercedes) was weerdie vinnigste met kwalifisering, maar hetin die ren teruggesak. ’n Stewige eindpo-ging het hom in die laaste rondte by Jen-son Button (McLaren) laat verbykom omvyfde te eindig.

Vir die Aussie Mark Webber (Red Bull)was die ren weer frustrerend. Hy wastweede toe hy vir bande gestop het,maar die regter-agterband is nie stewigvervang nie, en het losgespring toe hyuit die kuipe wegtrek. Die bokspringendeband het Paul Allen, ’n TV-kameraman,getref, en Webber het tot heel laaste te-ruggesak. (Red Bull is met sowatR340 000 beboet ná die voorval.)

’n Veiligheidsmotor-tydperk, nadat dieMarussia van Jules Bianchi gebreek enaan die brand geslaan het, het Webberin staat gestel om plekke op te maak, enhy was eindelik sesde algeheel. Hy hetaangedui hy gaan die Red Bull-span ein-de vanjaar verlaat om vir Porsche in uit-hourenne te jaag.

Vettel is nou 34 punte voor Alonso indie jaerskampioenskap, met Räikkönenderde (sewe punte agter) en Hamiltonvierde (met nog 17 punte minder).

Le Mans 24 uur­uithourenAudi het sy oorheersing van die Le

Mans 24 uur-uithouren voortgesit metTom Kristensen, Allan McNish en Loïc

Duval (Audi R18 e-tron quattro) wat dieDuitse vervaardiger sy 12de oorwinningin 13 jaar in die 90ste weergawe van dieren besorg het.

Vanjaar se ren in La Sarthe, Frankrykis gekenmerk deur gure weer en uitersmoeilike baantoestande, en sal onthouword vir die botsing wat die lewe vandie Deense jaer Allan Simonsen (AstonMartin) geëis het.

Vir die Audi-span was dit g’n maklikesege nie, want die no. 2-Audi van Kris-tensen, McNish en Duval is heelpad deurdie no. 8-Toyota TS030 van Anthony Da-vidson, Sébastien Buemi en StéphaneSarrazin gejaag, en daar was nooit meeras ’n rondte gaping tussen die twee nie.

Tot kort voor die einde het dit ook ge-lyk of Toyota die derde podiumplek souvul, maar toe gly die TS030 van AlexWurz, Nicolas Lapierre en Kazuki Nakaji-ma van die nat baan, en dit het dieno. 3-Audi (Lucas Di Grassi, Marc Genéen Oliver Jarvis) deurgelaat.

Die Toyota-span het egter uitmuntendvertoon in net sy tweede Le Mans-ren,en hy behoort aanstaande jaar nóg ster-ker te wees. En met Porsche se terug-keer na uithourenne (met ’n seker mnr.Webber agter die stuur) beloof Le Mans

2014 ’n onmisbare skouspel.

Jong SA­jaers skitter oorseeJong jaers uit Suid-Afrika, almal uit ge-

siene motorsport-families, is besig omnaam te maak in Europa.

In die Scirocco R-bekerrenne in Duits-land het Kelvin van der Linde (17), seunvan die gewese SA kampioen Shaun, enkleinseun van die legendariese Hennievan der Linde, nou reeds ’n driekunsoorwinnings teen van die beste jong Eu-ropese jaers behaal.

Sy jongste sege was verlede week opdie Norisring in die vierde ronde vanhierdie Europese reeks.

Net so het Jordan Pepper (16), seunvan die voormalige produksiemotorkam-pioen Iain Pepper, ’n uitstekende ren ge-had om sesde te eindig nadat hy 12deweggespring het. Van der Linde is noulos voor in die reeks, met Pepper derde.

Op die tydrentoneel het Henk Lategan(19), seun van die veelvuldige kampioenHein Lategan, verlede week ’n derdeplek in die Veszprem-tydren in Hongaryein ’n Skoda S2000 in net hul tweede in-ternasionale ren behaal. Hy en sy mede-jaer, Barry White, was vroeër vanjaarsesde in die Adriatiese tydren in Italië.

SA­tydrenreeksDie verdedigende kampioene Mark

Cronjé en Robin Houghton in hul FordFiesta S2000 is steeds die paar om teklop in die nasionale tydrenreeks, selfsal het hul onoorwonne rekord vanjaar indie Toyota Gauteng-handelaarstydreneinde Mei in die slag gebly.

Dié ren is deur Jannie Habig/RobertPaisley (ook in ’n Fiesta) gewen en hulleis nou net een punt agter Cronjé/Houghton. Derde in die jaerskampioen-skap is Gugu Zulu, in ’n ouer VW PoloS2000-uitdagingsmotor, gevolg deurJohnny Gemmell (Toyota Yaris S2000),wat die naaswenner in Gauteng was.

SA­veldrenreeks’n Tweede opeenvolgende produksie-

voertuig-oorwinning vir die Castrol-Toyota-paar Anthony Taylor en DennisMurphy in die onlangse Toyota 1000-woestynren in Botswana het hulle die ge-samentlike voorlopers in die nasionaleveldrenreeks gemaak.

Halfpad deur die seisoen is Taylor enMurphy nou gelyk aan Chris Visser/JapieBadenhorst (Ford Racing Ranger) in dieSP- én die produksievoertuigklas, met85,5 punte elk. – Ferdi de Vos

Vettel verder voor Baan­, tyd­ en veldrenne

Die sewentienjarige Suid­Afrikaner Kelvin van der Linde (albei foto’s) loop ver voor in die Scirocco R­bekerreeks in Duitsland |FOTO’S: VERSKAF

Afslag­AvanzaDaar’s nie veel om uit te kies as jy

’n nano-bussie met drie rye sit-plekke wil hê nie. Die hoofspeler

is Toyota se Avanza (van R163 000) metNissan se lekker lang, slap Grand Livina(van R210 000) as byspeler. Dié rygoed ismeestal as meter-taxi’s bestem of om se-kuriteitswagte na hul wagpos-houthuttein rykmansbuurte te vervoer.

Die oudste motorvervaardiger in Chi-na, First Automobile Works (FAW), hetonlangs die 1,5 liter-weergawe van sy“Avanza” in Suid-Afrika onthul. FAWnoem hom die Sirius S80 en hy is ’nkloon van die ouer Toyota Avanza, watnie meer plaaslik nuut te koop is nie.

Omdat dié soort wa as goedkoop ver-voermiddel ontwerp is en sy passasiersgewoonlik oor korter afstande vervoer, is’n mens geneig om nie hemelhoë ver-wagtings te hê nie. Ook omdat dit boon-op ’n Chinese faksimilee van ’n middel-matige Toyotatjie is. Ek kan egter aanbaie erger goed dink om te doen as ommet dié dienlike bussie te ry. En dis nienet om (ver) te stap nie.

Op die vrot paaie en weë-in-wordingnoord van Durban het die Sirius ’n aan-vaarbare balans tussen rit en hanteringvertoon en sy enjintjie het die indruk ge-wek dat hy ses mense maklik teen120 km/h sal kan aanry. Die bougehalte,afwerking en materiale lyk skaflik, maardie rathefboom se wissel-aksie voel soos’n besemstok in ’n emmer vol albasters.

’n Woordvoerder van FAW het verdui-delik sy troefkaart is toerusting soos lug-versorging, allooiwiele en ’n klankstelselwat nie by die mees basiese Avanza inge-sluit is nie, maar wel by die Sirius. Ofdit saak maak, sal bepaal word deur hoevrygewig jy teenoor jou werknemersvoel, want dis hulle wat daarmee gaanry. Die gemiddelde InRat-leser met meeras drie kinders sal liewer R261 000 vir ’nToyota Verso uithaal. – Justus Visagie

PRYSESirius S80 1.3 paneelwa R149 995Sirius S80 1.3 7-sitplek R159 995Sirius S80 1.5 7-sitplek Standard R179 995Sirius S80 1.5 7-sitplek Comfort R189 995

Die Sirius is die eerste motor van FAW wat plaaslik te kry is. FAW is meer bekend omsy vragmotors wat al 18 jaar in Suid­Afrika werskaf | FOTO: QUICKPIC

FAW SiriusNuut

Page 11: Rapport InRat - 21 Julie 2013

#standard

Picanto LXVanaf R990 pm*

14802O

Fyt

Vir meer inligting besoek surprisingisstandard.co.za

Maandelikse Paaiement

Deposito %

Groot Eindbedrag %

VERRASSING 1

R990

35%

40%

VERRASSING 2

R1472

15%

35%

VERRASSING 3

R1915

15%

0%

All 3 deals are based on a price of R121 995 over 72 months. Interest rate is linked to prevailing prime rate subject to change, deal subject to creditapproval by Kia Finance, a division of MFC, a division of Nedbank Limited. Nedbank Limited is an authorised financial services provider. NedbankLimited is a registered credit provider under the NCA (NCRCP 16). Price excludes an initiation fee of (R1140) and a monthly service fee of (R57p/m).Deal is for advertised specifications only, any additional accessories will be subject to separate terms and conditions. On road costs excluded. E&OE.

#surprisingLugreelingRadio/CD met MP3/iPod/USB-verbindingBestuurder- & Passasier-lugsakkeVoorste Misligte

..

www.kia.co.za

*