16
Verspreidingsgebied: Kathu, Kuruman, Daniëlskuil, Lime Acres, Olifantshoek, Postmasburg, Upington, Keimoes, Kakamas en Groblershoop 20 FEBRUARIE 2014 WWW.KALAHARIBULLETIN.CO.ZA WWW.KALAHARIBULLETIN.MOBI GRATIS Kathu KYK binne vir Kathu se oulike Valentynsfoto’s. Lesers word uitgenooi om hulle foto’s by Kalahari Bulletin se Facebook blad te gaan oplaai – besoek www.facebook.com/kbulletin. Benneli Olivier Van der Walt DIE Kalahari Bulletin se Kathu- uitgawe is in Mei ’n jaar oud en nou het die koerant ’n kantoor in Kathu gekry. Die kantoor is in die Heritage Square-sentrum in Frikkie Meyer- straat in die dorp. Mense word genooi om die personeel in die kantoor te kom besoek. Advertensienavrae kan aan Madri Scheepers gerig word, terwyl Benneli Olivier Van der Walt die redaksionele inhoud van die koerant hanteer. Bel die kantoor by 053-723- 2685. Die koerant is ook op die webblad www.kalaharibulletin.co.za beskikbaar en kan op Face- book gevolg word by www.facebook.com/kbulletin. ) Kyk op bl. 2 wat is nog alles in dié sentrum. ‘Bulletin’ skop nes DIE nuwe kantoor van die Kalahari Bulletin Kathu is in die Heritage Square-sentrum. Foto: Benneli Olivier Van der Walt

Kathubulletinka 20140219

Embed Size (px)

DESCRIPTION

Kathubulletinka 20140219

Citation preview

Page 1: Kathubulletinka 20140219

Verspreidingsgebied: Kathu, Kuruman, Daniëlskuil, Lime Acres, Olifantshoek, Postmasburg, Upington, Keimoes, Kakamas en Groblershoop

20 FEBRUARIE 2014 WWW.KALAHARIBULLETIN.CO.ZA WWW.KALAHARIBULLETIN.MOBI GRATIS

Kathu

KYK binne vir Kathu se oulike Valentynsfoto’s. Lesers word uitgenooiom hulle foto’s by Kalahari Bulletin se Facebook blad te gaan oplaai –besoek www.facebook.com/kbulletin.

Benneli Olivier Van derWalt

DIE Kalahari Bulletin se Kathu-uitgawe is in Mei ’n jaar oud

en nou het die koerant ’nkantoor in Kathu gekry.

Die kantoor is in die HeritageSquare-sentrum in Frikkie Meyer-straat in die dorp.

Mense word genooi om diepersoneel in die kantoor te kombesoek. Advertensienavrae kanaan Madri Scheepers gerig word,terwyl Benneli Olivier Van der

Walt die redaksionele inhoud vandie koerant hanteer.

Bel die kantoor by 053-723-2685. Die koerant is ook op diewebblad www.kalaharibulletin.co.za

beskikbaar en kan op Face-book gevolg word bywww.facebook.com/kbulletin.) Kyk op bl. 2 wat is nogalles in dié sentrum.

‘Bulletin’ skop nesDIE nuwe kantoor van die Kalahari Bulletin Kathu is in die Heritage Square­sentrum. Foto: Benneli Olivier Van der Walt

Page 2: Kathubulletinka 20140219

2 KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 20 FEBRUARIE 2014

Madri Scheepers enBenneli Olivier Van

der Walt

VERSKEIE winkels hetreeds in die nuwe HeritageSquare-sentrum in FrikkieMeyerstraat in Kathuoopgemaak.

Toshiba Noord-Kaapdoen reeds die afgelopetwee en ’n half jaar sake inKathu. Die onderneminghet in Desember 2013 nadié sentrum geskuif.

Toshiba Noord-Kaaplewer ’n verskeidenheiddienste wat telefoonstelsels(PABX), skootrekenaars,rekenaars, netwerke,breëband-internet viasatelliete en domeine,

drukkers, skandeerders enkopieermasjiene insluit.

Die span bestaan uitGrahame Rathbone,Barbara Rathbone, LucyThage, Jaco Scholtz enOctavius Mogadile.

Die Lewis-meubelwinkelis tydelik langs dieKalahari Bulletin se nuwekantoor. Dié ondernemingverskuif in Septembervanjaar na die Pick n Pay-gedeelte van die sentrum.

Dié span wat die winkelbedryf, bestaan uit VivianShuping, Lebo Moshoeuny-ane, Sharief Elliot (areabe-stuurder), Linda Mongot-leng, Palesa Mhlongo,Tlhogi Mogotsi, GaoSelebogo, Abram Khasu en

Hunter Senye.BUCO Kathu verskuif

eersdaags ook na diesentrum en open op 14Maart vir sake.

Op die nuwe perseel van5 135 m² gaan ’n bykomen-de 11 000 produkte aange-bied word.

Volgens die ondernemingbeteken meer ruimte meervoorraad kan aangehouword wat flink dienslewe-ring aan kliënte beteken.

Die nuwe winkel in dieHeritage Square-sentrumsal meer keuses aankliënte bied.

Die bestuur beloof ookom steeds spesialiskennisen goeie diens aan kliëntete verskaf.

Verskeie winkels al oop inHeritage Square-sentrum

VERSKEIE winkels in die Heritage Square­sentrum het reeds vir sake in die sentrum oop­gemaak. Foto: Madri Scheepers

Noord-Kaapse Kantoor

TWEE mense is dood en 23 beseer toe tweeminibustaxi’s verlede week reg van voor opdie R380-pad tussen Kathu en Deben gebotshet.

Volgens lt. Olebogeng Tawana, polisie-woordvoerder, is Gert Jood en Jan Nkgaredood in die grusame ongeluk wat opMaandag 10 Februarie omstreeks 17:15plaasgevind het.

Een van die oorledenes is op pad na diehospitaal aan sy beserings dood, terwyl dieander oorledene op die toneel dood verklaaris.

Volgens Tawana word beweer die een taxiwou ’n ander voertuig verbysteek toe dit

teen die ander taxi gebots het wat van voorgekom het.

Volgens Russel Meiring, woordvoerdervan ER24, is die twee voertuie in diemiddel van die pad gekry toe die paramedi-ci daar opdaag.

Meiring sê albei taxi’s het groot skade indie ongeluk opgedoen.

Volgens hom moes reddings-toerusting gebruik word om van dieinsittendes te bevry wat in die taxi vasge-keer was.

Hy sê ander beseerdes het om dievoertuie gelê.

Van hulle is ernstig beseer.Die polisie ondersoek ’n klag van strafba-

re manslag.

Taxi-botsingeis twee

’n KANSA-MARK word op 29 Maart in dieTshimo Gardens in Kathu gehou. Stalletjieskos R150 en die geld van die stalletjies salaan Kansa Kathu geskenk word. Rig navraeaan Malinda Roux by 082-876-6802.

A MAN who stole a bakkie in Kathu wasfound guilty in the Kathu Regional Courtand sent to jail for seven years.

Tshepo Mooketsi (21) stole a Datsunbakkie last year at a the residence of itsowner after using a padlock key to openthe car.

According to a press release by theKathu police, the Kuruman police wasalerted about the theft.

They were also informed of the makeand model of the vehicle.

Mooketsi was caught by members of theKuruman police patrolling the N14 road.

He was driving on the road and approa-ching a Stop and Go area when he wasstopped and arrested for being in thepossession of a suspected stolen vehicle.

The court learnt that Mooketsi had two

previous convictions in 2013.He was found guilty of theft and his

sentence was a R900 fine or six months inprison.

The second conviction was for using afalse name.

For this offence he was sentenced tothree months in prison or a R600 fine.

The accused also received a suspendedsentence of four years.

The suspended sentence came into effectsince he had committed new crimes onlyfive months after the suspension.

He is now going to jail for seven years.In the release the Kathu and Kuruman

police were applauded for the hard workand team effort in the completion of thisinvestigation and the successful prosecu-tion of the accused.

Car thief gets 7 years prison time

DIE Kathu-polisie se kontakbeson-derhede is:Polisiekantoor: 053-723-9116Selfoonnommer: 082-454-3784Faksnommer: 053-832-3492E-pos-adres: [email protected]

Page 3: Kathubulletinka 20140219

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 20 FEBRUARIE 2014 3

Benneli Olivier Van derWalt

MET baie liefde kan groothoogtes bereik word.Little Angel, ’n dwergperdjie

van Olifantshoek, is op 7Februarie 2013 gebore en hetverlede week haar eersteverjaardag gevier.Die perd se ma het tydens

haar geboorte gevrek, en dit istoe Kitty en Josef Ekkerd selfmoes inspring om dié “baba”groot te maak.Die perdjie het by geboorte

slegs 9 kg geweeg en was 35 cmhoog. Haar ma, wat in 2008 ’nsenior miniatuurperdkampioenwas, was 77 cm hoog terwylhaar pa 70 cm hoog is.Dit was nie ’n maklike

proses om die perdjie aan dielewe te hou nie.Dwergperdjies se ingewande

is gewoonlik met geboorte baieswak en dit kan tot ’n vroeëvrekte lei. Die Ekkerds hetsnags gesit om haar elkehalfuur 20 ml beesmelk te voer.Die astrante klein perdjie het

in die huis se sitkamer grootge-word, en het soms selfs byhaar “ouers” in die slaapkamergeslaap.Sy het natuurlik ook die

wêreld vol saam met haar maen pa gery, omdat sy nie alleengelos kon word nie.Deesdae slaap sy buite, want

hoe potty-train ’n mens nou ’nperd? Die perdjie is baie gehegaan haar pleegouers en runniksaam wanneer sy hulle hoorpraat.Ekkerd teel al van 2010 met

dwergperdjies en besit nog 10ander perdjies.Maar Little Angel dink sy is

’n mens.“Sy wil niks met die ander

perde nie te doen hê nie,” sêEkkerd.Ekkerd is geregistreer by die

Suid-Afrikaanse Miniatuurperd-genootskap.“Dit is ’n wonderlike erva-

ring om met hulle te werk.Little Angel het ’n liefdevollegeaardheid. Saans wanneer onstelevisie kyk, kom lê sy by onsvoete.”

Dwergperdjie tuis inmensehuis

LITTLE ANGEL het op 7 Februarie een jaar oud geword. Hier is sy saam met haar pleegma, Kitty Ekkerd. Foto: Verskaf

Die perdjie het by ge­boorte slegs 9 kg ge­weeg en was 35 cmhoog.

Page 4: Kathubulletinka 20140219

4 KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 20 FEBRUARIE 2014

WNW-10

Die geluk, dankbaarheid enverligting op die gesig van diemens wat die koeldrank,pasteitjie en brood ontvang het,het my oortuig dat mense wat’n RAKnomination doen, ’ngoeie ding doen.

Dit maak nie saak wat sy doeldaarmee is nie; of hy ’n meisiewil beïndruk, sy gesig oral opFacebook wil sien of net ’n kickwil kry uit die hoeveelheidkommentaar en likes ná die tyd.Op die ou end het hy of syiemand se dag gemaak. Vir ’nrukkie is vreugde in iemand selewe gebring en ek dink op dieou end is dit al wat saak maak.’n Koeldrank op ’n snikhete dagsal enigiemand bly maak.

Gaan kyk op www.kalahari-bulletin.co.za na een van onsjoernaliste se RAKnominationsen deel joune met ons. Stuur ditna [email protected].

Lizette Slabber

SOSIALE MEDIA bly myverstom.

Ek is nie mal oor Facebooknie, maar word keer op keerstomgeslaan deur die mag watdie eenvoudige webtuiste het.

Dit irriteer my die meestevan die tyd, want dit voel asofeen mens die heeltyd jouFacebookblad oorneem met diesimpelste aanmerking oor hoehaar koffie geproe het of hoehaar hondjie haar skoeneopgevreet het.

Tog het Facebook my helematriekklas van 20 jaar geledebinne twee dae bymekaarge-bring.

Facebook verskaf my eindelo-se pret met al die duisendespeletjies wat daarop is en danis daar natuurlik altyd nuwig-hede soos RAKnominations.

Dié RAKnominations het mydie afgelope tyd verstom.Aanvanklik het ek gedink disnou weer net ’n spul narsissistewat enigiets sal doen omraakgesien te word totdat ek só’n RAKnomination beleef het.

Paroolstelsel laat’n mens wonderMET die onlangse vrylating vandie “Waterkloof-vier”, ChristoffBecker, Reinach Tiedt, Gert vanSchalkwyk en Frikkie du Preez,het die Suid-Afrikaanse paroolstel-sel weer onder die soeklig gekom.Dit wil voorkom asof gevangeneswat op parool vrygelaat word diestreng voorwaardes minag. Vraerondom parool- en medieseparoolvoorwaardes en dié watdaarvoor kwalifiseer, kan aanhan-gig gemaak word.

Slegs ’n week nadat die soge-naamde Waterkloof-vier onderstreng paroolvoorwaardes vryge-laat is, het ’n video op Youtubeverskyn van Frikkie du Preez enChristoff Becker wat na beweringonwettig alkohol gebruik in dieKgosi Mampuru- KorrektieweSentrum in Pretoria waar hullehul vonnis uitgedien het. Een vandie paroolvoorwaardes is diegereelde terugrapportering aan dieKgosi Mampuru- KorrektieweSentrum. Die “Waterkloof-vier”het ’n vonnis van 12 jaar elkontvang vir die moord op ’nhawelose man in 2001. Dit wilvoorkom of Christoff Becker enFrikkie du Preez, terwyl hulle nogin aanhouding was, hul parool-voorwaardes, asook die gevange-nisreëls, oortree het. Die saakword tans ondersoek, en die tweemans is vir ’n voorlopige 62 uurterug in aanhouding.

Schabir Shaik se mediese paroolin 2008 het ook groot opslaeveroorsaak. Shaik is in Junie 2008

op mediese parool vrygelaat nadathy slegs 2 jaar en 4 maande vansy 15 jaar-vonnis uitgedien het.Tydens sy mediese parool is daaraantygings gemaak dat hy syparoolvoorwaardes oortree hetmet onder meer die beweerdeaanranding van ’n gholfjoggie, ’nonderonsie in ’n parkeerterrein by’n moskee en die beweerdeaanranding van ’n joernalis watdie gholfvoorval ondersoek het.Shaik is met ernstige hipertensiegediagnoseer en is op medieseparool vrygelaat omdat hyterminaal siek verklaar is. Vraehet na aanleiding van sy medieseparool ontstaan oor die geldigheidvan sy toestand.

Die omstrede voormaligepolisiehoof Jackie Selebi is op 15Julie 2010 tot 15 jaar se tronkstrafgevonnis op aanklagte vanomkopery. Hy is op 12 Julie 2012op mediese parool vrygelaat nadatdaar bevind is dat hy aan ondermeer nierversaking, diabetes en ’nharttoestand ly.

Hy is egter net ná sy vrylatingby ’n inkopiesentrum opgemerk.Hoewel hy nie sy paroolvoorwaar-des oortree het nie, is vrae gevraoor die geldigheid van sy ernstigemediese toestand.

Dit wil voorkom asof daar meergekyk moet word na die kriteriavan mediese parool en of geldelikebemiddeling en politieke betrok-kenheid ’n rol speel in diebepaling van die gevangene segeskiktheid vir dié soort parool.

God moet fondasie van lewe weesDs. Philip van Vuuren

BOUWERK word vandag oral indie Noord-Kaap aangetref.

Ondernemings en huise skietoral op.

As jy fyner waarneem, sal jyopmerk die standaarde vanvakmanskap in die boubedryf isnie altyd meer soos jare geledenie. Dit is nogal skrikwekkend omte verneem die gehalte vansommige van die bouwerk voldoennie meer aan die standaarde nieen dat daar nie meer die nodigeinspekteurs is wat die werkinspekteer en goedkeur soosvoorheen nie. Maar nou ja, so salelkeen van ons eendag rekenskapaan God moet gee vir ons dade –goed of sleg.

Die Bybel maak baie vanbouwerk melding. Die ambag komimmers van die Here self af.

Met die bou van die tabernakelvertel die Bybel in Exodus 35:35:Hy het hulle vervul met kunsvaar-digheid om allerhande werk temaak van ’n ambagsman en ’nkunstenaar en van ’n bewerker vanveelkleurige goed.

God is geensins onbekend met

die werk van die ambagsman enkunstenaar nie.

Ons is almal die bouers van onslewe. En die bou van ons lewe opaarde is ’n groot verantwoordelik-heid. Vir bouwerk is ’n goeiefondasie nodig. As die fondasieswak is, kraak die huis.

Christus behoort die fondasievan ons lewe te wees.

1 Kor 3:11 lui: Want niemandkan ’n ander fondament lê as watdaar gelê is nie, dit is JesusChristus. En as iemand op diefondament bou, goud, silwer,kosbare stene, hout, hooi, stoppels –elkeen se werk sal aan die lig kom,want die dag sal aanwys, omdatdit deur vuur openbaar gemaakword; en die vuur sal elkeen sewerk op die proef stel, hoedanig ditis.

Tekens van krake in onsmenslike mondering is wanneerhuwelike verval, verhoudings metons kinders en ons medemens faal

en ons geldsake skipbreuk ly.Ons integriteit word ingeboet

met oneerlikheid en ontrouheid opelke vlak van ons lewe.

Dit gebeur wanneer JesusChristus nie die fondasie van onslewe en huise is nie. Daarom isdit belangrik om die erediens vanjou gemeente by te woon waarChristelike beginsels aangeleerword. Dit is belangrik om dieBybel te lees en te bid en HomHere van jou lewe te maak.

Soms skop voormanne die mureom as dit skeef gebou word, en diebouers moet van voor af begin.

Die Here wil ook alles watverkeerd gebou is, afbreek en dieons die kans bied om van voor afte begin. Soveel verkeerde dingekan insluip en maak dat ons lewewil wankel soos ’n gebou watgebou is sonder die regte fondasieen boumateriaal.

God is ’n God van weer begin.Hy gun elkeen van ons ’n kans omdaagliks ons lewe in Sy hande tegee. Kom ons waak oor wat ons inons lewe toelaat. Kom ons bousaam met Jesus Christus aan ’nlewensgebou waarvan God self dieargitek is.

’n GEMSBOK staan rustig en wei terwyl nog een oor die heuwel aangestap kom op ’n onlangse besoek aandieKgalagadi­oorgrenspark.Gemsbokke in die park is normaalwegmensskuenhardloopwegwanneer toeristenaby hulle kom, maar die keer het die gemsbok doodluiters gestaan sodat talle foto’s van hom geneem kanword. Foto: Ilse Watson

17/34 19/32 19/3117/31 18/29 18/30

OS-5 NNO-10 NNO-10 NNW-5 NW-5

17/32 21/38

O-5 NNO-15 NNO-10

20/38

Dag só gemaak

Poseer doodluiters

WNW-10

Page 5: Kathubulletinka 20140219

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 20 FEBRUARIE 2014 5

Gesels saam opFacebookop die bladKalahari Bulletin

Kleurgroenstreekin silwer’n ASEMROWENDEskouspel vanbliksemstrale hetSondagaand weerdie hemelruimin die GroenKalahari dramatiesverlig. Die foto is opRaaswater ge­neem.

Foto: Anena Burger

Page 6: Kathubulletinka 20140219

6 KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 20 FEBRUARIE 2014

LEEFSTYL

Yolandi van Deventer

HARTSIEKTES en beroertesis die hoofoorsaak vansterfte in Suid-Afrika.Een uit elke drie mans en

een uit elke vier vroue sal’n hartsiekte ontwikkelvoordat hulle 60 jaar oud is.Sekere risiko-faktore

verhoog die kans op ’nhartsiekte, en dit sluit inhoë bloeddruk, cholesterol,diabetes, rook, oorgewig,slegte eetgewoontes,alkoholmisbruik, onaktiwi-teit, asook ’n familie-geskie-denis.Verskeie toetse kan

gedoen word om vinnigerdiagnoses te doen en vroeërmet behandeling te beginindien jy ’n risiko virhartsiektes het.Hierdie toetse sluit in ’n

fisieke ondersoek deur ’ndokter, EKG’s, bloedtoetse,hartsonars en x-strale.’n Hartsonar is ’n toets

sonder newe-effekte watgebruik kan word om ’nwye verskeidenheid harttoe-stande te diagnoseer.Ultraklank word gebruik

om na die hart te “kyk”. Aldie strukture soos diehartkleppe, hartkamers, diehartspier en die aorta kangesien word en daar kanwaargeneem word hoe goeddit funksioneer.Daar is verskeie redes om

na jou hart te kyk: hart-kloppings, ’n hartgeruis watjou dokter kan hoor, pyn indie bors, erge moegheid,erge benoudheid en enigevorige hartprobleme.Hartsonars is ’n maklike

manier om met klankgolwewat deur die borskas na diehart beweeg na die hart tekyk en so ’n prentjie tevorm. Dit kan die dokter instaat stel om die bestemoontlike behandeling voorte skryf.Hartsonars is nou by die

Mediclinic Kathu beskik-baar en word deur ’ngekwalifiseerde kliniesetegnoloog, Esmarie Smit,uitgevoer.Vir meer inligting of ’n

afspraak vir ’n hartsonarkan jy die volgende nom-mer skakel: 073-600-5927.Lewensbedreigende

hartsiektes kan geïdentifi-seer en behandel word.Beskerm jou hart vandag.

Volg ’n goeie gebalanseerdedieet, oefen gereeld, behou’n goeie gewig, kyk na joubloeddruk, laat jou toets vircholesterol en diabetes, enraadpleeg jou dokter.) Die gesondheidswenkeword deur die MediclinicKathu verskaf.

Hartsiektes komalgemeen voor

OP Vrydag 7 Februarie is dieskoolsaal van die HoërskoolMartin Oosthuizen (HMO) inKakamas in ’n speletjies-ar-kade verander.Leerlinge het op die HMO

se Local Area Network-aand’n groot verskeidenheidrekenaar-, Playstation- enXbox-speletjies teen mekaargespeel. Jannes van Niekerk

en sy span, bestaande uitTiaan de Wet, RigardtEngelbrecht, Leanda van Zylen Henri Warkus, wat dieaand gereël het, het heelwatborge vir die aand gekry.Daar was goeie pryse of diespel.Die algehele wenners van

die onderskeie speletjies opdie aand is:

) Nathan Raman en Chris-topher Kriel het die Tekken-toernooi gewen.) Klaas Mompe en DylanGoeiman het die sokkertoer-nooi gewen.) Die Counterstrike-toernooiis deur Guilliam van Nie-kerk, Jason Knop, DaleGradwell en Barry vanNiekerk gewen.

Speletjiesaand ’n fees

Ilse Watson

AGTER Janke-gastehuisin Kuruman word ’n on-wettige plakkerskampop-gerig.Die inwoners van die

informele nedersetting ryglo bakstene met winkel-trollies aan en bou “hui-se”.Die sage van die half-

voltooide gebou wat opdie berugte erf 489 deurdie omstrede WandileBozwana, eienaar vanTEB Properties, gebou is,duur al jare.Hy het die gebou ge-

koop en afgebreek enonwettig daarop beginbou.Daar is beweer dat seni-

or amptenare van die Ga-Segonyana-munisipali-teit ook hierby betrokkewas.Verskeie inwoners van

Kuruman beweer dat diégeboue ook ’n nes virprostitusie is.

DIE halfvoltooide huis wat die omstrede Wandile Bozwanagebou het. Foto’s: Ilse Watson

AGTER hierdie boom enword “huise” opgerig metbakstene wat met winkel­trollies aangery word.

Plakkers bou hier ‘huise’

Page 7: Kathubulletinka 20140219

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 20 FEBRUARIE 2014 7

A GROUP of unem-ployed youth fromTsantsabane, a com-munity outside Post-masburg, has benefit-ted greatly fromskillsdevelopment trainingprovided by KumbaIron Ore’s KolomelaMine to make themmore employable.

The group of 60 yo-ung people, of whichthe majority is wo-men, could choosefrom carpentry, up-holstery, masonry,welding, brick layingand cabinet making.

Kumba says in apress release the trai-ning will enable theyouths to work intheir chosen fields orstart their own busi-nesses.

The KolomelaSkills Centre, situa-ted in Postmasburg,has a great track re-cord and since its in-ception in 2009 has of-fered hundreds of yo-ung people –particularly thosefrom the local com-munities – the oppor-tunity to advancethemselves. The areahas a great need forthe developement ofthe skills of young pe-ople and is one of thegreat initiatives thatcan assist in impro-ving skills.

Another group willbe trained after the 60learners had comple-ted their 12-monthprogramme.

George Benjamin,manager: public af-fairs, safety and sus-tainable developmentat theKolomelaMine,said the programmewill ultimately createa lasting impact inthe form of skills de-velopment and jobcreation.

Gregory Christie,who is training in ca-binet making, saysthe programme willhelp him reach his go-als to be successful inhis craft and willequip him to giveback to the communi-ty.

“I feel very honou-red to be able to learnthis new skill. For meit is not about the mo-ney but about obtai-ning the necessaryskills to give back tothe community.”

Kumba empowers unemployedKumba empowers unemployed

THE group of 60 yo­ung people, of whichthe majority is wo­men, could choosefrom carpentry, up­holstery, masonry,welding, brick layingand cabinet making.Photos: Supplied

GREGORY CHRIS­TIE, who is training incabinet making, saysthe programme willhelp him to reach hisgoals.

THE facilitators from the Kolomela Mine are from the left Robert de Koker, Errol van Wyk, Marin­da Fourie, Alfred Isaacs and Bill Bartlett. Photo: Supplied

Page 8: Kathubulletinka 20140219

8 KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 20 FEBRUARIE 2014

VALENTYNSDAG

Mooi getooi virmakietie

DIE gr. 11­seuns het hulle deftig vir die aandaangetrek. Van links is Gosego Thankane, Ja­son Louw, Emanuel Kassoma en Trevor Mal­gas.

KYK net hoe mooi. Van links is Wilmalene Witbooi, Nelicia Cuglers, Mo­nique Witbooi, Feroza Lottering, Melany Ross en Shanice Witbooi. DIE groep leerlinge is mooi uitgedos en reg vir die partytjie. Foto’s: Benneli Olivier Van der Walt

VAN links is Carol­Ann Maasdorp, Majolo Len­ge en Samantha Ruiter. HIER is Oscar van Wyk en Jacklynn Danster. RONALDO SAAL en Carla Danster.

DIE Hoërskool Kathu hetverlede week Valentynsdag instyl gevier. Die skoolsaal isomskep in ’n gesellige

kuierplek waar die jongmensevir mekaar kon ogies maak.Die leerlinge het behoorlikopgedos vir die geleentheid.

Page 9: Kathubulletinka 20140219

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 20 FEBRUARIE 2014 9

All prices quoted in RSA rands and include VAT where applicable. Prices exclude accessories used for advertising purposes. All Major Credit Cards accepted. Foodco endeavours to meet the demand on all promotional lines, but stocks are limited. No Traders Please. We reserve the right to limit quantities.

s ma ov Re e

Lowest Price Guaranteed or we’ll BEAT it*

Exchange or Return - NO PROBLEM!

With SO MUCH VALUE, why shop anywhere else!

*See www.game.co.za for terms and conditions

With so much value, why shop anywhere else?

We reserve the right to limit quantities. View this catalogue online at www.game.co.za

Prices apply to Game Kathuand Upington stores only.

19 - 23 February 2014

Lean Beef Mince

4990per kg

Festive FreshChicken ValueBraai 5 Piece

R

30per kg

Texan Steak

4990per kg

Brisket

3990per kg

Lamb Braai Chops

6990per kg

for2

R

22

Pears Econo1.5kg

Veg Hamper 4.5kgt $POUFOUT NBZ WBSZ

3990per packfor

2

R

26

Black Grapes500g

Large Eggs18’s

R

20per tray

THE Department of Mineral Resour-ces has granted the Sishen Iron OreCompany (SIOC) the mining right forthe rail properties at the Sishen Mine.SIOC applied for this right in October2013.Kumba Iron Ore Limited says in a

press release these properties werepreviously occupied by a Transnetrailway line that has been relocatedas part of the Sishen Western Expan-sion Project to extend the pit in asouth-westernly direction.As Transnet previously held the

surface rights over the properties, theproperties were excluded from theSishen Mining Right area.The affected area is about 30 m

wide, traversing the mine area forabout 14 km in a north to southdirection, immediately adjacent to thewest of the current Sishen pit.The granting of the mining right

gives SIOC access to the approximate-ly 33% of the Sishen reserve includedin SIOC’s Life of Mine Plan which islocated on either side of the affectedarea. This portion of the reserve,which had been classified as probable,can now be reclassified as proven.The company will accordingly

proceed with the implementation ofits mining plan and will start wastestripping in the affected area.Norman Mbazima, Kumba CEO,

commented that the efficient proces-sing of this mining right applicationis evidence of a much improvedrelationship with the regulator, aswell as the efficiency of the DMR’sprocesses. “This is not only positivefor Kumba, but indeed for the wholeSouth African resources industry andit illustrates that win-win solutionscan be achieved through constructiveengagement when people engageopenly and with trust.”

Mine getsgreen light WHILST the Sishen Mine’s production was

down 8% for the year 2013, production hadimproved significantly with 31% in thelast quarter of the year, compared to thesecond quarter.Meanwhile Kolomela Mine had an

outstanding year, increasing production by27% to 10,8 million tons.These figures formed part of Kumba Iron

Ore Limited’s preliminary results for theyear ended 31 December 2013.Announcing the results, Norman Mbazi-

ma, CEO, says: “We spent a lot of timethis year reviewing and assessing ourassets, our portfolio and resetting ourstrategy.“It was a challenging year in many

respects but we are pleased with theoverall results.“The most important aspect of our work

is the safety and health of everyone in ourorganization and ensuring they go homeunharmed every day. It is pleasing toreport that we had no loss of life during2013 – each one of us returned home toour loved ones.“On the operational front, Sishen Mine

was our biggest challenge, where pitconstraints together with regulatory safetystoppages impacted our production in2013.” Production at Sishen Mine impro-ved significantly in the fourth quarter. Forthe year, the Sishen Mine’s production was

8% less than 2012. A production recoveryplan to address the current pit constraints– and a longer term mining strategy –were developed and are being implemen-ted, to restore the mine to full productioncapacity of 37 million tons per year by2016.“In an exceptional year for the mine,

Kolomela produced 10,8 million tons, 1,8millions tons above its original nameplatecapacity.“Total production of iron ore decreased

by 2% to 42,4 million tons per year.“Excellent progress was made in the

resolution of major legal and regulatorymatters. Kumba’s subsidiary, Sishen IronOre Company (SIOC), signed a new supplyagreement with ArcelorMittal SA, effectivefrom 1 January and settled the arbitrationand various other disputes between theparties.“On 12 December 2013 the Constitutional

Court ruled that, based on the provisionsof the Mineral and Petroleum ResourcesDevelopment Act (MPRDA), only SIOC canapply for and be granted the residual21,4% undivided share of the Sishenmining right. SIOC has, in compliancewith the Constitutional Court order,submitted an application to be granted thisright,” Mbazima said.“We are pleased to announce a 20%

increase in revenue to R54,5 billion,

reflecting a 2% increase in the averageiron ore export prices realised, supportedby stronger lump premiums, as well as theweakening of the Rand/US Dollar exchan-ge rate.”Kumba’s operating profit increased by

20% to R28,4 billion. Export sales of 39,1million tons were marginally down.Headline earnings of R15,4 billion wereup 24%, and the Kumba Board approveda final cash dividend of R19,94 per share.Mbazima says that the company plans to

produce around 35 million tons at Sishenin 2014, progressing back to 37 million tonsper year by 2016; Kolomela is planned toproduce 10 million tons per year for theremainder of its life; and Thabazimbi isexpected to produce around 1 million tonsin 2014.“We expect that export sales volumes

will be in line with 2013 levels as we planto rebuild stocks during the year.”Iron ore prices are expected to remain

relatively strong in the first half of theyear, with pressure on prices expected inthe second half due to additional supplyfrom Australia and Brazil, and as demandslows.“2014 will be all about the execution of

the strategy we revised in 2013. I lookforward to working closely with all ourstakeholders in the coming year to achieveour goals,” said Mbazima.

Kumba gives report on progress

Ilse Watson

DIE plaaslike Kathu-sanger HendrikSpangenberg tree op 1 Maart op diekykNET-program Jukebox op – hy sal diegas van Pieter Koen, aanbieder van dieprogram, wees.Sy nuwe musiekvideo word op dié

program bekend gestel.Hy sal ook op die aand ’n gas wees

op die program LIVE wat ook op diekykNET-kanaal uitgesaai word.Kyk gerus uit vir Hendrik tydens sy

eerste twee verskynings op televisie.

Sanger op televisie

NOODNOMMERS vir Kathu:Mediclinic: 053-723-3231; Kathu-polisie-kantoor: 053-723-3111; SAPD-nood-nommer: 10111; Kathu-speurdiens:053-723-1153; Eenheid vir seksuelemisdrywe: 079-697-9494; SAPD CrimeStop: 086-001-0111; Vrouemishandeling-hulplyn: 080-015-0150; Vigs-hulplyn:080-001-2322

Nommersom te skakel ENIGE van die

Kalahari Bulletin sevorige uitgawesmisgeloop? Besoekdie webblad bywww.kalaharibulle-tin.co.za vir artikels,foto’s en al dieinteressante stories.Daar is ook ’n Facebook-blad – besoek dit bywww.facebook.com/kbulletin. Baie dagboek-gebeure word op Facebook geplaas – danweet jy sommer wat in jou dorp gebeur.

Bly op hoogte

Page 10: Kathubulletinka 20140219

10 KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 20 FEBRUARIE 2014

Rollerstyle

Benneli Olivier Van derWalt

OM met jou sielsgenoot getroudte wees is waarlik ’n voorreg.Om byna 40 jaar lank gelukkiggetroud te wees is ’n prestasie.Ansie en Wilhelm Kruger

van Kathu deel hul geheim vir’n suksesvolle huwelik.Die Krugers sê: “Maak Jesus

Christus die sentrale fokuspuntin jou huwelik. Skuif jou eiedrome opsy en vind nuwedrome vir julle albei.”Hulle sê ook ’n mens moet

daarop fokus om jou lewens-maat se sterk punte raak tesien en erkenning daarvoorgee.“Maak vrede daarmee dat

jou ander helfte ook foute het– net soos jy. As die foute teveel raak, byt vas. Dit gaanweer verby,” vervolg dieKrugers.Hulle noem ook mag is ’n

onding en nie een moetprobeer om die ander een tedomineer nie.“Leer om te vergewe en los

die ou koeie in die sloot. Allesin die lewe is ’n wilsbesluit enons het besluit om saam oud teword.“Daar moet ook pret in die

huwelik wees. Ons het nogaltyd saam ’n sportsoort

beoefen. Dit is alles genade vanBo. Soms val ons, maar ons valnooit uit nie.“Dit is vir my steeds lekker

om by my man te wees en oordie foon bly sy stem steedssexy.“En op ’n ligter trant: My

man se hart loop regtig deursy maag,” vertel Ansie.

Paartjie deel wenkená byna 40 j. saam

WILHELM EN ANSIE KRUGER isin 1975 getroud. Foto’s: Verskaf

VANJAAR, 39 jaar later, is hulle steeds gelukkig getroud.DIE Sishen­skietklub van Kathu het verlede naweek ’n informelejagterstablet­skietkompetisie gehou. Lede van die klub het diekans gekry omop jakkals­ en springboktablette te skiet. Die skuttewat die dag die hoogste punte­sones op die tabelle raakgeskiethet, is as die wenners aangewys. Die Sishen­skietklub verteen­woordig die Gamagara­tak van die jagtersvereniging. Hier staanIda en Werner Human met hul jaggewere. Rig navrae aan JacoGoosen, voorsitter van die klub, by 082­824­0720.

Foto: Benneli Olivier Van der Walt

Lê aanopdag

Page 11: Kathubulletinka 20140219

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 20 FEBRUARIE 2014 11

PERSOONLIKEDIENSTE

SPYSENIERING& LOKALE

1401

SOSIAAL &ONTSPANNING

1475

MUSIEK VIR ALLE GELEENT-HEDE, troues, funksies, ens. SkakelDirk 079 877 7134.

TE KOOP

KLERASIE

1615

AANDAG: ALLE GROOT MANS!Groot nommers in winkel beskikbaar.Kontantafslag gewaarborg. The Nu-Shop, Palm Gate Sentrum, Kuruman.Tel. 053 712 1264.

TROETELDIERE

1660

BASSET-HONDJIES: Baie lief virkinders. Driekleur. Ingeënt en ont-wurm. Foto's via MMS of e-pos. R1800 stuk. Beskikbaar vanaf 15Februarie. Skakel Willemien 083 6699068 of 078 457 0889.

ALGEMENE &HUISDIENSTE

DSTV/TV/DVDDIENSTE

1807

DStv INSTALLATIONS, repairsand upgrades, Explora, PVR and Xtra-view. Phone Kobus 082 040 5801.

HUISVERBETERINGSBINNE

1835

FERMAR MATWASDIENSTE:Skakel Louwtjie 073 207 6797.

HUISVERBETERINGSBUITE

1836

ALLE HERSTELWERK in en om diehuis. Wasmasjiene, stowe, staal-werk, loodgieter, elektries, bouwerk,plaveisel, plafonne, dakke, teëls, ens.Skakel 082 752 1600.

VOLWASSENES

PRIVAAT

2015

WARRIOR VIAGRAen

STOK-STIMULANTBeskikbaar by Jimmy's Drankwinkel

h/v Livingston- en Shortstraat073 522 8346.

Sterker, langer ereksieHou tot 5 keer langer uit

Medies getoets en veilig vir hoëbloeddruk.

WARRIOR: R150 VIR 6STOK-STIMULANT: R150 VIR 6

Skakel Jandre 073 894 5273.

LANDBOU

LEWENDE HAWEEN PLUIMVEE

2210

EK KOOP SKAPE, bokkeen ou bakkies vir kontant.Koop u immergroen Rus-siese gras by my - tot 80skape per hektaar. Ookgeskik vir alle diere. Sienwww.russiangrass.co.zaSkakel 072 604 5219.

VOERTUIE

BAKKIES/4X2’sTE KOOP/HUUR

3010

COLT, 2003, R35 000. 2000 Hard-body, R35 000. 2001 Corsa, R33 000.Phone 071 967 0285.

TOYOTA RAIDER 3.0D, 2000, R78500. 1998 Toyota Raider 2.8D, R63500. Phone 072 472 8686.

MOTORS TE KOOP

3025

CAMRY, 1996, R38 500. 2002 Tazz,R33 000. 1991 Cressida, R23 500.Phone 071 967 0285.

CORSA, 2002, R39 500. 2002Astra, R38 500. 1995 BMW, R26 500.Phone 071 967 0285.

GOLF, 1999, R20 000. 1997 Uno,R18 000. 1998 Honda, R22 000.Phone 071 967 0285.

INYATHI COMBI 2.2, 16-SEATER,2010, R65 000. Phone 071 967 0285or 072 472 8686.

UNO PACER, 1991, goeie toestand,slegs 130 000 km op klok, CD-speler.Ideale studentevoertuig. Skakel 083772 2316.

KOMMERSIEEL

3060

MASSEY FERGUSON TRACTORMF 65, R29 500. Landini 7500, R340000. Phone 071 967 0285.

MITSUBISHI TRUCK, 1991, L300,rails, low km, R43 000. Phone 071967 0285 or 072 472 8686.

VOERTUIE GESOEKOM TE KOOP

3075

CASH FOR CARS, bakkies, trucks,combi's, busses, caravans, 4x4s, etc.Phone 071 967 0285.

EIENDOMME

WOONSTELLETE HUUR

3250

1-SLAAPKAMER-WOONSTEL inKuruman, R4 800 p.m. DStv, wateren krag ingesluit. Skakel 082 7831462.

EENMANSWOONSTEL beskikbaarvanaf 1 Maart 2014. R3 300 p.m. plusR3 300 dep. Water ingesluit. Skakel073 688 1547 of 053 712 0534.

TE HUUR

3205

LUUKSE OORNAGKAMERS tehuur teen R600 per nag, B & B. Vei-lige parkering. Skakel 082 260 2181.

MEENTHUIS te huur: 2 slaapka-mers met of sonder meubels, R5 000p.m. Skakel 082 791 4249.

TE KOOP

3201

SOEK, KOOP, VERKOOP VIR ALLE GEKLASSIFISEERDE ADVERTENSIES

HUISE TE HUUR

3270

AIDA KURUMAN3 slaapkamers, 2 badk, 1 m/h, boor-gat, koopkrag. Te huur: R8 800 p.m.Skakel Annatjie 076 395 9422 .Ons benodig dringend woon-

stelle/huise om te verhuur/verkoop.SKAKEL ONS GERUS!

THOMPSONSVIEW: KURUMAN.3 slk, 2 badk, 1 garage, braaiarea,staanplek vir 2 motors. Skakel 082593 1331.

BETREKKINGS

3600

DRYWERS

3650

'N GOED GEORGANISEERDEKOERIERMAATSKAPPY benodigdie dienste van kode-8-bestuurders.Goeie kennis van omliggende gebiedeen koerierondervinding sal voordeligwees. Skakel Riaan Badenhorst 082483 7032.

ALGEMEEN

3680

HUISHULP BENODIG: met verwy-sings. Nie inslaap nie. Skakel 084 5170481.

SOEK JONG MAN as battery-'fit-ter'. Matriek en moet goed Engelsen Afrikaans kan praat. Stuur CV na053 712 2207.

BOEDELKENNIS-GEWINGS

BOEDELS:KREDITEURE EN

DEBITEURE4201

HLJ Moorcroft

In die boedel van wyle Hendrik LukasJohannes Moorcroft wat woonagtigwas te plaas Ropermoor, distrikKuruman.

Boedelnommer: 3185/2013Skuldeisers en skuldenaars in boge-melde boedel word versoek om hulvorderings in te lewer en hul skuldete betaal by die kantore van onderge-noemde binne 30 (DERTIG) dae vanaf21 Februarie 2014.DUVENHAGE & VAN DER MERWEPosbus 63Kuruman8460

KV Mosang

In die boedel van wyle Keeditse Vir-ginia Mosang, identiteitsnommer340402 0351 087, weduwee, in lewevan Huis no. C64, Matlhabanenong,distrik Kuruman.

Boedelnommer: 2335/2013Skuldeisers en skuldenaars in boge-melde boedel word versoek om hulvorderings in te lewer en hul skuldete betaal by die kantore van onderge-noemde binne 30 (DERTIG) dae vanaf21 Februarie 2014.DUVENHAGE & VAN DER MERWEPosbus 63Kuruman8460

BOEDELS:LIKWIDASIE ENDISTRIBUSIE

4205

MS Fourie

In die boedel van wyle MagrithaSusanna Fourie, identiteitsnommer331011 0037 082 en nagelate gadeJan Daniël Fourie, identiteitsnommer311031 5005 086 van plaas Lincoln,distrik Kuruman.

Boedelnommer: 1857/2013Kennis geskied hiermee dat die eer-ste en finale likwidasie- en distribu-sierekening in bogemelde boedel terinsae lê by kantore van die Meestervan die Hooggeregshof, Kimberley endie Landdros, Kuruman vir 'n tydperkvan 21 dae gereken vanaf Vrydag 21Februarie 2014.FOURIE & BESTER OUDITEUREHanmar GebouStewartstraat 32Kuruman

Page 12: Kathubulletinka 20140219

12 KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 20 FEBRUARIE 2014

B

E

T

R

E

K

K

I

N

G

S

B

E

T

R

E

K

K

I

N

G

S

Page 13: Kathubulletinka 20140219

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 20 FEBRUARIE 2014 13

Page 14: Kathubulletinka 20140219

14 KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 20 FEBRUARIE 2014

Page 15: Kathubulletinka 20140219

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 20 FEBRUARIE 2014 15

MR PRICE HOME - KATHU (NORTHERN CAPE)Mr Price Home is a leading homeware and textile retailer that offers contemporarydesigned homeware and furniture to value-minded customers at an exceptionalvalue. We are on the hunt for a talented and passionate Store Manager to lead theteam and sell our innovative products.

STORE MANAGER• Drive sales and turnover • Merchandise management • Lead a team of enthusiasticRetail Store Associates • Create the ultimate customer shopping experience.

As Store Manager it is expected of you to take ownership of the store to sell Mr. PriceHome products. In this role you will be responsible for engaging with our customerson a daily basis. Your role will require you to open and close the store, engage withthe Area/Operations Manager regarding stock flow, stock shrinkage, maintainingvisual standards, budget management, employee relations and recruitment. Your fun,energetic approach to life will see you leading your team by example and also drivingan unforgettable customer experience.

Minimum Requirements: • A Grade 12 qualification essential • Previous experiencemanaging a retail store • Excellent merchandising and selling skills.

To apply, please log onto www.mrpricegroupcareers.com and search for req 633.Click “Apply now” or apply “With LinkedIn “and one of our friendly RecruitmentFacilitators will be in touch with you.

CLOSING DATE: 07 MARCH 2014.

If you have not been contacted within 3 weeks of the closing date please consider yourapplication unsuccessful.

MR PRICE HOME is an equal opportunity employer and committed to EmploymentEquity.

Driven by passion - guided by value - built on partnership.It is always a great time to join our team

Mr Price consists of five retail chains, focusing on clothing,footwear, sports equipment, accessories and homewear.

Renske van der Walt

EEN van die redes waarom ouershul kinders kleuterskool toe stuur,is die maatjies aan wie hul kindblootgestel kan word.Om sosiaal aanvaarbare gedrag

by kinders te ontwikkel, moetkinders kans kry om sulke gedragte oefen, met hul maatjies, diemense om hulle (Ma en Pa inkluis)en die ander grootmense met wiehulle te doen kry. Só lyk ’n kind sefases van sosiale ontwikkeling:) Op een jaar:Die kleuter se lewe draai om

homself. Hy kom eerste in sy eiewêreld. Dit is eintlik ’n oorlewings-meganisme wat verseker dat diekleintjie se behoeftes vervul word:Kos en voeding en aandag is nou ’nsaak van oorlewing.Pappa en Mamma of die primêre

versorger is die belangrikste mensein die baba se lewe. Dit gee sekuri-teit aan sy bestaan. Daarom kan diebaba klouerig wees; hy wil sekuri-teit ervaar. Soms kan die baba vaniemand anders aandag ontvang,maar wanneer die ouer of versorgerbuite sig is, verdwyn die baba sesekuriteit. Maatjies is nog niebelangrik nie.) Op twee jaar:“Terrible twos” is ’n term wat

almal ken. Hoekom dan so? Diepeuter bevind homself in ’n wêreldwat hy nog nie verstaan nie.Daarom moet die ouers en

versorgers die grense baie duidelik

vir die peuterstel. Verduidelikwaarom jy nee sêen sê ook baiekere ja. Diepeuter leer soonderskei tussenreg en verkeerd.

Roetine verseker ’n gevoel vanveiligheid, so ook konsekwentheidvan die ouer of versorger. Wanneerdie peuter die grense toets, is dit ’nmanier om seker te maak sysekuriteit is wel daar. Die peuterhou van voorspelbaarheid.) Op drie jaar:Die kleuter vat aan alles, tot groot

frustrasie van almal rondom hom.Ons sal miskien anders optree asons weet dat die kleuter met ’nwêreld-ontdekkingsreis besig is.Die kleuter is meer as nuuskierig

– soos ’n volwassene in ’n vreemdeland wat alles wil sien en ontdek!Gee die kind die geleentheid om

dit te doen. Skep veilige plekkewaar die kleuter kan ontdek, en nieraas gaan kry nie. Wat doen raasen straf as die kleuter op syontdekkingsreis is? Hy trek terug;die “prys” wat hy betaal om teontdek is te hoog!Die ontdekkingstog sluit in die

kombuis se kaste, badkamer – dalkrol hy die toiletpapier alles af!Die kleuter wil ook homself leer

ken. Dit gebeur eintlik van geboorteaf. Op drie is die spiere al ontwik-kel en saam met die brein seontwikkeling wil die kleuter nou

baie hardloop en klouter.) Op vier jaar:“Hoekom, hoekom, hoekom so

baie hoekom-vrae?” Die kleuterpraat net die hele tyd! Hy vra vrae,kekkel en praat net nog meer!Op hierdie ouderdom vervyfdub-

bel die kleuter se woordeskat. Praatmet die kleuter as jy bestuur,kosmaak en met hom speel.Nou is veral die tyd om saans

sommer drie stories te lees. Diebrein verwerk alle nuwe woorde ensinsnedes wat die kleuter hoor.Die kleuter se leefwêreld vergroot.

Sy algemene kennis brei uit. Neemdie kleuter op uitstappies, sommerna gewone plekke, die slaghuis, diebakkery, die dorpsdam.) Op vyf jaar:Die kleuter is nou meer selfstan-

dig as ooit tevore. Hy kan baiebesluite self neem, self by die skooluitklim en sy klas met gemak vind,sy goed uitpak en sy maats gaansoek. Hy is nou baie meer sosiaalen maats is baie belangrik.Die kleuter begin nou ook net met

’n groep maats speel, en begin ’nverhouding opbou met ’n spesifiekegroepie, of net een maat. Lewenser-varing is nou meer en die kleuterbegin verstaan hoe die sosiale reëlswerk. Die kleuter begin verstaanhoe kommunikasie werk, maar kansteeds nie onderskei tussen positie-we en negatiewe aandag nie.Kom ons kyk na ons kinders met

inagneming van hierdie dingetjieswat ons almal se lewe verryk.

Leer om jou peuter te verstaan

THE Bana Early Development Centre celebrated Valentine’s Day with a splendid display of red and white. Thelearners enjoyed the day and gave a lot of hugs to lucky parents, teachers and friends. Photo: Supplied

Celebrate Valentine’s DayDIE Mediclinic Kathu hetverlede week ’n swangerskap-praatjie vir verwagtende vroueaangebied.Verskeie kenners van baba- en

moedergesondheid het raad aan

die toekomstige ma’s verskaf.Danell Vivier, Kathu se nuwe

dieetkundige, was van diekundiges wat die ma’s oor diekorrekte voeding vir ma sowelas baba ingelig het.

Swangerskap in kolligmet praatjie in Kathu

VERSKEIE kundiges het met die toekomstige moeders gepraat. Vanlinks is Andra Bester (oudioloog: Mediclinic Kathu), Jeanne Louw (fisio­terapeut: Kathu), Lizette Smit (Baby Gym: Kathu) en Marlize Kruger(eenheidbestuurder: Mediclinic Kathu). Afwesig: Danell Vivier.

Page 16: Kathubulletinka 20140219

16 KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 20 FEBRUARIE 2014

STUUR gerus alle sportnuus enfoto’s na:[email protected].) Lees artikels oor sport, nuus,leefstyl en dagboekgebeure opons webblad:www.kalaharibulletin.co.za.) Kalahari Bulletin is ook opFacebook – besoek:www.facebook.com/kbulletin.

George Snygans

EEN van die lede van dieKumba Kathu-fetsryklub hetvandeesmaand goed gepresteer.Barend Coetzee het aan die

jaarlikse Suid-Afrikaanse

kampioenskapsbyeenkoms inDurban deelgeneem. Coetzee, ’ngestremde fietsryer, het met syhandfiets aan die TT-afdelingdeelgeneem. Hy het silwerme-daljes in die 18 km-tydtoets endie 60 km-padwedren verwerf.

Benneli OlivierVan der Walt

DIE Gamagara-hoërskole sedistriks-atletiekby-eenkoms het dienaweek op dieSivos-sportterreinplaasgevind.Die Hoërskool

Kathu, HoërskoolGamagara, Hoër-skool Langeberg,Hotazel-kollege enSesheng Intermedia-te School het aandie byeenkomsdeelgeneem.Onderwysers van

die Hoërskool Kathuwas die dag seatletiekbeamptes.

Benneli Olivier Van derWalt

DIE sweet het verlede week inriviere in Kathu gevloei toe dievroue van Kathu en omliggendedorpe ’n netbalkliniek op dieSivos-sportterrein bygewoon het.Die Kathu-netbalklub het

ongeveer 30 lede (die ouderdomwissel van 18 tot “oud genoeg”).Die kliniek is deur netbalklubs

van Kathu, Sisheng, Olifants-

hoek en Dingleton bygewoon.Die kliniek is deur Elsje van der

Merwe van die Kimberley Reds-net-balklub aangebied.Van der Merwe rig die suksesvol-

le Flamingo’s af wat aan dienasionale liga deelneem.Betsie Badenhorst, hoofafrigter

van die Kathu-netbalklub, het gesêVan der Merwe het baie ondervin-ding en die vroue was baie opge-wonde om die netbalkliniek te konbywoon. “Hierdie netbalkliniek bied

’n baie goeie geleentheid vir dieontwikkeling van netbal in diegemeenskap en die omliggendedele.” Badenhorst het almalbedank wat die dag moontlikgemaak het.Die Siyanda-netballiga begin

op 8 Maart.Vir meer inligting oor Kathu

se netbalklub kan Badenhorst by073-324-9698 gebel word, ofkontak haar [email protected].

Barendwen 2 silwer

Gamagara-atletespook sake uit

GEORGE SNYGANS (links) saam met Barend Coetzee. Foto: Verskaf

KYLAGRICIUS van die Hoërskool Kathu neemhier aan die 800 m vir meisies o.15 deel.

Foto: Benneli Olivier Van der Walt

Vroue laat waaiLEDE van die Kathu­netbalklub.

LEDE van die Sisheng­, Olifantshoek­ en Dingleton­net­balklub.

DIE vroue het dié dag behoorlik geoefen! Foto’s: Benneli Olivier Van der Walt