4
LEESROOSTER Ons kerkkantoor funksioneer tussen die twee dienste van 9:00 tot 10:00 CD VERKOPE Plaas gerus ’n bestelling vir oudio opnames van die eredienste. Kontant by bestelling Vraag 5: Wat het God nog geskep? God het alle dinge geskep deur Sy kragtige Woord, en Sy hele skeppping was baie goed ; alles het floreer onder Sy liefdevolle versorging. ___________________________ Die onderstreepte dele is ‘n minimum onthou-gedagte vir bv. kinders. Die onderstreep- te woorde lees as ‘n sin op sy eie. “New City Catechism” WAT GEBEUR VANDAG Oefening 1: Sluit hierdie week êrens aan by 'n gesprek waarin jy dalk uitgesluit kan voel (nie inpas nie) OF nooi iemand wat dalk uitge- sluit kan voel in ‘n gesprek waarin jy is. Vertel vir iemand hoe dit was. Oefening 2. Skryf neer die week waar God anders gewerk het 08:00 : Erediens (Ryno Meyer) 08:00 : Kinderkerk (3jr–Gr 3) 09:00 : Junior Geselsgroepe (Gr 4–7) 10:00 : Erediens - DOOP (Ryno Meyer) 10:00 : Kinderkerk (3jr–Gr 3) 13:00 : Afrikatale Erediens 17:00 : Doopgesprek 2 17:00 : Senior Geselsgroepe (Gr 8–11) 18:30 : Aanddiens (Herman Mathee) UIT DIE KERKKANTOOR Eksodus 34:29-35 Psalm 99 2 Korintiërs 3:12-4:2 Lukas 9:28-36, (37-43) LEESROOSTER Die "nuutheid" van die Reis WAT GLO ONS? WAT GEBEUR VANDAG Eksodus 34:29-35 Psalm 99 2 Korintiërs 3:12-4:2 Lukas 9:28-36, (37-43) Een van die mees opwindend- ste dinge van reis, is om nuwe plekke te ontdek. Plekke wat gevind is met 'n skielike afdraai of roeteverandering. Dit laat ‘n mens in VERWONDERING (V1) en is een van die groot redes waarom ons graag reis. Die rede daarvoor is omdat die bekende pad juis dít is, bekend. Jy weet wat om te verwag van die heel begin af, en selfs met 'n toevallige uitdaging of twee, is geen gedeelte van die ervaring regtig vir jou nuut nie. Nuwe ont- dekkings gee nuwe verbeeld- ing, en daarom moet ons gereeld probeer om op onbek- ende, nuwe paaie te reis. Dit is die vreugde van reis met 'n Kompas. Die rigting is al wat vir jou duidelik is, en die pad sal vir jou oopvou soos jy in die regte rigting beweeg. En meer dikwels as nie, kry jy iets totaal onver- wags. Soms onaangenaam, maar alles deel van die reis. Ons reis as Christene is soos 'n reis met 'n Kompas, ons leef in die rigting van liefde, vergifnis, genade, groei en aanbidding. Nuwe paaie en nuwe ontdek- kings sal vir ons oopvou soos die reis aangaan.

Nuusflitse 3 Februarie

Embed Size (px)

DESCRIPTION

Afkondigings en nuus vir die week

Citation preview

Page 1: Nuusflitse 3 Februarie

LEESROOSTER

Ons kerkkantoor funksioneer tussen die twee dienste van

9:00 tot 10:00

CD VERKOPE

Plaas gerus ’n bestelling vir oudio opnames van die

eredienste.

Kontant by bestelling

Vraag 5: Wat het God nog geskep?

God het alle dinge geskep

deur Sy kragtige Woord, en

Sy hele skeppping was baie

goed; alles het floreer onder

Sy liefdevolle versorging.

___________________________

Die onderstreepte dele is ‘n

minimum onthou-gedagte vir

bv. kinders. Die onderstreep-

te woorde lees as ‘n sin op sy

eie.

“New City Catechism”

WAT GEBEUR VANDAG Oefening 1: Sluit hierdie week êrens aan by 'n gesprek waarin jy dalk uitgesluit kan voel (nie inpas nie) OF nooi iemand wat dalk uitge- sluit kan voel in ‘n gesprek waarin jy is. Vertel vir iemand hoe dit was.

Oefening 2.

Skryf neer die week waar God anders gewerk het

08:00 : Erediens (Ryno Meyer) 08:00 : Kinderkerk (3jr–Gr 3)

09:00 : Junior Geselsgroepe (Gr 4–7)

10:00 : Erediens - DOOP (Ryno Meyer)

10:00 : Kinderkerk (3jr–Gr 3)

13:00 : Afrikatale Erediens

17:00 : Doopgesprek 2

17:00 : Senior Geselsgroepe (Gr 8–11)

18:30 : Aanddiens (Herman Mathee)

UIT DIE KERKKANTOOR

Eksodus 34:29-35

Psalm 99

2 Korintiërs 3:12-4:2 Lukas 9:28-36, (37-43)

LEESROOSTER

Die "nuutheid" van die Reis

WAT GLO ONS?

WAT GEBEUR VANDAG

Eksodus 34:29-35

Psalm 99

2 Korintiërs 3:12-4:2

Lukas 9:28-36, (37-43)

Een van die mees opwindend-

ste dinge van reis, is om nuwe

plekke te ontdek. Plekke wat

gevind is met 'n skielike afdraai

of roeteverandering. Dit laat ‘n

mens in VERWONDERING (V1)

en is een van die groot redes

waarom ons graag reis.

Die rede daarvoor is omdat die

bekende pad juis dít is, bekend.

Jy weet wat om te verwag van

die heel begin af, en selfs met 'n

toevallige uitdaging of twee, is

geen gedeelte van die ervaring

regtig vir jou nuut nie. Nuwe ont-

dekkings gee nuwe verbeeld-

ing, en daarom moet ons

gereeld probeer om op onbek-

ende, nuwe paaie te reis.

Dit is die vreugde van reis met 'n

Kompas. Die rigting is al wat vir

jou duidelik is, en die pad sal vir

jou oopvou soos jy in die regte

rigting beweeg. En meer dikwels

as nie, kry jy iets totaal onver-

wags. Soms onaangenaam,

maar alles deel van die reis.

Ons reis as Christene is soos 'n

reis met 'n Kompas, ons leef in

die rigting van liefde, vergifnis,

genade, groei en aanbidding.

Nuwe paaie en nuwe ontdek-

kings sal vir ons oopvou soos die

reis aangaan.

Page 2: Nuusflitse 3 Februarie

Bid asseblief saam met ons vir die volgende mense: • Danie Mc Lachlan wat tuis aansterk na groot operasie.

• Adele Forman wat vir operasie gaan. • Ben van Wyk, seun van Elmarie van Wyk, wat aansterk in die hospitaal.

• Cobus Willers wat operasie gehad het. • Les Steel wat met sy gesondheid sukkel. • Oom Hennie Beetge wat ernstig siek is. • Mynhardt Kitshoff wat chemo ontvang.

• Willie v Rheede v Oudtshoorn wat ernstig in hospitaal is.

• Hennie Kaltwasser wat in versorgingseenheid is.

• Wallie v Blerk wat rugoperasie gehad het. • Schalk Doms wat aansterk na ‘n operasie. • Rita Haasbroek en familie met die afsterwe van haar man Louis.

Red my tog, o God,

Here, kom my tog gou te hulp!

(Psalm 70:2)

VERHOUDINGS/HUWELIKSWERKSWINKEL 1 TOT 3

MAART

Die kern van ’n bewustelike verhouding is:-

• om te aanvaar jou maat is nie jy nie;

• om jou maat se andersheid te omhels en aan

te moedig;

• om die spasie tussen julle veilig te maak;

• om jou maat se grense te respekteer en

• om julle kommunikasie so effektief te kry dat dit tweede

natuur word.

• Hou hierdie spasie dop, hierdie werkswinkel is die

ruimte waarbinne jou verhouding die aandag kan kry

wat nodig is.

Koste: R1 300 per paar Kontak: Elmarie van Wyk 072 238 0549/ [email protected]

Vrouebediening

Wanneer : 11 Feb 2013, 19:00 Waar : Ouditorium Kostes : Gratis Spreker : Joy Mol Tema : “Lewe met vreugde”

Navrae Heléne by 0823779385

ONS TROU

As jy op trou staan, is die

ONS TROU kursus net vir jou!

Kom reis saam met jou maat,

terwyl ons sake bespreek soos

grense, konflik en rolle.

Die kursus begin Dinsdag- aand 5 Februarie om 19:00 en strek oor 4 weke. Die kostes is R100 per paartjie vir die hele kursus. Vir inligting kontak Elmarie by 0722380549 / [email protected].

GEMEENTEKUIER 24 FEB.

Sondag 24 Februarie is

Nagmaalsondag. Ons be-

plan ’n heerlike Gemeente-

kuier vanaf 12:00 onder die

afdak.

Die kuier is in die vorm van ‘n

piekniek. Onthou om die vol-

gende saam te bring:

• Eet– en drinkgoed

• Eetgerei

• Gemaklike stoel

Ons sal vure voorsien as jy

dalk vleis wil braai.

As jy enige vrae het, kontak Riana by 012 662 1708.

Page 3: Nuusflitse 3 Februarie

Lyfskuif 17 Feb 10:00

Nuwe ervarings, nuwe mense, nuwe ritmes, nuwe waardering, nuwe lewe...

Ek voel dikwels so wanneer ek iets buitengewoon gedoen het. Wanneer ek my lyf geskuif het na 'n plek waar ek nog nie voorheen was nie. Of miskien lanklaas was. Dit is moeilik om uit roetine en bekende terreine te breek, maar elke keer wanneer ek die moed het om dit te doen, is ek bly ek het, en is my lewe vir altyd anders. Beter anders.

Ons gaan 4 keer hierdie jaar groot belewenisbewegings (lyfskuiwe) doen. Dit maak deel uit van ons reis se "Nou oefen ons" gedeelte. Vir ons eerste lyfskuif gaan ons fokus op ons "sirkel van insluiting" ritme. Op ons reis doen ons moeite om mense in te sluit wat ons normaalweg sal uitsluit. Ons kyk waar kan ons mensgemaakte grense oorsteek om meer liefde, versoening en omgee te leef.

Op 17 Februarie gaan ons om 10:00 saam met die geloofs-gemeenskap van Melodi ya Tshwane aanbid. Melodi ya Tshwane is tans in die Bosmanstraat kerk op die hoek van Bosman en Madiba strate. Dit beloof om 'n wonderlike ervar-ing te wees. Ons gaan 09:30 van die gemeentesentrum af saam ry soontoe.

Skryf dit asb in op jou kalender en laat weet my (Ryno) by [email protected] as jy wil saamskuif.

Verdieping en be-

lydenisaflegging ge-

leentheid

Wat glo ons? Wie is ons? Hoe leef ons? 'n Groep volwassenes gaan in die eerste kwar-taal saamreis rondom hierdie vrae, om uitein-delik in die tweede kwar-taal belydenis af te lê. Die groep begin reeds vandag bymekaarkom om 16:30 in Cornwall Hill, vir die volgende 6 Son-dae. Kontak asb vir Ryno by [email protected] as jy nog wil deel wees.

Manne Halftyd Woensdag

6 Februarie 2013

Jannie Putter Jannie was vanaf 2006 tot 2010 die motiveringsafrigter van die Blou Bulle. Gedurende dié tydperk het hulle die Curriebeker in 2009 gewen en in die 2006 en 2008 finaal gespeel. Hulle het ook in 2007, 2009 en 2010 die Su-per 14 drie keer gewen. Jannie was self ‘n suksesvolle rugbyspeler en het 76 wedstryde vir die destydse Wes-Transvaal gespeel . Hy was die Pukke se kaptein vir 4 jaar en het ook uitgedraf vir die SA Barbarians en SA Weermag span. Jannie is tans ‘n motiveringspreker asook ‘n sport sielkundige

en het al drie boeke geskryf en ons gesels huidiglik oor sy

boek, “Wenplan vir die lewe”. Kom kuier gerus Woensdag 6

Februarie saam met ons om 05:30 wanneer Jannie bietjie

met ons kom gesels oor sy lewe asook sy boeke.

Doopgesprekke As julle beplan om julle kind te doop, registreer asseblief by die kerkkantoor. Die vol-gende doopkursus begin 3 Maart om te doop:

• 7 April • 5 Mei

Registrasie beloop R100. Kontak Riana by die kerkkan-toor vir meer inligting.

Page 4: Nuusflitse 3 Februarie

www.pvr.co.za

www.facebook.com/pvrgeloofsfamilie www.twitter.com/PvRGeloofsfam

Kerkkantoor:

Ma: 11:00–16:00 Di–Do: 08:00–16:00 Vr: 08:00–13:00

Tel: 012 662-1708 [email protected]

Sondae: Skoolkwartale

08:00 - Erediens (Ouditorium)

08:00 - Kinderdiens (3j-Gr.3)

09:00 - Groepe (Gr.4 – Gr.7)

10:00 - Erediens (Ouditorium)

10:00 - Kinderdiens (3j – Gr.3)

13:00 - Erediens (Afrikatale)

17:00 - Groepe (Gr.8 – Gr.11)

18:30 - Aanddiens

BANKBESONDERHEDE

NGK Pierre van Ryneveld

ABSA Centurion

Rek no.: 600 591 355

Takkode: 630 445

Stuur betalingsbewys na:

(012) 662 0104

[email protected]

TIENERS:

Sondag die 27ste het ons geselsgroepe afgeskop met die Materiaal. Ons Reis deur die bosse, die

wereld, uitdagings en wildernis, ons word begelei deur die Woord in die een hand en die kompas wat

ons ritme gee vir ons Reis. Saam word ontdek hoe daar uit die teks, deur

die kompas ritme, in die wêreld in te beweeg. Natuurlik gaan dit met ons

diepste seer en ons grootste vreugde gepaard en daarom is lang

gesprekke en skaterlag deel van die pakkie. As jy nog nie ‘n groep het

nie of ‘n reisgenoot is wat tans alleen reis, bring iemand saam; hoe meer

siele hoe meer vreugde.

Wat gebeur vandag?

• Ouergesprekke Graad 10+11 (17:00 in die Ouditorium) • Die “Getroue Getuies” proses skop af vir Gr 11 • Graad 8-10 Op Reis met hul Kompas

KINDERBEDIENING

Baie dankie aan al die ouers wat julle kinders by ons geregisteer

het. Ons kuier al baie lekker saam met die kinders oor Die

“Coolste” Plan!

Verlede Sondag het ‘n mentor vir die kinders met ‘n glas water

verduidelik hoe ons prentjies verskil. (Mark 8: 22-38) Sy’t gesê dis

Oros, die kinders wou dit nie drink nie want dis water! Aan die

einde van die les bid een van die kinders: “Dankie dat ons Oros

kinders van Jesus kan wees!”

Die Mosterdsaadjies leer saam met die

Sjokolade Brigade hoe om Jesus te volg.

Die gr 1-3 leer hoe om God se plan te

verstaan.

Die gr 4-6’s is meeste op die Kidz Kamp &

ek’s seker ons gaan moeë maar baie ge-

lukkige kinders terugbring!

Die gr 7’s se tema gaan oor: “Hou kop,

dink nuut!” Geniet ‘n Kompas-week wat

voorlê!

Izette Malan : 0828237524

Bybelreis met

Stephan Joubert Ons sien uit na heerlike Bybelreis geleenthede hierdie jaar. Die formaat van ons Bybelreis vir die jaar bestaan uit twee oggend en twee aand Bybelreise per kwartaal. Hierdie kwartaal se datums is as volg: Oggend Bybelreis

Dinsdag 5 en 12 Februarie van 9:00–11:00 Aand Bybelreis

Woensdag 6 en 13 Februarie van 19:00–20:30

Tema: Hoe werk die Heilige Gees?

Vir meer inligting, kontak Henk by 0823367555