8
16 Desember 2011 Die feesgety is hier en met die somer skoolvakansie op hande neem baie van ons ‘n welverdiende breekkans. Overvaal se laaste uitgawe vir 2011 verskyn vandeesweek. Die eerste uitgawe vir 2012 sal op 20 Januarie verskyn. ‘n Geseënde Kersfees en Voorspoed vir 2012 word al ons lesers toegewens. Bestuur asseblief versigtig!!! Laaste OVERVAAL vir 2011 Azél en Frikkie Jacobs is die nuwe eienaars van die slaghuis op Makwassie. Frizél Slaghuis is in Cherrylaan en het spesiale aanbiedinge van 19 tot 24 Desember.

Overvaal Nuus 16 Desember 2011

Embed Size (px)

DESCRIPTION

Last Edition of 2011 of Overvaal Nuus.

Citation preview

Page 1: Overvaal Nuus 16 Desember 2011

16 Desember 2011

Die feesgety is hier en met die somer skoolvakansie op hande neem baie van ons ‘n welverdiende breekkans. Overvaal se laaste uitgawe vir 2011 verskyn vandeesweek. Die eerste uitgawe vir 2012 sal op 20 Januarie verskyn. ‘n Geseënde Kersfees en Voorspoed vir 2012 word al ons lesers toegewens. Bestuur asseblief versigtig!!!

Laaste OVERVAAL

vir 2011

Azél en Frikkie Jacobs is die nuwe eienaars van die slaghuis op Makwassie.Frizél Slaghuis is in Cherrylaan en het spesiale aanbiedinge van 19 tot 24 Desember.

Page 2: Overvaal Nuus 16 Desember 2011

Bladsy 2 OVERVAAL 16 Desember 2011

VROUENUUS

Die Streekbestuur van Verwes VLU is: Riana de Villiers (2de Vise Voorsitter), Tillie Dupper (Sekretaresse/Tesouriere), Maatje Hobson (Voorsitter), Enelia Barnard (Naaldwerksameroepster), Elsie Marx (1ste Vise Voorsitter) en Esme Bar-nard (Skakelbeampte).

Verwes se Streekbestuur vir 2012

Jaarliks word daar ‘n dogters- & ‘n seunspro-jek vir die Graad 7 leer-linge gereёl. Die afgelope 3jaar het die VLU-dames gevoel om die seuns meer te trak-teer met dinge waarvan húlle hou. Die dames het met die Boerevereniging gereёl, sodat die “man-beeld” daar sal wees vir die seuns. Mnr. Christo Badenhorst is 2011 deur die Boere-veniging gevra, om dié takie op sy skouers te

neem.• Die seuns het die Rol-lermeule besoek, waar Christo bietjie “Beroeps-voorligting” met die seuns gedoen het, sodat hulle solank kan dink wat

ter vakke nodig is vir die beroep wat hul wil volg.

• Dáárna het die seuns ‘n Veeveiling bywoon. Christo het die seuns ver-duidelik hoe ‘n veiling werk. Hulle het geleer van die” kommissie stelsel”-Inkomste word verdeel tussen afslaer en boer.•Die seuns word toe be-derf met “Vendusie-kos” en koeldrank.•Watter heerlike middag het dié 5 seuns nie gehad nie.

Geniet die Vakansie...dán sterkte vir 2012. Ingestuur deur:Joan Jansen.SkakelbeampteLeeudoringstadVLU-tak.

Leeudoringstad VLU-tak se 2012seunsprojek

Die seuns van Leeutjies wat deel was van die VLU-tak se seunsprojek is, agter: Ruan du Plooy, Bertram Crathorn, Lenard Pretorius en Fanus Pieterse. Voor: Daneel (Chappie) Jacobs.

Houmoed VLU-tak het onlangs woon die Monsanto damesdag te Grootbosch by. Op die foto regs voor sit Kobus Lindeque en Magda de Toit van Monsanto. Agter Magda, staan Melanie Vosloo, seremoniemeester vir die oggend, agter in die mid-del, Elsabe Aldrich gasspreker vir die oggend, saam met die dames van Houmoed tak.

Dames van Houmoed VLU-tak het onlangs hulle SAVLU-Rose ontvang. Vlnr: Hettie Smit, Joey Pretorius,Jossie Grobbelaar, Eureka v/d Merwe, Hannetjie van Wyk en Elsie Marx.

Houmoed VLU-lede ontvang SAVL-Rose

Page 3: Overvaal Nuus 16 Desember 2011

16 Desember 2011 OVERVAAL Bladsy 3

Laerskool Wolmaransstad en Hoërskool Wolmaransstad het vanjaar weer hul Mielieprojek met sukses afgehandel. Ouers wat vir die hektaar kompetisie ingeskryf het, het soos volg presteer. Gerrie Treurnich (eerste), Jaco Beyers (derde) en Chris Botha (vierde). Gideon Koegelenberg was tweede, maar was afwesig toe die foto geneem is. Die skole wens die wenners geluk en spreek hul dank uit vir die ondersteuning. Die skole het OVERVAAL ook gevra om al die deelnemers aan die projek te bedank vir hul ondersteuning en deelname asook ‘n groot dankie aan die borge: Naboom Toyota, MM Bande, Monsanto, Pannar, Mack’s Petroleum, Supa Quick en Van Wyk Voere.

Wenners van skole se Mielieprojek

Page 4: Overvaal Nuus 16 Desember 2011

Bladsy 4 OVERVAAL 16 Desember 2011

Page 5: Overvaal Nuus 16 Desember 2011

16 Desember 2011 OVERVAAL Bladsy 5

Daeraadskool op Wolmaransstad se personeel het vanjaar ook 67 minute terug aan die gemeenskap gegee! Woensdag, 3 Augustus 2011 ,was ‘n belewenis. Die personeel van Daeraadskool het besluit om “Mandeladag” prakties te gaan uitleef. Hulle het die Te-huis vir Bejaardes op die dorp besoek, asook die plaaslike hospitaal en hulle trakteer met muffins. By Daeraad skool het 38 graad 1 leerders van Diamantrif, lekkers, koekies, koeldrank en ‘n worsbroodjie gekry. Hulle het ook na ‘n DVD in die saal gekyk. Op die foto staan die personeel, mevv R. Kasselman, S. Jacobs, K. van Staden en L. Labushagné by inwoners van die tehuis vir bejaardes.

Nuus van Daeraadskool

Die leerders sing vir die pasiënte in die hospitaal.

Leerders van Diamantrif ontvang hul kospakkies.

Besoek gerus ons

‘nuwe’ webwerf

by www.

overvaalnuus.co.za

Page 6: Overvaal Nuus 16 Desember 2011

Bladsy 6 OVERVAAL 16 Desember 2011

The Minister of the police, Nathi Mthet-hwa, has issued a stern warning to druglords in the city and around the country. The minister said the police will not rest as long as the streets of Jouberton are still infested with druglords.

Mthethwa said this during the opening of a new police station at Extension 6 in Jouber-ton last week Thursday. The Minister said the recent festive has seen the police seizing various forms of drugs including cocaine and dagga.

“Now, whether thugs brand these drugs nyaope, whoonga or tik, we shall find them and when we do, you will not be cool. Uzo-sha tsotsi ngoba vele umlilo wamaphoyisa uyashisa,” he said to the uproar of the audi-ence filling the big tent. He said the police

Minister Mthetwa warns druglordsapproach on dealing with drug abuse doesnot merely focus on arresting the “weak andhigh junkies” because they will not be ofany help. “We want the so-called “big boys or godfa-thers” and if they are perhaps with us heretoday, we just want to say we are coming toyou and you will soon be a small boy,” hewarned. Shifting his attention to the open-ing of the station, Mthethwa said the insti-tution should become the face of policingefforts as they seek to improve and measurethe safety of law abiding citizens. “The treatment we give to people who visitpolice stations in search of help leaves alasting impressions not only about the par-ticular station but also about the police as awhole,” he indicated. He said the new policestation is a valuable resource placed underthe hands of the people. “As the residents, keep an eye on the perfor-mance of the police officers here. We are notsaying that you must destructively criticizethem, where they are lacking in service de-livery, feel free to bring this to the Office ofthe Minister. You can do this directly withme,” Mthethwa said.The Minister awarded 10 new vehicles tostation commissioners and 104 to policestations in the province. Mthethwa was ac-companied by the acting national policecommissioner, Nhlanhla Mkhwanazi. TheExecutive Mayor of the District, Pinky Mo-loi and City of Matlosana Executive Mayor,Kagiso Khauoe, helped the Minister to un-veil the plague. The Executive Mayor of the District, PinkyMoloi and City of Matlosana ExecutiveMayor, Kagiso Khauoe, looks on after theMinister has unveiled the plague.

CiCi Lifestyle op Wolmaransstad spesialiseer in die mooiste geskenke, meubels, damesklerasie, vars blomme, long life rose, kuns-benodighede, staal-meubels, Deli-produkte en het n koffiekroeg waar dekadente koffie en tee en die heerlikste eetgoed bedien word. Hulle is ook op facebook. Gaan kuier gerus daar. Vlnr: Carla Hoffman, Susan Landsberg (eienaar), Ntasha Venter, Cerika van Wyk (eienaar) en Karina Kanes.

Page 7: Overvaal Nuus 16 Desember 2011

16 Desember 2011 OVERVAAL Bladsy 7

BOEDELKENNISGEWINGIn die boedel van wyle: MOTSHIDISI MAGDELINE OLIFANT IDENTITEITSNOMMER: 570907 0555 082 VAN Kutlwanostraat 43 Lebaleng Makwassie BOEDELNOMMER: 3332/2011 KENNISGEWING word gegee dat die EERSTE EN FINALE LIKWIDASIE EN DISTRIBUSIEREKENING in die bovermelde boedel ter insae lê ten kantore van die MEESTER VAN DIE HOOGGEREGSHOF, MMABATHO en die LANDDROS, LANDDROSKANTOOR, PIET RETIEF STRAAT, WOLMARANSSTAD vir ‘n tydperk van 21 (EEN EN TWINTIG) DAE vanaf datum van verskyning van hierdie KENNISGEWING. POWELL PROKUREURS HOEK VAN PIET RETIEF EN KRUGERSTRATE WOLMARANSSTAD 2630 VERW: ME POWELL

NOTICE OF SALE IN EXECUTIONIN THE NORTH GAUTENG HIGH COURT, PRETORIA (REPUBLIC OF SOUTH AFRICA) Case Number: 75909/10. In the matter between: STANDARD BANK OF SOUTH AFRICA LIMITED Plaintiff and HENDRIK JOHANNES BADENHORST, Identity number: 710819 5044 08 0, 1st DEFENDANT, BRENDA BADENHORST, Identity number: 840818 0062 08 2, 2nd DEFENDANT. Pursuant to a judgment granted by this Honourable Court on 10/02/2011, and a Warrant of Execution, the undermentioned property will be sold in execution without reserve, by the Sheriff of the Supreme Court, CHRISTIANA on the 27th of JANUARY 2012, at 11h00 at the office of the Magistrate’s Court, 38 Church Street, Bloemhof, North West to the highest bidder. CERTAIN: REMAINDER EXTENT OF A PORTION OF ERF 529, BLOEMHOF TOWNSHIP, REGISTRATION DIVISION H.O., NORTH WEST PROVINCE. DESCRIPTION: 33B PRESIDENT STREET, BLOEMHOF. MEASURING: in extent of 1414 (one thousand four hundred and fourteen) square meters. HELD BY DEED OF TRANSFER: T74325/2005 NO IMPROVEMENTS: (not guaranteed): (herein referred to as “the property”). The property is zoned residential. The abovementioned property will be sold on the conditions read out by the Sheriff of the High Court at the time of sale, which will be available for viewing at least

Kennisgewings/ Legal Notices

Wil u ‘n motor koop met geen deposito? Geen bestuurslisensie nodig nie! Skakel Ockie 079 702 4993, Raymond 072 781 2749 of Glenda 082 078 4687. Krediet waardige kliënte alleen

----------------SEEP SHOPPIE - WOLMARANSSTAD

Tel: 018 596 2630 en Sel: 083 254 1553. Amoniakreiniger - R11/L, Stardishwash - R13,50/L, Bleikmiddel - R9/L, Matshampoo - R16.50/L, Wasgoedversagter - R11/L, Hoëskuimwaspoeier - R25/2kg en vele meer. Tussen Apteek en Dr van Zyl spreekkamer.

----------------KLERE / GORDYNE

Ons herstel en doen verstelwerk aan mans, dames en kinderklerasie. Ons maak ook gordyne. Navrae van 8vm - 1nm by RA Motors. Wolmaransstad.

----------------LEOMAR TUINDIENSTE

Gratis kwotasie vir die uitlê van enige tuin, plaveisel. Ons doen besproeiings en tuindienste. Ons werk is van kwaliteit gehalte en is oral te sien. Kom besoek ook ons kwekery vir u saailinge, struike, roosbome en vrugtebome. Skakel Leonie 071 340 6094 of Marius 083 695 4137

----------------PARADYS HONDE SALON – MAKWASSIE

Bring jou hond vir ‘n lekker bad en skeer. Kontak: 082 623 0932 of 018 597 5150. Sluit 12 Desember 2011.

----------------SALON – NAELS

Makwassie. Kom bederf jouself en kom sit vir ‘n stel naels. Ek doen akriel en gel. Kontak: 082 623 0932 of 018 597 5150.

----------------PALM PETSHOP

Koop en verkoop voëls en toerusting, sade, neste, viskos, vissies ens. Soek 2de handse vistenks benodighede. Vrede Straat 54, Wolmaransstad. Nogsteeds dieselfde adres. Nuwe gebou. Skakel Hennie 072 532 7207.

----------------LET WEL!!!

Sugar en Spice het geskuif vanaf hulle winkel oorkant die werkswinkel van Suidwes. Sy is nou in Amina’s elke dag en gaan nog steeds aan.

----------------HONDJIES TE KOOP

Opregte kortbeen Jack Russels te koop. Beskikbaar 5 Januarie 2012. R280 elk. Skakel Corné by 078 073 3130.

----------------LA WOEF HONDESALON

Bring u troeteldier vir 5 ster behandeling. Was, bosluisbehandeling, ‘n brakkie pakkie en vele meer! Lunél 079 699 1622.

----------------MASSERINGS

Privaat. Wolmaransstad en Makwassie omgewing. Skakel 072 978 8462 of 076 249 7973. 7vm tot 7nm.

----------------HONDJIE VERMIS

My Pekinese reuntjie het weggeraak in Klerksdorp. Hy reageer op die naam “Seuntjie.” Ek wil hom baie graag terug hê. Hy is my lewe. Jannet Hanekom. Atjanice Hof Woonstel no.3, Couzynstraat. Sel: 072 623 0903.

----------------MAAK GOU DIT IS LAAT!

Heerlike Varsgebakte koekies, gemengde koekies, verskillende beskuit. Plaas nou jou bestelling om teleurstelling te voorkom. Lewer af. Skakel 083 379 7934.

CREATIVE COMPUTER & TYPINGCOMPUTER & TYPING LESSONS. Computer lessonsin following: MS Word, Internet, Emails, Excel. Typinglessons in following: MS Word, Emails, Excel, DataCapturing, Spelling & grammar. Contact details: 082 9596117 or email: [email protected] Phone or email forappointment.

----------------HUIS TE HUUR

5 Slaapkamer huis in Wolmaransstad. Pas geverf engeteel. R3500 per maand. Skakel 082 412 5125. Annette.Besikbaar vanaf Januarie 2012.

----------------SPRINGKASTEEL EN WATERGLYBAAN

Kom huur ‘n springkasteel of waterglybaan die Desembervakansie en staan ‘n kans om joune vir die dag gratis tekry. Kontak 083 483 8039 betyds om teleurstelling tevoorkom.

----------------TE KOOP

Twee skaaphond reuntjies. Uit geregistreerde ouers. 3Maande oud. Top kondisie. R750 stuk. Geënt en doseer.Skakel Frans 071 557 4887.

----------------TE KOOP

Ford 4000 Trekker – R16 000.00; Vertoon-yskaste: 3 meter– R3000.00; 4 meter – R4000.00. Skakel Pieter 083 6004644.

----------------TE KOOP

2006 Astra 1.8i. 153 000km, Mags, Goeie klank, Oulikestudent motor! Casper 083 228 9510.

----------------‘n Advertensie in die kolomme kos slegs R50 vir 20woorde

------------------------

Kleinadvertensies/Smalls

Die vriendelike personeel van Frizél Slaghuis op Makwassie is Blommie Matinane, Anna Ntaopane, Frikkie en Azél Jacobs (eienaars), Danie van den Berg en Willem van Blerk.

twenty four (24) hours prior to the sale at the abovementioned Sheriff of Christiana at the following address: 38 Church Street, Bloemhof, North West. DATED at PRETORIA on this 8th day of December 2011. GERHARD BOTHA & PARTNERS INCORPORATED Attorneys for PLAINTIFF With right of appearance in terms of Section 4(2) of Act 62 of 1995 P/A: S. Roux Inc, Office 2/201 Office Park no.2 Top Floor Cnr Elephant’s & Steenbok Streets Monument Park PRETORIA Tel.: (012) 347-0480 Fax: (012) 347-6839 Ref.: Mr AJ BENNECKE/idb/HJ 0876/11

Besoek gerus ons

‘nuwe’ webwerf

by www.

overvaalnuus.co.za

Page 8: Overvaal Nuus 16 Desember 2011

Bladsy 8 OVERVAAL 16 Desember 2011

Die SA Jagters- en Wildbewaringsvereniging se Diamanttak het onlangs sy jaarlikse prysuitdelingsfunksie op Wolmaransstad gehou. JH Lubbe (links) was vanjaar die algehele wenner met gewere. FJ Breytenbach (regs) was tweede. BJP van Staden was derde.ee

SA Jagters se Diamanttak deel pryse uit

C.A.J. Victor (regs) was 2011 se algehele dames wenner. F. Gildenhuys was tweede. Gildenhuys was vanjaar die beste boogskut in die damesafdeling en Victor in die tweede plek.

In die veterane afdeling met gewere was PC Klue die algehele wenner.

HH Breytenbach was die algehele wenner met gewere in die junior afdeling.

In die mans afdeling met die boog was HL Breedt (links) die algehele wenner. HG Breedt was derde. B.J.P. van Staden (afwesig) was tweede.

LINKS: In die junior afdeling van die boogskiet was die algehele wenners vlnr: J . C . B r e e d t (3de , A . van Rensburg (1ste) en C. Volschenk (2de).

Die Diamanttak se skietspan vir 2012 is, vlnr: B. Gildenhuys, K. Victor, M. Kirsten, F. Breytenbach, H.G. Breedt, H.H. Breytenbach, H.L. Breedt, H. Breytenbach en J. Lubbe. ( Afwesig: J. Breedt, J Jonker, M, Hamilton en B van Staden).

BO: Die twee jagters het brons balkies gekry op die Rooijakkals-tabel. llHulle iHH s ii H.L. Breedt en H.J.S Breytenbach.

die

Print

ed by

: www

.prec

ision

grou

p.co.z

a/ 01

8 293

2187

/ 082

758 1

232

Print

ed by

: www

.prec

ision

grou

p.co.z

a/ 01

8 293

2187

/ 082

758 1

232