44
HOËRSKOOL DURBANVILLE UITGAWE 7/2016 DUR B OUERS DURBIES - 7’s KAMPIOENE DURBIES KLOP PAARL BOISHAAI EN PAARL GIM INHOUD: Hoofberig 1 DIE SKOOL WAAR ELKEEN IEMAND IS Uit die kantoor: 2 Durbie Nuus: 4 Durbie-Ads: 42 - “Dis ‘n Leefstyl” Sportuitslae: 40 Oud-Durbies 36 Hierdie span het vanjaar hul pad in almal se harte in gespeel en het die seisoen op ‘n besonderse hoogtepunt afgesluit. Die gesegde vir die week: “It’s not how you start, it’s how you finish” was aanvaar en goed toegepas deur dié groepie seuns. Vervolg op bl. 29 FOTO: Durbanville O/14A Rugbyspan met die 7’s trofee DURBIES Durbies wen ATKV Streeks- 31 finaal Durbies Maak Dit 3 in ‘n Ry 32 Detensie Boodskap 33 Durbies - 7’s Kampioene: 29

durbie nuus

  • Upload
    ngokhue

  • View
    274

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: durbie nuus

HOËRSKOOLDURBANVILLE UITGAWE7/2016

DUR’B’OUERS DURBIES - 7’s KAMPIOENE DURBIES KLOP PAARL BOISHAAI EN PAARL GIM

INHOUD:

Hoofberig 1

DIESKOOLWAARELKEENIEMANDIS

Uit die kantoor: 2

Durbie Nuus: 4

Durbie-Ads: 42

- “Dis ‘n Leefstyl”

Sportuitslae: 40

Oud-Durbies 36 Hierdie span het vanjaar hul pad in almal se harte in gespeel en het die seisoen op ‘n besonderse hoogtepunt afgesluit. Die gesegde vir die week: “It’s not how you start, it’s how you finish” was aanvaar en goed toegepas deur dié groepie seuns.

Vervolg op bl. 29

FOTO: Durbanville O/14A Rugbyspan met die 7’s trofee

DURB IES

Durbies wen ATKV Streeks- 31 finaal

Durbies Maak Dit 3 in ‘n Ry 32

Detensie Boodskap 33

Durbies - 7’s Kampioene: 29

Page 2: durbie nuus

HOËRSKOOLDURBANVILLE

UITGAWE7/2016

2

Geagte Ouers

Die grootste deel van die akademiese jaar 2016 is op ‘n einde. Nou lê die finale afronding voor en dan is dit tyd vir rekenskap gee. Ons matrieks se laaste dag van amptelike skoolbywoning is reeds op 14 Oktober en hulle eksamensessie begin dan ook op 17 Oktober. Ons wil sommer reeds langs hierdie weg al ons matrieks alles van die beste toewens vir hulle eksamen. Ons weet dat dit goed sal gaan. Voorspoed ook aan al ons matriekouers – die tydperk is mos maar senutergend vir almal. Ons matriekafskeid was hierdie jaar by D’Aria. Watter wonderlike ervaring was dit nie. Baie dankie aan die reëlingskomitee wat geen steen onaangeroer gelaat het om van die geleentheid ‘n blink sukses te maak nie. Me Burger en mnr Van Deventer was die groot dryfvere en beplanners en doeners. Ons het waarlik op ‘n mooi wyse dankie gesê aan ons pronk matriek-klas van 2016. Die verskillende wintersportsoorte het ook reeds hulle afskeids-geselighede gehad. Ek wil ook met die sentiment van hierdie byeenkomste saamstem en ons afrigters en spelers bedank vir hulle harde werk, ons ouers vir volgehoue ondersteuning en ons borge vir hulle vrygewigheid en ondersteuning. Ons matrieks wat hulle laaste wedstryde vir die skool gespeel het, gaan ook baie gemis word. Die sportkantoor is hard besig om die afrigters vir volgende jaar te finaliseer en hulle sal dit binnekort publiseer. Wanneer u na u kind se rapport kyk, sal van u lees dat u kind dalk ‘n onvoltooide punt vir ‘n vak het. Die voorskrif van ons Departement is dat wanneer ‘n kind afwesig is vir bv. ‘n toets die die totale punt nie aangedui kan word nie. Indien hy of sy ‘n wettige rede het (bv. ‘n mediese sertifikaat) sal die kind die geleentheid kry om dit in te haal. Die nuwe punt sal nie op die rapport verskyn nie, maar wel deel uitmaak van sy/haar assesseringpunt vir die finale eksamen.

UIT DIE KANTOOR:

Page 3: durbie nuus

HOËRSKOOLDURBANVILLE

UITGAWE7/2016

3

Indien die kind verkies om nie die nuwe toets te skryf nie, sal die stelsel ‘n punt uitwerk vir die einde van die jaar se assesering, maar steeds nie op die rapport verskyn nie. Ons skool sal die einde van die jaar dien as ‘n nasiensentrum. Dit beteken dat ons eksamendatum vir grade 8 tot 11 vervroeg gaan word. Sodra ons die datum ontvang, sal ons dit aan u beskikbaar stel. Ander belangrike datums is :

10 Oktober : skole heropen en erekleure- funksie

13 Oktober : prysuitdeling

14 Oktober : matrieks se laaste dag

7 November : begrotingsvergadering

7 Desember : skool sluit. Geniet die kort vakansie : graad 12’s voorspoed met die studies. Groete G.L. Germishuys SKOOLHOOF

UIT DIE KANTOOR:

Page 4: durbie nuus

HOËRSKOOLDURBANVILLE

UITGAWE7/2016

4

DURBIE NUUS:

HOËRSKOOL DURBANVILLE SE GROOTSTE FONDSINSAMELINGSPROJEK

CWC DURBIE DASH:

Vanjaar se CWC Durbie Dash beloof om groter en beter as ooit tevore te wees! Chris Willemse Cycles is weer vanjaar se naamborg. Ons verwelkom 2 nuwe hoof-borge aanboord naamlik Ribbens Office National en Simply Store. Die CWC Durbie Dash vind plaas op Sater-dag 29 Oktober 2016 en sluit die volgende in: - 2 Padroetes (90 km & 46 km); - 4 MTB roetes (65 km, 45 km, 25 km, 12 km); - Urban Trail Run (11 km & 3.5 km). Vanjaar se CWC Durbie Dash het ook ‘n opwindende nuwe toevoeging. Kontant-pryse ter waarde van R5 000.00 elk vir die King & Queen of the Mountain word geborg deur Subaru Cape Town. Hierdie nuwe toevoeging beloof om top ryers te lok. Subaru Cape Town sal ook mense aanry na hul toeskouerspunt bo op Dorstberg.

Page 5: durbie nuus

HOËRSKOOLDURBANVILLE

UITGAWE7/2016

5

Raak betrokke by vanjaar se CWC Durbie Dash op een van die volgende maniere. Raak betrokke as helper: - helper met registrasie - helper op skoolgronde - helper by waterpunt op: MTB roete Pad roete Raak betrokke as CWC Durbie Dash borg: - Borg ‘n waterpunt @ R5 000 of dien as me- deborg van ‘n waterpunt; - borg die markiestent @ R10 000; - borg R16 000 as donasie vir uitgawes; - borg die sosiale media @ R20 000.

Cash prizes sponsored by SUBARU Cape Town

of the mounta in KING & QUEEN

Borge ontvang: - Geleentheid om ’n stalletjie op te sit - Hoërskool Durbanville FB, e-brief 1 800 ouers en DurbieNet 4 000 aktiewe oudstudente; - CWC Durbie Dash webtuiste (R5 000 / meer) - CWC webtuiste en FB (30 000 “followers”); - PPA - 19 000 lede via e-brief; - Tygerberg MTB Klub - 5 000 lede via e-brief; - Ribbens Office National webtuiste, FB (5 000 “followers”) en e-brief; - H & M Removals and Simply Store Facebook - Trailfun webtuiste en Facebook - Interactive Concepts Social Platform

DURBIE NUUS:

HOËRSKOOL DURBANVILLE SE GROOTSTE FONDSINSAMELINGSPROJEK

CWC DURBIE DASH:

#DurbieDash

Page 6: durbie nuus

HOËRSKOOLDURBANVILLE

UITGAWE7/2016

6

D

HOËRSKOOL DURBANVILLE

CWC DURBIE DASH

Page 7: durbie nuus

HOËRSKOOLDURBANVILLE

UITGAWE7/2016

7

DURBIES WEN ATKV STREEKSFINAAL FRAGMENT BESTE PRODUKSIE BY ATKV STREEKSFINAAL

DURBIE NUUS:

Durbies wen ATKV Streeksfinaal. Die ATKV het dit goedgedink om vanjaar se ATKV Streeksfinaal by Hoërskool Durbanville aan te bied. Die top Tienertoneel skole in die Kaap het aan hierdie Streeksfinaal deelgeneem. Paul Roos Gimnasium met Vlug was derde en Jan van Riebeeck se Toe val die maan bewusteloos tweede. Durbanville se Fragment was aangewys as die uiteindelike wenners

#TrotsDurbanville Vervolg op bl. 31

DURBIES VIER LENTEDAG DURBIES EN ONNIES VIER LENTEDAG

Durbies vier Lentedag. Op Donderdag 1 September 2016 het die Durbie-leerders en onnies lekker gesellig verkeer om

Lentedag te vier in die HSD Personeelkamer.

Page 8: durbie nuus

HOËRSKOOLDURBANVILLE

UITGAWE7/2016

8

DURBIES LEI WP & WES-KAAP NETBALSPANNE DURBIE NETBALSPEELSTERS LEI MET VOORBEELD

DURBIE NUUS:

Durbies lei met voorbeeld. Vyf Durbie netbalspeelsters is as kapteine en een as onder-kaptein van die onderskeie WP en Wes-Kaap Netbalspanne verkies, wat tydens die skoolvakansie aan die verskeie provinsiale netbaltoernooie, reg oor die land deelgeneem het. Hierdie is waarlik ‘n puik prestasie en spreek boekdele van ons Durbie- dogters se karakter. Baie geluk dogters, ons is trots op julle!

#TrotsDurbanville

DURBIES MAAK DIT 3 IN ‘N RY

DURBIES WEN WP NETBAL SUPERLIGA Durbies Netbal maak dit 3 in ‘n ry. Hierdie spesiale groep dogters het vir die afgelope 3 jaar puik resultate op die netbalbaan behaal en op Saterdag 10 September 2016 vir die derde agtereenvolgende jaar die WP Superliga finaal gewen. Baie geluk aan die elkeen van die dogters, sowel as Mev. Sunelle van Eyssen en Mnr Grant Daniels met hierdie puik prestasie, ons is trots op julle.

#TrotsDurbanville

FOTO: V.l.n.r. Melissa Blaauw, Élan Stoffberg, Runé du Plessis, Ansley Solomons, Lené Stofberg en Nicola Smith

Vervolg op bl. 32

Page 9: durbie nuus

HOËRSKOOLDURBANVILLE

UITGAWE7/2016

9

DURBIE NUUS:

DURBIES 4DE BY WES-KAAP DURBIES HAAL NETBAL TOP-SKOLE FINALE Durbies mis net-net uit. Ons O/15A Netbalspan het op Saterdag 17 September 2016 aan die Wes-Kaap Topskole Netbal finale, op Mosselbaai deelgeneem. Ons vaar as volg: vs Paarl Gim verloor 6-10 vs Langenhoven wen 17-6 vs Stellenberg wen 17-10 vs Overberg wen 22-5 vs Bloemhof verloor 9-12 vs Bellville verloor 10-17 Werk hard en kom sterker terug volgende jaar!

DURBIES WEN WP NETBAL SUPERLIGA DURBIE JONGES BESTE IN SUPERLIGA Durbies wen WP Netbal Superliga. Ons junior netbalspanne het vanjaar weer puik presteer. Ons O/14A, B en E spanne het almal in die finale gespeel. Ons O/14A span het naelskraap in die finaal verloor, maar ons O/14B en E Netbalspanne het koning gekraai en sodoende die liga gewen. Baie geluk dogters, ons is trots op julle! Foto regs: O/14B Netbalspan Foto regs onder: O/14E Netbalspan

#TrotsDurbanville

Page 10: durbie nuus

HOËRSKOOLDURBANVILLE

UITGAWE7/2016

10

DURBIE ADS:

DURBIE ONDERSTEUNERSDRAG

Beskikbaar by Bemarkingskantoor 021 976 3188

Page 11: durbie nuus

HOËRSKOOLDURBANVILLE

UITGAWE7/2016

11

BLINK TOEKOMS VIR DURBIES TENNIS JONG DURBIE-SPAN VAAR GOED BY MOORREESBURG TENNISTOERNOOI

DURBIE NUUS:

Durbie Tennis in vir ‘n blink toekoms. Met meeste van ons groot kanonne soos Freddie van der Merwe, Muller van der Westhuizen, Markus Brink, Roche Benn, Nicole Schreuder en Lara Mostert nie beskikbaar vir wedstryde nie a.g.v. eksamens het Durbanville met ‘n baie jong span aan die Moorreesburg Tennistoernooi deelgeneem. Die Durbies het goed vertoon deur Hermanus 23-4 Vredendal 24-4 en Somerset Kollege 18-10 te klop. Ons val ongelukkig vas teen Hugenote 11-16 en moet uitspeel vir die 3de en 4de plek. Ons klop Somerset Kollege 20-8 en eindig die toernooi in die 3de plek. Voorwaar ‘n goeie resultaat as mens in ag neem dat meeste van ons spelers almal nog juniors is. Baie geluk seuns en dogters, ons is trots op julle!

#TrotsDurbanville

Page 12: durbie nuus

HOËRSKOOLDURBANVILLE

UITGAWE7/2016

12

DURBIE NUUS:

“The science of today is the technology of tomorrow.” –Edward Teller Die Durbies het hul Fisiese Wetenskap projekte op 14 September 2016 in die Ouditorium uitgestal. “Anyone who has never made a mistake has never tried anything new.” – Albert Einstein Hierdie toekomstige Einsteins se kreatiewe projekte en blink idees was verfrissend. “Think like a proton, always positive.”

FISIESE WETENSKAP-UITSTALLING DURBIES STAL WETENSKAPPROJEKTE UIT

Page 13: durbie nuus

HOËRSKOOLDURBANVILLE

UITGAWE7/2016

13

DURBIE HOKKEISPELERS SPEEL 100 WESTRYDE SHANNON EN DERICK VERTEENWOORDIG EERSTESPAN 100 KEER

DURBIE NUUS:

‘n Spesiale prestasie vir twee spesiale leerders. Dis nie aldag wat mens van sulke prestasies hoor nie. Verlede jaar het Emce van der Walt 100 Eerste XI Krieketwedstryde gespeel. Vanjaar het hierdie voorreg aan Shannon Steyn en Derick Turner behoort. Hulle albei het 100 keer vir Hoërskool Durbanville se Eerste Dogters- en Seuns Hokkiespanne uitgedraf. Hierdie is waarlik ‘n puik prestasie en verg harde werk en toegewydheid. Dankie vir jul bydrae tot Durbanville Hokkie. Ons wil graag vir Shannon en Derick baie geluk wens, met hul prestaie. Ons is baie trots op julle!

#TrotsDurbanville

Page 14: durbie nuus

HOËRSKOOLDURBANVILLE

UITGAWE7/2016

14

DURBIE NUUS: DURBIES IN WP HOKKIESPANNE DURBIE DOGTERS VERTEENWOORDIG WP HOKKIESPANNE Durbies haal WP Hokkiespanne. Durbanville het vanjaar sake uitgespook in die WP se Premierliga. Ons Durbie dogters het goeie kompetisie gehad vanjaar en het hierdie seisoen verskeie WP Hokkiespanne gehaal. Baie geluk Shannon, Anje en Sam met jul insluiting in die WP Hokkiespanne, ons is trots op julle! Foto: V.l.n.r. Shannon Steyn, Anje Smith, Sam Steyn #TrotsDurbanville

DURBIES KLOP SWARTLAND DURBIES BEREI VOOR VIR KFC PUNT KRIEKETFEES Die Durbies Eerste XI Krieketspan het op Erfenisdag (Saterdag 24 September 2016) kragte gemeet teen Hoërskool Swartland. Swartland neem ook vanjaar deel aan die KFC Punt Krieketfees op Mosselbaai en hierdie was die ideale voorbereiding vir dié twee skole, wat pas vanaf hul rugby- en hokkieseisoene kom. Swartland het eerste gekolf en word uitgeboul vir 119 lopies. Durbanville bereik die teiken met 5 paaltjies plat. Hierdie was goeie voorbe-reiding vir die Durbies, siende dat baie van die senior spelers nie gespeel het nie. Baie geluk seuns en alle voorspoed vir die Krieketfees!

Page 15: durbie nuus

HOËRSKOOLDURBANVILLE

UITGAWE7/2016

15

DURBIE ADS:

Page 16: durbie nuus

HOËRSKOOLDURBANVILLE

UITGAWE7/2016

16

DURBIE AFSLUITINGSKONSERT 2016 DURBIES MAAK MUSIEK VIR JONK EN OUD

Musiek vir die gehoor se ore… Die Durbies het weer soos oudergewoonte musiek gemaak vir jonk en oud by vanjaar se Afsluitingskonsert. Ons suksesvolle Durbie Blaasorkes en Koor het oud en jonk betower met pragtige klanke en sang. Hierdie was een van die laaste geleenthede om die Blaasorkes in aksie te sien… of altans te hoor voordat hulle vertrek na Empangeni. Ons is baie trots op elkeen wat deel was van hierdie spoggeleentheid en bedank julle vir jul insette en harde werk. Ons is trots op ons Blaasorkeste en Koor met hul spog vertonings en uitslae vanjaar!

DURBIE NUUS:

Die foto van Koorlid, Inge van der Merwe, in die agtergrond som die aand perfek op… “stunning”. Baie dankie aan elkeen wat hierdie geleentheid bygewoon het, ons waardeer julle opreg!

#TrotsDurbanville

Page 17: durbie nuus

HOËRSKOOLDURBANVILLE

UITGAWE7/2016

17

DURBIE-ONNIES WEN TNL SUPERLIGA DURBANVILLE ONNIES WEN LIGA

DURBIE NUUS:

Durbie-onnies deel van wenspan by TNL. Juffrou Leoné Theron en Juffrou Haike Brink was deel van die De Tyger Eerste Netbalspan wat die Superliga van die TNL (Tygerberg Netballiga) gewen het. Hulle het op Donderdag 15 Setember 2016 teen Durbanville Netbalklub in die finaal gespeel. De Tyger wen die wedstryd en sodoende die TNL Superliga. Baie geluk Juffrouens, ons is trots op julle!

OOIEVAAR BESOEK DURBIE-ONNIES DURBIE-FAMILIE BREI UIT

Die Durbie-familie raak groter. Juffrou Van Eyssen en haar man Coenraad verwag ‘n tweeling en nuwe Durbie-Juffrou, Linnea Rood en haar man, Jacques verwag ook. Baie geluk Juffrou Van Eyssen en Juffrou Rood. Ons hoop julle sal tonne liefde en vreugde ervaar! Sterkte, ons deel in jul vreugde!

#Durbies #Familie Foto Middel: Juffrou Rood en haar man Jacques Foto Onder: Juf. Van Eyssen en haar man Coenraad

Page 18: durbie nuus

HOËRSKOOLDURBANVILLE

UITGAWE7/2016

18

DURBIE ADS:

Page 19: durbie nuus

HOËRSKOOLDURBANVILLE

UITGAWE7/2016

19

DURBIE NUUS:

Craig Thomas, eienaar van Durbanville Kwik-spar, sy koopbewys in die “Loyalty Entry Box”. Ons herinner alle Hoërskool Durbanville leerders, ouers en vriende om hul koop-bewyse in die boks te gooi. ‘n Persentasie van die verkope word aan Hoërskool Durbanville oorbetaal. Ondersteun ons borge!

“LOYALTY ENTRY BOX”

FONDSINSAMELING

DURBIES ATLETIEK KRY NOG OLIMPIESE ATLEET OLIMPIESE ATLETE BREI DURBIE ATLETE Durbies Atletiek verwelkom nog ‘n Olimpiese atleet. Antonio Alkana, wat aan vanjaar se Olimpiese Spele, in Rio de Janeiro, deelgeneem het sluit hom by mede SA en Olimpiese atleet, Rocco van Rooyen aan. Hierdie top atlete vorm deel van die Durbie-atletiek afrigtingspan en sal die leerders brei

tydens die derde en vierde kwartaal ter voorbereiding van die Top-10 Atletiekbyeen-komste op Bredasdorp en Moorreesburg. Ons sien daarna uit en is bevoorreg om met hierdie top-atlete en afrigters te werk. Fotos onder: V.l.n.r. Rocco van Rooyen en Antonio Alkana

#DurbiesAtletiek

Page 20: durbie nuus

HOËRSKOOLDURBANVILLE

UITGAWE7/2016

20

DURBIE ADS:

Page 21: durbie nuus

HOËRSKOOLDURBANVILLE

UITGAWE7/2016

21

DURBIE NUUS:

Johanise Fouche (Oud-Durbie) - Woensdagmiddag 14:10 en ek is met vakansie. 'n Vakansie op 'n tropiese eiland met 'n windstil strand, perfekte weer, 'n cocktail in my hand en 'n kelner wat daar is wanneer ek my vingers klap. Stilte, liefde, harmonie.

KOEBAAI TOETSREEKS VOELGOED BLOGS – JOHANISE FOUCHÉ (OUD-DURBIE)

Die gesmeek, geskel, onderhandelings, afpersing, preke en die amper haat is verby. Ek is nie meer Rocky Balboa wat elke middag worstel met Wetenskap aktiwiteite en Wiskundesomme nie. Twee weke van ’n ReliCalm verslawing en ‘n hunkering na vroegmiddag sjampanje is verby. Ek hoef nie meer die twee boeties uitmekaar te hou wanneer Terence moet leer en Schalk met hom wil gesels nie – ek het gevoel soos Owen in Jurassic World wat ‘n paar wilde dinosourusse probeer tem – alhoewel ek glad nie sou omgegee het as hy wou kom help vir ‘n middag of drie nie….

Hoekom is leer so groot straf? Besef hy nie dit

is vir sy eie beswil nie?

Ja, hy besef, maar nee, dis nie so belangrik vir

hom nie. Dit is baie lekkerder om saam met sy

maat hier om die draai in die buurt met hul

fietse rond te ry en kattekwaad aan te vang,

want hy is maar net elf. Op elf besef hulle nog nie die implikasies van nie leer nie, die verantwoordelikheidsin is nie ver genoeg ontwikkel nie (nie in my huis nie in elk geval). Is dit verkeerd? Maak dit van hom ’n slegte kind? Nee!!! Hy is normaal. Ek wil hê my kind moet leef, homself geniet, maar hy moet ook besef wat sy prioriteite behoort te wees. Dit stem ongelukkig nie ooreen met myne nie, maar ons sal (hopelik) daar kom. Ons het twee en ’n halwe weke van ontspan. Minimale huiswerk en ‘n skoolvakansie wat voorlê. Terence en sy maats wat soos Trompie van ouds die buurt op horings neem en net normale elfjarige seuns is. Ek sal 10 Oktober weer my bokshandskoene en sweetband aantrek.

Page 22: durbie nuus

HOËRSKOOLDURBANVILLE

UITGAWE7/2016

22

KONTAK MET OUERS, OUD-LEERDERS EN VRIENDE VAN DURBANVILLE

DURBIE NUUS:

d6 School Communicator - verbind ouers, oudleerders en vriende met die skool. Die d6 School Communicator is ‘n kommunikasie-stelsel wat skole in staat stel om effektief met ouers, oud-leerders en vriende van die skool te kommunikeer via: - “desktop” applikasie - slimfone - internet - sosiale media - sms - e-pos Skole kan belangrike dokumente soos toetsroosters en wedstrydbepalings stoor, vir ouers om af te laai, deurgee van belangrike reëlings m.b.t. uitstapies, matriekafskeid, danse, fondsinsameling en die verskuiwing of kansellasie van wedstryde ens. Duisende skole, reg oor Suid Afrika gebruik tans die d6 School Communicator stelsel. Bly op hoogte van sake en verwikkelinge by Hoërskool Durbanville deur die skool se d6 School Communicator af te laai - http://www.school-communicator.com/download.php

d6 SCHOOL COMMUNICATOR:

Page 23: durbie nuus

HOËRSKOOLDURBANVILLE

UITGAWE7/2016

23

DURBIE ADS:

WISKUNDE EKSTRA KLASSE

My naam is JP Lourens en ek wil graag u kind help met ekstra Wiskunde lesse. Koste per uur les is R100. Klasse is individueel en vind plaas op Maandae en Donderdae

van 6nm tot 7nm.

Kontak JP - 079 885 3082

Page 24: durbie nuus

HOËRSKOOLDURBANVILLE

UITGAWE7/2016

24

DURBIE NUUS: WOOLWORTHS MY SCHOOL- & MARKO KAART: HOËRSKOOL DURBANVILLE SE DEURLOPENDE FONDSINSAMELINGSPROJEKTE

Raak betrokke en maak ‘n verskil. Ouers, Oud-Durbies en Vriende van Hoërskool Dur-banville kan sonder veel moeite, deurlopend bydra tot die skool. Deur die implimentering van hierdie projekte, word ‘n lopende inkomste stroom vir die skool gegenereer. Onthou dus om Hoërskool Durban-ville die begunstigde te maak op u Woolworths My School kaart sowel as u Makro kaart.

Indien u nog nie ‘n kaart het nie, of hulp benodig met die verandering van begunstigde, skakel Leonie Nel by die HSD Bemarkingskantoor op 021 976 3188. Ons waardeer u ondersteuning opreg!

#Durbies

Page 25: durbie nuus

HOËRSKOOLDURBANVILLE

UITGAWE7/2016

25

DURBIE ADS:

Page 26: durbie nuus

HOËRSKOOLDURBANVILLE

UITGAWE7/2016

26

DURBIE NUUS: ADVERTENSIESPASIE: RAAK BETROKKE BY HOËRSKOOL DURBANVILLE SPORT

Raak betrokke by Hoërskool Durbanville Sport deur advertensiespasie vir u maatskappy te neem langs die hokkieastro, netbalbane en of A-rugbyveld. Fondse word aangewend vir Hoërskool Durbanville Sport. Indien u enige navrae het, skakel ons Bemarkingskantoor op 021 976 3188.

Page 27: durbie nuus

HOËRSKOOLDURBANVILLE

UITGAWE7/2016

27

DURBIE ADS:

Page 28: durbie nuus

HOËRSKOOLDURBANVILLE

UITGAWE7/2016

28

DURBIE NUUS:

DURB IES - “Dis ‘n Leefstyl”

DURBIES PRESTEER BY SPUR MTB CHALLENGE JOHAN KRUGER WEN SILWER MEDALJE

Durbies presteer by Spur Reeks Die Durbies het ‘n prag debuutseisoen by vanjaar se Spur Schools MTB Reeks beleef. Die Durbies het vanjaar 6 ryers gehad wat ge-reeld deelgeneem het. Tog moet mens jou nie blind staar na die hoeveelheid deel-nemers nie, maar na die kwaliteit van ons deelnemers. Met die toename in deelnemers by Laerskool Durbanville en ons eie sterk ryers, was daar

besluit om dié sport ‘n hupstoot te gee. Chris Willemse Cycles, Aurora Superspar en Nostic Asset Management het dit moontlik gemaak om vanjaar ons eie fietsry kit te laat maak waarmee ons leerders deelneem. Johan Kruger behaal ‘n tweede plek by die finale rondte en verower sodoende die silwer medalje. Baie geluk Johan, ons is trots op jou!

Page 29: durbie nuus

HOËRSKOOLDURBANVILLE

UITGAWE7/2016

29

DURBIES - 7’S KAMPIOENE

DURBIES KLOP PAARL BOISHAAI EN PAARL GIMNASIUM

#TrotsDurbanville

Durbies word as 7’s kampioene gekroon . Na die hartseer wat dié seuns ervaar het tydens hul Interskolewedstryd, waar ‘n skeidsregter en sy assistente geen beheer oor die wedstryd gehad het nie was die doel om die jaar goed te eindig. Die seuns se positiewe ingesteldheid was duidelik en die ekstra sessie wat op die Vrydagmiddag gereel was, om finaal deur fynere “detail” te gaan, was met ope arms verwelkom deur al die spelers. Die Saterdagoggend het goed begin en gemaklike oorwinnings oor Scottsdene (36-0) en Tygerberg (54-0) in die uitspeelrondtes het beteken dat Durbanville teen Brackenfell in die kwarteindronde te staan sou kom. In die uitspeelrondtes het meeste van die reserwes

speelkans gekry om te verseker dat die beginspan spelers sou vars bly vir die semi-finaal wat teen Paarl Boishaai sou wees. Durbanville wen die kwarteindrondte teen Brackenfell gemaklik met 49-5 om ‘n semi-finaal plek in die trofee kompetisie te be-spreek teen Paarl Boishaai. Durbanville se plan teen Boishaai was een-voudig – vermy kontak, maak slegs kontak op eie terme en gebruik die spoed aan die buitekant. Durbanville speel takties ‘n uit-stekende wedstryd en dit is veral tydens skrumtyd wat Durbanville vir Boishaai ore aansit. Die Durbies wen die wedstryd 29-17. In die finaal kom Durbanville teen Paarl Gimnasium te staan. Nog ‘n fokuspunt tydens die week was die akkuraatheid van

Page 30: durbie nuus

HOËRSKOOLDURBANVILLE

UITGAWE7/2016

30

DURBIES – 7’s KAMPIOENE

DURBIES KLOP PAARL BOISHAAI EN PAARL GIMNASIUM die afskappe. Met die afskop van die wedstryd, pluk Renaldo Ismail die bal uit die lug en die bal beweeg vinnig deur die hande. William de Bruin gaan om sy opponent en gaan kuier agter die doellyn. Durbanville skop af en weer is dit Renaldo wat sy opponent hard lak en in die duikslag die bal oppik en beskikbaar stel. Die bal beweeg vinnig deur die hande en William de Bruin word net voor die doellyn platgetrek. Gelukkig is Chad-Lee Valentine daar om te ondersteun en duik oor in die hoekie. Durbanville teken weer punte aan en vinnig word die reserwes opgesit om die beginspan ‘n blaaskans te gee. Paarl Gimnasium klou stadig maar seker hul pad terug in die wedstryd, maar toe die Durbies se beginspan weer die veld vat, was dit neusie verby vir Paarl Gim. Met die laaste beweging van die wedstryd, voer Chad-Lee Valentine ‘n goeie duikslag uit, wat Janlu Basson die geleentheid gee om vinnig oor die opponent te kom en die strafskop te wen. In plaas van om die bal uit te skop, besluit die Durbies om ‘n laaste keer aan te val, siende dat Gimnasium nie gou teruggeval het nie. Die bal gaan vinnig deur die hande en William de Bruin gaan kuier vir ‘n laaste keer agter die pale. Durbanville klop op een dag, twee van die land se grootste rugbyskole. Baie geluk met hierdie puik prestasie seuns, ons is baie trots op julle!

#TrotsDurbanville

Page 31: durbie nuus

HOËRSKOOLDURBANVILLE

UITGAWE7/2016

31

DURBIES WEN ATKV STREEKSFINAAL

FRAGMENT BESTE PRODUKSIE BY ATKV STREEKSFINAAL

Durbies wen ATKV Streeksfinaal en kwalifiseer vir Nasionale finaal in Potch. Vanjaar se ATKV Streeksfinaal het by Hoërskool Durbanville plaasgevind en die top Tienertoneel skole, in die Kaap, het deelgeneem. Paul Roos Gimnasium met Vlug was derde en Jan van Riebeeck se Toe val die maan bewusteloos was tweede. Durbanville se Fragment, geskryf deur Oud-Durbie Andre du Toit, was aangewys as die algehele wenner. Al drie hierdie stukke kwalifiseer vir vanjaar se ATKV Nasionale finaal wat by die Aardklop Nasionale Kunstefees vanaf 5-8 Oktober 2016 by die Hoër Tegniese Skool in Potchefstroom plaasvind. Ons wens ons Durbies alle sterkte toe met die voor-bereiding vir die finaal. Ons is 100% agter julle!

#TrotsDurbanville

Page 32: durbie nuus

HOËRSKOOLDURBANVILLE

UITGAWE7/2016

32

DURBIES MAAK DIT 3 IN ‘N RY

DURBIES WEN WP NETBAL SUPERLIGA Durbies Netbal maak dit 3 in ‘n ry. Hierdie spesiale groep dogters het vir die afgelope 3 jaar puik resultate op die netbalbaan behaal en op Saterdag 10 September 2016 vir die derde agtereenvolgende jaar die WP Superliga finaal gewen. Baie geluk aan ons O/16A span, Mev. Sunelle van Eyssen en Mnr Grant Daniels met hierdie puik prestasie, ons is trots op julle! Altesaam het 7 van die Durbie netbalspanne ge-kwalifiseer vir die finaal van die WP Superliga. Ons netbalspanne het as volg gevaar: O/14A – Silwer O/14B – Goud O/14E – Goud O/15A – Brons O/15B – Silwer O/16A – Goud O/17B – Silwer Baie geluk dogters, ons is trots op julle!

#TrotsDurbanville

Page 33: durbie nuus

HOËRSKOOLDURBANVILLE

UITGAWE7/2016

33

DETENSIE BOODSKAP

HARDE WERK KWEEK KARAKTER Wynand Breytenbach (Oud-Durbie) - Onthou jy nog toe detensie beteken het dat jy en jou beste pelle groente plant agter die swembad? Onthou jy nog toe jy heel Vrydag middag rond geloop het om sigaret stompies op te tel. Die einste stompie wat jy onder die “rokers boom” ge-“flick” het? Of daardie middag toe die son deur die skool gang venster bars en die stof dik staan van banke skuur?

“Harde werk kweek karakter” het `n meneer eendag my mooi vertel toe ek klae oor dat ek ander mense se “stompies” moet optel in detensie. Wel, daardie dae is verby. Indien jy tans `n kind in Durbanville Hoërskool het of onlangs gehad het sal jy weet dat detensie beteken dat die studente vir twee ure sit en die skool reëls uitskryf. Asof hulle dit nie goed genoeg ken nie. Die dae van harde werk wat karakter kweek is verby en nou sit hulle almal maar daar en skryf blaadjie vir blaadjie die einste reëls uit wat hulle weet hulle oortree het.

Aangesien ek drie van my vyf jaar self op Hoërskool detensie gesit het kon ek vir myself sien dat reëls uitskryf my nie gaan help om my identiteit te vind nie. Die uitskryf van reëls help my nie vorm aan my karakter nie. Dit help my nie skaaf aan wie ek wil word nie. Dit maak net my hand lam en my gemoed.

Daar is twee tipes studente wat detensie sit. Een is regtig onskuldig en het toevallig as gevolg van die sisteem daar beland omdat daar `n paar onskuldige elemente `n rol gespeel het daarin en die ander een sit elke week daar en is dit die resultaat van huislike omstandighede of `n vriende kring wat “sports”, soos my ouma altyd gesê het, aanmoedig.

Die studente wat regtig net onskuldige reëls oortree het wat “daai een keer gesit het een of ander tyd gedurende die skoolloopbaan” hoef niemand oor te bekommer nie. Dis onskuldig en soms nodig. Dis daardie studente wie elke week daar sit en in wie se karakter dit is om te neig na onvolwasse besluitneming op wie daar gefokus moet word. Die vorming van sosiale intelligensie en emosionele volwassenheid.

Om `n persoon te slaan met `n sweep, of in hierdie geval met die reëlboek, gaan nie juis effektiewe karakter vorming aanmoedig nie, maar spreek mens die probleem agter die probleem aan dan kan mens dalk werklik `n verskil maak op iemand se karakter.

Daarom het die skool nou ingekoop op die idee dat ons nou met die studente werk aan identiteit vorming. Ons bespreek die belangrikheid van mense se stories en dat elkeen by die skool op reis is om hulle eie stories te skryf.

Page 34: durbie nuus

HOËRSKOOLDURBANVILLE

UITGAWE7/2016

34

DETENSIE BOODSKAP

HARDE WERK KWEEK KARAKTER Ook hoe mens `n impak het op ander se stories deur jou aksies of reaksies. Ons fokus op vier hoof fasette van lewe: Ek en myself, Familie en Huis, Geloof of Waardes en Skool of Werk. Hiermee dek ons die holistiese welwees van die student.

Die hoop is dat ons hiermee hulle in gesprek kan lok om te begin vra wie hulle is, wie hulle wil wees en hoe hulle in die spanning moet leef tussen die huidige “ek” en die toekomstige “ek”. Hierdie is `n baie moeilike spanning om te verduidelik aan `n student veral wanneer huislike omstandighede meeste van die kere hulle karakter beïnvloed en vorm. Hulle voel soms dat niks wat hulle ooit sal doen die omstandighede sal kan verander nie. Hulpeloos.

Hierdie pionierswerk bring baie uitdagings. Ons soek nog `n goeie invalshoek by die groot diversiteit van die studente en hulle kontekste alhoewel daar al deurbraak oomblikke was. Ons is gretig om nuwe elemente te probeer en om nog baie te leer oor hoe mens effektief kan werk met kwaai studente op `n Vrydagmiddag na `n lang week.

“Moenie kla oor dit wat jy toegelaat het nie”. Juffrou Laubscher se gesegde bly waar, maar dit word uitgedaag wanneer jou omstandighede jou forseer om iemand te word wie jy nie gekies het om te word nie.

Ons hoop tog dat die reis na die soeke van elkeen se identiteit hulle later op hulle reise sal vorm en dat hierdie harde en soms ongemaklike werk hulle karakter sal skaaf tot elkeen se potensiaal.

Ons ontvang graag raad of leiding.

Vrede

Wynand Marc Breytenbach & Jana Dickason

Page 35: durbie nuus

HOËRSKOOLDURBANVILLE

UITGAWE7/2016

35

DURBIE ADS:

Page 36: durbie nuus

HOËRSKOOLDURBANVILLE

UITGAWE7/2016

36

Oud-Durbie, Rudi Smit se dansvideo is ‘n oornag sensasie wat vlamgevat het en “viral” ge-gaan het op Youtube. Rudi Smit (Matriek 2010) het nog altyd ‘n passie vir dans en choreografie gehad. Rudi het die video self vervaardig en is in Milnerton en Plumstead geskied.

Rudi het die video vervaardig met die hoop dat die bekende sangeres, Meghan Trainor, sou reageer… Meghan het gereageer deur te sê WOW WOW WOW UNBELIEVABLE slay my life #MeToo #RudiSmit

#TrotsDurbanville

OUD-DURBIES: OUD-DURBIE SE YOUTUBE VIDEO GAAN “VIRAL” RUDI SMIT SE DANSVIDEO ‘N OORNAG SENSASIE

Demi Lee betower Expresso Show met haar stem. Oud-Durbie, Demi Lee Moore was Maandag 26 September op die Expresso Morning Show op SABC te sien. Demi Lee se onlangse vrystelling, Jy Maak My Beter, was ‘n treffer en is nou beskikbaar op iTunes. Like haar Facebook blad Demi Lee Moore en wys jou ondersteuning.

#TrotsDurbanville

OUD-DURBIE OP EXPRESSO SHOW DEMI LEE BETOWER SABC MET HAAR STEM

Page 37: durbie nuus

HOËRSKOOLDURBANVILLE

UITGAWE7/2016

37

Oud-Durbie, Zander Tyler (Matriek 2000) of beter bekend as Jack Parow, is deesdae op die kassie te sien. Zander se nuwe program, Dis Hoe Ons Rol is op kykNet te sien. Zander en vriend, Hardus van Deventer het 6 000km van Suid-Afrika se natuurskoon beleef op hul Harley Davidson motorfietse.

#TrotsDurbanville

Durbie ry die land plat op sy Harley Davidson motorfiets.

Durbie akteur besig met nuwe reeks vir 2017. Oud-Durbie, Ramey Short (Matriek 1999) is eersdaags in ‘n nuwe televisie reeks te sien. Ramey het onlangs klaar geskiet met die Amerikaanse reeks, Black Sails en is tans besig met die opneem van Seepglad, ‘n komedie wat 2017 op die kassie sal verskyn. Ons sien daarna uit om hierdie Oud-Durbie terug op die kassie te sien.

#TrotsDurbanville

OUD-DURBIES: OUD-DURBIE IN NUWE TV REEKS RAMEY

OUD-DURBIE ROL VOORT ZANDER RY LAND PLAT OP SY HARLEY

Page 38: durbie nuus

HOËRSKOOLDURBANVILLE

UITGAWE7/2016

38

When and where did you

qualify as a winemaker?

My interest in winemaking took root as a teenager, experimenting with fruit fermentation processes. Preferring the great outdoors to spending time behind a desk, I opted to further my studies at Elsenburg Agricultural College, obtaining my diploma in Viticulture and Oenology in 1989.

Where did you start your

winemaking career?

I applied for a job as winemaker at a small cellar in Wellington, called Onverwacht in 1992. Here I made my first Veritas Gold medal wine from Tinta Barocca.

What do you enjoy most

about winemaking and why?

As winemaker at Strandveld Vine-

yards, it would be crafting wines in the

young Elim wine appellation rooted in the rich history and landscape of this region just kilometers away from the true tip of Africa. The excitement to create a wine from a vineyard that you have nurtured for a whole year working so close with nature. Every vintage is different.

Highlights in your career?

Being inducted into the Commanderie de Bordeaux en Afrique Sud in 2014; a Veritas Double Gold medal as well as a Gold medal (Best in Class) at the International Wine & Spirit Competition for the 2010 Strandveld Sauvignon Blanc. And Both the Sauvignon Blanc and the 2009 Strandveld Adamastor received 5-star ratings in Platter’s South African Wine Guide.

When did you start Strandveld?

OUD-DURBIES: OUD-DURBIE – WYNMAKER VAN FORMAAT “Q & A” MET CONRAD VLOK

Page 39: durbie nuus

HOËRSKOOLDURBANVILLE

UITGAWE7/2016

39

Previous winemaking experience?

I have worked at Darling Cellars, Delheim and Baarsma SA.

Your winemaking philosophy?

To stay sober and focused especially if you spend the whole day with the fantastic wines in your cellar.

The Strandveld philosophy?

Sustainable vineyard and cellar practises by having respect for nature in what we do.

What makes Strandveld’s terroir

special?

What sets Strandveld wines apart from others, is that they are truly terroir driven wines from the southernmost tip of Africa. I try to express the cool climate with the gravel soils in each wine. Sauvignon Blanc is my favourite cultivar to work with, because it expresses the terroir of an area so well. You can even taste the flavours in the berries in the vineyard.

How do you feel about the SA wine

industry’s present standing & future

on the inter-national market and

why?

We have come a long way and worked hard

to change the view that we can only produce commodity wines. More and more small producers are showing off our diversity in terroir and the Cellarmasters and viticulturists at the big cellars have also upped their game producing excellent wines.

Your favourite white and red wines – to drink?

They are all my favourites, as long as they match the mood and the food.

Your favourite wines – to make and

why?

Sauvignon Blanc – you can taste the flavours in the berries and follow it through the fermentation into the final wines.

Your favourite pastimes/hobbies?

Spending time with my family on the farm, fishing with my sea kayak, free diving, spear fishing, hunting and cooking with my own recipes.

OUD-DURBIES: OUD-DURBIE – WYNMAKER VAN FORMAAT “Q & A” MET CONRAD VLOK

Page 40: durbie nuus

HOËRSKOOLDURBANVILLE

UITGAWE7/2016

40

SPORTUITSLAE: NETBAL - 27 Augustus

NETBAL: vs Stellenberg o.18 A verloor 11 – 52 o.18 B verloor 19 – 34 o.18 C verloor 6 – 19 o.17 A verloor 14 – 30 o.17 B wen 15 – 10 o.16 A wen 33 – 9 o.16 B wen 18 – 12 o.15 A wen 28 – 21 o.15 B verloor 21 – 22 o.15 C verloor 10 – 33 o.15 D verloor 9 – 22 o.14 A verloor 20 – 22 o.14 B wen 19 – 13 o.14 C verloor 15 – 26 o.14 D verloor 11 – 21 o.14 E verloor 9 – 22

Mev A.Stoffberg

LANDLOOP - 27 Augustus Ineke Wegman het aan die Wes-Kaap Landloop-byeenkoms in Worcester deelgeneem. Ineke het ‘n 7de posisie behaal en verwerf haar Wes-Kaap kleure. Ineke is ook as reserwe vir die SA Kampioen-skappe opgeneem.

Mev. L. Mirfin

TWEEKAMP 3 September

DOGETRS O/15 Mieke Burger 4de DOGTERS O/17 Danielle du Toit 3de SEUNS O/17 Niel Theron 6de DOGTERS O/19 Marinel Wegman 1ste Mev. S.Minnie

HOKKIE (D) - 26 & 27 Augustus

HOKKIE: vs Stellenberg o.19 A verloor 0 – 5 o.19 B wen 2 – 1 o.19 C verloor 0 – 1 o.16 A verloor 0 – 3 o.16 B verloor 0 – 3 o.16 C wen 1 – 0 o.14 A verloor 0 – 5 o.14 B gelykop 1 – 0 DOELE AANGETEKEN: O/19 B: Sylvia van Rooyen & Danielle Brand O/16 C: Charlene Stevens

Mev. Y.van Huyssteen

HOKKIE (S) - 26 & 27 Augustus

HOKKIE: vs Stellenberg o.19 A verloor 0 – 2 o.19 B gelykop 1 – 1 o.16 A wen 1 – 0 o.16 B verloor 0 – 1 o.16 C wen 1 – 0 o.14 A verloor 1– 1

Mnr. J.Wessels

RUGBY - 27 Augustus

RUGBY: vs Stellenberg o.19 A verloor 10 – 31 o.19 B verloor 0 – 47 o.19 C verloor 5 – 19 o.16 A verloor 14 – 22 o.16 B verloor 3 – 17 o.15 A verloor 7 – 13 o.15 B verloor 5 – 39 o.14 A verloor 20 – 22 o.14 B verloor 14 – 32

Page 41: durbie nuus

HOËRSKOOLDURBANVILLE

UITGAWE7/2016

41

SPORTUITSLAE: RUGBY - 3 September

RUGBY: Cheslin Kolbe O/16 7’s Toernooi o.16 A vs Schoonspruit wen 19 – 12 o.16 A vs Bellville wen 40 – 7 o.16 A vs Parow wen 42 – 14 o.16 A vs Brackenfell verloor 26 – 31

3de & 4de Plek uitspeel o.16 A vs Stellenberg wen 28 – 24

Durbanville eindig in die 3de plek – Baie geluk seuns ons is trots op julle! Mnr. H.Jordaan

HOKKIE (D) - 6 & 8 September

DOGTERSHOKKIE: o.19 A vs The Settlers wen 1 – 0 DOELE AANGETEKEN: O/19 A: Lizaan van Aardt

Mev. Y.van Huyssteen

PADSTAP Baie geluk aan Amore Toerien wat verkies is tot die WP Padstapspan wat in Oktober aan die SA Kampioenskappe gaan deelneem.

DANS Baie geluk aan Anja Faulhammer wat aan die SADTA regstreekse baldanskompetisie deel-geneem het en tien 1ste plekke in haar kategorie verwerf het.

KARATE

Baie geluk aan Jean–Pierre Scholtz wat die Overberg Goju Kai Karatespan by die SA Kampioenskappe verteenwoordig het.

RUGBY - 3 September

RUGBY: Peter Buttner O/14 7’s Toernooi o.14 A vs Scottsdene wen 36 – 0 o.14 A vs Tygerberg wen 54 – 0 o.14 A vs Brackenfell wen 49 – 5

Semi Finaal o.14 A vs Paarl Boishaai wen 29 – 17

Finaal o.14 A vs Paarl Gimnasium wen 40 – 28

Durbanville wen die Peter Buttner O/14 7’s Toernooi – Baie geluk seuns, ons is trots op julle! Mnr. F.Brooks

RUGBY - 3 September

RUGBY: Western O/15 7’s Toernooi o.15 A vs Scottsdene wen 21 – 7 o.15 A vs De Kuilen wen 28 – 0 o.15 A vs Stellenberg wen 35 – 28 o.15 A vs HHH wen 39 – 0

Semi Finaal o.15 A vs Stellenberg wen 12 – 0

Finaal o.15 A vs Paarl Gimnasium verloor 15 – 38

Durbanville eindig as naaswenners – Baie geluk seuns ons is trots op julle! Mnr. J.van Deventer

TENNIS vs Hermanus wen 22 – 4 vs Vredendal wen 23 – 4 vs Somerset Kollege wen 18 – 10 vs Hugenote (semi-finaal) verloor 11 – 16 vs Somerset Kollege wen 20 – 8 Durbanville eindig 3de.

Page 42: durbie nuus

HOËRSKOOLDURBANVILLE

UITGAWE7/2016

42

DURBIE ADS:

Page 43: durbie nuus

HOËRSKOOLDURBANVILLE

UITGAWE7/2016

43

DURBIE ADS:

Page 44: durbie nuus

HOËRSKOOLDURBANVILLE

UITGAWE7/2016

44

DURBIE ADS:

REKLAMEMATERIAAL:VRYWARING

Letasb.daaropdatHoërskoolDurbanvillenieverantwoordelikgehoukanwordvirdieinhoudvanadvertensiesvan‘nderdepartywathul dienste en / of produkte in die aanlyn-nuusbrief adverteer nie; ook nie vir die geloofwaardigheid en / of korrektheid van diegeadverteerdediensen/ofproduknie.Diederdepartyadverteersy/haardiensen/ofprodukopeierisikoopdievoorwaardessoosvervatindieoorspronklikeooreenkomsenenigeverbruikerwatgebruikmaakvandiegeadverteerdediensen/ofproduk.

KONTAKBESONDERHEDE: Tel.0219763188/Faks0219763189

ALGEMEEN:[email protected] BEMARKING:[email protected]

SPORT:[email protected] BORGE:[email protected]

KULTUUR:[email protected] ALUMNI/OUDSTUDENTE:[email protected]

BOEKEKAMER:[email protected] KLEREWINKEL:[email protected]