29
WOZA FRIDAY AUGUSTUS 2008 1/08/2008 Haga Haga maatjies Ons gaan vir eers stick met die skooldae tema, so jammer vir die non-1990 non-Kwagga Woza lesers wat nie die karakters ken en dus dele van die humor nie kan waardeer nie, maar hierdie is after all 'n reünie nuusbrief in die eerste plek. Hierdie week wil ek konsentreer (konsentreer is so mooi woord vir my) op my bloedbroer, my beste maatjie van skooldae, my Gabba ens, ens. Natuurlik praat ek van Gurtie (ook bekend as Carel Gerhardus, Gerdie, Smookie, Simonsig se Kwaaikat) Smook. Ek het gedog ek sal twee stories vertel en na 'n string ander verwys, wat moontlik die aptyt vir toekomstige Woza's sal aanwakker (nog 'n mooi woord). As ek ooit eendag in die finale analise as normaal (wat is normaal?) bevind sou word, sal dit sonder enige twyfel a.g.v. die huisgesin Smook en Gurtie wees. Dis in hulle huis waar ek absurde dinge soos 'n Pa en Ma wat in dieselfde huis bly sonder om mekaar om elke hoek en draai te probeer verwurg, broers en susters wat mekaar jare se kak gee maar tog meeste van die tyd vir mekaar omgee, 'n gesonde belangstelling in dinge buite jouself en jou eie armsalige posisie, ens ens, vir die eerste keer gesien het. Fok, was dit nie vir die hoop wat hulle vir my gegee het nie, het ek verseker 'n krimineel geword. Toe ek moes besluit watter storie om te vertel het ek 'n lysie gemaak van so paar legendariese oomblikke soos bv. Die elektriese mes insident, die 17 punt draai insident, die houtwerk eksamen (ook bekend as die swaelstertvoeg insident), die "hoekom ry ons nie net soos ons gekom het nie" insident, die Huis Visser Hane Dinee insident, die Simonsig se Kwaaikat insident, ens ens, maar het toe besluit om vir vandag op die Haga Haga insident en die Stormwaterpyp insident te konsentreer (daar's daai mooi woord alweer). Ons gaan chronologie in sy moer stuur en begin in 1997 en dan time travel terug in tyd na 1988. In 1997 het ek my Huisdoktersjaar in Durban gedoen en was eerlikwaar net die 100 uur per week wat ek gewerk het, nugter. Die res van die tyd was ek moederlooslik gedrink, gewoonlik saam met Serge Blanco wat ook op daardie stadium in die Piesang Republiek gewoon het. Ons was een aand weer so warm soos alarms in die Beverly Hills Hotel in Umhlanga Rocks en Pik bestel op sy gewone windgat manier vir ons twee Remi Martin Cognacs. Die barman kyk hom so en sê: "Dis R100 per tot, Meneer", en Pik sê: "Wel in daai geval sal ek vier dubbels vat". Anyway, Gurtie besluit hier laat in die jaar dat hy Durbs toe gaan vlieg, sodat ons 'n "roadtrip" terug George toe kan doen. Na 'n gruwelike aand saam met Serge in Howick (waartydens Gurtie die topheavy waitressie met die lae hals, etlike kere terug geroep het na ons tafel om die fynere punte van die menu vir ons te verduidelik wyl haar longe dryg-dryg om the great escape te maak), vat ons die pad kuslangs George toe. Na 'n lang dag se drink agter die stuurwiel deur die eertydse Transkei begin die son sak op ons in 'n deel van die Oos Kaap wat ons van g'n kant af ken nie (mind you, ek sou waarskynlik nie my eie Ma herken het nie). So vat ons 'n afdraai met 'n bordjie wat sê Haga Haga. Dit was 'n grondpad maar so ver ons kon sien in die algemene rigting van die see. Terwyl ons vir die 800ste keer die dag 'n noodstop vir urinasie maak, stop daar 'n ou wat wil weet waarheen ons oppad is. Toe hy hoor ons soek slaapplek (ek het vir hom met die een hand beduie wat ons wil he wyl ek met die ander my Highlander in 'n veilige rigting gewys het) het hy reeds 'n plan en begelei ons daar weg na sy gasteplaas. Met aankoms is ek en Gurtie, soos reeds genoem, so stukkend soos stukkende Hi-Fi's. Die ou wys vir ons die kamertjie met twee enkelbedjies, maar ons was meer geinteresseerd om ons coolerbox uit die kar te red en begin dadelik vuur op-en- dopsteek. So tussen deur het 'n pakkie Guiolles Blonde Superliger (fok weet hoe jy dit spel) ook nog in die pompie gekak. Van hier af onthou ek bitter min, behalwe ..... Daardie nag het ek verskeie kere wakker geword waar of ek lepel lê met Gurtie, of hy met my. Gedurende die nag het ek en my benewelde brein gedog dis net 'n nare droom, maar moes die volgende oggend met 'n nugter dog brose bewussyn besef dit was meer as net 'n droom. Ons gasheer moes om een of ander rede gedink het ons is skeef of iets (dalk, in hind sight agv my beduiery wyl ek besig was om met die Highlander te werk), en het die enkelbedjies 'n dubbelbed gemaak wyl ons gekuier het. In ons toestand het ons op 'n stadum die bed gevind en al wat ek tot ons verdediging kan sê is dat daai fokken Oos Kaap bitter koud raak in die nag!

Woza Friday – Augustus 2008 1/08/2008

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: Woza Friday – Augustus 2008 1/08/2008

WOZA FRIDAY – AUGUSTUS 2008

1/08/2008

Haga Haga maatjies Ons gaan vir eers stick met die skooldae tema, so jammer vir die non-1990 non-Kwagga Woza lesers wat nie die karakters ken en dus dele van die humor nie kan waardeer nie, maar hierdie is after all 'n reünie nuusbrief in die eerste plek. Hierdie week wil ek konsentreer (konsentreer is so mooi woord vir my) op my bloedbroer, my beste maatjie van skooldae, my Gabba ens, ens. Natuurlik praat ek van Gurtie (ook bekend as Carel Gerhardus, Gerdie, Smookie, Simonsig se Kwaaikat) Smook. Ek het gedog ek sal twee stories vertel en na 'n string ander verwys, wat moontlik die aptyt vir toekomstige Woza's sal aanwakker (nog 'n mooi woord). As ek ooit eendag in die finale analise as normaal (wat is normaal?) bevind sou word, sal dit sonder enige twyfel a.g.v. die huisgesin Smook en Gurtie wees. Dis in hulle huis waar ek absurde dinge soos 'n Pa en Ma wat in dieselfde huis bly sonder om mekaar om elke hoek en draai te probeer verwurg, broers en susters wat mekaar jare se kak gee maar tog meeste van die tyd vir mekaar omgee, 'n gesonde belangstelling in dinge buite jouself en jou eie armsalige posisie, ens ens, vir die eerste keer gesien het. Fok, was dit nie vir die hoop wat hulle vir my gegee het nie, het ek verseker 'n krimineel geword. Toe ek moes besluit watter storie om te vertel het ek 'n lysie gemaak van so paar legendariese oomblikke soos bv. Die elektriese mes insident, die 17 punt draai insident, die houtwerk eksamen (ook bekend as die swaelstertvoeg insident), die "hoekom ry ons nie net soos ons gekom het nie" insident, die Huis Visser Hane Dinee insident, die Simonsig se Kwaaikat insident, ens ens, maar het toe besluit om vir vandag op die Haga Haga insident en die Stormwaterpyp insident te konsentreer (daar's daai mooi woord alweer). Ons gaan chronologie in sy moer stuur en begin in 1997 en dan time travel terug in tyd na 1988. In 1997 het ek my Huisdoktersjaar in Durban gedoen en was eerlikwaar net die 100 uur per week wat ek gewerk het, nugter. Die res van die tyd was ek moederlooslik gedrink, gewoonlik saam met Serge Blanco wat ook op daardie stadium in die Piesang Republiek gewoon het. Ons was een aand weer so warm soos alarms in die Beverly Hills Hotel in Umhlanga Rocks en Pik bestel op sy gewone windgat manier vir ons twee Remi Martin Cognacs. Die barman kyk hom so en sê: "Dis R100 per tot, Meneer", en Pik sê: "Wel in daai geval sal ek vier dubbels vat". Anyway, Gurtie besluit hier laat in die jaar dat hy Durbs toe gaan vlieg, sodat ons 'n "roadtrip" terug George toe kan doen. Na 'n gruwelike aand saam met Serge in Howick (waartydens Gurtie die topheavy waitressie met die lae hals, etlike kere terug geroep het na ons tafel om die fynere punte van die menu vir ons te verduidelik wyl haar longe dryg-dryg om the great escape te maak), vat ons die pad kuslangs George toe. Na 'n lang dag se drink agter die stuurwiel deur die eertydse Transkei begin die son sak op ons in 'n deel van die Oos Kaap wat ons van g'n kant af ken nie (mind you, ek sou waarskynlik nie my eie Ma herken het nie). So vat ons 'n afdraai met 'n bordjie wat sê Haga Haga. Dit was 'n grondpad maar so ver ons kon sien in die algemene rigting van die see. Terwyl ons vir die 800ste keer die dag 'n noodstop vir urinasie maak, stop daar 'n ou wat wil weet waarheen ons oppad is. Toe hy hoor ons soek slaapplek (ek het vir hom met die een hand beduie wat ons wil he wyl ek met die ander my Highlander in 'n veilige rigting gewys het) het hy reeds 'n plan en begelei ons daar weg na sy gasteplaas. Met aankoms is ek en Gurtie, soos reeds genoem, so stukkend soos stukkende Hi-Fi's. Die ou wys vir ons die kamertjie met twee enkelbedjies, maar ons was meer geinteresseerd om ons coolerbox uit die kar te red en begin dadelik vuur op-en-dopsteek. So tussen deur het 'n pakkie Guiolles Blonde Superliger (fok weet hoe jy dit spel) ook nog in die pompie gekak. Van hier af onthou ek bitter min, behalwe ..... Daardie nag het ek verskeie kere wakker geword waar of ek lepel lê met Gurtie, of hy met my. Gedurende die nag het ek en my benewelde brein gedog dis net 'n nare droom, maar moes die volgende oggend met 'n nugter dog brose bewussyn besef dit was meer as net 'n droom. Ons gasheer moes om een of ander rede gedink het ons is skeef of iets (dalk, in hind sight agv my beduiery wyl ek besig was om met die Highlander te werk), en het die enkelbedjies 'n dubbelbed gemaak wyl ons gekuier het. In ons toestand het ons op 'n stadum die bed gevind en al wat ek tot ons verdediging kan sê is dat daai fokken Oos Kaap bitter koud raak in die nag!

Page 2: Woza Friday – Augustus 2008 1/08/2008

Beam us to 1988, Scotty. Die Stormwaterpyp insident het ongelukkig ook 'n sterk Bacchus overtone. Ek, Gurtie en Malcolm het besluit dis tyd om so paar van Charles Glass se beste weg te sit. Siende dat ons in St 8 was en geen van ons ouers bereid sou wees om 'n skenking te maak nie, het ons die twee sixpacks by 'n drankwinkel wat in so stegie weggesteek was by die hedendaagse Taxi Rank, aangeskaf. Vandaar het ons dit somehow te fiets vervoer tot onder in die dorp, daar waar die main stromwaterpyp naby een van die ingange na PW Botha College uitmond. Ons klim toe so half myl op in die pyp en kuier te lekker. Waarmee ons nie rekening gehou het nie, is die feit dat ons lewerensieme nie besonder goed ontwikkeld was op daardie stadium nie, met die gevolg dat 4 biere elk in die bestel van 20 minute 'n devastating effek op ons mental state gehad het. Iemand het naar geword, wat ons laat besluit het om, van alle dinge, te gaan touch rugby speel bo by die skool, want ons het geweet daar is 'n game aan. Probleem was, ons kon skaars stap, vergeet nog van fietsry, so hike het half natuurlik gekom as die volgende opsie. Seker die eerste plaasbakkie wat verbykom stop en ons is agterop saam met 'n paar geharde manne wat besig is om hulle ready rolled zolle te rook. Hulle moes vinnig gesien het ons is gekoring, want kort voor lank rook ons toe nog blou dampe saam met die manne daar in York Straat op. By die skool gekom was die gewone suspects daar. Die Barnards (Gina, Stafie en Os), Anton Tights, Oos Boos, Coenie Coetzee, Cutman en Kaksak, Faffie, die Nortjies (Bennie en Frikkie), Boet Westraat (as die padkamp verteenwoordiger), Tottenham Hotspurs Koen, Serge Blanco, Tok Gierke (as die Gierke-verteenwoordiger), Proppies Goosen, Donray 'Hier's spoed' Crause, Gary Owen, Jurgens Bekker en die legendariese Johannes "The Human Tank" Schoeman (r.i.p.). Nou Johannes, soos julle weet was nie 'n ou wat vir sy intellek bekend was nie, in fact ek dink ons het hom in St 7 agtergelaat ten spyte van die feit dat hy twee jaar ouer as ons was. Wat hy wel voor bekend was, was sy bomenslike krag en spoed op 'n rugbyveld. Hy het eendag deur die hele Oakdale span gehardloop om 'n briljante wendrie te druk. Meeste van daai Oakdale verdedigers is reguit hospitaal toe na die game. Take Home Message (THM) was: "jy soek nie kak met Johannes Schoeman nie". Meeste mense was skrikkerig om hom te touch by touchies. Terug in 1988, en die eerste beweging waarby ons betrokke raak is Johannes Schoeman die man vir wie Gurtie moet merk. Johannes pyl op hom af soos 'n Neil Burger van ouds en Gurtie is nie hoe nie en tackle vir Johannes in die midrif dat jy die slag tot in Blanco kan hoor. Johannes wou hom eers bliksem, maar toe hy sien Gurtie lê half delirieus in 'n hopie soos Racheltjie de Beer op 'n miershoop het hy weer beter gevoel. Ons moes die prewelende, giggelende Gurtie van die veld af dra soos wat mens 'n streepsak vol bedwelmde muskeljaatkaaie sou dra. Ek moet op die ou end met Malcolm saam stem: "die blote feit dat Johannes Schoeman (nou al oorlede) getackle is beteken obviously die persoon was nog onder die invloed."

Ek het die volgende skitterende kommunikasie van laas week se twee helde ontvang. Cas se:

Nadat ek die laaste verhaal van Gerhard gelees het, en in die lig van die feit dat ek nie so goed meer kan onthou wat presies ná die spesifieke voorval gebeur gebeur het nie, wil ek as volg reageer: "Jammer Hannes" :) En Hannes het opgevolg met:

Ou Cassie! Appologies accepted. Soos Petrus sou sê "Repent and be baptized!" Was oor baie dinge spyt wat ek om

skool aangevang het en Mrs reitz se naam is right up there. Wat van die keer wat ek en jy saam gaan rook het in die

leerlingraad kantoor? Het jy al jammer gesê vir al die leerlingraad lede? Ek dink Tier het nog probeer uitvind maar

ons het 'n paar inside contacts gehad wat ons gecover het:-) Ek dink egter jy moet 'n voorbeeld stel en namens ons 'n

brief skryf aan die leerlingraadslede (behalwe vir Marx en Gerdie)

hannes

Ek het toe vir Cas aangemoedig om te bieg oor al sy sondes en hy het soos volg reageer:

Mea culpa of Non, je ne regrette rien?

Page 3: Woza Friday – Augustus 2008 1/08/2008

Volgens C.G. Jung is die verwaarlosing van die Katolieke bieg 'n groot verlies vir die mensdom en is die enigste spesie wat daaruit profiteer die groep wat bekend staan as psigiaters. Nietemin, ek is nie psigoloog nie, maar wel teoloog (ook nie hortikulturoloog soos Halgryn nie, wat ek vermoed my van agteraf met een van die oorryp spesimente in sy labratorium gegooi het in die vorm van hierdie versoek nie) en is veronderstel om Hannes op te volg op sy oproep na my om namens ons twee belydenis te doen en diep berouvol met die nodige gepaardgaande en gepaste mededoë myself, eintlik kollektief en dus onsself, via epos en ten aanskoue van vele te verootmoedig. Soos dit 'n man in my professie pas, het ek diep en lank hieroor besin... ja, tereg redelik ongereformeerd van my kant af maar wel met edele bedoelinge, het ek gewag op 'n impuls, 'n droom, 'n visioen, miskien 'n profesie of selfs net, so verstaan ek het sekeres al die hoëre werkinge al beleef, in die vorm van 'n hond se geblaf (ook bekend as die Toronto blessing)...maar helaas, ek is ongelukkig té gereformeerde tot in my DNA en geen so 'n iets het my te beurt geval nie. En ja, Marx se skrywe van verlede week, te same met Hannes se herinnering aan een vreugdevolle voorval, het my weer laat nadink oor daardie jare op George. En na alles berus die keuse vir my tussen mea culpa "ek is skuldig!" (wat natuurlik sal insluit diep bittere berou sodat ek met betaande oë om vergifnis sal smeek) of (om vir Edith Piaf aan te haal...kyk gerus die nuwe film oor haar lewe...) Non, je ne regrette rien "no regrets!". Om my keuse tussen die twee baie tempterende opsies te staaf sluit ek 'n Engelse vertaling van Piaf se roerende lied in.

Non, je ne regrette rien

No! No regrets No! I will have no regrets All the things That went wrong For at last I have learned to be strong No! No regrets No! I will have no regrets For the grief doesn't last It is gone I've forgotten the past And the memories I had I no longer desire Both the good and the bad I have flung in a fire And I feel in my heart That the seed has been sown It is something quite new It's like nothing I've known No! No regrets No! I will have no regrets All the things that went wrong For at last I have learned to be strong No! No regrets No! I will have no regrets For the seed that is new It's the love that is growing for you

Maar jy moet die ding eintlik in die regte oorspronklike Frans luister as sy homself sing met 'n paar doppe in die lyf (sy't die doppe in). Dan weet jy, nee jy voel dit in die klankgolwe, die lewe is kort, move on and enjoy fully! Non, je ne regrette rien. Om my gunstelinge Bybelboek, Prediker, aan te haal, "daar is 'n tyd vir alles"...en die tyd vir my om spyt te wees...dis nog vrek ver.

Page 4: Woza Friday – Augustus 2008 1/08/2008

PS - Baie geluk aan Cas en sy gesin, want die klein Cassie is gister gebore!!!!!!!!!!

Hierdie week is ons politieke verslaggewer, Serge Blanco weer in top vorm met

KOTS (Kontemporere Opinnies deur die Transendentale/Toornige Serge)

More maatjies!

Yes it has been a long absence, but I am back and have a lot to say. As always, my Ingels soveel beter as my Afrikaans

en ek glo met die hele going global van die WOZA is daar opportunities to reach a whole new audience. Vir Salome

net hier om die draai in Witbank kan sy dan sommer die mail incorporate in haar Ingelse klas.

Vir all ons Tinkebells en Balls, lees stadig want ons gaan ook n paar oefen tips en diet advise gee.

I want to start by going back just over a month. I was fortunate enough to crack the nod for the Annual Kaizer Chiefs

Corporate Golf Day. At first I was a bit apprehensive about going as I received the initial invite about three months

ago, only for the event to be cancelled on the Friday, three days before it was meant to take place and then re-

scheduled for the 23rd of June. Now for those of you in the know, you get golf days and then you get golf days. This

turned out to be A GOLF DAY.

Anyway so, on the 23rd I have a lie in get up at 07h00 (gewoonlik op teen 05h00 al springende op die trampoline in

my tuin saam met Pa se twee meisiekinders), blend en sluk gou n rib smoothie ( beste protein shake ever – resepie

soos volg: Haal leftover spare ribs uit Spur Braksak. Wees versigtig en sny vleis van been af met Nikkei twee vir die

prys van een mes. Plaas in blender. Voeg addisionele basting by na smaak. Plaas deksel op blender, baie belangrik,

amper soos om toilet deksel te lig voor jy pis. Blend until required consitency is reached. Pour into Hurricane Cocktail

Glass. Garnish with a glazed cherry or anything deep fried. Can be served hot or cold according to personal taste.)

Trek toe my beste Tiger Woods outfit aan met die Sunday Red Shirt en al. Enigste verskil is my swart broek is n

R89.99 M R Preecie of Mr. Price special vir al julle commoners en nie die R699.00 TW weergawe nie en jaag met my

berugte sportsmotor Bryanston Country club toe. Nou just to paint the picture. BCC is een van die duurste Country

Clubs in Joburg. Die mense wat op Bryanston Drive bly is moer Lanie. Hulle gebruik nie Wheely Bins nie maar verkies

om hulle rubbish in briefcases uit te sit. A buddy van my wat daar bly sê nou die dag sy vrou piepie ook glad nie in die

bad nie. As sy in die bad is piepie sy glo op die bad spons en druk dit dan uit in die wasbak. Whatever! Witblits het

skaars tot stilstand gekom toe het die Caddie al klaar sy hanne in my boot en besig om my sak uit te haal. Twee dae

voor payday het ekkie geld vir die armsalige siel nie en se toe maar:" Hola Boss, no thanks not today." Die misrabele

vent sien toe seker daai armsalige Salticrax met niks anders uitdrukking op my gesig en laat weet toe: "Don't worry

Mlungu, the Amakhosi she's paying for everyting." Immediatley the Penny should have dropped and I should have

realized that this was going to be A GOLF DAY. So stap Mlungu toe om te gaan register.

"Shirt size Mlunghu (white man)?"

"Medium around the waist and stomach and large around the abs and pecs section please. What's wrong with you,

can't you see I've been working out?"

So druk hulle n Nike Dry Fit golf hemp in my hand met meer sponsorship logos op as Valentino Rossi en Micheal

Schumacher saam. Nou weer eens, for those in the know, enige freebies by n golfdag is great en as jy meer as n paar

tee's en twee balletjies kry is dit great. Op hierdie stadium is my som totaal net van die hemp al op R450.00. Die

outjie begin toe byvoeg. Golf sambreel net in geval, n golf apparel bag gelogo en alles. Binne in die sak nog a Nike

hemp, Srixon balle, electronic scoring gadget, water bottle, Amakhosi supporter pack met stickers en kak, golf cap,

twee golf handdoekke, personalized luggage tags, pitch markers en nog n klomp ander kak wat ek nie eers weet hoe

om te gebruik nie. Estimated value draai nou al meer by die R 1 000.00. Anyway, shotgun begin en ons is af van die

dertiende af. 450 metre par 4 dog leg right. Competition format 2 Ball Betterball. Probleem vir my was nie my 18

handicap nie maar meer die 36 handicap van my playing partner, my gunsteling black vriend en my Marketing

Page 5: Woza Friday – Augustus 2008 1/08/2008

Director by die werk, Jazzman Mahlakgane. Tweede keer wat hy op n gholfbaan speel en wil op die eerste tee weet

waar is die penalty spot waar hy moet optee en of dit n day game of a day night game is. Op hierdie stadium lyk my

dag verskriklik lank. Maak n 5 vir twee op die eerste. Met die aanloop na die veertiende tee, n 178 meter par 3, is dit

net EA Sports flags en n klomp minderjarige loslyfies. "Good day Gents, we're having a little competition today for

closest to the pin." Ja en, dis n golfdag en jy het altyd closest to the pin op die kort gate. My partner is eerste op en

moer daai wit kluit 170 meter. 20 meter vorentoe en 150 links uit. Sy handicap op daardie stadium het onmidelik

geval na n scratch. Scratch a bit here and scratch a bit there. Volgende knaap is kort en in die water en sy partner,

het heel duidelik Jungle Oats met Tarzan kak vir breakfast gehad en sit hom tien meter oor die vlag in die sandkuil.

Sandkuil is Afrikaans vir Bunker. Mini Tiger staan toe nader en slaan sy ses hybrid op die spreekwoordelikke tiekie en

los homself n twee meter putt vir n voeltjie 2. So kom die minderjarige slefie toe oor en sê : "Congratulations you've

won!" Nee poppie, jy verstaan nie, ons is nou maar die tweede fourball wat hier deurkom en daar is nog ten minste

140 ander poepolle wat kom speel en een van hulle gaan vereseker nader as ek kom. " No sir, we are doing closest to

the pin for each fourball. Here's your prize." Baie dankie en stap toe weg met FIFA 2008 vir my laptop. Nog 400

gorillas om by die som total te voeg. Van daar af was dit bietjie meer moer en soek en thanks to my partner wat net

n hele klêomp ringers bygedra het maak ons toe klaar met 29 punte. Nie te kak nie, maar ek het my betwyfelinge

gehad of ons in die pryse was of nie. Vinnige stort en toe is dit tyd vir n paar Beasts en Coke en n bietjie mingling

met die celebs. Raak toe aan die gesels met met ou vriend Neil "Super Saturday" Andrews en vra hom waar het hy

en oupa Terry Paine heen verdwyn op n Saterdag oggend. Sê hy daar is glo meer politiek by Supersport as wat daar is

tussen Bob ZANU PF en Morgan MDC in Zim. Jonty wil toe chat maar ek is toe besig met Fabian McCarthy se les in

hoe om die Sundowns defence te beat. Dit was n who's who van sokker, Nike en Standard Bank. So gaan ons deur vir

die chow en die prysuitdeling. Sorry boys and girls switching to English. It's 20h10 on Thursday and I am still sitting at

work. We are hosting the ABSA Internal Choir competition tonight so between starters and main course I have to get

this mail out. Failure to do so might lead to me being subjected to a not so sociable vasectomy performed by the

doctor himself.

As said my partner is hondkak and we don't finish in the prizes. The top 80 players all get prizes though and off they

go. The other two moegoes that played with us came in 17th with 36 points and each walked away with a Mizuno

bag valued at R 1 500.00 each and the prizes kept on getting better. 8th position got Nike Sumo bags @ R 2 500.00

each, Nike sumo drivers, Ping Rapture Hybrids and the list goes on. At this point in time, after about 5 double Beasts,

which were screaming to be let out, I waited with baited breath to see the first prize. We get to fourth and third

positions with 45 points and the guys each walked away with a Dell laptop and 3G card. Come on, have you ever.

Then came second and first with 46 and 48 points respectively. Out these okes pull four mother boxes each

containing a 42 inch LCD TV. I mean have you ever, a freaking LCD TV at a gholf day.

Anyway, I decided it was time to have a chat with the Ngamla (Big Boss) himself, Mr. Kaizer Motaung. What a guy.

An aura close to Madiba's, but just as humble, if not more so. So I thank the dude for an awesome day and head for

the car park. On the out I get told not to forget to pick up the photograph of our fourjol taken earlier in the day. So I

collect it and as I walk away this Verimark dude behind the table says: "Wait sir, that's not all." Trek die knaap n paar

Polo Sport sonbrille daar uit en seg : "With Compliments from Standard Bank and Kaizer Chiefs!" Nee donner, ek

moes n portier roep om te kom help dra aan al die freebies. Needless to say, I have secured my invite for next year

and have already filled in the scorecard. At least three points on each hole with a winning score of 54 should get me

that big screen. An awesome day with one of SA's awesome soccer clubs!

Then I have to announce with great sadness that we have cancelled our trip to Scotland which effectively means our

marathon is off. Don't stress Tinkerbell members I'll find another one locally to replace it with. The hoghveld winter

has taken a bit of a toll on my training and the motivation levels have not been great in these below zero conditions.

Volleyball and squash has taken the place of my running. I am however competing in the Mini Comrades at My

oldest daughter's school this weekend. Is going to be a case of dressed like a pro and run like a Poepol. Fortunately

it's only three laps of 500 metres so I should make it.

Page 6: Woza Friday – Augustus 2008 1/08/2008

Happy belated birthday Madiba!

My lots to say is now being restricted by time and I'll make up for it next week.

My cleanest BEE joke for the week follows.

Nag maatjies!

Stay fit and always have one deep fried item per meal!

Bongani grew up in Johannesburg. He went to law school in London. After his studies he decided to go back to

Johannesburg , because he could be a big man in there. There he opened his new law office.The first day, he saw a

man coming up to his office and decided to make a big impression.As the man came to the door, Bongani pretended

to be on the phone and motioned the man to take a seat.Bongani said into the phone: "No. Absolutely no. You tell

those clowns in New York that am not traveling all the way that side to settle the case for less than a million bucks .

"Yes. The Appeals Court has agreed to hear the case next week. "I'll be handling the primary argument and the other

members of my team will provide support. Okay. Give the State Prosecutor my regards..." The visitor sat patiently as

Bongani rattled instructions. Finally, Bongani put down the telephone and said: "I'm sorry for the delay, but as you

can see, I'm very busy. What can I do for you?" The man said: "I'm from Telkom .. I've come to connect your phone."

Dan was daar Susanne met hierdie terugblik:

Hello Marx

Jong dit is darem so ironies hoe die ou herinneringe terug kom van miss Reitz. My dogter is hierdie jaar 'n standerd

sessie in Outeniqua en natuurlik het ek haar voor die tyd al vertel van miss Reitz. Na die eerste dag wat sy met miss

Reitz kennis gemaak het, het die arme kind skoon bleek by die huis aangekom. Sy deel my toe mee dat ek waaragtig

reg was oor miss Piggy!

Wragtig sy stap nogsteeds deur die rye en bombardeer die arme dogters oor hulle "kort" rokke en "slordige" hare.

My kind is dood bang vir haar en dit is so ironies, want ek kan so identifiseer met haar. Sy glo my natuurlik nie, as ek

vir haar sê dat sy eintlik baie "cool" is nie, maar nou ja sy sal dit wel uitvind soos ons almal maar moes.

Dankie vir jou Woza's en hou op om vir blerrie komplimente te vis, jy weet mos nou dat ons almal nie kan wag vir 'n

Vrydag nie!

Dankie vir jou harde werk ons waardeer!

Jani het laat weet:

More!

Oor die oud-onderwysers... my Ma het baie kontak met Johanna (Kampher) ek dink nou Du Toit... ek sal haar details

solank kry. My geheue laat my in die steek (my Pa noem dit Altzheimer's-light)... maar sy was darem ons A-klas

klasonderwyseres vir die meeste van die tyd. Dan het ek ook details vir Juf van Schalkwyk... sy het rekeningkunde

gegee vir ons. Ek is seker ek sal kan help met van die ander onderwysers ook...

Kan Alicia nie dalk vir ons 'n lys van die mense wat nog soek is stuur nie. Dalk is daar van die wat jou Woza ontvang

wat hul kontakdetails het.

Page 7: Woza Friday – Augustus 2008 1/08/2008

Lekker naweek vir julle

Groete,

Jani

Hierdie week se storie se heldefiguur, Gurtie, het die volgende oor laas week se storie te se gehad:

Kwagga

Ek het nou werklik trane in my oe gehad, puik puik. Jy is maar net een voudig etter se baas.

Sterkte met die aussies.

Gerdie

Rooibos het 'n skooldae storie van sy eie vertel:

Hallo Kwaffa,

Jy kan amper nie meer jou Woza begin met "Hi Kwaggas" nie; jou leserskring is al veel meer en veel verder as dit! Of

is dit soos Paulus wat 'n briefie aan die Jode en heidene in Oos-Antiochië skryf, maar sommer so paar dwarsklappe

na selfs ons hedendaagse sondaars mik terselfdertyd?

Jou skoolstories het my laat terugdink aan my eie skooldae in die destydse Suidoos-Transvaalse platteland. Dit was

in die dae wat die roede nie gespaar is nie, om (deur jou gat gereeld - onder die geringste provokasie - te laat brand)

die seun by wyse van spreke hopelik van die verderf te spaar. Dan het daai rottang-strepe mos so deur die fases van

wit met rooi opgehewe randte, algemene opgeswolle rooi / ietwat minder geswelde blou-swart / uitge-"fade"de

groen / flou groen-geel / amper normale gelerige stadiums gegaan...

My verhaaltjie het met een van ons hoërskoolonderwysers (Aardykskunde- en tegniese tekene onnie meneer Hennie

Fensham wat ook die eerstespan rugby afgerig het) se perverse tugtigingsmetode uit te waai. Dit is om Miss Reitz in

perspektief te stel as 'n liewe mensie wie julle soos breekbare Swarovski-kristal swaentjies wat aan ouma behoort en

in hoë-graad Spaanse watte toegedraai is, behandel het. Meneer Fensham (voorspelbaar "Fennas" genoem) se

klaskamer het een van daai groot store aan die agterkant gehad (kan nie onthou wat in die stoor was nie, seker maar

handboeke en kaarte en rugbytruie en goed), maar ek onthou wel dat in die middel van die stoor was daar 'n oop

stuk wat goeie armswaai-spasie toegelaat het, en dan was daar twee deure na die klaskamer toe, een aan elke kant.

Fennas het nie daarin geglo om te diskrimineer nie; hy het baie graag 'n hele klassie van st.6 of st.7 seuns op 'n slag

deurgedraf. Byvoorbeeld as hy ons tekenwerk gegee het (een of ander moer of ding wat jy dan van verskillende

kante op skaal moet teken - 'n baie moeilike taak want ons was 'n akademiese skool en al die ouens wat daai moere

toe-oë kon teken, was in die Tek) en na 20 minute deur die klas loop en almal se tekeninge bekyk vir hoeke wat kruis,

uitveemerke wat wys, dimensies wat verkeerd is en moere wat nie eers in 'n alternatiewe universe ooit iets sal kan

vasskroef nie. Die ritueel wat volg, het minstens 10 minute in beslag geneem, daarom dat hy sy inspeksie vroeg

begin het om dinge nie te jaag nie. Diegene wat tekort skiet, kan dan maar in 'n ry gaan aantree voor die

regterkantste deur van die stoortjie. Kort voor lank sal daar ten minste 20 uit die 30 klaslede in daai ry staan. Jy vat

sommer in antisipasie sulke happe van jou onderbroek met jou poepol, want jy weet nou volg. Julle wat in

Hoërskool Outeniqua was, weet nie, so ek sal, swaar soos wat dit is, die sluier oor van my mees traumatiese

grootword-ondervindings lig en soveel as wat ek kan, vertel.

Anyway, Fennas het dan deur die linkerdeur in die stoor ingegaan, en sy wapen van massa-intimidasie opgeneem, en

Page 8: Woza Friday – Augustus 2008 1/08/2008

ons een-vir-een laat inkom vir EEN hou met 'n GEWEERKOLF. So 'n dofsware plof op jou gat wat alle lewe en

sensasie (soos 'n oordosis veeartsenykundige plaaslike verdowing vir die groter soort van olifant) uitdof. En baie

presies gemik om 100% gefokusde intensiteit op jou gat se linkerwang te hê, en niks van daai potensiële energie op

jou regterwang te laat verdun nie. Anyway, as jy jou nommer een gekry het, stap jy deur na die ander deur toe, en

die volgende slagoffer meld aan vir nommer een. Jy gaan val dan weer agter in die tou in, en probeer jou bes om jou

snikke en trane terug te sluk, dat niemand moet dink jy is 'n sissie nie. En so treetjie vir treetjie beweeg die tou

nader aan die deur, en treetjie vir treetjie keer die bloedvloei en senuwees terug na jou gefolterde linkerwangetjie

toe. Net betyds om elke senuwee 100% geprikkel en sensitief te hê teen die tyd wat jy weer by die deurtjie moet in,

en nommer twee met chirurgiese presisie plof op presies dieselfde plek as nommer een...

Teen hierdie tyd is daar niks meer stories van trane terugbyt weens vrees om as sissie gesien te word nie en jy skree

soos 'n maer vark. Fennas sal dan mooi rustig met jou praat en sê dit is vir hom baie swaar om dit te doen, maar dat

dit van jou 'n beter mens maak, en jy beter sorg dat jy nie meer soos 'n babatjie tjank as jy by die deur uitstap om

agter in die ry te val vir nommer drie nie.....

Om van hoe nommer drie voel te vertel, is iets wat ek nie kan doen nie; dit is te seer en lê nog te vlak. Na nog 'n hele

aantal jare se terapie sal ek moontlik nie meer met angssweet in die nagte wakker word van 'n nagmerrie wat my in

Fennas se klas, agter 'n skoon stuk tekenpapier met 'n potlood in die hand, die vrees vir die ewige oordeel in my

hart, en 'n driedimensionele tekening van 'n olieraffinadery om te doen voor my plaas nie....

In die groter prentjie is dit baie jammer dat my potensiële skitterende loopbaan as bekroonde argitek (wie estetiese

en funksionele wonders van ontwerpersgenie aan die wêreld kon geskenk het) in die kiem gesmoor is deur Fennas se

.303 kolf. Aardykskunde was ook nie een van my matriek-vakke nie, al het ek 'n lewendige belangstelling in wolke,

berge, die landbou-produkte van die Wes-Soedanese delta en kaartlees (hierdie jeuk kan ek darem met Google-

Earth; die CIA se World Factbook en Garmin GPS krap), en heimlik dink ek dat ek nooit eerstespan op skool gespeel

het nie omdat Fennas my daar agter in sy stoortjie geweeg en te lig bevind het. Moet sê, in daardie geval was die

wegery en bevindery wedersyds en terugkerend...

Groete,

Rooiboud

Dis met trane in my oe dat ek moet aankondig dat hierdie die laaste Jou Ma se ... Wasabi deur die onstuitbare Tastic

Rice is. Hy het egter belowe om 'n nuwe rubriek onder die alias Kabrito te begin skryf, sodra hy in Angola arriveer. Hy

sal dan ons verslaggewer in Midde Afrika word.

Hoezit Kwaggas,

Dis met n groot leemte, en n tikkie heimwee, dat ek hierdie, die laaste Wasabi skryf. Ek het Dinsdag aand laat by die

huis gekom. Dis nou na n moerse hectic flug Sat oggend van Incheon na n klein eiland in Maleisie en toe na Kuala

Lumpur, vir n 7 uur layover. Toe is dit n 11 uur vlug na Jansberg se OR Tambo. 05h15 Son oggend daar geland met n

internal clock wat luidkeels gil: "WAT DE FOK IS JY BESIG OM TE DOEN JOU DOOS!" Want Klaas se girl en een van sy

pelle het ons op die lughawe ontvang met eg SA bier en ewe eg SA hospitality in die vorm van Klippies en Coke! Het

ek genoem dat ons uit 37 grade C en 98% humiditeit na min F@#&L grade C gevlug het!

Maandag oggend was dit toe eers by die HK om al die kontrak se kak uitsort. Dinsdag oggend was dit die nuwe base

wat my eers onder kruis verhoor geplaas het oor drink gewoontes en my nikotien inname, sou sweer ek doen

aansoek vir n pos as n gym instructor eerder as n Safety Officer!

Alle geval. Ek reken ek moet eerder begin by die begin en dis by ons vlug (letterlik) uit Korea.

Page 9: Woza Friday – Augustus 2008 1/08/2008

Vrydagoggend was so bietjie van n laat slaap,want al ons verpligtinge het die vorige oggend saam met die laaste

honde uit gevlieg. So reken ons dat ons maar so stadig aan sal begin pak. Niemand kon in allegeval afbuk om klere in

n tas te sit nie, bloot uit vrees dat jou oee saam gaan inval!

In my se wysheid reken ek toe dat my Ouma dalk n punt kon he met daai gif gesegde van haar. Julle weet mos? "Daai

gif wat jou siek maak is die gif wat jou gesond maak!" So neem ons toe n paar protein shakes. Teen son onder is daar

niks gepak en ons besluit ons sal pak as ons terug is van al die klubs wat ons moet gaan groet! Net een bier in elk van

ons second homes. Dit het ons op daai oomblik ontgaan dat daar meer as 50 Clubs op die strip (Hatfield, soos Klaas

dit gedoop het)!

Ons skop toe af met n Soju en pons in die BMW Club, the rest is history (soos die Ingelse se). Terug by die flat so teen

01h30. Die taxi is veronderstel om ons 05h00 op te tel! Ek moet bieg. Ek het lanklaas met soveel oorgawe en

entoesiasme gepak, altans ek dink so! Die trip na Incheon lughawe was, dank Vader, sonder insident!

Die kak begin toe ons wil in book. Die hoenner agter die counter wou nie die kaartjies issue voor ons nie die Visums

uitsort. HUH? WTF?!! Ons klient het dit toe in hulle innige Amerikaanse wysheid om ons te befok en vervalste

Visums aan ons te issue! So is ons toe al vir 2 maande Illegal Aliens!

Gelukkig is my Koreaans vlot en ek verduidelik toe aan die highly efficient Koreaanse Immigration Officer dat ons

babbeleer en n fok voel vir sy kak! In sy wysheid,wat seker met die ouderdom kom, besluit die OB toe dat diplomacy

dalk beter sal werk. So met n klomp Koreaanse sorrys en ons sal nooit, ooit weer so stout wees nie,dis nou terwyl ek

op die foon besig is om die Projek Bestuurder van die kontrak n goeie skrobering gee, is ons toe land uit. Ek dink die

see sukkel nog steeds om hom skoon te was!!

Ek wil dan ook die geleentheid gebruik om so bietjie soppy te raak.

Aan my span, die OB, Kudubul, Appy, Mahondjo (in sy stilligheid), Klaas Wye Voete en Dirk (die asyn toetser koning).

Dankie Gents, sonder julle sou die Korea experience maar leeg gewees het! Dan, aan al die lesers. Wat sal mens se?

Sonder n audience is n clown ook maar net n simpel crossdresser!

Baie dankie aan almal, en groetnis uit die land van Wasabi en TakPale (Spicy Chicken Feet)!

Khamsamida en chumaniyo! (Dankie en No Worries!)

Ons vriend Frederick (Kodak; Tong in die oor) de Swart het terugrapporteer op sy Kodak bedrywighede:

Hallo my matjie,hoe gaan dit daaronder?Ons hoop dat die land van die silwer varing wel die naweek sal opstaan uit die modder,dit voel darem nie reg dat hulle so teen daardie trinkvoels en skaapstekers verloor nie.Ek het weer met Gavin gepraat oor die fotos-wil jou graag weer sien maar nie om fotos te kom soek nie.Gavin sal by juf Van Schalkwyk hoor,sy het glo fotos gehad.Ek sal jou op hoogte hou.Hoop julle het n lekker week!

Die Quote van die week is 'n gedeelte van 'n gedig deur die begeesterd-befokte Gert Vlok Nel. Dis voorwaar een van die mooiste gedigte wat ek nog ooit gelees het en as jul ooit die geleentheid kry om te hoor hoe hy dit self voordra op 'n DVD genaamd Beaufort Wes se Beautiful Woorde, sal jul verseker ook trane in die gemoed kry nes ek: Oh Lord when thou were alone in the Beginning thy

spirit was in peril on the sea and thou called to me

to rescue thee. It was in an unyear rhyming with

unsea like 1973 when thou called "Gertjie" and

I turned around and died and said the word rhyming

with lonely,

and so it was.

Off to the sea we went my father and me in a little

boat from Calvinia we sailed desperately, moenie asb.

moenie my asseblief per trein verlaat nie my Lief dis

die diepste weggaan vir my noudat almal in die ganse

Page 10: Woza Friday – Augustus 2008 1/08/2008

www al hulle websites begin bou het buiten

ek&[email protected]. O Heer, at the cusp of this here

whatever time wat al hoe meer whatever raak I am praying to

thee in the language that will outlive me and the sea

for the river my father my love and me are all in peril

on the sea

Groete uit 'n baie koue Oos Kaap (Ha,ha!!) Blaser Stutsen

7/08/2008

Jis Kwaggies

Breyten het gesê: "Omdat ek onkuis en vol boosheid en pap(vy) is; Omdat ek nuwerwetse skoene met lang neuse dra; Het God hierdie steunende plaag van Sjina gestuur" (uit die Swart Dood 1348 – Breyten Breytenbach). Ek het weer gedink om te se: "Omdat ek lus is (om dit te doen) (nee, nie dít nie, net dit waaroor die sinnetjie eintlik handel) wil ek hierdie week fokus op 'n storie, wat moontlik glad nie waar is nie". Breyten se woorde laat my egter sidder as ek dink wat die Allerhoogste vir my gaan stuur as nuwerwetse skoene jou die Swart Dood op die hals kan haal. Gelukkig is ek braaf (een stap anderkant dom, dis julle raai, watter kant) en het besluit om tog hierdie besondere gerug te verwoord. Soos ek sê, is dit bloot hoorsê, n rumour, 'n urban legend, 'n gerug, derdehandse informasie, heard it through the grape vine, 'n voëltjie hoor fluit, a message through the bush telegraph, volgens oorlewering en vele meer eufemistiese gesegdes om te sê dat die storie geen feitelike basis het nie, maar natuurlik beteken dit nie dat dit onwaar is nie. Ek skat daar is een man wat sal weet of dit waar is, en dit is vandag se storie se held, in die vorm van Nikki 'Bokbal' Lourens. Wat 'n briljante onderwyser was hy nie. Seker een van die sag geaardste mense wat ek ooit tee gekom het. Iemand wat mens absoluut altyd met respek behandel het. Ek kan nog onthou hoe hy altyd impeccably dressed was, mens sou nooit sê sy favourite hobby was visvang nie. Die ding wat hom 'n sitting duck vir humor en impersonations maak, is die feit dat hy vrot van die mannerismes is. Ek hoor die Engelse media dink Neil McKenzie het baie aanwensels, maar Nikki laat hom soos 'n stuporeuse Ceresiet op 'n toksiese dosis van 'n Selektiewe Serotonin Reuptake Inhibitor lyk. Die klassieke voorbeeld was natuurlik die manier waarop hy sy kop gekrap het. Gewoonlik het dit gebeur wyl hy meegevoer is in een of ander wereld oorlog, of Koue Oorlog, of Felix Houphouet-Boigny se katte wat uit goue pierings drink, of Mao Tse-Tung se wreedhede, of Marie Antoinette se kwinkslae, want sien geskiedenis was sy mos sy vak. Hy was 'n meesterlike verteller en die stories was nog beter om te luister, as jy saam met Ester Clarke en Liezl Mills (wat agter jou sit) wed op hoeveel keer hy sekere dinge gaan se of doen. My persoonlike gunsteling was as hy gesê het iemand het "die tydelike met die ewige verwissel". Om terug te keer tot die kopkrap ding, het Nikki 'n manier gehad om sy (kom ons se maar) linker arm elegant uit te strek, so teen 'n 45 grade hoek opwaarts en sywaarts, dan die hand te flik om die hemp en baadjie moue terug te laat trek (relatief tot die hand) en dan stadig en in diepe konsentrasie, 'n area bo sy regter oor te krap met die linker middelvinger deur sy arm bo-oor sy hoof te strek. Counterintuitive is een van net 'n paar Engelse woorde wat ek regtig laaik en ek skat dis wat sy krappery so snaaks gemaak het. Hoekom sal mens nou 'n area bokant jou regter oor met jou linker hand krap en dan nog die lang pad bo-oor jou kop vat om daar te kom ook? Dis counterintuitive. Anyway, Nikki was 'n skitterende onderwyser, wat anders as ek na die storie, reguit Hemel toe sal gaan. Ek het nou nog 'n groot belangstelling in die geskiedenis en het moontlik een van die vrae in my finale psigiatrie geskrewe eksamen mbv Nikki stories deurgekom. Hy was ook die enigste onderwyser wat aktief aan ons "Spot sindikaat" deelgeneem het. Die sindikaat het as volg gewerk. In geskiedenis hoër graad kry mens gewoonlik 8 lang vrae

Page 11: Woza Friday – Augustus 2008 1/08/2008

waarvan jy 4 moet beantwoord. Die sindikaat het uitsluitlik tot die voordeel van Donray (Hier's spoed) Crouse en Malcolm Buxman opereer. Gerdie, Rodney, Nikki en ek het vir die doeleindes van die sindikaat gespot. Elkeen het vier vrae identifiseer wat waarskynlik sal opkom. Donray en Malcolm het dan hierdie 16 vrae in 'n lang ry geskryf en net die vrae wat in elk van ons voorspellings voorkom geleer. Dit was gewoonlik nie meer as twee nie, wat beteken dat, indien hulle albei kry (en volpunte kry vir albei), het hulle nog steeds minder as 50 % . Nog 'n probleem was dat hulle weens hierdie metode nie genoeg van 'n grip op die vak gehad het om eers te weet watter van die twee antwoorde wat hulle voorbery het op watter een van die 8 vrae te antwoord nie. Gerdie het 'n ingewikkelde sign language met hulle uitgewerk om vir hulle tydens die eksamen te laat weet watter antwoord pas by watter vraag. So kom ons by die mite waarvan ek gepraat het. Dit is glo hoe Nikki sy endearing bynaam gekry het. Ek hoor by Fanie ('n fiktiewe persoon, want ek kan nie eers onthou wie my vertel het nie, leave alone die waarheid daarvan) dat Nikki eendag sukkel om 'n klas stil te kry. Die leerlinge bly giggel en maak nie saak wat hy doen nie, sodra hy begin vertel van Yom Kippur (of iets) bars iemand weer uit van die lag. Later raak Nikki bietjie omgekrap en sê op sy bedeesde manier: "Klas, daar is vandag 'n bitter lelike ding besig om sy kop uit te steek". Waarop die skandallas van die klas (iemand soos Casparus Wepener) opspring en sê: "Meneer, jou gulp is oop". Al wat my pla van die storie is hoe hulle toe by Nikki Bokbal uitgekom het, ek sou eerder iets soos Boktril verwag het, maar dit daar gelaat. Hy is 'n great ou en een van my icons, met Bokbal en al.

Ons vriend Freddie het die volgende op laas week se storie te se gehad (en dit het my pregnant vroutjie in trane

gehad):

MORE GERHARD.EK LIKE JOU TERUGFLITSE OP DIE VERLEDE,EN EK LEES JOU HELE BLEDIE WOSA-SE MAAR VIR

OUDSTES.EK DINK JOHAANES WAT OP DAARDIE STADIUM MY HOMEBOY WAS HET ST8 GEHAAL.HY WAT JOHANNES

WAS HET VIR MY EENDAG OOR N TOUCH DESPUUT WAARVAN DAAR ALTYD BAIE WAS GEKLAP DAT EK VOELTJIES

HOOR SING HET.STAFIE BESLUIT TOE HY IS ONREDELIK EN DANS SOOS MOHAMED ALI EN TIK TIK SOOS AAN HOM,DIE

OU GROTE WAS TOE LYK MY BIETJIE SKRIKKERIG VIR DIE DANSENDE VEGTER EN VERMY TOE MAAR DIE

KONFRONTASIE.EK HET LATER OP DIE PAWILJOEN MY VOLLE BEWUSSYN BERYK.EK EN SCOEMIE HET LATER KONTAK

VERLOOR,MAAR HY WAS N GOEIE OU SIEL(MET DAARDIE SKEWE VOORTAND EN DIESEFDE SMILE.EK GAAN GOU

PLAASTOE ,DAAR HET N PAAR BEESTE GEKALF EN SKAPE GELAM NET KYK OF HULLE ORRAIT IS BAIE LIEFDE VAN

ALMAL HIER –GAAN OOK VANAAND BY TOK BRAAI….GOEGAAN FREDERICK

Caren (Voigt) Barnard is een van die 4 nuwe mense wat ons die week opgespoor het:

Goeiemore Gerhard

Ek dink dis wonderlik wat julle doen om die reunie te reël. Ek kan regtig sien julle sit baie effort in die projek.

Ek het gisteraand tot na middernag gelees aan al die vorige Woza nuusbriewe en ek moet sê dat my Maandag toe

nie meer so blou was nie.

Ek het na jare weer kontak gemaak met my vriendin Janita en dit was die grootste verrassing van my lewe om weer

van haar te hoor.

Ek is al 14 jaar getroud met 'n wonderlike man, het 'n dogter van 11 jaar oud en tweeling seuntjies van 6 jaar, so ja

dis 'n woelige gesinslewe.

Indien daar nog oud Kwaggas is wat my onthou sal ek graag van hulle wil hoor, my e-posadres is:

[email protected]

Mooi bly

Caren Barnard (Voigt)

Tastic Rice ('n kleinnefie van Clive Rice) het vir ons 'n rubriek tussen lande (eerder as treine) geskryf. Hierdie een het

hy gedoen net voor hy Angola toe gevlieg het. Ek het gedog as mens se rubriek begin met Jou Ma se ..... en jy skryf

Page 12: Woza Friday – Augustus 2008 1/08/2008

uit SA kan dit net met een woord eindig en dit is nie Wasabi nie. Ek het voorgestel dat sy nuwe rubriek uit Midde

Afrika bekend sal staan as "Dr. Livingstone I presume ...." maar wag nog om te hoor wat hy daarvan dink

Hoezit Tjoppas,

Dis seker maar hoe dit werk ne? Net sodra mens lekker begin settle om vakansie te hou by die huis, bel die werk en

vervroeg jou travel arrangements na Angola met 4 dae! Ek sweer my skoonma het iets hiermee te doen! Moes seker

nie vir haar n Koreaanse besem saam gebring het om op rond te vlieg nie?

So bel die OB my Sondag middag. Hy en Eric Jnr was Sat aand uit, mens moet darem die oefen program op datum

hou. Jnr was eintlik, soos ek nou verstaan, designated driver. Hy was blykbaar toe nie so "in shape" soos wat hy

gedink het nie en die OB moes toe die stokke vat. Die OB reken hy skrik sy melk weg toe hy inklim. "IEMAND HET DIE

DONNERSE STUURWIEL GESTEEL!" Nou ek kan in my geestes oog nogals sien hoe die petalje hom afspeel.

Onmiddelik word die arme bouncer betrek en die OB wil hom opslag bykom omdat hy deel is van die gang wat die

stuurwiel gesteel het. Hoe dan nou anders as hy niks gesien het nie?

So word Jnr uit sy beswyming wakker en vang met n halwe oor wat gebeur het en sien net sy Outoppie en die

bouncer het woorde. Gelukkig stop ons kriminele in blou op die toneel en die OB vertel hulle die hele storie. Opslag

word daar n formele klag van diefstal oopgemaak. Toe die Polisie die "toneel" deegliker ondersoek vind hulle die

stuurwiel op sy regte plek!

Die OB was te gewoond aan ons lefthand drive in Korea. Toe klim hy wat moes bestuur maar weer links in, en die

beskonke brein registreer net dat iets weg is!

Na die gelag, dink ek so in die stilligheid om die braaivleis vuur: " Hoe de fok kan mens so deur die kak wees?"

Dinsdag word ek saam met die Anti se werk genooi na n uitstappie om plante en goeters in die veld te loop kyk. Dit

was vrek interresant en die feit dat ek en Chris, Yvette se baas se man, so lekker kon gesels met n Black Label in die

hand het dit net nog meer so gemaak. Na afloop van die veld uitstappie besluit ons om so informele nabetragting te

hou in een van die oee in Oudtshoorn. Hoe later hoe lekkerder!

So kry ons toe nou alles bymekaar en verseker ons dat ons al ons eie kinders het en geen extras nie, ouers frons as

mens perongeluk hulle kinders ook inlaai!

Ek berei my geestelik voor vir die trip uit plaas toe en bestyg die kombi soos n ridder op n wit perd, (die bus is ook

per toeval wit)!

Eerste gedates deur my kop toe ek wil ry,"DIS n FOKKEN SYNDICATE, MY STUURWIEL EN IGNITION IS WEG!!"

Ek is toe genoodsaak om die sleutels oor te gee en te maak asof my better judgement die rede was vir my links

inklim. As die Anti maar net weet!

"Hoe kan mens so deur die kak wees? INDEED!!"

Groetnis.

Die volgende keer as julle van my hoor is ek in donker Afrika, letterlik!

Ons gaan die naweek weg so ek is nie Vrydag hier om die Woza te stuur nie, daarom is dit 'n Woza Donderdag

vandag.

Die Besondere Opsporings Konglomeraad het hierdie week skitterende werk gedoen en ons het 'n verdere 6 mense

opgespoor. Anton het vir ons 'n "op soek" lys opgestel wat nou maar op iets soos 66 staan. Welgedaan span, en hou

so aan!!!!! Ek stuur weer 'n aparte mail met die "op soek" lys as daar iemand is wat julle kan opspoor maak so en laat

ons weet.

Page 13: Woza Friday – Augustus 2008 1/08/2008

Ek het ook vir Casparus Wepener gevra om so nou en dan vir ons nog van daai skitterende goed van hom te skryf

onder die vaandel Mea Culpa (ek is skuldig, want ek persoonlik dink dis die een wat beter by hom pas). Ons sal hoor

wat hy se.

Die naweek moet die Wairarapa se hase bitter bang wees want die Pappa Beer gaan bietjie met sy nuwe 22-250

speel onder die orige gediertetjies.

Felix Houphouet-Boigny en sy kreatiewe kat Kevin wat weens Cotard en Capgras phenomena, nou goed in sy

spreekwoordelike 'moer' is

15/08/2008

Jis Kwaggies

Ek luister te lekker na Juluka (wat die title van ons nuusbrief verskaf het) terwyl ek knus voor die woodburner sit met 'n Wyd en Suid bekende tarentaal (Famous Grouse) Whiskey in die linker hand en my eksamen Parker pen in die regter. Hier in Kiwiland is dit be-fokken-vrore koud die laaste maand of wat, so elke Jan Rap en sy buideldier wil met alle geweld hiberneer. Voor die vuurtjie ontdooi ek gewoonlik net genoeg, elke aand, om nou en dan kop te knik en mmmm en aaaa te sê in respons tot Oudstes se lang stories oor alles wat ons moet doen en wat in my lewe aangaan (of moet aangaan). Andersins is my hibernasie totaal, soos die totalitêre aanslag van die Bose Bush Clan (BBC vir kort) van Texas, die plek van Christus (at least, is dit wat hulle beweer). Terwyl ek die stukkie skryf jive Johnny Clegg en Sipho Mchunu in die agtergrond met "Kwella man, you gave it your life" en dit terwyl ek weereens Blasphemy bedrywe. As dit nog steeds onduidelik is waaroor ons vandag gaan gesels, is dit omdat ek nog absoluut geen poging aangewend het om dit uit te spel nie. Dis redelik maklik om te spel, selfs vir ons vriend, Kreefskeerkring wat selde meer as 2 uit 10 gekry het by Mnr HC Botha se Woensdag spel toetsies, waarvoor jy rotang gekry het vir elke fout. Mens spel dit Y....S, YS. Ys is die onderwerp van vandag se chilly Woza. Soos ek laas week gesê het is ons toe hier oor die berg (Rimutaka range) na die Wairarapa vir die naweek, met die groot doel voor oë om die Elfde Plaag van Egipte in die spreekwoordelike "kiem" te gaan smoor. Die plaag is (voorspelbaar genoeg), heerlike wollerige klein hasies wat enige ding eet (en eeeeeeeeeeeeeeeeeeeet, dis hoekom dit plaag proposies aangeneem het) wat dit ooit gewaag het om te fotosinteer. Die klein etters sal die rotsvormasies ook eet as dit nie vir die onchristelike hardlywigheid was wat dit gewoonlik veroorsaak nie. Die laaste paar maande speel ek rerige dokter daar by die Psychogeriatric unit, want hulle het 'n moerse tekort aan rerige dokters hier en daarom is ek nou vir 'n wyle kopdokter en rerige dokter vir die Demensiaane. Dit beteken egter dat ek ekstra betaal word en het al my los sente op plaagbestrydings implimente soos 'n Remington 700 SPS Varmint 22-250 geweer en 'n scope wat die Heilige Gees op 300 meter sal kan identifiseer, gespandeer. Met al die genoemde, ewigheid-induserende instrumente is die drie van ons Donderdag middag hier weg na ons erfie in Pirinoa. Pirinoa is 'n nederstetting bestaande uit vyf huise, een plaas winkeltjie (waar jy alles van John Deere trekker spark plugs tot Durex Rough Rider "ribbed for her pleasure" effies kan koop), een "pomp met die hand" petrol pomp en 'n kleuterskool. Daar is ook twee rugbypale in een van die skaap kampe op die periferie van hierdie allemintige metropool, wat die locals 'n rugbyveld noem. Ek het vergeet om te noem dat daar ook 'n aaklige blou verskepings container op een van die erfies staan. Julle ken seker daai staalbokse (of dose as jy 'n taal puris wil wees) waarin hulle dinge pak wat op groot vragskepe vervoer word. Die afskuwelike blou boks het so paar "do it yourself" vensters ingesny en 'n toilet in wat opgeconnect is met 'n super-tegnologies-gevorderde (ook bekend as withonnekak) poepgat, wat suiwer stront dmv 'n eindelose stelsel van reservoirs, omsit in bykans drinkbare water (nie dat ek dit al getoets het nie). Dan is daar ook die half geboude shed wat ek Desember maand man alleen opgerig het en in die proses so baie spykers moes inslaan, dat ek nou nog

Page 14: Woza Friday – Augustus 2008 1/08/2008

'n gehipertrofeerde voorarm het soos 'n kompulsiewe serial draadtrekker (of miskien Popeye met 'n linker hemiparese). Dis ons plekkie in die boendoes en ons geniet dit so baie om daar te wees, ons het dit Outeniqua gedoop (of 'Akwa' soos Didi dit noem). Probleem is: enige standerd 6 Skeinat druipeling sal jou kan vertel dat staal 'n bitter goeie geleier van hitte is. As jy dan in 'n staal boks skuiling soek teen ysreën, sneeu en bevrore suide winde, vind jy vinnig dat jou trilletjie krimp tot skaars 'n agste van sy gematigde-klimaat-grote (wat natuurlik nog steeds reusagtig is, in vergelyking met enige gemiddelde sterfling). Die weer daar in die Wairarapa en die geleidingspotensiaal van die staal het dus 'n onaangename effek op my onderliggaam gehad, heel naweek. Gelukkig het dit glad nie vir Didi afgesit nie, want hy skree heel week uit volle bors (by sy skooltjie ook glo): "I've got a big trilletjie like you, Pappa!!!!" Hulle weet gelukkig nie wat die fok 'n "trilletjie" is by sy Ingelse Skooltjie nie. Ek sê sommer dis 'n "verantwoordelikheidsin" of "sense of responsibility" vir die juffroutjies, dan lyk ons albei goed. Anyway, so kry ek Saterdag 'n klein gaping in die weer om die knaagdier populasie te probeer ontspoor. Teen hierdie tyd was ek al so bloeddorstig soos 'n Filistyn met hondsdolheid. Met al my nuwe waterproof, windproof, soundproof, bulletproof, snotproof gekamovleerde klere en Meindle Gortex boots lyk ek toe omtrent soos 'n Eskimo Rekkie van Noord-noord-oos Groenland. So sluip ek daar op die walle van 'n riviertjie, tussen 'n menigte Manuka boompies deur. Kort voor lank duik die eerste fluffy death wish op en ek lig die Remington (genaamd Oskar – soos in Knersis se vriendjie) op, maar skrik amper my ongelowigheid weg, want die scope was op maksimum zoom met die gevolg dat al wat ek kon sien, die tekens van hoë bloeddruk in die hasie se regter retina was. Gelukkig het ek hom redelik vinnig om hulp gesnel in die verband, want sy bloeddruk het oomblikke later deur die spreekwoordelike vloer geval. Nou almal saam: "Hasie, hoekom is jou stert so kort? Hasie, hoekom is jou trilletjie so kort (o ja, dis klimaat verwante veranderinge) Wat het dan van jou hoë bloeddruk geword?" Hierdie week is dit my voorreg om die eerste van hopelik vele kontribusies ('n nuwe anglesisme wat ek nou net geskep het, en dis voorwaar 'n pragtige woord moet ek self se) van 'n nuwe korrespondent uit die skoner geslag, T..T..T..T..T..T..Tannith met haar vroulike perspektief eksklusief vir die Woza Friday. Sy gaan voortaan poog om nou en dan onder die vaandel Ribbebeen met estrogeen te skryf. Geniet!! Hi almal Gerhard het vorendag gekom met die idee dat daar n bietjie te veel testosteroon in die weeklikse rubriek is en toe ek hom antwoord dat ek nie weekliks kan commit nie want ek is te besig met my werk en dan nog n huis en twee baie besige kinders, toe kom hy op met die idee om dalk iets in daai lug te skryf so hier gaan my joernalistiese debut. Ek het met n groot skok agter gekom dat ek en my man is van bed en tafel geskei.... moet my nie verkeerd vestaan nie ek is baie gelukkig getroud met die wonderlikste man ooit maar met n 3 jaar en 3 maande oue "daddy's girl" en amper 2 jarige"mommy's boy" slaap ons in aparte kamers van so + - 1H00 in die oggend. Ek en Dave het mos nie vroeg getrou nie so toe die huwelik klokkies nou gelui het toe besluit ons dat ons die benadering van " ons maak nou klaar" gaan volg maw vat die punch en kry die kinders vinnig op mekaar. My twee pragtige kinders is die punt van my hart maar goeie bliksem hulle hou my besig en soos genoem het ek dan nog n huis houding om uit tesorteer en n baie veeleisende VOLDAG werk. My nannie is seker die mens wat die grootste bydrae tot my geestelike welstand lewer sonder haar sou ek dit nie kon maak nie ek sou seker permanent met n hip flask rond geloop het net vir so ou hup stootjie deur die dag, jy weet net om te cope. Ag maar anders as dit is my huis n relatief goed geoliede masjien, kom by die huis en ek maak kos met Raikin wat oortuig is daarvan dat hy aan my been kan vas klou soos n apie terwyl ek loop, of waar ek hom kry waar hy op die arm lening van my leer bank staan en dan net vorentoe val op die kussings 1cm uit en hy val kop eerste op die teels (ja weereens ek weet ek moet daai hip flask heroorweeg en sommer een met n quick release button ...kry n mens so iets mmmm mental note). Reilly soek weer die heletyd net make up en lippies en dan wil sy haarself in die spieel sien, dit het my n fortuin in die oggende gekos met my Intuition parfuum wat sy wil aansit skool toe dis toe net daar wat ek vir haar n Clicks Body spritz koop "Reilly se parpiem" probleem op gelos. O ja die geoliede masjien... ma kook en arme pa speel play dough en lees boeke en kyk Barney (ek besit 18 Barney DVD's) ek was al gereed om daai pers bliksem te versmoor tot ek sien hoe my kinders vir 5 minute stil sit dan besluit ek sommer om nog DVD's te koop.

Page 15: Woza Friday – Augustus 2008 1/08/2008

Dan praat ek ook nie van die feit dat ek so tussen deur ook "ringa ringa rosie" moet speel, Reilly moet vat om te "wieps" en tewyl sy dit doen oefen ons die ABC's (om een of ander rede is sy mal oor n "w"). Reilly kom wys ook gedurig vir n mens goggas dra hulle darem nie rond nie maar vat jou soontoe en dan se sy "kick it mommy kick it" dit kan sy net in die skool geleer het.. Al is dit hectic is my familie my lewe en sal ek niks verander nie....miskien net bietjie harder bid dat Raikin nie van die bank sal afduik nie....? Dan het our man in Vietnam, ek bedoel Angola, maar Vietnam het beter gerym, Kabrito alias Tastic Rice, alias Morne Lotter laat weet dat hy happy is met die naam vir sy nuwe rubriek "Dr. Livingstone I presume ... " Makker, Dit klink na n bakgat plan! Jammer ek antwoord nou eers maar ons sit in n land wat tegnologies gestremd is,selfs meer as ekke!! Sal n mail drop wanneer ek kan. Groetnis! EVA (Edwill van Aarde) het ook vir ons hierdie stukkie gestuur, maar dit het my ongelukkig te laat bereik om laas week se Woza te haal en ek het nog nie 'n update gekry van wat toe gebeur het nie, maar hier volg julle favourite sport verslaggewer se "Vat die bal Hare en hol Hare!!!" Marxie Wat n voorreg om weer deur memory lane te kan gaan met jou. Hoe onthou jy alles?In jou volgende lewe moet jy asb n digter wees. Ek sal voorwaar al jou bundels opkoop. As jy wil kan ek vir Chris Hattingh kry om die voorwoord te doen.Voorwaar puik puik!!!!!!!!!!! Eerskomende Saterdag is dit weer Interskole. Net vir die rekord Struisies se eerste span het laas in 1993 (Fiela Van Zyl se span, alias seker een van die swakste spanne in die geskiedenis van Kwaggaland) gewen. Dit is 15 jaar gelede wat die Kwaggas laas verloor het. Hierdie jaar is ons weer die gunstelinge. Wedstryd word wel in Oudshoorn gespeel wat speelvelde meer gelyk maak, maar Kwaggas se voorspelers en spoed agterlangs behoort een te veel te wees vir die volstuise.My voorspelling vir Saterdag is dat die kwaggas met ten minste 15 punte gaan wen. Gevaarmanne is Voughan Lourens op vleuel en die skakelpaar (wat al paar keer vantevore genoem is). Ons het ook die liga gewen in die SWD wat beteken ons speel weer in die halfeindronde van "Die Burger" se kompetisie vir groot skole. Die wedstryd sal teen of Daniel Pienaar of Framesby wees. Wedstryd word oor twee weke gespeel en die wenner speel teen die wenner van WP en Boland se kampioen. Nader aan die tyd sal ek jou op hoogte bring van wie en waar. Al wat vir my voorle om oor die Saterdag te se is: Mors hulle Kwaggas. Gerdie Lindie (Saayman) Wiese het ook 'n kort mailtjie gestuur: Hi daar Ek haal my hoed af vir julle, want waar julle die tyd vandaan kry, weet net julle alleen. Hier gaan dit maar beroerd. Tussen werk, netbal, kinders en man. Sterkte Lindie

Page 16: Woza Friday – Augustus 2008 1/08/2008

Casparus Wepener het ook die uitnodiging aanvaar om onder die vaandel van Mea culpa te skryf as hy nie te besig is met ander mense se sondes nie: Hi Marx ek sal nie baie gereeld wees nie, maar dalk so af ek toe wel genot daaruit kan put om preekmaak met sarkasme af te wissel. Groete Cas Gary Owen het laat weet hy leef nog en werk steeds in die stilligheid aan ons webblad: Ek het nie vergeet van kwaggas nie, inteendeel ek is op die sideline besig soos ek tyd kry om die site te redesign sodat hy vinniger laai.

Ek het myself die deadline gesit van 15 September om die "Nuwe" kwagga site klaar te hê.

So, jammer vir die stilte. Die BSB werk regtig goed saam die laaste tyd en die sg. "op soek" lys krimp amper soos my trilletjie daar in die container. Hulle het etlike nuwe helde opgespoor of is warm op die spoor van 'n hele werpsel ander. Alle eer aan die groot helde van die BSB. Ek het nog nie enige spesifieke nuus nie, maar dit klink my Madelein het reeds haar tweeling in die lewe gebring. Laat ons asb weet hoe dit gaan Madelein en baie geluk as dit in orde is!!! Die quote van die week het my gestrike omdat ons in die proses is om terug te trek Afrika toe. Dis lirieke van 'n Juluka song genaamd Deliwe en dit gaan so: Deliwe would you love me, would you leave me? Would you leave this land that's green where your home straddles the earth Leave the winds and the blessing of the bushland? You are a child of Africa, you are a wilderness You are a jungle juniper, you are a flame lily And as you walk in a foreign land, the songs of a road gang ring Oh how they sing And that melody will haunt your days like falling autumn leaves Zulu chorus The bees are buzzing in your honey mouth And I have drawn the water from your well The deep rushing down while the night birds call And the waters wash me on the inside Wisps of the willow fall from your hair Dreams and leaves of sorrow bequeath to you By the deeds of your fathers hidden from your view But in the north the thunderclouds would judge you But you will always be a child of Africa, always wilderness And the sorrow that stirs your heart inside is the dust of the regiments But one day the skies will clear and eagles fly above those you left behind Ebentjie Gerber Jansen van Rensburg van Vuuren van Rheede van Oudtshoorn (van Palmiet)

Page 17: Woza Friday – Augustus 2008 1/08/2008

22/08/2008

Howzit Filistyne

Ek plaas die volgende dringende versoek van ons Main Man Gary Owen voor enige ander onsin, soos hy gevra het, en moedig julle almal aan om nou 'n slag ekstra moeite te maak en op sy versoek te reageer!!!

"Ons is besig om die laaste verstellings aan die opgedateerde website aan te bring – dit gaan 'n groot "FaceLift" wees.

Kan julle asseblief alle fotos wat julle mag hê (vanaf 1986 – Nou) in scan en so spoedig moontlik – voor 31 Aug 2008 – e-pos na [email protected]

Almal het huidige fotos van hoe jy en jou gesin nou lyk, so stuur asseblief sodat ons dit kan voeg by ons versameling – GROOT GROOT ASSEBLIEF!"

KWAGGA SPANWERK IS HIER DIE WAGWOORD!

Groete

Quintus Williamson Ek wil julle ook net weer herinner dat meeste mense nog hul R50 bydra vir die ontwikkeling van die webblad moet betaal. Jy kan sommer die bank details by Quintus kry wanneer jy die fotos vir hom e-pos, maar moet tog asb nie dat dit jou afsit en dus nie fotos stuur nie. Die fotos is die belangrikste ding, stuur nou die fokken goed!!!!! Nog 'n baie belangrike saak is dat ons oor presies 'n maand die Eerste Verjaarsdag van die Woza Friday vier. Die eerste Woza is Vrydag die 21ste September 2007 die wereld in gestuur. Ek het gehoop dat ons iets spesiaals kan doen. Is daar enige idee van wat dit kan wees? Miskien kan ons so paar stukkies van almal wat so voel af kry oor hoe julle oor die Woza Friday voel. Almal is vry om goed in te stuur al kry jy die nuusbrief via ses ander mense geforward, want klink vir my asof daar heelwat meer lesers is as die op my groupmail. Gaan mal asb!!! Anglo-Pom Experiences Ons het ook eens op 'n tyd in die Queen se oorspronklike jurisdiksie (as opposed to al haar imperiale koloniale agterplase soos Oz, New Zealand, Suid-Afrika, Rhodesië ens, ens) gewoon. Meeste mense noem dit die U.K. of United Kingdom. Dis 'n land van plus minus een taal (as jy gerieflikheidshalwe van barbaarse gibberish soos Wallies, Gaelic en sulke stront vergeet), drie tuislande (vier as jy Noord Ierland insluit), pyfhonderd pyf-en-pyftig aksente (waarvan meeste na geheel ander tale klink) en so rondom 60 miljoen class conscious ....... (dit klink soos bonte en voltooi die pragtige alliterasie){CCK} ook soms bekend as soccer hooligans. Natuurlik is dit 'n allemintige veralgemening, en soos meeste veralgemenings, soms nie waar nie. My Tjommie genaamd Koekbrood (of soms noem ek hom ook Cindy as hy my kak hap en julle sal hom onthou as ons eie Cockney Rhyming Slang Expert), is 'n goeie voorbeeld van 'n uitsondering. Hy gee glad nie om, om met my maatjies te wees nie, al is ek omtrent ses klasse bo hom. Hy sal moontlik nie met my interpretasie van die klasse saamstem nie, maar wat weet die Soutie nou eintlik van my Adellike Blanco-klas (ABK). Anyway, ons het al daai Anglo-Pom experiences deur gewerk met die standaard "Frikkie van Karatara" – oopmond – geesdriftigheid. Goed soos: warm flat bier genaamd Ales wat in 'n heidense pint afmeting beskikbaar gemaak word, die Van Kervel mentaliteit van die ou wat op elke donnerse tube station heeltyd sê "Mind the gap ....... Mind the gap ....... Mind the gap ...... Mind the fokken gap (dink jy ek is doof, dom of ver-fokken-geetagtig!), die rooibaadjie guards by Buckingham Palace, met sulke lang veerhoedjies wat hulle soos eksotiese Freudian dildos laat lyk (en by the way, hoe kan iemand iets guard as hulle net heeltyd reg voor hulle kyk soos iemand met skoftelike katatonie?), vet pregnant teenage chicks met sweetpakkies soos Ouboet (van Orkney snork nie) en fake Nike Air® tekkies, bedelaars met stringe honde (want hulle kry glo 'n toelaag vir die goed), flats waarin iemand in die RSA sal huiwer om die

Page 18: Woza Friday – Augustus 2008 1/08/2008

spreekwoordelike "hans hamster" aan te hou, waar miljuisende Azaniers, Oziaane en Kiwi's saam konglomereer en in skofte slaap, want daar is drie keer soveel inwoners as beddens, ens, ens. Die hoof storie waarheen ek mik is egter minder generies en meer spesifiek een van my eie culture shocks (al was ek nie die enigste geshockte individu nie, inteendeel) [inteendeel is so mooi woord, ek soek al vir weke 'n rede om dit te gebruik]. Ons het meeste van die jaar daar in "Sodom en Piccadilly Circus" in die Yorkshire spandeer. Nou, Yorkshire is net ver genoeg noord sodat die son nooit agter die ronding van die aardbol uitkom nie. Selfs nie wanneer hy met die sogenaamde Steenbokskeerkring hoereer nie. Hulle het een keer 'n sg. "heatwave" voorspel en 'n week later, nog steeds omhul in 'n koekon van cheap Shambles fleece, het ek dit gewaag om vir my kollegas te vra wat van die hittegolf geword het. Hulle herinner my toe aan 'n spesifieke dag wat die kwik tot 'n verbysterende 17ºC gestyg het. Ek kon toe onthou dat ek geestelik versteurde individue, kaal bolyf in die straat sien stap het. Hulle was so wit dat ek het gedog het ek gaan oogkanker ontwikkel as ek te lank na hulle kyk en het dus aangeneem dis die ancestors van Albino's wat nie tot ruste gekom het nie. ("You can call me Al" and I did!) [Fok hierdie Crawford Farm Marlborough Sauvignon Blanc waaraan ek teug is hemels, amper soos "Klie hettie 'n kloe nie" se Simonsig version, maar tog nie heeltemal só goed nie]. So werk ek toe by 'n private hospitaal in York. Reg langs die York Minster (dis 'n kerk wat blykbaar sewe eeue en sewe nagte gevat het om klaar te bou). Toe ons net daar aangekom het, het ek gedog hulle praat van 'n politieke figuur as hulle so aan gaan oor die York Minster this en die York Minster that. York is 'n moerse snob sentrum, met die een na die ander "Honourable Miss this and Honourable Mister that". Hulle het gewoonlik gedink ek is van Eastern Europe en daarom blykbaar dom. Die enigste rede hoekom hulle tot die konklusie gekom het was omdat ek 'n HC Botha geinduseerde Afrikaanse Aksent gehad het wat omtrent so dik was soos daai rook walms wat Sarel Gjeemonster geblaas het in Wielie Walie. G'n wonder ek retaliate en noem hulle CCK's nie. Een aand besluit ek, Oudstes en 'n ander varsity pel genaamd Flash, dat ons 'n Shakespear play moet gaan kyk. Ons het gedog dis ook een van daai Anglo-Pom experiences wat mens moet doen om te kan sê: "been there, done that, got the T-shirt"- tipe ding. Nou Shakespear is die tipe fabelagtige stront wat mense wat Engels Eerste Taal geneem het by Mr Falke, hulle mee vermoei het. Daar was nie een George Suider wat so waansinnig was nie, ons het eerder maniere gevind om ons eie van te vertaal onder leiding van Miss Reitz en basiese boekies soos The Lord of the Flies afgewurg met 'n healthy dosis vrees (vir wat gaan gebeur as jy nie more weet wat Piggy {of so iemand} nou weer aangevang het nie) on the side. In Shakespear sê hulle goed soos: "Thy het vir Thou gemoer en toe het Thou vir Thy blomme gestuur ..... (en dan volg 'n klomp onverstaanbare stront wat niemand eintlik verstaan nie, maar niemand erken dit nie, want dan mag ander idiote dalk dink hulle is dom al verstaan hulle dit ook nie en sê net so sodat ander moet dink hulle is bright) .... en sodoende is almal se lewe vir altyd opgefok (maar jy kan deur die pyn van hulle onverstaanbare fabelagtige non-experiences veelvuldige lewenswaarhede ontdek wat jou armsalige non-existence draagliker maak)". Met die gevolg dat ek so bored was ek kon die Slalom Neuskrap Kampioen (SNK) van die Westerse wêreld geraak het, tydens die sg. "play". Terloops, dit het my laat dink dat die oorsprong van die benaming 'play' dalk gekom (excuse the pun) het van die feit dat mense met hulleself moet 'play', by wyse van spreuke, om die tyd om te kry tydens hierdie vervelige kunsvorm. Terug by die Shakespear 'play', was daar sulke wit gekalkte geeste wat gelyk het soos Aborigines op "walk about" wat heeltyd oor die stage gesweef het en onderaardse onchristelike non-sensicle "Hoooooooo .................. Hoooooooooooo" geluide gemaak het soos 'n Halloween pampoen wat met die maan gepla is. Toe die einde van die marteling uiteindelik aanbreek sak ons daar in 'n pub in met 'n ongesonde dors na narkotika om die grusame experience permanent te vergeet. Na so dosyn Caffreys Irish Ale's (in die heidense pint formaat) begin ek en ou Flash so deur die pub float soos daai geeste en "Hooooooooo........Hooooooooooooo" selfs beter as hulle wyl ons ook (nes hulle) met arms uitgestrek na agter en kop vorentoe soos 'n visarend wat wil kom land, sweef. Oudstes het die volgende dag gesê dat dit net ek en Flash was wat dit snaaks gevind het. Op een van vele trippies na die urinaal staan ek so met twee ander punters, een links en een regs, en probeer my bes om die klein porselein kommetjie raak te pis. So deur die dubbel visie sien ek daar staan Shanks op die ding en dink onmiddellik aan die ou cliché Skellembosch grappie. Sonder om te dink sê ek vir die twee wild vreemde CCK's (wat ongemaklik met fallus in die hand staan) met my dik aksent (en 'n alkohol geinduseerde sleeptong): "In Sef Efrika we would sssssshay: It's a moersssssssche plesssssssshier!!!!" en lag my gat af vir my eie grap. Die twee CCK's het dit nie

Page 19: Woza Friday – Augustus 2008 1/08/2008

eers gewaag om af te skut nie, leave alone hande te was (en ek is die kommin een volgens hulle!) en net eenvoudig laat spaander terwyl hulle sukkel om hul gulpe op te trek sonder om hul soutpielietjies te amputeer.

Ons hoofseun en maatjie, Hermanus Potgieter het hierdie mail gestuur:

Yes Marx

Bly dit gaan goed met julle.Het in die week vir Philip Voigt en Bertus van Niekerk raakgeloop. Nie vir Bertus herken nie ,bietjie van verleentheid maar dit is darem al 18 jaar…Wel hulle was nie bewus van die website en dinge nie. Het belowe hul sal gaan kyk en dan seker hul gegewens opdateer. Albei bly in George. Flippie getroud met Bertus se suster. Loop ook Tolla (Werner v Rooyen) van tyd tot tyd raak in die kooperasie. Hy is verteenwoordiger van dieregesondheid mpy. Kry toe onlangs sy visite kaartje by my huis.

Sal vir Annemarie Rademeyer ook kan opspoor,sien haar partykeer ry in die dorp. Sien ook Hannalie van Heerden se pa gereeld in dorp,sal hom ook bietjie na haar uitvra.

Verder gaan dit goed hier. Geniet nog die mails van Vrydae. Ek onthou die storie van Hannes en Mrs Reitz soos gister asook daai oomblik van stilte toe sy omdraai…Ek het regs voor gesit.Sien haar baie ry ,bly so 3 km van my af. Lyk nog presies dieselfde.

Mooi loop en groete vir die gesin.

Herman

Ek het toe vir Tolletjies gemail en hy het dadelik terug gekom met hierdie een:

Jis Marx,hoe gaan dit?Terloops,dit is Tolla.Lekker om weer van jou te hoor en bietjie te lees van almal se doen en

late.Jammer as die mail nie so lank gaan wees nie,maar die fok weet,ek tik onmenslik stadig.Ek is tans woonagtig in

Oudtshoorn waar ek my bemoei met veevoere en medisyne.Ek het nie eers biologie of landbou op skool gehad

nie,maar nou maak ek 'n lewe daaruit.Van tyd tot tyd loop ek darem nog in van die oud gesigte raak.Jaco Kriek is ook

hier.Het sy eie oogarts praktyk.Morne Lotter was hier in die army.Kobus Weyers se sussie is ook hier.Getroud met 'n

volstruisboer.Marrietjie is ook hier.Getroud met die Eienaar van Pick n Pay.Onlangs kleintjie gehad.Ek is in 2001

getroud.Die dominee,CAS.Kan jy dit glo.Hy was toe op Calitzdorp gewees.Vir Jacques loop ek so nou en dan op

George raak.Ek het ook vir Morne Britnell al hier raakgeloop,

Ons praat weer,moet nou eers waai en bietjie gaan werk.

Serge Blanco is hierdie week weer in top form met sy legendariese rubriek genaamd KOTS. Oudstes het letterlik

amper gekraam toe ek dit vir haar gelees het.

KOTS (Kontemporere Opinies deur die Transendentale/Toornige Serge)

Hello Maatjies!

"I love you, you love me, where a happy family…"

En teen hierdie tyd sing ten minste 50 35/36 somethings saam. You have to love it. T T T T Tannith is n copy van ek

dink die meeste van ons. I must admit, I was watching Barney on KTV the other morning and for some reason and by

the sound of it they had casted a new voice artist in the role of Barney. Come on, 'What the #$%^& ?" ! It was just

not the same. That's like Billy Connoly playing Darth Vader. Close your eyes and imagine Billy saying : "Luke, I am

your father!" with that Pommie/ Irishy accent or Naas Botha speaking 'Hot Potatoe English'. No? … Sure? … no I

Page 20: Woza Friday – Augustus 2008 1/08/2008

agree, it does absolutely nothing for me. It's almost like Titney Spears. Come now boys and girls (those that are that

way inclined).There was something there with that whole school girl look in "Baby, nog net een keer" that did it for

you. However the whole GI Jane hopelessly useless mother she portrays now just does nothing for me. Same kinda

feeling.

But there's a thought. What would you look like if you had to try on your Matric Kwagga uniform. My mom send me

my Matric blazer the other day. Couldn't even fit my forearm through the sleeve. No, no don't get any ideas about a

overworked forearm as per last week's Woza. Daardie pragtige kapoen geel, too die for doll!

As I'm writng this Madonna's Vogue is blaring in the background on the office radio. Man what memories! Rodney,

correct me if I'm wrong, early 1990? Two words people – Sokkie & Voortrekkersaal!

Om terug te kom na ons school uniform fitting. Ek hoop al die Tinkerbell outjies is fiks besig om te oefen. My eie

program is weer op dreef en ek behoort teen middel September een van my drie winter kenne te verloor het. Dr.

Marx laat weet bietjie van jou challenge en hoe dinge gaan asseblief. Quintus as jy miskien vir ons een van daai

before en afters kan doen sal dit great wees. Tastic jy lyk uitsekend in die laaste photies en het in my humble opinie

sopas by Tok 'Kaste' Gericke oorgevat as "Mr. Kwagga - 20 years later!"

Ek het so deur die Chronicles gelees en Opelyf was defnitief een van my favourites. Staaljie 1 van persoonlike

ervaring met die se ding is soos volg.

Picture this. Hoedspruit 1991.Ons is op die skietbaan en die poepol in logistics het vergeet om 'go-karts' te organize.

Nou ʼn go-kart is basies ʼn harde plastic doos met die onderkant wat oop is en ʼn gat wat bo in gesny is. Die idée is dan

om die go-kart te park oor ʼn gat wat jy gegrawe het, verkieslik wind af en waneer die groot nood kom gaan verlig jy

jouself op die go-cart. Einde van die dag vat jy jou go-cart huistoe en maak jy die gat vol akkies vol met die grond wat

jy uitgehaal het.

Soos reeds gesê ons het op die lieflikke 38˚C somersdag in Hoedspruit nie die luxury nie en dis toe maar band trek

(anne woord vir akkies) in die bos. Een van my troepe was heel kens. Die malletjie gaan verlig homself toe en sluit

aan by die res van sy makkers in die eskader. Die 'Eskader Bul' (die verkose leier onder die 150 troepe in my bevel)

kom toe daar aan en seg Malletjie Jones het in sy broek gekak en die stank was erger as die reuk van ongodeloosheid

in die Zimbabwe regering. So word Malletjie toe gesummon. Nou jou daaglikse uniform in die Mag was so vleiend

soos daai Kwagga Kapoen rok. Dit het bestaan uit jou bootse, web belt en ʼn bruin overall of jumpsuit. Die probleem

was die overalls het net in een size gekom. Size too. Too big or too small. Toe malletjie nou oorkom toe kom ons

agter dat hy nie in sy broek gekak het nie. Wat wel gebeur het is dat in die proses van broek losmaak, en gaan hurk

het hy die size too, toe nie ver genoeg afgetrek nie. Lugman Jones kak toe, onwetend, in die overall se kraag, druk

klaar cone en vee af. Met die aantrek van die overall spat die kak toe behoorlik en die eindresultaat is n briekmerk

wat hoog op in die nek net onder die kroontjie begin en eindig net kort van sy Achilles. Beveel ek toe vir Malletjie om

te strip en so 20 meter van die Unimorg Brandweer trokkie af te gaan staan. Roep toe vir Buks 'Groennie die Draak'

oor om Malletjie te kom afspuit. Nou glo my, selfs op 20 meter moes die pyn van daai brandslang se spuit ondraaglik

gewees het. Ek dink die ou het nou nog third degree burns van daai brandslang wat verseker lyk soos cellulite op die

dye van iemand wat op n high fat diet is.

Volgende week sal ek praat oor Granny se visit en hoe opelyf determine het waar sy geslaap het.

Op die politieke front kan dinge nie meer dol gaan nie. Oom Bob en Captain Morgan gaan nou kamstig n government

van national unity stig. Kom ons hou maar dop en ek sal bietjie n paar van Bob se famous quotes probeer

opspoor.Intussen het NZ se prime minister,Helen Clarke, haar amper aangesluit by n verlore Yeti clan. Sy het saam

met haar man en niggies gaan bergklim en is soos, Victor Matfield, onkant betrap. Vasgevang in die sneeu is sy per

snow mobile gerescue. Wat ek amazing gevind het is dat sy haar man agter gelos het en dat hy en die niggies die

volgende dag deur n helicopter gered is. Nou as my vrou my agterlos is daar kak. As ek die ordeal survive cancel ek

onmiddelik al my life insurance as ek terug is in die beskawing en trade haar 40 year old lyf in vir twee twenty year

olds. Then again Helen is nie exactly drop dead gorgeous nie so die man was miskien bly dat daar n kans was dat hy n

Page 21: Woza Friday – Augustus 2008 1/08/2008

lekker furry Yeti girl kon optel om Helen te replace.

Dan het ek sopas gehoor dat Mark Scott Crossley teen Donderdag uit was op parool. Hy is daai wit werfe#$@ wat

een van sy employees in n leeukamp ingegooi het en in 2004 skuldig bevind is aan stafbare manslag. Die appelhof

het toe die judgemnet geoverrule en hy is ʼn 5 jaar vonnis gegee as an accompliss to murder. Ek het teen tyde van die

mail nog nie enige politiek remarks gehoor nie maar is seker daar gaan n moerse outcry wees.

Dan, net voor ek gaan wil ek gou ʼnbietjie brag met my naweek wat voorlê. Ek is geseen met ʼn baas wat twee weke

ouer is as ek en een van die mees suksesvolste hotelle in SA opgebou het van die grond af gedurende die afgelope 10

jaar. Sy idée van werk was 12 dae laas jaar en sover omtrent so 30 dae hierdie jaar. Tusen deur is dit World Cups,

gholf op St. Andrew en vlieg met of sy eie Cesna 208 of sy King Air 90.Hy is, in my humble opinie, een van die moer

rustigste base in die land en moer vrygewig. Gholf en vlieg is sy passie en hy het nie baie aanmoediging nodig nie.

Vrydag vlieg ek, Kevin (klein baas) Clarence, nog ʼn paar ouens van werk en ʼn paar van Kevin se buddies met die

private plane vanaf Lanseria af Virgina in Durban toe. Ons bly oor by sy huis in Umhlanga. Vrydagaand is dit

Cottonfields vir n klein T-Bone en ʼn paar beasts en hopenlik ʼn paar night caps en by Captain's Cabin by die Beverly

Hills Hotel. Dr. Marx ek sal aan jou dink en wens jy was daar tjomma! Dan is daar ʼn vinnige rondte gholf by Mount

Edgecombe Saterdag oggend voor ons ons box by Kings Park gaan anekseer waar, as per my invite, 'hostesses will

tend to your every need'. Dan weer terug Sondag oggend. SO hou duim vas en "GO BOKKE!" Moenie vergeet nie

groter rugby as die Tri Nations die naweek is Kwaggas teen Paarl Gim in die Burger final. "GO KWAGGAS!"

Windgat Brink!

- Volgende week : wat jy nie moet doen of vir die management moet sÊ as jy in O hotel bly nie.

EVA het weereens vir ons die nuutste nuus wat betref die Heilige Domain van Kwagga Rugby in sy

Vat die bal Hare en hol Hare!!!!

Wel Interskole het gekom en gegaan met Struisies wat slegs een rugbywedstryd kon gewen het. Derhalwe is die

onoorwonne tydperk nou met n jaar na 15 jaar verleng. As ek kyk wat die ander A spanne gedoen het gaan dit nog n

tydjie vat voor die wurggreep verbreek gaan word.

Op die jaarlikse PUK Rugbydag (ou dae Van Rensburgs) het die Kwaggas in gietende reen teen Marlow gespeel.

Eerste helfte was volgens Chris Hattingh titanies gewees, met al twee voorspelers pakke wat mekaar behoorlik

opgedreun het. Kwaggas se op en wakker agterlyn het egter in die tweede helfte wakker geword en op die ou einde

29-8 gewen. Daardeur het Kwaggas wraak geneem vir die nederlaag twee jaar gelede teen Marlow op Cradock (was

die berugte wedstryd nadat Kwaggas wendrie gedruk is,die spel teruggeneem is na die halflyn vir n oortreding wat

deur die lynsregter gesien was (wat toevallig Marlow se sporthoof was , toevallig ne!!!!!!).

Gedane sake het geen keer nie.

Die week kry Kwaggas geleentheid om wraak te neem teen twee spanne wat hulle nederlae gely het vroeer die

seisoen.Vandag speel hulle teen Framesby in die semi finaal van die Burger kompetisie op Outeniqua park. Wenner

van die wedstryd behoort Saterdag teen Paarl Gim te speel.

Twee tawwe games wat voorle,maar gerugte in George is Kwaggas is gereed vir aksie en gat skop.

Gerdie

Page 22: Woza Friday – Augustus 2008 1/08/2008

EVA is sover heeltemal in die kol, want die Boys het reeds vir Framesby 25-7 verneder. Bring on daai sussies van Gim,

I say!!!

Dis voorwaar aangenaam om nog 'n nuwe kontribueerder (nog 'n nuwe anglesisme wat ek nou net uitgedink het)

bekend te stel in die vorm van Jani (Theron) van Niekerk as die

sg Domestic Goddess (sy het my voorstel om die Naked Chef te wees, van die hand gewys) met haar kos en kook

georienteerde rubriek wat dood eenvoudig as KOOK bekend sal staan:

K O O K

Wat ek van golf, rugby, vuurwapens en kak praat weet is min. Van vrou en ma wees weet ek baie. My huis is egter nie 'n konvensionele huis nie. Ek is een van daardie gelukkige vroue… my man kook en is baas in die kombuis! So nou en dan, nadat al die engeltjies droomland toe is, kry ek 'n bevlieging en betree die kombuis, gewoonlik met verstommende resultate. Net toe ek dink ek het al alles gesien, kom ek nou die dag van aangesig tot aangesig met die spreekwoordelike drol in die drinkwater… die Australian floater. Sien, dit is 'n tradisie by ons kantoor vir al die bestuurders om elke Dinsdagmiddag saam te eet. Die kos wissel van elegante tuisgemaakte sop tot Woolies pies en chips (dis nou as een van die manne moet "kosmaak"). As jy jou beurt vergeet het, is take-away pizza ook baie populer. Een van my kollegas is onlangs vir 'n jaar lank Australie toe gestuur om ons suster-maatskappy daar so 'n bietjie Suid Afrikaanse flair te gee. Sy "verras" ons toe die week met "true Australian cuisine". Moet nooit weer kla omdat bobotie nie so sophisticated soos sushi is nie (as jy wil sal ek my bobotie springroll resep vir jou stuur). Die basiese bestandele vir hierdie unieke dis is ertjiesop en 'n kafee pie. As jy een van daai mense is wat in 'n koue sweet uitslaan wanneer jou kos aanmekaar raak, hou nou op lees. Hierdie is nie vir jou nie. Skep die ertjiesop in 'n bak en plonk die pastei mooi in die middel. Ja, jy het reg gelees. Vir ekstra lekkerte, gooi sommer nog sop bo-oor die pastei ook. Maak nou jou oë toe en probeer dit in jou geestesoog sien… heldergroen ertjiesop met 'n pepper steak pie in die middel. Niks kon my hierop voorberei nie. Uitkom gaan ek egter nie kan nie, eet gaan ek moet eet. Terug by my lessenaar kan ek egter nie wag om seker te maak of ons almal nou net 'n rat voor die oë gedraai is nie. Ek google… Australian floater. My mond val oop… die ding bestaan wraggies. Ek lees dat hulle selfs nog tamatiesous, barbeque-sous of asyn ook bo-op gooi. Hoe ver kan 'n mens met die ding gaan? Hulle regverdig selfs die gedoente - "the addition of the pea soup provides extra flavour and dietary fibre, and extends what otherwise may be considered a snack to a full meal". Is dietary fibre nie net goed vir een ding nie? Ek lees dat Anthony Bourdain, Joe Cocker, Billy Connoly en Nigel Mansell "high profile fans" van die pie floater is. Maar wag, hier is die beste een. Ek moes dit so 'n paar keer lees om dit te laat registreer - "In 2003 the pie floater was recognised as a South Australian Heritage Icon by the National Trust of Australia". Ek voel ek moet dadelik vir Tannie Evita bel en 'n petisie begin om die Koeksister te laat vereer. Ek is stil. Ek is verstom. Ek kan net teleurgesteld afsluit met 'n uittreksel uit Terry Pratchett se "The Last Continent": 'You'll like this,' the warder urged, pushing the tray forward. There was a covered bowl on it. 'I done it special for you. It's a regional speciality, mate.' … Rincewind watched gloomily as the warder lifted the cover*. It looks fairly inoffensive, but they often did. It looked, in fact, like- 'Pea soup?' he said. 'Yep.' 'I thought I'd better check that point.' 'No worries.' Rincewind looked down at the knobbly green surface. Was it just possible that someone had invented a regional speciality you could eat?

Page 23: Woza Friday – Augustus 2008 1/08/2008

And then something rose out of the depths. For a moment Rincewind thought it was a very small shark. It bobbled to the surface and then settled back down, while the soup slopped over it. 'What was that?' 'Meat pie floater,' said the warder. 'Meat pie floating in pea soup. Best bloody supper on earth, mate.' 'Ah, supper,' said Rincewind, as realization dawned. 'This is another one of those late-night, after-the-pub-foods, right? And what kind of meat is in it? No, forget I asked. It's a stupid question. I know this sort of food. If you have to ask "What kind of meat is in it?" you're too sober

Die tweede nuwe kontribant van vandag is Salome met 'n briljante stukkie oor inkopies wat ek

sonder haar toestemming "Trollie vir Trollie (ala Clive Wheel)" noem. Sy het ook voorgestel dat ons vra of daar enige

iemand is wat stories wil instuur onder die tema "Op wie ek 'n crush gehad het op skool". Laat gerus van julle hoor as

daar enige sulkes is!!!!:

Howzit Kwaggas!

Hier volg 'n tipiese Gauteng-Woza. (geen crime - ek belowe)

Hulle se "jy is wat jy eet", maar ons het onlangs eers regtig begin om die belangrike rol wat voeding in ons algemene

gesondheid speel te verstaan. 20jr terug is worsbroodjies as 'n behoorlike maaltyd beskou. Vandag is die meeste

mense so behep met oorgewig en hoe cholestrol dat, wanneer ek in Pick 'n Pay rondloop, soos 'n vis sonder water

voel met my trollie-inhoud, teenoor al die "health-foods" in ander trollies.

Nou, ek weet "Ubuntu" beteken uitreik, behulpsaam wees en omgee vir ander, maar my fok! My trollie-inhoud is

myne, en jy hoef glad nie om te gee wat daarin is nie!

Nadat ek vir 'n uur of so my trollie (oor) -laai het, het ek uiteindelik kans om al die "fitness-freaks" se trollie inhoud te

bestudeer in die tipiese-Saterdag-lengte-ry. Hulle se mos mens kan baie aflei van 'n persoon se trollie-inhoud.

Twee betaalpunte verder staan 'n aantreklike man met wysheid wat wil-wil begin deurskemer langs sy slape. My

eerste indruk: "Boys and their toys!" Visvang -tools, 'n model-Ferrari-karretjie (seker vir sy kleinseun - ja right)

skeerroom, shampoo, rumpsteak en charcoal. So hy is m.a.w. 'n alleenloper, onlangs geskei, wat die langverwagte

kans met ope (trollie) -arms vat en al sy speelgoed wat obviously tot onlangs toe verbode was, nou weer bymekaar

maak. Shame.

Die Tante agter hom se inhoud wil-wil my traankliere prikkel. Net die nodige is daar: brood, melk, eiers en 'n klein-

dogter wat "smeek" vir jelly-tots. Hoe meer (en harder) sy "smeek", hoe dringender probeer sy verduidelik dat daar

net nie genoeg geld is nie. UBUNTU Salome, UBUNTU. En so eindig ek toe met 'n pakkie jelly-tots in my trollie op, om

die Tante uit haar penarie te help. My goeie daad vir die dag.

Net toe ek dink dis my beurt (uiteindelik) om te (kak-en) betaal, kom iets met 'n stink-spoed verby my gejaag wat

SAA op hul neuse sal laat kyk.

'n (jong) Ma met 'n tweeling-seuns! Voor ek kans kry om van my meer gevorderde woorde met haar te deel, kry sy

dit reg om 'n verskoning af te rammel oor hoekom sy voor my MOET betaal. Ek sluk toe maar ,(soos die dame wat ek

veronderstel is om te wees) my woorde een vir een terug en luister toe ewe gedwee na die "potty-training-accident-

storie" wat blykbaar 'n skare bymekaar gebring het wat Steve Stofsuier sou laat skaamkry.

Half histeries word ek gevra om te probeer verstaan hoe embarrassed hy (die broek-pisser) nou is, om nie van die Pa,

(wat intussen "onthou" het dat die kar nooit gesluit was nie) se status in die dorp (ha-ha-ha dis Dronkwordspruit

hierdie girl) te vergeet nie.

Page 24: Woza Friday – Augustus 2008 1/08/2008

Nou kyk - daar word gese dat oudword nie vir sussies is nie, en ek glo julle sal met my saamstem dat, al word meeste

van ons (en party is reeds - sorry) nou 36, ons nog ver van oud is, en boonop 'n hele paar hedendaagse tieners nog

ore kan aansit, (en dan mag ek noem dat ek tot 2dae terug in totaal 6 matriek-afskeid-uitnodigings ontvang het) het

ek op hierdie stadium genoeg gehad.

Amper 3 ure later in 'n oorvol Pick 'n Pay, het my longe lank reeds begin toi-toi, om nie te praat van 'n oordosis

aspro-clears wat met 'n Bells-on-the-rocks gesluk sal moet word nie.

Die uiteinde van die saak? Ek stoot toe maar my trollie eenkant toe, en met 'n hard-genoeg-vir-wie-moet-hoor "fok

dit", stap ek uit en vergeet vir vandag van Ubuntu.

The moral of the story? BOU 'n BRUG EN KOM OOR JOU KIND WAT NOG VIR LANK IN SY BROEK GAAN PIS GIRL!

Tot volgende keer:

Salome

Die Rooibos het hierdie versoekie aan ons gerug en ek hoop dat Sanet as voormalige Soldoedie of Alet as huidige

feminis vir hom op sy plek sal sit (op 'n mooi manier natuurlik):

Jou onderwerp van YS, het my onmiddellik nie aan klein trilletjies laat dink nie, maar aan nipple-stands. Wat my aan

mooi meisies laat dink het. Seker maar net een van die klein verskilletjies tussen homo erectus transvalieensis en

homo sapiens kaapensis. Wat my bring by 'n vraag aan die inwoners van George en omliggende streke (ten minste

rondom die laat tagtigs en vroeë negentigs); terwyl die feitelike gronding van gepubliseerde stories nie noodwendig

die nommer een prioriteit is nie, en terwyl Gerhard dalk maatjies nodig het om saam te brand (na blasfemie op

blasfemie), het ek 'n vragie aan die Kwagga-manne (of dalk die Kwagga-vroue wat so ge-oriënteerd is, ek is 'n equal

opportunity fantaseerder):

Die eerste dingetjie wat ek as Suidoos Transvaalse plattelander aan dink as iemand van George praat, is nie Koning

George III van Engeland wie se naam die dorpie dra nie, die houtkappers wat die dorpie eerste bewoon het, of die

Montagu-pas en die Outeniqua berge, of oom PW, of die slaweboom, of die moerse "kalanders" en stinkhoute in die

Tsitsikamma woude, of Dalene Mathee se boeke, of Ferncourt of die Suid Afrikaanse been van die IRB 7's toernooi

nie. My eerste dingetjie waaraan ek dink as George (of ge-ôrg soos my oupa dit uitgespreek het) genoem word, is

SALVKOL se poppies. Dit kwel my dat die ou Suid Afrikaanse Leër Vroue Kollege, en baie meer spesifiek die kollege

se besondere inwoneressies, nog nie in een Woza genoem is nie. Wat was dit met julle Kwagga matrieks; was julle

man of muis (vir die so ge-oriënteerde Kwagga-vroue - is jy muis, of wys jy muis)? Daar moet tog 'n paar staaltjies

(waar of andersins) van skermutselinge met die mooiste troepe in die land wees... So, uit daarmee - moenie dat die

waarheid in die pad van 'n goeie storie staan nie; ek wil weet van die jelly stoeitoernooi in bikinis wat 'n jaarlikse

instelling was en al daai dinge!

Bewonderende groete,

Rooibos

Ons quote van die week, is ongelukkig weer van Pieter de Villiers, die sg. Springbok coach. Dit was egter te goed om

verby te laat gaan:

"If you look at the Bible, Joseph came from the pit and ended up in the palace. But between the pit and the palace

there was a moerse lot of k*k,"

Page 25: Woza Friday – Augustus 2008 1/08/2008

Ek neem aan dat Saterdag se vertoning van die Springbokke teen die AB's in die "moerse lot of kak" afdeling val.

Kosie Kontribasie (het 'n kontra-konvensionele kontribusie kontribueer, soos wat dit 'n kontroversiele kontribant,

betaam)

29/08/2008

Jis Kwaggas

Die meesterlike skrywe van Serge Blanco in laas week se KOTS oor Barney en T...T...T....Tannith se stukkie die vorige week het my bietjie laat dink oor die kinder programmetjies wat ons moes verduur as kleuters. Ek het so met die jare 'n tipe van 'n trend agtergekom. Amper elke liewe kinder programmetjie known to man, wat 'n fabelagtige skoot weg het (m.a.w. die wat enige iets in het wat vaagweg so bietjie verbeelding verg), word op een of ander stadium as "duiwels" uitgemaak. Jy kan hulle maar een na die ander vat: Liewe Heksie was blykbaar nie goed vir mens nie, want sy was 'n bose Heks wat kon "toor" (wonder wat is "water na wyn" dan?). He Man was ook een of ander boosheid want hy kon 'n klomp "new age" kak aanvang soos vlieg en spring en bliksem en swaard swaai en skreeu "By the power of the Universe" (ek dink Simson het 'n soortgelyke ding gedoen). Meer onlangs is die arme non-existent Towenaartjie Harry Potter weer tot die hel verdoem weens die feit dat hy en sy vriendjies heelwat goed aanvang wat die verbeeldinglose siele senuweeagtig maak. Ek het altyd gedink dis maar net die werk van vervelige ekstremiste met antichrist-vervolgings-wane. Dis totdat ek hierdie kinder program phenomeen van nader by ondersoek het en daadwerklik onder die randomised, double-blind, a posteriori, evidence based, placebo controled, non-biased, last observation carried forward, intention to treat, wetenskaplike, observasie georienteerde, meet en vergelyk-tipe mikroskoop geneem het, vir die doeleindes van hierdie Woza Friday en het weliswaar tot 'n verrassende gevolgtrekking gekom. Ons is van kleins af geindokterneer met seks-georienteerde filth wat tydskrifte soos die "Cosmo" en "Speelseun" na katkisasie handboekies laat lyk. Vergesel my gerus deur hierdie afstootlike (excuse the pun) studie wat ek in die naam van die Wetenskap onderneem het. Ek het gedog ons moet met 'n klassieke voorbeeld soos Liewe Heksie begin. Het u geweet ...... (soos hulle altyd op die binne kant van Chappies papiertjies gese het) dat Liewe Heksie met 'n onchristelike suggestiewe ondertoon geskryf is. Ek het vir die doeleindes van hierdie studie na al die "backtracks" van die kinder programmetjies geluister. Julle onthou mos nog vir Liewe Heksie, Blommie, Karel Kat, Koning Rosekrans, Griet, die Gif Appeltjies, die Geel Heks ens. Op die oog af baie oulik en kuis, maar sodra jy die "backtracks" beluister besef mens die eintlike agenda van die eertydse Apartheid Regering ..... "maak hulle jags sodat hulle nog regse, bang, dom, gullable, wit voters kan broei". Uit my studie het dit duidelik geword dat Heksie en Koning Rosekrans 'n venynige buite egtelike verhouding bedrywe het. As mens bv na die "backtracks" van die sg. temalied luister: Hulle noem my Sluwe Seksie Maar Rhino Horn is my naam Ek's die sifste Heksie wat ek ken En ek was al op die paal. Nou ken jul Sluwe Seksie Maar Viagra® is haar naam Sy's die spilste Heksie wat ons ken En sy was al voorheen kaal Glo my, ek was net so geskok soos julle!!!!!!! Om dit nog te kroon is die Gifappeltjies eintlik Stiff appeltjies (as jy mooi oplet na wat daar in hulle geel sweetpak broekies aangaan sal julle weet wat ek bedoel) en die Geel Heks eintlik die Teel Heks, Koning Rosekrans wat Heksie gewoonlik "per ongeluk" Koning Rose Doring genoem het, blyk op

Page 26: Woza Friday – Augustus 2008 1/08/2008

die "backtracks" om Koning Reuse Horing te wees. As mens eers al hierdie informasie het is dit natuurlik nie meer so moeilik om uit te werk hoekom die enigste ding wat Heksie soms "per ongeluk" getoor het, 'n perd genaamd Griet was nie. Na hierdie sensuele ervaring het ons daai tyd oorgeskakel na die preutse Wielie Walie. Met karakters soos Sarel Gjeemonster, Karel Naai en Bennie Broek Wurm. Ek het mos al die "backtracks" van Bennie se liedjie as 'n Woza quote van die week gegee, maar om volledigheidshalwe sluit ek dit graag weer in: Bytjie blaas en ons moet sing Bennie sal jy die storie bring Kinders julle moet nou skreeu Anders gaan ou Bennie julle, gjee Dan het ek 'n snaakse ding agtergekom. Onthou julle die sg. kouse wat soms hul slightly ongevraagde opwagting op Wielie Walie gemaak het. As jy nou al ooit 'n goeie voorbeeld van die newe effekte van inbreeding (ook bekend as bloedskande vir die puriste) gesien het, dan is dit daardie fokken kouse. Hulle het seker 'n kollektiewe IK van ongeveer vyf, in die mid somer maande (uiters duidelik uit die feit dat hulle altyd alles wat die oudste kous gesê het moes herhaal in kanon soos bv. die classic: "Hallo, hallo, hallo, hallo,hallo, ens" en dan lag hulle soos waansinnige spikkeljaanse Servetkatte van die Galapagos Eilande, met volmaan) en het nie een arm, been, hand of voet tussen die sewe stuks van hulle nie, wat vir 'n geoefende mediese oog net een van twee goed kan beteken: Bloedskande of Thalidomide. My navorsing het getoon dat die kouse 'n cunning way van die previous regime was om die Inbreeders ook aan die broei te hou. Plekke soos ......... Goodwood, Benoni, Die Baai, Brakpan ens. Pieriewierie Park was weer die spreekbuis vir die voorstaners van group sex (of groepswoeps vir die puriste). Hoekom anders sou die sg. tema lied soos volg gaan: In Pieriewierie Park is daar baie plesier Een, twee, drie en vier Met al sy implemente Doen hy eksperimente Voorwaar walglik!!!! Natuurlik onder die geesdriftige leiding van Paul Eiers met die standaard fyn sweet op die bolip. As julle nou nog nie genoeg geskok is oor jul vormingsjare nie, het ek besef dat Mannemarak die oorsprong van die sg Big Brother phenomeen was. Onthou, hy het mos altyd kom spy op ons aardbewoners van sy planeet af. Hierdie phenomeen het later miljuisende breinlose idiote voor die TV vasgenaal gehou om riveting kykers genot te put uit 'n volslae idioot genaamd Verdie Schmerdie of iets, wyl hy ontlas in die agterplaas. In psigiatrie noem ons dit voyerism, maar die naam is irrelevant, jy gaan verseker brand in die hel daarvoor (met 'n gekners van tande om presies te wees). Om flussies terug te keer na Mannemarak, die tema lied was ook bietjie gedokter en het eintlik soos volg verloop: Mannemarak is my naam Ek kom ver van hier vandaan Van my planeeeeeeeeet, Waar ons alles eeeeeeeeeeeeeeet Van my planeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeet Waar ons alles eeeeeeeeeeeeeeeeeet Om mee af te sluit 'n effens minder afgryslike voorbeeld van die konstante indokternasie wat ons moes verduur. Onthou julle nog vir Mina Moo en haar civil union partner Karring StraatKat (wat soms gedurende vurige hofmaak sessies Karring die Ramkat geword het)? Wel, my studie het bevind dat Karring sy naam gekry het omdat hy te veel "daar onder", "gekarring" het. Sommige van julle sal nog onthou dat julle Moeders soms moes sê: "Los, voor!", dis dieselfde tipe ding.

Page 27: Woza Friday – Augustus 2008 1/08/2008

Hierdie week word ons weer vergas met die volgende skitterende uitgawe van Ribbebeen met Estrogeen deur die reeds legendariese rubriekant/kontribant T..T..T..T.. Tannith. Ribbebeen met Estrogeen Ek laat my kop in skaamte sak en ek bieg sedert ek laas geskryf het het my Barney DVD versameling gegroei met nog n "5 DVD Box set" so ja ek het nou 23 maar weereens daai baie belangrike 5 minute wat hulle stil sit ...ja dis die moeite werd. Dis so snaaks hoe n mens verskillende dinge en karaktertrekke in jou kinders begin raak sien en dan besef jy 'sy kry dit by my' en 'hy dit by sy pa' of hoe om ook al. Reilly is nes haar pa vroeg op in die oggende en kan nie lank stil sit nie waar Raikin weer ma se kind is, mal oor TV en as hy in die oggende wakker word le hy in my bed en drink sy oggend melk daar, die meneertjie is nou al so gemaklik dat hy sommer in die bed aangetrek word skoene en al ... die van julle wat ouers is sal saam stem dat ons enige iets sal doen (ja selfs die kinders aantrek terwyl hulle so n Lord le) om die "woer woer" effek terwyl jy hulle aantrek te probeer voorkom jy weet soos in die cartoons waar Sylverster vir Tweety probeer eet en jy sien net stof, vere, arms en bene, jy dink jou kind is aangetrek net om te vind dat jy in die struggle sy Ben 10 T-Shirt as short aangetrek het en jy moet van voor begin...Verder skrik n mens jou ook dood as jou engelse dogtertjie na jou toe kom en se "mamma boetie is bedonderd" en jy verwaand nou jou werderhelfte gaan en se ons moet met die skool gaan praat en hy jou dan meedeel dat dit eintlik jy is by wie sy dit leer, aai dan besef n mens net weereens tenminste die goed wat hulle "by jou kry" is uit jou beheer dis die goed wat hulle van jou leer wat soms die probleem is. Jy het regtig n wag voor jou mond nodig. Ek en my geliefde is nou ook al op "take 45" in ons poging om een keer n maand n "date night" te he dit gaan goed die eers.... wel okay ons gaan net een keer en dan skip ons weer so 3-4 maande en belowe dan plegtig weer om elke maand alleen uit te gaan en groot mens gesprekke te voer. Ons probeer nou weer om dit in te stel volgende week is die date night maar dis nie die moeilike een nie, of ons September gaan dis die challenge ...sal laat weet. Tannith Nel Dan het Pous Paulus Kempff vir julle almal 'n guns bewys deur hierdie mailtjie met 'n pragtige foto van sy gesin te stuur. Ek was op die punt om geen Woza te stuur nie weens die swak respons op ons versoek om fotos vir die webblad te stuur. Hi Quintus/Gerhard Julle is 100% reg. Ons is absoluut useless met die fotos. Hiermee my nuutste familie foto. Baie dankie vir al julle moeite en harde werk. Gerhard ek weet nie waar kry jy al die tyd om al die dinge te skryf elke week nie maar ek geniet dit ongelooflik baie om dit te lees. Groete Paul Kempff Dit besonder aangenaam om na 'n lang stilte die volgende kontribusie van Alet te plaas onder die vaandel KOEK HOEK Hi julle, Jammer ek het maande laas gereageer, maar dit was die groot griep in George, eistedfodd, onsuksesvolle pottytraing en die hele ma-en juffrou-wees wat my skaars maak. Die hele soldoedie aangeleentheid het my laat dink aan keuses wat ek al moes maak. Soos enige rebellieuse tiener het ek ook op 'n stadium vir my strenge pa gesê ek dink ek wil dalk 'n jaar afvat na matriek en moet ek rerig gaan swot???... Sy wyse woorde/dreigement?? en keuse was: of jy gaan Stellenbosch toe of jy gaan soldoedies toe vir 'n

Page 28: Woza Friday – Augustus 2008 1/08/2008

jaar! Wel, die arme girls het elke dag verby ons huis gehol en die blote gedagte aan hol vir 'n jaar was vir my een van my maklikstes keuses van my lewe!!! So jammer, die girl het geen erotiese gedagtes oor die soldoedies nie! Verder het ek besin wat ek al in die naam van liefde gedoen het en keuses wat ek gemaak het en ek moet bieg, ou Cas het 'n memoir terug gebring... Ja, pas in 1981 in George aangekom join ek mos die ander ou meisietjies met hul crush op ene Casparus Wepener. Ja, ek vat toe die crush 'n bietjie verder. Glo mos toe al 'n girl kan 'n move maak. Cas was Voorbereiding skool se bobaas en ENIGSTE volkspeler...(het jy gedink ek gaan dit vergeet, Cas???) Toe gaan join ek die volkspele om saam te kan dans... Wel, na 'n enkele volkspele outing in daardie hideous rok is ek summier van my crush en nuwe hobby genees. Dit was maar 'n kortstondige fling en ek dink defnitief die begin van feminisme vir my! Genoeg van my memoirs en keuses vir een week. Soos my suster sê, sy is mal oor die Huisgenoot lees, want dan besef sy haar eie lewe is eintlik heel olraait. Ja , dis hoe julle almal heimlik voel as jul die Woza op Vrydae lees.... Alet En hier is ons vriend Serge met KOTS Hello Gifappeltjies! It has been a monstrous week and my Thursday deadline crept up on me like George Smith attacking the offside line. It has been an awesome week and I will report back next week on my little trip toe Durban to watch the Bokke! It was fantastic! I am awaiting some pics with some celebs, from Bokke to Big Vern, I met on the weekend and will post them on the site as soon as I have received them. I am still recovering from my Cottonfields Umhlanga experience and have been struggling all week to string anything two syllables or two steps, one after the other for that matter together. I did however say last week that I would like to add a little story each week on:" Things you shouldn't say when you stay in a hotel". Now these will all be true stories and it is aimed at putting a smile on your dial as well as educating you on how to complain. Those of you in the service or sales industry will certainly relate. Now by all means complain when you get bad service, but flippen hell be reasonable! I think the service levels in SA is shocking and it is because we don't' complain enough or in the correct manner. So here goes the first one. I arrived at work at 05h05 on Thursday the 28th of August 2008 to have breakfast with about 40 of my night staff. As I wander in my Night Manager informs me that he has just received a complaint and if I could be so kind as to attend to it. The guest, a certain hostess from an airline, which can not be named for security reasons, but I can tell you that it is that national carrier of ours phones reception and asks to speak to whoever is in charge. Hope Mabaso, my night guy, says that would be me Mam, how can I assist. Eish, yes she responds. I want you to tell the maintenance department that there is a tree outside my room, number 404. Please can you tell them to cut it down as there is birds sitting in the tree making a noise and I can not sleep! Dinkem true story! Tot volgende week! Nag Ou Grote! Ek is nog steeds afgepis met julle swak respons op die fotos versoek, so moenie verbaas wees as daar geen Woza volgende week is nie!!!!! Quote van die week is weer in die bekwame hande van Johnny Clegg uit sy Juluka dae: I never knew whom I could love more -- you or the land Till I stood lost upon that shore -- naked and alone Chorus 'Cause all the birds have flown away The night is closing in It's so hard to say goodbye to eyes as old as yours my

Page 29: Woza Friday – Augustus 2008 1/08/2008

friend Where did the time go? Can you tell me where did the time go? time life show life time go Where did the time go? Where did your life go? Can you tell me where did your life go? Woepies Wurm en sy ideologiese aardsvyand Kaptein Super Skoon