2012 August newsletter

  • View
    269

  • Download
    0

Embed Size (px)

DESCRIPTION

Newsletter for the third term 2012

Text of 2012 August newsletter

  • 1

    ORANJE KWILTERSGILDE

    ORANJE QUILTERS GUILD

    1989-2012

    Bloemfontein &

    Omgewing/Surrounding

    Nuusbrief Augustus/August 2012 Newsletter

    Falsi Trangioli P. 7

    Kwiltfees 2013 P.9

    Fokus op n kwilter P.16

    Quilts4london P.25

  • 2

    Quilt Cottage

    16 WEG Louw st

    Langenhoven Park

    Christine 082 412 5438

    Kom besoek ons vir jou kwilt benodighede

    Beste pryse in die stad

    Nuwe voorraad op `n gereelde basis

    Ons neem ook naaimasjiene in vir diens en herstel

    Of om net `n bietjie raad te vra

    As jy verdwaal, voel vry om te skakel vir aanwysings

    Almal altyd welkom

    082 412 5438

    Digitizing & Embroidery on:

    Sport clothes, uniforms, golf shirts, Jackets, Overalls, Caps,

    Towels, Sport Bags, etc.

    16 WEG Louw St, Langenhoven Park

    E-mail: christinevw@vodamail.co.za

  • 3

    Van die Voorsitter

    Liewe Kwilt vriendin

    Na n heerlike wintervakansie is ons weer in die tuig en is ons oppad na

    die lente! Die jaar is oor sy halfpad merk en dit laat my weereens besef

    hoe vinnig die tyd aanstap.

    Ek het op n oulike kinderboek The Quilmakers gift afgekom. Die boek

    handel oor die kwilter wat haar lewe wy aan kwilte maak en uitdeel. Die

    gierige koning wou ook een h en sy stem in, maar wou hom eers n

    lewensles leer. Die storie raak aspekte aan soos wat dit is om vrygewig te

    wees, wat geluk is en of geluk in aardse skatte l. Die storie laat mens

    dink.. Ons almal hou van geskenke ontvang maar hoeveel deel ons uit?

    Maak dit jou gelukkig om te gee of om te ontvang? Waarin l ons geluk

    regtig? Lees gerus die oulike storie!

    Ek glo almal het hul kursusse in Johannesburg en Clarens geniet en gaan

    nou weer vele mooi kwilte aan mekaar sit! Ons ander was maar lekker

    groen omdat ons moes bly. Baie dankie aan almal wat kwilte geleen het vir

    die Hobby X uitstalling en veral baie dankie aan almal wat die uitstalling

    help beman het. Jul hulp word opreg waardeer!!

    Die kwiltfees kruip al nader en ek glo ons raak al meer opgewonde soos

    dinge in plek begin val. Elkeen se hulp en insette word baie waardeer!!

    Geniet jou nuusbrief, kwiltmakery en kwiltgroep en onthou die skou

    en/of die fees wag volgende jaar net vir jou mooi kwilt!

    Lappiesgroete

    Marianne

  • 4

    Lief en Leed

    Friendshipgroep:- Estelle Calitz kleinseun ryker. Carine Vermaak oorwin Mt. Toubkal in Marokko. Rafels: Tannie Rina het geval. Christa se broer se dogter is oorlede aan kanker. Alta du Plessis het ouma van n seuntjie geword. Anna was in die hospitaal. Riana se broer is oorlede. Kwetter Kwilters: Marthie - Marie Moss se Pa is oorlede. Elsie vd Bijl het `n kleinseun ryker geword. Rosebuddies:

    Bramie en haar man verhuis Stilbaai toe. Elsa gaan in vir `n knievervanging. Goue Drade: Sussies - Petro, Kokkewiet en Breggie se ma is oorlede. Baie sterkte aan julle. Linda was in die hospitaal met longinfeksie. Ria se man sterk tans tuis aan na n hartomleiding. Bettie se man het ook n hartomleiding gehad. Connie se dogter het haar graad gekry. Marie se oudste seun het in Londen aan die Britse skietkampioenskappe gaan deelneem.

    You pay God a compliment by asking great things of Him.

    ( Saint Teresa of Avila)

  • 5

    South African Quilters` Guild Die Jaarvergadering wat in Vaalpark gehou was, was n groot sukses en baie belangrike aspekte van

    kwilters oor Suid Afrika heen is bespreek en uitgesorteer. Daar is besluit dat na al die jare die

    Grondwet hersien en oorgeskryf sal word. Elsa Brits, die president sal dit in samewerking met n

    regspersoon doen, dan sal die bestuur daarna kyk goedkeur of verander en dan sal dit oop wees vir

    enige person om te lees en kommentaar te lewer.

    Mense wat hul winkels wil adverteer op die webwerf, gaan van nou af n fooi van R120p/j betaal. Daar

    sal so oor n maand n vorm op die webblad beskikbaar wees, laai dit af, vul dit in en stuur aan

    Elsa Brits met al jou inligting en ook bewys van betaling. Inligting soos: Winkel se naam, kontak

    persoon, adres, kontakbesonderhede, ure wat oop is, ens.

    Reisende Uitstalling: Van nou af gaan kwilte vir die volgende Reisende Uitstallings op die Kwiltfeeste

    gekies word. Dit gaan nie meer n tema h nie en dit sal `n kwilt wees wat nie te groot is nie of

    te veel goedjies het wat hang nie. Jy kan self besluit of jou kwilt mag reis vir 2 jaar nadat jy

    gekontak is hiervoor. Ons sal nie sommer jou kwilt neem nie.

    Fotos vir die webblad moet ASSEBLIEF in fokus wees. Elsa kry baie foto`s wat nie in fokus is nie

    en dan kan sy dit nie gebruik nie. Sorg ook asseblief vir goeie beligting vir die foto`s wat ons na

    die webblad stuur en ook genoeg inligting oor die kwilte en die kwiltmaker. As enige iemand

    geskiedenis van ons Gilde het, stuur dit ook vir Elsa asseblief, sodat dit op die webblad geplaas kan

    word. So bewaar ons dit en kan mense meer oor elke Gilde leer. Hou inligting vir OKG die hele tyd

    op datum. Baie mense lees die inligting op die internet en kan dalk van ons vergaderings of

    uitstallings bywoon. Ons soek nog foto`s van ons uitreik programme op die webwerf. Stuur asseblief

    sulke foto `s na Elmine van der Walt ( elminevdw@hotmail.com) ook met voldoende inligting.

    Teachers is die ruggraat van kwiltwerk. Teachers wat by feeste klas gee moet geaffilieerde lede

    van SAQG wees.

    Pro Dedicate: is iemand wat baie vir kwiltwerk in Suid Afrika doen. Kwiltwerk bevorder, haar kennis

    deel en baie betrokke is by verskeie vorme van kwiltwerk en uitreik programme. Hierdie persoon is

    gekies en sal op die Kaleidoskoop Fees 2013 bekend gemaak word.

    Affiliasiegelde moet aan SAQG betaal word teen einde April 2012. Ons betaal oor volgens die getalle

    wat ons het op einde Februarie van die jaar. Maak seker daar is n behoorlike verwysing by,

    aangesien SAQG met paar inbetalings sit met geen verwysing nie en hulle dus nie weet waarheen die

    gelde geallokeer moet word nie.

  • 6

    Country - groepe groei vinnig en hulle het nou hul eie verteenwoordiger nl. Trienie Krugel. So as jy

    van iemand weet wat graag wil affilieer, stuur hul naam en besonderhede deur na Trienie by

    tkrugel@mabonline.co.za

    Kwilters, Oranje kwilters en SAQG moet meer sigbaar wees. Dink planne uit sodat ons meer sigbaar

    na buite kan wees. Probeer meer foto`s en artikels in plaaslike koerante kry. Stuur ook artikels vir

    tydskrifte soos Vouekeur, Idees, Sarie, Rooi Rose ens. Daar is nou groot oplewing in handwerk

    wreldwyd, miskien plaas hulle sulke artikels. Indien wel moet die artikel ook na Elsa gestuur word.

    ***************************************************

    International Quilt Convention Africa. Soos met alle kwiltfeeste was hierdie n groot lekkerte. Wat n voorreg om dit te kon bywoon en sommer vir

    julle almal te kan vertel hoe mooi en lekker dit was. Die klasgelde is ongelukkig bietjie te duur vir my sak maar

    die uitstalling was ongelooflik. Die kwilte op uitstalling was nie groot nie. Daar was kwilte van internasionale

    kwilters en ook ons eie Fibre Art - kuns was uitgestal.

    Die Challenge met die tema Movie Director het ook ongelooflike kwilte opgelewer en dan was daar nog vele

    ander om na te staar met ongeloof oor hoe dit gemaak is. Voorwaar weer baie genspireerd terug gekom. Al

    was daar groot borde wat gewys het geen foto`s nie, kon sekere kwilters/dames maar net nie hulself daarvan

    weerhou om gou met die selfoon n foto te steel nie. Daar was brosjures met foto`s van die kwilte maar hulle

    het baie vinnig uitverkoop. Hopelik het hulle nuwes oornag laat druk vir al die besoekers van Saterdag en

    Sondag. Kwilters van oor die land was daar en soos gewoonlik het dit gewoel tussen die stalletjies. Jy moes

    klou aan n stuk lap of dit verdwyn voor jou o.

    SAQG het ook n stalletjie beman tussen al die vreeslike mooi lappe en ek dink ons (Oranje Gilde) poster was

    die mooiste. Dankie aan almal wat daaraan gewerk het. Hier het ons baie nuwe lede gewerf en ook baie

    plattelandse kwilters het na vore gekom en ons hoop om hulle meer te betrek by kwiltwerk, feeste en SAQG.

    Hierdie uitstalling gaan nou elke jaar DV. September wees. Dit behoort nie n inpak op ons fees te h nie, ons

    is gelukkig vroer. Maar soos gewoonlik het ek te veel lap gekoop, julle sal almal by Granaat moet kom eet

    sodat ek kan spaar vir lappe en klasse by die 2013 fees.

    Ek het ook vir Owen, Sharon en Leon n epos gestuur met gelukwense van ons af en hopelik gaan ons, dit is

    nou Oranje Kwilters, SAQG, al