12
www.bolandgazette.co.za bolandgazette.mobi Breederivier Year 17 • 23 Julie 2013 | Tel. 023 626 5212 Montagu Foods het Ashton Primêr op Vrydag 19 Julie vir Mandeladagvieringe besoek. Om die dag spesiaal te maak vir die leerlinge, was daar verskeie aktiwiteite vir die jong- klomp, insluitend ’n rit op Thomas Train. Die leerlinge het boereworsrolle, koeldrank, springmielies en skyfies gekry terwyl die nar- re van Montagu Foods lekkers uitgedeel het. Nog Mandeladagfoto’s op bl 6. Omstrede aanrandingsaak weer in hof DALEEN FOUCHÉ Vyf jaar ná ’n beweerde aanran- ding op ’n 15-jarige seun, is twee senior werknemers van ’n beken- de wynlandgoed buite Ashton ge- dagvaar om op 31 Julie in die Ash- ton-landdroshof te verskyn op aanklagte van aanranding met die opset om ernstig te beseer. Nuus van die dagvaarding, en ’n beroep om die wynlandgoed Rietval- lei te boikot, is op Vrydag 19 Julie in- ternasionaal uitgereik in ’n emosie- belaaide persverklaring per e-pos wat soos ’n veldbrand versprei het. In die persverklaring beweer Carina Papenfus van die organisasie Free- dom Trust dat Flippie Engelbrecht (nou 19) in Januarie 2008 deur die twee werknemers van Rietvallei aan- gerand is en dat die aanranding die begin van ’n reeks tragiese mediese gevolge was. Maar die werknemers, wie se na- me nie hier genoem word nie omdat hulle nog nie in die hof verskyn het nie, het in ’n persverklaring die be- weerde aanranding ontken. “Die venyn van die ongetoetste, valse beskuldigings, en die doelge- rigte manier hoe dit elektronies ver- sprei is aan die pers, kliënte van Riet- vallei Wynlandgoed en andere, dui op ’n doelgerigte beswadderings- poging aan die kant van Carina Pa- penfus, ’n welbekende kwaadstoker met ’n politieke bymotief,” lui die persverklaring. Maar Papenfus ontken dat sy ’n po- litieke agenda het. “Ek is nie betrok- ke by politiek nie.” Volgens die persverklaring van Rietvallei was daar ’n vorige poging in 2008 om die twee mans aan te kla. “Daardie klagte is laat vaar deur die staatsaanklaer, ’n onafhanklike regsgeleerde wat destyds volle insae in die polisiedossier en alle getuienis gehad het.” Tog meen Papenfus dat daar tans ’n “sterk saak” teen die twee mans is. Die klaer se ma, Katriena, het in November verlede jaar, tydens die betogings oor plaaswerkerlone, ’n plaaslike organisasie, Mawubuye Land Rights Forum, genader vir hulp. Die organisasie het toe vir Papen- fus betrek. Sedertdien het Papenfus die provinsiale polisie genader om die saak weer te ondersoek. Papenfus het Saterdag aan die Ga- zette gesê dat die Freedom Trust reeds vir Cosatu genader het om te help met die mediakonferensies ty- dens die verhoor, aangesien sy groot mediadekking rondom die saak ver- wag. Sy sê Freedom Trust ondersoek baie soortgelyke sake. “Daar is duisende sulke slagoffers daarbuite.” Mandeladag-pret Mandeladag-pret

Breederivier gazette 23 julie 2013

Embed Size (px)

DESCRIPTION

Breederivier gazette 23 julie 2013

Citation preview

Page 1: Breederivier gazette 23 julie 2013

www.bolandgazette.co.zabolandgazette.mobi

Breederivier

Year 17 • 23 Julie 2013 | Tel. 023 626 5212

Montagu Foods het Ashton Primêr op Vrydag19 Julie vir Mandeladagvieringe besoek. Omdie dag spesiaal te maak vir die leerlinge,was daar verskeie aktiwiteite vir die jong-klomp, insluitend ’n rit op Thomas Train. Dieleerlinge het boereworsrolle, koeldrank,springmielies en skyfies gekry terwyl die nar-re van Montagu Foods lekkers uitgedeel het.Nog Mandeladagfoto’s op bl 6.

Omstrede aanrandingsaak weer in hofDALEEN FOUCHÉ

Vyf jaar ná ’n beweerde aanran-ding op ’n 15-jarige seun, is tweesenior werknemers van ’n beken-de wynlandgoed buite Ashton ge-dagvaar omop31Julie in dieAsh-ton-landdroshof te verskyn opaanklagtevanaanrandingmetdieopset om ernstig te beseer.

Nuus van die dagvaarding, en ’nberoep om die wynlandgoed Rietval-lei te boikot, is op Vrydag 19 Julie in-ternasionaal uitgereik in ’n emosie-belaaide persverklaring per e-pos

wat soos ’n veldbrand versprei het.In die persverklaring beweer CarinaPapenfus van die organisasie Free-dom Trust dat Flippie Engelbrecht(nou 19) in Januarie 2008 deur dietweewerknemersvanRietvalleiaan-gerand is en dat die aanranding diebegin van ’n reeks tragiese mediesegevolge was.

Maar die werknemers, wie se na-me nie hier genoem word nie omdathulle nog nie in die hof verskyn hetnie, het in ’n persverklaring die be-weerde aanranding ontken.

“Die venyn van die ongetoetste,valse beskuldigings, en die doelge-

rigte manier hoe dit elektronies ver-sprei isaandiepers,kliëntevanRiet-vallei Wynlandgoed en andere, duiop ’n doelgerigte beswadderings-poging aan die kant van Carina Pa-penfus, ’n welbekende kwaadstokermet ’n politieke bymotief,” lui diepersverklaring.

MaarPapenfusontkendat sy ’npo-

litieke agenda het. “Ek is nie betrok-ke by politiek nie.”

Volgens die persverklaring vanRietvallei was daar ’n vorige pogingin 2008 om die twee mans aan te kla.“Daardie klagte is laat vaar deur diestaatsaanklaer, ’n onafhanklikeregsgeleerde wat destyds volle insaeindiepolisiedossier enalle getuienisgehad het.”

Tog meen Papenfus dat daar tans’n “sterk saak” teen die twee mansis. Die klaer se ma, Katriena, het inNovember verlede jaar, tydens diebetogings oor plaaswerkerlone, ’nplaaslike organisasie, Mawubuye

Land Rights Forum, genader virhulp.

Die organisasie het toe vir Papen-fus betrek. Sedertdien het Papenfusdie provinsiale polisie genader omdie saak weer te ondersoek.

Papenfus het Saterdag aan dieGa-zette gesê dat die Freedom Trustreeds vir Cosatu genader het om tehelp met die mediakonferensies ty-dens die verhoor, aangesien sy grootmediadekking rondom die saak ver-wag. Sy sê FreedomTrust ondersoekbaie soortgelyke sake.

“Daar is duisende sulke slagoffersdaarbuite.”

Mandeladag-pretMandeladag-pret

Page 2: Breederivier gazette 23 julie 2013

Breederivier Gazette General - Algemeen Dinsdag 23 Julie 20132

Huis le Roux nooi u na sybasaar – raak so betrokkeHuis leRoux,TehuisvirOuerPer-sone in Robertson bied hul jaar-likse basaar aan op Vrydag 26 Ju-lie.

Die basaar dien as Huis le Roux sejaarlikse geldinsameling.

Maar Piet Venter, hoof van Huis leRoux, sê vanjaar, meer as in vorigejare, wil Huis le Roux ’n beroep opdie gemeenskap doen om die basaarte ondersteun. Venter vra dat veralmense wat voorheen nog nie die ba-saar bygewoon het nie, ’n draai kommaak. “Ons is seker u sal aangenaamverras wees.”

Venter verduidelik dat die finansi-eleuitdagingstoenemendmeerraak.“Kostes styg byna daagliks en dienoodsaaklikheid van geldinsame-ling en ons afhanklikheid van dona-teurs en skenkers raak al hoe meer’n werklikheid.”

Venter sê Huis Le Roux is “bevoor-reg” om ’n tuiste en ’n veilige hawevir net so oor die 90 inwoners te wees.

Hy sê as deel van Huis le Roux segereelde geldinsamelings sal daarvir drie maande voor die basaar Vry-dag-verkope plaasvind, waartydenspannekoek, vetkoek en kerrie-en-rys aan besighede in die dorp ver-koop sal word.

“Ons is so opreg dankbaar aan al

die individue en besighede wat onshierin so mooi ondersteun, sommi-ges al etlike jare! En natuurlik son-der ons wonderlike vrywilligers wathier help met die uitry kan ons ditnooit aanpak nie.”

Soos gewoonlik sal die Huis leRoux-basaar tuisgebak en tuisge-maakte snuisterye verkoop. Daar sal

ook ’n gesellige teetuin wees waar in-woners rustig ’n koppie tee kan ge-niet.

Kyk gerus uit vir die Vrydag-ver-kope.Kerrie-en-rysenboereworsrol-le word teen R15 verkoop en by diebesigheid afgelaai.

Bel Huis le Roux op 023 626 3163 ombestellings te plaas.

Tafels vol snuisterye by Huis le Roux se 2012-basaar.

) Huis le Roux, Tehuis vir ouer per-sone in Robertson, bied hul jaarliksebasaar aan op Vrydag 26 Julie.) ThenextRobertsonFarmers’Mar-ket will take place on 27 July.) ’n Vroueoggend word op 3 Augus-tus van 10:00 af by Robertson NG ge-meente gehou met Ymile Kennedyvan Juig-tydskrif as gasspreker en

Kenny Pritchard as gaskunstenaar.Kaartjies kos R100. Bel Maggie leRoux by 023 616 3333.) Geniet melktert en tee of koffie dielaaste Vrydag van elke maand om10:00 by die Joubert-huis, Montagu.Groepe moet ’n week voor die tyd be-spreek by 023 614 1774.) Geniet pannekoek en koffie elkeeerste Saterdag van die maand van09:00 af by die Museummark op Ro-bertson. Daar is ook stalletjies waartuisgebak, boeke en snuisterye tekoop is.) Send event details to [email protected].

High tea with singingsensation NianellIn celebration ofWomen’s Day, wom-en are invited to en-joy a special opportu-nity to meet and haveHigh Tea with sing-ing superstar Nianellat the Golden ValleyCasino on Friday 9August from 11:00.

The three-timesPlatinum, two-timesGold winning, sing-ing and songwritingsensation, Nianellhas released her com-pilation album WhoPainted the Moon inthe United States andher album ’nDuisendDrome – Romanz &Nianell went Gold injustsixweeks.Shere-leased her sixth al-bumSandandWater lastyearandfollowed it up with a DVD.

With a dazzling four-octavevoice, her unique musical style isfused with elements of folk, pop,country, R&B, classic and evenCeltic music. Nianell’s repertoireshowcases her broad vocal rangeand breadth of styles, and she ac-companies her vocals with pianoand acoustic guitar.

Nianell is an astute businessperson and the mother of triplets,

and recently authored her firstbook Knowing Who I Am. She isaninspirationtoallwhomeether,she exudes love and inspirationand when she sings her passionfor music is contagious.

For a chance to hear Nianellsing and to be inspired by meetingher in person, contact the GoldenValley Casino marketing depart-ment on 023 348 7200 to book yourticket for High Tea with Nianell.Tickets cost R80 each.

Nianell

Veritas­inskrywings nou oopInskrywings vir Suid-Afrika se meesprominente wynkompetisie, die Ve-ritas Toekennings, is nou oop. Diege-ne wat hoop op ’n toekenning of tweemoet gerus die dagboek nadertrek:wyn- en brandewynmeesters hetkans tot 21 Augustus om hul bestesin te skryf.

Laat inskrywings word teen ’n ver-hoogde fooi tot 29 Augustus aanvaar.Brandewyninskrywings word op 13September beoordeel en die magdomwyne word van 16 tot 20 Septembergeproe. Die sluitingsdatum vir in-skrywings, sowel as die beoorde-

lingsproses vind vanjaar twee wekelater plaas, wat kelders addisionelevoorbereidingstyd gun.

Vanjaar se wyne en brandewynewat ’n dubbelgoud, goud, silwer ofbronsmedaljewaardigis,wordgedu-rende ’n glansdinee op 5 Oktober bydie Kaapstad Internasionale Kon-vensiesentrum (KIKS) bekend ge-maak.

Besoek www.veritas.co.za vir vol-ledige inligting en inskrywings-vorms, of kontak Elsabe Ferreira by021 863 1599, faks 021 863 1552 of viae-pos na [email protected].

Page 3: Breederivier gazette 23 julie 2013

Breederivier GazetteNews - NuusDinsdag 23 Julie 2013 3

Inkopiesentrum beplan virRobertson se KaktustuinDALEEN FOUCHÉ

Planne is in die pyplyn omdie Robertsonerf wat bekend is as die Kaktustuine opdiehoekvanKerkstraatenJohandeJon-grylaan, in ’ninkopiesentrumteomskep.

Diebeplande inkopiesentrum,watbekendstaan as Robertson Quarter, sal volgensopenbare dokumente wat beskikbaar is bydie munisipale kantore, moontlik bestaanuit een ankerwinkel, 18 lynwinkels, ‘n vul-stasie en ‘n brandweerstasie.DavidSilks, direkteurvandiekonsortium

Bluegrass TradingPty (Ltd)wat die inkopie-sentrum ontwikkel, sê Bluegrass Tradinghet die munisipale tender vir die erf geweninOktober 2012 en die koopkontrak geteken.Soyisile Mokweni, bestuurder van die

Langeberg munisipaliteit, sê die twee koe-vert tender proses is toegepas met die Kak-tustuin tender en die aanbodwatmees voor-delig is vir die Langeberg Munisipaliteit, isgekies.Die aansoek omdie erf te hersoneer is van

onbepaalde sone na algemene sakesone enplaaslike owerheidsone (vir die brandweer-stasie), is tans in die publieke deelname pro-ses en die publiek het tot 2 Augustus tyd omkommentaar op die versoek te lewer.Volgens Mark Berry, die omgewingskon-

sultant, is geen omgewingsimpakstudie no-dig vir die ontwikkeling van die perseel nie.Maar Silks sê Bluegrass Trading beplan

om aansoek te doen vir toestemming om ’nvulstasie te bou en indien die aansoek goed-gekeurword, sal daarvirdievulstasie ’nom-gewingsimpakstudie gedoen moet word.Die brandweerstasie sal deur die Lange-

berg Munisipaliteit bestuur word.Silks sê onderhandeling met moontlike

huurders word deur ’n eiendomsgroep han-teer.Hy sê indien als goed verloop, kan kon-

struksie in April volgende jaar begin en dieprojek teen April 2015 voltooi wees.

Die planne vir die beplande inkopiesentrum, Robertson Quarter. FOTO: WWW.ROBERTSONQUARTER.CO.ZA

Rapporteerkinders watklippe gooiHILDERINE SCHRÖDER

“Klipgooiende kinders moenie dink hulle kanskuil agter hul jeug nie.”Só sêkol.Willis Smith, hoof van sigbare poli-

siëring op Worcester, oor probleme wat langsdie Robertson-pad met klipgooiers ondervindword. Kinders wat klippe na verbygaandevoertuie slinger, sê Smith, is vir die polisie ’ngroot kopseer. Dít in reaksie op navrae oorvoorvallewatonderdieStandard seaandagge-bring is. Ondanks hul jeug, sê Smith, kan kin-ders wat klippe na padgebruikers gooi van op-setlikesaakbeskadigingaangeklaword.“Waariemand deur ’n klip getref word kan hulle selfsvan strafbare manslag aangekla word.” Smithwas al sélf die prooi van klipgooiers, maar ge-lukkig het die kinders misgegooi.Voorvalle van klipgooiery het veral tydens

die onlangse skoolvakansie opgevlam. “Hulleis veral aktief in die oop area tussen die Roode-walPrimêreSkool endieprovinsialeverkeers-departement,” sê Smith.Volgens ’nwerknemerby ’nversekeringsfir-

ma in Robertson het drie van hul kliënte in ’nrelatiewekort tydperk onder klipgooiers deur-geloop. “Ons het net gedink dis belangrik ommense te waarsku,” sê sy. Die polisie het dieafgelope weke patrollies in die gebied opge-skerp in ’n poging om dit hok te slaan. Smithmaan padgebruikers om stadig te bestuur indié gebied. “As mense vinnig ry in ’n pogingom klipgooiers te vermy, kan dit baie ernstigegevolge hê indien hul wel raak gegooi word,”sê hy. Smith raai padgebuikers aan om voor-vallevanklipgooierybydiepolisieaantemeld.

) Die artikel het is oorspronklik in dieWor-cester Standard gepubliseer.

Page 4: Breederivier gazette 23 julie 2013

Breederivier Gazette General - Algemeen Dinsdag 23 Julie 20134

Ashton upgrade scheduledfor January 2014DALEEN FOUCHÉ

Theproposedupgradeto theAshtonMain Road, which includes a 20 mbridge to replace the current con-crete bridge, has been approved bythe Provincial Department of Envi-ronmental Affairs and Develop-ment Planning.

The upgrade will form part of themuch anticipated Kogmanskloof roadupgrades between Ashton and Mon-tagu that will start in January 2014.An amendment to theKogmanskloof

Road upgrade was submitted in May,to include the Ashton Main Road andthe bridge.

The original Kogmanskloof road up-grade was given environmental ap-provalbytheprovincialgovernment inFebruary this year.This upgrade will see the road be-

tweenAshton andMontagu broadenedas well as an upgrade of the R60 inter-section,generalbeautificationofpicnicsites and measures to prevent flooddamage as far as possible.According to Al-Ameen Kafaar,

spokesperson for theWesternCapeDe-partment of Transport and PublicWorks, construction will start at vari-ous sections of the road. “Work on theAshtonbridgewill start first, aswell asin the Kogmanskloof.”Kafaar explains that it is a contractu-

al requirement that construction will

be confined to only one town.The contract for the upgrade of the

entire project is estimated to take up totwo and a half years. During the con-struction period, there will be two-waytraffic in Ashton at all times, but inKogmanskloof (between the Swellen-damintersectionand theVanRiebeeck

Street intersection in Montagu) therewill be a stop/go system, and one-waytraffic. Kafaar says the only time thatthe road betweenAshton andMontaguwill be closed, is when blasting is re-quired in Kogmanskloof.

“Thiswillbedonebyclosingtheroadfor two hours during weekdays.”

He said that the public will be wellinformed about blasting in the Kog-manskloofandthattheywillbeupdatedon a regular basis.

“Itwillbeat thesametimeeveryday,and only betweenMondays andThurs-days.”

“The road through Ashton will alsobeclosedtoalltrafficduringthelaunch-ing of the newbridge, but thiswill onlybe for a 24-hour period.”

Kafaar says the Western Cape Gov-ernment is “investing” in this project,which will enhance the economies ofthese two towns as well as the scenicroute.

The Kogmanskloof tunnel will be left un-touched during the upgrade process due toits heritage status.

A schematic presentation of the proposed 20 metre bridge that will be built in Ashton’sMain Road.

Eseltjiesrus trek binnekort“Daar lêopwindendetyevoorvirEsel-tjiesrus.”Dit is volgens Annemarie van Zijl,

een van die stigters van die Eseltjies-rus Donkieskuiling, ná die organisa-siese jaarvergaderingopWoensdag17Julie. Sy sê bywoning van die jaarver-gadering was “uitstekend” met meeras 60 mense wat dit bygewoon het enewe veel mense met verskonings.Daar is veral opgewondenheid oor

dienuweplaaswatdieorganisasie on-langs aangekoop het.VanZijl sê dat hulle verwagom teen

einde November na die nuwe plaas teverskuifwat opdie pad tussenMcGre-gor en Robertson geleë is.Die nuwe plaas is gedeeltelik betaal

deur Eseltjiesrus se reserwegeld endie res sal gefinansier word deur ’nbanklening wat oor 12 jaar terugbe-

taal moetword. VanZijl sê hoe-wel die plaasse ontwikke-lingskoste –

soos die oprig vanheinings, besproei-ing en skuilings, sowel as die gewonelopende uitgawes van Eseltjiesrus –bygebring moet word, is die raad enlede positief dat alle finansiële ver-pligtinge nagekom sal word.Volgens Van Zijl is die donkies se

behoeftes die eerste prioriteit in dieontwikkelingvandienuweplaas.Danvolg die restourasie van die ou plaas-huis vir ’n besoekersentrum wat “ho-pelik” voor die einde van 2013 voltooi

sal wees. Vanjaar se Boekefees, Esel-tjiesrus se jaarlikse geldinsamelings-projek,was ’nreusesuksesmetoordieR108 000 wat ingesamel is.

Die bestaande raad vir Eseltjiesrusis tydens die jaarvergadering herver-kies. Die raad bestaan uit AnthonyCoombe, Nomvula Dlamini, Johan duPreez,GeoffEveringham,SarahKval-sig, Carole Hambleton-Moser, Maria-na Rabie, Samantha Sharkey, TonVoslooenexofficioJohanenAnnema-rie van Zijl en Tony Saddington.

“Ons is baie dankbaar vir die won-derlike ondersteuning wat Eseltjies-rus gehelp het om tot in hierdie stadi-um te groei. Ons hoopwerklik die vol-gehoue belangstelling en insette vandie publiek verseker dat hierdie unie-ke aanwins vir die Vallei net sterkeren sterker sal word!”

“Die publiek kan bydra deur sken-kings of deur ’n donkie te borg en deelte word van die Eseltjiesrus-familie!Enige vlak van finansiële ondersteu-ning word verwelkom: elke druppelhelp om die emmer vol te maak.”

Cher en Rob Graham skrop die drinkwater-baddens by Eseltjiesrus Donkieskuiling opDonderdag 18 Julie vir Mandeladag.

Ontmoet ’n ma vanMcGregorWat is jou naam en van?Nadia NaudéIn watter dorp woon jy

en hoe lank woon jy alhier?Ek woon vir die afgelo-

pe agt jaar in McGregor.Wat maak die Lange-

berg vir jou spesiaal?God se wonderlike na-

tuur en die mens-mensewat hier woon.

Wat sou jy in die Lange-berg wou verander?Jaloesie en begeerlik-

heidAs jy nie hier gebly het

nie, waar sou jy wou bly?Blom waar jy geplant is,en dis net hier.

Watter soort werk doenjy enwaaromgeniet jydit?Ek bied Mini Mense sti-muleringsklasse aan vir baba’svan vyf maande tot vier jaar.Ek het B-Ed Graad is dit my

passie om met kinders te werk.Ek weet hoe belangrik stimula-sie gedurende die eerste vierjaar is en wat ’n voorreg dit virmamma’s is omdie klasse saammet jou kind te kan bywoon.Myhoofdoel isom’nband tus-

sen pa en kind te smee en ommamma’s opleiding te gee ten

opsigte van ouderdomsgepasteaktiwiteite.

Wie sou jy graag vir ete wounooi (hede of verlede) en waar-om?Vir Moeder Teresa – vir haar

nederigheid.Wat is die beste raad wat jy al

ooit gegee of ontvang het?’n Mens lewe net een keer en

as jy dit behoorlik doen, dan iseen keer genoeg!

Nadia Naudé is hier saam met haar tweekinders, Tharien (links) en Jani.

Page 5: Breederivier gazette 23 julie 2013

Breederivier GazetteGeneral - AlgemeenDinsdag 23 Julie 2013 5

Kontak Caren Feuthvir ‘n afspraak of navrae by:

082 745 6616

Eikelaan 50, Rouxpark, Worcester

Health & Skincare Therapy

3013EW

1CBX7LF

Canola­fees skuifna NovemberDie Canola Karnaval-feeskomitee sehoofborg, B-well Canola Olie, het verle-de week ’n nuwe datum vir die Swellen-dam “B-well Canola Carnival” aange-kondig.

Met dié verandering kry die fees ook’n nuwe logo, nuwe formaat en selfs ’nnuwe tema.

Die skuif van die Canola Karnaval totdie laaste naweek in November (29 No-vember tot 1 Desember 2013) is volgensdie organiseerders ’n strategiese skuifom Swellendam verder te bemark as ’nbuitelug-bestemming.

JC Smit, woordvoerder van die fees,sê die besluit word ondersteun deur diehoofborg, Southern Oil.

Smit meen die somerseisoen bied dieperfekte agterdoek vir ’n verskeiden-heid sportaktiwiteite. “Die Canola Kar-navalwasnogaltydbekendvirsybuite-muurseaktiwiteite,maarindieverledewas dit nie altyd haalbaar nie weens dienat weer.”

Smit verduidelik dat met die besluitom die fees na November te skuif, dieCanola Karnaval se tradisie en oor-sprong in ag geneem is.

“Dievanselfsprekendekeusewasdusom die kanola-oes te vier, wat oor diealgemeen plaasvind aan die einde vanNovember. ’n Ware oes-af-viering omdie reuse poging deur plaaslike boerete vier en die positiewe impak wat dithet op ons gemeenskap.”

As jy wil aansluit by die Canola Kar-naval-komitee en deel wees van die or-ganisering van die fees, kontak Ilze Oli-vier by 082 547 8803 of [email protected]

Besoek www.canolakarnaval.co.zavir meer inligting.

Page 6: Breederivier gazette 23 julie 2013

Breederivier Gazette People - Mense Dinsdag 23 Julie 20136

Hande is fluks op Mandeladag

GIFT OF GIVING: The Frienship ministry of the Apostolic Faith Mission from Robertson Central, handedout hoodies and toys to the children of the Siyakhuthaza Educare Centre in Nkqubela on Wednesday17 July. PHOTO: DALEEN FOUCHÉ

PAYING RESPECT: Pupils from Nkqubela Primary School wished Nelson Mandela a happy birthday on Thursday 18 July. Pupilssang the National Anthem, followed by a birthday song. Teachers opened the day with scripture and prayer and two pupils reada short history of Mandela’s life. PHOTO: DALEEN FOUCHÉ

GIVING TIME: The Bonnievale Wines team dedicated their 67 minutes of servicefor Mandela Day to upgrading the entrance to the Gelukshoop Primary Schoolin Bonnievale.

Dagbreek sit ook hand byLaerskool Dagbreek hetook deelgeneem aan Man-deladag op Donderdag 18Julie.

Elke graad het ’n projekaangepak: vuilgoed is op-getel, vrugte is geneem virbejaardes by Skoongesigen kospakkies is uitgedeelin Droë Heuwel.

Be-Nice het die skool segr. 2-klas besoek en vir 33leerlinge lekker warm bloumusse gebring. Die kin-ders het die musse vreeslikgenietendadelikopgesitasbeskerming teen die kouewinterdae. Laerskool Dagbreek se leerlinge met hul nuwe musse.

McGregor celebratesMandela DayResidents of McGregor gathered infront of the police station on Thurs-day 18 July for Mandela Day to makesandwiches. The sandwiches werehanded out at several local schoolsby the McGregor police.

Mira Weiner, who helped to organ-ise the event, says Spar donated 70loaves of bread, while Tebaldi’ Res-taurant contributed towards sand-wich ingredients and support, whileLord’s Guest House donated a big potof soup. The McGregor CommunityPolicing Forum (CPF) co-ordinatedthe event.

Lord’s Guest Lodge suggested thatdonations boxes be put up in restau-rants and the tourism office collectmoney towards an on-going feedingscheme for the local McGregor com-munity.

Weiner says McGregor celebratedNelson Mandela’s birthday to “in-spire change, take action and striveto make every day Mandela Day”.

Residents of McGregor preparingsandwiches for Mandela Day.

MariaOostendorff, chairpersonof theMcGregorCommunity Policing Forum(CPF) receivesthe Madiba birthday cake from Hester Schutte who baked it.

GOEIE DADE: Robertson-polisie het op Donderdag 18 Julie vir Mandeladag-vieringe verskeie plekke besoek en take verrig.Die polisie het eers Vrolike Vinkies-kleuterskool in Bergsig besoek en die perseel skoongemaak. Daarna is die Robertson-polisie se Vrouenetwerk na Ladia Primêre Skool in Le Chasseur waar brood, sop, lekker en tjips uitgedeel is. Laastensis polisielede na die Joseph Matwa-tehuis vir bejaardes in Nkqubela waar sokkies, wat polisielede self gebrei het, oorhandigis. Die brandweerspan van die Kaapse Wynland-distriksmunisipaliteit het die Robertson-polisie vergesel en bystand gegeemet die projekte.

Page 7: Breederivier gazette 23 julie 2013

Breederivier GazetteGeneral - AlgemeenDinsdag 23 Julie 2013 7

Page 8: Breederivier gazette 23 julie 2013

Breederivier Gazette General - Algemeen Dinsdag 23 Julie 20138

Page 9: Breederivier gazette 23 julie 2013

Breederivier GazetteGeneral - AlgemeenDinsdag 23 Julie 2013 9

‘Passie vir lees is aansteeklik’Die Robertson-biblioteek het on-langs vir Christa Joubert as bibli-otekaresseaangestel.DieBreederi-vier Gazette het aan haar ’n paarvraegestelommeeruit tevindoordié boekwurm.

Vertelonskortlikswaarjyvandaankom en jou geskiedenis in biblioteek-kunde.Ek het BBibl aan die Universiteit

van Pretoria studeer en direk ná ekmy graad ontvang het as hoofbiblio-tekaris vanGesamentlike Katalogusby die Staatsbiblioteek in Pretoriabegin werk. Ek en my gesin verhuisna Pongola in KwaZulu-Natal waarek as bibliotekaresse van Pongola seopenbare biblioteek aangestel word.Ons verhuis in 1998 na Montaguwaar ek vier jaar bibliotekaresse byLaerskool Montagu was.Hoekom het jy biblioteekkunde as

beroep gekies?Ek het die wonderlike geleentheid

gehadommetfantasieenboekegrootte word en het die waarde daarvanbesef. Ek wou deel word van die pro-sesomditviralmalmoontliktemaakom hierdie wonderwêreld te ontdek.Is biblioteke nog relevant in die teg-

nologiese era?

Biblioteke het juis weer relevantgeword. Tegnologie is nie ’n bedrei-gingvirbibliotekenie.Ditwerkwon-derlik as aanvulling en motiveringomte lees.Mensmoet dit net regaan-wend.Wat is jou indrukke van die Robert-

son-biblioteek?Die biblioteek is vir 32 jaar puik

versorg deur die vorige biblioteka-resse, Anita Claassen. Ek hoop om

daarop voort te bou. Die biblioteek-gebruikers is almal ondersteunendenvriendelik, so ekglo eksalmethulhulp in dié doel kan slaag.Het jy enige planne wat jy sal wil

implementeer by die Robertson-bibli-oteek?Ek glo passie steek aan. Ek hoop

om almal aan te steek omdiewaardevan lees vir oud en jonk te besef enso ’n leeskultuur te skep tot voordeelvan die hele gemeenskap.Wat is jou gunsteling boek?Alice in Wonderland deur Lewis

Carroll.Wat is jou gunsteling deel van die

Robertson-biblioteek?As ek vroegoggend die deur oop-

sluit sien ek hoe skarrel al die storie-boekkarakters terug na hul boeketoe. Dis goed om te weet hulle is nogalmalhier.Ekhetsowaareenoggenddie Goorgomgaai vas aan die slaapop die mat aangetref!Wat is jou boodskap aanGazette-le-

sers?Ek herinner myself gereeld aan ’n

gedeelteuitAlice inWonderland.Ali-ce sêvir diekoningin: “But that’s im-possible!” Waarop die koningin ant-woord: “Why, I’ve believed as manyas six impossible things beforebreakfast!”

Christa Joubert is Robertson-biblioteek senuwe bibliotekaresse.

Biblioteek wil uitreikmet skenkingsDie Robertson-biblioteek het elkemaand ’n tema waarvolgens die bi-blioteek-personeel funksioneer enuitstallings skep.Hierdie maand se tema is Close yo-

ureyesandsee.DitvalsaammetMan-dela-dag en Ubuntu-beginsel.Die biblioteek nooi almal uit om

klere, komberse en blikkieskos teskenk. Dit sal dan later oorhandigword aan die maatskaplike werkerbydiegemeenskapsforumensalaan-gewend word om mense in nood tehelp.Vir meer inligting, bel die Robert-

son-biblioteek op 023 626 2972.

Anita Claassen en Christa Joubert, die bibliotekaresse van Robertson-biblioteek, hetop Donderdag 18 Julie gratis pannekoeke by die biblioteek uitgedeel. Hier is Georgejnr Harris (links) en Tylor Harris is hier saam met hulle tannie, Gussie Carolus, elkeenmet ’n gratis pannekoek in die hand.

Page 10: Breederivier gazette 23 julie 2013

Breederivier Gazette Geklassifiseerd Dinsdag 23 Julie 201310

FAMILIE-KENNISGEWINGS

FAMILYNOTICES

07

Gelukwensing

Congratulations

VISSER, LETTIEBaie geluk met jouverjaarsdag ons hoop datdaar nog baie jare salwees en dat Mamma diedag geniet, al is dit laat,maar ons het die nievergeet nie. Van kinders,kleinkinders enagterkleinkinders.

08

Sterfgevalle

Death Notices

JANSENANDREW(Giffies)Geb.27/03/1964-Gest.16/07/2013Begrafnisdiens Saterdag27 Julie 2013 om 9vm teAalwynbos 1, DroëheuwelRobertson. Hy laat sysusters agter. God het symooiste skilderkuns kompluk.

VANROOI, PETRUSJOHANNESGeb.19/04/1965-Gest.18/07/2013Begrafnisdiens Saterdag9.30 by die huis inIrisstr. 24 en 10vm in dieRooms Katolieke kerk. Salonthou word deur broers,susters en familie.

ALGEMENEDIENSTEGENERALSERVICES

1141

Algemene

Dienste

General Services

KOM geniet die avontuuren ontspanning van perdryby die Robertson Ry-skool.* Ons bied verskei-denheid van rylesse virkinders en grootmense virbeginners en ervare rui-ters *Outrides tussen diewingerde en langs dieBreërivier * Wynproë op‘n perd se rug of met diewaentjie by Majors Hill enSpringfield. *Perdrykampe vir kindersgedurende skoolvakansies* Mini kommando’s opSaterdae*Kinderpartytjies. Skakelons gerus by 072 291 7631of 082 402 7088.

MOTORSVEHICLES

159

Motors te Koop

Vehicles for Sale

24/7 Cash of your bakkieor car. Just SMS orPHONE 072 620 1126.

EIENDOMMEPROPERTIES

176

Dorpshuise te Koop

Townhouses for Sale

MONTAGU-SUID.Ruim 4-slaapkamer huisnaby die hoërskool, 3 en ’nhalf badkamers,plaaskombuis met spensen opwas area, 3 leefareas,eetkamer, kantoor, pakka-mer en dubbel garage.Goeie area. Gevestigdemooi tuin met swembad.Prys: R1.73 miljoen. Ska-kel 082 553 4760 of 0823489900

Ruben se app is diebeste vir gemeenskapRuben Prinsloo van Hoërskool Robertsonhet tydens die vakansieDie Burger se Me-dia-Lab-naweek by die Universteit vanStellenbosch se Ingenieursfakulteit byge-woon.

Leerlinge moes onder meer in groepe vantwee ’nselfoonprogram(app)beplanenvoorlêaan ’n groep beoordelaars wat bestaan het uit’n verteenwoordiger van Blackberry,DieBur-ger en ’n professor in elektroniese ingenieurs-wese.

Die program wat Ruben en sy spanmaat be-plan het, kan gebruik word om ’n koppelvlakte skep tussen ’n pasiënt, sy dokter en ’n me-diese instansie.

Hul program is uiteindelik aangewys as dieeen wat die grootste waarde vir die gemeen-skap inhou. Ruben Prinsloo, leerling van Hoërskool Robertson.

HERFSBAL: Op 18 Junie het Hoërskool Montagu ’n Herfsbal indie skoolsaal aangebied met die tema, “Winter Wonderbal”. Diesaal was pragtig versier en die kaartjies het baie vinnig uitverkoop.Timothy Terreblanche, Alexa Esterhuyse, Jana den Engelsman enJanco van der Westhuizen het die aand bygewoon.

Yanico Conradie en Courtney duToit het ook die Herfsbal byge-woon.

PRINSESSEGEKROON: Highway of Holiness Apos-tolic Fellowship (HOAF)het onlangs ’n skoonheids-kompetisie gehou om geld in te samel. Die wen-ners van die kleuterafdeling is Shellwinicia vanRooi (tweede prinses), Corneshia Kicks (wenner)en Anika Tiras (eerste prinses). Agter staan S. Jan-sen, die organiseerder. Daar was ook ’n junior,senior en seuns-afdeling.

LANDSDIENS: Die landsdienslede van die HoërskoolMontagu is tydens die Streekkamp gekies om die Wes-Kaap by die Nasionale kamp tydens die Desemberva-kansie te verteenwoordig. Hulle is (agter van links) Ca-meron Shaw, Rudolf Snyman, Jacqui Kriel en Marco Za-chariasse. Voor is Anita Swart en Olivia Bruinings.

Page 11: Breederivier gazette 23 julie 2013

Breederivier GazetteSportDinsdag 23 Julie 2013 11

Gholfwenk vir die weekVandeesweek se gholfwenk vanplaaslike professionele gholfspelerJacquin Hess is om op ’n konstantewyse te oefen.“Gholfspelers moet probeer om

konstant goeie houe te slaan. Spelersmoet konstant sethoue kan speel eninslaan, moet konstant kort sethoue(putts) kan inslaan enmoet konstantdie skoonveld (fairway) kan raakslaan.“Spelersmoetkonstantdiesetperk

kan raak slaan en hul laaste tellingsverbeter.“Dusmoet spelers nie net houe oe-

fennie,maarspelersmoetgoeiehoueopeenvolgend kan speel,” is Hess seraad.

) Hess bied professionele gholf-lesseaanomgeld intesamelwathomin staat sal stel omaan die Sunshine-reeks deel te neem.Vir meer inligting, bel hom by

076 629 6390. Jacquin Hess

Ashton behaal tweede oorwinningDie rugbyvoetbalklub Ashton Uni-ted het sy tweede agtereenvolgendeoorwinning behaal toe hy HamletsvanCeresopSaterdag20Julietydens’n tuiswedstrydnaelskraapmet28-26geklop het.Dierustydtellingwas19-11inHam-

lets se guns. Die besoekers se ligtervoorspelerswas baie beweegliker enhet goed met hul vlugvoetige agter-spelers gekombineer. Die Ceresietehet Ashtonmet die een aanval ná dieander onder groot druk geplaas. Die

besoekershetvierkeeragterdietuis-span se doellyn gaan kuier terwylAshtonselfdriedrieëgedrukhet.Diebelangrikste een was ongetwyfelddie oorstootdrie wat hulle in diedoodsnikke van diewedstryd behaalhet. Dit het die telling gelyk gemaak(26-26), waarna die losskakel met diebaie moeilike doelskop vanaf diekantlyn diewedstryd in die tuisspanse guns beklink het. Ondanks die ne-derlaag het Hamlets egter twee liga-punte uit die wedstryd gekry.

Page 12: Breederivier gazette 23 julie 2013

Breederivier

Year 17 • 23 Julie 2013 | Tel. 023 626 5212

ROBERTSON BAAS: Hoërskool Robertson het op Saterdag 20 Julie teen Hoërskool Stellenbosch rugby gespeel by die Stellen-bosch- gronde. Robertson se eerste span het die Stellenbosch-span geklop met 19-17. Al die netbal- en hokkiewedstrydevir die dag is afgelas omdat die bane en velde te nat was. Slegs die rugbywedstryde het voortgegaan. FOTO: EUNICE VISAGIE

Muurbalstryd word voortgesitWedstryde in die Sentraal-Suid Koö-perasie-muurballiga is die afgelopeweek gespeel.

In ’n wedstryd tussen Montagu enBonnievale, het Montagu met negepotte teenoor agt gewen.

1. Cobus Stander verloor teen Wil-helm de Wet met twee stelle teenoordrie.

2. Jack Hardy klop Gustav Swane-poel met drie teenoor een.

3. Mornè Fourie verloor teen JeanAubry met stel teenoor drie.

4. LP Stander klop Jacques le Rouxmet 3 teenoor 1.

In die tweede liga het Bredasdorpteen Swellendam kragte gemeet enwen Bredasdorp met nege teenoor

drie1. Gert van Niekerk klop Neels Ma-

rais met drie teen nul.2.LeonBinnemanklopvirAndries

Stephan met drie teen nul.3. Johan Stassen verloor teen Her-

man Swart met nul tenoor drie.4. Sam Rossouw klop JC Smith met

drie teen nul.

MTB rides duringRobertson SlowThe scenic landscapes of VanLov-erenFamilyVineyardswill be thesetting for this year’s excitingJava Mountain Bike (MTB) Chal-lenge.

Comprising a series of mountainbike rides accommodating riders ofall skill levels and age groups, thefamily-friendly event takes place aspart of the Robertson Slow festivalduring the long weekend from 9 to11 August.

Topping the list for avid mountainbikers is the Java MTB Challenge onSaturday 10 August.

The event offers three circulartrails, including a fun 8 km routealong the Van Loveren vineyards,ideal for children from seven yearsof age and families.

There is also a 30 km route aimedat the rider of average skill who willlove the climbing, single-track andjeep-track sections.

The third is the white-knuckle70 km ride along undulating hillsand rocky terrain through portionsof the Langeberg Mountains.

The latter route is an all-new trailwhich will see riders travel throughfarmlands and join up with sections

of the 2012 ABSA Cape Epic route,climb 1 450 meters and return to bewelcomed home by the Van Loverenteam.

For enquiries about the Java MTBChallenge, visit www.vanlover-en.co.za/java or send an email [email protected] or call Veraor Sanri on 079 520 4441 or082 6426 303.

Online entries can be made withthe Pedal Power Association atwww.ppa.org.za.

All proceeds of the day will be do-nated to Robertson PreparatorySchool.

RobertsonPicknPayandHiQRob-ertson are sponsors of the event.

Van Loveren itself will be a hiveof activity on the day with food stalls,music and activities for the wholefamily.

Van Loveren has put togethereightexciting foodandwinepairings– including a non-alcoholic pairingfor children.

For more information about VanLoveren Family Vineyards, visitwww.vanloveren.co.za.

For more information about Rob-ertson Slow, visit www.robertsons-low.com.