12
www.bolandgazette.co.za bolandgazette.mobi Breederivier Year 18 • 19 Augustus 2014 | Tel. 023 626 5212 Engelbrechts ‘wil hof mislei’ HILDERINE SCHRÖDER Flippie Engelbrecht, wat as jong tiener glo ernstig aangerand is, het eers ’n jaar en ’n half ná die beweerde aanranding op 25 Janu- arie 2008 sy sig verloor. Dié inligting het verlede week in die Worcester-streekhof aan die lig gekom. Volgens dr. Arnold Douglas, wat as staatsgetuie geroep is, is En- gelbrecht op 21 Augustus 2009 met ’n ernstige bakteriële infeksie, wat ver- oorsaak is deur akute sinusitus, in die Tygerberg-hospitaal opgeneem. Die infeksie, het Douglas getuig, het tot swelling op die brein gelei en ’n noodoperasie moes gedoen word om die drukking op Engelbrecht se brein te verlig. Daar is kort ná die operasie ontdek dat Engelbrecht blind gelaat is. Vol- gens Douglas is dit onduidelik wat Engelbrecht se blindheid veroor- saak het, maar, het hy onder kruis- verhoor getuig, dit kon moontlik deur erge swelling op die brein ver- oorsaak word. Laasgenoemde, het hy bygevoeg, kan ook die oorsaak wees van Engelbrecht se epilepsie, hoewel dit nie met sekerheid gesê kan word nie. Engelbrecht en sy ouers beweer hy is in 2008 deur die eienaar van die Rietvallei Wynlandgoed, wyle Johnny Burger, en die plaasbestuur- der, Wilhelm (Dozi) Treurnicht, aan- gerand. “Dozi het ses keer met my agterkop teen die wyntenk vasgehardloop,” het Engelbrecht verlede Vrydag (15 Augustus) getuig. Getruida Engel- brecht, Flippie se ma, het getuig haar seun het kort ná dié aanranding blind geword en epileptiese aanvalle begin kry. Met een só ’n aanval het hy in ’n kookvuur geval en só erg ver- brand dat sy hande geamputeer moes word. Nóg Flippie, nóg sy ma of broer, Isak Engelbrecht, kon teenstrydig- hede in hul verklarings in die hof en twee polisieverklarings wat hulle af- gelê het verduidelik. Dié weergawes het ook verskil van die weergawe van die betrokke dag se gebeure wat ver- lede jaar op YouTube versprei is. In dié weergawe beweer Flippie en sy ma onder meer dat die aanranding in 2010 gebeur het. Adv. Pieter Botha, vir die verdedi- ging, het dit telkens aan Flippie, so- wel as Gertruida Engelbrecht, gestel dat hulle die hof probeer mislei en dat hulle leuens vertel. Hulle het ont- ken dat dit die geval is. Treurnicht ontken skuld op die aanklag teen hom. Hy staan alleen te- reg op aanklag van aanranding met die opset om ernstig te beseer ná Bur- ger verlede jaar sy eie lewe geneem het. Die verdediging het ’n aansoek om ontslag kragtens Artikel 174 van die Strafproseswet ingedien. Dít behels dat die verdediging die hof sal ver- soek om Treurnicht, ná die staat ver- lede Vrydag sy saak gesluit het, vry te spreek sonder dat die verdediging enige getuienis aangebied het. Treurnicht se regspan is van me- ning dat geen redelike hof hom skul- dig kan bevind op grond van die ge- tuienis wat tot dusver gelewer is nie. Streeklanddros Kenneth Peters het die saak tot 17 Desember uitgestel vir betoë in dié verband en bygevoeg dat hy op 18 Desember sy uitspraak ten opsigte van die aansoek sal gee. Flippie Engelbrecht, hier saam met sy pa, Flip, het verlede week getuig tydens die verhoor ten opsigte van sy beweerde aanranding. FOTO’S: HILDERINE SCHRÖDER Wilhelm Treurnicht, nou die enigste beskuldigde in die saak, kan dalk in Desember weet wat sy lot is.

Breederivier gazette 19 aug 2014

Embed Size (px)

DESCRIPTION

Breederivier gazette 19 aug 2014

Citation preview

Page 1: Breederivier gazette 19 aug 2014

www.bolandgazette.co.zabolandgazette.mobi

Breederivier

Year 18 • 19 Augustus 2014 | Tel. 023 626 5212

Engelbrechts ‘wil hof mislei’HILDERINE SCHRÖDER

Flippie Engelbrecht, wat as jongtiener glo ernstig aangerand is,het eers ’n jaar en ’n half ná diebeweerde aanranding op 25 Janu-arie 2008 sy sig verloor.

Dié inligting het verlede week indie Worcester-streekhof aan die liggekom. Volgens dr. Arnold Douglas,wat as staatsgetuie geroep is, is En-gelbrecht op 21 Augustus 2009met ’nernstige bakteriële infeksie,wat ver-oorsaak is deur akute sinusitus, indie Tygerberg-hospitaal opgeneem.Die infeksie, het Douglas getuig,

het tot swelling op die brein gelei en

’n noodoperasie moes gedoen wordom die drukking op Engelbrecht sebrein te verlig.Daar iskortnádie operasie ontdek

dat Engelbrecht blind gelaat is. Vol-gens Douglas is dit onduidelik watEngelbrecht se blindheid veroor-saak het, maar, het hy onder kruis-verhoor getuig, dit kon moontlikdeur erge swelling op die brein ver-oorsaakword.Laasgenoemde,hethybygevoeg, kan ook die oorsaak weesvanEngelbrecht se epilepsie, hoeweldit nie met sekerheid gesê kan wordnie.Engelbrecht ensyouersbeweerhy

is in 2008 deur die eienaar van dieRietvallei Wynlandgoed, wyle

JohnnyBurger, en die plaasbestuur-der,Wilhelm (Dozi) Treurnicht, aan-gerand.“Dozihetseskeermetmyagterkop

teen die wyntenk vasgehardloop,”het Engelbrecht verlede Vrydag (15Augustus) getuig. Getruida Engel-brecht,Flippie sema,hetgetuighaarseun het kort ná dié aanrandingblind geword en epileptiese aanvallebegin kry. Met een só ’n aanval hethy in ’nkookvuurgeval ensóergver-branddatsyhandegeamputeermoesword.Nóg Flippie, nóg sy ma of broer,

Isak Engelbrecht, kon teenstrydig-hede in hul verklarings in die hof entwee polisieverklaringswat hulle af-

gelê het verduidelik. Dié weergaweshetookverskilvandieweergawevandie betrokke dag se gebeure wat ver-lede jaar op YouTube versprei is. Indié weergawe beweer Flippie en syma onder meer dat die aanrandingin 2010 gebeur het.Adv. Pieter Botha, vir die verdedi-

ging, het dit telkens aan Flippie, so-wel as Gertruida Engelbrecht, gesteldat hulle die hof probeer mislei endat hulle leuens vertel.Hulle het ont-ken dat dit die geval is.Treurnicht ontken skuld op die

aanklag teenhom.Hystaanalleen te-reg op aanklag van aanranding metdieopsetomernstig tebeseernáBur-ger verlede jaar sy eie lewe geneem

het.Die verdediging het ’n aansoek om

ontslag kragtens Artikel 174 van dieStrafproseswet ingedien. Dít behelsdat die verdediging die hof sal ver-soek omTreurnicht, ná die staat ver-lede Vrydag sy saak gesluit het, vryte spreek sonder dat die verdedigingenige getuienis aangebied het.Treurnicht se regspan is van me-

ning dat geen redelike hof hom skul-dig kan bevind op grond van die ge-tuieniswat tot dusver gelewer is nie.Streeklanddros Kenneth Peters

hetdiesaaktot17Desemberuitgestelvir betoë in dié verband en bygevoegdat hy op 18 Desember sy uitspraakten opsigte van die aansoek sal gee.

Flippie Engelbrecht, hier saam met sy pa, Flip, het verlede week getuig tydens die verhoor ten opsigte van sy beweerde aanranding.FOTO’S: HILDERINE SCHRÖDER

Wilhelm Treurnicht, nou die enigste beskuldigde in die saak, kan dalk in Desemberweet wat sy lot is.

Page 2: Breederivier gazette 19 aug 2014

Breederivier Gazette News - Nuus Dinsdag 19 Augustus 20142

EERSTE SATERDAG VAN ELKE MAAND) Teetuin en oggendmark by RobertsonMuseum.Navrae: 0 023 626 3681.

SECOND THURSDAY OF EACH MONTH) The Montagu Alzheimer’s Support Groupmeets at 15:00 in the bottom lounge of HuisUitvlucht, Montagu.

WOENSDAG 3 SEPTEMBER) Die Ses Snare tree om 18:30 op by Janeza.Navrae: [email protected] of 0 082 978 7020.Koste: R195 vir volwassenes, R100 vir kinders.

VRYDAG 5 SEPTEMBER) Manuel Escorcio, saam met die LangebergDistrik-jeugkoor onder leiding van die Ad Libi-tum-orkes, tree om 19:00 in die Robertson-stad-saal op ten bate van Huis le Roux. Kaartjies:R70 vir volwassenes, R40 vir kinders onder 12.Navrae: 0 023 626 3163 (kantoorure),079 734 3642 (ná ure)

SATERDAG 6 SEPTEMBER) Robertson Bierfees van 11:00 – 19:00 by dieDuVon Wynplaas. Toegang: R50. Navrae:Robertson Toeristekantoor, 0 023 626 4437, of2 [email protected].

Valleikalender: 0 023 626 5212 of2 [email protected].

Don’t miss out onmmm...McGregorDid youknow that there is a bar inMcGre-gor which stocks almost 100 whiskies?That, apart from its wonderful wines it’sfamous for, you can also get to grips withGrappa (14 varieties are offered!)? Or thatthere is a restaurant in this little villagenamed after an opera diva?

If your answer to the above is “no” then youbetter clear your diary for the weekend of 29to 31 August and discover all McGregor hasto offer at its annual mmm..McGregor Festi-val.

This wonderful event promises to not onlybe a feast for the tastebuds, but the eyes andears as well. The inaugural and irresistiblemmm..McGregor Festival brings together gal-leries and gastronomy, entertainment and ea-teries.

This year festival goershaveanentireweek-end of fun to look forward to.

Kick off the weekend on the Friday with,amongst other activities, a Quaff n Quiz, Kosen Kwas (three-course dinner and paintingclass) an Afro Couture and Cuisine (fashionshow and buffet).

On the Saturday festival goers can look for-ward to a funpacked day with a wide varietyof activities.

Try tastings from local wineries and finger-food in the main “mmm..Marketplace”, orbreak fromthemainvenue for cool contempla-tion in creativity echoed on plate and canvasfrom a chef working alongside a leading localartist.

Other activities include beer tasting at thehandof amasterbrewer, orDesserts onDishes(a selection of muscadel-inspired dessertsserved on hand-crafted, wood-fired dishes).

Another event not to be missed is the PizzaChallenge where TV Masterchef Peter Goffe-Wood, the Global Pizza Challenge winner, willtake on Colin du Plessis (from Lord’s Lodge),thewinnerof theSouthAfrican legof this com-petition.

Return to McGregor for a “final fling” danceand cabaret comedy with Irit Noble, a screen-ing of the classic filmBabette’s Feast, or dancethe night away at the Curry & Classics dancewith Gary G.

End the weekend at an easy pace by bookingahead for a “Spring Brunch in the Bush” orenjoy some tranquillity with “Art in the Gar-den”(weatherpermitting)withBenjaminFou-rie who will soothe all your troubles away onhis piano.

Along with the festival, readers can look for-ward to a competition with amazing prizes upfor grabs. This includes a dinner voucherworth R500 from the Robertson Small Hotel,as well as a signed print from McGregor artistEdna Fourie. To enter is simple. Just answerto the following question: What is the nameofthefestival?SMStheansweralongwithyourname to 35405.

Entry to the main mmm..Marketplace is R75for adults for the weekend (wine tasting glassand programme included).

For the full programme visit www.tourism-mcgregor.co.za or phone 023 625 1954.

The mmm..McGregor isaround the corner. Makesure you don’t miss outon this event!

Bruidskompetisie sluit gouDaar is nog net ’n paar weke oor vir bruideominteskryfvirdieGazetteseBruidskompe-tisie.

Die wenbruid word op 10 Oktober by ’n ga-la-geleentheid by die Robertson Lenteskouaangewys. Die bruidsontwerpers Lis Coitireen Graham T Brown gaan die bruidsrokkeverskaf waarin die bruide by dié geleentheidop die loopplank gaan verskyn. Daar sal ookvroeërdiédag,om10:00, ’ndemonstrasiedeurdie geleentheidsbeplanner Pieter van DykvanWorcestervirvoornemendebruidewees.

Alle bruide van Robertson, Ashton, Bon-nievale, McGregor en Montagu wat van Julie2013 tot Augustus 2014 die knoop deurgehaakhet, kominaanmerkingvirdeelnameaandieBruidskompetisie, wat in samewerking metdie Robertson Lenteskou aangebied word.

’n Naweek vir twee tel onder die pryse watvirdieBruidvandieJaaropdiespel is.Anderpryse isondermeer ’ngratisbootreisvanVil-joensdrift, geskenkbewyse deur AP Stipp,Country Styles, Robertson Apteek en Pec-kers/Bon Appetit, ’n vrugtemandjie van Lo-carnoDroëvrugte, tweebottelsFourCousins-vonkelwynen ’nysbakvanVanLoveren, gra-tis was- en blaassessies by Cathy & Sarah’sHair, ’n uur-lange fotosessie van C Photogra-phy, ’n geskenkbewys van Cara-Le Linne terwaarde van R500 en ’n wegbreeknaweek vanRivierzicht-rivieroord.

InskrywingskosR60pervollengte-foto.Virmeer inligting, bel Annelda Grootboom by023 626 5212. Om vir jou gunsteling-bruid testem SMS die woord “Bruid” en die bruid senaam na 35405. SMS’e kos R1,50.

Louzanne Gunter (née Thomas) van Robertson hetop 12 April vanjaar getrou.

Page 3: Breederivier gazette 19 aug 2014

Breederivier GazetteNews - NuusDinsdag 19 Augustus 2014 3

Hospice celebrates 60s-styleAlmost 160guests recent-ly donnedtheir old 60soutfits to takepart in theBreede RiverHospice’s 60sChristmas inJuly fundrais-ing dinner.

The eventwas a massivesuccess, saysCharmaine Lit-tle, events andmarketingmanager atBreede RiverHospice. “Wewant to thankall our spon-sors, donors,suppliers,guests, volun-teers and thosewho worked sotirelessly to en-sure theevening wasperfect. The continued generosityand dedication shown to our causehas warmed our hearts and filled uswith the utmost gratitude.”Apart from a scrumptious four-course 60s style meal, guests were al-so treated to great entertainment byThe Eggo’s from Bonnievale withPrime Auto Studio setting the moodwith stunning lighting effects andsound.The tables were beautifully deco-rated by Rene from Gypsy Rose withdécor items sponsored by Lizl from

Flamboijant décor.The fundraising auction contribut-ed R30 700 to the event’s proceeds.This, says Little, was especially dueto the generosity of JohnKoster fromthe Klawervlei Stud.Further good news announced byLorenzoDavids, chief executiveoffic-er of Community Chest and guestspeaker at the event, was a pledge ofR50 000 over and above CommunityChest’s current grant.“We were thrilled with the partici-pation level from the community as

it will enable us to achieve our goalsthis year of offering support aswe fol-low our vision to raise money andawareness,” Little says.Money from the event will be usedtowardsavehicle for thehospice’spa-tient care team.The team is in urgent need of relia-ble transport for its nursing depart-ment to reach theirpatients to ensurethat those in need in the communitywho have life-threatening illnessehave access to the best support andcare.

The Breede River Hospice’s recent 60’ Christmas in July was a massive success.

) Die Ashbury-polisie subforum,Montagu, nooi alle belangstellen-des na ’n gemeenskapsimbizo om19:00 by Kabouterland se saal. Virnavrae, bel Tim Banda by0 072 326 0589.

) The Robertson Police are look-ing for any information that canlead them to Andrew Maans (21).Maans is wanted in connectionwith a case for the possession ofdagga.Hewasarrestedon22Febru-ary this year, but failed to turn upathishearing.Anyonewithany in-formation regarding his wherea-bouts can call Detective Warrant

Officer Jubert Smith on0 023 626 8349 or 084 749 1742.

) The Robertson Police are look-ing for any information that canlead them to Jacques Adonis (23).Adonis is wanted in connectionwith a theft case. He has no knownaddress.Anyonewithanyinforma-tion regarding Adonis or hiswhereabouts can call DetectiveWarrant Officer Jubert Smith on0 023 626 8349 or 084 749 1742.

) The Robertson Police are look-ing of the owner of R10 000 in cashwhich was found in the possessionofa suspecton18August .Anybodywho suspects that it could belongto him or her or who has any infor-mation regarding thematter, is re-quested to call Detective WarrantOfficer Jubert Smith on0 023 626 8349 or 084 749 1742.

Page 4: Breederivier gazette 19 aug 2014

Breederivier Gazette News - Nuus Dinsdag 19 Augustus 20144

Leerders tuis gestrand weens geen busvervoerZELDA KLOPPERS

Elke kind geniet ’n onverwagsevakansietjie,maarvir 33 leerdersvan Willem Buchholz Primêr isditná tweewekeookniemeer lek-ker nie, en vir die ouers en onder-wysers ’n nagmerrie.

Dié leerderswastotonlangsnogaf-hanklik vanJurinaSwanepoel, vori-ge skoolhoof, en Lindie Lourens, uit-getrede onderwyseres, vir vervoerna en van die skool ná ouers reeds’n paar jaar gelede dié twee opvoe-ders se hulp gevra het sodat hul kin-ders verseker kon wees van gehalteopvoeding.

Intussen het dié twee opvoedersdie skool verlaat en is daar vooraf ge-noeg tyd aan die Wes-Kaapse depar-tement van onderwys gegee om dieprobleem op te los; hetsy deur ver-voer teverskaf of dieheropeningvandie Wansbek VGK Primêre Skool,een van die skole wat deur die voor-malige minister van onderwys, Do-nald Grant, gesluit is weens lae leer-lingtalle.

Hoewel Wansbek op die oomblikdanksy ’n interdik steeds oop is, isdaar tans geen kinders by dié skoolnie en het die departement bevinddie aantal kinders wat na dié skoolkon gaan, te min sou wees, met diegevolglikebesluitdatbusvervoerdieoplossing sou wees vir leerders aanWillem Buchholz.

Die skool het vroegtydig sy aan-soek vir ’n busvervoerskema inge-dien en op 13 Junie vanjaar erken-ningvanontvangsgekry.Sedertdienhet die skool egter geen verdere te-rugvoering ontvang nie buiten datverdere inligting benodig word om

sy aansoek te steun n. Dié is gestuurterwyl die dringendheid vandie aan-soek ook verskeie kere onder die de-partement se aandag gebring is.

“Dit versteur die assesseringspro-gramme geweldig,” sê Deon Schee-pers, huidige hoof. “Die leerdersraaknougemaksugtig en lui vir leer.Dit beïnvloed ook die ander 87 kin-derswatnaderwoonenkanskool toestap. Die jonger groep vanaf gr. Rraak vinnig agter en verloor die leer-patroon en roetine. Vir hulle is ditmoeiliker om die verlore werk in tehaal.”

Twee meisies was bereid om dieongeveer 30 kmheen enweer te stap,net soos ’n handvol wat dit reeds virjare doen.

Die skool is geweldig bekommerdoor veral jonger kinders, van so jonkas ses jaar oud,wat nou vingeralleenskool toe moet stap. Daar was reeds’n voorval waar ’n leerder buite dieskoolgrondedeur ’nnie-skoolgaandepersoon aangerand is.

Vandat daar bevestig is dat ’n busop 1 Augustus gaan loop, maar ditnooit opgedaag het nie, het die skoolouers skriftelik in kennis gestel dat

die leerdersvirhuleieveiligheideer-der tuis moet bly. Dít ná hulle ná dieJunie-vakansie tot einde Julie op eierisikodeur ’nwerkgewer aangery is.

’n Beheerliggaamlid, ook ma vantwee seuns van 10 en 11 jaar onder-skeidelik, vertel dat die kinders sog-gens halfses, wanneer dit nog stik-donker is, begin stap en saans eersná ses, wanneer die mense reeds op-hou werk het, tuis kom. “Dit hoortnie so nie!” sê Johanna September.“Die kinders ismoeg, stowwerig vandie grondpad en rasend honger.”

Volgens September raak die pro-

bleem al groter omdat die jong kin-ders deur die dag alleen by hul huiseis terwyl hul ouers werk.

Onderwysers gaan tans voort omwerk huis toe te stuur, maar dit isnie die ideale oplossing nie en al hoemeer kosbare leer- en onderrigtydgaan daagliks verlore.

Die departement is vir kommen-taar genader en het aan die Gazetteverduidelik dat die aansoek in wor-ding is en spesiale toestemming ver-kry is om die proses te bespoedig.

Die departement kon nie verderoor dié kwessie uitbrei nie.

Leerders aan Willem Buchholz Primêr, wat nou al ’n geruime tyd by die huis moet bly omdat daar geen busvervoer vir hulle is nie, is besig om ’n bron van groot kommervir leerkragte én ouers te word. FOTO: ZELDA KLOPPERS

Page 5: Breederivier gazette 19 aug 2014

Breederivier GazetteNews - NuusDinsdag 19 Augustus 2014 5

Laaste tweebaba-wennersValleiers het in hul massas gestem om dielaaste twee finaliste in die Gazette se Baba-kompetisie aan te wys.Dié skattige kleingoed is Dawson Junaid

Kuhn (12 maande), in die 0 tot 18 maande-ka-tegorie, en Lexi Fourie (18 maande), in die18 maande tot 3 jaar-kategorie.Dié tweetjies het nou saam met die ander

finaliste ’n kans om as wenbabas in hul on-derskeie kategorieë gekroon te word.Fantastiese prysewag op die kompetisie se

twee kategoriewenners. Dit sluit in ’n R250-geskenkbewys van Spur vir elke wenner, ’nButterfly World-geskenkbewys ter waardevan R125, twee doen-dit-self partytjies vir 10kinders van Beauty@Heart Events vanWor-cester (kliënt moet dit self gaan haal en afle-wer), ’n uur lange fotosessie vir albei wen-ners enhul gesinne deurMarykeZeelie Foto-grafie (R450 elk), ’n geskenkbewys vir ’nspringkasteel deur Madelein van Jaarsveldt(MadAbout Cakes) en ’n geskenkbewys deurShoprite Robertson, wat ’n bababad en beno-digdhede insluit.Die finaliste is op bl. 6. te sien. Lesers sal

van die Dinsdag wat die koerant verskyn totdie volgende Maandag om 10:00 vir hul gun-stelingbabas kan stem deur BABA, gevolgdeurdiebabasenaam,na35405teSMS.SMS’ekos R1,50.Die wenners word bepaal deur lesers se

stemme en die Gazette het geen invloed opdie aanwys van die wenners nie. Die beslis-sing ten opsigte van wenners is finaal.

Dawson Junaid Kuhn (12 maande).

Lexi Fourie (18 maande).FOTO: VERSKAF

Page 6: Breederivier gazette 19 aug 2014

Breederivier Gazette General - Algemeen Dinsdag 19 Augustus 20146

Frances Ferreirawoonnog net vier jaar opRo-bertson,maar dié streek en symense het reedsdiep in haar hart gekruip.

) Wat maak die Langeberg vir jou spesiaal?Die natuurskoon en sy unieke mense en na-

tuurlik die lekker wyn van die Vallei.)Wat sou jy in die Langeberg wou verander?Die see nader bring.)As jy nie hier gebly het nie, waar sou jy bly?Swaziland, of iewers naby die see.) Watter werk doen jy en hoekom geniet jy

dit?Ek en my man het ’n bakkery en koffiewin-

kel, De Bakkerij, op die hoek van Paul Kruger-en Truterstraat. Ek geniet dit om kos te maaken elke dag nuwe mense te ontmoet.

)Watter drie mense sou jy graag vir ete wounooi (hede of verlede) en waarom?Myman, ek geniet altyd sy geselskap en nie-

mand geniet kos meer as hy nie. My skoonsusMinette, sy sorg altyd vir baie lag. My OupaCollier, ek sou hom graag wou leer ken.

)Wat is die beste raad wat jy al gegee of ont-vang het?Don’t ruin a good today by thinking about

a bad yesterday. Let it go!Frances Ferreira

Meet a localMeet a local

Bly te kenneBly te kenne

Page 7: Breederivier gazette 19 aug 2014

Breederivier GazetteGeneral - AlgemeenDinsdag 19 Augustus 2014 7

VROUEDAGGEVIER: Die Robertson-bejaardeklub hetverlede Dinsdag (12 Augustus) ’n Vrouedag-geleent-heid gehou waar elke lid ’n vriendin kon saambringom deel te wees van die dag. Die vroue het inisiatiefgeneem en elk ’n bordjie soet- of soutigheid saamge-bring sodat hulle sommer lekker gesellig kon kuier.Die tema van die geleentheid was “Vrouwees”.

FOTO’S: ANNELDA GROOTBOOM

Die vroue wat die beste geklee is, het pryse ontvang.Die wenners was (van links) Roseline Silver (eersteprinses), Bettie Noble (wenner) en Ester Johnson(tweede prinses).

GasteplaasgeteikenHILDERINE SCHRÖDER

Die eienaars van ’n gasteplaas in die Koo-vallei glo hulle word geteiken ná ’n gas semotor onlangs uitgebrand is en daar ookprobeer is om ’n kothuis op dié plaas aandie brand te steek.

Volgens Glenda Brummer, mede-eienaarvan die plaas Langdam, het dié voorval voor-verlede Saterdag (9 Augustus), kort op diehakke van ’n wettige uitsetting op dié plaasgevolg.Volgens Brummer het sy en Charles Ray-

mond die vrugteplaas sowat ses jaar geledegekoop.Hoewel hulle aanvanklik daarop pro-beer boer het, het hulle om ekonomiese redesen ’n gespanne verhouding met werkers opdie plaas besluit omdit in ’n gasteplaas te om-skep.Sedertdien voer hulle ’n opdraende stryd

om die familie van 12 wat in ’n tweeslaapka-merhuis opdieplaaswoon,uit diehuis tekry.Geen van die familielede werk op die plaasnie, sê Brummer.Volgens Brummer het hulle al by meer as

eengeleentheid ’nhofbevelgekryomdiefami-lieuit te sit,maardie familieweier omte trek.Die familie is in Julie vanjaar uitgesit, maarhet kort daarna teruggekeer. Hulle is enkeledae voor die voorval ’n tweede keer uitgesit,waarna Brummer en Raymond die huis on-leefbaar probeer maak het deur onder meerdie dak en plafonne te verwyder. Nou, sêBrummer, is ’n interdik aan hulle (Brummeren Raymond) oorhandig wat hulle beveel omdié verwyderings te staak.Volgens Brummer het hulle die afgelope

drie jaar – sedert die regsproses begin het –verskeie doodsdreigemente ontvang.Die brandstigtingsvoorval het hulle met

skok envrees gelaat, sêBrummer. ’nGas,watgelukkig nogwakkerwas, het in die vroeë og-gendure iets buite die kothuis gehoor en bynadere ondersoek gevind dat iemand ’n vuurreg teen een van die deure gemaak het. Diékon vinnig geblus word, maar ’n ander gasse voertuig wat aan die brand gesteek is konnie gered word nie.“Onsmoes 03:00 in die oggend akkommoda-

sie vir hierdie gaste kry,” sê Brummer.Volgens Brummer is hulle onseker oor hul

toekomsopdieplaas, hoewelhulle graagdaarwil aanbly.Volgens sers. Suria Meyer, woordvoerder

van die Montagu-polisie, word ’n saak vanbrandstigting en opsetlike saakbeskadigingondersoek. Niemand is al in verband met dievoorval in hegtenis geneem nie en die motiefis steeds onbekend, aldus Meyer.

Page 8: Breederivier gazette 19 aug 2014
Page 9: Breederivier gazette 19 aug 2014

Breederivier GazetteGeneral - AlgemeenDinsdag 19 Augustus 2014 9

Bruidskompetisie-finalisANNELDA GROOTBOOM

Wilmaré May (née Baartman)en haar man, Martin, het verle-de jaar die knoop deurgehaak.

Dié twee het ’n jaar lank langsmekaar in een woonstelgebou ge-woon voor hul regtig met mekaargepraat het.Dit was altyd net ’n “hallo” en

“koebaai”.Tot die dag wat haar vriendin

(Mandy) by haar kom kuier het enalles verander het.May sê sy weet nie wat Mandy

gemaak het nie, maar ná sy weg ishet sy enMartin gepraat asof hulleal lankal hegte vriende was.“Toe ek ’n jong meisie was het

ek nie gedroom van eendag trou

nie, maar die lewe het ook maarsy eie draaie,” sê symet ’n glimlag.Martin het haar op 15 Desember

2012 gevra om te trou.Hoewel dit sonder ’n ring was,

het hy tog op sy knieë haar diehand gevra.Die amptelike verlowing was op

11 Januarie 2013, vertel sy.Wat dié verlowing so spesiaal ge-

maak het is die feit dat dit op sy(Martin) en haar pa se verjaarsdagwas en sy ’n verloofring van haareie keuse kon kies.Gevra oor watter tipemens haar

man is sê sy Martin is die een wathaar menswees vervul.“Hy isdie ekstrovert, die eenwat

altydmet ander sal gesels envrien-de maak.“Hymaakaltyd tydvirmy,maak

nie saak hoe besig hy is nie.”May sien die huwelik so: “As die

Vader betrokke is, sal die fondasiereg wees, want die Vader is die be-langrikste in enige huwelik.”Sy glo die huwelik is nie maan-

skyn en rosenie, endat daar in eni-ge huwelik seisoene is.“Maar kommunikasie en

eerlikheid is belangrik en julmoetrealisties dink oor sake sodat op-lossings daarvoor gekry kanword.”Opdie oomblik is sy enhaarman

in die wittebroodsfase en geniethulle mekaar.As sy terugkyk sien sy net posi-

tiewedingewat in so ’nkort rukkiegebeur het met hulle as paartjie.En tog is hul droom ook om eendagkinders te hê.

Wilmaré May is een van die finaliste in die Gazette se Bruidskompetisie.FOTO: ANNELDA GROOTBOOM

Page 10: Breederivier gazette 19 aug 2014

Breederivier Gazette General - Algemeen Dinsdag 19 Augustus 201410

FAMILIE-

KENNISGEWINGS

IN MEMORIAM

1015

KATY STEVENSGeb.20/08/1949 -Gest.15/07/2013Mamma, môre (20 Augu-stus) is dit U 2de verjaars-dag weg van ons. Ons koe-ster die mooi herinneringewat u agtergelaat het. Dieverlange en gemis is groot,maar ons troos onsself datU veilig in Jesus se armsis. Van: kinders Denise,Marie, Willy, Rayno, sko-onseun, skoondogters,kleinkinder en agterklein-kinder.

NOEMDO FRANCES 28Augustus is dit jou eersteverjaarsdag en huweliks-herdenking. Die huweliks-herdenking wat jy niesaam met ons sal vier nie.Ons mis jou! Van: jou man,suster, kinders en kleinkin-ders.

PERSOONLIKEDIENSTE

LENINGS

1445

LOANS. Up to R200 000>Same day pay-out. CallFiona 082 422 2271.

SAKE

DIENSTE

2420

BETREKKINGS

3600

ALGEMEEN

3680

LUTEA PARFUUM. Is jy’n selfgemotiveerdebemarker en parfuum joupassie!!! Nou is jougeleentheid om deel teword van ’n "multi milliondollar" bedryf! SkakelMadri of sms jou e-posadres na 083 655 0445.

DEELTYDS/TYDELIK

3720

ONLINE. Part time/fulltime/own hours. Earn upto R1 500 per day withTISSA. No qualification orexperience needed. Allmembers get accepted!Join a legitimate, registe-red company with provensuccess. Secure your jobtoday! SMS name &postal/email address forfull info brochure to:0604139309 [email protected]

DIENSTE2420

IN MEMORIAM

1015

Page 11: Breederivier gazette 19 aug 2014

Breederivier GazetteGeneral - AlgemeenDinsdag 19 Augustus 2014 11

Winter vakansie pretANNELDA GROOTBOOM

Vakansie is die tyd waar die meeste kin-ders ledig is enhulle tydverwylmetvrien-de en negatiewe tydverdrywe.

Dit is omdié rededatdaarhierdie jaargedu-rende die Junievakansie ’n program by Gra-hamBeck aangebied is. Ongeveer 200 kindershet die program daagliks bygewoon.Die program was in samewerking met ses

verskillende organisasies onder wie die Gra-hamBeckOntwikkelingstrust, Hearts ofMenen die department van maatskaplike dienste.Die fokus van die projek was dat kinders

hul vrye tyd nuttig moes gebruik deur sport,dramaengroepsessies omhul lewensvaardig-heid te bevorder wat sokker, rugby, netbal,

vlugbal en speletjies ingesluit het.Dieprogramwasverdeel indriewekewaar-

van die eerste week programbeplanning wasmet die verskeie rolspelers.Die program is afgeskopmet die Chakalaka

musiekgroep van die Graham & Rhona BeckOntwikkelingstrust wat fasiliteerders en kin-ders vermaak het.Kinders is elke dag voorsien van maaltye

wat deur versorgers van die Graham BeckOnwikkelingstrust se kleuter enNaskool per-soneel voorberei is. Nabygeleë plase soos Go-ree, Riverside, LaMaison en Vinkrivier hetvoordeel uit die vakansieprogram getrek.’n Uitdaging in die program was Mandela-

dagwaardie67minutevangemeenskapswerkbestee is om voedsel aanminderbevoorregtesuit te deel.

Jong mense van verskeie plase is gedurende die skoolvakansie besig gehou danksy ’n vakansieprojek byGraham Beck. Dié program het ook hul lewensvaardighede geslyp.

Page 12: Breederivier gazette 19 aug 2014

Breederivier

Year 18 • 19 Augustus 2014 | Tel. 023 626 5212

INTERSKOLE: In die interskolestryd tussen die Hoërskool Montagu en Bredasdorp word daar op alleterreine meegeding. Die stryd het op 11 Augustus met skaak, gholf en landloop afgeskop, met Montaguwat koning gekraai het in die gholf en landloop. Gemengde welslae is in die tennis- en krieketwedstryde,wat reeds in die eerste kwartaal afgehandel is, behaal. Die wenner van die tweestryd word volgenspunte behaal. Die puntestand is in dié stadium onbekend en sal slegs bekendgemaak word ná dielaaste wedstryd (o. 19A-rugbywedstryd). Die hokkie-, rugby- en netbalwedstryde vind dié Saterdag(23 Augustus) op Montagu plaas. Op die foto is (voor) Cleo du Toit van Montagu (links) en MichaelFourie van Bredasdorp en (agter) Johan Kuyter van Bredasdorp (links) en Jean von Windvogel vanMontagu (regs) besig om hul volgende skuif te beplan.

SportuitslaeGholf:Brodie-liga (top8-wedstryde): Stellenbosch

4.5 Theewaterskloof 3.5; Darling 5 Paarl 3; Her-manus 4.5, Caledon 3.5; Robertson 4Worcester4 (Robertson wen die uitspeelwedstryd).Bonnievale (72): Enkel-Stableford – M. van

Niekerk 38, A. vanWyk 36, K. Brown 33, D. vanEeden 32, B. Esterhuyse 29, O. Smit 26.Robertson (72): Samespel-Stableford – W.

Rossouw en J. Rossouw 48, D. van MolendorffenJ. vanMolendorff 46,C. duToit enP.Winter-bach 45, M. Swart en J. Swart 45.Worcester (72): Gekombineerde Stableford

– J. de Villiers en N. van Niekerk 74, K. Cloeteen P. Eloff 72, J.H. Hofmeyer en N. du Plessis71, R. vanSchoor enT.Franken 71,M. vanWyken C. Mitchell 69.

Rugby:Premierliga: Roses United 41,Wellington 17;

Wesbank16,NeverDespair3;Delicious20,Vre-denburg 17; Ceres 36, Hawston 34; United BulkVillagers 30, Robertson 22.SuperligaOos:YoungHamiltons 24, Caledon

8; Hamlets 44, Kleinmond 28; Montagu Villa-gers 32, Ashton United 23; Standards 23, BlackLeaves 18; Proteas 27, Safcol 17.

Muurbal:Bonnievale se tweedeligaspan het onlangs

weg in ’n Sentraal Suid Koöperasie-ligawed-stryd teenHeidelberg gespeel. Bonnievale konslegs een van sy vier wedstryde wen. Heidel-berg klop Bonnievale met 10 potte teenoor 6:Christoff du Toit klop Wilhelm de Wet (3-1),

Theodore Gildenhuys klop Gustav Swanepoel(3-2), BenCoetzee klopNicolaas Jonker (3-0) enGerhardGroenewaldverloorteenCarlRoberts(1-3).Bonnievale beklee met 45 punte die tweede

plek op die tweedeliga-punteleer met Heidel-berg in die eerste plek (55 punte). Bredasdorpis derde (29) met Swellendam, wat só ver nognet drie wedstryde gespeel het, in die laasteplek (9).

GOLF: Robertson professional golfer Jacquin Hessperformed well during the first leg of the IGT Tourtournament, played at Irene Country Club. Hess pro-duced scores of 77, 69, 72 (+2) for a final totalof 218 to finish 27th. Over the three rounds hemade 15 birdies. Hess’s golf tip for the week: Talkyourself into the shots. This tip will help increaseyour focus over shots. It will lead to a more positivemindset over the ball leading to better shots.

Skaak as deel van interskole