Laaste Rooimier vir die kwartaal 26 - 2015

Embed Size (px)

Citation preview

  • 7/23/2019 Laaste Rooimier vir die kwartaal 26 - 2015

    1/5

    No. 26 Oktober 2015

    Nuusbrief van Sentrale Volkskool Kroonstad Skoolhoof: Mnr LGH Welthagen Tel 056 2125 731 Hills traat 92

    [email protected]

    Uit die hoof

    se kantoor

    Die vraag ontstaan by baie ouers oor :Hoekom moet ek skoolgeld betaal?.Die wet beperk ons en binne die bepal-ings van die Onderwyswet is daar nieveel wat ons kan doen om te versekerdat elke leerling in ons skole wel sy/haarskoolgeld betaal nie."Die woorde van mnr. Manfred Moutonvan die Sekondre Skool Eldorado, we-erspiel die siening van bykans elkeskoolhoof in die land wat nou besig ismet opnames oor skoolgeld en naarstig-lik soek na die uitstaande bedrae.In n blitsopname deur Republikein onderdie sekondre skole in Windhoek het netrapsie meer as die helfte van die leer-linge al hul skuld gedelg. Verskeie vandie skoolhoofde met wie gepraat is, s

    dat die leerlinge wat oorbly, wel kanbekostig om te betaal. Volgens hulleervaar die skole groot probleme metouers wat oor die geld beskik, maar glo

    dat die skool hulle nie mag verplig om tebetaal nie omdat onderwys verniet is."Di ouers ag soms ook klererekeninge,selfoonrekeninge en dies meer as groterprioriteit. Dan kry mens weer die ouerwat werklik sukkel om kop bo water tehou, maar wat nie skroom om elkemaand n paar rand vir skoolgeld af teknyp nie," het mnr. Harold Tjahikika,skoolhoof van die Horskool Khomasges.

    Ouers dring aan op kwaliteit onderwysen is gou om die skool te kritiseer indiendinge nie na wense is by die skool nie.Klasse moet klein wees sodat daaraandag aan alle kinders gegee kan word,maar ouers vergeet dat ekstraonderwysers ingehuur moet word om ditte bewerkstellig. Hierdie mense moetbetaal word die einde van die maand endan sukkel die skool om skoolgeld in tekry om dit te kan doen. Hierdie

    onderwysers het ook verpligtinge elkeeinde van die maand wat betaal moetword.

    Skole nader nou n situasie, hierdie tydvan die jaar, waar daar besluit moet wordof daar weer vir ekstra onderwysers be-groot moet word, want ouers kom net niehulle verpligtinge na nie. Die vraag on-tstaan : Wat gaan dan van gehalteonderwys by ons skole word?, of moetons maar toelaat dat standaarde verderverswak. Ons doen n beroep op Sentiesse ouers om die regte besluit te maakanders gaan ons skool, net soos baieander skole, deel van statistiek word.Ek wens elke Sentie - ouer, onderwyser

    en kind n wonderlike vakansie toe, al is

    dit baie kort. Sterkte aan al ons

    krieketspelers, boogskutters, ruiters en

    Expo-leerlinge wat ons skool en streek

    gaan verteenwoordig op Provinsiale en

    Internasionale vlak. Skitter vir Jesus!!!

    Gedagte vir die week :

    Goue appels wat in silwer gemonteer is, so is die reg-

    te woord op die regte tyd (Spreuke - 25: 11).

    Die skool begin vir alle

    leerlinge, 12 Oktoberom 07:25.

  • 7/23/2019 Laaste Rooimier vir die kwartaal 26 - 2015

    2/5

    Mia - Marie Jacobs

    12 Okt Skole heropen om 07:2514 Okt SGB Finansile opleiding om 17:30 te Voorwaarts16 Okt Sport - en Kultuurfotos

    Playball werkswinkel in die skoolsaal om 08:00Babahuis se Opedag om 10:00VCSV kamp vir Gr. 7 leerlinge in BloemfonteinNoord-Vrystaat Tennisliga finale0/11 A Krieket vs Jordania(tuis)

    17 Okt 0/9 A Krieket vs Jordania(tuis)19 Okt Oueraandbring en braai by die skool vir almal om

    18:0023 Okt Gr. 1 Kuierdag om 10:0012:00

    Kroon Tennisproewe

    ONTHOU :

    Alle rooimier - inligting moet asb. voor Woensdae 12 uur na

    die volgende e - pos adres gestuur word. Geen inligting wat

    laat is word aanvaar nie.

    [email protected]

    Vir meer inligting rondom die plasings, kontak vir my op

    (Lynn : 071 - 464 - 9146)

    DJ Liebenberg se grys en swart Adidassak het voor juffrou Elria

    se klas weggeraak en sy grys Pumasak met kaskardag. Albei

    sakke is duidelik gemerk, al is die kaartjie met sy naam op ver-

    wyder. Ons vra asseblief as iemand die sakke gesien het om

    dit net terug te sit waar hy dit gelos het. Baie dankie!

  • 7/23/2019 Laaste Rooimier vir die kwartaal 26 - 2015

    3/5

    ATKV REDENAARSTEMAS

    VIR 2016Maandag , 8 Februarie 2016 by Senties.

    Die temas vir die 2016 ATKV Redenaarskompetisie is

    beskikbaar:

    GRAAD 1 TOT 3

    1. Ledigheid is die duiwel se oorkussing2. As die vlooi byt, moet jy krap

    3. Elke haan is koning op sy eie mishoop

    4. As twee hande mekaar was, word albei skoon

    5. Om van n padda vere te probeer pluk

    GRAAD 4 TOT 5

    1. Bloed kruip waar dit nie kan loop nie

    2. Die pap dik aanmaak

    3. Wie wind saai, sal storm maai

    4. Jou eie boontjies uitdop

    5. Die oggendstond het goud in die mond

    GRAAD 6 TOT 7 Huistaal en Addisionele Taal

    1. Iemand se Achilleshiel

    2. As die hoenders tande kry

    3. n Man van twaalf ambagte en dertien ongelukke

    4. Haastige hond verbrand sy mond

    5. Elke bobbejaan het sy krans

    Junior - Primr Redenaarsuitslae

    Graad 1

    Eerste : Carla van Deventer

    Tweede : Helene Fourie

    Derde : Kaylie Steyl

    Graad 2

    Eerste : Elizabeth Venter

    Tweede : Shaun Morgan

    Derde : Inesse van Zyl

    Graad 3

    Eerste : Nieke Botha

    Tweede : Hendri Zietsman

    Derde : Amber Rodrick

  • 7/23/2019 Laaste Rooimier vir die kwartaal 26 - 2015

    4/5

    Ahoy...

    Sentie seerowers

    Kom seil Vrydag,

    23 Oktober, 10:00-12:00 saam

    Sentrale Volkskool op ons skip

    vol avonture!!!

    Ons sien uit om saam al ons

    voornemende Graad 1 seerow-

    ers te kuier!!!

    Sien jou daar

    Sterkteaan Mnr.Morn se 0/13 seuns hok-kiespan wat deurgedring

    het na die Champs of the

    Champs toernooi in

    Potchefstroom waar hulle

    gaan uitspeel vir n rang op

    die skolelys. Dit vind plaasop 1ste - 3de Oktober inPotchefstroom. Onder-

    steuning sal opreg

    waardeer word. Senties istrots op julle!

    SKOOLFONDS KOSHUISGELDE :

    Ons vra dat alle ouers asb. sal toesien

    dat hul uitstaande/agterstallige gelde vir

    die jaar op datum gebring word.

    Dankie!

    Leerlinge wat didaktiese klasse bywoon

    moet seker maak dat hulle volgende

    kwartaal nie een klas in die middag mis nie.

    Didaktiese klasse is beskikbaar vir alle leer-

    linge wat sukkel met Afrikaans, Wiskunde

    en Engels.

    Optrede Revue en

    Trompoppies

    Ons tree Donderdag, 15 Ok-tober 2015, op by:

    Huis Edelkroon om 10:00NG Kerk Kroonstad-

    Noord om 10:45.

    Koshuiskinders: Onthou omjulle klere saam te bring na

    die vakansie.

    Kom Donderdag in jousportdrag skool toe en bring

    jou klere saam.

    Krieket :

    Sentraal se 0/14 B hetKroonheuwel gewen met

    101 lopies. Geluk aan

    Connie Campher wat n 100

    - tal gemoker het.Senties is trots op jou !

  • 7/23/2019 Laaste Rooimier vir die kwartaal 26 - 2015

    5/5

    KAAS BESTELLINGS

    NAAM :

    DATUM:

    GRAAD:

    TEL NR:

    KAAS SOORTE PRYS HOEVEEL BEDRAG

    1KG MOZZERELLA

    R 65

    1KG GOUDA

    R 65

    1KG CHEDDAR

    R 65

    1KG WIT CHEDDAR

    R 65

    2KG GERASPERDE MOZZERELLA

    R 120

    2KG GERASPERDE GOUDA

    R 120

    2KG GERASPERDE CHEDDAR

    R 120

    2KG GERASPERDE WIT CHEDDAR

    R 120

    1KG PROCESSED SNYTJIES (IN SAKKIES)

    R 70

    1KG WIT ROOM SNYTJIES (IN SAKKIES)

    R 70

    1KG BOTTER (KERRYGOLD)

    R 60

    1KG LANCEWOOD ROOMKAAS

    R 70

    0,5KG PHILLEDELPHIA KAAS

    R 65

    0,5KG BLOUKAAS

    R 65

    0,5kg SALAMI

    R 60

    GEWONE KAASSMEER

    R 50

    BILTONG KAASSMEER

    R 60

    * ECCO COAL BRAAI BRIQUETTES* 4KG R 25

    TOTAAL

    BELANGRIK

    * BESTELLINGS MOET ASB SAAM MET GELD IN GESEELDE KOEVERTE SKOOL TOE GESTUUR WORD

    * BESTELLING SLUIT 17 AUGUSTUS VIR AFLEWERING 21 AUGUSTUS EN31 AUGUSTUS VIR

    AFLEWERING 7 SEPTEMBER

    * INDIEN U VERKIES OM ELEKTRONIES TE BETAAL STUUR ASB DIE BEWYS VAN BETALING SAAM MET

    DIE BESTEL VORM SKOOL TOE

    * BESTEL ASB VROEGTYDIG OM TELEURSTELLING TE VOORKOM. VOORRAAD IS NIE GEWAAARBORG

    NIE

    * BANK BESONDERHEDE: AM DU PLESSIS, CAPITEC BANK, REK NR 1399 1822 67, TAK KODE 470010

    VIR ENIGE NAVRAE KONTAK MY GERUS: SEL: 082 365 3251

    WHATSAPP: 082 854 8540

    LANDLYN: 056 212 1077

    * EK WIL JULLE OOK NET GRAAG BEDANK VIR JULLE ONDERSTEUNING IN DIE PROJEK.

    ONS HET AL DIE HALF MERK BEREIK MET DIE GR1 SE FONDS INSAMELING.