7
wie wat waar wanneer [email protected] Nuusbrief van Sentrale Volkskool Kroonstad Skoolhoof: Mnr. LGH Welthagen Hillstraat 92 7 van 2014 7 - 13 Maart 2014 Tel. 056 212 5731 Rooimier Senties Uit die hoof se kantoor Baie geluk aan al ons atlete wat verlede naweek aan die Noord-Vrystaat Atletiekkampioenskappe deelgeneem het. ‘n Groot dank ook aan al ons personeel wat so hard gewerk het hierdie dag, sonder julle sou die reëlings nie so vlot verloop het nie. Ons atlete het 3 Goud, 1 Silwer en 4 Brons medaljes verower. Verder het ons ook 4 vierde pekke, 2 vyfde plekke en 3 sesde plekke behaal. 13 van ons atlete is dus in die Noord- Vrystaatspan opgeneem, ‘n skitterpoging! Voorspoed vir hierdie naweek, ons glo dit sal sommer baie goed gaan. Ons Rugby en Netbal het verlede naweek hul eerste wedstryde gespeel en dit het sommer baie goed gegaan. Geluk aan al die spanne wat gewen het en sterkte aan die spanne wat net-net verloor het. Dankie ook aan al die personeel wat die naweek saamgegaan het. Die uitslae is op die laaste bladsy beskikbaar. Sterkte aan ons Bulletjie Rugbyspanne wat die naweek by Viljoenskroon hul eerste wedstryde gaan speel. Ons glo die mannetjies gaan dit baie geniet! Ons o/11 A en B rugbyspanne het Donderdag teen Mooirivier gaan speel en dit het sommer baie goed gegaan. Baie geluk manne, ons is trots op julle. Ek doen ‘n beroep op ons ouers om nie in te meng met die kies van spanne by die skool nie. Ons afrigters en keurders is bevoeg om die beste spanne te kies. Dit versuur die hele atmosfeer en houding van die leerlinge en ouers teenoor mekaar en dit kan nie tot voordeel van ons skool wees nie. Kinders ontwikkel oor die jare en u kind kan nie vir haar/sy lewe altyd in die A-span speel nie. Dit is ‘n lewensles wat u u kind gaan leer as u hulle dit kan leer. ‘n Groot dank aan ons plaaslike Polisie en die sakemanne van Pretoria vir die fiets wat een van ons leerlinge verlede Vrydagoggend gewen het. Wigardt Greyling gaan beslis hierdie fiets nuttig kan gebruik. Dankie dat julle ook omgee vir ons kinders en ons hoop julle fietsrit na die Kaap is suksesvol. So iets vir die week: As jy nie kan vlieg nie, hardloop. As jy nie kan hardloop nie, stap. As jy nie kan stap nie, kruip. Maak nie saak wat jy doen nie, Hou net aan vorentoe beweeg. Standaard is vir ons so belangrik. ‘n Mens kan nie net sit en om jou kyk en sien dat korrupsie en algemene agteruitgang plaasvind om jou nie! Ter wille van jou kind en selftrots, waak om nie in ‘n groef te beland en net na die negatiewe te kyk nie! My persoonlike simbool is B+ en ek gee dit vandag ook oor aan u ~”BE POSITIVE”. Datumlys 8 Maart Jeugskou by Bloues Vrystaat Laerskole Atletiekbyeenkoms in Bloemfontein Bulletjie Rugby in Viljoenskroon 11 Maart Odensia aandreeks – sien program Immunisasie van Graad 4 dogters teen kanker 13 Maart Skaak Rondte 1 by skool om 18:00 14 Maart Skaak Rondte 2 tot 5 by skool om 14:00 15 Maart Nautilus in Bloemfontein Vrystaat Hoërskole Atletiekbyeenkoms in Sasolburg Wigardt Greyling Die wenner van die fiets! Baie geluk!

Rooimier 7 Web

Embed Size (px)

DESCRIPTION

Nuusbrief 7 2014

Citation preview

  • wiewat

    waarwanneer

    [email protected]

    Nuusbrief van Sentrale Volkskool Kroonstad

    Skoolhoof: Mnr. LGH Welthagen Hillstraat 92

    7 van 2014 7 - 13 Maart 2014

    Tel. 056 212 5731RooimierSenties

    Uit die hoof se kantoorBaie geluk aan al ons atlete wat verlede naweek aan die Noord-Vrystaat Atletiekkampioenskappe deelgeneem het. n Groot dank ook aan al ons personeel wat so hard gewerk het hierdie dag, sonder julle sou die relings nie so vlot verloop het nie. Ons atlete het 3 Goud, 1 Silwer en 4 Brons medaljes verower. Verder het ons ook 4 vierde pekke, 2 vyfde plekke en 3 sesde plekke behaal. 13 van ons atlete is dus in die Noord-Vrystaatspan opgeneem, n skitterpoging! Voorspoed vir hierdie naweek, ons glo dit sal sommer baie goed gaan.Ons Rugby en Netbal het verlede naweek hul eerste wedstryde gespeel en dit het sommer baie goed gegaan. Geluk aan al die spanne wat gewen het en sterkte aan die spanne wat net-net verloor het. Dankie ook aan al die personeel wat die naweek saamgegaan het. Die uitslae is op die laaste bladsy beskikbaar.

    Sterkte aan ons Bulletjie Rugbyspanne wat die naweek by Viljoenskroon hul eerste wedstryde gaan speel. Ons glo die mannetjies gaan dit baie geniet! Ons o/11 A en B rugbyspanne het Donderdag teen Mooirivier gaan speel en dit het sommer baie goed gegaan. Baie geluk manne, ons is trots op julle.Ek doen n beroep op ons ouers om nie in te meng met die kies van spanne by die skool nie. Ons afrigters en keurders is bevoeg om die beste spanne te kies. Dit versuur die hele atmosfeer en houding van die leerlinge en ouers teenoor mekaar en dit kan nie tot voordeel van ons skool wees nie. Kinders ontwikkel oor die jare en u kind kan nie vir haar/sy lewe altyd in die A-span speel nie. Dit is n lewensles wat u u kind gaan leer as u hulle dit kan leer.n Groot dank aan ons plaaslike Polisie en die sakemanne van Pretoria vir die

    fiets wat een van ons leerlinge verlede Vrydagoggend gewen het. Wigardt Greyling gaan beslis hierdie fiets nuttig kan gebruik. Dankie dat julle ook omgee vir ons kinders en ons hoop julle fietsrit na die Kaap is suksesvol.

    So iets vir die week:As jy nie kan vlieg nie, hardloop.As jy nie kan hardloop nie, stap.As jy nie kan stap nie, kruip.Maak nie saak wat jy doen nie,Hou net aan vorentoe beweeg.Standaard is vir ons so belangrik. n Mens kan nie net sit en om jou kyk en sien dat korrupsie en algemene agteruitgang plaasvind om jou nie! Ter wille van jou kind en selftrots, waak om nie in n groef te beland en net na die negatiewe te kyk nie! My persoonlike simbool is B+ en ek gee dit vandag ook oor aan u ~BE POSITIVE.

    Datumlys8 Maart Jeugskou by Bloues Vrystaat Laerskole Atletiekbyeenkoms in Bloemfontein Bulletjie Rugby in Viljoenskroon

    11 Maart Odensia aandreeks sien program Immunisasie van Graad 4 dogters teen kanker

    13 Maart Skaak Rondte 1 by skool om 18:00

    14 Maart Skaak Rondte 2 tot 5 by skool om 14:00

    15 Maart Nautilus in Bloemfontein Vrystaat Horskole Atletiekbyeenkoms in Sasolburg

    Wigardt GreylingDie wenner van die fiets! Baie geluk!

  • Die Sentie Rooimier Nuusbrief van Sentrale Volkskool Kroonstad 7 - 13 Maart 20142

    TydskrifteDie koshuis benodig ou tydskrifte.

    Daar is n tweedehandse skoolsweetpak in die nuwe styl by Mev Charlotte Wessels te koop. Grootte: small.

    Nautilus Wiskunde Kampvir Graad 4 7 leerlinge vind op

    15 Maart plaas by Fichardtpark Primre Skool,

    Bloemfontein.

    Klub 500 hou jaarvergadering Dinsdag 11 Maart 2014 om 17h30 by die skool. Alle bestaande lede en voornemende lede is welkom.Kom maak n verskil in u kind se opvoeding.

    Sentrale Volkskool Klerebankpryslys (Tweedehandse klere)

    ITEM GROOTTE PRYSRompe Alle groottes R30.00 R60.00Broekrompe Alle groottes R30.00 R60.00Seuns kortbroeke Alle groottes R20.00 R40.00Seuns langbroeke Alle groottes R30.00 R60.00Moulose truie Alle groottes R40.00 R60.00Langmou truie Alle groottes R40.00 R60.00Dogters kortmouhemde Alle groottes R10.00 R20.00Dogters langmouhemde Alle groottes R10.00 R20.00Seuns kortmouhemde Alle groottes R10.00 R20.00Seuns langmouhemde Alle groottes R10.00 R20.00Sweetpakbaadjies Alle groottes R50.00 R100.00Sweetpakbroeke Beperkte groottes R30.00 R60.00Geen nuwe sportdrag nieOns doen n beroep op u om asb. die tye te respekteer.

    Klerebanktye: Maandae en Woensdae8:30 tot 8:00 en 12:30 tot 13:00Daar is n dringende behoefte aan klein langmou- en moulose skooltruie by die klerebank.As u enige skooltruitjies het wat te klein is, skenk dit asb vir die klerebank.

    Smart Swipe Solutions Ouers let asb. op dat u die nommer voor op die kaart as enigste verwysing met inbetalings gebruik, bv. 0000001234 .

    U moet asb. registreer op Smart Swipe se webtuiste

    voordat u die kaart of stelsel kan gebruik.

    www.smartswipesolutions.co.zaAs u sukkel met registrasie kan u, totdat die skool sluit die 28ste Maart, Vrydae van 12:00 tot 13:00 na Mev Charlotte Wessels toe kom vir hulp.

    Verlore kaarte word vervang teen R26.50 en die koste beloop R1 per week om die stelsel te gebruik.

    SelfoneGeen selfone by die skool nie. Die skool neem nie verantwoordelikheid vir fone wat wegraak of gesteel word nie.

    Immunisasie van Gr.4 dogters op 11 Maart by die skool. Ouers moet toestemming gee. Stuur afskeurstrokie skool toe.

    ToergeldeToergelde kan reeds inbetaal word. Borgvorms is daar om leerlinge te help om die bedrag minder te maak. Borgvorms moet teruggestuur word vir rekord doeleindes.

    Sterkte aan die leerlinge wat aan die

    Jeugskou gaan deelneem.

    Rooster Formele AssesseringMaart Graad 4 Graad 5 Graad 6 Graad 710 Maart Teg Teg Teg Teg17 Maart EBW18 Maart Wisk Wisk Wisk Afr20 Maart NW SW Eng SW21 Maart Afr Eng NW Wisk24 Maart SW NW Afr Eng25 Maart Eng Afr SW NW

    Sterkte en leer hard, doen jou beste en

    wees n trotse Sentie!

  • 3 Die Sentie Rooimier Nuusbrief van Sentrale Volkskool Kroonstad 7 - 13 Maart 2014

    Afbakening van werk Graad 4 AfrikaansTaalwerk - opsommings in werkboek en flipfileBegripstoets

    Graad 4 EngelsLanguage - summary in workbookComprehension test

    Graad 4 Wiskunde HB Bl. 11, 21, 33, 37, 40, 47, 52, 53Vloeidiagramme en klastoetse

    Graad 4 NW Opsommings, opdragte in werkboek en nuwe woorde.

    Graad 4 SW Geografie (Aard.) Eenheid 1 - 5 in HB

    Graad 5 AfrikaansTema 1 tot 5 se taalwerk. Dit is opgesom in die leerlinge se ler. Hulle moet ook in hulle skryfboeke leer.

    Graad 5 EngelsTema 1: Personal pronouns p. 7Revision p. 10Tema 2: Simple present tense p. 16Revision p. 18Tema 3: Question forms p. 24Revision p. 6Tema 4: Possetive pronouns p. 32Revision p. 34Tema 5: Irregular verbs p. 41Male and female nouns p. 41Revision p. 44

    Graad 5 WiskundePlatinum Tema 1 Tel,rangskik,vergelyk en stel heelgetalle voor bl.4-7,Tema 2 Getalsinne: Optel, aftrek, vermenigvuldig, deling en omgekeerde bewerkings.bl 8 12. Tema 3 Optel en aftrek, Afronding en skatting, Uitgebreide notasie en Omgekeerde bewerkings.bl 14 17. Tema 4 Numeriese patrone: Vloeidiagramme, bl 18 20. Tema 5 Vermenigvuldiging en deling: (Lang maal en kort deel) Faktore en veelvoude, Woordsomme, bl 22,25. Tema 6 Tyd, lees, skryf, herlei en bereken tyd. Bl 28 31,34. Tema 7 Datahantering, tabelle, piktogramme en staafgrafieke. Bl 34 36, 38,Tema 8 2D-vorms, veehoeke en hoeke,bl 42 44. Tema 9 Inhoud en volume, bl 48,50,51,52.

    Graad 5 NW Habitate, Soorte diere, Skelette, Voedselkettings. Lewenssiklus Bl. 48 - 51Voorplanting by diere Bl. 52 - 54 Ken sleutelwoorde.

    Graad 5 SWAlle nuwe woorde, beide Geskiedenis en Aardrykskunde, asook alle Aktiwiteite in werkboekeAardrykskundeBl: 4,5,7,8,10,13,15,17,18

    GeskiedenisKortvraeBl: 91,92,93,96,98,99,101,105,106,107LangvraeBl: 90,95,97, 103

    Graad 6 AfrikaansPlatinum Bl. 2, 7, 8, 9, 14, 20, 21, 26, 31, 32, 33, 38, 44, 45, 50, 51, 54 - 57.Oranje Bl. 140, 141, 144, 145

    Graad 6 Engels Platinum Learners BookTheme 1: p. 8 subject and verb concord (is, was, are, were), p. 8 countable nouns, p. 10 -RevisionTheme 2: p. 15 Use a,an,some , p. 18 Adjectives, p. 20 RevisionTheme 3: p. 25 pronouns, p. 27 prepositions, p. 27 homophones, p.30 RevisionTheme 4: p. 46 present tense, p. 47 Nouns showing belonging, p. 50 Revision File - Very important to go through the exercises in your file!!Nouns, Countable/Uncountable nouns, Pronouns (personal, possessive, reflexive),Adjectives, Degrees of comparison, Prepositions, Homophones/Homonyms, Simplepresent/past/future tense + (Question and Negative form).- Also go through all the language exercises you did in your workbook!!

    Graad 6 Wiskunde Tema 1 Tel, rangskik, vergelyk en stel heelgetalle voor. Bl. 4 - 7Tema 2 Getallesinne Bl. 8 - 10Tema 3 Optel en aftrek Bl. 12 - 17Tema 4 Gewone breuke Bl. 18 - 26Tema 5 Tyd Bl. 30 - 35Tema 6 Eienskappe van 2D vorms Bl. 36 - 39Tema 8 Numeriese patrone Bl. 54 - 58

    Graad 6 NWLeef en lewe en verwerkingKortvrae: Bl. 2 - 6, 8, 12 - 21, 24, 25, 27 - 36, 44 - 49.Langvrae: Bl. 12, 40 - 43Sketse: 2, 22, 45Diagramme: Bl. 8, 16 (Tabel 1 en 2), 47NB:!! Hersiening van Onderwerp Bl. 10, 26, 38, 52

    Graad 6 SWGeografieBl. 4, 8, 10, 12 - 14, 16, 17, 19, 21, 23GeskiedenisBl. 100, 101, 103, 104, 107 - 109, 114 - 116

    Graad 7 AfrikaansPlatinum: Bl. 2, 7 - 9, 14, 15, 18 - 21, 26, 30 - 32, 38, 39, 14 - 45, 50, 51, 53, 54 - 59Afrikaans my taal: Bl. 51, 52, 53, 185 - 187

    Graad 7 Engels Platinum Learners Bookp.14 Revision, p. 17 Antonyms, p. 24 Pronouns, p. 25 Compound/Complex nouns, p. 26 Revision, p. 37 Simple Present/Past tense, p. 40 Revision. FileFigures of speech, Synonyms, Antonyms, Pronouns (personal, possessive, reflexive), Nouns,Uncountable/Countable nouns, Types of sentences (statement, command, question, exclamation) WorkbookSimple present/past/future tense (question + negative form) / all the exercises that we have done.

    Graad 7 WiskundeTelgetalle en bewerkings, Priemgetalle, Faktore, GGF, KGV, Eksponente, Wortels, Koers, Finansile Wiskunde, Hoeke, lyne, 2-D, Konstruksies.

    Graad 7 NWLewe en lewende dingeKortvrae: Bl. 1 - 5, 8 - 10, 14 - 16, 19, 29, 32, 36, 37, 40 - 43, 56 - 61Langvrae: Bl. 6, 7, 11, 12 (water en grond), 25, 26, 30, 31Sketse: 2, 3, 9 (koolstofsiklus), 36 (blom), 39Diagramme: Bl. 24, 29Los: 44 - 51NB:!! Sumatiewe assesserings 17, 34, 52 (Geslagtelike voortplanting by angiosperme), 62GEE BAIE AANDAG AAN DIE SUMATIEWE ASSESSERINGS

    Graad 7 SWOxfordGeografieModule 1 : KaartvaardigdhedeEenhheid 1 : Plaaslike kaarte en straatkaarte bl.8 -10.Eenheid 2 : Sketskaarte en roetes bl 12-13 . Eenheid 4 : Afstand en skaal, bl 16 19Eenheid 5 : Huidige gebeure bl 21-23 en (Alle onderstreepte werk)

    GeskiedenisModule 2 : Koningkryk van Mali en die stad Timboektoe gedurende die 14de eeu.Eenheid 1 : Handel oor die Saharawoestyn : bl 26 27 Eenheid 2 : Koninkryk van Mali bl. 29-32Eenheid 3 : Die stad Timboektoe. bl.33 - 41 en (Alle onderstreepte werk )

    Graad 7 EBWBl: 8, 10-15, 17, 19, 22, 24, 26, 27, 29, 32, 33, 35, 36-38

  • Die Sentie Rooimier Nuusbrief van Sentrale Volkskool Kroonstad 7 - 13 Maart 2014 4

    sonskyn

    Jen Pretorius Giellie Heyns

    senties

    07 Maart Kara Roux

    08 Maart Divan Dreyer

    Anri Kleynhans

    H J Kleynhans

    09 Maart 2005 Tertius Brink

    10 Maart 2003 Jean Engelbrecht

    12 Maart 2002 Paul Zietsman

    Danelle Pretorius

    13 Maart 2002 Lucille Bray

    Lekker verjaar

    Assesserings vir die week:

    Graad 4SW: Geskiedenis Projek Artikels jare gelede gebruik.Geografie: Toets 11 Maart 2014Eenheid 3-5

    Graad: 5 SW: Toets Vrydag 14 Maart 2014AardrykskundeBl: 4, 5, 10, 13GeskiedenisKortvraeBl: 92,93, 101,105,106,107LangvraeBl: 90,95,97, 103

    Graad 6Wiskunde: Opdrag oor datahantering

    Graad 7Wiskunde: Vrydag 14 Maart 20142-D

    Kuns: Maskers

    EBW: Toets Woensdag 12 Maart 2014Bl: 13, 15, 24, 26, 27.

    Entrepreneurs-dag - 9 Mei 2014Geen stalletjie word vir n spesifieke groep uitgehou

    nie. Besprekings van stalletjies vind plaas met

    betaling. Teetuin- en skyfskietstalletjies is reeds bespreek. Bespreking van stalletjies kan by Juffrou Carol gedoen word tydens

    die registerperiode. R20 per stalletjie moet dan betaal

    word. Slegs 1 stalletjie met krag nog beskikbaar teen

    R35. Verkope van gevaarlike items, soos klappers, sal

    nie toegelaat word nie, ook nie waar diere aan spanning

    blootgestel word nie.

    NG KERK KROONSTAD OOS

    BIED AAN DEWALD WASSERFALL.

    PLEK: LANDBOU SKOOLSAAL

    DATUM: 15 MAART 2014

    TYD : 18:00

    KOSTE: R 100.00

  • 5 Die Sentie Rooimier Nuusbrief van Sentrale Volkskool Kroonstad 7 - 13 Maart 2014

    Riana NelVrydag 9 mei 2014 om 18:30 by NG

    Kerk Kroonstad-Noord (Klipkerk) Koste is R100 per persoon.

    Kaartjies te koop by Senties se kantoor

    of Anne-marie Jordaan

    (082 372 7873) ofJeanette Crous (0886693699 ofby Kroonstad-

    Noord Kerk.

    OOR-DIE-VAAL BULLETJIEDAG !8 MAART 2014

    TYD: BAAN 1 BAAN 2 BAAN 3 BAAN 4

    09:00 Sentraal Gr 1(A) vs ML Fick Gr 1(A)

    09:40 Sentraal Gr 1(B) vs Meiringspark Gr 1(B)

    10:00 Orkney Gr 1(A) vs Sentraal Gr 1(A)

    11:00 Koppies Gr 1(B) vs Sentraal Gr 1(B)

    12:00 Mooirivier Gr 1(A) vs Sentraal Gr 1(B)

    12:20 Sentraal Gr 1(A) vs Meiringpark Gr 1(A)

    13:40 Semi-finaal Gr 1 Semi-finaal Gr 1 Semi-finaal Gr 2 Semi-finaal Gr 2

    14:30 Finaal Graad 1 Finaal Graad 2

    Oud-Senties presteer in top 5 by Rooies.Graad 8 (2013): 1ste Carli van Tonder, 5de Eileen KleynhansGraad 9 (2013): 1ste Waldo WesselsGraad 10 (2013): 4de Joke Staal, 5de Mia BurgersGraad 11 (2013): 3de Johan Pretorius

    Vrystaat-NoordKaap Wiskunde Uitdaging (Voorheen AMESA-Wiskunde Uitdaging)

    Hierdie Wiskunde uitdaging word op 29 Julie 2014 geskryf om 14h00 by die skool. Die koste is R8 per leerling en moet voor of op Woensdag 12 Maart by die Wiskunde onderwyser(es) inbetaal word. Ons moedig leerlinge aan om die uitdaging op te neem aangesien dit verryking in die vak beteken.

    Cobus Marais, Johan van As en Sakkie de Bruyn

    Murraystraat 45056 212 1840

    Aan al ons ou en nuwe klinte kom besoek ons gerus.

    Kraggereedskap, Bold and nuts, Algemene hardeware, Sa-sol & Bechem olies en smeermiddels, Aip enjin onderdele (Massy en Ford), Makita, Bearings, Olie sels, Kettings,

    Sprockets, PTOs, V-Bande, Ratkaste, Elektriese motors

  • 6 Die Sentie Rooimier Nuusbrief van Sentrale Volkskool Kroonstad 21 - 27 Februarie 2014SentiesportSenties se

    Skaaktoernooi 13 en 14 Maart

    Die program is as volg:1. Rondte 1 is op Donderdag 13 Maart om 18:00 in die saal2. Vrydag 14 Maart se program lyk soos volg:2.1 Rondte 2 14:302.2 Rondte 3 16:002.3 Rondte 4 17:302.4 Rondte 5 19:00

    Geen inskrywings-gelde nie.Julle kan in gewone klere speel.Ons speel in die skoolsaal.

    NG KOPPIES MOEDERGEMEENTE

    ONS HOU BASAAR!!!!

    Kom vroeg en geniet n tradisionele Basaar

    GOEDKOOP VLEISWors R45/kg

    Begin 16h00 - 21 Maart 2014Navrae: Ds Hans Griesel by 082 578 1221

    Bloues hou glansaandHorskool Kroonstad (Bloues) se meisies van Huis De Klerk het di week n modeparade gehou. Di glansaand se fotos is op die skool se FB bladsy Bloues Blouskool te sien.

    Die Mej. Klerkie Snr. en Junior met hulle prinsesse is ook aangewys by die geleentheid. Hulle fotos is ook te sien op Bloues Blouskool se FB blad.

  • Die Sentie Rooimier Nuusbrief van Sentrale Volkskool Kroonstad 7 - 13 Maart 2014 8

    Sentiesport

    Pure goodnessostrich dogfoodin 8kg / 20kgOstrich & riceHigh in tasteLow in cholesterolBalanced Omega 6 & 3

    The healthy choice for mans

    best friend with pure ostrich goodness

    as ostrich is the only source of protein.

    OstriPet Beskikbaar te Aambeeld Padstal Bloues Landbou terreinEric Ungerer 082 853 1881

    Voor: Joret Olivier - goud D/10 aflos en 4de 1200m , Michiel Heyns - 1ste 70m hekkies s/10 asook beste baanatleet s/10, Margarete Zietsman 6de 70 m hekkies D/10 en Emma Schutte 2de 80m en 3de 100m en 1ste aflos D/10Agter: DJ Liebenberg - 4de 70m hekkies S/11 ,Dendre Aucamp 1ste 70m hekkies S/11 asook beste baanatleet S/11 , Ilani Klopper 3de verspring en 4de hoogspring en 1ste aflos D/10 , Tineke ONeil 1ste 100m D/13 , Chantelle Kruger 3de Skyfwerp D/12 , Connie Campher 5de gewistoot S/12 , Paul Zietsman 4de hoogspring S/12 en Christelle van Zyl 6 de Skyfwerp D/12. Afwesig - Ju-Marie Swanepoel 4de skyfwerp D/13 en Chelsea Reid 1ste aflos D/10

    Sportdag te BrandfortOns rugby- en netbalspanne het op Saterdag, 1 Maart deelge-neem aan n sportdag te Brandfort. Waardevolle ondervinding is opgedoen en elke speler het hul hart uitgespeel onder die afrig-ters en ouers se aanmoediging. Die o/9 en o/11 rugby wen hul wedstryde. Netbal o/7 en o/8 sluit ook hulle dag onoorwonne af. Die o/9, o/11 en o/13 netbalspanne het gemengde sukses behaal. Baie dankie aan elke afrigter wat getrou op hulle pos was en elke speler die geleentheid gegee het om te speel. n Groot dankie aan elke ouer wat hul kinders en ook spanmaats vervoer het. Sonder u hulp kon ons nie die sportdag meemaak nie. Dankie aan Mnr. Org Prinsloo wat die kinders op die bus, te midde van n hewige renbui, veilig in Kroonstad besorg het. Dit was lekker om n Sentie te wees in Brandfort.

    Senties presteer tydens NVS AtletiekDie atlete van Sentrale Volkskool het uitstekend presteer tydens die Noord Vrystaat atletiekbyeenkoms wat op Saterdag 1 Maart in Sasolburg

    plaasgevind het. Tydens die byeenkoms verower die atlete 7 goue , 1 silwer en 8 brons medaljes . Daar is ook 13 atlete in die Noord-Vrystaat Atletiekspan

    ingesluit wat op Saterdag 8 Maart aan die Vrystaatbyeenkoms in Bloemfontein gaan deelneem.

    Odensia Aandreeks 11 Maart 2014

    13 Maart 2014 13 Maart 2014

    Rugby: o/11 15:45 - 16:20 Senties vs Truida Kestell (Skeidsregter: C. Heymans) {4} o/13 19:30 - 20:15 Senties vs Naudeville (Skeidsregter: W. Fourie) {3}Netbal: o/12 17:30 - 18:05 Senties vs Koppie Alleen (Skeidsregters: Merriespruit & Riebeeckstad) {4} o/13 19:30 - 20:05 Senties vs Naudeville (Skeidsregters: Merriespruit & Dagbreek) {3}

    Rugby: o/1114:00 - 14:35 Verloorder 1 vs Verloorder 2 {1}14:35 - 15:10 Verloorder 3 vs Verloorder 4 {2}15:10 - 15:45 Wenner 1 vs Wenner 2 {3}15:45 - 16:20 Wenner 3 vs Wenner 4 {4}Rugby: o/1318:00 - 18:45 Verloorder 1 vs Verloorder 2 {1}18:45 - 19:30 Verloorder 3 vs Verloorder 4 {2}19:30 - 20:15 Wenner 1 vs Wenner 2 {3}20:15 - 21:00 Wenner 3 vs Wenner 4 {4}

    Netbal: o/1215:30 - 16:05 Verloorder 1 vs Verloorder 2 {1}16:10 - 16:45 Verloorder 3 vs Verloorder 4 {2}16:50 - 17:25 Wenner 1 vs Wenner 2 {3}17:30 - 18:05 Wenner 3 vs Wenner 4 {4}Netbal: o/1318:10 - 18:45 Verloorder 1 vs Verloorder 2 {1}18:50 - 19:25 Verloorder 3 vs Verloorder 4 {2}19:30 - 20:05 Wenner 1 vs Wenner 2 {3}20:10 - 20:45 Wenner 3 vs Wenner 4 {4}