Rooimier 6 - 2016

Embed Size (px)

DESCRIPTION

Nuusbrief 6

Citation preview

  • No. 6 Februarie 2016

    Nuusbrief : Sentrale Volkskool Skoolhoof: Mnr LGH Welthagen Tel : 056 2125 731 Hillstraat 92 Kroonsta d

    [email protected]

    Uit die Hoof se

    kantoor : Baie geluk aan al ons ouers, personeel en leer-linge met die pragtige uitslae tydens die Conques-ta se Internationale eksamens. Sentraal se akademie is onder die Top 20 in Suid Afrika in n hele paar vakke en grade. Hou in gedagte dat ons nog nie in al die vakke ingeskryf het nie. Die uitslae was as volg gewees:

    Gr. 2: In LO(Skeppende kuns) is ons 16de in SA

    Gr. 3: In Afrikaans is ons 14de

    Gr. 4: In Afrikaans is ons 18de

    Gr. 4: In Bybel is ons 13de

    Gr. 5: In SW is ons 11de

    Gr. 5: In Bybel is ons 7de Dit is voorwaar n puik prestasie! Akademie is gesond by ons skool en gaan ons harder werk om in Wiskunde ook onder die Top 20 te kom, ons is baie naby. Dit is belangrik om jou skool nie te meet aan plaaslike skole nie maar eerder vasstel hoe hulle Nasionaal en Internasionaal vaar. Ons gaan ook herdie jaar weereens aan die Olimpiade laat deelneem en ons glo en vertrou dat hulle sommer baie goed gaan vaar. Lande soos Australi, Suid-Afrika, Namibi en Nieu Seeland neem jaarliks aan hierdie eksamens deel. Hou gerus die Rooimier dop, ons sal die datums vir u deurgee sodra ons dit ontvang het.

    Baie geluk aan ons o/12s Nicole de Nysschen,

    Margarete Zietsman, Joret Olivier, Lanel Olivier,

    Liz Relling en Megan Alexander asook Jan

    Vorster (0/13) wat vir die Letwelephutswa

    hokkiespan gekies is verlede naweek, ons is baie

    trots op julle! Geluk aan Juf. Lynn, Juf. Marlie en

    Mnr. Nico wat die Vlak 1 kursus met 80% geslaag

    het en Mnr. Morne wat Vlak 4 geslaag het. Ons

    skool is trots op julle. Ons weet sommer dat dit

    weer n goeie jaar hier in Sentieland met die

    hokkie gaan wees!

    Die Smart Swipe sisteem is gestop op 15 Februarie 2016. Indien ouers terugbetaling verlang werk dit as volg: Julle kan Epos stuur na [email protected] Rig versoek vir terugbetalig met : Kind se naam, Kaart nr, Ouers se bankbesonderhede. Smart swipe sal u dan antwoord op die epos.

    Geagte ouers, Enige iemand wat belangstel om hul

    besighede te adverteer by Sentrale

    Volkskool, kontak my gerus.

    Daar is kontakte beskikbaar vir

    advertensieborde wat ons op die

    heining rondom die skool wil opsit.

    Hoop om spoedig van u te hoor.

    Luister na raad, aanvaar wat jou geleer word, sodat jy uiteindelik wysheid kan h. Spreuke 19:20

    Baie geluk aan Juffrou Karen Crause wat as sekretaresse van die Kroonstreek (SAOU) verkies is. Ons is baie trots op Juffrou!

  • 20 Feb Noord-Vrystaat Atletiekbyeenkoms in Sasolburg 25 Feb BKB Veiling Gr. 7 ouers. Tweekampproewe by Rooiskool om 14:00 en swem by Mrewag - swembad. 27 Feb Vrystaat Atletiekbyeenkoms in Bloemfontein. Nautilus Wiskunde in Bloemfontein by Fichardtpark Laerskool.

    Jubelfees van Selgemeente by die skool.

    0/13 A & B netball en 0/13 A rugby Staatspresident

    Swart (Brandfort sportdag)

    Megan Alexander

    Maart Graad 4 Graad 5 Graad 6 Graad 7

    7 Maart Geskiedenis Wisk 1 Wisk 1 SW

    8 Maart Wisk 1 NW Geskiedenis EBW

    9 Maart Wisk 2 Wisk 2 Wisk 2 Wisk

    10 Maart NW Geskiedenis NW NW

    11 Maart Engels Engels Engels Engels

    14 Maart Afrikaans Geografie Afrikaans Tegnologie

    15 Maart Geografie Afrikaans Geografie Afrikaans

    Eksamen Rooster : Maart - 2016

    Ons s weer baie

    dankie aan al die Broodjiemammas. Die

    rooster is uitgedeel aan die

    kinders. Maak asseblief

    seker dat u dit ontvang.

  • Ander belangrike aspekte :

    Graad 7 : Skeppende Kuns

    Doen navorsing oor een van die volgende instrumente :

    Dwarsfluit, Hobo, Klarinet, Fagot, Franse Horing of Pouke.

    Bring die inligting en n prentjie skool toe.

    GRAAD 1 FONDSINSAMELINGSPROJEK

    SATERDAG 12 MAART 2016 - TE KOPPIESDAM - A EN C SONE - OU PERDEKAMP

    TYD: 07:00 - 15:00

    HEK OPEN 05:00

    INSKRYWINGSGELD R100 p/p

    PRYSE

    Swaarste Sak: R 1 500 + VERBLYF VIR 2

    Grootste Karp: R 1 000 + AANDETE VIR 2

    Grootste Baber: R 1 000

    Grootste Moddervis: R 1 000

    Grootste opruiming

    vullissak: R 300

    Klomp TROOSPRYSE!!! Lootjies gaan verkoop word @ R50 - SKAAP kan gewen word!!!

    Kaartjies Beskikbaar: Kaartjies gaan by die Dam en by die skool (Juf Hester Hagen) beskikbaar wees!

    Lizelle: 082 650 2457 E-pos adres: ALMAL IS WELKOM - Van agter

    Bud: 082 851 9479 [email protected] Kleinkind tot Oupagrootjie!!!

    Sterkte aan ons Nautillus leerlinge wat die komende week gaan deelneem. Senties weet julle kan!

    Sterkte aan al die atelete wat die naweek in Sasolburg deelneem. Doen net julle bes! Ons is trots op julle almal.

    Assesserings Datum : Gr : Vak : Beskrywing :

    23 Feb 4 NW Ondersoek n habitat van n dier (Opdrag In-ligting & kommunikasie ler.

    24 Feb 4 WISK Toets : Optel en aftrek volgens H T E, Invoer- en uitvoergetallE, Tyd: Analogiese + digitale tyd,

    kalender + Voorbeelde in geel werkboek, Leer

    tyd-blaai in flip file 26 Feb 4 AFR 26 Feb - Afr. boekverslag. Lees asb. 'n boek (op

    10 jarige vlak) en kom lewer mondelings verslag

    oor die boek wat jy gelees het. Bring die boek

    saam klas toe op die dag van verslag. Besoek die

    munisipale biblioteek vroegtydig indien jy nie 'n

    boek het nie

    29 Feb 4 WISK Hou dagboek en teken tye aan (Opdrag in Inligting en Kommunikasie leer)

    1 Maart 4 SW Geografie Toets : (Bl. 4, 6, 8, 11 14)

    2 Maart 4 NW Toets (Handb. bl. 16, 18-20, 22, 24-27, 3, Aktw. in werkboek + Sleutelwoorde 1-25)

    3 Maart 4 AFR Skryfwerk : Jy gaan n nuusberig skryf. Onderwerp sal in die klas gegee word. Lees

    riglyne en wenke op Bl.19 in jou handboek. 22 Feb 5 NW Assessering Toets (Bl.27 47)

    23 Feb 5 ENG Language Test : Pronouns (Pg.7), Simple present tense (Pg.6 & 16), Question forms (Pg.24 & 26),

    Capital letters.

    24 Feb 5 ENG Oral How to make .. 25 Feb 6 NW Onderwerp 1 & 2 (Bl.1 26) 26 Feb 6 AFR Toets : (Bl.26, 31, 32, 33, 36) Teikenwerkvel A 23 Feb 7 A &

    B TEG Assessering Toets (Bl.1 44)

    24 Feb 7 C TEG Assessering Toets (Bl.1 44)

    25 Feb 7 NW Eenheid 1 (Bl.2 18)

    26 Feb 7 AFR Hoofstuk 3 (Bl.26, 30, 31, 32, 33, 36) + Teiken werkvelle

  • NG Kerk Weltevrede Koppies hou basaar 5 Maart en nooi almal uit om aan die inkleurkompetisie deel te neem. Tema is: Boer vir Jesus. Dit kan enige A4 grootte prentjie wees. Beoordeling sal volgens ouderdomsgroepe geskied. Al die prentjies sal op die dag van die basaar vertoon en uitgestal word. Wenners sal die dag van basaar om 10:30 aangekondig word. Lekker pryse om te wen. Sluitingsdatum vir die kompetisie is 26 Februarie. Merk asb jou kunswerk duidelik met jou naam en van, ouderdom en naam van skool. Ons sien uit om jou prentjie te ontvang. Bring jou hele gesin en kom kuier lekker hier by ons in Koppies!! Vir verdere navrae kontak Helena Potgieter 072 943 6051 of Lukie Hancke 084 581 2502 Jesusliefde

    Senties se Boerevereniging het n uitstappie onderneem

    na Dandrie Boerdery vir n jaarlikse wildvang

    ekspediesie. Die kinders het dit baie geniet om wild te

    help vang.

    Dankie aan Reinhard Snyman vir jou gasvryheid en goeie

    leerskool wat jy aangebied het vir die kinders.

    Graad 2 Skeppende kuns 16de : Jon de Winnaar Danie Fourie Nadia Campher Desir Jv. Rensburg Johan Kriel Shuan Morgan Min Naud Rijan Oelofse Duwayne Pietersen Ilana Sameuls Inesse van Zyl Rigard van Zyl Elizabeth Venter Nicola Olivier Anje Erasmus Simone Jv. Rensburg Minki Cornelissen Henro Jacobs SP Kruger Jandr Meintjies Dana Lee Fourie Zaan Marie Greef Izel Relling

    Graad 3 Afrikaans 14de : Nieke Botha Marian Jacobsz Kobus Kriel Mieke Meintjies Hendri Zietsman Amber Rodrick Ananje Steenkamp Gerrit Engelbrecht GeZaahn Griesel Danelle Meyer Hannes Pretorius

    Graad 4 Afrikaans 18de : Louis Cronje Louis du Plessis Miya Jordaan Rory Joubert Adri Smuts Edwin Staal Katya Steyl Ewald Erasmus Heylie Els Katryn Els Danie Schoonraad Bybelkennis 13de : Louis Cronje Rory Joubert Katya Steyl Heylie Els Katryn Els

    Graad 5 SW 11de : Brendan Bray Carla Crous Tristan Horak Joret Olivier Lanel Olivier Abigail Weyer Dillon vd Walt Margarete Zietsman Bybelkennis 7de : Joubert Fourie Tristan Horak Madison Weyer Margarete Zietsman