8
24 Februarie 2012 Die twee atletiekspanne van Laerskool Schweizer-Reneke het mekaar weer onlangs die stryd aangesê. Vanjaar was die Springbokke se tema ‘Hawaii’ en hier kom die span by die byeenkoms aan. Die Blesbokke se tema was “Smurfs’ en het ewe oorspronklik hul verskyning gemaak. KHS se atletiekspan het vir die tweede agtereenvol- gende jaar die TUKS Top Tien Atletiekbyeenkoms in Pretoria gewen. KHS seëvier in die afdeling vir Medium Skole (minder as 1100 leerlinge) en klop in die proses al die Noordwes skole wat deelgeneem het. Van die ongeveer 1300 atlete wat deelgeneem het, het 2 KHS’ers toekennings voor almal se neuse weggeraap: Jay-Bé van Rooyen wen die 800 meter in 1:54,77 en verdien 1104 punte en wen die trofee vir die beste middelafstandatleet.Ruan Minnaar wen die 100 meter hekkies in 13,65 sekondes en wen die trofee vir die beste hekkiesatleet. Vier KHS-prestasies verdien meer as 1000 punte en ontvang spesiale medaljes: bogenoemde twee plus nog een van Ruan (verspring 5,86 meter: 1052 punte) en dan het Linda Nel in die spiesgooi (40,38 meter) ’n hele 1028 punte verdien. Linda was ook eerste in gewigstoot (13,29 meter). Nog eerste plekke word deur Jaco Bamberger (driesprong 12,07 meter) en Douglas Bruce-Smith (gewigstoot: 15,97 meter) behaal. KHS wen die afdeling vir medium skole (minder as 1100 leerlinge) loshande en sou self in die groot-skole- afdeling ’n vyfde plek gekry het voor skole soos Waterkloof, Helpmekaar, Garsfontein, Marais Viljoen en Paarl Gimnasium. KHS doen dit weer

Overvaal Nuus 24 Feb 2012

Embed Size (px)

DESCRIPTION

24 February 2012 Overvaal News Edition

Citation preview

Page 1: Overvaal Nuus 24 Feb 2012

24 Februarie 2012

Die twee atletiekspanne van Laerskool Schweizer-Reneke het mekaar weer onlangs die stryd aangesê. Vanjaar was die Springbokke se tema ‘Hawaii’ en hier kom die span by die byeenkoms aan. Die Blesbokke se tema was “Smurfs’ en het ewe oorspronklik hul verskyning gemaak.

KHS se atletiekspan het vir die tweede agtereenvol-gende jaar die TUKS Top Tien Atletiekbyeenkoms in Pretoria gewen. KHS seëvier in die afdeling vir Medium Skole (minder as 1100 leerlinge) en klop in die proses al die Noordwes skole wat deelgeneem het. Van die ongeveer 1300 atlete wat deelgeneem het, het 2 KHS’ers toekennings voor almal se neuse weggeraap:Jay-Bé van Rooyen wen die 800 meter in 1:54,77 en verdien 1104 punte en wen die trofee vir die beste middelafstandatleet.Ruan Minnaar wen die 100 meter hekkies in 13,65 sekondes en wen die trofee vir die beste hekkiesatleet.

Vier KHS-prestasies verdien meer as 1000 punte en ontvang spesiale medaljes: bogenoemde twee plus nog een van Ruan (verspring 5,86 meter: 1052 punte) en dan het Linda Nel in die spiesgooi (40,38 meter) ’n hele 1028 punte verdien. Linda was ook eerste in gewigstoot (13,29 meter). Nog eerste plekke word deur Jaco Bamberger (driesprong 12,07 meter) en Douglas Bruce-Smith (gewigstoot: 15,97 meter) behaal. KHS wen die afdeling vir medium skole (minder as 1100 leerlinge) loshande en sou self in die groot-skole-afdeling ’n vyfde plek gekry het voor skole soos Waterkloof, Helpmekaar, Garsfontein, Marais Viljoen en Paarl Gimnasium.

KHS doen dit weer

Page 2: Overvaal Nuus 24 Feb 2012

Bladsy 2 OVERVAAL 24 Februarie 2012

Dringend benodigOns is dringend opsoek na goeie

gebruikte motors of bakkies asook karavane om vir kontant te koop.

Skakel dadelik vir Oupie Deetlefs by Telefoon (018) 596 1177ofsel: 082 923 4255

of besoek ons by

R.A. MOTORSBroadbentstraat Wolmaransstad

VROUENUUS

BLOEMHOF SE “MOEDER THERESA”Ek skryf vandag hierdie brief met groot liefde en dankbaarheid in my hart teenoor ‘n baie spesiale, liefdevolle en omgee-persoon.Ek wil ‘n versoek rig aan die in-woners van Bloemhof om saam met my die Here te dank vir hierdie vrou.Suster Venter het ‘n privaat-kli-niek – CHANE-Kliniek in Bloem-hof waar sy na die bejaardes om-sien. Sy sien nie net slegs na die bejaardes om nie, maar sy sal ook

enige iets vir enige iemand doen. Soms is daar nie eers vir haar tyd om te slaap of te eet nie. Hierdie spesiale vrou het my ma vir die laaste drie en ‘n halwe jaar van haar lewe versorg en nooit het ek nodig gehad om vir ‘n enkele oomblik oor my ma bekommerd te wees nie. Toe my seun ‘n brein-besering opgedoen het tydens ‘n ongeluk, het sy my dag en nag by-gestaan.Suster Venter gaan so ver uit haar pad om dit vir almal so gerieflik en na aan ‘n tuiste moontlik te maak dat daar selfs honde toegelaat word

om ook by hulle eienaars te wees.‘n Dierbare vriendin van ons is Maandag 13 Februarie vanaf ‘n ander hospitaal na Chane-kliniek oorgeplaas en Suster Venter het alles in haar vermoë gedoen om dit vir haar so gemaklik en gerief-lik moontlik te maak tydens haar laaste ure.Ek kan boeke skryf oor hierdie kos-bare vrou wie so mildelik omgee!Bloemhof is bevoorreg om haar in ons gemeenskap te hê.Dankie Here, vir hierdie spesiale persoon. Seën haar uit die Hemel-troon!

Brief van ‘n leser

Leeudoringstad VLU-tak se vier bejaardes van Blye Toekoms het in 2011 saam met skakelbeampte Joan Jansen (projekleier) deelgeneem aan die idees/Wol-bom kompetisie. Die 4 dames het al die breiblokke gebrei wat nodig was om vir die afdeling Kreatiewe Breiwerk in te skryf. Joan het verskillende soorte blomme en ‘n muurskild-erytjie gemaak, asook ‘n sak om tydskrifte in te sit. Sy en haar man Johan het ‘n houtboog gemaak wat met ge-breide stroke oorgetrek is. Die boog was toe versier met rankrosies wat sy gemaak het van vierkante en stroke wat die 4 tannies gebrei het . Daar was gepoog om liefs iets vir die “tuin” wat die uitstallers beoog het, te brei. Vanjaar (2012) het vir die Leeudoringstad VLU Be-jaarde Gemeenskapsprojek op ‘n hoogtepunt begin toe hul die prys vir die mees Kreatiewe Breiwerk losgeslaan het . Hulle was veral trots omdat dit ‘n landwye kom-petisie was. Daar was nog ‘n prys elk vir die mees

Kreatiewe Hekelwerk en ‘n trekking vir die meeste blokkies gebrei. Die lekkerste is dat hierdie werk saam met die Home Expo by die Coca Cola Dome in Johannesburg uitgestal gaan word van die 23-26 Febr. 2012. Al die blokke gaan aangewend word om meubels en ander artikels oor te trek. Dit sal alles as ‘n huisie met ‘n tuintjie uitge-stal word. Na die tyd word die breistukke vir die wel-syn beskikbaar gestel of verkoop. Dis wonderlik dat die VLU op só ‘n manier, betrokke kan wees by die groter welsyn projekte. Die prysgeld is gedeel onder die 4 flukse tannies, sodat hul hulself kan bederf met iets wat die pensioen geldjie mens nie meer toelaat om te doen nie. GROOT DANKIE VIR JUL TOEWYDING DAMES.Joan Jansen (018 581 2336/ 082 929 1132).Skakelbeampte Leeudoringstad VLU-tak

Die ‘amper 70tigers’ is voor Santa Boshoff en Nonnie Myburg en agter staan Annatjie Wiid en Ria Delport.

Leeutjies se bejaardes wen

Onthou! Op 6 Maart doen die tak ‘Sui-kerkuns’As jy wil deel wees... Kontak Voorsitster Wilmarie Viljoen (082 414 7627).Die dames neem kolwyntjies huistoe wat hulle versier het. Getalle is dus noodsaaklik so-dat die kundige wat die demonstrasie kom aanbied, die regte hoeveelheid toerus-ting en koekies kan saambring.

Om die VLU se beeld uit te dra is daar besluit om op die 29 April wêreld wyd te stap en sodoende die VLU te “adverteer”. Houmoed en Wolmaransstad se VLU-takke het besluit om op 28 Januarie 2012 hulle deel te doen en het 5km gestap by die “Draf en Trap” byeenkoms op Ottosdal.

Houmoed Stap vir VLU

Page 3: Overvaal Nuus 24 Feb 2012

24 Februarie 2012 OVERVAAL Bladsy 3

www.exxaro.com

POTCHEFSTROOM - “Dit is duidelik dat die moderne samelewing besig is om rug-by-reuse te teël! Hoewel fisieke liggaams-bou nie die enigste faktor is wat sukses in sport bepaal nie, tel dit deesdae baie punte in die moderne spel van rugby,” so gesels prof Hans de Ridder, direkteur van Sports-wetenskap aan die Noordwes Universiteit. Volgens hom is moderne rugbyspelers heel-wat swaarder en langer as die spelers van ouds. Dit het egter sy voor-en nadele. “Gro-ter en swaarder spelers het beslis ‘n impak op die betrokke span of unie se sukses, maar die impak op die speler se liggaam is ook soveel meer as tevore. Rugby het verander in ‘n vinniger, hoër intensiteit gladiator

Moderne rugby-reuse en die gevolgesport, met reuse spelers en groot duikslagte. Na dese, sal spelers beslis later in hul le-wens die gevolge van beserings, erger as

ooit tevore ervaar indien hulle nie nou reeds daarteen optree nie.” De Ridder se navorsing dui ook daarop dat

die toename van gewig en liggaammassa-indeks by die Springbok-rugbyspan, ver bo dié van die algemene jong mans is.

Prof Hans de Ridder.

Page 4: Overvaal Nuus 24 Feb 2012

Bladsy 4 OVERVAAL 24 Februarie 2012

SKOLENUUS - Hoërskool Wolmaransstad

Hoërskool Wolmaransstad se nuwe bestuur vir Landsdiens is: Franco Marx, HW du Toit, Louise Botha, Rudie van Abo en Jan Barnard.

Uitblinkers tydens Interhuis Atletiekbyeenkoms: FC Robbertse (Beste hoogspringer), Monica van der Westhui-zen (Beste hekkies-atleet ) en Ruan Pieterse (Beste middelafstand-atleet ).

Marco Foster is vamjaar as Senior Victor Ludorumaangewys en ook as die beste naelloper.

Christone van Zyl is vanjaar as Wollies se Junior Victrix Ludorum aangewys en JW Meyer is die Junior Victor Ludorum

Gerna Koekemoer is vanjaar die Senior Victrix Ludorum. Sy het ook die beste prestasie behaal.

Annes Ishmail het vanjaar ‘n 2de plek verwerf tydens die Engelse Redenaars. (Junior station com-missioner).

Wollies Dogterskoshuis spog met ‘n Nuwe-Luukse Badkamer! Hier word dit amptelik geopen.

Vaaloewer Gekombineerde Skool is in 2012 geseën met hul eerste sportdrag (42 stelle), wat deur die eienaars van Broadway Bazaars op Bloemhof, geborg is. Fatima (regs) en Shameema (links) staan hier saam met die prinsipaal mnr CJ Laastelê en ‘n groep van die leerders met hul nuwe drag.

Besoek gerus ons webwerf

bywww.

overvaalnuus.co.za

Page 5: Overvaal Nuus 24 Feb 2012

24 Februarie 2012 OVERVAAL Bladsy 5

The recent spate of bee attacks in several parts of the country, which has killed at least two young school children and a fac-tory worker, have prompted dis-tress calls to an allergy helpline by large numbers of people who found themselves at the receiv-ing (sharp) end of honeybees. Mariska Fouche, Public Af-fairs Manager to leading al-lergy medicine provider Pharma Dynamics, says the company’s helpline has fielded dozens of calls in recent weeks as mem-bers of the public enquired about how to treat and identify allergic symptoms caused by bee stings. “The last days of summer can of-ten be the hairiest, as the end of the warm weather sees more bees and wasps out and about to collect nec-tar to feed their young before the cooler temperatures sets in,” says Fouche. She says that there is a range of precautions people can take to en-

sure they do not fall foul of bees and wasps. “People should not harbour a pho-bia of bees and wasps, but it is im-portant to take care not to be stung as it could lead to a person going into anaphylactic shock. “During the summer we cook and eat outdoors and generally spend more time in the garden, which is their territory. Think about where you plant flowers .If you keepthem near doors and windows, bees and wasps are more like-ly to come into your house. “Try not to eat sugary foods and drinks outside. If you do drink out-side, the best thing to do is use a bottle and keep the lid on it to stop any bees or wasps from getting in-side, which could result in a nasty sting in your mouth.” Fouche also advises against wear-ing strong perfumes or brightly-coloured clothing, which could lead them to confuse humans for flowers. If a bee or wasp does

approach, Fouche warns against lashing out and trying to swat the insects. “Unlike a bee, a wasp can sting over and over without dying, so if it should land on you rather use a piece of paper or a leaf to gently sweep it away,” she says. Dr Mike Levin, Allergy Advisor to Pharma Dynamics, offers the following advice on identifying and treating bee sting allergies: “If stung by a bee or wasp, a per-son can get a localised reaction in the form of swelling, heat or itching of the skin around the bite area. If you can see the stinger, re-move it as quickly as possible to lessen exposure to the venom. Put an ice pack on the affected area for 15 minutes every few hours or so, which will help to reduce swelling. Oral antihistamines and analgesics might also help to reduce pain or itching associated with skin reac-tions. “However, in case of a serious systemic allergic reaction, which

means the venom causes a reac-tion throughout a person’s body and not just around the bite itself, the person may break out in hives, experience wheezing, shortness of breath, rapid heartbeat, faint-ness and swelling of the face, lips or tongue. If a person has any of these symptoms, it is important to get medical help immediately.” If you know that you or your child is severely allergic to bee stings, Dr Levin recommends that you wear a medic alert tag at all times and see your doctor for a prescription for an emergency kit with an adrena-line syringe (Epipen). If used im-mediately after the first sign of a systemic symptom following a bee attack, this injection will stop the allergic reaction from progressing and could save your life. “For most varieties of bee stings, antihistamines will help to stop itching and lessen swelling, and no preventive therapy will be nec-essary.

If you are severely allergic to bee stings, talk to a doctor about get-ting venom immunotherapy (al-lergy injections) from an allergist to reduce the risk of getting ana-phylaxis from subsequent stings. “Immunotherapy or allergy injec-tions are generally not necessary for patients who have experienced only local reactions to stings. However, when it comes to chil-dren, allergy injections should be considered if the child has a respi-ratory reaction, such as an asthma attack, or a serious systemic reac-tion like anaphylactic shock. “For adults, immunotherapy should also be considered if they have a respiratory reaction, seri-ous anaphylactic shock, or if they break out in a rash immediately af-ter the sting,” says Dr Levin. For more information about bee sting allergies, phone 0860 PHAR-MA (742 762) or log on to www.allergyexpert.co.za to post queries to Dr Levin.

Recent bee attacks trigger public fears

Wanted!These suspects are wanted for business robbery and house robbery in Makwassie. The community is requested to help the SAPD trace the sus-pects. Please be adviced that the they are armed with firearms and are very dangerous. They are between ages 35-46 and are using Setswana to communicate. Anyone with information can contact Detective Constable Mills on 0185974108 during office hours and 0823738213 after hours.

EduPlant, the national programme that teaches educators, learners and communities how to sus-tainably grow their own food, will be rolling out 45 workshops across all nine provinces. The workshops will teach participants permaculture gardening methods as a viable means of address-ing food security in South Africa. EduPlant is the South African schools’ food gardening and greening programme and competition that was started by national greening and food gardening social enterprise Food & Trees for Africa (FTFA) in 1994. It began as a simple greening competition in Gauteng province only and has now developed into one of the most effective national school programmes in the country, focusing on sustainable devel-opment through greening and permaculture food gardening. EduPlant has three funders, namely Absa, Engen and the Woolworths Trust, while FTFA coordinates the programme nationally. “Permaculture is now seen by many schools to be a definite way forward for food security and improved natural resource use and management. It has given hope to many for a brighter and more sustainable future,” says Joanne Carty EduPlant Programme Manager. The programme encourages youth to live in harmony with the environment while reaping the benefits of healthy food and a more eco-conscious lifestyle. The National Department of Basic Education sup-ports the initiative as it means the learners who are fed from the permaculture food gardens are better able to learn. In 2011, EduPlant focused on imparting skills through a series of cluster workshops to allow local schools to share information and knowledge. 36 clusters were identified around the country. Up to fifty schools in a vicinity participated in each cluster. A series of six workshops will take place at each of these identified clusters. The main themes being covered at these workshops include: Effective garden design and layout; Soil and fertility; Cultivation; Staple food systems; Health, food and nutrition; Plant propa-gation and seed saving; Integration of trees and Introduction to global warming . During the workshops schools were also provided with plant materials, seeds, trees and educational resources to help to make their permaculture food gardens more sustainable. The workshops equip educators and parents across the country with the necessary skills to allow them to cultivate permaculture gardens in their own schools and, in this way, help address food shortages in their communities. Many of the educators who have participated in previous workshops have become so engaged in the permaculture way of gardening that they share their new found skills, resulting in more gardens and more sustainably grown food in their communities. “Food security is an urgent issue with millions in Africa going to bed hungry every night and this will be exacerbated by climate change. It is thus vital to teach communities, and especially the youth, that for minimal financial investment they can sustainably and independently grow their own good food and improve their quality of life,” says Jeunesse Park, Founder of Food & Trees for Africa. The workshops will continue until mid-March this year. They are interactive, fun and provide lots of practical information about starting and growing a permaculture garden. Educators also have the oppor-tunity to interact with each other and exchange ideas about establishing and maintaining their gardens and incorporating these lessons into their teaching. Even though the workshops are aimed at educators, the success of the permaculture food gardens often depends on a team effort which ropes in learners, community members and parents. The school’s permaculture garden then becomes a rallying point for various sectors of the community to work towards a shared objective – literally benefiting from the fruits of their labour. All schools participating in the workshops have the opportunity to enter the EduPlant competition this year. Schools stand the chance of winning great prizes as well as a trip to Gauteng for representatives of the 60 finalist schools in October where they will spend four days in exciting workshops and presenta-tions aimed at broadening their skills before the overall winners are announced. So, if you want your schools to grow a permaculture garden and possibly win the competition this year, then please visit www.trees.co.za or contact Joanne Carty on 011 656 9802/3 for details on the work-shop nearest to you.

North West Workshop Schedule: Wednesday 22 February 2012 Keobusitse Primary School Dinokana Zeerust Thursday 23 February 2012 Naledi Primary School Ottosdal Thursday 01 March 2012 Thuto Lesedi Primary School Vryburg Tuesday 13 March 2012 Ras Primary School Brits Wednesday 14 March 2012 Galaletsang Science School Mothibistad

Ensuring food security through permaculture gardening

Page 6: Overvaal Nuus 24 Feb 2012

Bladsy 6 OVERVAAL 24 Februarie 2012

KleinadvertensiesWil u ‘n motor koop met geen deposito? Geen bestuurslisensie nodig nie! Skakel Ockie 079 702 4993, Raymond 072 781 2749, Glenda 082 078 4687. Krediet waardige kliënte alleen.

----------------SEEP SHOPPIE - WOLMARANSSTAD

Tel: 018 596 2630 en Sel: 083 254 1553. Amoniakreiniger - R11/L, Stardishwash - R13,50/L, Bleikmiddel - R9/L, Matshampoo - R16.50/L, Wasgoedversagter - R11/L, Hoëskuimwaspoeier - R25/2kg en vele meer. Tussen Apteek en Dr van Zyl spreekkamer.

----------------KLERE / GORDYNE

Ons herstel en doen verstelwerk aan mans, dames en kinderklerasie. Ons maak ook gordyne. Navrae van 8vm - 1nm by RA Motors. Wolmaransstad.

----------------LEOMAR TUINDIENSTE

Gratis kwotasie vir die uitlê van enige tuin, plaveisel. Ons doen besproeiings en tuindienste. Ons werk is van kwaliteit gehalte en is oral te sien. Kom besoek ook ons kwekery vir u saailinge, struike, roosbome en vrugtebome. Skakel Leonie 071 340 6094 of Marius 083 695 4137

----------------Mooi vars knoffel te koop @ R30 per kg. Verpak in 4kg en 5kg sakkies. Kontak: 018 596 2189 of sms na 082 621 9103.

----------------Is jou besigheid ‘n “wit olifant” – maak dit nie genoeg geld nie? Nasionale internet Bemarking. http://www.whiteelephantmarketing.co.za. 072 472 8686. Ook websites regoor SA.

----------------Kontant vir karre en bakkies – 072 472 8686 / 053 963 1409. Thinus

----------------

TE KOOP2 Elektroniese Hout Motorhuis deure met motors. R7800. Delarey Str. 34, Wolmaransstad. Skakel 083 303 3337.

----------------DRINGEND

39 Jarige blanke man soek dringend werk. 15 jare gemengde boerdery, delwery ondervinding. Kode 14 + pdp. Kan dadelik begin. Sel: 078 720 1561. Huis: 018 596 2063.

----------------HUIS TE KOOP

4 Slaapkamers met ingeboude kaste, 2 sitkamers, eetkamer, kombuis, opwas, 2 badkamers, toegeboude braai area, woonstel met garage, rondawel. Irvine Str. 30. Skakel 018 596 1386 (saans) of sel: 083 8700 285.

----------------

TE HUURToesluit Garages @ R300 per maand. Veilig / Sentraal geleë in Wolmaransstad. Kan ook as stoorplek gebruik word. Skakel 018 596 1165.

----------------WAENTJIES TE HUUR

Marulus Cheapies & Rent A Trailer. Waentjies vir verskeie gebruike. Ons is langs Witpoort Drankwinkel. Skakel my vir meer inligting. Sel: 076 362 4072.

----------------Gaan ontspan die langnaweek by die see. Asten Bay, 4 slaap. 7 Nagte, R3850-00. Regdeur die jaar, R550 buite seisoen en R650 binne seisoen per dag.Skakel Willie 083 307 6395

----------------MERC TE KOOP

Mercedes Benz 230E, 1982, out. Silwer Grys. Brandstof inspuiting. R17 000. Tel eienaar 082 359 8078.

----------------

LA WOEF HONDESALONBring u woef vir ‘n 5 ster behandeling. Ook nou oop die laaste Saterdag van elke maand. Lunel 079 699 1622.

----------------LUTHEA PARFUUM

146 geure om te bemark! – Uitstekende kommis-sie! 083 6550445/ [email protected] / www.luteaperfume.co.za

----------------

TE KOOPHeerlike vars droëvrugte & neute. Groot verskeidenheid konfyte. Jugnificentbeker – Niks kook ooit weer oor nie. Vele ander kombuishulpmiddels. Kontak Sarie 083 507 8856.

----------------FRED-ONTWERP-TEKEN BOUPLANNE

Is NH BRC geregistreerde bouer. Dakke, plafonne, kaste, palisades, hekke. Staal structure. Doen mini trekke – Gaan haal jou parte ens. Sleepwaentjies te huur. 082 803 0371.

----------------TE KOOP

Weggooi-doeke nou te koop by Bertina (Desperado Hardeware), asook Kangmei en Fruit& Veggies verslankings pille. Navrae: 083 7922 757 of 018 596 2596.

----------------Krazee-Cow Video Winkel in Wolmaransstad benodig ‘n jong dame. Moet bereid wees om naweke te werk. 071 459 2610 / 086 564 5691.

----------------TE KOOP

Baie geelperskes beskikbaar, veral vir die stook van pampoer , inlê, bladjang, konfyt of wat ook al. Skakel vir Tilla by 082 946 6078.

----------------

WesvaalOns bied vertroosting.

Ons gee om. Wesvaal Begrafnisondernemers

Alle ure: (018) 5961126/7 Faks: (018) 5962025.

Sel: 083 4192350 Eienaar: J.A.Coetsee

en personeel

Die Kankervereniging van Suid-Afrika (KANSA) vier meer as 80 jaar van diens en is steeds volstoom aan die gang - alles is gerat vir hul 9de jaarlikse Shavathon. Jy kan enigiemand wat ooit deur kanker geraak is ondersteun deur deel te neem aan Shavathon van 1 – 4 Maart 2012.

“Ons wil graag almal bedank, veral ook ons vrywilligers, wat verlede jaar deelgeneem het by 250 winkelsentrums en by 220 werk-splekke om R7.1 miljoen in te samel sodat KANSA kan voortgaan om ons diens aan die gemeenskap te lewer en kankeroorwin-naars te ondersteun,” sê KANSA se Hoof van Sake-ontwikkeling, Rachel Wall. KANSA moedig maatskappye en indivi-due aan om te help om ‘n verskil te maak

deur hulle hare te laat skeer of te laat kleur-spuit in ‘n verskeidenheid van kleure en daardeur kankeroorwinnaars deur ‘n R50 skenking (of R25 vir kinders onder 12) te ondersteun. Maatskappye kan registreer en benodigdhede bestel om ‘n Shavathon op 1 en 2 Maart by hul werkspersele aan te bied. Mense kan ook verder op 3 en 4 Maart 2012 by hulle naaste winkelsentrum deelneem. Deelnemers kan hulle hare laat kleurspuit met stensils in die vorm van ‘n ster, skoen-lapper, blom, sokkerbal, weerligstraal of die woord ‘warrior’. Nuut vir die KANSA 2012 Shavathon is ‘n aanlyn platform vir vrywilligers en Suid-Afrikaanse maatskappye om deel te neem as aanlyn ‘kampioene’ deur fondse te in en pryse te wen – neem deel deur die ‘like’

knoppie op ons Facebook te kliek. Neem deel aan KANSA se aanlyn-gemeenskap en verkondig die woord ver en wyd. Besoek www.shavathon.org.za om vandag nog in te skryf of maak ‘n veilige aanlyn-skenking. Wall sluit af deur te sê “KANSA se Sha-vathon is een van die land se mees aan-grypende openbare geleenthede waar mense uit verskillende gemeenskappe en onder ver-skillende omstandighede kan deelneem. Ons sien uit na die Suid-Afrikaanse gemeenskap se ruimhartige deelname hieraan in 2012 – ‘n baie simboliese wyse om ondersteuning aan kankeroorwinnaars te betoon.” Besoek http://www.shavathon.org.za/faq/ of skakel M Fourie 018-468 2038/082 520 8449 vir meer inligting oor hoe om deel te neem.

Dis weer die tyd om kaalkop en kleurvol vir KANSA te gaan

Page 7: Overvaal Nuus 24 Feb 2012

24 Februarie 2012 OVERVAAL Bladsy 7

Kennisgewings

Suidwes, ‘n vooruitstrewende maatskappy met sy hoofkantoor te Leeudoringstad in die Noordwes, wat vir meer as 100 jaar landbouverwante produkte en dienste aan sy landbouerklante in Noordwes- , Vrystaat- en Noord- Kaapprovinsie lewer, beskik oor die volgende vakature:

JNR BEMARKER TE WESMARK CHRISTIANADie suksesvolle kandidaat se verantwoordelikhede sluit in:

• Rekenarisering van aankope.• Hulpverlening en verkope aan klante.• Administrasie en kontrolering van voorraad.• Rakuitleg en promosies.

Vereistes:

• Graad 12 • Geldige bestuurslisensie.• Rekenaarvaardigheid ten opsigte van die nuutste Office-sagtewarepakkette (Excel, Word) en

taalvaardigheid in Afrikaans (praat, lees en skryf).• Moet goeie mens- en / of klanteverhoudinge handhaaf (telefonies en direk).• Algemene administratiewe ondervinding.• Goeie produkkennis van boerderybenodighede.• Uitmuntende klantediens.• Kennis van voorraadbestuur sal tot die kandidaat se voordeel strek.

SUID

WES

LAND

BOU

(EDM

S.) B

PK.

REG

NR 19

90/00

6879

/07

SLUITINGSDATUM: 02 MAART 2012

SUIDWES IS VERBIND TOT DIENSBILLIKHEID EN KANDIDATE UIT DIE AANGEWESE GROEPE SAL VOORKEUR GENIET.

Skakel Theo Gerber by 053-4413302 vir meer besonderhede, of doen skriftelik aansoek deur middel van ‘n CV en gewaarmerkte afskrifte van kwalifikasies en identiteitsdokument. (Faksnommer 018-5811510 of e-pos na [email protected]) Dui asb duidelikaan vir watter pos u aansoek doen.

Suidwes, ‘n vooruitstrewende maatskappy met sy hoofkantoor te Leeudoringstad in die Noordwes, wat vir100 jaar landbouverwante produkte en dienste aan sy landbouerklante in Noordwes- , Vrystaat- en Noord-Kaap-provinsie lewer, beskik oor die volgende vakature:

WINKELBEDIENER TE WESMEG HERTZOGVILLE

Die suksesvolle kandidaat se verantwoordelikhede sluit in:

• Pak van voorraad in rakke, skoonmaak van rakke en gebou.• Algemene werk as bode en ander take soos van tyd tot tyd vereis.• Liassering van dokumente.

Hierdie is ‘n multivaardigheidspos, wat take soos om voorraad - volgens ‘n kieslys – vanaf rakke te haal, insluit.

Vereistes:

• Algemene geletterdheid (lees en skryfvaardighede).• ‘n Geldige bestuurslisensie sal in die kandidaat se guns tel.• Moet in staat wees om voorraadhouding volgens rekenkundige beginsels toe te pas.• Kennis van onderdele sal in die kandidaat se guns tel.

Skakel Charles Raymond by 053 421 9218 vir meer besonderhede, of doen skriftelik aansoek deur middel van ‘n verkorte CV. (Faksnommer 018-5811510 of e-pos na [email protected]) Dui asb duidelik aan vir watter pos u aansoek doen.

SLUITINGSDATUM: 29 FEBR 2012

SUID

WES

LAND

BOU

(EDM

S.) B

PK.

REG

NR 19

90/00

6879

/07

BOEDELKENNISGEWINGIn die boedel van wyle: ALETTA MARIA VAN DER WESTHUIZEN, Identiteitsnommer: 460122 0065 08 1, Getroud binne gemeenskap van goed met JAN JOHANNES JACOBUS METYZEN VAN DER WESTHUIZEN, van Roodstraat 45B, Wolmaransstad. Krediteure en Debiteure word hiermee versoek om hulle eise in te dien en hulle skulde te betaal binne ‘n tydperk van 30 (DERTIG) dae gereken van datum van verskyning van hierdie advertensie af. COETZEE & VAN DER MERWE KRUGERSTRAAT 30A Posbus 12 WOLMARANSSTAD 2630 TELEFOONNOMMER: (018) 596 1056/7

KENNISGEWING VAN GEREGTELIKE VERKOPINGIN DIE LANDDROSHOF VIR DIE DISTRIK VAN KLERKSDORP GEHOU TE KLERKSDORP SAAK NO: 11099/2011 In die saak tussen: MOGOPODI GOPOLANG MONGALE EISER En MPHE MOSES DECK VERWEERDER Ingevolge uitspraak in die Hof van die Landdros van KLERKSDORP gehou te KLERKSDORP en Lasbrief tot Geregtelike Verkoping gedateer 21 NOVEMBER 2011 sal die ondervermelde goedere op 22 MAART 2012 om 11H00, te P/A HUIS 1354, LETSOPA, OTTOSDAL, aan die hoogste bieder geregtelik verkoop word, naamlik: 1 x FORD BUS (REG NR: BFB 314 NW), 1 x SKOOLBUS (REG NR: CJK 187 NW), 1 x 3 TON TROK (SKRAP), 1 x SKOOLBUS (REG NR: FBW 493 NW). GEDATEER TE WOLMARANSSTAD OP HIERDIE 14DE DAG VAN FEBRUARIE 2012. COETZEE & VAN DER MERWE POSBUS 12 KRUGERSTRAAT 30A WOLMARANSSTAD 2630 VERW: MNR VENTER/av

KENNISGEWING VAN VERKOPINGIN DIE LANDDROSHOF VIR DIE DISTRIK VAN

WOLMARANSSTAD GEHOU TE WOLMARANSSTAD SAAK NO: 587/1998 In die saak tussen: W CARSTENS EISER En J L SCHOLTZ VERWEERDER Ingevolge uitspraak in die Hof van die Landdros van WOLMARANSSTAD gehou te WOLMARANSSTAD en Lasbrief vir Eksekusie tot Geregtelike Verkoping gedateer 6 DESEMBER 2011 sal die ondervermelde goedere op DONDERDAG 15 MAART 2012 om 14:00 te LANDDROSKANTOOR PIET RETIEFSTRAAT WOLMARANSSTAD aan die hoogste bieder geregtelik verkoop word, naamlik: 1 x ISUZU BAKKIE REG NO HCW711NW, 1 x ROEIBOOT MET SPANE GETEKEN TE WOLMARANSSTAD OP HIERDIE 9e DAG VAN FEBRUARIE 2012. (GET.) W.J NIEUWOUDT Taljaard, Nieuwoudt & van Tonder Posbus 287, Krugerstraat 33 Wolmaransstad, 2630 (Verw: MNR. W.J NIEUWOUDT/ida) OVERVAAL

is ook

op

Facebook

Kom kuier

gerus saam.

KENNISGEWING VAN GEREGTELIKE VERKOPINGIN DIE LANDDROSHOF VIR DIE DISTRIK VAN WOLMARANSSTAD GEHOU TE WOLMARANSSTAD SAAK NO: 597/2009 In die saak tussen: OILFLOW CC EISER En BUSINESS HARMONY 14 (PTY) LTD (REG NO: 2005/009937/07) VERWEERDER Ingevolge uitspraak in die Hof van die Landdros van WOLMARANSSTAD gehou te WOLMARANSSTAD en Lasbrief tot Geregtelike Verkoping gedateer 26 OKTOBER 2011 sal die ondervermelde goedere op 16 MAART 2012 om 10H00, te P/A ROBYNSTRAAT 5, CHRISTIANA, aan die hoogste bieder geregtelik verkoop word, naamlik: 6 x REKENAARS, 6 x LESSENAARS. GEDATEER TE WOLMARANSSTAD OP HIERDIE 20STE DAG VAN FEBRUARIE 2012. COETZEE & VAN DER MERWE POSBUS 12 KRUGERSTRAAT 30A WOLMARANSSTAD 2630 VERW: MNR VENTER/av

Page 8: Overvaal Nuus 24 Feb 2012

Bladsy 8 OVERVAAL 24 Februarie 2012