12
Swartland LEES DIT, BELEEF DIT | READ IT LIVE IT Year 12 • 30 September 2014 | Tel. 022 482 3817 [email protected] bolandgazette.co.za Coetzee’s in hof vir borgtog CHARLOTTE LESCH MALMESBURY - Marius Coetzee, sy ma Kitty en vrou Adele, wat op sowat 70 aanklagte van bedrog te- regstaan, het nog ’n naweek in die selle deurgebring. Die 70 aanklagte sluit na bewering ’n bedrag van sowat R24 miljoen in. Hulle het glo mense se salarisstro- kies en bankstate vervals en só mo- tors by motorhandelaars gekoop waarvan die meeste transaksies by Becker Auto op Malmesbury plaas- gevind het. Becker Auto se eienaar, Reinier Becker, het voorheen aan die Gazette gesê Kitty het herhaaldelik voorne- mende kopers vergesel en na die han- delaar verwys. Bedrog het einde Ju- nie aan die lig gekom nadat ’n koper aangedring het dat Kitty by die tran- saksie by Becker Auto teenwoordig moes wees. Die Coetzee-familie het Vrydag in die plaaslike landdroshof verskyn vir ’n formele borgtogaansoek. Hul prokureur, Louis Lourens van Brits, het met die Coetzee’s se aansoek weens persoonlike redes onttrek. Die assistent-advokaat, Amanda Lukas, moes haarself ook verskoon omdat sy nie sonder prokureursinstruksies kon voortgaan nie, het Lourens aan die Gazette gesê. Volgens Lourens kan hy nie in dié stadium enige redes verskaf hoekom hy nie langer die Coetzee’s verteen- woordig nie, maar noem wel dit het niks met die saak te doen nie. Die staat het Vrydag aangevoer die Coetzee’s is onder meer ’n vlugrisiko en daarom nie op borgtog van R10 000 vrygelaat moet word nie. Marius, wat eerste sy getuienis ge- lewer het oor hoekom hulle wel borg- tog toegestaan moet word, sê hy is die enigste broodwinner van die familie. Hy het ook bekend gemaak dat hy en Adele ’n sesjarige dogter het wat tans deur haar oupa, Cobus Coetzee, in Brits opgepas word. Dit het gedurende die borgtogaan- soek aan die lig gekom dat Marius Coetzee slegs een vragmotor ter waarde van R700 000 besit wat onder Riebeek Logistics handel dryf. Rie- beek Logistics is verlede jaar begin. Hulle het voorheen onder sy naam vragte vervoer en as tussengangers vir vervoermaatskappye en kliënte opgetree. Hul enigste ander besit- tings is huishoudelike ware ter waar- de van sowat R500 000. Volgens Ma- rius kon hy weens finansiële redes nooit eiendom besit nie. Die staat het bekend gemaak dat nog ’n bedrogsaak teen Coetzee in Springbok hangend is. Die staat het Vrydag by die borg- togaansoek vasgestel dat die Coet- zee’s in die afgelope nege jaar 15 keer verhuis het. Elke huis is glo onder sy naam gehuur, behalwe die huis in Re- tiefstraat op Moorreesburg, wat on- der sy pa se naam gehuur is. Marius kon nie redes verskaf hoekom dit nie onder sy naam was nie. Die staat het verklarings in sy besit van sommige verhuurders wat meen die Coetzee’s het weens agterstallige skuld ver- huis. Die gesin het sowat 10 maande op Moorreesburg gebly nadat hulle van Riebeek-Kasteel getrek het. Sy ouers het intussen Malmesbury toe getrek, terwyl hy en Adele op Moorreesburg gebly het. Riebeek Logistics se kan- toor was op Malmesbury. Hulle is daarna na Rustenburg waar hulle vir ’n maand gebly het voordat hulle ’n kleinhoewe op Brits te huur gekry het waar hulle in hegtenis geneem is. Hulle het volgens Marius na die noorde verhuis omdat daar meer werk is. Die perseel waar hulle bly en waarvandaan hul besigheid doen is ook goedkoper. “Die huur op Mal- mesbury was te duur,” het hy onder meer as rede verskaf oor hoekom hul- le wéér verhuis het. Die staat voer aan hul vervoer- maatskappy is ’n front, wat Marius ten sterkste ontken het. Becker het intussen bevestig dat Ford SA sy franchise by Becker Auto onttrek het. Ford SA se woordvoer- der, Alisea Chetty sê dit is die maat- skappy se beleid om geen Ford-voer- tuie onder waarborg by ’n maatskap- py wat nie ’n franchise is, te laat diens nie, anders sal die waarborg verval. Die formele borgtogaansoek word Vrydag voortgesit. STEVE MAAK VROUE SE DAG:Esmari Steenkamp van Malmesbury se Toeka 3-CD word deur Steve Hofmeyr geteken nadat hy die afgelope Donderdag by vanjaar se Damesoggend op- getree het. Oor die 320 vroue het die dag bygewoon. Sien nog foto’s op bl. 4. FOTO: CHARLOTTE LESCH Steve kikker vroue se oggendtee op

Swartland gazette 30 sept 2014

Embed Size (px)

DESCRIPTION

Swartland gazette 30 sept 2014

Citation preview

Page 1: Swartland gazette 30 sept 2014

Swartland

LEES DIT, BELEEF DIT | READ IT LIVE IT Year 12 • 30 September 2014 | Tel. 022 482 [email protected]

bolandgazette.co.za

Coetzee’s in hof vir borgtogCHARLOTTE LESCH

MALMESBURY -Marius Coetzee,symaKitty en vrou Adele, wat opsowat 70 aanklagte van bedrog te-regstaan, het nog ’n naweek in dieselle deurgebring.

Die 70 aanklagte sluit na bewering’n bedrag van sowat R24 miljoen in.Hulle het glo mense se salarisstro-kies en bankstate vervals en só mo-tors by motorhandelaars gekoopwaarvan die meeste transaksies byBecker Auto op Malmesbury plaas-gevind het.Becker Auto se eienaar, Reinier

Becker, het voorheen aandieGazettegesê Kitty het herhaaldelik voorne-mendekopersvergesel ennadiehan-delaar verwys. Bedrog het einde Ju-nie aan die lig gekom nadat ’n koperaangedring het dat Kitty by die tran-

saksie by Becker Auto teenwoordigmoes wees.Die Coetzee-familie het Vrydag in

die plaaslike landdroshof verskynvir ’n formele borgtogaansoek. Hulprokureur, Louis Lourens van Brits,het met die Coetzee’s se aansoekweenspersoonlikeredesonttrek.Dieassistent-advokaat, Amanda Lukas,moeshaarselfookverskoonomdatsynie sonder prokureursinstruksieskon voortgaan nie, het Lourens aandie Gazette gesê.Volgens Lourens kan hy nie in dié

stadium enige redes verskaf hoekomhy nie langer die Coetzee’s verteen-woordig nie, maar noem wel dit hetniks met die saak te doen nie.DiestaathetVrydagaangevoer die

Coetzee’s is ondermeer ’n vlugrisikoendaaromnieopborgtogvanR10 000vrygelaat moet word nie.Marius, wat eerste sy getuienis ge-

lewerhet oor hoekomhullewel borg-tog toegestaanmoetword, sêhy isdieenigste broodwinnervandie familie.Hy het ook bekend gemaak dat hy

en Adele ’n sesjarige dogter het wattans deur haar oupa, Cobus Coetzee,in Brits opgepas word.Dit het gedurende die borgtogaan-

soek aan die lig gekom dat MariusCoetzee slegs een vragmotor terwaarde van R700 000 besit wat onderRiebeek Logistics handel dryf. Rie-beek Logistics is verlede jaar begin.Hulle het voorheen onder sy naamvragte vervoer en as tussengangersvir vervoermaatskappye en kliënteopgetree. Hul enigste ander besit-tings ishuishoudelikeware terwaar-de van sowat R500 000. Volgens Ma-rius kon hy weens finansiële redesnooit eiendom besit nie.Die staat het bekend gemaak dat

nog ’n bedrogsaak teen Coetzee in

Springbok hangend is.Die staat het Vrydag by die borg-

togaansoek vasgestel dat die Coet-zee’s in die afgelope nege jaar 15 keerverhuis het. Elke huis is glo onder synaamgehuur,behalwediehuisinRe-tiefstraat op Moorreesburg, wat on-der sy pa se naam gehuur is. Mariuskonnie redes verskaf hoekomdit nieonder sy naamwas nie. Die staat hetverklarings in sy besit van sommigeverhuurders wat meen die Coetzee’shet weens agterstallige skuld ver-huis.Die gesin het sowat 10 maande op

Moorreesburg gebly nadat hulle vanRiebeek-Kasteel getrek het. Sy ouershet intussenMalmesbury toe getrek,terwyl hy en Adele opMoorreesburggebly het. Riebeek Logistics se kan-toor was op Malmesbury. Hulle isdaarnanaRustenburgwaarhullevir’n maand gebly het voordat hulle ’n

kleinhoewe op Brits te huur gekryhetwaarhulle inhegtenis geneem is.Hulle het volgens Marius na die

noorde verhuis omdat daar meerwerk is. Die perseel waar hulle blyen waarvandaan hul besigheid doenis ook goedkoper. “Die huur op Mal-mesbury was te duur,” het hy ondermeerasredeverskafoorhoekomhul-le wéér verhuis het.Die staat voer aan hul vervoer-

maatskappy is ’n front, wat Mariusten sterkste ontken het.Becker het intussen bevestig dat

FordSA sy franchisebyBeckerAutoonttrek het. Ford SA se woordvoer-der, Alisea Chetty sê dit is die maat-skappy se beleid om geen Ford-voer-tuie onderwaarborg by ’nmaatskap-pywatnie ’nfranchiseis, te laatdiensnie, anders sal die waarborg verval.Die formele borgtogaansoek word

Vrydag voortgesit.

STEVE MAAK VROUE SE DAG:Esmari Steenkampvan Malmesbury se Toeka 3-CD word deurSteve Hofmeyr geteken nadat hy die afgelopeDonderdag by vanjaar se Damesoggend op-getree het. Oor die 320 vroue het die dagbygewoon. Sien nog foto’s op bl. 4.

FOTO: CHARLOTTE LESCH

Steve kikkervroue seoggendteeop

Page 2: Swartland gazette 30 sept 2014

Swartland Gazette News - Nuus Tuesday 30 September 20142

Moorreesburg SAPD en slagoffer-ondersteuners het ’n slagofferregte-weekvan stapel gestuur. Sersant Nicolette Visagie het ’n bewusmakingsveldtogin Koringberg, Withoogte en Moorreesburg gehou. Daar is van deur totdeur gegaan om die slagoffers bewus te maak van hul regte. Hier is sersantNicolette Visagie besig om aan ’n slagoffer haar regte te verduidelik.

Polisielede doenpuik werkMOORREESBURG - Drie verdagtes met ge-steelde items ter waarde van R20 000 is vasge-keer en in hegtenis geneemdanksy flink optre-de deur polisielede van Moorreesburg-polisie-stasie.Die polisie is verlede week ontbied nadat ’n

inbraak by ’n huis in Reservoirstraat plaasge-vind het.Die polisie het ’n anonieme oproep op pad

na die toneel ontvang, nadat drie verdagtemans by die munisipaliteit gewaar is.Hulle het omgedraai en op die klagte gerea-

geer. Met die polisie se aankoms het hulle diemans genader, wat begin weghardloop het.Hulle is inbesitvangesteelde itemsaangekeer.

Sers.Nico Brande en Konst. Melvin Rosenburg vanMoorreesburg-polisiestasie.

Vrou se lyk deur publiek ontdekCHARLOTTE LESCH

MALMESBURY - Die liggaam van’n vrou is verlede Maandag om-streeks 16:00 in die Dieprivier opMalmesbury ontdek.Johanna Baron (39), oorspronk-

lik vanMoorreesburg, se lyk is op22 September uit die rivier nabydie brug in Dalsig (oorkantMcDo-nald’s) verwyder nadat lede vandie publiekdie polisie ontbiedhet.“Dienadoodseondersoekhetge-

toon dat Baronwel dood is aan na-tuurlikeoorsakeendatsyvermoe-delik verdrinkhet,” sê die plaasli-ke woordvoerder, konst. HennieDurand.Geen seksuele misdryf of mis-

daad word vermoed nie.Durandvoegbydatgeenuitwen-

dige beserings ophaar liggaamge-vind is nie.Die voorval het vermoedelik

laat verlede Sondagaand of vroegdie volgende oggend plaasgevind.

Produsente van die jaar byproewedag bekroonMALMESBURY-DieKoringstudie-groepvanMalmesburyhet die afge-lope proewedag op Erfenisdag ’nbraai op die plaas Grasrug aange-bied.Sowat 90 besoekers en produsen-

te het die dag bygewoon.Vanjaar seprodusentvandie jaar

is Gert Claassen wat die Wes-KaapGraan Produsent Wisseltrofee ont-vang het. Volgens Wynand de Lan-ge, wat deel van die beoordeling-spanwas, is kampe volgens hul bio-massa (t/ha), are/m², gemiddeldedaaglikse groei, are/10 g saad ge-plant, en die biomassa van stikstof/kg/ha gemeet.EddieTerblanchehet tweedeplek

behaal met Dolfie Walters in derdeplek.Die wenner van die MEO-wissel-

trofee (maksimum ekonomiese op-brengs) vir maksimum wins vir

2013, in die afdeling, Bruto Marge/ha is Paul Truter (R10 016/ha) metHennie Eksteen (R6 753/ha) in dietweede plek en Derrick Bekker(R6 300/ha) derde.Die wenner van 2013 se afdeling,

hoogste koringopbrengs, is PaulTrutermet5,4 t/ha.HennieEksteenis tweede met 4,8t/ha en Piet Steynderde met 4,42 t/ha.Louis Coetzee van Kaap Agri het

die voorsittersprys gewen vir dielid wat die voorsitter diemeeste ge-durende die jaar bygestaan het.Sowat 16 800 hektaar se gewasda-

ta is ingeskryf in Malmesbury-stu-diegroep waarvan 10 128 koring is.(Dit is slegs die ingeskrewehektaredeur die studiegroep en nie totalehekaar vir Malmesbury nie).Altesaam 1 434 hektaar se kanola

is vanjaar geplant deur die studie-groep.

Van links staan die voorsitter van Malmesbury Landbouvereniging se Koringstu-diegroep, Derrick Bekker, met Gert Claassen (middel) en Paul Truter (regs).

FOTO’S: CHARLOTTE LESCH

Neels Welman van Wes-Kaap Graan Pro-dusente (Bpk) oorhandig Claassen seWKG-wisseltrofee aan hom.

Truter ontvang die MEO-wisseltrofee byMarais Liebenberg van YARA.

Piet Steyn gesels oor die voer op sy plaas tydens die besigtiging van proewe.FOTO: MARAIS LIEBENBERG

Gert Claassen luister saam met die ander produsente terwyl proewe bespreekword. FOTO: MARAIS LIEBENBERG

Mykonos Festivalcoming soon!MykonosCasinoandClubMykon-os Resort are hosting the annualMykonos Festival from 3 to 12Oc-tober.

MykonosCasino ishosting themu-sic entertainment over a six-day pe-riod on the festival grounds.The line-up for this period will fo-

cus on well-established and knownartists such as JosephClarke, Black-Byrd, Juanita du Plessis, Jay, Good-

luck, and Kalahari Orkes.Win with the Gazette: Three

lucky readers stand the chance towin double tickets to either theBlackbyrd, Goodluck or Jay shows.Simply SMS “Mykonos” and your

choice of artist or band to 37173 by26 September.The three lucky numbers drawn

will be contacted telephonically.(SMSes cost R1,50 each).Go to www.clubmykonos.co.za.

Page 3: Swartland gazette 30 sept 2014

Swartland GazetteNews - NuusDinsdag 30 September 2014 3

Kursus virentrepreneursNICOLE CLOETE

Malmesbury Sakekamer in sa-mewerking met die AHi (Afri-kaans Handelsinstituut) en!Khwattubiedvanaf6-10Okto-ber ’n entrepreneurskursusaanby !Khwattu-opleidingsge-riewe.

Die kursus sal gelei word deurdie bekende dr. Johan Louw, ’nkundige op dié gebied sowel as ’nbekende skrywer oor die onder-werp van entrepreneurskap.RicoKruger, die koördineerder

van die program, het die behoeftevir entrepreneursopleiding raak-gesien.Hysêdatnet4%vannuwebesighede slaag en nie omdat dit’n slegte besigheid-idee is nie,maar omdat besighede nie die no-digkundigheidhet omas ’n entre-preneur suksesvol te wees nie.Vyftien leerders is tans besig

om hul agt maande kursus in toe-risme by !Khwa ttu te voltooi, ensal hierdie week die entrepre-neurskursus doen, waarvoor hul-le sertifikate sal ontvang.Daar is 10 persone, onder ande-

re vanMalmesbury en Abbotsda-

le, waarvan agt van agt in same-werking met die plaaslike Thu-song-sentrum gewerf is. Hullebedryfreedshuleiekleinbesighe-de en volg die kursus om meer teleer oor entrepreneurskap.Die koördineerder gaan ook ’n

nasorgdiens verskaf aan diegenewat hulself as entrepreneurs indie Swartland-omgewing gaanvestig.Rico verduidelik dat die nasorg

een keer per jaar sal plaasvind enbyhierdie geleentheid kan die be-sigheidseienaar terugvoeringgeesowel as vrae stel indien hy enigesou hê.Aangesien dit ’n baie duur kur-

sus is wat op verskeie manieredeur die rolspelers geborg word,is elke kursusganger vooraf deurRicogekeur, soookdie15 leerdersvan !Khwa ttu wat deur hulle ge-keur is.Die beplanning het alreeds in

Januarie 2014 begin en die Mal-mesbury Sakekamer is trots omdeel hiervan te wees.As die kursus en program ’n

sukses is, sal dit volgens Ricowaarskynlik weer in 2015 aange-bied word.

Skoutyd is pronktyd op M’bury

Malmesbury Skou het die afgelope naweekop die dorp se skougronde plaasgevind.Hier staan die trotse skou-president, BenMarais, saam met Pick n Pay Malmesburyse mede-eienaar Nelia Kirsch, wat een vandie groot borge van die skou was. Die getalbesoekers was teen druktyd nog nie be-kend nie. FOTO’S: CHARLOTTE LESCH

Lizette Lewis, kliëntebestuurder van Pickn Pay, by een van die voertuie wat pas die4x 4-roete voltooi het. Die 4x4-hinderniswas ’n splinternuwe item op die skou seprogram gewees.

JP Slab-bert, An-drewSmuts enJan Nel-son kuierlekkersaam byvanjaar seskou.

Ronald Geldeneys was vol modder nadathy aan die 4x4-hindernisren deelgeneemhet.

Megan Smith (links) en haar suster, Michelle, het vanjaar aan Malmesbury Skou methul perde, Tinkelbel en Crossfire deelgeneem.

Dit was die sesjarige Janneke Rocher se eerste skousaam met Altemera’s Donatello. By haar staan haarafrigter, Bianca Bredenkamp.

Miné Thiart (links) staan saam met AnikaThiart (middel) en Jana Esterhuize in ’n ouwa wat deur die Voortrekkers gebruik is,vir ’n bietjie skaduwee.

Page 4: Swartland gazette 30 sept 2014

Swartland Gazette News - Nuus Tuesday 30 September 20144

Damesoggend 2014 ’n treffer

AMESOGGEND 2014:Malmesbury Skou se gewilde Damesoggend was vanjaar wéér ’n weg-holsukses met oor die 320 gaste wat hierheen gestroom het om Steve Hofmeyr te sienoptree. Hy het gedurende die vertoning sy nuutste album, Toeka 3, bekend gestel, wateers die volgende dag op winkelrakke sou verskyn. Madelein Viljoen, hoof-organiseerder,het ’n groot applous en baie bedankings ontvang vir nog ’n suksesvolle dag. Soos NeliaKirsch, mede- eienaar van Pick n Pay Malmesbury (hoofborg) sê, “sy het die mensegegee wat hulle wou hê, naamlik Steve.” Van links staan Hildegarde Geldenhuys, CarolRossouw, Hetlo Grobbelaar, Steve Hofmeyr, Jeanette de Kock, Anene Potgieter, Lindavan Tonder, Rochelle Neethling en Tanja Louw heel agter. FOTO: CHARLOTTE LESCH

ONS GAAN VIR STEVE KYK:Agter staan Monica Louw, Nadia Smit en Christelle de Langemet Ilse van der Merwe, Mercedes Mocke en Corneli du Toit wat die oggend saamkom geniet het.

Norwegians visit West Coast CollegeA delegation from Nor-way, two lecturers andsix students, arrived inSouth Africa earlier thismonth as part of an ex-change programme be-tween West Coast Col-lege and KirkeparkenSecondary.

During their stay, theywill be visiting all theWestCoast College campuses toattendclassesandshareex-periences on culture anddiversity.This visit forms part of a

partnership between Kirk-eparken Secondary inNor-way and the West CoastCollege and annually stu-dents of both educationalinstitutions visit each other. Earli-er this year students and staff fromWest Coast College visited Kirke-parken Secondary, many of them

travelling abroad for the very firsttime.According to the Student Sup-

port Manager at West Coast Col-

lege, Ntombekhaya Ndu-na, the college aims tomake these opportunitiesavailable to students whootherwise would not havebeen able to travel and ex-perience the culture ofother countries.“This partnership with

Kirkeparken opens somany doors for studentsfrom the most rural areasin theWestCoast.Thestu-dents, who have beenlucky enough to be part oftheexchangeprogramme,have renewed confidencein themselves andbecomeambassadors for the col-lege and role models intheir communities,” saidNduna.AtWestCoastCol-

legestudentsgetameaningfulqual-ification and also a cultural experi-ence that contributes to their holis-tic development”, she said.

Front row( from left): Ntombekhaya Nduna, Madelen Korsell,andAnne JilieOlausen.Middle row (from left) ErlandRodsten,Christine Kristiansen Lauvås and Morne Meyer. Back row(from left) Karin Hals, Åsmund FrØvik, PederWehn enMagnysRosenburg.

Nog skou-foto’s

Corné Cummings sit binne haar pa, Graig, se 4 X 4-voertuigwat gedurende die skou aan die hindernis deelgeneem het. Hierhet hulle bietjie moeilikheid opgetel nadat die hindernis vir hulleore aangesit het. FOTO’S: CHARLOTTE LESCH

BEESSKOU: DieSimmentalerkoei van Nooi-ensdam Sim-mentalers hetVrydag aan diebeesskou, eenvan die items byMalmesburySkou, deelge-neemFOTO: INEKESCHEEPERS

Page 5: Swartland gazette 30 sept 2014

Swartland GazetteNews - NuusTuesday 30 September 2014 5

Pick n Pay opMalmesburysewerkershetook Erfenis-dag gevier.Hier is diespan aange-trek vir die ge-leentheid.

Illingelethu vier syerfenis met swier

Die Thusong Sen-trum in Illingelethuin samewerkingmet die Swartland-munisipaliteit hetgroot vieringe ge-had vir Erfenisdag.Verskeie kultureledansgroepe het op-getree en die ge-meenskap ver-maak. Die Swazi-lemvelo-dansgroepwas een van velegroepe wat opge-tree het by dié ge-leentheid. FOTO’S:NICOLE CLOETE

Die vroue het diekombuis beman enkos gemaak vir dieskare. Hier (van links)Nombonyo Sogwag-wa, ThandoBeja, Siw-diswa Mpimpilashe,Nozvko Nqokoto, Xol-iswa Mphunga, Vuve-kwa Ntozini enAkwanqni Kosani hetgesorg dat daar ietsvir almal was.

Friends Forever-sanggroep enYoung Star-dansgroep wasook van die groe-pe wat opgetreehet.

Groot jolyt by AllesverlorenFEESTELIK BY BAZAAR: DieRiebeek-Wes-bazaarhet die afgelopenaweeksaam met die Shiraz-fees by Allesverlorenplaasgevind. VolgensJuleneWalters was daar’n goeie opkoms ge-wees. Agter van linksstaan Peet Walters,Rossouw Dippenaar,Van der Byl Brink, Mela-nie Bester en MarcélDippenaar met JuleneWalters, Belinda Dippe-naar, Carin Brink, EliezeDippenaar en AnnaliBrink heel voor binnedie Allesverloren-ont-haalsaal. FOTO: CHAR-LOTTE LESCH

Page 6: Swartland gazette 30 sept 2014

Swartland Gazette News - Nuus Tuesday 30 September 20146

Beveg misdaadDie gevoel dat die inwoners van Malmesburypassief is oor misdaad, bestaan al ’n geruimetyd.

Dié tendens is ook by vandeesweek se GPF-vergaderingdeur inwoners teenwoordig,geop-per.

Die feit dat die kabeldiefstal die plaaslikespeurtak reeds sedert Februarie vanjaar son-der kommunikasiegeriewe laat en byna geenvordering sedertdien plaasgevind het nie, magdalk ’n goeie rede wees vir inwoners om so tevoel. Baie kla oor die tekort aan voertuie enpersoneel by die plaaslike polisiestasie. Baiekla oor misdaad wat steeds die oorhand kry,veral kabeldiefstal. Maar niemand doen ietsdrasties daaraan om byvoorbeeld die kabeldie-we skrik op die lyf te jaag nie.

Is die dorp se passiwiteit egter die probleem?Sal ’n petisie met handtekeninge en ’n memo-randum met inwoners se misnoeë aan die nasi-onale polisiekommissaris regtig help?

Alles hang mos alewig van die begroting af.Daar word keer op keer berig van Khayelitshase tekort aan personeel, asook Melkbosstranden baie ander dorpe. Dit is egter nie ’n redeom moed op te gee nie. Teken daardie petisie,doenordentlikenavorsingwatfeiteoordiepro-bleme staaf en stuur dit vir die nasionale kom-missaris. Al kom daar niks van die eerste pro-beerslag nie, doen dit weer en weer en laat mis-dadigers weet die inwoners is aktief.

Is sonde lekker?Is sonde lekker?PASTOOR PIET SMIT

Heb. 11:25 – “om ’n tyd lank die genot van diesonde te hê.”

Die nuusberigte is oorlaai met korrupsie enbedrog.Kort-korthooronsvannog ’n skandaalwat oopgevlek is in die hoogste kringe waarmiljoene en selfs miljarde rande by betrokkeis.

Vir ’n tyd lank geniet daardie mense sekerdie voordeel wat baie geld alleen kan bring:Luuksewonings,duurmotors, oorsesereiseenoordadige kos in uithang-eetplekke. Maar danop ’n goeie dag slaan die polisie toe. Die Valke-eenheid het al die bewyse. Dan volg die skandeen benoudheid, wanneer daar beslag gelê wordopdaardiebateswatonregmatigbekomis.Hul-le verloor hulle aansien, poste en hul salarisse.Dis hofsake op hofsake. Die media plaas foto’senberigte enalmal sienhierdiemensesegesig-te as hulle as skelms ten toon gestel word. Kyknet hoe probeer hierdie mense hulle gesigte be-dek wanneer die kameras op hulle gerig word.Waar is die genot van die sonde, wanneer hullegevonnis word tot jare agter tralies en hullebeskou word as misdadigers?

GEBEDHere,nieeenvanonsistegoedomtestruikel.

Bewaar ons van sonde. Amen.

ONS SWEM ONDANKS KOUE:Die weerhaan se voorspelling van bibberweer vir die afgelope naweek opMalmesbury was in die kol. Dit het egter nie dié seuns van Malmesbury gestuit toe hulle HenkoBrand se partytjie vol wateraktiwiteite op die plaaslike rugbyveld bygewoon het nie.

FOTO: CHARLOTTE LESCH

Bedanking aanBedanking aanpolisie vir knap werkpolisie vir knap werkEk wil net vir die Malmesbury-polisie, sowelas Swartland verkeerspan, verskriklik dankiesêvirhuluitmuntendegoeiewerk.Vyfmaandegelede is my taxi in die Parow-woonarea ge-steel. Dit was by die paneelkloppers en die ver-dagtes het voorgegee om die eienaars van dietaxi te wees. Ek het toe ’n boete ontvang watwys die taxi is in Malmesbury. Ek het die poli-siekantoorgekontakenbinne tweedaehethul-le my taxi gekry. Ek is baie dankbaar en wilnet vir hulle sê hul werk word waardeer.

Ek wil vir Roderick Hendricks van Swart-land-verkeer en konstabels Daniels en Frede-ricks uitsonder vir hul goeie werk. Die laastevyf maande was moeilik, maar ek het nou weerhoop vir die polisiediens. Weereens baie dan-kie.

DANKBAAR VAN OUTSHOORN

Die kleuters van Glinster Ogies Dagsorgsentrum het ’n draai by die plaaslike Superspar gemaak.Die kleuters was baie opgewonde en het geleer dat jy groente, melk, hout, plante, koue vleis asook’n verskeidenheid speelgoed en natuurlik lekkergoed daar kan koop. Die spannetjie het klante bietjievermaak en liedjies gesing wat hulle by die dagsorgsentrum geleer het en almal is weg met lekkersvir hul goeie werk.

Kom leermeer oor FASMALMESBURY - Dieuitvoerende hoof vandie organisasie, FAS-Facts, Francois Grob-belaar, sal eerskomen-de Donderdag die gas-spreker by dieSwartland Drankfo-rum se algemene ver-gadering wees.

Grobbelaar sal naverwagting meer ver-tel oor die organisasie,die werk wat hulle ver-skaf, asook alle inligting oor fetale alkoholsin-droom. Die byeenkoms begin om 14:00 by dieBloues-rugbyklub op Malmesbury.

Francois Grobbelaar,uitvoerende hoof vandie organisasie, FAS-Facts.

ACCIDENTSCENE: JohannRas from Mal-mesbury cap-tured scenesof an accidenton Thursdaybetween Klip-heuwel andMellish, afterthe driver pre-sumably lostcontrol of hisvehicle. Theman survivedafter the vehi-cle flippedthrough the airand rolled.PHOTO: JO-

HANN RAS

Nuwe seisoen virMalmesbury-rolbalklubDie amptelike opening vir die nuwe seisoen vandie Malmesbury-rolbalklub sal op Saterdag 11Oktober om 14:00 plaasvind.

Alleklubledeennuwebelangstellendes iswel-kom om die dag by te woon. Gewone sportdragen sportskoene sonder ’n hak is voldoende.

Na afloop van die spel sal daar ligte verver-sings beskikbaar wees.

Oefentye is Dinsdae en Donderdae vanaf 18:00tot ongeveer 20:00, en Saterdae vanaf 14:00 tot17:00.

Belangstellendes kan vir Altus Myburg(076 667 4305) of Martin Louw (0825665484) kon-tak.

Dieklubse ledetal is tansongeveer18,watminis inaggenome die bevolkingtal van Malmesbu-ry. Die geriewe is egter van hoogstaande gehalteentelonderdiebestesindieWPLiga.So,diegenewatnogaltydgewonderhet oor “oumensalabas-ters”, kom geniet ’n gesellige en ontspanne mid-dag op die rolbalbaan op 11 Oktober, én sommervir die res van die seisoen.

PROE-SUKSES:Die nuwe besigheid in die DeBron-sentrum op Malmesbury, Montagu Tra-ding Company, het verlede week letterlik baievrugte afgewerp met hul gratis proesessie ty-dens hul opening, wat Vrydag plaasgevind het.Die eienaars, Danie en Albie Beukes, bedankvir Hannes Jansen (Montagu Franchise-direk-teur) vir sy ondersteuning, asook vir Ronel Ste-ra (Montagu PA) wat spesiaal vanaf Montagukom ondersteun het en Bellair vir die produktewat geproe is. Baie dankie ook aanMalmesbu-ry-gemeenskap vir hul ondersteuning. FOTO’S:DANIE BEUKES

Page 7: Swartland gazette 30 sept 2014
Page 8: Swartland gazette 30 sept 2014

Swartland Gazette News - Nuus Tuesday 30 September 20148

Dié onderwysers van Laurie Hugo PrimêreSkool op Moorreesburg is al jare lank in dieonderwys-bedryf. (Van links) Peterus Toontjies(20 jaar diens), Jane Gous (22 jaar diens).

FOTO: CHENAY ADONIS

Eisteddfod-wenners byprestige-aand vereerDie Wes-Boland Eisteddfodhet Vrydag 19 September ’nPrestige-aand in die Laer-skool Swartland se skoolsaalgehou om hul pryswennersvan 2014 te vereer.By hierdie geleentheid is

252 medaljes en 22 trofeë oor-handig aan die wenners vanhul onderskeie afdelings. Ditsluit in kuns, lees, voordrag,toneel, dans, kore, sang, let-terkunde, fotografie en ’nverskeidenheid van musieken nog ander.Die meeste toekennings

het gegaan aan WCMA (Mu-siek), die Hoërskool Swart-land (Hoërskole), LaerskoolVredenburg (Laerskole) enTopolino Privaatskool (Klei-ner instansies).Kaap Agri was die borg vir

die medaljes en programmevan die aand.DieWes-BolandEisteddfod

bedien 60 skole en instansiesregoor die Wes-Bolandstreek. Die kinders van diestreek word so die geleent-heid gegee om hul talente teontwikkel en teen mekaarmee te ding

Hoërskool Swartland se koor, onder leiding van Anna-Maré van Staden, wen dieHoërskool-koorafdeling. Hulle het die aand Liza se Klavier en All that Jazz gesing.

Tanja Myburgh van Hoërskool Swartland het ’nsolo gesing op die aand, The Market. Sy hetdeel gehad aan altesaam sewe pryse en verowerook die trofee vir veelsydigste prestasie op dieaand.

MALMESBURY - Swartland seVoortrekkers het die inwonersvan Malmesbury baie trots ge-maak toe hulle die dorp se naammet 80 liter verf weer die lig laatsien het.

Sowat 25 gr. 5- tot 11-leerders, offi-siere en ouers het die Klipkoppiewaarteen die naammet klippe uitge-pak is, aangedurf nadat hulle bietjienavorsing gaan doen het oor die be-

staan daarvan.Die naam is gedurende 1939 deur

die destydse Swartland Voortrek-kers uitgepak en onderhou. Sedert-dien het die klippe toegegroei en ver-val. Swartland-munisipaliteit hetkort daarna die Voortrekkers toe-stemminggegeeomdiedorp senaamin ere te herstel. “Met harde werk enna80 literverf staanMALMESBURYweer teen die Klipkoppie,” vertel Su-net de Jongh.

Swartland Voortrekkers is moeg na ’n harde dag van bosse uitkap, klippe aandra en verf om die dorpsnaam van Malmesburyweer duidelik te laat pronk teen Klipkoppie. FOTO’S: SUNET DE JONGH.

Izak vanWyk, Fred Turner enEckardWol-faardt met FC Eygelaar staan by die Yvan Malmesbury wat hulle voltooi het.Die Voortrekkers is hard aan die werk om die taak af te handel.

Henry Titus, van Laerskool Dirkie Uysop Moorreesburg, is opgeneem in dieBoland 7-span wat aan die sewestoer-nooi in Pretoria gaan deelneem.

Malmesbury se naam herstel

EISTEDDFOD: Sowat nege leerders van Hoërskool Swartland opMalmesbury het gedurendedie afgelope Wes-Boland Eisteddfod elk medaljes ontvang vir uitsonderlike prestasies.HSS het as ’n skool ook baie goed presteer. Ané Spies (links voor) hou die trofeevas wat die skool in die afdeling, Hoërskoolkore gewen het. Jhade Bredenkamp (middelvoor) sit met die skild wat die skool ontvang het vir die hoërskool met die meestetoekennings, asook pryswenners. En Tanja Myburgh (regs) spog met haar trofee watsy gewen het vir die individu wat die meeste toekennings en medaljes by die Wes-BolandEisteddfod ontvang het. Agter van links staan Franco Rheeder, Kaylin Kindo, CelizeVersfeld en Zara Davids met Ané Spies, Jhade Bredenkamp en Tanja Myburgh voor.Marieta Basson en Jason Roodt wat ook toekennings ontvang het, was afwesig weensdie matriekeksamen. FOTO: CHARLOTTE LESCH

Page 9: Swartland gazette 30 sept 2014

Swartland GazetteNews - NuusTuesday 30 September 2014 9

3 Oktober)Art @ 1 on Prospect bied ’n kunsuitstallingaan vanaf 24 September tot 3 Oktober. Kombesigtig ’n uitstalling van talentvolle kunste-naars van Malmesbury se werk. Kom maak’n draai en “eer die profete in hul eie land”.Besigtiging:Daagliks 9:00 tot 13:00 en Saterdag. Toegang:R10.Navrae by Christine by 082 961 6181.

4 Oktober)Yzerfontein Sport & OntspanningsklubTyd:11:00Toegang gratis’n Familiedag met musiek, stalletjies bier-tuin en vele meer.Kontak Doeks Basson 084 721 2307 of KarinHubbard 022 451 2819.)Groeneweide Wielepret-dagSwartbergvlei : 12:00 tot laat

5 October) I Love Weskus Market at the VygevalleiFarmstall, R27 from 10:00 until 15:00.Contact: Christéle Breedt at 083 663 3345 [email protected].

11 en 12 Oktober) Schoonspruit Sekondêr hou reünie.

Navrae en besprekings by Ester MacQuireby 083 422 0862 of Charles Dyanson by083 206 5420. Saterdag is daar ’n ete en dansteen R200.Drag is formeel.Koshuisbesprekings met Magaret Tippensby 079 119 8200.

12 Oktober)SDAWomenMinistry bied aan ’n Sangmid-dag by die St. Thomas Primêre Skoolsaal.Verrigtinge begin 16:00 en kaartjie beloopR30 per persoon. Kunstenaars sluit in: DieHarmonies, Niel Chapter en New G’s. Virmeer inligting kontak Christine Love by079 499 7719.

17 Oktober) NG kerk Swartland-Noord se blommefeesvind plaas vanaf 18-19 Oktober. Die tema isgetrouheid van God en gehoorsaamheid aanHom. Die opening is Vrydag 17 Oktober om19:00 in kerkgebou. Plaaslike Talentaand.Toegang: Donasie. Tee en verversings inge-sluit

18 Oktober)House of praise bied aan ’n aand van sangby die Stadsaal in Malmesbury. Navrae bypast. Enrico Cloete 061 896 6326 of Jill Cupido083 864 4636.

23 Oktober)Die gemeenskap word uitgenooi van Rie-beek-Wes se algemene GPF-jaarvergaderingby die Popsentrum in Riebeek-Wes.Tyd: 19:00.Vir meer inligting kontak AnnaWilschut by072 023 0832.

Van Loveren se JavaMTB ’n uitdagingvir bergfietsryersGENIET DIE OPWIN-DINGvan’nuitdagingindie vars buitelugopdie platteland deur inte skryf vir die tweedejaarlikseVanLoverenJava Bergfiets Uit-daag wat op Saterdag4 Oktober by Van Lo-veren Familiewinger-de in die Robertson-vallei plaasvind.Drawwers kan ookdeelneem, deur in teskryf vir ’n nuwe10 km Wingerdroete(trail run) oor dieplaas.

Ryers kan kies tussenvier verskillende berg-fietsroetes wat wissel inafstand, terrein en teg-niese moeilikheids-graad, geskik vir allevlakke – van kinders en beginners tot diemees ervare bergfietsryers. Java MTB is ’nPPA-gesteunde geleentheid en is verlede jaaraangewys as die “Beste nuwe PPA-geleent-heid”.Sommige van die gevorderde MTB-roetes

sluit dele van die 2014 ABSACape Epic roetein – net die plek om die eerste dag van dieskoolvakansie deur te bring! Drawwers kanook uitsien na die 10 km Wingerdroete oorrowwe terrein by die samevloeiing van tweeriviere.

Van Loveren is geleë in die Robertson-val-lei, slegs 90minute se ry van Kaapstad. Daarsalveleaktiwiteiteweesvirdiehelegesinomte geniet, met pryse en geluktrekkings vanmeer as R40 000 wat gewen kan word.Geniet die dag met vrolike musiek om jou

in die regte stemming te kry, volop kosstalle-tjies en die pret vanVan Loveren se bekendeaktiwiteite soos kos-en-wyn-parings ensmaaklike etes in die bistro Christina’s.Besoek www.javamtb.co.za. Vir navrae,

bel Van Loveren by 023 615 1505 (Bonita).

Kerkdienste)Methodist Church of SA - St Thomas StrMalmesbury09:15 Sunday Worship Service - All are

welcome08:30Sundayschool (exceptduringschool

holidays)Midweek activities19:00 Tuesday Prayer meeting at the

Church in St Thomas Street19:00 Wednesday Bible Study - Wesbank

022 486 608719:30 Wednesday Bible Study - Malmes-

bury 082 890 5433Hall to rent. Enquiries with Rev John

Beck at 022 482 3623) Malmesbury House of PrayerSunday service 10:00Bible study Tuesday at 19:00 and Thurs-

day at 10:00Prayer meeting on Wednesday at 19:00Enquiries: Pastor Joshua Mutemeri on

084 471 7914.Wearea church for all nations,come and join us and be blessed.) Dynamic Love Fellowship hou elke Son-dagom17:30diensbyMountRoyal sekonfe-rensiefasiliteit.Die prediker is Bertie Brits.Die boodskap is genade-georiënteerd.Vir

meer inligting bel hul kantoor by022 487 3233 (Maandae tot Donderdae vanaf08:00 tot 14:00)) Wederkomsreeks van 28 September tot 1Oktober by die Evangelies-Gereformeerdekerk in dr. Euvrardstraat 42 op Malmesbu-ry. Prediker is dr.HenniePrinsloo. Sondag-oggend09:45, Sondagaand18:00enMaandagtot Woensdag 19:00. Navrae by ds. HendrikWeyers by 083 256 2910.)AGSCorpus Christi Malmesbury se Son-dagoggenddiens op 5 Oktober sal om 09:30begin. Sondagaanddiens 18:30.Navrae: 073 447 2902

Page 10: Swartland gazette 30 sept 2014

FAMILIE-

KENNISGEWINGS

IN MEMORIAM

1015

ANDREWS RAGEL -02/12/1939 - 29/09/2013In te ere en liefdevolleherinneringe aan 'nmoeder en ouma wat haarHere, familie en vriende op'n stil nederige wysegedien het. Haar nage-dagtenis sal bly voortleefen sal altyd vir ons dier-baar en kosbaar bly. Vanhaar verlangende kinders.

GOLIATH ABE -30/9/2014 Hierdie jaar isdit 5 jaar wat jy vir onsvooruit gegaan het. Onsmis jou. Die trane vloeinog vrylik oor jou. Salaltyd lief wees vir jou.Goliath Familie.

LOSPER WILLEM -01/06/1961 - 01/10/2013Met mooi herinneringeleef jy voort in ons harte.Verlange is steeds groot.Vrou, Kinders en Klein-kinders.

SMITH PIETIE - Vandagjou 2de verjaarsdag wegvan ons. Soet herinneringesal altyd voortleef. Van:Kinders, Broers, Suster &Fam.

SPOGTER FREDDIE -29/9/2011 - Met mooiherinneringe leef jy na 3jaar nog voort in onsgedagtes en harte. Van jouvrou, kinders, kleinkindersen agterkleinkinders.

GELUKWENSINGS

1030

KYK WIE'S 1 MichaleVeels geluk aan ons kleinprinsessie. Van: Dadda,Mammie & Boeta.

RAAI WIE WORD 70?ADAM (BOEL ) ADONISVandag sê ons vir dieHemelse Vader dankie vir'n man ,vader, oupa enoupagrootjie.Ons sê dankievir die 70 jaar wat Hy uuitgespaar het. Mag diedag gesëend wees. Liefdevan jou vrou, kinders,kleinkinders en agterklein-kinders. PS. 23

PERSOONLIKE

DIENSTE

SPYSENIERING

& LOKALE

1401

VIR BESTELLINGSSamoosas, springrolls,Pasteie ensv.022 486 4933.

KINDERVERMAAK

1405

ASPATAT PARTYTJIES:Springkastele, watergly-bane, kindertafeltjies & -stoeltjies te huur. Kontak:084 607 5658.

BOETIE EN SUSSIESPRINGKASTELE -Waterglybane en verskei-denheid springkastele tehuur. Skakel Nelia073 6102 810.

TJ'S SPRINGKASTELESpringkastele en watergly-baan te huur. KontakTheresa 082 497 3383.

KRUIEKENNER

1435

Dr Muttah HerbalistThe specialist Healer fromthe East Africa. Withstrong Muthi - Specializedin *Bring back lost loveonly 30min *Maleenlargement and strong *Woza muthi for businessand selling properties *Muthi to win millions ofmoney and any competi-tions, Lotto, Casino fast *Sendawana oil for sell tomake you rich *To deleteyour loan,debts *Shortboys to bring money inyour account *To borrowmagic warret to make yourich in 1HR *Get job &Promotion or double yoursalary *Make you havemore lucy & chase awaytokolos *Remove bad luckfrom your body or house *Finished or Unfinished jobsleft by other Herbalist.Call: Dr Muttah 061 2765353 or 072 630 5929.

SAAMRY-

GELEENTHEDE

1441

Saamryklub vanafBellville na Malmesbury.Maandag tot Vrydag.Verkieslik iemand met eievoertuig. Skakel Bernice083 243 5251.

LENINGS

1445

LENINGS:tot R200 000.Konsolidasie. Dieselfdedag uitbetaling. SkakelFiona 082 422 2271.

TE KOOP

ELEKTRONIES

& DIGITAAL

1625

COMPUTER SPECIALS.Pentium 4's fromR1299,00. Refurbishedwith warranty. Call DolfUys 072 705 8577.

ALLERLEI

1655

BRAAI-KAGGELHOUTPortjackson hout, 1 000stukke @ R600. Gratisaflewering. 072 800 9963.

Pak van 50 ou Koerante@ R25 en Ongedruktekoerantpapier rolle @ R30per rol te koop bySwartland Gazette kantoorof skakel Natalie by022 482 3817.

ALGEMENE &

HUISDIENSTE

SKOONMAAK-

DIENSTE

1805

DEEP CLEAN - Skoon-maak van matte, sit-kamerstele. Skakel BlackieSwart by 083 714 0148.

MATTE & GestoffeerdeMeubels. Deeglik skoon-maak & Ontsmetting vanmatte en bekleedsel.Droog ± 30 min. SkakelPaula 073 393 2373 /022 487 1615.

TUIN &

BESPROEIING

1825

ROLL-ON LAWNGratis Aflewering!Gratis Kwotasie!SNY van bome en stryke.Gratis Verwydering!BOUROMMEL, tuinvullisverwydering! Skakel072 800 9963.

HUISVERBETERINGS

BINNE

1835

BLINDINGS/BLINDS.JUST BLINDS - Vir kwali-teit en diens! Vervaardig &herstelwerk van blindings.Vir gratis kwotasies skakelTokkie Bredenhand083 265 5161.

CEGE SMIT BLINDSTrading as JS BLINDS -Vervaardigers van allesoorte blindings,asookenige herstelwerk &veranderings. Derick &Nelia 082 788 7210 /022 487 2394.

CK BLINDS - Verskaffersvan blindings, sonkappiesen Pergolas. Doen herstel-werk. Elsabé 022 487 3948072 126 2394.

LOODGIETERS

1855

HANS DIE LOOD-GIETER!!! Gekwalifiseer.Uitstekende werk. Gratiskwotasie. 074 192 9804.

LANDBOU

ANDER DIERE

2220

HASIMO BOARDINGCATTERY - ExclusiveHoliday accomodation forcats. Quality care and per-sonal attention. Individualruns. To book, phoneDaléne @ 072 525 0725.

SAKE

DIENSTE

2420

VOERTUIE

MOTORS TE KOOP

3025

HONDA BALLADE 150.Outomaties, 1985. Wit,Baie netjies, R17 500.Skakel 083 4646 960

Riverlands - ToyotaAvante, 1985 Auto 1.6GLE, R10 500.Contact 076 031 8236.

VOERTUIE GESOEK

OM TE KOOP

3075

AANDAG Alle KlienteVOERTUIE dringendgesoek. Ek koop enigegebruikte voertuie vir kon-tant. Skakel 083 464 6960.Doen Bank flosse.

DADELIKE KONTANTvir u bakkie of motor.Skakel,sms of whatsappna 084 844 00 00.(nie lopende bakkies &motors welkom).

EIENDOMME

TE HUUR

3205

3 Slaapkamer huiskantmet parkering in Wesbank,Malmesbury. Verbruik-dienseenhede ingesluit.Prys: per onderhandeling.Kontak: Benjamin, 081 2712347 vir navraag/afspraak.

Huis te huur,R3600 p/m2 Slpk, ING Stoof. Baiekaste. Koopkrag. GeenTroeteldiere. 1 Oktoberbeskikbaar. Skakel Theresa082 552 4848.

TE KOOP

3201

WINSKOOP INSTOMPNEUSBAAI!VAKANSIEHUISNABY DIE SEE.

R330 000 ohb. 2 Slpk-huis, sitkamer, oopplanKombuis, motorafdak,i.g.k. Onderdag stoep-area. Baie netjies.

Kontak: 083 966 3541.

EIENDOMME GESOEK

OM TE HUUR

3305

SOEK: Dringend Bachelorwoonstel om te huur.Skakel 071 021 3095.

BETREKKINGS

3600

ALGEMEEN

3680

Die JUSTINE verkoopsgeleentheid. Wil jy graagvan die huis af werk? Jykan met 'n JUSTINE loop-baan! Verkoop tissue oil,parfuum, grimering envelsorg produkte. Gratisopleiding beskikbaar.SMS Naam, kontakbeson-derhede en area na Harriet078 918 0101.

HONEY JEWELLERY -Sales consultantsrequired. Malmesbury toVelddrift & surroundingareas.Grow your networkand earn up to 45%. Email:[email protected] 409 0901.

VERKOPE &

BEMARKING

3760

SMITHY'S TV - Soekverkoopsassistent(Deeltyds). Verwysings.Skakel 082 762 3689.

GESOEK

3601

MACHINISTS: Qualified,Multiskield. SewingMachinists. Required con-tact Will on 081 813 8516.Irene on 071 384 3175.Mary on 073 689 5632 atSielo Clothing.

Seeking for a work.Housekeeping/Cleaner.Reference. 074 5011 029.

Page 11: Swartland gazette 30 sept 2014

Swartland GazetteGeneral - AlgemeenDinsdag 30 September 2014 11

Moorreesburg-uitslaeMoorreesburgBritstown Jo 31. Hmo Smit & seun2. Frikkie Bester3. Frans Jooste4. Hmo Smit & seun5. Boeties Lofts6. Hmo Smit & seun7. Boeties Lofts8. Hmo Smit & seun9. Yt & Tuis10. Hmo Smit & seun11. Hmo Smit & seun12. Yt & Tuis

13. Frans Jooste14. Frans Jooste15. Frans JoosteMoorreesburg Britstown

Ope 31. Hennie Bester & Johan2. Frans Jooste3. Hmo Smit En Seun4. Hennie Bester & Johan5. Frans Jooste6. Frikkie Bester7. Hennie Bester & Johan8. Hmo Smit En Seun

9. Hmo Smit En Seun10. Boeties Loft11. Steenekamp Lofts12. Hmo Smit En Seun13. Frans Jooste14. Frans Jooste15. Frans Jooste

Piketberg-uitslaeBritstown Jo 31. Gert Van Der Vyver2. Gert Van Der Vyver3. Leon Van Rooyen4. Leon Van Rooyen5. Leon Van Rooyen6. Leon Van Rooyen7. Lankwag Hokke8. Lankwag Hokke9. Leon Van Rooyen10. Lankwag Hokke

Britstown Ope 31. Gert Van Der Vyver2. Leon Van Rooyen3. Leon Van Rooyen4. Leon Van Rooyen5. Leon Van Rooyen6. Gert Van Der Vyver7. Leon Van Rooyen8. Gert Van Der Vyver9. Lankwag Hokke10. Leon Van Rooyen

Malmesbury- uitslaeBritstown JaaroudUitslag1. Vrededal Hokke2. Vrededal Hokke3. J Steenkamp4. E Kotze5. E Kotze6. Vrededal Hokke7. G Williams8. G Williams9. Vrededal Hokke10. J SteenkampBritstown Ope Uit-

slag1. J Steenkamp2. Vrededal Hokke3. J Steenkamp4. J Steenkamp5. Vrededal Hokke6. F Meintjes

&Amp; Seuns7. E Kotze8. G Horn9. F Meintjes

&Amp; Seuns10. S Niemann

Posduifuitslae Bloemfontein Ope-uitslag

1. G Horn2. C Basson3. F Meintjes & Seuns4. F Meintjes & Seuns5. G Horn6. E Kotze

7. E Kotze8. F Meintjes & Seuns9. J Steenkamp10. G Horn

Abbotsdale-uitslae

Abbotsdale-posduif-uitslae vanaf Kimber-ley:

1. Paulus Fam2. Persence Lofts

3. Paulus Fam4. Conner Abrahams5. W&W Arendse6. W&W Arendse7. C.Barendse & Son8. Paulus Fam

Page 12: Swartland gazette 30 sept 2014

Swartland

LEES DIT, BELEEF DIT | READ IT LIVE I Year 12 • 30 September 2014 | Tel. 022 482 3817 SPORT

Wesbank het op Erfenisdag vir Robertson die stryd aangesê. Ondersteuners het in hul massas opgedaag en is goed beloonmet ’n oorwinning deur die tuisspan. Hier probeer Johan September met die bal wegbeur. Die finale telling was 54-12in Wesbank se guns. FOTO: NICOLE CLOETE

B-span wys hulstaal teen S-WesMALMESBURY - Malmesbury semans A-tennisspan het ’n guldekans verspeel om die hoogaange-skrewe Matie-span te klop in ’nGrootuitdaag-wedstryd op Mal-mesbury.

Drie van die ses wedstryde het tot’n uitklopstel gelei, waarvan dieSwartlanders slegs een kon wen.Die wedstrydtelling was 4-2 in dieguns van die Stellenboschers.DieB-spandaarenteen,het ’nkrag-vertoning in Somerset-Wes geleweren virCountryClubmet 5wedstrydeteenoor 0 verslaan. In die proses hetdie span geen stel afgestaan nie envier waardevolle bonuspunte ver-dien.DieC-spansewedstrydteenRekre-asie het uitgereën, terwyl die D-span’n loslootjie gehad het.Ook op Malmesbury het die vroueA-span met 4-1 teen Kuilsrivier ver-loor.

Liza-Mari Lategan in aksie by die afgelopeSaterdag se tenniswedstryd opMalmesbu-ry se bane. FOTO: CHARLOTTE LESCH

Hier hardloop Johannes Appollis in een van sy vele kraglopies Saterdag teen Newtons. Die spanvan Moorreesburg het daarin geslaag om Newtons in sy agterplaas met 27 (17) – 25 (17) te klop.

Chad Steyn van Abbotsdale se eerste span gee die bal aan in die afgelopeSaterdag se wedstryd teen Hopefield op Abbotsdale. Die eerste span het met’n telling van 24-27 verloor. Die tweede span het egter daarvoor vergoed met’n oorwinning van 17-14 vir Hopefield. FOTO: CHARLOTTE LESCH

Rugby-uitslaeSuperliga-Wes seuitslae op 27 Sep-tember:Hopefield 27 vs.Abbotsdale 24.Eagles 21 vs. Dar-ling 21, Moorrees-burg 27 vs. New-tons 24, Piketberg22 vs. HillcrestUnited 20.Premierliga:Ro-bertson 27 vs. Ne-ver Despair 20