8
www.bolandgazette.co.za bolandgazette.mobi Breederivier Year 17 • 1 Oktober 2013 | Tel. 023 626 5212 ANITA DE KOCK Skade van etlike miljoene rand is vroeg Maandagoggend aangerig toe verskeie koelstore by die oos- fabriek van Langeberg Ashton Foods Ltd in Ashton in ’n brand vernietig is. Die brand is omstreeks 02:00 in een van die koelstore opgemerk en hoe- wel die brandweer en ander nood- spanne gou op die toneel was, is tus- sen 10 en 13 koelkamers verwoes. Die presiese omvang was nie teen druk- tyd bepaal nie. Niemand is in die voorval beseer nie. Volgens Nassos Martallas, hoof- uitvoerende beampte van die maat- skappy, het die brandweer se vinnige optrede voorkom dat enige ammoni- ak-lekkasies plaasgevind het. Hy het sy dank en waardering daarvoor uit- gespreek. Die oorsaak van die brand is nog nie in dié stadium bekend nie, hoe- wel hy sê dit nie aan ’n elektriese fout toegeskryf kan word nie. Hoewel nalatigheid of brandstig- ting nie uitgesluit word nie, wou hy geen verdere kommentaar lewer nie en word daar op ondersoekbeamptes gewag om te bepaal wat die presiese oorsaak van die brand was. Omdat dit buite seisoen is, is die meeste van die koelstore leeg en was daar dus geen verlies aan produkte of produksie nie. Martallas het beklemtoon daar be- staan geen sprake dat mense nou werk weens die brand gaan verloor nie, juis weens die feit dat dit nie nou produksietyd is nie. Hulle grootste probleem is egter om die koelkamers betyds vir die 2014-oestyd te herbou. “Ons grootste uitdaging op die oomblik is die herstel van die koelka- mers voor die komende oesseisoen,” het hy gesê. Daar word verwag dat forensiese ondersoekbeamptes en ook verseke- ringsbeamptes so gou moontlik met hul ondersoeke sal begin ten einde die oorsaak van die brand vas te stel. * Gaan na die Gazette se web- werf by www.bolandgazette.co.za en klik op die Galleries-skakel om meer foto’s van die brand en die skade te sien. ’n Vuurkolom het Maandagoggend vroeg bo Langeberg Ashton Foods se oostelike koelstore uitgetroon. Skade van etlike miljoene rand is aangerig. FOTO: ESTA SOUTHEY Fabriek-store in ligte laaie

Breederivier gazette 1 oct 2013

Embed Size (px)

DESCRIPTION

Breederivier gazette 1 oct 2013

Citation preview

Page 1: Breederivier gazette 1 oct 2013

www.bolandgazette.co.zabolandgazette.mobi

Breederivier

Year 17 • 1 Oktober 2013 | Tel. 023 626 5212

ANITA DE KOCK

Skade van etlike miljoene rand isvroeg Maandagoggend aangerigtoe verskeie koelstore by die oos-fabriek van Langeberg AshtonFoods Ltd in Ashton in ’n brandvernietig is.

Diebrand is omstreeks 02:00 in eenvan die koelstore opgemerk en hoe-wel die brandweer en ander nood-

spanne gou op die toneel was, is tus-sen10 en13koelkamersverwoes.Diepresiese omvang was nie teen druk-tyd bepaal nie. Niemand is in dievoorval beseer nie.Volgens Nassos Martallas, hoof-

uitvoerende beampte van die maat-skappy,hetdiebrandweersevinnigeoptrede voorkom dat enige ammoni-ak-lekkasies plaasgevind het. Hy hetsy dank enwaardering daarvoor uit-gespreek.

Die oorsaak van die brand is nognie in dié stadium bekend nie, hoe-welhysêditnieaan ’nelektriese fouttoegeskryf kan word nie.Hoewel nalatigheid of brandstig-

ting nie uitgesluit word nie, wou hygeen verdere kommentaar lewer nieenword daar op ondersoekbeamptesgewag om te bepaal wat die presieseoorsaak van die brand was.Omdat dit buite seisoen is, is die

meeste van die koelstore leeg enwas

daar dus geen verlies aan produkteof produksie nie.Martallas het beklemtoon daar be-

staan geen sprake dat mense nouwerk weens die brand gaan verloornie, juisweens die feit dat dit nie nouproduksietyd is nie.Hulle grootste probleem is egter

om die koelkamers betyds vir die2014-oestyd te herbou.“Ons grootste uitdaging op die

oomblik isdieherstelvandiekoelka-

mers voor die komende oesseisoen,”het hy gesê.Daar word verwag dat forensiese

ondersoekbeamptes en ook verseke-ringsbeamptes so gou moontlik methul ondersoeke sal begin ten eindedie oorsaak van die brand vas te stel.* Gaan na die Gazette se web-

werf bywww.bolandgazette.co.zaenklikopdieGalleries-skakel ommeer foto’s van die brand en dieskade te sien.

’n Vuurkolom het Maandagoggendvroeg bo Langeberg Ashton Foodsse oostelike koelstore uitgetroon.Skade van etlike miljoene rand isaangerig. FOTO: ESTA SOUTHEY

Fabriek­store in ligte laaie

Page 2: Breederivier gazette 1 oct 2013

Breederivier Gazette Entertainment - Vermaak Dinsdag 1 Oktober 20132

Route 62­groep maak naamDie Route 62 Live Band is ’n mu-siekgroep van Robertson wat se-dert hulle stigting in 2010 besig isom vir hulle ’n naam te maak indie Vallei.

Die orkes is in November 2010 ge-stig nadat twee van die lede LincolnPadiachy genader het met die ideeom ’n orkes te begin en vandag be-staan die groep uit vyf permanentelede, Elvana Paidach (hoofsanger),Lincoln Padiachy (sanger/kitaar),Franscois Ruiters (tromme), Rolan-doJanuary(baskitaar)enJohan(Ho-ney) Adendorf (klawerbord), asookdrie afloslede.

Diegroepsenaamisafkomstigvandie hoofroete – Route 62 – wat deurRobertson tot by Oudtshoorn loop.

Die groep se heel eerste openbareoptrede was in Desember 2010 toehulle by die Bonnievale United Rug-byklub opgetree het. Sedertdien hethulle al so ver as Beaufort-Wes, La-dismith,Caledonenanderomliggen-de dorpe opgetree.

Hulle is ook baie gewild by plaasli-ke feeste,waaronderdieCansaRelayforLife,MontaguSprings,dieWackyWine en die Pot & Bierfees. Hulle hetook al opgetree saam met bekendessoos Karin Kortje, Nadine, RocketPromotions en Die Broers.

Later die jaar is daar nog optredesby die AJ Rugby Foundation, Vroli-ke Vinkies en die Ann FredericksPrimêr se debutantebal.

Diegroep isookbetrokkeby liefda-digheidswerk en het opgetree vir ’ninsamelingsveldtog vir Parmalat sewerkers tydens die stakings, hullehet gespeel om ’n plaaslike leerlingverder te laat studeeren treeookgra-tisopvirKansaendieAJRugbyStig-ting inWorcesterwathelpom’nmin-

derbevoorregte leerling wat in sportpresteer finansieel by te staan.

Dieorkesneemook jaarliks ’n jongmusikant of sanger aan wat saammet hulle optree vir blootstelling.

Die orkes is beskikbaar vir jaar-eindfunksies en ander geleenthedeen is ook op Facebook onder Route62Live Band.

Vir navrae, besprekings en meerinligting, kontak Chantal by 079 0236224 of Lincoln by 071 503 0257.

Die Route 62 Live Band. Dit bestaan uit Franscois Ruiters, Lincoln Padiachy, ElvanaPadiachy, Rolando January en Johan Adendorf.

‘Hawaii’ in Montagu’n Hawaiiese aand word op 5 Ok-tober by die Victorian Hotel inMontagu aangebied om fondse inte samel vir liefdadigheid.

Gaste kan uitsien na eksotieseskemerkelkies, tombola en ’n eteby Kati se Restaurant, terwyl ’norkes sorg vir musiek. ’n Veilingvan kunswerke word ook gehouen die wins gaan aan verskeieliefdadigheidsorganisasies indiedorp geskenk word.

Gastestaanookdiekansomva-kansieverblyf van twee wekelank in Kroasië te wen.

Gaste word versoek om Karib-biese uitrustings te dra en klerekan by die Hospice Winkeltjie indie dorp gehuur word.

Die koste is R130 per persoon.’n Oktoberfees word van 25–27

Oktober by die hotel aangebied,so reg in die tradisie van die Mu-chen Bierfees in Duitsland.

DitwordgehouindieKatiBier-tuinbydieHotelenspeletjiesmetlekkerpryseomtewensal aange-bied word. Die fees word aange-biedopVrydagaandvan17:00,Sa-terdag van 09:00 tot sluitingstyden Sondag van 09:00 tot 16:00.

Toegang is R30 per persoon virvolwassenes en kinders kan gra-tis ingaan.

Meer inligting oor die tweeaanbiedinge kan by die hotel ge-kry word by 023 614 2440/1 of [email protected]

) Die MAG Opleidingsentrum se al-gemene jaarvergadering word opDonderdag 3 Oktober om 19:00 by dieMAG-gebou, Sultanasingel 6, inMontagu gehou.Vir navrae, kontak Tim by 072 3260589 of Klasie by 072 260 5285 of 023614 2215.) Die produksie Vuur Seisoene, metMel Botes en Johan Kelber wat im-mergewilde klassieke meesterstuk-ke van Vivaldi, Bach, Beethoven enMozart sal speel, is op 17 Oktober om19:30 in die Robertson-stadsaal. Die

vertoning is ten bate van baba Eliza-beth Jordaan wat deurgaans inten-siewe mediese sorg nodig het.Kaartjies kos R250 per persoon ensluit ’n ete en wyn in.Vir meer inligting, skakel023 626 4437 of stuur e-pos na [email protected].) Geniet melktert en tee of koffie dielaaste Vrydag van elke maand om10:00 by die Joubert-huis, Montagu.Groepe moet ’n week voor die tyd be-spreek by 023 614 1774.) Geniet pannekoek en koffie elkeeerste Saterdag van die maand van09:00 af by die Museummark op Ro-bertson.Daar is ook stalletjies waar tuisge-bak, boeke, snuisterye en dies meerte koop is.) Stuur items vir weeklikse dag-boek aan [email protected]

TROTSEORKESTRADISIE: Die Robertson Community Brass Band het op Sondag 29 September ’n suksesvollemusiekkonserten teemiddag aangebied. Op die foto is bestuurslede en musikante van die orkes. Nuwe lede is ook welkom om aante sluit. Die orkes tree op by verjaarsdagpartytjies, begrafnisse, lentefeeste, wynfeeste, troues, kerk- en ander gemeenskaps-funksies. Vir meer inligting, bel Hennie Arendse (sekretaris) by 072 744 5170.

Wine on the River festFrom 18 to 20 October RobertsonWine on the River is returning to thebanks of the Breede River. The festi-val will be held in a spacious mar-quee at Goudmyn, situated on theR317 between Robertson and Bon-nievale.

Visitors can enjoy laid-back hospi-tality,morethan300winesfromlocalwineries, music, gastronomic de-lights, country food stalls and shop-ping at the Robertson Farmers’ Mar-ket. Tutored chardonnay tastingswill be on offer in the ChardonnayTent and other popular attractions

includerivercruises, artsandcrafts.Therewillalsobechildren’sactivi-

ties which will be charged on a “pay-as-you-go” system. A special rate forpensionerswillbeavailableandchil-dren under 18 enter free of charge.

Designated parking areas nearby,or a shuttle service can be utilised.

Wines will be sold on site at cellardoor prices. Bookings can be done atwww.webtickets.co.za. For more in-formation, contact the RobertsonWine Valley office at 023 626 3167,[email protected] www.wineonriver.com.

Page 3: Breederivier gazette 1 oct 2013

Breederivier GazetteNews - NuusDinsdag 1 Oktober 2013 3

Langeberg­streek se toerisme presteerHILDERINE SCHRÖDER

Toeristebestemmings en -kantore in dieLangeberg-streek het uitstekend presteerby die KaapseWynland-distriksmunisipa-liteit (KWDM) se jaarlikse toerismetoe-kennings.

Die streek het altesaamvyf toekennings los-geslaan by die glansgeleentheid wat verledeDonderdag (26 September) by die LeipzigCountry Lodge gehou is.Die Robertson Wynvallei is vir die tweede

jaar agtereenvolgens as die wenner gekroonin die kategorie vir toerismebesigheid van diejaar. DieMontagu Country Hotel het die twee-de plek in dié kategorie verower. Elizma Bo-tha, bestuurder van Robertson Wynvallei, sê

die kantoor se sukses word aan harde werktoegeskryf, asook die feit dat elke geleentheidom die area te bemark aangegryp word.In die kategorie vir avontuur, buitelug en

ekotoerismehetAfricanGameLodge,watbui-teMontagu geleë is, met die louereweggestap,met Farmer Redbeardwat die tweede plek los-geslaan het. Montagu-Ashton Toerisme wastweede in die kategorie vir beste besoekersin-ligting, met Robertson en McGregor se toeris-tekantore derde en vierde onderskeidelik.Saggy Stone Brewery was die naaswenner

in die kategorie vir nuwe toerismebesigheidvan die jaar (besighede jonger as drie jaar).Die uitvoerende burgemeester van die

KWDM,raadsheerNeelsdeBruin,hetdiedeel-nemers hoë lof toegeswaai vir hul aandeel indie bevordering van toerisme in die streek.

Elizma Botha vanRobertson Wynval-lei het dié kantoorse toekenning aswenner in die kate-gorie toerismebe-sigheid van die jaarin ontvangs ge-neem. RaadsheerNeels de Bruin, uit-voerende burge-meester van dieKaapse Wynland-distriksmunisipali-teit, het die toeken-ning aan haar oor-handig. FOTO’S:HILDERINE SCHRÖDER

Mareletta van Zyl van dieMontagu-Ashton Toeristekantoor het dié kantoorse prys as naaswenner in die kategorie vir die beste besoekersinligtingby raadsheer Neels de Bruin in ontvangs geneem.

African Game Lodge buite Montagu en Farmer Redbeard het die eersteen tweede plekke losgeslaan in die kategorie vir avontuur, buitelug- enekotoerismebydieKaapseWynland-distriksmunisipaliteit se toerismetoe-kennings. Mandy Freeman (African Game Lodge) en Albertus van Zyl(Farmer Redbeard) het hul toekennings in ontvangs geneem.

Saggy Stone Brewery was die naaswenner in die kategorie vir nuwe toeris-mebesigheid van die jaar. Adrian Robinson het die toekenning in ontvangsgeneem.

WENWYN: Die Perold AbsaCape Blend-kompetisie isvanjaar vir die tweede keeraangebieden vir die eerstekeer is die topvyf in plekvan die topdrie wenners uital die inskrywings aange-wys. Viljoensdrift se RiverGrandeur is aangewys aseen van die Cape Blend-rooiversnitwynwenners.Die wenners wen elk ’n reisna ’n buitelandse wyn-land. Die wenners van diekompetisie is by ’n gesel-ligheid by die Marine Hotelin Hermanus aangekon-dig. Hier is die wenners:(voor van links) LanceBouma (Anura), JohannFourie (KWV) enGavin Pat-terson (Sumaridge); (ag-ter) Fred Viljoen (Viljoens-drift) en Suzanne Coetzee(Clos Malverne).

Page 4: Breederivier gazette 1 oct 2013

Breederivier Gazette Robertson Lenteskou Dinsdag 1 Oktober 20134

BORGTOGGELD VIR LIEFDADIGHEID: Inwoners van die vallei het by die Robertson Lenteskou bewys dat hulle bereid is om soos“misdadigers” behandel te word ten einde geld vir Kansa in te samel. Die groep het hulle “in hegtenis” laat neem enmet gevangenisoor-pakke en geboei in ’n “hof” skuldig gepleit op aanklag van liefdadigheid. Die “saak” is deur landdros Hannes Fölscher aangehoorwat sy eie unieke toga en pruik vir die geleentheid gebruik het. Die borgtoggeld wat betaal is, het R9 200 opgelewer. Die groepis ook gevonnis om op 1 en 2 Maart volgende jaar by die skouterrein aan die CANSA Relay For Life deel te neem. Hier is diebarmhartige “misdadigers” (agter van links): Henk van Niekerk, Isak Viljoen, landdros Fölscher, Jacobus Brits, Karen Fouche, HansLizemore, Johan Mulder (skoupresident) en Annemari du Plessis; (voor) Marina Laubscher, Jacques Immelman, Zelda Kloppersvan die Breederivier Gazette, Joan Cookson en Janine Bosman.

FEESTELIK: Die afgelope Robertson Lenteskou was ’n groot sukses en dieperde- en katteskou en ook die damesoggend het baie aftrek gekry. Volgensdie skoukantoor kry hulle goeie terugvoering van die deelnemers aan dieskou. Dit blyk egter die besoekersgetalle was vanjaar minder as gedurendevorige jare. Die sterk wind van verlede week het waarskynlik daartoe bygedraen talle stalletjies op die terrein het gesukkel om staande te bly.

FOTO’S: ZELDA KLOPPERS

RY-VERNUF: Die perde-items is steeds van die gewildstes by die skou.

’N VIERVOETIGE VRIEND: Die Chats du Cap-katteskouis vir die eerste keer hier aangebied. Hier verwonder’n paar kleingoed hulle aan een van die inskrywings.

VETERANE PRONK OP LENTESKOU: Oudhede was oudergewoonte weer volop by dieskou. Hier is veteraantrekkers, maar daar was ook veteraanmotors en -implemente.

Page 5: Breederivier gazette 1 oct 2013

Breederivier GazetteNews - NuusDinsdag 1 Oktober 2013 5

Nuwe beeld vir HospiceANITA DE KOCK

Ter wille van ’n groter bewust-heid van Breederivier Hospice endiewerkwat dit doen, is begin omdie hospies se beeld in die Breede-riviervallei ’nnuwebaadjieaantetrek.

Volgens Mitch Clayton-Cragg watvir die herontwerp van die “handels-merk” verantwoordelik is, was diebeeld van die organisasie baie ge-fragmenteer en het dit ’n nuwe, ver-frissende beeld nodig wat die klemsal plaas op lewe. Daar word ook ge-werk aan ’n eenvormige beeld vir dieorganisasie wat ook hul skryfbehoef-tes, media, tekens, ens. betref.

“Wat baie mense nie besef nie, isdat Hospice ’n niewinsgewende on-derneming is en die hartseer van diesaak is dat die algemene publiek niebewusisniedathulledieselfdeuitga-wes as enige ander besigheidsonder-neming het. Hulle het meer onder-steuning van die publiek en sakeluinodig om hul werk te doen. ’n Nuwebeeld was nodig om meer bewusma-king onder die publiek te voorsien.”

Daar is derhalwe besluit om dievoorkoms van die hele organisasieen hul bekende winkeltjies so ’n biet-jie op te kikker sodat dit meer promi-nent kan vertoon en ’n meer positie-we boodskap aan die publiek kan uit-dra.

Daar word beplan om ’n webwerfte stig waarop spesiale projekte vanstapel gestuur sal word waarby sake-ondernemings en die publiek betrok-ke kan raak.

’n Slagspreuk in die lyn van “Geeom vir Hospice” / “Have-A-Heart-4-Hospice” sal ook gebruik word.

Die Hospice-winkel in Montaguwas die eerste wat ’n nuwe voorkomsgekry het met ’n kleurvolle nuwenaambord.

Die amptelike onthulling van dienaambord is bygewoon deur Hos-pice-bestuurs- en raadslede, perso-neel en vrywilligers waaronder sr.Jane Philips, sr. Myrtle le Roux, sr.Jacqui Hannabuss, Gert Lubbe enSusan Juta.

Sr. Phillips, die bestuurder van dieorganisasie, het gesê hulle is baie op-gewonde oor die nuwe beeld wat ’nboodskap van mense wat wil leef,weerspieël.

Juta, die winkel se nuwe bestuur-der, sê: “Die sukses van ons kleinwinkeltjie is totaal te danke aangoedhartige donasies van die ge-

meenskap en ons is werklik dank-baar daarvoor.

“’n Spesiale dank aan ons gereeldedonateurs en kliënte, sommige watons gereeld besoek en baie kosbaarvir ons geraak het. Ook ’n groot dankaan ons vrywilligers.”

Die winkel in Robertson is volgen-de aan die beurt om ’n nuwe naam-bord te kry tesame met kentekens ophul voertuie en kantoor, en hulle vrafinansiële hulp van borge om die nu-we Breederivier Hospice-beeld uit tedra. Hulle bedank Rob Signs watreeds hul deel bygedra het deur mid-del van afslag op die vervaardigingvan hierdie nuwe tekens. Indien eni-giemand kan help, kontak Char-maine Little by 023 626 5710 [email protected].

Die nuwe naambord by die Hospice-winkeltjie in Montagu. By die onthulling was (vanlinks) Gert Lubbe, sr. Jane Phillips (bestuurder van Hospice), Jackie Hannebuss, AnnRandall, Susan Juta, sr. Myrtle le Roux en Mitch Clayton-Cragg.

Hulp gevra vir Lindsey’n Twaalfjarige leerlingaan Laerskool de Villiersin Robertson, LindseyJohnson, is onlangs metkanker gediagnoseer.

Sy is tans in die VincentPalotti-hospitaal in Kaap-stad waar sy intensiewebehandeling ontvang virdie gewas op haar brein.

Sy sal binnekort ookmet bestraling en chemo-terapiebegin teneindediekanker te behandel.

Die personeel by Laer-skool De Villiers het be-sluit om ’n fonds te stig teneinde Lindsey en haar ou-ers te help met die hoë me-diese en vervoerkoste.Verdere projekte sal ookvan stapel gestuur wordten einde geld in te samel.

Mense en instansieswat bereid is om te help,kan die skoolhoof, R.Sampson, by 084 499 7125bel. Lindsey Johnson

Oom Tiekie oorledeANNELDAGROOTBOOM

’n Geliefde en alom-bekende inwoner,Abben Olkers (77) ofOom Tiekie, soos hybekend was, se af-sterwe Woensdag 25September word diepbetreur deur die ge-meenskap en sy kol-legas by die Schoon-gezicht-dienssen-trum. Hy het verledeWoensdag (18 Sep-tember) ’n beroerte gehad en is in dieRobertson-hospitaal opgeneem.

Olkers het 27 jaar gelede as ’n ha-welose by die destyde skuiling by dieSchoongezicht-dienssentrum aange-kom, waar hy ook aangestel is as toe-sighouer van die perseel. Hy het ookdie rywerk vir die dienssentrum be-hartig.

Volgens sy seun, Cornell Arendse,

het hy sy pa amper 10jaar gelede gesien enwou hy al die jare inverbinding tree methom. Net twee wekegelede het hy kontakgemaak met sy pa enhet hulle reëlings ge-tref dat hy volgendeweek (5 Oktober) virhom sou kom kuier.Sy pa was baie opge-wonde oor die feit dathy hulle weer sousien.

Volgens Pam vanSchalkwyk, projekkoördineerder bydie dienssentrum, sal sy hom onthouas ’n liefdevolle, saggeaarde en nede-rige mens. Hy was altyd besorg oorander en was altyd gewillig om daar-die ekstra myl vir mense te stap.

Die begrafnisdiens vind Saterdag5 Oktober om 09:00 by die Schoonge-zicht-dienssentrum plaas en 10:00 indie VGK Robertson-Oos-gemeente.

Wyle Abben (oom Tiekie) Olkers

Page 6: Breederivier gazette 1 oct 2013

Breederivier Gazette General - Algemeen Dinsdag 1 Oktober 20136

FAMILIE-KENNISGEWINGS

FAMILYNOTICES

08

Sterfgevalle

Death Notices

ELIZABETH PAGE -ROSSOUW (Bettie)Geb.04/08/1959-Gest.25/9/2013Sag heengegaan. Dit wasso skielik, maar ons gunjou die rus. Jy sal altyd inons harte voortleef. Liefde:van al jou familie. Begraf-nisdiens vind plaas Sondag6 Oktober om 11.30 vm teKantoorstraat 32, Mcgre-gor en 12nm in die VGKkerk, Langstraat.

11

In Memoriam

SAMEULSABRAHAM(Brönn)Geb.14/09/1958-Gest.4/10/2011Dis jou 2de verjaarsdagweg van ons. Ons mis jouontsettend baie, maar diestille herinneringe van jousal verewig bly. Van jouvrou, kinders, kleinkindersen Johnny.

Op 5 Oktober 2013 isDaddy reeds ‘n jaar wegvan ons. Ons weet Daddyis op ’n beter plek, misDaddy oneindig baie. Van:Jasmine, Clifford en kin-ders.

12

Dankbetuigings

Thanks

GRAAGwil ek vir Pamvan Schalkwyk (auntiePam) baie dankie sê dieonvergeetlike uitstap-pie/toer na Namakwaland.Die manier hoe dit organi-seer was, was ongelooflik.Veral ons akkomodasie enverblyf. Ons waardeer ditongelooflik. Jy's tops!Van: Angie en Kiro Mat-thys.

ALGEMENEDIENSTEGENERALSERVICES

1141

Algemene

Dienste

General Services

KOM geniet die avontuuren ontspanning van perdryby die Robertson Ry-skool.* Ons bied verskei-denheid van rylesse virkinders en grootmense virbeginners en ervare rui-ters *Outrides tussen diewingerde en langs dieBreërivier * Wynproë op’n perd se rug of met diewaentjie by Majors Hill enSpringfield. *Perdrykampe vir kindersgedurende skoolvakansies* Mini kommando’s opSaterdae*Kinderpartytjies. Skakelons gerus by 072 291 7631of 082 402 7088.

Locals can help save theendangered riverine rabbitA special awareness day for the riverinerabbit will be held on Tuesday 15 Octoberto highlight the plight of one of the mostendangered mammals in South Africawith a population of fewer than 250 in thewild.The day will be held at the Graham &

Rhona Beck Skills Centre just outsideRobertson and will consist of two sepa-rate sessions.The morning session will be from 09:00

to 13:00 with lectures from Christy Bragg(the Drylands Concervation Programme,or DCP), Mossie Basson (Graham BeckWines) and Janice Essex (intern at DCP)and will include a DCP feedback session,sightings of rabbit habitats, genetics andhow farmers canhelp to conserve the rab-bits.Tickets are R90 per person.The afternoon session from 14:00 to

16:00 will be a practical field trip that willstart at the Skills Centre and will includea practical demonstration on how to lookfor the rabbits andhow to rehabilitate na-ture and rabbit habitat areas.Apracticaldemonstrationonhowtoset

upcameras tophotograph the rabbitswill

also be held.Tickets are R60 per person.The day will conclude with a fundrais-

ing evening bush banquet held to raisemoney for the Riverine Rabbit ResearchProject.The banquet, a traditional South Afri-

can braai, will start at 19:00 and will beheld at the lapa of the Graham Beck Pri-vate Nature Reserve (not open to the pub-lic).Visitors will need a high clearance ve-

hicle to reach the reserveTickets are R280 per person and all

funds will be donated to the researchproject.The project is done in collaboration

with the Endangered Wildlife Trust andGraham Beck Wines.For an extra donation of R50 or more,

guests stand the change to win the fullrange of the game reserve wines.Bookings are essential. For bookings

and more information contact MossieBassonat 082 885 [email protected] or Marguerite Nel at 021874 1258 or [email protected].

Witblits besorghom top­stooktitelANITA DE KOCK

Stoker van die Jaar. Die trofee vir dié ge-sogtetoekenningrusvanjaarinRobertsonen wel in die huis van Willem Stemmet.

Dit het eintlik alles toevallig gebeur, vertelhy. Sy seun Johan het in ’n artikel in dieWeg-tydskrif gelees dat die stokers in Johannes-burg beweer hulle is die beste in die land. Jo-han het dadelik die organiseerders van diestookkompetisie gebel en hulle ingelig dat sypa ’n stoker van formaat is met baie jare seondervinding in die brandewynbedryf.Die gevolgwas dat hulle ’n bottel van sywit-

blits ingeskryf endieGautengers verkeerdbe-wys het. Niet net het sy inskrywing dubbel-goudgewennie,hy isookaangewysasdie 2013Stoker van die Jaar!Stemmet se pad met die stookketel kom

reeds van sy kindertyd op die plaas af. In 1946het hy by die KWV-distilleerders begin werk.Op daardie tydstip is koper-stookketels vanDuitsland af ingevoer. Hy het hom as koper-smid bekwaam en begin om ketels te bou. Hyis ’n geregistreerde koperketelmaker.Stemmet het in 1989 as hoofstokery-tegni-

kusafgetree.HyhetdiePonvanZyl-trofeeont-vang vir sy bydrae tot die brandewynbedryfen is ook ’n lid van die Brandewyngilde.Op ’n vraag waarom koper vir die ketels ge-

bruik word, het hy gesê die koper breek dievetsuur in wyn af tydens die suiweringspro-ses. Hulle het in die verlede ketels van vlek-vrye staal getoets,maardithetniegewerknie.Koper bly steeds die enigste metaal wat werkin die stookproses.

Net die beste wyn- en druiwe word vir diestook van brandewyn gebruik. Op ’n tydstiphet die plaaslike wynboere hul beste wyne be-gin uitvoer en Stemmet het na die Oranjeri-vier-wingerde in dieNoord-Kaap uitgewyk enmet sultanas begin eksperimenteer.Hyhettoe ’nspesialeketelgebouwatbekend

gestaanhet asEaudeVie. Dié brandewynwassogewilddatditbeginhetomdiegewonemarkonder druk te plaas, en probleme het ook ont-staanmet die verkrygingvan sultanas.Dié ge-sogte produk is toe ná ’n jaar van die markgehaal.Die tradisie van brandewynstook kom uit

Frankrykenander lande inEuropa.Diestook-tradisie in Suid-Afrika het min of meer saammet Van Riebeeck aan die Kaap geland. ’n In-noverende skeepskok het begin om die wynin voorraad te distilleer vir ’n ekstra skop virdie matrose, en ook om die voorraad langerte laat hou. Op dié wyse het dit in Suid-Afrikabeland.Vir Stemmet is die tradisie van stook, veral

produkte soos witblits (of mampoer in dienoordelike dele van die land) iets wat behouemoet bly. Sy seun en twee kleinseuns is reedsbaie bedrewe agter die stookketels.Drievandiekoperketelswathygemaakhet,

is verlede week tydens die Robertson Lente-skou gebruik vir ’n kompetisie tussen plaasli-ke stokers. Die wenners het ’n stinkhout-tro-fee ontvang wat hy ook self gemaak het.

) Vir diegene wat nie weet nie: witblitsword van druiwe/wyn gemaak, terwyl mam-poer van vrugte soos perskes gemaak word.Witblits se alkoholinhoud kan wissel tussen50–70% per bottel.

Willem Stemmet met sy trofee wat hy ontvang hetas Stoker van die Jaar. FOTO’S: ANITA DE KOCK

Willem Stemmet by een van sy koperketels wat verle-de week by die Robertson Lenteskou gebruik is.

Page 7: Breederivier gazette 1 oct 2013

Breederivier GazetteGeneral - AlgemeenDinsdag 1 Oktober 2013 7

Robertson LiterarySociety vier 130 jaarANITA DE KOCK

DieRobertsonLiterarySociety vier inOktobersy 130ste bestaansjaar.Sover bekend is dit dieoudste vereniging vansy soort in die land endaar word beplan omdie geleentheid be-hoorlik te vier.

Die vereniging is op 5Oktober1883gestigasdieRobertson Mutual Im-provementSociety endiedoel was dat dit as ’n fo-rum vir die uitruil vankennis vir sy lede salwees. By die stigting wasdaar Engels- én Neder-landssprekende lede enonder diegenewat dit by-gewoon het was ds. AndrewMcGregor, Willi-amH.English (plaaslikekommissaris), ds.W.Edwards,W. Dodds, C.J. Leibrandt en J.S. Le-wis (die heel eerste sekretaris).Onder die reëls wat aanvaar is, was dat toe-

gangsgeld van 2s.6d betaalbaar sou wees,asook ’n kwartaallikse heffing van 1s.6d watvooruitbetaalbaar was. Enige lid wat meer asdrie maande agterstallig wasmet sy ledegeld,is summier geskors.Enige onderwerp, behalwe godsdiens, kon

as besprekingspunt dien.Dievereniginghet in1905synaamverander

nadieRobertsonLiteraryandDebatingSocie-ty. Dit het mettertyd verander in die Robert-son Literary Society. Byeenkomste is elketweede week gehou.Die spesiale geleentheid gaan behoorlik ge-

vier word met ’n lekker kuieraand. Alle oud-voorsitters wat nog lewe is genooi om die by-eenkoms by te woon. Onder leiding van diehuidige president, Keith Poole, sal daar besinword oor die hoogtepunte van die afgelope 130jaar.Onder die hoogtepunte van die verlede was

dieopstel-enanderkompetisieswatvirseniorleerlinge van die Hoërskool Robertson aange-bied is. Musiekstudente van die skool is somsgenooi vir ’n uitvoering. Die samewerkingtussen die skool en die organisasie het intus-sen doodgeloop.Van die bekendste voorsitters van die orga-

nisasiewaswyleAngus Rose, wie se praatjiesaltyd groot belangstelling gelok het, en BeckySaacks, wie se entoesiasme jeens Robertsonen sy geskiedenis almal geïnspireer het.Deur die jare heen is talle boekbesprekings

gehou, praatjies oordienatuur, reiservaringsvan lede,musiekaande en in die onlangse ver-ledemusiekaanbiedingedeurWillemScott, ’nmusiekkenner, wat gesorg het vir baie inte-ressante byeenkomste. Die verbod op gods-dienstemas staan steeds en intussen is party-politieke besprekings ook daarby gevoeg.

J.S. Lewis, stigterslid van die Lite-rary Society en die heel eerste se-kretaris van die organisasie.

Die laaste bladsy van die notule van die heel eerstevergadering in 1883. Dit is onderteken deur onderander die voorsitter, William Dutton English, en ds.Andrew McGregor wat as ondervoorsitter gekies is.

FOTO’S: ARGIEF VAN ROBERTSON MUSEUM

Proe self die Veritas-wennersDiegerespekteerdeVeritas-kompetisie vir markklaarwyne en brandewyne biedgeesdriftiges die geleent-heid omdié jaar se topwyneen -brandewyne te proe.DieproeinKaapstadvind

plaas op Dinsdag 15 Okto-ber in die Balsaal van dieKaapse InternasionaleKonferensiesentrum van17:00 tot 20:00. Kaartjies kos

R130 per persoon.Hierdie sessies sluit ligte

versnaperinge en ’n proevan die 2013 Qualité-kaas-wenners in.Bespreek kaartjies vanaf

1 Oktober by Computicket.Besoek www.veritas.co.zavir inligting of bel ElsabéFerreira by 021 863 1599,faks 021 863 1552 of e-pos [email protected].

Page 8: Breederivier gazette 1 oct 2013

Breederivier

Year 17 • 1 Oktober 2013 | Tel. 023 626 5212

ROLBAL: Skoliere van so ver asOos-Londen,George enKaapstadhet die afgelopenaweek inBonnievaledeelgeneem aan die o.19-interdistrik-rolbaltoernooi. Ses-en-vyftig van die vier distrikte se spelershet aan die toernooi deelgeneem onder groot aanmoediging van hulle spanmaats. Veertien spannevan vier spelers elk het om die Envar-trofee (vernoem na ’n jong speler wat tydens die nasionaletoernooi in Klerksdorp gesterf het) meegeding. Hier is die spanfoto van die spelers wat aan dietoernooi deelgeneemhet. In Afdeling A het die span vandieWPeerste geëindig, gevolg deur Suid-Kaap,Boland 2 en Boland 1 en in Afdeling B het Boland 1 die eerste plek ingeneem, gevolg deur Grensen die Suid-Kaap. Vir meer inligting oor die sport, bel Theuns Coetzee by 082 417 8597 of [email protected].

MAAK OF BREEK:Die Rangers-rug-byspan van Ro-bertson speel dieseisoen uithaler-rugby en speelSaterdag in hullaaste wedstrydvan die jaar teenTulbagh by dieVan Zylstraat-sportterrein. Dit is’n maak-of-breek-wedstryd want ditsal bepaal wie nadie uitspeelrondedeurdring.

FUN ON THE TENNISCOURT: The Robert-son Fun DoublesTennis Tournamentwas held recentlyand players from asfar as Lutzville andMontagu entered.Here are thewinners.At the back are TheoLouwrens en AlbieLamprechts and infront Thean Swane-poel and ConradPrins.