30
2 Die jaar is op ‘n drafstap. Pink- ster is verby. Oor drie weke is ons in die tweede helfte van die jaar. En ons was besig in die eerste helfte! In hierdie uitgawe vertel ons julle daarvan en hoop om ‘n vrymoedigheid te kweek by diegene wat nie deel daar- van kon wees nie om volgende kwartaal met ‘n onverklaarbare opgewondenheid te kan in- skakel. Pinkster hierdie jaar was baie geseënd en ek hoop jy was ook daar! Tom Smith het al my ver- wagtinge oortref, net soos hy gesê het ons al sy verwagting oortref het! Leef jy sonder grense? Lees meer oor Pinkster 2012 in Ryno se artikel op bl. 4. En as julle die reeks nie kon bywoon nie of een van die aande gemis het, gaan gerus op die webwerf en luister na die preke daar. Tydens die tweede aand by pinkster was ek een van die 4 baie eerlikes wat my hand so ewe opsteek toe Tom vra wie het ‘n gunsteling teksvers. Nou wil ek graag weet, het julle dan nie so iets nie? Ek het ‘n hele paar gunstelinge! Hoewel ek ‘n konteks mens is wat hou van die groot prentjie, ‘n gunsteling bly ‘n gunsteling! Mooi bly mooi! Die skrywers van die Skrif het ook hulle kreatiewe oomblikke gehad. Die vierde aand vra Tom wie van julle is sendelinge? My ged- agtes skree kliphard “EK!!!”, maar nee, my hand wil nie op- gaan nie! Twee aande gelede was “embarrassing” genoeg! My hand het maar diep in my hart opgegaan, nes Tom gesê het dit nie moet wees nie! Ek wil ook julle aandag vestig op ‘n paar getuienisse in hierdie uitgawe wat as “kruikstories” ge- merk is. Lees dit asb! ‘n Getui- enis vertel van ons Skepper se trou en genade waarvan ons regdeur die Woord lees. En ons móét getuig, dit is ‘n opdrag uit die Skrif. Hand 1:8 “Maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal my getuies wees... tot in die uithoeke van die wêreld.” Dit is wonderlik om te sien hoe die Here vandag nog in ons lew- ens werk. Hy is groter as die vyand! Ek het my eie ervaring gehad twee weke gelede, en deel ook graag my getuienissie in die kolom net hier langsaan. Ons het ‘n paar prestasies in die geloofsfamilie gehad die af- gelope tyd. Lees ook daarvan in hierdie uitgawe. Daar lê ‘n heerlike vakansie vir die kinders voor, moenie uitmis nie! Kry die inligting op bl 11. Ons geloofsfamilie het verseker ‘n hart vir ons medemens in nood. Bl 12 en 13 het my laat huil met ‘n dankbare glimlag vir dit wat ons kan doen vir ander. Lees ook die artikel op bl. 27. Dit is vir my onmoontlik om ietsie te sê oor elke storie in hierdie uitgawe, ek wil in elk geval nie al die verrassings weggee nie. Geniet elke tone-omkrul-storie! Seënwense en groete Hier is my kruikstorie... Toe ek so half- pad met hierdie uitgawe was, mors ek koffie op my skootre- kenaar, en ek bedoel die vol koppie het omgetiep oor die hele sleutel- bord! En daar sterf die rekenaar binne minute. (Wys jou hoe giftig koffie is!) My eerste bekommernis is dat ek nie genoeg tyd sal hê om die hele uitgawe van voor af te begin nie! En ek bid, “Here! Bes- kerm asb die data!” Maar die menslike mens in my bly bekom- merd. Toe gaan sit ek op my tuinbankie onder die bome in ‘n poging om stil te raak en troos by my Lewensredder te kry. In- tussen het ‘n hele swerm klein voëltjies in die boom bokant my kom sit en tjirp, die mooiste vo- ëltjie geklets ooit, wat my ged- agtes totaal tot stilstand ruk. Al wat ek gedink het was ‘n vraag aan die voëltjies gerig, “probeer julle vir my ietsie sê?” Net daar begryp ek die waarheid wat ek eintlik reeds geweet het! Hierdie Familie Nuus is God se projek, wie sal Hom kan stop? Ek is net die instrument in Sy hande! En God het my net herinner deur sy voëltjies te stuur om my ged- agtes werklik stil te kry. Die saligheid! Ek het net geweet die volgende dag sal ek weer verder werk aan hierdie uitgawe! En dit was ook so! Prys ons troue Lewensredder! Kruikstorie

Familie Nuus Kwartaal 2 2012

Embed Size (px)

DESCRIPTION

Familienuus van Pierre van Ryneveld Gemeenskapskerk 2012 (Tweede kwartaal)

Citation preview

Page 1: Familie Nuus Kwartaal 2 2012

2

Die jaar is op ‘n drafstap. Pink-ster is verby. Oor drie weke is ons in die tweede helfte van die jaar. En ons was besig in die eerste helfte! In hierdie uitgawe vertel ons julle daarvan en hoop om ‘n vrymoedigheid te kweek by diegene wat nie deel daar-van kon wees nie om volgende kwartaal met ‘n onverklaarbare opgewondenheid te kan in-skakel.

Pinkster hierdie jaar was baie geseënd en ek hoop jy was ook daar! Tom Smith het al my ver-wagtinge oortref, net soos hy gesê het ons al sy verwagting oortref het! Leef jy sonder grense? Lees meer oor Pinkster 2012 in Ryno se artikel op bl. 4. En as julle die reeks nie kon bywoon nie of een van die aande gemis het, gaan gerus op die webwerf en luister na die preke daar. Tydens die tweede aand by pinkster was ek een van die 4 baie eerlikes wat my hand so ewe opsteek toe Tom vra wie het ‘n gunsteling teksvers. Nou wil ek graag weet, het julle dan nie so iets nie? Ek het ‘n hele paar gunstelinge! Hoewel ek ‘n konteks mens is wat hou van die groot prentjie, ‘n gunsteling bly ‘n gunsteling! Mooi bly mooi! Die skrywers van die Skrif het ook hulle kreatiewe oomblikke gehad.

Die vierde aand vra Tom wie van julle is sendelinge? My ged-

agtes skree kliphard “EK!!!”, maar nee, my hand wil nie op-gaan nie! Twee aande gelede was “embarrassing” genoeg! My hand het maar diep in my hart opgegaan, nes Tom gesê het dit nie moet wees nie!

Ek wil ook julle aandag vestig op ‘n paar getuienisse in hierdie uitgawe wat as “kruikstories” ge-merk is. Lees dit asb! ‘n Getui-enis vertel van ons Skepper se trou en genade waarvan ons regdeur die Woord lees. En ons móét getuig, dit is ‘n opdrag uit die Skrif. Hand 1:8 “Maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal my getuies wees... tot in die uithoeke van die wêreld.”

Dit is wonderlik om te sien hoe die Here vandag nog in ons lew-ens werk. Hy is groter as die vyand! Ek het my eie ervaring gehad twee weke gelede, en deel ook graag my getuienissie in die kolom net hier langsaan.

Ons het ‘n paar prestasies in die geloofsfamilie gehad die af-gelope tyd. Lees ook daarvan in hierdie uitgawe.

Daar lê ‘n heerlike vakansie vir die kinders voor, moenie uitmis nie! Kry die inligting op bl 11. Ons geloofsfamilie het verseker ‘n hart vir ons medemens in nood. Bl 12 en 13 het my laat huil met ‘n dankbare glimlag vir dit wat ons kan doen vir ander. Lees ook die artikel op bl. 27. Dit is vir my onmoontlik om ietsie te sê oor elke storie in hierdie uitgawe, ek wil in elk geval nie al die verrassings weggee nie. Geniet elke tone-omkrul-storie!

Seënwense en groete

Hier is my kruikstorie... Toe ek so half-pad met hierdie uitgawe was, mors ek koffie op my skootre-kenaar, en ek bedoel die vol koppie het omgetiep oor die hele sleutel-bord! En daar sterf die rekenaar binne minute. (Wys jou hoe giftig koffie is!) My eerste bekommernis is dat ek nie genoeg tyd sal hê om die hele uitgawe van voor af te begin nie! En ek bid, “Here! Bes-kerm asb die data!” Maar die menslike mens in my bly bekom-merd. Toe gaan sit ek op my tuinbankie onder die bome in ‘n poging om stil te raak en troos by my Lewensredder te kry. In-tussen het ‘n hele swerm klein voëltjies in die boom bokant my kom sit en tjirp, die mooiste vo-ëltjie geklets ooit, wat my ged-agtes totaal tot stilstand ruk. Al wat ek gedink het was ‘n vraag aan die voëltjies gerig, “probeer julle vir my ietsie sê?” Net daar begryp ek die waarheid wat ek eintlik reeds geweet het! Hierdie Familie Nuus is God se projek, wie sal Hom kan stop? Ek is net die instrument in Sy hande! En God het my net herinner deur sy voëltjies te stuur om my ged-agtes werklik stil te kry. Die saligheid! Ek het net geweet die volgende dag sal ek weer verder werk aan hierdie uitgawe! En dit was ook so! Prys ons troue Lewensredder!

Kruikstorie

Page 2: Familie Nuus Kwartaal 2 2012

3

Getuienisse uit ons

geloofsfamilie

4

Lewe sonder grense - Ryno som ons Pinkster 2012 ervaring op

Wat is ‘n volwasse intensionele huwel-iksverhouding?

Toebroodjie projek

7

12

Kollig Stories

5

Kruik Stories

Ons wat hierdie skat in ons het,

is maar kleipotte wat maklik

breek; die krag wat alles

oortref, kom dus van God, nie

van ons nie. 2 Kor 4:7

Ek het Jesus gesien...

Die waarheid (Sy is jonk maar wys)

Ons ervaring tydens die “Ons trou” kursus

Dankie Here! (Ons paadjies het byna geskei!)

My “Brul en Piep” ervaring

6

8

9

10

Jeugmentor se ervarings 24

Goddelike ingryping: Gert vertel 19

Bybelreis met Stephan Joubert 5

Sentrum vir Lewenskuns 8

Huweliksnaweek! 9

Solo Bediening: wat doen ons alles? 26

Brul en Piep: terugvoer 10

Young Adults 20

Vakansieprogram vir kids en gemeenskapsprojek 11

Klerekas: Waarheen gaan jou skenkings? 13

Koskas: Waarheen gaan jou skenkings? 13

Musiek... gepraat van psalms 23

Boeke - ‘n Splinternuwe bundel op die rakke na 10 jaar! 22

Voorwaarts mars!Straatstap en versorging 14

Selgroepe 15

3 V’s en die kinders 28

Die manne het gaan jag 15

Kinderpret! Wees ‘n bietjie slim en kunstig 29

Vrouebediening: Herfskonferensie, Nataniel was hier, Vrouekamp en volgende byeenkoms

16

Toets jou Woordkennis Blokraai #1 30

Moederskamers 17

Inligtingsblad met tye en kontak besonderhede 31

27 Besoek aan Ivory– en Ebonypark, Tembisa

Ster Stories

18 Daar is altyd hoop (‘n Gedig)

21 Dit wil gedoen wees!

25 Baie geluk Francois!

Voel jy dalk geroep om ‘n mentor te wees? 24

23 Psalm van halftyd Manne skryf ‘n Psalm!

Page 3: Familie Nuus Kwartaal 2 2012

4

Ryno Meyer ~

Nuwe ritme. Nuwe lewens. Nuwe stories wat een word met God se storie. Alles deur die kragtige werking van die Heilige Gees. Dit is die storie van Pink-ster: dat die Gees van God uitgestort is op gewone mense soos ek en jy, sodat God Sy sto-rie van liefde, verlossing en ver-soening kan voltooi deur in ons te woon en ons te bekragtig om nuwe stories te leef.

Die tema van Pinkster hierdie jaar was Lewe sonder Grense. Hoe doen 'n mens dit? Tom Smith het hierdie vraag geant-woord deur voor te stel dat ons begin om 'n nuwe ritme te leef. Een wat in pas is met die storie van Jesus, die storie van die kerk as die liggaam van Jesus en in pas is met God se hart en plan vir ons spesifieke konteks as Pierre van Rynevelders in Suid-Afrika in 2012. Hierdie ritme is 'n sirkel, en herhaal homself telke-male in ons lewens as gelowig-es. Dit is nie vier stappe na ver-vulling of iets wat mens net een-keer deurgaan nie. Hierdie ritme behels die volgende: om geanker te wees in God se liefde en te weet en te leef dat ons geliefd is; om deur die Gees van God gevorm te word; om deur die Gees van God bekrag-tig te word; om deur die Gees van God gestuur te word.

Hierdie ritme is so anders as die ritme wat ek dikwels leef, en

daarom maak dit my opge-wonde en was dit baie verfris-send vir my. Ek het die waarde besef daarvan om in voeling te wees met dit waarmee die Gees besig is in my lewe, om teenwoordig te wees in daardie deel van die ritme en om alles in die stryd te werp om daardeur te groei en 'n lewe van ver-vulling en Geesvervullig te leef. Dit is soveel anders as om net hard te werk, geld te spaar vir Desember, geld te spandeer oor Desember, te "rus" en dan weer die siklus te herhaal. Hierdie nuwe ritme bring nuwe lewe, vir myself en vir ander. Hierdie ritme sluit ander mense in, en maak dat ek my lewe en alles wat ek doen, na ander rig en nie net op myself fokus nie. Hierdie ritme is onmoontlik sonder die Heilige Gees, en bring 'n ervaring en bewustheid van die Gees mee, wat ons so dikwels na smag en soek en beny in an-der mense se lewens. In hierdie nuwe ritme gebeur dit met elkeen van ons, in die hier en nou, binne ons lig-game, in tyd en ruimte soos ons dit hier ken.

Die grootste uitdaging vir ons as geloofsfamilie, glo ek, is die beliggaaming van hierdie nuwe ritme. Om afstand te doen van 'n geloof wat nét persoonlik en diep binne in ons harte gebeur, en te beweeg na 'n geloof wat hande en voete kry. 'n Geloof wat vertrou op God, krag van Hom ontvang vir dit wat ge-doen moet word en dan in ge-hoorsaamheid dit doen. 'n Geloof wat uitgeleef word op ons Here se terme deur die krag-tige werking van die Gees, en nie op ons eie terme deur die kragtige werking van ons kultu-ur, besige programme en vooroordele nie. Laasgeno-emde geloof is uitgedien, dit het 'n hardheid in ons meegebring, en dit is tyd vir Jesus om dit af te skil. Dit is tyd vir liefde om bo "realistiese denke" uit te troon. Dit is tyd vir sagte hande in plaas van vuishoue en veroor-deling. Die Gees doen dit. Pink-ster doen dit.

Mag ons geloofsfamilie saam 'n nuwe ritme leef. Mag ons weet hoe geliefd ons is. Mag ons "ons" groter word. Mag ons met oop hande en huise leef. Mag ons stil paaie ontdek waarheen Jesus ons stuur. Mag die Gees van God alles nuutmaak en die kon-inkryk laat kom in Pierre van Ryneveld, soos in die hemel.

Al Tom se preke van Pinkster is op die webwerf beskikbaar en kan ook op CDbestel

Page 4: Familie Nuus Kwartaal 2 2012

5

Henk Janse v Rensburg ~

Sedert 2009 het ons geloofsfamilie die voorreg dat Stephan Joubert deel van ons geloofsfamilie is. Hy is een van ons deeltydse leraars wat by ons preek en saam met my die Bybelreis aanbied. Soos baie van ons geloofsfamilie kan getuig, beteken die Bybelreis vir elkeen van ons geweldig baie. Ons word uitgedaag om te groei en Jesus op ’n nuwe, intiemer manier te verstaan en uit te leef. Ons is juis nou besig om deur die boek van Filippense te reis. Elke kwartaal word drie

aandsessies aangebied en een

oggendsessie wat ’n samevatting van die aandsessies is. As jy nog nie die Bybelreis bygewoon het

nie, kom word gerus deel van hierdie ervaring.

Een van die dinge waaroor ons baie opgewonde is, is dat Stephan Joubert onlangs as Buitengewone Professor in Nuwe Testamentiese en Praktiese Teologie: Kontemporêre Ekklesiologie by die Universiteit

van die Vrystaat aangestel is. Aangesien dit nie ’n voltydse aanstelling is nie, bly Stephan nog steeds betrokke in ons geloofsfamilie. Hy is ook ’n navorsingsgenoot by die Radboud-universiteit in Nijmegen, Nederland,

waar Prof Jan van die Watt is. Stephan is ook nog steeds betrokke by ekerk en tree as leierskapskonsultant op.

Ons nooi jou uit om gerus die ekerk webblad te besoek by www.ekerk.org

In die Mei-uitgawe van die JUIG-tydskrif is daar ’n goeie artikel waarin Stephan reflekteer oor sy geloof. Gaan lees dit gerus by www.juig.co.za.

Jan Venter ~

Na weke se frustrasie met ‘n mo-tor wat uitgekamp het by die werkswinkel en die paneelklop-per moes ek een Woensdag Groenkloof se kant toe ry om iemand te gaan oplaai. Ek was lekker omgekrap en moeg ge-sukkel. Ongeduldig ook sommer. Toe ek by die verkeerslig daar naby die Little Company of Mary Hospitaal stop, sien ek hulle twee...

Die verslonste, bruinverbrande vrou met haar toutjieshare en flenters getrapte skoene. Met haar “huis” in ‘n bondeltjie by haar voete. Haar lank klaar ge-bruikte klere sakkerig oor haar skouers. Sy lyk so effe soos ‘n tannie wat ek lank terug geken het. Skuins agter haar die jong seun. Sy pikswart vel stowwerig

van die ontbering in die bui-telug. Sy verslete kortmou hemp, met een knoop, en die te groot kortbroek gedrapeer op sy skraal skouers en knopperige knieë. Kaalvoet.

Terwyl ek nukkerig wag vir die verkeerslig om groen te word, sien ek die vrou haal ‘n brood-sakkie met ‘n paar snye brood uit. Middagete. Sy haal twee van die snye uit die sakkie, neem ‘n lekker groot hap uit die broodjie en draai die ander paar snye weer versigtig toe in die sakkie. Seker om te bere vir later, dink ek. Maar sy wink met die sakkie. Die seun loer onge-lowig en versigtig vir haar. Sy wink weer, sonder woorde. Hy verstaan. Sy gesig kraak in ‘n onverwagse, skamerige glimlag terwyl hy eenkant toe stap en op ‘n klip gaan sit met sy onver-wagse sakkie brood. Mid-dagete. Of dalk die dag se ete,

ek weet nie meer nie.

Uit die hoek van my oog sien ek die groen ver-keerslig en ek word wegger-aap deur die besige stadsver-keer. Met ‘n gekneusde hart. ‘n Skaam hart. Oor my eie ondank-baarheid en onvergenoegd-heid.

Verwondering oorweldig my want, dink ek, vandag het ek vir Jesus gesien. Op die hoek van George Storrar en Leyds, in Groenkloof.

Kruikstorie

Here Jesus, bid ek, ek wil so omgee, deel, versorg, liefhê en leef, dat ander U sal sien. Asseblief Here, help my hi-ermee, want as dit van my al-leen afhang sal U on-

Page 5: Familie Nuus Kwartaal 2 2012

6

Kruikstorie

Jana-Marie van Rooyen ~

Page 6: Familie Nuus Kwartaal 2 2012

7

Elmarie van Wyk ~

Wonder jy wat het van die man/vrou geword op wie jy so verlief was? Wie is die mens met wie jy nou getroud is? Waar is die “op die wolke” of die ”ons sien kans vir enige iets” gevoel? Wil jy graag jou huwelik weer op ‘n plek kry waar julle saam trek, werk en speel? Hierdie “plek” noem ons volgens die Imago-teorie ‘n INTEN-SIONELE VERHOUDING. Om by intensionele verhouding uit te kom, help dit om te verstaan hoekom ons twee in die eerste plek op mekaar verlief geraak het. Hoe “verlief” kan verander in ‘n magstryd en hoe om doelbewus en effektief deur konflik te werk. Met die hulp van Imago-terapie kan ons dus leer om wysheid in konflik te soek en hoe om intensioneel aan ons ver-houding te werk. Hoe lyk ‘n intensionele huwel-iksverhouding dan? ♥Jy raak sensitief vir die subtiele agenda van jou huwelik, nl. om kinderjare wonde te heel. Jy besef dat hierdie verwonding selfs die “op of af toiletsitplek”

struwelinge onderlê en met die toenemende sensitiwiteit vir die raaisels in jou huwelik begin groei tot ‘n groter gevoel van beheer. ♥Jy ontwikkel ‘n meer realistie-se beeld van jou maat. Wan-neer jy verlief is, verwar jy jou maat onbewustelik met jou primêre versorgers(ouers). Nog ‘n bietjie later in die verhouding projekteer jy jou eie negatiewe eienskappe op jou geliefde en steeds word sy/haar werklike identiteit verskuil. In ‘n inten-sionele verhouding erken ons hierdie illusies en sien ons nie meer ons maat as ons “redder” nie, maar as ‘n aparte mens met sy/haar eie behoefte aan genesing. ♥Jy aanvaar jou verant-woordelikheid om jou behoefte duidelik aan jou maat te kom-munikeer. Jy erken die feit dat jou maat nie jou behoeftes net kan “weet” nie en dat julle doelbewuste kommunikasie kanale moet skep. ♥Jy leer om konstruktief te praat en op te tree. In plaas daarvan om jou “ou” brein toe te laat om reaktief op te tree, dink jy wat besig is om te gebeur en hoe om dit meer effektief te hanteer. ♥Jy besef en erken dat jou maat se rol in die lewe nie is om met magiese vermoëns na jou behoeftes om te sien nie, en ag sy/haar behoeftes net so hoog as jou eie. ♥Jy leer om jou eie minder goeie eienskappe te erken en te aanvaar. Wanneer ons verantwoordelikheid vir ons eie “swakplekke” aanvaar , ver-minder die geneigdheid om dit op ons maats te projekteer en skep ons so ‘n veiliger omgewing waarin ons verhoud-ing kan groei. ♥In ‘n intensionele verhouding leer jy effektiewe maniere aan om behoeftes te bevredig en besef jy dat jou maat inder-daad ‘n liefdevolle hulpbron in

die proses kan wees, mits jy negatiewe taktiek afleer. ♥Jy leer dat om ‘n werklik vol-wasse MENS te wees, jy jou eie wysheid en positiewe ei-enskappe moet ontwikkel, in plaas daarvan om te verwag dat dit in jou maat moet wees. Met ander woorde, elkeen van julle aanvaar self verant-woordelikheid vir sy eie groei. ♥Jy raak toenemend bewus van jou Godgegewe vermoë om onvoorwaardelik lief te hê. In ‘n intensionele verhouding besef julle beide toenemend elkeen se behoefte om heel te wees en te leef! ♥Beide van julle besef en aan-vaar dat ‘n blywende liefdesverhouding harde werk is. In plaas daarvan om te glo dat om gelukkig getroud te wees jy net die regte maat moet kies, besef jy dat jy eerder die regte maat moet WEES.

♥Om ons huwelike by hierdie vlak van intensionaliteit en vol-wassenheid te kry is dit soms nodig om hulp te vra, veral as ons voel ons het mekaar iewers langs die pad verloor. Imago terapie is ‘n effektiewe manier om ‘n egpaar toe te rus en te bemagting om met vaar-dighede en toegewydheid ‘n liefdevolle huweliksverhouding te bou.

Bronne: “Getting The Love You Want”; ~ Harville Hendrix. “A Happy Human

Page 7: Familie Nuus Kwartaal 2 2012

8

Elmarie van Wyk ~

Wat is die “Sentrum vir Lewenskuns”?

Buiten dat dit ‘n plek langs die kerk is, is dit veel eerder ‘n diens. Dis ‘n ruimte waar mense tot verhaal kan kom en sin kan maak uit hulle stories.

Wanneer gaan ‘n mens vir tera-

pie of berading?

M.Scott Peck antwoord die vraag in sy boek, ”The Road Less Travelled and Beyond”, perfek. “Wanneer jou wiele gly. Dit voel asof jy in modder vassit en hoe harder jy probeer, hoe dieper sak jy weg.”

Watter dienste lewer ons?

Huweliks- en verhoudingstera-pie; Huweliksverrykings-werkswinkels. Lees gerus die advertensie van ons eerste werkswinkel in Julie. Huweliksvoorbereiding, hetsy individueel of die Ons Trou

program wat kwartaalliks aangebied word; Egskeidingsbegeleiding; Ouerleiding; Traumaberading; Persoonlike/karakter groei, soms voel dit asof jy in ‘n groef is en oor en oor dieselfde foute maak; Roubegeleiding; Studiehulp; Personeelversorgingspakette vir besighede (lees gerus die brosjure hier langsaan).

Hoe kontak jy/julle ons?

Skakel vir Amanda by die kerk-kantoor; deur enige van ons predikante of kontak direk vir my, Elmarie van Wyk 072 238 0549, vir ‘n afspraak by myself of Berna Pretorius.

Wat is die kostes?

Ons hef ‘n konsultasiefooi van R250 per sessie wat of kontant , of per internet betaal kan word. Moet egter asb. nie dat kostes

jou van hulp weerhou nie – ons pas hierdie kostes aan na ge-lang van die klient so omstan-dighede.

Wat het ons nodig?

Jou voorbidding! Tydens terapie word ‘n veilige ruimte geskep vir die klient om sin te maak van, en te groei deur, sy/haar ver-haal. Ons doen dit in absolute afhanklikheid van die werking van die Heilige Gees. Ons het ook behoefte aan ie-mand wat veral kan help met die bemarking van ons dienste aan die privaatsektor en die moontlike werwing van fondse. Ons wys niemand weg nie, wat beteken dat sessies soms deur ander fondse “geborg” moet word.

Vir enige verdere inligting kon-tak gerus die kerkkantoor of Elmarie van Wyk 072 238 0549

‘n Verloofde paartjie

in ons gemeenskap ~

“Verhoudings is moeilik. Die trou kursus het ons baie geleer, maar nie net, soos ons gedink het oor wat dit is om getroud te wees, en wat vewag kan word as ons getroud is nie, maar wel oor mekaar. Hoekom ek lief is vir die persoon met wie ek beplan om te trou, hoekom dit normal is om te verskil, en hoekom ons mekaar nie altyd verstaan nie. Die heel beste ding van die trou kursus was dat dit ons geleer het om mekaar beter te verstaan, om meer geduldig met mekaar te wees, om aktief na mekaar te

luister en om saam te groei na heelheid. Baie interessant is dat al die temas wat bespreek word in “Ons Trou” amper net so van toepassing is in jou ander ver-houdings, bv. by die werk. Ons beveel die kursus aan vir almal – of jy al getroud is of nog gaan trou. Omdat jy nie besef hoe groot die impak van jou eie gebrokenheid is op jou alledaagse verhoudings nie,

sukkel baie van ons om effektief in verhouding te wees. Die Ons Trou Kursus help ‘n mens om na jou eie gebrokenheid terug te gaan, sodat jy daarvan bevry kan word.” Vir meer inligting oor die Ons Trou program, kontak gerus vir Riana by die kerkkantoor.

Kruikstorie

Page 8: Familie Nuus Kwartaal 2 2012

9

Waar staan jou huwelik as jy dit aan die inligting in die mee-gaande artikel meet? Wil jy en jou man/vrou julle huwelik ver-sterk, laat groei of dalk herstel?

Die naweek van 27 -29 Julie bied die Sentrum vir Lewenskuns ‘n huwelikswerkswinkel aan om jou presies hierin te begelei. Vrydagaand 6 -9 uur: “oop vir almal” @ R120 p.paar.: Inset oor die Bybelse perspektief van die huwelik ; kort oorsig oor die inhoud van die huwelikswerkswinkel wat op Sa-

terdag en Sondag volg en ‘n demonstrasie van ‘n Imago frus-trasie dialoog (dit is vir dié van julle wat nog nie seker is of julle die werkswinkel as geheel wil meemaak nie en dit by ‘n vlg. geleentheid sou wou doen). Saterdag en Sondag van 8 tot 6 die volledige Huweliks-werkswinkel @ R1 300 per paar (insluitend Vrydagaand, twee ligte maaltye, koffie,tee en ver-snapperinge asook lesingmateri-aal. Die eerste 8 pare wat ‘n 50% de-posito betaal het, sal die spe-sifieke werkswinkel bywoon. Volgende werkswinkels sal,

afhangend van die behoefte, kwarttaalliks aangebied word.

Besprekings en betalings ge-skied by Amanda by die kerk-kantoor. Vir enige navrae oor die werkswinkel self, kontak gerus vir

Anoniem ~

Vier en ‘n half jaar na ons sprokies trou-dag besef beide van ons skielik dat ons huwelik nie meer is wat dit was of moet

wees nie. Boonop het die Here ons geseën met ‘n pragtige seuntjie - nou twee jaar oud. Des te meer het die wete dat ons eenheid besig is om te verkrummel ons behoorlik be-noud gehad. Ja, dit het gevoel of ons letterlik afstuur op eg-skeiding. Wie dink ooit op daardie spesiale dag dat so ‘n nare tyd in jou huwelik sou voor-lê? Ek, as man van die huis, het lank gedink oor wat die regte ding is om te doen en hoe om dit te hanteer. Ek weet nog steeds nie of ek dit reg hanteer het nie, maar weet wel dat dit die regte besluit was. Dit was nie lekker om te besef dat, as ons nie onmiddellik ‘n plan maak nie, ons probleem net groter gaan word. Ek het die kerkkantoor

geskakel om te hoor hoe die kerk kan help en word toe ver-wys na Elmarie van Wyk. Ek as vrou het gevoel dat ek ‘n mislukking is vir my man. Ek het nie geweet hoe ek dit moet reg-stel nie. Nadat my man die oproep gemaak het, het hy vir my gesê ons moet dringend hulp kry en dat hy reeds vir ons ‘n afspraak gemaak het. Ek was onmiddellik kwaad, want die persoon gaan nou seker weer SY kant kies. Maar dit was sowaar nie die waarheid nie. Elmarie is “AWESOME”!!!! Ons het vir Elmarie gaan sien en sy het dadelik ‘n verskil begin maak. Die wonderlikste was om te besef dat ’n man en vrou gereeld vir huweliksberadingses-sies moet gaan. Die lewe is so ‘n gejaag, veral as jy kinders het, en die sessies is eintlik ‘n “check-up/reality check”. Dit is waar ‘n mens werklik kan stil raak en fokus. Die teenwoordigheid van ‘n buite persoon word as ‘n klankbord gebruik. Hierdie waar-devolle sessies is nou ons huwel-iks-belegging wat geen geld in die wêreld kan koop nie. Drie sessies en baie trane later het ons geleer om mekaar weer opreg te waardeer en hoe om met mekaar te kommunikeer in

tye van verskille. Want verskille sal daar altyd wees, dit is nor-maal. Ons probleem is nie oornag op-gelos nie, maar ten minste is ons nou albei bewus van mekaar se pyn en probleme en ons beskik oor die regte tegnieke om die probleemareas te adresseer, soos dit moet wees. Ek dink die grootste fout wat mens maak is dat ons te lank wag om te gaan vir hulp van buite af. Waarskynlik in die hoop dat alles sommer net vanself sal regkom. Ons wag en speel vir tyd. En ek dink die rede daar-voor is oor daardie “stigma” dat jy vir berading gaan. Maar dan kom jy by by ‘n punt waar jy besef jou huwelik is belangriker as “stigma’s”. Ek het tot die besef gekom dit kom nie vanself reg nie, die be sluit om iets te doen lê by ons. En ek het ook besef ons huwelik is belangriker as stigma’s en dinge. Ons huwelik sal ‘n voor-beeld wees vir ander! Dit sal ‘n getuienis wees, tot eer van God. Want Hy is getrou! “Lief vir jou my vrou en dankie dat ons saam kan werk aan ons huwelik.” “Lief jou meer , my man, vir ALTYD!!!!”

Kruikstorie

Page 9: Familie Nuus Kwartaal 2 2012

10

Hanlie Boshof ~

Die mal prentjie hier in die mid-del doen die rondte tussen “facebook” en “bbm”, maar dit is hoe elke pa oor sy dogter voel, of behoort te voel. Die verhouding tussen ‘n pa en sy dogter is so spesiaal. Dogtertjies leer by pappa’s wat hulle waarde as ‘n vrou is en hoe hulle deur mans hanteer en behan-del moet word. Meisies moet weet dat hulle pappa’s hulle altyd sal bes-kerm, en dat pap-pa aan hulle kant is. ‘n Pa se ver-houding met sy dogter het ‘n enor-me effek op haar vroulikheid, haar skoonheid, haar persoon-likheid en hoe sy omgaan met mans. Jong dames wat ‘n noue, liefdevolle verhouding met hul pa’s gehad het toe hulle klein was; veilig en gelukkig

in hul kinderjare gevoel het en wat onvoorwaardelik aanvaar is, lei minder aan depressie en eetversteurings en het ‘n sterk persoonlike identiteit. Brul en Piep is so ‘n geleent-heid waar pappa’s saam met hulle dogters kan gaan kamp,

hulle kan beskerm teen die “brullende leeus” wat in die nag rondloop en sommer net hulle prinsessies baie spesiaal kan laat voel. 40 Pa’s en dogters het saam tent op-geslaan, saam pret gehad, saam gelag vir die beer wat so

“funny” lê en slaap en saam in die koue langs die kampvuur gesit en “marshmallows” braai, kuier en net mekaar se ges-leskap geniet. Hier is wat een van ons graad 7’s – Jana Boshoff – sê oor die ervaring:

“Dit was heerlik om saam met my pappa in die die-

retuin te gaan slaap. Verlede jaar het ek dit gemis

want ek was siek, maar is verskriklik bly dat ons die

jaar kon saamgaan. Ons het daar aangekom, die

tente opgeslaan, ons slaapplekkies geskrop en toe

lekker buite gaan saamkuier met almal. Ons het die

aand saam met ‘n gids deur die dieretuin gestap,

en al die diere het of geëet of rustig geslaap.

Omdat ons elke Sondag by groepies gesels oor die

3 V’s, het ek die volgende beleef....Die beer het so

sorgeloos op sy rug met sy pote in die lug geslaap, toe dink ek by

myself, as volgeling van Jesus, is dit hoe rustig ek by God se voete

moet wees.......my grootste verwonderings oomblik was toe ons Sa-

terdagoggend vroeg die tente opslaan, die stukkies ys wat op die

tente gelê het, dit was pragtig.......die derde V wat Verhoudings is,

het ek die heeltyd beleef waar almal om die kampvuur gesels het,

ek en pappa wat lekker saam gekuier het, waar ons saam met Zet-

ta, Nicole en oom Freddie in die tent geslaap het, en hoe al die

kinders saam gespeel het, al het ons mekaar nie geken nie.”

Kruikstorie

Page 10: Familie Nuus Kwartaal 2 2012

11

onbekende en gestuurdes word! Verdere inligting is by die jeugkantoor beskikbaar.

Die tyd vlieg darem verskriklik! Mens kan nie glo dis oor

‘n week al weer vakansie en tyd vir die vakansiepro-

gram nie. Elke ouer wat sy kind al gebring het vir die

Junie/Julie vakansie program, sal weet dit is ‘n moet!

Die kinders jol, bou verhoudings met mekaar en die

groepleiers en leer meer oor hoe om volgeling van Je-

sus te wees.......die jaar met die hulp van Madagas-

car......WAAR’S JY? Elke jaar is ons as leiers verwonderd

oor alles wat net uitwerk; die kos, die aktiwiteite en oor

die feit dat almal elke dag veilig is. Ons dien voorwaar

‘n wonderlike God!

Hanlie Boshoff ~

Die eerste week van die Junie vakansie, bied ons vir die Hoër-skool jeug, wat met gewillige harte en hande aanmeld, ‘n geleentheid om in ons eie ge-meenskap, Pierre van Ryneveld, betrokke te raak en ‘n verskil te maak. Dis egter nie net beperk tot ons jongmense nie, enige ie-mand is welkom. Die graad 11’s wat voorberei vir belydenisaflegging moet hierdie

belewenis beslis nie misloop nie. Ons het in die afgelope kwartaal Christus weekliks ontdek in ons groepe op verskillende maniere en deur ‘n wye verskeidenheid materiaal, ervarings en gesprekke. Maar hier kry ons nou die geleentheid om Christus te gaan uitleef en werklik ‘n verskil te maak. Dis baie maklik om die 3 V’s elke dag binne-in ons “comfort zone” te erken en uit te leef, maar nou gaan ons ons grense ‘n bietjie rek na die

Page 11: Familie Nuus Kwartaal 2 2012

12

Page 12: Familie Nuus Kwartaal 2 2012

13

Sopkombuis

Klere is geskenk aan ‘n Sop-

kombuis in Zambela (Sasolburg)

wat na sowat 100 kinders om-

sien. Die projek word bedryf

deur SA Vinyls Association. Al die

hulp wat aan hulle verleen word

is skenkings uit die gemeenskap.

Ons het klere aan hulle geskenk.

Doulos

Doulos is ‘n organisasie wat in

East Lynne, Jan Niemandpark

en Lindo Park werk. Hulle help

arm blankes met geestelike- en

fisiese groei. Hierdie mense het

hulle werk verloor en het

gesinne met geen heenkome.

Die organisasie het kleuterskole

en verskeie voedingskemas.

Hulle het ook ‘n winkel waar

hulle 2de handse ware verkoop

om kos te kan koop. Ons het

hulle gehelp met speelgoed en

breekware vir die winkel.

Helpende Hand

Jan straat no 1, Eldoraigne. Hier

woon sowat 60 mense wat

geen heenkome het nie. Die hu-

is dien ook as krisissentrum aan

persone met alkohol en mid-

delafhanklikheid. Ons het 18

komberse en mooi gordyne aan

die huis geskenk . Pastoor Walter

Stander is die kontak persoon.

Dankie vir elke liewe skenking

Pierre van Ryneveld Gemeen-

skapskerk! As Gemeente het ons

hulp verleen van Sasolburg tot

Eastlynn in net een maand!

Hou julle harte oop en laat weet

asb. indien jy van enige nood

weet waar ons kan help.

0834603868 [email protected]

Elmarie Hattingh ~

Gedurende Mei maand het ons

baie mense se harte en lywe

warm gemaak. Baie dankie vir

al julle skenkings. Graag wil ek

julle wys wat van jul barmhartige

skenkings word:

Amanda Smit ~

Dankie aan ieder en elk vir die

koskas bydraes wat ons so

gereeld van julle ontvang! Dit is

‘n riem onder die hart om te sien

hoe “oop” ons mense se harte

is, vir ander in nood! Ek maak

graag die volgende statistieke

van die koskas bekend:

�Daar is tans 4 gesinne wat op

‘n maandelikse basis kos

ontvang

�51 kospakkies is al uitgegee

sedert Januarie 2012, dit sluit in

die kospakkies wat maandeliks

uitgaan, asook persone wat

net “inloop” en kom vra vir kos

�Ons het ook beurte om kos

aan die CMR Lyttleton te

voorsien

Ek maak ook van hierdie

geleentheid gebruik om baie,

baie dankie te sê vir Frieda

wat so getrou vir my die

kospakkies pak en aankope

doen waar ons uit voorraad

hardloop! Jy is ‘n ster!

Uittreksel: Karos orie dyne, Hans du Plessis ~ Genesis

Innie begin hettie Jirre alles Self gekom maak. Ennie aarde was wild, pikstikdonker en leeg, en God het sosse wind oor woeste waterse geja.

Toe’tie Jirre nou gesê: lat da lig is, ennie lig het lig in strate tissen dyne gekom lê! (Lees artikel op bl 22)

Page 13: Familie Nuus Kwartaal 2 2012

14

Henk Janse v Rensburg ~

Een van die take van ’n geloofsfamilie is om vir mekaar om te gee en te versorg. Die ler-aarspan weet dat daar ’n groot behoefte aan versorging is en daarom is hulle besig om hier-aan aandag te gee. Dit speel op twee maniere uit. Die ler-aarspan het besluit om die ge-meente in drie areas te verdeel en dat elke voltydse leraar oor-hoofse verantwoordelikheid vir ‘n area neem. Dit beteken dat jy welkom is om die leraar van jou area te kontak of om enige van die ander leraars te kontak as jy iets onder sy aandag wil bring. Die leraars wil ook spanne opbou wat kan help met die versorging in die verskillende ar-eas. As jy graag deel wil word van so ’n span, kontak asseblief een van die leraars.

Soos jy dalk al gehoor het, het die voltydse leraars ook begin met straatbesoeke. Die leraars stap in hulle areas rond en maak kontak met die mense by hulle huise. Dit is sommer net ’n hallo sê en bladskud. Indien daar ’n behoefte is aan ’n opvolg afspraak, kan dit met die leraar gereël word.

Die indeling van die gemeente is as volg: (Daar sal binnekort kaarte by die twee hoofingange van kerk wees as wil seker maak in watter area jy val)

Ons sien uit om binnekort

met jou kontak te maak.

Die leraarspan.

Area 3: Ryno Meyer

082 460 2103

Die gebied wes van Vorster- en

Hertzoglaan (wes van “van

Ryneveld) en Kirknesspark,

asook noord van die N1.

Buitewyke sluit in: Lyttleton, Lyt-

tleton Manor, Die Hoewes, Dor-

ingkloof, Centurion, Hennop-

spark, Wierdapark en ander ge-

biede noord van die N1 en wes

van die R21, waar daar lidmate

woon.

Area 1 – Jan Venter

082 333 6552

Die gebied oos van “van

Ryneveld weg” en noord van

die N1

Buitewyk sluit in: Elarduspark,

Wingate Park, Moreleta, Gars-

fontein, Erasmusrand, Water-

kloof, Monumentpark, asook

ander gebiede oos van die R21

Area 2 – Henk Janse van Rensburg

082 336 7555

Die gebied suid van “van

Ryneveld weg” en oos van Vorster

- en Hertzoglaan (Insluitend Irene

Farms/Cornwall Hill)

Buitewyk sluit in: Irene, Centurion

Golf Estate, Highveld, Southdowns,

Eco Park, Roohuiskraal en ander

gebiede suid van die N1 en Wes

van die R21 waar daar lidmate

woon.

Page 14: Familie Nuus Kwartaal 2 2012

15

more effective” nie. Nee, dis eerder ‘n boek waar ons vaar-dighede leer om na aan me-kaar te leef. Om beGEESter te raak – of my selgroep uit 4 of 15 mense bestaan. Een van die aspekte waaroor ons gesels het, was dat om dis-sipels te wees, ‘n uitnodiging, maar ook ‘n uitdaging is. Dis ‘n interaktiewe proses, want as jy eers die warmte van die “kerk” betree het, word jy ook uitgedaag! Ons wil mekaar so leer en inspireer sodat selgroepe dié plek word ”waar harte oop is vir die Here, vir mekaar en vir ‘n wêreld in nood” (M. Breen). As daar nog selleiers is wat die boek wil bestel – kontak asb vir Louise. Die selgroepe was die afgelope

tyd bedrywig om die gemeente te help met teebeurte en Nagmaalvoorbereiding en bediening. Boonop is daar vir ‘n paar Sondae ‘n bekendstel-lingstafel buite die kerk beman om belangstellendes se vrae te beantwoord. As JY meer oor selgroepe wil weet of wil inskakel, stuur asb jou/julle besonderhede na Louise Jackson [email protected]

Louise Jackson ~

Die selgroepleiers het op 6 Mei 2012 saam met Ds Jan ‘n inte-ressante gesprek begin. Ons gaan saam deur die boek van Mike Breen – “Building a Disci-

pling Culture” – werk. Dis nie ‘n boek wat die tipiese aanslag het van “5 tips to run your cell

Deon Fourie ~

Gedurende die laaste naweek in April 2012 het die manne-bediening vir ‘n naweek weggebreek uit die gejaag van die stad, bosveld toe. Die geleent-heid was ook aangegryp om van die seuns saam te neem om saam met die ouer manne skouer te skuur.

Dit was ‘n wonderlike naweek met baie stories en belewenisse, perfek met die kampvuur kuier saam met Jan en sy kitaar!

Gewapen met koffie en beskuit het die jagters vroegoggend die veld in gestap, terwyl party

manne laat gelê het en ander om die oggend vuur stiltetyd gehou het. Party het sommer net die bos ingestap om God se grootheid en teenwoordigheid te beleef. Dit was ‘n naweek vir stilraak en rustig wees, die gejaag vergete, om net te wees.

Die intense vreugde op elke seun se gesig met die klap van elke eerste skoot, herinner mens aan jou eie eerste keer. En dan word die bokke langs die pad opgetel en ry ons in daardie vroeë oggend ure agter op die bakkie. En dan weet jy, hierdie seuns is besig om aan hulle eie spesiale terugdink oomblikke te bou. Want dis verseker ‘n erva-ring wat mens nooit vergeet nie.

Daar was ook baie unieke oomblikke. Die beste een was

toe Eppo sy vlakvark by die rivier moes gaan haal met ‘n quad-bike en ‘n flits! Later het die seuns gehelp om die bokke te slag en die vleis te bewerk. Die weer was heel naweek perfek en die samesyn was opbouend. Ons het gekuier en gekuier. En ons het soos konings geëet.

Maar die heel beste, God was heeltyd teenwoordig. Ons het huiswaarts gekeer met dank-bare harte.

Page 15: Familie Nuus Kwartaal 2 2012

16

Op 19 Mei het 2 vroue van ons gemeente die Herfskonferensie by Skuilkrans bygewoon. Dit is aangebied deur die Diensgroep : Vrouelidmate van die Oostelike Sinode. Die spre-ker vir die oggend was Ds Nico van Rensburg van die NG Ge-meente Heliconpark, en sy te-ma was “’n Nuwe Visie vir die Christenvrou”. Ons het geleer dat ons visies en drome is die olie wat die lampie aan die brand hou in elke bediening.

Die volgende byeenkoms is op 20 Augustus om 19h00. Made-lein Greyling, ‘n voorkoms Kon-sultant en Stilis gaan met ons ge-sels oor kleure, klere, hare en grimering asook die regte style vir verskillende figure. Kaartjies kos R30 per persoon, en is beskikbaar by Amanda by die Kerkkantoor. Kom gerus, en begin ‘n nuwe “jy”.

Lees meer oor Madelein Grey-ling op volgende bladsy.

19 – 21 Oktober

by Meulstroom Lodge

net anderkant Bronkhorstspruit

Kostes is R600 per persoon

Sluit etes en akkommodasie in

Spreker vir die naweek:

Thea Coetzer en haar tema is “Wie is ek in God se hart?”

Ons nooi elke vrou graag uit om hierdie naweek met ons te deel. Kom maak nuwe vriendinne,

leer om die Here te loof en prys op ‘n wonderlike manier, en kom leef uitbundig in Sy teen-

woordigheid.

Op Saterdag, 26 Mei het onge-veer 750 persone die oggend met Nataniël bygewoon. Wat ‘n belewenis en ‘n reuse sukses!! Hy was sowaar ‘n inspirasie vir elkeen van ons. Vir ‘n uur lank het ons lekker gelag, maar vir ure en dae daarna kon ons nog peins oor al die waarhede wat hy kwytgeraak het.

Nataniël was hier...

Herfskonferensie Vrouekamp 2012 Volgende byeenkoms

Dis die

beste tyd

van die

dag:

aandete

word ge-

maak,

kinders

word

gebad en... Pappa’s

kom huis toe.

Page 16: Familie Nuus Kwartaal 2 2012

17

Riana Janse van Rensburg ~

Ouers met kindertjies wat nog nie gereed is om in die ouditorium te sit nie, word daarop gewys dat die volgende fasiliteite beskikbaar is:

1. Moederskamer in die Ouditorium

Hierdie fasiliteit is bedoel vir ouers met kleuters wat al rondbeweeg. Hierdie lokaal het speelfasiliteite wat gebruik kan word om die outjies besig te hou. Daar is ook luidsprekers aan die agterkant van die kerk indien ouers buite op die gras met hulle kleuters na die diens wil luister.

2. Moederskamer in Kantoorblok (Agter die

klankkas)

Hierdie moederskamer is geskik vir ouers met kleiner kindertjies wat nog nie veel rondbeweeg nie. Dit is tipies babas in wiegies en op ouers se skote wat hier geakkommodeer word. Daar is nie speelfasiliteite nie en ouers sorg self vir wat nodig is.

3. Borsvoedkamer

Hierdie klein lokaal is langs die moederskamer in die kantoorblok en is uitsluitlik vir mamma’s wat gedurende die erediens wil borsvoed, bedoel.

Ouers wat van bovermelde fasiliteite gebruik maak, word versoek om die nodige beheer oor hulle kleingoed uit te oefen, sodat daar nie onnodige steurnis vir ander mense is nie. As u enige klagtes of voorstelle rondom die gebruik en benutting van die vermelde lokale het, kan u dit onder die aandag van die kantoor bring. Die kontakbesonderhede is soos volg:

Riana: 012 662 1708 of [email protected] Peet: 012 662 1708 of [email protected]

.

Madelein is ’n gereelde gasspreker by korporatiewe seminare en fondsinsamelings-funksies, met gehore wat wissel van bestuurshoofde en profes-sionele sekretaresses tot politici en huisvrouens. Madelein se doelwit is om selfversekerde vrouens te “skep” wat altyd op hul beste lyk en voel.

Of jy wonder oor wat by jou en jou liggaamsvorm, lengte en leefstyl pas, en of jy sit met ’n kas vol impulsiewe kopies wat jy nie dra nie, Madelein sal jou help om ’n oplossing te vind deur eenvoudige stylstrategieë.

Madelein Greyling

FASILITEITE VIR OUERS MET KINDERTJIES

Page 17: Familie Nuus Kwartaal 2 2012

18

Na ’n “raakvat boodskap” deur Jan Venter op Sondag 15 April met die tema “Die storie agter die storie”, het Ilse Hugo aan een van haar eie gediggies gedink.

Sy sê: “Toe ek die prentjie sien wat jy vir ons gewys het, het ek onwillekeurig aan dié gediggie gedink, wat ek seker 20 jaar gelede geskryf het. Die “bottomline” van my gediggie is dat lewe en optimisme altyd sal deurbreek, maak nie saak hoé streng en onpersoonlik die wêreld rondom ons lyk nie.”

Hokkamers blokvloere

in vier mure vas

hysbakke suig op

en neer

op

en neer

Streng na bo

pryk beton -

obeliskwoud (vir die mens)

Maar in die pad

breek uit die swart

‘n groen pronk-ertjie!

Jesaja 42:1-4

Hier is my dienaar, Ek stel hom aan. Ek het hom uitverkies, hy geniet my guns. Ek laat my Gees op hom kom, hy sal my wil aan die nasies bekend maak. Hy sal nie roep nie, hy sal nie hard skree nie, hy sal nie sy stem op straat laat hoor nie. ‘n Geknakte riet sal hy nie afbreek nie, ‘n lamppit wat dof brand, sal hy nie uitdoof nie. Hy sal my wil bekend maak soos dit is. Self sal hy ook nie uitgedoof of geknak word nie totdat hy my wil op die aarde gevestig het. Die eilande wag op wat hy hulle sal leer.

Mat 12: 21

En op Hom sal die nasies hulle hoop vestig.

Page 18: Familie Nuus Kwartaal 2 2012

19

GESIEN HOE HET EK HIERDIE HELE SITUASIE HANTEER? ALLES WAT GEBEUR HET WAS SLEG EN TOG HET NIEMAND SEERGEKRY NIE.” Ek het net geantwoord, Dankie HERE, want ek weet dit kon so anders gewees het. Die bestu-urder van die motor was dronk en moes deur die Polisie uit sy voertuig gehelp word. Ek het ‘n ongelooflike kalmte beleef en geen wrok of kwade gevoelens gehad nie. Jesus het my sopas gered uit ‘n lewensgevaarlike situasie, wie is ek dan om te wil vergeld. Dankie Jesus die 22ste April 2012 om 7:20 was nie my tyd nie, ek het weer ‘n kans gekry om my Familie en Vriende meer te waardeer en Lief te hê. U het saam met my ‘n ge-skeurde hamstring, ONS sal nie saam vanjaar se Comrades hardloop nie maar SAAM DAAR

Gert Pelser ~

Ek was oppad om Comrades te gaan hard-loop vanjaar, en was op ‘n goeie “wicket”, lekker fiks en het goeie tye in my oefen mara-

thons gehardloop, en geglo ek is so “border line case” vir nog ‘n silwer medalje toe ek sonder enige waarskuwing ‘n graad 2 skeur in my regter hamstring gekry het in ‘n dood normale oefensessie. Laas jaar het ek ‘n kuit besering gekry wat ook so paar weke voor Comrades gebeur het, nie herstel het nie, en my weerhou het om te gaan.Ek het ‘n goeie gevoel gehad, my “hamstring” is baie seerder as wat ek hoop. My moed was gekrenk en ek was nie op ‘n goeie plek nie, selfs soms so bie-tjie ontevrede met Jesus dat dit nou weer moes gebeur, en selfs in vertwyfeling oor Sy beheer. Maar ek het nog nie handdoek ingegooi nie, net bly hoop dat die besering sal herstel, en ek sal kan hardloop. Ek het daagliks fiets gery om my fiksheid tot ‘n sekere mate te behou en te help met die her-stel proses. Op Sondag 22 April het ek saam met my Mentor vriend, Oom Ollie (74) wat my help, 50km gaan ry. Ons was al so 10 km aan die ry op die Kloofsig- Fonteine pad in die rigting van Eeufees weg toe ek ‘n geweldi-ge geraas agter my hoor

aan my linkerkant. Ollie was op daardie stadium so 20 meter voor my en ons het teen so 50 kph gery, toe ek links oor my skouer

loer. Ek het n blou VW Polo gesien wat die pad verlaat het, teen die graswal op was en be-sig is om af te kom en reg op my afpeil. Ek het vir Ollie geskree want ek was seker die kar gaan my tref en dan nog vir hom ook. In hierdie moment het alles in “slow motion” gebeur. Ek het steeds vir die kar gekyk wat teen so ongeveer 120kph op my afkom. Die Heilige Gees sê vir my om links te swenk na die veld se kant toe, nie regs na die pad se kant toe nie, en ek swenk links. Die tollende kar mis my ag-terwiel met sentimeters, tol oor die pad, deur die veld tussen die twee paaie, en land in die sloot. Toe ek tot stilstand kom sê die Gees vir my: ”EN WAT SÊ JY NOU VAN IN BEHEER, HET JY

Kruikstorie

"That is the mystery of God’s grace: it never comes too late.

~François Mauriac (1885-1970)

Page 19: Familie Nuus Kwartaal 2 2012

20

Lizelle Faber ~

Ek hoor iemand nou die dag vra: so, hoe lyk jou familie? Die antwoord kom heel gemaklik, “Ag jy weet, soos familie maar lyk”.

Die vraag laat my wonder, hoe sal ek dit antwoord. Ons is geseën met ‘n “extended” familie buiten vir Henk, Lizelle en Henli Faber, ‘n ouma aan elke kant, oupa’s met hemel-adresse, susters aan die een kant en ‘n suster en broers aan die ander kant, elkeen met ‘n metgesel en ‘n kind, of twee of drie wat die getalle vol maak, is daar …...

‘n kinkel in ons familie-verhaal,

of as jy wil ‘n alternatiewe

verhaal of nog beter ‘n voller

prentjie, ‘n groter famlie portret

“Hart Kinders”

So amper twee jaar terug seën God ons met die ongelooflike geleentheid om deel te mag word van die “Young Adult” Be-diening van Pierre van Ryneveld Gemeenskapskerk. Ons deel in hierdie jong mense se verhale, seer-verhale, oorwinnings-verhale. Ons onderneem ontdekkingsreise en stilword rei-se. Hier huil ons saam en lag ons tot die trane loop. Ons kry goeie nuus, en deel slegte nuus. Soveel keer al gegroet as nuwe loopbane afskop in ander dorpe, deel ons uitslae van goed en minder goed. Dus hier leef ons die lewe. So twee weke gelede, na ‘n

vergadering een oggend, toe ek by my foon kom, is daar ‘n boodskap van een van die jongmense, my ryding het op-gepak ek moet by die kampus kom – HELP!! Ek skryf so vinnig as wat my vingers kan – waar is jy, ek is oppad! Die antwoord kom terug “No Prob LizFab ek het reggekom een van my “boeta’s” ge”bbm” en hy het my sommer gou by kampus kom aflaai!!” Hoe lekker om ook omgee vir mekaar te beleef en Jesus vir mekaar te kan wees.

Bedieningstyd op ‘n Dinsdagaand word ook aangegryp en op ‘n paar geleenthede steek van die jongmense hul “teaching” voelers uit. Dit is asemrowend om te sien hoe hulle, hul wêreld met mekaar deel. Hul verstaan van mens-wees, hul verstaan van God met mekaar deel. Om verwerping saam te beleef en raad te gee. Die “moet” of “nie moet” van die lewe te ervaar en te bevraagteken. ‘n Besef van my waarheid is nie die ab-solute waarheid nie, maar ‘n ander se perspektief, “embrace” of ruimte gee daar-voor: “Space of Grace”!

Ja ons kuier graag, ons lag graag, ons speel graag, ons fliek graag, ons het pret saam, ons bid saam, ons gaan graag saam op ontdekkingstogte, ons gee graag om, en wil graag saam ‘n verskil maak. Ons leef graag voluit vir God, vir ander en vir mekaar!!

Ek is oortuig:

The world is so much brighter, a much better

place, because of the Young Adults that are in it.

Page 20: Familie Nuus Kwartaal 2 2012

21

Ondersteuning aan deelnemers

Deon Fourie ~

Gedurende Pinkster was die boodskap van “vergroot jou ons” so deurlopend, dat mens bloot gereeld daaraan dink. Dit is nou anders om na mense te kyk en terselfdertyd te besef dat God hulle ook lief het. Daarom het die manne-bediening besluit om die Pierre van Rynevelders wat aan die Com-rades deelneem op te spoor en te ondersteun. Ons kon 14 name van deelnemers in ons gemeen-skap bymekaar kry. Die idee was dat ons hulle vooraf per foon en sms kontak en sterkte toewens. Gedurende die wed-loop is hulle per sms gevolg en dit was wonderlik toe almal binne die 12 ure spertyd klaarmaak. Daar is ‘n hele paar van die atlete wat baie van ons ken, maar daar is ook name wat ons nie ken nie en dit was ‘n goeie geleentheid om meer mense van ons gemeenskap te leer ken. Dit was ’n klein begin, maar hou ons dop volgende jaar.

Die betekenis van ‘n sms of ‘n klein woordjie van ondersteun-ing word baie waardeer en soms kom dit net op die regte tyd. God se tydsberekening was nog nooit uit nie.

Statistieke en geskiedenis

Louanda Gentle ~

Agt en veertig atlete het die eerste comrades op 24 Mei 1921 gehardloop. Tot op hede het daar al meer as 300 000 atlete deelgeneem. Hierdie jaar was die 87ste maraton. Dit is die wêreld se grootste en oudste ultramaraton. In 2010 is die maraton in die Guinness world records geplaas vir die ultramaraton met die meeste atlete. Daar was al 7 sterftes in die ge-skiedenis van die comrades. Bruce Fordyce het die com-rades nege keer gewen en hou die rekord daarvoor.

Hierdie jaar het Ludwick Mamabolo gewen in ’n tyd van 5:31, en is die eerste Suid Afri-kaner in sewe jaar wat wen! Dankie Ludwick! Baie geluk aan almal in ons ge-meenskap wat hierdie jaar aan die Comrades Maraton deelgeneem het!

Verbeel jou:

2 miljoen water sakkies 1 miljoen Energade sakkies 1 ton piesangs 8 ton Lemoene

Page 21: Familie Nuus Kwartaal 2 2012

22

Ek het spesiale permissie gekry by Prof Hans

om julle te bederf met ‘n paar van die

gedigte uit sy drie bundles. Kyk uit vir nog

twee elders in hierdie uitgawe! (Bl 13 en bl

Dis “Innie skylte vannie Jirre - Griekwapsalms en ander

gedigte” en “Boegoe vannie liefde, Hooglied innie Kalahari”, beide geskryf deur bekende skrywer, Hans du Plessis. Dis geskryf in “annerlike Afrikaans” soos die Griekwas dit praat. Eersgenoemde bundel is propvol gedigte hoofsaaklik uit Psalms en Spreuke, uitgegee in 2001. Die ander bundel gaan oor Hooglied, uitgegee in 2002. Ek het verlede jaar die voorreg gehad om Hans du Plessis te ontmoet en wat ‘n fantastiese mens is hierdie plat op die aarde Prof. Ek het ook die voor-reg gehad om ‘n ver-hoogproduksie van “Boegoe vannie liefde” te sien uitgevoer deur NWU se drama studente.

En nou, tien jaar later, verskyn daar 'n splinternuwe bundel met nog Griekwa-psalms uit die pen van dieselfde skry-wer, “Karos orie dyne”. Nou kan ons die res van die Dawidspsalms in die aan-grypende Afrikaanse dialek van Griekwalandwes lees. Daar is ook verse uit ander Bybelgedeeltes, soos ’n paar gelykenisse.

Die gedigte vertel van die skepping, die voorspelling en geboorte van Christus, die kruisiging en die einde van die aarde, maar veral van die Groot Genade. Bekende sowel as minder bekende Skrifgedeeltes word weer nuut gemaak deur die seg-gingskrag van hierdie variëteit van Afrikaans. Die verse verras weer met die vernuwing van die Bybelse metafore.

Uit: Innie skylte vannie Jirre ~ Psalm 121

Ek slat my twee oge op, my kyk vang die verste kop:

waavanaf sal my hulp nou kom? My hulp is vannie Jirre, van Hom: Hy’t nou die jimmel en Prieska

gekom maak. Sonner lat jou voete klipperse raak,

is Hy skoene agterrie skaap. Hy dink nooit nie eers oor slaap. Sontyd is Hy hoed op jou kop, innie nag hou Hy gevaarlikheid

dop. Hy’s mos nou da om jou op te pas: jou siel hou Hy tissen jou ribbes vas. Gan jy nou in of gan jy nou yt: Hy’s oor jou vi ewig en vi altyd.

Hans du Plessis

Uit: Innie skylte vannie Jirre ~ Spreke 26:27

die wat ‘n gat grou vi hom, kan altemit self da-in kom, ennie klipperse wat jy goi, vlie miskien innie lig in om

Karos orie dyne is by toonaangewende handelaars asook direk by LAPA Uitgewers beskikbaar. Kontak LAPA by 012 401 0700 of besoek die webblad: www.lapa.co.za.

Louanda Gentle ~

Onthou julle hierdie bundels?

Uit: Karos orie dyne ~ Die Jirre se pat (Spreuke 3:1–10)

My seun, goeterse wat jy geleer het by my, moet sosse wet diep in jou se gedagtes bly, want dan sallie lewe agter jou kyk en jou dae sal baie en beterder lyk.

Vekoester nettie liefde ennie trou, hou dit styf in jou se borskas vas, totlat dit sosse hart in jou pas, en God en mens sal van jou hou.

Vra eers wasie Jirre se pat voorlat jy jou eie ene vat.

As jy ammekaar virrie Jirre bid, gat Hy jou oppie regte spore sit. Dis sos salf wat jy op jou vryf, sos mirresyne virrie moeë lyf.

Erie Jirre met jou trop se grootste os, loof Hom mettie dryf se soetste tros. Dan kom sien jy hoe raak jou kraal te klein, ennie kellers beginte oorloop van baie wyn.

Page 22: Familie Nuus Kwartaal 2 2012

23

10. Dankie vir alledaagse vreugdes van die lewe. Lekker kos, die natuur, vriende, huis-vesting en versorging, mooi dinge en vele meer. U het 'n oorvloed geskep vir my plesier, en ek wil soveel as moontlik genot daaruit put 11. Ek sal die Here altyd weer prys, sy lof sal altyd op my lippe wees. Ek sal die roem van die Here sing; dié wat swaar kry, sal dit hoor en daaroor bly wees. 12. Here, U verhoor my gebede en U het my oneindig lief. U is 'n genadige, getroue Vader vir my. Ek het dit so nodig. 13. Ek eer U, want U laat my nooit al-leen nie. U voorsien in al my be-hoeftes, selfs die waarvan ek nie eers bewus is nie. Selfs toe ek met minder moes klaarkom as wat ek nou het, het u my ver-sorg en gedra. 14. Dankie dat ek keuses het. Ek kan kies hoe ek dink en voel oor dinge. Ek kan kies wat my gemoedstoestand is. Ek kan kies hoe ek lewe. Dis 'n voorreg. 15. Ek sal die Here altyd weer prys, sy lof sal altyd op my lippe wees. Ek sal die roem van die Here sing; dié wat swaar kry, sal dit hoor en daaroor bly wees. 16. Here, U is my lewe. Ek dank U vir my verlossing in Christus, U genade, geduld en barmhar-tigheid met my. 17. U is my reis-genoot op my lewenspad, soos 'n goeie vriend is U altyd daar vir my 18. Ek verdien nie U oor-vloedige liefde nie, maar U stort dit elke dag oor my uit. Dit laat my klein, nederig en baie bevoorreg voel. 18. Ek sal die Here altyd weer prys, sy lof sal altyd op my lippe wees. Ek sal die roem van die Here sing; dié wat swaar kry, sal dit hoor en daaroor bly wees.

Die dankbaarheid

van 'n man

1 Ek sal die Here altyd weer prys, sy lof sal altyd op my lippe wees. Ek sal die roem van die Here sing; dié wat swaar kry, sal dit hoor en daaroor bly wees. 2 Here, U gee my lewenskrag en gesondheid. Ek kan hoor, sien, voel, ruik en proe. Ek kan beweeg, oefen en myself in-span tot U eer. 3 Dankie vir die vaardighede en talente wat U my gee. Ek kan my werk, stok-perdjies en belangstellings be-oefen, en sukses daarmee behaal. Ek kan my vermoëns tot die maksimum uitleef en 'n bydrae lewer. Aan U al die dank! 4. U het my 'n lewensmaat gegee, wat ek mag liefhê en dien. Dankie vir die voorreg en die manier hoe sy my lewe ver-ryk. 5. Dankie vir kinders. As ek nie self kinders het nie Here, het ek steeds die voorreg om 'n jong generasie te mentor en te seën met my menswees. My eie kinders is nie net vir my 'n verant-woordelikheid nie, dis 'n ontsag-wekkende vreugde en gawe. Ek eer u daarvoor. 6. Ek sal die Here altyd weer prys, sy lof sal altyd op my lippe wees. Ek sal die roem van die Here sing; dié wat swaar kry, sal dit hoor en daaroor bly wees. 7. Ek is so dankbaar vir my geloofsvriende. As dit nie vir hulle was nie, was ek al lankal die pad byster. Hulle is U gawe aan my en ek loof U vir hulle bydrae tot my reis. 8. Dankie dat ek 'n beroep mag beoefen en elke dag kan werk. Dankie vir geleenthede, uitdagings en frus-trasies wat ek moet hanteer. Baie het nie die voorreg nie. 9. Dankie dat u my geestelik laat groei. Ek kry so lewenskrag, nuwe insigte en perspektief en al gaan dit soms gepaard met pyn en worsteling, weet ek U slyp en vorm my daardeur.

Bron: Jan se blog gepubliseer op 16 Mei op die pvr webblad, getiteld, “Pelgrims 2012 - Musee Rodin - Die Denker (Dankie!)”

Randall Wicomb het in 2001 ‘n CD uitgebring “hie neffens my” waar hy verskeie van die gedigte uit “Innie skylte vannie Jirre” van Hans du Plessis sing, getoonset deur Randal Wicomb self.

Terwyl ons so op die Psalms is, Louis Brittz het verlede jaar Maart ook ‘n CD vrygestel uit die Psalms. Al die lirieke is geneem uit die 1983 vertaling (behalwe ‘n gedeelte van Ps 100. Die lirieke is getoonset deur Louis Brittz self.

A poet can survive

everything

but a misprint.

Page 23: Familie Nuus Kwartaal 2 2012

24

Hanlie Boshoff~

‘n Oorbevolking van olifante in

die Kruger Park raak soms ‘n

groot probleem, en in 1966 is

daar die eerste keer van die oli-

fante uitgedun. Die ouer bulle

van die verskeie troppe is van

kant gemaak. Dit het ‘n groot

probleem in die park veroor-

saak, veel groter as ‘n

oorbevolking van olifante, en dit

was kwaad en buite beheer

jong olifant bulle. Wat die veld-

wagters op daardie stadium nie

geweet het nie, is dat die ouer

bulle die jonges leer hoe om op

te tree en hulself te beheer

en vir hulle ’n voorbeeld is.

Sonder rolmodelle het die jong

olifante nie geleer hoe om op te

tree teenoor ander olifante en

die res van die natuur nie.

Sonder ouer en wyser mentors

en rolmodelle, het die jonges

nie geleer hoe om te leef en ‘n

sukses te maak in hulle

omgewing nie. Die hartseer

uiteinde was dat die jonges ‘n

gevaar vir die natuur, ander oli-

fante, ander diere en die mens

geword het en uitgeskiet is.

Net so het ons jongmense ook mentors nodig. Hulle het wyser en ouer rolmodelle nodig wat hulle insig en raad kan gee oor hoe om in ‘n verhouding te staan met hulle Skepper, hulleself, hulle medemens en die natuur. As jou persoonlike roeping dalk is om so ‘n rol vir ons jongmense te speel, luister na jou roeping. Hier volg ‘n getuienis van een van ons mentors, Rouxdi Wiink, wat sy getuienis met ons deel.

Ek is al geruime tyd in die kerk

en orals be-trokke maar net

voluit by die aand “band”. Wel dit was hier

teen einde laas jaar vinnig op-

pad om te ve-rander. Ek was betrokke by ‘n “GEROEP EN GESTUUR” naweek

en dit het maar net bevestig wat ek lankal vermoed het, ek moet betrokke raak by die jeug. Nou,

geduld vir die heel kleintjies het die Here my nog nie mee

geseën nie, so dit het my ook mooi laat verstaan waar ek moet betrokke raak. So gesê en

daar kry ek vir my ‘n Gr 8 groep en “bombs away” met ‘n goeie

leierspan om my te help en te wys waar ek sukkel. Ek het die jaar afgeskop met ‘n

“Adventure Kamp” en net daar weer besef dis waar ek moet

wees. Die jaar tot dusver het sy goeie paar uitdagings gehad, maar niks wat nie oorkom kon

word nie. Tans is ek besig met ‘n jong groep manne en daar is meer as genoeg opwinding om

3 van my besig te hou, maar my betrokkenheid ook in hulle lew-

ens slaan hopelik deur daar waar hulle in hulle eie wêrelde is. Al wat ek kan doen is om ‘n

voorbeeld te wees en daardeur hopelik die manne aan te spoor

om ook in hulle eie lewens so te maak. Dit als doen ek in alge-hele vertroue op die Here, ek is

maar net ‘n instrument in Sy hande.

Kruikstorie

Page 24: Familie Nuus Kwartaal 2 2012

25

Louanda Gentle ~

Radiokansel (657AM) is in vanjaar se MTN Radio Awards benoem vir ses kategorieë! Hulle het twee daarvan opgeraap!

Die kategorieë waarin Radiokansel met die louere weggestap het, is beste Gemeenskapstasie Musiekprogram (Jubel en Juig) waarvan Francois Botha en Izaan Steenkamp aanbieders is en beste Gemeenskapstasie Sportaanbieder (Josie Raath – postuum toekenning).

Francois en sy kollega, Izaan, het hulle toekenning ontvang tydens ‘n gala-banket op Sa-terdagaand, 14 April 2012 by

die Sandtonse Konvensiesen-trum. Francois het ook wyle Jo-sie Raath se toekenning ontvang.

Dit is die derde bestaansjaar van hierdie prestige kompetisie wat hierdie jaar 866 inskrywings gelok het. Dit was ‘n heerlike geleentheid waar die radio-industrie bymekaar kom soos 'n uitgebreide familie om mekaar se suksesse te vier.

Baie geluk aan Radio Kansel met die twee toekennings! Baie geluk Francois, ons klavier-man, die familie is trots op jou!

Francois Botha & Izaan Steenkamp,

aanbieders van Jubel & Juig, die bekroonde

Beste Gemeenskapstasie Musiekprogram

by die MTN Radio Awards 2012

Luister elke Saterdagoggend na Jubel & Juig tussen 8:00 & 9:00 op Radiokansel 657AM of DStv Oudio kanaal 182.

Radiokansel is ook op facebook.

Uittreksel: Boegoe vannie liefde,

Hans du Plessis ~

‘n Griekwa gedig uit Hooglied 8:6-7:

Kom ons dans nourie liefde lekker los!

Die liefde het eentlikie dood se krag,

hy gryp jou waar jy niks verwag,

die liefde die soek okkie ytie,

vra nou nie wat jy self beslytie.

Die liefde brandsteek ‘n annerlike vier,

en jy kannie hele waterse kom stier,

of goi ma Grootrivier yt op hy se kop,

môre sien jy, hie statie liefde self wee op!

Deon Fourie ~

Na 'n baie suksesvolle jaar by die Comrades deur van ons

gemeenskapslede, is daar nou 'n geleentheid om betrokke

te raak by die voorbereiding vir volgende jaar. “Mr C

(Coach of Comrades)” Gert Pelser gaan volgende jaar se

Comrades atlete help voorberei!

Gert het self 16 Comrades voltooi met 12 Silwer medaljes (4

voltooi in sub-7 ure), 2 Bill Rowan en 2 Brons (Voor Bill Rowan).

Hy spog ook met 'n beste tyd van 6 ure 47 minute. Hierdie

jaar het al die atlete wat hy gehelp het binne die vereiste

tyd klaargemaak.

Indien jy voel of selfs net dink dat jy dalk dit sou of wil doen

of 'n vriend of familielid het wat wil, maar jy kort 'n “coach”,

ondersteuning en oefengroep, is dit nou jou kans. Comrades

2013 gaan met alle mag uit Pierre van Ryneveld,gestorm

word! Skakel Gert by (w) 0126723862 (h) 0126622264 (s)

0824114827

Page 25: Familie Nuus Kwartaal 2 2012

26

Die Solo Bedening het ook een-keer ‘n maand ‘n byeenkoms bv. Gautrein ry, Pizza aand en Ten Pin Bowling. Nog ‘n enkel-ouer beskryf dit as volg:

Lizette Klinkhamer ~

Die Solo Bediening is ‘n plek waar ons ons swaarkry deel, saam lag oor dinge, krag put vir die nodige uitdagings van en-kelouerskap en as ‘n bonus ook sommer geestelik verryk word. Solo is ‘n netwerk van ondersteu-ning en onderskraging. ‘n Mens voel minder alleen omdat jy sommer gou besef daar is baie ander mense net soos jy! As jy solo deur die lewe gaan, is die Solo Bediening net die plek vir jou!

So kry jou kalender in die voor-portaal van die kerk en kom drink saam met ons koffie.

Lekker saam kuier en braai

Solo kids wat lekker

saam speel op ons

jaarlikse kamp

Ouers en kids wat bietjie

tyd saam spandeer in die

natuur gedurende ons

jaarlikse kamp

Heerlike Vetkoekdag

by die kerk!

Sondag 22 Julie 2012 vanaf 9:00

by die kerk se afdak

Maalvleis Vetkoek: R10.00 Plein Vetkoek: R5.00

Bestellings kan vooraf by Li-

zette geplaas word:

078 077 9394 [email protected]

Die Solo byeenkomste het ‘n manier om die naweek “blues” te verdryf, veral wanneer ‘n mens op ‘n

Vrydagmiddag min lus het vir die naweek se uitdagings

as enkelouer.”

*** Die Solo Bediening het al reeds ‘n kalender vir die jaar wat voor-lê. Eenkeer ‘n maand drink ons Vrydagaande lekker koffie saam. Een van die enkelouers beskryf dit as volg:

Ek was vreemd, het niemand geken nie en het so uit gevoel, maar was met opearms ontvang. Die kinders het so lekker saam met maatjies gespeel, dat hulle nie wou huistoe gaan nie. Ek het heerlik saam met die ander ouers gekuier en skoon vergeet van die week se uitdagings en verantwoordelikhede wat voorlê. Ek het mense leer ken. Hier het ek ook geleer hoeveel seer daar is, ek nie alleen, uniek of

“weird” is nie.

Solokamp was opnuut ‘n belewenis. Ons het heerlik nesgeskrop in oulike huisies. Baie insiggewende sessies

gehad met Henk en Karel, en opnuut weer iets van onsself ontdek. Beslis is jy huis toe,

baie meer positief!

Die Solo Bediening gaan ook een keer per jaar kamp. Dit is wanneer ons mekaar op ‘n nuwe wyse ontdek. Ouers kry die kans om te ontspan en me-kaar te versterk met hulle wyshede. Kinders kry ge-leentheid om te kerjakker, en te gesels met jeugmentors, indien nodig. Daar word grappies ge-maak, geëet, geswem, gesels, gegiggel en natuurlik geslaap. Die kamp is soos volg deur ‘n ouer ervaar :

Ten Pin Bowling

Die Solo Bediening se kamp vind die jaar gedurende die naweek van 12-14 Oktober 2012 plaas. Ons wil graag al die ouers met hul kinders op die kamp neem, maar fondse is partykeer ‘n probleem. Daarom gaan ons vetkoek verkoop om ons fondse aan te vul. So onthou die da-tum en kom ondersteun ons asseblief.

Page 26: Familie Nuus Kwartaal 2 2012

27

Div en Loekie Görgens ~

Net na 10 op Donderdagoggend 24 Mei vertrek ons met 3 voertuie, volgepak met al die wonderlike skenkings van gemeentelede gedurende die Pinkstertyd, 3 leraars asook 8 gemeentelede na die CMR se kantore by die Thuthukani Kliniek in Ivorypark, waar Ds Erik Immelman van Halfweghuis ons verwelkom. Die sakke word uitgedra, die inhoud gesorteer en ons pak dit in hulle stoorkamer op die leë rakke. Die dankbaarheid van die

Maatskaplike werker Tryphina Sasa en haar kollegas straal uit hulle gesigte. Daarna vertrek ons na die Uniting Reformed Church in Ebonypark waar Ds Erik ons die geskiedenis van die grond en die kerk vertel. Dienste word tans in ʼn tent gehou en die leraar, Ds Daniël Maluleke wys ons die gebou wat in aanbou is. Dit sal die saal, kantore, kombuis asook kantore van die CMR huisves en hy vra of die Pierre van Ryneveld gemeentelede

nie die fondse vir die CMR se kantore kan bybring nie. Elkeen wat saam was, is getref deur die omstandighede waarbinne die mense bly, want 80% van die gemeente is werkloos! Ten spyte daarvan samel hulle nog steeds fondse in om hulle kerkgebou te voltooi. Vir elkeen van ons besoekers aan die “vreemde”, was dit ʼn verskuiwing van ons grense en is ons diep geraak.

Page 27: Familie Nuus Kwartaal 2 2012

28

By die Jeugbediening Sondae kry ons weekliks terugvoer by die kinders en Jongmense oor die werking van die 3V’s in hulle lewens die afgelope week. Aan die begin was dit bietjie onge-maklik, maar die afgelope maand of twee is dit so deel van die proses dat almal spontaan lekker saamgesels.

Hier volg ‘n paar dingetjies wat gesê is by die kinders:

Verwondering: 5jr ek het saam met my pa gaan visvang; gr 6 – my pa het ons elke oggend wakker gemaak om die son-sopkoms te sien!; Gr 6 seun – ons pêl het in die laaste min ‘n baie skuins strafkop oorgesit!

Volgeling: Gr 7 – Ek is ‘n leier by die graad 1’s en deur vir hulle om te gee en lief te wees wys ek vir hulle ‘n deeltjie van God se liefde!

Verhoudings: gr 6 – ek het my eerste sokkie by die skool byge-woon; gr 7 – by die netbal proe-we was daar net een dogter van ‘n skool & ons het met haar begin gesels & selfoon nr uitge-ruil!; 4jr - ek het ‘n nuwe maatjie gemaak maar kan nie sy naam onthou nie!

Een van ons graad 7 mentors – Sue – het moedersdag bietjie meer gefokus op die V van ver-houdings, en die kinders het spesiale moedersdag ges-kenkies gemaak en elkeen ‘n roos gekry om vir hulle mamma’s te gee. Baie

3 V’s - Kids

Juffrou: “Jannie, maak vir my

‘n sin met oomblik.”

Jannie: “Die klein blikkie noem

die groot blik Oom Blik.”

GRAPPIE

♥Ons moet ander maat-

jies wat nie vir Jesus ken

nie, vertel van Hom. Dalk

kom hulle ook by Jesus

uit!

♥Ons moet gereeld Byb-

el lees sodat ons die

waarheid kan ken om vir

ongelowige maatjies te

kan vertel of antwoord.

♥Ons moet onthou ons is

altyd welkom op Jesus se

skoot, ons kan ons

vreugdes en ons hartseer

altyd met Hom deel!

Vraag: Wie is die Lam?

________________

Page 28: Familie Nuus Kwartaal 2 2012

29

Kleur dan die prentjie hieronder in:

Help die verlore

Kindertjies om by die

Lam uit te kom. Wys vir

hulle die

regte pad.

Page 29: Familie Nuus Kwartaal 2 2012

30

Page 30: Familie Nuus Kwartaal 2 2012

31

Bedieningspan en Bedieningsleiers:

Jan Venter Leraar 662 3700 / 082 333 6552 [email protected]

Henk van Rensburg Leraar 662 5619 / 082 336 7555 [email protected]

Ryno Meyer Leraar 082 460 2103 [email protected]

Stephan Joubert Deeltydse Leraar [email protected]

Karel Verhoef Deeltydse Leraar 083 297 1242 [email protected]

Hanlie Boshoff Jeugleier 082 331 2408 [email protected]

Elmarie van Wyk Lewenskuns 072 238 0549 [email protected]

Amanda Smit Bediening 082 975 7465 [email protected]

Kontak

Ondersteuningsdienste:

Peet Kilian Bedryfshoof 082 469 4708 [email protected]

Riana Janse v Rensburg Kantoor 012 662 1708 [email protected]

Ansie Vivier Finansies 012 662 1708 [email protected]

Lizette Klinkhamer Jeug Admin 078 077 9394 [email protected]

Alta Potgieter Koster 082 818 1622

Theuns Janse van Rensburg Klank 082 555 2923

Piet Janse van Rensburg Faktotum 082 320 1901

Sondae: Skoolvakansies

09:00 Erediens (Ouditorium)

13:00 Erediens (Afrikatale)

18:30 - Vars!

Kerkkantoor:

Maandae: 11:00—16:00

Dinsdae - Donderdae: 08:00—16:00

Vrydae: 08:00 - 13:00

Sondae: Skoolkwartale

08:00 Erediens (Ouditorium)

08:00 Kinderdiens (Ark) 3j-Gr.3

09:00 Groepe Gr.4 - Gr.7

10:00 Erediens (Ouditorium)

10:00 Kinderdiens (Ark) 3j - Gr.3

13:00 Erediens (Afrikatale)

17:00 Groepe Gr.8 - Gr.11

18:30 Aanddiens

Tye

NAVRAE EN INLIGTING

012 662 1708 — 012 662 0104 (faks) — [email protected]

Bankbesonderhede

NGK Pierre van Ryneveld

ABSA Centurion

Rek no: 600 591 355

Takkode: 630 445

Stuur betalingsbewys na:

[email protected] of

012 662 0104

Sluit aan op ons webblad en

by ons sosiale netwerke