10
SONDAG 6 JUNIE 2010 Erediens 08:30 Doop vandag: Marius en Elmarie van Schalkwyk met baba Zané Pieter en Adri Janse van Rensburg met baba Francois Baie geluk julle!! Twyfel jy soms?? Eerste week in Koninkrykstyd Psalm 30 1 Kon 17:8-16 (17-24); Gal 1:11-24; Luk 7:11-17 Januarie 2010 Vandag 6 08:30 Erediens: DOOP Kinders : Erediens saam met ouers, waarna kinders na kategese klasse sal gaan Maandag 7 19:00 Bestuursraad Dinsdag 8 10:00 Strewers by oom Duppie (sien besonderhede op bl 2) Woensdag 9 09:30 Bybelskool 19:00 Bybelskool SKOLE SLUIT Sondag 13 08:30 Erediens GEEN Jeep-diens & Kinderkerk 1-20 Junie Ons gemeente gaan dien as Aflaai-punt vir die Winterhoop Veldtog Bring asb jul ekstra: Klerasie (baadjies, serpe, truie, musse, lang onderbroeke, frokkies, handskoene, kouse) Skoene Warmwatersakke Komberse Gebottelde water (of houers vir water) (Vir die hawelose persoon is warm klere essensieël omdat komberse dikwels gesteel word) Winter Oorlewingspakkie (kospakkie – klein formaat) Toiletware (seep, tandepasta, tandeborsel en waslap), wasgoedseep, toiletrol Mieliemeel, pakkie sout, koffie, tee, Cremora, suiker, marmite, grondboontjie- botter, geblikte kos, kitssop en soja produkte Kontant bydraes kan in die kerk se gewone bankrekening inbetaal word en sal dan in een bedrag aan MES oorbetaal word aan die einde van die projek. Maak asb seker dat die verwysing MES is. Junie Julie Ds Neels 14-24 7-12 Ds Kenneth 4-13 25-30(Uitreik) 1-7 (Uitreik) Maryna 8-18 - AFKONDIGINGS 6-12 Junie 2010 Kalender Fokustekste MES Operasie Winterhoop Tema vir vandag Personeel met Verlof

Muldersdrif Gemeente Afkondigings 6 Junie 2010

Embed Size (px)

DESCRIPTION

Muldersdrif Gemeente Afkondigings 6 Junie 2010

Citation preview

Page 1: Muldersdrif Gemeente Afkondigings 6 Junie 2010

SONDAG 6 JUNIE 2010 Erediens 08:30 Doop vandag:

Marius en Elmarie van Schalkwyk met baba Zané

Pieter en Adri Janse van Rensburg met baba Francois

Baie geluk julle!!

Twyfel jy soms??

Eerste week in

Koninkrykstyd

Psalm 30

1 Kon 17:8-16 (17-24); Gal 1:11-24; Luk 7:11-17

Januarie 2010

Vandag 6 08:30 Erediens: DOOP

Kinders: Erediens saam met ouers,

waarna kinders na kategese klasse sal

gaan Maandag 7

19:00 Bestuursraad

Dinsdag 8 10:00 Strewers by oom Duppie (sien besonderhede op bl 2)

Woensdag 9 09:30 Bybelskool 19:00 Bybelskool SKOLE SLUIT

Sondag 13

08:30 Erediens

GEEN Jeep-diens & Kinderkerk

1-20 Junie

Ons gemeente gaan dien as Aflaai-punt vir die

Winterhoop Veldtog

Bring asb jul ekstra: • Klerasie (baadjies, serpe, truie, musse,

lang onderbroeke, frokkies, handskoene, kouse)

• Skoene • Warmwatersakke • Komberse • Gebottelde water (of houers vir water)

(Vir die hawelose persoon is warm klere essensieël omdat komberse dikwels gesteel

word)

Winter Oorlewingspakkie (kospakkie – klein formaat) • Toiletware (seep, tandepasta,

tandeborsel en waslap), wasgoedseep, toiletrol

• Mieliemeel, pakkie sout, koffie, tee, Cremora, suiker, marmite, grondboontjie-botter, geblikte kos, kitssop en soja produkte

Kontant bydraes kan in die kerk se gewone bankrekening inbetaal word en sal dan in een bedrag aan MES oorbetaal word aan die einde van die projek. Maak asb seker dat die verwysing MES is.

Junie Julie

Ds Neels 14-24 7-12

Ds Kenneth 4-13

25-30(Uitreik)

1-7 (Uitreik)

Maryna 8-18 -

AFKONDIGINGS 6-12 Junie 2010

Kalender

Fokustekste

MES Operasie Winterhoop

Tema vir vandag

Personeel met Verlof

Page 2: Muldersdrif Gemeente Afkondigings 6 Junie 2010

Dinsdag, 8 Junie is SOPDAG!! Vertrek om 9:30 vanaf kerk na oom Duppie se huis

Aanwysings: R14, Malibongwe/Lanseria-afrit

Regs oor brug tot by robot Glybaan na links op Leeupark-pad

Ry tot by Lanseria/Fourways-pad en draai links Huis aan regterkant net voor snelwegbrug

Here, hoe moeg moet U word

van ons wat aanhoudend in ons gebede vra: “Laat U koninkryk kom”

Telkens wanneer ek dit hoor, laat dit my wonder: Die ryk waarvan U gepraat het, kom daar nog iets van?

Maar sê nou U antwoord my: “My vriend, mag Ek verwag dat jy

iets daaraan sal doen? Mag Ek by jou daarmee begin?”

Wat sou ek dan sê?

Nou vra ek, Here, maak tog my oë oop om te sien waar tekens van U koninkryk

reeds sigbaar is, waar vrede, vergifnis & geregtigheid tog heers.

Laat dit my moed gee dat U tog onopsigtelik, maar onkeerbaar – U ryk hier op aarde laat posvat.

Maak my voortaan deur U Gees gewillig en bekwaam

om te help skep aan die hemel op aarde. Amen

Wat is Koninkrykstyd? Die tydperk ná Pinkster – tot en met Advent – staan algemeen in die kerkjaar as “gewone tyd” bekend. Daar is geen besondere feeste in hierdie seisoen op die kerkkalender nie.

Wanneer vier ons Koninkrykstyd? Koninkrykstyd begin wanneer die Pinksterseisoen afsluit met Triniteitsondag. Dit eindig met die Sondag van Christus die Koning, net voordat die Adventseisoen en dus die volgende kerkjaar aanbreek. In die Suidelike Halfrond val Koninkrykstyd in die herfs en veral in die winter, waartydens ons die groen van die natuur sien verdwyn. Anders as in die Noordelike Halfrond, beleef ons in Suider-Afrika in hierdie seisoen van die kerkjaar die tekens van afsterwe en doodsheid. Reeds in Paas- en Pinkstertyd word ons egter uitgedaag om die krag van die opstanding te midde van hierdie sigbare tekens van doodsheid te verkondig, te bely en uit te leef.

Wat vier ons in Koninkrykstyd? Soos die naam van hierdie seisoen aandui, gaan dit daaroor dat die heerskappy van die drie-enige God (Skepper, Verlosser en Trooster) in elke faset van die lewe gevestig word. Ons word herinner aan die roeping om die gawes wat ons tydens die feeste ontvang het, in die lewe van elke dag uit te leef. Christus se heilswerk, soos dit in die voorafgaande seisoene stap vir stap gevier is, hou implikasies in vir ons betrokkenheid by die materiële, geestelike en emosionele nood in die wêreld. Koninkrykstyd herinner ons telkens aan die eenheid en interaksie tussen wat ons bely en hoe ons leef, tussen teks en konteks, tussen kerk en wêreld, tussen woord en daad.

Simbole, rituele en gebruike in Koninkrykstyd

Die sentrale simbool van hierdie tyd is dié van die kerk as ’n bootjie met ‘n kruis daarop. Dit simboliseer die kerk as draer van die kruis in die wêreld. Hierdie kerklike seisoen bied aan die Christelike geloofsgemeenskap groter ruimte en vryheid as tydens die primêre Christelike feeste om die kalender van die kerk en dié van die sekulêre wêreld met mekaar te integreer en te versoen. Die vraag waarmee Christene hulle in Koninkrykstyd kan besig hou is: Wie moet ek liefhê? Met hierdie vraag ontdek ons hoe ons Christus se liefde, wat ons in die eerste deel van die kerkjaar gevier het, kan uitleef.

Strewers

Page 3: Muldersdrif Gemeente Afkondigings 6 Junie 2010

Koördineerder: Anita Duif S: 082 411 7015; H: 011-795 2400 F: 086 589 9332; E - [email protected]

Ons bid vir . . . SIEKES: Anna Nelson: daaglikse chemo-medikasie. Baie moeg, pyn wel beter. Waardeer al die gebede (084 585 6714) Lienka Nel: nog op medikasie, maar gaan baie goed. Baie dankie vir belangstelling & gebede (Riantie – 073 963 6260) Fred Laurence: sterk tuis aan (011-958 5200) Ann Woest: chemo behandeling. Rustig, vertrou op Here vir pad vorentoe (011-956 6032) Hettie Booysen: seer hand (011- 659 0537) Steven Ceronio: gaan baie beter, voltyds terug by werk (Petru 079 522 9010) Lenie Mulder: sterk tuis aan na operasie. Senuwee beskadig, sal finaal weet na 6 weke Dankie vir gebede (082 298 6723) Veronica Roos: knie ontsettend pynlik – bid vir nodige fondse vir knievervanging (082 223 6513) Nellie Wasmuth: sterk tuis aan, gaan beter – moet altyd op suurstof bly (011-662 1607) Broer van Gerbus Vermaak: Wag vir beenmurgoorplanting. Bid asb saam vir geskikte skenker asook voldoende fondse (Gerbus 082 440 0968) Fanie Grobler: Oog-operasie, gaan baie beter, sig amper volkome herstel (083 654 9453) Jenny van Zyl: Bloedklont deur long, terug by werk, maar nog op medikasie (082 940 6841) Neels van Wyk: rug-spierspasma, baie beter, kry steeds fisio (082 377 3250) Danie Joubert: rugoperasie op 9 Junie in KDP Privaat– ons bid dat die operasie goed sal afloop (082 363 1112)

Jak 4:7 “Onderwerp julle dan aan God. Staan die duiwel teë en hy sal van julle af wegvlug. Nader tot God en Hy sal tot julle nader”

Welkom in ons gemeente!! Ons vertrou dat ons gemeente vir jou/julle ‘n ware geestelike tuiste sal bied. Ontmoet asb die diensspan in die voorportaal om meer inligting oor die gemeente te kry, of ‘n nuwe lidmaat-pakket af te haal. U kan ook die kerkkantoor gedurende die week kontak.

Luipaardsvlei Tehuis vir Bejaardes

Vadersdagete op 20 Junie 2010

12:30 vir 13:00

‘n 3-gang maaltyd vir R75.00 Besprekings noodsaaklik

Kontak 011-955 2108

Koördineerders: ANSIE DU PLESSIS : 082 853 6532 RONéL PIETERS : 072 901 2463

Ons LEERMEESTER : - “Nadat Hy die mense weggestuur het, het Hy

alleen na die berg toe gegaan om te bid…”

Mat 14:23 - “Daarna het Jesus die brood geneem, God

daarvoor gedank en dit uitgedeel…” Joh 6:11 - “Dit het hy gesê omdat Jesus die onrein gees

beveel het om uit die man uit te gaan…” Luk 8:29

Ons VOLMAG : - “Kom Ons maak die mens as ons

verteenwoordiger… sodat hy kan heers…” Gen 1:26

- “Vrede vir julle!" sê Hy weer vir hulle. "Soos die

Vader My gestuur het, stuur Ek julle ook" Joh 20:21

- “Dit verseker ek julle: Wie in my glo, …hy sal

nog groter dinge as dit doen…” Joh 14:12

Gebedsaksie

Besoekers & Nuwe Intrekkers Dorkas Groep

Page 4: Muldersdrif Gemeente Afkondigings 6 Junie 2010

Waarom iemand ANDERS vra om vir jou te bid?

- “As daar iemand van julle is wat siek is… moet

julle vir hom bid en hom met olie salf…” Jak 5:14

- “Bely julle sondes eerlik teenoor mekaar en bid

vir mekaar …sodat … gesond kan word”

Jak 5:16

- “Dra mekaar se laste…” Gal 6 :2 - “… twee saam kan weerstand bied. ‘n

Driedubbele tou breek nie maklik nie” Pred 4:12

NEEM ASB. VRYMOEDIGHEID OM ENIGE

VAN DIE GEBEDSAKSIELEDE TE KONTAK!

(Kontaklyste is beskikbaar in die voorportaal)

Beskikbaar in voorportaal : Gebedsgids – Riglyne vir gebed Vier geestelike wette – riglyne vir verkondiging

van evangelie Gebedskaarte – bid vir spesifieke lande se

mense Houer vir gebedsversoeke

‘Mag julle ’n wonderlike verjaardag beleef’

Vandag 6 Junie 2010 Geen

Maandag: 7 Junie Jurie Louw 011-957 0214 Vermaak van Wyk 083 463 2115 Gerhard Overbeek 082 859 1815 Inge Reyneke 011-462 7209 Luané du Plessis 011-957 2792

Dinsdag: 8 Junie Betsie Raats 011-662 1281 Phillip van den Berg 072 317 1577

Woensdag: 9 Junie Hermien Hattingh 083 279 7800 Frans de Klerk 011-706 3460 Eugene de la Harpe 083 452 8920 Reubenne Vlok 083 600 9781

Donderdag: 10 Junie Geen

Vrydag: 11 Junie Dawie Greef 084 300 4589 Hester Jansen van Rensburg 011-659 1362 Wallace van Wyk 082 926 9171

Saterdag: 12 Junie Louis Oelofsen 011-795 3037 Marie Badenhorst 082 699 7838

Beskerm ons kinders teen kinderhandel en –uitbuiting!!

Kinderhandel beteken dat kinders gekoop,

verkoop of verruil word met die oog op wins.

Dit beteken verder dat kinders van een plek

na 'n ander verskuif word binne die land of

oor die landsgrense heen. Volgens die syfers

van die Internasionale Organisasie vir Migrasie

(IOM) is die jaarlikse omset van mensehandel

$32 miljard, wat dit internasionaal die

winsgewendste misdadige handelsaktiwiteit

na dwelms en wapens maak. Dit is ook die

vinnigste groeiende misdaadbedryf ter

wêreld. 'n Deel van die omset bestaan uit 1,2

miljoen kinders wat jaarliks gekoop en

verkoop word. Die Verenigde Nasies se

Kantoor vir Dwelms en Misdaad beraam dat

79% van alle handel wêreldwyd se doel

seksuele uitbuiting is, met kinders en vrouens

as slagoffers.

Lees die volledige dokument hoe om jou kind

te beskerm deur die pdf dokument hier af te

laai:

http://www.ngwelsyn.co.za/nuusbriewe/Men

sehandel.pdf

NG WELSYN

Verjaardae

Page 5: Muldersdrif Gemeente Afkondigings 6 Junie 2010

HOE OM NA GOD TERUG TE DRAAI Deur: Benescke Botha

Dit was net na 17:00 toe Anton daardie Vrydagmiddag sy bagasie in sy motor laai en die motorhuis se deur agter hom toetrek. Hy was op pad om by sy ouers in Bredasdorp te gaan kuier. Dit is egter net toe hy die motorhuis se slot toedruk dat God skielik aan in ’n visie aan hom ’n ryloper wys wat net buitekant Caledon staan en duimgooi. Instinktief het Anton geweet dat God wou hê dat hy hierdie man moes oplaai. Maar hoekom?

Met ’n maag wat draai en ’n hart wat al vinniger klop soos hy die spesifieke area buitekant Caledon nader, het Anton al meer begin bid. Sou die man daar wees? Tot voor daardie oomblik het Anton se beleid om nooit rylopers op te laai nie, vas gestaan. Vandag was egter anders.

Om nog ’n draai, deur nog ’n kloof en toe ... Skielik het Anton na sy asem gesnak. Nie vêr voor hom nie, het die man gestaan – presies net soos wat hy hom ’n uur vantevore in die visie gesien het. Sonder om twee maal te dink het Anton langs die pad afgetrek en waar hy die ryloper in sy tru-spieëltjie dopgehou het soos hy nader draf het hy vir oulaas kliphard in sy motortjie gebid: “Here, ek doen dit nou uit gehoorsaamheid aan U. Asseblief beskerm my.” Oomblikke later was die ryloper in Anton se motor en saam het hulle na Bredasdorp vertrek.

“Die musiek ... is meneer ’n Christen?” Dit was die ryloper langs Anton was die stilte in die motor verbreek het. “Ja, ek dien die Here met my hele hart. En jy?” Die man het vir ’n oomblik gehuiwer waarop Anton na die volgende vraag beweeg het: “So wat doen jy vir ’n lewe?” Die man was ’n bakker in Bredasdorp, het trots vir die volgende paar minute van sy werk vertel. Toe dit egter weer stil raak in die motor, het die man ongemaklik rondgeskuif terwyl hy half skaam begin: “Oor jou vraag of ek ’n Christen is ...” Skielik het Anton ’n voorgevoel gehad dat wat nou sou volg dalk die rede mag wees waarom God hom gestuur het om hierdie man op te laai.

Dit was. In ’n half hees stem het die ryloper begin vertel hoe hy ’n paar jaar vantevore met ’n sterk

gevoel in sy hart dat God hom na die sendingveld geroep het met gepakte sakke op die bushalte gestaan het. Dit is egter net toe hy op die bus moes klim dat sy moed hom begewe het. Hy het omgedraai en teruggekeer na Bredasdorp waar hy by die plaaslike bakkery aangesluit het. Vir ’n oomblik het hy stilgebly voordat hy sy sin afsluit: “Dit is nou al jare wat ek met hierdie geweldige skuldgevoel in sy hart rondloop. Elke keer wanneer ek wil bid, stop ek omdat ek nie kan verwerk dat ek my rug op God gedraai het nie.”

In daardie oomblik het Anton besef waarom hy die jong man moes optel. God het hom gestuur om aan die ryloper nuwe hoop te bied. Ook om hom te herinner dat daar altyd tweede kanse by God is. Nadat Anton hom van die visie vertel het en oortuig het dat God nie van hom vergeet het nie, het die ryloper met trane in sy oë na hom gedraai voordat hy uitgeklim het. “Baie dankie vir vandag. Jy sal nooit besef watter las jy gehelp het om van my skouers af te lig nie! Ek kan nie wag om by die huis te kom sodat ek eindelik weer saam met God kan tyd spandeer nie!”

Jakobus (4:8)c: “Nader tot God en Hy sal tot jou

nader.”

Voel jy vandag soos die bakker? Dalk het jy jou rug in die verlede op God gedraai? Dalk het jou geloofslewe oor die afgelope maande yskoud geword? Of dalk het jy ’n deurbraak in jou lewe nodig, maar die voel of jy teen die dak vas bid. Lees weer die woorde in Jakobus 4:8 (c) hier bo. Wie moet eerste nader? Jy. Onthou, net soos God nie van die bakker vergeet het nie, het Hy ook nie van jou vergeet nie. Inteendeel, Hy het jou ook ontsaglik lief. Moenie dat die vyand jou langer van God af weghou nie. Kies om vandag na Hom terug te keer! Ek kan jou waarborg, Hy wag reeds op jou!

Vader God, baie dankie dat U my nooit afskryf nie. Help my asseblief om in hierdie nuwe jaar nie net my verhouding met U daagliks te bou nie, maar om werklik die naaste aan U te kom wat ek nog ooit was. Ek bid dit in die Naam van Jesus Christus. Amen.

Voel die lewe se hartklop…

Page 6: Muldersdrif Gemeente Afkondigings 6 Junie 2010
Page 7: Muldersdrif Gemeente Afkondigings 6 Junie 2010

Is Muldersdrif Gemeente ’n Omgeegroep Gemeente?

Of is ons ’n Gemeente met omgeegroepe?

ONS DOELWIT IS BESLIS OM ‘N OMGEEGROEP GEMEENTE TE WEES!

Omgeegroep Kontakpersoon Kontak no Epos adres Dag Tyd

Driefontein / Swartkops

Stefan Rudman 082 567 5586 [email protected] Dinsdae 19:00

Featherbrooke Kobus Nel 083 310 0834 [email protected] Dinsdae 19:00

Honingklip/Steynsvlei Fielie Swanepoel

083 380 4706 [email protected] Wissel 19:00

Renosterspruit / Lanseria

Johan Nell 082 444 2625 [email protected] Vrydae 19:00

Ducks Nest 208, Featherbrooke

Ronnie Collatz 011-662 1005 [email protected] Sondae 18:30

Lanseria / North Riding / Lammermoor (In die Kinderkerkgebou)

Jacqueline Klem

082 920 6679 [email protected] Vrydae 18:00

Plovers Nest 1121 Featherbrooke Est (Jong gesinne)

Johan & Vivienne J van Rensburg

011-662 2678 [email protected] Donderdae 19:00

Honeydew Martie & Kriek Badenhorst

010-222 0651 [email protected] Sondae 17:00

Helikia (Jong Volwassenes)

Charmaine Joubert

076 544 4406 [email protected] Woensdae 19:00

Bybelskool Ds Neels 083 560 3814 [email protected] Woensdag oggende & aande

9:30 &

19:00

Wat verhinder jou om deel te word van hierdie familie?

SKAKEL ‘N LERAAR OF ENIGE VAN ONS OMGEEGROEPLEIERS OF -LEDE EN KOM ERVAAR DIT!!

Omgeegroepe

Page 8: Muldersdrif Gemeente Afkondigings 6 Junie 2010
Page 9: Muldersdrif Gemeente Afkondigings 6 Junie 2010

Leraars Ds Neels Kloppers

Tel: 083 560 3814 epos: [email protected]

Ds Kenneth Mckenzie

Tel: 084 455 3267 epos:[email protected]

Kerkkantoor Administrateur: Maryna de Jager Tel: 079 697 1163 Faks: 086 698-7605 epos: [email protected] Kerk-SMS: 082 851 5163 Admin Assistent: Rensia Swanepoel epos: [email protected]

Posbus Adres Kantoorure: NG Muldersdrif Ma – Vry 08:00-16:00 Posbus 52 Sondae na oggenddiens Muldersdrif 1747

BANKBESONDERHEDE Bank: ABSA Takkode: 632005 Rek Naam: NG Kerk Muldersdrif Rek no: 310580023 LOPENDE REKENING (TJEK)

Dienspersoneel Terrein/ Koster Jack Segomotso

083 548 8263

Helikia – Jong Volwassenes Aksie Leier Jaco Crous

082 853 5250 Epos: [email protected]

Jeug

Portefeulje Leier Wessel Duif

083 408 0377 Epos: [email protected]

Kategese: Juniors (2 jaar tot Graad 3) Leier: Adele de Jong – 083 263 6566 Kinders van die ouderdom 2 jr tot Gr 3 gaan direk na die Kinderkerk voor erediens. Verdaag 09:45.

Seniors (Graad 4 – 10) Leier: Ronel Duif – 083 324 5977 Gesamentlike jeugdiens vir 30 minute in saal, gaan dan na hul kategese lokale. Verdaag 09:45.

Finalejaars – Graad 11 Leier: Ds Kenneth – 084 455 3267 Finalejaars hanteer materiaal soos deur leraars voorberei. Sondae om 16:30 in die kinderkerk

Bestuursraad 2010 Funksionele Portefeuljes

Bemarking & Vermaak van Wyk Kommunikasie 083 419 3883 Erediens Anton Steyn 082 785 6657 Finansiële Bestuur Gerbus Vermaak 082 440 0968 Hulpbron Bestuur Johan Nell 082 444 2625 Bedienings Portefeuljes

Gemeente Theda Human 082 678 1905 Getuienis VAKANT Jeug Wessel Duif 083 408 0377 Omgeegroepe Danie Knipe 082 493 3908 Pastoraal Neels van Wyk 082 377 3250 Bestuurs Forum

B/Forum Koördinering Nico Doman 011- 662 2956 Inligting Johan Vermeulen 082 464 6820 Strategies VAKANT

Strewers Fanie Human 082 678 1905

ander kontakpersone Tegniese ondersteuning: Hannes v/d Merwe 011- 662 2651/ [email protected] Spyseniering: Ferma Bekker 072 958 4757

Neem asseblief kennis dat die gemeente geen landlyne het nie, kontak ons op die bogenoemde selnommers

Gemeente Besonderhede

Page 10: Muldersdrif Gemeente Afkondigings 6 Junie 2010

VAKATURE

KASSIER NG Paardekraal-Monument: Kassierspos in gemeente, salaris onderhandelbaar. Sluitingsdatum 11 Junie.

Aansoek plus CV na faks 011-954 4301 of per hand by Bloubergstraat 21, Noordheuwel.

Navrae: Elsa op 011-954 4301 of 072 671 5944

Te koop

Juwele met ‘n Boodskap Die “Testimony Jewellery & Décor” reeks:

• Halssnoere en armbande vir groot en klein • Boekmerke, steutelhouers, versierings en

geskenkies Skakel Ansie du Plessis op 082 853 6532

of epos [email protected]

Dienste

Gilda Harris Fotografie Studio nou oop in Muldersdrif!

Swangerskap-; Baba-; Gesins- en Troufoto’s 083 317 7025 / 082 5677 446 www.ghphotography.co.za

email: [email protected]

BOEKHOU DIENS Alle boekhou dienste tot met balansstaat - sluit in alle debiteure, krediteure, banke en rekonsiliasies. � Jaareind state – nie net vir maatskappye nie � Aankoop en installasie van Pastel pakkette � Payroll, UIF, PAYE, BTW

Skakel Karin Grové op 082 821 1146

LIBRI KARWAS Bederf jou motor en laat dit was deur ons – by Hirsch’s agter Makro in Strubensvallei. Betaal slegs R55 vir ‘n volledige wasen R350 vir ‘n valet. Kom kyk wat ons jo u nog kan bied. Woensdae is Pensioenaris-dag – betaal R40 vir ‘n volledige was.

Vir meer inligting, kontak Sakkie of Dries op 072 757 9336

Pastorale Terapeut Geregistreerde berader : Christelike berading en ondersteuning, trauma, emosionele pyn, huweliks-, verhoudings- en gesinsterapie, depressie en die rouproses. Eis terug van mediese fonds. Skakel Susan Eksteen op 076 051 1455/011-954 0988

Herstelwerk aan en/of nuwe grasdakke

Kontak Dirk op 082 784 7856

Dienste

NUTSMAN/HANDY MAN Vir enige herstelwerk aan jou huis soos bv: Waterdigting, fasieborde / geute, verfwerk binne en buite, bouwerk en plafonne.

Kontak Dirk op 083 519 9604

Anastasis Edu-Help Sukkel jou kind om te studeer en te konsentreer? Ons spesialiseer in studiemetodes, breinprofiele, disleksie en ADHD. Ons bied ook trauma-, huweliks- en ander berading gebaseer op Bybelse beginsels.

Kontak Kobus Agrella op 071 689 0772 of epos: [email protected]

Vir alle naaldwerk, verstellings ens.

Kontak Hantie du Toit op 082 797 1623 of 011-958 1030

LOODGIETER Vir enige loodgieter-werk.

Kontak Dewald op 076 758 0650

DOEK-KOEKE ’n Besonderse geskenk: Ideaal vir Ooievaarstee of nuwe Mamma. Verskillende kleure & temas beskikbaar. Vir navrae skakel Lizelle Brummer op 082 888 1776

Gesoek

VERWARMERS Luipaardsvlei Tehuis vir Bejaardes is dringend op

soek na Olieverwarmers vir hul inwoners. Enige verwarmers wat julle kan skenk sal baie waardeer word, handig asb in by ons kerkkantoor.

Akkommodasie

STRANDWOONSTEL TE KOOP Uvongo. 3 slaapkamer, 2 badkamer, baie groot onthaal-area en kombuis. Reg op strand, beste in kompleks! R2milj (onderhandelbaar). Vir foto’s: www.privateproperties.co.za: La Crete Sands # 2.

Kontak Anita Duif op 082 411 7015

Kennisgewingbord