26
ONDERWER: Lengte KWARTAAL 2 HOOFBRON: Sasol-Inzalo Boek Vir leerders: Hoe om die lessies te gebruik. Inleiding. o WISKUNDE GRAAD 4 Hallo maatjies. Hier is ‘n paar stappe om jou te help hoe om die lesse te gebruik. Stap 1: Kyk die video’s in die voorbeelde. Stap 2: Doen elke dag ‘n oefening totdat jy deur al die dae se oefeninge gewerk het. Stap 3: Doen dan die informele oefening op die laaste dag om te kyk of jy die werk verstaan. Stap 4: Aan die einde van elke oefening kan jy jou werk merk en sien of jy die werk verstaan. Mense moet saamstem oor hoe groot dinge moet wees, soos huise, paaie en ander dinge wat nodig is Anders is daar groot moeilikheid!

WISKUNDE GRAAD 4 - Kwikwap / Kwikweb Easy, Powerful

  • Upload
    others

  • View
    11

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: WISKUNDE GRAAD 4 - Kwikwap / Kwikweb Easy, Powerful

ONDERWER:

Lengte KWARTAAL 2 HOOFBRON:

Sasol-Inzalo Boek

Vir leerders: Hoe om die lessies te gebruik.

Inleiding.

o

WISKUNDE

GRAAD 4

Hallo maatjies. Hier is ‘n paar stappe

om jou te help hoe om die lesse te gebruik.

Stap 1: Kyk die video’s in die voorbeelde.

Stap 2: Doen elke dag ‘n oefening totdat jy

deur al die dae se oefeninge gewerk het.

Stap 3: Doen dan die informele oefening op

die laaste dag om te kyk of jy die werk

verstaan.

Stap 4: Aan die einde van elke oefening kan jy jou werk

merk en sien of jy die werk verstaan.

Mense moet saamstem oor hoe groot

dinge moet wees, soos huise, paaie en

ander dinge wat nodig is

Anders is daar groot

moeilikheid!

Page 2: WISKUNDE GRAAD 4 - Kwikwap / Kwikweb Easy, Powerful

Dag 1: Vergelyk en meet lengte

Voorbeeld: Wat is die langste? (Kyk die video)

Ontmoet vir Senzo en Temba. Hulle is neefs en

bly in dieselfde huis.

Senzo Themba

Vandag moet hulle

die volgende meet,

maar nie een het ‘n

liniaal nie.

1. Die afstand vanaf die bo-punt

van die regteroor, bo-oor die kop

tot by die bo-punt van die

linkeroor.

2. Die lengte van hulle

regter voete.

3. Die wydte van hulle

linkerhande se handspan.

Hulle moet eers die

antwoorde skat

voordat hulle begin

meet.

Page 3: WISKUNDE GRAAD 4 - Kwikwap / Kwikweb Easy, Powerful

Senzo meet met ‘n toutjie.

Sy toutjie is 3 vuurhoutjiestokkies lank.

1. Die afstand oor sy kop van oor tot

oor is -----------------------------------

-

2. Die lengte van sy regtervoet is

_______

3. Die wydte van sy linkerhand

se handspan is_____

Senzo

Themba Themba meet met ‘n vuurhoutjiestokkie.

1. Die afstand om sy kop van oor tot oor is

______________

2. Die lengte van sy regtervoet is ____

__________________

3. Die wydte van sy linkerhand se

handspan is ______________

Page 4: WISKUNDE GRAAD 4 - Kwikwap / Kwikweb Easy, Powerful

Oefening: Doen nou die volgende oefening in jou skryfboek.

1. Dink aan Senzo en Themba se storie.

(a) Is daar ‘n ander manier waarop jy die tuiswerk sou doen indien jy nie ‘n liniaal

gehad het nie? Noem dit.

(b) Waar sou Senzo miskien ‘n fout kon kon maak met sy afmetings?

(c) Waar sou Themba miskien ‘n fout kon maak met sy afmetings?

(d) Watter liggaamsdeel van Senzo is die langste?

(e) Watter liggaamsdeel van Themba is die langste?

(f) Watter liggaamsdeel, wat beide gemeet het, is die kortste?

(g) Watter een sal jy gebruik om die tafel se blad te meet? Die handspan of voet?

(h) Watter een sal jy gebruik om die lengte van die kombuis te meet? Die

handspan of voet?

(i) Sal Senzo en Themba dieselfde antwoorde kry indien elkeen van hulle die

tafelblad en die lengte van die kombuis meet? Verduidelik waarom.

(j) Watter een sou jy gebruik om die lyn hieronder te meet:

Die vuurhoutjiestokkie of die toutjie? Waarom?

(k) Hoeveel vuurhoutjiestokkies skat jy, is die lyn? (Gebruik Temba se stokkie as ‘n

meeteenheid)

2. Watter een van die volgende pare is die langste? Jy Kan maar die antwoord skat.

(a) Die hoogte van die voordeur van jou huis of die hoogte van die tafel.

(b) Die lengte van die netbalbaan of die lengte van die rugbyveld?

(c) Jou lengte of jou onderwyser se lengte?

(d) Die lengte van die stoep of die breedte van die stoep voor jou klas?

Page 5: WISKUNDE GRAAD 4 - Kwikwap / Kwikweb Easy, Powerful

Dag 1: Memorandum / Antwoorde. Merk jou werk

1. Dink aan Senzo en Themba se storie.

(a) Is daar ‘n ander manier waarop jy die tuiswerk sou doen indien jy nie ‘n liniaal gehad het

nie? Noem dit.

Ja,

met ‘n vuurhoutjie boksie,

‘n stukkie karton,

‘n nuwe uitveër,

‘n pritt stiffie.

(b) Waar sou Senzo miskien ‘n fout kon kon maak met sy afmetings?

Deur die toutjie miskien nie styf getrek het elke keer nie, of

die endpunt van die tou en die beginpunt van die tou nie tee mekaar geplaas

wanneer hy verder moes meet.

Hy moes onthou dat die tou 3 stokkies lank was end at hy in drieë moes tel.

(c) Waar sou Themba miskien ‘n fout kon maak met sy afmetings?

Hy het nie die stokkies teenmekaar geplaas nie.

Hy het nie ‘n merkie gemaak aan die einde van die stokkie toe voordat hy dit elke

keer opgetel het nie.

(d) Watter liggaamsdeel van Senzo is die langste?

Die afstand oor sy kop van oor tot oor.

(e) Watter liggaamsdeel van Themba is die langste?

Die afstand oor sy kop van oor tot oor.

(f) Watter liggaamsdeel, wat beide gemeet het, is die kortste?

Die handspaan

(g) Watter een sal jy gebruik om die tafel se blad te meet? Die handspan of voet?

Die handspaan

(h) Watter een sal jy gebruik om die lengte van die kombuis te meet? Die handspan of

voet?

Die voet

(i) Sal Senzo en Themba dieselfde antwoorde kry indien elkeen van hulle die tafelblad en

die lengte van die kombuisvloer meet? Verduidelik waarom.

Nee, die grootte van hulle hande en voete verskil, of

Ja, die grootte van hulle hande en voete is dieselfde.

(j) Watter een jy gebruik om die lyn hieronder te meet:

Die vuurhoutjiestokkie of die toutjie? Waarom?

Die tou

Die tou is buigsaam. Dit sal die kronkels beter meet.

Die stokkie is reguit. Kan nie kronkels maklik meet nie.

Page 6: WISKUNDE GRAAD 4 - Kwikwap / Kwikweb Easy, Powerful

(k) Hoeveel vuurhoutjiestokkies skat jy, is die lyn hierbo? (Gebruik Temba se stokkie as ‘n

meeteenheid)

So vyf stokkies.

2. Watter een van die volgende pare is die langste? Jy Kan maar die antwoord skat.

(a) Die hoogte van die voordeur van jou huis of die hoogte van die tafel.

Die hoogte van die voordeur

(b) Die lengte van die netbalbaan of die lengte van die rugbyveld?

die lengte van die rugbyveld

(c) Jou lengte of jou onderwyser se lengte?

jou onderwyser se lengte

(d) Die lengte van die stoep of die breedte van die stoep voor jou klas?

jou onderwyser se lengte

Page 7: WISKUNDE GRAAD 4 - Kwikwap / Kwikweb Easy, Powerful

Dag 2: Standaard eenhede van meting

Inleiding: (Kyk video 2 – Standaard eenhede van meting)

Die eenhede wat baie mense wêreldwyd gebruik,

noem ons die Standaardeenhede.

Dié stelsel word die

Stelsel van Internationale eenhede genoem (SI).

Hier is van die instrumente wat gebruik word.

(a) ‘n Liniaal

(b) Maatbande

Die standaard eenhede van lengte is

(a) Sentimeter (cm)

100cm – 1 meter (m)

Senti beteken honderdste

(b) Millimeter (mm)

1 000 mm = 1 meter (m)

Milli beteken duisendste

(c) Kilometer

1 000 m = 1 km

Kilo beteken duisend

In baie dele van die wêreld gebruik mense

vandag dieselfde eenheid om te meet.

Senzo, Themba en van hulle maatjies sal ons

meer vertel.

1 cm

10 mm

x 1000 stokke = 1 000 m = 1 km

Page 8: WISKUNDE GRAAD 4 - Kwikwap / Kwikweb Easy, Powerful

Oefening:

Doen nou die volgende oefening in jou skryfboek.

1. 1 cm = 10 mm.

Beantwoord nou die volgende vrae.

(a) Skat die lengte van jou pinkie.

(b) Skat die lengte van jou voet.

(c) Skat die lengte van jou arm vanaf die skouer tot by jou pols.

(d) Noem een voorwerp in die huis wat ongeveer 10 sentimeter lank is.

(e) Noem een voorwerp in die huis wat ongeveer 30 sentimeter lank of breed is .

2. Hoe lank is ie volgende voorwerpe?

Skryf die antwoord in sentimeter (cm) en millimeter (mm).

(a)

(b)

(c)

(d)

(e)

________ cm = __________mm

________ cm = __________mm

________ cm = __________mm

________ cm = __________mm

________ cm = __________mm

Page 9: WISKUNDE GRAAD 4 - Kwikwap / Kwikweb Easy, Powerful

3. Hier is ‘n uitdaging vir julle.

Ontmoet vier maatjies. Kyle, Waldo, Thando, Nazli en Jessica.

Help hulle om hul lengtes te meet.

(a) Skryf elkeen se lengte in sentimeter (cm).

Kyle se lente is _____________ cm.

Waldo se lengte is ______________cm.

Thando se lengte is ___________cm.

Nazli se lengte is _____________ cm.

Jessica se lengte is _____________cm.

(b) Wie is die langste? ____________________

(c) Wie is die kortste? _____________________

(d) Waldo is _____________ cm langer as Thando.

(e) Nazli is _______________ cm korter as Jessica.

(f) Rangskik hulle lengtes van die kortste tot die langste.

Kyle Waldo Thando

o

Nazli Jessica

Page 10: WISKUNDE GRAAD 4 - Kwikwap / Kwikweb Easy, Powerful

Dag 2: Memorandum / Antwoorde. Merk jou werk

Doen nou die volgende oefening in jou skryfboek.

1. 1 cm = 10 mm.

Beantwoord nou die volgende vrae.

Skryf jou antwoorde in sentimeter (cm) en millimeter (mm)

(a) Skat die lengte van jou pinkie.

(Vra jou mamma / ouma / tannie of jy reg geskat het).

(b) Skat die lengte van jou voet.

(Vra jou mamma / ouma / tannie of jy reg geskat het).

(c) Skat hoe lank jou arm vanaf die skouer tot by jou pols is.

(Vra jou mamma / ouma / tannie of jy reg geskat het).

(d) Noem een voorwerp in die huis wat ongeveer 10 sentimeter lank is.

(Vra jou mamma / ouma / tannie of jy reg geskat het).

(e) Noem een voorwerp in die huis wat ongeveer 30 sentimeter lank of breed is .

(Vra jou mamma / ouma / tannie of jy reg geskat het).

2. Hoe lank is ie volgende voorwerpe?

Skryf die antwoord in sentimeter (cm) en millimeter (mm).

(a)

(b)

(c)

(d)

(e)

3. Hier is ‘n uitdaging vir julle.

4 cm = 40 mm

4 cm = 40 mm

3 cm = 30 mm

6 𝟏

𝟐 cm = 65 mm

5 𝟏

𝟐 cm = 55 mm

Page 11: WISKUNDE GRAAD 4 - Kwikwap / Kwikweb Easy, Powerful

Ontmoet vier maatjies. Kyle, Waldo, Thando, Nazli en Jessica.

Help hulle om hul lengtes te meet.

(a) Skryf elkeen se lengte in sentimeter (cm).

Kyle se lente is 130 cm.

Waldo se lengte is 157cm.

Thando se lengte is 145 cm.

Nazli se lengte is 132 cm.

Jessica se lengte is 135 cm.

(b) Wie is die langste? Waldo – 157 cm

(c) Wie is die kortste? Kyle – 130 cm

(d) Waldo is 12 cm langer as Thando.

(e) Nazli is 3 cm korter as Jessica.

(f) Rangskik hulle lengtes van die kortste tot die langste.

Kyle (130 cm) ; Nazli (132 cm) ; Jessica (135 cm) ; Thando (145 cm) ; Waldo (157 cm)

Kyle Waldo Thando

o

Nazli Jessica

Page 12: WISKUNDE GRAAD 4 - Kwikwap / Kwikweb Easy, Powerful

Dag 3: Lengte in verskillende eenhede

Inleiding:

Daar is 10 millimeter in 1 sentimeter.

Daar is 100 setimeter in 1 meter.

Daar is 1000 meter in 1 kilometer.

Maatjies, dink julle dat ons alles in

sentimeter kan meet? Beslis nie.

Vandag vertel Travis en Imraan ons

meer.

Julle weet reeds die volgende

volgende:

1 cm

10 mm

100 cm

x 1000 meterstokke = 1 000 m = 1 km

Vandag gaan ons:

Millimeter eenhede as sentimeter eenhede skryf

Sentimeter eenhede as millimeter eenhede skryf.

Meter eenhede as kilometer eenhede skryf.

Kilometer eenhede as meter eenhede skryf.

Page 13: WISKUNDE GRAAD 4 - Kwikwap / Kwikweb Easy, Powerful

Voorbeeld: Kyk baie mooi na die lineal hieronder.

1. 10 mm = 1 cm. Daarom is

20 mm = 2 cm, en

30 mm = 3 cm.

Wat gemaak met:

5 mm?

15 mm?

25 mm?

2. 100 cm = 1m. Daarom is

200 cm = 2 m, en

300 cm = 3 m.

Wat gemaak met: 50 cm?

150 cm?

250 cm?

3. 1 000 m = 1 km. Dan is

2 000 m = 2 km, en

3 000 m = 3 km.

Wat gemaak met:

500 m?

1 500 m?

2 500 m?

5 mm 15 mm 25 mm

50 cm 150 cm 250 cm

100 cm 200 cm 300 cm

Het jy geweet?

5 mm = 0 cm 5mm of 𝟏

𝟐 cm

15 mm = 1 cm 5 mm of 1𝟏

𝟐 cm

25 mm = 2 cm 5 mm of 2𝟏

𝟐 cm

Het jy geweet?

50 cm = 0 m 50 cm of 𝟏

𝟐 m

150 cm = 1 m 50 cm of 1𝟏

𝟐 m

250 cm = 2 m 50 cm of 2𝟏

𝟐 m

Het jy geweet?

500 m = 0 km 500 m of 𝟏

𝟐 km

1 500 km = 1 km 500 m of 1𝟏

𝟐 km

2 500 km = 2 km 500 m of 2𝟏

𝟐 km

10 20 30

+10 +10 +10

1 m 2 m 3 m

mm 40

Page 14: WISKUNDE GRAAD 4 - Kwikwap / Kwikweb Easy, Powerful

Oefening: Doen nou die volgende oefening in jou skryfboek.

1. Skryf die volgende lengtes in millimeter.

(a) 5 cm = ___ mm

(b) 6 cm = ___ mm

(c) 10 cm = ___ mm

(d) 12 cm = ___ mm

(e) 20 cm = ___ mm

2. Skryf die volgende lengtes in sentimeter en millimeter

(a) 41 mm = 40 mm + 1 mm = 4 cm 1 mm

(b) 16 mm = 10 mm + __ mm = __cm __mm

(c) 34 mm = ___ mm + __ mm = __ cm __mm

(d) 67 mm = ___ mm + __ mm = __ cm __mm

(e) 93 mm = ___ mm + __ mm = __ cm __ mm

3. Skryf die volgende lengtes in meter.

(a) 400 cm = ____ m

(b) 500 cm = ____ m

(c) 900 cm = ____m

(d) 1 000 cm = _____ m

(e) 2 000 cm = _____ m

4. Skryf nou die volgende lengtes in meter en sentimeter.

(a) 450 cm = 400 cm + 50 cm = 4 m 50 cm

(b) 320 cm = 300 cm + 20 cm = ___ m ___ cm

(c) 576 cm = ____ cm + ___ cm = ___ m ___ cm

(d) 135 cm = ____ cm + ___ cm = ___ m ___ cm

(e) 2 345 cm= ____ cm + ___ cm = ___ m ___ cm

5. Skryf die volgende lengtes in sentimeter.

(a) 5 m 34 cm = 500 cm + 34 cm = 534 cm

(b) 7 m 19 cm = ____ cm + 19 cm = ____ cm

(c) 1 m 15 cm = ____ cm + __ cm = ____ cm

(d) 10 m 5 cm = ____ cm + __ cm = ____ cm

(e) 18 m 90 cm = ____ cm + __ cm = ____ cm

Page 15: WISKUNDE GRAAD 4 - Kwikwap / Kwikweb Easy, Powerful

6. Skryf die volgende lengtes in kilometer en meter. (onthou: 1 000 m = 1 km)

(a) 460 m = ****** m + 460 m = 0 km 460 m

(b) 1 300 m = 1 000 m + 300 m = 1 km 300 m

(c) 765 m = ****** m + ____ m = __ km ___ m

(d) 1 249 m = _____ m + ____ m = __ km ___ m

(e) 2 014 m = _____ m + ____ m = __ km ___ m

7. Hier is ‘n uitdaging vir jou.

Skryf die volgende lengtes soos aangedui.

(a) 1𝟏

𝟐 km = 1 500 m

(b) 3 500 m = 3𝟏

𝟐 km

(c) 𝟒𝟏

𝟐 km = ______ m

(d) 8𝟏

𝟐 m = _______ cm

(e) 75 mm = ______ cm

(f) 12𝟏

𝟐 cm = ______ mm

(g) 10 500 cm = ______ m

Indien jy deur al die aktiwiteite in die

oefending gewerk het sonder om na die

antwoorde eers te kyk, verdien jy ‘n ster.

Pragtig! Jy is ‘n staatmaker.

Page 16: WISKUNDE GRAAD 4 - Kwikwap / Kwikweb Easy, Powerful

Dag 3: Memorandum / Antwoorde. Merk jou werk

Oefening: Doen nou die volgende oefening in jou skryfboek.

1. Skryf die volgende lengtes in millimeter.

(a) 5 cm = 50 mm

(b) 6 cm = 60 mm

(c) 10 cm = 100 mm

(d) 12 cm = 120 mm

(e) 20 cm = 200 mm

2. Skryf die volgende lengtes in sentimeter en millimeter

(a) 41 mm = 40 mm + 1 mm = 4 cm 1 mm

(b) 16 mm = 10 mm + 6 mm = 1 cm 6 mm

(c) 34 mm = 30 mm + 4 mm = 3 cm 4 mm

(d) 67 mm = 60 mm + 7 mm = 6 cm 7 mm

(e) 93 mm = 90 mm + 3 mm = 9 cm 3 mm

3. Skryf die volgende lengtes in meter.

(a) 400 cm = 4 m

(b) 500 cm = 5 m

(c) 900 cm = 9 m

(d) 1 000 cm = 10 m

(e) 2 000 cm = 20 m

4. Skryf nou die volgende lengtes in meter en sentimeter.

(a) 450 cm = 400 cm + 50 cm = 4 m 50 cm

(b) 320 cm = 300 cm + 20 cm = 3 m 20 cm

(c) 576 cm = 500 cm + 76 cm = 5 m 76 cm

(d) 135 cm = 100 cm + 35 cm = 1 m 35 cm

(e) 2 345cm = 2 300 cm + 45 cm = 23 m 45 cm

5. Skryf die volgende lengtes in sentimeter.

(a) 5 m 34 cm = 500 cm + 34 cm = 534 cm

(b) 7 m 19 cm = 700 cm + 19 cm = 719 cm

(c) 1 m 15 cm = 100 cm + 15 cm = 115 cm

(d) 10 m 5 cm = 1000 cm + 5 cm = 1 005 cm

(e) 18 m 90 cm = 1 800 cm + 90 cm = 1 890 cm

Page 17: WISKUNDE GRAAD 4 - Kwikwap / Kwikweb Easy, Powerful

6. Skryf die volgende lengtes in kilometer en meter. (onthou: 1 000 m = 1 km)

(a) 460 m = ***** m + 460 m = 0 km 460 m

(b) 1 300 m = 1 000 m + 300 m = 1 km 300 m

(c) 765 m = ***** m + 765 m = 0 km 765 m

(d) 1 249 m = 1 000 m + 249 m = 1 km 249 m

(e) 2 014 m = 2 000 m + 14 m = 2 km 14 m

7. Hier is ‘n uitdaging vir jou.

Skryf die volgende lengtes soos aangedui.

(a) 1𝟏

𝟐 km = 1 500 m

(b) 3 500 m = 3𝟏

𝟐 km

(c) 𝟒𝟏

𝟐 km = 4 500 m

(d) 8𝟏

𝟐 m = 850 cm

(e) 75 mm = 7𝟏

𝟐 cm

(f) 12𝟏

𝟐 cm = 125 mm

(g) 10 500 cm = 10𝟏

𝟐 m

Indien jy die meeste van die werk reg het,

verdien jy ‘n ster.

Pragtig! Jy is ‘n staatmaker.

Page 18: WISKUNDE GRAAD 4 - Kwikwap / Kwikweb Easy, Powerful

Dag 4: Afronding van lengtes

Inleiding

Maatjies, julle het al baie van afronding

gehoor. Julle weet ook teen hierdie tyd dat dit skatting is

Afronding van lengtes word op presies dieselfde

wyse gedoen soos afronding van heelgetalle.

In afronding tot die naaste 10, werk ons met

veelvoude van 10.

In afronding tot die naaste 100, werk ons met

veelvoude van 100.

In afronding tot die naaste 1 000, werk ons met

veelvoude van ‘n 1 000.

Voorbeeld:

Rond 37cm af tot die naaste (veelvoud van) 10

Hoe ver moet Peppy Padda spring vanaf 37?

Die tien wat ons hoor en sien ins 30. 40 is die volgende 10.

Is dit nader na 30 of 40 toe?

35 is die middel tussen 30 en 40.

Die afstand vanaf 37 tot by 40 is korter

Dus: 37 afgerond tot die naaste 10 is 40

37cm ≈ 40cm (Ons lees dit as: 37 by benadering afgerond is gelyk aan 40)

Middel

Inlei

ding

Page 19: WISKUNDE GRAAD 4 - Kwikwap / Kwikweb Easy, Powerful

Rond 145 km af tot die naaste 100.

Hoe ver moet Tyler ry tot by die naaste petrolstasie?

Is die nader na 100 of 200 toe?

150 is die middel van 100 en 200.

145 is voor 150 .

145 is dus nader aan 100

145km ≈ 100km (Ons lees dit: 145 by benadering afgerond is gelyk aan

100)

145

Middel

Rond 2 630 mm af tot die naaste 1 000.

Ons hoor en sien 2 000 in die getal. 3000 is die volgende duisend.

2 630 vind ons tussen 2 000 en 3 000.

Watter duisend is nader aan 2 630?

Vind die middel tussen 2 000 en 3 000. Dit is 2 500.

2 630 vind ons na 2 500.

2 630 is nader aan 3 000.

Dus: 2 630 ≈ 3 000

Ons lees dit as: 2 630 by benadering afgerond is gelyk aan 3 000

Middel

2 630

Page 20: WISKUNDE GRAAD 4 - Kwikwap / Kwikweb Easy, Powerful

Oefening: 1. Rond die volgende getalle af tot die naaste 10 (Jy kan ‘n getallelyn teken om jou te help)

(a) 26 cm

(b) 144 cm

(c) 93 km

(d) 533 mm

2. Rond af tot die naaste 100. (Dink aan die getal op die getallelyn)

(a) 78 cm

(b) 301 mm

(c) 549 km

(d) 4 718 m

3. Rond af tot die naaste 1 000. (Dink aan die getal op die getallelyn)

(a) 1 991 mm

(b) 6 90 km

(c) 2 500 m

(d) 4 490 cm

4. In Dubai is daar baie Wolkekrabbers.

Rond die getalle af tot die naaste 100.

(a) (b) (c)

828 m 306m 321 m

Jy verdien ‘n ster

indien jy al die werk

voltooi het.

Page 21: WISKUNDE GRAAD 4 - Kwikwap / Kwikweb Easy, Powerful

Dag 4: Memorandum / Antwoorde. Merk jou werk

Oefening: 1. Rond die volgende getalle af tot die naaste 10 (Jy kan ‘n getallelyn teken om jou te help)

(a) 26 cm 30 cm

(b)144 cm 140 cm

(c) 93 km 90 km

(d)533 mm 530 mm

2. Rond af tot die naaste 100. (Dink aan die getal op die getallelyn)

(a) 78 cm 100 cm

(b) 301 mm 300 mm

(c) 549 km 500 km

(d) 4 718 m 4 700 m

3. Rond af tot die naaste 1 000. (Dink aan die getal op die getallelyn)

(a) 1 991 mm 2 000 mm

(b) 690 km 1 000 km

(c) 2 500 m 3 000 m

(d)4 490 cm 4 000 cm

4. In Dubai is daar baie Wolkekrabbers.

Rond hulle hoogtes af tot die naaste 100.

(b) (b) (c)

828 m 306m 321 m

800 m 300 m 300 m

Indien jy die meeste

reg het. Welgedaan.

Page 22: WISKUNDE GRAAD 4 - Kwikwap / Kwikweb Easy, Powerful

Dag 5: Informele Assessering

Doen die assessering in jou werkboek

Informele Assessering 1. Kies die meeteenheid wat die naaste is.

1.1 Die lengte van die spyker is:

(a) 8 m

(b) 8 cm

(c) 8 mm

1.2 Die hoogte van ‘n stoel.

(a) 100 cm

(b) 100 m

(c) 100 mm

1.3 Die lengte van jou voet.

(a) 140 mm

(b) 140 m

(c) 140 cm

1.4 Die hoogte van die klaskamer deur.

(a) 2 450 km

(b) 2 450 mm

(c) 2 450 cm

Page 23: WISKUNDE GRAAD 4 - Kwikwap / Kwikweb Easy, Powerful

1.5 Die hoogte van die wasgoedpale.

(a) 160 m

(b) 160 mm

(c) 160 cm

2. Die afstand tussen Kaapstad en Johannesburg

is 1 397 km.

(a) Rond die afstand af tot die naaste 10.

(b) Rond dit af tot die naaste 100.

(c) Rond dit af tot die naaste 1 000.

3. Mev. Taylor maak maskers vir al die Gr. 4 leerders

by Sproetjies Primêr. Sy het uitgewerkdat sy 935 cm

materiaal vir 40 leerders benodig.

(a) Rond die lengte van die materiaal af tot die naaste 10.

(b) Rond die lengte van die materiaal af tot die naaste 100.

(c) Rond die lengte van die materiaal af tot die naaste 1 000.

(d) Hoeveel meter materiaal is dit?

4. Tydens al die atletiekbyeenkomste vroeër hierdie jaar het

Thapelo altesaam 14 500 m afgelê.

(a) Rond die afstand af tot die naaste 1000.

(b) Skryf die afstand in in kilometer.

Page 24: WISKUNDE GRAAD 4 - Kwikwap / Kwikweb Easy, Powerful

Lengte

Kwartaal 2

Informele Assessering

Memorandum / Antwoorde. Merk jou werk

1. Kies die meeteenheid wat die naaste is.

1.2 Die lengte van die spyker is:

(a) 8 m

(b) 8 cm

(c) 8 mm

1.3 Die hoogte van ‘n stoel.

(a) 100 cm

(b) 100 m

(c) 100 mm

1.6 Die lengte van jou voet.

(a) 140 mm

(b) 140 m

(c) 140 cm

1.7 Die hoogte van die klaskamer deur.

(a) 2 450 km

(b) 2 450 mm

(c) 2 450 cm

Page 25: WISKUNDE GRAAD 4 - Kwikwap / Kwikweb Easy, Powerful

1.8 Die hoogte van die wasgoedpale.

(a) 160 m

(b) 160 mm

(c) 160 cm

2. Die afstand tussen Kaapstad en Johannesburg

is 1 397 km.

(a) Rond die afstand af tot die naaste 10.

1 400 km

(b) Rond dit af tot die naaste 100.

1 400 km

(c) Rond dit af tot die naaste 1 000.

1 000 km

3. Mev. Taylor maak maskers vir al die Gr. 4 leerders

by Sproetjies Primêr. Sy het uitgewerkdat sy 935 cm

materiaal vir 40 leerders benodig.

(a) Rond die lengte van die materiaal af tot die naaste 10.

940 cm

(b) Rond die lengte van die materiaal af tot die naaste 100.

900 cm

(c) Rond die lengte van die materiaal af tot die naaste 1 000.

1 000 cm

(d) Hoeveel meter materiaal is dit?

9 m 35 cm

4. Tydens al die atletiekbyeenkomste vroeër hierdie jaar het

Thapelo altesaam 14 500 m afgelê.

(a) Rond die afstand af tot die naaste 1000.

15 000 km

(b) Skryf die afstand in in kilometer.

14 km 500 m of 14𝟏

𝟐 km

Page 26: WISKUNDE GRAAD 4 - Kwikwap / Kwikweb Easy, Powerful