12
www.bolandgazette.co.za bolandgazette.mobi Breederivier Year 18 • 15 April 2014 | Tel. 023 626 5212 HILDERINE SCHRÖDER Wit olifant; seeroog; die broeiplek van allerlei onheil. Vir Robertsonners is die leë treinwa- ens van On Rail 62 wat al jare lank digby die dorp se ingang (agter die eertydse So- prano’s) staan al jare lank ’n steen des aanstoots. Vir baie sal dit dus as ’n ver- ligting kom dat dié verwaarloosde wa- ens binnekort iets van die verlede gaan wees. Dít is alles te danke aan Gideon van Niekerk, ’n Kaapse sakeman, wat on- langs die waens by die vorige eienaar daarvan gekoop het. Die Gazette het vroeër vanjaar berig dat die waens en die omliggende area, tot groot frustrasie van dorpenaars, die woonplek geword het van haweloses. Volgens Van Niekerk het hy onlangs die waens op die internet gesien en het hy die eienaar daarvan genader. Hy wou die waens koop met die oog daarop om dit reg te maak en dan weer te verkoop. Met sy aankoms op Robertson het hy egter ontdek dat die waens só deur van- dale beskadig is dat dit nou, benewens vir skroot, heeltemal nutteloos is. Van Niekerk het nietemin besluit om met sy verwyderingspoging – ’n reusetaak op- sigself – voort te gaan. Weens die skade aan die waens is hulle te onstabiel om per spoor na die Kaap geneem te word (een staan reeds gedeel- telik van die spoor gekantel) en sal hulle gevolglik opgesny word en per pad weg- geneem word. Die waens weeg, volgens Van Niekerk, ongeveer 38 ton elk. Hulle sal in vragte van 20 ton elk op vragmotors weggery word. Vyf waens is reeds opgesny. Vir dié grootse taak maak hy van plaaslike ar- beid gebruik om hom by te staan. Van Niekerk hoop om al die waens teen die einde van die week te verwyder. Die vervalle waens by On Rail 62 wat al jare lank ’n oogseer vir plaaslike inwoners is, word tans stuk-stuk verwyder ná dit onlangs deur ’n Kaapse sakeman gekoop is. FOTO’S: ZELDA KLOPPERS Vervalle waens by Robertson se ingang word stuk-stuk weggery. Rail 62 ontspoor Rail 62 ontspoor

Breederivier gazette 15 apr 2014

Embed Size (px)

DESCRIPTION

Breederivier gazette 15 apr 2014

Citation preview

Page 1: Breederivier gazette 15 apr 2014

www.bolandgazette.co.zabolandgazette.mobi

Breederivier

Year 18 • 15 April 2014 | Tel. 023 626 5212

HILDERINE SCHRÖDER

Wit olifant; seeroog; die broeiplekvan allerlei onheil.

Vir Robertsonners is die leë treinwa-ens vanOnRail 62wat al jare lank digbydiedorp se ingang (agterdie eertydseSo-prano’s) staan al jare lank ’n steen desaanstoots. Vir baie sal dit dus as ’n ver-ligting kom dat dié verwaarloosde wa-ens binnekort iets van die verlede gaanwees.Dít is alles te danke aan Gideon van

Niekerk, ’n Kaapse sakeman, wat on-langs die waens by die vorige eienaardaarvan gekoop het.Die Gazette het vroeër vanjaar berig

dat die waens en die omliggende area,tot groot frustrasie van dorpenaars, diewoonplek geword het van haweloses.Volgens Van Niekerk het hy onlangs

die waens op die internet gesien en hethydie eienaar daarvangenader.Hywou

die waens koop met die oog daarop omdit reg te maak en dan weer te verkoop.Met sy aankoms op Robertson het hy

egter ontdek dat die waens só deur van-dale beskadig is dat dit nou, benewensvir skroot, heeltemal nutteloos is. VanNiekerk het nietemin besluit ommet syverwyderingspoging – ’n reusetaak op-sigself – voort te gaan.Weensdie skadeaandiewaens ishulle

te onstabiel om per spoor na die Kaapgeneem te word (een staan reeds gedeel-telik van die spoor gekantel) en sal hullegevolglik opgesny word en per pad weg-geneem word.Diewaensweeg, volgensVanNiekerk,

ongeveer 38 ton elk. Hulle sal in vragtevan 20 ton elk op vragmotors weggeryword.Vyf waens is reeds opgesny. Vir dié

grootse taak maak hy van plaaslike ar-beid gebruik om hom by te staan. VanNiekerk hoop om al die waens teen dieeinde van die week te verwyder.

Die vervalle waens by On Rail 62 wat al jare lank ’n oogseer vir plaaslike inwoners is,word tans stuk-stuk verwyder ná dit onlangs deur ’n Kaapse sakeman gekoop is.

FOTO’S: ZELDA KLOPPERS

Vervalle waens by Robertson se ingang word stuk-stuk weggery.

Rail 62 ontspoorRail 62 ontspoor

Page 2: Breederivier gazette 15 apr 2014

Breederivier Gazette News - Nuus Dinsdag 15 April 20142

EERSTE SATERDAG VAN ELKE MAAND)TeetuinenoggendmarkbydieRobertsonMu-seum. Navrae: 0 023 626 3681.

SECOND THURSDAY OF EACH MONTH) The Montagu Alzheimer’s Support Groupmeets at 15:00 in the bottom lounge of HuisUitvlucht,Montagu.Meetingsarebilingualandeveryone is welcome.

SATERDAG 19 APRIL) Lianie May om 19:00 by Lords Guest Lodge,McGregor. Kaartjies: R120. Besprekings:0 023 625 1881.

THURSDAY 24 APRIL) Friends of the Montagu Hospital Trust’s an-nual general meeting at 18:30 for 19:00 at theMontagu Bowles Club House.

VRYDAG 25 APRIL) Mnr. en Mej. VGK Robertson-Oos om 19:00.Toegang R10.

SATERDAG 26 APRIL

)VGKRobertson-Ooshouvanaf09:00sybasaarop die kerkterrein.

WOENSDAG 21 MEI)Heinz Winckler tree by Janeza op. Tyd: 18:30vir 19:00. Kaartjies: R140 (volwassenes),R80 (kinders). Gaste kan hul eie bord eetgoedbring, maar geen drank. Druiwesap en wyn salte koopwees. Besprekings of navrae: [email protected] of bel 0 082 978 7020 of 023 616 3547 ofbesoek www.janeza.co.za. Kaartjies ook by La-dida Klerewinkel op Bonnievale te koop.

5-8 JUNIE) Wacky Wine Weekend. Navrae:0 023 626 4364.

VRYDAG 20 JUNIE) Robertson Logos Christian School hoender-braai. Navrae: 0 023 626 4364.

SATERDAG 21 JUNIE)Breërivier-hospies brug- en skaakdag. Na-vrae: 0 023 626 5710.

WOENSDAG 25 JUNIE) Liewe Heksie en die Rolskaatse met MargitMeyer-Rodenbeck (Dowwe Dolla) om 18:00 byJaneza. Kaartjies R70. Besprekings en navrae:2 [email protected] of 0 082 978 7020 of023 616 3547 of besoek www.janeza.co.za. Kin-ders moet hul eie kussings bring om op te sit.Valleikalender: 0 023 626 5212 of 2 [email protected].

Wen kaartjies na Emo AdamsAs jynognie ingeskryf het virdie kans om twee dubbel-kaartjiesnaEmoAdamsseop-komende vertoning by dieGolden Valley Casino te wennie, beter jy spring.Lesers het net tot Donder-

dag om per SMS vir dié kom-petisie in te skryf en só diekans te staan omAdams in le-wende lywe op die verhoog tesien.Adams se vertoning dié Sa-

terdag (19April) beloof omou-dergewoonte ’n onvergeetlikeervaring te wees.Dié energieke kunstenaar,

wat bekend is vir sy skreeu-snaakse kwinkslae en ratsepassies op die verhoog, hetgeen bekendstelling nodig nie.Adams,watdeurdie orkesTakeNotever-

geselword, sal in die casino semarkiesareaoptree en sal die verhoog deel met die ewe

talentvolle groep Take Note.Buiten sy verhoogoptredes

is Adams ook bekend vir syrolle in die musiekblyspeleDistrict Six en Kat & theKings, sowel as sy bekroondealbum Tall, Dark and Afri-kaans.Take Note se musiek sluit

verskeie genres is, insluitendfunk, reggae, pop, jazz en gos-pel.Die vertoning begin om

20:00 en kaartjies, teen R120elk, is by die casino se kon-tanttoonbank beskikbaar.Geen onder 18’s word toege-laat nie.Twee lesers staan die kans

om dubbelkaartjies na dievertoning te wen. Om in te skryf, SMS diewoord “Emo” na 35405. SMS’e kos R1,50. In-skrywings sluit Donderdag (17 April) om12:00.

Emo Adams

Rocco besoek ValleiValleiers kan uitsien na vermaak uit die boon-ste rakke wanneer die legendariese en flambo-jante pianis, Rocco de Villiers dié Saterdag (19April) by dieMountainMillMall se amfiteateroptree.Met tien instrumentele CD’s wat reeds die

liggesienhet, tweeboekemetdiebeste skemer-kelkie-resepte, sowel as ’nDVDvansyoptrede,het dié talentvolle kunstenaar geen bekend-stelling nodig nie.DeVilliershet totdusvernegeinstrumentele

verhoogproduksies geskryf en vervaardig, synuutste getiteld Stunning.Sy vorige twee albums, Beautiful Beautiful

Piano en More Beautiful Piano, het meer as80 000 kopieë verkoop.Hy het reeds verskeie toekennings vir sy

werkontvangondermeerdieHuisgenootTem-po, Ghoema-, Vonk, SAMA- en Cape Theatre-toekennings.De Villiers is die mede-direkteur van Third

Ear Sound, wat musiek skryf vir televisie enfilms en het onlangs diemusiek geskryf vir die

Amerikaansefliek Brewsie &Willie.De Villiers

was ook dieaanbieder virdie kykNET-produksiesKookenKlavieren Rocco enKlop die Kla-wers.De Villiers

doen sowat 100optredes perjaar. Sy 11de al-bumenderdeskemerkelkie-boeksaleersdaagsop die rakke wees.Die vertoning begin om19:30. Kaartjies, teen

R150 stuk, is beskikbaar by dieMountainMill-inligtingstoonbank.Virmeer inligting kontak dieMountainMill

Mall by 023 347 0415.

Rocco de Villiers FOTO: VERSKAF

PAASVERMAAK: Ry jy dié Paasnaweek met Jan Tuisbly se karretjie? Dán is ’n optrede deur die gewilde LianieMay, wat gehore regoor die land met haar suiwer stem bekoor, nét die regte medisyne! May tree volgendeSaterdag (19 April) om 19:30 in die McGregor-kerksaal op. Kinders is welkom en daar sal heerlike kerrieen rys, worsrolle en hamburgers is te koop wees. Daar sal ook ’n kontantkroeg wees. Kaartjies kos R120stuk. Vir navrae en besprekings kontak 023 625 1881. Diegene wat vier kaartjies koop, kry een gratis.

Page 3: Breederivier gazette 15 apr 2014

Breederivier GazetteNews - NuusDinsdag 15 April 2014 3

A place to call homeHILDERINE SCHRÖDER

The right tohave a roof over one’sheadissomethingtakenforgrant-ed bymany, however this necessi-ty is one that remains a distantdream for many South Africans.

It is a need 81-year-old Nancy Sil-wana has had for many years, butlast Thursday (10 April) her lifelongdream of having a place she can callher own was finally realised.

Silwana was one of five residentsin Nkqubela who received the keysto their brand new houses during aceremonial hand-over by the West-ern Cape minister of Human Settle-ments, Bonginkosi Madikizela.

“I cannot believe it,” an overjoyedSilwana said having received herkeys. “I am so very happy.”

She has been on the housing wait-ing list for many years.

“I applied in 1999, now my dream

has finally come true. I have alwaysprayed for a shelter before I die, nowGod has answered my prayer.”

Until now Silwana has lived withrelatives and she is excited to giveitapersonal touch.“Imustgototownto get furniture,” she beams.

The houses handed over last weekform part of a joint housing projectbetween the Western Cape Depart-ment of Human Settlements and theLangeberg Municipality.

The project has a budget of morethan R11 million and will deliver 130homes once complete.

Unlike previous RDP houses, thenew houses are bigger with two bed-rooms, a separate bathroom and acombined living room and kitchenarea. The houses are also fitted witha ready-board electrical installationand ceilings.

During the hand-over Madikizelastressed that recipientsmust remainthe legal occupants of their houses.

“We(government)handoverhous-es on a daily basis but the problemis that these houses are then sold orrented out to other people and thevery people who have sold theirhouses are then the ones protestingto receive houses.”

Municipal manager of the Lange-berg Municipality, SoyisileMokweni, gave a sternwarning to lo-cal recipients saying that those whotry to sell their houses will be dis-ownedafterwhich thehouse inques-tion will be given to someone else onthe waiting list.

Executive mayor of the LangebergMunicipality, Daniella Gagiano, re-minded recipients to keep in mindthat with the new houses there alsocomes responsibility.

“We request recipients to takegood care of their new houses,” sheurged.

Theday’spositiveatmospherewasmarred by a number of locals who

tried to use the occasion to discussissues not related to the event.

Requests for quiet and calm weregreeted by loud jeering.

Madikizela, however, was not de-terred and refused to comment onanyofthecommentsandaccusationsaired.

After many years on the waiting list Nancy Silwana (81) is the proud owner of a house.At the hand-overwere (from left) BonginkosiMadikizela (WesternCapeminister of HumanSettlements), Daniella Gagiano (executive mayor of the Langeberg Municipality), andSphiwo Mafilika, ward councillor.

PHOTO: HILDERINE SCHRÖDER

VROUE BID SAAM:Vroue van regoor dieVallei het onlangs by dieEmmanuel Pinkster-ge-meente byeengekomom Wêreld Biddag virVroue te vier.DieEmma-nuel Pinkster Sending-gemeente op Robertsonbedank alle kerke en or-ganisasies wat deel konuitmaak van dié spesia-le geleentheid, wat jaar-liks plaasvind.

Page 4: Breederivier gazette 15 apr 2014

Breederivier Gazette News - Nuus Dinsdag 15 April 20144

SECURITY YOU CAN TRUST: Trust Security was established in Cape Town in 1995. Since then thisdynamic company has opened three more offices in Goodwood, Caledon and, more recently, inRobertson. The company’s vision is to become the market leader in providing professional, qualityand effective, yet cost effective, services in the security industry. Trust Security, who at all timesserve its customers with pride, believes in a hands on approach resulting in efficient and accurateservice delivery to clients. The company provides physical guarding, CCTV systems, fire detectionand armed response. For all your security needs, visit Trust Security in Reitz Street. The Trust Securityteam is (at the back, from left) Barend van Huysen and Andrew Buck. In front are Bruce Senekal,Christene Olivier, Christiaan Olivier and Tiaan Cornelissen.

KEEP THIEVES OUT: Keep your property safe and unwanted people out with the wide range of quality barriersthat Trellidor has on offer. With Trellidor’s wide range of styles you can choose a selection of options tosuit the architectural needs of your home or business, from colour matching to operational that complementsthe way your window or door opens, you can be sure of an excellent level of protection. Contact Trellidorfor a quote on 0 028 312 3214. The Trellidor team are (back) Theron Delport (sales), George Ritter (fitter),Pierre de Villiers (fitter) and David Botha (owner). In front are: Conrad Fourie (fitter), Nadja de Jager (adminis-tration), Antoinette Bosman (office manager) and JP Geldenhuis (fitter).

KWALITEIT IS HUL TROTS: Met negejaar se diensondervinding agterdie rug dra Bart en Janeke Saay-man, eienaars van Capital Securi-ty, steeds die veiligheid van Vallei-ers op die hart. Capital bedien ’nwye area, insluitend al die dorpein die Langeberg-area, sowel asWorcester, Rawsonville en selfsHermanus, Kraaifontein en Brac-kenfell. Capital se dienste sluit ’n24-uur beheerkamer, moniteringen gewapende reaksie en wagtein, sowel as die installering van on-der meer voertuigopsporingstel-sels, elektriese heinings en by-standkrag. Vir navrae, bel Capitalby 0 023 626 5655.

Page 5: Breederivier gazette 15 apr 2014

Breederivier GazetteNews - NuusDinsdag 15 April 2014 5

BEVEILIG JOU EIENDOM: Hi Tech Security is ’n huishoudelike naam in die Langeberg-area. Die span se eersteprioriteit is om na klante se veiligheid en sekuriteit om te sien. Hi Tech Security spesialiseer in die verkoopen installering van alarmstelsels, die plasing van wagte, asook patrollievoertuie. Onder die leiding van ThinusEsterhuizen glo die Hi Tech-span aan professionele en goeie diens, asook inwoner-bewusmaking ten opsigtevan veiligheid.

Man in hospitaal ná bytHILDERINE SCHRÖDER

Dit voel aanvanklik soos ’n muskietbyt.Dán ontwikkel dit kort voor lank in ietssoos ’n pitsweer en voor jy jou kon kry sitjymet ’nwondwat jou in die hospitaal kanlaat beland.

Dít is presies wat AbrieMarais van Robertson oor-gekom het toe hy vroeërvanjaar deur ’n sakspinne-kop gebyt is.Hierdie spinnekop word

beskou as een van Suid-Afrika se gevaarlikstespinnekoppe en is waar-skynlik verantwoordelikvir die meeste spinnekop-byte bymense. Die sitotok-siese gifwat ’nbyt vrystel veroorsaakdatweef-selomdiebytplekafgebreekword,wattotgrootweefselskade kan lei indien dit nie betyds be-handel word nie.Marais het aanvanklik niks daarvan gedink

toe hy ’n bytplek op sy been ontdek het nie.“Dit voel presies soos ’n muskietbyt,” vertelhy. Dit was eers toe dié plek ’n paar dae laterbaie sleg begin lyk het en hy uiteindelik in dieMediclinic Durbanville beland het, wat hy uit-gevind het hy is deur ’n sakspinnekop gebyt.Hy was vir vyf dae in die hospitaal waar hy

binneaars antibiotika ontvang het. Hy hetmet’ngatgroteras ’nR5-muntgesitwaarindiedok-ters ook ’n insnyding moes maak in ’n pogingom al die gif te verwyder. Weens die skade omdie bytplek kon die wond nie met steke gehegword nie. “Ek kon onlangsmaar eers die pleis-ter afhaal,” vertel Marais oor die wond watsteeds besig is om te genees.Intussen weet hy van minstens vier ander

gevalle waar mense, en selfs ’n hond, van Ro-

bertson deur sakspinnekoppe gebyt is. Hy raaiValleiers aan om, souhulle ’n bytplek vind, on-middellik seker te maak of dit nie dié van ’nsakspinnekop is nie en so spoedigmoontlik be-handeling te kryMarais het kort ná hy uit die hospitaal ont-

slaan is sy hele huismet insekdoder laatbespuit in ’n poging om van enige sak-spinnekoppe, wat veral daarvan hou omin die voue van gordyne of beddegoedweg te kruip, ontslae te raak

Abrie Marais, wat vroeër vanjaar deur ’n sakspinnekopgebyt is, se wond herstel steeds. FOTO: VERSKAF

Die byt van ’n sak-spinnekop is pyn-loos en voel aan-vanklik soos ’n mus-kietbyt.

VOEL VEILIG METSECUNET: Secunet isalom bekend vir sy jarediens aan die gemeen-skap, maar daar wasonlangs ’n paar nuweverwikkelinge. Ná dieaftrede van Frans Ma-lan, is Stephan Kotze asoperasionele bestuur-der aangestel. Kotze hetin 1988 by die polisieaangesluit en daarna ishy gekeur vir die honde-eenheid. Hy het in 1999betrokke geraak by diesekerheidsindustrie enwas ook deel van foren-siese ondersoeke en ri-sikobepalings vir kliën-te. Hy was ook in teen-stropingskringe betrokke by die bekamping van renosterstropery. Kotze is volledig opgelei in stedelike terreuren het 25 jaar se ondervinding en kennis. Secunet gaan steeds voort met sy professionele diens. Die onderne-ming se missie is die voorkoming van misdaad op alle vlakke. ’n Honde-eenheid is op die been gebring

en is getaak met onder meer spoorsnywerk en dieuitsnuffel van springstof en dwelms. Dié eenheid werknou saam met die polisie. Die keuring en opleidingvan sekerheidsbeamptes is van uitstaande gehalte.Vir hulp met risikobepalings by kelders, ondernemingsenwoonpersele, kontakKotzebySecunet. Risikobepa-lings is van kardinale belang om voorkomend te weesten opsigte van enige geweld of misdaad.

Page 6: Breederivier gazette 15 apr 2014

Breederivier Gazette Leader - Hoofartikel Dinsdag 15 April 20146

Kon Robertsonnersdit nie self doen?Klagtes oor die leë treinwaens wat eens op ’ntyd ’n gewilde oornagplek vir menige reisigermoeswees, is gladnie ongewoononderRobert-sonners nie.Daar is al dikwelsnadieOnRail 62 se verval-

le waens, tesame met die eertydse Soprano’s,as ’n misdaadnes verwys terwyl dorpenaarsook al bymeer as een geleentheid hul misnoeëuitgespreek het oor die swak indruk wat diévervalle waens en voormalige restaurant bybesoekers skep.Dit kom dus as ’n verligting dat dié seeroog

stuk-stuk besig is om iets van die verlede teword. Dat dit danksy iemand van buite diestreek is, is egter iets wat Valleiers gerus oorkan nadink.Mense is gou om te kla oor dinge wat nie hul

goedkeuring wegdra nie. Die blaamword voordie een instansie na die ander se deur gelê son-der dat daar daadwerklik na ’n oplossing ge-soek word.Die sakemanwat die vervalle treinwaens ge-

koophet, kaneintlikweinigdaarmeedoenbui-ten om dit vir skroot te verkoop. Nogtans hethy, toe hy dié ontdekking maak, besluit omvoort te gaanmetdieverwyderingendaardeurdie dorp ’n reuse-guns bewys.Is daar dan niemand op plaaslike bodemwat

hom hiermee kon voorspring nie?Sóisdaardikwelsklagtesoordieeenofander

en word daar van die owerhede verwag om ditte hanteer – instansies wat soms ook ’n tekortaan geld en arbeid het. Het dit nie dalk tyd ge-word datValleiers saamstaan enkykwat hullekan doen om probleme op te los nie? Soos diespreekwoord sê, vele hande maak ligte werk!

Vallei word vernietig - keer ditVallei word vernietig - keer ditEk is gebore hier in Robertson en het ookhier groot geword. Ek is lief vir ons valleien ook sy mense.So het talle mense ons vallei ontdek en

na Robertson en al sy buurdorpe verhuisom die rustigheid en natuurskoon van onsvallei te beleef en te geniet.Vandie asemro-wende pieke van die Langeberg tot onderin die vallei waar die Breederivier kronke-lend deur plase en verby dorpe vleg.Dit is wanneer ek sê, “my hart klop tjok-

lits as ek in my vallei is”.Op die oewer van dié lewensaar wat ons

vallei voed, staan bloekombome, meestalEucalyptus Cumaldolensus, oftewel RiverGum. Baie van hierdie majestueuse bomeis etlike dekades al deel van ons vallei. Ditis hoe ek die vallei leer ken het en dit ishoe ek dit vir altyd wil onthou.Oor die jare heen het ek al menigte kere

opdieoewervandieBreedeonderdiebomegewandel en met die roep van ’n visarendendiewindwatliggiesvir joudeurdieblarevan die bome fluister, is dit dan wanneerjy jou siel verkwik met die rustigheid vandie natuur.

Tans isdie regering (WerkvirWater-pro-jek) besig om hierdie ekosisteem wat oordekades gevestig is, totaal te vernietig.Roofvoëls, slange en roofdiere wat so be-langrik is om probleemdiere onder beheertehoueninsektesoosbyewatuitersbelang-rik is vir bestuiwing van verskeie vrugteen groentes word nou vernietig.Suider-Afrika in die geheel is ’n boom-

arm streek en al is bome soos bloekomsuit-heems, het dié bome deel van ons landskapgeworden speel hulle ’nbaie belangrike rolekologies, asook ekonomies.Die projek gaan verreikende gevolge hê

en ons as belastingbetalers, natuurliefheb-bers en inwoners van ons pragtige valleisal moet opstaan teen dit wat tans hier ge-beur. Ons moet keer voor dit te laat is!Daar is tans mense wat besig is om op

regeringsvlak ietshieraan teprobeerdoen,maar hulle het ook ons ondersteuning no-dig. As u as inwoner van die vallei u stemhierby wil voeg, vra ek u om my te kontakby [email protected] of 083 2356062.

KOBUS VOS

Dankie aan Spar enDankie aan Spar enAdams TaxiAdams Taxi

Graag wil ons as gemeenskap Robertson Sparbedank vir die vervoer wat hulle aan ons ge-meenskapbeskikbaarstelomdaar tekankoop.Dit is vir ons ’n riem onder die hart. Ons wilgraag ook van hierdie geleentheid gebruikmaak omAdamsVervoer te bedank vir hul by-drae.Nog nooit was die bestuurder van die taxi

lelik of onredelik nie en is altyd vriendelik, be-dagsaam en oplettend. Hulle (Adams Taxi) hetnog nooit verby enige persoon gery nie en disalles te danke aan u, Robertson Spar.Uwinkel is altyd netjies en skoon en daarom

is dit altyd lekker om inkopies by ’n skoonwin-kel te doen. Dankie ook aan Adams Taxi wataltyd daar iswanneer jy dit dieminste verwag.Dit was baie warm die afgelope tyd in Robert-son en sonder vervoer glo ek nie ons sou ditgemaak het as ons moes geloop het nie.Weer eens wil ons van die geleentheid ge-

bruikmaakomRobertsonSpar enAdamsTaxite bedank in dié verband.

ROBERTSON GEMEENSKAP

Kenners moet oordeelKenners moet oordeelMetdieOscarPistorius-verhoorwatdieafgelo-pe paarweke nou al die grootste nuuswaardig-heid is, het dít wat in howe gebeur skielik toe-ganklik vir die gewone man op straat geword.Ek dink nie daar is baie mense wat tot nou toegeweethethoedieverloopvan’nhofsaak,veral’n groot en ingewikkelde saak soos dié van Os-car, werk nie.Die saak het een ding baie duidelik gemaak:

dis nie so eenvoudig om te sê iemand is skuldigof onskuldig nie, veral as jy van die regstelselnet mooi niks weet nie.Dit laatmy nogal dink aan die saak van Flip-

pieEngelbrechtwat hierdieweek op dieGazet-te se voorblad was (Saak gaan nie oor geld, sêpa, 8 April). In die berig word genoem dat daarnogal heelwat teenstrydighede in die onder-skeie getuies se weergawes was. Dis mos ietswat ons in die Oscar-saak ook gesien het. ’nMens kan nie help om tewonder hoe die regterte werk gaan om uit te pluis wie nou eintlikdie waarheid praat en wie besig is om die hofte probeer mislei nie.Ditbringmyeintlikby’nanderding.Alopge-

let hoe vinnig een en almal is om kritiek te le-wer oor die skuld of onskuld van die persoonwat aangekla word.Ons ou nasie is so vinnig om ten hemele te

skree dat iemand skuldig is en dié persoon dandie slegste moontlike straf toe te wens, maarsodra dit begin lyk of die persoon dalk onskul-dig kan wees, swyg dié wat in die eerste plekso tekere gegaan het soos die graf. Dalk moetons leer om eerder die skuldigbevinding ofkwytskelding aan die kundiges oor te laat. Dieskerp kritiek wat jy uitspreek is soos vere indie wind: jy sal nooit almal kan terugkry nie.

SÊ MAAR NET, Robertson

VYF DEKADES VAN SUKSES: Die Rooiberg Kelder vier vanjaar sy 50-jarige bestaan. Ter viering vandié geleentheid het die keldergemeenskap, insluitend aandeelhouers, bestuur en personeel, gister(Maandag) op die presiese datum van die kelder se stigting by sy groot rooi stoel bymekaar gekom.

Die gawe om vry te wees ten spyte van . . .Ek was van die bevoorregtes . . . van dieuitgesoekte gaste by die verjaardagpar-tytjie van ’n 82-jarige dame.Waardigheid straal uit haar hier waar

sy langs my in haar rystoel sit. Sy hetaltwee haar bene verloor weens haarsiektetoestand.Op ’n tydstip sê die seremoniemeester:

“Ons gaan nou ’n geleentheid gee vir an-tie Baby om na haar geliefkoosde lied teluister”. Sonder om ’n sekonde te weifelsê sy die eerste frase van die lied “Whyshould I be discouraged?”Ek kyk na die vroutjie sonder bene en

onmiddellik pak ’n skuldige gevoel mybeet. Hier sit ’n vrou sonder die gebruikvan haar bene en sy sê sonder skroomdeur die liedjie dat sy geen rede het ommismoedig te voel nie.Eens op ’n tyd was sy ’n onafhanklike

vrouwatmeeras ’ndosynspruite grootge-maak het. Vandag is sy in ’n posisie waarsy geheel en al afhanklik is van ander sehulp, maar met ’n glimlag op haar gesigleun sy oor na my en knik haar kop in-stemmend op die woorde van bemoedi-gingwat die sanger gevoelvol aan ons oor-

dra.Hoe ondankbaar kan mens tog soms

wees? So dikwels kla gesondemensewat ge-bruik van albei hul bene het oor onsinnig-hede. Mense soos ek wat kan loop en hard-loop waarheen en wanneer hul wil. Mensewat deurdie geringste uitdagingmoedeloosword.Hierdie sterk vrou sal nooit weer die

voorreghêomhaarvoete in ’npaarpragtigevroueskoene te glip nie. Sy sal nooit weerspeels en opgeruimd voor haar spieël kantiekiedraai nie. Daar is nie ’n kans dat syooit weer met haar voete in ’n koel berg-stroompie sal kan sit en met haar tone indie rivierklippes sal kan vroetel nie. Dievoorreg om vrolik saammet haar kleinkin-

ders ’n bal te skop of om sommer net vir’nwandelingmet hulle te gaan, is absoluutonmoontlik.Ek loer na haar en sien hoe sy hartlik

met die lied saam sing en haar daarin ver-lustig. “I sing because I am free,” lui diekoorgedeelte. “Hoe vry en ongebonde kan’n mens sonder bene wees?” dink ek. Onswat die gebruik van ons bene het en tekort-kominge soek om oor te kla, moet ons reg-tig skaam.Somtyds lyk dit virmy baie gesondemen-

se soek net redes om te kla. As dit nie oordie werk is wat ons kla nie, is dit die kerkwat teleurstel, of dit is jou geldsake, huwe-lik, familie of wat ook al.Daar besef ek toeweereens hoeveel ek het

om oor dankbaar te wees. Dis so ’n seën omgesond te wees en as jy boonop kan kom engaan sonder hulp, is dit ’n dubbele seën.’n Diepe dankbaarheid teenoor hierdie

dankbare en vergenoegde tannie vul myhart. Sy hetmyonbewus geleer dat ek dank-baarheid ’n karaktereienskap van my lewemoet maak. Van nou af sal ek met nuwe oëkyk na die guns, seëning en voorspoed watdie Goeie Vader aan my toevertrou.

RubriekRubriek

Page 7: Breederivier gazette 15 apr 2014

Breederivier GazetteGeneral - AlgemeenDinsdag 15 April 2014 7

Nou is die tyd omjou potjie te roerIs jou pot die eenwat diemense laat toustaanvir nog? Of staan jy bekend as die potjiekos-koning onder jou braaier vriendekring?Danis die Dros se potjiekoskompetisie net dieding vir jou.Inskrywings vir dié kompetisie op 10 Mei

is oop, somaak seker jy beginnou reeds dinkwat jy alles in jou pot gaan gooi omdie anderdeelnemers te troef. Groot pryse is vir diewenner op die spel.Die geleentheid beloof om ’n heerlike uit-

stappie vir die hele gesin te wees met feeste-likhede wat musiek en ’n veiling, waar daaronder meer wyne opgeveil sal word, insluit.Metsowat30pottewathopelikvirdiekompe-tisie ingeskryf sal word, sal die kompetisieongetwyfeld lekker taai wees.Die opbrengs van die inskrywings sowel

as die kos sal aan die Nkqubela tehuis virseniorburgersendieHerbergKinderhuisge-skenk word.Inskrywings kos R100 per span en elke

spanmoet vier lede hê. Spannemoet sorg virhul eie pot, bestanddele en braaidromenook’n tema hê waarvolgens hulle hul stalletjieversier.Inskrywingsvorms is by Dros beskikbaar.

Vir meer inligting, kontak 023 626 1113.

Potjiekoskonings kan nou al begin dink wat hullealles in die pot gaan gooi tydens die Dros se potjie-koskompetisie op 10 Mei. Maak seker jy mis niedié opwindende geleentheid nie!

Page 8: Breederivier gazette 15 apr 2014

Breederivier Gazette General - Algemeen Dinsdag 15 April 20148

Jonk, oud neem deel aan sport en spelHILDERINE SCHRÖDER

Dit is min wat kinders én groot-mense meegesleur raak deursportaktiwiteite en speletjies,maardít ispresieswatonlangsge-beurhet toe ’nsportkliniekvirdieeerste keer by dieMaraisdal NGKPrimêre Skool aangebied is.

Die kliniek vorm deel van ’n nuweinisiatief wat beoog om kinders so-wel as volwassenes van die area kon-struktief besig te hou met die hulpvan ’n sportprojek.

Die Gazette het in Maart vanjaarberigoordiéprojekwatdeurdieWes-Kaapse departement van sport enkultuur op die been gebring is asteenvoeter vir ledigheid.

Nie net sal kinders en jongmensesetalentopdiesportveld,ondermeerin rugby en netbal, geslyp word nie,maar daar sal ook op verskeie in-heemse speletjies gefokus word.

Die projek het by Maraisdal afge-skop, maar, sê Rosaline Wolmarans,die departement se sportontwikke-lingsbeampte, daar word gehoop datdit later ook na omliggende skole uit-gebrei sal kan word.

Die kliniek sal nie netdie sportvaardighedevankindersslypnie.Vol-wassenes word ook aan-gemoedig om aan die ak-tiwiteite deel te neem.

Tydens die afgelope sportkliniekkon die jongklomp hul vaardighedeaan die hand van afrigters van dieBoland-rugbyunie en Noord-Boland-netbalunie slyp, met afrigters vandiedepartementwathulle touwysge-maak het in ’n rits inheemse spele-tjies, waaronder die bordspel mora-baraba en kho-kho, ’n spel wat blitsi-ge voetwerk verg.

Hoewel die volwassenes die pretaanvanklik op ’n afstand dopgehouhet, het hulle kort voor lank by diejongklomp aangesluit om mekaar severnuf met domino’s te toets.

Volgens Wolmarans was die dag severrigtinge ’n reuse-sukses.

Die idee vir ’n sportprojek in diearea spruit uit ’n besoek van IvanMeyer, Wes-Kaapse minister vansportenkultuur, indieareageduren-de verlede jaar. Hy het tóé gesê diegemeenskap in die area kan moont-lik baat by ’n sportprojek wat hulleop ’n positiewe wyse sal besig hou.Soortgelyke projekte is reeds metgroot sukses elders in die provinsieuitgerol. Volgens Wolmarans sal diedepartement binnekort ’n projekko-ördineerder en afrigter aanstel watdie sportaktiwiteite sal behartig.

Die inheemse speletjie kho-kho het diejongspan laat skater vandie lag terwyl hullemekaarmet ratse voetwerk probeer ontwykhet. FOTO’S: HILDERINE SCHRÖDER

Die Langeberg-area kan dalk net toekomstige Springbokke oplewer! Entoesiastiese jongrugbyspelers se talent is onlangs aan die hand van afrigters van die Boland-rugbyuniegeslyp.

Dit het morabaraba-spelersfyn beplanning gekos ommekaar uit te oorlê. Selfs volwassenes het later nader gestaan vir ’n pot of wat domino’s.

Lede van die Noord-Boland-netbalunie hethand gegee met netbalvaardighede.

Page 9: Breederivier gazette 15 apr 2014

Breederivier GazetteGeneral - AlgemeenDinsdag 15 April 2014 9

Fervent communityman opens doorsHILDERINESCHRÖDER

Driven by a burn-ing passion for hiscommunity and aconcern for thelack of child carefacilities inZolani, a localcommunity leaderis everything inhis power to meetthis need.

Malinge Zwenidid not think twiceto reach deep intohis own pockets toestablish a creche inthe informal settle-ment of Zolani out-side Ashton.

Thanks to his self-less gesture the Siyakhula Education andAftercare Centre, managed by Zweni,opened its doors in January.

“I noticed that people had no service ofthis kind in Zolani, so I started thinkingofawayitcouldbeaddressed,”saysZweni.

The solution came in the form of a wendyhouse, which was erected on a piece of landZweni now rents monthly.

The centre was recently registered withthe department of social development asa non-profit organisation.

At the moment,Zweni says, the cen-tre is a safe haven toeight children inthe care, while theaftercare centrelooks after the well-being of about 10children. Childrenare aged betweentwo and five yearsold. The centre cur-rently employsthree caregivers.

“We look afterchildren and feedand clean them,”Zweni says. They al-so focus on cogni-tive developmentand stimulation.

At the momenthowever, the centreis battling financial

constraints. “We are still waiting on fund-ing from social development, which meansat the moment I am carrying all the costs,”says Zweni. So far he has paid close toR30 000 to get the centre up and runningand sustain it. “I hope the centre can re-mainopen. It isreallyaservice thecommu-nity desperately needs.”

Anyone who would like to contribute tothe centre, be it in the form of food, cloth-ing, educational material or any otherway, can call Zweni on 078 149 7409.

Malinge Zweni PHOTO: HILDERINE SCHRÖDER

Page 10: Breederivier gazette 15 apr 2014

Breederivier Gazette Geklassifiseerd Dinsdag 15 April 201410

FAMILIE-

KENNISGEWINGS

IN MEMORIAM

1015

GELDENHUYS HENNIEGeb.01/10/1948Gest.15/4/2013Hennie, is vandag(15 April)1 jaar weg vanons.Mis hom baie. VanCecilia, Celeste, Hendrik enveral kleinkind Anthony.

GELUKWENSINGS

1030

Raai wie word 1?NEL FAZLIN FREDO-LINEGELUK met jou verjaars-dag mag die Here jou seënen vele jare spaar. Van:Mammie, Daddie, mammieSussie, nanna Mariska enalmal wat jou liefhet.Ps.23 vir padkos.

TE KOOP

ALLERLEI

1655

SIERSTENE en plaveiselsteen bekostigbare pryse.Gratis aflewering inworcester. Gregory076 981 1239.

SAKE

DIENSTE

2420

HARDE WERKERS:Die Laerskool Ashtonis onlangs met ’nsertifikaat van erken-ning beloon vir dieverbetering van 10%en meer in gr. 6wiskunde by dieKaapse Wynland On-derwysdistrik se Ge-letterdheids-en Gesy-ferdheids-toeken-ningsaand. Op diefoto is die skool setoegewyde spanonderwysers met dietoekenning wat hullelosgeslaan het.

KAMPIOENE:Craig Rossouw enWouter de Wet,albei gr. 3-leer-ders aan die Ro-bertson Voorbe-reidingskool, isonlangs in dieNoord-Boland-skaakspan opge-neem.

MUSIKANTE: Twee van die HoërskoolRobertson se leerders is gekies om opUNI-SA se ererol te verskyn. MarishanVeldsman is gekies vir graad 6 klavier enFéroll-Jon Davids vir graad 6 fluit, graad6 klarinet en graad 5 musiekteorie. Dieskool wens dié leerders geluk met hul be-sondere prestasie.

TENNIS: NishaFabricius van dieLaerskool Ash-ton het onlangsaan die Wilson-tennistoernooiin Stellenboschdeelgeneemwaar sy dienaaswenner indie meisieso.12-afdelingwas.

BOLAND ATLETIEK: Drie van die Bonnievale Primêre Skool seleerders is onlangs in die Boland Primêre Skole atletiekspanopgeneem. Van links is Sydwill Titus (100 m), Daveney Stallen-berg (800 m) en Morné Maastriet (800 m). Morné het boonopook ’n goue medalje tydens die kampioenskappe verower enis daarmee gekroon as die Boland o.13 800 m-kampioen. Bydie atlete is hul afrigter, Andy Stevens.

VERLORE/VERMIS1225

DIENSTE2420

Page 11: Breederivier gazette 15 apr 2014

Breederivier GazetteGeneral - AlgemeenDinsdag 15 April 2014 11

VAARDIGHEDEGESLYP: Die o.19A netbalgroep van die HoërskoolMontagu het gedurende die afgelope skoolva-kansie ’n netbalweek by Sun City bygewoon. Tydens hierdie geleentheid het hulle uitstekende afrigting byinternasionale afrigters ontvang en sewe wedstryde gespeel. Tussen-in het hulle darem ook kans gekry omSun City met al sy vermaak te geniet. Die groep bedank almal wat hulle geldelik bygestaan het om dietoer moontlik te maak. Op die foto is (agter, van links) Lauren Adendorf, Clarise le Grange, Ankia Burger,Karla van Rensburg, Janice Carolus en Marèka Conradie. Voor is Lizanie Cronje (afrigter), Jana den Engelsman,Courney du Toit, Jeanne Joubert, Deborah Brown en Riëtte Neethling (afrigter).

HULLE GAAN BONNIE-VALE PRIMÊR LEI: DieBonnievale Primêre Skoolhet onlangs sy nuwe ver-enigde raad vir leerdersvir die jaar gekies. Agter(van links) staan Jukadi-an Kleinveldt, Tiaan Ma-lan enMarshelino Pretori-us. Voor is Robin Witbooi,Chrisna Tarentaal en So-nique Vollenhoven. Byhulle is Andy Stevens(VRL-koördineerder).

HOKKIE: Die seunshokkiespan van die Hoërskool Montagu het van 28 Maart tot 2 April die AJ Sportweekin Mosselbaai bywoon. Die sportweek bestaan uit afrigtingsessies in die oggende en wedstryde in die middae.Die spanlede is (agter, van links) Daneel Smith, Stephan van Rensburg, Francois Joubert, Janine Beukes(afrigter), LeRoux Brand, Philip Zulch, Edrich Carstens en Deswyn Jansen. Voor is Alrich Sauer, GerswinBooysen, Giovanni Appels, Timothy Terreblanche, Pieter Marais, Jaco Joubert en Dylan Blacklaws.

GOUE MEISIE: MoniqueShallcross (gr. 9), ’nleerder aan die HoërskoolRobertson, het in dieo.16-afdeling van die SAatletiekkampioenskappevir liggaamlik gestremdesdeelgeneemwaar sy gouemedaljes vir spiesgooi,diskus en gewigstoot ve-rower het.

HOKKIE: Die HoërskoolRobertson se o.16- eno.18 meisies-hokkiespanne het dieafgelope vakansie aan dieDF Malan-hokkiekursus inDurbanville deelgeneem.Buiten die spanne se goeieuitslae, het van die leer-ders individueel ook uitge-blink. Zelda Adams (o.18,links) en Anri Uren (o.16)is na afloop van die kursusin hul onderskeie ouder-domsgroepe se kursus-spanne opgeneem.

Page 12: Breederivier gazette 15 apr 2014

Breederivier

Year 18 • 15 April 2014 | Tel. 023 626 5212

PUTTING PRINCE: John Rabie(pictured), a learner at the Rob-ertson Primary School, walkedaway triumphant at the recentJacquin Hess Putting Champi-onship held at the RobertsonGolf Club. John not only won thejunior section, but also putadult participants to shame bywinning the overall champion-ship thereby walking away withthe main prize of a night for twoat the Robertson Small Hotel.The women’s section was wonby Danica Rossouw. Hess’ tipfor the week: believe in yourself.This is what John Rabie did wellto win the championship. Thiswill help you achievemore posi-tive results on the golf courseand in life.

EASTER TOURNAMENT: Local soccer club Young Chiefs will represent the Langeberg region at anEaster tournament in Malmesbury this weekend. The team has a number of players who are stillin school. Although very eager to participate in the tournament, these players are struggling to raisethe necessary funds for their transport. Anybody who would like to sponsor the team and its playersby helping them with their transport costs, can call 073 205 1021.

SAKELIGA: Altesaam 42spanne van plaaslikesakeondernemings hetverlede week teen me-kaar kragte gemeet indie gewilde RobertsonSakeliga. Vir die volgen-de vier weke gaan diespanne op die rolbal-baanmeeding vir die ge-sogte trofee.Belangstel-lendes word genooi omdie hoogs mededingen-de deelnemers by dieRobertson-rolbalklub inBarrystraat te kom on-dersteun. Vir navrae, belEllasteyn van der Merweby 082 668 3208.