12
www.bolandgazette.co.za bolandgazette.mobi Breederivier Year 18 • 4 Februarie 2014 | Tel. 023 626 5212 HILDERINE SCHRÖDER Wat vir Robertson se senior burgers ’n lekker aktiwiteit moet wees, kan maklik in ’n nagmerrie ontaard met ’n enkele verkeerde tree. Só glo Christoph Heidmann (81), ’n inwo- ner van Huis Malherbe wat baie bekommerd is oor die toestand van die dorp se sypaadjies. Ongelyke sypaadjies met gate, laaghan- gende takke wat die ouer garde dwing om gebukkend onderdeur te probeer loop en swak vakmanskap is besig om sypaadjies in hindernisbane te omskep, aldus Heidmann. Heidmann het, ná hy sedert verlede jaar nie meer kan bestuur nie, geen ander keuse as om te voet van plek tot plek te kom nie. Dít is egter besig om ’n ál groter uitdaging te word, sê hy. Sypaadjies wat ongelyk is, is ’n groot ge- vaar vir die dorp se ouer inwoners wat net te voet oor die weg kan kom, meen Heid- mann. “’n Mens se voet kan maklik aan een van die baie ongelyke plekke vashaak en dan val jy. Vir ’n ouer mens kan dít rampspoedig wees.” Hoewel die aanplant van bome op die sy- paadjies vir hom verblydend is, kan dié bo- me ook vir ouer mense probleme skep indien instandhouding agterweë bly. Bome waar- van die takke laag hang of wat só geleë is dat mens met moeite daarby moet verby be- weeg skep ’n gevaar vir diegene wat moeilik loop of in rolstoele is, sê Heidmann. Tydens ’n onlangse besoek aan die winkels het Heidmann boonop sy arm beseer ná hy nie ’n plaat duwweltjies op die sypaadjie ge- sien het nie en hy daarin beland het. Hy het sy balans verloor toe hy teen ’n tuinmuur geleun het om die duwweltjies uit sy skoene te probeer kry. “Ek wil hê die mense van die munisipali- teit moet self op hierdie sypaadjies kom stap en kyk hoe swak die vakmanskap is en hoe ongelyk dit is,” is Heidmann se uitdaging aan die Langeberg-munisipaliteit. “Mense word betaal om die sypaadjies in stand te hou, maar die gehalte van hul werk is regtig swak. Ek moet altyd op die grond loop en kyk, anders breek ek my nek.” Heidmann vind dit ook moeilik om sy vrou, Gwyneth, wat van ’n rolstoel afhanklik is, met die sypaadjies langs te stoot. Op die hoek van Adderley- en Barrystraat is ’n oor- gang in só ’n swak toestand dat die rolstoel maklik daar kan omkantel, sê hy. Heidmann verkwalik die plaaslike muni- sipaliteit vir wat hy as gebrekkige instand- houding bestempel. “Daar gaan regtig iets dringend aan die saak gedoen moet word voor iemand dalk lelik seerkry,” meen hy. Die munisipaliteit is genader vir kommen- taar, maar het teen druktyd steeds nie gerea- geer nie. Oorgange soos dié hou volgens Heidmann veral ’n gevaar vir rolstoelgebruikers in. ’n Christoph Heidmann van Robertson is bekommerd oor die toestand van die dorp se sypaadjie ná hy verlede week, in ’n poging om dié duwweltjies uit sy skoene te verwyder, sy balans verloor en sy arm beseer het. FOTO’S: HILDERINE SCHRÖDER Sypaadjies wat op verskeie plekke ongelyk is en dele waar bome se takke laag hang skep ’n gevaar vir ouer mense wat nie meer so vas op hul voete is nie, sê Heidmann. Sypaadjies ’n hindernisbaan

Breederivier gazette 4 feb 2014

Embed Size (px)

DESCRIPTION

Breederivier gazette 4 feb 2014

Citation preview

Page 1: Breederivier gazette 4 feb 2014

www.bolandgazette.co.zabolandgazette.mobi

Breederivier

Year 18 • 4 Februarie 2014 | Tel. 023 626 5212

HILDERINE SCHRÖDER

Wat vir Robertson se senior burgers ’nlekker aktiwiteitmoetwees, kanmaklikin ’n nagmerrie ontaard met ’n enkeleverkeerde tree.

Só glo Christoph Heidmann (81), ’n inwo-nervanHuisMalherbewatbaiebekommerdisoordietoestandvandiedorpsesypaadjies.Ongelyke sypaadjies met gate, laaghan-

gende takke wat die ouer garde dwing omgebukkend onderdeur te probeer loop enswak vakmanskap is besig om sypaadjies inhindernisbane te omskep, aldus Heidmann.Heidmann het, ná hy sedert verlede jaar

nie meer kan bestuur nie, geen ander keuseas om te voet van plek tot plek te kom nie.

Dít is egter besig om ’n ál groter uitdagingte word, sê hy.Sypaadjies wat ongelyk is, is ’n groot ge-

vaar vir die dorp se ouer inwoners wat nette voet oor die weg kan kom, meen Heid-mann. “’n Mens se voet kan maklik aan eenvandiebaieongelykeplekkevashaakendanval jy. Vir ’n ouermenskandít rampspoedigwees.”Hoewel die aanplant van bome op die sy-

paadjies vir hom verblydend is, kan dié bo-meookvirouermenseproblemeskep indieninstandhouding agterweë bly. Bome waar-van die takke laag hang of wat só geleë isdat mens met moeite daarby moet verby be-weeg skep ’n gevaar vir diegenewatmoeilikloop of in rolstoele is, sê Heidmann.Tydens ’nonlangsebesoekaandiewinkels

het Heidmann boonop sy arm beseer ná hynie ’n plaat duwweltjies op die sypaadjie ge-sien het nie en hy daarin beland het. Hy hetsy balans verloor toe hy teen ’n tuinmuurgeleun het om die duwweltjies uit sy skoenete probeer kry.“Ek wil hê die mense van die munisipali-

teitmoet self op hierdie sypaadjies kom stapen kyk hoe swak die vakmanskap is en hoeongelyk dit is,” is Heidmann se uitdagingaan die Langeberg-munisipaliteit. “Menseword betaal om die sypaadjies in stand tehou,maar die gehalte van hul werk is regtigswak.Ekmoetaltydopdiegrondloopenkyk,anders breek ek my nek.”Heidmann vind dit ook moeilik om sy

vrou,Gwyneth,watvan’nrolstoelafhanklikis, met die sypaadjies langs te stoot. Op diehoek vanAdderley- en Barrystraat is ’n oor-gang in só ’n swak toestand dat die rolstoelmaklik daar kan omkantel, sê hy.Heidmann verkwalik die plaaslike muni-

sipaliteit vir wat hy as gebrekkige instand-houding bestempel. “Daar gaan regtig ietsdringend aan die saak gedoen moet wordvoor iemand dalk lelik seerkry,” meen hy.Diemunisipaliteit isgenadervirkommen-

taar,maarhet teendruktyd steedsnie gerea-geer nie.

Oorgange soos dié hou volgens Heidmann veral ’ngevaar vir rolstoelgebruikers in.Oorgange soos dié hou volgens Heidmann veral ’n

Christoph Heidmann van Robertson is bekommerd oordie toestand van die dorp se sypaadjie ná hy verledeweek, in ’n poging om dié duwweltjies uit sy skoenete verwyder, sy balans verloor en sy arm beseer het.

FOTO’S: HILDERINE SCHRÖDER

Sypaadjies wat op verskeie plekke ongelyk is endele waar bome se takke laag hang skep ’n gevaarvir ouer mense wat nie meer so vas op hul voeteis nie, sê Heidmann.

Sypaadjies ’n hindernisbaan

Page 2: Breederivier gazette 4 feb 2014

Breederivier Gazette News - Nuus Dinsdag 4 Februarie 20142

Valleiers kan hul stapskoene afstof vir RelayKanker het ’n geweldige impak. Nie net opdie persoon wat daarmee gediagnoseerword en daarteen moet veg nie, maar ookop dié persoon se familie en vriende.

Die Kankervereniging van Suid-Afrika(Kansa), wat in 1931 gestig is, speel ’n reuserolom kankerlyers en hul gesinne by te staan enbewusmakingsveldtogte ten opsigte van kan-kervanstapel testuurtesamemetgeldinsame-lingsgeleenthede om kanker te beveg.Kansa bied jaarliks verskeie geldinsame-

lingsprojekte aan. Hieronder tel Koppie virKansa, Shavathon, die Sanlam Kankeruit-daagreeks en Relay For Life.Die geld wat met dié projekte, waarvan Re-

layForLifeeenvandiegrootste is,wordondermeeraangewendvirpasiëntediens,navorsingendie onderhoudvandie organisasie se bates.

Op 1 Maart kan Valleiers opnuut hul steunaan die plaaslike Kansa-tak toesê deur deel teneem aan sy Relay For Life by die Robertson-skouterrein.Spanne kan nou reeds inskryf vir dié deur-

naggeleentheid waaraan kankeroorwinnaarsook sal deelneem.Buiten die joligheid wat al sinoniem is met

Relay For Life, kan deelnemers ook uitsien nadie luminaria-seremonie waartydens kanker-oorwinnaars, sowel as dié wat die stryd teendié gevreesde siekte verloor het, onthou salword.Kansaseplaaslikekantoorhoopomvanjaar

10 000 sakkies vir die luminaria-geleentheiduit te pak. Sakkies is reeds beskikbaar teenR10 stuk.Vir navrae of meer inligting, bel Anne-Ma-

rie du Plessis by 023 616 3510 of 082 337 2737.

Kankeroorwinnaars tel onder die deelnemers aan Kansa se jaarlikse Relay For Life-geleentheid wat in Maartby die Robertson-skouterrein gehou gaan word. FOTO: VERSKAF

WOENSDAG 12 FEBRUARIE) Arno Cartsens tree by die Ashton Kelderop. Kaartjies: R150. Navrae en besprekings:0 023 615 1135.

VRYDAG 14 FEBRUARIE)Valentine’sHarvestMoonmetAnn Jangle.Geniet ’n piekniek met blues en rockmusiekby Wolfkloof. Navrae en besprekings:0 074 339 5008.

WOENSDAG 19 FEBRUARIE) Jennifer Zamudia tree om 19:00 by die Bur-nand Hotel Brandwacht, Worcester, op.Kaartjies: R80 elk. Besprekings:0 072 268 3299 of [email protected].

SATERDAG 15 FEBRUARIE)AdamTas tree om 18:30 by die OverhexKel-der op.Kaartjies: R170 stuk (sluit ’n piekniek-mandjie in). Navrae en besprekings:0 023 347 6838, 023 347 5012 of 023 347 0682)Bric-a-brac Sale at Eseltjiesrus DonkeySanctuary from 10:00. A wide range of house-hold items (not furniture) will be for sale.This includes crockery, coffeemachines, pic-nic baskets, candle holders and much more.Enquiries: Jenny Johnson, 0 023 625 1908 [email protected]

SATERDAG 1 MAART)Nataniël tree om20:00 bydieEikesaal buiteRawsonville op. Kaartjies: R150 tot R200 byViljoen Juweliers of die Instituut vir Blindesse winkel in Mountain Mill Mall. Navrae:Charmaine Carstens of Grieta van Rhyn,0 023 344 3040 of 082 451 2231.

Need for craft skills tuitionThe Friends of the Montagu Hospital is ap-pealing for volunteers to teach craftingskills to mothers at the Montagu Hospital’sKangaroo Care (KMC) ward.The Friends of the Montagu Hospital is a

volunteer community organisation whichstarted in 1999.This organisation collects funds through

various means, which have, over the years,been utilised to improve conditions in theMontagu Hospital and the local clinic to the

benefit of both staff and patients.The latest project is aimed at the mothers

in theKMCwardwho stay on in the hospitalfor an extended time after the birth of theirbabies (born premature andwith a very lowbirth weight). This enables them to care fortheirbabies 24/7underguidanceof thenurs-ing staff. Once their weight and health is ata satisfactory level they are allowed to gohome.The Friends of the Hospital feels strongly

that these mothers could benefit by beingtaught hand-craftswhichwould help to passthe time constructively and teach themsomething creative that they can continuedoing once they leave the hospital.Community members who would be will-

ing to extend ahelping hand to the organisa-tion teaching skills suchasknitting and cro-cheting, are invited to contact the organisa-tion’s chairman, Dr David Hall, on072 045 0891 or email [email protected].

Page 3: Breederivier gazette 4 feb 2014

Breederivier GazetteNews - NuusDinsdag 4 Februarie 2014 3

Klitsie die vegtertjie soek ’n huisHILDERINE SCHRÖDER

Hy het waarskynlik vir ure om sy lewe ge-veg, dít ondanks klosse klitsgraswat sy be-weging beperk het. Dalk dié dat hierdie ra-teltaai klein brakkie nouKlitsie gedoop is.

Klitsie het wonderbaarlik oorleef na hy ver-lede Maandagaand uit ’n kanaal in die Klaas-voogds-area gered is.

Die brakkie, nog nie eens drie maande oudnie, het waarskynlik etlike ure in die water ge-spartel om sy kop bo die watervlak te hou toeiemand teen omstreeks 21:00 sy desperate ge-tjank gehoor het.

Teen die tyd wat die hondjie uit die watergevis is was hy yskoud en so swak dat hy gladnie regop kon staan nie.

Hy is na die die River Valley Vet Clinic ge-neem waar hy dadelik op binneaarse voedinggesit is. Die hondjie was nie net vol seerplekkenie, maar was só oortrek van klitsgras dat sy

oortjies aan sy lyf vasgesit het en hy dié kwalikkon beweeg.

Klitsie is intussen ontslaan en sterk tans byeen van sy redders, Marlese Groenewald aan.

Hoewel die hondjie aanvanklik baie sku was,is hy nou gretig om maats met haar katte temaak, vertel sy. Nou word daar druk na ’n nu-we huis vir die klein vegtertjie gesoek. “Dis ’nabsolute wonderwerk dat hy oorleef het en nieverdrink het nie,” sê Groenewald.

Weens sy verskrikte reaksie elke keer as ie-mand naby hom gekom het, word daar ver-moed dat Klitsie opsetlik in die kanaal gegooiis. Die hondjie is egter stadig maar seker besigom sy vertroue in mense weer te herwin.

Ondanks ’n stewige veeartsrekening wat hysy redders besorg het, het Klitsie reeds diep inhulle harte gekruip en hoop hulle dat hy binne-kort ’n nuwe tuiste sal kry.

Mense wat belangstel om Klitsie aan te neemof wil help met sy veeartskostes kan Groene-wald by 076 511 6851 bel.

Klitsie, ’n kruisrashondjie, soek nou ’n nuwe huisná hy verlede week ná ure uit ’n kanaal gered is.

FOTO: HILDERINE SCHRÖDER

Reward for retrievalof valuable itemsA reward is on offer for any informationthat can lead to the retrieval of severalitems that were stolen from the farmLaaitjie outside Robertson on 15 Decem-ber last year.

Among the items are an Apple laptop,a Macbook Pro, a black Goruck backpack,an Iphone 5 and Blackberry Curve, a Gdrive and Lacie drive, camera (GF1), aCanoncamera,LogitekspeakerandaLEDLenser torch.

Anybody with any information relatingto the incident or stolen items is urged tocontact 082 785 4573.

EIENDOM GEVIND: DieRobertson-polisie soekna die regmatige eie-naars van dié items watvermoedelik gesteel is.Die items is in die besitvan verdagtes gevind.Enigeen wat vermoeddat die items sy of haareiendom is, kan ao. Ste-vens by 0 023 6268354 bel.

) Die Robertson-polisie waar-sku inwoners teen ’n man wattans in die area by Valleiers aan-klop vir donasies vir ’n sokker-klub. Volgens lt. Cynthia Mngce-le, polisiewoordvoerder, het dieman,watbaienetjiesenvriende-lik voorkom, ’n kollektelyswaarmee hy geld probeer insa-mel. Die kollektelys, sê Mngcele,is egter vals en die man steek diegeld wat hy op dié wyse bekom

in sy eie sak. Sy maan weldoe-ners om eers seker te maak kol-lektelyste is die ware Jakob voorhulle geld aan enigiemandskenk.

) Die Robertson-polisie doen ’ndringende beroep op inwonersom nie waardevolle items in hulvoertuie te laat nie. Diefstal uitvoertuie is tans ’n groot kopseerin die area.Mngcele versoek Valleiers omdie polisie in kennis te stel vanenige verdagte mense wat in dieomgewing van geparkeerdevoertuie rondstaan. Die polisiebedank die publiek ook vir alleinligting wat tot hede gelei hettot die terugvind van gesteeldegoedere.

Page 4: Breederivier gazette 4 feb 2014

Breederivier Gazette News - Nuus Dinsdag 4 Februarie 20144

Vir drie jaar is die Suid-SentraalKoöperasie(SSK)opRobertsonsin-oniem met uitstekende diens entopgehalte produkte. Nou kanklante uitsien na selfs meer pro-dukte en dienste.

Dié onderneming open amptelik diéweek die deure na sy nuwe perseel opdie hoek van Piet Retief- en Hoop-straat.

Met die heropening van SSK se deu-re kan klante nou uitsien na ’n reuse-verskeidenheidnuweprodukte,waar-onder veevoer, draad, kunsmis, saad,watervoorsieningsprodukte en velemeer.

Met sy kompeterende pryse en kun-dige diens is SSK net die plek om aante klop vir een-stop gerief. Danksy sywye produkreeks kan een en elk, vanprodusente en landbouers tot doen-dit-self entoesiaste verseker wees dathulle met die regte item sal uitstap. In-dien’nspesifiekeitemnieopdierakkeis nie, is behulpsame personeel by dieplaaslike SSK meer as gewillig om dieekstramylteloopensaldienodigepro-duk vanaf die Swellendam-tak bestelword.

Buitendienuweproduktewatnáde-se by SSK verkrygbaar sal wees, bieddie onderneming ook onder meer har-deware, tuinbougereedskap, veege-sondheidsmiddels, buiteleweproduk-te, klerasie en elektriese gereedskap.

BesoekSSKvandagnogvirkundigeadvies en ’n wye keuse van produkte,alles gerieflik geleë onder een dak. Dieonderneming is Maandae tot Vrydaevan 07:30 tot 17:00 oop en Saterdae envakansiedae van 08:00 tot 13:00.

Die Suid-Sentraal Koöperasie (SSK), wat nou met ’n nuwe perseel spog, is Valleiersse een-stop onderneming vir ’n wye reeks produkte van huishoudelike items tot veege-sondheidsprodukte.

Die groter perseel beskik ook oor ’n stoorarea waar veevoer, kunsmis, draad en velemeer alles onder een dak beskikbaar is.

SSK se knap span staan te alle tye reg om klante by te staan.

Page 5: Breederivier gazette 4 feb 2014

Breederivier GazetteNews - NuusDinsdag 4 Februarie 2014 5

Page 6: Breederivier gazette 4 feb 2014

Breederivier Gazette General - Algemeen Dinsdag 4 Februarie 20146

SUIKERSOET: Die ACVVJakaranda-dienssen-trum het onlangs diejaar op ’n stroopsoetnoot afgeskop met ’nvrugtefees waartydenssowat 35 lede van diesentrum met vrugte be-derf is. Die geleentheidis moontlik gemaakdeur ruim skenkingsvan ’n verskeidenheidvrugte.Die vrugtefees isin die plaaslike sake-man Tony Granger setuin gehou. Lede watnie die geleentheid konbywoon nie is met vrug-tepakkies by hul huisebederf.FOTO: ZELDAKLOPPERS

HELPENDE HAN-DE: Ná die onlang-se swaar reën lykdie paaie in Agter-kliphoogte maarsleg. Só sleg dat ’nonderwyseres watkinders na en vanWillem BuchholzPrimêr vervoer,bang was dat sydalk die bakkievolgelaai metskoolkinders souomgooi as sy deur’n yslike gat sou ry.Die nuutverkosehoofleier van Wil-lem Buchholz Pri-mêr, Robbie Pieter-se (regs), het ’nplan gemaak enmet die hulp vaneen van die prefek-te, Mcniel Malgas,ingespring en diegat toegegooi.FOTO: VERSKAF

GOUE JARE SAAM: Wat is die geheim vir ’n baie lang, gelukkige huwelik?Blykbaar pap, koue melk en liefde. Dít nou volgens Johannes (79) enSpaas (78) Wantza van Lekaystraat, Robertson. Dié paartjie vier vanjaarhul 58ste huweliksherdenking, maar is al 60 jaar lank ’n paartjie. Uithul gelukkige huwelik is 10 kinders (sewe seuns en drie dogters gebore).Hulle het boonop 14 kleinkinders en vyf agterkleinkinders. Die Wantzashet ontmoet toe Johannes in die tuin op die plaas Wonderfontein buiteRobertson gewerk het. Sy toekomstige vrou het tóé in die huis gewerk.

FOTO: HILDERINE SCHRÖDER

Page 7: Breederivier gazette 4 feb 2014

Breederivier GazetteGeneral - AlgemeenDinsdag 4 Februarie 2014 7

Heidelberg se gesogte skou lê om die draaiEen van die mees gesogte land-bouskoue in die streek lê om diedraai.

Die Heidelberg-landbouskou isbekend vir sy interessante uitstal-lings, vermaak uit die boonste rak-ke en kampioenskappe in dieskaap-, perd- en beesafdelings. Diéskou, wat jaarliks besoekers vanheinde en verre lok, vind vanaf 13tot 15 Februarie plaas.Besoekers kan uitsien na alles

van kampioenskappe, geskenke,

heerlike eetgoed, ’n skoudans met’nRoyalAscot-temaenkompetisiesvir die kleinspan.’nGrootaantal perderasse sal ten

toon gestel word. Soos die gebruikis, vind die FNB Tuinroete Hack-ney-streekskampioenskappe weerplaas. Ander hoogtepunte waarnauitgesien kan word is die wa-span-ne van agt en die onderskeie ras-kampioenskappe.Die beoordeling van perde sal

daagliks plaasvind vanaf 8:00 tot18:00 in die arena.

Belangstellendes in die perde-skoukanHansJurieby082 811 4954of 028 722 1822 bel.Boere en besoekers kan uitsien

na ’n Jersey-miniskou van uitson-derlike gehalte.Dit is diederde jaarwat die Suid-Kaap Jersey-kampi-oenskappe, wat veral gewild is on-der ouers en kinders, gehou word.Die verrigtinge en beoordelings be-gin op 14 Februarie om 9:00 en duurtot en met middagete.Vir meer inligting, besprekings

en inskrywings, bel Smiley by

082 921 0045.Die merino-streekskampioen-

skappe gaan weereens ’n spogge-leentheid wees vir skaapboere vandie distrik. Dié kampioenskap vindookop14Februarievanaf7:30 -17:00by dieBKBskaapring plaas. Die be-oordelaars verwag inskrywingsvan ’n baie hoë standaard aange-sien die Heidelberg-area bekend isvirsy idealeomstandighedeomme-rino’s met uitstekende wol en bou-vorm te teel.Daar sal ook ’n slaglamkompeti-

sie plaasvind op 13 Februarie, van8:00 tot 13:00. Slaglammers sal opdie hoef asook uitgeslagte karkasbeoordeel word. Vyf wenners salVrydag aangekondig word en diekarkasse sal daarna opgeveil word.Vir inskrywings of navrae, bel Pie-ter Uys by 084 516 6944 of KobusLouw by 082 576 1699.Vir meer inligting en die volledi-

ge skouprogram, besoek die “Hei-delberg Western Cape”-Facebook-groep of bel Vic Brand by die skou-kantoor by 071 227 6987.

Page 8: Breederivier gazette 4 feb 2014

Breederivier Gazette Schools - Skole Dinsdag 4 Februarie 20148

ANGLING: Christof Viljoenof the Robertson PrimarySchool has been chosento represent Boland in theU.16 Shore Angling Na-tionals, which will takeplace in Jeffrey’s Bay from9-14 February.

Die Hoërskool Bonnievale se matrieks van2013 het weer eens gesorg vir ’n 100% slaag-syfer tydens die Nasionale Senior Sertifikaat-eksamen. Altesaam 74,1% van die skool seleerders het met baccalaureus-vrystelling ge-slaag (die Wes-Kaap se gemiddeld is 41%).Twee leerders, Bea Wentzel (links) en SuzaanMarais, (regs) het met A-gemiddeldes ge-slaag. Wentzel is ook die skool se Dux-leerder.

GOUD VIR GROEN: Die Hoërskool Montagu het onlangs sy kleure-atle-tiekbyeenkoms gehou. Die Groen- en Rooispan was van die afskopkop aan kop. Dit was egter die Groenspan wat die pawiljoenbekervir die beste dissipline, samewerking en sang losgeslaan het. Die spanhet uiteindelik ook die puntebeker verower. Altesaam sewe rekords,waaronder een wat al die afgelope 34 jaar staan, het tydens die byeen-koms gespat. Op die foto is Groenspan se dirigente. Agter (van links)isDaniël duPlessis,MandlaHlwatika, JonassenBurger en YanicoConra-die. Voor is Shantel Le Kay, Elucia Hoffman, Randy Januarie en JacquiKriel.

TWEEKAMP: Dié leerders van die Hoërskool Robertson is onlangs na afloop van’n tweekampbyeenkoms op Robertson in die Bolandspan opgeneem. Agter (vanlinks) is Jacques Wolfaardt en Johann van Dyk. Voor is Kayla Both, Anais Drotschieen Miemke Retief.

LEERDERRAAD: Die Lo-gos Christian School seleerderraad vir 2014 is(agter, van links) HannahPowell, Nico Kukkuk,Charity Mhandu, Dirk duPlessis, Ngoni Basvi enJanke Fouché. Voor isLiezl Naudé (hoofmeisie)en Alan de Jager (hoof-seun).

ATLETIEK: ZakiSmith en MishkaLakey van die La-erskool Ashtonhet onlangs aandie Interatletiek-byeenkoms by Rû-ens Kollege deel-geneem waar hul-le die SeniorVictor en VictrixLudorum-toeken-nings losgeslaanhet.

Page 9: Breederivier gazette 4 feb 2014

Breederivier GazetteSchools - SkoleDinsdag 4 Februarie 2014 9

TWEEKAMP: Diehan en Juan Drotschie en Carlo Both van die Laerskool Robertson isonlangs in die Boland-tweekampspan opgeneem. Hulle het die streek die afgelopenaweek by die interprovinsiale kampioenskappe in Oudtshoorn verteenwoordig.

TENNIS: Maretha Burger van die Laerskool Ashton het on-langs aan die WP Summer Series in die nasionale ranglys-toernooi in Rondebosch deelgeneem waar sy en haarspanmaat die dubbels (o.12) gewen het.

TENNIS: Barend Esterhuyse van die Hoërskool Bonnievale is indie Boland Platteland-tennisspan opgeneem.Hy is tweede gekeurin die o.17-afdeling. Die span gaan later vanjaar teen WP enSWD meeding.

NUWE BESEMS: Die Logos Christian School spog vanjaar met vier nuwe onderwysers. Van links is Leska Kriel by die speelskool(ECD, Unisa), Alinda Basson vir gr. 8 en 9 (BComm, NOS, Stellenbosch), Adele du Toit vir gr. 1 (PGCE, Unisa) en Suzette Naudévir gr. 6 (BComm, Stellenbosch). FOTO: VERSKAF

ATLETIEK: AlizaRossouwenDarren Jacobs is bydie Laerskool Robertson se kleure-atletiek-byeenkoms aangewys as die Victrix en Victor Ludorum.

Page 10: Breederivier gazette 4 feb 2014

Breederivier Gazette Geklassifiseerd Dinsdag 4 Februarie 201410

FAMILIE-

KENNISGEWINGS

DANKBETUIGINGS

1020

GELUKWENSINGS

1030

WEHR MAUREENBaie geluk met Mammiese 50ste verjaarsdag,Saterdag 8 Februarie 2014.Hoop Mammie gaan diedag geniet. Liefde van jouMan en kinders.

PERSOONLIKE

DIENSTE

PERSOONLIK

1460

ALLE eensames watgeselskap soek daar is baiedaarbuite wat graaggeselskap soek en een-saam is. Ek kan help mans& dames. Skakel0764263784.

SAKE

DIENSTE

2420

FOR proffesional pianotuning and repairs. Pleasecontact Neville Rayners(Piano Man) on023 614 1403/072 993864427 years experience.

EIENDOMME

HUISE TE KOOP

3275

HUIS te koop inRobertson.3 slaapkamer, 2badkamers, kombuis, eet &sitkamer + carport &garage met 3 granny flats,2 slaap kamers, kombuis &badlamer. Winskopie! Prysteen R895 000. SkakelBelinda 072 845 9198 ofMariane 078 537 8108.

BETREKKINGS

3600

BETREKKINGS

GESOEK

3670

DIENSTE2420

Page 11: Breederivier gazette 4 feb 2014

Breederivier GazetteSportDinsdag 4 Februarie 2014 11

Montagu speel uit vir plekDie Boland-rugbyunie bied op 12 Februarie’n uitspeelwedstryd tussen Montagu RVKen Dennegeur (van Franschhoek) by dieKallie de Wet-stadion aan.Die spanne speel uit vir ’n plek in die

Presidentsliga (Platteland-afdeling).Die wedstryd begin op 20:00.ToegangsalR10virvolwassenesenR5vir

kinders beloop.Kom ondersteun jou span!

Page 12: Breederivier gazette 4 feb 2014

Breederivier

Year 18 • 4 Februarie 2014 | Tel. 023 626 5212

SWART GORDELS: Dié karatestudente onder die leiding van Sensei Nico Drake het suksesvol gradueertot hul swart gordel. Elke student het ’n katanal (’n swaard uit Japan) vir hul prestasie ontvang.

Chennais reken afmet SuperstarsDie Chennai Superkids-krieketklub van RobertsonhetonlangsnaelskraapmetSuperstars afgereken toehy dié span met agt lopiesop Vaderblad verslaan het.

Die Chennais het die lootgewen en besluit om eerste tekolf.Die span het 111 lopies aan-

geteken in sy toegelate 20boulbeurte. Brandon Eras-mus (18), Jayvinn Fortuin(16), Gregan Adams (16), Fe-risco Adams (14) en Peter-JohnvanNiekerk (11)was die

span se uitblinkers met diekolf.Chennai se boulers het ver-

seker dat Superstars nie dieverlangde teiken bereik nie.Uitblinkers met die bal wasJayvinn Fortuin (4/15) enLeighton Swarts (2/20). For-tuin is ook aangewys as diespeler van die wedstryd.Chennai is tans die 15 boul-

beurte-kampioene en is eer-ste in dieA-Afdelingmet tweeoorwinnings ná twee wed-stryde. Die span se volgendewedstryd is op 16 Februarieteen Ajax United.

Rugby vir skoner geslagAlle belangstellende vroue- of meisiesrug-byspelers word genooi om met die Lange-berg-vroueafrigterskorps in die streek kon-tak te maak

Name van belangstellendes in die ouder-domsgroepe o. 16, o. 18 en senior vroue kanvoorlopig aan die afrigters gestuur word.Daar sal gedurende Februarie ’n ampteli-

ke vergadering gereël word en oefensessies

sal ook dan begin.Vroue of enige ander personewatmet die

programwil help kan ook hul name aan diekomitee gee.Vir navrae, bel Suzette Richards (hoofaf-

rigter) by 0 084 447 5502, Cornel Pietersen(hulpafrigter)by072 544 3031,ofStephenJo-nes (Langeberg-streekontwikkelingskoör-dineerder) by 083 555 4620.

RANGERS ISBOBAAS: Rangers Robertson het onlangs ’n sewestoernooi opMontagu gehou. Rangershet Montagy Villagers met 41-10 die loef afgesteek. Enige belangstellende spelers wat by Rangerswil aansluit kan Maandae tot Donderdae om 19:00 by oefensessies inskakel. FOTO: VERSKAF