8
www.bolandgazette.co.za bolandgazette.mobi Breederivier Year 18 • 20 Mei 2014 | Tel. 023 626 5212 Hande in hare sonder water HILDERINE SCHRÖDER Huurders van winkels op die hoek van Paul Kruger- en Van Reenen- straat in Robertson is raadop ná hulle al meer as ’n jaar sonder wa- ter sit. Dít glo weens ’n onbetaalde munisipale rekening. Op ’n vistenk in Johan Tolken se troeteldierwinkel, Diere Plesier, lui ’n kennisgewing, “Jammer, geen vis”. Omdat hy geen lopende water na sy winkel het nie, kan hy nie meer visse te koop aanbied nie, verduide- lik Tolken. Dit werk eenvoudig te duur uit om die tenks met gebottelde water vol te hou. Dié gaan koop Tol- ken elke dag om die voëls wat hy ver- koop se waterbakke vol te hou. Die huurders van die winkels, wat op dieselfde perseel is as die ou vol- struispaleis, bekend as Sovereign Gardens, se probleme het meer as ’n jaar gelede al begin toe hul watertoe- voer afgesny is. Daar was slegs een watermeter op die perseel wat die huis en die winkels sowel as twee woonstelle bó die winkels bedien het. Intussen is die watermeter iewers ge- durende verlede jaar gesteel en het die huis in Julie verlede jaar afge- brand. Die Langeberg Munisipaliteit het verlede jaar verduidelik dat die huurders se watertoevoer afgesny is omdat die eienaar van die winkels en die huis die munisipaliteit ’n enorme bedrag geld aan uitstaande waterre- keninge skuld. Intussen betaal die huurders van die ondernemings, wat ook ’n haar- salon insluit, getrou elke maand hul munisipale rekeninge wat ook ’n be- drag vir basiese watervoorsiening insluit. Van dié water sien hulle eg- ter nie ’n druppel nie, sê Tolken sowel as Sarah Jakobs, mede-eienaar van die haarsalon wat ook deel is van die blok ondernemings. Jakobs het intussen ’n watertenk laat opsit omdat die haarsalon een- voudig nie sonder water kan funksio- neer nie, maar om dit te laat vol- maak, sê sy, kos R1 000 en dan hou die water ook nie baie lank nie. “Ons verloor geweldig baie besigheid om- dat ons nie water het nie,” sê sy. Die onderneming kan nie ’n geiser gebruik nie, omdat daar geen kon- stante watertoevoer is nie. Water moet nou in ’n kan warm gemaak word en dan met koue water gemeng word om klante se hare te was. “Dis ’n ongerieflike en omslagtige pro- ses,” sê Jakobs. Die Kaapse Wynland Munisipali- teit het verlede jaar ’n brief aan die plaaslike munisipaliteit gerig waar- in ook hý sy kommer oor die gesond- heidskwessies weens die gebrek aan water opper, maar geen reaksie is glo op dié brief ontvang nie. Die ondernemings het in ’n stadi- um water op ’n drupstelsel ontvang, maar dié is ook verlede jaar gestaak, sê Tolken. Intussen lek water steeds daagliks uit die plek waar die huis se gesteelde watermeter eens was. “Ek het dit al verskeie kere by die munisipaliteit aangemeld, maar dit is nog nie reggemaak nie,” sê Tolken. Die inwoners van die woonstelle wat verlede jaar nog daar gewoon het, het verhuis omdat hulle nie son- der water oor die weg kon kom nie. Die munisipaliteit het verlede jaar gesê huurders van die ondernemings en woonstelle kan hul eie waterme- ters laat installeer, maar toestem- ming moet van die eienaar van die gebou verkry word. Dié kan egter glad nie opgespoor word nie, soveel so dat die huurders deesdae hul huurgeld in ’n trustrekening betaal. “Ons het verskeie kere gevra vir ons eie watermeters, maar die munisipa- liteit sê ons kan nie,” sê Tolken. “Wat moet ons dan nou doen?” Die Langeberg Munisipaliteit is genader vir kommentaar, maar teen druktyd is geen terugvoer ontvang nie. Die eienaar van die gebou kon ook nie bereik word nie. Johan Tolken, eienaar van Dier Plesier, by ’n poel water waar ’n watermeter eens was. Sy onderneming, sowel as drie ander, is al meer as ’n jaar sonder water. FOTO’S: HILDERINE SCHRÖDER Sarah Jakobs, mede-eienaar van ’n haarsalon in dieselfde blok ondernemings, by kanne water wat hulle daagliks van hul woonhuise aanry in ’n poging om hul onderneming te bedryf.

Breederivier gazette 20 may 2014

Embed Size (px)

DESCRIPTION

Breederivier gazette 20 may 2014

Citation preview

Page 1: Breederivier gazette 20 may 2014

www.bolandgazette.co.zabolandgazette.mobi

Breederivier

Year 18 • 20 Mei 2014 | Tel. 023 626 5212

Hande in hare sonder waterHILDERINE SCHRÖDER

Huurdersvanwinkelsopdiehoekvan Paul Kruger- en Van Reenen-straat in Robertson is raadop náhulle almeeras ’n jaar sonderwa-tersit.Dítgloweens ’nonbetaaldemunisipale rekening.

Op ’n vistenk in Johan Tolken setroeteldierwinkel, Diere Plesier, lui’n kennisgewing, “Jammer, geenvis”. Omdat hy geen lopende waterna sy winkel het nie, kan hy nie meervisse te koop aanbied nie, verduide-lik Tolken. Dit werk eenvoudig teduur uit om die tenks met gebotteldewater vol te hou. Dié gaan koop Tol-ken elke dag om die voëls wat hy ver-koop se waterbakke vol te hou.

Die huurders van die winkels, watop dieselfde perseel is as die ou vol-struispaleis, bekend as SovereignGardens, se probleme het meer as ’njaar gelede al begin toe hul watertoe-voer afgesny is. Daar was slegs eenwatermeter op die perseel wat diehuis en die winkels sowel as tweewoonstellebódiewinkelsbedienhet.Intussenisdiewatermeter iewersge-durende verlede jaar gesteel en hetdie huis in Julie verlede jaar afge-brand.

Die Langeberg Munisipaliteit hetverlede jaar verduidelik dat diehuurders se watertoevoer afgesny isomdat die eienaar van die winkels endie huis die munisipaliteit ’n enormebedrag geld aan uitstaande waterre-keninge skuld.

Intussen betaal die huurders vandie ondernemings, wat ook ’n haar-salon insluit, getrou elke maand hulmunisipale rekeninge wat ook ’n be-drag vir basiese watervoorsieninginsluit. Van dié water sien hulle eg-ternie ’ndruppelnie,sêTolkensowelas Sarah Jakobs, mede-eienaar vandie haarsalon wat ook deel is van dieblok ondernemings.

Jakobs het intussen ’n watertenklaat opsit omdat die haarsalon een-voudigniesonderwaterkanfunksio-neer nie, maar om dit te laat vol-maak, sê sy, kos R1 000 en dan houdie water ook nie baie lank nie. “Onsverloor geweldig baie besigheid om-dat ons nie water het nie,” sê sy.

Die onderneming kan nie ’n geisergebruik nie, omdat daar geen kon-stante watertoevoer is nie. Watermoet nou in ’n kan warm gemaakword en dan met koue water gemengword om klante se hare te was. “Dis’n ongerieflike en omslagtige pro-ses,” sê Jakobs.

Die Kaapse Wynland Munisipali-teit het verlede jaar ’n brief aan dieplaaslike munisipaliteit gerig waar-in ook hý sy kommer oor die gesond-heidskwessies weens die gebrek aanwater opper, maar geen reaksie is gloop dié brief ontvang nie.

Die ondernemings het in ’n stadi-um water op ’n drupstelsel ontvang,maar dié is ook verlede jaar gestaak,sê Tolken. Intussen lek water steeds

daagliks uit die plek waar die huisse gesteelde watermeter eens was.“Ek het dit al verskeie kere by diemunisipaliteit aangemeld, maar ditis nog nie reggemaak nie,” sê Tolken.

Die inwoners van die woonstellewat verlede jaar nog daar gewoonhet, het verhuis omdat hulle nie son-der water oor die weg kon kom nie.

Die munisipaliteit het verlede jaargesêhuurdersvandieondernemingsen woonstelle kan hul eie waterme-ters laat installeer, maar toestem-ming moet van die eienaar van diegebou verkry word. Dié kan egterglad nie opgespoor word nie, soveelso dat die huurders deesdae hulhuurgeld in ’n trustrekening betaal.“Ons het verskeie kere gevra vir onseie watermeters, maar die munisipa-liteit sê ons kan nie,” sê Tolken. “Watmoet ons dan nou doen?”

Die Langeberg Munisipaliteit isgenader vir kommentaar, maar teendruktyd is geen terugvoer ontvangnie. Die eienaar van die gebou konook nie bereik word nie.

Johan Tolken, eienaar van Dier Plesier, by ’n poel water waar ’n watermeter eens was.Sy onderneming, sowel as drie ander, is al meer as ’n jaar sonder water.

FOTO’S: HILDERINE SCHRÖDER

Sarah Jakobs, mede-eienaar van ’n haarsalon in dieselfde blok ondernemings, by kannewater wat hulle daagliks van hul woonhuise aanry in ’n poging om hul ondernemingte bedryf.

Page 2: Breederivier gazette 20 may 2014

Breederivier Gazette News - Nuus Dinsdag 20 Mei 20142

Maak reg vir Wacky WineOpwindinggroeioordie Robertson Wyn-vallei se grootstejaarlikse wynfees,die Wacky WineWeekend, wat op 8Junie afskop.

Met keurwyne vanbykans 50wynkelderskan feesgangers uit-siennagroot feestelik-heid met iets vir elkesmaak. Met ’n hordeaanloklikhede – ougunstelinge sowel asnuwe aktiwiteite – ishierdie fees ’nmóét opdie sosiale kalender.Buiten die streek se

gehalte-wyne wag ’ngastronomiese fees opfeesgangerswatsalkanproeaanoesters,perle-moen en soesji – met pieknieks by die rivier,braaivleis en potjiekos.Wynliefhebbers kan ook uitsien na aktiwi-

teite soosmeester-wynproeë, ongelooflike kos-en wynkombinasies, opvoedkundige wynaan-biedings en privaat proeë met die Vallei se be-kendste wynmakers.Dienaweek sal ookdie “gewone” lys prettige

aktiwiteite insluit soos “ontmoet-die-wynma-

ker”-proeë, brande-wyntoere en -proeë,prettige wynkompeti-sies, riviervaarte,trekkerritte, kaas- enolyfproeë, ’n gesimu-leerde rodeobul, dieRobertson FarmersMarket en plaaslikekunstenaars wat saloptree. FeespaspoortekosR110 elk en sluit ’nwynglas in.Om ’n veilige fees te

verseker, sal ’n zero-toleransie-beleid teendrink en bestuur geld.Besoekers word aan-gemoedig om van dieBuddy Bus of die Toe-gewyde Bestuurder-program (Designated

Driver) gebruik te maak.Die Buddy Bus stel groepe van sewe of meer

in staat om ’n minibussie met bestuurder tehuur. Bestuurders wat vir die Toegewyde Be-stuurderprogram-registreer, word beloon metkomplimentêre aanbiedinge soos gratis ont-byt,koffie,koeldrank, enspesialeaanbiedings.Vir navrae, bel 023 626 3167 of besoek die

amptelike feeswebtuiste by www.wackywine-weekend.com.

Die jaarlikse Wacky Wine Weekend is om die draaimet hope vermaak wat wag op oud en jonk.

FOTO: LARESA PERLMAN

NOOTVAS: Dié studente van die Ad Libitum Musiekakademie het onlangs ’n koperinstrumentslypskoolby die Hugo Lambrecths-musieksentrum in Parow bygewoon. Die slypskool is deur die HarmonicsBrass Kwintet van Duitsland, wat met optredes regoor Suid-Afrika besig is, aangebied. Die werksessiehet afgeskopmet groepopwarming waartydens studente touwys gemaak is in die korrekte embouchure-en opwarmingstegnieke. Gedurende die tweede sessie het die studente meestersklasse bygewoonwat deur lede van Harmonics aangebied is. Die slypskool is op ’n hoë noot afgesluit met ’n vertoningdeur die Kaapstadse koperblaasorkes en die Harmonics.

WENKAARTJIESNAHEINZ! Die wenner van Suid-Afrikase heel eerste Idols-reeks, HeinzWinckler, treeWoens-dag 21 Mei om 19:30 by die Janeza Kelder buiteBonnievale op. Kaartjies vir dié vertoning kos R140vir volwassenes enR80 vir kinders. Twee enkelkaartjiesna die vertoning is op die spel vir dieGazette se lesers.Om in te skryf, SMS die woord "Heinz" na 35405.SMS’e kos R1,50. Om kaartjies te bespreek, bel082 978 7020 of stuur ’n e-pos na [email protected].

EERSTE SATERDAG VAN ELKE MAAND) Teetuin en oggendmark by RobertsonMuseum. Navrae:0 023 626 3681.

SECOND THURSDAY OF EACH MONTH) The Montagu Alzheimer’s Support Groupmeets at 15:00 in the bottom lounge of HuisUitvlucht, Montagu.

WEDNESDAY 21 MAY) Breede River Hospice bridge and chess dayat Wolfkloof, Robertson. Game playing willstart at 11:00. Tickets: R90 each. Entries andinformation: Charmaine Little,0 023 626 5710or 2 [email protected].

SATERDAG 24 MEI) Die Methodistekerk in Robertson hou syjaarlikse basaar.

5-8 JUNIE)WackyWineWeekend. Besoekwww.wacky-wineweekend.comvir die volledige lys van ak-tiwiteite en deelnemende kelders. Vir navrae,skakel 0 023 626 4364.

WOENSDAG 14 & DONDERDAG 15JUNIE

) VeerpyltjietoernooibydieHoërskoolLange-berg se skoolsaal. Hope pryse is op die spel. In-skrywings: R20 per speler. Navrae: JonathonCarelse, 0 073 646 0208.

VRYDAG 20 & SATERDAG 21 JUNIE) Robertson Logos Christian School hoender-braai. Navrae:0 023 626 4364.

SATERDAG 21 JUNIE) Ooskerk Karnaval by die NG Kerk Robert-son-Oos se gemeentesentrum.

WOENSDAG 25 JUNIE) Liewe Heksie en die Rolskaatse met MargitMeyer-Rodenbeck om 18:00 by Janeza.Kaartjies R70. Besprekings en navrae:2 [email protected] of 0 082 978 7020.

Valleikalender: 0 023 626 5212 of2 [email protected].

Page 3: Breederivier gazette 20 may 2014

Breederivier GazetteNews - NuusDinsdag 20 Mei 2014 3

Voëls van anderste vereHILDERINE SCHRÖDER

Party kleingoed wat hulle die afgelopenaweek vergaap het aan al die model-vliegtuigieswatbydieRobertson-vlieg-veld te sien was, was kwalik groter asdie vliegtuie sélf. En hulle was nie dieenigstes wat beïndruk was nie. Oud enjong het die fyn vakmanskap betrokkeby die bou van dié vliegtuie bewonder.

Die Robertson Radio Flyers se jaarlikseinvlieg het oudergewoonte ’n groot aantaldeelnemers sowel as toeskouers gelok.Sommige deelnemers wat aan dié gewildegeleentheid deelgeneemhet, het van so veras Port Elizabeth en Langebaan gekom, sêMorné Swanepoel, voorsitter van die Ro-bertson Radio Flyers.

Altesaam72klubshetdiegeleentheidby-

gewoonmet bykans 150 verskillende vlieg-tuie – van sweeftuie tot helikopters en veg-vliegtuie – wat in die lug te sien was. Enaan akrobatiese lugtoertjies wat toeskou-ers dikwels na die asem laat snak het, wasdaar geen tekort nie.

Die invlieg-geleentheid is ’n hoogtepuntop die Robertson Radio Flyers se jaarliksekalender is word ingespan om geld vir dieklub in te samel.

Vanjaar se vliegomstandighede was uit-stekend,aldusSwanepoel,hoeweldieweerteen Sondag begin verswak het. Hoeweldaar hier en daar ’n tuig in die slag geblyhet, het vanjaar se geleentheid grootlikssonder voorval verloop.

“Dit gebeur maar altyd dat ’n vliegtuigof wat val,” verduidelik hy.

Saterdag se verrigtinge is op ’n hoë nootafgesluit met ’n vuurwerkvertoning.

Oud en jonk het hulledie afgelope naweekverkyk aan die radio-beheerde vliegtuigies– van sweeftuie en he-likopters tot vegvlieg-tuie – wat by die Ro-bertson-vliegveld tesien was. Die lugtoer-tjies wat deur sommi-ge uitgehaal is salwaarskynlik moeilikdeur hul volgrootteeweknieë oortrefword. FOTO’S:HILDERINE SCHRÖDER

Skryf in vir Bruid van die JaarGesoek: die Langeberg se mooiste bruide!

Verlede jaar se Bruidskompetisie was ’nreusesuksesenwassógewilddatdieBreederi-vier Gazette vanjaarmet die Robertson Lente-skoukragte saamgesnoerhet omdiékompeti-sie selfs nóg meer opwindend te maak.

Alle bruide wat vanaf Julie 2013 tot Augus-tus 2014 getroud is kan inskryf vir dié Bruids-kompetisie. Slegs bruide wat in Robertson,Montagu, Ashton, Bonnievale en McGregorwoon kom in aanmerking vir die kompetisie.Die inskrywingsfooi is R60 per vollengtefoto.

’n Wenner word elke maand gekies. Diéwenners, wat ook ’n geskenk losslaan, worddeurValleiers self gekies,watperSMSvirhulgunsteling bruid stem.

Die 12 finaliste sal op 10 Oktober tydens ’n

galageleentheidbydieLenteskouteenmekaarte staan kom waar die algehele wenner ge-kroon sal word. ’n Naweek vir twee tel onderdie pryse wat vir die Bruid van die Jaar opdie spel is. Die eerste inskrywings sal in dievolgende uitgawe van die Gazette (27 Mei) tesienwees.Virmeer inligting oor die kompeti-sie, bel Annelda Grootboom by dieGazette sekantoor by 023 626 5212.

Diegene wat op trou staan kan ook uitsienna ’n Bruid-ekspo op 9 en 10 Oktober in dieAgri Ekspo-saal by die skouterrein. Enigeenwat belangstel om ’n stalletjie te bespreekkandie skoukantoor tot 12:30 by 023 626 2512 kon-tak.Hierdie is ’nguldegeleentheidvirplaasli-ke ondernemings wat in dié veld spesialiseeren een wat beslis nie gemis moet word nie.

Welslae in misdaad­bekampingDie Bonnievale-polisie se A-skof, onder leidingvan sers. Marthinus du Toit, het onlangs grootwelslae behaal tydens verskeiemisdaadvoorko-mingsaksies wat van stapel gestuur is.

Indieeerstevandiéaksies,watopdieonwetti-ge handel in drank en dwelms gefokus het, iseenverdagte indie informelenedersettingbuiteBonnievale in hegtenis geneem ná die polisie ’ngroot hoeveelheid onwettige drank in sy besitgevind het. In nog ’n operasie het die polisie opsowat 2,2 kg dagga beslag gelê wat in ’n huis indie informelenedersettingversteekwas. ’nAan-tal kiste bier is by dieselfde perseel gevind. Eenverdagte is in verbandmet dié voorval in hegte-nis geneem.

Tydenshulondersoekna’nklagtevan’nskiet-voorval in die Mountain View-area, het beamp-tes nie net sewe verdagtes in hegtenis geneemnie,maarisdaarookbeslaggelêopvuurwapens,waaronder ’n haelgeweer, jaggeweer en .22-pis-tool, wat onlangs by ’n inbraak in Bonnievalegesteel is. Kort ná dié arrestasie is ’n klagte ont-vang van ’n inbraak by U-Save in Bonnievale.Beamptes het hul na die toneel gehaas en by na-dereondersoekop ’nvrouafgekomwat in ’nver-trek in die winkel weggekruip het. Die 33-jarigeverdagte is op die toneel in hegtenis geneem.

Die polisie doen ’n beroep op die gemeenskapom die owerhede te kontak indien hulle bewusis van enigemisdaad of smokkelary in hul area.

Die Bonnievale-polisiese A-skof het onlangsgroot welslae behaal ty-dens ’naantalmisdaad-bekampingsoperasies.Daar is op onder meeronwettige drank en dag-ga beslag gelê, sowel asgesteelde vuurwapens.Die skoflede is (agter,van links) sers. WillemAmos, konstt. Sikhem-buzo Matshikwe, DinaMinaar en CourtneyWit-booi, reserviskonst.Mervin Fisher en konst.Yolandie Jansen. Voor iskonst. Jaco Louw enserss. Marthinus du Toiten Johannes Moses.

Page 4: Breederivier gazette 20 may 2014

Breederivier Gazette News - Nuus Dinsdag 20 Mei 20144

One case of horse sickness in RobertsonHILDERINESCHRÖDER

Horse-ownersin the Robert-son area areurged to firstcontact stateveterinaryservices be-fore movingtheir animalsout of the area.This comes af-ter the confir-mation of onecase ofAfricanHorse Sick-ness (AHS) inthe area.

Although no other cases of the dis-ease have been reported in the area,the Western Cape department of ag-riculture is appealing to horse-own-ers to refrain from moving horsesshould it not be necessary. Thesource of the local case of AHS hasnotbeenconfirmedyet,however, theserotype of the virus is the same asthe recent outbreak in Porterville,the department said in a statement.The case in Robertson currently

prohibits themovement of horses in-to the AHS surveillance and freezones, which includes Cape Town.Quarantine measures were intro-

duced in the Porterville area inMarch after two horses died of AHS.According to Dr John Grewar, a

Western Cape state veterinarian, 23properties inthePortervilleandWel-lington areas have thus far been af-fected by AHS since the outbreak ofthe disease in this area earlier thisyear.

In total 66 confirmed cases havebeen identified with 10 confirmeddeaths as a result of this disease.Despite the confirmation of a case

of AHS in the Robertson area, mostbreeders remain positive, saysShane van Zyl, stud manager at theKlipdrif Stud. “TheAHS season is al-most over and local breeders alwaysensure that horses are immunisedagainst the disease.”The restriction

on the movementof horses does,however, have avery negative im-pact on the exportof horses, Van Zyladds. “South Afri-can horses are im-mensely popularoverseas andthere is a massivemarket for localhorses, but export-ing horses is cost-ly due to the longperiod of timehorses have to bequarantined be-fore they can leavethe country.”Although breed-

ers abide by the rules regardingquarantine measures, not all horse-owners are as diligent, Van Zyl says.“There should be better control re-

garding this,” he adds.According to Grewar it is current-

ly unknown when the containmentzoneandcontrolmeasureswill be re-laxed.TheWesternCape is the only prov-

ince in the country where AHS does

not occurnaturally.Thediseaseusu-ally enters the province byway of in-fected horses. AHS, which is spreadby midges, mainly occur during thelate summerandearlyautumnwhenthese insects present in large num-bers. Horse-owners can protect theiranimals by keeping them stabledduring late afternoons, at night andearly in themorningandbyusing in-sect repellents.

One case of African Horse Sickness has recently been confirmedin the Robertson area. PHOTO: HILDERINE SCHRÖDER

Horse-owners are urged to first contact the state veterinary services before moving horses from within the10 km radius of the area where the case was confirmed.

Page 5: Breederivier gazette 20 may 2014

Breederivier GazetteNews - NuusDinsdag 20 Mei 2014 5

Boekfees dié naweekop McGregorVir liefhebbers van boeke lei alle paaie vanaf23 tot 25 Mei naMcGregor wanneer Eseltjies-rus sy jaarlikse Winter Boekefees aanbied.Vragtevolnuweenkraakvars tweedehand-

se boeke kan besigtig en gekoopword enweg-geepryse isaandieordevandiedagbyhierdiebielie van ’n verkoping.Een van die organiseerders van die Boeke-

fees, Johan van Zijl, het aan die Gazette gesêhulle verwag weer mense van heinde en ver-re.“Mense wat vorige Boekefeeste bygewoon

het, sal die enorme verskeidenheid boeke endie groot winskope onthou. Die feit dat die to-tale opbrengs vir die Eseltjiesrus toevlugs-oord vir afgeleefde donkies aangewendword,maakdie uitstappie sommerdubbel diemoei-te werd.” Boekwurms sal uit meer as 10 000boeke kiesmet dié versamelingwat steeds op’n daaglikse basis groei.DieBoekefees bied kinderboeke, geestelike

leesstof, skaars boeke, fiksie en nie-fiksie,kos- en reisboeke én van alles en nog wat.Die fees, wat in sy agtste jaar is en beskou

word as die grootste enkele boekeverkopingin die Wes-Kaap, vind in die munisipale sen-trum in Voortrekkerstraat in McGregorplaas.Eseltjiesrus is ’n geregistreede liefdadig-

heidsorganisasie en is sowat 4 km buiteMcGregor geleë en is beslis ’n besoek werd.Al die donkies is uit haglike toestande gereden geniet nou vir die eerste keer ’n bestaansonder pyn en ontbering.Vir meer inligting kan mense Eseltjiesrus

by 023 625 1593 bel.

Eseltjiesrusse jaarlikseWinterBoekefees lêomdiedraai.Boekwurms sal uit meer as 10 000 boeke kan kies.

Page 6: Breederivier gazette 20 may 2014

Breederivier Gazette General - Algemeen Dinsdag 20 Mei 20146

FAMILIE-

KENNISGEWINGS

GELUKWENSINGS

1030

BAIE geluk op jul ver-jaarsdae Whalicia Josephen Walter Stevens(50ste verjaarsdag) opWoensdag, 21 Mei 2014.Mag God jul ryklik seën envele jare spaar.Van:Stevens-Familie.

RAAI WIE WORD 5?JONES JOSHUAGARTHVeels geluk met jou ver-jaarsdag en mag die Herejou nog vele jare spaar. Alswat mooi is word jou toe-gewens. Van: Daddy, Mam-mie, oupa en oumas.

ALGEMEEN

1055

AANDAG: Matrikulantealle CV's wat afgegee is byaunt Lizzy in Coetzee-straat 10, Robertson moetso gou as moontlik afge-haal word vir verpleegkur-sus vir Hospice opleiding.Kontak 078 066 7199.

ALGEMENEKENNISGEWINGS

VERLORE/VERMIS

1225

TOSHIBA Laptop (grys)gesteel op Saterdag,17 Mei 2014 by OldMutual woonstel. Personemet inligting kan my ska-kel by 079 160 9958.Beloning R500!!!

PERSOONLIKEDIENSTE

LENINGS

1445

LOANS. ConsolidationsR1 000 tot R120 000.00 ,5 minutes pre-approval.Same day pay-out.Fiona 0824222271.

SAKE

DIENSTE

2420

EDT Labour Consultant.Qualified attorney, canassist with all labour rela-ted issues. Contact Elseriat 072 714 2679 [email protected]

Hulp nodig virdié in noodDie winter is hier en daarmee saam ’ntyd van beproewing vir baie mense watdit nie breed het nie en nie die luuksevan ’n warm huis en talle dik kombersehet nie.DieGazette se kombersprojek is daar-

op gemik om ’n helpende hand te reiknauitersbehoeftigemense indieLange-berg-omgewing.’n Beroep word op Valleiers gedoen

om enige warm klere en komberse teskenkwat danmet die hulp van plaasli-ke organisasies aan diegene uitgedeelsal word wat dit nodig het.Komberse en klere kan by dieGazette

se kantoor by Paul Krugerstraat 22 (Ab-sa-gebou) afgegee word. Vir meer inlig-ting bel die Gazette by 023 626 5212 of023 626 6299.

Apologies for errors) TheGazette last week in the articleHousingdevelopment frowneduponwrongfully referredto the generalmanager of theGraham&RhonaBeck Development Trust as Peter Purcell. Themanager isDavePurcell. TheGazette apologis-es for any inconvenience caused.

) The date for the Breede River HospiceBridge Day was wrongfully published as 21June, in stead of 21 May, at Wolfkloof. TheGa-zette apologises for any inconvenience caused.

DIENSTE2420

Page 7: Breederivier gazette 20 may 2014

Breederivier GazetteSchools - SkoleDinsdag 20 Mei 2014 7

KRIEKET: Ganesh Padiachy van HoërskoolBonnievale is onlangs in die o.17 Noord-Boland-krieketspan opgeneem.

VAARDIGHEDE GESLYP: Altesaam 70 seuns- en meisieshokkiespelers aan die Hoërskool Monta-gu het onlangs hul vaardighede geslyp by ’n hokkiekliniek wat deur die Maties-hokkieklub,onder leiding van Adene Bennett (voor, naaslinks), die SA o.18 vrouehokkie-afrigter, by dieskool aangebied is.

HOKKIE: Arné Venter (o. 14), Cheslin Arendse (o. 16) en Damian Maart (o. 18)van die Hoërskool Robertson is gekies om die Boland Shiraz-hokkiespan by’n inter-provinsiale toernooi te verteenwoordig.

TENNIS: Dié leerders aan die Robertson Logos Christian School is opgeneemin die Noord-Boland-tennisspan. Van links is Zuan Gagiano, Kristen Slaney enArmand Cilliers.

RUGBYKLUBREIK UIT: DieMcGregorPrimêre Skoollyk soos 'n nuwesikspens ná ’nprojek deur dieMcGregor-rug-byklub. Die klubhet nie net dieterrein skoongemaak nie,maar het ook ’nverfkwas ingelêom die skool 'nnuwe baadjie tegee.

LEIERS: Die Laerskool Robertson se leerderraad vir die tweede kwartaal is onlangs aangewys.Agter (van links) is Linde Rabie, Emma Rheeder en Gerko de Kock. In die derde ry is RiancaLotter, Soné Grové, Christof Viljoen en Albert Bruwer. In die tweede ry is Getha Kloppers,Elmarie Burger en Liam Louw. Voor staan EonWolfaardt (hoofseun) en Carla Visser (hoofmeisie).

FYN VOETWERK: Carla Visser van die Laer-skool Robertson het onlangs 'n rits toeken-nings by die Suid-Afrikaanse Kampioen-skappe van Uitvoerende Kunste in Rusten-burg ontvang. Sy het silwermedaljes in dieDuet Ope- en Jazz-kategorie losgeslaan (inlaasgenoemdewas dit die hoogste toeken-ning enhet geendeelnemer 'n gouemedal-je verower nie), sowel as bronsmedaljesin die Duet Hip Hop- en Klein Groep Ope-kategorie. Sy is opgeneem in die Suid-Afri-kaanse span wat aanstaande maand inLos Angeles gaan deelneem.

Page 8: Breederivier gazette 20 may 2014

Breederivier

Year 18 • 20 Mei 2014 | Tel. 023 626 5212

Raiders koning in T20-strydDieRaiders Sagtebalkrieket-klubvanRobertson isonlangsgekroonas die kampioene van die Robert-son Sagtebalkrieket-unie (Rosku)se T20-kompetisie ná hyMôresonUnited die loef afgesteek het.

Raiders het die loot gewen en be-sluit om eerste te kolf. Die span het96 lopies aangeteken met Janeth Je-neke (26), ElvinHoffman (16) enMar-quinJansen(13)watveraluitgeblinkhet met die kolf.MôresonUnited se kolwers het nie

’n antwoord gehad op Raiders seknapboulwerknieenisvir ’nskame-le 47 lopies terug in die kleedkamer.Raiders se topboulers was CharltonJagers (18/4) en Reldo Arries (4/2),terwyl Jeneke met 6/2 sy veelsydig-heid getoon het met sy knap kolf- enboulwerk.Raidersbedankalmalwatdié span

ondersteun. Raiders het onlangs koning gekraai in sy wedstryd teen Môreson United.

GHOLF: Nie eens snikhete temperature kon Bonnievalers weggehou van die gholfbaan tydens die onlangseSanlam Kanker Uitdaagreeks nie. Die gemeenskap het uit hul pad gegaan om dié geleentheid te ondersteun.Altesaam R7 050 is vir die Kankervereniging van Suid Afrika (Kansa) ingesamel. Danksy dié organisasiese vrywilligers is die spelers ook op ’n heerlike ete getrakteer. Die wenners is (van links) Hennie van Wyngaard(Afdeling B), Albie van Wyk (Afdeling A) en Martin van Niekerk (Afdeling C). By hulle is Chris Basson,verteenwoordiger van Sanlam.

MUURBAL: Robertson se eerste muurbalspan spog met nuwe vere danksy ’nborgskap deur Wimpy Robertson en PSG Robertson. Die plaaslike klub het vyfspanne wat vanjaar in die Witzenberg-muurballiga deelneem. Een van dié spanneis ’n vrouespan en alle belangstellende vroue word dus genooi om by die spanin te skakel. Die klub dra die afgelope drie jaar die eersteliga-kroon en hetverlede jaar ook koning gekraai in die derde liga. Dié sport is ideaal vir diewintermaande aangesien dit binnemuurs beoefen kanword. Van links is: RossouwBrummer, Cobus Stander, Fred Botha, Raymond Kirby, Graeme Botha (klub voor-sitter) enMyrtle September (bestuurder: Wimpy Robertson). Enigeen wat belang-stel omby die klub aan te sluit kan Botha bel by 073 198 8266 of2 [email protected].

Die wenner van die vroue-afdeling B van die SanlamKanker Uitdaagreeks op Bonnievale was Truette Kriel.By haar is Koba Dippenaar (links) en Elizabeth Basson,vrywilligers van Kansa op Bonnievale.