8
www.bolandgazette.co.za bolandgazette.mobi Breederivier Year 18 • 8 Julie 2014 | Tel. 023 626 5212 Verkeer aan albei kante van die toneel van ’n trompop botsing was Saterdag vir kilometers opgedam. Vier mense het hul lewens in dié ongeluk verloor. FOTO: HILDERINE SCHRÖDER Grubotsing op berugte R60 eis vier Grubotsing op berugte R60 eis vier HILDERINE SCHRÖDER ’n Robertsonner sterk steeds aan in die intensiewesorgeen- heid van die Medi-Clinic Wor- cester ná ’n grubotsing wat Sa- terdag (5 Julie) die lewe van vier ander mense geëis het. Houman Josephs (42) het veel- vuldige beserings, waaronder ’n gebreekte nek, ribbes, been en voet in die trompop botsing op die R60 – tussen Mowershoogte en Nuy – opgedoen. Benewens dié beserings, sowel as ’n vergruisde kakebeen, moes hy ook ’n nood- operasie ondergaan waarin ’n ge- deelte van sy dunderm en blinde- derm verwyder is, sê Josephs se tweelingbroer, Philmon. Dit is steeds onduidelik wat presies tot die botsing tussen ’n Toyota Avanza en Josephs se Kia Rio gelei het en teen druktyd kon die polisie steeds nie die identi- teit van die oorledenes bevestig nie. Drie mans is op slag in die bot- sing dood, terwyl Josephs en nóg ’n man, sowel as ’n vrou, met ern- stige beserings na die Worcester- hospitaal geneem is. Die ander man het dieselfde dag aan sy bese- rings beswyk, terwyl die vrou in ’n ernstige maar stabiele toe- stand in die Tygerberg-hospitaal aansterk. Verkeer was vir kilometers aan albei kante van die botsing opge- dam terwyl daar gesukkel is om die twee wrakke, wat ineenge- strengel was, van die toneel te verwyder. Volgens Josephs het nood- dienswerkers gesê dit is net die sitplekgordel en lugsak wat sy broer se lewe gered het. Josephs was op pad na Worcester toe die ongeluk gebeur het. Hy was al- leen in die voertuig. Dit is die vierde noodlottige botsing op die R60 sedert die be- gin van die jaar. Die bestuurder van ’n vragmo- tor is op 29 Junie op slag dood ná sy voertuig naby Cape Lime van die pad geloop en deur ’n heining langs die pad gebars het. Dit is on- duidelik wat tot dié ongeluk gelei het. Ander noodlottige ongelukke waaroor die Gazette vanjaar al be- rig het, is dié naby Madeba House waarin Pieter Fourie (55), van Ro- bertson, op slag dood is en dié na- by Rooiberg waarin drie vroue, wat van Khayelitsha na ’n begraf- nis op Swellendam op pad was, hul lewe verloor het. Die hoë ongeluksyfer op die R60 is geweldig kommerwekkend, al- dus Kenny Africa, provinsiale verkeershoof. Volgens kapt. Marchel Klaas- ten van die Robertson-polisie, was daar voor die mees onlangse ongeluk reeds 29 ongelukke op die R60. “Van dié ongelukke was 80% die bestuurder se eie skuld,” sê hy. Volgens Africa word bykomen- de stappe oorweeg om wetteloos- heid op die R60 hok te slaan. Dít sluit onder meer die gebruik van ongemerkte voertuie in.

Breederivier gazette 8 jul 2014

Embed Size (px)

DESCRIPTION

Breederivier gazette 8 jul 2014

Citation preview

Page 1: Breederivier gazette 8 jul 2014

www.bolandgazette.co.zabolandgazette.mobi

Breederivier

Year 18 • 8 Julie 2014 | Tel. 023 626 5212

Verkeer aan albei kante van die toneel van ’n trompop botsingwas Saterdag vir kilometers opgedam. Vier mense het hul lewensin dié ongeluk verloor. FOTO: HILDERINE SCHRÖDER

Grubotsing op berugte R60 eis vierGrubotsing op berugte R60 eis vierHILDERINE SCHRÖDER

’n Robertsonner sterk steedsaan in die intensiewesorgeen-heid van die Medi-Clinic Wor-cester ná ’n grubotsingwat Sa-terdag (5 Julie) die lewe vanvier ander mense geëis het.

Houman Josephs (42) het veel-vuldige beserings, waaronder ’ngebreekte nek, ribbes, been envoet indie trompopbotsingopdieR60 – tussen Mowershoogte enNuy – opgedoen. Benewens diébeserings, sowel as ’n vergruisdekakebeen, moes hy ook ’n nood-

operasie ondergaanwaarin ’n ge-deelte van sy dunderm en blinde-derm verwyder is, sê Josephs setweelingbroer, Philmon.Dit is steeds onduidelik wat

presies tot die botsing tussen ’nToyota Avanza en Josephs se KiaRio gelei het en teen druktyd kondie polisie steeds nie die identi-teit van die oorledenes bevestignie.Drie mans is op slag in die bot-

sing dood, terwyl Josephs en nóg’nman, sowel as ’n vrou,met ern-stige beserings na die Worcester-hospitaal geneem is. Die andermanhetdieselfdedagaansybese-

rings beswyk, terwyl die vrou in’n ernstige maar stabiele toe-stand in die Tygerberg-hospitaalaansterk.

Verkeerwasvirkilometersaanalbei kante van die botsing opge-dam terwyl daar gesukkel is omdie twee wrakke, wat ineenge-strengel was, van die toneel teverwyder.

Volgens Josephs het nood-dienswerkers gesê dit is net diesitplekgordel en lugsak wat sybroer se lewe gered het. Josephswas op pad na Worcester toe dieongeluk gebeur het. Hy was al-leen in die voertuig.

Dit is die vierde noodlottigebotsing op die R60 sedert die be-gin van die jaar.Die bestuurder van ’n vragmo-

tor is op 29 Junie op slag dood násy voertuig naby Cape Lime vandie pad geloop en deur ’n heininglangsdiepadgebarshet.Dit is on-duidelikwat tot dié ongeluk geleihet.AndernoodlottigeongelukkewaaroordieGazettevanjaaralbe-rig het, is dié nabyMadebaHousewaarinPieterFourie (55), vanRo-bertson, op slag dood is en dié na-by Rooiberg waarin drie vroue,wat vanKhayelitshana ’n begraf-nis op Swellendam op pad was,

hul lewe verloor het.DiehoëongeluksyferopdieR60

is geweldig kommerwekkend, al-dus Kenny Africa, provinsialeverkeershoof.Volgens kapt. Marchel Klaas-

ten van die Robertson-polisie,was daar voor die mees onlangseongeluk reeds 29 ongelukke opdie R60. “Van dié ongelukke was80% die bestuurder se eie skuld,”sê hy.Volgens Africa word bykomen-

de stappe oorweeg om wetteloos-heid op die R60 hok te slaan. Dítsluit onder meer die gebruik vanongemerkte voertuie in.

Page 2: Breederivier gazette 8 jul 2014

Breederivier Gazette News - Nuus Dinsdag 8 Julie 20142

FRIDAY 11 - SUNDAY 13 JULY) Breyten Breytenbach Literary Festival inMontagu. The theme is Experience a Season inParadise. Tickets: R100 each. Tickets availableat Montagu Museum or Computicket.

VRYDAG 18 EN SATERDAG 19 JULIE) Breedekloof Soetes & Sop-fees. Feespaspoor-te: R70, beskikbaar by eerste kelder waar fees-gangersbesoek.Navrae: [email protected] 0 023 349 1791.

WOENSDAG 30 JULIE) 60’s Kersfees in Julie in die Robertson Stad-saal. Die geleentheid is ten bate van die Breëri-vier Hospice. Kaartjies: R220 elk. Navrae en be-sprekings: Charmaine Little, 0 023 626 5710 of2 [email protected].

6-16 AUGUST) MontaguYouthArtsFestivalat theDutchRe-formed Church hall (music, art, dance and dra-ma) with choir performances in the Church onFriday 8 August.

8-10 AUGUSTUS) Robertson Slow.

WOENSDAG 3 SEPTEMBER) Die Ses Snare tree om 18:30 vir 19:00 op byJaneza. Bespreek vroegtydig. Tafels van vier ofmeer. Geen enkel kaartjieverkope nie. Bespre-kings en navrae: [email protected] of0082 978 7020. Koste: R195 vir volwassenes(sluit bottel wyn in), R100 vir kinders

SATERDAG 6 SEPTEMBER) Robertson Bierfees.

FRIDAY 27 - SUNDAY 28 SEPTEMBER) Heita! Hello heritage event at the MontaguMakiti. The Montagu Makiti boasts cultural,arts, sports, food, wine, theatre, music andmuch more.

Alle paaie lei na MontaguVan11tot13JulieleiallepaaienaMontaguwanneer die lewe van die literêre ikoonBreyten Breytenbach tydens die BreytenBreytenbach Boekefees/Literary Festivalgevier word.

Vanjaar is ’n geskiedkundige jaar vir dieman wat deur Time Magazine as die grootstelewende Afrikaanse digter beskryf is: dit is 50jaar na die publikasie van sy debuutbundel,Die Ysterkoei Moet Sweet, in 1964. Om dié ge-leentheidtevier, is ’ngroepuitmuntendeskry-wers vir die fees byeen gebring. Onder hulletel Antony Osler, Willie Bester, Jan van Ton-der,DanielHugo,PetrovnaMetelerkamp,KenBarris, DavidKramer, DarrylDavid, Ilse Salz-

wedel,EvetteWeyers,Jo-MarieClaassen,Fou-rie Botha, Irene Blom, Christa du Plessis enMario D’offizi.Ook deel van die fees is ’n erfenis-en-kuns-

roete,kunsuitstallingsen -werksessies, lewen-de optredes en literêre toekennings vir diejeug.Valleiers word genooi om deel te hê aan dié

“Seisoen in die Paradys”. Kaartjies kos R100stuk vir elke dag en is beskikbaar by dieMon-tagu Museum-kunsgalery by Bathstraat of byComputicket.Vir navrae, kontak Darryl Earl David by

[email protected] of 082 576 4489, of HelenGooderson by [email protected] of 082 886 6023.

Bruidskompetisie­finalisANNELDA GROOTBOOM

DieGazette se Bruidskompetisie het nóg ’nfinalis: Lulinda Pockpas (née Carolus).Sy en haar man, Klaus, het mekaar nege

jaar gelede ontmoet deur ’n vriendin toe al-bei indieKaapstudeerhet.Ophaarverjaar-dag (10 Augustus) het Klaus aan haar ’nSMS gestuur waarin hy haar gelukwenshet.Hy het dieselfde aand gebel om seker te

maak dat sy die SMS ontvang het. Hiernahet hy haar elke dag gebel en ’n week latervoorgestel dat hulle iewers ontmoet.Dié dag, onthou Lulinda, was baie erg

want hulle het bymekaar verbygeloop son-der dat hulle mekaar erken het. Hierop hetsy Klaus baie vererg gebel, maar, vertel sy,hy het gou verduidelik dat hy steeds op dieplek wag waar hul afgespreek het. Hul isdie aand uit vir ete en waar hul mekaar be-ter leer ken het.So het die liefdemeer enmeer gegroei en

op 23 Oktober 2005 het hy haar gevra omsy meisie te wees, waarop sy onmiddellikingestemhet. “Van dié dag af het ek geweetdisdieman langswieekoor50 jaarwilwak-kerskrik.” Klaus het haar op 18 November2011 gevra om te trou. Hy het op sy knieëin hul huis neergesak. Hoewel sy eers ge-dink hy maak ’n grap, vertel Lulinda, hetsy sonder ’n oomblik se skroom ja gesê.Lulindabeskryfhaarmanas ’n saggeaar-

demenswat altyd die beste in andermenseraaksien. “Hy is ’nmense-menswat sy laas-te vir iemand anders sal gee. Dis dié dat ekmy hart op hom verloor het.”Haar siening oor die huwelik is dat jy al-

tyd daar moet wees vir jou lewensmaat enwys dat hy of sy die belangrikste persoonin jou lewe is. “Baie dink gewoonlik as jy

getroud is, is als verbymaar dis juis dié tydwat jy als moet insit en die beste van jouhuwelik te maak. Eerlikheid en openlik-heidmetmekaarisbaiebelangrik,want jul-le moet mekaar vertrou met jul lewens ennooit twyfel inmekaar nie.Maak altyd spe-siale tydvirmekaarenmoedigmekaaraan.Wanneer jymet joubestevriendgetrouhet,soos wat ek is sien jy uit na nog 50 jaar vangetroud wees,” het Lulinda gesê.Op die oomblik is sy swanger met hul

tweede kleinding, wat ’n wittebroodsbabais. Die gesin is baie opgewonde, veral hulseuntjie wat nou ’n maatjie kry. Die baba-meisie word in September verwag.

Lulinda Pockpas

Vrouedag­kuier metGazetteVroue van die Langeberg kan uitsien na ’nheerlike kuier-geleentheid op Vrouedag wan-neer die Gazette hul heel eerste Vrouedag-ge-leentheid aanbied.Vroue wat dié geleentheid bywoon kan uit-

sien na ’n heerlike dag met bederfpakkies, ’nvingerete en sjampanje terwyl ’n verskeiden-heid sprekers ook by die geleentheid sal op-tree. Daar sal ook gelukstrekkings wees.Die tema vir die geleentheid is Wie is ek?.Die Evasgeslag is maar dikwels só besig om

met ander te kompeteer dat hulle soms hul eieunieke identiteit vergeet.Kaartjies vir die geleentheidkosR50 ’n stuk.Maak seker jy bespreek vroegtydig want

kaartjies is beperk.Vir meer inligting, bel Annelda Grootboom

by 023 626 5212.

Nog twee finaliste gekiesDie Gazette se Babakompetisiehet nóg twee skattige wenner-tjies opgelewer.Valleiers het in massas ge-

stem om Mercédes BrooklynGeduld (in die kategorie 0-18maande) enDaneVosloo (indiekategorie 18maande - drie jaar)ashul gunstelingkleingoedaante wys.Die twee sal saammet die res

van die finaliste wat reeds aan-gewys is, die kans staan om ’nrits fantastiese pryse los teslaan.Die pryse vir die kategorie-

wenners sluit in ’n R250-ge-skenkbewys van Spur vir elkewenner, ’n ButterflyWorld-ge-skenkbewysterwaardevanR125, tweedoen-dit-self partytjies vir 10kindersvanBeauty@HeartEvents vanWorcester (kliëntmoet dit self gaanhaalenaflewer), ’nuurlangefotosessieviralbeiwenners en hul gesinne deur Maryke Zeelie fo-tografie ter waarde van R450 elk, ’n geskenkbe-wys vir ’n springkasteel vir ’n partytjie deurMadelein van Jaarsveldt (MadAbout Cakes) engeskenkbewys deur Shoprite Robertson, wat ’nbababad en benodigdhede insluit.Valleiers wat hul kleinding wil inskryf kan

’n gesigfoto van hul baba na dieGazette se kan-

toor by Paul Krugerstraat 22 (Absa-gebou)bring. Kleingoed ding mee in twee kategorieë:0-18 maande en 18 maande tot drie jaar.Lesers sal van die Dinsdag wat die koerant

verskyn tot die volgende Maandag om 10:00 virhul gunstelingbabas kan stem deur BABA, ge-volg deur die baba se naam, na 35405 te SMS.SMS’e kosR1,50. Diewennersword bepaal deurlesers se stemmeendieGazettehet geen invloedop die aanwys van die wenners nie. Die beslis-singtenopsigtevanwenners is finaal.Sienhier-die week se inskrywings op bl. 3.

MercédesBrooklynGeduld (een jaar) Dane Vosloo (drie jaar)

Page 3: Breederivier gazette 8 jul 2014

Breederivier GazetteNews - NuusDinsdag 8 Julie 2014 3

Nog ’n kans vir bruide om te wenBruide van die Langeberg het steedsdie geleentheid om in te skryf vir dieGazette se Bruidskompetisie wat insamewerking met die RobertsonLenteskou aangebied word.Alle bruide van Robertson, Ash-

ton,BonnievaleMcGregorenMonta-gu wat van Julie 2013 tot Augustus2014 die knoop deurgehaak het, komin aanmerking vir deelname aan diékompetisieenmetgrootprysewatopdie spel is, is dié ’n geleentheid watbruide beslis nie deur hul vingersmoet laat glip nie.Gail de Wee (née Anthony) is die

nuutste finalis wat saammet die vo-rige paar weke se finaliste die ge-leentheid het om later vanjaar met

fantastiese pryse weg te stap.De Wee sal saam met finaliste wat

reeds aangewys is die geleentheid hêom op 10 Oktober by ’n galageleent-heid by die Lenteskou as wenbruidgekroon te word.’n Naweek vir twee tel onder die

pryse wat vir die Bruid van die Jaarop die spel is. Ander pryse is ondermeer ’n gratis bootreis van Viljoens-drift, geskenkbewyse deur AP Stipp,CountryStyles,RobertsonApteekenPeckers/Bon Appetit, ’n vrugte-mandjie van Locarno Droëvrugte,twee bottels Four Cousins-vonkel-wyn en ’n ysbak van Van Loveren,gratis was- en blaassessies by Cathy& Sarah’s Hair, ’n uur lange fotoses-

sievanCPhotography, ’ngeskenkbe-wys van Cara-Le Linne ter waardevan R500 en ’n wegbreeknaweek vanRivierzicht-rivieroord.Die inskrywingsfooi isR60per vol-

lengte-foto.Virmeer inligtingoordiekompeti-

sie, bel Annelda Grootboom by dieGazette se kantoor by 023 626 5212.Om vir jou gunsteling bruid te

stem SMS die woord “Bruid” en diebruid se naam na 35405. SMS’e kosR1,50.Wenners word bepaal deur lesers

se stemme. Die Gazette het geen in-vloed opdie aanwysvandiewennersnie. Die beslissing ten opsigte vanwenners is finaal.

Gail de Wee (née Anthony),van Ashton, is hierdie week sewenbruid.

Adéle Ellis (née Vol-schenk), van Montagu,is verlede jaar op 23No-vember getroud.

Annelie Carolus (née Ros-souw), van Robertson, segroot dag was op 1 Februarievanjaar.

Page 4: Breederivier gazette 8 jul 2014

Breederivier Gazette News - Nuus Dinsdag 8 Julie 20144

Twee woelwater boeties albei onder die mesHILDERINE SCHRÖDER

Kyk jy na Jansen Enslin (8) waar hy ener-giek rondrits, is dit moeilik om te glo dathynetsopaarwekegelede ’ngrootoperasieondergaan het waartydens sy regternierverwyder is.

Waar hy saam met sy ma, Karen, en ouboet,Christiaan (11),met dieGazette gesels, lyk Jan-sen so gesond soos ’n vis in die water. Dít wasegter nie vroeër die geval toe hy kort-kort ge-sondheidsprobleme as gevolg van sy een nieropgetel het nie.Jansen was ’n brose 11 dae oud toe dokters

vasgestel het dat hy ’n nier-refluks het. Tóé almoeshyelkedagantibiotikadrinkomsyurinesteriel te hou en só enige nierinfeksies af teweer, vertel sy ma.Op ses maande oud het Jansen ’n nieropera-

sie gekry om die refluks te herstel. “Hy wasdie jongste kind wat dié operasie opWorcestergekry het,” sê Ma Karen. Hy was ’n jaar oudtoe daar tydens ’n sonar vasgestel is sy regter-nier is beduidend kleiner as sy linkernier. Tógwas Jansen blakend gesond; tot middel-Aprilvanjaar.Toe hy blaasinfeksie kry is Jansen en sy ou-

ers opaanbevelingvansyhuisdokterna ’nuro-loog.DiéhettoetsegedoenengevinddatJansen

se regternier heeltemal verskrompel is en gladnie funksioneer nie. Dié verpletterende nuusis deur ’n tweede uroloog bevestig. “Die dokterhet gesê die nier moet uit. Só nie kan dit totnierkanker of nierversaking lei,” sê Karen.Die gesin het die nuus dapper aanvaar. Tóg

was dit ’n slag.“Ekwas baie hartseer toe die dokter sê hulle

moet my nier uithaal,” vertel Jansen. “Ek wasniebaieblynie,maarnouisekdankbaar.”Jan-sen, sê sy ma, besef dat dié operasie voorko-mend was om sy gesondheid in die toekoms teverseker. Hy het hom ook nie lank laat onder-krynie,maarwasal ’ndagnádieoperasiepeno-rent in die bed aan’t Lego’s bou.Twaalf dae later was dit Christaan se beurt

omonderdiemes tegaan toehyvir ’nnoodblin-dedermoperasie moes gaan.Al dié dramashetPaJacokalmenop ’nprak-

tiese wyse hanteer, vertel Karen. “Maar menssal seker nooit weet hoe hy aan die binnekantgevoel het nie. ’nManwysmos nie maklik hoehy voel nie.”Die twee woelwaters is intussen op die been

en sit selde stil. Hulle is albei leerders aan dieLaerskoolAshtonwaarhulle, tenspytevanhulwoeligheid, gereeld beloon word vir goeie ge-drag, vertel Karen trots. En deesdae het hul al-bei ietswatnieálhullemaatshetnie: ’nnetjieseletsel of twee wat van hul dapperheid getuig.

Jansen (links) en Christiaan Enslin, hier by Ma Karen, was enkele dae ná mekaar in die hospitaal na Jansense nier en Christiaan se blindederm verwyder moet word. FOTO: HILDERINE SCHRÖDER

Page 5: Breederivier gazette 8 jul 2014

Breederivier GazetteGeneral - AlgemeenDinsdag 8 Julie 2014 5

GOUE OUDHEID: Dis nie aldag wat ou almanakke sógoed behou bly soos dié een wat in die huis van ’nRobertsonner hang nie. Die pragstuk is 87 jaar ouden is destyds deur die afslaers Van Dijk en De Jageruitgegee. Dieselfde gebouwaar dié onderneming geleëwas doen steeds fluks sake en is deesdae Drotschie’sGroentemark op die hoek van Paul Kruger- en White-straat. Het jy enige foto’s van interessante oudhedeof geboue? Stuur dit gerus na [email protected] deel dit graagmet ons lesers. FOTO:ZELDAKLOPPERS

Page 6: Breederivier gazette 8 jul 2014

Breederivier Gazette General - Algemeen Dinsdag 8 Julie 20146

From Robertsonto City of GoldHILDERINE SCHRÖDER

When Akhona Mongameliwalks into a room anyoneelse in it, takes note.

Be it his immaculate outfitsor his eloquent use of English,Akhona is not the type of per-son that goesunnoticed.Nor isthe product of his dreams andhard work: an online fashionmagazine called Noted-Fashion. Still in its infancy –it is only one year old – Noted-Fashion has been nominatedforaSylbnaLifestyleAwardinthe categoryfor Best Fash-ion Blog.Born and

bred in Rob-ertson, Akho-na (24) left hishome town forthe brightlights andhigh-pacedlifestyle of Jo-hannesburgsome fouryears ago.Having gradu-ated with ajournalism de-gree from theJohannesburgUniversity, itdidn’t takehim long to de-cide to ven-ture out onhis own combininghis passion for writing andfashion. “I love fashion andthoughtwhynot focus on fash-ion.” He met up with a friendwhohelpedhimwiththedevel-opment of his brand and setupof the website and so Noted-Fashion was born.The magazine focuses on

fashion news, celebrity fash-ion, lifestyle, events reviewsand trends reports. Because ofthis Akhona spends a lot oftimeontheredcarpet, rubbingshoulders with the who’s whoin celebrity circles. Althoughnot daunted in the slightest

by this, meeting so manycelebs remainsoneof thehigh-lightsofhis chosenprofession.“It’s a big deal, especially com-

ing from a small town.”A product of the Masakhek-

he Combined School inNkqubela where he grew upandhis familystill lives,Akho-na is adamant that anyone canachieve greatness if they be-lieve in themselves.“It is simple, if they don’t be-

lieve in themselves and theircapabilities theywill never re-alise theirdreams.Youhave tohave a goal and then findwaystomake ithappen fromtheonepoint to the next. People oftenfind comfort zones and thenfind themselves too scared to

move out ofthat cage,” hesays.As a young

entrepreneurwith his ownbusiness,Akhonadoesn’t shyaway fromany difficul-ties thrownathim. “I’venever beenone to stepaway from achallenge,”he says aboutthe road to re-alising hisown dreams.He will not

easily ex-change life in

the city of gold for one back athome.“Life in Johannesburg is in-

teresting. You share experi-ences, engage with a lot of dif-ferent people from differentcultures and thereby grow asa person on a different level.Robertson, he adds, still re-mains special to him. “I lovesmall-town living. When I’mhome I feel free. It is easy toknow and love one another ina small town.”The results of the Sylbna

Awards will be known by theend of August. “I can’t wait totake to the stage and say‘Thank you very much’,”Akhona chuckles.VisitNoted-Fashion at www.notedfash-ion.com.

Akhona Mongameli

Jongmense toegerus by jeugkampANNELDA GROOTBOOM

’n Gesamentlike jeugkamp, waarbyjongmensevandie gemeenskap enom-liggende plase betrek is, is verledemaand op die plaas Waterfalls buiteRobertson vir 84 Langebergers tussen12 en 23 jaar oud gehou.Die kamp is moontlik gemaak deur

die verskeie rolspelersGraham&Rho-na Beck Ontwikkelingstrust, Heart ofMen en die departement van maat-skaplike ontwikkeling Thusong-sen-trum asook AGS-jeugsentrum.Die jeugkampwas daarop gemik om

jongmense toe te rus rondom die tema“Ontdek jouself”. Groepsdruksessiesis op ’n kreatiewe en praktiese wysesaangebied sodat jeugdiges meer konleer om druk te hanteer in vandag selewe. Die jongmense is in groepe ver-deel en is onder meer besig gehou metopvoerings waaraan hulle sélf deelge-neem het, sowel as terapeutiese kunsindievormvandecoupagewaartydenshulle boodskappeaanhul pa’s of diege-ne wat hulle as vaderfiguur beskou opklippe geverf het.

Elke jongmens het ’n T-hemp geverfmet ’n weerspieëling van hoe hul oorhulself voel en wat terselfdertyd ’n po-sitiewe boodskap oordra. Hulle het dievrymoedigheid gehad om hul emosio-nele behoeftes en seermetmaatskapli-ke werkers te deel. Hulle is aangemoe-dig om te praat oor dinge wat hul plaen oplossings is gevind met die hulpvan bekwamemense soos maatskapli-ke werkers, geestelike leiers en fasili-teerders.Die naweek is afgesluit met ’n Va-

dersdagdiensindieAGSSentrumkerkwaar pastoor Rosy Jansen die bood-skap op ’n treffendewyse oorgedra heten waar die jeug die decoupage-klippeaan hul pa’s oorhandig het. In die pro-ses is goeie werksverhoudinge tussendie rolspelers gebouwaarop in die toe-koms voortgebou kan word.Die jongmense bedank graag die

hoofborg Graham & Rhona Beck Ont-wikkelingstrust. Om van maatskapli-ke ontwikkeling se dienste gebruik temaak, bel hul by 023 626 4673/6219.

Altesaam 84 jongmense het onlangs ’n jeugkamp bygewoon waar hulle onder meer touwysgemaak is om groepsdruk te hanteer.

Joseph Muller is ’nwinkelbestuurderby ’n groot ketting-winkel en woon alvyf jaar in Robert-son.

) Wat maak dieLangeberg vir jouspesiaal?Die gasvryheid en

vriendelikheid vandie mense.

) Wat sou jy in dieLangeberg wou ver-ander?Diegesindheidvangewonebur-

gers teenoor minder bevoorreg-tes.

) As jy nie hier gebly het nie,waar sou jy bly?Net 100 m buite die dorp sodat

ek nog steeds kontak kan hê met

die wonderlikemense.

) Watter werkdoen jy en hoekomgeniet jy dit?Ek is ’nwinkelbe-

stuurder by Shopri-te. Ek geniet dit omdaagliksmetmensete kommunikeer..

) Watter driemense sou jy graagvir ete wou nooi (he-de of verlede) enwaarom?

Francois Hougaardt, VictorMatfield en Heynecke Meyer,want my bloed is blou..

) Wat is die beste raad wat jyal gegee of ontvang het?Wees jouself en moet nooit ver-

geet waarvandaan jy kom nie.

Joseph Muller

Meet a localMeet a local

Bly te kenneBly te kenne

Page 7: Breederivier gazette 8 jul 2014

Breederivier GazetteGeneral - AlgemeenDinsdag 8 Julie 2014 7

FAMILIE-

KENNISGEWINGS

STERFGEVALLE

1005

HOPP NIKLAAS JBegrafnisdiens van wyleNiklaas vind plaas op Son-dag, 13 Julie 2014 om13:00 by Igloohuis 17 inRobertson.

PIETERSEN STOFFELCORNEELSGeb.02/03/1939-Gest.01/07/2014Die Roudiens vind plaasDonderdag, 10 Julie om19:00 VGK-Robertson-oos .Die Begrafnisdiens vindplaas Saterdag 12 Julie09:00 te Langebergstraat22 en 10:00 VGKRobertson-oos. Sal metliefde onthou word deur syvrou, kinders en kleinkin-ders.

IN MEMORIAM

1015

ADENDORFF PIETERGest.4/11/2011Geb.8/07/1966Jou 3de verjaarsdag wegvan ons. Die verlange engemis na jou sal vir altyddaar wees. Van jou verlan-gende Ma, broers, suster,jou vrou en kinders.

GELUKWENSINGS

1030

MARCUS ZANNELEEKIMBaie geluk met jou mon-digwording. Bly die lieflikedogter vir ons. Van oupa,ouma (waar sy in diehemel is), Chishandre enChristolene.

PERSOONLIKE

DIENSTE

LENINGS

1445

LENINGS of Konsolida-sies. 5 minute goedkeu-ring, uitbetaling dieselfdedag. Fiana 082 4222 271.

Ontmoet die gasvrye Oudammers deur hul kunswerkeHILDERINE SCHRÖDER

MONTAGU. – Die Oudam semense is soos ’nkarosop ’nwin-tersdag: warm en verwelko-mend.Raak jymethulle aandiegesels, is jy nie ’n vreemdelingnie; eerder ’n vriend met wiedaar pas kennis gemaak is.Dié nou band tussen die Ou-

dammers, tesame met hul gas-vryheid, is duidelik te sien by’nuniekeuitstallingwat tans indie Montagu Museum se KWV-galery te sien is.Die Oudam, ook bekend as

Montagu-Wes,of invroeëre jaredie “Vrystaat”, spog met ’n rykgeskiedenis.Die area is van so vroeg as die

1850’s bewoon en is van vroegaf met armoede geassosieer.Oorspronklikhet plaaswerkersvan die nabye wingerde in diedorp die Oudam-gemeenskapgekenmerk. Van 1900 tot 1930 isdie area onderverdeel en inwo-nersvanverskeiekulture,professiesen rassegroepe het die Oudam hultuiste gemaak.Al bevat die area heelwat minder

geboue van historiese belang, spogdie Oudam, danksy sy kleurryke in-woners,met ’n baie uniekekarakter.Dit isdiéuniekheidwatnougevier

word met die (N)Oudam-uitstallingwat op 21 Junie geopen het.Dié interaktiewebied besoekers ’n

blik op diemense en geskiedenis vandie Oudam.“Die (N)Oudam-projek beoog om

die kultuur van die Oudam, die hedeen die verlede vas te vang, om so-doende bewuswording te skep, per-sepsies teverander,wedersydseaan-vaarding te koester en die sosiale

bande tussen mense van verskillen-dekultureleagtergronde,rasseenta-le te versterk,” sê Mareletta van Zyl,bestuurder van Montagu-AshtonToerisme.Altesaam 21 kunstenaars se wer-

ke, in ’nwyeverskeidenheidvangen-res, is by dié gesamentlike uitstal-ling te sien.Dít sluit skilderye, foto’s,beeldhouwerk sowel as elektroniesemedia in.Die uitstalling sal ondersteun

word deur ’n staptoer en ander ge-beurtenisse om die Oudam aan diepubliek voor te stel. Die uitstallingduur tot 20 Julie. Gebeurtenisse enstaptoere sal saam met die BreytenBreytenbach Boekefees vanaf 11 tot13 Julie onderneem word.

Die (N)Oudam-uitstalling op Montagu is onlangs te midde van grootbelangstelling geopen. FOTO’S: HILDERINE SCHRÖDER

Gaste by die opening van die uitstalling het hul verkyk aan’n wye verskeidenheid kunswerke in verskeie genres.

Een van die Oudam se kleurryke karakters, DameD.D., se werke tel onder dié wat vertoon word.

Dié manne, Boetie Volschenk, Thys Verryne, Bottie Bothma en Johan en Deon Conradie, is gebore en getoë Oudammers.

SAKE

DIENSTE

2420

BETREKKINGS

3600

GESOEK

3601

LOOKING for job asdomestic worker. Contact074 655 1589.

DIENSTE

2420

DIENSTE2420

Page 8: Breederivier gazette 8 jul 2014

Breederivier

Year 18 • 8 Julie 2014 | Tel. 023 626 5212

Aksienetbal so in haar kraalHILDERINE SCHRÖDER

Sy het die lengte, spoed en rats-heid en die vermoë om besluite is’n fraksie van ’n sekonde temaak.Dalk dié dat Maretha Buys so tuisis op die netbalbaan en boonopook vanjaar die groen en goud inaksienetbal losgeslaan het.

Die Suid-Afrikaanse span het on-langs aan die aksienetbal wêreldbe-ker in Fourways deelgeneem waardie span teen onder meer Engeland,Nieu-Seeland en Australië kragte ge-meet het. Die span het derde gekomin die ses-’n-kant-stryd terwyl hy dienaaswennerswasindiesewe-’n-kantkragmetings. Australië het in albeiafdelings koning gekraai.

Maretha (31) wat in Somerset-Weswoon, se wortels lê diep in die Lange-berg, vertel sy. Haar pa, Louis, woonal baie jare op Robertson en met baieander familie wat ook in die areawoon, is Robertson as’t ware haartweede tuiste, vertel sy. Dit is juis PaLouis wat die Gazette op die spoorvan haar prestasies op die netbal-baan gebring het toe sy onlangs haarverjaardag op Robertson kom vierhet. Tydens dié geleentheid het syook die uitvoerende burgemeestervan die Langeberg Munisipaliteit,Diana Gagiano, ontmoet.

Haar liefde vir netbal kom vankindsbeen af. “Ek is glad nie ’n hok-kiebokkie nie,” vertel sy laggend. Syhet aanvanklik buitenetbal gespeel,maar het haar die laaste vier jaar opaksienetbal begin toespits.

Sy blink nie net op die baan uit nie,maar is ook die aksienetbalkoör-dineerdervirSomerset-Wesenisookbetrokke by ’n paar skole waar syjongnetbalspelersse talentslyp.Wegvan die baan is sy ’n persoonlike af-rigter.

Haar sportiewe gene het sy aanhaarouerstedanke,sêMaretha.“Myouers was albei sportief.”

Haar insluiting in die Suid-Afri-kaanse span is vir haar ’n groot eer,verklap sy. “Dit het baie onwerklikgevoel toe ek hoor ek is by die span

ingesluit.”Die span kry min kans om saam

teoefenmetses ledewatvandieKaapis en vier van Johannesburg. Niete-min speel hulle uitstekend saam asspan, sê Maretha.

Dat sy weer vir die span gekiesgaan word is glad nie ’n uitgemaaktesaak nie en sy sal na afloop van dieseisoen weer deur die keuringspro-ses moet gaan. Hiérvoor is sy egterslaggereed. Sy is nog glad nie vanplan om binnekort haar netbalskoe-ne op te hang nie, verseker sy.

Maretha Buys (agter, derde van links) saammet die res van die Suid-Afrikaanse aksienet-balspan. Sy besoek Robertson, waar haar pa, Louis, en verskeie ander familieledesteeds woon, so dikwels moontlik.

Langeberg se jong rolbalspelersstaan hul man in OudtshoornSewe leerders aan die Langeberg Se-kondêre Skool het onlangs hul heeleerste rolbaltoernooi beleef. Boonophet dít met die opwinding om na ’n an-der dorp te reis, gepaard gegaan.

Die sewestuks het as verteenwoordi-gers van die Robertson-rolbalklub aandie 2014 Jeugfees in Oudtshoorn gaan

deelneem. Hiér het hulle ondanks ysi-ge weer die beste voetjie voor gesit enhet hulle, saam met 14 ander verteen-woordigers van die Boland, ’n baiegoeie indruk op hul opponente uit dieWestelike Provinsie en Suid-Kaap ge-maak.

Die jong spelers het vanuit die staan-

spoor geleer dat rolbal, anders as watbaiedalkreken,heelwatkonsentrasie,harde werk en deursettingsvermoëverg. Nie dat dít hulle in die minste af-geskrik het nie! Hulle is van voornemeomaantehoumetdiespelwat,volgenshulle, hope pret en baie uitdagend envervullend is, óp en ván die perk.

Sewe leerders aan Langeberg Sekondêr was deel van die Bolandspan wat onlangs aan die Jeugspele op Oudtshoorn deelgeneem het.Hier is die spanlede saam met hul ondersteuningspan.

BOKKIES VIR SPORT: Dié lede van Robertson Social Netball het onlangs gewysdat hulle nie net ’n voorslag op die netbalbaan is nie, maar ook gedugteteenstanders op die rugbyveld is. Tydens ’n raakrugbywedstryd wat deel wasvan die Robertson-Ooskerk-karnaval, het hulle hul wedstryd met 4-2 gewen.

GOLF TIP OF THEWEEK: Turn your chestto the target. This willhelp develop a fullshoulder turn throughthe ball which willlead to more crispshots. This will helpgenerate more club-head speed and willalso help with a high-er ball flight.