44
ProAgri ProAgri tegnologie vir die boer technology for the farmer April 2011 Nr / No 135 ISSN 1042–1558 | Veilings | Hulpbronbestuur | Toerustingkeuse | Wen op die werf Spesiaal! Ondersteun ons mense by Nampo: Kry jou kaart binne Valtrac se Bronto E-500 pers puik voer uit soja AgriTrader Alfa Kuikens: Daar’s geld in hoenders

ProAgri 135, April 2011

  • Upload
    tsmike

  • View
    399

  • Download
    1

Embed Size (px)

Citation preview

ProAgriProAgritegnologie vir die boertechnology for the farmer

April 2011Nr / No 135

ISSN 1042–1558

| Veilings | Hulpbronbestuur | Toerustingkeuse | Wen op die werf

Spesiaal!Ondersteun ons

mense by Nampo:Kry jou kaart binne

Valtrac se

Bronto E-500 pers puik voer uit soja

AgriTrader

Alfa Kuikens: Daar’s geld in

hoenders

ProAgri 135 – April 2011 5

In hierdie uitgawe

Tel/fax: 012-362-27321218 Arcadia st, Hatfield, Ptawww.smartpublishing.co.za

Redakteursbrief

RedakteurAnnemarie Joubert > [email protected]

WebredakteurCoenraad Rall > [email protected]

Senior bemarkerStefan van Wyk > [email protected]

AgentskappeCarmel Ann Singh > 079-515-8708 [email protected]

BemarkersAnelda Strauss > [email protected] van Eeden > [email protected] Schmahl > [email protected]

Uitleg & grafika Esta van [email protected]

TaalversorgingMediadienste

Rekeninge & intekeningPaula MacMavis > [email protected]

GedruktemediabestuurderSuzanne Rall [email protected]

Sakebestuurder George Grobler [email protected]

Inhoudsopgawe / Contents

Copyright © 2011. All rights reserved. No material, text or photo graphsmay be reproduced, copied or in any other way transmitted without thewritten consent of the publisher. Opinions expressed are not necessarilythose of the publisher or of the editor. We recognise all trademarks andlogos as the sole property of their respective owners. ProAgri shall not beliable for any errors or for any actions in reliance thereon.

Voorblad

Die ProAgri-span

Daar is ’n afwagting in die lug, so ’n bruising in die boere-bloed, want een van die dae is dit weer tyd vir kyk en kuier

by Nampo. ProAgri het vir hierdie spesiale Nampo-uitgawe byons gereelde adverteerders aange-klop om uit te vind wat dieboere te wagte kan wees, want ons weet uit ondervinding dat’n boer daarvan hou om eers sy huiswerk te doen voor hy sybeursie uithaal.

Om u nog verder te help om u besoek aan Nampo te beplan, het ons ’n terreinplan in die middel van die tydskrif gesit, wat u kan gebruik om al die uitstallers wat in hierdie uitgawe adverteer, op die Nampo-terrein te vind.

Die onverwagse afsterwe van een van ons adverteerders, mnr Koos Vermeulenvan Vermillian Verf, was vir ons ’n groot skok. Ons bid sy familie, vriende en kollegas sterkte toe. Ons is oortuig dat Vermillian sal voortgaan om die gehalte produkte te lewer waaroor ons onder meer in hierdie uitgawe skryf. Boere kan geruskennis neem van die unieke waterdigtingsmateriaal wat Vermillian ontwikkel het.

Die waarde van vennootskappe in die inligtingsbedryf kan nie onderskat wordnie. Daarom het ProAgri ook hande gevat met die organiseerders van die allFresh!-konferensie wat in Oktober by Sun City plaasvind. Ons vertrou ons gaan deur hierdie verbintenis ook waardevolle inligting oor veral groente- en vrugteboerderybekom wat ons u kan deurgee. Volg gerus die skakel op ProAgri se webwerf(www.proagri.co.za) om meer oor allFresh! uit te vind.

Geniet hierdie heerlike propvol uitgawe en ons sien mekaar by Nampo!

11

18

24

27

29

9

M A S S M E D I A S P E C I A L I S T SSMARTPUBLISHING

Voorbladartikel7 Druk meer uit voer met deurpersing

Meganisasie9 Laers van die hoogste gehalte

Instandhouding11 Boender kieme uit met waterdigting

Hulpbronbestuur12 Kyk na ons grond14 Pas op! Inkbessie kan jou vee afskryf16 Bewaar water sonder sukkel18 Maak water goedkoop warm20 Maak jou water veilig

22 Ondersteun ons mense by Nampo:Terreinplan

Gewasproduksie24 Wat beteken insekdoder groepkodes?

Georganiseerde landbou27 TLU SA is daar waar dit saak maak

Veeboerdery29 Daar’s geld in hoenders30 Rolo maak kleingeld van bale uitry31 Eet lekker, bespaar geld, verdien geld

Rubrieke32 AgriKyk & Lees32 AgriLag33 Werfnuus

Handelsnuus34 AgriGids38 GeneGids40 Veilings

Met Valtrac se vernuftigeBronto E500-deurpers-masjien kanenige boer nousojabone in ’njaptrap in voedsame, heerlikeveevoeromskep. Leesmeer op bladsy 7.

www.proagri.co.za

www.proagri.co.za 7ProAgri 135 – April 2011

Meganisasie

’nMagdom voedingswaarde lê in elkesojaboon opgesluit, maar

ongelukkig kon die veeboer dit totdusver nie vir sy diere benut voordatdie verwerker daarmee klaar is nie.

Goeie nuus vir boere is dat Valtrac,die verskaffer wat die boer verstaan,nou vir die boer die geleentheid bied omself sy sojabone (of ander bone ofgraan) deur te pers sodat dit geskik virveevoeding is.

In die proses word die nie-voedsamefaktore in soja geneutraliseer, maar dieproteïne, vitamine en aminosure wat sonoodsaaklik vir goeie gesondheid is,behou. Sojabone met ’n voggehalte van10 tot 14% word as grondstof gebruik.

Deurpersing (extrusion) is die proseswaarvolgens sojabone in een prosesfyngemaal word en dan deur ’n sterkmetaalbuis onder geweldige hoë druk(40 atmosfeer) en teen ’n hoë tempera-tuur (120 tot 150 grade C) deur ’n wurmaangedrewe element deur ’n kleinopening gepers word. Sodra die

Druk meer uit voer met deurpersingdeurgepersde materiaal met diebuitelug in aanraking kom, plof dit ooptot bros, krakerige pilletjies.

Met hierdie enkele, eenvoudigeproses word die volgende bereik: maal,sterilisasie, hittebehandeling, volume-vermeerdering, brosmaking en stabilisering.

Deurpersing is ook die proses watgebruik word om kaaskrulle te maak ennet so lekker as wat kaaskrulle virkinders is, so is deurgepersde soja virbeeste, skape, varke en perde.

Dit alles word moontlik gemaak deurdie Bronto E-500-deurperser wat Valtrac binne bereik van elke boerplaas. Met hierdie vernuftige masjienkan jy rantsoene vir vee, troeteldiere ofpluimvee maak, en volvetsoja, kanolaen sonneblom deurpers om ’n produkmet ’n hoë verteerbaarheid en vry vanskadelike mikro-organismes en andernadelige stowwe te maak.

Sojabone, gort, rog, mielies, koring,ertjies, kanola en sonneblomsaad kanmet die deurperser verwerk word.

Die eindproduk is smaaklik, maklikkoubaar, maklik en volledig verteerbaar,voedsaam en sonder enige skadelikestowwe. Vir die boer is dit sinvol omdatdit hom die volgende bied:

• Voer van ’n hoë gehalte.• Bespaar 40% graan in die voer

van vee.• Bespaar 30% van die energie by

soja, kanola en sonneblom teenooroliepersing.

• Benut beskikbare voerprodukte doeltreffend.

• Raak ontslae van mikro-organismes in substandaard grondstowwe.

• Omdat dit bros is, neemdit maklik vloeistowwesoos melasse op.

Valtrac se Bronto E-500-deurpersmasjien omskep sojabone in ’n japtrap tot smaaklike, gesonde, veilige veevoerpille.

Valtrac is reeds wyd bekend as diemaatskappy wat die boer se probleme verstaan en immer beteroplossings bied. Praat met Valtrac sebehulpsame mense by 056-817-7308vir toegewyde diens en die hoogstekundigheid enige plek in die land.Besoek ook www.valtrac.co.za virmeer inligting oor Valtrac se Valtra-trekkers en ander werktuie wat dieboer se lewe lekker en lonend maak

Proewe het bewys dat deurgepersdevoer kan help om die gemiddeldedaaglikse gewigstoename van vee enpluimvee met 50 tot 60% op te skuif enmelkproduksie met 1,5 tot 1,7 keer.

Deurpersing met Valtrac se Bronto E-500 is ’n verstandige opsie, want:

• Dit verg ’n lae kapitale uitleg.• Dit gebruik min energie.• Dit neem min ruimte in beslag.• Dis maklik om te doen.• Dit het ’n verskeidenheid

aanwendings.• Dit lewer eindprodukte van ’n

hoogstaande gehalte.

Tubeline-baaltoedraaier

Macdon M150-selfaangedreweplatsnyer met MacDon D60D-tafel

Macdon A30D-sleepmodel snyerkneuser

Macdon R80-sleepmodel-tolsnyer

TL5500AX2-ronde envierkantige baaltoedraaier

Dion-kuilvoerkerwerF41 en F41KP

Brillion-fynsaadplanter SSP12

Koppe beskikbaar om opDion-kuilvoerkerwer te pas

Provitis - wingerdtoerusting

“Pre Prunner”

“Trimmer”

Macdon D60-stropertafel

Pickett-bone-oesmasjien

One Step

One Step - Ahead

Skakel Jurie Swart 021-907-8025 / 083-375-8840

Louis van der Merwe021-907-8000 / 072-626-8409

Shaun Fourie021-907-8021 / 082-803-1014

MacDon FD70 FlexdraperStropertafelKom besoek

ons by Nampo

Standplaas 94: 17-20

Mei 2011

9www.proagri.co.za ProAgri 135 – April 2011

Meganisasie

Praat met Basie by 083-306-4059 om te hoor waardie verskaffer naaste aan jou isof besoek www.bearings.co.zavir ’n produklys.

Bearings International hou die landbou aan die rol.

Bearings International:Laers van die hoogste gehalteBearings International, met die leuse

“Your Solutions Partner”, is een vandie leiers in die Suid-Afrikaanse land-boumark met die voorsiening van laersen transmissieprodukte.

Bearings International streef daarnaom deur sy 53 takke landswyd,toegevoegde waarde aan die eindver-bruiker te bring.

Toegevoegde waarde soos ʼn noodlynwat 24/7 beman word, personeel mettegniese vaardighede, probleemoplos-sing en opleiding, word verskaf tesamemet produkte van internasionalegehalte en handelsmerke, onder meerFAG, INA, Koyo, KML, Good Year,Rexnord, Loctite en Bauer, om net ʼn

paar te noem.Kom besoek gerus ons

uitstalling by die Nampo-skou waar ons gespesialiseerde personeel u meer kan inlig oor ons wye verskeidenheid van produkte.

Nuut op ons rakke is die Jonnesway-gereedskap-reeks en wat ook by Nampo besigtig kan word.

Bearings International streef daarna om ʼn vennoot in u suksesvolle besigheid te wees.

www.proagri.co.za 11ProAgri 135 – April 2011

Instandhouding

’nAbsolute voorvereiste vir wins-gewende varkboerdery is honderd

persent higiëne. So sê John Westerinkvan Hunter’s Rise-varkboerdery net buiteViljoenskroon in die Vrystaat.

Daarom tref die boerdery alle moont-like maatreëls om biosekuriteit te handhaaf. Werknemers stort voor hulledie varkhokke betree, dra spesiale klereen die varkhokke word met spesialeskuimseep en ’n hoëdrukspuit skoongemaak en ontsmet.

Maar beton is altyd poreus. Diep indie krakies en barsies van die beton-vloere en gepleisterde steenmure skuilsteeds hardnekkige bakterieë en virussewat die siekterisiko van ’n boerderygevaarlik verhoog.

Gelukkig is daar ’n doeltreffendeoplossing vir die probleem, vertel John:Vermillian Verf se ontsmettende seëlaardring diep in die vloere en mure in enverseël dit honderd persent sodat daargeen inkomplek vir selfs die skelmstekiem of selfs reuk oorbly nie.

Hierdie unieke waterdigtingsmiddelwerk met nanotegnologie, wat betekendat die deeltjies waaruit dit bestaan soklein is dat dit tussen die betonmolekulesindring en letterlik daarmee verbind. Ditkan dus nie lostrek soos gewoneseëlmiddels nie.

Omdat die deeltjies soveel kleiner aswatermolekules is, kan water wat daaroplê glad nie uiteindelik daardeur syfer

soos met gewone water-digting nie. As Vermillianpraat van dig, dan bedoelhulle honderd persentdig, sê John.

Boonop bevat Vermil-lian se ontsmettendeseëlaar ’n antiseptiesemiddel wat sorg dat dievloer of muur waarop ditaangebring word, vol-kome kiemvry is. Wanneer varkhokke watmet Vermillian se water-digting waterdig gemaakis, skoongespuit word, blydaar geen kieme, bak-terieë of reuke oor nie.

Varke verkies omskoon te wees en isgelukkiger as ’n menshulle skoon omstandig-hede bied om in te leef.Dit, saam met die afwe-sigheid van kieme en bakterieë wat siektesveroorsaak, bring mee datbeduidend minder varkevrek en dit stoot ook die

speengewig op – wat alles meer geld indie boer se sak beteken.

By Hunter’s Rise-varkboerdery het dieproduksieverbetering wat Vermillian sewaterdigting meegebring het maklik diekoste van die verf betaal en nou is dit aldie pad wins met skoon, tevrede,gelukkige, gesonde varke.

Dis maklik om Vermillian se water-

Vermillian se ontsmettende seëlaar dring elke krakie enbarsie in elke varkhokmuur en -vloer doeltreffendbinne en smelt daarmee saam om dit absoluut honderdpersent dig te verseël. Dit verseker dat geen kiemedaar kan skuil om die winsgewendheid van dieboerdery te benadeel nie. Vermillian se waterdig-tingsmiddels werk ewe doeltreffend in alle dierebehui-sing, slaghuise, verwerkingsaanlegte en op sink- enbetondakke.

Vermillian Verf:

Boender kieme uitmet waterdigting

Skakel Vermillian Verf by 012-335-0330of 012-546-3350 asook 083-697-6798 of082-491-8272. Besoek ook enige vanVermillian se winkels of die webwerf,www.vermillianpaint.com. Lees in verledemaand se ProAgri meer oor waterdigting en hoe Vermillian roes troefmet Verust. Volgende keer vertel ProAgrimeer van temperatuurbeheer met behulp van Vermillian.

As jy gelukkige, tevrede, gesonde varke wil grootmaak, is higiëne baie belangrik.Daarom het Hunter’s Rise-varkboerdery naby Viljoenskroon hulle varkhokke se mureen vloere met Vermillian Verf se ontsmettende seëlaar behandel sodat geen kiem,bakterie of reuk daarin skuilplek kan vind nie. Dit werk!

digtingsmiddels aan te wend; nie net invarkhokke en ander dierehuisvestingsoos melkerye, hoenderhuise en stallenie, maar ook in verpakking- en ver-werkingsaanlegte en slagterye waar hon-derd persent higiëne ’n vereiste is, en opsink, teel en betondakke waar dit lek totin die verlede boender.

Vermillian se waterdigting is rekbaarder en skeurtraer as akriel-waterverdigting, sodat dit uitsetting eninkrimping baie beter weerstaan. Dit,saam met die feit dat dit nie bloot opplak soos ander produkte nie, maar indie behandelde oppervlak insmelt en deeldaarvan word, verseker dat boere nounie meer aanhoudend met waterdigtinghoef te sukkel nie – Vermillian doen ditdie eerste keer reg. Vermillian is immersdie verf wat kan dink.

Maar waterdigting is nie al wat Vermillian jou bied nie. Dié vindingrykehoëtegnologiemaatskappy is die plek omaan te klop vir al jou verfbehoeftes. Vermillian bied nie net die regte produkte nie, maar ook die regte raad.

Kyk na ons grond (2)

In die vorige artikel het ons gekyk nadie rol wat die grondsoort speel in die

keuse van grondbewerking. In hierdieartikel kyk ons na faktore soos diediepte van bewerking, die invloed vanlangtermynproewe op aanbevelings,asook die koste van verskillende bewerkings.

Diepte van bewerkingDie diepte van grondbewerking op verskillende gronde staan regstreeks inverband met die grondsoort enkleipersentasie daarvan. Indien nie aggegee word op die verband nie of verkeerde werktuie aangewend word,kan opbrengsverliese gely word.

Die skrywer van hierdie artikel enkollegas het verskeie dieptebewerkings-proewe uitgevoer op twee grondsoorte,naamlik ’n sandgrond van 10 tot 15%klei en ’n sandleem van 15 tot 20% klei.

Verskillende klimaatstoestande isgedurende die vier seisoene ondervind.Tog het die resultate duidelike tendensegetoon. Uit die proef-werk het tweefeite duidelik na vore gekom:

• Elke grondsoort het ’n optimum bewerkingsdiepte

• Te aggresiewe bewerkings kan net sonadelig wees as te vlak bewerkings.

Die vier jaar se gemiddelde resultateword soos volg opgesom.

• Vir die grondgroep waarvan diekleipersentasie tussen 10 en 15% wissel, was die gemiddelde opbreng-ste in die algemeen ± 0,45 ton/habeter as by die hoër kleipersentasiegrond. Dit dui op ’n beter vog-berging- en vogleweringvermoë vandié gronde vir benutting deur die oesin kritieke fases.

• Soos die kleipersentasie van diegronde daal, so vermeerder die behoefte aan ’n dieper bewerking ommaksimum opbrengste te bereik. Dieresultaat was baie duidelik deurdatby die 10 – 15% klei die optimumdiepte van bewerking en opbrengseers tussen 350 – 400 mm bereikword, terwyl die ooreenstemmendeoptimum op die 15 – 20% klei reeds

op 275 – 325 mm diepte bereik word.• Baie aggressiewe bewerkings soos

wat verkry is met die skeurtandtoegerus met ’n groot vlerkskaar(deltaskaar) het opbrengste laatdaal, veral op die grond met ’n laerkleipersentasie. ’n Moontlike verkla-ring is die volgende: Die plantont-wikkeling op die persele is baiegestimuleer en het hoë plante metgroot blaaroppervlaktes en groot wortelstelsels ontwikkel, wat baie rojaal vog verbruik het. Tydens diekritieke fase van bestuiwing en pitvulen ’n gesamentlike afname in reën-val, was die persele se vogreserwe gevolglik reeds so uitgeput datstremmings ontstaan het wat in die opbrengste weerspieël word.

• Dieselfde tendens is verkry met bewerkings wat dieper as die optimum uitgevoer is en waar laer ofdieselfde opbrengste verkry is. Diebykomende koste wat aangegaan isom sulke aggressiewe of dieper-as-optimum bewerkings uit te voer, is

Hierdie is die tweede artikel in die reeks oor grond en grondbewerking, opgestel deur JP le Roux.

Grondgroepe

Bruin en vaal ligte sandgrond

Rooi, bruin en vaal ligtesanderige grond wat op normale ploegdiepte nie veelswaarder word as in diebogrond nie

Rooi, bruin en vaal mediumleemgrond wat op ploegdieptegeneig is om effens swaarderte word as in die bogrond

Swaar rooi kleigrond watswaarder word op ploegdiepteen swaarder kleigrond metgeel klei in die ondergrond

Vaal gebroke kleigrond metpotklei in die ondergrond

Swaar turfgrond

Bewerkingsmetode

1 Somerploeg en plant2 Spoorverkeer*

(Vermy disbewerking)**(Maak seker van verdigte lae)***

1 Somerploeg en -plant2 Deklaag/Krap3 Spoorverkeer*

(Vermy disbewerking)**(Maak seker van verdigte lae)***

1 Deklaag/Krap2 Somerploeg en -plant3 Swaar disbewerking4 Spoorverkeer*

(Vermy winterploeg in droë grond)****

1 Deklaag/Krap2 Swaar disbewerking3 Spoorverkeer*

(Vermy winterploeg in droë grond)****

1 Deklaag/Krap2 Swaar disbewerking3 Spoorverkeer*(Vermy winterploeg in droë grond)****

1 Deklaag/Krap of dis in droë grond opgevolg met plant in droë grond

2 Indien voldoende lentereëns voorkom, kan vlak lenteploeg toegepas word, opgevolg met krapbewerkings met plant.

3 Dieselfde as 1 maar saadbedding bewerk met tandwerktuie in nat grond en daarna plant.

4 Spoorverkeer*(Vermy winterploeg in droë grond)****

Diepte (mm)

250 – 300300 – 400

200 – 250200 – 300250 – 300

150 – 200150 – 200100 – 150200 – 250

150 – 200100 – 120200 – 250

150 – 200100 – 120200 – 250

100 – 150

120 – 150

150 – 200

In Tabel 1 word hierdie riglyne vir u gerief saamgevat. Let veral op na die aanbevelings vir bewerkingsdiepte en ander waarskuwings oor die toepassing van sekere praktyke.

Klei %

Onder 15%

15 – 20%

20 – 30%

30 – 45%

30 – 45%

Meer as 45%

* Spoorverkeer beteken skeur-ploegbewerking (“rip”) op die ry en pas beter by 1,5 meter rye.

** Hierdie gronde is geneig om baie fyn te werk en is dan onderhewig aan wind- en watererosie. Net een disbewerking gedurende die wintermaande om stronke te sny, word aanbeveel. Waar EPTC op somergeploegde gronde toegedien word, word ’n tandwerktuig aan-beveel.

*** Verdigting kom veral op sanderige grond voor. Profiel-gate behoort gegrawe te word om verdigting te identifiseer

**** Waar voldoende vog in die winter of lente teenwoordig is, kan ’n ploegbe-werking op hierdie grond uit-gevoer word.

Hulpbronbestuur

ProAgri 135 – April 2011 www.proagri.co.za12

vervolg op bl13

www.proagri.co.za 13ProAgri 135 – April 2011

nie in verhoogde opbrengste verhaalnie en het, inteendeel, ’n laer inkom-ste tot gevolg gehad.

Met hierdie verdeling as grondslag, isdaar deur die jare verskillende grondbe-werkingstelsels op hierdie grondsoortegetoets. Met die resultate wat verkry is,is grondbewerkingsriglyne vir die verskil-lende grondsoorte opgestel.

Koste van bewerkingDie keuse van ’n grondbewerkingsprak-tyk sal nie voltooi wees as die koste vandie verskillende bewerkings nie metmekaar vergelyk is nie. In die Megani-sasiegids 2011 wat deur die skrywer vanhierdie artikel opgestel is, word die kostevan die verskillende praktyke en verskil-lende trekker-kombinasies in vergely-kende tabelle aangetoon.

Die Meganisasiegids kan bestel wordby [email protected] of skakel082-828-9531.

AanbevelingOm ’n gevolgtrekking te maak dat eenbewerking (wat reg uitgevoer word)beter as ’n ander bewerking is (wat reguitgevoer word) is dus nie moontlik nie.

Ander faktore speel ’n rol in dieWortelontwikkeling wat belofte van ’n goeie opbrengs inhou.

Die Meganisasiegids vir 2011 is nou beskikbaar teen R200 (posgeld ingesluit)Bestel joune by [email protected] of 082-828-9531.Lees resensie op bl 32

Bestel!

keuse van ’n spesifieke grondbewerk-ingstelsel. ’n Paar van hierdie faktoreword hier genoem.

• Spesifieke voorkeur van die boer.• Die koste van ’n stelsel.• Die invloed wat die stelsel op die

totale kapitale belegging in masjineriehet. Sommige stelsels benodig beslisminder trekkers.

• Faktore soos grond- en winderosiekan ’n bydrae lewer tot ’n sekerekeuse.

• Kontoerwalle en veral die spasiëringvan die walle speel ’n rol.

Dit word dus aanbeveel dat, indien u op’n sekere grondbewerkingstelsel besluit,u seker moet maak dat dit reg uitgevoerword. Die grondbewerkingsdiepte speel’n belangrike rol in die sukses van diestelsel en spesiale aandag moet hieraangegee word.

Wanneer u dit oorweeg om na ’nander bewerkingstelsel oor te slaan,moet u seker maak dat u dit om dieregte redes doen. Ontleed alle faktore voordat u ’n besluit neem.

In die volgende artikel gaan ons diegrondbewerkingstelsel van geenbewer-king bespreek.

Hulpbronbestuur

Hulle groei in vrugbare en onvrugbaregrond, hulle plant maklik voort, het

pragtige geel blomme en hulle vergiftigons diere! Die inkbessie (Cestrum laevigatum) is een van ’n verskeiden-heid indringerplante wat besig is omSuid-Afrika se natuurlike weiveld te verwoes.

Die plant is nie net ’n probleemweens sy vinnige verspreiding nie, maarook omdat sy blare en bessies giftig isen tot vrektes onder skape, bokke enbeeste kan lei. Selfs kinders het algesterf nadat hulle die groen bessiesgeëet het.

Die meeste gevalle van inkbessie-vergiftiging kom in Junie en Julie voorwanneer die bessies nog groen is enweiding skaars is. Boere moet dus nouoptree om die pes beveg, voor dit nog ’nseisoen se ellende kan veroorsaak.

Attie en Elrina Juyn wat in diePotchefstroom-omgewing naby die Vaal-rivier boer, het ’n hulpkreet na ProAgri

gestuur in ’n poging om boere en anderinstansies bewus te maak van diegevaar.

Elrina skryf: “Kromdraai en grootgedeeltes van die Koepel (ja, die bewa-ringsgebied) het kanker! Ons het dieafgelope jaar-en-’n-half al R14 000bestee aan die gif en diesel waarmee ditgemeng moet word.”

Soos met die bestryding van diemeeste indringerplante is die kern vandie probleem dat nie almal saamwerknie. Dit help nie een boer doen sy pligen die voëltjies, wat hulle nie juis aanheinings en die gif in die bessies steurnie, dra maar net weer die bessies oordie plaas se grens nie. Net so help ditook nie dat die boere uit hulle pad gaan,maar die stadsrade en ander owerhedeis laks nie.

Elrina som dit so op: “Ek voel in hierdie stadium oorweldig deur die omvang van die toestand en voel onsvoer ’n verlore stryd. Solank daar opbuurplase (en langs die pad!) van dieplante in massas blom, word die bessiessoos ’n veldbrand deur voëls versprei enjy begin telkens maar net weer van vooraf.”

Roei die indringers uitMnr Piet Theron van die Departementvan Landbou, Bosbou en Visserye op

Potchefstroom het in reaksie op ’nnavraag van ProAgri gesê hy is bly datdie media begin om die oorlog saam teveg. Hy het onlangs in ’n artikel in dieplaaslike koerant, die PotchefstroomHerald, ’n ernstige pleidooi gerig datVerklaarde Onkruid en Indringerplante(VOI) uitgeroei moet word.

Hy sê: “Ingevolge die Wet op die Bewaring van Landbouhulpbronne,1983(Wet 43 van 1983) mag geen VOI openige grond voorkom nie en dit sluitstadsgebied in. Aangesien die Departe-ment die uitroei van VOI in ’n ernstigelig beskou, is daar alreeds met dieuitreik van kennisgewings ingevolge dieWet begin en word daar beplan om aansienlik meer kennisgewings uit tereik waar grondgebruikers nie die planteuit eie beweging beheer nie.”

Grondeienaars wat nie hierdie planteuitroei nie, maak hulleself skuldig aan ’nmisdryf, maar mnr Theron sê hy wileerder mense se samewerking hê as omhulle met vervolging te dreig: “Die Departement hoop en vertrou dat allegrondgebruikers sal saamwerk om hierdie plante vrywillig uit te roei aange-sien dit reeds ’n nadelige invloed op dielandbougrond in die distrik het. Dievoorkoms van inkbessie langs die Vaal-rivier neem alreeds ernstige afmetingsaan en boere verloor jaarliks beeste asgevolg daarvan.”

Ken jou vyandHildegard Klein van die LNR se Navor-singsinstituut vir Plantbeskerming skryfin ’n inligtingstuk wat in 1986 uitgereikis, dat die inkbessie toe reeds verspreihet na dele van die Kaapprovinsie,Kwazulu-Natal, die sentrale en suidelikedele van Transvaal, die Noord-Vrystaat,asook Swaziland en Zimbabwe.

Die plant is van Brasilië af ingevoerom as heiningsplant en windskermaangeplant te word, maar dit het in dieveld versprei.

Die vrugte en bas van inkbessiebevat die gifstowwe, saponien en setrumied, wat hoofsaaklik in die jonglote met blare, asook in die jong groenbessies, gekonsentreer is.

Chase Valley-siekte, ’n siektetoestandby beeste wat gereeld in die Chase-vallei naby Pietermaritzburg voorkom,word toegeskryf aan die inname vaninkbessies. Diere wat groot hoeveelhedeinkbessies vreet, vrek gewoonlik skieliken sonder waarskuwende simptome.

Die inligtingstuk beskryf inkbessie-vergiftiging soos volg: “Akute vergifti-ging gaan gewoonlik gepaard metbuikpyn, tandegekners, pogings om diebuik te skop of met die horings by te

In die noordelike dele van die land vorm die inkbessie ’n struik van 1 tot 2 m hoog,maar aan die kusstreke van Natal en die Kaap kan dit die vorm van ’n boom aanneem wat tot 5 m hoog kan groei.

Pas op! Inkbessie kan jou vee afskryf

Soos vele ander gevaarlike indringerplante, hetdie inkbessie ’n skyn van onskuld met sypragtige geel-groen kelkblomme.

ProAgri 135 – April 2011 www.proagri.co.za14

15www.proagri.co.za ProAgri 135 – April 2011

kom, kwyling, tranende oë, ’n kromge-trekte rug, ’n wankelende gang, versnelde asemhaling, swak polsslag,toenemende swakheid en soms gelerigeoogbindvliese en slymvliese.

“Net voor die dood word die worste-ling en skoppery erger en die dood treegewoonlik in na 4 tot 12 uur. In die

geval van minder akute vergiftiging isdie simptome minder ernstig en die toestand kan na 3 tot 4 dae verbeter.”

Kry jou wapensGeen boer of regdenkende grondeie-naar kan tog ’n onskuldige dier so ’nwrede lyding toewens nie, daarom

Twee jaar gelede het die Departement van Landbou begin met ’n veldtog om diestadsraad van Potchefstroom te help om indringerplante uit te roei, maar dit was nieorals ewe geslaagd nie, soos dié inkbessies langs die muur van die stadsraad sekwekery getuig!

moet elkeen saamwerk vir doeltref-fende beheer van die pesplant wat dit veroorsaak.

Mnr Theron sê: “Met doeltreffende beheer word bedoel dat geen saadvor-ming mag plaasvind nie. Die maklikstemetode is om as eerste fase slegs dieplante naby die grond af te sny. Dietweede fase is om die plante algeheeluit te haal. Waar grondtoestande of gebrek aan arbeid dit moeilik of onmoontlik maak om die plante heel-temal uit te haal, kan die afgesaagdestompe net so gelaat word op voor-waarde geen hergroei toegelaat wordnie. Deur alle hergroei gereeld af te snyvoordat dit 500 mm oorskry, sal diewortelreserwes van die plante metter-tyd uitgeput word en sal dit later doodgaan.”

Daar is wel gifmiddels teen dieinkbessie geregistreer, maar navorsingis aan die gang om die gifmiddels te verbeter sodat dit makliker aangewendkan word. Tans moet die middels deurstamaanwending toegedien word. Inpraktyk behels dit dat elke plant eersafgesaag moet word voordat die middelaangewend word.

Die proses is nie maklik of goedkoopnie en daarom is dit belangrik dat ’nhele gebied van ’n kant af skoonge-maak moet word.

Dit is òf dit, òf die alternatief soosdeur Elrina uitgespel: “Party boere geenet moed op met veeboerdery.Inkbessie se gif is verskriklik gevaarlik.”

ProAgri 135 - April 2011www.proagri.co.za 17

Hulpbronbestuur

Bewaar water sonder sukkelopgaar- en slikdamme. Ons kan boereraad gee oor die wetlike vereistes en kanook vir ’n boer ’n akkurate kostebera-ming doen.”

Daarby hoef ’n boer nie bang te weesvir die arbeid verbonde aan iets soos ’ngronddam nie, dit is immers Hefer PlantHire met wie hy sake doen – hulle hetenige masjien wat grond kan verskuif in

Die reën kom op sy tyd, maar sy tydis nie altyd die tyd wanneer ’n boer

water nodig het nie. Dit is waarom dieopgaar van water ’n noodsaaklike deelvan boerdery is.

Maar die meeste boere het ellelangeellendes van sukkel met damme en opgaartenks wat moeilik is om te bou,knaend lek en baie instandhoudingverg. Dit is waarom die oplossings watHefer Plant Hire met hulle hoëdigtheid-poliëtileenvoerings (HDPE) asook voe-rings van polivinielchloried (PVC) bied,so gesog is.

Geosintetiese voering is buigsaam,maar baie sterk. Dit word regstreeks opdie voorbereide grond geplaas en skrikglad nie vir waterdruk of die son nie.Die voering is UV-bestand vir 10 tot 20jaar, afhangende van die dikte van die plastiek.

Hefer Plant Hire verskaf ook nie netdie materiaal nie, maar ’n totalediens-pakket (turnkey operation). Boere kangerus van hulle kundigheid gebruikmaak om te help met die beplanning enontwerp van damme, asook die bou-werk self, belyning en herstel vanbestaande damme.

Shawn Hefer vertel: “Ons het inge-nieurs met jare se ondervinding ommyne te help met die ontwerp van hulle

Skakel Shawn Hefer by 082-496-8696of besoek www.heferplant.co.za virmeer inligting.

Geosintetiese voering is buigsaam, maardit is ook stewig en het ’n baie langlewensduur sodat boere water sondersukkel kan opgaar.

hulle vloot! Hulle het selfs ’n slimmasjien wat op eie stoom die plastiek-stroke aanmekaar vassmelt sodat geendruppel water daar kan deurdring nie.

DIAMOND IMPLEMENTSKERWER, MENGER, VOERDER

van 40% op

mengkoste.

Skakel ons

vir meer

inligting

Nuut!

IDEALE MENGER

Nuut!Die perfekte

konsentraat-

menger.

Ideaal vir

konsentrate,

skaap-, vark- en

pluimvee-

rantsoene.

Meng tot

1500 kg.

Die VoermengerspesialisteBeskikbaar van 4m3 tot 24m3

WAAR TEGNOLOGIE EN NATUUR EEN WORD

VIR MEER INLIGTING, KONTAK: DIAMOND IMPLEMENTS, PO Box 1004, Delmas, 2210, Mpumalanga, Republiek van Suid-Afrika

Tel (+27)13-665-1032, Fax (+27)13-665-1436

epos: [email protected]

BesparingKom besoek ons

by Nampo 17 - 20 Mei 2011

Standplaas 88 D, E

19www.proagri.co.za ProAgri 135 – April 2011

Hulpbronbestuur

Maak water goedkoop warmDit is nie nodig om in sonnige Suid-

Afrika ’n plaas se prys te betaal virwarm water nie. Met die hulp van ’neenvoudige u-koppelstuk wat deurJohan Weideman van Nylstroom ontwikkel is, kan boere

’n Aluminiumstaaf verseker dat die pypevan die verwarmingstelsel nie rondskuifnie.

sommer nou vinnig-vinnig ’n plan maakom water te verwarm vir hulle eie enhulle werkers se gebruik.

Die u-koppeling maak dit maklik omop enige dak of langs die swembad ofplaasdam ’n stelsel te bou wat sonkraggebruik om water warm te maak. Johansê: “Ek wou self so stelsel bou en hetbegin soek na ’n koppelstuk. Ek konnêrens naastenby so iets in die handekry nie en het toe self ’n plan gemaak.”

’n Volledige stel instruksies wordsaam met die koppelstukke verskafsodat die stelsel maklik, maar ooknetjies en stewig opgerig kan word.Daar moet onder meer voorsieninggemaak word vir die uitsetting eninkrimping van die pype sonder omlekkasies te veroorsaak.

Die sommetjie vir die hoeveel-heid warm water wat deur die stelselverkry kan word, is eenvoudig: 100 m pyp wat 40 mm dik is, lewer125 liter warm water en 100 m pypwat 20 mm dik is, lewer 31 literwarm water. Die water word sommer vinnig tot 60 grade Celsius verhit.

Die stelsel kan op sy eie gebruik word of om water te verwarm voor dit by ’n geyser inloop sodat die geyser nie veelkrag hoef te gebruik nie. Vir

Niemand hoef in koue water te bad solank dieson skyn nie. Met Johan Weideman se u-koppel-stuk word waterverwarming maklik en bekostig-baar.

gebruik saam met ’n geyser is dit netbelangrik om van ’n drukklep gebruik te maak.

Om meer uit te vind oor die plan, skakelvir Johan by 082-825-7573 of stuur ’ne-pos aan [email protected]. Die U-koppelstuk word ook deur Agrinetversprei en kan by enige landbou-handelstak bestel word. Die kodes is: 20 mm u-koppelstuk: 45001 en die 40 mm u-koppelstuk: 45002

21www.proagri.co.za ProAgri 135 – April 2011

Hulpbronbestuur

Suid-Afrika se natuurlikewaterbronne (damme,

riviere en ondergrondsewater) se gehalte verslegbaie vinnig en ons bevindons tans in ’n waterkrisis –so beweer onder meerkundiges, wetenskaplikes,navorsing- en opleidings-instansies met goeie rede.

Die regstreekse gevolgvir boere is dat feitlik allewater in opgaardamme entenks ook besmet is en niemeer sonder behandeling“veilig” is vir mens- endiergebruik nie.

Die belangrikste behan-delingstap om hierdiedrinkwater ‘veilig’ te maak,is ontsmetting.

Die goedkoopste, mak-likste en doeltreffendstemanier van ontsmetting isdekades lank al sondertwyfel chlorinering.Voldoende chlorinering vanwater vernietig dodelikebakterieë, virusse en verhoed alge- enslymvorming in opgaar-damme/tenks en pyplyne.

Arch Chemicals verskaf’n reeks van chlorinering-

stelsels en -produkte gemik opdie uiteindelike voorsiening vanveilige drinkwater.

Hierdie stelsels en produkteis spesiaal ontwerp vir gebruikin wateropgaardamme en -tenks en sluit die volgende in:

1. In-line Feeder (inlyntoe-diener) wat tesame metHTH® Scientific™ Slow Release Tablets (stadig-oplosbare tablette)aangewend kan word in watervoerlyne na en van wateropgaardamme of -tenks.

2. HTH® Scientific™ Mini Reservoir Floater(minitenkvlotter) wat inkleiner wateropgaartenks (bv JoJo-tenks) gebruik kanword.

3. HTH® Scientific™ Reservoir Floater (opgaardamvlotter) vir gebruik in groter wateropgaardamme.

Maak jou drinkwater veilig

Vir meer inligting skakel Arch Chemicals by 011-393-9000 (ICM-divisie).

ProAgri 135 – April 2011 www.proagri.co.za22

Agri-Afrika

Arch Chemicals Agrinetsaal 50 & 51

Bearing InternationNamposaal 45 & 46

Diamond Implements Four LakesCaltexsaal 19

John Deere

K2AgriRoodebank Saadsaal 5

Mercedes Benz SA

MonsantoRoodebank Saadsaal 2

Rolo

Shell SA

Tags for AfricaCaltexsaal 48

Turf-ag

Vitamech

Besoek ook gerus al ons telersgenootskappe in diebees- en skaapkomplekse.

46

23www.proagri.co.za ProAgri 135 – April 2011

ProAgri wens graag ons adverteerders wat die geleentheid gebruik hetom in hierdie spesiale Nampo-uitgawe te adverteer,

alle sukses met hulle uitstallings by Nampo toe. Boere wat suksesvol vorentoe wil boer met ProAgri, kan dié verskaffers vind soos op die kaart aangedui.

al ElectroleeNamposaal 32

Irrigation UnlimitedNic Sleepwaens Senter 360

Southtrade

TLU SANamposaal 1

Toyota

Valtrac

Verseker jou onderneming se plek inProAgri se 2012-Nampo-uitgawe. Skakel sommer nou al een van ons bemarkers of stuur ’n e-pos [email protected].

Lys van bemarkers Stefan van Wyk: 082-381-7563Anelda Strauss: 083-748-3413Minnette van Eeden: 079-515-8493Mabel Schmall: 082-563-4427Carmel Ann Singh: 079-515-8708

ProAgriProAgri

Vervaardiger van die spilpunt

Tel: 018-469-1331e-pos: [email protected]

www.senter360.co.za

25www.proagri.co.za ProAgri 135 – April 2011

Gewasproduksie

Wat beteken insekdodergroepkodes?

Ons het al almal gehoor dat landbou-chemiese agente praat van produkte

met verskillende groepkodes en gewonderwaaroor hulle nou eintlik praat. So wat isprodukgroepkodes en wat beteken dit?

Die groepkodes van insekdoders wordgevind op die hoofpaneel van die etiketnet na die registrasienommer en basieseaansprake, maar voor die benoeming vandie aktiewe bestanddele. Indien ’n produkmeer as een aktiewe bestanddeel bevat,word die groepkodes in dieselfde volgordeas die aktiewe bestanddele gelys.

Daar is verskillende maniere waarop ’nproduk ’n insek kan doodmaak, daaromsal ’n groep insekdoders met verskillendename, maar dieselfde wyse van werking,aan dieselfde groepkode behoort (Tabel1). ’n Paar maniere waarop insekdo-ders werk is byvoorbeeld middels wat diesenuweestelsel van ’n insek buite aksiestel (groep 1 hieronder) of middels watdie groeihormoonvlakke beheer sodat dieinsek nooit volwassenheid bereik nie(groep 7 hieronder) of middels wat metdie metaboliese ensieme in die inseklig-gaam bind en so die insek daarvan weer-hou om te voed.

Die insekdodergroepkode wordsaamgestel uit die “Groep” en “Subgroep”.Die subgroepe beteken die produkte istwee verskillende chemiese tipes, byvoor-beeld organofosfate en karbamate, maarmaak steeds die insek op dieselfde manierdood.

As ons kyk na insekte wat weerstand-biedend geword het teen sekere chemie-groepe, is sitrusrooidopluis sekerlik eenvan die belangrikstes.

Hierdie insek is ’n groot kommersiëleplaag in die sitrusbedryf en sonder doeltreffende beheer van hierdie plaag

kan ’n boer verlaagde opbrengs ervaar, syvrugte sal nie uitgevoer kan word nie enboomterugsterwing kan ’n gevolg weesvan swaar besmetting.

Organofosfate (chemie-groep 1B) is ’nbreëspektrum insekdoder wat vir rooidop-luisbeheer en ook vir die gelyktydige beheer van ander insekplae gespuit is.Boere het dus in die verlede baie staatge-maak op ’n spuitprogram waar organofos-fate herhaaldelik gespuit is.

So het dit gebeur dat rooidopluis kortvoor lank bestand geraak het teenorganofosfate. Dit het die landbousektorin die moeilikheid gelaat.

Die probleem is egter oorkom deur insekgroeihormone soos Piriproksifen(groep 7C) in kombinasie met mineraleolie in te span. Juis omdat Piriproksifen inkombinasie met minerale olie (wat ’nsmorende effek op dopluis het) gebruikword, is hierdie groeihormoon al 18 jaarlank doeltreffend teen rooidopluis, sonderenige bewerings van weerstand.

Dit is belangrik dat ons die insekdoder-groepkodes verstaan, sodat dit vir onsmakliker is om die opbou van weerstandin insekte te beveg. Dit geld vir alle land-bouplae soos onkruid, swamme ensiektes.

Die fout wat baie van ons maak is om,onwetend, seisoen na seisoen dieselfdeproduk te spuit of miskien wissel ons dieprodukte af, maar met ander produktewat aan dieselfde groepkode behoort. Asdaar nooit variasie in groepkodes is nie, isdit ’n groot probleem, omdat insekte danweerstand kan opbou teen al die produktewat aan daardie een groep behoort.

In elke plaagbevolking is daar sekereenkelinge wat fisiologies beter toegerus isom die werking van ’n sekere produk-groep te kan oorleef. Dit is juis hierdie enkelinge wat sal oorleef en voortplant endieselfde fisiologiese eienskape aan hullenageslag oordra. Indien produkte uit dieselfde produkgroep aanhoudend gebruik word, sal insekte dus kort voor

deur Johan Marais van Philagro

’n Voorbeeld van ’n produketiket waardie insekdodergroepkode baie duidelikgemerk is deur ’n rooi blokkie.

Tabel 1: Klassifikasie van insekdoders volgens werkswyse. Croplife, IRAC werkgroep

Die rooidopluis teister sitrusboere.

lank weerstand teen alle produkte indaardie spesifieke groep van produkteopbou. Dit is dan dat ons praat vankruisweerstand tussen produkte.

Daar is ’n baie eenvoudige oplossingom hierdie risiko te verlaag. Ons moetprodukte uit verskillende groepkodessaam in ’n spuitprogram gebruik om eenspesifieke plaag te bestry.

Produkte uit verskillende groepkodeskan ook saam gebruik word in ’ntenkmengsel. Dit is belangrik om nie ’nenkele produk meer as vier keer in ’nseisoen toe te dien nie.

Op hierdie manier word die werks-wyse-spektrum van die spuitprogram ver-breed met die gevolg dat individue uit ’nplaagbevolking op verskeie manieregedood word. Die uiteindelike gevolg isdus dat die produkte van albei groepkodesvir ’n langer tydperk doeltreffend sal bly.

Dit is uiters belangrik dat onsnoukeurig oorweeg watter produkte van verskillende groepkodes onssaam in ’n spuitprogram sal spuit om sodoende vir ’n langer tydperk beter beheer te waarborg met die produkte wattans beskikbaar is.

Groep Subgroep Hoofteikengebied van werking Chemiese subgroep ofvoorbeeld van aktiewebestanddeel

1 A Asetielcholien-esterase-inhibeerders KarbamateB Organofosfate

2 A GABA - Gehokte chloriedkanaal- Siklodien organochlorienB antagoniste Fiproniel (of Fenielpirasool)

3 Natriumkanaal-moduleerders Piretroïde, Piretrien DDT4 A Nikotiniese asetielcholienreseptor Neonikotinoïede

B bestryders/-antagoniste NikotienC Cartap, Bensultap

7 A Jeughormoonnabootsers JeughormoonanaloëB FenoksikarbC Piriproksifen

ProAgri 135 – April 2011 www.proagri.co.za26

27www.proagri.co.za

Georganiseerde landbou

GrondeiseDie Krugers boer al geslagte lank in dieKloof van Renosterhoek. Dit is agter dieSudwalagrotte tussen Nelspruit enSabie. Die plaas is nog deur presidentPaul Kruger aan Jan Kruger wat nou alself 65 is, se oupagrootjie toegeken.

Die grondeis wat deur ’n swartgemeenskap teen die grond ingedien is,het dus vir Jan en sy vrou, Santa, as ’ngroot skok gekom. Gelukkig is hulle ledevan TLU SA en Jan het die hulp van PietKemp, TLU SA se grondeiskenner, ingeroep.

Die eis teen al sewe plase in die Kloofis later teruggetrek, want met die TLUSA se kundigheid kon daar bewys worddat die gemeenskap nooit daar gewoonhet nie.

Santa Kruger vertel: “Daar is grafte uitgewys op ’n plaas oorkant die rivier,maar beslis nie hier by ons nie.”

Van die 336 eise wat TLU SA in dieOos-Streek hanteer het, is 20% ampte-lik teruggetrek en die res is almal as ongeldig bewys, hoewel die staat se papierwerk nog nie afgehandel is nie.

GrondbelastingBennie van Zyl, hoofbestuurder van TLUSA, sê: “In Suid-Afrika het daar oor dielaaste dekade heelwat wette op die wetboek beland wat nie in die belangvan voedselsekerheid en die landboueris nie. Boere ly daaronder, maar probeerdit meestal hanteer na die beste vanhulle vermoë, want hulle is wetsgehoor-same mense.”

Dit is so dat daar aan die bestaanvan ’n wet soos grondbelasting nie veelgedoen kan word nie, maar die toepas-sing daarvan kan wel fyn dopgehouword. Dit is waar ’n verteenwoordigendeliggaam soos TLU SA ’n groot verskilkan maak. ’n Boer se werk is om kos teproduseer, nie om wette te bestudeernie.

teen die ANC-jeugleier, Julius Malemase strydkreet, Dubul' iBhunu, wat letterlik beteken: “Skiet die boer”.

In ’n land waar geweld hoogty vier,moet iemand onverantwoordelikepolitici, wat hierdie geweld net verderaanblaas, in die bek ruk. Hoeveel

boere kan dit bekostig om op hulle eieso ’n saak te dryf?

StandpunteVolgens mnr Van Zyl word die aksiesvan TLU SA uitgevoer binne die raam-werk van beleidsbeginsels wat elke jaarby die organisasie se nasionale kongresbevestig en in standpunte verwoordword.

TLU SA het ’n federale struktuur watbeteken dat elke lid van ’n plaaslikeboerevereniging deur sy verkose verteenwoordigers tot op die hoogstevlak inspraak het. ’n Hoofraad,bestaande uit verteenwoordigers uit aldie streke, kom gereeld bymekaar ombesluite te neem oor die praktiese uitvoering van die kongres se besluite.

Op TLU SA se webwerf(www.tlu.co.za) word die organisasie sestandpunte oor sake soos volhoubareboerdery, skakeling met die owerhedeen ander landbou-organisasies, veiligheid, plaaslike owerhede en transformasie uiteengesit.

TLU SA se kategorieë van lid-maatskap maak voorsiening vir voltydseen kommersiële boere, asook deeltydseboere, kleinhoewe-bewoners en enigiemand wat as Vriend van TLU SAwil aansluit.

TLU SA het onlangs ’n ooreenkoms met Georgië geteken om die land, wat grootskade onder die kommunistiese bestel gely het, te help om weer sy landboubedryfop die voete te kry. Hier is Georgië se minister van diaspora, Mirza Davitaia, by Bennie van Zyl, hoofbestuurder, en Ben Marais, president van TLU SA.

John Anderson van Oos-Londen is baietevrede met die raad en bystand wathy van TLU SA ontvang het met betrekking tot grondbelasting.

ProAgri is ’n borg van TLU SAse Kongres 2011 wat in September plaasvind.

TLU SA is daar waar dit saak maak

Al die besonderhede en lid-maatskapvorms is beskikbaar op diewebwerf. Besoek www.tlu.co.za ofskakel die hoofkantoor in Pretoria by012-804-8031 vir meer inligting.

Die fyn bestudering van die grondbe-lastingwet het vir John Anderson en ’npaar ander TLU SA-lede in die Oos-Londen-omgewing tot dusver groot voordele ingehou. As gevolg van dieverkeerde toepassing van die wet, betaal hulle nie grondbelasting soos dieander boere om hulle nie. John sêgraag: “Ons het hulle met hulle eie latgeslaan!” Hy sê die raad en bystand wathulle van TLU SA en sy verteenwoordi-gers ontvang het, was absoluut profes-sioneel en het hulle gehelp om ’noorwinning teen die Buffalo City-munisi-paliteit te behaal.

VeiligheidTLU SA se landelike beveiligingsplanbestaan nou al dekades lank en kanaangepas word om voorsiening te maakvir veranderende omstandighede ennatuurlik verskillende gemeenskappe.

Die plan skep ’n struktuur waarbinnemense mekaar oppas. Waar almalsaamwerk, werk die plan baie goed enselfs in dorpe wat die plan aangeneemhet, is daar ’n dramatiese daling in misdaadsyfers. Louis Trichardt is ’nvoorbeeld van so ’n dorp waar plaas- endorpsbewoners hande gevat het, diehele omgewing in sektore verdeel het enmekaar ondersteun met baie goeiegevolge. Die misdaadsyfer het met 85%gedaal.

Veiligheid gaan egter nie net oorbeskermingsaksies op grondvlak nie, ditgaan ook oor klimaatskepping. Dit iswaarom die TLU SA besluit het om betrokke te raak by die hoëprofiel-saak

ProAgri 135 – April 2011

ProAgri 135 – April 2011 www.proagri.co.za28

29www.proagri.co.za ProAgri 135 – April 2011

Veeboerdery

Hoenders kraai koning as ’n immergroeiende bedryf wat ’n goeie aanvul-

lende inkomste en kontantomset in jousak kan laat beland. Dit kan jou deurdratussen oestye, want die dae toe vrouliefmaklik werk in die dorp kon kry om diepot tussendeur aan die kook te hou, isverby.

Die hoendermark in Suid-Afrika groei konstant tussen 10 en 15 persent per jaaren die onlangse skandaal van hoenderswat met soutwater ingespuit word, het dieeerbare, kleiner slaghoenderprodusentnog verder bevoordeel.

As gesonde en bekostigbare voedsel –en ook omdat dit so lekker is – word hoendervleis al hoe gewilder.

Een wyse boer wat munt slaan uithoenderproduksie, is oom Braam Pretoriusvan Dankbaar Kuikens by Hartswater.

Dankbaar Kuikens het oorspronklik dielig gesien om ’n meer deurlopende kontantvloei op sy skemagrond te

bewerkstellig. Uiteindelik het dit oomBraam se hoofbedryf geword, sodatDankbaar Kuikens vandag ook ’ngoedgekeurde hoenderslagpale insluit,wat so 800 hoenders per dag kan slag.

Die hoenders word heel of in porsies verpak en verwerk tot produkte soos ontbeende of gerookte hoender, hoender-worsies, -sosaties en -frikkadelle vir supermarkte en die private koper.Dankbaar Kuikens se hokke maak voorsiening vir 1 000 hoenders elke tweeweke. Dit beteken dat die slagtery ookhoenders van ander boere inkoop vir hulleeie markte.

Hulle slag ook ander hoenderboere wathulle eie bemarking doen, se hoenders.Dankbaar Hoenderslagpale handhaaf diehoogste gehalte en die Departement vanVleishigiëne en Gesondheid hou gereeldinspeksies. Hoenders word op die meeshigiëniese manier geslag en dan onmiddellik afgekoel na amper vriespuntom ’n vars, gesonde produk te verseker.

Haakplekke in die bedryfMaar hoenderproduksie is gewis nie sonder haakplekke nie. “Hoenderboerderyhet onbeskryflike potensiaal vir die manwat wil – maar is ook die vinnigste omgeld mee te verloor as jy dit nie reg doennie,” sê oom Braam.

As jou hoenderhuisvesting, voer,medikasie, temperatuur of ventilasie niereg is nie, of as jy met pieperige kuikensbegin, is dit moontlik om jou met hoen-

Dankbaar Hoenderslagpale:Daar’s geld in hoenders!

Braaikuikenproduksie is nie net ’n goeiebron vir ’n aanvullende inkomste nie,maar dit kan selfs ’n lonende hoofbedryfword, soos in die geval van oom BraamPretorius van Dankbaar Kuikens opHartswater. Alfa Kuikens se puik gehaltekuikens en kundigheid het hom gehelpom ’n voorspoedige hoenderboerdery tevestig.

By Dankbaar Hoenderslagpale word hoenders op die mees higiëniese manier geslagen dan onmiddellik afgekoel na amper vriespunt om ’n vars, gesonde produk te verseker.

ders in die ellende in te boer. Aanvanklikhet dit maar sukkel-sukkel gegaan. Verliese was te hoog en die boerdery wasnie winsgewend nie.

Die oplossing“Vandat ek die regte kuikens van diehoogste gehalte en raad van Alfa Kuiken-plaas en hulle flink span kundiges nabyPretoria kry, was daar ’n ommeswaai inmy boerdery,” sê oom Braam.

“Die groot geheim is om die regtegehalte kuikens met die regte genetika tekry. Die kuikens word by ons afgelaai in klimaatbeheerde voertuie wat verkoel enbevogtig word met ventilasie om minimalespanning op die kuikens te plaas. Hulleverskaf ook raad oor hokke, toerusting enbestuur.

Volg maar hulle raad noukeurig na enjy sal ’n sukses maak en winsgewend methoenders boer,” sê oom Braam.

“Alfa Kuikenplaas se kundige mensehet my gehelp om my hoenderboerderylonend en suksesvol te maak, maar dit is’n voorvereiste dat ’n mens hulle riglynenoukeurig moet navolg,” vertel oomBraam. “As die voer, medisyne, tempera-tuur en ventilasie reg is, loop die geldsakeook reg.”

Foto's deur Jacques Terblanche.

Boere wat hulle hoenders by DankbaarKuikens wil laat slag, kan gerus skakel met oom Braam: 083-251-3462of Jacques (Bestuurder): 053-474-0207

ProAgri 135 – April 2011 www.proagri.co.za30

Vervaardig in BloemfonteinBen Jonesstraat 32

Hamilton, BloemfonteinTel: 051-434-2349 Faks: 051-434-2447

Clanwilliam Vervaardiging : Clanwilliam

Dawie Smit - 082-897-4885

Pinetree Irrigation : Estcourt

Thomas Gremals - 083-231-9532

De Nel Besproeiing : Piketberg

Pierre de Kock - 083-284-0041

NTK Limpopo : Nylstroom

Janneman Henn - 082-802-8959

Hartswater Spilpunte : Hartswater

Dawid Saunders - 082-333-3765

Border Irrigation : Queenstown

Frikkie Kruger - 082-927-8767

Ranos : Koffiefontein

Gert Lambrecht - 082-804-0469

Bergsig Ingenieurs Werke : Worcester

Johan Naude - 082-774-4226

Datha Besproeiing : Nelspruit

Dawie vd Merwe - 082-458-2646

Obaro : Groblersdal

Berto Rossouw - 082-490-4260

Spilhaus : Cradock

Hylton Frost - 082-896-1390

Irrigation & Drainage : Pietermaritzburg

Dave v Rensburg - 072-125-2732Obaro Hoofkantoor : BritsMachael Pretorius - 072-863-1355

Kontak Koos 082-802-1906 of Arno 072-344-0683

Veeboerdery

hele Spider se pens word hidrouliesop sy wiele laat sak tot net bo diegrond. Die operateur hoef dan netstadig vorentoe te ry en siedaar, diebale word netjies opgetel.

Vir die uitry word die pens weergelig en die bale kan gerieflik deurenige normale hek tot by hullebestemming vervoer word.

Met die Baby Spider kan een opera-teur lag-lag sowat 250 bale per dagskuif en nou, met die nuwe Spider,kan amper dubbeld soveel werk gedoen word!

Rolo se Spiders is nou al net sogewild onder die boere soos sy

Een trekker, een operateur, een rit,10 bale! Dit is die wiskunde wat

die Rolo-som so goed laat werk enkleingeld maak van bale uit die landuit ry.

Eers was daar die Rolo Baby Spiderwat met gemak vyf groot ronde balekan skuif en nou is daar die nuweRolo Spider wat tien bale kan laai envervoer. Die aksie werk dieselfde,maar daar is twee baalrakke langsmekaar.

Die Rolo Spider-aksie werk een-voudig: Die baallaaier word reg agterdie trekker gehaak en tot in die landwaar die bale lê en wag gesleep. Die

Rolo maak kleingeld van bale uitry

Die Rolo Baby Spider het voorwaar ’n omwenteling in dievervoer van bale teweeg gebring.

bekostigbare en veelsydige konsen-traat- en vertikale voermengers endie Rolo Rollermeule. Gaan kuiergerus by die Rolo-uitstalling byNampo wat van 17 tot 20 Mei aange-bied word en hoor wat Rolo alles virjou boerdery kan beteken.

In die Vrystaat is Stefanie by 082-964-6879 of Marni by 082-350-8051gereed om jou vrae te antwoord enin die Wes-Kaap wag Alwyn by 082-797-2249 vir jou oproep. Die e-posadres is [email protected].

Twee baalrakke beteken dubbeld soveel werk in dieselfde tyd.Gaan kyk gerus by Nampo (standplaas 43) wat Rolo vir jouboerdery kan doen.

31www.proagri.co.za ProAgri 135 – April 2011

Veeboerdery

Smaaklike nuus: Jy hoef nie meer vanwinkel tot slaghuis te ry en telkens

ten duurste vir wors te betaal wat netnie smaak soos dit moet nie – en somsselfs stukke sening en been bevat.

Jy kan nou jou eie, perfekte worsmaak – maklik, lekker en heilsaam.Daarvoor sorg Lotter Stopper, diebekostigbare worsstopper wat presiesaan jou doel voldoen. Lotter Stopper is immers ontwerp toeGerrie Lotter en sy jag- en vleisvriende

genoeggesukkel hetmet duur,

Maak hierdie winter ’n ware vleisfees– lekker, maklik, bekostigbaar – met Lotter Stopper. Praat met Gerrie Lotter by 082-219-7232 of 012-561-1754. Besoek ook www.lotterstopper.co.za virmeer inligting.

Lotter Stopper:Eet lekker, bespaar geld, verdien geld

Lotter Stopper se aartappelspiraalsnyeris ’n wenner waarmee skole, kerke enprivate persone sakke vol geld verdienby skoue, sportsaamtrekke en basaars.

iets om mee geld te verdien. Ook hierhelp Lotter Stopper met sy aartappel-spiraalsnyer. Kyk maar by skoue en kermisse hoe gewild is aartappelspirale –en dit alles met net een flukse, maarbekostigbare, masjientjie van LotterStopper.

Lotter Stopper maak horisontale envertikale worsstoppers wat van 3 tot 15liter vleis op 'n keer kan hou, almal met'n tweejaarwaarborg. Tregters van 10,16 en 20 mm kan gekies word.

ondoeltreffende ingevoerde worsstop-pers.

Bespaar hierdie winter geld – bewerk jou eie vleis en maak jou eiewors, droëwors, salami en hamburgerfrikkadelle met Lotter Stop-per se gewaarborgde stoppers,frikkadeldrukkers, vleisversagters, vleis-sae, biltongkerwers en vleismeulens.

Al Lotter Stopper se produkte is innoue samewerking met boere, jagters,slagters en spyseniers ontwerp en wordspesiaal gemaak om jou jare en jaregetroue diens te bied.

Kerke en skole is immer op soek na

Met Lotter Stopper seworsstopper kan jynou jou eie perfektewors maak.

ProAgri 135 – April 2011 www.proagri.co.za32

Lekkerlees

Eina!

Die blondine betraphaar kêrel en ’n ander meisie warm aandie vry. Sy druk ’n pistool teen haar eiekop. Haar kêrel spring op en sê: "Wag,wag! Moenie iets onverantwoordeliksdoen nie!""Bly stil, jy is volgende," antwoord sy.– Suzette du Plooy van Queenstown

’n Swaar vragmotor ry teen die boer se bakkie vas. Niemand het baie seer gekry nie, maar die boer se vrou seduim is af. Sy eis miljoen rand by die versekering.Die assessor maak beswaar: “Mevrou, jy kan nie so ’nontsettende groot eis instel vir die verlies van net eenvinger nie.”“Jy verstaan nie,” antwoord sy. “Dis geen gewone duim nie.Dit was die duim waaronder ek my man gehou het.”

“Sjoe, Fienjas,” roep die boer, “die weer is darem swaar.Hoe naby aan jou het hy geslaan?”“Hau! Al wat ek weet is voor hy geslaan het, het my pyp niegebrand nie.”

Jong wysheidDie seuntjie spog by sy pa: “Pappa, kyk net hierdie grootkakiebos wat ek uitgetrek het.”“Maggies, hy is groot,” prys die pa hom. “Jy is darem ’nsterk seun.”“Ja, Pa, en die hele aarde het die ander kant probeervashou.”

Wrange waarheidDie boer lewer ’n vrag pampoene by die gestig af en eenvan die inwoners word aangesê om hom te help aflaai. Terwyl hulle ’n ruskansie geniet vra die boer: “Het jy al ooitgeboer?”“Ja, ek het al geboer,” antwoord die inwoner. “Was jy al ooitin ’n gestig?”“Nee.”“Wel, laat ek jou dit sê, dis beter as boerdery.”

’n Verkoopsman kom op ’n plaas aangery en sien ’n klein seuntjie wat sukkel om ’n bees aan te jaag. Hy vra dieknaap wat hy doen. Die seun vertel dat sy pa hom gestuurhet om die bul na die koeie te neem sodat hy hulle kan dek.Die verkoopsman vra: “Kan jou pa dit nie doen nie?”“Nee oom,” antwoord die seun, “net die bul kan dit doen.”– André Dumas van Ceres

’n Boer maak ’n planHennie: “Ek hoor jy’s verlede week getroud. Hoe lyk jounuwe vrou?”Heinie: “Om die waarheid te sê, is sy nie eintlik mooi nie;trouens sy is maar lelik, maar sy het ’n pragtige innerlike.”Hennie: “O. Dis jammer jy kan haar nie omdop nie.”

Tydens ’n ernstige windstorm vang ’n verkeerskonstabel ’nboer wat teen 160 km per uur met sy stroper deur Caledonjaag. Die boer verduidelik: “Ek het daardie koring geplanten ek gaan dit stroop al moet ek dit tot anderkant Bredas-dorp jaag.”

Suzette du Plooy van Queenstown en André Dumas vanCeres wen elkeen ’n musiekpiering van Thys die Bosveld-klong vir hulle bydraes. Stuur grappies en pittighede saammet jou naam en adres aan [email protected].

agrilag

deur Dom Boer

Agrikyk & Lees

Wen!!

Meganisasiegids2011Opgestel en uitgegee deur:JP le Roux en ME le Roux

Vir ’n trekker van tussen 150 en 200 kW wat ’n 7-skaar ploeg op 400 mm diepte insteek,

sal dit 4,5 dae neem om 100 ha te ploeg teen ’n koste vanR793,13 per uur of R412,87 per hektaar.

En daai enkelkajuit 2,5 liter dieselbakkie kos jou R4,07per kilometer sonder vrag. Om die land om te ploeg isnoodsaaklik, maar miskien moet Boeta liewer sy nooi metdie Volla fliek toe vat!

’n Boer wat syfers soos hierdie in ’n oogwink kan uitplukom hom te help met besluite, is ’n slim en waarskynlik suksesvolle boer, want die kans is goed dat hy reeds Koosle Roux se jongste Meganisasiegids aangeskaf het.

Die Meganisasiegids vir 2011 het onlangs verskyn eneen gelukkige besoeker aan ProAgri se bakkiesblad (facebook-bladsy) kan vir hom/haar so ’n gids losslaan.Volg net die aanwysings hieronder.

’n Mens mag dink dat daar nie veel te sê is oor ’n gidswat vir die 22ste keer verskyn nie, maar die skrywer slaagnog elke jaar daarin om met goeie, betroubare en nuwe inligting ’n staatmaker in die landbouwêreld te bly.

Die 2011-uitgawe is so saamgestel dat die verskillendetrekker- en werktuigkombinasies se koste afsonderlik engesamentlik van die tabelle af gelees kan word in rand peruur of rand per hektaar.

Die skrywer waarsku net dat die gebruiker rekeningmoet hou met wisselende brandstofpryse – die gids gebruikdie brandstofprys van Maart as riglyn.

’n Groot pluspunt van die gids is dat al die terme inAfrikaans en Engels aangebied word. ’n Boer wat nie sekeris wat ’n disc mower in Afrikaans of ’n skyfsnymasjien inEngels is nie, kan dus maar ontspan, hy sal wel tussen dieverskillende soorte snyers die twee by mekaar uitbring.

Nog ’n interessante toevoeging vanjaar is ’n stel netjiesewenke oor die keuse van die regte trekker en daar wordook interessante hoogtepunte in die ontwikkeling van dietrekker aangedui. Het u geweet dat die eerste stoomenjinwat ’n ploeg getrek het al 150 jaar gelede deur JW Fawkesgebou is? Dit kon 8 ploegbodems teen 4,8 km/uur trek.

Bestel die Meganisasiegids teen R200 (posgeld ingesluit) by [email protected] of skakel Koos leRoux by 082-828-9531 .

deur ProAgri se bakkiesblad te besoekGaan na facebook.com/proagri en kliek op “like”!

Die wenner sal op 15 Mei 2011 aangewys en per facebook in kennis gestel word.

Meganisasiegids 2011

33www.proagri.co.za ProAgri 135 – April 2011

ProAgritegnologie vir die boertechnology for the farmer

ProAgri

www.proagri.co.zaProAgri word na 530 dorpe versprei en het

‘n oplaag van 60 000As jy sukkel om ProAgri in jou dorp in die

hande te kry, stuur asb ‘n e-pos [email protected]

ProAgri spog met ’n pragtige vars webwerfpropvol nuus en foto’s. Besoek gerus onswerf of volg die skakels om spesifieke artikels en berigte te lees:

Werfnuus www.proagri.co.za

Besoek www.proagri.co.za

en antwoord die eenvoudige

wedstrydvraag.

Sluitingsdatum

3 Junie 2011.

Wen ’n naweek vir twee by die luukse

Farm Inn net buite Pretoria. Wildrit ingesluit.

Wen op die Werf!

Lekkerlees

SA suiwelmark groei met meer as4% verlede jaarDie Suid-Afrikaanse mark vir suiwel-produkte het in 2010 met meer as 4%gegroei. Die Melkprodusente-organisasie sê in sy jongste nuusbriefdie vraag na vars melk het volgensdie jongste syfers met 4,5% gestyg:http://bit.ly/suiwelmark

“Skiet die boer” stel boere ingevaarLiedjies wat geweld goedpraat of watmense of groepe uitskel as honde kandie jeug sodanig beïnvloed dat hulleglo geweld is reg, al gaan hulle niedadelik oor tot geweld nie:http://bit.ly/ew7XJ1

SA en Argentinië wil saam boer“Suid-Afrika en Afrika kan nie toelaatdat die Europese-, Amerikaanse- enAsiatiese ekonomiese magsblokke onsignoreer en irrelevant probeer maaknie,” het dr. Pieter Mulder, Suid-Afrikaanse adjunkminister vanLandbou, Bosbou en Visserye inBuenos Aires gesê:http://bit.ly/gZn0lQ

Taai staptog teen renosterstroopTwee wildbewaarders beplan om op ’naflosgrondslag reg oor die land te stapom geld vir die bewaring van renosters in te samel. Die staptog van 1 700 kilometer begin in Messina envolg die hoofroete tot in Kaapstad:http://bit.ly/i0atZL

Konferensie vir Vrystaatse wildboereDie vereniging vir wildboere, WRSA, bied op 21 Mei ’n konferensiein die Suid-Vrystaat aan. Die wildboervan die jaar vir 2009, dr Johan Kriekgaan gesels oor ekonomiesewildbestuur en bona fide boerderymet skaars wildspesies:http://bit.ly/fWDlYe

Brandstofpryse ry boere blootsDie drastiese verhoging in brandstof-pryse bedreig voedselsekerheid, wantdit raak onlonend vir veral boere watmet kontantgewasse boer, om hulleprodukte by markte af te lewer:http://bit.ly/dYhVve

AgriGids

www.proagri.co.za34

AgriTrader Advertensiediens vir die boerAdvertising service for

the farmer

60 000 eksemplare na aktiewe kommersiële boere landswyd

AgriTrader is ʼn uitstekende bemarkingsmeganisme om kopers en verkopers van lewendehawe, trekkers, voertuie, werktuie, en alle ander landbou toerus�ng by mekaar uit te bring. Veeveilingsadvertensies in AgriTrader lok wye reaksie uit, probeer dit gerus.

Vir die bekos�gbaarste advertensietariewe in Suid-Afrika, skakel:Stefan van Wyk (Bloemfontein) 082-381-7563 | 051-446-0789 [email protected] vd Westhuizen (Pretoria) 012-362-2730 [email protected]

ProAgri 135 – April 2011

www.proagri.co.za

AgriG

ids

ProAgri 135 – April 2011 35

AgriGids

www.proagri.co.za36 ProAgri 135 – April 2011

Gen

eGids

AgriG

ids

www.proagri.co.za ProAgri 135 – April 2011 37

AgriGids

Gen

eiGids

www.proagri.co.za38 ProAgri 135 – April 2011

Gen

eiGids

Brangus Cattle Breeders

Society

PO Box 12465

Brandhof

9324

Tel: 051-444-1144

Fax: 051-444-5070

[email protected]

www.brangus.org.za

Brangus

www.proagri.co.za ProAgri 135 – April 2011 39

Veilin

gs

Veilin

gs

www.proagri.co.za40 ProAgri 135 – April 2011

Veilin

gs

www.proagri.co.za ProAgri 135 – April 2011 41

Veilin

gs

www.proagri.co.za42 ProAgri 135 – April 2011

DTC 9311 - seun van

DTC 5071DTC 9122 - seun van

DTC 5071DTC 9323 - seun van

SA kampioen ooi

DTC 5084

DTC 9326 (voor)

- seun van SA

kampioen ooi DTC 5084

15 jong ooitjies – dogters van SA KAMPIOEN RAM GE 7011 – geloop by DTC 9311 en DTC 9122

Veilin

gs

www.proagri.co.za ProAgri 135 – April 2011 43