44
ProAgri ProAgri tegnologie vir die boer technology for the farmer Julie / July 2014 No / Nr 173 ISSN 1042 - 1558 Meganisasie | Nuwe tegnologie | Hulpbronbestuur | Veeboerdery Jupidex: Fede Futur spuit perfek Kies die regte stroper(3) So werk vriesbrand n Planter vir jóú plaas

Proagri 173

  • Upload
    proagri

  • View
    285

  • Download
    1

Embed Size (px)

DESCRIPTION

Ek glo u sal hierdie uitgawe propvol lekkerleesartikels geniet. Volgende maand vertel ons meer oor die interessante toerusting wat ons by Val Boeredag in aksie gesien het en ’n klompie kragslim- idees wat by die KragDag-skou vertoon is. Besoek www.proagri.co.za vir nog inligting.

Citation preview

Page 1: Proagri 173

ProAgriProAgritegnologie vir die boertechnology for the farmer

Julie / July 2014No / Nr 173

ISSN 1042 - 1558

Meganisasie | Nuwe tegnologie | Hulpbronbestuur | Veeboerdery

Jupidex: Fede Futur spuit perfek

Kies die regte

stroper(3)

So werk vriesbrand

’n Planter vir jóú plaas

Page 2: Proagri 173
Page 3: Proagri 173

Meganisasie2 Die regte stroper maak ’n taai taak soet (3)5 Agri Afrika se sonneblomtafel is sy sout werd6 John Deere: Ontmoet die nuwe veelsydige 6170M8 Valtrac se Terradisc en Synkro gee jou gesaaides ’n voorsprong10 Kubota: Vir die boer vir wie net die beste goed genoeg is

Gewasproduksie13 Jupidex se Fede Futur spuit perfek15 Senter 360 is anders as gewone spilpunte

Hulpbronbestuur17 Van suiker tot saagsels: Shell sorg vir landbou in Natal

Veeboerdery18 Vriesbrand19 Jumil het ’n planter vir jóú plaas21 Hereford: Vinnige groeiers vir fynproewers

Gereeld22 Veilings26 GeneGids28 AgriTrader39 Tweedehands

Redakteursbrief Voorblad

Inhoudsopgawe / Contents ProAgri

Smart Publishing

Gebou 2, Menlyn Woods,Spritestraat 291, Faerie Glen

Tel: 0861-777-225www.smartpublishing.co.za

Business-to-Business: Agriculture ABC

January to March 2014 – 39 763

Copyright © 2013. All rights reserved. No material, text or photo graphs may be reproduced, copied or in any other way transmitted without the written consent of the publisher. Opinions expressed are not necessarily those of the publisher or of the editor. We recognise all trademarks and logos as the sole property of their respective owners. ProAgri shall not be liable for any errors or for any actions in reliance thereon.

SakebestuurderGeorge Grobler

2

13

17

21

8

Jupidex se Fede Futur-spuit op ons voorblad is ’n toonbeeld van die fyn tegnologiese ontwikkeling wat nodig is om spuitwerk in boorde vol-waardig deel te maak van ’n presisie-boerderystel-sel. Lees op bl 13 meer hieroor.

www.proagri.co.za ProAgri 173 – Julie / July 2014 1

Redakteur tydskrif en aanlynAnnemarie Joubert > [email protected]

VerslaggewerDu Preez de Villiers > [email protected]

Senior bemarkerStefan van Wyk > [email protected]

Bemarkers: Klein advertensiesXander Pieterse > [email protected]

Adele van Tonder > [email protected]

Uitleg & grafi kaEsta van Niekerk

NavraeEngela du Plessis > [email protected]

Rekeninge Ronel Keet > 0861-777-225 [email protected]

Verspreiding en intekeningMarlien v d Westhuizen > [email protected]

Ag, maar dis mos lekker om ’n plaas te hê! Al is jy nie en wil jy blykbaar ook nie ’n boer wees nie, soos Thandi Modise, voorsitter van die Nasionale Raad van Provin-

sies, blykbaar teenoor ’n joernalis erken het. Die erkenning volg op die bekendmaking van die skokkende nuus dat varke en ander diere op haar plaas besig was om te vrek van die honger. Die multi-miljoen-randplaas, Modderfontein, is naby Potchefstroom en dit blyk uit berigte dat dit moont-lik met ’n lening van die Landbank gekoop is. So ’n paar maande gelede was daar ook ’n bewering dat die adjunk-minister van Minerale en Energie se diere besig was om te vrek van die dors. Wat ’n skande! Hoe kan mense wat nie eers na hulle eie diere kan omsien nie as openbare verteenwoordigers optree? Daar is soveel mense wat smag na ’n geleentheid om te boer en wat met groot liefde hulle diere sal versorg, maar wat nooit die geleentheid sal kry of enige finan-siering nie. Op die sosiale media, soos die Landbou Sosiaal-bakkiesblad, is daar ’n versameling boere wat nie kan wag om foto’s van nuwe aankomelinge op die werf te plaas nie. Of wat by die geringste teken van ’n siektesimptoom medeboere se raad vra. Trots straal uit alles wat hulle aanpak en elke nuwe bereiking, of dit die span van ’n nuwe heining is, ’n trofee wat op die plaaslike skou gewen is, ’n goeie oes wat inge-samel is, of ’n aankoop wat die plaas beter sal laat werk, is ’n mylpaal. Dit is dié soort trots wat ’n boer in ’n onderhoud laat sê: “’n John Deere breek mos nie!” Selfs groot, suksesvolle boere se oë glinster van opwinding wanneer hulle met ons gesels oor hulle nuwe toerusting of ’n slim boerderymetode wat hulle ontdek het. Dít is die soort toewyding wat elke plaas nodig het en dit is ook die soort toewyding wat die belastingbetalende publiek van openbare verteenwoordigers behoort te ontvang.

Ek glo u sal hierdie uitgawe propvol lekkerlees-artikels geniet. Volgende maand vertel ons meer oor die interessante toerusting wat ons by Val Boeredag in aksie gesien het en ’n klompie krag-slim-idees wat by die KragDag-skou vertoon is.

Boer slim!Annemarie Joubert > [email protected]

ProAgri se span staan reg vir aksie by die Val Boeredag. Ontmoet Xander Pieterse, bemarker, Annemarie Joubert, redakteur, Hofmeyr Smit, kameraman, en Du Preez de Villiers, joernalis.

Page 4: Proagri 173

In die vorige artikels het ons gelees hoe die rugbreekwerk van koringsny

met die sekel en die pynlike werk van mieliekoppe pluk met die hand nou deur die flukse en onuitputlike koring-tafel en mielieplukkerkop oorgeneem is. Nou moet die koringkorrels uit die aar of die mieliepitte van die kop geskei word en daarvoor lig ons die stroper se deksel om te kyk hoe sy binnewerke werk.

Die dorsprosesNadat die mielieplukkerkop of koring-tafel die materiaal afgesny en met sy awegaar of vervoerband na die middel vervoer het, voer ’n hyser dit deur die stroper se bek of voerkamer na die dorsdrom. Net voor die dorsdrom is ’n klipvanger wat bloot op die beginsel werk dat klippe swaarder as plant-materiaal is en dus in die klipvanger sal val. ’n Doeltreffende klipvanger bespaar heelwat moontlike skade aan ’n stroper se meganisme. Die draaiende dorsdrom of -silinder se gegroefde rasperstawe van staal werk teen die konkaaf (’n halfdrom met staalstawe en ’n stewige maas-

rooster) om die materiaal te pluis en die eerste skeiding van korrels en kaf te bewerkstellig. Die pitte en kleiner kafdeeltjies val deur die konkaaf se maasrooster tot in die graanpan terwyl die groter stronke, stingels en stamme na die strooi-skeiers (straw walkers) gevoer word. Die spoed waarteen die dorsdrom draai en die afstand tussen die dors-drom en konkaaf kan verstel word om die doeltreffendste skeiding van verskillende gewasse te bewerkstellig. Vir die verwydering van garsagtige gewasse se baard is daar spesiale plate wat aan die konkaaf gemonteer kan word om meer wrywing toe te pas. Daar is twee verskillende soorte dorsdromme in die stroperbedryf beskikbaar: Die konvensionele of dwarsdromstroper en die rotor- of asvloeistroper. Waar die konvensionele stroper se dorsdrom dwars gemonteer is, is die rotorstroper se rotordrom oorlangs ge-monteer, met plate soortgelyk aan die konvensionele stroper se rasperstawe. Elkeen van hierdie opsies het voor-

en nadele, maar met die ontwikkeling van die tegnologie raak die nadele al hoe minder sodat ’n mens werklik nie kan sê dat daar ’n slegte stroper in die mark beskikbaar is nie. Daar is vandag selfs kombinasiestropers wat dwarsdromme sowel as rotors het in ’n poging van die vervaardigers om die boer die beste van albei opsies te bied. Die dwarsdromstroper verniel die kaf minder sodat dit vir veevoer ge-baal kan word, maar die hedendaagse rotorstropers werk darem mooier met kaf as die eerste modelle. ’n Dwarsdromstroper is ook minder skrikkerig vir klam of nat materiaal as ’n rotorstroper en hy vereis minder enjinkrag, alhoewel heelwat moderne dwarsdromstropers sterker enjins het waarmee hulle prestasie heeltemal vergelykbaar met rotorstropers s’n is. Die voordele van ’n rotorstroper is dat dit minder onderdele het, dat dit vinniger as die ou konvensionele stro-pers met die kleiner enjins stroop en die belangrikste is dat dit sagter werk met breekbare pitte soos bone. Skuinstes het ook nie so ’n groot invloed op rotorstropers as op konven-

Die regte stroper maak ‘n taai taak soet (3)

MeganisasieMeganisasie

Sojabone is ’n gewas wat presies op die regte tyd gestroop moet word, anders bars die peule oop en die pitte beland op die grond. Daarvoor het jy ’n vinnige, betroubare stroper nodig.

2 ProAgri 173 – Julie / July 2014 wwww.proagri.co.za

Page 5: Proagri 173

www.proagri.co.za ProAgri 173 – Julie / July 2014 3

Met die groot lande waarop boere deesdae plant, werk operateurs dikwels lang ure en daarom moet stropers so maklik hanteerbaar en operateurs-vriendelik as moontlik wees. Met presisieboerdery wat al hoe belangriker word, is dit noodsaaklik dat stropers die oes presies moet kan moniteer en aanteken, sodat kunsmistoediening en plantdigtheid vir die volgende jaar volgens die opbrengs bepaal kan word.

sionele dwarsdromstropers nie, maar tog is daar deesdae dwarsdromstro-perontwerpe wat hulle net so opge-wasse vir skuinstes maak. Sommige boere sweer by konven-sionele dwarsdromstropers en ander by rotorstropers, maar stropervervaar-digers ontwikkel hulle produkte so flink Elkeen van hierdie opsies het voor- en nadele, maar met die ontwikkeling van die tegnologie raak die nadele al hoe minder sodat ’n mens werklik nie kan sê dat daar ’n slegte stroper in die mark beskikbaar is nie. Daar is vandag selfs kombinasiestropers wat dwarsdromme sowel as rotors het in ’n poging van die vervaardigers om die boer die beste van albei opsies te bied. Die dwarsdromstroper verniel die kaf minder sodat dit vir veevoer ge-baal kan word, maar die hedendaagse rotorstropers werk darem mooier met kaf as die eerste modelle. ’n Dwarsdromstroper is ook minder skrikkerig vir klam of nat materiaal as ’n rotorstroper en hy vereis minder enjinkrag, alhoewel heelwat moderne dwarsdromstropers sterker enjins het waarmee hulle prestasie heeltemal vergelykbaar met rotorstropers s’n is.

Die voordele van ’n rotorstroper is dat dit minder onderdele het, dat dit vin-niger as die ou konvensionele stropers met die kleiner enjins stroop en die belangrikste is dat dit sagter werk met breekbare pitte soos bone. Skuins-tes het ook nie so ’n groot invloed sionele

sionele dwarsdromstropers nie, maar tog is daar deesdae dwarsdromstro-perontwerpe wat hulle net so opge-wasse vir skuinstes maak. Sommige boere sweer by konven-sionele dwarsdromstropers en ander by rotorstropers, maar stropervervaar-digers ontwikkel hulle produkte so flink en vinnig dat daar vandag bitter min tussen die twee te kies is.

KafskeidingNadat die pitte deur die dorsproses van die plantmateriaal losgemaak is, moet die pitte wat nog steeds met kaf vermeng is geskei word. Daar-voor beweeg die materiaal oor die strooiskeiers wat die strooi skud sodat die pitte, wat kleiner en swaarder is, ondertoe kan uitval vanwaar dit met ’n awegaar of bakkieshyser na die stroper se graantenk vervoer word. Die kaf beweeg oor die strooiskeiers en siwwe na agter en word agter die stroper op die land uitgewerp. Net soos die oumense die getrapte koring met gaffels in die lug opgegooi het sodat die wind die ligter kaf moet wegwaai terwyl die swaarder korrels terugval om opgetel te word, blaas ’n sterk waaier in die stroper die kaf agter uit, terwyl die korrels terug-val om na die stroper se graantenk vervoer te word. Maar vir wind om hierdie wanproses te laat werk, hoef die boer nooit te fluit nie – die stroper se waaier fluit sommer self.

Waarna moet die boer kyk?’n Stroper is ’n belangrike en duur werktuig wat ’n groot span werkers se werk vinnig, flink en doeltreffend ver-rig. Die finale stap in graanboerdery is immers die insameling van die oes en daarom kan die boer nie bekostig om foute te maak in sy keuse van ’n stroper nie. Alhoewel ’n mens vandag seker nie ’n stroper kry wat as swak of ondoeltreffend beskryf kan word nie, kan die volgende wenke miskien tog die boer help om nie dalk belang-rike oorwegings oor te slaan as hy ’n stroper kies nie:• Pas die stroper by die grootte en

aard van my boerdery? ’n Stroper moet vinnig genoeg kan stroop om die boer se oes binne ’n redelike tydperk in te samel, maar dit help ook nie om te oorkapitaliseer deur die reusagtigste stroper vir kleiner aanplantings te koop nie.

• Die stroper moet al die soorte graan wat die boer beplan om te plant kan stroop.

Page 6: Proagri 173

Hierdie eenvoudige voorstelling van ’n stroper se binnewerke wys dat die stroper met tegnologie en masjinerie maar net presies dieselfde doen as wat ons voorvaders met die hand gedoen het om die oes in te samel en skoon te maak.

• Die boer en plaas se landbou-omstandighede moet in ag geneem word. As die plaas heuwelagtig is en stroopwerk langs skuinstes moet geskied, sal die boer byvoorbeeld eerder ’n rotorstroper of ’n dwars-

dromstroper wat vir skuinstes ontwerp is aanskaf, en ook een oor-weeg waarvan die voerkamer kan kantel om die plukker of koringtafel deurgaans gelyk met die grond te hou.

• Daar is vandag seker nie ’n stroper-enjin wat te swak is om sy werk te doen nie, maar tog moet die boer wat teen bulte op en af stroop of wat moeilike, digte besproeiingsge-wasse stroop seker maak dat die stroper wat hy aanskaf die nodige enjinkrag en die regte kragoordrag-stelsel het om vas te trap wanneer dit nodig is.

• Stroop is altyd ’n stowwerige werk. Dit is uiters belangrik dat die stroper se enjin doeltreffend teen stof en sand beskerm moet word.

• Die stroperkapasiteit en die inhouds-maat van die stroper se graantenk moet by die aantal en grootte tapkarre en massasleepwaens of wegryvragmotors pas, sodat die stroopproses gladweg, doeltreffend en ekonomies kan geskied.

• Die boer moet seker maak dat die aflaai-awegaar lank en hoog genoeg is om in sy tapkarre of massasleep-waens of -vragmotors te kan oorlaai en dat die oortapproses vinnig genoeg na sy behoefte geskied.

• Die boer moet besluit of hy outo-

stuur of satellietnavigasie aan sy stroper wil hê. Dit is wel duur, maar dit verbeter produktiwiteit en verminder graanverlies. Vir pre-sisieboerdery is satellietverbinding noodsaaklik.

• Dit is aan te beveel dat die boer wat dikwels in nat of uiterste sanderige omstandighede moet stroop seker moet maak dat die stroper wat hy koop voorsiening maak vir die

montering van rusperbande.• Hoe geriefliker die stroper se kajuit

is, hoe langer en hoe akkurater kan operateurs werk.

• Die voerkamer moet geskik wees vir die aanhegting van elke soort oes-toestel wat die boer sal wil monteer en moet hoog genoeg optel sodat die koringtafel, plukkerkop of optel-ler nie aan walle vashaak terwyl daar met die stroper gery word nie. Dit moet flink op kontroles reageer en so kan terugdraai dat daar mak-lik van enige moontlike verstoppings ontslae geraak kan word.

• Dit is noodsaaklik dat die stroper ’n doeltreffende klipvanger moet hê.

• As die boer beplan om verskillende gewasse te stroop, moet die stroper se dorsmeganisme maklik en gou van gewas na gewas omgeskakel kan word.

• Die meeste stropers se fyn instel-lings kan deesdae vanuit die kajuit gedoen word. Dit bespaar tyd en verhoog produktiwiteit. Dit is noodsaaklik dat ’n stroper skoon moet kan stroop, want dit is nie lonend om kaf en klippies aan te ry

silo’s toe nie. (Daar is graan- kopers wat ’n persentasie by alle

graan wat hulle koop aftrek vir onsuiwerhede... en daar is boere

wat dan hulle stropers so stel dat hulle nie heeltemal skoon stroop nie, maar aan die koper die persentasie onsuiwerhede gee wat hulle van die prys aftrek.)

• Hoe doeltreffender die eerste dorsproses plaasvind, hoe minder

vuil graan is daar wat die stroper terug na die dorsdrom moet voer vir ’n tweede kans en hoe doeltref-fender en flinker verloop die stroop-proses.

• Voordat die boer ’n stroper koop, moet hy seker maak dat dit aan sy kafbestuursbehoeftes voldoen. Plantreste speel immers ’n belang-rike rol, of dit nou vir veevoer, grondbedekking of organiese

aanvulling van die grond is.• Gedurende die stroopseisoen is daar

geen tyd te vermors op ’n plaas nie. Daarom moet die stroper se daaglikse onderhoud en versiening maklik en eenvoudig wees sodat dit vinnig gedoen kan word voordat die stroper sy werk hervat.

• Soos met enige ander landbou-toerusting, is die boer se

belangrikste oorweging in die aankoop van ’n stroper die betrou-baarheid en kundigheid van die handelaar en die beskikbaarheid van onderdele en diens wat die boer in staat moet stel om sy stroopsei-soen met die minimum staantyd te voltooi.

et di

6 Voerband

7 Dorsrotorspoedbeheer

8 Dorsrotor

9 Waaier

10 Wansif

1 Kajuit

2 Enjin

3 Stuurbare wiele

4 Voerderspoedbeheer

5 Mielieplukkerkop

11 Graanhyserbak

12 Graanhyser

13 Graantenk

14 Uitlaat vir

oorlaai-awegaar

4 ProAgri 173 – Julie / July 2014 wwww.proagri.co.za

Page 7: Proagri 173

www.proagri.co.za ProAgri 173 – Julie / July 2014 5

As die sonneblomme hulle ryp koppe laat sak en hulle nekke in

afwagting ontbloot, is dit tyd vir erns-tig stroop. ’n Boer is dan gewoonlik haastig om die vrug van sy arbeid in geld te omskep en dan is daar nie tyd vir rondhardloop agter probleemwerk-tuie aan nie. Gerhard Niehaus, ’n voormalige boer uit Zimbabwe wat sy landbou-kennis in moeilike omstandighede bymekaargemaak het, is nou plaas-bestuurder op Johan Botes se plaas by Makoppa, noordwes van Thabazimbi. Hy plant sonneblom in ’n wisselbou-stelsel op ’n turfland van 1 000 hektaar, en moes op Nampo ’n nuwe sonneblomtafel gaan soek om sonder sukkel te stroop. Een maatskappy wat sy vinger op die pols het as dit kom by topgehalte landbouwerktuie lewer, is Agri Afrika. Hulle verstaan die gewigtigheid van oestyd en het derhalwe die rewo-lusionêre Ombu-sonneblomtafel uit Argentinië ingevoer. Die tafel is tydens Nampo gedemonstreer en Gerhard het dadelik gesien hoe die tafel vooraan sy stroper die seisoen op ’n hoë noot sal afsluit. “Ek ken Agri Afrika al baie lank en ek ken hulle produkte. Dit was dus baie maklik om my besluit net daar op NAMPO te maak,” sê Gerhard. “My eerste indrukke was dat die tafel baie stewig en die materiaalgehalte baie goed is.” Hy het ook dadelik getoets hoeveel stremming die tafel op die stroper sou plaas. “Toe ek die tafel se ratte sommerso met die hand kon draai, het ek geweet dit gaan kinder-speletjies vir die stroper wees om hom aan te dryf.” Op die plaas gekom, kon Gerhard die tafel binne minute aan die stroper monteer en die hidrouliese koppel-stukke en twee kragaftakaste koppel. “Die verstellings aan die tafel is een-voudig en minimaal en die snyhoogte stel ook vinnig en maklik,” sê hy. Die stroper draf met gemak teen tien kmu deur die sonneblom en huiwer of sluk glad nie, terwyl die skoonmaakflappe aan die tafel se tande sorg dat nie ’n enkele kop verlore gaan nie. Onderhoud loop hand-aan hand met ’n rustige strooptyd en elke 50 uur is daar ’n paar ghriesnippels wat geghries moet word, asook die nor-male daaglikse inspeksies. “Die naaste Agri Afrika-tak is in Pretoria, maar die Agri Afrika-span bel gereeld om uit te vind hoe hulle tafel presteer. Sulke naverkopediens maak my altyd vol moed vir die toekoms en alhoewel daar nog niks met die tafel fout gegaan het nie, is ek oortuig dat Agri Afrika bankvas agter my staan,” sê Gerhard. “In ’n neutedop gaan dit vir my oor die sterkte van die tafel en die gemak waarmee hy aangedryf word,” sê hy.

Die Ombu-sonneblomtafel werk so lig dat Gerhard Niehaus, Gerhald se pa, sy aandryfas heel maklik met die hand draai as die stroper uit rat is.

Gerhald en Gerhard Niehaus sien kans vir nog baie seisoene met die uithaler-sonneblomtafel van Agri Afrika.

MeganisasieMeganisasie

’n Niks-nonsies sonneblomtafel is ’n oes in die sak

Die stewige konstruksie van die Ombu-stropertafel is een van die hoofoorwegings hoekom Gerhard dit gekies het.

Gerhald Niehaus van Thaba-zimbi is die man wat hier agter die stroper se mikke ingeklim het om Agri Afrika se rewolusionêre nuwe Ombu-sonneblomtafel te toets. Hy is in sy noppies met die resultaat.

Die man om mee te praat as jy meer van hierdie geen-nonsies sonne-blomtafel wil weet, is Marius Tolmay. Skakel hom by 083-581-5709 of 012-541-1121 of [email protected]

Page 8: Proagri 173

6 ProAgri 173 – Julie / July 2014 wwww.proagri.co.za

“Trekkers wat hard werk, moet betroubaar wees,” sê Cobus

Botha wat tussen Winterton en Berg-ville boer. “Jy moet ook seker maak dat jy bybly met die tegnologie, veral as dit kom by trekkers wat gebruik word vir iets soos plantwerk.” Cobus het net voor die vorige plant-seisoen vir hom die spiksplinternuwe John Deere 6170M-trekker aangeskaf en hy is so in sy noppies met die trek-ker se prestasie, dat hy nog een vir die volgende seisoen bestel het. Die trekker pas perfek by sy John Deere 2113 Central Seeder 8-ry geenbewerkingplanter. Die 6170M van 127 kW is ’n klein bietjie groter as sy ander plantertrekkers en saam met ’n hele pakket nuwe tegnologie kan die trekker die planter met groot gemak hanteer; so ook die skotteleg en selfs die 5-skaarploeg wat op sekere dele van die plaas ingespan moet word. “My trekker werk nie so hard nie en ek spaar geld en tyd,” sê Cobus. Hy het uitgewerk dat hy met die ploeg agter die 6170M net 10 liter diesel per uur gebruik, teenoor sy vorige 14,4 liter. “Ons ploeg nie groot nie, want 60 persent van ons lande is op ’n geen-bewerkingstelsel, maar as ek soveel met die ploeg kan bespaar, dink net hoeveel bespaar ek met die res.” Cobus sê die 6170M vul na sy me-ning ’n gaping in die mark tussen die ou 6-reeks en die groter John Deere-bulle, sonder om enige tegnologie in te

Cobus Botha van Winterton sê die nuwe John Deere 6170M pas perfek voor sy 8-ry geenbewerkingplanter.

boet. “Hy het alles in wat die grotes in het, hy is net ’n bietjie kleiner. Dit pas perfek in my boerdery in.” Sy trekker is toegerus met Green-Star-tegnologie wat hy gebruik vir presisie-plantwerk en wisselende kalktoediening volgens die grond se presiese behoefte. Nog pluspunte van die 6170M is die groter kajuit met beter sig, die gebruikersvriendelike kontroles onder jou regterhand, ’n aanboordreke-naar en die groter brandstoftenk wat ’n allemintige 406 liter diesel kan hou. In vergelyking met sy vorige 6-reeksmodelle het hy ook hoër grond-vryhoogte met 42” bande agter, wat sy vastrap aansienlik verbeter. Die olieverkoelde kragaftakker en PowerFill™-remme (standaard aan die 6170M) sorg vir gladde inskakeling en betroubare stopkrag. Hierdie remme en koppelaars hou langer en gee die operateur volkome beheer oor die masjien. Cobus koop al sy John Deere-toe-rusting by Mascor op Winterton, wat een van John Deere se tophandelaars is, maar hy het nog nie rede gehad om hulle te bel oor iets wat verkeerd gegaan het aan die trekker nie. So met ’n knipoog: “’n John Deere breek mos nie.” Sou die trekker wel herstelwerk nodig hê, kan dit maklik en vinnig geskied as gevolg van John Deere se vasteraamonderstel. Dit is nie nodig om ’n John Deere te split om by

belangrike onderdele uit te kom nie en modulêre montering op die vaste-raam beteken ook dat jy nie alles wat werk uitmekaar hoef te haal om by die seerplek uit te kom nie. Die 6170M se vasteraam van 2 800 mm dra ook by tot die trek-ker se besondere sterk hysvernuf van 7 000 kg op die driepunt. Dit is ook moontlik om met ’n driepunthyser aan die trekker se neus tot 4 000 kg te lig. Die 6170M is dus nie net vir taai sleepwerk geskik nie, maar ook vir al daardie swaar driepuntgemonteerde werktuie.

So lyk die reeksDie nuwe 6M-reeks vervang die ou 6430 tot 6930-modelle en loop van 6105M (78 kW) tot Cobus se bielie, die 6170M (127 kW). Die kleiner modelle, tot by die 6140M, word aangedryf met ’n vier-silinderenjin van 4,5 liter, en die twee grotes, die 6150M en 6170M, het kragtige sessilinderenjins van 6,8 liter. Al die enjins spog met John Deere se jongste verkoelingstelsel en voldoen aan Vlak 3 verminderde vrystellings-vereistes. ’n Verbeterde hidrouliese stelsel sorg vir meer krag en blitsige reaksie en dan is die 6170M nog so slim om te kan aanvoel of hy meer krag vir ’n vrag nodig het. Hoëdruk skop vanself in en as die vrag nie so swaar is nie, bly hy in laedruk vir beter brand-stofverbruik en om die las op die enjin

MeganisasieMeganisasie

John Deere:Ontmoet

Page 9: Proagri 173

www.proagri.co.za ProAgri 173 – Julie / July 2014 7

Vind uit hoe die 6M-reeks in jou boerdery kan pas. Bel Carel Theron by 082-802-2209 of stuur ’n e-pos na [email protected].

die nuwe veelsydige 6170Men hidrouliese stel-sel te verminder. Die hele reeks se hysvermoë is met ongeveer 10% ver-beter. By die kleiner trekkers beteken dit maksimum hyskrag van 4 900 kg tot by die 6170M se 7 000 kg. Agter aan die trekker kan tot vier dubbelwerkende hidrouliese aftap-punte gemonteer word, sowel as kop-pelings vir werk-tuie wat hulle eie hidrouliese motors gebruik. Die 6170M het ook PowrQuad™-kragoordrag, wat vier koppelaarvrye oorskakelings bied vir ratse, gladde beweging en opera-teursgerief.

’n Vrag nuwe tegnologie skuil onder die 6170M se enjinkap. Let ook op die wiel se skerp krinkaksie wat onnodige heen-en-weerstotery op die wenakker uitskakel.

Die JD 6170M se driepunt spog met ’n allemintige hysvernuf van 7 000 kg, wat hom een van die veelsydigste trekkers op die mark maak.

Page 10: Proagri 173

“Dis die beste werktuig wat ons nog gekoop het,” sê Gideon

Human, plaasbestuurder van Wessel Campher se uitgebreide saaiboerdery in Natal en die Oos-Vrystaat. Gideon praat van die Terradisc 3001 van Pöttinger wat hoofsaaklik vir stoppelbewerking na oestyd (en die beeste deur die lande is) gebruik word. Met ProAgri se besoek aan die plaas by Swinburne aan die Vrystaat-kant van Van Reenenspas was die Terradisc besig om gou op ’n drafstap kalk in die ou sojalande in te werk voor alles wegwaai. Mense in die omgewing sê juis Swinburne is die plek waar wind gemaak word! Gideon sê met die Terradisc, wat deur Valtrac versprei word, kan hy die kalk baie vinniger en goedkoper inwerk as met ’n tradisionele skotteleg, en dan laat dit hom sonder ’n verdigtings-laag en met die saadbed wat hy wil hê. Op die spesifieke plaas verkies hy dat die saadbed nie te fyn moet wees nie, juis as gevolg van die wind. Daarom laat hy nie die masjien teen sy gewone 15 kmu draf nie. Die rede waarom hulle by Valtrac gaan aanklop het, was omdat hulle op soek was na ’n masjien wat op die besproeiingslande die digte reste in egalige stukkies kan sny, maar dit dan nie verwyder nie. “Dit moet in die bogrond bly, want die organismes wat die afbreekwerk doen, leef net in die boonste 10 cm,” sê Gideon. Hy sê hulle wil die grond so min as moontlik versteur, maar daar moet plan gemaak word met die reste en onkruid.

Gideon Human sê die Terradisc is die beste werktuig wat hulle nog ge-koop het.

Onkruid ontkiem egalig na die Terradisc se eerste bewerking en dan, voor planttyd wanneer hulle weer deurgaan, word die onkruid op die grond neergesit waar dit vrek. Gideon-hulle het spesifiek ’n drie-puntmodel gesoek omdat hulle baie kontoere het en nodig het om kort te draai op die wenakker.

Nog voordele van die Terradisc:Wegbreekaksie: As gevolg van die rub-berskokbrekers in die dwarsbalk het

die skottels ’n wegbreekaksie van tot 10 cm na bo om klipskade te voorkom, maar die skottel val dadelik weer terug in sy posisie. Stabiel: Die skottels word twee-twee saam op die rubberrollers gemonteer voor dit op die balk kom wat verhoed dat die skottels kant toe uitswaai. Die hoek bly dus dieselfde. Voorkom verstoppings: Daar is ge-noeg ruimte tussen die skottel en die arm vir klippe en stronke om deur te gly.

MeganisasieMeganisasie

Valtrac se Terradisc en Synkro:Gee jou gesaaides ‘n voorsprong

8 ProAgri 173 – Julie / July 2014 wwww.proagri.co.za

Page 11: Proagri 173

Andries Minnie junior, (in die trekker) met Andries Lebele en Andries Min-nie senior by die Terradisc wat ’n perfekte saadbed skep om in te plant.

Andries Minnie by sy Pöttinger Synkro 5030 van Valtrac, wat die rou grond waar daar bome en bosse pas uitgehaal is, mooi plat, gelyk en bult-vry maak. Nadat die Synkro op die plaas aangekom het, kan hulle swaar landskaaf opsy staan.

As jy ook jou gesaaides die voor-sprong van ’n perfekte saadbed-ding wil gee, praat met George Cilliers by 082-881-4855 of [email protected]. Besoek ook www.valtrac.co.za vir meer inligting oor Valtrac se volledige reeks wenwerktuie en trekkers.

Maklike dieptebeheer: Die rollers sorg vir die dieptebeheer en dit kan hidroulies vanuit die trekker gestel word. Padvervoer: Die buitenste skottels vou boontoe om dit net so breed soos die trekker te maak vir padvervoer. Maklike onderhoud: Daar is net twee ghriespunte aan die roller. Die skottels se laers is in ’n geseëlde een-heid. Vinnig: Die Terradisc werk doeltref-fend teen 13 tot 15 kmu. Volgens Gideon is die masjien rats genoeg om met planttyd voor twee planters te bly. Legendariese dienslewering: Om ’n masjien van ’n internasionaal erken-de vervaardiger soos Pöttinger met hulle 140 jaar ervaring te koop en om dan in Suid-Afrika baat te vind by die legendariese dienslewering en tegniese ondersteuning van ’n maatskappy soos

Valtrac, plaas enige boer op die wen-pad. Net so nuttig soos die Terradisc 3001 in die Vrystaat is, net so doel-treffend werk sy grootboet, die Terradisc 6001, en Valtrac se Pöttinger Synkro-skeurploeg in die Bosveld om ontboste grond te herwin en in nuttige landerye te omskep. Met die hulp van hierdie toerust-ing het Andries Minnie, plaasbestu-urder van Tony Clouston tussen Brits en Thabazimbi, binne een week ’n stuk bosveld van 110 hektaar ontbos, gelykgemaak, bewerk en geplant. Toe Andries vier jaar gelede op die plaas aangekom het om die Bosveldplaas in saaigrond te omskep, het dit hom gemiddeld vier weke geneem om die-selfde taak af te handel. “Voorheen, nadat die graafma-sjiene die bome en bosse verwyder

het, moes ons rip, dan die balk sleep, dan die logge landskaaf oortrek en as daar nog materiaal was moes ek weer dis, weer die balk sleep en dan eers kon ek plant. Ons moes herhaalde-lik heen-en-weer ry om die saadbed gelyk genoeg te kry en ons brandstof-rekening het die hoogte ingeskiet,” sê Andries. Boonop kon Andries vergeet om na ’n lekker reënbui, as die grond net reg is vir plant, in die land te kom. Die modder het so erg tussen die skot-telploeg se skottels saamgepak dat hy moes wag tot die grond droër was. Valtrac se Pöttinger Terradisc 6001-skottelploeg en die Synkro 5030-skeurploeg is ’n gedugte twee-manskap wat Andries se probleme eensklaps opgelos het. “In sommige lande is daar baie bultjies wat die Synkro met sy lek-ker tande en vlerkskare met een flink beweging gelykmaak en deurlug. Die Synkro se tande, gehapte skottels en groot roller doen die werk teen ’n frak-sie van die vorige koste,” sê Andries. “Die Terradisc se taak is om met syskottels en roller ’n saadbed te skep wat maak dat my planter elke saadjie presies 7 cm diep kan plant en presiese rywydtes kan agterlaat wat ’n genot is om te stroop.” In die wenakker tel die Tarradisc sy skare op om gemaklik op sy roller te draai. Andries het die kans gewaag om die Terradisc in ’n land waar die klippe bankvas langs mekaar lê, in te stoot en groot was sy verbasing toe die werktuig die klippe mooi platgedruk het om ’n saadbed te vorm waaroor hy ook (versigtig) sy planter kon stuur. ’n Verdere verrassing was dat sy koring heel eerste tussen die klippe opgekom het.

Let op die robuuste raamstruktuur en die rubberskokbrekers wat sorg vir ’n wegbreekaksie indien nodig, met onmiddellike terugkeer.

www.proagri.co.za ProAgri 173 – Julie / July 2014 9

Page 12: Proagri 173

10 ProAgri 173 – Julie / July 2014 wwww.proagri.co.za

MeganisasieMeganisasie

Betroubaarheid, ekonomie en werkverrigting is eise wat vandag

se boer aan werktuie moet stel as hy van plan is om volhoubaar te boer. Kubota se puik produkreeks bied die boer al hierdie hoedanighede, met veelsydigheid en blitsige diens op die koop toe. Kubota word volgens die strengste standaarde en met die gevorderd-ste ingenieursvernuf van die beste materiaal in Japan, die land bekend vir tegnologiese prestasie, vervaardig. Kubota vervaardig elke onderdeel van elke Kubota-produk self om perfekte gehalte te verseker.

Kyk wat het Kubota vir die boer:Kubota-trekkers is toonbeelde van ekonomiese doeltreffendheid, en van die kleinste tot die grootste in die reeks word met dieselfde toewyding en sorg vervaardig as die heel duurste trekker wat in die mark beskikbaar is. Elke Kubota is ’n ware, nuttige, bruik-bare, professionele trekker.

B-reeks trekkersDie kleinste Kubota-trekkers is die B-reeks met die B1820 van 13,2 kW, die B2420 van 17,9 kW en die B2530 van 18,4 kW. Die eerste twee is net met rolstawe beskikbaar, maar die B2530 kan ook met ’n kajuit bestel word. Al hierdie trekkers het kan-niedood-dieselenjins, kragaftakkers, driepunthysers en is geskik vir ligter werk soos in groentetonnels en om die plaaswerf.

L-reeks trekkersKubota se L-reeks is geen-nonsens, maklik-om-te-werk, betroubare trek-kers en verrassend kragtig om met take waarvoor reuse dieselsuipertrek-

Kubota se L39 is ’n volwaardige trekker, ’n volwaardige slootgrawer en ’n volwaardige laaigraaf.

Kubota se M130X bied ongelooflike trekkrag met sy 97,9 kW-enjin met drukbuisinspuiting en sy Intelli-Shift-kragoordrag. Met Kubota se gesogte Bi-Speed draai hy op ’n tiekie en vir die operateur bied hy ’n gerieflike werkomgewing wat moegword tot laataand uitstel.

Kubota:Vir die boer vir wie net die beste goed genoeg is

Page 13: Proagri 173

www.proagri.co.za ProAgri 173 – Julie / July 2014 11

As net die beste goed genoeg is vir jou boerdery, praat met Deon Engelke by 083-306-8655 of e-pos [email protected]. Besoek ook www.kubotasa.co.za vir inligting oor produkte en om te kyk waar die Kubota-handelaar naaste aan jou is.

Met die stygende koste van arbeid en die groot, skoon gebiede wat plaasveiligheid om opstalle vereis, is ’n goeie grassnyer wat vinnig en skoon kan sny, ’n noodsaaklikheid. Die ZD331 is een van die reeks wat Kubota bied.

plaas maak: Die BX25D-TLB is volledig trekker met ’n driepunthyser en alles wat aan enige trek-ker nodig mag wees, maar ook met ’n stewige laaigraaf wat by die skarnierpunt 338 kg tot 1,810 meter hoog kan lig met sy skop wat 1,2 meter wyd is. Sy kitsverwyderbare slootgrawer grawe 1,842 m diep en lig 1,533 m hoog. Benewens sy agter-ste kragaftakker, het die BX25D-TLB ook ’n kragaftakker in die middel vir die monte-ring van ’n grassnyer, wat dit ’n volwaardige vier-in-een-werktuig maak. Vir swaarder laai-, slootgrawe- of trekkerwerk is die L39 met sy drie-silinderenjin van 29,1 kW, twaalf vorentoe- en agt truratte die perfekte antwoord. Soos die kleiner BX25D, kan ’n mens sy slootgrawer en laai-graaf klieks-klaks verwyder en sy driepuntskakels aanhaak om hom soos ’n volwaardige, voortreflike trekker te gebruik. Sy laaigraaf lig ’n volle ton, gemeet by die middel van die bak se boom, 2,9 meter hoog by die skarnierpunt of 2,285 m hoog by die onderkant van die bak tydens die uitgooi-aksie. Om die L39 se slootgrawer te gebruik, swaai jy die sitplek om, laat die hidroulies-beheerde stabiliseerders vastrap en siedaar – jy het ’n volwaardige trekskop (“back acter”) wat tot 3,073 m diep kan grawe met ’n wegbreekkrag van 25 892 Nm en ’n uitgooihoogte van 2,319 m.

Rowweterreinvoer-tuieSoos alle ander Kubota-produkte, is Kubota se dieselaange-drewe RTV’s ook in ’n klas van hulle eie wat ekonomie, bruikbaar-heid, duursaamheid, betroubaarheid en ge-bruikersgerief betref. Die Kubota RTV900 kan 40 kmu draf met ’n vrag van 740 kg op sy wipbak en met sy vierwielvastrap stap hy gemaklik oor die moei-likste terrein. Die RTV1140CPX is ewe rats met sy diesel-enjin van 18,5 kg, maar sy ruim laaibak se voorste deel

As jy na jou buffels wil gaan kyk, materiaal of gereedskap wil aanry, brand of pesplante bestry op plekke waar geen trekker of bakkie kan bykom nie, of sommer net vir die lekkerte wil ry, is Kubota se RTV 1140 CPX net die voertuig vir jou.

kan in ’n japtrap oopvou om ’n tweede banksitplek te vorm vir gerieflike per-soneelvervoer.

Grassny word ’n droomDie huidige arbeidstoestande ver-eis dat boere soveel as moontlik moet meganiseer en die veiligheids-toestande vereis al hoe groter oop ruimtes rondom opstalle. Dit bring al hoe meer gras mee wat gesny moet word, en ook hier dien Kubota die boer met die perfekte oplossing. Grassny is maklik en vinnig met Kubota se Z-reeks serodraaisnyers wat op hulle spore kan omdraai, bestaande uit die ZG227 van 20,1 kW, wat 2,125 meter wyd sny; die ZD221 van 15,1 kW met dieselfde snywydte en die ZD331 van 23,1 kW met ’n snywydte van 2,834 meter. Daarbenewens bied Kubota ook twee stuurwielgrassnyers: Die T2080 met ’n enjin van 14,9 kW en ’n sny-wydte van 1,067 m; en die F3680 met sy allemintige enjin van 26,8 kW en ’n snywydte van 1,826 meter teen ’n spoed van tot 20 kmu. Met Kubota is die boer nie net verseker van die gevorderdste, maar betroubaarste en duursaamste werk-tuie nie, maar ook vir die stiptelikse, mees toegewyde diens. Kubota SA se produkbestuurder, Deon Engelke, sê immers: “Daar is nie een ontevrede Kubota-kliënt in Suid-Afrika nie. As daar een was, sou ek nie nou hier met jou gesit en praat het nie; ek sou by hom gewees het, besig om sy pro-bleem op te los.”

kers nie nodig is nie, klaar te speel. Daar is vier modelle in Kubota se L-reeks: Die L3200 van 24,6 kW; die L3540 van 27,6 kW; die L4100 van 30,6 kW; en die L5040 van 38,9 kW. Al vier modelle is met rolstawe toe-gerus en het vierwielaandrywing wat gedugte vastrapkrag verseker.

Smal M-reeksMet die smal M-reeks gee Kubota se ingenieurs druiwe- en vrugteboere verstommend baie trekkerkrag in die middelkragklas om lag-lag groter werktuie in wingerde en boorde te gebruik. Die smal M7040 van 51 kW is ’n oop trekker met ’n rolstaaf, maar die smal M8540 is in ’n rolstaafmodel van 63 kW met agt ratte vorentoe en agt tru beskikbaar, of met ’n kajuit en tien vorentoe- en truratte. Die kajuitmodel is uitnemend geskik vir bespuiting.

Standaard M-reeksKubota se M-reeks lewer verstom-mende prestasie en word baie nuttig aangewend vir alle take in die krag-klas van 53 tot 100 kW. Die M7040 van 53 kW met sy rolstaaf is die kleinste in die reeks. Net groter is die M8540 van 64 kW, wat met rolstaaf of kajuit beskikbaar is. Die rolstaafmodel kan ook met tweewielaandrywing bestel word; die enigste 2 x 4 in die Kubota-stal. Die Kubota M9540 van 71 kW is ook met rolstaaf of kajuit beskikbaar, terwyl Kubota se grootste trekkers, die M108S van 80,6 kW en die M130X van 96,9 kW, net met kajuite beskik-baar is.

TLB’sWat trekker-laaigraaf-slootgrawerkom-binasies betref, bied Kubota se BX25D met sy dapper 17,2 kW en L39 met 29,1 kW veel meer veelsydigheid, wat hierdie masjiene nog nuttiger op die

Page 14: Proagri 173

12 ProAgri 173 – Julie / July 2014 wwww.proagri.co.za

Page 15: Proagri 173

www.proagri.co.za ProAgri 173 – Julie / July 2014 13

Elke boer weet dat ’n boordspuit veel meer is as ’n eenvoudige masjien

wat net op en af moet ry om chemika-lieë op bome se blare te plaas. Hedendaagse landbou vereis dat ’n spuit ook sy plek in sy presisiewerk-tuigskuur verdien, want elke liter spuitstof en elke liter brandstof tel. Soos enige maatskappy wat sy sout werd is, besef Jupidex dit ook terdeë en daarom het Jupidex besluit om die voortreflike reeks Fede-spuite uit Spanje in te voer om Suid-Afrikaanse boere se lewe te vergemaklik. Du Preez de Villiers het by Henk Esterhuyse senior en Henk junior van SanLucar-boerdery naby Porterville gaan kuier om meer wys te word oor hierdie besondere spuit. “Toe ons in Spanje was, het ons die Fede-spuit in aksie gesien en was baie beïndruk om te sien waaraan die Spanjaarde alles gedink het. Terug in Suid-Afrika het ons vir Martin Marais, bemarker van Kaap Agri, gekontak om die Fede Futur 3000-spuit vir ons sitrusboorde aan te skaf,” sê Henk junior. Henk senior is veral baie opgewon-de oor die rewolusionêre sleepstang van die spuit. “Om te draai of te knak, is daar twee gewrigaksies in die spuit se sleepstang, een vir op en af en een vir links en regs, om heel gemaklik soos ’n slang deur die boorde te kron-kel. Dit help ook baie om stangslytasie te verhoed,” sê hy. Om te verseker dat daar geen spuitstof op onsigbare bome vermors word nie, is daar ’n radarsensor aan die spuit wat dadelik afskakel soos die spuit verby ’n boom beweeg. Verder kan die Fede Futur se elektroniese kraan ook aan- en afgeskakel word

met ’n met ’n skakelaar binne-in die kajuit. Daarbenewens kan die spuit se linker of regterkant afgeskakel word wanneer nodig. Daar is ook baie dinkwerk agter die ontwerp van die spuit se waaier. Die lemme is gedraai sodat die wind agter die sproei-koppe in ’n spiraal beweeg om die spuitstof tot in die middel van elke boom te kry. Dit verseker dat die bome se buitenste blare nie onder ’n muur van wind plat-gedruk word en al die spuitstof ontvang nie. Fede het besluit op twee blaasopeninge met wisselende en verstelbare windspoed, elk met sy eie ry sproeikoppe. Nou kan twee verskillende tipes sproei-koppe saamwerk om byvoorbeeld groot penetrerende druppels tot binne-in die boom te spuit en ’n

fyn mis op die buitenste blare te plaas terwyl die windspoed agter elke ry sproeikoppe ook kan wissel. Die windspoed tussen die twee openinge kan maklik verstel word deur

bloot ’n knop aan die kegel agter op die spuit te draai. Die ruimte tus-sen die twee spuitopeninge word dan groter of kleiner om die volume en dus die sterkte van die wind te verander. Vinnige en deeglike meng dra ook by tot ’n besondere spuitervaring. Die tenk se vulopening het ’n filter met ’n vermengingsproeier (die Kapenaars noem dit ’n robotjie) wat deurlopend water op die spuitstofkonsentraat spuit terwyl dit in die tenk gegooi word. Verder is daar ook twee vermeng-ingsproeiers bo-aan en twee spuit-koppe binne-in die tenk wat sorg dat daar deurentyd voldoende vloei deur die tenk is. “Jupidex het hier voorwaar ’n spuit beet wat aan alles gedink het,” sê Henk junior.

Vir meer inligting oor omtrent hierdie bobaasspuit van Jupidex kan Nico Storm by 082-463-3124, 033-386-3574 of [email protected] gekontak word.

Ontmoet die geenspytspuit:Jupidex se Fede spuit perfek

MeganisasieGewasproduksie

Henk Esterhuyse junior kan die blaas-spoed van die twee lugopeninge agter die sproeikoppe maklik verstel deur die knop agter op die kegel te draai.

Al die manne wat by die verskaffing en gebruik van Jupidex se Fede-spuite betrokke is, het rede om breed te glimlag. Agter staan Henk Esterhuyse senior, hoofbestuurder van SanLucar-boerdery; Frikkie Kok en Willem Bykom, spuitoperateurs; Frikkie Williams, James Swartz en Adriaan Maarman, produksiebestuurders; en Immaneul Maarman, monitor. Voor hurk Henk Esterhuyse junior, eenheidsbestuurder; Martin Marais, verkoopsbestuurder van Kaap Agri; Sedney Wildschut, spuitopera-teur; en Dewald Bronkhorst, Jupidex se verteenwoordiger.

Henk Esterhuyse junior van SanLucar-boerdery naby Porterville kan die Fede-spuit van Jupidex binne ’n japtrap met die spuit se bykomende programmatuur kalibreer nadat hy die spuitprogram uitgewerk het.

Page 16: Proagri 173

14 ProAgri 173 – Julie / July 2014 wwww.proagri.co.za

Page 17: Proagri 173

www.proagri.co.za ProAgri 173 – Julie / July 2014 15

MeganisasieGewasproduksie

Senter 360 is anders as gewone spilpunte’n Breë, tevrede glimlag is die eerste

kenmerk van ’n besproeiingsboer wat ’n Senter 360-spilpunt besit. Dis ook geen wonder nie, want waar anders kry jy soveel gehalte, doeltref-fendheid en betroubaarheid teen so ’n bekostigbare prys? Grond, arbeid, werktuie, saad, kunsmis en brandstof is duur en geen boer kan vandag bekostig om met insetkoste te dobbel in die vae hoop dat hy ’n lonende opbrengs sal behaal nie. Besproeiing vergroot die boer se sekerheid van ’n oes en ’n Senter 360-spilpunt bied die boer die besproeiing waarop hy kan reken, want Senter 360 is anders as gewone spilpunte. Toe die eerste Senter 360 twintig jaar gelede die lig gesien het, was die doel nie net om boere van voor-treflike spilpunte te voorsien nie, maar van ’n volledige diens, vanaf uitvoerbaarheidstudies tot opmeting, stelselontwerp, installering en voort-gesette diens en opgradering. Senter 360 se mense se ervaring, kundigheid, gesindheid, begrip vir die boer en toewyding tot die roeping om immer beter oplossings vir die boer te vind, maak Senter 360 anders. Senter 360 se deurlopende soeke na beter oplossings vir die boer, maak Senter 360-spilpunte ook anders as gewone spilpunte:

• Senter 360 se vakwerkysters is van pyp, wat vir dieselfde sterkte ligter as die algemeen gebruikte hoekyster is. Dit beteken dat daar meer stelle vakwerkysters aangebring kan word vir ’n ontsettend sterk struktuur wat sterk stormwinde lag-lag weerstaan.

• Langer basisbalke, toringstutte, stabiliseringstawe en diagonale verbeter die Senter 360 se stabiliteit nog verder.

• Dis maklik om die Senter 360 te beheer met sy logiese basiese beheerpaneel. Jy sê hoeveel milli-meter water hy moet plaas en daar is geen ingewikkelde berekeninge nie. Die beheerpaneel kan teen ’n geringe koste modulêr deur verskeie outomatiseringsvlakke opgegra-deer word tot ’n hoogs gevorderde, afstandbeheerde stelsel.

• ’n Algemene probleem by gewone spilpunte is dat die laaste spuit maklik verstop raak. Senter 360 se eenvoudige, maar doeltreffende, gepatenteerde oplossing skakel die probleem heeltemal uit.

• Senter 360 se swaardiensmotor-ratkaseenhede is gebou om te hou, selfs in die strafste toestande. Wielratkaste se olieseëls is behoorlik teen vogindringing en grond

As jy ook ’n Senter 360-glimlag wil hê, maak nie saak waar in Afrika jy boer nie, praat met Theuns Dreyer by 082-564-5955 of 018-469-1331 of [email protected]. Besoek ook www.senter360.co.za vir nog meer inligting oor die bekostigbare spilpunt in ’n klas van sy eie.

beskerm en die rubberinset-sels in die dryfaskoppelstukke sorg vir sagter wegspring en stop, wat ratkaste se leeftyd verleng.

• Senter 360 se vernuftige bal- en sokskarniere tussen seksies verseker beweeglikheid sonder onnodige las op strukture.

• Waar gewone spilpunte met trekkerbande verskaf word, het elke Senter 360 van die begin af spesiale besproeiingsbande, wat bo-oor nat, modderige grond beweeg in plaas daarvan om dit uit te stoot om al hoe dieper wielspore uit te trap. As jy steeds wielspoorprobleme ondervind, is dit maklik om Senter 360 se Voorbreker aan elke wielstel te monteer. Jou trekker en planter sal ook bly wees om nie meer deur spil-puntwielspore te stamp nie.

• Senter 360 se mense verstaan Suid-Afrika se boere se pro-bleme. Daarom het ’n Senter 360-spilpunt van die begin af aluminiumkabels omdat dit geen skrootwaarde het nie en dus nie soos koperkabels ge-steel word nie.

• Senter 360 gebruik net I-Wob-spuitstukke omdat dit

die perfekte druppelgrootte lewer om windwegdrywing en verdampingsverliese te beperk en terselfdertyd egalig te benat en indringing sonder afloop verbeter.

Nog meer• Jy kan nog meer waarde uit

jou Senter 360-spilpunt put met Senter 360 se reeks

bekostigbare, akkurate, be-troubare diafragma-tipe kuns-misinspuitpompe, waarmee kunsmis baie presies in die besproeiingswater toegedien kan word.

• Senter 360 verskaf ook akkurate grondvogmeettoerus-

ting waarmee die boer kan verseker dat presies die regte hoeveelheid water toegedien kan word sonder om ’n druppel te vermors.

Maar miskien is die belangrikste aspek van Senter 360 dat jy ’n span toegewyde kundiges kry wat boerdery en besproeiing verstaan en begrip het vir jou boerdery; immer gereed om vir jou beter oplossings te vind om te sorg dat die glimlag op jou gesig al hoe breër word.

p jjjj

Page 18: Proagri 173

16 ProAgri 173 – Julie / July 2014 wwww.proagri.co.za

Page 19: Proagri 173

www.proagri.co.za ProAgri 173 – Julie / July 2014 17

MeganisasieMeganisasie

“Jy meet nie ’n maatskappy aan wat hy doen wanneer dit goed

gaan nie. Dit is hoe hy probleme han-teer wat die verskil maak,” sê Steve Casey, besturende direkteur van UCL Company. Steve weet waarvan hy praat, want UCL is nie net die grootste verskaffer van landbouprodukte aan boere in die Natalse Middelande nie, die maatskappy het ook sy eie saag-meulens, wattelverwerkingsaanleg, suikermeule en ’n hele aantal plase. Die onderneming kry sy diesel van P Trimborn Agency in Pietermaritzburg. UCL het ’n vloot van 120 voertuie en tree ook op as dieselverskaffer aan ’n verdere 130 boere wat natuurlik elkeen sy eie versameling voertuie en landboumasjinerie het. Steve sê benewens die feit dat landbou seisoenaal is met wisselende behoeftes, is dit ook so dat elke boer voor elke prysverhoging sy diesel op sy plaas wil hê en dit is wanneer daar baie druk uitgeoefen word. “Trimborn het ’n manier om hierdie druk en probleme te hanteer en dit is waarom ons sedert 2008 met hulle sake doen,” sê Steve. P Trimborn Agency het in 1988 ’n nederige begin gehad as depot vir vier brandstofmaatskappye. Paul Trimborn se pa het die stukkie grond bekom en as depot ingerig en sy seun ingetrek as hoofbestuurder. Paul sê deel van sy pligte was om met ’n bakkie rond te ry en gas en olie af te lewer. In 1999 het die oliemaat-skappye besluit om elkeen sy eie depot in die omgewing oop te maak en Trimborn het die toekoms saam met Shell aangedurf. “Ons het met twee vyfduisend liter trokkies begin en van plaas tot plaas afgelewer,” vertel Paul. Kay Chetty, wat ook van die begin-jare af by die maatskappy betrokke was, sê hulle het letterlik dag en nag gewerk, want hulle moes ook die de-pot beman waar trokke op die hoofweg tussen Durban en Johannesburg hulle Shell-diesel kon kry. Vandag nog is die depot ’n 24-uur dienspunt en word gereeld besoek, van reuse vragmotors tot hupse nutsvoertuie wat almal die voordeel van Shell se gehalte diesel teen guns-tige pryse wil hê.

Trimborn spog nou met 14 tenk-vragmotors wat die gebied vanaf die hoofkantoor in Pietermaritzburg tot in Durban, teen die noordkus tot by Ballito, teen die suidkus af tot by Port Shepstone en dan binneland toe, tot so ver as Bergville, Greytown en Ladysmith bedien. Meer as drieduisend boere se trekkers word deur Trimborn se diesel aan die gang gehou. Die maatskappy is onlangs gekeur as een van Shell SA se handjievol Topverspreiders in die land en geniet nou die voordeel van die bekende Shell-handelsmerk as stempel van gehalte. Paul sê mense wil weet wat hulle kry, want daar is baie dieselverkopers wat kanse waag en verdunde produkte aanbied. Met Shell as verskaffer is daar ’n waarborg dat die diesel wat jy vandag koop dieselfde goeie gehalte produk is as die diesel wat jy gister gekoop het. Daarmee saam kom ook die unieke eienskappe van ’n produk soos Shell Diesel Extra wat met sy skoonbrand-tegnologie tot besparings van so veel as drie persent in brandstofverbruik kan lei en sy teenskuimtegnologie wat minder vermorsing en minder staantyd by die pomp beteken. Nog ’n voordeel wat Trimborn as een van Shell se Topverspreiders

geniet, is voorkeur by die Shell depot in Durban. Vier van Trimborn se reuse tenkvragmotors pak daagliks die pad tussen Pietermaritzburg en Durban aan om voorraad te gaan haal en aflewerings op pad te doen. Wanneer daar druk op voorraad is, kan die Trim-born-vragmotors voor in die ry val. Dit alles dra daartoe by om Trim-born se magdom kliënte tevrede te hou en met die ondersteuning van Shell is die pad na verdere groei vir Trimborn oop. Londiwe Mhlongo, verteenwoordiger van Shell in Kwazulu-Natal, sê P Trimborn Agency is gekies as Topver-spreider vanweë hulle bewese 20-jaar rekord in die bedryf en konstante groei. “Hulle naam is wyd bekend in die provinsie vanweë hulle uitstekende dienslewering en goeie produkte, en ons gaan saam met hulle die volgende groeifase betree, wat insluit die ver-spreiding van Shell se reeks smeer-middels.”

Vind uit wie jou plaaslike Shell-verspreider is deur Réomè van der Westhuizen by 082-463-4344 te skakel of stuur ’n e-pos na [email protected].

Steve Casey van die landboumaat-skappy, UCL Company, sê Trimborn, as brandstofverskaffer, staan hulle deur dik en dun by.

Paul Trimborn (regs) sê dit is ’n groot voordeel om onder die Shell-handels-merk sake te doen. By hom staan Kay Chetty en Londiwe Mhlongo van Shell SA.

Wanneer jy so ’n netjies gemerkte tenkwa in Kwazulu-Natal teëkom, kan jy maar weet daar is nog ’n besending gehalte diesel op pad na ’n tevrede Trimborn-kliënt.

Van suiker tot saagsels:Shell sorg vir landbou in Natal

MeganisasieHulpbronbestuur

Page 20: Proagri 173

18 ProAgri 173 – Julie / July 2014 wwww.proagri.co.za

Geen boer hou daarvan om beeste onnodig seer te maak nie, maar

ongelukkig dwing misdaad en oneerlik-heid ons om ons beeste te brandmerk. Die wet bepaal dat beeste gebrand-merk moet word om eienaarskap te bevestig. Elke vee-eienaar moet aan-soek doen om ’n geregistreerde brand-merk. Vorms daarvoor is te kry by die plaaslike SAP-veediefstaleenheid se kantoor, landdroskantoor, voorligtings-kantoor of by die Registrateur van Identifikasiemerke. ’n Eenmalige registrasiebedrag is betaalbaar. Koop ’n inkomsteseël vir die bedrag, plak dit op die aan-soekvorm en pos dit aan Die Registra-teur van Identifikasiemerke, Private Sak X138, Pretoria, 0001. Volgens die Direktoraat Landbou-inligtingsdienste kan ’n bees gebrand-merk word op enige liggaamsdeel waar die brandmerk duidelik sigbaar sal wees, behalwe op die nek. Hulle be-veel aan dat die eerste eienaar die bees laag op die linkerboud brand-merk, die tweede een laag op die linkerblad, derde een laag op die regterboud en die vierde een laag op die regterblad. Die rede waarom laag gebrand word, is dat dit nie die waarde van die vel verminder soos hoë brand-merke nie. In die verlede was brandmerk met ’n warm brandyster die enigste beskikbare metode. Wanneer jy met ’n warm yster brand, brand jy ’n merk of litteken op die vel. Dit is ’n baie duide-like brandmerk, maar dit kan maklik doodgebrand word. Deesdae gebruik al hoe meer boere vriesbrand as ’n alternatiewe opsie vir warm brandmerk. Teenoor brand-merk wat ’n letsel op die dier se vel veroorsaak, beskadig vriesbrand die pigmentvormende haarselle sodat die hare wit uitgroei. Dit kan niedoodgebrand word nie en is dus ’n meer permanente en sekure manier van merk. Die groot voordeel van vriesbrand is dat die merk regeur die jaar maklik gelees kan word, selfs van redelik ver af. Dit verminder ook nie die waarde van die vel soos ‘n warm brandmerk nie en die aaklige reuk en pyn van warm brandmerk word uitgeskakel. Maar vriesbrand het ook nadele. Die groot probleem van vriesbrand is dat dit nogal ’n omslagtige proses is. Jy moet sorg dat jou toerusting reg is, anders gaan jy sukkel.

Hier volg die stappe:• Sorg dat jy genoeg vloeibare stikstof

het. Jy kan droë ys ook gebruik, maar dan moet jy die yster vir 50 sekondes in plaas van 25 tot 30 sekondes op die dier se vel hou. Dit voel soos ’n ewigheid, maar dit is belangrik.

• Ons plaas die vloeibare stikstof in ’n oopgesnyde Roundup-kan, wat ons binne-in ’n koelhouer sit. Die koelhouer se deksel het ’n gleufie in, waardeur die brandyster se hand-vatsel steek. Onthou, die vloeibare stikstof verdamp vinnig. Maak dus die gleufie so klein as moontlik.

• Die dier se hare moet afgeskeer word op die plek waar die merk moet kom. Ons gebruik ’n perde-knipper. Sorg dat jy genoeg skerp lemme het; jy wil nie alles stop oor jou knipper stomp is nie. Ons borsel die vel af met ’n matborsel om alle sand te verwyder. Dan hou die knip-per se lemme langer. Na elke vyfde bees olie ons gou weer die lemme.

MeganisasieVeeboerdery

• Nadat jy die hare afgeskeer het, spuit pers spiritus op die vel. Dit help om die koue te gelei.

• Plaas nou die yster in die vloeibare stikstof. Sodra hy ophou borrels maak, is hy koud genoeg.

• Plaas die vriesbrandyster op die vel nadat jy seker gemaak het jou brandmerk is regop, en hou op die vel vir 25 tot 30 sekondes. Wan-neer jy die yster afhaal, sal die vel vir ’n paar minute ingeduik wees, en daarna verhewe. Die swelsel sal binne ’n paar uur afneem.

Vriesbrand - uit die boer se bek!deur Jannie Myburgh van Myburgh Boerdery

vervolg op bl 20

Page 21: Proagri 173

www.proagri.co.za ProAgri 173 – Julie / July 2014 19

Of jy net vier hektaar mielies vir die skapies wil plant, jou pitte deur

slangbosreste in die grond wil sit of jou reuse saaiplaas wil omskakel na geenbewerking... Jumil het ’n planter vir jou behoefte. Net so 15 km buite Parys op die Fochville-pad teen die Vaalrivier lê Pe-ter en Lesley Faber se plaas van 65 ha, wat aangeskaf is vir hulle Arabierper-de. Vandag is daar nie net ’n Arabier-perdstoet op die plaas nie; daar word ook boerbokke, Ile de France-skape en Kolbroekvarke geteel en natuurlik is daar ’n klompie vryloophoenders soos op elke plaas hoort. En almal soek kos. “Ek het altyd sakke pilkos gekoop wat my derduisende rande gekos het en ons kon nie verstaan waarom die skape wat aan Karoo-bossies gewoond was, nie wou groei soos hulle moes nie,” vertel Peter. Hy het toe uitgevind dat mense vreemde goed doen om volume aan die pille wat hulle verkoop, te gee, soos om saagsels met die lusern te meng. Die pille lyk mooi, maar beteken nie veel nie. Peter het besluit om self sy rant-soen te meng, maar daarvoor moet daar geplant word. Vier hektaar op die klipperige plaas is met groot moeite skoongemaak, onder spilpuntbesproei-ing gesit en voorberei vir plantwerk. “Ek het gekyk na die tweery-planter van Jumil (JM 2090 MG), maar Crop-Tech het toe nie dadelik een in voorraad gehad nie. Ek kan egter net met groot lof praat van die vriende-like, hulpvaardige diens van Hennie du Toit en sy span. Hulle het ’n demon-strasiemodel tot my beskikking gestel en was heeltyd daar om te help,” sê Peter. Selfs toe daar ’n bout oor ’n naweek gebreek het, het hulle moeite gedoen om dit te vervang. Dit was Peter se eerste ervaring met ’n planter en Crop-Tech se mense het hom mooi gehelp om die planter reg in te stel. Daarna was dit mak-lik. Hy het 80 000 pitte per hektaar geplant en was baie beïndruk met die vinnige opkoms en uitstekende plante-stand.

“Na net vyf dae het die mielietjies uit die grond uit gestoot en hulle het deurgaans pragtig gegroei.” Hy het uiteindelik 30 ton mielie-koppe (met die hand!) gepluk en ge-maal, wat veel meer is as wat sy diere kan eet. Volgende seisoen gaan daar twee hektaar mielies en twee hektaar lusern in. Sy eie JM 2090 MG word in Augustus afgelaai.

SlangboswennerNog ’n veeboer wat van oor tot oor glimlag oor sy Jumil-planter (POP JM 2670-SH-Exacta), is Piet Human van Steynsrus in die Vrystaat. As erkende Beefmaster-stoetboer weet Piet pre-sies wat hy wil hê en hy was op soek na ’n planter wat nie skrik vir enige reste nie. Piet plant sedert 1981 Oulandsgras vir sy beeste, maar mettertyd het peslike slangbos die weiding begin oor-neem. Sy bestryding bestaan daaruit dat hy die slangbos in sekere lande met ’n stewige skotteleg uitdis en dan vir drie jaar graangewasse in die lande plant, voor hy weer terugkeer na wei-ding.

Hy sê sy Jumil 2670 werk uit-stekend om deur die harde slangbos-reste te sny en steeds uiters akkuraat te plant. Dit is ’n vakuumplanter en Piet sê jy kan hom maar in ’n presisie-stelsel inbring, die pitte beland waar hulle moet en op die regte diepte. Daar is ook nie saadvermorsing nie. Daarby is dit ’n driepuntmodel wat goed werk op die lande waar daar kontoere is; dit verminder draaityd en kompakteer nie die grond soos ’n sleepmodel nie. Die plaas is ook in heelwat kampe verdeel met hekke en heinings wat stewig genoeg moet wees om selfs die ywerigste Beefmasterbul op sy plek te hou. Die JM 2670 glip glad deur die hekke. Van 10 November tot 10 Februarie het die planter 250 ha mielies, 250 ha sonneblom, 100 ha voersorghum en 100 ha radyse geplant, en Piet sê die ander groot pluspunt is die uitstekende diens wat hy van Crop-Tech se mense gekry het. “Hulle het self die kalibrering kom doen en as daar ’n probleempie was, was hulle blitsig hier om dit op te los.”

Om ’n planter te kry wat perfek by jou boerdery pas, praat met Hennie du Toit van Crop-Tech by 056-817-7210, 082-850-3744 of [email protected] of besoek www.croptech.co.za.

Jumil het ‘n planter vir jóú plaas

MeganisasieVeeboerdery

Piet Human en sy plantvoorman, Petrus Hlonghwane, is trots op hulle goeie mielie-oes wat by die JM 2670 se harde sny- en plant-werk begin het.

Crop-Tech het aan Peter Faber van Parys ’n twee-ry Jumil-planter beskikbaar gestel sodat hy genoeg voer vir al sy diere kon produseer.

PRYSFEES!Kontak jou naaste Crop-Tech-handelaar om uit te vind hoeveel afslag jy op jou onderdele-aankope in Juliemaand kan kry.

Page 22: Proagri 173

20 ProAgri 173 – Julie / July 2014 wwww.proagri.co.za

Vir meer inligting, kontak Jannie Myburgh by [email protected] of 082-417-0175. Besoek www.mtoer.co.za of stuur ’n e-pos na [email protected]

• Binne twee tot drie weke sal die wond begin afskilfer en dan sal die hare begin uitgroei.

• Plaas die yster weer in die vloeibare stikstof nadat jy die bees gevriesbrand het, sodat dit weer koud word terwyl jy vir die volgende dier wag.

• As jy wit beeste wil merk met vriesbrand, hou jy net die yster langer op die bees se vel, dan groei daar nie weer hare nie.

Die duurste komponent van vriesbrand is die vloeibare stikstof. Dit werk omtrent tussen R8 en R10 per bees uit, afhangende van jou kraal en hantering van die bees.

So lyk die vriesbrandyster as hy koud genoeg is om sy werk te doen.

Kyk wat’s NUUT by Diamond Implements!Met ‘n trotse geskiedenis van 30 jaar se vervaardiging in die voermaakbedryf, bly Diamond Implements op die voorpunt van tegnologie met hulle reeks produkte wat spesiaal vir

plaaslike omstandighede en vir die Suid-Afrikaanse boer se beursie vervaardig word. Diamond Implements bied ‘n 24-uur tegniese ondersteuningsdiens met die versekering dat daar altyd onderdele vir die hele reeks beskikbaar is.

Skakel 013-665-1032 vir flink diens.

NUUT!- 14 m³- Laer rand vir makliker laai, hoogte 2,25 m- Uitstekende kerf- en mengvermoë, fyn genoeg vir skape- Dubbelwurm (auger) vereis minder trekkerkrag, 60 - 70 kW- Perfekte mengsel van tot 5 ton in minder as 30 minute- Kettinggedrewe afl aaier is sterker en makliker herstelbaar as bandgedrewe een- Betroubare Italiaanse ratkas; die res alles plaaslik vervaardig- 6,5 m lank, 2,5 m breed- Volledig met ’n skaal- 15 m³, 6 – 7 ton of 20 m³, 8 – 10 ton

- Nou beskikbaar na 6 maande se veeleisende toetsing- Kan voor of agter uitlaai, vloer beweeg vorentoe of agtertoe- Vloer deur 3 kettings aangedryf, spoed verstelbaar- Wielstel het laers; nie buste nie- Verstelbare afl aaivoerband kan regstreeks in voertrog afl aai- 50 – 60 kW trekkerkrag, hidrouliese werking

Voerwa 15/20

Diamond 14-kerwermenger

Faks: 013-665-1436 • [email protected] • www.diamondimplements.co.za

GEEN invoer pryslas!

Page 23: Proagri 173

www.proagri.co.za ProAgri 173 – Julie / July 2014 21

“Vleis raak soos wyn,” verduidelik Adam Kethro van Greenfields

Free Range Beef digby Mooirivier in Kwazulu-Natal. In die handvol uitge-soekte restourante, slaghuise en win-kelgroepe in Johannesburg, Kaapstad en Durban, asook Mooirivier self, waar Greenfields se keurige vleis beskikbaar is, weet fynproewers om by die naam vir Greenfields te vra. Die vleis, wat op die plaas self ver-werk word, is anders as gewone voer-kraalvleis. Adam sê dit het hulle tien jaar geneem om hulle handelsmerk te vestig en om die mark te oortuig dat die geurige vleis met sy lagie geel vet nie net smaakliker nie, maar gesonder ook is. Die geheim is dat Greenfields se beeste wat teen die groen hange van die Drakensberg op die idilliese plaas in kampe loop, grasvreters is. ’n Bees is wat hy eet en elke stukkie vleis wat van Greenfields af kom, is gevul met die natuurlike goedheid wat hulle natuurlike dieet meebring. Dit is geen wonder dat Greenfields as “Best Small Livestock Producer” aangewys is en die afgelope twee jaar die gesogte “Eatout”-toekenning ontvang het nie. Die maatstawe is tekstuur, sagtheid en smaak.

Adam Kethro van Greenfields Free Range Beef sê sy Hereford-kalwers staan nie nie net uit tussen die ander as gevolg van hulle wit gesigte nie, maar ook omdat hulle die skaal be-hoorlik laat kreun.

Graeme Dixon is die man wat sorg dat net die hoogste standaarde in die slaghuis gehandhaaf word sodat dié geurige vryloopvleis ’n gesogte fynproewersproduk bly.

Net soveel sorg as wat in die ver-werking en aanbieding van die vleis ingaan, net soveel aandag word aan die bestuur van die boerdery en keuse van die regte genetika gegee. Alles word noukeurig aangeteken en besluite word op grond van syfers geneem. “Ons hoofdoel is dat elke speenkalf in die program soveel as moontlik gewig, so gou as moont-lik, moet aansit op die grasgegronde voeding en weiding,” sê Adam. Hy verduidelik dat hulle nie, soos by groot voerkrale, agter ekonomie van skaal kan skuil nie. Dit was juis die vorige winter se syfers wat hom laat besef het dat hy weer baie mooi na sy keuse van bulle, asook kalwers wat ingekoop word, moet kyk. Die groep Herefords het die ander toprasse onder die tafel in presteer! Adam sê hy wil nie ander rasse afkraak nie, maar in die spesifieke tydperk in die laatwinter was die gewigstoename van twee van sy ander staatsmakerrasse onderskeidelik 0,0 en 0,2 persent, terwyl die Herefords 0,5 persent groei gehandhaaf het. Nog toetse is gedoen en syfers nagegaan en telkens het die Herefords hulleself as die topgroeiers bewys.

Die Herefords pas ook netjies in die teelprogram met hoë vrugbaarheid, kalwers wat klein is met geboorte en vroeg ryp word, wat noodsaaklik is in die Mooirivier-gebied met sy ysige winters. Adam sê na al sy jare in die bedryf was dit vir kom ’n openba-ring om te besef hoe groot die rol van klimaat werklik is. Mooirivier lê in die strook van die land met die hoogste reënvalsyfers, sowat 800

mm gemiddeld per jaar. Daarby is die winters deurgaans koud en die somers aansienlik koe-ler as byvoorbeeld in die westelike streke van die land. “Dit vergelyk goed met die

klimaat in Engeland waar die Here-fords vandaan kom,” sê hy. Adam sê dit maak sin om rasse wat uit die Bos Indicus-familie kom en vir Afrika-omstandighede aangepas is, in die warmer, droër streke te gebruik, maar in die Mooirivier-omgewing en in Greenfields se boerdery-opset het Bos Taurus-beeste van Europese en veral Britse oorsprong, beslis ’n voorsprong. “Dit is eintlik net logies dat ons hier ’n langhaarbees nodig het.” ’n Baie intensiewe voorkomende-gesondheidsprogram word op die plaas gevolg, veral met betrekking tot rooiwater wat dikwels in die omgewing voorkom. Natuurlike weerstand wat in die Afrika-rasse ingeteel is, speel dus nie so ’n groot rol in die boerdery nie. Adam sê hulle sal beslis in die toe-koms wanneer speenkalwers ingekoop moet word, op die uitkyk wees vir die Witgesigte en hy gaan nou vir die nuwe seisoen belê in ’n paar goeie Herefordbulle.

Hereford:Vinnige groeiers vir fynproewers

MeganisasieVeeboerdery

Vind uit watter voordele die Herefords se uitstekende gemid-delde daaglikse groei vir jou boerdery kan inhou. Kontak die Hereford Telersgenootskap by SA Hereford 051-410-0958 [email protected]

Page 24: Proagri 173

22 ProAgri 1732 – Julie / July 2014 www.proagri.co.za

Veilin

gs

Page 25: Proagri 173

www.proagri.co.za ProAgri 173 – Julie / July 2014 23

Veiling

s

Page 26: Proagri 173

24 ProAgri 173 – Julie / July 2014 www.proagri.co.za

Veilin

gs

Page 27: Proagri 173

Ge

neG

ids

www.proagri.co.za ProAgri 173 – Julie / July 2014 25

Navrae: 082-353-8425

Merino LandskaapMerino Landskaap Nasionale VeilingNasionale Veiling

20 Augustus 2014 om 11 uur

Bloemskou grondeBloemfontein

Stoet-en Kudderamme asook Stoetooie sal aangebied word

Beesboerdery is ons besigheidDie Humans boer al 150 jaar met beeste in die Vrystaat.

PRODUKSIEVEILINGWoensdag, 30 Julie 2014 te Steynsrus

• 40 bulle• 50 Stoetkoeie, dragti g asook 3-in-1• 150 Dragti ge verse Veldbulveiling: 4 September 2014 te Vrede

B

Piet & Marike HumanSel: 082-417-8981 • Tel: 056-471-0879

Wiese Human Sel: 082-292-7358

Bethlehem058-303-5226

Page 28: Proagri 173

26 ProAgri 173 – Julie / July 2014 www.proagri.co.za

Ge

neG

ids

T: 012-998-2810F: 086-651-7089 /086-594-9301C: 079-964-3562 (Elric)C: 082-823-7208 (Johan)

E-Mail: johan@apolloaucti ons.co.za elric@apolloaucti ons.co.za

Web: www.apolloaucti ons.co.za

Aucti oning of • Residenti al

• Moveable assets• Agricultural• Commercial

Page 29: Proagri 173

www.proagri.co.za ProAgri 173 – Julie / July 2014 27

Meganisasiegids 2014Inligting oor:• 22 trekkerklasse volgens trekkragvermoë van 30 tot meer as 400 kW• Koste van plaasbakkies* Werkstempo en brandstofverbruik* Koste per uur of per hektaar vir trekker-en- werktuigkombinasies

Bestel nou teen slegs R250, by Koos le Roux, sel: 082-828-9531e-pos: [email protected]

Die gids verskyn vanjaar die 25ste keer en word wyd in

Suid-Afrika gebruik.Bronkhorstspruit –Tak 013-93-24248 013-9321927 082-851-8724 Orpie [email protected] 44-Lanhamstraat Bronkhorstspruit

Middelburg-Tak013-246-1483013-246-1630

082-851-82-724 [email protected]

14-LiterstraatMiddelburg

Bakkie Covers Ice Blue- seile

P.V.C Seile

ruit –Tak M

TARPS

Lapa - Gordyne

Page 30: Proagri 173

28 ProAgri 173 – Julie / July 2014 www.proagri.co.za

AgriG

ids

Page 31: Proagri 173

www.proagri.co.za ProAgri 173 – Julie / July 2014 29

AgriG

ids

Beste kwaliteit!Beste kwaliteit!Best quality!Best quality!

Vuurslaners / HarkeVuurslaners / Harke

Firebeaters/Rakes Firebeaters/Rakes

[email protected]@gmail.com

Page 32: Proagri 173

30 ProAgri 173 – Julie / July 2014 www.proagri.co.za

AgriG

ids

Page 33: Proagri 173

www.proagri.co.za ProAgri 173 – Julie / July 2014 31

AgriG

ids

QTUiteindelik ’n “ballvalve” wat werk

Quantum Field Services

• Geen slytstukke wat vassteek• Uitstekende seëlaksie• Gladde werkverrigting• Hoë lewering• UV BestandQ-Valve

DIE NUWE GENERASIE BALKLEPKontak Alf (navrae en bestellings) 056-213-3222Jurie (navrae) 082-306-9146

E-mail: [email protected]

H/v Truter & BrandstraatPosbus 1108Kroonstad 9500

Page 34: Proagri 173

32 ProAgri 173 – Julie / July 2014 www.proagri.co.za

AgriG

ids

Die wenner

van die

Samsung

Galaxy S4

Active

is

dr Johann Strauss van Elsenburg

Lees meer oor die sakpasfoon vir boere by http://bit.ly/wenners

En die wenner is...

Baie geluk!!

Page 35: Proagri 173

AgriG

ids

www.proagri.co.za ProAgri 173 – Julie / July 2014 33

Page 36: Proagri 173

AgriG

ids

34 ProAgri 173 – Julie / July 2014 www.proagri.co.za

Page 37: Proagri 173

AgriG

ids

www.proagri.co.za ProAgri 173 – Julie / July 2014 35

Page 38: Proagri 173

AgriG

ids

36 ProAgri 173 – Julie / July 2014 www.proagri.co.za

Page 39: Proagri 173

www.proagri.co.za ProAgri 173 – Julie / July 2014 37

AgriG

ids

Page 40: Proagri 173

38 ProAgri 173 – Julie / July 2014 www.proagri.co.za

Twe

ed

eha

nds

Page 41: Proagri 173

www.proagri.co.za ProAgri 173 – Julie / July 2014 39

Twe

ed

eha

nds

Vanaf 400 cc tot 800 cc

Standaard ingesluit:• Veiligheidsdeure• Dak• Voorruit• 3 500 kg katrol – fabriekinstallasie• Sleepstang• Aluminium allooiwiele Opsionele bykomstighede:• Jagpakket (sien foto’s)

[email protected]

[email protected]

Vir speel of werk op die plaas bly Hisun jou bekostigbaarste keuseFinansiering op 700 cc’s – Alle nuwe UTV`s het ‘n tweejaarwaarborg –

Afl ewering landwyd! (Bepalings en voorwaardes geld)

HISUNutility vehiclesutility vehicles

www.hisun.co.za

Kontak ons:

Page 42: Proagri 173

40 ProAgri 173 – Julie / July 2014 www.proagri.co.za

Twe

ed

eha

nds AGRICULTURAL EQUIPMENT

SUPPLIERS

FUNTIME INFLATABLESKindervermaak skakel Willie

084-469-5026 of Janine 076-314-9298 vir “PAY EN GLY”Spookhuis, 12m hoë glybaan,

”Rocket”, dam met bootjies, Paintball, skietbaan en vele meer

EPOS: wjinfl [email protected]

Moenie met jou broek opMoenie met jou broek op jou knieë gevang word nie!!! jou knieë gevang word nie!!!

FFFFUUUUNNNNTTTTIIIIMMMMEEEE IIIINNNNFFFFLLLLAAAATTTTAAAABBBBLLLLEEEESSSS

VERVANG OF HERBOU JOU BALER BETYDS!!

Kontak Lourens Snr: 072-206-6908 / Lourens Jnr: 072-568-6909 / Epos: [email protected]

Kontaknommers HERSIEN!

BALERSBALERS VANAF VANAF R75 000R75 000 + BTW + BTW

Skakel ons vir bestellings of herbouings. “Sandblasting” en opbouing van landboutoerusting ook beskikbaar. Tweedehandse vragmotors ook beskikbaar

asook herstelwerk, herbouing en ombouing van vragmotors.

Page 43: Proagri 173

www.proagri.co.za ProAgri 173 – Julie / July 2014

Twe

ed

eha

nds

Vir meer inligting kontak Hannelie Nelson [email protected]

www.johndeeredealer.co.za/afgri

Jan Lancer Semea Sleepstrooier Bethal, Paul Janse Van Rensburg,

083-2992-919, R165 000 + BTW

John Deere 5425 TWD 2010 2 600 uur, Middelburg, Jacques

Van Den Berg 082-7805-514 R205 000 + BTW

Claas 760 Lexion 2013, Grootvlei, Willem Smalberger,

071-2570-917R2 8750 000 + BTW

John Deere 6630 2010, 3 280 uur, Bethelem, Jan Bester,

082-8971-255 R530 000 + BTW

New Holland T8390, 2013, 313 uur, Grootvlei,

Willem Smalberger, 071-2570-917R2 000 000 + BTW

Massey Ferguson 660 Cab 2005 4 500 uur, Delmas,

Sarel Opperman, 079-086-7467, R200 000 + BTW

New Holland T6020 x 2, 2013, 501-542 uur, Grootvlei, Willem

Smalberger, 071-2570-917R400 000 + BTW

John Deere 625R Tafel, 2013, Bethlehem, Willie Botes,

072-308-8357, R210 000 + BTW

John Deere 9520, 2 003 uur, Bethal, Paul Janse Van Rensburg,

083-2992-919, R1 100 000 + BTW

John Deere 7830 2010, 6 400 uur,Delmas, Sarel Opperman,

079-0867-467R740 000 + BTW

John Deere 6630 OS, 2008, 6 832 uur, Bethelem, Jan Bester,

082-8971-255R395 000 + BTW

John Deere 6630 2010, Delmas, Peet Vorster, 082-7866-167

R650 000 + BTW

John Deere 6630MFWDOS, 2008, 5 430 uur, Bethlehem, Willie

Botes, 072-308-8357, R365 000 + BTW

John Deere 8310R 2012 1 500 uur, Grootvlei,

Christoff Jacobs, 082-5612-982, R1 900 000 + BTW

John Deere 6100D 2012 1 700 uur, Marquard, Hansie Van

Rooyen 082-3399-565 R400 000 + BTW

John Deere 9600 1996 4 784 uur, Frankfort,

Christoff Jacobs, 082-561-2982 R600 000 + BTW

John Deere 9670STS 2008 2 204 uur, Frankfort,

Christoff Jacobs, 082-561-2982 R1 650 000 + BTW

JD9530 2009 4 000 uur Middelburg,

Jaco Strydom 083-6336-968, R1 900 000 + BTW

Claas S750 2013 Flexheader Grootvlei, Willem Smalberger,

071-2570-917R250 000 + BTW

John Deere 4730 2009, 2 536 uur, Bethal, Paul Janse Van Rensburg,

083-2992-919, R1 800 000 + BTW

Page 44: Proagri 173