36
ProAgri ProAgri tegnologie vir die boer technology for the farmer Maart / March 2011 Nr / No 134 ISSN 1042–1558 | Veilings | Toerustingkeuse | Bek- en klouseer | Wen op die werf Spesiaal: Minimum- bewerking Vermillian troef roes Hooimaak: 20 vrae beantwoord AgriTrader Kry resultate met Capstone Seeds

ProAgri 134, Maart 2011

  • Upload
    tsmike

  • View
    346

  • Download
    3

Embed Size (px)

DESCRIPTION

Tegnologie vir die Boer

Citation preview

Page 1: ProAgri 134, Maart 2011

ProAgriProAgritegnologie vir die boertechnology for the farmer

Maart / March 2011Nr / No 134

ISSN 1042–1558

| Veilings | Toerustingkeuse | Bek- en klouseer | Wen op die werf

Spesiaal:Minimum-bewerking

Vermillian troef roes

Hooimaak: 20 vrae beantwoord

AgriTrader

Kry resultate met

Capstone Seeds

Page 2: ProAgri 134, Maart 2011
Page 3: ProAgri 134, Maart 2011
Page 4: ProAgri 134, Maart 2011

Hoofkantoor: Howick Tel: [email protected]

Vrystaat/Mpumalanga: Vink Venter: 082-602-4414

Potchefstroom: Thys Fourie: 082-610-3491

Verspreiders gesoekKontak Matt Bester 082-650-3061 [email protected] John Klopper [email protected]

Kry resultate met Capstone Seeds

CAP 9013 is baie soos die bekende CAP 9001, maarwyer aangepas, omdat dit ’n korter-seisoen baster is.Die plantgroei is medium tot hoog met lae kopplasing. Die baster het goeie droogte- en siekte-weerstand en is geskik vir medium siektegebiede. Ditis ook geskik vir hoë en lae potensiaal grond.

WitmieliebasterCAP 9013: Nuwe beperkte vrystelling

Geelmieliebaster

Sonneblombaster

CAP 444 NG: Tot drie koppe per plant

Sweetfeed: Hoë proteien- en suikerinhoud

CAP 444 NG het in beperkte proewe goed presteerteenoor die vernaamste mededingers. Die baster kangoeie opbrengs lewer selfs teen lae plantdigtheid. Dit

presteer goed in droogtetoestande en het ma�ge weerstand teen blaarskimmel, roes en die meeste

algemene mieliesiektes. Dit toon stewige stand, digtedrag, hoë graanwinning, goeie blaarbedekking

en stewige oranje pi�e.

CAP 4000 is ’n medium- tot laatseisoen baster sonneblom met uitstekende opbrengspotensiaal, uitstekende siekteweerstand en baie goeie olie-produksie van hoëvlak poli-onversadigde olie. Dit het semi-hangende koppe, wat help met die verminderingvan kopvrot en voëlskade. Dit bereik volwassenheid indie medium tot volseisoen wat top oeste in ’n verskeidenheid omstandighede verseker.

Voersorghumbaster

Swee�eed is ’n krag�ge drievoudige voersorghum-kruising wat geskik is vir hooimaak en weiding in die

winter. Dit is ’n volseisoengroeier wat tot drie meter hoogword met ’n hoë blaar-tot-stamverhouding. Dit beteken

hoë opbrengs en verbeterde smaaklikheid. Swee�eedtoon uitstekende prestasie, selfs in droogtetoestande.

CAP 4000: Baie goeie olieproduksie

Page 5: ProAgri 134, Maart 2011

ProAgri 134 – Maart / March 2011 5www.proagri.co.za

In hierdie uitgawe

Tel/fax: 012-362-27321218 Arcadia st, Hatfield, Ptawww.smartpublishing.co.za

Redakteursbrief

RedakteurAnnemarie Joubert > [email protected]

WebredakteurCoenraad Rall > [email protected]

Senior bemarkerStefan van Wyk > [email protected]

AgentskappeCarmel Ann Singh > 079-515-08708 [email protected]

BemarkersAnelda Strauss > [email protected] van Eeden > [email protected] Schmahl > [email protected]

Uitleg & grafika Esta van [email protected]

TaalversorgingMediadienste

Rekeninge & intekeningPaula MacMavis > [email protected]

GedruktemediabestuurderSuzanne Rall [email protected]

Sakebestuurder George Grobler [email protected]

Inhoudsopgawe / Contents

Copyright © 2011. All rights reserved. No material, text or photo graphs may be reproduced, copied or in any other way transmitted without the written consent of thepublisher. Opinions expressed are not necessarily those of the publisher or of the editor. We recognise all trademarks and logos asthe sole property of their respective owners.ProAgri shall not be liable for any errors or forany actions in reliance thereon.

Voorblad

Die ProAgri-span

ProAgri het onlangs die voorreg gehad om saam metTLU SA en Radio Pretoria die Plaaskultuurfees op

Clocolan by te woon, waar ek as deel van die pret ’n ritin ’n motorfiets se syspan onderneem het (foto).

Dit was baie lekker, maar nog lekkerder was om metProAgri se lesers, die boere van die Suidoos-Vrystaat, tegesels. Ek hoop hulle sien dat ons ’n paar van hullevoorstelle ter harte geneem het!

Ons wil graag meer plattelandse skoue en boeredaebywoon, want ons glo dat dit die beste manier is om invoeling met ons mense te bly. Natuurlik kan ons nie alles bywoon nie, maar ProAgri het nou die geleentheid geskep dat u daardie skou, boeredag, seminaar ofander landbougeleentheid gratis op ons webwerf se kalender kan bekendstel. Besoek net www.proagri.co.za en klik op die kalender.

Nog gawe werfnuus is dat daar ’n wedstryd met ’n lekker groot prys is. Beantwoord die eenvoudige vraag en staan ’n kans om ’n naweek vir twee by dieluukse Farm Inn oos van Pretoria te wen.

Dit lyk of die groot skrik van bek- en klouseer nie oornag gaan verdwyn nie – lees gerus Leon Kruger van die LNR se artikel oor dié siekte op bl 18. Ekvertrou u sal ook ons eerste aflewering in die reeks oor minimumbewerking interessant vind, net soos die res van hierdie laatsomer-uitgawe.Annemarie Joubert <[email protected]>

15

33

8

M A S S M E D I A S P E C I A L I S T SSMARTPUBLISHING

Arno Moore (Ph.D) Managing Director

Cell: 083-270-4866 / Email: [email protected] / [email protected]

Web: www.bioinsectsa.com

Get results withCapstone SeedFor more information onCapstoneSeed’s excellent products, visit www.capstone.co.za or phone 0861-113-167

Instandhouding6 Troef roes met Verust

Gewasproduksie8 Kyk na ons grond: Minimumbewerking

Veeboerdery11 Sorg vir goeie winterkos – 20 vrae oor hooimaak15 Rooi, groen of blou – hoe kies ek hooimaaktoerusting?19 Die groot skrik van bek- en klouseer21 Boer is lekker en maklik

Nuus23 AgriKyk & Lees: The Abundant Herds23 Werfnuus

Lekkerlees25 AgriLag

Handelsnuus26 AgriGids 30 GeneGids31 Veilings33 Tuli-beeste bied 3 paaie wenpaal toe34 Boer vooruit met Beefmasterkoeie

Page 6: ProAgri 134, Maart 2011

ProAgri 134 – Maart / March 20116

Roes is ’n lastige ergenis wat derduisende rande se skade op plase

regdeur die land aanrig.Een roesslagoffer wat al knap

duskant moedeloos gedraai het, is JohnWesterink van Hunter’s Rise-vark-boerdery net buite Viljoenskroon in dieVrystaat.

John verklaar dat varkboerderybesonder blootgestel is aan roes, omdatdie ammoniak wat uitgeskei word boontoe sweef en metaal genadeloosaanval.

Die hokke waarin hulle 6 500 varkeaanhou, is sowat 70% van staal. Diestruktuur is van staal waartussen steen-mure ingebou is, maar die hekke, afskortings en dakke is ook alles vanstaal en sink. Selfs die raamwerkewaarop die asbesplafonne rus is vanstaal en al hierdie staal het altyd geroesdat dit klap.

John het verskillende duur roesweer-middels probeer, maar roes het die strydtelkens gewen.

Maar toe kom daar ’n skitteroplossinguit ’n onverwagte oord: Die boerderyhet ’n groot varkskaal in Pretoriagekoop en toe hulle die verskaffer vra ofdie skaal nie sal roes nie, was sy

antwoord ’n summiereen oortuigde nee: Dieskaal is met Verust vanVermillian Verf behan-del en roes staan nie ’nkat se kans nie.Dit was toe ook so!

Daardie skaal werksteeds op Hunter’s Riseen jy kan maar komsoek of jy ’n roeskol-letjie op hom sal kry –niks!Maar ’n boer is nie

iemand wat hom mak-lik op sleeptou laatneem nie. John hetpresies geweet wat dieuiterste toets vir ’nroesmiddel sou wees:Die twee rooigeroesteI-balke waarop dieroerder bo die misputrus. Daar styg ’n voort-durende ammoniak-walm uit dié put engeen middel kon dieroes aan die twee balkestuit nie. Hulle soubeslis uiteindelik heel-temal deurgeroes het,sê John.

Maar Verust het dieroes net daar stopgesiten dit het John oortuigdat hy hier met ’n

gedugte roesweerder te doene het.Hulle is nou besig om alle staal in hullevarkhokke met Verust te behandel.

Hunter’s Rise is nou nie meer ’nslagoffer van roes nie, maar ’n triom-fantelike oorwinnaar.

Voorheen het die stygende ammoniakwalms wat die varke afgee, diedakke se sinkplate van onder af laat roes.Daar was ernstige skade en hulle kon nievoorbly met die herstelwerk nie. Al diestaalhekke, -afskortings en ander struk-ture spog reeds met Verust wat roes-bedreiging summier stopgesit het en ’nwerkspan is nou besig om al die sinkplatete behandel.

Waar jy Verust aangebring het is daargeen verdere kommer nie, sê John. Virdie eerste keer kan ons nou voorbly in diestryd teen roes.

Dis baie maklik om met Verust tewerk, vertel John. ’n Mens skuur bloot dieoppervlak, was hom, wend twee lae aan –eerder met ’n kwas as ’n roller – ensiedaar, jou roesprobleme is geskiedenis!As jy wil, kan jy agterna rooi- of grys-oksied bo-oor aanbring.

Verust is baie dun, vertel John. Dit kandink en weet presies watter pad om te vaten hoe om ferm met die staal te bind.

Vermillian Verf:

Troef roes met Verust

Kyk net – geen teken van roes nie. John Westerink vanHunter’s Rise-varkboerdery vertel dat hierdie twee I-balkewaarop die roerder bo die misput gemonteer is ernstiggeroes het as gevolg van die ammoniakwalms wat uit dieput opstyg. Verskeie ander produkte het niks gehelp nie,maar Vermillian se Verust het die roes summier stopgesit.

Instandhouding

So roes staal wat nie met Verust behandel is nie bo Hunter’s Rise-varkboerdery se flodderput.

Moenie dat roes jou lewe bederf nie.Praat met Koos Vermeulen van Vermillian Verf by 012-335-0330/5446,of 012-345-4273, of 012-546-3350. Besoek enige van Vermillian se winkels; nie net vir roesbestryding nie, maar vir al jou verfbehoeftes. Vermillian is die verf watkan dink. www.vermillianpaint.com

Mense vertel dat verwers permanentbesig is om die Eiffel-toring in Parys teverf om dit teen roes te beskerm. Sodrahulle klaar is, het die eerste verf al verweer sodat hulle dadelik van voor afmoet begin. Miskien sal dit hulle loonom ook Verust van Vermillian te gebruik...

Verust is die oplossing vir alle roesprobleme, selfs in toepassingswaarvoor dit nie oorspronklik bedoelwas nie. Apex Industries verskaf motor-bybehore. Soms moet hulle aangepastemonteringstutte aanbring om hulle produk op ’n wyer vlak te gebruik en ditis baie belangrik dat daardie stuttevolkome roesbestand moet wees.

Leon van den Berg van Apex Indus-tries laat weet dat hulle Verust daarvoorgebruik en dat dit perfek werk. Hulle hetVerust aan die motorbedryf segevreesde 360 uur soutspuit blootgestelen kon geen teken van oppervlakkigeroes, roes tussen die staal en Verust ofroesveroosaakde blase vind nie.

Volgens Leon lyk die afwerking watVerust bied ook baie goed: “Die materi-aal is na aanwending so glad as wat dievoorbereiding van die oppervlak was.”

www.proagri.co.za

Page 7: ProAgri 134, Maart 2011

www.proagri.co.za 7

Instandhouding

Vermillian stop jou lekkery met lekkerkry

Hierdie dakke van die KI-sentrum byHunter’s Rise-varkboerdery is met Vermillian se tegnologie lekvry enroesvry gemaak en behandel om diesôe daaronder lekker koel en ontspannete hou.

’n Sinkdak rek en krimp as gevolg van temperatuurskommelinge en voor jy weet, isdie dakskroewe losgetrek en die balke vrot. Vermillian het spesiale dakspykers watin die dele van die balke wat nog nie vrot is nie ombuig, ’n perfek doeltreffende nanotegnologie-waterdigtingsmiddel en hitteweerkaatsende verf wat dakbewegingbeperk om te sorg dat jou dak nie weer lek nie. As roes ’n probleem is, het Vermillian ook die perfekte roesweermiddel.

Water is ’n wonderlike ding, maar ditkan ook lastig wees as water nie

bly waar jy hom wil hê nie. Reeds 5 000jaar gelede het die Assiriërs waterdig-ting gebruik om die reën uit hulle huisete hou en vandag is ’n ewige gedrup uit’n dak steeds ’n irritasie.

Afhangende van wat jy onder daardiedak het, kan die lekkery ook ’n duurtransaksie wees, want water op die verkeerde plek kan groot skade veroorsaak.

Net so graag as wat die boer nie wilhê water moet deur sy dakke of mureinlek nie, wil hy nie hê dit moet uit sydamme, tenks en krippe lek nie.

Gelukkig is die stryd teen alle vormsvan lekkery nou finaal gewonne tedanke aan Vermillian Verwe se nuwenanotegnologie. Dit is die kroon op eeuese soeke na doeltreffende waterdigting.Die stryd teen lek het met pik en teerbegin, later akrielmiddels wat meer ultravioletbestand en rekbaar is en nouVermillian se perfekte nano-oplossingvir die waterdigting van sink, beton,hout en selfs skadunet.

Die probleem met gewone akrielmid-dels is dat water wat daarop lê tog laterdeursyfer en voor jy weet is jou twaknat.

Maar omdat Vermillian-waterdigtingse nano-deeltjies veel kleiner is as watermolekules en veel sterker, maarook veel ligter as staal, het water nie ’nkans om daardeur te gaan nie.

Die kleiner molekules sorg boonop virbeter binding en beter hegting omdatdit die ruimtes van die beton of sink watjy seël beter binnedring. Dit brand in diekalk van sement in, wat ’n chemiesebinding verseker teenoor die plak-metode van ander middels.

Vermillian se waterdigting is ook veelrekbaarder en skeurtraer as gewoneakrielwaterdigting.

Een van die probleme wat nog altydmet waterdigting ondervind is, is dat diebeton waarvan ’n struktuur gebou is, organismes, soute en sure bevat. Sodradie beton nat word, begin daardiekieme, bakterieë, soute en sure aktiefraak. As dit lank genoeg nat bly, vreetdit selfs gate in die muur of dak!

Daaglikse temperatuurwisselingssorg dat ’n betondak rek en krimp en ditveroorsaak krake. Elke keer as dit reënof die wind waai, of voëls op die dak misof vrek, kom daar meer bakterieë in diekrake in.

As jy nou gewone waterdigting opjou dak smeer, laat die werking van die bakterieë en soute en sure dit weldralostrek en oplig.

Maar kyk net wat doen Vermillian:Met sy twintig jaar navorsing het Vermillian geleer dat die probleem netopgelos word as al die bydraende faktore hokgeslaan word.

Vermillian Verf is die enigste verfver-

Praat met Koos Vermeulen van Vermillian Verf by 012-335-0330/5446,of 012-345-4273, of 012-546-3350. Besoek enige van Vermillian se winkels; nie net vir waterdigting nie, maar vir al jou verfbehoeftes. Vermillian is die verf watkan dink. www.vermillianpaint.com

vaardiger wat ’n produk, DistemperNeutraliser, ontwikkel het om die oppervlak te steriliseer en te neutra-liseer. Dit verseker dat jy nie kieme,soute en sure wat jou verdigtingsmiddelkan vreet in die krake daaronder vaskeer nie. Voeg daarby Vermillian seNano-waterdigting en ’n membraan indien nodig, en dig is jou dak – permanent.

Op betondakke kan jy nog ’nweerkaatsende rubberverf aanwend watuitsetting en inkrimping aan bande lê ensorg dat die temperatuur onder die daknooit tot bo 26 grade C sal styg nie. Asjy ’n nuwe betondak so behandel, sal hynie kraak nie.

SinkdakkeUitsetting en inkrimping weens tempe-ratuurskommelings veroorsaak datsinkdakke se skroewe losraak. Dit wordgewoonlik eers ontdek as die daklattereeds vrot is. Vermillian het dakspykerswat ombuig in die dele van die hout watnie vrot is nie. Dit hou die dak weerstewig vas sodat Vermillian se nanoteg-nologie-waterdigting aangewend kanword.

Om te keer dat die probleem weerkop uitsteek, kan jy dan die dak metVermillian se hitteweerkaatsende verfverf. Dit skakel uitsetting en inkrimpingvan die dakplate uit sodat dakskroewenie weer loskom nie. Die verf verlengdus die lewensduur van die dak en houboonop die temperatuur onder die dakonder 26 grade, maak nie saak hoewarm dit buite word nie.

Seël tot toiletpapier!Vermillian Verf is die enigste verfver-vaardiger wat dit waag om ’n lagie vannet 5 mikron van sy waterdigting op toiletpapier aan te wend en dan waterdaarop te giet. Nie eers ’n gedagte van

ProAgri 134 – Maart / March 2011

water dring daardeur nie.Vermillian het selfs al skadunet

waterdig gemaak. Die lagie is so dundat die lig steeds deurskyn, maar daarkom geen water deur nie.

Ook met leunmuurtjies, borswerings,mure en hout wat water trek, het Vermillian ’n plan: Water Repeller wat ’nsuurstofhonger vloeistof is. Dit trek indie sement of hout in en kristalliseerdaarbinne om binne te bly solank diemuur bly staan. Nou moet jy net verfdaaroor aanwend om dit doeltreffendteen die elemente te beskerm.

Water Repeller is ook net die produkom damme en krippe te verseël. Jy kandit selfs in bestaande krake inspuit.

Vermillian het die tegnologie, die wilen die produkte om al jou water te houpresies waar jy dit wil hê.

Page 8: ProAgri 134, Maart 2011

8

Gewasproduksie

Kyk na ons grond

Verskillende tipes grond

Die kleur-, diepte- en kleiverskille vangrond veroorsaak ’n verskil in opbrengspotensiaal. Daarom is ditnoodsaaklik dat opeenvolgende grond-lae volgens grondeienskappe soos kleur,tekstuur, struktuur, gevlektheid endiepte beskryf word.

Al die eienskappe kan herlei word totgrondeienskappe soos deurdring-baarheid, voghouvermoë en vrug-baarheid, wat op hulle beurt weer 'nweerspieëling is van die grondpoten-siaal en opbrengsvermoë.

Oor die jare is waardes aan diéhoedanighede geheg. Indien dit saammet heersende klimaattoestandeontleed word en langtermyn gemiddeldeoesopbrengste in ag geneem word, kanafleidings en aanbevelings vir grondbe-werking gedoen word.

In sekere gebiede, soos die Vrystaat,kan die verdeling nog verder verfynword deur nog ’n groep in te bring vanonder 10% klei-inhoud.

Beskrywing van grondprofiele

1.LonglandsLonglandsgronde het die kenmerkendewit, sanderige, uitgewaste ondergrond –net soos die Kroonstad- en Was-

Dit is uit die verskillende profiele duidelik dat ’n ander tipe bewerking vir elke grondsoort nodig kan wees om optimum opbrengste verkry. Veral die diepte van bewerking kan ’n deurslaggewende rol speel.

In Suid-Afrika se saaigebiede kom 'n wye verskeidenheid van grondsoorte voor, elk met sy eie besondereeienskappe. Dit bemoeilik standaardvoorskrifte vir grondbewerking veral weens wisselende reënneerslaeen wisselende hoeveelhede vog in die grond.

’n Artikelreeks in drie dele oor grond en grondbewerking word in opvolgende uitgawes van ProAgri beplan. Hierdie is die eerste aflewering.

JP le Roux

bankgrond. Die keerlaag bestaan egteruit sagte ouklip en is meer deurlaatbaarvir water. Longlands is relatief vlak endie gronddiepte van 50 cm tot op diekeerlaag, soos op die foto (onder), isredelik algemeen. Hoewel dit ’n grond iswat onderhewig is aan versuiping en verdroging, is dit die beste van die drie ‘E-laag’-grondsoorte. Indien die gronddieper as 80 cm is, kan dit oorweegword vir mielieverbouing. Dit is egtergewoonlik meer geskik vir aangeplanteweidings.

2. AvalonAvalongrond met sy kenmerkende geelondergrond wat oorgaan in 'n sagteouklip-keerlaag, het ’n besonder goeievoghouvermoë en is by uitstek geskikvir mielieproduksie. Grondsuurheid is opbaie van die grond ’n beperkende faktor,omdat dit wortelontwikkeling belemmeren die plant dan nie die goeie voghou-vermoë van die grond kan benut nie.Avalongrond met ’n kleipersentasie vanminder as 20% in die bogrond wordnormaalweg nie benut vir sonneblom-,bone- en graansorghumverbouing nie.Die foto toon 'n gronddiepte van 90 tot100 cm en dit het ’n goeie opbrengs-potensiaal. Vlak Avalongrond kan neigom te versuip en goeie hidrologiese beplanning is noodsaaklik.

Longlands Avalon Hutton Arcadia

3. HuttonHuttongrond verteenwoordig die tipieserooi grond van die Hoëveld waar die bo- en ondergrond rooi is. Huttongronddreineer baie goed en versuiptoestandekom byna nooit voor nie. Die grond hetnie 'n keerlaag soos Avalongrond nie,dus is die waterhouvermoë daarvan nieso goed soos die van Avalon nie. Hut-tongrond is egter in die algemeen baiediep grond en daarom hoë-potensiaal-grond. Die grond is geskik vir alle kontantgewasse soos mielies, bone,graansorghum, sonneblom en aartap-pels. Vanweë die goeie dreinerings-vermoë is dit by uitstek geskik vir besproeiing. Rooigrond onder 20% kleihet dikwels suur- en kalktoedieningsnodig om die bo- en ondergrond se pHte herstel. Die foto toon 'n tipiese Hutton met 'n gronddiepte van oor die120 cm.

4. ArcadiaOngeveer driekwart van ons swartturf-grond is Arcadia-grond. Die bogrondbestaan uit die bekende swartturf metsy kenmerkende hoë klei-eienskappe.Die laag onder die bogrond bestaan uitgruis (verweerde ysterklip). Die grond-diepte op die foto is 75 cm, maar Arcadia is in die Hoëveld selde dieper as 45 cm.

Die kleipersentasie van die bogrondis maklik oor die 50% en het kenmer-kende swel- en krimpeienskappe.

Die hoë klei-inhoud veroorsaakverskeie probleme, soos stadige opname van water, moeilike bewer-

ProAgri 134 – Maart / March 2011 www.proagri.co.za

Page 9: ProAgri 134, Maart 2011

9

Tabel 1 : Indeling van grondgroepe

Eienskappe van grondprofiel Klei % Tipiese grondvorms in hierdie groepe

Bruin en vaal ligte sandgrond Onder 15% Longlands, Wasbank

Rooi, bruin en vaal ligte sanderige grond 15 - 20% Avalon, Hutton, Longlandswat op normale ploegdiepte nie veel Westleigh, Wasbankswaarder word as in die bogrond nie

Rooi, bruin en vaal medium leemgrond wat 20 - 30% Hutton, Avalon, Clovellyop ploegdiepte geneig is om effens swaarder te word as in die bogrond

Swaar rooi kleigrond wat swaarder 30 - 45% Hutton, Pinedeneword op ploegdiepte en swaarder kleigrond met geel klei in die ondergrond

Vaal gebroke kleigrond met potklei in die ondergrond 30 – 45% Bonheim, Swartland, Valsrivier

Swaar turfgrond Meer as 45% Arcadia, Rensburg

king, swakker werking van chemieseonkruiddoders en hoë vogterughou-ding. Aan die ander kant het die grondvoordele soos hoë vrugbaarheid en 'nhoë pH.

Die grond is gewoonlik nie diep nieen daarom het dit 'n swak wateropga-ringsvermoë. Die potensiaal van die

grond is dus ook aan die lae kant(± 2,5 ton per ha).

Die gewasse wat op die grond verbou kan word is graansorghum,mielies en sonneblom.

Die artikel is elektronies beskikbaar by:www.proagri.co.za.

Volgende keer word diepte van bewerking en eienskapppe van konvensionele bewerking bespreeken die laaste aflewering sal handeloor die toepasbaarheid van geen-bewerking.

Die Meganisasiegids vir 2011 is nou beskikbaar teen R200 (posgeld ingesluit).Bestel by [email protected] of 082-828-9531.Bestel!

www.proagri.co.za ProAgri 134 – Maart / March 2011

Page 10: ProAgri 134, Maart 2011
Page 11: ProAgri 134, Maart 2011

www.proagri.co.za 11

Gras moenie korter as 100 mm bo die grond afgesny word nie, want dit vertraag enbenadeel hergroei.

Veeboerdery

vervolg op bl 13

ProAgri 134 – Maart / March 2011

1 Watter gewasse kan alles gebruikword vir hooimaak?

’n Mens kan van enige gewas hooi maakmits dit vinnig gedroog kan word.Hoe vinniger die gewas gedroog kanword, hoe beter is die gehalte en kleurvan die hooi. Dit is in elk geval ’n goeiegedagte om gras wat nie deur die winter bewei kan word nie, af te sny ente baal, sodat die voedingswaardebehou kan word. Dan verminder onssommer die brandgevaar ook.

2 Wat was fout met die outydse hooimiedens wat die boere gebruik het?

Daar is niks verkeerd met outydsehooimiedens nie. Die meganiesetoerusting wat deesdae beskikbaar is,maak dit net makliker om bale te maaken te hanteer.

3 Watter grassoorte is geskik vir hooimaak?

Kruipende groeiers, soos kikoejoe, maakmoeiliker hooi.Breëblaargrasse maakmoeiliker hooi as smaller blare, hoof-saaklik omdat dit langer neem om droogte word. Oulandsgras (smalblaar) sehooi droog vinniger as Smutsvinger(breëblaar).

4 Wat kan nou in die laatsomer/herfs geplant of gesaai word?

Meerjarige somerweidings soos oulandsgras, Smutsvingergras, Rhodesen witbuffel word in hierdie tyd gevestig.Eenjarige koelweergrasse soos rog enhawer is ook geskik.

Meerjarige koelweergrasse is nie ideale hooimaakgrasse nie, want hulle ismeesal kruipende groeiers.

5 Droëland of besproeiing?

Enige van die hooige-wasse kan onder besproeiing geplantword.

Droëlandhooigewasseis onder meer tef,oulandsgras,Smutsvinger, Rhodes, enhawer.

6 Hoe lank voor dit gesny kan word?

Sodra die hooigewas indie pypstadium is (uitvegetatief na reproduk-tiewe fase beweeg) byeenjarige gewasse.

By meerjarigegewasse moet eerstesnysel eers gesny wordnadat dit goed vol-wassenheid bereik hetom langlewendheid tewaarborg.

Die eerste snysel segehalte sal swak wees.

7 Hoeveel keer kan dit per seisoen gesny word?

Die aantal snysels perseisoen verskilafhangende van diereën. Vroeg reënbeteken meer snysels.Volgens die praktyk is

daar gewoonlik twee tot drie snysels.

8 Watter bemesting is nodig?Niks kan produseer van niks nie. Sonderaanvulling sal weiding agteruitgaan.Bemes NPK – P en K eenmalig vroeg inseisoen. N – 40% vroeg in seisoen endan twee opvolge van 30% elk. Die pHmoet ook bestuur word – bekalkingmoet nie agterweë gelaat word nie.

9 Watter insek- en onkruidbeheer is nodig?

Onkruid is alleen ’n probleem wanneerweiding-/hooigewasse se grondbe-dekking nie meer lekker is nie. Onkruidkom in, want die natuur soek nie skoongrond nie.

10 Watter toerusting het jy nodig?Snymasjien, windryhark, kneuser/snyerkneuser, hooilugter, baler (rond ofkasbaaltjies), kunsmistrooier, sleepwaen baallaaier.

11 Hoe hoog moet die gras afgesny word?

Gras/Weiding moet nie korter as100mm bo die grond afgesny word nie.Waar te kort (korter as 100mm) is hergroei stadig en reserwes word uitgeput, grondbedekking kom in diegedrang.

Sorg vir goeie winterkosVierkantige bale is gewoonlik makliker om te hanteer as ronde bale en kan gerieflik in ’n skuurgestapel word.

Goeie kos in die winter sorg vir rande in die veeboer se sak in die somer. Maar watkan alles gebaal word en wat is die regte manier om dit te doen? ProAgri het diehulp van ’n kundige ingeroep om 20 vrae oor hooimaak te antwoord. Hier is RudiKuschke van Klein Karoo Saadbemarking se antwoorde:

Page 12: ProAgri 134, Maart 2011
Page 13: ProAgri 134, Maart 2011

www.proagri.co.za

Gesnyde gras word met ’n kraghark in windrye gehark sodat die baler dit maklik enskoon kan optel.

13ProAgri 134 – Maart / March 2011

vanaf bl 11

• Vierkantig: Nie werktuig nodig om op te tel nie – weeg 18 – 25 kg. Kan in skuur gestapel word. Makliker om te hanteer.

18 Hoe verander die voedings-waarde van bale as hulle ouer word?

Die smaaklikheid neem af met ouderdomen die voedingswaarde daal ook metouderdom. Kuilvoer het ’n langer rak-leeftyd, mits dit altyd afgeseël bly(anaerobies).

19 Kan daar waarde toegevoeg word aan grasbale deur byvoor-beeld gisting (soos in die geval van kuilvoer)?

Deur bale dig met plastiek toe te draai ofgraskuilvoer te maak, kan die gehaltebewaar word. Kuilvoer het ’n hoër voedingswaarde as hooi. Dit is egter moeilik vervoerbaar.

20 Is die koste van toegedraaide bale teenoor gebinde bale die moeite werd?

Hierdie is ’n moeilike vraag om te beant-woord – die boer se eie omstandighede en behoeftes sal diebepalende faktor wees. As bale lankgebêre gaan word, bly meer voed-ingswaarde en smaaklikheid behoue hoedigter dit toegemaak word. Wees netversigtig dat die plastiek nie beskadigword nie.

12 Hoe groen/ryp moet die graswees voor dit gesny word?

Gras/weiding word gesny/gehooi wan-neer in die pyp kom; net wanneer ditbegin blom (oorgaan van vegetatiewestadium na reproduktiewe stadium).

13 Moet dit dadelik gehark en gebaal word?

Hark vind plaas sowat vier uur na ditgesny is, sodat dit goed sondroog kanword en dit word gebaal wanneer dievogpersentasie 13% – 15% is.

14 Is dit nodig dat dit eers in windrye gehark word?

Droging is vinniger en meer egalig inwindrye. Windrye vergemaklik diebaalaksie omdat die baler dan die mate-riaal makliker en vollediger kan optel.

15 Hoeveel ton droëmateriaal per hektaar kan ’n boer verwag?

Dit hang af van heelwat faktore, ondermeer die tipe gewas, besproeiing, reën-val, seisoen, ensovoorts. In die praktykword daar in die Hoëveld op droëlandvan oulandsgras so ses tot nege tonhooi per hektaar gemaak, afhangendvan die bemesting.

16 Moet bale droog gehou word?Ja, anders muf dit.

17 Hoekom is daar ronde en vierkantige bale – wat is die voordele van elkeen?

Vir eie voorkeur en hantering.• Ronde:

Vinniger baalaksie, kan buite geberg word (redelik waterdig).

Page 14: ProAgri 134, Maart 2011
Page 15: ProAgri 134, Maart 2011

15

Veeboerdery

ProAgri deel graag die volgendewenke met boere wat besluite oor

die aankoop van hooimaaktoerustingmoet neem:

Prys is dikwels die eerste oorwegingwanneer ’n boer werktuie koop en dit isook reg so. Maar tog is daar ander oor-wegings waarna ook opgelet behoort teword. As die boer hooimaaktoerustingkoop, behoort hy te sorg dat hy ’n bekende en bewese soort koop. Kykwatter toerusting gebruik die meestemense in jou omgewing – daar isgewoonlik ’n rede voor, soos dat onderdele en diens vrylik in die gebiedbeskikbaar is.

Boere is dit eens dat die meestewerktuie en trekkers vandag van ’ngoeie gehalte is, maar dat diens en diebeskikbaarheid van onderdele in jouomgewing dikwels die deurslag gee.Koop dus by ’n betroubare handelaarwat regtig daarop konsentreer om jouaan die boer te hou. Dit vereis ’n diensingesteldheid sowel as die nodigekundigheid.

Wat is die voor- ennadele van die verskil-lende soorte snyers:swaailem, sekellem,tol- en dromsnyers?Die sekellem sny dieskoonste snit en het diebeste en vinnigste her-groei tot gevolg. Hy kannie so vinnig sny soossommige van die andernie.

Swaailemsnyers is nieeintlik oorspronklik virhooimaak bedoel nie,maar dit is ’n bekostig-baarder opsie as diemeeste ander snyers.

Tol- en dromsnyers snydie vinnigste, maar hulleis ook duur.

Wat is die voordele van’n snyerkneuser bo ’n

blote snyer?By eersgenoemde vind droging vinniger plaas met minder blaarverliesby lusern.

Waarna moet ’n boer oplet as hy ’n snyer koop?Hoe vinnig kan die snyer sny, hoe wydsny hy, hoe skoon sny hy, het hy ’n ingeboude kneuser, gooi hy die materi-aal klaar in windrye, hoe maklik en vinnig word sy lemme en ratte vervang,hoe hanteer hy ongelyke grond, hoeveel trekkerkrag vereis hy, hoeveeldiens en onderhoud vereis hy?

Waarna moet ’n boer oplet as hy ’n baler koop?Hoe skoon tel hy materiaal op, hoe vinnig en netjies baal hy, hoe stewig enkompak is sy bale, hoe groot en swaaris sy bale, kan hy enige materiaal (totmieliereste) baal, draai hy lyn, net ofplastiek om bale, hoeveel lyn, net ofplastiek kan hy saamry, hoe betroubaaris hy, hoe moeilik is hy om te gebruik

Ronde bale is meer waterdig as vierkantige bale en ditis deesdae ook vir die hoeweboer moontlik om kleiner,hanteerbaarder ronde bale te maak.

Hooimaak: Rooi, groen of blou, hoe kies ek nou?

Besoek gerus ProAgri se webwerf vir artikels oor goeie toerusting: www.proagri.co.za.

www.proagri.co.za ProAgri 134 – Maart / March 2011

en om onderdele te vervang, hoe duuris sy onderdele, hoeveel trekkerkragvereis hy, hoe maklik is dit om hom opdie pad te vervoer van plaas na plaas,hoeveel diens en onderhoud vereis hy?’n Kasbaler behoort ’n lekker swaarvliegwiel te hê, want dan werk hy meergelykmatig en dit verminder ookskokke op die trekker se kragaftakker.Hoe reguiter die pad wat die materiaaldeur ’n baler volg, hoe minder probleme.

Waarna moet ’n boer oplet as hy ’n hark/kraghark koop?Hoe stewig is hy, hark hy skoon, vinnigen doeltreffend, het hy ekstra tande,hoeveel diens en onderhoud vereis hy?

Waarna moet ’n boer oplet as hy ’n belugter (“tedder”) koop?Draai hy materiaal doeltreffend envolledig om, is hy stewig en sterk?

Waarna moet ’n boer oplet as hy baalhanteringstoerusting koop?Afhangende van die aantal en vormbale wat die boer moet verskuif, kan hykies tussen ’n baallaaier met ’n hyservir klein kasbaaltjies, ’n raamsleepwa met ’n onderstel wathidroulies gelig of laat sak word virronde bale, ’n trekkerlaaigraaf mettande vir ronde bale of grootpakbale, of ’n kraanhyser met rubberwiele virgroot volumes ronde of grootpakbale.

Elke boer sal kies watter opsieekonomies sal wees vir die volumes,die afstande, die grootte en vorm vanbale wat hy hanteer en vervoer.

Die oorwegings is stewigheid, duursaamheid, maklikheid om te gebruik, maneuvreerbaarheid, hoeveel arbeid bespaar word, reikhoogte, onderhoud- en herstelbehoeftes, uitskakeling van breekskade aan baleen, in die geval van kraanhysers, veelsydigheid, want omdat dit ’n duuritem is, sal die boer dit ook graag virander toepassings wil gebruik.

Page 16: ProAgri 134, Maart 2011
Page 17: ProAgri 134, Maart 2011

To be a world leader in the marketing of agricultural products.

Trading hours: Cashier services hours: Weekdays: 05:00 - 10:20 Weekdays: 05:00 - 13:00Saturday: 05:00 - 09:20 Saturday: 05:00 - 11:00

Delivery hours Collecting of daily purchased produce out of both halls:

Inside the market hall: 12:00 - 05:00 Weekdays: 05:00 - 13:00Outside the market, Saturday: 05:00 - 11:00Late delivery platforms: 05:00 - 12:00

Physical address: 450 DF Malan Drive WestPretoria West

Postal address: PO Box 266Pretoria 0001

Telephone: 012-358-2398Fax: 012-358-2301International code: 27-1224-Hour: 082-820-1394Director: Japhta MagolelaTelephone: 012-358-2347Cell: 074-882-2111Email: [email protected]

Market premises:32,8 hectaresMarket hallHall A: 40 525 m2

Hall B: 18 432 m2

Total: 58 957 m2

Ripening centre:Total floor space 6 377 m2

49 rooms with capacity of 60 380 boxes per week

Lower coldrooms:Total floor space 1 087 m2

13 Rooms with capacity of 480 pallets

Upper coldrooms:Total floor Space 2 115 m2

12 rooms with capacity of 1 650 pallets

Mission

Go to:

Vision

Tshwane Market information

Market hours

Visit

www.tshwane.gov.za/tshwanemarket/

and get your daily market prices

Free

To provide unique trade centres where price forming in the trading of agricultural products take place to the mutual benefit of suppliers, buyers and consumers by providing efficient and cost-effective infrastructure and servicesthat comply with international standards.

The Tshwane Market strives to stay a world leader through:• Technology• Investment• Financial independance• Research and Developement

The Tshwane Market distinguishes itself by the following norms:• Discipline• Transparency• Accessibility• Ethic standards• Co-operation

Page 18: ProAgri 134, Maart 2011
Page 19: ProAgri 134, Maart 2011

19

Veeboerdery

Wanneer bloutong uitbreek, sit al dieskaapboere regop en luister. Met

drie-dae-stywe-siekte en knopvelsiekteluister die beesboere aandagtig. As ditslenkdalkoors is, skenk skaap- en bees-boere aandag.

Dan kom die berig oor die nuus datbek- en klouseer in KwaZulu-Natal uitgebreek het. Nou skenk baie menseaandag. Die wolveiling moet uitgestelword en uitvoere van diere en dierepro-dukte word onmiddellik opgeskort.Vark-, skaap-, bok-, bees- en wildboereskenk aandag, want almal wat diere hetmet gesplete hoewe, word geraak.

Die omvang en belangrikheid vanbek- en klouseer moet nooit geringgeskat word nie. Die siekte is nie nood-wendig dodelik nie en vrektes van 2%by volwasse diere en 20% by jong diereis aangeteken. Die belangrikheid vandie siekte is die feit dat dit so hoogsaansteeklik is, (tot 100% diere wordaangesteek) en die siekte het enormeekonomiese implikasies.

Basiese inligting oor bek- enklouseer:

OorsaakDie siekte word veroorsaak deur ’nvirus, die aphthovirus van die Picor-naviridae virus-familie. Daar is seweserotipes van die virus: O, A, C, SAT-1,SAT-2, SAT-3 (Southern African Territories) en Asië-1.

Die groot skrik van bek- en klouseerdeur Leon Kruger, veeartsenykundige tegnoloog: LNR-diereverbeteringsinstituut, Irene

Teen hierdie tyd sal die temperatuurna normaal terugkeer. Weens diebekvliesontste-king kwyl die dier metspeeksel wat in stringe uit die bekhang. Die dier sal die lippe op ’n tipiesewyse klap. Die dier kou ook baie versigtig indien dit sou kou.

Blasies ontwikkel op diewangslymvlies, bytplaat en tong. Dieblasies, wat uit ’n dun vlies bestaan,bars maklik oop om ’n strooikleurigevloeistof vry te stel. Dit laat rou, pynlike wonde wat ongeveer ’n weekneem om te genees.

Tesame met die ontwikkeling van dieblasies in die bek, ontwikkel daar ookblasies op die hoewe en veral tussen dietwee kloutjies en op die hoefkroon.Wanneer die blasies op die pote oopbars, veroorsaak dit erge ongeriefvir die dier wat dan nie wil staan nie.Die wonde, wat op die hoewe gelaatword, is ook baie vatbaar vir sekondêre bakteriële besmetting wat genesing erg benadeel.

Daar kan ook blasies op die speneontwikkel, wat weer ’n oorsaak is vandie ontwikkeling van mastitis. Dragtigediere mag aborteer.

Oor die algemeen verloor aangetastediere baie vinnig kondisie. Diere watherstel, begin na 2 tot 4 dae weer omte vreet, maar dit kan diere so lank as6 maande neem om heeltemal te herstel.

Jong diere is baie meer vatbaar virdie siekte en vrektes kan voorkomweens skade aan die hartspier.

Behandeling en beheerDie behandeling en beheer van bek- enklouseer rus geheel en al op die skouersvan die Department van Veeartseny-dienste.

Die boer is volgens wetgewingverplig om enige verdagte gevalle bydie naaste veearts, staatsveearts ofdieregesondheidtegnikus aan te meld.Hulle sal monsters neem en toetse aanvra om die diagnose te bevestig. Indien dit wel positief is, sal hulle dieplaas en omgewing in kwarantyn plaasen die hele proses van behandeling enbeheer hanteer.

Geraadpleegde bronne: Brückner GK, Vosloo W, Du Plessis BJ,Kloeck PE, Connoway L, Ekron MD,Weaver DB, Dickason CJ, Schreuder FJ,Marais T, Mogajane ME. Foot and mouthdisease: the experience of South Africa.Rev Sci Tech. 2002 Dec; 21(3):751-64The Merck Veterinary Manual (Agtsteuitgawe), Veterinary Medicine: A Text-book of the Diseases of Cattle, Sheep,Pigs, Goats and Horses (Negende uitgawe).

www.proagri.co.za ProAgri 134 – Maart / March 2011

Berigte van bek- en klouseer laat baie mense skrik, want dit tas, beeste, skape,varke, bokke en wild aan. Alle diere met gesplete hoewe kan dit kry en verder versprei.

Bek-en klouseer beteken geen vleisuitvoere van gespletehoefdiere

OordragingHierdie is ’n hoogs aansteeklike siektewat geredelik weerstandbiedend is teenalgemene ontsmettingsmiddels. Dit kanvir langer as ’n jaar op besmette gebiede oorleef.

Klere en voer kan vir tot twaalf wekebesmetlik wees en selfs op hare kan ditvir tot ’n maand besmetlik wees. Oordie algemeen word aanvaar dat dievirus relatief sensitief is vir hitte, maar onsensitief is vir koue.

Die siekte versprei van kudde totkudde deur die beweging van aange-taste diere. ’n Ander algemene metodevan oordraging is deur die inname vanvirusbesmette voer. Die virus kan ookoorgedra word deur mense (op hulleskoene, klere, motorkarbande en beddegoed), wat dit van een plaas na ’nander kan versprei.

Buffels word gereken as natuurlikedraers van die SAT-serotipes van dievirus en kan dan ook dien as ’n bronvan besmetting by beeste in suidelikeAfrika.

SiektetekensIn tipiese gevalle by beeste toon diediere hoë koors (40° C tot 41° C) watna twee tot drie dae afneem. Hierdiekoorsreaksie gaan gepaard met neer-slagtigheid en swak of geen eetlus, watgevolg word met die voorkoms vanakute en pynlike ontsteking van diebekvlies (stomatitis).

Page 20: ProAgri 134, Maart 2011
Page 21: ProAgri 134, Maart 2011

21www.proagri.co.za ProAgri 134 – Maart / March 2011

Hanteringsgeriewe vorm ’n noodsaak-like deel van enige veeboerdery.

Werksgenot is wat jy uit veeboerdery putas jou hanteringsgeriewe reg ontwerp is.

So sê talle tevrede boere wat reedsmet Ryno Keeve en Vision Cattlequip tedoene gehad het.

Vision Cattlequip rig vaste, volledigeveehanteringsgeriewe op wat bestaan uitronde drukgange, sorteerkrale, spuit-dippe en skale. Hulle is nou al ’n geruimetyd besig daarmee en volgens hom is ditelke dag ’n leerproses. Die oprig vannuwe hanteringsgeriewe is ’n grootgeldelike belegging en daarom is ditnoodsaaklik dat dit die eerste keer regontwerp en opgerig word en op ’ngereelde basis onderhou word.

Baie boere se geriewe is nie hante-ringsvriendelik nie en arbeidsintensief.Sommige geriewe is in ’n swak toe-stand of daar is geen geriewe op dieplaas nie. Daar is niks so frustrerend virdie mens, en spanningsvol vir die beesas hanteringsgeriewe wat in ’n swak toestand is, waar jy jou hele plaasope-rasie moet stop en al jou beskikbare arbeid moet gebruik om met vee te werknie!

Navorsing het bewys dat indienbeeste baie rof hanteer word, dit baiespanningsvol vir hulle is en dat hulle die

slegte ervaring vir ’n lang tyd onthou.Wanneer beeste in goed ontwerptegeriewe hanteer word, sal hulle baierustiger en kalmer wees.

Goed ontwerpte geriewe vir veearts-ondersoeke, sorteer en uitlaai vanbeeste, sal hantering meer doeltreffendmaak, en spanning en beserings aanmens en dier voorkom.

Elke veeboer se behoeftes is anders,daarom ontwerp Vision Cattlequip alhulle geriewe rondom die boer se behoefte en rig dit stewig en netjies op.

Boer is lekker en maklik!

Hierdie netjiese krale van Andries Kruger op die Springbokvlakte het al baiegelukkige beeste gehuisves.

Laat Vision Cattlequip jou veeboerderyvir jou hervorm. Kontak Ryno Keeve by078-460-3322 oor hanteringsgeriewevir enige soort diere. Finansiering kanook deur BKB gereël word.

Boere wat al oorweeg het om bees-boerdery te staak as gevolg van swakgeriewe en arbeidsprobleme, hanteernou ’n trop beeste in minder as diehelfte van die tyd as voorheen, nadathulle geriewe deur Vision Cattlequip ontwerp en opgerig is.

Veeboerdery

Page 22: ProAgri 134, Maart 2011

ProAgri 134 – Maart / March 2011 www.proagri.co.za22

Page 23: ProAgri 134, Maart 2011

23www.proagri.co.za ProAgri 134 – Maart / March 2011

ProAgri spog met ’n pragtige vars webwerfpropvol nuus en foto’s. Besoek gerus onswerf of volg die skakels om spesifieke artikels en berigte te lees:

Werfnuus www.proagri.co.zaAgrikyk & Lees

Koringhandleiding op padDie LNR-Kleingraaninstituut se 2011-produksiehandleidings gaan binnekortbeskikbaar wees. Dit volg kort op diehakke van die nuus dat die instituutnie minder nie as ses nuwe koring-kultivars bekend gestel het:http://bit.ly/koringhandleiding

Voerkrale voer goeie voerDr Dave Hutcheson, ’n voerkraaldeskundige van Texas, VSAhet op die 2011 beesboerkonferensievan die Suid-Afrikaanse Voerkraal-vereniging gesê Suid-Afrika se bees-bedryf het hom geweldig beïndruk:http://bit.ly/voerkrale

Boere gaan nie grond prysgeeDie ANC moet self sy verkiesings-beloftes nakom en dit nie afwentel nalandbouwerkgewers nie, sê TLU SA.Die landbou-organisasie het in syvoorlegging aan die Parlementêre portefeuljekomitee:http://bit.ly/grond

Bek en klou nie grens se skuldDie Departement van Landbou, Bos-bou en Visserye het teruggekrabbelteen beskuldigings dat die gebrekkigegrensdraad tussen Mosambiek enSuid-Afrika tot die uitbreek van bek- en klouseer in Kwazulu-Natalgelei het: http://bit.ly/bekenklou

Brande bly ’n gevaar vir die Wes-KaapGraham Barlow van Working on Firein die Wes-Kaap het gewaarsku datdie brandseisoen nog lank nie verby isnie. Hy sê alle grondspanne en vlieg-tuie sal op volle gereedheidsgrondslagbly: http://bit.ly/kaapbrande

Saampraat oor toltariewe: liewer laat as nooitInstansies wat bekommerd is oor dieuitwerking van die voorgesteldetoltariewe op Gauteng se hoofweë,het ’n ekonoom aangestel om diesaak te ondersoek:http://bit.ly/toltariewe

The Abundant HerdsBy Marguerite Poland, David Hammond-Tooke and Leigh VoigtPublished by: Fernwood Press

The commercial value of Nguni cattlehas escalated dramatically over the

last few years and it was nevitablethat research and writings on theNguni would increase. The beautifulcoffee table book, The abundant herds, comes as a surprise, though.

It is not so much a book on cattle as a book on the language and poetry of people, words based on and inspired by the colours and textures in nature – thus thesubtitle: A celebration of the Nguni cattle of the Zulu people.As stated in the blurb, the book gives an overview of the history of Nguni cattle and their economic, social, politicaland spiritual importance to the Zulu people.

“The fine and subtle nuance of the Zulu language captures the delicate interrelationship between cattle terminology and the natural world, where the colour andpattern of a hide, or the shape of a pair of horns, ismetaphorically linked to images in nature.

“While these terms form the core of a fascinating systemof classification, cattle imagery also abounds in Zulu oralhistory and poetry; in tales, proverbs, riddles and the‘praises’ of individual beasts…”

Particularly impressive is the beautiful artwork of LeighVoigt. Oil and watercolour paintings, as well as sepia drawings, are used to demonstrate the similarity betweenthe names given to particular patterns and colours of hidesand the animals or plants it is named after.

This book would appeal to the serious Nguni breeder aswell as anyone intrigued by the differing patterns on Ngunicattle. Linguists and students of the Zulu culture and heritage would also find the book interesting and informative. In the end it is a book for the art lover.

The Abundant Herds are available from Kejafa at thevery special price of R350 (excluding postal fees) for allProAgri readers. Order at [email protected] or 011-025-4388.

One lucky friend to our Facebook page can also win acopy of this precious book. Just follow these instructions:

Besoek www.proagri.co.za

en antwoord die

eenvoudige

wedstrydvraag.

Sluitingsdatum

3 Junie 2011.

Wen ’n naweek vir twee by die luukse

Farm Inn net buite Pretoria. Wildrit ingesluit.

Wen op die Werf!

Lekkerlees

Win!!

All you have to do is:

Visit facebook.com/proagri and click on “like”!

The winner will be announced on 15 April 2011 and informed via Facebook

By clicking once on our Facebook page!

The Abundant Herds

Page 24: ProAgri 134, Maart 2011

ProAgri 134 – Maart / March 2011 www.proagri.co.za24

DIAMOND IMPLEMENTSKERWER, MENGER, VOERDER

Nuut!

IDEALE MENGER

Nuut!

Die VoermengerspesialisteBeskikbaar van 4m3 tot 24m3

WAAR TEGNOLOGIE EN NATUUR EEN WORD

VIR MEER INLIGTING, KONTAK: DIAMOND IMPLEMENTS, PO Box 1004, Delmas, 2210, Mpumalanga, Republiek van Suid-Afrika

Tel (+27)13-665-1032, Fax (+27)13-665-1436

epos: [email protected]

Besparing

Die perfekte konsentraatmenger.

Ideaal vir konsentrate,

skaap-, vark- en pluimvee-rantsoene.

Meng tot 1500 kg.

van 40% op

mengkoste.

Skakel ons

vir meer inligting

Page 25: ProAgri 134, Maart 2011

25

Passievol oor spilpunte!By SENTER 360 is spilpunte vir ons ‘n passie. Juisdaarom bou ons nie net ‘n sterk en taai struktuur nie,maar ons bestee ook heelwat tyd en aandag aan dieklein besonderhede wat ’n groot verskil in joualledaagse lewe kan maak.

STRUKTURELE STABILITEITSENTER 360 benut vakwerkysters van pyp wat ligter as die algemeen gebruikte hoekysters is. ‘n SENTER 360 het sodoende twee stelle vakwerkysters meer per toring wat sorg dat die struktuur ontse�end sterk is enbuitengewone weerstand teen stormwinde kan bied.Langer basisbalke 4,5 m (5,8 m vir die hoë-profielmasjiene), toring stu�e, stabiliseringstawe en diagonaledra by tot dié uitsonderlike standvas�gheid.

INNOVERENDE BEHEERPANEEL REEKSDie beginsel van eenvoudige modulêre ontwerp wordook op ons beheerpaneel reeks toegepas. Die basiese beheerpaneel, met direkte millimeter toedieningsver-stelling, kan teen ‘n minimale koste deur verskillendevlakke van outoma�sering en kommunikasie opgradeerword.

“LAASTE SPUIT” OPLOSSINGDie laaste spuit is geneig om verstop te raak. Ons het egter met ’n innoverende dog eenvoudige oplossing vorendag gekom om die laaste spuit deurlopend skoonhou. SENTER 360 spilpunte word standaard toegerus met die drukgereguleerde Senninger I-Wob sproeier wat op hangpype gemonteer is. Dit verseker uitstekende waterversprei-ing in selfs die uiterste klimaatstoestande.SWAARDIENS RATKAS EN MOTORSDie aandrywing van die SENTER 360 spilpunt bestaan uit ’n standaard swaardiens wielratkas, met ’n gra�s opsionele vyf jaar waarborg wat deur die UMC “Power Saver” motorratkas-kombinasie aangedryf word.* Termes en voorwaardes geld

SENTER 360

Tel: +27(18) 469-1331 • E-pos: [email protected] • www.senter360.co.za

www.proagri.co.za ProAgri 134 – Maart / March 2011

Lekkerlees

Baas bo baas

’n Man kom met sy veertienkinders by die skouterrein sehek aan. “Ek wonder of ek genoeg geld sal hê om vir onsalmal toegang te betaal. Ons wil graag na die kampioenbul gaan kyk.”

“Meneer,” antwoord die hekwagter, “jy enjou hele gesin kan gratis ingaan. Ek wilgraag hê die bul moet ’n slaggie na jou kyk.”

Kille logika

Die meubelwinkel lewer die nuwe yskas wat Vannermerwegekoop het af. “Waar moet ons hom sit?” vra die vragmotorbestuurder.

“Natuurlik daar onder die Cremora,” antwoord Vannermerwe.

’n Milde gewer

Die dominee kollekteer vir sending, maar die boer wil niks geenie.

“Kyk, Dominee, ek gee graag vir die weduwees en wese, vir diekerkboufonds, die orrelfonds en barmhartigheid, maar ek geenie vir die sending nie.”

“Hoe dan so, Broer,” wil die dominee weet.

“Ek gee nie vir mense wat skole afbrand, winkels plunder, toi-toi en ‘skiet die boer’ sing nie, Dominee.”

Die predikant is met leë hande daar weg.

’n Paar dae later bel die boer hom: “Dominee, ek het weer oordie saak gedink. Ek skenk elf skape vir sending.”

“Dis ’n pragtige gebaar van welwillendheid. Wanneer kan ons ditkom haal?”

Boer: “Nee, sit dit maar net deur die boeke, Dominee. Hulle hetdie skape reeds verlede nag kom haal.”

Goeie raad

Die ou tannie bel die stadsraadslid om te kla oor twee hondewat luidrugtig besig is om in die straat voor haar huis te vry.

“Weet u hoe laat dit is?” vra hy.“Ja natuurlik. Dis kwart voor twaalf.”“Nou maar gaan sê vir die reun daar is telefoon vir hom.”“Dink jy dit sal hulle laat ophou?” vra die tannie ongelowig.“Wel,” antwoord die stadsraadslid, “dit het met my gewerk.”

Nonsensies

Wat noem jy ’n groot, gespierde, harige, moerige stoeier met watteproppe in sy ore?– Net wat jy wil. Hy kan jou nie hoor nie.

Wat kan ’n monster doen wat jy nie kan doen nie?– Tot 35 op sy vingers tel.

Het jy gehoor van die inbreker wat in die betonmenger gevalhet”– Hy is nou ’n geharde misdadiger.

Het jy gehoor Heinie moes twee kaartjies vir die dieretuin koop?– Een om in te gaan en een om weer uit te kom.

Heinie het homself glo beseer toe hy blare gehark het.– Hy het uit die boom geval.

agrilag

deur Dom Boer

Page 26: ProAgri 134, Maart 2011

AgriGids

ProAgri 134 - Maart / March 2011 www.proagri.co.za26

AgriTrader Advertensiediens vir die boerAdvertising service for

the farmer

60 000 eksemplare na aktiewe kommersiële boere landswyd

AgriTrader is ʼn uitstekende bemarkingsmeganisme om kopers en verkopers van lewendehawe, trekkers, voertuie, werktuie, en alle ander landbou toerus�ng by mekaar uit te bring. Veeveilingsadvertensies in AgriTrader lok wye reaksie uit, probeer dit gerus.

Vir die bekos�gbaarste advertensietariewe in Suid-Afrika, skakel:Stefan van Wyk (Bloemfontein) 082-381-7563 | 051-446-0789 [email protected] vd Westhuizen (Pretoria) 012-362-2730 [email protected]

Page 27: ProAgri 134, Maart 2011

www.proagri.co.za

AgriG

ids

ProAgri 134 - Maart / March 2011 27

Page 28: ProAgri 134, Maart 2011

AgriGids

ProAgri 134 - Maart / March 2011 www.proagri.co.za28

Stuur ’n teksboodskap per selfoon na 34010 en begin dieboodskap met wwba, gevolg deur ProAgri en vertel dan virons waar u hierdie advertensie gesien het/waar u woon enstaan ’n kans om ‘n R100-geskenkbewys vir enige aankopein ons Woord en Klankwinkel te wen. Die koste van dieboodskap is R2.

Page 29: ProAgri 134, Maart 2011

Gen

eGids

ProAgri 134 - Maart / March 2011 29www.proagri.co.za

AgriG

ids

Page 30: ProAgri 134, Maart 2011

ProAgri 134 - Maart / March 2011 www.proagri.co.za30

AgriGids

Gen

eiGids

Page 31: ProAgri 134, Maart 2011

ProAgri 134 - Maart / March 2011 31www.proagri.co.za

Gen

eiGids

Brangus Cattle Breeders

Society

PO Box 12465

Brandhof

9324

Tel: 051-444-1144

Fax: 051-444-5070

[email protected]

www.brangus.org.za

Brangus

Veilin

gs

Page 32: ProAgri 134, Maart 2011

Veilin

gs

ProAgri 134 - Maart / March 2011 www.proagri.co.za32

Page 33: ProAgri 134, Maart 2011

Rasn

uus

www.proagri.co.za

Tuli-beeste bied 3 paaie wenpaal toe’nOorvloed van heerlike, smaaklike,

gesonde, vleis en winsgewendeboerdery sonder sukkel of probleme –dis wat Tuli-beesboerdery beteken. Boonop kan die vleisboer kies op wattermanier hy met Tuli’svooruit wil boer:

Suiwer Tuli Dit is lekker en maklik om met Tuli’s teboer. Hulle verg so min moeite en is soselfversorgend dat ’n mens amper kansê hulle boer self, sê oom Dapper deWet van Rouxville.

Oom Stephan en Carmen Welz wasnie regtig van plan om met beeste teboer nie. Hulle het oorspronklik blootbeeste gesoek om die ruie gras op hulleplaas by Tonteldoos, tussen Stofberg enDullstroom, te vreet om die brand-gevaar te verminder. Die vereiste wasdat dit beeste moes wees wat die minimum aandag en arbeid verg, wanthulle kon die plaas net naweke besoek.

Die Tuli was die perfekte oplossing.Hulle word nie heeldag siek nie, hoefnie gevoer en gepamperlang te wordnie en kalf maklik en sonder probleme.Tuli’s het ook ’n mooi temperament watdit ’n plesier maak om tussen diebeeste tyd te spandeer en as gevolg hiervan spandeer die Welze nou baiemeer tyd op die plaas.

Tuli’s aard ewe goed oral in ons landen sorg vir hulself. Bulle van GreatKaroo Tuli’s by Murraysburg het in Meien Junie op die blote veld ’n gemid-delde daaglikse toename van 1,37 kgbehaal – sonder enige aanvullendevoeding, lek of selfs sout!

Die bees hanteer ook maklik endaarvan getuig Dawie Pieterse van LadyBrand en Koot en Jan van der Walt vanDie Rits Tuli-stoet naby Venterstad.Hulle almal hanteer groot troppe bees

met net een arbeider.’n Tuli se vel voel so glad en sag

soos ’n worshond s’n,” vertel DawiePieterse en verklaar dat dit ’n rede ishoekom bosluise, en gevolglike bosluis-gedraagde siektes, nie eintlik vat aan ’nTuli kry nie. Nogtans verdra hulle diekoue van dié kille deel van die Vrystaatbaie maklik.

Die poenskopfaktor is sterk oorerflikby Tuli-beeste, wat horingknipperygrootliks uitskakel om die boer se sakenog makliker te maak.

Suiwer Tuli-beeste gee jou dus minmoeite, maar baie wins en baie plesier.Maar as jy regtig wil geld maak, benutjy die unieke kruisteeltvoordele wat Tulijou bied.

Basterkrag’n Baie groot voordeel van Tuli-beesteis dat hulle ’n klas van hulle eie is:Hulle word nie as bos taurus of bos indicus geklassifiseer nie maar val indie groep bos taurus africanus, sêAlwyn Marx van Alpha Omega Stoetnaby Burgersdorp, daarom het jy dievoordeel van basterkrag in kruisteeltmet albei groepe en ook met kruisingsdaarvan soos Brafords of Simbra’s.

In navorsing wat oor ’n tydperk van30 jaar in die VSA gedoen is, het dieTuli baie goeie resultate gelewer inkruisteling met Europese en Britserasse terwyl kruisteelt in Australië metbos indicus beeste net so suksesvolwas.

Hier by ons het Dave Mullins vanGrahamstad en sy pa, Arthur, Nguni-tipe beeste se speengewig met 32 kgper kalf opgestoot deur Tuli-bulle te gebruik. Tuli basterkrag in kruisingsmet ander sanga beeste is dus net so lonend.

Tuli-koeie kalf maklik, hulle het goeie moederseienskappe, mooi uiers en baie melk om hulle kalwers vinnig en gesond groot te maak.

Dries Wiese van Loxton, wat eintlikuitsluitlik in skaapwêreld is, het verskil-lende soorte bulle op 120 koeie vanverskillende soorte probeer en hy verk-laar dat Tuli loshande die beste resultate gelewer het.

Tuli as moederlyn Met ’n Tuli as moederlyn kan jy benewens die genetiese pluspunte ookdus baat by die volgende eienskappewat die ras jou bied:• Vrugbaarheid: Alwyn het byvoor-beeld in die sewe jaar wat hy met Tuli’sboer nog nie ’n konsepsie van laer as95% oor ’n drie maande dekseisoengehad nie. Hulle het ’n kort interkalf-periode en slaan nie sommer oor nie. • Maklike kalwing: Met hulle effensehangkruise kalf selfs Tuli-verse sonderprobleme. Dit is uiters selde nodig om’n Tuli se kalf uit te trek. Mooi uiers en goeie melkproduksie sorgdat die kalf vinnig en gesond groei. • Goeie moederseienskappe: ’n Tulisorg baie goed vir haar kalf enverdedig hom doeltreffend teenroofdiere. • Maklike hantering: Met die kalmgeaardheid en maklike hantering van Tuli-koeie en -verse is jou heleboerdery ’n winsgewende plesier.

ProAgri 134 - Maart / March 2011 33

Laat Tuli ook jou beesboerdery oor diewenstreep dra. Praat vandag met dieTuli-telersgenootskap by 051-410-0985. Besoek ook www.tulicattle.co.za. Tuli-koeie kalf maklik, hulle het goeiemoederseienskappe, mooi uiers met genoeg melk om elke jaar ’n gesondesterk kalf te speen

Page 34: ProAgri 134, Maart 2011

Die Nooitverwag Beefmasterstoet se koeie is vir die teler, Kerneels Janse van Rensburg, sy “maatstaf van sukses”.

Boere wat in die voordele van hierdie teelbeleid wil deel, is welkomom op Woensdag 13 April die volgende produksieveiling vanNooitverwag Beefmasters by tewoon. Daar gaan onder meer 30geregistreerde Beefmasterbulle en’n groot verskeidenheid geregi-streerde koeie en kalwers, sowel askommersiële verse en koeie metkalwers, aangebied word.

Van die ooste, na die westeIn die Lichtenburg-omgewing hetPieter van Deventer ook al 17 jaar

gelede sy oplossing in Beefmastersgevind. Hy is ’n sakeman wat net deel-tyds boer en moes ’n ras kies wat by syomstandighede inpas en ekstensiefsteeds kan presteer.

In sy teelbeleid hou hy ook streng bydie ses ekonomiese seleksiebeginsels. Hyhou elke jaar ’n groot persentasie verseterug en sit hulle op ongeveer 14maande by die bul. “Dit stel my in staatom streng te selekteer vir vrugbaarheiddeur elke koei of vers wat nie beset raaknie, uit te skot.”

Die dekseisoen is 75 dae vir koeie en45 dae vir verse en na afloop van die2010-seisoen was die gemiddeldetussenkalfperiode 367 dae.

Pieter sê: “Ek ondersteun die Nasio-nale Vleisbeesverbeteringskema omdatdit so nou aansluit by die Beefmaster-beginsel van seleksie vir ekonomies belangrike eienskappe.”

Die Hybrid-kudde was die afgelope sesjaar ’n finalis in die LNR se Kudde van dieJaar-toekennings in die Noordwes-provin-sie en was die wenner vir die streek in2010. Een van sy koeie is ook in 2008aangewys as die Farmer’s Weekly Beste Produserende Koei. Op 20 April bied Hybrid en Janzel saam met gasverko-pers ’n veiling op die Lichtenburg-skouterrein aan. Daar sal 25 veldaangepaste bulle en 60 koeie aangebied word.

Miskien is die beste getuigskrif vir dieBeefmaster in Pieter se eie woorde: “Elkerit plaas toe bly ’n plesier.”

met kuddeverbetering, maar as ek al diedoelwitte bereik het met vrugbaarheid,ek weet nie, dan sal ons seker begin opwerk na stoet…”

Hy hoef nie ver te kyk om ’n goeievoorbeeld van ’n suksesvolle Beefmaster-stoet te kry nie. Sy buurman is die baasvan Nooitverwag Beefmasters…

Vrugbaarheid lei tot winsKerneels Janse van Rensburg van dieplaas De Vereeniging het in 1993 sykudde aangebied vir keuring in die opgraderingstelsel.

Hy sê: “Ek het reeds in die eerste jaarnadat ek Beefmasterbulle gebruik het, ’nverhoging van 20 kg per speenkalf gekry.Vandag is dit al 40 kg hoër as in 1993!”

Kerneels het dadelik die sespuntplanwat deur die rasvader, Tom Lasater, in dieveertigerjare van die vorige eeu vasgelêis, toegepas, met groot klem op vrug-baarheid as eerste beginsel. Die anderekonomiese eienskappe waarvoor geselekteer word is temperament, gewig,bouvorm, gehardheid en melkproduksie.

Hy sê daar was dadelik makliker geboortes en verhoogde gewigstoenamein sy kudde.

Vandag het hy een van die vrug-baarste Beefmasterkuddes in die land.“My koeie is vir my die maatstaf vandoeltreffendheid.” Die Nooitverwag-stoethet tans van die meeste Elite- (12), Superieur- (5) en Voortreflike (18) -koeiein die ras.

Sy teeldoelwitte is om vir die stoet-bedryf, sowel as die kommersiële bees-bedryf, goeie, bekostigbare, aangepastebulle en vroulike diere te teel. Dit betekenvrugbare vroulike diere met goeiemelkproduksie en moedereienskappe wathoë gehalte speenkalwers teel.

Met genetika soos hierdie, is dit nie ’n wonder dat Pieter van Deventer se kudde uitblink indie LNR se Vleisbeesverbeteringskema nie!

Vir meer inligting oor Beefmaster sepresterende vroulike diere, skakel HelgaPrinsloo by die Beefmastergenootskap by086-111-3144 of 083-417-7047.

“Kyk, in boerdery moet jy vooruitgaan en aanhou groei, anders

stagneer jy en sak terug.”Aan die woord is Jannie Myburg, ’n

jong kommersiële boer van die Ermelo-omgewing. Die groot verandering navooruitgang in sy boerdery het gekomtoe hy in 2005 net Beefmasterbulle begingebruik het.

Hy het begin om die rooi vervangings-verse terug te hou en sê sy kudde lyknou baie mooi. Die grootste voordeel wasegter die verbetering in speengewig endie toename in vrugbaarheid. So ’n paarweke gelede het hulle vrugbaarheids-toetse gedoen en sy verse toon 82%dragtigheid.

“Ons het vir twee jaar lank kuns-matige inseminasie toegepas, maar dithet net te intensief geraak. Jy moet weetons is maar gewone boere – ons houdaarvan om die bulle by die koeie te laatloop.”

Jannie praat ook oor Ermelo se taaiwinters en hy voorspel dat die winter watvoorlê lank en moeilik gaan wees. Dit hetin Februarie en die eerste helfte vanMaart omtrent niks gereën in hulleomgewing aan die westekant van Ermelonie en die mielies verdroog op die land.

Tog is hy vol vertroue dat sy beestedie winter goed gaan oorleef met diehooi wat hy van Oulandsgras enSmutsvinger maak, asook die mieliestop-pels op die land. Die plan is wel om sybeesgetalle voor die winter te verminder.

Gelukkig is dit nie ’n probleem omspeenkalwers te verkoop nie. Die kalwers word regstreeks van die ma afaan ’n voerkraal in die omgewingverkoop, wat ’n premie betaal juis omdatdit Beefmasters is!

Jannie sê: “Ons hou tussendeur aan

Ras

nuus Boer vooruit met Beefmasterkoeie

ProAgri 134 - Maart / March 2011 www.proagri.co.za34

Page 35: ProAgri 134, Maart 2011

Veilin

gs

Hybrid & Janzel BEEFMASTERS

( E N G A S V E R K O P E R S )Produksieveiling

Aanbod:

20 April 2011 om 11:00 te Lichtenburg Skougronde

25 Veldaangepaste bulleasook 60 vroulike diere

Ons het besluit om ons ouer bulle te bemark, daarom hou ons nou in April veiling.• Bulle word op die veld met minder kragvoer afgerond.

• Bulle kan voor die volgende dekseisoen op u plaas aanpas en sal klaar gewissel wees.

LOT 14: AHA 07-443

Navrae: • Jan du Toit 083-627-4402 • Pieter van Deventer 018-632-6061 • Hans Coetzee 083-259-2503

www.proagri.co.za ProAgri 134 - Maart / March 2011 35

Page 36: ProAgri 134, Maart 2011

Alles onder een dak!

Boumateriaal

Hout Staal

NUWE PERSEEL

Omheining

BETHLEHEM