32
Besproeiing: Boere is bly, want Talbert is terug! tegnologie vir die boer technology for the farmer AgriTrader Sien binne vir puik aanbiedinge Nr 120 Januarie 2010 ISSN 1042–1558 Voer vir die winter: • Sny flink en vinnig • Maak maklik mooi bale • Kerf keurige kuilvoer • Hark herwin elke halm Meng self jou kunsmis Prieska-veldramme: Boere teel vleisfabrieke

ProAgri 120, Jan 2010

Embed Size (px)

DESCRIPTION

In ons eerste uitgawe vir die jaar kan jy heelwat lees oor voermaak vir die winter: Sny flink en vinnig, hark en herwin elke helm, maak maklike mooi bale en kerf keurige kuilvoer. Lees ook oor die op-en-wakker verskaffers van spilpunte, Talbert, wat stewige, betroubare spilpunte oprig, gerugsteun deur jare se ervaring, toegespitste kundigheid en toegewyde diens.

Citation preview

Page 1: ProAgri 120, Jan 2010

Besproeiing:

Boere is bly, want Talbert is terug!

tegnologie vir die boertechnology for the farmer

AgriTraderSien binne vir puik aanbiedinge

Nr 120Januarie 2010

ISS

N 1

04

2–1

55

8

Voer vir die winter:

• Sny flink en vinnig

• Maak maklik mooi bale

• Kerf keurige kuilvoer

• Hark herwin elke halm

Meng self jou kunsmis

Prieska-veldramme:Boere teel

vleisfabrieke

Page 2: ProAgri 120, Jan 2010

GRATIS

FAKS N

A E-PO

S, E-P

OS

ADRE

SSE EN

DATA P

AKKETT

E.

BEGIN

VANAF

R50-0

0 P/M

Skakel ons: 08600 GOGGA (46442) E-Pos: [email protected]

Om Internet te kry was nog nooit sò maklik nie

BESTE DATA KONTRAK PRYSE IN SUID-AFRIKA!

PAKKET 500MB 1GB 3GBOns prys R194-00 R344-00 R644-00Mededinger 1 R199-00 R349-00 R649-00Mededinger 2 R249-00 R349-00 R649-00

Internet nodig in die platteland?

Gogga kan bystaan!

EERSTE IN SUID-AFRIKA!

Verbind veelvoudige Simkaarte met EEN datapakket

en deel data gebruik!

SA se bekendste onafhanklike

GSM INTERNETDiensverskaffer

GOGGA NEEM WEER DIE VOORTOU:

KOOP GROOTMAAT DATANetsurf data “uncapped” @

R0.60 per MB(voorwaardes geld)

Page 3: ProAgri 120, Jan 2010

3www.proagri .co.za ProAgri 120 Januarie 2009

Copyright © 2010. All rights reserved. No material, text or photo graphs may be reproduced, copied orin any other way transmitted without the written consent of the publisher. Opinions expressed are not necessarily those of thepublisher or of the editor. We recognise all trademarks and logosas the sole property of their respective owners. ProAgri shall notbe liable for any errors or for any actions in reliance thereon.

distribution

M A S S M E D I A S P E C I A L I S T S

Distributed by

SMARTPUBLISHING

smart

Published by

ProAgri 120 In hierdie uitgawe

Die ProAgri-spanBusiness-to-Business Magazine (July – Sept 2009) with a free circulation of 58 722 per month(Paid 26, Total 58 748)

16

4

9

RedakteurCoenraad Rall > [email protected] redakteurSuzanne Grobler [email protected] advertensieverteenwoordgerStefan van Wyk > [email protected] Strauss > [email protected] & grafika Esta van [email protected] & intekeningPaula MacMavis > 012-362-6390Sakebestuurder George Grobler [email protected]

Januarie 2009

Besproeiing:Boeree iss bly,, wantt Talbertt iss terug!

tegnologie vir die boertechnology for the farmer

AgriTraderSien binne vir puik aanbiedinge

Nr 120Januarie 2010

ISS

N 1

04

2–1

55

8

Voer vir die winter:

•• Snyy flinkk enn vinnig

•• Maakk maklikk mooii balee

•• Kerff keurigee kuilvoer

•• Harkk herwinn elkee halm

Mengg selff jouu kunsmis

Prieska-veldramme:Boeree teell

vleisfabrieke Voorblad: Boere is bly, wantTalbert is terug. Een so ‘nbly boer wat op sy betroubare Talbert-spilpunte steun om wen-aartappeloeste teverseker, is Johan Odendalvan Petrusburg.

Meganisasie4 Spilpuntsukses: Boere is bly, want

Talbert is terug!7 Troetel jou diere deur die winter met

heerlike hooi9 John Deere steun boere al stewiger11 Maak maklik mooi bale met McHale13 Maak meesterlike kuilvoer met

JF-kuilvoerkerwers15 Meng self jou kunsmis; dit bespaar geld

en verseker gehalte

Veeboerdery16 Boere teel vleisfabrieke met Prieska se

veldramme

AgriTrader19 Agri-Werktuie21 AgriGids24 GeneGids27 Veilings

Page 4: ProAgri 120, Jan 2010

Stewige, betroubare spilpunte, gerugsteun deur jare se ervaring,toegespitse kundigheid en toegewyde diens – dit is wat Talbert diebesproeiingsboer bied.

Die eerste vereiste wat die ernstige boer aan ’n spilpunt

stel, is dat hy moet water gee wanneer jy dit nodig het. En dit ispresies wat Talbert Besproeiing sespilpunte doen – elke keer jaar najaar na jaar.

Dis hoekom boere so bly is om teverneem dat die Steyl-familie weerdie trotse verskaffers van hullebekostigbare, maar duursame enbetroubare Talbert-spilpunte is.

Douw en Arno Steyl het met Talbert-spilpunte grootgeword. Dietwee broers het van kindstyd afelke vakansie in hulle pa se fabriekgewerk en hulle ken hulle spilpunteen die besproeiingsbedryf tot in diefynste besonderheid.

Saam met hulle is die hele ervare,toegewyde span wat in die verledeso ’n kolskootdiens aan spilpunt-boere gelewer het – vanaf dienoukeurige ontwerp en vervaar-diging tot die uitmeet-, beplanningen oprigtingsaksies op die plaas endie flinke diens om te verseker datdie boer se spilpunt altyd presiesdie werk doen waarvoor hy homgekoop het.

Een boer wat bly is oor Talbert terugis, is Corrie Theron van die plaas,Samesuiping, naby Bloemfontein.

Talbert is die beste

“Wat my betref, is Talbert die bestespilpunt wat jy kan kry,” sê hy. Hy

het sy eerste Talbert-spilpunt tienjaar gelede laat oprig en het nouagt van hulle. Die prys is redelik,die spilpunte is doeltreffend, stewigen betroubaar en Corrie is bly dathy nou weer die staatmaker dienskan geniet wat die Steyl-familiebied.

“Terwyl die Steyls in beheer was,het ek regtig geen probleme hoege-naamd met my spilpunte ondervindnie,” vertel hy. “As ek genoeg watergehad het, sou ek beslis nog Talbert-spilpunte laat oprig het. DieSteyls verstaan die boer en bied dietegnologie en diens wat boerderydoeltreffend en lekker maak.”

Toe Corrie destyds besluit het omsy droëland-mielie- en -koring-boerdery met besproeiing aan tevul, het hy absoluut niks vanspilpunte en besproeiingsboerderygeweet nie – Talbert se mense hethom strykdeur presies die regteraad, hulp en diens gegee, sodatbesproeiingsproduksie vandag ’nbelangrike deel van sy boerderyvorm.

“Ek produseer drie tot vier keersoveel per hektaar onder spilpunteas op droëland en in hierdie tye vanhoë insetkoste en lae pryse, is be-heer en hoë produksie noodsaaklikvir oorlewing,” sê hy.

Waai nie om nie

“Eskom se wisselvallige kragvoor-siening is steeds ’n probleem, maar

met my Talbert-spilpunte het ekgeen probleme nie. Ek weet ook nievan een Talbert-spilpunt wat alomgewaai het nie. Dit is belangrik,want as ’n spilpunt val, dan het jyernstige skade teen die tyd dat jyhom weer aan die loop kan kry.”

Hieroor stem Johan Odendal, aartappelboer van Petrusburg,saam. Hy het 18 Talbert-spilpuntein ’n gebied waar die wind somskwaai waai. Ander soorte spilpunteswik soms in die omgewing, maarsy Talberts staan soos torings vanstewigheid.

Johan het Talbert-spilpunte wat almeer as vyftien jaar getroue dienslewer met net hier en daar ’n verwagte slytdingetjiewat vervang moes word.

Voldoen aan al dievereistes

Talbert voldoen aan aldie vereistes wat Johanaan ’n spilpunt stel:

Eerstens moet ’nspilpunt betroubaarwees en water gee wanneer jou gewasse ditnodig het sonder dat jynodig het om met homte sukkel. As ’n aart-appelplant nie water krywanneer hy dit nodig hetnie, is jou oes gedoem.Maar onder sy Talbertsblink al Johan se aart-appels se ogies.

Die spilpunt moet ’nstewige konstruksie hêen goed gegalvaniseerwees en dit is Talbert inderdaad. Hy is spesiaalvir Suid-Afrikaanseboere se uiterste omstandighede gebou en al systaaldele is warmgegalvaniseer volgens die SABS se streng 763-standaard.

Sy motors en ratkaste moet ’n langlewensduur hê en ook aan hierdievereiste voldoen Talbert uitmuntend.

Spilpuntsukses:

Boere is bly,

Meganisasie Besproeiing

www.proagri .co.zaProAgri 120 Januarie 20094

Page 5: ProAgri 120, Jan 2010

5www.proagri .co.za ProAgri 120 Januarie 2009

Onderdele en diens byderhand –oral in die land

’n Verdere belangrike vereiste is datonderdele maklik bekombaar enbekostigbaar moet wees. Talberthet ’n goeie voorraad onderdele virelke spilpunt wat hulle nog ooitgemaak het, ook in die tyd toe ditonder die Rhino-naam versprei is,en alles pas nog steeds sodat jynooit met ’n verkeerde onderdeelsal hoef te sukkel nie.

Die Steyl-broers bied nou weer diegestandaardiseerde oorspronklikeTalbert, maar die gehalte is selfsnog beter as in die verlede. Dit isdie voordeel van ervaring.

Dís mos hoe koring moet lyk! En dit alles is te danke aanCorrie Theron (links) van Bloemfontein se betroubare Talbert-spilpunte wat hom in staat stel om tot vier maaldie opbrengs per hektaar te behaal as op droëland. “Wat my betref, is Talbert die beste spilpunt met die bestediens,” sê hy. Daardie diens word gelewer deur DouwSteyl (regs) en sy broer, Arno, seuns van die oorspronklikestigter en eienaar van Talbert Besproeiing, en hulle flinkspan toegewyde kundiges.

want Talbert is terug!Jy kan ook in die voordeel van Talbert-spilpunte se ervaring,toewyding, werkstrotsen begrip vir die boerdeel. Praat vandag met Talbert se bemar-kingsbestuurder, Koos Coetzer, by082-802-1906 of stuur’n e-pos aan [email protected].

Talbert en sy versprei-dingsagente staan reg om boere regoorSuid-Afrika bly te maakmet die lonendste besproeiingsopsie.

Talbert: die spilpunt in ’n klas van sy eieSpankeuses:114 mm x 45 m, 51,2 m, 58 m of 64 m140 mm x 45,9 m, 51,2 m, 58 m of 64 m165 mm x 45 m, 51,2 m, 58 m of 64 m

Pypwanddikte: 3,5 mm

Gewasvryhoogte: 2,8 m

Bande: 13,6 x 24 hoëflotasiebande

Oorhanglengtes: 6,4 m, 12,8 m of 25,6 m

Beheerkas (standaard):Druksensor, tydskakelaar, uurmeter, voltmeter, rigtingaanwyser, weerbestand,beheer alle elektrisiteit- en watertoevoer

Galvanisering:Alle staaldele is warmgegalvaniseer volgens SABS 763-standaard

Die senter:Die sentertoring is sterk en duursaam enaan ’n gewapendebetonbasis geanker.

Motors:Net beproefde swaardiensmotors met ’nlang lewensduur word gebruik.

Ratkaste:Bewese swaardiensratkaste verseker jarese betroubare diens.

Sleepverstelling:’n Stel drukhefbome maak dit maklik omdie wiele te verstel sodat die spilpunt woerts-warts na ’n ander sirkel gesleep kan word.

Onderdele:Onderdele vir alle Talbert-spilpunte is blitsig beskikbaar teen redelike pryse.

Sandvangers:Sandvangers aan alle oorhange vergemaklik skoonmaak en verhoed dieverstopping van sproeiers.

Page 6: ProAgri 120, Jan 2010

Wat wag op SA se boere in

2010?

gro

mm

el

gro

mm

el

gro

mm

el

gro

mm

el

Aan

Suid-

Afrik

a se

boer

e

Tel: 056-817-7308 www.valtrac.co.za

Page 7: ProAgri 120, Jan 2010

soos sommige gewone snyers dienuk het om te doen nie.

Die Novacat se swewende snystaafsny skoon en netjies, en beweegdeur die materiaal sodat jy maar kanvetgee – hy sal nie verstop nie.Daartoe help ook die vaartbelyndevorm van die snyskywe en dieoorvleuelende teendraailemme watdie perfekte snit verseker.

Die omdraaibare lemme is van diebeste staal gemaak en word makliken vinnig vervang.

Die snystaaf is modulêr ontwerpsodat jy nie ’n hoop ratte en tussen-ratte hoef uit te ryg om aan eeneenheid te werk nie.

Die Eurocat se vingerkneuser kanvan lig na aggressief verstel wordom jou gewas te pas. Dit versekervinniger uitdroging sodat jy gouerkan begin baal om die weerskade-risiko drasties te verminder. Dit sorg ook vir beter verteerbare,voedsamer voer en skakel dienodigheid van ’n omdraaiery virbelugting uit. Jy kan ook ’nwringkneuser kies.

’n Verdere bonus is dat jy ’n NovacatT-versamelaar kan aanbring wat joudie keuse gee om jou materiaal inenkelrye, as ’n wydverspreidekombers of in ’n los, lugtige, gekom-bineerde windry te plaas.

Die versamelaar se vervoerbandword met ’n band vanaf sy eiehidrouliese pomp aangedryf.

Valtrac bied die boer ook ’n verskei-denheid Pöttinger-kragharke watmateriaal vinnig, netjies en skoonbymekaarhark sodat jy jou hooigemaak kan hê voordat die reënkom.

Jou diere sal hierdie winter dankbaarwees as jy vandag nog met Henniedu Toit praat oor Valtrac-hooitoerusting. Sy nommer is 056-817-7308 en sy [email protected].

Gaan kyk sommer ook by www.valtrac.co.za na Valtrac seander produkte wat die boer se lewelekkerder maak.

Troetel jou diere deur die winter......met

heerlike hooi

Nou is die tyd om reg te maak virdie winter. Dink net hoe wonderlik

kan hierdie winter wees: Geen vlieë,geen slange, geen bosluise. Ronde,swart beesbiltonge met dik, geel vet.Koolstoof- en kaggelaande, dik groen-tesop, lekker lepel lê...

Al wat dan nog nodig is om jou winter volmaak te maak, is ’n goeievoorraad voedsame voer vir jou vee.

Dis net hier waar Valtrac, die boer sevoerbroer, na vore tree met die bestesnyers en kragharke om hooimaakpure plesier te maak. Valtrac is immers die tegnologieverskaffer watdie boer se saak verstaan en wat elkekeer presies die regte oplossing virSuid-Afrika se boere bied.

Valtrac se mense weet dat hooi oppresies die regte groeistadium gesnymoet word. Dit beteken dat jy nie tydhet om met sukkelsnyers te sloer nie.Daarom bied Valtrac die boer dieratse, flink, flukse Pöttinger Novacat,wat werklik ’n snyer in ’n klas van syeie is.

Boere is verbaas om te sien hoe hierdie snyer onstuitbaar deur ’n landvol taai oulandsgras snel, elke stingelnetjies afsny en elke halm herwin.

Jy kan sommer sien die Novacat is ’nsterk, stewige snyer wat in elke opsigspesiaal ontwerp en gemaak is omdie boer die grootste doeltreffendheidvir die minste moeite te verseker.

Vanuit jou trekkerkajuit beheer jy sylang disselboom om die snyer in diery na enige plek links, regs of regagter die trekker te laat loop. Die disselboom is ook so ontwerp dat jybaie knap kan krink, sodat jy meertyd aan sny en minder aan heen-en-weer stoot kan bestee.

Al die snyer se hidrouliese pype isveilig in die disselboom versteeksodat niks los rondhang nie.

Die snyereenheid self is in die middelaan ’n portaalraam gemonteer, sodatdit genoeg kan beweeg om altyd oralperfek te sny, selfs oor ’n golwendegrondoppervlakte.

Die middelmontering sorg ook dat diesnyer nie heeltyd eenkant toe beur

7www.proagri .co.za ProAgri 120 Januarie 2009

Meganisasie Hooitoerus�ng

Page 8: ProAgri 120, Jan 2010
Page 9: ProAgri 120, Jan 2010

Meganisasie

Die suksesresep van hedendaagseboerdery is die verstandige

benutting van tegnologie.

Met die regte masjinerie en diensboer jy vooruit, maar die verkeerdekeuse kan jou met ’n eindelosegesukkel en ellende belas.

Goeie nuus vir boere is dat JohnDeere spesiale moeite doen om sywye handelaarsnetwerk te bemagtigom net die beste staatmakerdiensaan boere te bied.

Voor die verstandige boer ’n produkkoop, maak hy seker van sake soos:

• Is onderdele vrylik en vinnigbeskikbaar?

• Is daar bekwame tegnici byderhand?

• Is die handelaar en sy personeelopgelei om die boer die regtediens en raad te gee?

• Is daar ’n handelaar byderhanden hoe bedryf hy sy sake?

Hierdie sake is vir John Deere netso belangrik as vir die boer, sêCarel Theron, bemarkingsbestuur-der, en daarom doen John Deerespesiale moeite om nie net aan dieboer se verwagtinge te voldoen nie,maar dit te oortref. Kyk net:

Onderdele uit die boonste rakke

Staantyd is vir John Deere ’n gruwelike woord wat met goeie beplanning en toegewyde dienshokgeslaan word.

Elke John Deere-handelaar is aandie wêreldwye onderdelestelsel, JDPOINT, gekoppel, wat die blitsig-ste lewering van onderdele

ProAgri 120 Januarie 2010www.proagri .co.za 9

John Deere steun boere al stewiger

verseker. Die oomblik as ’n hande-laar ’n onderdeel bestel, kan hysien of en waar die onderdeelbeskikbaar is en wat die versen-dingstatus van die onderdeel is.

“Miskien môre” is woorde wat jy nieby ’n John Deere-onderdeletoon-bank sal hoor nie. Jy kry inligtingwat jou presies sê wanneer ’n onderdeel in jou hande sal wees.

Vir daardie krisisgevalle wat boerese senuwees soms so kan vreet,het John Deere sy MDP-besteltipe.MDP staan vir Machine Down Plus,wat in goeie Boere-Afrikaansbeteken Maak Dadelik Plan.

Al bestel jy ’n onderdeel net voor17:00 met ’n MDP-bestelling, saljou John Deere-handelaar sekermaak dat die Rosslyn-pakhuis ditnog dieselfde dag verpak enversend. Dit verseker dat jy rustigkan gaan slaap in die wete dat dieonderdeel die volgende môre byjou handelaar vir jou sal wag.

Maar jy kan ook regstreeks by JohnDeere se wêreldwye onderdele-stelsel inskakel vanaf jou eie reke-naar. Die stelsel werk met dieInternet en is 24/7 beskikbaar.

Dit beteken dat jy in jou kantoor opdie plaas die internet-onderdele-katalogus kan bekyk en joubestelling elektronies by jou hande-laar kan plaas – so maklik soos koffiedrink. Net John Deere bied die boerso ’n stelsel en dis boonop gratis!

Toegewyde tegnici

John Deere se handelaarsnetwerkhet in 2006 140 tegnici in diens

gehad. Vandag is daar 180 en daarword na 220 gemik om te versekerdat geen boer ooit vir diens hoef tewag nie.

Verlede jaar het John Deere ’n vakleerlingakademie in Roodepoortgestig, waar vakleerlinge ’n programvan 32 weke, versprei oor 2 jaar en3 maande, volg. Daar is tans 99geregistreerde vakleerlinge in dienetwerk.

Onafgebroke opleiding

John Deere lei voortdurend personeelby al sy fabrieke regoor die wêreldop, hoofsaaklik in tegniese aspekte.Opgeleide personeel wat terugkom,versprei hulle nuwe kennis onder kollegas.

Handelaarspersoneel word hoof-saaklik by John Deere se moderneopleidingsentrum in Boksburgopgelei. Die beste tegnologie entoerusting word gebruik om jaarlikssowat 1 200 tegnici in byna 80 kursusse op te lei.

John Deere lei ook jaarliks byna 1 500 trekkeroperateurs op plase op.

Handelaars vir nou en môre

Die wêreld ontwikkel en John Deeresorg dat hy en sy handelaars altydop die voorpunt van tegnologiever-skaffing aan die boer bly. Daarvoorhet John Deere reeds in 2004 dieHandelaar van die Toekoms-strategieaangekondig.

Hierdie strategie sluit in diestroombelyning van die handelaarse saak, die daarstel van minimumstandaarde, sakebeplanning, finan-siële ontleding, bestuurstelsels endie benutting van die modernste tegnologie om alles so eenvoudig,maar doeltreffend as moontlik te beheer.

John Deere en sy handelaars sevordering met hierdie strategieword voortdurend gemeet enaangepas om te verseker dat dieboer se verwagtinge ten opsigtevan gehalte en diens telkens oortrefword.

Praat vandag met jou John Deere-handelaar en geniet die rotsvasterugsteun van ’n wêreldwye wennerwat die pad tree vir tree saam metdie boer loop.

Page 10: ProAgri 120, Jan 2010

For additional information contact:Student Administration: CIAT: ElsenburgHigher Education: Tel: (021) 808 5451/2

Further Education and Training: (021) 808 7000E-mail: [email protected]; [email protected]

Website: www.elsenburg.com

Page 11: ProAgri 120, Jan 2010

11www.proagri .co.za ProAgri 120 Januarie 2009

’n Flink werkstempo sonder onderbrekings is ’n voorver-

eiste vir doeltreffende baalwerk,veral as die reën dreig en daar nogbaie ander werk ook is wat op dieplaas gedoen moet word.

McHale is die baler wat presies aandie boer se behoeftes voldoen endit selfs oortref. McHale-balers isimmers regoor die wêreld bekendvir hulle duursaamheid, betrou-baarheid, ingenieursvernuf enbekostigbaarheid. En ook geenwonder nie, want hulle word spesiaal volgens die boer en diebaalkontrakteur se wense ontwerpen vervaardig.

McHale se F5-vastekamerbalers isdie toonbeeld van doeltreffendeeenvoud en dis maklik om methulle te werk. Daar is twee modelle: die F550 en die meergevorderde F560.

Albei modelle se onderhoudstakeword tot die minimum beperk metslim planne soos outomatieseghries- en olietoediening op dielaers en kettings. Die baler sevloer kan laat sak word om blitsigvan verstoppings ontslae te raaken die balers is taai en stewig genoeg om baie jare lank getrou tewerk, al is die materiaal hoe weer-barstig en die grondtoestande hoemoeilik.

Hierdie betroubaarheid is nie toevalnie – McHale word gemaak om tewerk. Kyk net:

Die verdeelratkas se een as dryf diebaalkamer se rollers aan en dieander as die opteller en kerwersodat die kortpad-kragoordrag immerdeur optimale kragbenuttingverseker.

Die gevalvaniseerde opteller is tweemeter wyd en tel selfs die kortstemateriaal skoon op. Sy-awegarevoer die materiaal onverbiddelik nadie kerwer.

Binne-in die spiraalrotor voer paredraaiende tande die materiaalegalig deur die kerwer. Die tande isin ’n spiraal gerangskik om ’negalige toevoer te verseker, wat

aktivering, die baalteller en mes-aktivering.

Die F560 het ’n servobeheerdevragvoelbeheerklep wat die baal-proses ten volle outomatiseer.

Sodra die baal gevorm word, draaihy self die net om, die agterklapgaan vanself oop, die baal word uitgeskop en die agterklap maak toesodat die volgende baal gevorm kanword. As jy op skuins grond baal,kan jy die baal terughou en dit metdie druk van ’n knoppie in die kajuitlaat uitskop sodat dit nie dalk op ’nplek val waar dit kan wegrol nie.

Die F560 het 23 messe teenoor dieF550 se 15 en ’n teoretiese kerflengte van 50 mm teenoor dieF550 se 65. Hulle albei maak balevan 1,25 m in deursnit en 1,23 mwyd en altwee vra net 60 kWtrekkerkrag.

Moenie langer met minderwaardigemasjiene sukkel nie. Vir die bestebale sonder swets of sukkel, isMcHale jou antwoord. Boonop wordMcHale in Suid-Afrika verskaf engerugsteun word deur GreenfieldsAgricultural Holdings, wat al die onderdele, diens en begrip verskafwat die boer nodig het.

Praat met Stephan Burns by 072-600-5057 of 033-263-1305, of e-pos [email protected].

natuurlik die mees ekonomiesekragbenutting en langste balerlewebewerkstellig. Dit werk ook sagkensmet jou trekker se kragaftakker.

Die baler se kerfmesse word vanuitdie trekkerkajuit in- of uitgeskakel.Die messe skop hidroulies terug ashulle vreemde voorwerpe teëkom.Hulle is van temperstaal gemaak enbly lank skerp sodat jy die minimum tyd aan slyp hoef tespandeer.

Die baalkamer het agttien stewigerollers op groot rollaers met selfskoonmaakseëls wat sorg datdie laers se ghries en die materiaalelkeen altyd op sy eie plek bly.

Die baler rol elke baal vanselfstewig in sy eie net toe en jy kankies teen watter spanning jy die netwil aanbring. Jy kan ook stel hoestyf jy jou bale wil maak. ’n Metervoor aan die baler wys die drukkingin die baalkamer en waarsku dieoperateur as die baal in die baal-kamer byna voltooi is.

Wanneer die baal gereed en in synet toegedraai is, skop ’n baal-skopper hom netjies weg van diemasjien af.

Die F550 se beheerkassie in die kajuit beheer die outomatiese enhandbeheerde netsiklusse, diesmeringsalarm, die valvloer-

McHale is die baler wat ontwerp en gemaak is om jou die bestediens vir die minste moeite te gee.

Maak maklik mooi bale met McHaleMeganisasie Balers

Page 12: ProAgri 120, Jan 2010

Waterbestuur met DACOM Sagteware• Aparte grafieke met vol- en hervulpunte vir elke

10 cm diepte

• Geïntegreerde 10-dag weervoorspelling vir jou

eie gebied

• Voorspel die grondvogstatus oor 5 dae

• Internet-toegang tot stelsel (enige plek, enige tyd)

• Kan op “Google Maps” gesien word

• Aanlyn agronomiese

bystand

• Optimale gebruik

van besproeiingswater

• Verbeterde

opbrengs en

gehalte

Deurlopende grondvogmetingOutomatiese GPRS

Data versending

• Bewese

kapasitansietegnologie

• Verskeie lengtes

• Sensors op elke

10 cm diepte

• Akkurate en betroubare data

• Min onderhoud – maklik om te gebruik

Page 13: ProAgri 120, Jan 2010

13www.proagri .co.za ProAgri 120 Januarie 2009

Meganisasie Kuivoertoerus�ng rs

Dis lonend om koningskuilvoer temaak met Staalmeester se

omvattende reeks JF-produkte, watdoeltreffend, taai, veelsydig en uitersbetroubaar is.

Kuilvoer word van verskillendegewasse gemaak, meestal mielies,met voersorghum as ’n gewildetweede keuse en selfs ook verskil-lende gras-, graan- enpeulplantsoorte.

’n Feit van die lewe is dat gewassepresies op die regte groeistadiumgesny moet word en so gou asmoontlik ingekuil moet word terwyldie voginhoud net reg is.Staalmeester se kuilvoertoerusting isdoeltreffend, betroubaar en het ’nhoë kapasiteit om presies aan elkeboer se vereistes te voldoen.

Saam met die basiese JF-kerwer-eenheid kan jy ’n enkelry-, tweery-,driery-, of vierrymielieplukker, ’nopteller of ’n grassnyplatform kry.

So lyk die JF 1300 se skyfsnyplatform wat die boer in

staat stel om in een flink beweging grasgewasse enlusern af te sny en na die verlangde lengte te kerf.

Die reeks bestaan uit :

Die enkelrykerwer metsnitlengtes wat van 2 mmtot 22 mm verstel kanword. Hy kan nou ooktoegerus word met ’n nuutontwerpte JF 1300-

skyfsnyplatform vir die presiese afsny en kerf van alle

grasgewasse en lusern in eenproses.

Die JF 1300-eenheid kan ookwindrye nat of droog optel en kerf.

Die JF 1300-direkte-snit-optelplat-form het ’n werkwydte van 1,30meter, en die JF 1200-direktesnitplat-form ’n werkwydte van 1,20 meter.

Alle JF 92Z20-dubbelrykuilvoer-ker-wers word nou standaard toegerusmet Comer-ratkaste vanaf Italië enekstraswaar-diens kragaftakkerastevir die boer of kontrakteur wat niestaantyd in die kuilvoerseisoen kanbekostig nie.

Met ’n verskeidenheidmielieplukkerkoppe kan rywydtesvan 45 tot 55 cm, 67 tot 37 cm, 75tot 88 cm en 85 tot 95 cm onder-skeidelik afgesny en gekerf word, omdit die veelsydigste kerwerreeks ooitin Suid-Afrika te maak.

Dan is daar natuurlik ook die reeksJF-presisiesnitdromkerwers vanuitDenemarke, toegerus met 24 tot 40 horisontale kerflemme, en ’n vermoëwat wissel van 60 tot 130 ton peruur vir die manne wat met meningkuilvoer moet maak. Dié modelle isalmal sleepmodelle wat nie, soosverskeie oorsese masjiene, op diedriepuntkoppeling gemonteer worden dus baie swaar met die trekker sehyser werk nie. Sleepwaens kan ookregstreeks agter aan die reeks kerwers gekoppel word.

Die snyerkneusers het ’n werkwydtevan 2,4 tot 3,55 meter met die GMT3605 Flex wat die bobaas snyer-kneuser is en ook toegerus kan wordmet ’n materiaalversamelband(“swath collecting belt”).

’n Wye reeks JF-kragharke, kuil-voerwaens en selfoptelkuilvoerker-wers voeg verder waarde by tot jouvoermaakproses.

Praat vandag met ’n Staalmeester-bemarker by 018-431-2171/2 of e-pos [email protected]. Besoek gerus hulle webwerf bywww.staalmeester.co.za vir hullevolle reeks werktuie en die jongste toevoegings tot die Staalmeester-reeks.

Staalmeester se JF-FCT ProTecKuilvoerkerwer met die stewige3.1 meter opteltafel geskik viralle hooi, verskillende graan,gras en peulplant soorte.

JF - GMS 3202 toegerus met 'n versamelaar, sny vinnig en skoon. Jy kankies of jy 'n wring of vingerkneuse wil hê, vir lugtige netjiese windrye watdroging en baalwerk bespoedig.

Die kuilvoerkerwers kan toegerusword met direktesnittafels van 1,80of 2,10 meter. Selfs die opteltafelshet ’n gerieflike werkwydte van 1,80tot 2,10 en 3,10 meter, wat ditmoontlik maak om breë windrye vinnig en doeltreffend op te tel.

JF Denemarke vervaardig twee- endriery-mielietafels vir 75 cm gespa-sieerde rye en kan tot 130 ton besproeiingskuilvoermielies per uurkerf.

Die JF-reeks word verder aangevulmet ’n bewese reeks skyfsnymasjieneen snyerkneusers met vinger- ofchevron-kneusers.

Maak meesterlike kuilvoer met JF-kuilvoerkerwers

Page 14: ProAgri 120, Jan 2010
Page 15: ProAgri 120, Jan 2010

Volkome beheer oor die inhouden gehalte van jou kunsmis –

dis wat Perfecto Ferto se vinding-ryke korrelkunsmismenger die boerbied en boonop bespaar hy jouvragte geld.

Perfecto Ferto werk vinnig, akku-raat en doeltreffend om jou die presiese kunsmismengsel wat jougesaaides nodig het te verskaf.Boonop is hy maklik verskuifbaarsodat jy hom enige plek kan gebruik. Dit skakel ook die uitsakprobleem van voorafver-mengde kunsmis uit.

As ’n mens aan meng dink, sien jygewoonlik voor jou geestesoog ’ntamaai, kragvretende konka wat dolrondtol of waarbinne die stommekunsmis met spane en roerdersmoedeloos geklap word.

Dis volstrek nie hoe die gevorderdePerfecto Ferto-menger werk nie.Nee, hy het drie hoofbakke waaruitdie verlangde hoeveelheid grond-stowwe met veertien uitmeters presies uitgemeet word.

Die oomblik as die grondstowweuit die afsonderlike bakke opdie deflektorplaat val, is ditreeds presies perfek ver-meng. Die Perfekto-“menger” is dus in derwaarheid eintlik ’n akkurate uitmeter!

Die eenheid hetboonop kleinerbakkies waarmeemikro- elementesoos sink enboor presies akkuraatbygemengword.

Een van diehoofbakke het’n as met spanewat jou in staatstel om traag-vloeiende stof soosgekomposteerdemis of ghwano by temeng.

Humiese produktesoos K-humate kanook op die mengselgespuit word om elemente makliker opneembaar virplante te maak.

Die gemengde kunsmis beweegmet ’n uitlaaigeutna ’n oorslagklepom sakke te vul.

Jy kan die eenheid stel om tussen 2en 12 ton gemengde kunsmis peruur te lewer, maar soveel eenhedeas wat jy wil kan langs mekaargeplaas word as dit te stadig na jou behoefte is.

Kyk net watter voordele selfver-menging met Perfecto Ferto vir joukan meebring:

• Sowat van akkuraatheid het jynog nooit gesien nie. Dis oor enoor bewys dat die afwyking minder as 1% is.

• Jy kan enige mengsel maak watjou grond begeer, sonder enige

tekorte of oortoedienings.

• Die gewone mengproses se probleme van segregasie,

stofvorming en hersirkuleringvan materiaal is nie by die Per-

fecto Ferto-menger tersprake nie.

• Geen vuller ofklippies hoef

gebruik te wordom klein hoeveelhedeby te mengnie. Ditbeteken minder

arbeid en goed-koper vervoer.

• Die Perfecto Ferto-mengproses vind deur-

lopend plaas – nie in klompe soosmet konkamengers nie. Ditbeteken ’n gladder mengproses enmeer sinvolle benutting van arbeid.

• Met klaargemengde kunsmismoet jy koop wat jy kry en betaalwat die verskaffer wil hê. Die Perfecto Ferto-menger stel joukunsmismengsel nommerpas volgens jou behoefte saam en jykan die verskillende grondstowweelkeen aankoop waar jy dit diegoedkoopste kan kry.

• Die grootste voordeel is PerfectoFerto se ongeëwenaarde doeltref-fendheid en die kostebesparingwat dit vir die boer bewerkstellig.

Nog goeie nuus is dat die eienaarvan ’n Perfecto Ferto-menger nooitalleen staan nie. Saam met diemenger kry jy volledige opleiding,’n rekenaarprogram waarmee jyenige mengsel kan uitwerk en al dierugsteundiens wat jy nodig het.

Die menger verbruik nie eintlik onderdele nie, maar vir ingeval isdaar landwyd gewaarborgde onderdele beskikbaar en vakman-skap word vir ’n jaar gewaarborg.

Jy kan ook wen deur jou eie kuns-mis te meng. Praat met HennieWeideman by 056-213-1884 of082-459-6858 of faks 056-213-1884 of e-pos [email protected].

So lyk Perfecto Ferto se mobiele kunsmismengermet sy drie kunsmisbakke en akkurate uitmeters.

Meganisasie Bemes�ng

’n Geil, gesonde oes is waarna die boer mik. VossieFourie van Jan Kempdorp se kunsmis is met PerfectoFerto se akkurate mobiele menger gemeng. Dit het ’nlaer insetkoste en ’n baie gawe oes verseker. Jy kan ookso lekker glimlag. Praat met Perfecto Ferto se mense.

15www.proagri .co.za ProAgri 120 Januarie 2009

Meng self jou kunsmis;dit bespaar geld en verseker gehalte

Page 16: ProAgri 120, Jan 2010

16 www.proagri .co.zaProAgri 120 Januarie 2009

’nMooi skaap of bok is ’n boer sebonus, maar dis produksie-

eienskappe wat die deurslag gee.Die puik prestasies wat telers wataan die Prieska Veldramprojek deel-neem behaal, bewys dat ’n kombi-nasie van genotipiese en fenotipieseseleksie die verstandige telersrig-ting van die toekoms is. So sê dievoorsitter van die projek, mnr Dulcken Dwyer.

In goeie Afrikaans beteken dit datdiere wat nie net mooi lyk nie,maar ook hulle deugsaamheid met’n gunstige seleksie-indeks kanbewys, die beste pryse behaal.

By verlede jaar se veldramveilinghet deelnemers baie goed presteer.Mnr Joe Scholtz van Griekwastadhet tydens die Noord-Kaap se veld-ramprojek (NKVRP) ’n Savannaramvir R18 000 verkoop.

HG en JJ Human van HoekplaasBoerdery by Prieska het die Wit-dorperram met die hoogste seleksie-indeks (’n verstommende135) teen die hoogste prys van R12 500 verkoop.

In 2006 het mnr Christo van Deventer by dieselfde veiling die Dorperram met die hoogste seleksie-indeks (127) vir R14 000verkoop.

In 2003 en 2007 het WonderpanBoerdery (LEJ van Rensburg enseuns) van Prieska ’n Van Rooyrammet ’n seleksie-indeks van 105 virR15 000 by die NKVRP se veiling

verkoop en een met ’n indeks van 112 vir R16 000.

Wonderpan Boerdery hetook al verskeie meriete-toekennings van dieNKVRP ontvang. By dieveilings van 2004 en2009 het hulle Boer-bokramme met indeksevan 120 en 112 elk ’nprys van R10 000 behaal.

Die afgelope drie jaar seprestasies by die PrieskaVeldgrootgemaaktePrestasiegetoetste Ram-en ooiveilings wys hoeernstig kleinveekopersoor die ekonomiese eien-skappe van teelmateriaalis. Die tabelle hiernaasbewys dit ook.

Maar die hoogsteprestasies deur diePrieska veldram-projek se Dorper en

Boere teel vleisfabrieke met PrieVeeboerdery Kleinvee

Page 17: ProAgri 120, Jan 2010

17www.proagri .co.za ProAgri 120 Januarie 2009

feit dat elkeen van die Prieska-veldramprojek se vierDorper/Witdorpertelers ’n merieteram by die Brandvlei-veiling aangebied het.

Die sukses van die Prieska-veldramprojek word toegeskryfaan telers wat doelgerig teel omprestasiegetoetste ramme enooie aan hulle kliënte te bied,wat in enige omgewingsom-standighede kan reproduseer,produseer en wat nog steedsfenotipies voldoen aan die onderskeie rasstandaarde.

2007

Teler Ras Indeks Prys

Wonderpan Boerdery Kalahari red 116 R25 000

Wonderpan Boerdery Van Rooy 115 R8 500

Wonderpan Boerdery Boerbok 120 R13 000

Christo van Deventer Dorper 126 R15 400

Tony Cahi Witdorper 121 R15 000

2008

Teler Ras Indeks Prys

Tony Cahi Witdorper 110 R32 000

HG Human Dorper 115 R15 000

HG Human Dorper 115 R14 000

Tony Cahi Witdorper 111 R11 000

Christo van Deventer Dorper 116 R11 000

Christo van Deventer Dorper 126 R9 500

Witdorpertelers is in 2009 byBrandvlei se Prestasiegetoetste Veldram- en Ooiveiling aangeteken.Daar het Tony Cahi die hoogsteprys van R35 000 vir ’n Witdorper-ram met ’n indeks van 112 behaal.

Mnr Cahi het ook die hoogstegemiddelde prys van R10 100 behaal en Mauritz van Heerdendie tweede-hoogste gemiddeldeprys van R7 333.

Diere van mnr Van Heerden met seleksie-indekse van 122 en 112het pryse van R15 500 en 12 500behaal.

Christo van Deventer het ’n Dorperram met ’n indeks van 112vir R13 500 verkoop.

Hierdie prestasie word nog meermerkwaardig gemaak deur die

Boerdery gaan oor vleis. Die sewe kampioen ofreserwe-kampioen enkel- en groepkarkassewat Hoekplaas Boerdery (HG en JJ Human) enChristo van Deventer die afgelope tien jaar vertoon het, bewys die goeie resultate watbereik word deur ’n balans tussen genotipieseen fenotipiese eienskappe.

2009

Teler Ras Indeks Prys

Tony Cahi Witdorper 107 R26 000

Tony Cahi Witdorper 123 R20 000

Mauritz van Heerden Dorper 111 R9 500

Wonderpan Boerdery Boerbok 117 R8 000

Wonderpan Boerdery Kalahari Red 128 R17 000

Wonderpan Boerdery Kalahari Red 103 R15 000

Wonderpan Boerdery Van Rooy 110 R7 500

eska se veldramme

Vir meer inligting oor diere watnie net mooi lyk nie, maar ookbewysbaar mooi presteer, skakelHG Human by 082-808-3846of e-pos [email protected].

Page 18: ProAgri 120, Jan 2010

18 www.proagri .co.zaProAgri 120 Januarie 2009

Page 19: ProAgri 120, Jan 2010

19www.proagri .co.za ProAgri 120 Januarie 2009

AgriTrader is ʼn uitstekende bemarkingsmeganisme om kopers en verkopers van lewendehawe, trekkers, voertuie, werktuie, en alle ander landbou -toerus�ng by mekaar uit te bring. Veeveilingsadvertensies in AgriTrader lok wye reaksie uit, veral as dit aangevul word met promosie-ar�kels wat die betrokke stoeterye bekendstel. Vir die mees bekos�gbaarste advertensie-tariewe in Suid-Afrika, skakel ons nou:

60 000 eksemplare na aktiewe kommersiële boere landswydAgriTrader Advertensiediens vir die boer

Advertising service for the farmer

Ag

ri-W

erk

tuie

Stefan van Wyk (Bloemfontein) 051-446-0789 | 082-381-7563 [email protected]

Anelda Strauss (Pretoria) 012-362-2732 | 083-748-3413 [email protected]

Page 20: ProAgri 120, Jan 2010

20 www.proagri .co.za120 Januarie 2009

Ag

ri-

We

rk

tuie

Page 21: ProAgri 120, Jan 2010

21www.proagri .co.za ProAgri 120 Januarie 2009

Ag

riG

ids

Page 22: ProAgri 120, Jan 2010

22 www.proagri .co.zaProAgri 120 Januarie 2009

Ag

riG

ids

Page 23: ProAgri 120, Jan 2010

23ProAgri 120 Januarie 2009

Ag

riG

ids

Page 24: ProAgri 120, Jan 2010

Dor

per

Gen

eg

ids

Ag

riG

ids

Dor

per

Dor

per

Dor

per

Dor

per

24 www.proagri .co.zaProAgri 120 Januarie 2009

Page 25: ProAgri 120, Jan 2010

Ge

ne

gid

s

Merino

Boerbok

Landskaap

Braunvieh

Herefords

Herefords

Braford

Beefmaster

Limousine

Pinzgauer

Pinz2yl

SA Vleism

erino

Triprod

Nguni

25www.proagri .co.za ProAgri 120 Januarie 2009

Hugenoot

Tuli

Tuli produksie veiling7 Oktober 2010Alwyn Marx 051-933-4391 | 082-927-1554

Page 26: ProAgri 120, Jan 2010

Ve

ilin

gs Tuli

Bons

mar

a

Dor

per

Bons

mar

a

26 www.proagri .co.zaProAgri 120 Januarie 2009

16 April 2010 -

Stephan Welz, 083-266-6829

8 Junie 2010 - Cornelius Rautenbach,

058-863-1735, 082-371-4390

21 September 2010 - William Biggs,

082-415-3751

6 Oktober 2010 - Dave Cawthorn,

084-363-5392 & Arthur Schulze,

083-441-5781

7 Oktober 2010 - Alwyn Marx,

051-933-4391, 082-927-1554

21 Oktober 2010 - Russell Clark

045-943-3011, 082-492-7036

produksie veilings vir

2010Tuli Genootskap

Page 27: ProAgri 120, Jan 2010

Ve

iling

s

Merino

Merino

Vleismerino

Merino

Meatm

aster

27www.proagri .co.za ProAgri 120 Januarie 2009

Page 28: ProAgri 120, Jan 2010

Ve

ilin

gs

Datum: 5 Maart 2010, Vrydagaand

Gebeurtenis: Kopersfunksie met 'n ete in

die restaurant

Prys: Gratis

Plek: Forever Resort, Gariepdam

Tyd: 18:00

Datum: 6 Maart 2010, Saterdag

Gebeurtenis: Indigenous Veldbokke

Plek: Forever Resort, Gariepdam

Tyd: ± 14:00

Datum: 6 Maart 2010, Saterdag

Gebeurtenis: Nguni Beeste Veiling

Plek: Forever Resort, Gariepdam

Tyd: 11:00

Uitstaande kwaliteit diere word op die veiling aangebied.

Aanbod:120 Vroulike diere / 6 Bulle+/- 80 Iinheemse bokke

Daar sal R150 vervoer subsidie per dier wees om die kopers te help met hulle vervoerkostes.

Toegang is gratis en

akkomodasie (koper se koste)

kan bespreek word by

051-754-0045.

Danie van Zyl051-753-1422

Schalk van der Walt051-654-0150

WEB ADRES: www.lakexhariepnguni.co.za

Vir verdere inligting kontak:

ngun

isi

mm

enta

ler

28 www.proagri .co.zaProAgri 120 Januarie 2009

Page 29: ProAgri 120, Jan 2010

Ve

iling

s

BeefmasterDate Event

19 Januarie/January 2010 - Board Meeting - Parys

21 Januarie/January 2010 - Limpopo - Bela Bela

9 Februarie/February 2010 - Alzu - Middelburg

16 Februarie/February 2010 - MP’GA Keurderskursus - Nigel

17 Februarie/February 2010 - MP’GA Inspectors Course - Nigel

14 April 2010 - Nooitverwag - Ermelo

20 April 2010 - Raadsvergadering - Lichtenburg

21 April 2010 - Noordwes - Toer

22 April 2010 - North West - Tour

23 April 2010 - Noordwes - Toer

5 Mei/May 2010 - Inligtingsdag W O / Vryburg Skou - Vrede

6 Mei/May 2010 - Vryburg Skou

7 Mei/May 2010 - Vryburg Skou

11 Mei/May 2010 - Nampo

12 Mei/May 2010 - Nampo

13 Mei/May 2010 - Nampo

14 Mei/May 2010 - Nampo

8 Julie/July 2010 - Inligtingsdag Sandspruit - Van Reenen

13 Julie/July 2010 - AGM & Function - Parys

14 Julie/July 2010 - Nasionale Veiling - Parys

20 Julie/July 2010 - Trigon - Nigel

22 Julie/July 2010 - Noordwesklub - Lichtenburg

Date Event

23 Julie/July 2010 - Viewing Day, Shawe Beefmaster - Dundee

27 Julie/July 2010 - Human - Steynsrus

28 Julie/July 2010 - Alleras - Ermelo

29 Julie/July 2010 - Central - Westminster

30 Julie/July 2010 - Trimaster Veiling, The Gums - Heilbron

3 Augustus/August 2010 - 4 X 4 - Amersfoort

4 Augustus/August 2010 - Information day Alliance - Nigel

5 Augustus/August 2010 - Alliance - Nigel

10 Augustus/August 2010 - Elmic - Vrede

11 Augustus/August 2010 - Bos Blanco - Kroonstad

12 Augustus/August 2010 - Inligtingsdag - Quardsen/Senekal

17 Augustus/August 2010 - Sandspruit / Petana - Van Reenen /

Wolmaransstad

18 Augustus/August 2010 - Quardsen/Senekal

19 Augustus/August 2010 - Inligtingsdag Oos VS V/Bul - Vrede

20 Augustus/August 2010 - Bulls on Grass - Queenstown

24 Augustus/August 2010 - E Cape Midlands - Somerset East

25 Augustus/August 2010 - W O - Vrede

2 September 2010 - Oos Vrystaat Veldbul - Vrede

7 September 2010 - Ivukile - Aliwal Noord

14 September 2010 - Hart/Amberden/Impact - Komga

21 September 2010 - Board Meeting - Parys

23 September 2010 - Fouche - Gardau

GOOD, BETTER, BEEFMASTER vir meer inligtig kontak Helga Prinsloo by: 086-111-3144 • 056-817-2404 • 083-4177-047 • PO Box 1977 • Parys

Beefmaster

Dohne m

erino

29www.proagri .co.za ProAgri 120 Januarie 2009

Page 30: ProAgri 120, Jan 2010

Ve

ilin

gs D

orpe

rBo

nsm

ara

30 www.proagri .co.zaProAgri 120 Januarie 2009

Page 31: ProAgri 120, Jan 2010

Ve

iling

sBeefm

aster

31www.proagri .co.za ProAgri 120 Januarie 2009

Page 32: ProAgri 120, Jan 2010