31
November 2010 Nr / No 130 ISSN 1042–1558 ProAgri ProAgri tegnologie vir die boer technology for the farmer AgriTrader | Meganisasie | Gewasproduksie | Veeboerdery | Opbrengsverhoging: Tel jou wins met Abacus ® John Deere dien jou dag en nag Staalmeester se FCT 955 Pro Tek: Die ratse, raakvat-kuilvoervraat Water: “Staat verneuk boere gruwelik”

ProAgri 130, November 2010

Embed Size (px)

DESCRIPTION

Tegnologie vir die boer.

Citation preview

Page 1: ProAgri 130, November 2010

November 2010Nr / No 130

ISSN 1042–1558

ProAgriProAgritegnologie vir die boertechnology for the farmer

AgriTrader| Meganisasie | Gewasproduksie | Veeboerdery |

Opbrengsverhoging:Tel jou wins met Abacus®

John Deere dien jou dag en nag

Staalmeester se FCT 955 Pro Tek:Die ratse, raakvat-kuilvoervraat

Water:“Staat verneuk boere gruwelik”

Page 2: ProAgri 130, November 2010
Page 3: ProAgri 130, November 2010
Page 4: ProAgri 130, November 2010
Page 5: ProAgri 130, November 2010

ProAgri 130 - November 2010 3www.proagri.co.za

In hierdie uitgawe

M A S S M E D I A S P E C I A L I S T SSMARTPUBLISHING

Tel/fax: 012-362-27321218 Arcadia st, Hatfield, Ptawww.smartpublishing.co.za

Copyright © 2010. All rights reserved. No material, text or photo graphs may be reproduced,copied or in any other way transmitted without the written consent of the publisher. Opinions expressed are not necessarily those of the publisher or of the editor. We recognise all trademarksand logos as the sole property of their respective owners. ProAgri shall not be liable for any errorsor for any actions in reliance thereon.

Die ProAgri-span

Redakteursbrief

RedakteurCoenraad Rall > [email protected]

Senior bemarkerStefan van Wyk > [email protected]

BemarkersAnelda Strauss > [email protected] Schmahl > [email protected]

VerkoopsbestuurderAnneke Claassen > [email protected]

Uitleg & grafika Esta van [email protected]

TaalversorgingMediadienste

Rekeninge & intekeningPaula MacMavis > [email protected]

Gedrukte media bestuurderSuzanne Grobler [email protected]

Sakebestuurder George Grobler [email protected]

Inhoudsopgawe / Contents

11

5

Loop nou lig vir Slenkdalkoors

Slenkdalkoors het sporadies die jaar voorgekom, maardreig nou om in alle felheid toe te neem sodra dit goed

gereën het en baie warm word. Dit is omdat dit die idealetoestand skep vir muskietgetalle om die hoogte in te skiet.

Slenkdalkoors is ’n virussiekte en kom in siklusse voorwat gepaard gaan met nat jare. Omdat die siekte in diedroër jare wegbly, beskou ons dit nie as die moeite werd om daarteen te ent nie, maar as dit dan skielik na goeie reën uitbreek, is vee vatbaar en kan groot verliese voorkom.

Intussen het die Wes-Kaapse Departement van Landbou ook gewaarsku dat diesiekte in die provinsie kan uitbreek en versprei.

Gelukkig het Onderstepoort ’n nuwe entstof ontwikkel wat die voorkoming vanslenkdalkoors ’n groot hupstoot kan gee.

Die siekte tas nie net diere aan nie, maar ook die mens. Boere en hulle personeelmoet dus uiters versigtig wees. Skakel eerder u veearts om u diere te ondersoekwanneer hulle simptome van slenkdalkoors vertoon.

Ek hoor graag wat ons boere te sê het. Laat hoor gerus van u. My e-pos-adres [email protected].

Coenraad

www.proagri.co.za

Artikels in vorige uitgawes van ProAgri is te lees by

Meganisasie

5 Staalmeester JF Stoll FCT 955 Pro TecMaak koningskuilvoer: Vinniger, beter, doeltreffender

Besproeiing

7 Besproeiingsboerdery: Boere se geld vloei, maar staat se water stuit

11 Elektrisiteitskoste: Besproei sonder geldmors met Senter 360

Gewasproduksie

15 Mielies en soja: Abacus® beskerm en vermeerder jou oes!

Veeboerdery

19 Optimise nutritional value with Diamonds V21 Boer vir wins: Rumax maal, meng en voer vir ’n vale

Voorblad: Diekeuse van ’ntrekker is ’n belangrike saak,want jy gaandekades lankmet die gevolgevan jou besluitsaamleef. Met sypuik reekstrekkers vir alletoepassings ensy flink naver-koopdiens wat

deur noukeurig opgeleide vakmannegelewer word, is John Deere ’n staatmakerin die Suid-Afrikaanse landboubedryf.

Business-to-business magazine (April – June 2010) with a free circulation of 59 341 per month (Paid 12, Total 59 353)

November 2010Nr / No 130

ISSN 1042–1558

ProAgriProAgritegnologie vir die boertechnology for the farmer

AgriTrader| Meganisasie | Gewasproduksie | Veeboerdery |

Opbrengsverhoging:Tel jou wins met Abacus®

John Deere dien jou dag en nag

Staalmeester se FCT 955 Pro Tek:Die ratse, raakvat-kuilvoervraat

Water:“Staat verneuk boere gruwelik”

Page 6: ProAgri 130, November 2010
Page 7: ProAgri 130, November 2010

Meganisasie

www.proagri.co.za

Staalmeester JF Stoll FCT 955 Pro TecMaak koningskuilvoer: Vinniger, beter, doeltreffender

As jy ook jou diere met perfekte kuilvoer wil trakteer, praat met EduanBooyens van Staalmeester by 082-883-6484 of 018-431-0300.Skakel Worcester tak vir NeelsSanders by 082-937-4841 of besoekwww.staalmeester.co.za.

Doeltreffende eenvoud – dit isStaalmeester se vernuftige JF Stoll

FCT 955-sleepkuilvoerkerwer, sê NeilMacKenzie, melkboer van die plaas,Craigie Burn, in Ixopo, KwaZulu-Natal.

As jy elke dag vir vir elkeen van 1 000lakterende en droë koeie en versetussen 3 en 4 kg kuilvoer moet opdis, isbetroubare en doeltreffende toerustingnoodsaaklik, sê Neil.

Dit is hoekom hy summier die FCT955 gekoop het toe Staalmeester dit opCraigie Burn kom demonstreer het. Asvoormalige kuilvoerkontrakteur weetNeil presies watter eienskappe om in ’nkerwer te soek en hy ken ’n uitmun-tende masjien as hy dit sien.

Bobaas werkverrigtingNeil is beïndruk met die FCT 955 se vermoë om windrye skoon en volledigop te tel, met sy wye bek wat nooit aanmateriaal wurg nie, met sy vindingryke UpperCut-snyrotorstelsel, en met sylemskerpmaakstelsel wat baie minmoeite en geen spesiale gereedskapverg nie.

’n Melkboer het elke dag genoegwerk. Hy het nie tyd om met wispel-turige en weerspannige masjinerie tesukkel nie. Staalmeester se FCT 955 stelhom in staat om gou, maklik en doel-treffend, eersteklas kuilvoer te maak enboonop geniet hy die soliede rugsteunvan Staalmeester se toegewyde diens.

Kyk net die voordele!Die FCT 955 se presisie-kerfstelsel versprei plantsap en moontlike bymid-dels egalig regdeur die materiaal. Dit verhaas die begin van die inkuilings-proses en verseker ’n meerder-waardige eindproduk.

Wanneer windrye opgetel wordom kuilvoer te maak, is diebokant dikwels uitgedroog en dieonderste materiaal sopnat. DieFCT 955 se presisiekerfstelselvermeng die boonste en onder-ste materiaal deeglik sodat dieeindproduk volkome homogeenis. Dit verhoed die vorming vanswamme en vrot kolle in die kuilvoer.

Materiaal wat presies gekerf is, kandigter saamgepers word. Hoe minderlug in kuilvoer is, hoe vinniger en doel-treffender vorder die inkuilingsprosesom kuilvoer van die hoogste gehalte teverseker. Boonop word kuilruimte beterbenut.

Presisiegekerfde kuilvoer van hoë

gehalte smaak lekkerder, sodat joubeeste meer daarvan inneem en beterpresteer om jou melktjek drasties tevergroot.

Hoe werk hy?Die FCT 955 se kerfrotor spog met dieUpperCut- en Multi-knife-stelsels. DieUpperCut-stelsel kerf materiaal teen ’nomdraaibare snystaaf en gooi ditregstreeks op en uit deur die lewerings-geut. Materiaal hoef nie eers deur dierotorhuls te beweeg nie. Dit beteken datwrywing tussen messe en die rotorhuls

uitgeskakel word en diemoontlikheid van klip-

skade verminderword.

Die Multi-knife-stelsel helpom bedryfs-koste laag tehou. In diegeval vanskade, hoef jynou ’n kleinerlem, wat oornet ’n kwartvan die rotorse wydtestrek, tevervang instede van’n duur,lang

Staalmeester se vernuftige FCT 955-kuilvoerkerwer vra minder trekkerkrag ombeter kuilvoer vinniger, deegliker en betroubaarder te maak. Hy is beskikbaar met ’nopteller om kuilvoer van gesnyde materiaal in windrye te maak, ’n snyer omregstreeks kuilvoer te sny en te kerf, of ’n tweerymieliekop vir mieliekuilvoer.

lem, wat oor die hele rotorwydte strek.Die swaar rotor het ’n vliegwieleffek

wat, saam met die reguit pad wat materiaal deur die kerwer volg, sorg datdie FCT 955 geen energie vermors nie.In proewe het hy – met dieselfdetrekker – 25 tot 50% meer materiaalgekerf as gewone presisiekerwers.

In die onwaarskynlike geval van ’nverstopping, kan jy die FCT 955 vanuitdie kajuit laat terugdraai. Jy beheer ookdie uitblaasgeut elektries vanuit die kajuit om jou kuilvoer te blaas presiesdaar waar jy dit wil hê.

Neil het sy FCT 955 met ’n opteller virgraskuilvoer gekoop, maar hy beplanom ook ’n tweery-mieliekop aan te skaf.

Jy kan ook ’n snyerstaaf van 2,4 meter koop as jy regstreeks gras wilsny en inkuil.

Die FCT 955 kuil 25 tot 70 ton mate-riaal per dag in met ’n trekker van 103 kW. Vier rollers verseker behoorlikeinvoer, en die snyrotor is 0,72 meterwyd. Die standaard-kerwer het 24lemme, maar ’n keuse met 32 lemme isook beskikbaar. Die snitlengte kan op 8, 16 of 32 mm gestel word.

ProAgri 130 - November 2010 5

Page 8: ProAgri 130, November 2010
Page 9: ProAgri 130, November 2010

ProAgri 130 - November 2010www.proagri.co.za 7

Besproeiing

Katvoet-loop is die wagwoord virboere wat met die staat oor water

moet onderhandel. So waarsku ’n advokaat van Pretoria wat in watersakespesialiseer.

Die staat is tans besig om alle geregi-streerde waterverbruikers se verbruikna te gaan. Daar was reeds gevallewaar die Departement van Waterwesebeweer het dat boere op minder as hulleregmatige deel of selfs op geen watergeregtig is nie.

Die Departement deel ook links enregs lasgewings uit, staak boere se watergebruik en verskaf inligting vanbekragtigings waarvan vele nie die papier werd is waarop dit geskryf is nie.Ongelukkig skrik sommige boere vir dieamptelike dokumente en probeer nieeens om hulle ware regte te bepaal enaf te dwing nie.

In enige transaksie met die Departe-ment, of dit ’n aansoek om ’n waterge-bruikslisensie is of ’n reaksie op dieDepartement se uitsprake oor joubestaande waterregte, sou dit wys weesom professionele en kundige hulp te gebruik om te bepaal wat jou regtewerklik is – en om jou regte af te dwing.

Die Departement kyk dikwels nieverder as die nuwe waterwet nie, maardié wet laat jou toe om voort te gaanom bestaande regte uit te oefen. Om hierdie regte te bepaal, is dit dikwelsnodig om na ouer wetgewing te verwys,selfs Wet 8 van 1912, omdat vergun-nings daarin steeds van krag is.

As jy van die begin af kundige mense

persele van 8,65 hektaarelk ingedeel. Daar is tweekanale vir vloedbesproei-ing en twee kofferdamme,Weltevrede en Roode-poort, onder Koppiesdamin die skema. Die Noord-kanaal is ’n grondkanaalen ’n deel van die Suid-kanaal is van beton. Al dieander kanale en leivore isgrond.

Die swaar grond in dieskema is van besproeiingafhanklik vir die ver-bouing van lusern, mieliesen graansorghum.

In 1951 en 1967 is diedam vergroot onder diebestuur van die nederset-ting-bestuursraad wat uitdie besproeiingsboereverkies is. In 1968 het die

Departement van Waterwese die waterskema oorgeneem. As

gevolg van drastiese verhogings van diewatertarief, is daar van die 56 besproei-ingsboere in 1985 vandag ’n skamele 18oor.

Ten spyte van die immer stygendetarief, het die Departement versuim omdie kanale te onderhou, sodat die skematans glad nie meer funksioneer nie. “Diewatertariewe het drasties gestyg namate die onderhoud verswak het,” sêJohan Scheepers, ’n melkboer wat nousonder besproeiing vir sy beeste moetprobeer voer produseer.

“Die regering wil die boer se geld hê,maar het die skema laat verwaarloos enverval as gevolg van slapheid enpligsversuim,” sê Johan “Nou sê hulle ditsal meer as R40-miljoen kos om diekanale weer aan die werk te kry, maardit is net soos die paaie – as hullegereeld in stand gehou was, sou dit nienou so baie gekos het om dit reg temaak nie.”

Die Departement kan nie R40-miljoenbekostig om sy versuim by Koppies regte stel nie, maar die ouditeur-generaalhet bevind dat Waterwese verlede jaaronreëlmatige uitgawes van meer as R1-miljard aangegaan het.

Die uiteinde van die saak was dat dieDepartement van Waterwese heffingsvan boere geëis het sonder om enigeteenprestasie te lewer en dat boerekarige droëlandproduksie op duur besproeiingsgrond moes beoefen.

Moedeloos het hulle uiteindelik by dieprokureur, Carel Taute, uitgekom wat

Besproeiingsboerdery:Boere se geld vloei, maar staat se water stuit

Hierdie magdom waardevolle water in Koppiesdam lê nou nutteloos omdat die Departement vanWaterwese die besproeiingskema se kanale so verwaarloos het dat water nie meer na landeryegelei kan word nie.

se hulp gebruik sodat alle huiswerkdeeglik gedoen word, skakel dit moont-like probleme met latere appèlsake uit.

Die groot rede vir hierdie onverkwik-like watersituasie is, volgens die advokaat, onbekwaamheid in die Departement. Na die skorsing van dieDepartement se finansiële hoof enwaarnemende direkteur-generaal ennadat die minister van Waterwese enOmgewingsake uit die kabinet geskopis, het mnr Gareth Morgan van die DAgesê die verrotting in die Departementis selfs dieper as wat aanvanklikgemeen is.

’n Tragiese voorbeeld van die Departement se onbekwaamheid enpligsversuim is die Koppies-besproei-ingskema wat nou weens ’n gebrek aaninstandhouding tot niet gegaan het,buiten vir die besproeiingsboere watwater uit die rivier onder die dam pomp.

Die regering het Koppies se besproei-ingsboere gruwelik verneuk, sê die advokaat, deurdat die minister en dieamptenare nie hulle werk gedoen hetnie.

Koppies-besproeiingskemaNa die Tweede Vryheidsoorlog was dieland vol brandarm boere wie se gronden vee van hulle ontfutsel is. Genl Christiaan de Wet het die Koppies-besproeiingskema in die Renosterrivierin die Vrystaat voorgestel om vir van hierdie boere ’n heenkome te bied.In 1912 is Koppiesdam klaar gebou en 1 214 hektaar besproeiingsgrond is in vervolg op bl.9

Page 10: ProAgri 130, November 2010
Page 11: ProAgri 130, November 2010

ProAgri 130 - November 2010www.proagri.co.za 9

die Pretoriase wateradvokaat ingeroephet om die boere se regte teen die Departement te verdedig. “Waterwesehet speletjies na alle kante toe gespeelom die saak te probeer uitrek en hulle-self in die proses redelik met koste gestraf,” sê Carel.

Uiteindelik is die Departement gedwing om heffings waarvoor hy geendiens gelewer het nie aan boere terug te betaal en om boere se waterregte tekoop, aangesien hulle geen water lewernie.

Vir ’n boer soos Johan Scheepers is ditnie die ideale oplossing nie. Hy woueerder gehad het dat die skema moeswerk soos dit bedoel was. “Ek sou baiemeer met die water kon doen as met dieR13 000 per hektaar wat ek vir my waterregte uitbetaal is. Ons het ’ntoekoms hier kom skep en dit is noudaarmee heen.”

Johan is ook ontsteld dat ’n skemawat ’n bate vir die land was nou nut-teloos geraak het as gevolg vanpligsversuim deur “militante en arrogante amptenare wat hulle nie aandie wet steur nie”.

Intussen ontvang Johan vandag nogsteeds waterheffingrekeninge ten opsigte van grond wat hy byna ses jaargelede aan De Beers verkoop het.

“Boerdery in Suid-Afrika is nie makliknie,” sê Carel Taute. “Net die beste

Koppies-besproeiingskema se Suidkanaal waarin Johan Scheepers, melkboer, hierstaan, is van beton gebou, al kan ’n mens dit nie eintlik onder al die onkruid siennie. As gevolg van die Departement van Waterwese se versuim om dit in stand tehou terwyl hulle steeds heffings van boere wil eis, het die hele skema in onbruikverval.

Praat met Carel Taute by 012-324-0109 of 082-371-6808 oor jou waterregte. Ook wanneer jy grondmet waterregte koop, is dit nodig omdie werklike geldigheid en omvangvan daardie regte te laat bepaal omte verseker dat jy nie dalk ’n fortuin betaal vir denkbeelde of versinde waterregte nie.

boere oorleef en dra die las om die helebevolking te voed. Versukkeldheid enonvermoë soos dié van die Departmentvan Waterwese maak boerdery onmoontlik. ’n Besproeiingsboer sonderwater kry geen inkomste nie en kanniks produseer nie.

“As ons die hof moet gebruik om diestaat te dwing om sy verantwoorde-likhede na te kom en sy plig te doen,laat dit dan so wees.”

Besproeiing

vanaf bl.7

Page 12: ProAgri 130, November 2010

ProAgri 130 - November 2010 www.proagri.co.za10

Page 13: ProAgri 130, November 2010

ProAgri 130 - November 2010www.proagri.co.za 11

Besproeiing

Skokkende elektrisiteitspryse raakalmal, maar veral die besproeiings-

boer. Wat kan u as boer doen om steedswins te toon ten spyte van hoë elektrisiteitskoste?

Daar is baie korrekte dinge om te doen,soos son- en windenergiebenutting, maardie vraag is of die kapitale uitleg bekostig-baar en regverdigbaar is. Ons moet dusna die grondvlakbeginsels gaan kyk ommet die kleinste uitgawe die grootste winste behaal.

Ek gaan net ’n paar slaggate uitwys.Enige besproeiingstelsel bestaan uit driebasiese komponente; ’n pomp, pyplyn omdie water by die land te kry en die verspreidingstelsel op die land.

Kom ons hanteer eers bestaandestelsels: Hier is die kapitaal reeds uitgelêen, soos met ’n pyplyn wat byvoorbeeld tedun is, gewoonweg te duur om te vervang. Die stelsel kan op ’n eenvoudigeuitskakelingsgrondslag geëvalueer word.Die verspreidingstelsel kan bestaan uitkanonspuite, kruipspuite, sprinkelaars(verskuifbaar, semi-permanent of perma-nent), spilpunt, mikro- of drupbesproeiing.

Alhoewel kanon- en kruipspuite van diehoër energieverbruikers is per millimeterwater wat werklik geplaas word endrupbesproeiing van die laer energiever-bruikers is, is dit ’n baie veralgemeendestelling. ’n Swakontwerpte drupstelsel kanverbasend naby ’n goedontwerptesprinkelstelsel kom met energieverbruik.

Basiese beginsels:

1. Maak alle lekke in die stelsel reg; dit iswater wat jy teen ’n koste pomp watwegloop of onnodig op kolle in die landmors/oorbesproei en boonop jou kunsmis uitloog.

2. Is die pomp groter as wat nodig is omdie betrokke besproeiingstelsel op druk

spilpuntpype. Ander soorte stelsels kanook so vergelyk word.

Vergelyk die hoër koste hiervan teenoordie kragverbruikbesparing. Projekteer ditmet die verhoogde elektrisiteitskoste en jysal verbaas wees hoe gou dit gelykbreek.

Vir hierdie berekening en algemenevergelyking, is dit wenslik om die as-kWvan die pomp te gebruik in plaas van diemotor-kW. Vra die stelselontwerper hierna. (Twee stelsels kan byvoorbeeld elk’n 75 kW motor gebruik omdat dit die vol-gende grootte naas ’n 55 kW is. Terwyl diemeer doeltreffende stelsel ’n as-kW van56 mag hê, kan die ander stelsel ’n as-kWvan 68 kW hê; albei loop met 75 kW motors, maar die werklike verbruik verskilmet 12 kW!)

Algemeen: Verdere besparing kan bewerkstellig word met die gebruik vankapasitors (power factor correction capacitors) en in sommige gevalle metelektroniese aansitters (soft starters &variable speed drives [VSD]). Verstelbareelektroniese aansitters (VSD) kan grootbesparings meebring waar een pomp virstelsels van verskillende soorte of groottesgebruik word, deur die spoed van diepomp elektronies aan te pas sodat diepomp altyd op sy optimum vir elke stelselfunksioneer.

(*Inligting in die artikel is veralgemeenom basiese beginsels te verduidelik en nienoodwendig die enigste of absoluteantwoord nie. Kontak ’n besproei-ingskundige om u in u spesifieke situasie by te staan.)

As u enige verdere vrae het, skakel Theuns Dreyer van SENTER 360 by 082-564-5955 of 018-469-1331.

Elektrisiteitskoste:Besproei sonder geldmors

te hou? Die basiese kilowatt-bereke-ning word so gedoen: volume vermenigvuldig met die druk, gedeeldeur die pompdoeltreffendheid. Onnodige druk en onnodige volume kosregstreeks geld! Moet dus nooit ’nkraan smoor nie; sny liewer die pompstuwer tot op die regte grootte of gebruik ’n kleiner pomp. As jy daardieondoeltreffende, oorgroot pomp wat jyby die buurman/veiling gekry het enmaak werk het op die stelsel met dieregte pomp vir die taak vervang, kan jygou en relatief goedkoop ’n groot elektrisiteitsbesparing bewerkstellig.

3. Aan die pyplyn kan nie veel gedoenword nie, tensy dit soveel dunner is aswat werklik benodig word, dat ’n koste-berekening aantoon dat ’n hulppyplyngeregverdig is.

4. Waar die verspreidingstelsel groot herstelwerk of opgradering benodig,kan dit, waar prakties, met ’n stelsel vervang word wat laer druk vereis. ’nHoëdrukkanon of -kruipspuit (4 tot 8bar op die spuit) kan met ’n sprinkel- ofpermanente stelsel (3 tot 3,5 bar opdie spuit) vervang word, of waar dieoppervlak dit regverdig met ’nspilpuntstelsel (1 tot 1,5 bar op diespuit). ’n Drup-stelsel wat wel metsoortgelyke druk as ’n spilpunt werk, isgewoonlik meer prakties vir perma-nente gewasse.Wanneer nuwe stelsels vergelyk word,moet daar spesifiek opgelet word nadie grootte motor wat aanbeveel wordteenoor die aantal hektaar besproei endie ontwerpstoediening (mm/24h) vandie stelsel.

Vra spesifiek of die kragbehoefte vermin-der kan word deur dikker hoof- en verspreidingslyne te gebruik of, in diegeval van spilpunte, dikker hooflyne en

deur Theuns Dreyer van Senter 360

Page 14: ProAgri 130, November 2010
Page 15: ProAgri 130, November 2010
Page 16: ProAgri 130, November 2010
Page 17: ProAgri 130, November 2010

ProAgri 130 - November 2010www.proagri.co.za 15

Gewasproduksie

Skitternuus vir mielie- en sojaboere isdat Abacus® nie net oeste teen siek-

tes en stremmingsfaktore beskerm nie,maar ook ’n groter oes van ’n betergehalte verseker.

Abacus® word deur die wêreld segrootste chemiese maatskappy, BASF, vervaardig en gerugsteun.

Boere doen reeds alles in hulle ver-moë om optimale grondvrugbaarheid teverseker, die jongste en beste plant-genetika te benut en om gevorderdelandboukundige praktyke in te span omgroter oeste van ’n beter gehalte te behaal – veral in die lig van die immer stygende insetkoste.

Abacus® gee hierdie strewe van dieboer ’n hewige hupstoot met die vol-gende:

• Verminder die siekterisisko wat hoëplantpopulasies meebring

• Verminder verlies aangroeikragtigheid weens koue weer

• Verminder agteruitgang van stronk- en stamsterkte en andergehaltefaktore wat stremmendeomgewings faktore meebring

• Verminder agteruitgang van plante enafgradering van graan as gevolg vansiektes, droogte, koue en hael

Sodoende dien Abacus® as ’n hulpmid-del om maksimum opbrengs en gehaltete verseker, deur ’n breë spektrumplantsiektes te beheer, plantgroeidoel-treffendheid te verbeter en weerstandteen stremming te verhoog.

En dis nie sommer net praat nie – Abacus® is een van die meesnagevorsde swamdoders beskikbaar.Plantpatoloëe, landboukundiges enboere het dit deeglik getoets en voordele wat nie tydens die ontwikkelingvan die produk opgemerk is nie,aangemeld.

Hierdie wye reeks voordele sluit in verbeterde netto-fotosintese, meerdoeltreffende bemestingbenutting, uitstekende siektebeheer, pro-aktieweverdedigingsmeganismes, beter weer-stand teen koue en droogtes, herstel nahael, weerstand teen omval en verbe-terde gehaltekenmerke.

Deeglike proewe is in kweekhuise enlaboratoria, sowel as in werklike plaas-toestande gedoen. Hierdie proewe hetonweerlegbaar aan die lig gebring datAbacus® die volgende doen:

• Verbeter gewasse se opname vanstikstof

• Verbeter doeltreffendheid van fotosintese

• Aktiveer plantbeskerming teen siektes

• Verhoog plante se weerstand teenbakteriële infeksie en virusse

• Inhibeer etileenproduksie, wat die

Mielies en soja:Abacus® beskerm en vermeerder jou oes!

13 dae sonder water

Vir meer inligting of jou eievolledige eksemplaar van die navorsingsverslag oor Abacus®,praat met Jaco Voges by 011-203-2400, 072-620-0317 of faks 011-203-2461 of [email protected]. Abacus® kan jou boerdery verander.

Verhoogde opbrengs

Verhoogde plantgroei-doeltreffendheid:

• Meer effektiewe fotosintese

• Beter benutting van stikstof

• Verbeterde graanvul

Uitstekende siektebeheer:

• Vernaamste blaarsiektes• Verhoogde weerstand

teen laevlak- of “subkliniese” bakteriële en virusinfeksies

Stres-toleransie:

• Droogte• Hael• Sonbrand• Ryp• Koue of hitte

Kyk net wat Abacus® vir sojabone kandoen. Na 13 dae sonder water is dieplant wat met Abacus® behandel ismerkbaar frisser as die onbehandeldeplant.

So dra Abacus® by om met betersaadgehalte en groter eenvormigheidvir die boer ’n groter-, opbrengs van’n hoër graad te lewer.

natuurlike reaksie op stremmingbeperk

• Verbeter plantgroeikragtigheidgedurende droogtestremming

• Verbeter doeltreffendheid van waterbenutting

• Verhoog weerstand teen koue en ryp• Help plante om te herstel na hael• Verbeter weerstand teen osoonskade• Verbeter graan- en pitgehalte• Verminder omval

By mielies word Abacus® in die V5 totV7-groeistadium toegedien teen ’n dosisvan 1,6 ℓ/ha. In gebiede met ’n hoësiektedruk, moet daar net voor diepluimstadium Duett® as opvolgbehan-deling toegedien word. Dit is ten volleversoenbaar met Roundup en ander oesbeskermingsprodukte.

By sojabone moet Abacus® toegedienword net voor of tydens die verskyningvan die eerste blomme, teen ’n dosisvan 1 ℓ/ha. Nog ’n toediening moet na21 dae volg.

Abacus® is deel van BASF se AgCelence™-konsep, wat daarop gemikis om die boer te help om immer beterresultate te behaal.

Page 18: ProAgri 130, November 2010
Page 19: ProAgri 130, November 2010

To be a world leader in the marketing of agricultural products.

Trading hours: Cashier services hours: Weekdays: 05:00 - 10:20 Weekdays: 05:00 - 13:00Saturday: 05:00 - 09:20 Saturday: 05:00 - 11:00

Delivery hours Collecting of daily purchased produce out of both halls:

Inside the market hall: 12:00 - 05:00 Weekdays: 05:00 - 13:00Outside the market, Saturday: 05:00 - 11:00Late delivery platforms: 05:00 - 12:00

Physical address: 450 DF Malan Drive WestPretoria West

Postal address: PO Box 266Pretoria 0001

Telephone: 012-358-2398Fax: 012-358-2301International code: 27-1224-Hour: 082-820-1394Director: Japhta MagolelaTelephone: 012-358-2347Cell: 074-882-2111Email: [email protected]

Market premises:32,8 hectaresMarket hallHall A: 40 525m2

Hall B: 18 432m2

Total: 58 957m2

Ripening centre:Total floor space 6 377m2

49 rooms with capacity of 60 380 boxes per week

Lower coldrooms:Total floor space 1 087m2

13 Rooms with capacity of 480 pallets

Upper coldrooms:Total floor Space 2 115m2

12 rooms with capacity of 1 650 pallets

Mission

Go to:

Vision

Tshwane Market information

Market hours

Visit

www.tshwane.gov.za/tshwanemarket/

and get your daily market prices

Free

To provide unique trade centres where price forming in the trading of agricultural products take place to the mutual benefit of suppliers, buyers and consumers by providing efficient and cost-effective infrastructure and servicesthat comply with international standards.

The Tshwane Market strives to stay a world leader through:• Technology• Investment• Financial independance• Research and Developement

The Tshwane Market distinguishes itself by the following norms:• Discipline• Transparency• Accessibility• Ethic standards• Co-operation

Page 20: ProAgri 130, November 2010

ProAgri 130 - November 2010 19www.proagri.co.za

Stock farming

Contact Henning Vermaak on 082-321-6616 or 083-272-7682 or email:[email protected]

Optimise nutritional value with Diamond VFeed the rumen

In the unique symbiotic relationship between cow

and rumen microbes, the cow supplies the environment andfood for the billions of microbes: bacteria, protozoaand fungi, which in turn digestthose feedstuffs to provide thecow with essential nutrients inthe form of microbial proteinand organic acid energysources. A cow depends onthese proteins and acids formore than eighty percent ofher nutrition.

Adding Diamond V to yourcows’ rations is one of themost cost effective ways tohelp stimulate production ofboth fibre-digesting and lacticacid-utilising bacteria. Feedingthe rumen with Diamond Vprovides essential metaboliteswhich enhance bacterial repro-duction and fermenting ability.

Rumen digestion is dependent on the complex interac-tion of billions of bacteria, protozoa, and fungi. Therumen microbes digest thegrains releasing key nutrientsthat are used by the cow to

support milk production and growth.Undigested feed goes through in thefaeces and ends up as manure, resulting in the loss of nutrients thatcould have supported extra milk production.

Improve feed efficiencyDiamond V helps to enhance volatilefatty acid (VFA) production which increases energy availability. By improving the digestion efficiency,you get a better return on feed investment.

The more feed cows digest, themore energy they receive and themore milk they can produce. Byfeeding Diamond V, you can help optimise rumen fermentation athigher DMI levels, and that helpscows maximise the level of nutrientsand energy retained from any givenration.

Manage rumen function duringheat stress Fermentation of feed in the rumencreates heat. So, naturally, cows willreduce dry matter intake in hot,humid conditions. However, a cowsenergy requirement for lactation isunchanged. When cows go off feed,production of volatile fatty acids in

By improving

the digestion

efficiency,

you get a

better return

on feed

investment.

the rumen decreases, which candecrease milk production by up to40%.

You can improve feed palatabil-ity and help cows maintain consis-tent levels of dry matter intakewith Diamond V. It’s a rich nutrientsource for rumen microbes. By optimising the functionality of therumen microbes, you help to improve the digestibility of feeds.

Improved digestibility, even ascows consume less dry matter,helps them get the most out ofeach feeding – and that helps sustain milk production and prevent complications in reproduc-tive performance.

Give your cows the best, mostthoroughly researched and field-proven rumen micro-flora supple-ment. Ask your feed professionalto always add Diamond V to themix, and you too can managerumen ecology for optimum productivity.

SourceControl Diamond V XP %/kg DMI

NEL, Output,Mcal/kgDMI

NEL,

Efficiency

Erasmus et al,2000 1.53 1.68 9.8

Robinson, 1997 1.84 1.90 3.2

Parameter Control XP

Milk Yieldkg/head/day100DIM 40.1a 43.8b

305DIM 30.4a 32.7b

Milk fat, % 4.10a 4.03a

Milk Protein, % 3.49a 3.46a

Milk Lactose, % 4.76a 4.75a

Give your cow’s rumen

with

what it truly needs

Dann et al,2000 1.48 1.63 10.2

Robinson and

Garrett, 1999 1.72 1.82 5.8

Wang et al,2001 1.88 1.93 2.7

Contact: Henning VermaakTel: 082�321�6616 Fax: 086�530�8916 Cell: 083�272�7682E�mail: [email protected] or [email protected]

Feed the rumen Improve feed efficiency Manage the transition periodManage rumen function during heat stress Optimise milk production

Page 21: ProAgri 130, November 2010

ProAgri 130 - November 2010 www.proagri.co.za20

Page 22: ProAgri 130, November 2010

ProAgri 130 - November 2010www.proagri.co.za 21

Veeboerdery

Hoe lekkerder jou diere eet, hoelekkerder presteer hulle en hoe

lekkerder maak jy wins uit jou boerdery.’n Voorvereiste om hierdie waarheid

werklikheid te maak, is ’n voermengerwaarop jy kan staatmaak. So ’n voer-menger moet 365 dae per jaar onwrik-baar betroubaar wees, selfs in taai,uiterste toestande.Hy moet materiaal presies afweeg,sekuur kerf en deeglik meng sodat elkedier met elke hap presies alles kry wathy nodig het om te presteer. Dit moetmaklik wees om met hom te werk en hymoet elke kriesel voer sonder vermor-sing vir jou laat werk.

As ’n mens op al hierdiehoedanighede, en boonop nog ’n flinkrugsteundiens van die verskaffers, aandring, dan moet jy seker maak datdie naam, Rumax, op jou voermengerstaan. Jou diere sal net so bly weessoos jy.

Dit is die raad wat Johan Coetzee vanNJE Coetzee Boerdery naby Randfonteingee, en hy behoort te weet waarvan hypraat, want sowat 400 puik Holsteinkoeie reken op sy Rumax 9 omhulle elke dag tydig van presies dieregte rantsoen te voorsien. Dit betekendat sowat tien ton voer per dag in diewinter deur die menger se pens moetgaan. Dié menger hou 9 kubieke meterkuilvoer of hooi, selfs in ronde bale.

NJE Boerdery produseer self al diekuilvoer en hooi wat sy beeste eet. Hullehet voorheen ’n ander soort voermengerprobeer gebruik, maar dit het nie goedgegaan nie. Die vervaardiger se raadwas dat hulle ’n stuk ou vervoerband by’n myn moet probeer koop en dit dansny en pas om die menger aan die werkte kry.

“My werk is om te boer; nie om metmasjinerie wat verkeerd ontwerp envervaardig is te sukkel nie,” sê Johan,en dit is hoekom hy die sukkelmengersummier met ’n doeltreffende Rumaxvervang het.

In hierdie boerdery speel die voer-menger ’n sleutelrol, vertel Johan. “Asdie menger staan, staan die hele melkery. Ons kan nie bekostig om enigiets minder as die allerbestemenger te gebruik nie.

“Sedert ek die Rumax aangeskaf het,was dit nog nooit weer nodig om ’nhamermeule te gebruik nie,” sê Johan.“Ons gooi alles in die menger en hyweeg en sny en kerf en meng alles

NJE Coetzee Boerdery se Rumax 9-voermenger is die onwrikbare staatmaker watelke dag stiptelik die beeste se perfek gekerfde en gemengde rantsoene aflewer. Hierdie menger werk al vier jaar lank om elke dag nagenoeg tien ton voer te verwerk en speel ’n sleutelrol in die melkery.

“Ek het lank gesoek en na baie mengers gekyk voordat ek Rumax gekies het,” sêJohan Coetzee van NJE Boerdery naby Randfontein. “Die menger speel ’n sleutelrolin die boerdery, daarom is net die betroubaarste, deeglikste menger, gerugsteundeur die beste diens, goed genoeg. Dit is Rumax.”

Boer vir wins:

Rumax maal, meng en voer vir ’n vale

As jy ook jou diere wil trakteer met diebes gekerfde, bes gemengde en tydig-ste voerrantsoene, praat met JacoPieters van Rumax by 082-335-3970 of023-342-6070 of [email protected]. Besoek ook www.rumax.co.za en kykook na Rumax se kleiner en grotermengers, korrelmasjiene, hamermeu-lens en misstrooiers.

perfek en vinnig – alles met hidroulieseaandrywing en beheer. Daarna lewer hydit af met sy kettinggeut op enigehoogte wat jy wil hê en teen die tempowat jou pas.”

’n Belangrike bydraer tot die boer segemoedsrus is die feit dat Rumax semense besef hoe belangrik ’n mengervir die boer is. Hulle maak nie net diebeste mengers teen die gunstigste prysenie, maar sorg ook dat jou menger sonder onderbreking die werk doenwaarvoor jy hom aanhou.

Johan het al ’n vragsel wat ingegeehet bestel en die nuwe een binne ’n dagontvang. Hy het al vergeet hoe om dieskaal te kalibreer en Rumax se mensehet hom op ’n Saterdagmiddag oor dietelefoon gehelp om dit te doen. ’n Anderkeer het ’n vreemde ding in die mengerse ratkas beland. Die volgende dag het’n tegnikus met ’n nuwe ratkas vanWorcester af aangekom en dieselfdemiddag het Johan se menger weer volstoom gewerk.

“Ek het lank gesoek en na baiemengers gekyk,” sê Johan. “Met Rumaxhet ek die beste gekies en ek is in alleopsigte baie tevrede. My volgende voer-menger sal gewis weer ’n Rumax wees.”

Page 23: ProAgri 130, November 2010
Page 24: ProAgri 130, November 2010

www.proagri.co.za 23ProAgri 130 - November 2010

agrilagdeur Dom BoerDie reine waarheid

Onnie: “Oor die algemeen kan ons sê dat al die diere watvere het, eiers lê. Kan een van julle nou vir my ’n diernoem wat vere het en nie eiers lê nie?”Jannie: “Ja Meneer, ’n hoenderhaan.”

Advertensiebemarker: “Ek het daardie papegaai nou al drieweke, maar hy het nog nie ’n enkele woord gesê nie. Ekdink hy...”Joernalis: “Maar het jy hom al ’n kans gegee?”

Die afgetrede wiskunde-onderwyser wou gaan boer, maardit het nie gewerk nie. Al sy mielies het vierkantswortelsontwikkel.

Regtig gehoor

Pa aan seuntjie wat die heeldag aanhou vrae vra: “Van nuuskierigheid is die kat dood.”Seuntjie: “Wat wou hy geweet het, Pappie?”

Margarien is botter wat van nagemaakte koeie af kom.

Dit werk!

Die boer se bul was maar half flouerig en hy kry toe by dieveearts pille wat die dier wakkerder en dapperder moetmaak. ’n Buurman vra: “Het daardie pille darem gewerk?”Boer: “O ja, die bul is nou baie fluks.”Buurman: “Waarvan is die pille gemaak?”Boer: “Nee, ek weet nie... hulle smaak so pepermenterig.”

Hulle sê...

Hulle sê ’n boer daar van Queenstown se wêreld is van kindermishandeling aangekla. Hy het sy plaas aan sy seunbemaak.

Hulle sê dis maklik om te sien wie kom van Boksburg af enwie kom van Benoni af. Die Boksburger se tatoeëermerkehet minder spelfoute.

Wonderwerk!

Hennie se hond kom by die huis aan met die buurman seduur, ingevoerde Angora-konyn in sy bek. Die konyn is ergbesmeer en deeglik dood. Hennie wil nie kwaaivriende metdie buurman raak nie en maak ’n plan: Hy was die dooiekonyn mooi skoon, blaas hom met sy vrou se haardroërdroog en gaan sit hom stilletjies in sy hok terug.’n Rukkie later loer die buurman oor die heining en sê: “’nBaie snaakse ding het gebeur. My konyn het gister gevreken ek het hom begrawe. Vanmôre lê hy sowaar silwerskoonterug in sy hok.”

Nare waarheid

Die konstabel tel ’n voos geslaande dronkie op ’nstraathoek op.Konstabel: “Kan jy vir my beskryf hoe jou aanvaller lyk?”Dronkie: “Disj presiesj wat ek besjig was om vir hom te sjêtoe hy my sjo begin sjlaan het.”

Oeps!

Bruid: “Die twee lekkerste geregte wat ek kan maak, iskerriefrikadelle en appelpastei.”Bruidegom: “Watter een van die twee is hierdie?”

Page 25: ProAgri 130, November 2010

AgriTrader is ʼn uitstekende bemarkingsmeganisme om kopers en verkopers van lewendehawe, trekkers, voertuie, werktuie, en alle ander landbou toerus�ng by mekaar uit te bring. Veeveilingsadvertensies in AgriTrader lok wye reaksie uit, probeer dit gerus.

Vir die mees bekos�gbaarste advertensie-tariewe in Suid-Afrika, skakel:

Stefan van Wyk (Bloemfontein) 082-381-7563 | 051-446-0789 [email protected] Strauss (Pretoria) 083-748-3413 | 012-362-6390 [email protected]

AgriTrader Advertensiediens vir die boerAdvertising service for the farmer

60 000 eksemplare na aktiewe kommersiële boere landswyd

ProAgri 130 - November 2010 www.proagri.co.za24

AgriGids

Page 26: ProAgri 130, November 2010

AgriG

ids

ProAgri 130 - November 2010 25www.proagri.co.za

Page 27: ProAgri 130, November 2010

AgriGids

ProAgri 130 - November 2010 www.proagri.co.za26

Page 28: ProAgri 130, November 2010

AgriG

ids

ProAgri 130 - November 2010 27www.proagri.co.za

Page 29: ProAgri 130, November 2010

AgriGids

ProAgri 130 - November 2010 www.proagri.co.za28

Page 30: ProAgri 130, November 2010

Gen

eiGids

ProAgri 130 - November 2010 29www.proagri.co.za

Page 31: ProAgri 130, November 2010