32
ProAgri ProAgri tegnologie vir die boer technology for the farmer Februarie / February 2011 Nr / No 133 ISSN 1042–1558 | Nuwe kultivars | Werfnuus | Veeboerdery | Meganisasie Nissan laat boere wen Gee rooiwater die bloupas PANNAR wys sy skatte AgriTrader

ProAgri 133, Februarie 2011

Embed Size (px)

DESCRIPTION

Tegnologie vir die boer Technology for the farmer

Citation preview

Page 1: ProAgri 133, Februarie 2011

ProAgriProAgritegnologie vir die boertechnology for the farmer

Februarie / February 2011Nr / No 133

ISSN 1042–1558

| Nuwe kultivars | Werfnuus | Veeboerdery | Meganisasie

Nissan laatboere wen

Gee rooiwater die bloupas

PANNARwys sy skatte

AgriTrader

Page 2: ProAgri 133, Februarie 2011
Page 3: ProAgri 133, Februarie 2011
Page 4: ProAgri 133, Februarie 2011
Page 5: ProAgri 133, Februarie 2011

ProAgri 133 - Februarie / February 2011 5www.proagri.co.za

In hierdie uitgawe

Tel/fax: 012-362-27321218 Arcadia st, Hatfield, Ptawww.smartpublishing.co.za

Redakteursbrief

RedakteurAnnemarie Joubert > [email protected]

WebredakteurCoenraad Rall > [email protected]

Senior bemarkerStefan van Wyk > [email protected]

BemarkersPieter Rall > [email protected] Schmahl > [email protected] Ann Sing (agentskappe)> 079-515-08708 [email protected] Strauss > [email protected]

Uitleg & grafika Esta van [email protected]

TaalversorgingMediadienste

Rekeninge & intekeningPaula MacMavis > [email protected]

GedruktemediabestuurderSuzanne Rall [email protected]

Sakebestuurder George Grobler [email protected]

Inhoudsopgawe / Contents

Copyright © 2011. All rights reserved. No material,text or photo graphs may be reproduced, copied or inany other way transmitted without the written con-sent of the publisher. Opinions expressed are not necessarily those of the publisher or of the editor.We recognise all trademarks and logos as the soleproperty of their respective owners. ProAgri shall notbe liable for any errors or for any actions in reliance thereon.

Voorblad

Die ProAgri-span

Dit is elke jaar ’n ongelooflike ondervinding om Pannar se“Gewas-extravaganza” by te woon en te sien hoeveel moeite

daar met die aanbieding van die verskillende kultivars gedoenword, en ook hoeveel navorsing daar ingaan in die ontwikkeling van beter produkte. Monsanto se Genuity-embleemwat ook in hierdie uitgawe bekend gestel word, som dit eintlikmooi op: Saadontwikkeling in Suid-Afrika is slim, vindingryk en egen dit is ProAgri se voorreg om hierdie inligting aan ons boeredeur te gee.

Die gevreesde slenkdalkoors het gelukkig nog nie hierdieseisoen te veel kop uitgesteek nie (hopelik vanweë tydige inenting), maar ditbeteken ongelukkig nie ’n insekvrye laatsomer nie! Dr Danie Odendaal se artikeloor bloubosluise en rooiwater spel die feite uit.

Neem gerus kennis dat Koos le Roux, samesteller van die bekende Meganisa-siegids in ProAgri se Maart-uitgawe begin met ’n reeks artikels oor minimum-bewerking.

Indien u probleme het om enige van ProAgri se uitgawes te ontvang, stuur asbvir ons ’n boodskap na [email protected]. Vir nuwe besoekers aan ons bakkies-blad (facebook-bladsy): ’n Kopie van die Weidingshandboek (sien bl 21) kangewen word! Druk net die “hou van”-knoppieAnnemarie Joubert

9

11

Voorbladartikel6 PANNAR nooi boere: Kom wen met die wenners

Meganisasie9 Valtrac: Plant vir jou ’n toekoms

Gewasproduksie11 Monsanto botter boere se brood aan beide kante

Vervoer13 Nissan laat boere wen15 Nic Sleepwaens: “Dis alles in die vering”

Veeboerdery17 Gee rooiwater die bloupas18 Brandmerk of kry dit hotagter

Nuus21 Werfnuus21 AgriKyk & Lees: Weidingshandboek

Handelsnuus23 AgriGids en GeneGids29 Veilings

6

Stille toehoor-ders van hulleeie sukses! Pannar se prag-mielies luisterook aandagtigna alles watPieter Rademeyer opDelmas aan ’ngroep boere entoekomstigeboere oor hullevertel.

M A S S M E D I A S P E C I A L I S T SSMARTPUBLISHING

Page 6: ProAgri 133, Februarie 2011
Page 7: ProAgri 133, Februarie 2011
Page 8: ProAgri 133, Februarie 2011

ProAgri 133 - Februarie / February 2011 www.proagri.co.za8

Gewasproduksie

en veeboere weet die boer watvoer het wanneer die natuurnie voer het nie, is die boer watwen. Daarom reken al hoemeer boere op PANNAR se weidingsgewasse:

Gras vir groeiEenjarige raaigras is perfek virmelk- en vetlamproduksie envir die afronding vanspeenkalwers. Die Wester-world-tipes soos Voyager 12,Voyager 31, Voyager 55, Dargle en Mispah word in Februarie/Maart onder besproeiing geplant vir benut-ting van April/Mei tot Oktober/Desember.

Meerjarige raaigras moetelke drie tot vier jaar hervestigword. Dit word in Februarie totApril en in Julie tot vroeg in Augustus geplant. Dit wordveral vir koel gebiede onder be-sproeiing aanbeveel. Boere kankies tussen Quartet, Fitzroy endie nuwe Pastoral met sy ver-beterde hitteverdraagsaamheiden roesbestandheid.

Maverick Gold is ’n kruisingtussen Italiaanse raaigras en ’nmeerjarige raaigras. Dit is veralgeskik vir ’n kort wisselbou-

stelsel waar raaigraselke 18 tot 24 maande herves-tig word. Die planttyd is Februarie/Maart en Julie totvroeg in Augustus.

Langswenkgras kan vanFebruarie tot Julie geplantword. Dit is sterk meerjarig engoed aangepas vir ’n wyereeks grondtipes en klimaat-streke. Dit verskaf goeiegehalte weiding in die herfs,lente en somer. Langswenkgrasaard goed in vleierige gebiede,maar aanvullende besproeiingis nodig in gebiede met minderas 800 mm reën per jaar.

Quantum is ’n hoogs produserende, smaaklike kulti-var met goeie roesweerstand. Advance het sagter blare asQuantum en word selfs virmelkkoeie aanbeveel. Dienuwe Vat 5-mengsel bestaanuit 36 kg saad van vyf gewassewat in een sak verpak is en genoeg is vir een hektaar weiding. Dit is ’n immergroenweiding wat puik produksie indie herfs en lente lewer.

Wana, PANNAR se kropaar-graskultivar, is sag, smaaklik envoedsaam en aangepas vir ’n

verskeidenheid grondtipes, tot suurgronde. Dit is geskik as weiding virskape en lewer goeie melkproduksie.

Klawer en groenvoerDit is nou ook die tyd om te kyk na dieaanplanting van klawer- en groenvoer-gewasse en hier het PANNAR ’n paarverrassings tussen sy gewone staat-makers. Boere in kouer omgewings kangerus meer uitvind oor die wit-klawer,Shasta, wat ’n blousuurvrye ladino-tipeis en wat van Februarie tot Augustusgeplant kan word.

Ook beskikbaar is die nuwe Tropero-rooiklawer wat in Amerika geteel is virkiemkragtigheid en verhoogdedroogteverdraagsaamheid.

Neem altyd in ag dat die gevaar vanopblaas verminder word as klawers in ’nkombinasie met gras aangeplant worden dat dit nie geskik is vir perde nie.

Wat groenvoergewasse betref, biedPANNAR ’n volledige pakket hawer,korog en stoelrog vir voedsame herfs-, winter- en lenteweiding.

Lusern bly natuurlik koningskos enboere kan gerus kennis neem van dienuwe PAN 4884 met sy weerstand teensiektes, insekte en aalwurm. PAN 4884is veral geskik vir hooisny in meer spanningsvolle omgewings.

Peet van der Walt verduidelik aan boere op Delmas waarom Pannar skoonskip gemaak het indie LNR se nasionale kultivarproewe

By die boeredag op Delmas kon boere eerste-hands sien hoe PANNAR se mielies presteer ondanks die oormatige nat toestande en selfshaelbuie wat in die omgewing uitgesak het.

PANNAR nooi boere:

Kom wen met die wenners!Beter as die beste – dis die gehalte

waarna PANNAR immer streef, wantdié maatskappy weet dat ons boere ophom reken om altyd aan die voorpuntvan tegnologie te bly.

Daarom is dit geen wonder dat PAN-NAR se mielies, sonneblom, sojabone, droëbone en sorghum skoon-skip gemaak het by die Landbounavor-singsraad (LNR) se nasionalekultivarproewe vir 2009/10 nie.

Maar wel wetend dat die vereistes alhoe strawwer word, beskou PANNAR seslimkoppe hierdie prestasie nie as ’nteken dat hulle nou kan agteroorsit nie– nee, hulle is reeds besig om nóg beteroplossings vir die boer te ontwikkel.

Boere kon self daarna gaan kyk bydie gewas-extravaganzas wat PANNARpas op verskillende plekke aangebiedhet. Pannar kon ’n gedugte saadpakketten toon stel en boere het ook diegeleenthede benut om hulle verteenwo-ordigers en landboukundiges beter teleer ken.

Pannar voer die veeboerDie gewas-extravaganzas is betydsaangebied vir veeboere om te sien watbeskikbaar is en saad te bestel vir dievestiging van wintervoergewasse, waar-van PANNAR ’n keuse vir elke smaak enbehoefte bied. So teen die einde van diewinter is natuurlike weiding altyd skraps

Page 9: ProAgri 133, Februarie 2011

ProAgri 133 - Februarie / February 2011www.proagri.co.za 9

As deel van ’n volledige voedingspro-gram plaas PANNAR ook JapanneseRadys en ’n verskeidenheid voer-sorghums op die tafel. Goeie nuus virboere is dat PANNAR ook saad virOulandsgras en Smutsvinger beskikbaarhet.

Die man by PANNAR wat gereedstaan om boere alles te vertel van voergewasse is Jan Coetzer. Sy nommeris 082-779-4535.

PANNAR bied mieliekragDie steraanbieding van PANNAR se 2011gewas-extravaganza was ’n dinamiesenuwe inisiatief wat bekend staan asYieldboost™. Dit is ’n swamdoderspuit-program wat die opbrengspotensiaal van’n reeks uitgesoekte ultra-vinnige enmedium-vinnige basters dramaties verbeter.

Dit is iets wat nogal gedoen wil wees,as na reeds bestaande prestasies gekykword.

So byvoorbeeld het die wit-mieliebasters PAN 6Q-445B en PAN 5Q-433B, asook diegeelmieliebasters PAN 6Q-308B en PAN 6Q-508R die afgelope tweeseisoene uitstaande resultate behaal indie LNR en PANNAR se nasionale proewein die oostelike en westelike produk-siegebiede. Dié ultra-vinnigegeelmieliebasters is ook markleiers,veral onder besproeiing.

Aanbevelings vir die westelike produksiestreek: ’n Goeie witbaster-pakket vir droëland is PAN 5Q-433B enPAN 6Q-445B wat mekaar aanvul tenopsigte van groeiseisoen en planttipes.

Die volgende kombinasie van geel-basters vir droëland vorm ’n gedugtepakket en is ook almal geskik asweimielies en vir kuilvoerproduksie: PAN 6Q-308B, PAN 6Q-508R en PAN 6Q-708BR.

Vir mielies onder besproeiing, veral indie warm produksiestreke, is PANNAR seultra-vinnige geelbasterpakket die leiersin die bedryf. Die kern van die pakket isPAN 6236B, PAN 6126, PAN 3P-502R en PAN 3Q-740BR.

PANNAR se besproeiingspakket issaamgestel uit konvensionele, stronk-boorderweerstandbiedende, RoundupReady®- en stapelgeenbasters wat ’ngroot mate van stabiliteit meebring,maar wat dit ook geskik maak vir wisselverbouing met koring.

Vir witbasters onder besproeiing worddie volgende pakket aanbeveel: Die vinnige groeier PAN 6227, die medium-groeiers PAN 5Q-433B en PAN 6723 endie medium- tot laatgroeier, PAN 6777.

Met die kultivarproewe het die voordele van geneties-aangepastemieliebasters weer sterk na voregekom. PANNAR se landboukundiges hetboere by die gewas-extravaganzas egtersterk vermaan om die nodige maatreëlstoe te pas om die Bt-tegnologie tebeskerm – die aanplanting van ’n toevlugsoord is wetlik verpligtend.

Die laaste woord oor PANNAR se

mielies behoort aan die veeboere op dieHoëveld wat uit die volledige kuilvoer-pakket vir PAN 6Q-308B as die bobaaskuilvoermaker uitgelig het.

Sonskyn in jou beursiePANNAR se sonneblombasters PAN 7057, PAN 7049 en PAN 7050 wasweer die toppresteerders in die LNR-proewe. Saam met PAN 7033 vorm hulle’n gedugte pakket, almal met bruin-roesweerstand, hoë opbrengspotensiaal

By die gewas-extravaganzas kry boere ’n voorsmakie van PANNAR se opbrengs.

Yieldboost™ is ’n swamdoderspuit-program vir vinnige basters, wat opbrengspotensiaal dramaties kan verhoog.

Hoofkantoor: 033-413-9500 of [email protected] en Kaap: 033-413-9500Wes-Vrystaat en Noord-Kaap: 056-216-3000Noordwes: 018-406-1700Gauteng, Suid-Mpumalanga en Oos-Vrystaat: 016-341-5881Oostelike Hoëveld en Limpopo: 013-665-8500Ontwikkelende produsente: 033-413-9500Besoek ook www.pannar.com

en wye gebiedsaanpasbaarheid. ’n Hoogtepunt in die sonneblom-

aanbieding is die Clearfield®-baster PAN 7063CL wat ’n nuwe na-opkomsonkruidbeheerstelsel inlui. Die weer-stand teen onkruiddoder is ’n natuurlikemutasie en nie geneties aangepas nie.

Bobaas boneSojabone word al hoe belangriker virsomergraanboere. Met dié toename inbelangstelling, kan boere ook geruskennis neem van die feit dat PAN 1664Rdie toppresteerder in die LNR-proewewas. Onthou dat nuwe saadontwikkelingvir beter opbrengs net kan voortgaan asdie saad gekoop word!

Wat droëbone betref, bied PANNARse rooigespikkelde-droëboonpakket ’nwye keuse van voordelige eienskappe inal die produksiegebiede, met PAN 116wat as toppresteerder uitgewys is.

Vir die bierbrouersPANNAR sorg ook goed vir die graan-sorghummanne met PAN 8609 en PAN 8816 as hoofaanplanting vir mout-tipes en PAN 8625 vir ’n bitter kultivar.

Page 10: ProAgri 133, Februarie 2011

MacDon FD70 Flexdraper-stropertafelstoot produk�witeit op met tot 40% of meer

MacDon FD70 Flexdraper

• Haal die beste uit enige stroper• Ideaal vir hoëvolume gewasse• Perfek vir laagdraende sojabone, bone, lensies en ertjies• Skakel pitverlies grootliks uit• Volg grondkontoer met drie segmente (speling

254 mm op punte)• Behou afstand tussen mes en spoel vir skoon snywerk• Vervoer materiaal sagkens maar ferm op band na

stroperbek• Beskikbaar in 9,1 m, 10,7 m, 12,2 m, 13,7 m• Wen American Society of Agricultural and Biological

Engineers se AE50-toekenning

Die bobaas-bone-uithaler

• Monteer voor aan die trekker sodat jy kan sien wat jy doen en nie jou bone vertrap voor jy hulle uithaal nie

• Haal skoon uit en pak netjiese windrye in een beweging

• Eerste snystaaf werk onder die grond; tweede snystaaf trek bone uit; vingers pak bone op vervoerband en vervoerband pak netjiese windrye.

• Minimum vermorsing• Dieptewiele verseker presiese staafdiepte• Groo�es: 4-ry 30”; 6-ry 30”, 6-ry 36”, 8-ry 36”

Geniet die voordele van Vitamech se wye handelaarsnetwerk

en flink, kundige diens. 021-907-8000

Boer vir meer met

Vitamech

www.vitamech.co.za

Stroop elke pit!Pickett One Step™ Ahead

Kontak:Jurie Swart: 083-375-8840

Louis van der Merwe: 072-626-8409

Page 11: ProAgri 133, Februarie 2011

11www.proagri .co.za ProAgri 133 - Februarie / Februarie 2011

Gewasproduksie

Kobus Lindeque, Monsanto se bestuur-der vir Afrika, is gereeld in diemielieland om seker te maak dat dieboer net die beste genetika kry.

mielies teen sowel stam-boorders as onkruidebeskerm word. Ditverseker dat die boertwee gedugte wins-vreters, insekte enonkruid, doeltreffend kan hokslaan.

Die stapelgeen kan ’nproduksievermeerderingvan tot 10% meebringen die gehalte van diegraan sal boonop hoërwees.

’n Verdere voordeel isdat die kostedoeltref-fende en tydige plaag-beheer wat dit biedveiliger vir plaaswerkersen verbruikers is.

Volgens mnr GertHeyns, Monsanto se bemarkingsbestuurdervan saad en tegnologie,is hierdie tegnologieomgewingsvriendelik endit sal die boer se kool-stofvoetspoor verklein.

Die GenuityYieldGard® II wat dieMON 89034-geen bevat,verminder ook die kanse

dat insekte weerstand opbou, terwyl dieRoundup Ready®-onkruidbeheerstelselperfek inpas by gevorderde land-boupraktyke soos minimumbewerkingwat gronderosie en kompaktering verminder, vogbenutting verbeter en virdie boer ’n aansienlike hoeveelheid duurbrandstof bespaar. Genuity® sluit dievolgende in:

Vir mielies:Genuity® YieldGard® IIGenuity® Roundup Ready® Corn 2Genuity® YieldGard® II met RoundupReady® Corn 2

Vir katoen:Genuity® Bollgard® IIGenuity® Roundup Ready® Flex CottonGenuity® Bollgard® II met RoundupReady® Flex Cotton

Vir soja:Genuity® Roundup Ready® Soya

Wie kan vir beter wens? Verdere goeienuus is dat saadvermeerdering van dietwee basters wat die nuwe eienskappebevat reeds in 2010 gedoen is, sodat

Monsanto se nuwe stapelgeen help boere om wins temaak.

Monsanto botter boere se broodbeide kante

Nuttige tegnologie bemagtigmielieboere om doeltreffend terug te

slaan teen insek- en onkruidbedreigings,en om volhoubaar winsgewend te kanboer.

Hierdie tegnologie kom van die boerse staatmaker-landboumaatskappy,Monsanto. Dit kan maklik uitgeken wordaan die nuwe handelsmerk, Genuity®,maar ook aan die winsgewende resul-tate wat Genuity®-kultivars op die plaasbehaal.

Die Genuity®-handelsmerk omvat ook’n ikoonstelsel, waarvolgens prentjiesdie eienskappe van die betrokke saadop die sakkie aandui, sodat boere enplaaswerkers met ’n oogopslag kan sienwaarmee hulle besig is.

’n Belangrike deurbraak vir Suid-Afrika se boere is dat Monsanto ookwetlike goedkeuring verkry het om dienuwe MON89034-geen kommersieel vryte stel. Die geen is beskikbaar onder dieGenuity® YieldGard® II-handelsmerk viraanplanting in al Suid-Afrika semieliegebiede.

Die Genuity YieldGard® II-tegnologiebied beter beskerming teen insekte endie stapelgeen beteken dat boere se

die saad reeds vir die 2011-plant-seisoen beskikbaar sal wees. Praat dusvroegtydig met jou Monsanto-verteen-woordiger.

Hy sal jou help om presies die regtekultivar en chemiese middels vir jouplaas en behoeftes te kies en hoe omdie beste uit Monsanto se Genuity®-geeneienskappe te put.

Genuity® YieldGard® II-mielies enGenuity® YieldGard® II met RoundupReady®-mielies vereis ’n stewige Insek-weerstandbestuurstrategie (IWB) om teverseker dat stamboorders nie weer-stand opbou en die tegnologie minderdoeltreffend maak nie.

Monsanto se man sal jou ook metjou IWB help sodat ons boere tot in dieverre toekoms die volle voordeel vanMonsanto se vindingskrag kan geniet.

Jy kan ook jou toekoms verseker metMonsanto se boervriendelike wenteg-nologie. Praat vandag met Magda duToit by 011-790-8254 [email protected] om tehoor wie jou naaste verteenwoordigeris. Besoek ook www.monsanto.com ofwww.monsanto.co.za

Page 12: ProAgri 133, Februarie 2011
Page 13: ProAgri 133, Februarie 2011

ProAgri 133 - Februarie / February 2011www.proagri.co.za 13

Nissan se NP300 Hardbody 2.5 Tdi Hi-Rider is besig om net soos sy

ander broers in die Nissan-stal, sy padoop te ry tot in die harte van Suid-Afrikaanse boere. Dit is nie net Nissanse kanniedood-reputasie wat sy bakkiesso gewild maak by boere nie, maar ookdie feit dat die maatskappy bereid is om

daadwerklik betrokke te raak by dieSuid-Afrikaanse boerderybedryf.

As voorbeeld van laasgenoemde onderneming, het Nissan onlangs handegevat met ’n bekende maatskappy in dielandboubedryf, die dieregesondheids-maatskappy Intervet/Schering-Plough,in die borg van ’n wedstryd waarin tweevan die NP300-dubbelkajuitbakkies opdie spel was. Die wedstryd was gekop-pel aan verkope deur Intervet/Shering-Plough.

Dr Alan Kloeck, besturende direkteurvan Intervet, sê die wedstryd is goed ondersteun deur die boerderygemeen-skap en daar was beslis ’n styging inhulle dieremedisyne se verkope.

Die eerste bakkie is reeds in Julie2010 na sy nuwe huis by Memel in dieVrystaat en die wenner, mnr MartinusWillemse, vertel dat hy baie tevrede ismet sy hardwerkende NP300 Hardbody.

Die mees-onlangse wenner van dienuwe Nissan NP300 Hardbody 2.5 TdiHi-Rider dubbelkajuitbakkie is mnrHannes van Vuuren van Omega-boerdery in Bloemfontein. Die naaswen-ner is mnr Mike Richmond vanElandslaagte, KZN.

Hy kon huis toe gaan met ’n R5 000Intervet-koopbewys en R5 000 kontantvan Nissan SA in sy sak, asook ’n R30 000 koopbewys wat hy kan gebruikas afslag op die aankoop van enigenuwe Nissan-voertuig.

Die wenners het hulle pryse ontvangby Nissan se Rosslyn-aanleg waar dieNP200, NP300 Hardbody, Tiida en Livina-reekse geproduseer word.

Nissan laat boere wen

’n Gelukkige Hannes van Vuuren (links)ontvang die sleutels van sy nuwe NP300Hardbody van Nissan SA se bemarkings-direkteur, Johan Kleynhans.

Die naaswenner, Mike Richmond (links),ontvang sy R5 000-geskenkbewys vandie besturende direkteur vanIntervet/Schering-Plough, dr AlanKloeck.

Nissan se NP300 hardbody 2,5 Tdi Hi-Rider maak die lewe vir boere makliker.

Vervoer

Om meer uit te vind van hierdie wenner-bakkie, besoek gerus diewebwerf by www.nissan.co.za ofskakel 0800 NISSAN.

Die NP300 Hardbody 2.5 Tdi Hi-Rideris ’n baie betroubare lid van Nissan sehardwerkende reeks 1-ton bakkies watdie lewe vir boere makliker kan maak.Die bakkie is stewig en kragtig, maarook rats en ekonomies – meer werk virminder diesel.

Nog ’n groot voordeel van dieaankoop van plaaslik-vervaardigdebakkies is dat onderhoud bekostigbaaris en dat onderdele geredelik en vinnigbeskikbaar is.

Page 14: ProAgri 133, Februarie 2011
Page 15: ProAgri 133, Februarie 2011

ProAgri 133 - Februarie / February 2011www.proagri.co.za 15

Vervoer

“Die geheim lê in die veerstelsel.”Aan die woord is Johan du Plooy

van die Rand. Hy het pas vir hom ’nsplinternuwe 4-metersleepwa van NicSleepwaens gekoop, nadat sy vorige 3-meterwa voortydig die lewe gelaathet.

Die “voortydig” was toe die wa reeds218 000 km agter die blad gehad het eniemand van agter af in hom vasgejaaghet. Johan het met wa, bakkie en al diepad verlaat en gerol. Gelukkig het hynie seergekry nie, maar hy moes dring-end sy rygoed vervang en soos altydwas Nic Keyser van Coligny gereed met’n nuwe, groter en beter sleepwa.

Johan sê: “Jy moet weet, ’n Nic-sleepwa is ’n ongelooflike bleddie ding.As dit nie vir die ongeluk was nie, souek nou nog met die vorige sleepwarondgery het. Nou, met die groter wa,kan ek baie meer diere en bale of watook al skuif.”

Johan was ’n groot orgideeboer nabydie Johannesburgse mark, maar hy sêin die huidige ekonomiese klimaat hetmense eerder vleis as blomme nodig endaarom is dit vir hom belangrik om ’nbetroubare veevervoermiddel te hê. Hysê sy sleepwa bly permanent aan sybakkie gehaak en of daar vrag op is ofnie, hy ry ewe lekker: “Dit gaan oordaai veerstelsel…”

’n Sleepwa het nie ’n “boekie”-waarde nieNic Keyser stem saam dat sy uniekebuigsame onderstel ’n belangrike rol

speel in rygerief – nie net vir die managter die stuur nie, maar ook vir diediere op die wa. Dit is egter nie al waar-oor dit gaan nie. Dit is uitstaande vak-manskap en goeie gehalte materiaalwat maak dat ’n Nic-sleepwa sy waardebehou.

“’n Sleepwa is nie soos ’n kar nie,”verduidelik hy. “Daar is nie ’n outo-matiese depresiasiewaarde nie; wat jysien is wat jy kry en dit is waarvoor jybetaal.”

’n Sterk sleepwa wat nog goed lyk,het ’n baie goeie tweedehandse of inruilwaarde. Dit gebeur dikwels dat ’nNic-sleepwa wat vyf jaar gelede gekoopis, nou vir meer geld as die aanvanklikeaankoopprys verkoop kan word. Die inruilwaarde maak nogal ’n dramatieseverskil op die kontant wat nodig is vir ’nnuwe sleepwa.

“Ons is aanhoudend besig met nuweontwikkelings of klein verbeterings aanons waens, want ons luister wat dieboere vir ons sê. So, as ’n man ’n nuweof groter wa wil hê, sê ek altyd vir homom sy oue in te bring. Dit help hom om’n nuwe een makliker te bekostig en opdaardie manier help ons weer iemandanders wat dalk nie so kapitaalkragtig isnie, soos ’n beginnerboer.”

Elke ingeruilde sleepwa word vanvoor tot agter deurgegaan, herbou indien dit nodig is, geverf en van nuwebande voorsien indien die oues afgeloopis. Dit lyk en is soos nuut!

Net vir interessantheid, ’n stel bandekan maklik 100- tot 150 000 km hou

’n Nic-kombinasiesleepwa kan aangepas word om voorsiening temaak vir die vervoer van enige soort plaasdiere soos perde,beeste, skape en varke.

’n Boer wat graag ’n groter Nic-sleepwa wil aanskaf, kangerus sy vorige sleepwa kom inruil – hy sal verbaas weesoor die goeie tweedehandse waarde

“Dis alles in die vering”

Besoek www.nictrailers.co.za om uit tevind waar jou naaste agent is – daar is114 landwyd – of skakel 018-673-0224 of 082-859-0904 om ’n bietjie tegesels oor die tweedehandse waardevan jou Nic-sleepwa. Jy kan ook ’n e-pos stuur na [email protected].

voor dit vervang moet word.Beginnerboere hoef ook nie te skrik

vir ’n skielike groot kontantbedrag nie.Finansiering is by die meeste handels-banke beskikbaar.

Soos Nic sê: “Dit is net ’n paar goeiebulle verder, dan maak jy jou geldjiesterug!”

En daai bulle kan verseker wees vandie volgende goeie diens: ’n Afskortingvir elkeen, ’n glymat van rubber of staal,’n gerieflike oploopbaan en stewigeronde pype wat kneusing voorkom. Diereis is so gerieflik dat ’n bul by sybestemming sommer dadelik aan diewerk kan spring!

Nic-sleepwaens is natuurlik nie net virbulle bedoel nie. Daar is ’n reeks van147 modelle wat sleepwaens insluit virmotors, vierwielmotorfietse, brandbe-stryding en selfs helikopters enkameelperde! Daar is die Nic-kombi-nasieveesleepwaens, tenksleepwaens,platbaksleepwaens, enkel- en dubbel-assleepwaens en waens van enigegrootte.

Die tussenskotbalke wat by die kom-binasiesleepwa op enige plek deurge-steek kan word, maak dit moontlik omop dieselfde wa 4 perde, 5 beeste, 50skape of 25 varke te vervoer. So jy kanVrydag jou skape veiling toe vat en dankan die kinders Saterdag gaan skou-spring – en dit met net een wa.

Page 16: ProAgri 133, Februarie 2011
Page 17: ProAgri 133, Februarie 2011

ProAgri 133 - Februarie / February 2011www.proagri.co.za 17

Veeboerdery

Gee rooiwater die bloupas

Hieronder is ’n kort opsomming wat die verskil tussen Afrika-rooiwater en Asiatiese rooiwater aandui.

Asiatiese rooiwater (Babesia bovis)

Asiatiese rooiwater word net deur Rhipicephalus microplus oorgedra.

Die groot verskil in die oordrag is dat die larwestadium die Babesia bovis-parasiete oordra na die beeste. Terselfdertyd verloor die larwes die besmetting.Die volwasse bosluise kan dan weer die besmetting opdoen wanneer hulle op ’naangetaste bees voed en alleenlik dan word die besmetting deur die eiers nadie volgende geslag bosluise oorgedra.

Afrika-rooiwater (Babesia bigemina)

Oorgedra deur altwee spesies van die bloubosluis Rhipicephalus (Boophilus) decoloratus en R microplus).

Die nimf-stadium (meer algemeen) en volwasse stadium (in ’n mindere mate)dra die Babesia bigemina-parasiete oor na beeste. Wanneer hulle die parasieteoordra, verloor die bosluise nie die besmetting nie en bly vir meer as een geslagbesmet.

’nOntploffing in bloubosluisgetalle ismoontlik in nat toestande wat dan

weer opgevolg word deur baie warmsonskyndae. Bloubosluisgetalle skiet inelk geval in die herfs die hoogte in en asdie klimaatsomstandighede saamspeel,kan dit probleme vir beesboere beteken.

Bloubosluise veroorsaak rooiwater enrooiwater bly die grootste oorsaak vanvrektes onder beeste, veral in die laat-somer, waarsku dr Danie Odendaal indie Veegesondheid- en produksiegroepse nuusbrief, V-pos.

Die rooiwaterprobleem is tans nieonder beheer nie en ’n span kundigesgaan bymekaargeroep word om die beheer van die siekte te hersien, belowedr Odendaal. Voorgestelde riglyne virdoeltreffende beheer van die siekte saldan bepaal en aan beesboere deurgegeeword.

Intussen, veral omdat die voorkomsvan rooiwater nou weer in Februarie enMaart ’n hoogtepunt gaan bereik, isdaar ’n basiese beginsel in die kort-

termynbeheer daarvan, waarop allebeesboere moet let:

Dit is altyd belangrik dat ’n veeartsbevestig watter soort rooiwater op ’nspesifieke plaas voorkom, want dit het’n groot invloed op die korttermyn enlangtermyn beheer van die siekte ofvoorkoming van vrektes.

Wat is die belang van dié kennis? Ditis duidelik dat dit baie moeiliker is omAsiatiese rooiwater te beheer omdat ’nstabiele siektevoorkoms nie normaalwegbestaan nie.

Dit is ’n verdere rede waarom dieoorsaak van rooiwatergevalle met ’nbloed- of breinsmeer deur ’n veeartsbevestig moet word.

Die belangrikste punt om van kenniste dra, is dat die larfstadium van diebloubosluis, wat so groot soos ’n kop-speld se kop is, Asiatiese rooiwater oor-dra. Die larwes kan so gou as een weekna die vorige behandeling weer opbeeste klim en aanheg.

Vir korttermyn beheer op plase waar

So skiet bloubosluisgetalle in die herfsop om die gevaar van rooiwater ernstigte verhoog. Erkenning: Siektes enparasiete van beeste, skape en bokke inSuid-Afrika deur Pamela Oberem en andere.

Verdere navrae kan per e-pos gestuur word na die Veegesondheid- en -produksiegroep se [email protected].

Asiatiese rooiwater voorkom (vatbarebeeste), moet bloubosluise in die laat-somer weekliks beheer word.

Dit is veral belangrik in kampe met ’ngeskiedenis van swaar bosluisbesmet-ting gedurende die voorafgaande lenteen voorsomer.

Wanneer beeste na ’n kamp watgerus het verskuif word, moet hulle netvoor hulle ingejaag word behandel worden ook weer een week later.

Larwes

EiersEiers

Nimfe Volwassenes

Larwes

EiersEiers

Nimfe Volwassenes

Page 18: ProAgri 133, Februarie 2011

ProAgri 133 - Februarie / February 2011 www.proagri.co.za18

merke is in orde. Dit is ook nie sommerspeletjies nie. ’n Vee-eienaar kan ’n boetevan ’n paar honderd rand op die lyf loopvir elke bees wat nie behoorlik gebrand-merk is nie.

Marinus sê daar in sy omgewing werkhulle baie lekker saam met die mannevan die veediefstaleenheid. “Hulle is selfsso gaaf om ons pakke met brand-merkregistrasievorms in Pretoria te gaanaflewer, sodat ons nie self hoef te ry nie!”

Hy sê as almal nie by die reëls hounie, kan dit groot moles tot gevolg hê enselfs onskuldige mense wat onwetend betrokke geraak het, kan in die spervuurland. Dit kan gebeur dat gesteelde veeverkoop word en dat ’n koper alles kanverloor – sy geld en die vee wat hygekoop het.

Tot die afslaer en die bestuurder vandie voertuig wat die vee aangery het, kanbeboet word. Dit is hoekom dit belangrik is dat almal seker maak dieverkoper se papierwerk en brandmerkeisin orde.

Mnr Jaco Maré, voorsitter van die Nasionale Veediefstalforum, sê dat ganste veel hofsake verloor word omdat boerese vee nie behoorlik gemerk is nie. Eienaars moes al verslae staan en toekykhoe die diewe vry uit die hof stap, omdathulle nie kon bewys dit is hulle eiendomnie.

“Dit is nie die moeite werd om kansete waag met die merk van vee

nie,” sê Marinus van Jaarsveld van VanJaarsveld-afslaers by Nylstroom. “Dieenigste mense wat wen as ons nie onsvee merk nie, is die diewe. Verder verloor almal – kopers, verkopers enselfs afslaers.”

’n Paar vee-eienaars het onlangs hullerieme styfgeloop toe die polisie se vee-diefstaleenheid op veilingskrale toege-slaan het om seker te maak almal se

Veeboerdery

Brandmerk of kry dit hotagter

Marinus van Jaarsveld, hier in aksie by’n Landboukorrels Boeredag, glo afslaers en veeverkopers moet saam-werk om seker te maak dat vee behoorlik gemerk is.

Hy het dit ook benadruk dat boerediefstalle moet aanmeld: “Dit help dieveediefstalforum om saam met diepolisie probleemgebiede te identifiseerwaar optrede benodig word.”

Kolonel Osie Oosthuizen, nasionalebevelvoerder van die polisie se veedief-staleenheid, sê meer as 50% van die veein die land is nie gemerk nie. Die polisiehou baie inligtingsessies om veral op-komende boere of kleinboere tradisionelegebiede in te lig oor die belangrikheidvan veemerke.

“Baie keer dink ’n vee-eienaar dit isnie die moeite werd om sy twee bokkeen drie beeste te merk nie, totdat ’n beesgesteel word, dan maak dit skielik sin…”

Dit is egter ook groter boere enspekulante wat nie vee merk nie. “Ekweet nie hoekom nie, hulle doen dit netnie,” sê hy.

Met betrekking tot die besoeke aanveilingskrale sê hy dat dit maar roetine-optrede is. Veral in ’n omgewing waarbaie diefstalle aangemeld is, gaan kykdie veediefstaleenheid of die gesteeldevee dalk hulle pad deur ’n veiling vind.

Boetes vir ongemerkte vee verskil vandistrik tot distrik, aangesien landdrostedie boetes bepaal, maar herhaaldeoortreders moet hulle maar regmaak virswaar strawwe.

Kol Oosthuizen sê die merk van vee isnie die aller antwoord op veediefstal nie,maar dit is ’n belangrike wapen in diestryd.

Page 19: ProAgri 133, Februarie 2011

ProAgri 133 - Februarie / February 2011www.proagri.co.za 19

Page 20: ProAgri 133, Februarie 2011

ProAgri 133 - Februarie / February 2011 www.proagri.co.za20

Page 21: ProAgri 133, Februarie 2011

ProAgri 133 - Februarie / February 2011www.proagri.co.za 21

Gaan Jannie die pyp rook?Gemengde reaksie van boere het dieaanstelling van mnr Jannie de Villiersvan die Meulenaarskamer as GraanSAse nuwe hoofbestuurder begroet. Leeswat leierboere te sê het:http://bit.ly/Jannie

Amerikaanse “buffel” wordAfrikaansEen van die dae, as alles reg loop, saljy ’n heerlike beefalo-(bief)stuk op diekole kan braai. ’n Suid-Afrikaanse student is besig met ’n navorsingspro-jek om bison-gene op Afrikanerbeestete gebruik: http://bit.ly/beefalo

Water dalk ook in rooivleis?Die Rooivleisprodusente-organisasiehet die aankondiging dat die Departe-ment van Landbou regulasies gaan instel om die inspuit van pekelwater inhoendervleis te reguleer, verwelkom:http://bit.ly/rooivleis

Brande word ’n warm probleemDie toename in brande is een van dieonderwerpe wat by die Wildfire 2011-konferensie bespreek gaan word. Diekonferensie word van 9 – 13 Mei bySun City gehou:http://bit.ly/vuurwarm

Jakkalse glimlag breedRooijakkalse in die Wes-Kaap kansteeds voortgaan met hulle verwoes-tingswerk onder skaapkuddes. Ditvolg na ’n taakspan aangestel is omeers verdere navorsing te doen:http://bit.ly/jakkalse

Woolworths soek ’n “kaasbaas”Woolworths daag alle klein kaasmakersuit om met nuwe opwindende kasevorendag te kom. Enige oorspronklikekaas wat die afgelope jaar ontwikkel is,maar nie tans in supermarkte verkoopword nie, kan vir die wedstryd inge-skryf word: http://bit.ly/kaasbaas

Skole aartappelwedstryd was pretAartappels Suid-Afrika is baie in hullenoppies met die terugvoer van hulleskole-aartappelwedstryd van verledejaar. Sowat 50 skole het met mekaarmeegeding om mooi groot aartappelste verbou:http://bit.ly/aartappelwedstryd

AfriForum wil weet: Waarom diehoë tolgeld?Die tolgeld sal na verwagting boerewat produkte na veral die varsproduk-temark in Johannesburg en ketting-winkelgroepe aan die Rand vervoer, sesakke kwaai ruk:http://bit.ly/tolgeld

ProAgri spog met ’n pragtige vars webwerfpropvol nuus en foto’s. Besoek gerus onswerf of volg die skakels om spesifieke artikels en berigte te lees:Weidingshandboek –

KP Archibald eaUitgewer: Kejafa

Daar is ’n rede waarom ’n boekwat in die vroeë

negentigerjare verskyn het,steeds bygewerk en as handboekvir studente voorgeskryf word.

Die Weidingshandboek is ’nvolledige handleiding oor weid-ingsgewasse en die benutting daarvan. Dit is nie ’n koffietafelboek met pragtigefoto’s en ’n dramatiese uitleg nie, maar die inligting is netjies en duide-lik uiteengesit sodat dit as ’n naslaanwerk gebruik kanword.

Die keurige taalgebruik sorg egter dat dit ook net geleeskan word deur belangstellendes. Die boek is in Afrikaans enEngels beskikbaar en die 2010 uitgawe is vergroot na A4sodat die tabelle makliker gelees kan word.

Die Weidingshandboek se groot waarde lê in sy uitgebreide lys van grasse waarin nie net die grassoorte sevoorkoms en voedingswaarde bespreek word nie, maar ookvestigingsmetodes, bemesting en produksiepotensiaal. Dieresultate van proewe in verskillende streke en op verskillende stadia van die gras se groeityd word intabelvorm weergegee.

Daar is ook praktiese riglyne oor grondvoorbereiding, bemesting, onkruidbeheer en besproeiing. Sonder omdoekies om te draai, word die voordele en nadele van beweiding en hooimaak teen mekaar opgeweeg. Kuilvoer het ook sy hoofstuk met die nodige inligting oorgewasse, metodes om die gistingsproses aan te help enbyvoegings.

As ’n bonus word al die inligting van toepassing gemaakop diere se voedingsbehoeftes. Daar word voorsieninggemaak vir kudde- en voervloeibeplanning, asook die identifisering van voedingsprobleme.

’n Groot voordeel van die Weidingshandboek is dat daarby elke hoofstuk ’n volledige verwysingslys na ander lektuuris.

Soos aan die begin gesê, daar is ’n rede waarom diehandboek na 20 jaar steeds bygewerk en gebruik word. Ditkan egter veral vir boere waardevol wees as nuwe inligtingmet betrekking tot weidingsbestuur, soos hoëdrukbewei-ding, wat die afgelope paar jare na vore gekom het, ookbygewerk word. Bestel by [email protected] of 011-025-4388 teen R330.

Al wat jy hoef te doen:Kry ProAgri op Facebook/Bakkiesblad en Laaik (Like) ons.

(’n Mens vind ProAgri maklik deur in die boonste soekspasie vir “ProAgri” te soek.)Prystrekking vind op 15 Maart plaas en die wenner sal per Facebook/Bakkiesblad laat weet word.

WenWeidingshandboek

deur een keer met jou muis te klik!

Werfnuus www.proagri.co.zaAgrikyk & Lees

Page 22: ProAgri 133, Februarie 2011

ProAgri 133 - Februarie / February 2011 www.proagri.co.za22

deur Dom Boer

Wenner! Lucya Kemp van Vryheid slaan hierdie maand ’nmusiekpiering van die Bosveldklong los. Stuur jou grap-pies met jou naam en adres na [email protected].

Hoekom klop boere se hartevinniger, raak hulle knieë

lam, word hulle kele droog endink hulle irrasioneel as ’n vrouleerklere dra?Sy ruik soos ’n nuwe bakkie.

Die onnie vra vir die aardrykskundeklas: “Watter deel van die son is die warmste?’’” Jannie antwoord dadelik: “Bladsy 3, juffrou!”

Die eend loop by die kroeg in en vra vir die kroegman: “Het jy brood?”Kroegman: “Nee.”Eend: “Niks brood nie?”Kroegman: “Nee, ek sê mos ons het nie brood nie!”Eend: “Nie eers ou brood nie?”Kroegman: “Is jy doof of wat? Ons het nie brood nie! As jymy weer vra, gaan ek jou bek aan die kroegtoonbankvasspyker!”Eend: “Het jy spykers?”Kroegman: “Nee.”Eend: “En brood?”

Hennie het stad toe getrek om te gaan studeer. ’n Paar daelater stap hy by die hardewarewinkel in en bestel 3 500 000bakstene.“Sjoe, wat wil jy bou?”, vra die ou agter die toonbank.“’n Braaivleisplek,” antwoord Hennie.“Drie-en-’n-half-miljoen bakstene vir ’n braai! Is jy seker?”“Ja boet… my woonstel is op die 14de verdieping.”

agrilag

Page 23: ProAgri 133, Februarie 2011

AgriTrader is ʼn uitstekende bemarkingsmeganisme om kopers en verkopers van lewendehawe, trekkers, voertuie, werktuie, en alle ander landbou toerus�ng by mekaar uit te bring. Veeveilingsadvertensies in AgriTrader lok wye reaksie uit, probeer dit gerus.

Vir die bekos�gbaarste advertensietariewe in Suid-Afrika, skakel:

Stefan van Wyk (Bloemfontein) 082-381-7563 | 051-446-0789 [email protected] Rall (Pretoria) 083-227-4333 [email protected]

AgriTraderAdvertensiediens vir die boer

Advertising service for the farmer

60 000 eksemplare na aktiewe kommersiële boere landswyd

AgriG

ids

ProAgri 133 - Februar ie / Februar y 2011 23www.proagri.co.za

Page 24: ProAgri 133, Februarie 2011

AgriGids

ProAgri 133 - Februarie / February 2011 www.proagri.co.za24

Page 25: ProAgri 133, Februarie 2011

www.proagri.co.za

AgriG

ids

ProAgri 133 - Februar ie / Februar y 2011 25

Page 26: ProAgri 133, Februarie 2011

AgriGids

ProAgri 133 - Februarie / February 2011 www.proagri.co.za26

Page 27: ProAgri 133, Februarie 2011

Gen

eGids

ProAgri 133 - Februar ie / Februar y 2011 27www.proagri.co.za

AgriG

ids

Vir u gerief is

ProAgri

nou by verskeie

koöperasies en

landboubesighede

beskikbaar.

Skakel gerus vir Renier by 012-362-2732 as ProAgri nie op u dorp verkrygbaar is nie.

Verspreiding word verder uitgebrei in die volgende drie maande na die Wes-Kaap, Noord-Kaap,Mpumalanga, Kwazulu-Natal en Limpopo.

Wees gerus: As jy altyd ProAgri in die pos gekry het - dit sal

steeds daar wees. Poskantoorverspreiding gaan voort soos altyd.

Aandag boere in die Vrystaat, Noord- en

Suid-Kaap

Page 28: ProAgri 133, Februarie 2011

ProAgri 133 - Februarie / February 2011 www.proagri.co.za28

AgriGids

Gen

eiGids

Brangus CattleBreeders

Society

PO Box 12465

Brandhof

9324

Tel: 051-444-1144

Fax: 051-444-5070

[email protected]

www.brangus.org.za

Page 29: ProAgri 133, Februarie 2011

ProAgri 133 - Februarie / February 2011 29www.proagri.co.za

Veilin

gs

Gen

eiGids

Page 30: ProAgri 133, Februarie 2011

Veilin

gs

ProAgri 133 - Februarie / February 2011 www.proagri.co.za30

Op die plaas, De Unie, tussen Vosburg en Carnarvon is daar ’n

dorperram met jou kudde se naam op.Hy staan net en wag dat jy hom by Hennie Human se 15de produksieveilingmoet gaan haal sodat hy goeie vleis najou plaas toe kan bring.

’n Ram wat van De Unie af kom is ’nram wat met 27 jaar se noukeurige teling en streng seleksie agter homstaan. Die genetika is uiters gesog

onder telers en kuddeboere. Hennie isnie verniet al meer as een keer by dieWêreldkampioenskap vir Dorpers asTeler van Kampioene aangewys nie!

Sy stoet is bekend vir die leweringvan dorpers met goeie vleiseienskappe,goeie lyflengte, vrugbaarheid engehardheid in veldomstandighede. Dit ishierdie gehardheid wat die diere so aanpasbaar maak.

’n Dorper van De Unie gaan nie by sy

By Hennie Human moet stoetooie op dieselfde veld as kommersiële skape produseerom te verseker dat net die beste genetika behou word.

Goeie gene gee goeie vleisnuwe bestemming staan en wonderwanneer kom die poeding nie, hy gaaneet wat daar is, sy kondisie behou en sywerk doen.

Die rede daarvoor is dat Hennie sestoetdiere in presies dieselfde eksten-siewe omstandighede as sy kommer-siële diere aangehou word. Hulle lewe ingroot kampe, kan ver loop water toe enselfs dragtige ooie het nie allerhandebyvoedings nodig om goeie lammers tegee nie.

Streng seleksiereëls geld nie net virdie ramme nie, maar ook die ooie. ’nOoi wat nie met die eerste dekking vatnie, kry nog een kans voor sy slagpaletoe gaan. Die resultaat is ’n gesonde,produserende stoet.

Boere wat die veiling op 7 April bywoon, kan verseker wees dat geensubstandaard dier aangebied gaan wordnie. Saam met die gasverkoper, PieterStofberg word daar 60 dorperramme, 50 dorperooie en 30 witdorperrammeaangebied.

Al die diere is teen slenkdalkoors ingeënt.

Rig enige navrae aan Hennie Humanby 083-645-6062, Pieter Stofberg by 082-835-7643 of Johan Human by 082-573-4168.

Page 31: ProAgri 133, Februarie 2011

Veilin

gs

ProAgri 133 - Februarie / February 2011 31www.proagri.co.za

W I L D V E I L I N G

Kontakpersone:

Coena Smith Snr 082-388-2740

Coena Smith Jnr 082-388-2743

Janco Smith 082-388-2741

Ola Smith 082-388-2742

Kantoornommer 014-755-2636

GPS coordinate S 24° 18.192

O 028° 06.797

Krokodilnest Produksie-wildveiling

Voorwaardes:

1) Kontant of bankgewaarborgde tjek op dag van veiling - GEEN UITSONDERING!

2) Vleissentraal se standaard-voorwaardes van verkoop is van toepassing.

3) BTW is betaalbaar.

4) Skakel om seker te maak dat die wild waarin u belangstel op hok is.

26 Maart 2011Oljaco Krale Vaalwater

Page 32: ProAgri 133, Februarie 2011