52
ProAgri ProAgri tegnologie vir die boer technology for the farmer Junie / June 2014 No / Nr 172 ISSN 1042 - 1558 Meganisasie | Nuwe tegnologie | Hulpbronbestuur | Veeboerdery NAMPO se oogvangers Wenplanter bied nou nog meer Bestuur oral met Farmsight TM

Proagri 172

  • Upload
    proagri

  • View
    271

  • Download
    9

Embed Size (px)

DESCRIPTION

Hierdie uitgawe is propvol inligting oor nuwe tegnologie en meganisasienuus wat ons redaksionele span by Nampo bymekaar gemaak het. Op www.proagri.co.za is daar nog heelwat meer nuus. Dit was ook vir ons heerlik om by ProAgri se eerste eie Nampo-stalletjie met ons lesers kennis te maak.

Citation preview

Page 1: Proagri 172

ProAgriProAgritegnologie vir die boertechnology for the farmer

Junie / June 2014No / Nr 172

ISSN 1042 - 1558

Meganisasie | Nuwe tegnologie | Hulpbronbestuur | Veeboerdery

NAMPO se oogvangers

Wenplanter bied nou nog meer

Bestuur oral met

FarmsightTM

Page 2: Proagri 172
Page 3: Proagri 172

Daar is boere in die land wat derduisende hektare, soms honderde kilometer van mekaar af, met ver-

skillende gewasse regdeur die land suksesvol beplant. Aankoopkeuses met miljoene rand se implikasies moet gemaak word. Dikwels het die boerdery nog ’n veekom-ponent met al die bestuurstake wat daarmee saamgaan. Daar is salarisse wat betaal moet word, maatskaplike verantwoordelikhede teenoor werkers, soos behuising, noodsaaklike onderhoudswerk aan plaaspaaie en ma-sjiene en dan is die boer nog betrokke by die reëlings van die plaaslike landbouskou en kerkkermis. En alles werk. Dan wonder ’n mens hoe die regering met al sy belast-

ingvretende administratiewe strukture dit nie eers regkry om ’n paar basiese dienste aan die gang te hou nie; en waarom daar 82 ministers daarvoor nodig is. Veral ook hoe dit moontlik is dat ’n minister wat nie eers sy plaaswerker die minimumloon betaal nie, minister van Landbou kan word. Ek vermoed as ons ’n handvol van die land se besigste boere die taak gee om die land te bestuur, sal dinge aansienlik beter gaan! Hierdie uitgawe is propvol inligting oor nuwe tegnologie en meganisasienuus wat ons redaksionele span by Nampo bymekaar gemaak het. Op www.proagri.co.za is daar nog heelwat meer nuus. Dit was ook vir ons heerlik om by ProAgri se eerste eie Nampo-stalletjie met ons lesers kennis te maak.

Boer slim!

Annemarie Joubert >[email protected]

Meganisasie3 Stap saam deur Nampo10 Suksesvolle minimumbewerking met AST/Matic13 Kyk en bestuur orals gelyk met Farmsight™15 Wen met LEMKEN aan jou sy17 Plant vir Afrika met Great Plains19 Horsch maak dit makliker, lekkerder en lonender

Hulpbronbestuur21 Shell: Kyk mooi waar jy volmaak22 Met Bonnox is binne binne en buite is buite

Veeboerdery27 Kuilvoerkerwers: Staalmeester bereik nuwe kerf

Gereeld30 Veilings33 Genegids35 AgriTrader45 Tweedehands

Redakteursbrief Voorblad

Inhoudsopgawe / Contents ProAgri

Smart Publishing

Gebou 2, Menlyn Woods,Spritestraat 291, Faerie Glen

Tel: 0861-777-225www.smartpublishing.co.za

Business-to-Business: Agriculture ABC

January tot March 2014 – 39 763

Copyright © 2013. All rights reserved. No material, text or photo graphs may be reproduced, copied or in any other way transmitted without the written consent of the publisher. Opinions expressed are not necessarily those of the publisher or of the editor. We recognise all trademarks and logos as the sole property of their respective owners. ProAgri shall not be liable for any errors or for any actions in reliance thereon.

SakebestuurderGeorge Grobler

3

21

27

15

30

So indrukwek-kend as wat die Equalizer-uit-stalling by Nampo was, so doeltref-fend is die reeks Equalizer-planters wat deur Theebo Tech in die Kaap vervaardig word. Lees op bladsy 5 meer oor ’n paar van hulle nuwe ontwikkelings of besoek www.equalizer.co.za.

www.proagri.co.za ProAgri 172 – Junie / June 2014 1

Redakteur tydskrif en aanlynAnnemarie Joubert > [email protected]

VerslaggewerDu Preez de Villiers > [email protected]

Senior bemarkerStefan van Wyk > [email protected]

Bemarkers: Klein advertensiesXander Pieterse > [email protected]

Adele van Tonder > [email protected]

Uitleg & grafi kaEsta van Niekerk

NavraeEngela du Plessis > [email protected]

Rekeninge Ronel Keet > 0861-777-225 [email protected]

Verspreiding en intekeningMarlien v d Westhuizen > [email protected]

Page 4: Proagri 172
Page 5: Proagri 172

www.proagri.co.za ProAgri 172 – Junie / June 2014 3

Groot trekker met klein aptyt

Dié bielie is die 305 kW Claas Axion 950-trekker – die grootste wieltrekker op die mark wat nie ’n knakker is nie. Dié tegnologies ge-vorderde trekker het ’n CPS-monitorstelsel (dit staan vir Claas Power System) wat die enjin dophou en sorg dat die IVT-ratkas net genoeg krag kry vir die spesifieke werksbehoefte. IVT staan vir Infinitely Variable Transmission, wat in goeie Afrikaans beteken dat jy nie meer die beste van twee ratverhoudings weerskante van jou behoefte hoef te kies nie – presies die regte ratverhouding tussen enjinkrag, enjinomwentelinge en brandstofekonomie is beskikbaar vir elke taak. Met die fyn rekenaarbeheer is daar geen brandstofvermorsing nie.

Slim hoef nie altyd groot te wees nie

Theuns Dreyer van Senter360 het ’n slim, maar eenvoudige oplossing gebied aan boere wat verskuifbare spilpunte benodig. Die moeilikste deel van spilpuntskuif lê by die optel van die sentrale toring. Met die nuwe idee word die toring eenvoudig aan die trekker se driepunt gehaak (sien op die foto die haakpunte) nadat die watertoevoer natuurlik ontkoppel is. Die trekker sleep dan die spilpunt op sy wiele na die volgende land waar die waterkoppeling, krag en ’n betonblad gereed staan. Let op die twee hoekysters wat soos ’n spoor gereed lê en waarin die spilpunt se basis netjies pas, sodat dit presies op die regte plek te staan kom. Dit is nou net ’n geval van vasbout, koppel en aansit.

Equalizer trap wye spore

Die Suid-Afrikaanse maatskappy, Theebo Tech, is met hulle reeks Equalizer-wyeraamplanters besig om wêreldwyd ’n spoor te trap, van Australië, deur Afrika, tot in Kanada waar Theebo Tech se gepaten-teerde presisie-uitmeeteenheid in groot aanvraag is.

Equalizer het ’n hele paar nuwe ontwikkelings gewys, veral met betrekking tot kunsmisplasing, soos ’n nuwe skyfkunsmiskouter vir die SL-mielieplanter. Die eenheid kan maklik afbout en met ’n tand vervang word vir minimumbewerking.

Theebo Tech bou nou ook vir die eerste keer ’n 4-ry Min-Till-planter (sien foto). Dit is nie meer nodig om op die wenakker te sukkel nie en vee- of ander boere wat kleiner aanplantings doen, kan nou ook baat vind by dié planters wat in Suid-Afrika vir Suid-Afrikaanse omstandighede gebou word.

Baal groot met Rovic Leers

Dié reuse blitsige hoë-kapasiteit Krone Big Pack 1290 HDP XC-baler spog met die onderskeiding dat dit tans die grootste, swaarste bale in Suid-Afrika kan maak.

Die 1290 beteken die bale is 1,2 meter breed en 90 cm hoog, en met stewige saampersing kan hy ‘n lusernbaal van ’n allemintige gewigtige 850 kg uit-spoeg. Die XC staan vir die fynsny van die materiaal in die baalproses om die bale veral geskik te maak vir voerkrale of enige intensiewe voermengproses. Die hele proses word elektronies beheer en die skaal is uiters akkuraat.

Stap saam deur NAMPOBoere is vindingryke mense en maatskappye wat met hulle sake wil doen moet voortdurend aan nuwe, beter en ekono-mieser oplossings dink. By die pas afgelope Nampo was weer ’n magdom nuttige slimmighede te sien:

Claas

Senter 360

Rovic Leers

Equalizer

Page 6: Proagri 172

verskaffer van

vir geenbewerking in Suid-Afrika sê:

Dankie boere!

Kontak Hennie du Toit by 082-850-3744, 056-817-7210 of [email protected] Hennie du Toit by 082-850-3744, 056-817-7210 of [email protected].

Geenbewerking verg goeie toerusting. Crop-Tech se reeks Jumil-planters kan van die kleinste tot die grootste boer help om hoër opbrengs deur beter grondbestuur te behaal.

Anthony Muirhead van die Geenbewerkingsklub bewys met ‘n eenvoudige eksperiment wat die voordele van geenbewerking en ‘n behoorlike deklaag is.

Die drie laaitjies is gevul met dieselfde soort grond. Die eerste is onbedek gelaat, die tweede is effens bedek en die derde het ‘n behoorlike deklaag gekry. Wanneer daar water oor die laaitjies uitgegooi word, kan duidelik in die glasbuise gesien word hoe die kosbare bogrond van die eerste laaitjie wegspoel, terwyl die derde laaitjie net ‘n bietjie waterafl oop het.

“Ons het ‘n uitstekende NAMPO met goeie verkope agter die rug op ons groter standplaas in die nuwe terrein-uitbreiding. Dankie aan al ons besoekers en ook ons handelaars vir hulle harde werk by die uitstalling.”

Page 7: Proagri 172

www.proagri.co.za ProAgri 172 – Junie / June 2014 5

Kontak Hennie du Toit by 082-850-3744, 056-817-7210 of [email protected].

Bestuur jou besproeiing van ver afSuid-Afrikaanse boere is van die eerstes om die voordele te geniet van die internasionale besproeiingsmaatskappy, Lindsay, se afstandbeheerstelsel, FieldNET, met sy veel-voudige beheerpaneel, MULTI-CONTROL. FieldNET kan deur radiobeheer of die internet werk en dit is beskikbaar as Android- en Apple-toepassings. Die FieldNET-stelsel ontvang data van die veld af, soos vogmetings, temperatuur en watergebruik en kan ook in

kennis gestel word van ver-stopte of lekkende pype. Die beheerpaneel laat jou dan toe om die stelsel te bestuur, soos pompe en kleppe, toediening van bemesting- en chemiese stowwe, filterspoelings en beskermingsmeganismes teen ryp.

’n Nuwe Patrol(lie) vir die plaasNissan het sy nuwe Patrol bekendgestel met die aansprake van beste in sy klas vir loonvrag, ’n nuwe enjin (beste in sy klas ten opsigte van krag en wringkrag, wat tot beter brandstofekononie lei), dienstye nou net elke 15 000 km en ’n trap-in-die-spooras-wydte wat voor en agter dieselfde is.

Lindsay

Nissan

Spesiaal vir sonneblom

Agri Afrika het tussen hulle nuwe, wyer planters en groter tapkarre die oog gevang met die sonneblom-stropertafel. Ombu se reeks tapkarre het naam gemaak as robuuste werkesels op baie Suid-Afrikaanse plase, en nou kan sonneblomboere ook die stroopproses aanvul met ’n stewige Ombu-stro-pertafel. Marius Tolmay van Agri Afrika sê die boere wat hulle vanjaar al gebruik het, praat met lof oor die hoër stroopspoed, minder vemor-sing en taaiheid. Agri Afrika voer tafels vanaf 8 voet (2,4 m) tot 40 voet (12,2 m) in, met die opsie om ’n doelgerigte tafelkar daarmee saam aan te skaf.

Agri Afrika

Vitamech

Vitamech slaan ook tande in die grondVitamech het vanjaar sy uitgebreide reeks Väderstad-toerusting bekend gestel. Die ster in die arena was die Väderstad TopDown grondbewerkings-oplossing met sy drie-in-een-aksie. Die TopDown werk van 3 tot 9 meter wyd. Die bewerking begin met twee rye geriffelde skottels wat teen ’n kontrahoek teenoor mekaar werk om deur reste te sny. Dit word opgevolg met ’n tandbewerking. Daar is drie rye tande vir beter grondvloei. Na die tande loop ’n stel gelykmakers en dan word die saadbed stewig saamgedruk. Die bewerkingsdiepte wissel van vlak tot 40 cm diep.

Page 8: Proagri 172
Page 9: Proagri 172

www.proagri.co.za ProAgri 172 – Junie / June 2014 7

EntstoftoedieningBy vanjaar se Boerepatente-wedstryd het Cobus van Coller van Viljoenskroon die Ope Afdeling gewen en ’n spesiale toekenning ontvang vir sy veranderlike entstoftoedie-ner. Die entstof word saam met die saad in die grond geplaas en die toediener word elektronies beheer om die vloei van die entstof te laat aanpas by die plantspoed.

Regs: Suid-Afrika se drie ploegkampioene: Paul Vorster, ’n saaiboer van Hennenman, het die tweede plek behaal. Robert Vene-man van Rosaly-boerdery naby Tarlton het gewen en André van Rensburg, afgetrede boer en trekkerrestoureerder van Naboom-spruit, was derde. Die "ploegmeester" is Rudi du Toit, wat voltyds ploegkompetisies reël.

OnkruidgifspuitDie wenner van die masjinerie-afdeling was AJ Esterhuizen met sy arbeidsbesparende, wind-bestande onkruidgifspuit, veral vir boorde. Weg is die dae van skoffel en pype stukkend steek. Een man op ’n vierwielmotorfiets maak nou 7 ha per dag skoon.

VriesbrandysterNog ’n wenner was Jannie Myburgh van Ermelo wat in die gereedskapafdeling ’n prys gewen het vir sy vriesbrandyster. In vol-gende maand se uitgawe vertel ons meer oor die vriesbrandproses.

'n Boer maak 'n plan

Vanjaar was die grond kliphard tydens die nasionale BKT Tubestone-ploegkompeti-sie, maar die ploeërs het deurgedruk om te bepaal wie die nasionale wenners is wat volgende jaar in die internasionale ploegkampioenskap in Denemarke sal meeding.

Ploeg is 'n kuns

Page 10: Proagri 172
Page 11: Proagri 172

www.proagri.co.za ProAgri 172 – Junie / June 2014 9

ProAgri skitter ook by NAMPOProAgri het vanjaar (vir ons eerste keer) met mening by Nampo uitgestalen die geleentheid om met lesers en kliënte te skakel, ten volle benut. In die stalletjie in die Hinterlandsaal, kon elke boere op ’n interaktiewe kaart kyk waar hy sy ProAgri in die hande kan kry en kliëntevideo's is op ’n groot skerm gespeel. ’n Groot trekplei-ster was die voorbladfotos wat van belangstel-lendes geneem is. Hou gerus ons bakkiesblad (facebook) dop vir ’n paar van die voorblaaie.

Xander Pieterse, bemarkingskonsultant van ProAgri, en Annemarie Joubert, die redakteur, gesels met Lourens Basson (regs), die eie-naar van Agricultural Equipment Suppliers en sy vriend, Johan Esterhuizen, by ProAgri se stal-letjie.

ProAgri was saam met Kyknet Musiek die mediaborge van die eerste Plaasvars Musiekfees wat tydens Nampo by Hoërskool Bothaville plaasgevind het. Die Afrikaanse sanglegende, Valiant Swart, was een van die sangers en het die Bothavillers se gedagtes vasgevang met sy rustige akkoorde en treffende woorde.

Jaco du Preez van Krokodilkraal Boerdery buite Thabazimbi en eienaar van True North Aviation, wat lugverwante landboudienste lewer, het met sy helikopter wat in John Deere se kleure geverf is, by die Plaasvars Musiek-fees kom kuier. Die sangeres, Anais, en nasionale ambassadeur van LifeLine, wat die "Be Your Dream"-projek behartig, het hom uitgevra oor sy sakegeheime as boer en sake-eienaar. Anais het ook op elkeen van die vier aande van die fees 'n volledige studiebeurs aan 'n gelukkige leerling oorhandig.

Page 12: Proagri 172

10 ProAgri 172 – Junie / June 2014 wwww.proagri.co.za

’n Uitblinker-werktuig in Valtrac se stal het minimumbewerkingboere

sowel as konvensionele boere regoor die land gaande. ProAgri het by boere in Natal, die Oos-Vrystaat en Noord-Vrystaat gaan hoor hoe die werktuig berge op hulle plase versit. Die AST/Matic 450 is ’n knap stuk-kie ingenieurshulp vir die minimum-bewerkingboer wat ’n goed deurlugte, vogabsorberende, ongekompakteerde saadbed vir sy gewasse wil skep. Hierdie diepwerkende beitelwerktuig skep die gewenste saadbed met sy stel groot skyfkouters wat netjies deur plantreste sny, opgevolg deur ’n stel beitels wat die grond tot op 450 mm losbreek en afrond met rollers wat die grond tot ’n snoesige saadbed omskep. Die geheim van die werktuig lê in die ontwerp van die tand met sy unieke uitskopaksie. Die hoek waarteen die tand in die grond insteek verseker dat die grond losgemaak word sonder om kluite te breek. Die uitskopaksie is nie veerbelaai nie, wat beteken dat hierdie kritieke hoek kon-stant bly, tot in die hardste grond. Waar die AST/Matic 450 gewerk het, bly daar geen kors of ploeg-sool oor nie en die grond is regdeur netjies losgemaak vir beter benutting van bemesting, beter waterbenut-ting en -bewaring, en ’n ferm, maar deurdringbare tekstuur waarin plante nie kan wag om hulle wortels behaag-lik uit te skop nie. AST/Matic 450 kan met ’n sleep-stang getrek word of aan die trekker se driepunt haak vir beter kragtoe-diening en beheer. Die beiteltande se skagte is ontwerp om onder die grond

in te haak en deurgaans op die gewenste diepte te bly. Weidingsbelugter en grondvoorbereiderGideon Human is bestuurder op Wes-sel Campher se plaas, Highlands Farm, aan die onderpunt van die Van Reenenspas, aan Natal se kant. “Ons het die werktuig om twee redes gekoop. Op ons gevestigde weiding is dit nodig om so nou en dan die grond wat die diere vasgetrap het net so bietjie los te maak en te belug sonder om dit te veel te versteur. Daar is niks wat gras weer so lekker laat groei soos wortels wat weer ruimte vir vog en suurstof het nie,” sê Gideon. “Die groot taak van die AST/Matic is egter om die gestroopte mielielande, wat ook deur die diere vasgetrap is, in een bewerking gereed te kry vir planttyd. Die kouter slaag daarin om die boonste kompaksielaag en plant-materiaal netjies deur te sny sodat daar niks aan die tande kan vassit en saamsleep nie. “Ons doen al vir baie jare mini-mumbewerking en het saam met ’n klomp ander plaaslike boere in die gebied gevind dat die grond wel oor ’n tydperk effens vasgetrap word deur die diere, stroper en trekkers. Die AST/Matic help net om die grondtoe-stand weer vinnig en goedkoop op te knap.” Wessel het ’n wye spektrum van sand, Hutton en Avalon tot turfgrond, maar die AST/Matic se tande werk per-fek in elke tipe. Vir gekompakteerde weiding het die werktuig 20 kW per tand nodig, maar vir algemene werk bereken Gideon 15 kW trekkerkrag per

MeganisasieMeganisasie

tand. Met ligter grondtipes kan hy met 10 kW wegkom. Hulle gebruik net Val-tra-trekkers op die plaas en ’n Valtra 171 wat 136 kW lewer, het net daardie ekstra bietjie krag om die sewetand AST/Matic in enige omstandighede te trek. “Valtrac se blitsige diens verseker dat ons staantyd nie eers aangeteken hoef te word nie. Wynn Dedwith, die eienaar van Valtrac, het al so ver gegaan om self in sy vliegtuig te klim om ’n onderdeel van Parys af vir ons plaas toe te bring,” sê Gideon.

10 mm reën is genoeg vir plantKobus en Danie van Niekerk is twee

Gideon Human, plaasbestuurder van Wessel Campher, is baie trots op Valtrac se AST/Matic 450 wat hulle minimumbewerkingproses baie ligter en doeltreffender maak.

Hier wys Gideon Human hoe mak-lik die kouters die dik mieliereste deursny om saampakking aan die tande te verhoed.

deur Du Preez de Villiers

Minimumbewerking:AST/Matic skep ‘n perfekte saadbed

Page 13: Proagri 172

www.proagri.co.za ProAgri 172 – Junie / June 2014 11

broers wat soos een man tussen Reitz en Kestell saamboer. “Ons wou in 2004 ’n wisselboustel-sel tussen mielies en soja begin het, maar het besef dat die werktuig wat die verskil tussen sukses en misluk-king sou beteken, eers gevind moes word,” sê Kobus. Na deeglike navorsing het die Van Niekerks op die AST/Matic besluit, wat sou beteken dat hulle kon ophou ploeg en dis, maar steeds ’n netjiese saadbed voorberei en baie gouer in die lande kan kom om die volgende gewas te begin plant. “Dit is nou net nodig om die grond ook met ’n Vibroflex te skud en met ’n rolmoer die mieliereste stukkend te slaan. Omdat ons die AST/Matic kan sleep, kan die trekkerbe-stuurders jou ook nie kul met dieptes nie,” sê Kobus. “Dit is werklik ’n riem onder die hart om te sien hoe die grondgehalte oor die jare verbeter het. Die lande ver-spoel nie meer nie en die bogrond waai nie weg nie, terwyl die brand-stofkoste ook nou lekker laag is,” sê Danie. “Hierdie werktuig stel ons in staat om ons grond na die winter baie gouer reg te kry vir plant. Sodra ons die soja-oes gestroop het, die vee op die reste laat wei het en ons grondontle-dings teruggekry het, kan ons dadelik die grond met die AST/Matic voorberei vir die mielieplantseisoen. Terwyl die ander boere vir minstens 30 mm reën moet wag, kan ons al begin werk as daar 10 mm geval het omdat die

Danie en Kobus van Niekerk boer amper met AST/Matics self. Buiten die drie agter die Valtra-trekkers, het hulle nog vier wat gereed staan en wag vir die plantseisoen.

Die saadbed agter Danie en Kobus Van Niekerk se AST/Matic 450’s is so gelyk soos ’n tafel.

Jacob en Hennie van der Westhuizen buite Parys plant konvensioneel sorghum en het drie AST/Matic 450’s langs mekaar ingespan om 21 tande tegelyk in die grond te sit.

AST/Matic seker gemaak het dat daar genoeg vog in die grond vasgehou is.” Die Van Niekerks is ook vas oortuig dat die AST/Matic met elke plantsei-soen ligter trek soos die grondtekstuur verbeter en die harde ploegblaaie gebreek word.

’n MonstermasjienHennie en Jacob van der Westhuizen wissel tussen sorghum, mielies en soja buite Parys. Hulle gebruik die AST/Matic nou vir die derde seisoen. “Ons het die werktuig vir ’n lang ruk dopgehou tydens Valtrac se demon-strasies en toe, drie jaar gelede, die kans gewaag. Ons het dadelik drie AST/Matics met sewe tande elk gekoop wat ons langs mekaar aan ’n raam vasgesit het sodat ons 21 tande gelyk in die grond kan druk,” sê Hennie. “Vroeër moes ek eers wag vir die reën voor ons met die disse die oesreste kon platsny en as dit baie gereën het, moes ek die beitelploeë in die grond slaan. Nou kan ek al vroeg

in die winter in die land kom voordat dit te hard word. Indien die grond ons voorgespring het, is die AST/Matic ook die enigste werktuig wat dit regkry om onder die grond in te kom sonder om groot kluite te vorm. Die kouters sny so 4 tot 10 cm diep en breek daardie kritieke kors wat geneig is om sooie en groot klonte te maak. Die deurvloei is ook baie goed en niks pak en bondel om die tande nie en dit wat tussen die tande deurvloei druk die roller mooi vas. “Ek hou baie daarvan dat die tande nie veerbelaai is nie, wat beteken dat dit deurgaans op een plek bly sodat die diepte konstant is. Die grond word ook nie gerol nie en slegs opgelig om deurlug te word. Daarna druk die roller dit netjies plat om die kosbare vog te bewaar,” sê Jacob. Jakob moes elke jaar met 2 800 ha turfgrond op sy plaas spartel waar hy sorghum, mielies, soja en sonneblom wisselbou. Sy probleem het eensklaps verdwyn toe die AST/Matic op die toneel verskyn. “Die AST/Matic is die enigste werktuig wat werklik onder die turf kan insteek nadat die kouters die boonste laag soos botter deurgesny het. Die vog in my grond is deesdae ook baie hoër en dit kan net die roller wees wat agterna kom om enige walletjie of stoppel wat uitsteek mooi vas te druk,” sê hy. Sy 400 kW trekker trek met gemak die 21 tande en daar-benewens is sy brandstofverbruik ook minder as vroeër.

As jy ook wil deel in hierdie voortreflike eienskappe van die AST/Matic 450, kontak gerus vir Attie de Villiers by 083-261-9863 of [email protected]. Besoek ook www.valtrac.co.za vir meer inligting oor Valtrac se volledige reeks wenwerktuie en trekkers.

Page 14: Proagri 172
Page 15: Proagri 172

www.proagri.co.za ProAgri 172 – Junie / June 2014 13

Vind uit hoe jy die inligtingsrewolusie tot voordeel van jou boerdery kan inspan. Skakel Carel Theron by by 082-802-2209 of stuur ’n e-pos na [email protected].

By Nampo het John Deere groot raakskerms gebruik om aan boere te demonstreer hoe jou boerdery se inligting voor jou kan ontvou met Farmsight™. Dié nuwe stra-tegie sal van September af in Suid-Afrika beskikbaar wees.

Vikar Sheoparshard en Jozua du Plessis kyk op sy rekenaar in die kantoor na die bewegings van ’n spesifieke trekker (inlas) op die plaas.

oplossings vir die volgende seisoen te werk. Jozua du Plessis (jr) van Delmas, op wie se plaas Farmsight™ getoets is, sê hy jaag soms in plant- of strooptyd sy malle verstand af om operateurs te help om aanpassings op hulle presisie-beheerstelsels aan te bring of om na foute te gaan kyk. Met die nuwe stelsel kan ’n boer in sy studeerkamer presies sien wat die operateur sien en hom telefonies help om die nodige verstel-lings te doen.

Hoe dit werkDie geheim van Farmsight™ is opge-sluit in ’n boksie omtrent so groot soos ’n ou sigaardosie, wat die vermoë het om al die inligting oor die trekker of stroper wat normaalweg op ’n skerm in die masjien gewys word, deur ’n ingeboude SIM-kaart na ’n selfoon of rekenaar te stuur. Die slim toestel se naam is JD Link en dit word netjies in die trekker of stroper versteek. Die inligting word ook in ’n John Deere-datawolk in die kuberruim gebêre, vanwaar toegang selfs van Amerika af verkry kan word as ’n boer dit sou verkies. Die inligting kan per e-pos of teks-boodskap gestuur word en ’n boer kan kies watter inligting hy alles dadelik wil ontvang en watter net gebêre moet word vir latere toegang. Vikar Sheoparshard van John Deere sê die inligting oor die meganiese werking van die trekker of stroper kan in drie kategorieë verdeel word:1. Basiese inligting soos wanneer ’n

operateur die koppelaar laat gly, die masjien te lank laat luier of te vinnig ry.

2. Gevorderde inligting soos die ver-

stopping van ’n lugfilter, wat nie dadelik die werking tot stilstand hoef te dwing nie, maar aandag nodig het.

3. Ernstige inligting soos die oorverhit-ting van ’n enjin wat onmiddellike reaksie vereis.

Jozua sê met vier of vyf werktuie wat gelyk op die land werk, sal dit hom gek maak om die hele tyd die basiese inligting te ontvang, maar hy hou daarvan dat hy een keer per maand ’n samevatting of grafiek kan kry, sodat hy kan sien watter operateur aanhou-dend dieselfde geldkosfoute maak, wat dan met opleiding reggestel kan word. Die boer kan ook ’n visuele oorsig kry oor die beweging van sy toerus-ting, in watter bane die Autostuur hulle laat werk en natuurlik al die ander presisieboerdery-inligting soos plantspoed, kunsmisvolumes en stroopgemiddeldes. Vikar sê ’n boer het ’n wye keuse om inligting te prioritiseer. In ’n streek waar diefstal van duur toerusting gereeld plaasvind, kan ’n boer by-voorbeeld reël dat al die klokke begin lui en alarms skree as ’n trekker oor ’n bepaalde GPS-grens op die plaas beweeg. JD Link is versoenbaar met enige van die hoë-tegnologie trekkers (van die 7-reeks af), spuite en stropers. Dit hoef ook nie John Deere-toerusting te wees nie; net presisie-gereed.

Farmsight™

Kyk en bestuur orals gelyk

Met Farmsight™ kan ’n boer van sy selfoon af die plaas bestuur.

MeganisasieMeganisasie

Elke kind weet ’n ma het oë agter haar kop. Waar sy ook al is, sy

weet as jy jou hand in die koekieblik insteek, sussie se vlegsels trek en nog nie jou fiets gebêre het nie. En nog voor die skade te groot raak, stuur sy jou in die regte koers. Sal dit nie lekker wees as jy ook so ’n wakende moederlike oog oor al die operasies op die plaas kan hou nie? John Deere maak dit nou moontlik met ’n strategie bekend as Farmsight™. Farmsight™ stel ’n boer in staat om al die bedrywighede op die plaas met een oogopslag raak te sien en te bestuur, maar dit doen ook veel meer. ’n Boer kan besluit wie almal saam met hom na die inligting kan kyk, sodat daar onmiddellik opgetree kan word as iets ingryping nodig het. Sy werkswinkel of handelaar kan byvoor-beeld ’n boodskap ontvang dat die trekker se filter verstop is en solank sorg dat ’n nuwe filter gereed is vir installasie. Sy bemestingkundige kan stroopsyfers ontvang om solank aan

Page 16: Proagri 172
Page 17: Proagri 172

www.proagri.co.za ProAgri 172 – Junie / June 2014 15

“Net twee bewerkings met die Ru-bin, toe is die grond ingebreek,

die veldgras en kakiebos is weg en daar lê ’n saadbed,” sê Douw Wentzel van Frankfort. Die grond waarvan hy praat is ’n plaas wat hy net voor die vorige seisoen in die Betlehem-omgewing gekoop het. Daar moes vinnig gewerk word om ’n oes in die grond te kry en LEMKEN se Rubins is opgeroep vir diens. “Een van my groot oorwegings om LEMKEN se toerusting aan te skaf, was die feit dat alles opvou en smal genoeg is om op ’n platbak-vragmotor ver-voer te word.” Douw plant nie net by Frankfort en Betlehem nie, daar moet nog by Piet Retief ook gewerk word – 7 500 hektaar altesaam. Hy het vyf Rubin-skottelêe waarvan een ’n Solitair-planter abba. Die twee haak eenvoudig met ’n driepunt aan-mekaar. Vir die volgende seisoen sal ’n Kristall-saadbedvoorbereider egter saam met die planter in gelid val. Die Kristall werk baie soos die Karat (sien ProAgri 171), maar het net twee rye tande in plaas van drie sodat minder trekkerkrag benodig word. Douw is baie beïndruk met die werking van die toerusting en dit pas netjies in sy presisieboerdery-opset in. Hy het altyd gewone skottelêe gebruik, maar was op soek na iets wat vinniger

Skakel Karel Munnik by 082-412-2577 of Blackie Swart by 082-404-9651 of stuur ’n e-pos na [email protected] vir meer inligting. Besoek ook www.lemken.com en kyk na die toe-rusting in aksie by http://bit.ly/LEMKEN SA

Douw Wentzel wys hoe maklik dit is om verstellings soos dieptebeheer aan die Rubin te doen. “Dit is ’n pen-netjie wat uitgetrek moet word; geen hamer of ekstra paar hande is nodig nie.”

Dit is hoe die plaas by Betlehem gelyk het toe die Rubin inge-stuur is en in die agtergrond is die resultaat sigbaar. Foto: Veranda Wentzel

Lemken se toerusting vou smal genoeg op om met gemak op ’n platbakvragmotor te pas vir vinnige padvervoer.

en beter werk en minder brandstof gebruik. “Vroeër, met die gewone disse, was daar altyd hobbels en duike in die land, maar die Rubins maak die grond mooi gelyk, die reste word alles ewe groot gesny en die materiaal bly op die grond agter, waar dit hoort, om ’n deklaag te vorm,” sê Douw. Hy gaan na oestyd en nadat die vee die reste as winterweiding benut het, met die Rubins deur die lande om die reste te sny, onkruid dood te maak en die grond wat deur die vee vasgetrap is, los te maak.

Douw hou daarvan dat die Rubins doeltreffende vlakbewerking doen, want soos hy sê: “Ek wil nie ploeg met ’n dis nie.” Die aanbevole werkdiepte van ’n Rubin is 5 tot 15 cm. Elke skottel is op sy eie arm en dit maak die invalshoek van 20˚moontlik wat beteken dit sny doeltreffend in die grond in sonder om aan te pak. Geen skrapers is nodig nie. Die skottels is ook teen ’n geringe hoek (17˚vir die voorste ry en 15˚vir die tweede ry) na vorentoe gedraai. Dit alles verklaar waarom die Rubins ligter sleep en steeds doeltreffend werk. Met ’n werkspoed van 13 kmu en brandstofverbruik van 7 tot 9

Aantree!Wen met LEMKEN aan jou sy

MeganisasieMeganisasie

liter/ha teenoor sy vorige masjiene se 13 tot 15 liter, is Douw heel ingenome met sy manne in blou. Net voor planttyd doen hy ’n beitel-ploegbewerking met ’n interessante toevoeging. Ammoniakgas word 30 cm diep saam met die bewerking in die grond ingeblaas en wanneer die plante se wortels begin rek, is die nitraat gereed vir vinnige voeding. Douw het die LEMKEN-fabriek in Duitsland besoek en het geen twyfel oor die vakmanskap en gehalte van materiaal wat hulle gebruik nie. Hy glo dat die toerusting enige omstan-dighede in Suid-Afrika sal kan baas-raak. Sy een Rubin het nou al ’n pro-bleemvrye 4 500 hektaar agter die blad en die Solitair het 1 500 hektaar soja geplant sonder enige noemens-waardige probleme. Hy sê hulle het tot 90 hektaar per dag met die Solitair/Rubin-kombinasie geplant en met die planter se groot pens het hulle min onderbrekings gehad. “Jy gooi hom in die oggend een keer saad en weer so laatmid-dag, want hy vat 3 ton in sy bak en daarmee plant jy 45 hektaar. Vroeër het ons met bakkies heen en weer gery om die planters te voed en ons moes dit elke 8 hektaar doen. Met die Solitair is dit maklik om sommer na die vragmotor toe te ry waar die mengsel wag. Dit vat so halfuur om vol te maak, want ons doen dit met die hand, maar dan plant jy weer 45 hektaar.” Douw sê: “As daar hier en daar ’n klein dingetjie gepla het, was die mense van LEMKEN en my plaaslike handelaar (Afgri op Frankfort) dadelik hier om aandag daaraan te gee. Die dienslewering is goed.”

Page 18: Proagri 172
Page 19: Proagri 172

www.proagri.co.za ProAgri 172 – Junie/ June 2014 17

In Suid-Afrika plant boere drievoetrye en hulle soek masjiene wat dit kan

doen, want om alles te verander, kos te veel geld. Die twee 16-ry Great Plains-plan-ters met die modelbeskrywing, Yield Pro 1625A – 1636, wat op Gert du Preez se Langspruit Landgoed naby Standerton loop, was ’n eerste vir die Amerikaanse vervaardiger, maar beslis nie ’n laaste nie. Die 36 in die modelnommer beteken dat Gert-hulle nou ’n wyeraamplanter het wat 91 cm uitmekaar kan plant, in plaas van die Amerikaners se gewone 76 cm. Dit is maar een voorbeeld van die vlak van dienslewering wat Gert oortuig het om die Great Plains-pad saam met sy plaaslike Agri Afrika-handelaar, Winston Ritchie, te loop. Die masjiene is ook wel beskikbaar in 12 en 16 rye wat gespasieer is op 76 cm. Gert sê: “Dit gaan in die eerste plek oor naverkopediens en dan oor die masjien.” Met albei is hy hoogs tevrede, veral ook na sy besoek aan die Great Plains-fabriek in Kansas. “Jy kan sien elkeen daar weet presies wat hy moet doen, die vakmanskap en die materiaal wat hulle gebruik is net die beste.” Die planter self het ’n omwen-

Vir nog AgriAfrika-oplossings, skakel Marius Tolmay by 083-581-5709, 012-541-1121 of e-pos [email protected]. Boere in die Standerton-omgewing kan vir Winston Ritchie skakel by 082-551-9565.

Gert du Preez en sy operasionele bestuurder, Pierre Terblanche, sê die twee 16-ry Great Plains-planters het ’n ommekeer op die plaas veroorsaak en hulle brandstofrekening met die helfte verminder.

teling op die plaas veroorsaak. Die dieselrekening is die helfte minder en al die soja, sorghum en kuilvoermielies op die uitgebreide saaiplaas is aan-sienlik vinniger met heelwat minder arbeid geplant as vroeër. Pierre Terblanche, operasionele bestuurder van die boerdery, sê hulle mikpunt was om 20 hektaar op ’n slag te plant voor daar weer volgemaak moet word en dit is presies wat hulle nou regkry. Die planter is toegerus met twee bykomende tenks saam die massakunsmistenk van 3 000 liter vir nog vloeibare kunsmis en entstof vir plantvoorbespuiting. Great Plains-modelle is beskikbaar vir korrel- of vloeibare kunsmis. Die plantwerk word fyn beplan sodat alles gelyk hervul kan word en die mengwa en saad staan gereed op die regte plek langs die land sodat daar geen tyd gemors hoef te word nie. Waar daar vroeër in planttyd sestien trekkers op en om die lande geloop het, word daar nou net agt trekkers gebruik. Pierre sê daar is ’n hele lys voordele aan die spesiale Yield Pro-planters, maar hy hou die heel meeste daarvan dat die uitmeeteenhede met positiewe druk werk en nie ’n vakuum nie. Hy sê as daar iets fout gaan soos ’n pypie wat bars, is daar genoeg lugdruk om voort te gaan met saadplasing en al-les gaan staan nie dadelik nie. Daarmee saam vind hy dat die diepteplasing en spasiëring uiters akkuraat is en die saadvastrapper werk baie goed. Die laers is verseël en hulle het deur die hele plantseisoen nie nodig gehad om enige laers te vervang nie. Die planter verg die minimum onder-houd; dit word net so twee keer per week geghries. “Die wye raam maak ons plantwerk baie vinniger, maar vra minder trek-kerkrag as wat ’n mens sou verwag. Ons gebruik ’n trekker van 160 kW. Daarby vou die planter toe tot ’n wydte van 4 m, wat baie belangrik

MeganisasieMeganisasie

Die Yield Pro 1625A – 1636 se arms vou netjies vorentoe om rywerk deur plaashekke moontlik te maak.

Plant vir Afrika met Great Plains

As jy ses ton sorghum per hektaar wil stroop, moet jy by goeie plantwerk begin.

is, want ons moet deur hekke tussen lande beweeg,” sê hy. In hierdie stadium gebruik hulle kontakdryfwiele vir die saad- en kunsmisaandrywing, maar hulle wil graag oorslaan na ’n hidrouliese stel-sel. Hy sê die kalibrering is eenvoudig, maar jy het gereedskap nodig om die verstellings te doen. ’n Groot pluspunt is dat dit baie eenvoudig is om van die karretjies te ontkoppel sodat daar minder rye geplant word, byvoorbeeld op die kant van die land. Die planter kan ook met ’n Swath-stelsel toegerus word om volledige outomatiese seksie-beheer moontlik te maak. Die Yield Pro pas reeds uitstekend in by hulle bestaande RTK-presisiestelsel en volg netjies in die trekker se Auto Steer-spoor. Gert-hulle het ook belê in ’n Turbo-till/max van Great Plains. Die vertikale bewerker gaan nou na strooptyd en wanneer die beeste klaar die reste bewei het, deurgestuur word om die stoppels te sny sodat die orga-niese materiaal kan afbreek voor die volgende plantseisoen. Net die lande wat kalk moet kry gaan dieper bewerk word. Pierre sê: “Ek is tot dusver baie tevrede met ons opbrengs, veral as jy in ag neem dat dit ’n moeilike plantsei-soen was met eers droogte en toe te veel reën op tye.”

Page 20: Proagri 172

18 ProAgri 172 – Junie / June 2014 wwww.proagri.co.za

Page 21: Proagri 172

www.proagri.co.za ProAgri 172 – Junie / June 2014 19

Dis ’n groot lekkerkry om te sien hoe die vernuftige tegnologie van

Horsch-grondbewerkers en planters die boer se taak vergemaklik, sy insetkoste besnoei en sy opbrengs vermeerder om hom meer wins in die sak te besorg. Terratill is die mense wat Horsch se wenwerktuie in Suid-Afrika bemark en hulle flukse slimkoppe staan gereed om die beste produkte, die beste diens en die beste begrip aan ons boere te verskaf. Die sleutel tot suksesvolle graan-verbouing is doeltreffende saadbed-voorbereiding en akkurate plantwerk. Terratill verskaf hierdie sleutel met die volgende Horsch-tegnologietoonbeel-de:

Die Joker CT werk 3 tot 6 meter wyd en word aan die driepunthyser gemon-teer. Die Joker RT is ’n sleepmodel wat 5 tot 12 meter wyd werk. Die Joker kombineer spoed met doeltreffende vlakbewerking, want hy werk teen tot 20 kmu en bied die volgende voordele:• Bespaar tyd, werk vinniger en be- werk meer hektaar per uur• Skakel die nadele van gewone tan- demskottels uit – geen verdigtings- laag• Laat ’n ferm saadbed vir vogbewa- ring• Vermeng grond en reste doeltref- fend• Maak die land mooi gelyk• Word as minimumbewerker gebruik of om konvensionele bewerking aan te vul en af te rond• Werk mis, flodder, plantreste en groenbemesting doeltreffend in die grond in.

Grondvoorbereiding en plantwerk:Horsch maak dit makliker, lekkerder en lonender

Joker RT/HD kompakte skotteleg met rollerwiele

Tiger MT swaardienskombinasie met skottels en tandeDie Tiger MT is perfek vir nuwe toetre-ders tot verminderde bewerking, want dit maak die grond los, werk plantmate-riaal in en skep ’n ferm, gelyke, weerbe-stande saadbed met net een bewerking. Dit is beskikbaar met werkwydtes van

Maestro-plantersTerratill se meesterlike Horsch Maestro-planters plant mielies, soja, sonneblom en kanola pit vir pit perfek en is in twee modelle beskikbaar: Die Maestro CC is ’n agtryplanter met ryspasies van 45 tot 90 cm en ’n saad-kas van 70 liter aan elke plantereenheid. Kunsmis word toegedien uit ’n tenk van 2 800 liter. Die groter Maestro SW is beskikbaar in modelle wat 12, 16 of 24 rye van 75 tot 90 cm kan plant. Hy het ’n tenk wat 2 000 liter saad en 7 000 liter kunsmis kan hou. Met sy SOD-tegnologie (Seed on Demand), word saad deurlopend vanaf die sentrale tenk na die planter-eenhede se saadafmeters gestuur. Elke saadafmeter het sy eie elektriese aan-dryfmotor vir gladde, akkurate werkver-rigting.• Plant 90 000 pitte per hektaar perfek teen tot 15 kmu• Gleufi es in die plate voer die saad na die saadpyp sonder om te spring• Sensors in saadpype verseker perfekte plasing• Elke plantereenheid het sy eie reke- naar en sensorstelsel.

Focus TD strookbewerker-planterkombinasieDie Focus is die hoogtepunt in bewa-ringsbewerking vir presisieboerdery. Hy skuif plantreste weg, maak stroke grond los, plaas kunsmis op een of twee plekke na behoefte en plant, alles in een fl inke beweging. Boonop kan jy sy mie-lieplanterbalk met sy agt plantereenhede woerts-warts met ’n koringbalk vervang om sowat 5,6 meter wyd te plant. Die tenk van 5 000 liter is in ’n ver-houding van 70:30 vir kunsmis en saad verdeel, maar die hele tenk kan vir kunsmis gebruik word as jy mielies plant.

Terrano FX beitelploegreeksDie Terrano FX het ’n wye reeks aan-wendings, van vlak stoppelbewerking tot intensiewe vermenging van grond en oesreste. Dit het drie balke en die modelle wat van 3 tot 5 meter werk, word aan die trekker se driepunthyser gemonteer, terwyl die sleepmodelle (4, 5 en 6 meter wyd) vir dieper bewer-kings tot 30 cm gebruik kan word. Omdat die Terrano teen tot 20 kmu werk, beteken hy vir die boer minder masjienkoste per hektaar, goeie grondstruktuur en opbrengsvermeer-dering. Die Teranno bied die boer die vol-gende belangrike voordele:• Met sy raam wat 85 cm hoog is en sy tande wat 30 cm uitmekaar is, is daar geen verstoppings nie, selfs nie in die digste materiaal nie• Die Teranno gebruik 20% minder brandstof as sy mededingers• Sy selfhersteluitskoptande beskerm die werktuig teen klippe en die 500 kg uitskopkrag maak diep bewerkings in swaar grond moontlik• Die RollFlex-vastraproller skep ’n ferm, gelyke saadbed gereed vir plant.

Joker RT/HD

Focus TD

Tiger MT

3 tot 8 meter en bestaan uit ’n stewige sleepraam met:• Twee rye gehapte skottels van 680 mm• Twee rye TerraGrip-tande met Mulch Mix-skare• ’n Stel toemaak-/gelykmaakskottels• ’n Welbewese groot Horsch-bandtrap- perroller.

Praat met Sieghard von Pannwitz 079-997-8938 of [email protected]; of met Sarel Haasbroek 082-454-7410 of [email protected].

MeganisasieMeganisasie

Page 22: Proagri 172

20 ProAgri 172 – Junie / June 2014 wwww.proagri.co.za

Page 23: Proagri 172

www.proagri.co.za ProAgri 172 – Junie / June 2014 21

Shell Diesel Extra het dit alles en nog veel meer.Boere wat Shell Diesel Extra ge-bruik, kan reken op die volgende ses voordele:

1. Spaar brandstof oor die langtermynShell Diesel Extra se brandstofekono-mieformule is spesiaal ontwikkel om die opbou van aanpaksels in die in-spuiters te verhoed. Dit beteken dat elke druppel diesel doeltreffend gebruik word. Uitgebreide toetse het gevind dat die gebruik van Shell Diesel Extra gemiddeld ’n besparing van tot 3% kan meebring.

2. Behou enjinprestasieDeur die voorkoming van aanpaksels, kan ’n enjin meer doeltreffend funk-sioneer. Landboumasjinerie werk hard en intensief en diesel wat skoon brand help om kraglewering en prestasie te verhoog.

3. Voorkom wegvretingRoes kan groot probleme vir swaar-diens-enjins veroorsaak en wegvreting in brandstofpompe, -pype en inspui-ters kan ’n enjin tot stilstand dwing. Staantyd in ’n boerdery is geldverloor-tyd en met Shell Diesel Extra kan ’n boer voorkomend optree.

4. Aanskakel in koue weerOp ’n koue wintersoggend kan ’n dieselenjin maar redelik sluk en sukkel voor hy koersvat, maar Shell Diesel Extra is spesiaal ontwikkel om ontbranding, selfs in die koud-ste toestande, makliker te maak. Dit verminder die las op batterye en selfaansitters.

5. Minder skuim met volmaaktydGewone diesel skuim en wanneer dit by die pomp ingegooi word, word daar baie tyd vermors om te wag dat die skuim eers sak. Haastige pomp-joggies veroorsaak dikwels dat diesel uitspat en vermors. Shell Diesel Extra het ’n nie-skuim-eienskap wat tyd en geld bespaar.

6. Minder rook en CO²-uitlatingStreng vereistes word deesdae gestel om die mens se koolstofvoet-spoor te verklein en as gevolg van Shell Diesel Extra se skoon-brandeienskappe is daar minder gifgasse in die lug en minder swart rook wat die omgewing besoedel. Skoonbranddiesel dra ook by tot ’n veel langer enjinlewe.

“Diesel is nie sommer net diesel nie,” sê Gerhard Oosthuizen,

bestuurder, Diesel, van Shell SA. “Moe-nie daaraan dink as ’n kommoditeit met ’n geldwaarde of net ’n insetkoste nie; die regte diesel kan vir ’n boer ’n belegging in die groei van sy onderne-ming wees.” Gerhard sê dit is wel so dat alle brandstofmaatskappye met dieselfde basiese diesel met ’n spesifieke digt-heid en samestelling begin, maar wat van daar af gebeur is wat die verskil maak. Met Shell se gevorderde tegnologie word daar nie net byvoegings tot die basiese diesel gedoen nie, maar die chemiese samestelling word verander om net die beste uit vandag se hoë-prestasie enjins te haal met ’n dieselbesparing van gemiddeld 3%. Die groot geheim van ekonomiese dieselverbruik en ’n gesonde enjin is dat die inspuiter wat die diesel deur ’n klein opening in die ontbrandingska-mer inspuit, geen aanpaksels moet kry nie. Die diesel moet glad deurbeweeg en dan as gevolg van die hoë druk volledig ontbrand en die suier in die silinder afdwing. Dit is diesel se werk. Met moderne enjins se drukbui-sinspuiting wat die diesel onder groot druk plaas en al die silinders met elek-troniese afmeting op presies die regte tyd voer, is dit veral belangrik dat die diesel nie nog sy pad tussen aanpak-sels deur moet vind nie. Daar moet betyds genoeg diesel in die ontbrandingskamer wees vir die hoeveelheid lug, wat ook deesdae met turbo-aanjaers ingeforseer word. Alles moet in fyn balans wees vir die beste moontlike werkverrigting.

Kyk mooi waar jy volmaak, of kontak een van Shell SA se Topverspreiders wat daarin spesialiseer om Shell Diesel Extra tot by jou op die plaas te bring. Praat met Réomè van der Westhuizen by 082-463-4344 of stuur ’n e-pos [email protected] om uit te vind waar jou naaste versprei-der is.

MeganisasieHulpbronbestuur

“Diesel is nie net sommer diesel nie,” sê Gerhard Oosthuizen, bestuurder, Diesel van Shell SA.

Die bekende Shell-gebou by Nampo was weer vanjaar ’n gewilde be-soekpunt, veral met onverwagse geheimsinnige karakters soos The Stick, wat van tyd tot tyd sy ver-skyning gemaak het om saam met die jongklomp resies te jaag.

Hendrik Ungerer en Réomè van der Westhuizen het mense twee keer laat kyk na dié interessante kon-trêpsie. Die Shell-foon prop regtig by jou selfoon in en maak praatwerk pret en hoorwerk duidelik.

Binne die gebou het dit behoorlik soos ’n Formule 1-resies geklink en die manne (en ’n hele paar dames) het tougestaan om die wiel te vat en ’n Ferrari-prys los te jaag.

ShellKyk mooi waar jy volmaak

Page 24: Proagri 172

22 ProAgri 172 – Junie / June 2014 wwww.proagri.co.za

Net ’n bok se blêr of ’n bees se bulk staan ’n kans om deur ’n Bonnox-

heining te dring – die res van die dier bly binne. Dis hoekom boere reeds meer as vyftig jaar op Bonnox reken om elke ding op sy plek te hou – netjies, ekonomies, maklik en uiters doeltref-fend. Dit het alles in 1962 begin toe mnr VH Schadewaldt Bonnox gestig het om gesweisde maasdraad vir pluimvee-boerdery en die beheer van ander klein diere te verskaf. Vanaf die nederige begin het Bonnox gegroei tot ’n staatmaker vir die landbou met meer as 85 produkte wat spesiaal ontwerp is om alles wat binne hoort binne te hou en alles wat buite hoort buite. Die eerste sukses was die PortaPen; ’n tydelike maasdraad-kraaltjie wat in ’n kits met net ’n paar sparre opgeslaan kon word vir die hantering van vee op plekke waar daar nie geriewe is nie. Vandaar het Bonnox gevorder tot die wêreld se grootste vervaardiger van voorafvervaardigde geskarnierde draadheinings vir elke toepassing waaraan ’n boer kan dink. Die sleutel tot Bonnox se sukses – en die rede vir die groot reeks produk-te – is dat Bonnox na die boer luister en telkens ’n heiningsoplossing vind om honderd persent aan sy besondere behoeftes te voldoen. Dis hoe uitmun-tende produkte soos Afrikapatroon-wildheining ontstaan het, met meer

Bonnox het 85 verskillende produkte om elke boer presies die heining te kan gee wat hy nodig het.

As Bonnox saam met elektrifi-sering gebruik word, beheer dit roofdiere soos luiperds en leeus en keer ongewenste besoekers.

drade in die impakgebied en tot 2,44 meter hoog.

So lyk Bonnox se reeks heinings vir elke toepassing:

Money Saver™ het kleiner openinge onder en groteres bo en dit is bedoel vir plaasdiere. Die reeks sluit hoogtes vanaf 0,65 meter tot 1,41 meter in met van 7 tot 11 horisontale staal-drade en vertikale drade wat 150 of 300 mm uitmekaar is. Die laer heinings word hoofsaaklik gebruik om bestaande kampdrade veebestand te maak, terwyl die hoër weergawes geskik is vir skape, (ook lammers), beeste en gemengde vee. Die modelle met 9, 10 en 11 dwarsdrade is ook geskik vir honde en varke. Close Mesh™ se openinge is kleiner. Dit is in hoogtes vanaf 0,91 meter tot 2,44 meter beskikbaar met 10 tot 25 horisontale drade. Die Close Mesh™ met 300 mm tussen die vertikale drade is geskik vir gemengde kleinvee en die meeste plaaslike wild-soorte, en daar is selfs weergawes wat vol-struise, rooibokke, kameelperde, koe-does, elande en waterbokke doeltref-fend binne kan hou. Die modelle met 10 tot 25 hori-sontale drade en ’n vertikale draad elke 150 mm, is geskik om jakkalse, lammers, honde en medium grootte wild binne of buite te hou, en as jy dit

MeganisasieHulpbronbestuur

met ’n elektriese heining kombineer, hou dit selfs roofdiere en bobbejane op hulle plek. Daar is ook weergawes geskik vir volstruise en as veiligheids-heinings.Square Mesh™ se gate is stryk-deur ewe groot (of ewe klein) en dit is beskikbaar in hoogtes van 0,91, 1,22, 1,83 en 2,44 meter met respek-tiewelik 10, 13, 19 en 25 horisontale drade. Die laer weergawes hou jak-kalse doeltreffend uit, terwyl die hoër weergawes ook geskik is vir alle ander roofdiere en sekuriteit. Flexi-Fence™ is ’n vernuftige ontwikkeling wat boere in staat stel om netjiese Bonnox oor ongelyke ter-rein te span. Die gewone skarnierlaste kan hellings van tot 25 grade baas-raak, maar Flexi-Fence™ se nuwe ring-skakels (Ringlock) hou al die vertikale drade netjies regop, selfs teen hellings van 45 grade! Flexi-Fence™ is beskikbaar is hoogtes van 1,47, 1,83 en 2,08 meter met respektiewelik 15, 17 en 19 hori-sontale drade. Die vertikale drade is 305 mm van mekaar af. Bonnox se Kombi-Fence™ vloei uit die besef dat geld nie aan bome groei nie en dat ’n heining aan die onderkant digter moet wees as bo. Spruitend uit hierdie besef het Bonnox ’n heining ontwikkel waarvan die regop drade onder 150 mm uitmekaar is, maar nie tot heel bo deurloop nie, sodat die boonste openinge 300 mm wyd is. Dit is heelwat goedkoper as ’n heining waarvan al die vertikale drade tot heel bo loop.

Met Bonnox is binne binne en buite is buite

Page 25: Proagri 172

www.proagri.co.za ProAgri 172 – Junie / June 2014 23

Jy kan ook jou bates beveilig en indringers uithou met kostedoeltref-fende, duursame, netjiese Bonnox. Skakel net 076-169-9068 of 012-666-8717 of besoek www.bonnox.co.za vir meer inligting. Dis makliker as wat jy dink.

Dis nie net boere wat Bonnox gebruik nie. Bonnox is ook in groot aanvraag by nywerhede.

Bonnox se flukse masjiene werk met vlytige ywer om ons boere se vee en ander eiendom veilig te bewaar.

So is Bonnox getoets om seker te maak dat dit sterk genoeg is om vee en wild binne te hou en indringers buite.

Kombi is in twee kombinasies beskikbaar: die een gegrond op Close Mesh™ en die ander op Square Mesh™. In die onderste gedeeltes van die Close Mesh Kombi is die vertikale drade 150 mm uitmekaar en in die boonste gedeeltes 300 mm. Die onder-ste gedeeltes van die Square Mesh Kombi se vertikale drade is 100 mm uitmekaar en die boonste gedeeltes s’n 200 mm. Die Kombi-Fence™ is in hoogtes van 1,83 m (vir kleinwild en jakkalse), 2,13 m (vir groter wild en jakkalse) en 2,44 m (vir eksotiese wild en jakkalse) beskikbaar en die Square Mesh Kombi in 1,83 m (kleiner roofdiere) en 2,44 m (roofdiere).

So het Bonnox begin met verskuifbare hanteringskraaltjies vir kleinvee.

Bonnox se beginjare in Valhalla. Vandag is daar ‘n netjiese ruim fabriek in Sunderland Ridge.

Page 26: Proagri 172

24 ProAgri 172 – Junie / June 2014 wwww.proagri.co.za

Page 27: Proagri 172
Page 28: Proagri 172
Page 29: Proagri 172

www.proagri.co.za ProAgri 172 – Junie / June 2014 27

Hulpbronbestuur

Eers was dit ’n enkelry, toe dubbelry en nou spog Staalmeester met ’n

uitmuntende nuwe produk, ’n ry-onaf-hanklike kuilvoerkerwer wat ernstig wil kom naam maak in Suid-Afrika. Verby is die dae van instel en mooi mik om sekuur die enkel- of dubbelmielierye raak te vang. Nou kan boere met gemak drie rye van wisselende wydtes baasraak en die lastige walletjie of klip misry sonder om te vrees dat hy iets oorgeslaan het. Die JF 1600 AT-presisiekuilvoerker-wer uit Brasilië beplan om die instel-tyd en frustrasie vir Suid-Afrikaanse kuilvoermakers uit die weg te ruim en daarmee saam heelwat nuwe voordele te bied. Du Preez de Villiers het by Gert Olivier van die plaas, Greeff-laagte, buite Lichtenburg, gaan kuier om meer uit te vind oor sy boerdery se jongste aanwins. Dit was op sy plaas waar die Brasiliane die eerste prototipe voor Nampo getoets en verstel het om seker te maak dat Suid-Afrikaanse boere ook elkeen van die nuttige eien-skappe van die masjien kon geniet. Gert se kerwer het net voor stroop-tyd in April sy opwagting op die plaas gemaak en kon ’n hele 1 000 ton kuil-voermielies in die beplande tyd kerf.

Voor, agter of langsaan “Met my vorige kerwer moes ek baie arbeid en tyd inspan om die mielie-lande oop te maak sodat ek sonder verliese kon begin stroop. Nou haak ek net die JF 1600 AT agter die trekker en stoot hom agteruit die land in vir een keer se heen-en-weer en skielik het ek baie meer tyd en geld om elders te spandeer,” sê Gert. Die JF 1600 se twee ronde lemme onder die tafel bied inderwaarheid ’n saagaksie wat nie skroom om fris en dik mieliestamme soos blits af te saag voordat die res van die plant verorber word nie. JF se lemtegnologie het ook nie stilgestaan nie. Die 12 C-vormige lemme (‘C’ technology) in die kerwer het ’n handvol eienskappe wat nie te versmaai is nie. Buiten die ver-sterkte blaasaksie, breek dit die pitte vir daardie ekstra en noodsaaklike

As jy ook voordeel uit Staalmeester se redelike pryse, skitterdiens en doeltreffende werktuie wil trek, kan jy vir vir Staalmeester skakel by 018-431-0300 of stuur ’n e-pos na, [email protected].

Die JF 1600 AT sny soos mes deur die meeste kuilvoergewasse.

Die JF 1600 AT ry-onafhanklike presisiekuilvoerker-wer doen sy werk voor, agter of langs die trekker.

verteerbaarheid en sny die materiaal in enigeen van 24 verskillende lengtes van 2 mm tot 36 mm. Die besondere eenvormigheid van die deeltjies is ook iets om oor opgewonde te raak. Die kerwer word doodeenvoudig van die kragaftakker met ratkaste aangedryf, sonder dryfbande of ket-tings, wat beteken dat minder trek-kerkrag en minder onderhoud nodig is, en dat minder staantyd ondervind word terwyl hoër produksie en beter doeltreffendheid vir die boer wink. Gert se trekker van 90 kW is meer as mans genoeg vir die kerwer wat 50 ton per uur maklik hanteer. Met sy wye bek van 1,6 m draf die kerwer drie rye met ’n rywydte van 75 cm kaf en dan het hy nog 5 cm speling aan weerskante. As jy ’n vaste hand op die stuurwiel het en mooi kan mik, kan jy hom op sy maksimum van drie rye van 80 cm gebruik. Die skarnier in die raam en twee ondersteuningswiele aan weerskante van die kerwer help om met gemak

Kuilvoerkerwers:Staalmeester bereik nuwe kerf

oor kontoere te werk of oor ’n geniep-sige walletjie te ry.

Hoekom Staalmeester?“Ek het gevind dat Staalmeester se toerusting die beste bied vir gemid-delde grootte boere soos ek. Die slytonderdele is hier by die koöperasie beskikbaar en die masjiene se wer-king is eenvoudig. Staalmeester het ’n twaalf maande waarborg en is redelik as dit kom by probleme wat na die tyd mag opduik. Oor die jare het ek agtergekom dat daar drie dinge is waaraan jy ’n verskaffer soos Staal-meester kan meet. Dit is die koste wat hy jou bespaar, die gehalte van sy diens en die gehalte van die eind-produk.

MeganisasieVeeboerdery

Gert Olivier van Greefflaagte wys hoe die lemme werk waarmee jy ’n kuilvoerland van enige kant af kan binnestorm.

Page 30: Proagri 172

28 ProAgri 172 – Junie / June 2014 wwww.proagri.co.za

Page 31: Proagri 172

www.proagri.co.za ProAgri 171 – Mei / May 2014 29

Page 32: Proagri 172

30 ProAgri 172 – Junie / June 2014 www.proagri.co.za

Veilin

gs

Page 33: Proagri 172

www.proagri.co.za ProAgri 172 – Junie / June 2014 31

Veiling

s

Page 34: Proagri 172

32 ProAgri 172 – Junie / June 2014 www.proagri.co.za

Veilin

gs

T: 012-998-2810F: 086-651-7089 /086-594-9301C: 079-964-3562 (Elric)C: 082-823-7208 (Johan)

E-Mail: johan@apolloaucti ons.co.za elric@apolloaucti ons.co.za

Web: www.apolloaucti ons.co.za

Aucti oning of • Residenti al

• Moveable assets• Agricultural• Commercial

Page 35: Proagri 172

Ge

neG

ids

www.proagri.co.za ProAgri 172 – Junie / June 2014 33

Page 36: Proagri 172

34 ProAgri 172 – Junie / June 2014 www.proagri.co.za

Ge

neG

ids

Meganisasiegids 2014Inligting oor:• 22 trekkerklasse volgens trekkragvermoë van 30 tot meer as 400 kW• Koste van plaasbakkies* Werkstempo en brandstofverbruik* Koste per uur of per hektaar vir trekker-en- werktuigkombinasies

Bestel nou teen slegs R250, by Koos le Roux, sel: 082-828-9531e-pos: [email protected]

Die gids verskyn vanjaar die 25ste keer en word wyd in

Suid-Afrika gebruik.Besoek ProAgri se facebook bladsy om na ‘n paar

van die prettige NAMPO-voorblaaie te kyk

Page 37: Proagri 172

www.proagri.co.za ProAgri 172 – Junie / June 2014 35

Protect your assets on the farm

- Chicken house curtains

- Waterproof ground nets

- Grain covers

- Bakkie and trailers tarps

- Truck cargo nets

- Anything made to order

We also supply hand ratchets, corner plates, load binders ect. Only Grade A materials are used. Two year guarantee on our factory products. Quality products since 1997.

Tel: 013-246-1483 Cell: 082-447-2494 (Evan) 082-851-8724 (Orpie)[email protected] • www.lion-tarps.co.za

AgriG

ids

Page 38: Proagri 172

36 ProAgri 172 – Junie / June 2014 www.proagri.co.za

AgriG

ids

Page 39: Proagri 172

www.proagri.co.za ProAgri 172 – Junie / June 2014 37

AgriG

ids

Page 40: Proagri 172

38 ProAgri 172 – Junie / June 2014 www.proagri.co.za

AgriG

ids

Page 41: Proagri 172

www.proagri.co.za ProAgri 172 – Junie / June 2014 39

AgriG

ids

Contact us for any solar power systems

for domestic and commercial use.

Available countrywide

Convert your 3-phase submersible pump or motors to solar energy.

3-phase solar pump power kits (inverter and solar panels)

Wilco van Niekerk: 072-390-6183www.secure-automati on.co.za

0,37kw to 0,75kw R20 9221kw to 1,5kw R35 2421,6kw to 2,2kw R49 743Other sizes up to 55kw available on request

10kw 3phase grid ti e inverter R31 50515kw 3phase grid ti e inverter R36 585Solar panels 250w R3 375

info@secure-automati on.co.za

We also do commercial and domesti c solar power systems. Grid connected or standalone

018-673-0224 / email: [email protected] / web: www.nictrailers.co.za

THE KING OF AFRICA

NIC Trailers offer our TOP SELLER of our Cattle Trailers series. The Trailer tows light, handles easy and is very safe.

Special

R69 318(VAT incl)

* 3,1 x 1,6 x 1,8 m* 245 x 70R 16’’ wheels with a spare wheel* Steel Rims 6 x 140 PCD* Flexible chassis* 4,2 T Independant rubber suspension* Seperation between bulls / dividing gate* Dividing gate detachable fi t on outside* Safety pipes* Ramp* Sliding back gate integrated in swing gate

* Monochrome structure* LED-lights* Marklights on rear* Tubes painted (dipped) inside* Option: 48 mm Jockey wheel / or 1 ton parking jack* 3 x Gatelocks: Locking mechanism for all gates* Plugsaver* Floorgrit* Optional: Front gate

Transport Bulls like a DREAM...Transport Bulls like a DREAM...

Page 42: Proagri 172

40 ProAgri 172 – Junie / June 2014 www.proagri.co.za

AgriG

ids

Page 43: Proagri 172

AgriG

ids

www.proagri.co.za ProAgri 172 – Junie / June 2014 41

TRIPRODVerskaff er van verskeidenheid

vee- en landbouprodukte

Ons bied ’n wye reeks weidings-gewassaad van Agricol, Capstone en Hygrotech. Ander produkte sluit in: • Winter-lek en lekblokke • Lek-konsentrate vir self meng • Saad: mielies, weidinggewasse soos lusern, rog, grasse, ens. asook kunsmis • Vee merktoerusting • Surrogaat melkprodukte • Voer: bees, skaap, vark, hoenders, volstruis, perde, khoi, forel en wild • Voer- en drinkbakke/krippe • Troeteldiere: Kos en versorgingsprodukte

Kontak ons gerus of besoek ons: Tel: 051-447-2930 Harveyweg 86, Oranjesig, Bloemfontein

Page 44: Proagri 172

AgriG

ids

42 ProAgri 172 – Junie / June 2014 www.proagri.co.za

Die boer se alsiende oog...

• Neem van gedetailleerde lugfoto’s• Manipulering van lugfoto’s om gewasprobleme te bepaal met NDVI (Normal Difference Vegetation Index)• Kartering van plase met behulp van lugfoto’s• Akkurate kontoerbepaling met gevorderde programmatuur• Deurlopende oesskattings en berekende voorspellings

Stel jy belang omStel jy belang om jou plaas in een jou plaas in een

oogopslag te beskou oogopslag te beskou met ’n eg met ’n eg

Suid-Afrikaans- Suid-Afrikaans- vervaardigde hommel?vervaardigde hommel?

EasyUAV bied ’n pasgemaakte stelsel vir:• Inspeksie van grensdrade, watertenks, skuurdakke, silo’s, torings en moeilik begaanbare plekke.• Monitering van gewasvordering, plantsiektes, onkruid en vee.• Moniteringsroetes op lukrake tye vir plaasveiligheid en verwildering van jakkalse en rooibekvinke.• Wildtel • Kolbespuitings

Survcor landmeters bied:

Vir jou eie pasgemaakte onbemande lugstelsel, skakel vir Wesley Versfeld by 083-616-6040 of [email protected] of besoek www.easyuav.co.za.

Vir ‘n gedetailleerde plaaslugfoto en landmeterdiens presies vir jou behoef-tes, kan Peter Gill by 082-901-1505 of [email protected] gekontak word. Besoek ook gerus sy webwerf, www.survcor.co.za

Page 45: Proagri 172

AgriG

ids

www.proagri.co.za ProAgri 172 – Junie / June 2014 43

Slaap rustig met ’n wonderpompGoedkoop, maklik, k l

Met vyf eenvoudige stappe kan jy jou droompomp aan die gang kry:1. Koppel die waterleweringspyp aan die water-uitlaat en die lugpyp aan die luginlaat. 2. Koppel die luginvoerpyp aan die kompressor.3. Laat sak die pomp in die boorgat.4. Maak die pomp aan die bokant stewig vas sodat dit nie uit die boorgat stoot nie. 5. Skakel die kompressor aan en begin pomp!

Verby is die dae van lang slote grawe vir pompaanlê, pomproes, kabeldiefstal, uitbrand en sukkel met pompinstallasie en -onderhoud.

Verbeel jou ’n liggewig pomp wat heeltemal van plastiek gemaak is, met ’n gewone huishoudelike kompressor aangedryf word en enige kragbron van jou keuse kan gebruik.

Rocky Road Construction in Pretoria het baie na aan die volmaakte pompstelsel gekom met hulle Boorgatlugpomp.

Die pomp word heeltemal van politeenpyp gemaak en het geen metaalonderdele wat weg-gevreet kan word nie. Die pomp is dus geskik in water met ’n hoë sout-, yster- en sandinhoud.

Die pomp is geskik vir boorgate en daar is geen waardevolle elektriese kabel wat na die boor-gat loop nie. Gewone en goedkoop HDPE pyp word as bedieningspyp gebruik.

Dit kan ook as ’n rugsteunpomp gebruik word omdat dit so vinnig geïnstalleer word en met soveel verskillende kragbronne kan werk.

Die groot deurbraak is dat die pomp met ’n eenvoudige huishoudelike kompressor aangedryf word. Die kompressor kan dan maklik met ’n sonpaneel, windlaaier, petrol- of dieselmotor aangedryf word en die pomp sal nie uitbrand as die boorgat droogloop nie!

Die pomp weeg ’n skamele 2,9 kg, wat dit ’n droom maak om te installeer, selfs in minder as ’n uur. Onderhoud is kinderspeletjies, want al die diensbare onderdele is bogrond en geen elektriese dele word onder die water gedompel nie.

MetMMMMMMMMMM vyvyvyvyvyvyvyvvyv f ef f e eef eenvnvnvvvnvnvvoudige stappe kan jy jou droompomp aan dieeeeee gaaaaaaang ngnngng ng g n krykry::::::11. 1. 111111 Kopppppppppelpelpelpelpelpelllpelepel die wwwwwaterleweringspyp aan die water-uitlaat eeenee didididididiiie lee e lee le le le ugpugpuugpugpugpugpuugpu ppuu yyyypyyyyy aan die lle le le le ugugiuuguu nlaat. 2222. 2222222 Koppelpelpelelelpelpeele diddddddddddddd e lugiuuuuuuuu nvoerpyp aan die kompressor.333. 33333333 Laaaaaaaaaa t ssssssssssssak ak akak ak ak kkak akk die pppoppppp mp innnnnn died boboboooooorgat.444. 444444444 Maaaaaaaaaaaa k ddddddddddieieeiieieiieiei pommmmmmmpp appp an die bokant stewig vas sodat dit nie ue e eeee ee eee itt diediediediediedieedieiediee boorgoroororoo at stooooot ooooooo nie. 5. 5555555 Skakk kel diddididiidididid ee ke ke ke kkeee ompmpmpmpressorororororororooo aaaaaaaaaaa n en begin pomp!

Kontak gerus vir Heim Botha by 083-340-1838 vir meer inligting oor hierdie uitstaande [email protected]

Page 46: Proagri 172

AgriG

ids

44 ProAgri 172 – Junie / June 2014 www.proagri.co.za

Page 47: Proagri 172

www.proagri.co.za ProAgri 172 – Junie / June 2014 45

Twe

ed

eha

nds

Page 48: Proagri 172

46 ProAgri 172 – Junie / June 2014 www.proagri.co.za

Twe

ed

eha

nds

Vanaf 400 cc tot 800 cc

Standaard ingesluit:• Veiligheidsdeure• Dak• Voorruit• 3 500 kg katrol – fabriekinstallasie• Sleepstang• Aluminium allooiwiele Opsionele bykomstighede:• Jagpakket (sien foto’s)

[email protected]

[email protected]

Vir speel of werk op die plaas bly Hisun jou bekostigbaarste keuseFinansiering op 700 cc’s – Alle nuwe UTV`s het ‘n tweejaarwaarborg –

Afl ewering landwyd! (Bepalings en voorwaardes geld)

HISUNutility vehiclesutility vehicles

www.hisun.co.za

Kontak ons:

Page 49: Proagri 172

www.proagri.co.za ProAgri 172 – Junie / June 2014 47

Twe

ed

eha

nds

Page 50: Proagri 172

48 ProAgri 172 – Junie / June 2014 www.proagri.co.za

AGRICULTURAL EQUIPMENT SUPPLIERS

Skakel ons vir bestellings of herbouings “Sandblasting” en opbouing van landboutoerusting ook beskikbaar. Herstel, herbou en ombouing van vragmotors

2de handse vragmotors ook beskikbaar. Kwaliteit en puik diens!

FUNTIME INFLATABLESKindervermaak skakel Willie

084-469-5026 of Janine 076-314-9298 vir “PAY EN GLY”Spookhuis, 12m hoë glybaan,

”Rocket”, dam met bootjies, Paintball, skietbaan en vele meer

EPOS: wjinfl [email protected]

Moenie met jou broek op jou kniee gevang word nie!!!

FUNTIME INFLATABLES

VERVANG OF HERBOU JOU BALER BETYDS!!

Kontak Lourens Snr: 072-206-6909 / Lourens Jnr: 072-568-6908 / Epos: [email protected]

Twe

ed

eha

nds

Page 51: Proagri 172

www.proagri.co.za ProAgri 172 – Junie / June 2014 49

Vir meer inligting kontak Hannelie Nelson [email protected]

www.johndeeredealer.co.za/afgri

Jan Lancer Semea Sleepstrooier Bethal, Paul Janse Van Rensburg,

083-2992-919, R165 000 + BTW

John Deere 5425 TWD 2010 2600 Ure, Middelburg, Jacques

Van Den Berg 082-7805-514 R 205 000 + BTW

Claas 760 Lexion 2013, Grootvlei, Willem Smalberger,

071-2570-917R 2 8750 000 + BTW

John Deere 6630 2010, 3280 ure, Bethelem, Jan Bester,

082-8971-255 R 530 000 + BTW

New Holland T8390, 2013, 313 ure, Grootvlei,

Willem Smalberger, 071-2570-917R 2 000 000 + BTW

Massey Ferguson 660 Cab 2005 4500 Ure, Delmas,

Sarel Opperman, 079-086-7467, R 200 000 + BTW

New Holland T6020 x 2, 2013, 501-542 ure, Grootvlei, Willem

Smalberger, 071-2570-917R 400 000 + BTW

Vicon Rota Flow Presisiestrooier Bethal, Paul Janse Van Rensburg,

083-2992-919, R 165 000 + BTW

John Deere 9520, 2003 Ure, Bethal, Paul Janse Van Rensburg,

083-2992-919, R 1 100 000 + BTW

John Deere 7830 2010, 6400 ure,Delmas, Sarel Opperman,

079-0867-467R 740 000 + BTW

John Deere 6630 OS, 2008, 6832 ure, Bethelem, Jan Bester,

082-8971-255R 395 000 + BTW

John Deere 6630 2010, Delmas, Peet Vorster,082-7866-167

R 650 000 + BTW

John Deere 8270R, 2012 2300 Bethal, Paul JV Rensburg,

083-2992-919, R 1 350 000 + BTW

John Deere 8310R 2012 1500 Ure, Grootvlei,

Christoff Jacobs, 082-5612-982, R 1 900 000 + BTW

John Deere 6100D 2012 1700 Ure, Marquard, Hansie Van

Rooyen 082-3399-565 R 400 000 + BTW

John Deere 9600 1996 4784 Ure, Frankfort,

Christoff Jacobs, 082-561-2982 R 600 000 + BTW

John Deere 9670STS 2008 2204 Ure, Frankfort,

Christoff Jacobs, 082-561-2982 R 1 650 000 + BTW

JD9530 2009 4000 Ure Middelburg,

Jaco Strydom 083-6336-968, R 1 900 000 + BTW

Claas S750 2013 Flexheader Grootvlei, Willem Smalberger,

071-2570-917R 250 000 + BTW

John Deere 4730 2009, 2536 Ure, Bethal, Paul Janse Van Rensburg,

083-2992-919, R 1 800 000 + BTW

Twe

ed

eha

nds

Page 52: Proagri 172