44
ProAgri ProAgri tegnologie vir die boer technology for the farmer Februarie / February 2015 No / Nr 180 ISSN 1042 - 1558 Voerproduksie Voerproduksie Gratis / Free www.proagri.co.za Meganisasie | Gewasproduksie | Hulpbronbestuur | Veeboerdery Bewaringsbewerking Bewaringsbewerking kan werk kan werk Troef witluise met tegnologie Ontmoet die Massey 7600-reeks Massey 7600-reeks Maak mooi hooi Maak mooi hooi

Proagri 180 Februarie

  • Upload
    proagri

  • View
    290

  • Download
    0

Embed Size (px)

DESCRIPTION

Lees nog meer op www.proagri.co.za

Citation preview

Page 1: Proagri 180 Februarie

ProAgriProAgritegnologie vir die boertechnology for the farmer Februarie / February 2015

No / Nr 180ISSN 1042 - 1558

VoerproduksieVoerproduksie

Gratis / Free

www.proagri.co.za

Meganisasie | Gewasproduksie | Hulpbronbestuur | Veeboerdery

Bewaringsbewerking Bewaringsbewerking kan werkkan werk

Troef witluise met tegnologie

Ontmoet die Massey 7600-reeksMassey 7600-reeks

Maak mooi hooiMaak mooi hooi

Page 2: Proagri 180 Februarie
Page 3: Proagri 180 Februarie

www.proagri.co.za ProAgri 180 – Februarie / February 2015 1

Voerproduksie en veeboerdery2 Flukse masjiene maak mooi hooi6 Proteïen is belangrik in die winter9 Jou goed bly jou goed met ProBuzz

Meganisasie10 Die geenbewerking-rewolusie: Pierobon plant voor13 Massey oortref homself: Ontmoet die MF 762615 LEMKEN se groot Gigant maak kleingeld van groot werk17 Word ’n boonstroop-spesialis met Vitamech

Gewasproduksie19 Bewaringsbewerking: “Dit is ’n volhoubare opsie.”21 John Deere laat geenbewerking werk op die Hoëveld22 Senter 360: Sit die soet terug in suikerriet25 Dow AgroSciences troef witluise met nuwe tegnologie

Hulpbronbestuur27 Hael: Beskerm jouself betyds

GereeldGeneGidsAgriTraderTweedehands

Redakteursbrief Voorblad

Inhoudsopgawe / Contents ProAgri

Smart Publishing

Gebou 2, Menlyn Woods,Spritestraat 291, Faerie Glen

Tel: 0861-777-225www.smartpublishing.co.za

Business-to-Business: Agriculture ABC

April to June 2014 – 39 788

Copyright © 2013. All rights reserved. No material, text or photo graphs may be reproduced, copied or in any other way transmitted without the written consent of the publisher. Opinions expressed are not necessarily those of the publisher or of the editor. We recognise all trademarks and logos as the sole property of their respective owners. ProAgri shall not be liable for any errors or for any actions in reliance thereon.

SakebestuurderGeorge Grobler

2

15

21

27

10

Die belangike finale stap in voerproduksie is vermenging van gebalanseerde rantsoene en opdiening aan jou diere. Daar-voor bied Ru-max betroubare voermengers wat ruvoer tot die verlangdegrootte op-kerf, die rantsoen deeglik en eenvormig vermeng en die voer sonder vermorsing in die voertrôe plaas. Skakel Rumax by 023-342-6070 vir meer inligting.

Redakteur tydskrif en aanlynAnnemarie Bremner-Joubert > [email protected]

VerslaggewerDu Preez de Villiers > [email protected]

ProdukbestuurderStefan van Wyk > [email protected]

Bemarkers: Adele van Tonder > [email protected]

Michael Strange > [email protected]

Xander Pieterse > [email protected]

Uitleg & ontwerpEsta van Niekerk

NavraeEngela Botha > [email protected]

Rekeninge Ronel Keet > 0861-777-225 [email protected]

Verspreiding en intekeningMarlien v d Westhuizen > [email protected]

Politieke oneerlikheid. Dit is wat TLU SA die regerings-proses rondom grondplafonne noem. Georganiseerde landbou is uitgenooi om kommentaar te lewer oor die planne om boere te beperk tot 13 000 hektaar en net twee plase per persoon, maar in dieselfde asem word daar van die minister van Grondsake se kantoor af gesê die besluit is reeds geneem. Dit moet nog net wet word. Dwaasheid, arrogansie en valsheid is nog woorde wat ons kan gebruik om die optrede te beskryf. Daar word gesê dit gaan oor grondhervorming, maar ons almal weet dit is nie die waarheid nie. Meer as 13 000 plase is tans in die ope mark beskikbaar. As die regering eerlik was oor grondhervorming sou hulle die plase gekoop het en gebruik het in hulle prosesse om grond vir die “people” te gee. Miskien is desperate spronge die beste beskrywing. Wanneer ’n regering so ver gaan om ’n gewaande vyand te identifiseer (in hierdie geval ’n noodsaaklike kerngroep in die samelewing, naamlik die mense wat kos pro-duseer en werk verskaf) en die teiken van populistiese uitsprake en beleidsbesluite maak, kan dit net een ding beteken: die mense in die magsposisies begin voel dat die groen stoele onder hulle uitgetrek word. Hoe om die situasie te hanteer? Geen sinvolle redenasies, mooi woorde of selfs reguit praat gaan enige indruk gaan maak, as dit nie vanuit ’n posisie van mag geskied nie. Dit is nou die tyd dat boere verenig agter die landbou-organisasies wat hulle saak in die raadsale inneem. Onthou net, geen regering kan dit bekostig dat sy “people” nie kos het nie. Saam met die politieke werklikhede is daar ook nog tans ’n ander dieptreffende werklikheid op die grond en dit is ’n droogte wat so ernstig is dat boere al begin het om dit wat oorbly van hulle mielies af te sny vir veevoer. Ons harte gaan uit na almal wat die seisoen so hoopvol begin het en nou voor moeilike keuses staan. Boerdery bly ’n geloofsaak en al wat elkeen kan doen is om sy risiko te versprei en om so na as moontlik in harmonie met die natuur te boer vir groter volhoubaarheid.

Boer slim!

Annemarie Bremner-Joubert > [email protected]

WE SPECIALIZE IN:Point of Sale | CRM | Online Job Cards | CCTV

www.odysseycrm.co.zaGAUTENG: 012 644 2462 / HQ: 051 433 2207

Page 4: Proagri 180 Februarie

Boerdery is pure plesier as jy die regte toerusting vir die taak het. Boere van die Balfour-omgewing op die Ooste-like Hoëveld kon hulle onlangs verkyk aan al die masjiene wat van hooimaak ’n plesier maak. Hoewel almal rede-lik bekommerd is na net 14 mm reën in Januarie teenoor Desember se 160 mm, het oud en jonk in groot getalle opgedaag by die hooidag wat deur Balfour Boerevereniging onder leiding van Gert Kriek gereël is.

Bo: Die demonstrasiedag op die plaas Leeubank van PJ Kriek en seuns is ondersteun deur al die groot landbouhandelstakke in die omgewing sowel as maatskappye wat bekend is vir hulle hooitoerusting en natuurlik trekkers om die werk te doen.

Regs: Dit is nie net lusern wat gekneus hoef te word nie; dit help ook om grassnysels vinniger te laat droog, wys hierdie New Holland Discbine 313.

MeganisasieVoerproduksie

Flukse masjiene maak mooi hooi

2 ProAgri 180 – Februarie / February 2015 wwww.proagri.co.za

Page 5: Proagri 180 Februarie

www.proagri.co.za ProAgri 179 – Januarie / January 2015 3

Die nuwe New Holland-rollerbaler is uit die boks gehaal om te wys wat hy kan doen. Die bale word net met tou gebind, wat dit ideaal maak om later toege-draai te word vir kuilvoer. Volgens die vervaardigers is dit ’n robuuste masjien met min onderhoud en ’n langer lewenstyd.

Die Streublitz 9 van Inttrac Trading met sy bak van 10,5 m³ kan kalk en mis ewe netjies plaas en die bewegende vloer sorg dat die hele vrag agtertoe skuif vir egalige toediening. Die reeks strooiers is beskikbaar in groottes van tot 34 m³ en die dubbelas maak sleep en draai sommer maklik.

Links: Die John Deere 459 MegaWidePlus het beïndruk met sy netjiese stewige bale in die geil windrye.

Onder: Die Kuhn Speedrake SR 110 doen presies wat sy naam sê; hy maak die gras oor ’n baan van 6,5 m wyd in ’n kits bymekaar en plaas dit in ’n netjiese windry. Die masjien is stewig gebou, veerbelaai (springloaded) en sy verstellings is maklik en logies.

www.proagri.co.za ProAgri 180 – Februarie / February 2014 3

Page 6: Proagri 180 Februarie

Die Callignani-baaltoedraaier kan jou help om meer waarde aan jou bale toe te voeg deur dit in kuilvoer te om-skep. Die hidroulies aangedrewe toedraaier het ’n haak wat die baal optel en nadat dit toegedraai is, kan die bale netjies in ’n ry op hulle plat kante neergesit word, waar daar meer plastiek is as op die ronde sy.

Die lekker ding van ’n boeredag, sê Tony da Costa, is dat jy kan opklim en kyk as jy regtig wil weet hoe dit werk.

Die Claas Rollant is ’n wêreldwye topverkoper. Hy het staalrollers en hidrouliese drukbeheer en het ook die boere van Balfour beïn-druk met sy skoon optel en stewige baal.

4 ProAgri 180 – Februarie / February 2015 wwww.proagri.co.za

Voerproduksie

Page 7: Proagri 180 Februarie

www.proagri.co.za ProAgri 178 – Desember / December 2014 5

www.proagri.co.za ProAgri 180 – Februarie / February 2015 5

Links: Boere kon ook kennis maak met die hele reeks rooi Lely-hooimaakoplossings. Die maat-skappy maak al van 1948 af landboutoerusting en het ook ’n tyd gelede bekendheid verwerf vir die eerste Welger aaneenlopende baler. Die baler begin al die volgende baal vorm voordat hy die vorige een uitspoeg.

Onder: Valtrac het sy groot kanonne ingestuur met onder andere die Pöttinger-kraghark. Die hark se werkhoogte kan presies gestel word en dan spog die rotor ook nou met ’n drywende montering en verstelbareswaaiwieltegnologie wat sorg dat die hark teen enige hoek kan beweeg en alle mate-riaal oral netjies kan optel sonder dat die tande ooit teen die grond vasslaan.

As jy ’n landingstrook met een beweging wil oopsny, is die gekombineerde voor- en kantlopers van Pöttinger beslis die antwoord. Kontrakteurs en boere wat baie hooi in min tyd nodig het kan gerus meer oor al die Pöttinger-snyers uitvind.

Page 8: Proagri 180 Februarie

6 ProAgri 180 – Februarie / February 2015 wwww.proagri.co.za

Februarie mag nog soos somer voel, maar dit is nou die tyd om te begin

beplan vir voervloei en aanvullings deur die winter. Veral met die droogte in groot dele van die land gaan dit noodsaaklik wees om voorsiening te maak vir aanvullings deur die winter. Die hoofdoel van winteraanvullings is om die voedingstowwe wat die veld nie meer kan voorsien nie, aan te vul, om die benutting van die beskikbare weiding te optimaliseer. Proteïen is die voedingstof wat eerste skaars raak in die winter en dus aangevul moet word.

Inleiding Sodra gras begin volwasse word, word voedingstowwe vanuit die bogrondse dele van die plant na die wortels ver-plaas. Deur voedingstowwe in die wor-tels te berg, het die plant voldoende reserwevoedingstowwe om in die vol-gende lente nuwe blare te produseer wat kan voedsel vervaardig. Hierdie proses strek tot voordeel van die plant, maar laat die boer onge-lukkig met gras met ’n lae proteïen-inhoud wat hy vir sy diere moet voer. Navorsing het getoon dat, sodra die proteïeninhoud van die gras laer as 6 tot 8% daal, proteïenaanvulling noodsaaklik word vir optimale diere-produksie.

Proteïen die “eerste beperkende” voedingstofDit word algemeen aanvaar dat rumendegradeerbare proteïen (RDP) die “eerste beperkende” voedingstof is wat ’n invloed op die benutting van laegraadse winterweiding het. Proef-resultate het getoon dat die aanvul-ling van proteïen op winterweiding die

gemiddelde ruvoerinname met 34,5% bo dié van die kontrolegroep wat geen aanvulling ontvang het nie, verhoog het (Van Niekerk en Jacobs, 1989).

Ureum as RDP-bronAangesien natuurlike proteïenbronne (byvoorbeeld oliekoek) duur is, is dit nie ekonomies om dit as enigste rumendegradeerbare bron te gebruik nie. ’n Alternatiewe goedkoper bron van RDP wat algemeen gebruik word, is produkte soos KK Animal Nutrition se Voergraad Ureum. Ureum bestaan uit 46% stikstof (N); dit is 287% gelykstaande pro-teïen. Ureum word in die grootpens afgebreek na ammoniak, die afbraak-produk wat deur die rumenmikrobes (veral veselverterende bakterieë) gebruik word om hulle eie mikrobepro-

teïen te vervaardig. Mikrobeproteïen maak sowat 60 tot 80% van die totale proteïen wat die dunderm bereik uit en is dus die vernaamste bron van proteïen vir herkouers op die veld.

Die belangrikheid van swael in ureumbevattende winterlekkeRumenmikrobes gebruik ammoniak om aminosure, wat die boustene van mikrobe-proteïene is, te vervaardig. Sekere amminosure, naamlik metio-nien, sistien en sisteïen, bevat swael (S) en kan slegs deur die rumen-mikrobes vervaardig word indien hulle S tot hulle beskikking het. Die verhouding van N tot S in die dierlike liggaam is 10 : 1 en die ideale verhou-ding van NPN : S in lekke is dus ook 10 : 1. Wanneer lekke vermeng word, kan hierdie verhouding verkry word

Voedingaanvullings:

Proteïen is belangrik in die winterdeur Alina Taute van KK Animal Nutrition

Meganisasie

Grondstof Met oliekoek Sonder oliekoekMieliemeel 250 250Oliekoek 150 -Voergraad ureum 100 150Kimtrafos 12/Fermafos 12 100 150Kalori 3000 50 50Voergraad swael 5 7Sout 350 350Totaal 1005 957Inname: g/bees/dag 450 - 650 350 - 500Inname: g/skaap/dag 80 - 120 ** Nie geskik vir skape

Tabel 1. Resepte vir die selfmeng van vroeëdroëseisoenlekke vir beeste en skape

Voerproduksie

Page 9: Proagri 180 Februarie

www.proagri.co.za ProAgri 180 – Februarie / February 2015 7

Diere wat genoeg proteïen in die winter inkry, kom klokslag op hitte, kalf gereeld, produseer meer melk en die kalwers groei vinniger om vir die boer wins te verseker.

Ureum word in die grootpens afgebreek na ammoniak, die afbraakproduk wat deur die rumenmikrobes (veral veselver-terende bakterieë) gebruik word om hulle eie mikrobeproteïen te vervaardig.

deur 2,5 kg swael by ’n lek te voeg vir elke 50 kg ureum wat in die lek gebruik word. Die onderstaande lekke is gebalan-seer ten opsigte van die belangrikste voedingstowwe vir die optimale benut-ting van die natuurlike weiding deur diere.

OpsommingGee proteïene in ’n gebalanseerde lek aan diere vir optimale produksie en reproduksie gedurende die winter-maande.

Page 10: Proagri 180 Februarie

8 ProAgri 180 – Februarie / February 2015 wwww.proagri.co.za

Page 11: Proagri 180 Februarie

“Ek kan nou weer my hele plaas benut en ekonomies met skape

boer,” vertel Hennie van Huysteen van Bethlehem, wat aan die einde van verlede jaar die ProBuzz-oplossing op sy plaas in werking gestel het. Hy sê die laaste strooi was toe hy sommer in ’n kort tydjie vyf ramme en 13 ooie verloor het. Diewe en onge-diertes het gemaai onder sy belegging. Sedert hy die ProBuzz-halsbande begin gebruik het, het hy nog nie een skaap verloor nie. ProBuzz gebruik die Faunatrack-stelsel, wat beteken dat enige onge-wone gedragsverandering van die diere opgemerk word. Die sein word na ’n stasie op die plaas gestuur vanwaar dit na ’n beheerkamer herlei word. In die beheerkamer word die sein ontleed en die boer ontvang op sy selfoon (en nog twee ander as hy wil), ’n waarskuwing dat iets nie pluis is nie. Hy kan dan ook op sy rekenaar of slimfoon na die grafiek kyk en besluit of die skape net lus was vir huppel in die maanlig en of daar werklik gevaar is. Die sensitiwiteit van die halsbande kan ook gestel word na gelang van omstandighede soos die ouderdom van die diere en of dit paar- of lamtyd is. Hennie sê die eerste paar nagte

het dit rof gegaan en die alarmklokke het aanhoudend afgegaan. Hulle het elke keer gaan kyk en sommer ’n hele paar ongediertes op heterdaad betrap. Toe die viervoetskuldiges uit die weg geruim is, het dinge sommer rustiger begin raak. Gawie Jacobs van die Nigel-omge-wing beaam die verskynsel. Hy sê die eerste paar nagte nadat hy die hals-bande aan sy Bonsmarabeeste gesit het, het dit vir hom gevoel of hy ’n baba in die huis het wat elke twee uur skree. Hy het egter deurgedruk, elke keer gereageer en nou slaap hulle die meeste nagte rustig deur. Hy sê hy vermoed die skelms het hom aan die begin getoets en toe hulle sien hy gaan hulle vastrek het hulle ’n makliker slagoffer gaan soek. In die drie jaar wat hy nou die stelsel ge-bruik, is daar nog nie een bees gesteel nie. Gawie sê: “Die stelsel werk fantas-ties, maar jy moet jou kant bring. Ek

Hou jou goed jou goed. Skakel Desmund Schmidt by 058-303-9388 of 082-414-3242 of e-pos [email protected].

MeganisasieVeeboerdery

ProBuzz se mense kan uitwerk hoeveel monitors jy nodig het om jou hele kudde te beskerm.

Jou goed bly jou goed, met ProBuzz

sal nie kan boer sonder ProBuzz nie en Desmund se diens is uitstekend.” Hennie het nou ook van ProBuzz se ander spesiaal ontwikkelde monitors begin gebruik om ander bates soos sy sonpanele te beskerm. Soos hy sê: “Ek is in my noppies, want die stelsel kan my vertel as enige ding op my plaas beweeg wanneer dit nie moet beweeg nie.”

www.proagri.co.za ProAgri 180 – Februarie / February 2015 9

Page 12: Proagri 180 Februarie

Plant is ’n taak wat jy moet klaar-maak solank die regte weerstoe-

stande hou. As jy met die oorskakeling na geenbewerking byna twee keer soveel hektaar per dag kan plant as met konvensionele planters, sal dit laf wees om nie ’n Pierobon-planter van Valtrac aan te skaf nie. Dit is inderdaad wat die 22-jarige Armand Muller, ’n tweedegeslagboer by Mooigrond Boerdery buite Reitz, reggekry het. Op sy plaas word daar nou al drie jaar geenbewerking toegepas en sake lyk tot dusver uitstekend. Met die steil-tes en kontoere op Mooigrond Boerdery het dit egter heelwat rond-speel gekos voor hy verlede jaar by Nampo met die Pierobon te doene gekry het. “Die Pierobon is eintlik twee

4,5-meter, nege-ry planters langs mekaar, wat kan skarnier sodat ek sommer bo-oor my kontoere kan plant. Ons doen omtrent 70 ha per dag teenoor die vorige twee konvensionele planters wat saam net-net 40 ha per dag kon plant,” sê Armand. Pierobon se vermoë om bo-oor kontoere te plant vergroot die produksie-oppervlak aansienlik en verminder tyd- en die-selvermorsende maneuvreerdery op die land.

Die belangrike verskil in planttempo is toe te skryf aan ’n aantal unieke hoedanighede wat die Pierobon-planter in staat stel om elke dag meer te plant en minder te staan:• Die Pierobon is met omsigtigheid

ontwerp en word duursaam vervaar-dig sodat dit ’n betroubare planter is

wat nie onderhoud- of herstelwerk op die land vereis nie.

• Dit gaan baie gouer en vereis minder arbeid om sy sentrale saadtenk vol te maak as die indiwiduele saad-bakke aan ander planters se planter-eenhede.

• Die Pierobon het groot kunsmis-bakke sodat jy lank en ver kan plant voordat jy tot stilstand hoef te kom om vol te maak. Dit beteken meer planttyd en minder volmaaktyd.

• Die daaglikse onderhoud wat die Pierobon vereis is min, maklik en eenvoudig sodat dit in ’n japtrap

afgehandel kan word – kyk net dat al die boute en moere nog stewig vas is en ghries hom een keer per week.

• Dis maklik om die Pierobon tussen verskillende lande te vervoer sodat daar minder tyd aan verskuiwing en meer tyd aan plant bestee kan word. Om die planter tussen lande te skuif, vou die disselboom op, die wiele word 90 grade gedraai en die trekker trek dan die planter aan sy sykant om gladweg deur ’n plaashek van 3,5 meter te glip.

Plant allesBoonop is dit ’n plaatplanter wat eenvoudig en doeltreffend werk en dit plant enige grootte pit met be-nydenswaardige akkuraatheid. Sedert Oktober verlede jaar toe die planter kom aanmeld het vir klipharde werk, kon hulle reeds hulle mielies- en sojalande beplant en het onlangs vyf verskillende dekgewasse met verskil-lende saadgroottes tussen raaigras-stoppels geplant. Om die plate te ruil, draai jy slegs een 24-bout los en slaan ’n klappie oop. (Die planter is ook in ’n vakuumweergawe beskikbaar.) Geenbewerkingboere kom al sterker onder die oortuiging dat dekgewasse noodsaaklik is vir bewaringsboerdery

Die geenbewerking-rewolusie:Pierobon plant heel voor

Jaap Strauss, bemarker Valtrac Reitz; Koos van den Berg, verkoops-bestuurder Valtrac Reitz en Armand Muller stem saam dat die Pierobon-geenbewerkingplanter op elke plaas hoort.

MeganisasieMeganisasie

Die Pierobon skarnier in die middel, wat hom eintlik twee planters in een maak sodat jy selfs bo-oor kontoerwalle akkuraat kan plant.

10 ProAgri 180 – Februarie / February 2015 wwww.proagri.co.za

Page 13: Proagri 180 Februarie

Attie de Villiers van Valtrac is die man wat jou alles van Pierobon se ramkatplanters kan vertel. Kon-tak hom gerus by 083-261-9863 , 056-817-7308 of [email protected].

Die Pierobon se plantereenheid is ontwerp en vervaardig op perfek deur die digste plantmateriaal te sny, om saad en kunsmis perfek te spasieer en presies op die regte diepte te plaas en om dit snoesig vas te trap om die beste ontkieming en groei te verseker.

Armand Muller is hoogs tevrede met die perfekte plantestand van sy mielies en soja wat met die Pierobon-planter geplant is.

sodat daar regdeur die jaar wortels in die grond kan wees, wat grond-toestande aansienlik verbeter om produksie te bevorder. Maar as jy vir elke dekgewas ’n spesiale planter moet aanskaf, gaan die kool waarskynlik nie die sous werd wees nie. Pierobon se unieke veelsydigheid beteken dat die boer net die Pierebon hoef te koop om alles perfek te plant. Voeg dit by die feit dat die Pierobon soveel meer hektaar per dag plant, en jy kan amper sê dat die Pierobon min-stens drie planters se werk doen, maar heelwat minder as drie planters kos. Dit is waarde vir geld en besparing in enige boer se taal.

Maak boerdery lekkerDie Pierobon bespaar vir Mooigrond

Boerdery nog meer geld: “Met die konvensionele planters moes ons nege mense in diens hê om ’n hele konvooi van drie groot tandwerktuie, die twee planters en ’n gifkar te ry. Met die Pierobon is daar een man wat voltyds plant en een wat elke uur die tweeton kunsmisbak gaan volmaak om 20 hek-taar kaf te draf. Die hoogloopspuit kom dan na die tyd verby om hardnekkige onkruid uit te wis. Die lewe is nou baie rustiger en ek kan sê dat die boerdery nou lekker raak.” Wat akkuraatheid en eenvormige plantwerk betref, is die Pierobon per-fek. Gaan grawe maar die plantvoor oop en kyk self: Al die pitte van watter gewas ook al is presies ewe ver van mekaar af geplant, presies ewe diep en met presies die regte hoeveelheid kunsmis presies op die regte plek om elke plantjie die allerbeste omstan-dighede te gee waarin hy kan ontkiem, groei en ontwikkel. Een besondere wonderwerkie van die Pierobon is dat die planter se drukwiele die boonste droë grond uit die plantvoortjie hou en sorg dat

die saad eerste met die dieper nat grond bedek word. Dit kon Armand se vorige planters nooit regkry nie en selfs as dit baie droog is, bly die snywiele deur die kors breek om die saad knus in die nat lagie grond neer te sit. Verder is Armand baie beïndruk met die akkurate saad-spasiëring en hoe die snywiele met gemak deur die dekmateriaal sny. Hoe langer ’n boer ’n Pierobon-planter het, hoe deeg-liker besef hy watter uitmuntende waarde hy vir sy geld gekry het. Die Pierobon se groot, verseëlde tapse rollaers sorg dat jy nooit jou plantwerk in die seisoen hoef te onderbreek om laers te vervang nie. En na drie jaar se harde diens oor uitgestrekte lappe aarde, hoef jy net die laers te vervang; nie ook aste en buste nie. Omdat hy geen skeurtande het

nie, maar snykouters, vereis die Piero-bon verbasend min trekkerkrag om sy groot werk te doen: ’n skamele 7,5 kW per planterry, wat betekendat ’n trekker van 150 kW heeltemal opgewasse is vir ’n Pierobon wat twintig rye plant. “Ons ervaar uitmuntende naverkopediens en Valtrac se wakker slimkoppe het die Argentynse planter noukeurig vir ons spesiale behoeftes ingestel. So doeltreffend en presies soos die Pierobon is, so logies en eenvoudig is hy. Ons drywer het baie vinnig geleer om die planter baas te raak,” sê Armand.

Net een planter kan al hierdie dekge-wassade en dan ook nog mielies en soja perfek plant: Pierobon. Hierdie perfekte veelsydigheid maak van Pierobon die geenbewerkingboer se droom.

www.proagri.co.za ProAgri 180 – Februarie / February 2015 11

Page 14: Proagri 180 Februarie
Page 15: Proagri 180 Februarie

Die volk moet eet en daarvoor bewerk en beplant Clearwater

Farms by Bapsfontein oos van Pretoria regdeur die jaar grond om groente aan die mark te voorsien. Geen trekker kan daar ’n blaaskansie vat om asem te skep en uit te rus nie. Hy moet werk. Steve Calasa sê hy was nog maar altyd ’n Massey-man, maar nie sonder rede nie: “Kyk na daardie vorige 6400- reeks model van 2007; hy het nou 15 000 uur gewerk en ons het nooit enige probleem met staantyd nie.” Met soveel trekkerbedrywigheid is dit noodsaaklik dat die werk nie net moet voortgaan nie; dit moet ook ekonomies en doeltreffend gedoen word. Steve se seun Gabriel vertel dat hulle pas hulle vloot aangevul het met die nuwe 7600-reeks trekkers en hy is in sy noppies want hulle dieselrekening is in Desember met 18% verminder. Dit maak ’n baie groot verskil aan insetkoste in die intensiewe boerdery. Die rede vir die besparing is dat die slim trekkers self die dinkwerk doen om enjinomwentelinge aan te pas sodat die beste brandstofverbruik ge-handhaaf word terwyl die werk deeglik gedoen word.

Gabriel sê hulle het spesifiek na modelle soos die MF 7624 gekyk om-dat dit die krag lewer vir die diepbewerkings wat hulle doen, maar kompak en kort genoeg is sodat die trekker nie elke keer ’n Kaapse draai hoef te maak en tyd en brandstof hoef te vermors as hy by die wenakker kom nie. Clearwater Farms se lande is in kleinerige besproeiingsblokke opgedeel omdat daar deurlopend groente ge-plant en voorsien moet word. Dit help nie om trekkers aan te hou wat meer diesel en tyd op die draai gebruik as in die land self nie. Die 7600-reeks bestaan uit sewe modelle waarvan die jongste en grootste model, die MF 7626 met sy gedugte 177 kW, pas uit die krat ge-haal is om met ProAgri se besoek aan die plaas ’n skitterblink verskyning te maak. Piet Vorster, produkbestuurder van Massey Ferguson, vertel dat die MF 7626 die gevorderde ontwerpbe-ginsels van Europa kombineer met die Amerikaanse eienskappe waarvan baie Suid-Afrikaanse boere hou. So, byvoorbeeld, kan die trekkerop Row Crop-wiele loop om aan te pasby nouer rywydtes en dit is beskik-baar met ’n Quick Hitch-opsie wat dit moontlik maak om man-alleenvanuit die kajuit ’n werktuig aan diedriepunt te haak. Daarby het die trekker die staat-maker Europese AGCO Power-enjin wat bekend is vir sy doeltreffende brandstofverbruik en indrukwekkende werkverrigting. Die MF 7626 spog met enorme wringkrag van 1 040 Nm wat, danksy die trekker se selfdinkvermoë, outomaties na 1 145 Nm kan verhoog wanneer dit nodig is. Jare gelede was dit Ferguson wat die eerste driepunthyser vir trekkers ontwerp het en vandag spog Massey Ferguson se hoëspesifikasietrekkers se hyserstelsels met reuse reserwekapa-siteit om vinnig te kan reageer wan-neer dit nodig is.

Die MF 7600-reeks in ’n neutedop- Die reeks bestaan uit sewe modelle

vanaf 96 kW tot 177 kW.- Transmissiekeuses is Dyna 4 (16 x

16 ratte), Dyna 6 (24 X 24 ratte)

As jy ’n doeltreffende mooi rooi Massey wil hê, gaan besoek jou naaste Barloworld Agriculture-tak of kontak Piet Vorster vir meer inligting oor die MF 7600-reeks by 082-885-0149 of [email protected].

Piet Vorster beduie hier dat al die onderhoudspunte aan die MF 7626 se enjin maklik bereik-baar is en die enjinkap kan ook sluit vir veiligheid.

Gabriel Calasa van Clearwater Farms sê hulle weet presies wat hulle van ’n trekker wil hê en Massey Ferguson gee dit vir hulle.

Massey oortref homselfOntmoet die MF 7626

MeganisasieMeganisasie

of Dyna VT. Dyna VT staan vir deurlopend-wisselend wat presiese grondsnelheidbeheer bied terwyl dit enjinomwentelinge so laag as moontlik hou.

- Die ratwisseling kan met vingerpunt-beheer plaasvind of vol outomaties wees.

- Met die uitsondering van die klein-boet, MF7614, is al die modelle met geslote hidrouliese stelsels toegerus met kraglewering wat aanpas by die taak.

- Die hyservermoë strek van 7,1 tot 9,3 ton.

- Massey bied keuses aan van enkel- of dubbelwiele met Row Crop aan sekere modelle.

- Almal spog met ruim, stil, lugver-sorgde kajuite met mini-yskaste om die operateur se botteltjie water en kaasbroodjie koud te hou.

- Die lang wielbasis, goeie gewigs-verspreiding en perfekte kragbron/transmissiekombinasie maak van elke model in die 7600-reeks ’n kragtige werktuig met ’n uiters beskeie dieseldors.

- Elke model in die reeks is ook gereed vir presisieboerdery met ’n AGCOMMAND-telemetrieharnas en -antenna.

- Die MF7618 (121 kW), MF 7619 (125 kW), MF 7620 (136 kW), MF 7624 (162 kW) en MF 7626 (177 kW) is toegerus met armleuningbe-heer en Datatronic-kleurskerms en

is Auto Steer Ready.

www.proagri.co.za ProAgri 180 – Februarie / February 2015 13

Page 16: Proagri 180 Februarie
Page 17: Proagri 180 Februarie

Kassie Coetzee van Koster se wêreld speel nie wanneer daar gewerk

moet word nie en sy masjiene durf ook nie lyf wegsteek nie. Na omtrent 6 000 hektaar se grond-voorbereidingswerk op verskillende plase in die omgewing, is hy hoogs tevrede met die Gigant van LEMKEN. Die Gigant 10 is ’n stewige agt meter breë drabalk met sy eie twee driepunte waaraan LEMKEN se ander uitstekende bewerkingstoerusting gehaak kan word. Kassie het sy twee vier-meter Rubin 9-skottelêe gehaak en gesny dat die distels en oesreste so spat. Hy het sy eie lande bewerk en kontrakwerk in die omgewing gedoen. “Ek het by sesduisend hektaar opgehou tel, maar ek kan vir jou sê dat ek deur die hele seisoen dieselfde stel skottels en laers gebruik het, net soos ek dit by Nampo gekoop het,” sê Kassie. Daarby is sy brandstofrekening omtrent met die helfte gesny terwyl hy dubbeld so vinnig kon werk. Die graansorghumreste wat in liederlike droë grond ingesny moes word, was die grootste uitdaging en hy reken niks anders as die Gigant met sy Rubins sou dit kon doen nie.

Kassie vertel dat sy groot knaktrek-ker in ’n stadium gelol het en dat hy een van sy ou bestaande eenrigtings ingestoot het om aan te gaan met die werk. Dit was egter nie moontlik om daarna in die grond te plant nie en die Rubins moes dit in elk geval oordoen. Hy sê dit is so dat elke werktuig sy eie plek het, maar die Rubin is voorwaar uniek. Mense moenie dink dat dit maar net ’n eenrigting of ’n kontrasnyeg (offset) is nie; dit is ’n saadbedvoorbereider. ’n Paar van die eienskappe wat hom beïndruk is die volgende:- Dit het ’n unieke veerstelsel sodat

elke skottel indiwidueel kan weg-breek en self herstel.

- Geen aste of skottels is in groepe aan mekaar vas nie. Materiaal kan dus vrylik tussen die skottels deur-vloei.

- Die skottels self is teen ’n unieke hoek na vorentoe gemonteer, wat beteken dat dit makliker in die grond insny en deur stoppels sny – dit maak nie soos ander skottelwerktuie op gewig staat om die grond in te dring nie.

- Die harkies tussen die rye skottels dwing die materiaal weer af sodat die agterste stel skottels dit nog fyner kan sny en dit breek ook kluite wat opspring.

- Die rollers pak nie aan nie en maak

Vir vinnige en perfekte saadbed-voorbereiding wat ’n winsoes verseker, praat met Blackie Swart by 082-404-9651 of Karel Munnik by 082-412-2577 of stuur ’n e-pos na [email protected]. Besoek ook www.lemken.com en kyk na die toerusting in aksie by http://bit.ly/LEMKEN_sa.

Blackie Swart van LEMKEN en Kassie Coetzee van Koster voor die skottels wat meer as sesduisend hektaar agter die blad het.

Die onderhoudvrye geseëlde koeëllaers is uniek omdat dit bykomende venturi het wat deur ’n suigaksie die stof van die laers af wegvoer en uitlaat.

Die reuse Gigant vou netjies op vir maklike vervoer.

’n ongelooflike fyn en gelyke saad-bed.

- Wanneer die Rubins aan die Gigant gekoppel word, is dit maklik om die 8-meter werktuig op te vou en te vervoer.

Aangesien daar in wese twee werktuie aan een balk is, is dit belangrik dat alles reg en fyn ingestel word. Kassie sê LEMKEN se tegniese man, Christo Prinsloo, het die kennis, geduld en ywer om ’n werktuig behoorlik in te stel en dit lyk of hy elke soort trekker ook goed ken. Hy praat ook met groot lof oor die res van die LEMKEN-span, onder leiding van Karel Munnik: “Karel kon maar oom Lemken se eie seun gewees het, want hy is in liggaam en siel oor-tuig van hierdie produk. As hy met jou gepraat het, sien jy net LEMKEN-blou!” Kassie het die LEMKEN-fabriek in Duitsland gaan besoek en hy sê dit is duidelik dat gehalte as uiters belangrik geag word: Vir LEMKEN is daar geen ander opsie as net die beste nie. Hy wil nou ook vir hom twee Smarag-saadbedvoorbereiders laat kom. Die Smarag doen ’n tandbewer-king in plaas van ’n skottelbewer-king en skep ook ’n saadbed perfek vir plant.

MeganisasieMeganisasie

LEMKEN se groot Gigant maak kleingeld van groot werk

Teken aan in jou dagboek!

Die heel eerste Gigant 12 (met ‘n werkswydte van 12 meter) het ook pas in die land aangekom. Die reuse masjien sal op 12 Februarie in aksie gesien kan word op ‘n boeredag by Delmas.

www.proagri.co.za ProAgri 180 – Februarie / February 2015 15

deur Annemarie Bremner

Page 18: Proagri 180 Februarie
Page 19: Proagri 180 Februarie

’n Boontjie is ’n sensitiewe saad wat sommer in twee sal kloof as jy

hom skeef aankyk. Vir ’n boer om ’n bonetafel aan sy stroper te haak mag dalk soos ’n goedkoop en gerieflike uitkoms lyk, maar die skade wat hy hom op die hals kan haal aan gesplete bone wat die mark maklik afkeur of af-gradeer gaan hom oor ’n paar hektaar en ’n paar jaar duur te staan kom. Vir boere wat ernstig is oor bone-stroop, voer Vitamech die Pickett bone-uithaler en -stroper uit Amerika in. Fourie Scheepers, wat in die Beth-lehem-streek boer, het vanjaar meer as 750 hektaar soos blits met hierdie uithalerkombinasie skoongestroop. Die geheim is om die Pickett bone-uithaler saam met die stroper te gebruik vir uitmuntende resultate. “Die Pickett trustoot bone-uithaler is lekker breed en vang ses rye om

mooi by ons planter aan te pas,” sê Louis Scheepers, Fourie se seun. Die twee rollers, opteller en vervoerband werk met die presisie van ’n horlosie saam om die windrye mooi netjies langs die trekker te gooi sodat daar nie oor die materiaal gery hoef te word nie. Met die terugkomslag word ’n tweede windry reg langs die eerste een gegooi om dan maklik met die stroper opgetel te word. “Jy moet onthou dat daar vanaf agtuur die aand tot die volgende oggend gewerk word om die dou wat die bone sag hou te benut om splitsing te voorkom. ’n Man wil nie in die nag sukkel nie en omdat die venstertyd-perk van die boonstroopseisoen maar klein is om ook klowing te voorkom, begin jy met nat stammetjies sodra die peule reg is. Dit is ’n taai proses,”

Die Pickett-bonestroper het kameras in sy ingewande sodat die operateur presies kan sien wat binne aangaan en hoe vol die siwwe loop sodat hy die deur-vloei op maksimum kan hou en die spoed en produksie daarvolgens kan aanpas.

Die Pickett se uitlaaibak kantel heeltemal om sy nege ton bone blitsvinnig in die tapkar te gooi.

Louis Scheepers by die bone-uithaler wat die bone netjies uit die grond lig. Let op die rollers, opteller en vervoerband wat perfek ontwerp is om bone sonder mors te hanteer.

Word ’n boonstroop-spesialis met Vitamech

Vitamech se Pickett-bonestropers is pasgemaak om bone vinnig en doeltreffend, maar sagkens te stroop.

sê hy. Nadat die bone ’n dag of wat gelê het, kan die bonestroper verbykom om die bone te dors. “Die stroper is ’n baie gevorderde werktuig en uitsluitlik ontwerp vir bone. Die vloer van die stroper is met ’n sif uitgevoer om die sand te laat uitval voordat die mate-riaal verder hanteer word. Daar is ook net een skroef wat die bone vervoer; verder word die hantering met bak-kieshysers en swaartekrag gedoen om boonklowing te voorkom. Die stroper se disselboom skuif ook na die kant uit sodat die trekker nie oor die windrye hoef te ry nie. Dit vergemaklik ook die draaiproses. ’n Konvensionele stroper stotter en proes aan die taai bone as die rye nie eweredig lê nie en kan ook nie maklik twee windrye op ’n slag baasraak nie, wat beteken dat die Pickett dubbel die werk van ’n gewone stroper doen. “Met die bonetafel aan ons konven-sionele stroper kon ek nie onder 4% klowing wegkom nie, maar met die Pickett kry ek minder as 0,5%,” sê Louis. Die stroper het ’n elektroniese kon-trolestelsel met ’n raakskerm-monitor in die trekker se kajuit. Daar is ook kameras op al die strategiese plekke in die stroper se ingewande om die produkvloei dop te hou. “Die eienaar van die Pickett-fabriek, Steve Pickett, het spesiaal uit Amerika vir my kom kuier om die stroper gereed te kry vir my lande. Ek is baie beïndruk met hulle diens en die handelaar vir Vitamech se Pickett-toerusting in die streek,” sê Fourie.

Vir meer inligting skakel Vitamech by 021-907-8000, Louis Van Der Merwe by 072-626-8409 of Jurie Swart by 083-375-8840 Besoek ook www.vitamech.co.za

deur Du Preez de Villiers

www.proagri.co.za ProAgri 180 – Februarie / February 2015 17

Gewasproduksie

Page 20: Proagri 180 Februarie
Page 21: Proagri 180 Februarie

“Mense moet verstaan dat die proses nie sonder pyne is nie.

Dit is nie ’n gladde hoofweg nie, maar ons sien dit as die volhoubare opsie,” sê Hannes Otto van die Ottosdal No-Till-klub. Die Klub bied op 11 en 12 Maart ’n konferensie oor bewarings-bewerking aan. Hannes vertel dat hulle met die geldelike ondersteuning van die Mielietrust in samewerking met Graan SA, die LNR en landbouverskaffers verskeie proewe in die streek gedoen het waaroor hulle graag terugvoering aan boere wil gee. Hy sê daar is baie boere wat dit oorweeg om oor te skakel na mini-mum- of geenbewerking en by die konferensie kan hulle waardevolle in-ligting kry by kundiges en mede-boere wat nou al ’n paar jaar lank die pad loop.

Hannes self is nou al nege jaar lank aan die gang met bewaringsbewer-king en hy sê die belangstelling is besig om vinnig te groei. Verlede jaar, byvoorbeeld, het hulle plaaslike handelaar 40 minimum- of geenbe-werkingsplanters verkoop teenoor die vorige jaar se 24. Dit is vir hom baie belangrik dat mense se denke reg moet wees. Hulle moet die konsep baie goed verstaan dat die grond so min as moontlik ver-steur moet word en dat die maksimum hoeveelheid materiaal bo-op die grond gelos moet word. Daar is probleme en uitdagings waaroor die boere met mekaar kan ge-

Vir navrae oor die konferen-sie kontak Chandrè Rudolph by 018-571-0900, 079-203-4080 of [email protected].

Dit neem ’n lang tyd om grond se struktuur so te verbeter nadat dit vir jare lank bewerk is.

Bewaringsbewerking:“Dit is die volhoubare opsie”

sels, soos die rol van stoppelbeweiding en die opweeg van skade wat beeste op die lande kan aanrig, onkruidbe-heer en veral die hantering van op-slagmielies wat teen Roundup bestand is en natuurlik grondverdigting, veral in sandgronde. Hannes glo dat die plaaslike en Ar-gentynse kundiges by die konferensie boere kan help om oplossings te vind en dat boere ook by mekaar sal kan leer.

Die regte toerusting is noodsaaklik vir geenbewerking.

11 – 12 Maart 2015

Ottosdal SkouterreinPlaasbesoeke en besigtiging van proewe ingesluit.

Verblyf is beskikbaar teen R200 p/p. Kontak Herman Kriel by

083-776-7610 of Wilna Voges by 082-761-2459.

Trots geborg deur

Ottosdal Bewaringslandboukonferensie

Inskrywings sluit: 1 Maart 2015Koste: R400 per persoon (sluit etes in vir Woensdag 11 Maart)

Bespreek by: Chandrè Rudolph by 018-571-0900, 079-203-4080 of [email protected]: Hannes Otto: 082-774-3993 Dirk Laas: 082-388-2206

die voorste naam in geenbewerking

Gewasproduksie

www.proagri.co.za ProAgri 180 – Februarie / February 2015 19

Page 22: Proagri 180 Februarie

ProAgriProAgriKry jou HIER!!ProAgri is elke maand landwyd gratis beskikbaar in

453 poskantore

429 landbouwinkels

Lees die volledige tydskrif GRATIS aanlyn op www.proagri.co.zaof volg ons daaglikse nuus en interessanthede op Facebook en Twitter

of kontak ons om in teken by 082-645-2795.

oskantore

ndbouwinkels

- Daar word elke maand 40 000 ProAgri’s gedruk en versprei.- Die massa tydskrifte weeg ongeveer vier ton.- ProAgri word sedert 1994 landwyd versprei.- ProAgri word in 453 poskantore in boere se posbusse geplaas.- ProAgri is ook in rakkies of op die toonbank in 429 landbouwinkels.- Dié punte is in 582 stede, dorpe en plekkies landwyd.

Jy kan ook seker maak dat jy jou ProAgri elke maand geadresseer in jou posbus ontvang. Teken in teen R120 vir 12 uitgawes deur ‘n e-pos te stuur na [email protected].

Het jy geweet?

n int hede

Jou eksemplaar misgeloop?

20 ProAgri 180 – Februarie / February 2015 wwww.proagri.co.za

Page 23: Proagri 180 Februarie

toe. Die sentrale saadvoerder dra ook mildelik by tot tyd- en arbeidsbespa-ring,” sê Francois. Die planters het oor die agt jaar ook wyer geword tot die Hattinghs op die 10-ry gestandaardiseer het om by hulle John Deere-stropers aan te pas. “Met die tweede spuit gebruik ons ’n 24-meter hoogloopspuit met verstel-

John Deere laat geenbewerking werk op HoëveldDie Hattinghs se John Deere 10-ry planters sny soos ’n mes deur die ruwe, onbewerkte lande om die saad in die grond, wat elke jaar net gesonder word, te plaas. (Foto: Francois Hattingh)

John Deere se hoogloopspuit maak korte mette van enige opslagonkruid wat dit waag om die gesonde groei-omgewing uit te buit. (Foto: Francois Hattingh)

deur Du Preez de Villiers

bare wiele om by die rye aan te pas. Met die uitskakeling van vermorsing, oorvleueling en onvolledige bespuiting met behulp van die byderwetse GPS, het ek uitgewerk dat ek my spuit binne drie seisoene afbetaal het! Die spuit se vloeimeter pas ook aan om bestendig te spuit indien die loopspoed van die spuit verander,” sê Danie. Met die konvensionele plantmetode moes die Hattinghs se groot staat-makertrekkers tussen 800 en 1 000 uur per seisoen in die lande op en af marsjeer, maar nou word hulle vir slegs 200 uur ingespan. “Ons die-selverbruik het van 65 liter tot 27 liter per hektaar verminder en ons ar-beidskoste is ook drasties minder,” sê Danie. Behalwe dat hulle bespuitings ook elke jaar minder word, kry die Hat-tinghs ook nie meer rekeninge vir slytonderdele nie: “Die grond word baie gesonder omdat ons dit nie meer versteur nie – die mikro-organismes en erdwurms kom terug om ons ge-wasse op ’n natuurlike wyse te versorg en te voed. Wanneer die dag aanbreek dat ons boerdery aan ons koolstofvoet-spoor gemeet word, sal ons lankal gereed wees,” sê Danie. Die Hattinghs se getroue werkswin-kel is Afgri Meganisasie in Frankfort, wat baie noukeurig na hulle kosbare werktuie omsien. En soos John Deere sy waardevolle naam gestand doen, kan die Hattinghs min of meer dieselfde prys vir hulle werktuie kry as waarvoor hulle dit aangekoop het as hulle dit binne vyf of ses jaar vervang, want ’n John Deere se tweedehandse waarde is nou maar eenmaal net ongeëwenaard.

In die ou dae toe geenbewerking op die Hoëveld nog in sy kinderskoene

was en ’n swaar frons op die deursnee boer se voorkop gelaat het, het Danie Hattingh en sy seun Francois, van Heil-bron besluit om die boere in KwaZulu-Natal se voorbeeld te volg en die geenbewerking-perd op te saal. John Deere het natuurlik oor dekades hulle geenbewerkingstegnolo-gie in Amerika verfyn en omdat die Hattinghs uitsluitlik John Deere-boere is, kon die oorgang seepglad met die nodige vertroue en ondersteuning gebeur. “Ons moes agt jaar gelede ’n nuwe planter aanskaf en het ’n swaar, stewige werktuig vir ons harde turf-lande nodig gehad. John Deere se geenbewerkingplanter was wel R30 000 duurder, maar dit was die volmaakte opsie en ons het die geleentheid gesien om ons eerste 10 hektaar geenbewerkingsoja in ’n proeflopie te plant,” sê Francois. Nodeloos om te sê, die volgende jaar het dit vermeerder tot 400 hektaar en later het hulle dit ook op hulle sand-grond beproef en vervolmaak. Vanjaar het hulle nie ’n tand in een van hulle bestaande lande gesit nie. Met geenbewerking het jy net ’n trekker, planter en spuit om al die werk te doen. John Deere se plan-ters is sterk, hard en duursaam om die harde stoppels in die ruwe, onbewerk-te lande storm te loop en middeldeur te sny, maar ook delikaat genoeg om die minimum versteuring te veroor-saak. “Met die planter meng ons die entstowwe sommerso in die ry in, gooi kunsmis en dien die eerste bespuiting

Om deel te word van die groen en geel geenbewerkingrewolusie, kontak vir Carel Theron, bemar-kingsbestuurder van John Deere, by 082-802-2209 of [email protected]

“Ons beste oeste nog het ons met geenbewerking afgehaal.”

– Danie Hattingh

Francois en Danie Hattingh is baie trots op die rye gesonde boontjies wat tussen die verrottende, voed-same stoppels van die vorige sei-soen opkom.

www.proagri.co.za ProAgri 180 – Februarie / February 2015 21

Gewasproduksie

Page 24: Proagri 180 Februarie

“Jy kan nie reën wen nie, maar ons sal ’n oes behaal as gevolg van

ons Senter 360-spilpunt,” vertel Haydn Percival van Gingindluvo. ’n Groot krisis bedreig suikerriet-boere in KwaZulu-Natal. Veranderde reënvalpatrone oor die laaste paar jaar en ’n seisoenale droogte het die produksie van suikerriet so ernstig geraak dat die suikerreus, Illovo, reeds besluit het om nie sy Umzimkulu-aan-leg vir die 2015-seisoen oop te maak nie. “Dit is die ergste droogte in meer as honderd jaar,” vertel Haydn en sy seun, Dean. Orals om hulle en op dele van hulle plaas staan die suikerrietspriete trietsig rond, minder as ’n meter hoog.

Die 30 hektaar onder die vyftoring-spilpunt vorm egter ’n groeiende groen oase op die plaas en die suikerriet is meer as twee meter hoog, soos dit hoort. Dean sê voorligtingsbeamptes het vroeër altyd die boere vertel dat dit nie ekonomies is om suikerriet te besproei nie, maar dit was in die tyd toe die gemiddelde reënval 1 238 mm was en nie 850 soos die afgelope tien jaar, of 514 soos verlede jaar nie. Die Percivals het ’n dam van 36 hektaar op die plaas en hulle het ook hulle waterregte laat registreer. Vroeër het hulle die reënval aangevul met kanonspuite, maar as daar so aan-houdend oor so ’n groot gebied water

gegee moet word soos nou, is die kanonspuite nie meer voldoende nie. Dit word nog vir uitvalhoeke en sekere lande gebruik, maar die volgende sestoring-spilpunt is reeds op pad en Senter 360 se kundige verteenwoor-diger in die streek, Ralph Klingenberg, werk tans ’n plan uit om nog 70 hek-taar onder ’n spilpunt te kry. Daar is ’n ou steengroef in die pad waardeur die Senter 360 sal moet klouter, maar klouter is gelukkig nie ’n probleem vir dié stewige Suid-Afri-kaans-vervaardigde spilpunte nie. Die bestaande spilpunt stap immers luiters deur ’n donga en oor ’n bruggie oor ’n heining teen ’n skotige skuinste op om die suikerriet nat te hou. Nathou is ’n voltydse werk. Dean-hulle maak met vogmeters in die grond seker dat hulle die regte hoeveelheid water gee, maar met ’n aanvoelbare dagtemperatuur van 48˚C en grondtemperatuur van meer as 50˚C, laat in Januarie, loop die spil-punt feitlik aanmekaar. Haydn sê hulle gebruik minder krag om die water te pomp as wat hulle vir die kanonspuite oor dieselfde opper-vlak sou gebruik het. Die verskil is dat die Senter 360 op ’n baie laer druk kan funksioneer: 2,5 bar is oorgenoeg. Die spilpunt se elektroniese wissel-spoedbeheer (VSD) sorg dat daar net genoeg energie gebruik word om die gekose hoeveelheid water te plaas. Dit is baie maklik om die verstelling op die beheerkas te doen. “Draai net die knop tot by 10 mm of hoeveel jy nodig het, en dit is dit,” sê Haydn. Senter 360 is ’n modulêre stelsel, wat beteken jy kan jou beheerfunk-sies uitbrei soos jy aangaan, tot jy uiteindelik van Timboektoe af deur jou

Haydn Percival van Gingingdluvo wys hoe verskil die suikerriet onder en net langs die Senter 360 se sirkel.

MeganisasieGewasproduksie

Senter 360:Taai spilpunt sit die soet terug in suikerriet

22 ProAgri 180 – Februarie / February 2015 wwww.proagri.co.za

Page 25: Proagri 180 Februarie

Suikerrietboere wat ’n behoor-like oes wil behaal kan gerus vir Ralph Klingenberg skakel by 082-412-1901 of gesels met Theuns Dreyer by 018-469-1331, 082-564-5955 of [email protected].

Ralph Klingenberg van Senter 360 en Dean Percival beplan nou om die heuwels en selfs ’n steengroef op die plaas met ’n agttoring-spil-punt te tem.

selfoon vir die spilpunt kan sê hoeveel water hy wanneer moet gee. Met die nodige byvoegings kan jy ook jou vloeibare kunsmis of pesbestrydings-middels deur die spilpunt toedien. Senter 360 is ontwerp om dit vir die boer so maklik en bekostigbaar as moontlik te maak, sonder dat hy heel-tyd bekommerd hoef te wees dat die struktuur gaan omwaai of vassteek. Die spilpuntbande verplaas bit-ter min grond sodat daar nie diep spore uitgetrap word nie, maar as die

Die beheerkas van die Senter 360 is baie gebrui-kersvriendelik en dit kan aangepas word om deur afstandbeheer te werk.

grondtipe van so ’n aard is dat vassit in die modder ’n probleem kan wees, maak die ekstra wye wielbasis voor-siening vir nog twee wiele. Die wye wielbasis is een van die geheime van Senter 360 se stewige staan. Volgens Ralph was daar al winde van tot 140 kmu wat nie die Senter 360 kon omwaai nie. ’n Ander geheim is dat die vakysters van pyp gemaak word en nie van hoekyster soos by ander spilpunte nie. Dit bied minder windweerstand en is ook ligter,

sodat daar meer stutte aangebring kan word vir langer spanne. Nog voordele is dat daar nie koperdraad is wat gesteel kan word nie en, veral vir suikerriet wat nogal hemelhoog kan groei, is daar ook ’n spesiale hoëprofiel-ontwerp. Wanneer die suiker-riet klein is, word die hangpype met hulle I-wob-spuitstukke net laat sak. Haydn sê hy hou ook van die druppelgrootte en egaligheid van toediening: “Dis sag op my suiker-riet.”

www.proagri.co.za ProAgri 180 – Februarie / February 2015 23

Page 26: Proagri 180 Februarie

24 ProAgri 180 – Februarie / February 2015 wwww.proagri.co.za

Page 27: Proagri 180 Februarie

Skadelike insekte is nou maar een-maal nie gewillig om die stryd teen

gewasboere gewonne te gee nie en hou chemiese maatskappy soos Dow AgroSciences deurlopend op hulle tone om in die weerstandwedloop nuwe middels op die mark te bring. Sap-suigende insekte soos blad-springers, plantluise, dopluise en witluise is tans besig om die bestaande middels op die mark in te haal en die bedryf het ’n sug van verligting geslaak toe die internasionale land-bouchemiese maatskappy, Dow Agro-Sciences met splinternuwe chemiese tegnologie vorendag gekom het. Die aktiewe bestanddeel van die produk wat binnekort in Suid-Afrika geregi-streer gaan word se naam is Isoclast™ (sulfoxaflor) en het ’n rits besondere eienskappe wat die bedryf ’n hele paar treë sal laat veldwen. Dit word onder die handelsnaam Closer™ bemark. Closer™ het ’n baie sterk kontak-aksie en bykomende translaminêre en sistemiese aksie wat die produk ver-voer na die verste, en mees beskutte hoekies en holtes van blare en lote, waar witluise en ander sap-suigende insekte soms wegkruip en voed. Maar die goue reël bly maar om voorkomend op te tree en dit is waarom die luise in die kruipersta-dium, wanneer die eerste nimfe begin beweeg, beveg moet word. “Vroeër was ons enigste werklike verweer teen witluise om in die winter die lote met handspuite te deurdrenk in die hoop om die oorwinterde wit-luise dood te maak. Seisoenale veran-deringe kan veroorsaak dat witluise se bevolkings net voor oestyd kan ontplof,” vertel ’n boer van die Paarl. Die gewilde, en binnekort verpligte groenboerdery-neiging beteken dat daar ook van outydse, harde, breë-spektrum-chemiese middels wegbe-weeg moet word wat saam met die witluise alle natuurlike insek-predatore van ander plae ook doodgespuit het. Selektiewe middels soos Isoclast Closer™ is vandag dus die uitweg om

saam met geintegreerde plaagbestry-ding (IPM) te gebruik waar daar ook op biologiese beheer staatgemaak word om op ’n volhoubare wyse insek-beheer toe te pas. Die produk het ’n unieke mega-nisme van werking, wat beteken dat dit effektief sal wees vir die beheer van insekte wat moontlik reeds weer-standbiedend is teen verskeie van die bestaande chemiese opsies. Closer™ is ’n veilige blouband-produk wat vinnig ’n nul-residuevlak bereik en in al die ontwikkelingswerk wat gedoen is, was daar nog geen

Vir meer inligting oor hierdie skit-terproduk wat binnekort op die rakke gaan wees, skakel Johan Janse van Rensburg by 082-327-1959 of 021-872-1751 of stuur ’n e-pos na [email protected]

Dow AgroSciences se navorsers is hard aan die werk in die Wes-Kaapse boorde waar die witluis-bevolkingsdruk baie hoog is.

Die “Yellow Delta Pad”-lokval wat in proewe aangewend word, bevat die vroulike feromoon wat die mannetjies lok en dan op ’n klewerige mat vasvang. Dit weer-spieël die bevolkingsdigtheid op 'n baie akkurate manier.

Die dae van weerstandige witluise is getel met Dow AgroSciences se nuwe middel wat peste en plae met ’n splinternuwe aktiewe bestanddeel gaan beveg.

fitotoksiese simptome waargeneem nie. Die produk is mengbaar met die meeste plaagdoders wat in wingerd-spuitprogramme aangewend word. Witluis-stadia is geneig om te oor-vleuel en Closer™ het ’n beduidende mate van beheer op alle lewenstadia. Na toediening hou witluise binne ’n kort tyd op met voed: om hierdie rede is Closer™ ’n uitstekende beheeropsie om virus-oordraging te voorkom en kan Closer™ met volle vertroue in ’n rolblad-bekampingstrategie ingesluit word. Die maatskappy is tans besig om proewe in boere se boorde te doen wat onder ernstige witluisbesetting gebuk gaan. Daarbenewens kry die boere die geleentheid om die gevoel van die middel te kry en dit prakties in hulle spuitprogramme te integreer. Dow AgroSciences sê die groot uitdaging is om die tydperk waarin die grootste persentasie kruiperbeweging plaasvind te identifiseer om die doel-treffendste spuitskedule te bepaal. Dit gebeur normaalweg in ’n kort tydperk in September en Oktobermaand. Die produk word met ’n normale boordspuitpomp toegedien en gaan toekomstig op verskeie gewasse geregistreer wees.

www.proagri.co.za ProAgri 180 – Februarie / February 2015 25

Gewasproduksie

Dow AgroSciences Dow AgroSciences troef witluise met splinternuwe troef witluise met splinternuwe tegnologietegnologiedeur Du Preez de Villiers

Page 28: Proagri 180 Februarie

26 ProAgri 180 – Februarie / February 2015 wwww.proagri.co.za

Page 29: Proagri 180 Februarie

Elke boer weet: ’n droomoes kan binne minute deur ’n haelstorm

platgeslaan word tot ’n blote massa stingels en stoppels wat in die modder lê – maande se arbeid en derduisende rande se insetkoste tot niet. In so ’n ongelukkige geval is die boer se enigste troos en redding die haeldekking wat hy betyds by Santam uitgeneem het. Ongelukkig gebeur dit gereeld dat boere skade ly bloot omdat hulle nie vroegtydig haelversekering uitgeneem het nie. Hael kom so onverwags en kan so vernietigend wees dat die wyse boer sy haelversekeringpremie as ’n noodsaaklike deel van sy insetkoste beskou en sy haelversekering reeds uitneem sodra hy weet hoeveel hek-taar hy gaan plant. So lank as wat daar ’n plant bo die grond is, is haelskade moontlik. Daarom beklemtoon Schalk Schultz, bestuurder, Besigheidsontwikkeling van Oesversekering by Santam Landbou, die belangrikheid daarvan dat boere

hulle haelversekering elke jaar betyds moet uitneem om te verseker dat daar dekking is vir die volle tyd-perk vandat die plante bo die grond verskyn totdat die oes ingesamel is. Die tydperk van dekking het geen invloed op die prys van haelverseke-ring nie. Die boer betaal ’n eenmalige premie gegrond op die waarde van die oes, ongeag of die dekking oor ’n tydperk van drie maande of drie weke gaan strek. Dit is dus sinvol om die langste moontlike tydperk van dek-king te geniet vir elke rand wat aan oesversekeringspremies bestee word. Om daardie gemoedsrus te bekom, behoort die boer sy haelversekering so vroeg as moontlik uit te neem – selfs voordat hy begin plant, want ons weet tydens planttyd is die boer te besig met aanvoor, kalibreer, saad en kunsmis aanry en trekkers en plan-ters aan die loop hou om hom nog oor versekering ook te bekommer. Schalk wys daarop dat daar ’n wagtyd van sewe dae is vandat die haelversekeringspolis uitgeneem word

Hael: Beskerm jouself betydstotdat die dekking in werking tree. ’n Mens kan dus nie talm en dan ewe skielik haelversekering wil uitneem sodra die weer eers dreigend lyk of die weervoor-spellers sê dat daar hael aan die kom is nie. Die rede vir hierdie wagtyd is om onnodige tariefstygings te verhoed en om haelversekering so bekostigbaar moontlik vir almal te hou. As ’n boer betyds haelversekering uitneem, selfs nog voordat hy geplant het, en hy kan om een of ander rede nie plant nie of hy plant meer of minder hektaar as wat hy beplan het en waar-voor hy versekering uitgeneem het, sal Santam Landbou se personeel die lande kom besoek en die polis kosteloos wysig om vir die werklike omstandighede voor-siening te maak. Ter wille van beskerming behoort oesversekering ’n item op elke boer-dery se begroting te wees. Praat dus vandag nog met jou makelaar of met eni-ge verhoudingsbestuurder van Santam Landbou vir hulp om die beste verseke-ringsopsies vir jou boerdery te bekom.

Die droom van ’n gesonde, geil, lonende oes kan eensklaps in ’n nagmerrie verander as ’n haelbui oor jou plaas trek en dan is al jou fyn beplanning, harde werk en hoë insetkoste tot niet – tensy jy betyds haelversekering by Santam Landbou uitgeneem het.

www.proagri.co.za ProAgri 180 – Februarie / February 2015 27

Page 30: Proagri 180 Februarie
Page 31: Proagri 180 Februarie

www.proagri.co.za ProAgri 180 – Februarie / February 2015 29

T: 051-446-4619 /3452F: 051-446-3184

E: [email protected]: www.brahman.co.za

Die Brahman Beestelersgenootskap van SADie Brahman Beestelersgenootskap van SA

Ge

neG

ids

Herstel van spilpunte Uitwys van kabelfoute Herstel van pompe, motors en aansitters Installeer selfoonstelsels op pompe en spilpunte Installeer sonpompstelsels Ontwerp en installeer sonkragstelsels Ontwerp en installeer kragomsetters Bou en herstel van oorhoofse lyne

Pro-Test [email protected] to Email : 086 716 7800Tel: 051-433-1978 / 082-550-1561

Page 32: Proagri 180 Februarie

30 ProAgri 180 – Februarie / February 2015 www.proagri.co.za

Ge

neG

ids

Page 33: Proagri 180 Februarie

www.proagri.co.za ProAgri 180 – Februarie / February 2015 31

AgriG

ids

Bronkhorstspruit –Tak 013-93-24248 013-9321927 082-851-8724 Orpie [email protected] 44-Lanhamstraat Bronkhorstspruit

Middelburg-Tak013-246-1483013-246-1630

082-851-8724 [email protected]

14-LiterstraatMiddelburg

Bakkie Covers Ice Blue- seile

P.V.C Seile

TARPS

Lapa - Gordyne

it T k Miii

ne

Sonder kan Jy nie boer nie.

Kry die maksimum beskikbare water op jou plaas.

Akkurate boorgataanwysings en evaluering van bestaande boorgate.

Diepte en hoeveelheid water word beraam.

Bel Andries Visser by 082-836-2999of 082-716-8897

r ke boeeeeeeeeeeeeeeerrrrrrrrrrrrrrrrrrrrrrrrrrrrrrrrrrrrrrrrrrrrrrrrrrrrrrrrrrrrrrr ni

BISON KONSTRUKSIEVervaardigers van alle grootte staalskure, pakhuise, fabrieke, veekrale, hoenderhokke, ens.s.

ALLE GROOTTES:

SKAKEL ONS GERUS VIR GOEIE PRYSE!ALLE GROOTTES:

6 x 20 x 3 m 6 x 30 x 3 m9 x 20 x 3 m9 x 30 x 3 m12 x 20 x 3 m12 x 40 x 3,5 m15 x 20 x 4 m

15 x 30 x 4 m15 x 20 x 4,5 m15 x 30 x 4,5 m18 x 20 x 4 m20 x 30 x 4,5 m25 x 30 x 6 m

Spesiale Aanbod op die 12 x 40 x 3 m

Kantoor 072-878-0654 | Nardus 076-550-5615 Faks 086-542-0135E-pos: [email protected]

Nader ons vir vinnige kwaliteit diens.

Enige grootte, volgens u behoefte.

100% Comfortable! 100% Waterproof!Now on Special.

Order online: www.fourlakes.co.za or email [email protected]. 021 557-0606

Page 34: Proagri 180 Februarie

32 ProAgri 180 – Februarie / February 2015 www.proagri.co.za

AgriG

ids

311 Stephenson Road, Pretoria West, (next to Iscor)

[email protected] / www.engineden.co.za

FULL RANGE OF MERCEDEZ BENZ ADE:

OM352,366T,OM442,OM447ATEGO -OM904T,906T,ACTROS – OM502,542

AXOR – OM457AND MANY MORE

engineded n@wol co za / www engini dddd @ l / i

Call now!Call now!

TEL: 012-386-2786 / FAX: 012-386-1786

Importers of Engines & Gearboxes

bring jou bring jou vars nuus daagliks!vars nuus daagliks!

ProAgri

www.proagri.co.zawww.proagri.co.za

ProAgri

Page 35: Proagri 180 Februarie

www.proagri.co.za ProAgri 180 – Februarie / February 33

AgriG

idsTRIPROD

Verskaff er van verskeidenheid vee- en landbouprodukte

Ons bied ’n wye reeks weidings-gewassaad van Agricol, Capstone en Hygrotech.

Ander produkte sluit in: • Winter-lek en lekblokke • Lek-konsentrate vir self meng • Saad: mielies, weidinggewasse soos lusern, rog, grasse, ens. asook kunsmis • Vee merktoerusting • Surrogaat melkprodukte • Voer: bees, skaap, vark, hoenders, volstruis, perde, khoi, forel en wild • Voer- en drinkbakke/krippe • Troeteldiere: Kos en versorgingsprodukte

Kontak ons gerus of besoek ons:

Tel: 051-447 2930 Harveyweg 86,

Oranjesig, Bloemfontein

Page 36: Proagri 180 Februarie

34 ProAgri 180 – Februarie / February 2015 www.proagri.co.za

AgriG

ids

VeeverlieseLAAT FAUNA TRACK JOU VEE DOPHOU.LAAT FAUNA TRACK JOU VEE DOPHOU.

Monitor jou kudde 24/7

’n Elektroniese merker soos ‘n halsband• Plaaslike netwerkstelsel met sonkrag•

Fauna Web-sagteware•

Praat saam op Probuzz

NIC Trailers offer our TOP SELLER of our Cattle Trailers series. The Trailer tows light, handles easy and is very safe.

* 3 - 6m x 1,6m x 1,8 m

* 245 x 70R 16’’ wheels with a spare wheel

* Steel Rims 6 x 140 PCD

* Flexible chassis

* 4,2 - 5,5 T Independant rubber suspension

* Seperation between bulls / dividing gate

* Dividing gate detachable fi t on outside

* Safety pipes

* Ramp

* Sliding back gate integrated in swing gate

* Monochrome structure

* LED-lights

* Marklights on rear

* Tubes painted (dipped) inside

* Option: 48 mm Jockey wheel / or 1 ton

parking jack

* 3 x Gatelocks: Locking mechanism for all gates

* Plugsaver

* Floorgrit

* Optional: Front gate

018-673-0224 / email: [email protected] web: www.nictrailers.co.za

NIC 12 Cattle and Horse

Impressive, Innovative, Iconic It’s a NIC

THE KING OF AFRICATHE KING OF AFRICA

Page 37: Proagri 180 Februarie

www.proagri.co.za ProAgri 180 – Februarie / February 2015 35

AgriG

idsMULTIFEEDSMULTIFEEDS

(Pty) Ltd

RUVOERE • ROUGHAGE

KOMMODITEITE • COMMODITIES

• Lusern/lucerne (big packs)• Lusern/lucerne (klein/small)• Lusern/lucerne (gemaal/milled)• Koringstrooi / Wheat straw

• Katoensaad/Cotton seed• Katoen oliekoek/Cotton oilcake• Mieliesemels/Hominy chop• Koringsemels/Wheat bran

Die antwoord op jou veevoerbehoeftes

The answer to your animal feed needs

Kontak ons / Contact us

Kantoor /offi ce: 053-474-1848/49/50

Fax: 086-524-5050

E-mail: [email protected]

Johan: 083-657-5003

Jaco: 082-574-2922

www.multifeeds.co.za

Page 38: Proagri 180 Februarie

36 ProAgri 180 – Februarie / February 2015 www.proagri.co.za

AgriG

ids

Page 39: Proagri 180 Februarie

www.proagri.co.za ProAgri 180 – Februarie / February 2015 37

AgriG

ids

Page 40: Proagri 180 Februarie

38 ProAgri 180 – Februarie / February 2015 www.proagri.co.za

AgriG

ids

Tree SpadeAuger

Tree Shear

MulcherMulcher Rotary MowerRotary Mower

DanieC: 076-318-6361 F: 086-601-3588

[email protected]

Stump Grinder

Trencher

g

Phoenix Attachments

Pallet Fork

Page 41: Proagri 180 Februarie

AgriG

ids

www.proagri.co.za ProAgri 180 – Februarie / February 2015 39

Page 42: Proagri 180 Februarie

Piet Byleve

ld

Silver Oaks

SE KEUSE IN VOERTUIGKoop ENIGE voertuig by Silver Oaks Master Cars en met dienstyd kom haal ons die voertuig en voorsien ’n leen-

voertuig vir u gemak.

Skakel Fanus by 072-414-7799 / [email protected]

h/v Solomon Mahlangu Dr & Von Backstrom Blv, Silver Lakes

40 ProAgri 180 – Februarie / February 2015 www.proagri.co.za

Page 43: Proagri 180 Februarie
Page 44: Proagri 180 Februarie